23
n Kerk met ‘n volgende n Kerk met ‘n volgende generasie generasie V V ERANTWOORDELIKE ERANTWOORDELIKE VERNUWING VERNUWING Gemeenteleierskonferensie Gemeenteleierskonferensie Hierdie boekie bevat al die inligting oor 28 werkswinkels wat tydens die konferensie in die middae aangebied word. Gebruik dit om te kies watter werkswinkels u gaan bywoon. Ons is bevoorreg om 'n hele aantal kundige persone te hê wat konferensiegangers gaan toerus om op ’n verantwoordelike manier te vernuwe. Die werkswinkels dek verskillende terreine van die gemeente se lewe. ‘n Hele aantal werkswinkels fokus ook op Jeugbediening. Bring u Jeugwerker en persone wat by betrokke is, saam. U sal sommer dadelik opmerk dat die werkswinkels nie net vir predikante bedoel is nie, maar ook vir gemeentelede. Ons is seker u gemeente sal baie baat daarby vind as soveel as moontlik gemeentelede saam met die predikante die konferensie bywoon. Werkswinkels Werkswinkels 26-27 Augustus 26-27 Augustus

verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

‘‘n Kerk met ‘n volgende generasien Kerk met ‘n volgende generasieVVERANTWOORDELIKEERANTWOORDELIKE VERNUWINGVERNUWING

GemeenteleierskonferensieGemeenteleierskonferensie

Hierdie boekie bevat al die inligting oor 28 werkswinkels wat tydens die konferensie in die middae aangebied word. Gebruik dit om te kies

watter werkswinkels u gaan bywoon. Ons is bevoorreg om 'n hele aantal kundige persone te hê wat

konferensiegangers gaan toerus om op ’n verantwoordelike manier te vernuwe. Die werkswinkels dek verskillende terreine van die gemeente

se lewe. ‘n Hele aantal werkswinkels fokus ook op Jeugbediening. Bring u Jeugwerker en persone wat by betrokke is, saam.

U sal sommer dadelik opmerk dat die werkswinkels nie net vir predikante bedoel is nie, maar ook vir gemeentelede.

Ons is seker u gemeente sal baie baat daarby vind as soveel as moontlik

gemeentelede saam met die predikante die konferensie bywoon. Maak sommer ’n bussie vol en kom!

WerkswinkelsWerkswinkels26-27 Augustus26-27 Augustus

20082008

NAVRAE&

INSKRYWINGS

Kontak Esta Nel Tel (021) 976 4519Faks 086 657 5912

E-pos [email protected]

Sluitingsdatum vir inskrywings15 Augustus 2008

Vir meer inligting sienwww.communitas.co.za

Page 2: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde
Page 3: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

WWERKSWINKELSERKSWINKELS

Veranderende tye vra nuwe gereedheid, kreatiwiteit en vaardighede. In die verlede is die werkswinkels by Verantwoordelike Vernuwing

baie goed ondersteun en die evaluering was deurgaans baie positief.

Ons is baie opgewonde oor die 28 werkswinkels waaruit u vanjaar kan kies. Met die keuring van werkswinkels het ons die volgende

kriteria gebruik:

Die teorie moet in die praktyk getoets wees Dit moet ’n bedieningsvaardigheid aanleer Dit moet bedieningsgereedskap verskaf Dit moet aansluit by die tema van:‘n kerk met ‘n volgende generasie

NommerDaar is ’n nommer aan elke werkswinkel toegeken. Dié nommer is in die program by die titel van elke werkswinkel. Jy het dit as verwysing nodig om die lokaal te vind.

SessienommersDie sessienommer 1-4 dui die tyd aan:

1 Di 26 Aug 14:00-15:302 Di 26 Aug 16:00-17:303 Wo 27 Aug 14:00-15:304 Wo 27 Aug 16:00-17:30

LW! Indien ‘n dubbele blok gedek word, strek ‘n werkswinkel oor 2 sessies (3 uur) – 1 blokkie beteken dit is net 1 sessie (1½ uur). Indien ‘n werkswinkel oor twee sessies strek, moet deelnemers van die begin af die volle werkswinkel bywoon.

* Die werkswinkels wat oor 2 sessies strek, word met ‘n sterretjie (*) aangedui.

LokaleDie lokale waar die werkswinkels aangebied word, sal in die voorportaal van die saalkompleks, asook kerkgebou, aangedui word.

Verversings en etesMiddagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien.

LW Etes en tee is by inskrywingsgelde ingesluit. (Sien inskrywingsvorm)

Bussies13:45 Bussies vertrek na werkswinkels wat by ander lokale aangebied word.

3

Page 4: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

1. Musiek, ’n nuwe generasie en nuwe geleenthede (1½ uur)

Fokus: Wat gaan tans aan in musiek? Watter geleenthede bied dit ons? Hoe kan ons mense help “connect” met God deur middel van musiek?

Waarmee kan die kursus help? Om begrip te ontwikkel oor hoe ons musiek beter kan aanwend om impak by ons gemeentebyeenkomste te hê.

Teikengehoor: Musiekleiers, erediens-koördineerders en leraars.

Aanbieder: Mnr Neil Büchner is kreatiwiteits-bestuurder by Moedergemeente Wellington. Hy is 13 jaar al betrokke by musiekbediening, het vier CD’s in sy loopbaan vrygestel, waarvan die laaste CD, “ELEMENT”, vir vier ATKV-Liertoekennings benoem is.

Materiaal: Geen

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-15:30

2. Gemeenskapsbetrokkenheid vir ‘n nuwe generasie. Gemeentes as ruimtes vir die generasie van sosiale kapitaal (1½ uur)

Fokus: In hierdie werkswinkel sal eerstens gewys word op nuwe ontwikkelinge binne denke, rakende ontwikkeling. Vervolgens sal gewys word op die sentraliteit van die konsep ‘sosiale kapitaal’ binne die breër kader van sosiale ontwikkeling.

Laastens sal gekyk word na enkele maniere waarop hierdie insigte prakties vertaal kan word binne gemeentes.

Waarmee kan die kursus help? Om ’n kritiese oog te ontwikkel vir die potensiaal

van gemeentes ten opsigte van die generering van sosiale kapitaal. Saam

hiermee sal daar ’n toespitsing wees op die rol van die erediens binne die groter geheel.

Teikengehoor: Predikante en lidmate

Aanbieders: Dr Cas Wepener is predikant van die NG Kerk Pinelands en lei tans saam met prof Naas Swart ’n projek (wat befonds word deur die Nasionale Navorsingstigting) wat handel oor sosiale ontwikkeling en liturgie.

Prof Naas Swart is Mede-Professor in Praktiese Teologie (Ontwikkelingstudies) aan die Universiteit van Stellenbosch en Direkteur: Navorsing aan die Hugenote Kollege in Wellington.

Materiaal: Geen

Aantal deelnemers: 20

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-15:30

3. Jeug tot jeug berading (1½ uur)

Fokus: Dit fokus op ‘n jeug tot jeug beradingsproses. Jongmense worstel elke dag met vele uitdagings by die skool, huis en tussen hulle maats.  Baie jongmense kan hierdie moeilike uitdagings nie hanteer nie.   Die realiteit is dat hulle baie keer hulp soek met hierdie uitdagings, maar dat hulp nie altyd onmiddellik beskikbaar is nie. Hierdie werkswinkel poog om jongmense te bemagtig om mekaar te kan ondersteun.

Waarmee kan die kursus help? Ons kan nie altyd daar wees om jongmense in hulle nood te help nie.  Die jongmense ken mekaar en kan dadelik help.  Hierdie kursus is daarop gerig om jongmense te bemagtig om mekaar te versorg.  Dit verduidelik ‘n beradingsproses wat jongmense bemagtig om beraders te wees wat maklik deur ‘n jeugwerker of leraar gevolg kan word.

4

Page 5: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Teikengehoor: Leraars, jeugwerkers en vrywillige jeugwerkers.

Aanbieder: Dr Christo Thesnaar

Materiaal: Notas

Aantal deelnemers: 25

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 16:00-17:30

4. Kerkwees saam met die nuwegenerasie vrou. Hoe bemagtig ons vroue in ons gemeente? (1½ uur)

Fokus: Bemagtiging van vroue in gemeentes.

Waarmee kan die kursus help? Die bemagtiging van leiers om vroue in die gemeente te bemagtig.

Teikengehoor: Enige leiers in die gemeente.

Aanbieders: Di Marié Brits, predikant by Stellenbosch Moedergemeente, Lettie Büchner, predikant by Wellington Moedergemeente en Lee-Ann Simon, predikant by VGK Uitsig.

Materiaal: Uitdeelstuk

Aantal deelnemers: 20

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-15:30

5. * “The Crucifixion of ministry” (3 ure)

Fokus: Prof Andrew Purves sê dat die evangelie ons nooi om ons eie bediening te los (kruisig) en deel te word van die bediening van Christus.

Waarmee kan die kursus help? Sy boodskap is dat ons as predikante ons werk moeilik goed en hoopvol gaan doen as ons nie regtig glo dat Christus leef, onder ons

teenwoordig is en self besig is om Sy werk te doen nie.

Teikengehoor: Predikante en gemeenteleiers.

Aanbieder: Prof Andrew Purves is `n pastorale teoloog wat die afgelope tyd drie uitstekende boeke oor predikantswerk geskryf het.

Materiaal: Sy boek sal te koop wees by die Communitas-boeketafel.

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-17:30

6. * Fetale Alkohol Sindroom (FAS) en die voorkoming daarvan (3 ure)

Fokus: Die kerk se betrokkenheid by die voorkoming van FAS in Suid-Afrika.

Waarmee kan die kursus help? Verbreding van kennis rakende FAS met onder andere:Die impak van die sekondêre effekte van FAS op gemeenskappe agv ernstige/ permanente breinskade wat veroorsaak word deur alkohol-inname tydens swangerskap. Riglyne aan gemeentes aangaande die manier waarop hulle betrokke kan raak by FAS-voorkoming in gemeenskappe.

Teikengehoor: BADISA se leierskap en personeel in die veld: Predikante van alle denominasies; Diakens en ouderlinge; Vroue wat leiding neem in gemeentes; Voorsitter van die Sinodale Kommissie

vir die Diens van Barmhartigheid en Voorsitter vir die Kommissie vir Diens

van Barmhartigheid in gemeentes

Aanbieder: Mnr Francois GrobbelaarHoof Uitvoerende Beampte van FASfacts. FASfacts is ‘n NGO met Worcester as

5

Page 6: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

6

hoofbasis. FASfacts se doelwit is die voorkoming van Fetale Alkohol Sindroom. Daar sal ook ander aanbieders betrokke wees.

Materiaal: Uitdeelstukke, Power Point-aanbieding

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd:  Di 26 Aug 14:00-17:30

7. As ons nuwe bedienings/ gemeentes wil begin, hoe doen ons dit? (1½ uur)

Fokus: Om die prosesse wat gepaard gaan met nuwe bedieningsontwikkeling te onderskei en persone toe te rus om sulke prosesse te lei.

Waarmee kan die kursus help? Die kursus kan kerkleiers help om die veelvuldige nuwe geleenthede wat vir die bediening oopgaan agv nuwe demografiese werklikhede, op 'n verantwoordelike manier aan te spreek.

Teikengehoor: Predikante, studente, jeugwerkers, Christen-entrepeneurs en sendelinge.

Aanbieder: Ds Philip Botha is die afgelope 15 jaar betrokke by die planting en ontwikkeling van nuwe bedieninge en gemeentes. Hy het tien verskillende bedieninge en gemeentes in verskillende kontekste gevestig.  Hy konsulteer gereeld verskeie gemeentes en ringe. 

Materiaal: Raamwerk sal beskikbaar wees

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 16:00-17:30

8. Die internet en die bediening (1½ uur)

Fokus: Maak meer gebruik van die internet in jou bediening.

Waarmee kan die kursus help? Opstel van ‘n kommunikasienetwerk met

leiers, lidmate en bedienings in die gemeente.

Ontwikkel jou eie webblad en blog en koppel ander hulpmiddels daaraan.

Gebruik die internet vir navorsing en inligting.

Teikengehoor: Almal wat iets meer van die gebruik van die internet wil weet, asook mense wat hulle kennis en idees wil kom deel.

Aanbieder: Ds Marius Breytenbach predikant by Stellenberg-gemeente. Die internet bied uitstekende geleenthede vir kommunikasie. Kom luister en deel met ander jou insigte.

Materiaal: Geen

Aantal deelnemers: 50 per sessie

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-15:30Werkswinkel word herhaal 16:00- 17:30

9. Junior Kategese (1½ uur)

Fokus: Waarmee en hoe moet ’n gemeente betrokke wees by die kind se geloofsvorming?

Waarmee kan die kursus help? Tydens die geleentheid sal stilgestaan word by van die nuutste denke oor geloofsvorming by kinders. Verder sal aandag gegee word aan kritiese vrae wat nadenke oor die aangeleentheid kan stimuleer en gemeentes bemagtig tot ’n sinvolle benadering ten opsigte van die aangeleentheid. Die kategese-taakspan van die Algemene Sinode, se nuutste hulpmiddels sal ook bekendgestel word.

Page 7: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Teikengehoor Jeugkommissielede, jeugkerkraadslede, jeugwerkers en predikante.

Aanbieder: Ds Waldemar Stumpfe

Materiaal: GeenAantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 16:00-17:30

10. * Hoekom preek oor MIV en VIGS? Wat het ons tot nou toe gepreek? (3 ure)

Fokus: Of predikers dit bedoel of nie, hulle sê in elk geval elke Sondag iets oor MIV en VIGS. Dis tyd om weer na ons eie boodskappe te luister en om seker te maak dat ons die Woord reg hanteer in die konteks van MIV en VIGS.

Waarmee kan die kursus help? Help predikers en ander gemeenteleiers om positiewe Bybelboodskappe oor MIV en VIGS te verkondig.

Teikengehoor: Predikante en ander gemeenteleiers (selgroepleiers, bybelstudieleiers, kategete, ens)

Aanbieder: Die sessie word aangebied deur ds Nelis du Toit en me A Fourie-Le Roux, beide verbonde aan die Christen Vigsburo (CABSA). Die visie van die Vigsburo is ’n versorgende Christengemeenskap wat versoening en hoop bedien aan mense wat met MIV leef of direk daardeur geaffekteer word. Hierdie geleentheid sal gebruik word om predikers en ander Woordbedienaars te help in hul Skrifhantering van hierdie belangrike onderwerp.

Materiaal: Kursusgangers sal leesmateriaal en toegang tot relevante elektroniese bronne ontvang. Sessies sal interaktief wees.

Aantal deelnemers: 25

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00 - 17:30

11. * Bejaardebediening: Nie te oud om van betekenis te wees nie (3ure)

Fokus: 1. Perspektiewe op die bejaarde:  

Wie is die bejaarde?   Wat is die behoeftes van die

bejaarde?   Wat beteken 'n sinvolle lewe

gedurende die laaste fase van die lewe?

2.  Aftrede en daarna - 'n kykie op die eie aard van hierdie groot verandering in die lewe.

Waarmee kan die kursus help?

1. Bediening aan en deur die bejaarde.

2. Begrip vir en aanpassings deur die afgetredenes.

Teikengehoor:  Gemeenteleiers en ander wat belangstel, veral afgetredenes en ander seniors. 

Aanbieder: Prof Kobus Kellerman, Emeritus-professor (Praktiese Teologie) Fakulteit Teologie UV en leier van Communitas-navorsingsgroep oor aftrede. Mede-samesteller van Tree af met oemf.

Materiaal: Notas oor onderwerp. Bybelmediakursus: Tree af met oemf.

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-17:30

7

Page 8: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

8

Verantwoordelike VernuwingVerantwoordelike VernuwingSTELLENBERG 26-27 Aug 2008STELLENBERG 26-27 Aug 2008

Aanbiedingstye van Werkswinkels 26-27Aanbiedingstye van Werkswinkels 26-27 AugustusAugustus

1 2 3 4

Di 2

6 Au

g14

:00

- 15

:30

Di 2

6 Au

g16

:00

- 17

:30

Wo

27 A

ug14

:00

- 15

:30

Wo

27 A

ug16

:00

- 17

:30

1. Musiek, ‘n nuwe generasie en nuwe geleenthede

1

2. Gemeenskapsbetrokkenheid vir ‘n nuwe generasie

2

3. Jeug tot jeug berading 3

4. Kerkwees saam met die nuwe-generasie vrou. Hoe bemagtig ons vroue in ons gemeente?

4

5. “The Crucifixion of ministry” 5

6. Fetale Alkohol Sindroom en die voorkoming daarvan

6

7. As ons nuwe bedienings/gemeentes wil begin, hoe doen ons dit?

7

8. Die internet en die bediening (Word by sessie 2 HERHAAL)

8 8herhali

ng9. Junior Kategese 9

10. Hoekom preek oor MIV en VIGS? Wat het ons tot nou toe gepreek?

10

11. Bejaardebediening: “Nie te oud om van betekenis te wees nie”

11

12. Tuin van Eden 12

13. Om met geloofsonderskeiding te luister na die nuwe generasie

13

8

Page 9: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Verantwoordelike Vernuwing Verantwoordelike Vernuwing STELLENBERG 26-27 Aug 2008STELLENBERG 26-27 Aug 2008

Aanbiedingstye van Werkswinkels 26-27 AugustusAanbiedingstye van Werkswinkels 26-27 Augustus1 2 3 4

Di 2

6 Au

g14

:00

- 15

:30

Di 2

6 Au

g16

:00

- 17

:30

Wo

27 A

ug14

:00

- 15

:30

Wo

27 A

ug16

:00

- 17

:30

14. As die nuwe generasie uit die kerk beweeg

14

15. Geloofsvorming 15

16. 'n Kerk met 'n volgende generasie wat kinders insluit

16

17. Mylpaalbediening 1718. Die rol en werksaamhede van die

Diensverhoudinge-kommissie (DVK) in die gemeente en lewe van die dominee

18

19. Opleiding van lidmate 19

20. Kerkeenheid vir ’n nuwe generasie 2021 Uitbranding 2122. Intergeneratiewe eredienste met ‘n

“gestuurde” karakter22

23. Lidmaatbemagtiging: Wat moet by die predikant en by die lidmaat verander sodat lidmate deel kan word van die bediening in die gemeente?

23

24. “Staying in touch” 24

25. Senior Kategese 25

26. Hoe beïnvloed ons die nuwe generasie ten opsigte van geweld?

26

27. Die gesprek tussen Gereformeerdes, Evangelikale en Charismatiese kerke: Wat kan ons by mekaar leer?

27

28. Roepingsfokus: Wanneer lidmate die bediening oorneem

28

9

Page 10: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

12. * Tuin van Eden (3 ure)

 Fokus: Praktiese hulp aan arm gemeenskappe om groentetuine aan te lê  en te benut vir eie gebruik en om 'n inkomste te verdien uit vars groente.

Waarmee kan die kursus help? Om gemeentes te help om daadwerklik 'n verskil te maak aan die nood in arm gemeenskappe.

Om arm gemeenskappe te bemagtig om standhoudende projekte aan te pak en self 'n verskil te maak aan hulle omstandighede.

Om voorheen benadeelde gemeenskappe in aanraking te bring met rolspelers (business partners) met wie hulle venootskappe kan sluit om hulle volle potensiaal te ontgin.

Om in samewerking met die staat arm mense toe te rus deur die staats-geakkrediteerde SETA-kursusse in tuinbou te voltooi.

Teikengehoor: Gemeentes wat wil betrokke raak by armoede-verligting en op soek is na werkbare volhoubare planne

Aanbieders: Mnre Rudolph Roscher en Gert Carolus (Departement Landbou) en ds Hans Steyn (NGK Worcester-Vallei)

Materiaal: Geen

Aantal deelnemers: 30

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-17:30

13. * Om met geloofsonderskeiding te luister na die nuwe generasie uit die kerk (3 ure) 

Fokus: Om in die geloof saam met die nuwe generasie te onderskei.

Waarmee kan die kursus help? Die jeug voel meestal uitgesluit wanneer dit kom by besluitneming in die gemeente. In hierdie

werkswinkel word leiers opgelei om ‘n ruimte te skep waar die leiers van die gemeente saam met die jeug van die gemeente in die geloof onderskei oor God se pad met die gemeente se bediening aan die jeug. Meeste van die tyd sal gebruik word om praktiese gereedskap in te oefen om die metodes in die gemeente te gaan toepas.

Teikengehoor: Gemeenteleiers, jeugleiers en predikante

Aanbieder: Dr Frederick Marais, gemeentefasiliteerder by Communitas.

Materiaal: ‘n Volledige handleiding word aan elke deelnemer gegee. Daar word aanbeveel dat die Leef Luisterryke Vergadering–boekie saam met die handleiding gebruik word. Die boekie sal beskikbaar wees by die Communitas-boeketafel @ R40 per eksemplaar.

Aantal deelnemers: 16

Aanbiedingstyd: Di 26 Aug 14:00-17:30

14. As die nuwe generasie uit die kerk beweeg (1½ uur)

Fokus: “Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.” Job 6:14. ‘n Gesprek sal gefasiliteer word om te kyk na hoe medegelowiges sukkel om langs mense te staan wat moedeloos is oor die kerk.

Waarmee kan die kursus help? Die gesprek wil ons help om te embody (beliggaam) en te luister.

Teikengehoor: Almal wat wil deelneem aan die gesprek en ‘n bydrae wil lewer.

Aanbieders: Ds Michelle Boonzaaier, Helderberg Gemeente

Materiaal: Geen

10

Page 11: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Aantal deelnemers: 30

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-15:3015. Geloofsvorming (1½ uur)

Fokus: Geloofsvormende praktyke wat help om meer Christus-gelykvormig te word.

Waarmee kan die kursus help? Dit begelei gelowiges om naby God te leef, om God se teenwoordigheid te ervaar en om 'n dinamiese vervulde Christelike lewe te lei.

Teikengehoor: Gelowiges van alle ouderdomme

Aanbieders: Ds Gys van Schoor, NG Gemeente Durbanville en mnr Johan Kotze Communitas-gemeentekonsultant.

Materiaal: Uitdeelstukke

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 16:00-17:30

16. 'n Kerk met 'n volgende generasie wat kinders insluit (1½ uur)

Fokus: Om 'n kerk saam met kinders te wees, daag gemeentes uit om anders gemeente te wees. In die proses behoort daar bepaalde skuiwe in gemeentes se denke oor en manier van dinge doen met kinders, plaas te vind. Watter skuiwe is nodig? Watter proses is nodig om dit moontlik te maak? Kom dink saam oor antwoorde hierop.

Waarmee kan die kursus help? Om vernuwend oor kinderbediening te dink en 'n paar rigtingwysers te identifiseer om die gemeente hiermee te help.

Teikengehoor: Lidmate en predikante  

Aanbieder: Dr Jan Grobbelaar en ander personeellede van Petra Kollege, Wes-Kaap.

Materiaal: Uitdeelstukke

Aantal deelnemers: 30

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-15:3017. Mylpaalbediening: Hoe dra

ons geloof oor van een geslag na 'n volgende geslag? (1½uur)

Fokus: Oordrag van geloof

Waarmee kan die kursus help? Dit kan gesinne help om geloof op ‘n spontane en vreugdevolle wyse oor te dra.

Teikengehoor: Gesinne

Aanbieder: Mnr Francois Stone (Gesinsbediening Stellenberg Gemeente)

Materiaal: Uitdeelstukke

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 16:00-17:30

18. *Die rol en werksaamhede van die Diensverhoudinge-kommissie (DVK) in die gemeente en lewe van die dominee (3 ure)

Fokus: Gesonde verhoudinge (ook diensverhoudinge) is noodsaaklik om 'n "gesonde" gemeente daar te stel.Waarmee kan die kursus help? Help DVK's en dominees om begrip, goeie kommunikasie en gladde funksionering te verseker.

Teikengehoor: DVK - lede, kerksraadslede en dominees.Aanbieders: Die kursus word aangebied deur Drr Andrè Olivier, voorsitter van die Diensverhoudinge Kommissie van die Wes-Kaap Sinode en Pierre Goosen, PSD vir SKP.

11

Page 12: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Materiaal: Dienskontrakte en Artikel 9 (voorbeelde).Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-17:30

19. Opleiding van lidmate (1½ uur)

Fokus: Oogmerke en die ervaring van opleiding van lidmate met die oog op gemeentesorg.

Waarmee kan die kursus help? Dit kan help om begrip te bevorder vir die behoeftes van opleiding vir gemeentes en lidmate.

Teikengehoor: Predikante en lidmate betrokke by opleiding

Aanbieder: Dr JGM Richter, predikant by NGK Barkley-Oos en betrokke by die netwerk vir opleiding van lidmate.

Materiaal: Uitdeelstukke

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-15:30

20. Kerkeenheid vir ‘n nuwe generasie (1½ uur)

Fokus: ‘n Nuwe generasie lidmate vra dat ons nuut en innoverend oor kerkeenheid moet dink. Hulle verstaan nie hoekom die herenigingsproses telkens so vasval nie. Hulle dink meer in terme van belewenisse in hul eie konteks as in terme van kerklike strukture en hul probleme. Hulle soek ’n duidelike visie wat die inspirasie kan gee om deur struikelblokke te werk, en getuienisse wat hulle kan motiveer om grense te verskuif. Hulle wil nou reeds die vrug van versoening en eenheid ervaar – hulle wil nie wag tot al die sinodes eendag gereed is nie. Hoe kan ons hulle help?

Waarmee kan die kursus help? Om te help bou aan ‘n visie wat die nuwe

generasie lidmate op plaaslike vlak kan inspireer om versoening en eenheid te beleef.

Teikengehoor: Lidmate, predikante en kerkleiers wat met die nuwe generasie kan identifiseer.

Aanbieder: Dr Danie Nel, is predikant van die gekombineerde gemeente van Wynberg.

Materiaal: Power Point-aanbieding en notas.

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 16:00-17:30

21. Uitbranding (1½ uur)

Fokus: Om 'n draer van hoop te wees moet ek self ook hoopvol voel en met hoop leef. Daarvoor moet ek nie net in 'n lewende verhouding met ons Here leef nie. Ek moet ook in 'n gesonde verhouding met myself, die mense om my en die konteks waar ek my bevind, staan. Die werk en omstandighede van die predikant is van so 'n aard dat dit dikwels moeilik is om hierdie balanse te handhaaf. Die gevolg is dat daar soms langdurige en bo-menslike druk op die predikant geplaas word.  Uitbranding is dan jou voorland. Die gevaar is dat jy dit nie agterkom, voordat dit te laat is nie.

Waarmee kan die kursus help? Wat is stres en wat doen dit aan my as predikant? Hoe weet ek wanneer ek uitgebrand is? Hoe sien ander dat ek uitgebrand is? Oppad na genesing...

Teikengehoor: Predikante en almal betrokke by ondersteuning aan predikante.

Aanbieder: Ds JP Coetsee van Stellenbosch VGK

Materiaal: Uitdeelstukke

Aantal deelnemers: 50

12

Page 13: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-15:30 22. Intergeneratiewe eredienste met ‘n “gestuurde” karakter(1½ uur)

Fokus: Eredienste as gasvrye ruimtes

Waarmee kan die kursus help? Om nuut te dink oor die manier waarop ons ons eredienste beplan en inrig om dit 'n verwelkomende ruimte te maak.

Teikengehoor: Predikante en gemeente-leiers wat by eredienste betrokke is.

Aanbieder: Eugene Malan – leraar by PE-Hoogland gemeente en Barnard Steyn, leraar by NG Kerk Joubertina.

Materiaal: Power Point-aanbieding

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 16:00-17:30

23 * Lidmaatbemagtiging: Wat moet by die predikant en by die lidmaat verander sodat lidmate deel kan word van die bediening in die gemeente? (3 ure)

Fokus: Toerusting van lidmate om hul gawes in die gemeente te kan uitleef

Waarmee kan die kursus help? Die kennis, vaardighede, houdings en gewoontes wat aangespreek moet word om lidmate te bemagting. Teikengehoor: Lidmate en predikante

Aanbieder: Dr Hannes Koornhof was voorheen predikant by Somerset–Oos en Pinelands, en is tans predikant van die moedergemeente op Stellenbosch. Hy is die voormalige moderator van die Wes-en Suid-Kaap Sinode en werk tans mee aan die ontwikkeling van die VBO-kursus oor hierdie onderwerp.

Page 14: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Materiaal: Uitdeelstukke Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-17:30

24. “Staying in Touch” (1½ uur) 

Fokus: Geestelike begeleiding

Waarmee kan die kursus help? Om in kontak met God te bly

Teikengehoor: Leraars en geestelike leiers

Aanbieder: “Staying in Touch” is ‘n nuwe produk vir die Seisoen van Luister, geskryf deur prof John Ackerman in samewerking met en aangebied deur dr Chris van Wyk.

Materiaal: Voor-publikasie boek

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-15:30

25. Senior Kategese (1½ uur)

Fokus: Waarmee en hoe moet ’n gemeente betrokke wees by die tiener se geloofsvorming? Hoe kan die bestaande stelsel help, waar skiet dit te kort en hoe kan dit aangevul word?

Waarmee kan die kursus help? Tydens die geleentheid sal stilgestaan word by van die nuutste denke oor geloofsvorming by tieners. Verder sal aandag gegee word aan kritiese vrae wat nadenke oor die aangeleentheid kan stimuleer en gemeentes bemagtig tot ’n sinvolle benadering ten opsigte van die aangeleentheid. Die kategese-taakspan van die Algemene Sinode se nuutste hulpmiddels sal ook bekendgestel word.

Teikengehoor: Jeugkommissielede, jeugkerkraadslede, jeugwerkers/-predikante en ouers van tieners wat belange het by die geloofsvorming van jongmense.

Aanbieder: Ds Waldemar Stumpfe, is die afgelope 19 jaar ten nouste betrokke by jeugbediening in die gemeente. Hy was betrokke by George-, Driehoek- en Fontainebleau-gemeente met die uitsluitlike opdrag: Jeug. Hy is die afgelope jaar deur Bybelmedia aangestel as kategese- fasiliteerder vir gemeentes met die opdrag om gemeentes by te staan ten opsigte van hulle bediening aan hulle kinders en jongmense, nuwe hulpmiddels voor te stel en behoeftes en leemtes uit te wys en te help aanspreek. ‘n Gedeelte van sy bediening skuif na Bothaville om te help met die ontwikkeling van ’n unieke jeugmodel vir die plattelandse konteks.

Materiaal: Geen

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 16:00-17:30

26. Hoe beïnvloed ons die nuwe generasie ten opsigte van geweld? (1½ uur)

Fokus: Die krag van die konteks.

Waarmee kan die kursus help? Om bewus te word van hoe buitengewoon sensitief die jongmens is vir die omgewing waarin hy/sy leef, dat eksterne stimuli interne oortuigings/waardes kan oorheers, en hoe ons mekaar hierin kan help.

Teikengehoor: Almal (wat kinders het, met jong mense werk en belangstel in hoe beïnvloedbaar die mens is).

Aanbieder: Dr Chris Jones betrokke by die Kantoor vir Moraliteit (Communitas/Buvton) asook by die Beyers Naudé–Sentrum vir Publieke Teologie.

Materiaal: Geen

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-15:30

13

Page 15: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

27. * Die gesprek tussen Gereformeerdes, Evangelikale en Charismatiese kerke: Wat kan ons by mekaar leer? (3 ure)

Fokus: Hoe die kerklike tradisies mekaar aanvul en verryk. Waarmee kan die kursus help? Om ‘n waardering vir die insigte en spiritualiteit van die kerklike tradisies aan te moedig.

Teikengehoor: Predikante en gemeenteleiers

Aanbieder: Prof Kees van der Kooi, lektor aan die Vrije Universiteit, Nederland.

Materiaal: Geen

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 14:00-17:30

28. Roepingsfokus: Wanneer lidmate die bediening oorneem (1½ uur)

Fokus: Praktiese gemeentebediening

Waarmee kan die kursus help? Om te verstaan wat dit prakties beteken dat lidmate verantwoordelikheid neem vir die bedieninge waartoe God hulle in die gemeente en in die wêreld roep en om jou weer opgewonde en hoopvol te maak oor die gemeente se bediening!

Teikengehoor: Almal wat saam wil dink en praat oor hoe roepingsfokus in ‘n gemeente, die lidmate aan die gang kry om hulle gawes te gebruik tot diens aan mekaar en die wêreld, asook almal wat op is daarvoor dat die “doompie en vyf ander” alles moet doen!

Aanbieder: Ds Willem Smit predikant NGK gemeente Kangovallei. Met die eerste Reformasie is die Bybel aan die lidmate teruggegee. Met die tweede Reformasie, wat besig is om te gebeur in gemeentes,

word die bediening teruggegee aan lidmate. Hulle gryp die geleentheid opgewonde met albei hande aan. Baie lidmate hoor ook met albei ore hoe God hulle roep om aktief-dienend deel te neem aan die koms van sy Koninkryk in sy geliefde wêreld. Al meer gemeentes vertel inspirerende stories hieroor. Bring julle stories saam en kom hoor ook ons storie.

1515

14

14

Page 16: verantwoordelike vernuwing 2001 - Communitas€¦ · Web viewVerversings en etes Middagetes word tussen 12h45 - 14h00 in die kerksaal bedien. LW Etes en tee is by inskrywingsgelde

Materiaal: Uitdeelstukke

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 27 Aug 16:00-17:30

15