35

Click here to load reader

 · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Metro Oos Onderwysdistrik

PUNTE: 300

TYD: 3 ure

Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 20 bladsy-antwoordboek.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

REKENINGKUNDEREKENINGKUNDE

GRAAD 12GRAAD 12

JUNIE 2015 JUNIE 2015

Page 2:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 2 MOOD Junie 2015

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

1. Beantwoord AL die vrae.

2. 'n Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy ALLE vrae moet beantwoord.

3. Toon bewerkings in die antwoordboek om deelpunte te verdien.

4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

Kopiereg voorbehou

Page 3:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 3 MOOD Junie 2015

6. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE:

VRAAG 1: 20 punte; 10 minuteOnderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:

Maatskappye: Konsepte en transaksies Ontleding van transaksies

Finansiële rekeningkunde Maatskappy konsepte en rekeningkunde Rekeningkundige vergelyking

VRAAG 2: 45 punte; 30 minuteOnderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:

Maatskappye - Finansiële state Finansiële rekeningkunde Inkomstestaat

VRAAG 3: 50 punte; 30 minuteOnderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:Maatskappye - Finansiële state:Balansstaat

Finansiële rekeningkunde Balansstaat en notas

VRAAG 4: 60 punte; 40 minuteOnderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:

Kontantvloeistaat enVerhoudingsanalise

Finansiële rekeningkunde Finansiële state Ontleding en vertolking van finansiële inligting

VRAAG 5: 55 punte; 30 minuteOnderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:

Vaste Bates enBedryfsbates (Voorraad)Interne beheer en bestuur van bates

Bestuur van hulpbronne Vertolk en doen verslag oor die beweging van bates Probleemoplossing Voorraadwaardasie en -bestuur Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing

VRAAG 6: 50 punte; 30 minuteOnderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:

Debiteure-, Krediteure-beheerBankversoening

Finansiële rekeningkunde VersoeningsBestuur van hulpbronne Toepassing van interne beheer en ouditprosesse Probleemoplossing

VRAAG 7: 20 punte; 10 minuteOnderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:

BTW en etiek

Finansiële rekeningkunde BTW konsepte en berekeningeBestuur van hulpbronne Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing

Kopiereg voorbehou

Page 4:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 4 MOOD Junie 2015

VRAAG 1 MAATSKAPPYE: TRANSAKSIES (20 punte; 10 minute)

1.1 KONSEPTE

GEVRA:

Kies die korrekte woord(e) uit die lys gegee tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.4) in die ANTWOORDBOEK.

1.1.1 (Direkteure/Ouditeure) is verantwoordelik vir die implementering van maatskappybeleid en die bestuur van die maatskappy namens die aandeelhouers. (1)

1.1.2 Burko Bpk het 'n (prospektus/akte van oprigting) gepubliseer om die publiek uit te nooi om Burko-aandele te koop. (1)

1.1.3 Met die terugkoop van aandele word die (gemiddelde/terugkoop-) waarde van die aandele in die Gewone Aandelekapitaalrekening gedebiteer. (1)

1.1.4 As tussentydse dividende halfpad deur die finansiële jaar uitbetaal word, sal die Dividende op gewone aandele-rekening (gedebiteer/gekrediteer) word. (1)

1.2 MAATSKAPPYTRANSAKSIES

Die SAID (inkomstebelasting)-rekening van Somerset Bpk is voltooi vir die finansiële jaar tot 28 Februarie 2015.

GEVRA:

1.2.1 Verskaf 'n rede vir die debietinskrywing op 25 Maart 2014. (2)

1.2.2 Gee 'n moontlike transaksie vir die inskrywing op 31 Augustus 2014 (2)

1.2.3 Wat is die totale inkomstebelasting-uitgawe van Somerset Bpk vir die huidige finansiële jaar? (2)

1.2.4 Bereken die saldo van SAID (inkomstebelasting) op 28 Februarie 2015. Toon jou bewerkings. (5)

1.2.5 Verwys na die saldo in Vraag 1.2.4 hierbo bereken. Dui aan of hierdie saldo 'n Bedryfsbate of Bedryfslas is. (1)

1.2.6 Toon die uitwerking op die rekeningkundige vergelyking van die transaksie op 28 Februarie 2015 vir R75 500. Voltooi die tabel in die antwoordboek. (4)

Kopiereg voorbehou

Page 5:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 5 MOOD Junie 2015

INLIGTING:

ALGEMENE GROOTBOEK VAN SOMERSET BPKBALANSSTAATAFDELING

Dt SAID (Inkomstebelasting) B8 Kt2014Maart 25 Bank 12 000

2014Maart 1 Saldo 12 000

2014Aug 31 Bank 30 000

2015Feb 28

Inkomste-belasting 75 500

2015Feb 27 Bank 55 000

20

VRAAG 2 FINANSIЁLE STATE - MAATSKAPPYE (45 punte, 30 minute)

INKOMSTESTAAT/Staat van Omvattende Inkomste

Die boekhouer van Khaya Handelaars Bpk benodig jou hulp om hul Inkomstestaat te voltooi vir die jaar wat op 31 Desember 2014 eindig. Sy het die nodige inligting aan jou verskaf.

GEVRA:

2.1 Bereken die volgende bedrae soos dit in die Inkomstestaat vir die jaar tot 31 Desember 2014 sal verskyn:

Huur Inkomste Handelsvoorraadtekort Waardevermindering Salarisse Versekering Ouditfooie Direkteursfooie (33)

2.2 Voltooi die Inkomstestaat om die Netto wins na belasting te bepaal vir die jaar tot 31 Desember 2014. (12)

Kopiereg voorbehou

Page 6:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 6 MOOD Junie 2015

INLIGTING:

KHAYA HANDELAARS BPK

A. Uittreksel uit die Voor-Aansuiweringsproefbalans op 31 Desember 2014

Debiet KredietVoertuie 407 000Toerusting 616 000Opgehoopte waardevermindering: Voertuie 147 400Opgehoopte waardevermindering: Toerusting 341 000Handelsvoorraad 36 700Lening: IOU Bank (12% per jaar ) 160 000Salarisse en Lone 940 000Werkgewersbydraes (WVF en Pensioenfonds) 103 400Waardevermindering (op verkoopte voertuig) 13 750Wins met verkoop van bate 12 500Versekering 12 000Ouditfooie 30 000Direkteursfooie 68 000Huur Inkomste 70 560Rente op lopende rekening 2 140Rente ontvang (van agterstallige debiteure) 900Inkomstebelasting 32 250

B. Huur van R4 800 per maand is van die huurder ontvang tot 31 Julie 2014. Die huur is van 1 Augustus 2014 met 10% verhoog. Die huurder betaal twee maande vooruit.

C. Voorraad (gemerk vir R640) is aan die Gift of the Givers geskenk. 'n Winsgrens van 60% is vir hierdie items gebruik.

Kredietaankope van voorraad, R250, is op 30 Desember 2014 by die stoorkamer afgelewer. Alhoewel dit by die voorraadtelling ingesluit is, is dit nog nie in die voorraadrekords opgeteken nie.

'n Fisiese voorraadopname op 31 Desember 2014 toon die waarde van voorraad voorhande as R35 900.

Kopiereg voorbehou

Page 7:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 7 MOOD Junie 2015

D. Op 31 Oktober 2014 is 'n ou voertuig vir kontant verkoop. Alle besonderhede rakende die bate is behoorlik in die boeke opgeteken.

Voorsien vir waardevermindering soos volg:

Op die oorblywende voertuie, R81 400 op 31 Desember 2014

Op toerusting teen 10% p.j. op die verminderde saldo metode. Neem in ag dat nuwe toerusting vir R90 000 op 1 September 2014 aangekoop is. Hierdie transaksie was korrek aangeteken.

E. 'n Werknemer is uit die Salarisjoernaal vir November 2014 weggelaat. Die besonderhede op sy betaalstrokie was soos volg:

BrutoSalaris

Aftrekkings Bydraes Netto SalarisLBS WVF Pensioen-

fonds UIF Pensioen-fonds

? 1 600 90 630 90 ? R6 680

Werknemers dra 7% van hul bruto salaris by tot die pensioenfonds en die werkgewer 10%. Die WVF-aftrekking is 1% van die bruto salaris.

F. 'n Jaarlikse versekeringspremie van R6 000 is op 1 Oktober 2014 betaal.

G. Ouditfooie van R40 000 was nog betaalbaar op 31 Desember 2014.

H. Volgens hul kontrakte, is die direkteure geregtig op die volgende fooie:

B. Bell, R23 000 per jaar. Haar fooie was ten volle betaal. C. Cele, R30 000 per jaar. Hy het sy volle fooie vir die jaar ontvang,

asook 50% van sy 2016-fooie.

I. 'n Leningstaat ontvang van HU Bank op 31 Desember 2014 toon die volgende:

Saldo van die lening op 1 Januarie 2014 178 000Betalings gemaak gedurende die jaar (37 800)Rente gekapitaliseer ?Saldo op 31 Desember 2014 160 000

J. Die bedryfswins beloop R232 750 op 31 Desember 2014, nadat al die bogenoemde aansuiweringe in ag geneem is.

45

Kopiereg voorbehou

Page 8:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 8 MOOD Junie 2015

VRAAG 3 BALANSSTAAT (Staat van Finansiële posisie) (50 punte, 30 minute)

Die inligting hieronder het betrekking op Amla Bpk vir die finansiële jaar geëindig op 30 Junie 2014. Hul Akte van oprigting dui aan dat die maatskappy geregistreer is met 700 000 gewone aandele. Daar was reeds 620 000 aandele uitgereik op 1 Julie 2013.

GEVRA:

3.1 Bereken die gemiddelde aandeeluitreikprys op 1 Julie 2013. (3)

3.2 Voltooi die Notas tot die Finansiële State op 30 Junie 2014, vir:

Gewone Aandelekapitaal, en

Behoue Inkomste (17)

3.3 Stel die Balansstaat van Amla Bpk op soos op 30 Junie 2014.Toon jou bewerkings in hakies, aangesien nie alle notes vereis word nie. (30)

INLIGTING:

AMLA BPK

A. UITTREKSEL uit die Na-Aansuiweringsproefbalans soos op 30 Junie 2014

Gewone Aandelekapitaal 1 550 000Behoue Inkomste (saldo op 1 Julie 2013) 252 414Vaste depositos: LBW Bank 150 000Verbandlening van AB Bank 455 230Vaste bates teen drawaarde op 30 Junie 2014 1 939 400Debiteurekontrole 64 900Krediteurekontrole 71 230Voorsiening vir oninbare skulde 2 596SAID (inkomstebelasting) - voorlopige belastingbetalings 197 000Opgelope uitgawes 15 300Bank (dt saldo) 175 540Wisselgeld 3 800Handelsvoorraad 121 000Verbruiksgoedere voorhande 3 790Aandeelhouers vir dividende 220 000

Kopiereg voorbehou

Page 9:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 9 MOOD Junie 2015

B. Vaste deposito's:Daar is twee vaste deposito's by LBW Bank. Die een vaste deposito van R90 000 verval op 30 November 2014 en die ander een op 30 April 2020.

C. Verbandlening van AB Bank: Rente word gekapitaliseer. Rente vir die jaar, R54 660, is nog nie

aangeteken nie. 'n Totaal van R87 000 sal gedurende die volgende finansiële jaar

terugbetaal word.

D. Aandele en dividende: Op 1 Desember 2013 het Amla Bpk 100 000 aandele teen R2,70 per

aandeel teruggekoop en gekanselleer. Slegs die betaling was aangeteken.

Tussentydse dividende van 30c per aandeel was betaal op 1 Januarie 2014.

Finale dividende van R220 000 is verklaar op 30 Junie 2014.

E. Die Inkomstestaat toon: Die netto wins voor belasting, R680 000 Inkomstebelasting vir die jaar, R190 400

50

VRAAG 4 KONTANTVLOEISTAAT EN VERHOUDINGSANALISE(60 punte; 40 minute)

(Hierdie vraag bestaan uit 3 ONAFHANKLIKE vrae.)

4.1 Die volgende stellings is van toepassing op die kontantvloeistaat. Kies die korrrekte antwoord uit die opsies gegee om die stellings te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die vraag se nommer (4.1.1 – 4.1.4) in die antwoordboek.

rente inkomste uitgesluit invloei afname

uitvloei waarde-vermindering toename ingesluit

4.1.1 ... word teruggetel by die netto wins omdat dit 'n nie-kontant item is. (1)

4.1.2 'n Toename in voorraad dui op 'n ... van kontant. (1)

4.1.3 Aandeelhouers vir dividende word ... by die berekening van die verandering in bedryfskapitaal. (1)

4.1.4 'n ... in die Kleinkas sal 'n negatiewe invloed hê op die netto verandering in kontant en kontantekwivalente. (1)

Kopiereg voorbehou

Page 10:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 10 MOOD Junie 2015

4.2 KONTANTVLOEISTAAT en VERHOUDINGSANALISE

Mbatha Bpk het jou voorsien van uittreksels uit hul finansiële state vir die jaar wat eindig op 28 Februarie 2015, tesame met vergelykende syfers vir 2014.

GEVRA:

4.2.1 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015.Sommige besonderhede en syfers is reeds in die antwoordboek aangebring.(NB: Berekeninge moet tussen hakies getoon word om deelpunte te verdien) (27)

4.2.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2015. Toon bewerkings duidelik om deelpunte te verdien. (Rond af tot 1 desimale plek waar van toepassing)

4.2.2.1 % Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit (na belasting) (5)

4.2.2.2 Skuld-ekwiteit-verhouding (4)

INLIGTING:

MBATHA BPK

A. Uittreksel uit die finansiële state soos op

28 Feb 2015 28 Feb 2014Rente Uitgawe 19 500 28 000Waardevermindering 56 000 41 000Netto wins na belasting 522 900 310 000Vaste/Tasbare Bates 3 028 600 2 937 600Finansiële Bates (Vaste Deposito's) 715 900 753 000Kontant en Kontantekwivalente 1 033 000 0Gewone Aandelekapitaal 2 400 000 1 600 000Behoue Inkomste 200 000 192 100Langtermynlenings 130 000 940 000SAID (inkomstebelasting) 47 000 (dr) 18 000 (cr)Bankoortrekking 0 87 500

Kopiereg voorbehou

Page 11:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 11 MOOD Junie 2015

B. ADDISIONELE INLIGTING

Kontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000

Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop

Vaste bates is gedurende die finansiële jaar aangekoop

Inkomstebelasting word teen 30% van die netto wins bereken

Totale dividende verklaar gedurende die jaar beloop R445 000

320 000 aandele was uitgereik aan die begin van die finansiële jaar

Op 1 April 2014 het die maatskappy se raad van direkteure die terugkoop van 20 000 aandele van 'n ontevrede aandeelhouer goedgekeur. Daar is ooreengekom op 'n terugkoopprys van R8,50 per aandeel. 'n Elektroniese oordrag van fondse is aan die aandeelhouer gemaak

100 000 nuwe aandele is op 1 September 2014 uitgereik teen R9 elk

4.3 FINANSIЁLE AANWYSERS: JEANS BPK

Jou vriendin, Sally, wil graag aandele koop in JEANS Bpk, wat modieuse klere en bykomstighede verkoop. Sy vra jou raad en verskaf sommige van hul finansiële aanwysers soos op 28 Februarie 2015, die einde van hul boekjaar.

GEVRA:

4.3.1 Sally is van mening dat JEANS Bpk se likiditeitsposisie beter is in 2015 as in 2014, omdat hul bedryfsverhouding verander het tot 4:1. Verduidelik en haal DRIE ANDER aanwysers aan wat toon dat jy haar mening ondersteun. (9)

4.3.2 Die skuld/ekwitiet-verhouding het skerp gestyg as gevolg van 'n groot vermeerdering in geleende kapitaal. Sally is bekommerd dat dit 'n negatiewe invloed op winste sal hê omdat meer rente betaal moet word.Stem jy saam met haar? Verduidelik jou opinie deur TWEE finansiële aanwysers aan te haal en kommentaar op elkeen te lewer. (5)

4.3.3 Sally wil 2 000 aandele in Jeans Bpk koop. Bereken hoeveel sy hiervoor sal betaal op 28 Februarie 2015. (3)

4.3.4 Haal EEN finansiële aanwyser aan en lewer kommentaar daarop om te bewys dat jy Sally se belegging in Jeans Bpk se aandele ondersteun. (3)

Kopiereg voorbehou

Page 12:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 12 MOOD Junie 2015

INLIGTING:

JEANS BPK

FINANSIËLE AANWYSERS 2015 2014Debiteure-invorderingstermyn 29 dae 35 daeKrediteure-betalingstermyn 55 dae 45 daeVoorraadomsetsnelheid 8 keer p.j. 6 keer p.j.Bedryfsverhouding 4 : 1 2 : 1Vuurproefverhouding 1,2 : 1 1 : 1Skuld-ekwiteit-verhouding 2,1 : 1 0,4 : 1% opbrengs op gemiddelde aandeelhouers- ekwiteit 25,4% 14,5%

% opbrengs op totale kapitaal aangewend 33,4% 16,8%% rente op lening 17% 17%Markprys per aandeel 710 sent 680 sentNetto batewaarde (NBW) per aandeel 845 sent 750 sentDividende per aandeel (DPA) 230 sent 160 sentVerdienste per aandeel (VPA) 350 sent 280 sent

60

VRAAG 5 BATES - beheer en bestuur (55 punte; 30 minute)

5.1 VASTE BATES

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Eastend Winkel vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015. Mike East is die eienaar en Milly West die bestuurder in die winkel.

GEVRA:

5.1.1 Verwys na inligting A:Stel Bateverkope-rekening vir die gesteelde rekenaars op 20 April 2014 op. Sluit dit behoorlik af. Toon bewerkings om deelpunte te verdien. (12)

5.1.2 Toon die dubbelinskrywing wat in die algemene groortboek gemaak is vir die vervanging van die rekenaars op 30 April 2014. Dui ook die korrekte bedrag aan. (3)

5.1.3 Verduidelik hoe 'n vaste bateregister die interne ouditeur kan help om vaste bates te beheer. (2)

Kopiereg voorbehou

Page 13:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 13 MOOD Junie 2015

5.1.4 Verduidelik waarom 'n vaste bate-item se drawaarde as R1 getoon kan word in die balansstaat. (3)

5.1.5 Een van die kantoorwerkers, Gill, weet dat die versekeringspolis slegs diefstal dek indien daar bewyse van geforseerde toegang was. Sy het ook gesien dat Mike die sekuritietshek van die kantoor gebreek het om die indruk te skep dat daar geforseerde toegang was. Gill is nie seker of Milly hiervan weet nie. Watter raad sal jy aan Gill gee? (3)

5.1.6 Mike will 'n deel van hul perseel verkoop teen kosprys om hul kontantvloeiprobleme op te los. Milly stem nie hieroor met hom saam nie. Gee een rede waarom jy Milly in hierdie verband sal ondersteun. (2)

INLIGTING:

A. Toerusting en vervreemdingsToerusting sluit rekenaars in wat in die kantoor gebruik word. Ses kantoorrekenaars is op 20 April 2014 gesteel. Hierdie 6 rekenaars was oorspronklik aangekoop teen R13 200 elk. Sosure, die versekerings-maatskappy, het R5 000 per rekenaar uitbetaal. Die ses gesteelde rekenaars is op 30 April 2014 vervang met nuwes, aangekoop op krediet van Office Smart teen R8 000 elk.

B. Vaste/Tasbare Bates-nota vir die jaar geëindig  28 Februarie 2015

Vaste/Tasbare Bates Grond en Geboue Toerusting

Drawaarde (1 Maart 2014) 1 200 000 630 000 Kosprys 1 200 000 980 000 Opgehoopte waardevermindering (350 000)Bewegings: (700 000) 19 560 Toevoegings 240 000 Vervreemdings teen drawaarde (700 000) (63 360) Waardevermindering (157 080)Drawaarde (28 Februarie 2015) 500 000 649 560 Kosprys 500 000 1 140 800 Opgehoopte waardevermindering (491 240)

Kopiereg voorbehou

Page 14:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 14 MOOD Junie 2015

5.2 BEDRYFSBATES - Voorraad

KLICKWORLD, eienaar P. Kiki, verkoop digitale kamera's. Die onderneming gebruik die periodieke voorraadstelsel en die geweegde gemiddelde metode vir voorraadwaardering. Hulle gebruik 'n vaste verkoopprys van R2 200 per eenheid om mededingend in die mark te bly. Hul finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie.

GEVRA:5.2.1 P. Kiki vermoed dat kamera's gesteel is uit die laaste besending in

Januarie 2015. Maak 'n berekening om sy vermoede te bevestig. (5)

5.2.2 Gebruik die geweegde gemiddelde-metode om die voorraad voorhande se waarde op 28 Februarie 2015 te bereken. (Rond af tot die naaste rand waar van toepassing) (9)

5.2.3 P. Kiki oorweeg dit om die voorraadwaarderingsmetode te verander na die EIEU (Eerste-in-Eerste-uit) metode. Gebruik hierdie metode om die bruto wins te bereken. Toon alle berekeninge. (Ignoreer die gesteelde voorraad vir hierdie berekening) (7)

5.2.4 Kiki het die bruto wins wat in Vraag 5.2.3 bereken is, vergelyk met die bruto wins van R1 175 580 wat hy met die geweegde gemiddelde-metode bereken het.

5.2.4.1 Gee een moontlike rede vir die verskil tussen die twee bedrae. (3)

5.2.4.2 Help P. Kiki om te besluit of hy sy voorraad-waardasiemetode moet verander na die EIEU-metode al dan nie. Verduidelik kortliks. (4)

5.2.5 Vyf nuwe hoë-tegnologie digitale kamera's is van China ingevoer. Die kamera's se kospryse wissel van R1 000 tot R2 500 en sal afsonderlik in die voorraadrekords aangeteken word. Watter voorraadwaardasie-metode sal hier toegepas word? (2)

INLIGTING:Eenhede Prys p.e. Totale prys

Digitale kamera's voorhande (1 Maart 2014) 340 R1 100 R374 000Aankope van digitale kamera's: 1 250 R1 641 500 Mei 2014 300 R1 190 R357 000 Augustus 2014 220 R1 650 R363 000 Oktober 2014 550 R1 250 R687 500 Januarie 2015 180 R1 300 R234 000Digitale kamera's voorhande (25 Feb 2015) 290 ? ?Digitale kamera's gesteel van die laaste besending in Januarie 2015 ?Verkope van digitale kamera's 1 260 R2 200 55

Kopiereg voorbehou

Page 15:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 15 MOOD Junie 2015

VRAAG 6 VERSOENINGS/Rekonsiliasies (50 punte, 30 minute)

6.1 DEBITEURE EN KREDITEURE-VERSOENING

Die Debiteure-ouderdomsontleding en Krediteurelys is geneem uit die boeke van Nissen Handelaars op 31 Mei 2015, die einde van hul finansiële jaar.

GEVRA:

6.1.1 Dui die saldo van die Debiteurekontrolerekening op 31 Mei 2015 aan. (2)

6.1.2 Watter debiteur in die ouderdomsanalise mag korting ontvang? Motiveer jou antwoord met een rede. (3)

6.1.3 Verduidelik die term 'Kredietlimiet' wat in die ouderdomsanalise getoon word. (2)

6.1.4 S. Solly en P. Peter hou nie by die debiteure se kredietterme nie. Maak 'n voorstel vir een interne beheermaatreël om dit aan te spreek. (2)

6.1.5 Die Voorsiening vir Oninbare skulde-rekening toon 'n kredietsaldo van R1 400 op 1 Junie 2014. Voorsiening vir Oninbare skulde moet tot 5% van die debiteure aangepas word. Bereken die bedrag vir Voorsiening vir Oninbare skulde op 31 Mei 2015. (3)

6.1.6 Teken die volgende foute en weglatings direk in die Krediteurelys aan. Toon bewerkings tussen hakies in die krediteurelys om deelpunte te verdien.

Beskadigde goedere is aan Mjila Groothandelaars teruggestuur, R850

'n Faktuur vir goedere op krediet aangekoop van Stan Winkels is nog nie opgeteken nie, R1 260.

'n Betaling van R3 000 is aan Mjila Groothandelaars gemaak. Kontantkorting van 3% is op hierdie betaling ontvang. Geen inskywings is gemaak nie.

Goedere, nie volgens die bestelling nie, is teruggestuur aan Stan Winkels, R280. Dit is as kredietaankope in die Krediteure grootboekrekening ingeskryf. (9)

6.1.7 Wat is jou mening oor die kredietterme wat Nissen Handelaars aan hul debiteure gee met betrekking tot die terme wat hulle toegelaat word deur hul krediteure? Maak een aanbeveling in hierdie verband. (4)

Kopiereg voorbehou

Page 16:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 16 MOOD Junie 2015

A. Debiteure

Debiteure is geregtig op 2% korting as hulle hul rekeninge binne 30 dae vereffen.

Debiteure word gewoonlik toegelaat om hul rekeninge binne 60 dae te betaal. Nissen Handelaars betaal hul krediteure binne 30 dae om vir die 3% kontant-

korting in aanmerking te kom.

Debiteure-ouderdomsanalise op 31 Mei 2015

Debiteur Krediet-limiet TOTAAL 1 - 30

dae31 - 60

dae61- 90

dae 90+ dae

S.Solly R4 000 R14 000 3 000 8 000 2 000 1 000V. Veejay R5 000 R 2 500 2 500P. Peter R3 000 R 8 000 4 000 4 000

R24 500 R9 500 R8 000 R2 000 R5 000

B. Krediteure

Krediteurelys op 31 Mei 2015Mjila Groothandelaars R5 450Stan Winkels R2 800

6.2 BANKVERSOENING

GB Supermark se boekhouer het op 30 April 2015 die bankversoeningstaat voltooi nadat sy die Bankrekening met April se bankstaat, ontvang van STB Bank, vergelyk het.

GEVRA:

6.2.1 Verduidelik kortliks hoe bankversoening die interne beheer van kontant kan verbeter. (2)

6.2.2 Wie het die fout van R450, wat op kredietkant van die bankversoening- staat gekorrigeer is, gemaak? Gee een moontlike rede vir hierdie fout. (3)

6.2.3 GB Supermark se finansiële jaar eindig op 31 Mei 2015. Gebruik die tabel in die antwoordboek om aan te dui hoe elke uitstaande tjek in die April-bankversoeningstaat, hanteer sal word by die voorbereiding van finansiële state. Mei 2015 se bankstaat is ontvang.

NOTA: Tjek 183 het in Mei 2015 se bankstaat verskyn. Die nemer van tjek 190 het laat weet dat hy die tjek verloor het. (12)

Kopiereg voorbehou

Page 17:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 17 MOOD Junie 2015

6.2.4 George, die eienaar, is bekommerd oor die hantering van kontant in sy supermark. Hy vra jou om ondersoek in te stel. Nadat jy die proses deeglik vir 'n week bestudeer het, vind jy die volgende:

Kontant ontvang word in 'n kontanthouer wat kan sluit, gehou. Geen elektroniese toerusting word gebruik nie. Die boekhouer hou die kontanthouer se sleutel by haar.

Geld vir die week word in die houer gehou en elke Saterdagoggend deur die boekhouer gedeponeer. Sy neem die kontant self bank toe.

Kwitansies word uitgereik vir kontant ontvang. Die kwitansieboek kan by enige PNA gekoop word. Die boekhouer stempel GB Supermark se logo agterop elke kwitansie (as sy onthou!)

As voorraad vir kontant aangekoop word, word geld uit die kontanthouer geneem en die aankoopfaktuur word in die houer geplaas. Hierdie transaksies word eers die volgende dag aangeteken as die boekhouer daarvan onthou.

Die boekhouer "leen" geld op 'n gereelde basis deur kontant uit die kontanthouer te neem. Sy bevestig dat sy dit later weer terugsit.

Maak 4 aanbevelings aan George om kontantbestuur by GB Supermark te verbeter. Hou jou aanbevelings kort, tot die punt en basseer dit op jou bevindinge. (8)

INLIGTING:

BANKVERSOENINGSTAAT VAN GB SUPERMAROP 30 APRIL 2015

Dt KtKredietsaldo soos per bankstaat 1 723Krediteer uitstaande deposito 2 458Debiteer uitstaande tjeks: No 105 (gedateer 12/10/2014) 1 010 No 183 (gedateer 22/3/2015) 681 No 185 (gedateer 3/4/2015) 2 260 No 190 (gedateer 18/4/2015) 340 No 193 (gedateer 22/6/2015) 1 295Kredietbedrag foutiewelik gedebiteer 450Kredietsaldo soos per bankrekening 955

5 586 5 586

50

Kopiereg voorbehou

Page 18:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 18 MOOD Junie 2015

VRAAG 7 BTW (20 punte, 15 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot NATI WINKELS. Hul finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie. Goedere gekoop en verkoop is onderhewig aan die standaardkoers van 14% BTW. Ingesluit in die voorraad is nulkoers- en BTW vrygestelde items.

GEVRA:

7.1 Verduidelik wat bedoel word met BTW vrygestelde items. Voorsien een voorbeeld. (3)

7.2 Waarom moet Nati Winkels vir BTW registreer? (2)

7.3 Bereken die bedrag vir BTW betaalbaar aan OF ontvangbaar van die SAID op 28 Februarie 2015 (jy mag 'n BTW-kontrolerekening opstel om jou met jou berekeninge te help). (10)

7.4 Nati se boekhouer het 'n spesiale ooreenkoms met een van hul verskaffers. As aankope gedoen word, reik die verskaffer twee belastingfakture uit. Een toon die oorspronklike pryse, terwyl die ander een 25% hoër is. Die boekhouer gebruik dan die belastingfaktuur met die hoër pryse om inset BTW te eis.

Dink jy die boekhouer tree eties korrek op?

Wat kan die interne ouditeur, wat onlangs van hierdie praktyk te hore gekom het, aan hierdie situasie doen? (5)

Kopiereg voorbehou

Page 19:  · Web viewKontant uit bedrywighede gegenereer is bereken op R1 919 000 Vaste bates is teen drawaarde vir R100 000 gedurende die jaar verkoop Vaste bates is gedurende die finansiële

Rekeningkunde 19 MOOD Junie 2015

INLIGTING:

A. Nati Winkels het 'n jaarlikse omset van R1 500 000. Verkope sluit kontant- en kredietverkope in. Alle aankope is op krediet.

BTW word op faktuurbasis bereken. Opgawes word elke twee maande ingedien. Hierdie BTW-periode eindig 28 Februarie 2015.

Die BTW-kontrolerekening het 'n kredietsaldo van R 2 850 op1 Januarie 2015 getoon.

B. Opsomming van transaksies vir 2 maande tot 28 Februarie 2015

BTWEksklusief

BTW BTW Inklusief

Verkope van handelsvoorraad 244 000 ?Kredietaankope van handelsvoorraad ? 335 502Terugsendings van debiteure 6 440Terugsendings aan krediteure 350Handelsvoorraad deur die eienaar geneem vir eie gebruik 8 500 ? 9 690Kontantkorting toegestaan aan debiteure 1 168

20

TOTAAL: 300

Kopiereg voorbehou