34
VOORWOORD FEESBOODKSKAP VAN AINSLEY MOOS, REDAKTEUR VAN VOLKSBLAD Beste Feesgangers Hartlik welkom by vanjaar se kunstefees, die eerste Vryfees en eintlik net die Volksblad-kunstefees in ‟n ander gedaante. Vanjaar is die 11de fees in Bloemfontein. En soos ons ‟n tweede dekade van feestelikheid hier in die Rosestad binnegaan, doen ons dit met hernieude energie. Die rede vir die verandering in die naam is doodeenvoudig: Volksblad bied al vir ‟n volle dekade die fees saam met ander vennote aan. Die belangrikste vennoot is die Universiteit van die Vrystaat, tesame met ons senior borge. Van Volksblad se kant erken ons die rol en bydrae wat ons vennote speel. Terselfdertyd bied die verandering ‟n geleentheid vir ons om te besin oor die toekomstige rigting wat die fees graag wil inslaan. Met die nuwe aanslag beplan ons glad nie om van u unieke feeservaring weg te neem nie. Trouens, ons beplan soos oudergewoonte om vanjaar wéér aan al u fees-verwagtinge te voldoen én te oortref. Met ware gasvryheid. Die kunste en bepaald die ervaring wat ons daaruit put is veronderstel om ons vry te maak. Te bevry van die dinge wat dit vir ons moeilik maak om ‟n beter gemeenskap te bou. Om vrywillig ‟n bydrae te lewer, om vrygewig met ons idees en drome te wees, om vrylik mekaar oor grense te vind. Ek en die Vryfees se Bestuurskomitee vertrou dat u die 11de fees terdeë saam met ons sal geniet. Feesgroete Ainsley Moos FEESBOODKSKAP VAN ADRI HERBERT, VRYFEES-ORGANISEERDER Liewe Vryfesers Dis asem. Of, om die noordelike aksent te gebruik: „Dis ôsem‟ (dan klink dit mos nes “awesome”) om u in die elfde bestaansjaar van die kunstefees welkom te heet by Volksblad en Kovsies se Vryfees. Die Vryfees-naam is soos om ‟n splinternuwe balrok na ‟n geleentheid te dra. Dis steeds die ou jy daarbinne, maar jy voel meer ôsem as ooit en gereed om enigiets aan te durf. By Vryfees kan u ses dae lank net vrylik asemhaal en die vryhede geniet. Die opwindende teaterprogram en die feesaktiwiteite is vanjaar te veel om in een asem te noem. Verwag, soos die afgelope tien jaar, jou gunsteling-kunstenaars in ons spogteaters, soos die Absa-Sand du Plessis-teater, die kykNET- Scaena en die nuut opgeknapte ATKV-Wynand Mouton-teater. Hou asem op vir van teaterveterane, soos Wilna Snyman, Sandra Prinsloo en Coenie & Evita, tot danstreffer-konings en rockers in Castle en MK se Blêrkas. Voel vry om te huil en te lag wanneer ons in ons openingkonsert hulde bring aan Lucas Maree. Die gewilde argitektuurtoere is weer terug en die wyn vloei weer vrylik in die Absa-wynsaal. Vanjaar gaan straatteaterkunstenaars ook op die stalletjieterrein van die Vodacom-kunsmark rondvry en hou dop vir die reuse-kunswerk, wat tydens die fees op een van die paaie geskep gaan word. Uiteindelik is die keuse nie moeilik nie: Bly u of vry u? Lank lewe die Vryfees! FEESBOODKSKAP VAN PROF. JONATHAN JANSEN, VISE-KANSELIER EN REKTOR VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT Aan alle feesgangers: Welkom by die Vryfees hier by die Universiteit van die Vrystaat. Almal van u wat bekend is met ons kampus sal merk dat daar vanjaar heelwat veranderings te sien is. Vanjaar het nie net die kunstefees ʼn nuwe beeld en handelsmerk nie, maar die Universiteit van die Vrystaat (UV) ook. As twee prominente instansies in die sentrale streek besef die UV en die bestuur van die kunstefees die noodsaaklikheid daarvan

Vryfeesprogram 2011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

http://book.co.za

Citation preview

Page 1: Vryfeesprogram 2011

VOORWOORD

FEESBOODKSKAP VAN AINSLEY MOOS, REDAKTEUR VAN VOLKSBLAD

Beste Feesgangers Hartlik welkom by vanjaar se kunstefees, die eerste Vryfees – en eintlik net die Volksblad-kunstefees in ‟n ander gedaante. Vanjaar is die 11de fees in Bloemfontein. En soos ons ‟n tweede dekade van feestelikheid hier in die Rosestad binnegaan, doen ons dit met hernieude energie. Die rede vir die verandering in die naam is doodeenvoudig: Volksblad bied al vir ‟n volle dekade die fees saam met ander vennote aan. Die belangrikste vennoot is die Universiteit van die Vrystaat, tesame met ons senior borge. Van Volksblad se kant erken ons die rol en bydrae wat ons vennote speel. Terselfdertyd bied die verandering ‟n geleentheid vir ons om te besin oor die toekomstige rigting wat die fees graag wil inslaan. Met die nuwe aanslag beplan ons glad nie om van u unieke feeservaring weg te neem nie. Trouens, ons beplan – soos oudergewoonte – om vanjaar wéér aan al u fees-verwagtinge te voldoen én te oortref. Met ware gasvryheid. Die kunste – en bepaald die ervaring wat ons daaruit put – is veronderstel om ons vry te maak. Te bevry van die dinge wat dit vir ons moeilik maak om ‟n beter gemeenskap te bou. Om vrywillig ‟n bydrae te lewer, om vrygewig met ons idees en drome te wees, om vrylik mekaar oor grense te vind. Ek en die Vryfees se Bestuurskomitee vertrou dat u die 11de fees terdeë saam met ons sal geniet. Feesgroete Ainsley Moos

FEESBOODKSKAP VAN ADRI HERBERT, VRYFEES-ORGANISEERDER

Liewe Vryfesers Dis asem. Of, om die noordelike aksent te gebruik: „Dis ôsem‟ (dan klink dit mos nes “awesome”) om u in die elfde bestaansjaar van die kunstefees welkom te heet by Volksblad en Kovsies se Vryfees. Die Vryfees-naam is soos om ‟n splinternuwe balrok na ‟n geleentheid te dra. Dis steeds die ou jy daarbinne, maar jy voel meer ôsem as ooit en gereed om enigiets aan te durf. By Vryfees kan u ses dae lank net vrylik asemhaal en die vryhede geniet. Die opwindende teaterprogram en die feesaktiwiteite is vanjaar te veel om in een asem te noem. Verwag, soos die afgelope tien jaar, jou gunsteling-kunstenaars in ons spogteaters, soos die Absa-Sand du Plessis-teater, die kykNET-Scaena en die nuut opgeknapte ATKV-Wynand Mouton-teater. Hou asem op vir van teaterveterane, soos Wilna Snyman, Sandra Prinsloo en Coenie & Evita, tot danstreffer-konings en rockers in Castle en MK se Blêrkas. Voel vry om te huil en te lag wanneer ons in ons openingkonsert hulde bring aan Lucas Maree. Die gewilde argitektuurtoere is weer terug en die wyn vloei weer vrylik in die Absa-wynsaal. Vanjaar gaan straatteaterkunstenaars ook op die stalletjieterrein van die Vodacom-kunsmark rondvry en hou dop vir die reuse-kunswerk, wat tydens die fees op een van die paaie geskep gaan word. Uiteindelik is die keuse nie moeilik nie: Bly u of vry u? Lank lewe die Vryfees!

FEESBOODKSKAP VAN PROF. JONATHAN JANSEN, VISE-KANSELIER EN REKTOR VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Aan alle feesgangers: Welkom by die Vryfees hier by die Universiteit van die Vrystaat. Almal van u wat bekend is met ons kampus sal merk dat daar vanjaar heelwat veranderings te sien is. Vanjaar het nie net die kunstefees ʼn nuwe beeld en handelsmerk nie, maar die Universiteit van die Vrystaat (UV) ook. As twee prominente instansies in die sentrale streek besef die UV en die bestuur van die kunstefees die noodsaaklikheid daarvan

Page 2: Vryfeesprogram 2011

om relevant te wees. Daarom is ons beeld aangepas en slaag ons steeds daarin om ons kwaliteit en uitsonderlikheid te behou. Die UV se dryf na uitnemendheid word ook weerspieël deur ons kampusfasiliteite wat uitgebrei word om toonaangewend te wees in terme van studentegroei en -ontwikkeling. Ons hoop dat u hierdie fasiliteite sal geniet. Soos enige hoër onderwysinstansie besef ons die waarde van kunste in die ontwikkeling van vrye intellek. Daarom het ons ‟n projek van stapel laat loop wat deur die Nasionale Lotto Distribusie-trustfonds befonds word, naamlik “Art on Campus”. Hierdie projek maak dit moontlik dat ons die kunswerke van toonaangewende kunstenaars op ons kampus kan ten toon stel. So word ons studente daagliks aan kuns blootgestel – so ook u met u besoek aan die Vryfees. So geniet die Vryfees hier op ons Kovsiekampus. Dink vry, voel vry en wees vry hier in die Vrystaat. Dis asem.

FEESBOODKSKAP VAN LOUIS VON ZEUNER, ABSA-GROEP: UITVOERENDE ADJUNKHOOF

Die Vryfees is 'n fees waarmee ons graag assosieer, aangesien ons hier saam met ons kliënte, feesgangers en die groter gemeenskap vooraanstaande kuns en kultuur kan geniet. Die fees verskaf altyd uitmuntende produksies en ʼn verskeidenheid vermaak wat feesgangers na die fees lok. Terselfdertyd bied dit ons die geleentheid om gerieflike bankdienste aan die feesgangers en uitstallers op die feesterrein te bied. Vanjaar bied ons weer trots die Kos–en-Wynkonsert aan. Ons glo dit sal 'n waardevolle toevoeging tot die positiewe ervaring van die fees wees. Ons wens Vryfees graag voorspoed toe met vanjaar se fees.

TONEEL – Drama

BYE MA, JAYPEE

Genre: Drama-komedie

Plek: kykNET-Scaena

Prys: R100

Taal: Afr. Geen o.10

Teks: Daleen Kruger

Regie: Margit Meyer-Rödenbeck

Produksie: EPM Projects & Arena Produksiehuis

Met: Chris van Niekerk

Die vertoning is ‟n menslike verhaal met lewensgetroue humoristiese momente wat jou sal laat huil van die lag, net om

kort daarna weer ‟n hartseer traan weg te pink. “Oprah Winfrey sê ‟n kind kies sy ouers. As ek alles in die lewe

verkeerd gedoen het, het ek ten minste een ding reg gedoen en dit was om Ma te kies. Bye Ma, Jaypee.”

Datums: Di 12 Julie 18:00; Wo 13 Julie 09:30; Do 14 Julie 14:00 Tydsduur: 80 minute

DIE RENOSTERS

Genre: Teater van die absurde Plek: ATKV-Wynand Mouton-teater Prys: R95 Taal: Afr. Geen o.10 Teks: Eugene Ionesco Regie: Nico Luwes Produksie: Luwes Produksies Met: Johann Nel, André Stolz, Minette Grové, Dirk Gouws, Anna Visser, Alec Debbo, DeBeer Cloete, Thys Heydenrych, Elandi Lamprecht, Pieter Venter, Charl Ochler, Jaco van der Merwe, Lizelle Delport, Leandi de Klerk. Is daar renosters los in Suid Afrika? Wie en wat is in beheer? In Ionesco se meesterstuk verander die inwoners van ‟n

Franse dorpie stelselmatig in renosters! In wese handel die stuk oor die impak van Kommunisme, Fascisme en Nazisme

en eksploreer die temas van verlies van entiteit, gedwonge eenvormigheid, kultuur, filosofie en moraliteit.

Datums: Di 12 Julie 20:00; Wo 13 Julie 19:30; Vr 15 Julie 09:00 Tydsduur: 105 minute

Page 3: Vryfeesprogram 2011

DIS KOUE KOS, SKAT

Genre: Toneel Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R100 Taal: Afr. Geen o.16 T Teks: Marita van der Vyver (verwerk deur Alexa Strachan) Regie: André Odendaal Produksie: Kosie House of Theatre Met: Elzabé Zietsman In Marita van der Vyver se nuutste boek ontmoet ons vir Clara Brand, korrespondent van faam. Sy skreeu om wraak,

want haar man het haar gelos vir haar vriendin! Dis ‟n vreeslose, soms skreeusnaakse hartoopmaak. Dit skitter, ontplof,

skok, verkwik en sal vroue en mans vermaak.

Datums: Wo 13 Julie 20:00; Do 14 Julie 13:30 Tydsduur: 70 minute

FEES VAN DIE ONGENOOIDES

Genre: ‟n Lewende hoorbeeld Plek: kykNet-Scaena Prys: R95 Taal: Afr. Gesin Teks: PG du Plessis, verwerk deur Chris van Niekerk Produksie: Kristal Met: Chris van Niekerk Moonlik gemaak deur RSG en Tafelberg-uitgewers en met dank aan Margot Luyt.

Eers ‟n film, toe ‟n boek en nou op die verhoog. Die verwoesting wat die oorlog in die vier liefdesverhale in die boek

veroorsaak, word uitgelig. Die voorlesing geskied asof in ‟n radioateljee. Die emosionele reis deur die lewens van die

karakters, met die oorlog as agtergrond, laat reg aan die komplekse boek geskied.

Datums: Di 12 Julie 14:00; Wo 13 Julie 13:00; Vr 15 Julie 13:30 Tydsduur: 120 min. pouse ingesluit

JANNEMAN

Genre: Drama Plek: ATKV-Wynand Mouton-teater Prys: R100 Taal: Afr Geen o.10 Teks: Elaine Murphy (vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen) Regie: Hennie van Greunen Produksiebestuurder: Pedro Kruger vir Wordsmith‟s Theatre Factory Met: Sandra Prinsloo, Franci Swanepoel, Hannah Borthwick Drie generasies vroue uit dieselfde familie beleef ‟n krisisjaar met besoeke aan sielkundiges, Adult World, pre-natale

spesisaliste en dit alles lei na salsa-klasse, die Arc de Triomphe, harige mans, begrafnisse en geboortes. Feesgangers

wat onthou waar Shirley (Valentyn) en Magdaleen (Die Naaimasjien) se harte lê, gaan dié deernisvolle karakters

onmiddelik herken.

Datums: Do 14 Julie 15:30; Vr 15 Julie 13:00; Sa 16 Julie 20:00; So 17 Julie 09:30. Tydsduur: 110 min.

KLAASVAKIE

Genre: Drama Plek: ATKV-Wynand Mouton-teater Prys: R100 Taal: Afr.

Page 4: Vryfeesprogram 2011

Teks: Laurens de Vos, vertaal deur Marthinus Basson. Regie: Marthinus Basson Produksie: Hugo Theart van TEATERteater Met: Wilna Snyman, Antoinette Kellermann en Nicole Holm Moontlik gemaak deur KKNK.

‟n Rare geleentheid om van ons land se beste aktrises saam op die verhoog te sien onder die spelleiding van ‟n

meesterregisseur. Twee bejaarde vroue van uiteenlopende agtergrond in ‟n ouetehuis verwyl hul tyd in bitter en bitsige

kompetisie terwyl hulle die spoke van hul verlede probeer verdryf.

Datums: Di 12 Julie 15:00; Wo 13 Julie 16:00; Do 14 Julie 09:30. Tydsduur: 75 min.

MY NAAM IS ELLEN PAKKIES

Genre: Drama Plek: Eunice-teater (16 Julie), Eunice-laerskoolsaal (17 Julie) Prys: R100 Taal: Afr. & Eng Geen o.14 G T Teks: Lizz Meiring Regie: Lizz Meiring Met: Vinette Ebrahim, Christo Davids

Die aangrypende verhaal van Ellen Pakkies het wêreldwyd opslae gemaak toe die oënskynlik doodgewone vrou van die

arm woonbuurt Lavender Hill buite Kaapstad haar seun, Adam, ‟n tikverslaafde, vermoor het. Dit is ‟n eg-menslike

verhaal van verslawing, boosheid en liefde wat vertel hoe ‟n ma so ver gedryf kan word om haar eie kind te vermoor.

Datums: Sa 16 Julie 12:00 & 16:30; So 17 Julie 09:30. Tydsduur: 60 minute

MY PA DINK HY’S ELVIS

Genre: Drama Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R95 Taal: Afr. Gesin Teks: Reinet Nagtegaal en Jan-Jan Nagtegaal Regie: Albert Maritz Produksiebestuurder: Bev Maritz van Genugtig! Produksies Met: Ben Kruger en Viljé Maritz Kom huil – en lag vir en dans op skreeusnaakse vertolkings van Elvis se grootste treffers – in dié unieke teaterervaring. Hennie reis saam met sy pa wat as Elvis-nabootser deur die Karoo toer. Op die verhoog werk pa en seun deur hul pyn en woede oor ‟n groot gedeelde hartseer. Datums: Di 12 Julie 20:30; Wo 13 Julie 11;00, Do 14 Julie 18:00. Tydsduur: 75 minute

NAG, MA

Genre: Drama Plek: ATKV-Wynand Mouton-teater Prys: R100 Taal: Afr. Geen o.16 Teks: Marsha Norman (vertaal deur Antoinette Louw) Regie: Lara Bye Produksie: Tjoklit Box Produksies Met: Sandra Prinsloo en Antoinette Louw Saterdagaand. Twee vroue. Een geweer . . . ‟n Ma wat haar dogter net ‟n rukkie langer by haar wil hou. ‟n Gebroke

liefdesverhouding en die weerspieëling van ‟n nasie se psige. Nag, Ma is so simplisties en meesterlik vertel en vertolk –

dis ‟n hartroerende teateterbelewenis wat jou lank sal bybly.

Datums: Wo 13 Julie 11:30, Vr 15 Julie 20:30; Sa 16 Julie 10:00 Tydsduur: 90 min.

Page 5: Vryfeesprogram 2011

TONEEL – Komedie

AMPER

Genre: Komedie Plek: kykNet-Scaena Prys: R100 Taal: Afr. Geen o.12 T Teks: Chris Vorster Regie: Chris Vorster Produksie: GZ Productions Met: Ben Kruger, Hennie Jacobs en Christel van den Bergh Paul drink beter as wat hy skryf. Sy uitgewer soek ‟n snaakse boek, maar snaaks wil Paul nie wees nie. Net voor polse-

sny en pille-sluk, kry Paul ‟n idee, ‟n aksie-hygroman! “Die onderliggende donker onderbou van skrywersblok,

alkoholisme, egskeiding en selftwyfel gee die eindelose verbeeldingryke woordspel en seksuele pandemonium ‟n

ironiese kleur wat mens ontwrig terwyl jy lag....” – Schalk Scoombie

Datums: Vr 15 Julie 10:30; Sa 16 Julie 20:30; So 17 Julie 09:30 Tydsduur: 70 min.

AS EK MAAR GEWEET HET

Genre: Komedie-drama

Plek: Eunice-laerskoolsaal

Prys: R100

Taal: Afr. Geen o. 13

Teks: Sketse deur Hennie Aucamp, Shaleen Surtie-Richards en Casper de Vries

Regie: Casper de Vries

Met: Shaleen Surtie-Richards

Terwyl Shaleen gehore laat skaterlag, glip sy behendig met haar briljante spel van een situasie na ‟n ander. Die teks

wat bestaan uit sketse, vertel ‟n storie wat eenvoudig is, maar in sy eenvoud ook lewenswaardes aanspreek.

"Lag met „n traan" is die hoogste gebod in teater.

Datums: Wo 13 Julie 19:30; Do 14 Julie 09:30; Vr 15 Julie 17:00; Sa 16 Julie 17:00 Tydsduur: 60 minute

BLOEMERS & ROEMERS 2

Genre: Skerpskerts

Plek: Eunice-laerskoolsaal

Prys: R110

Taal: Afr.

Teks: Improvisasie deur ensemble

Regie: Marion Holm

Met: Shaleen Surtie-Richards, Marion Holm, Diaan Lawrenson en Karen Zoid

Laas jaar is dit aangewys as die gewildste produksie by die KKNK en by Aardklop! Nou is vier van SA se gewildste vroue

saam op een verhoog… Alle grappies in ‟n slootjie – hierdie gaan ongetwyfeld die lekkerste produksie op die fees wees.

Dis soos Whose line is it anyway? of Saturday Night Live – net in Afrikaans. Stoom jou bloemer, brand jou bra of gooi

jou boxerbroek verhoog toe, maar maak seker jy kry jou kaartjie.

Datums: Wo 13 Julie 10:30; Do 14 Julie 20:30; Vr 15 Julie 09:30; Sa 16 Julie 13:30 Tydsduur: 60 minute

DOWWE DOLLA DOEN DIT STAAN-STAAN

Genre: Komedie

Page 6: Vryfeesprogram 2011

Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R90 Taal: Afr. Geen o.13 Teks: Hennie van Greunen en Jurgen Human Regie: Hennie van Greunen en Margit Meyer-Rödenbeck Met: Margit Meyer-Rödenbeck Met haar vlymskerp tong en haar rooi lollie in haar kies, looi Dowwe Dolla almal en alles wat voorkom – vandag op die

voorblad, môre in Dolla se vertoning. Met haar kenmerkende klerestyl, gehoor-interaksie, skitterskerp sêgoed en

skreeusnaakse liedjies doen Dolla wat sy die beste doen: sy laat die gehoor skater vir die wêreld waarin hulle bly.

Datums: Wo 13 Julie 17:30; Do 14 Julie 14:30 Tydsduur: 60 minute

DRAAIJAKKALSE / DIE KASKENADES VAN KEES KIESWETTER

Genre: Dubbeldosis-komedie

Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium

Prys: R100

Taal: Afr.

Teks: Nico Luwes

Regie: Nico Luwes

Produksie: FACTS

DRAAIJAKKALSE

Met: Lindy-Lee Kleynhans, Dirk Gouws, Minette Grové, Rowlen von Gericke

Chappies wil Currybeker toe en Minette wil saam! Hy weier en gooi jakkalsdraaie met ‟n broek vol planne! Dalk is sy

rugbypêl, Wiele, en Claudette, wat graag ”flash”, daar! Chappies “cheer” graag ballerinas en ballepiete! Minette dreig

hy gaan nie weer nie! Wat beplan sy? Wie kierang vir wie in dié heerlike gesinsklug?

DIE KASKENADES VAN KEES KIESWETTER

Met: Ilne Fourie, Mart Kotze, Armand Pieters

Kees Kieswetter skop die emmer by ‟n vreemde vrou. Grensiena, sy ware vrou, wat hy agter ‟n Checkers “till” uitgevry

het, moet die dooie ou dônner teen haar sin begrawe. Haar belegging en sy testament is skoonveld. Wie is die poppie

wat ook in die lykshuis opdaag? ‟n Lekkerlagklug vir almal!

Datums: Wo 13 Julie 09:30; Vr 15 Julie 13:30; Sa 16 Julie 20:00 Tydsduur: 90 minute

[email protected]

Genre: Komedie Plek: Eunice-laerskoolsaal Prys: R100 Taal: Afr. Teks: Marion Holm en Chris Vorster Regie: Chris Vorster Met: Marion Holm Marion het laasjaar die onbekende ingespring en ingevlieg: Met die Holm gebore was ‟n groot sukses. Vanjaar takel

Marion en Chris haar agtste eenvrou-vertoning: [email protected]. Dit sal jou laat lag, laat dink en weer laat lag. En as

jy mooi luister ... is daar nog ‟n storie agter die storie.

Datums: Wo 13 Julie 15:00; Do 14 Julie 17:00, Vr 15 Julie 13:30; Sa 16 Julie 20:30. Tydsduur: 70 minute

’N LEWE IN DIE TEATER

Genre:Tragie-komedie Plek: kykNET-Scaena Prys: R100

Page 7: Vryfeesprogram 2011

Taal: Afr. Geen o.14 Teks: David Mamet Regie: Marthinus Basson Produksie: FACTS in samewerking met TEATERteater Met: Gerben Kamper en Peter Taljaard Die verhouding tussen twee akteurs word geskets in geestige toneelstukkies. Hierdie komedie word alom beskryf as

Mamet se liefdesbrief aan die teater en sy belangrikste genote – die akteurs. Onder die meesterlike leiding van

Marthinus Basson kan gehore dieselde kragtige ensemble-spel en fyn humor van die akteurs verwag as in Maskermaan.

Datums: Wo 13 Julie 20:30; Do 14 Julie 09:30; Sa 16 Julie 16:00. Tydsduur: 120 minute

LOSLIPPIG

Genre: Komedie Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium Prys: R95 Taal: Afr. Teks: Ian Wessels Regie: Margit Meyer-Rödenbeck Met: Ian Wessels Moontlik gemaak deur RSG.

Ian Wessels gee ‟n humoristiese, loslip-kykie in die spieël van menswees. Hy skerpskerts aan die hand van verskillende

alledaagse voorbeelde oor hoe verskillend mense aan weerskante van die treinspoor die lewe benader. Is "deugde",

soos diplomasie, nie dalk die hoofoorsaak van baie onnodige stres nie?

Datums: Do 14 Julie 16:30, Vr 15 Julie 17:30; Sa 16 Julie 13:30. Tydsduur: 60 minute

NEXT CUSTOMER, PLEASE

Genre: Komedie Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium Prys: R85 Taal: Afr. Gesin Teks: Ilne Fourie Regie: Pieter Venter Produksie: Vee Productions Met: Ilne Fourie

Ilne Fourie (Impi en Impi 2 – wat ‟n fees!) is terug! Hierdie nuwe solostuk handel oor die lewenservarings van ‟n

supermark-kassier, Doris de Waal. Ontmoet saam met Doris nuwe mense of herken dalk ‟n paar ou kennise. Dit is ‟n lag

met ‟n traan en ‟n nuwe uitkyk op die lewe vir elkeen.

Datums: Wo 13 Julie 16:30; Do 14 Julie 20:00; Sa 16 Julie 17:00 Tydsduur 65 Min

PALOEKAS - DAGBOEK VAN ’N SINGLE GIRL

Genre: Komedie Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium Prys: R95 Taal: Afr. Geen o.10 Teks: Leon Kruger Produksie: Kruger Produksies Met: Lulu Botha

Tilla is 32, suksesvol, vriendelik-erig, onafhanklik, ongetroud en die stof pak, die klok tik, maar net paloeka ná paloeka

klop aan haar deur. Dis die manne met Cruella De Ville-ma‟s, wat dink Teazers is romanties, wat nie in die kooi touwys

gemaak wil word nie. Sy‟s sat en besluit om vroue te vrywaar van paloekas. Sy begin ‟n digitale dagboek.

Page 8: Vryfeesprogram 2011

Datums: Do 14 Julie 10:00; Vr 15 Julie 20:30; Sa 16 Julie 10:00. Tydsduur: 70 minute

PIET SE TANTE

Genre: Komedie Plek: ATKV-Wynand Mouton-teater Prys: R100 Taal: Afr. Gesin Teks: Nico Luwes Regie: Pieter Venter Met: Stef Brink, Johann Nel, Jan-At Stemmet, Marijda Kamper, Jeff Korkee, Jaco van der Merwe, DeBeer Cloete, Anmarie Loots, Lindie Lee Kleinhans, Rowlen von Gericke Dié immergroen komedie is gegrond op die klassieke toneelstuk Charlie‟s Aunt. Die stuk handel oor twee studente wat

twee meisies nooi om te kom eet. ‟n Chaperone, Piet se miljoenêrtante, moet die twee vergesel. Ongelukkig daag sy nie

op nie en Willem moet instaan – met komiese gevolge, natuurlik!

Datums: Do 14 Julie 20:30; Vr 15 Julie 16:30; Sa 16 Julie 15:00 . Tydsduur: 70 minute

ROOIKAART

Genre: Komedie Plek: Eunice-laerskoolsaal Prys: R100 Taal: Afr. Gesin Teks: Dana Snyman Regie: Gys De Villiers Met: Frank Opperman Snyman het ‟n onvergeetlike nuwe karakter vir Opperman geskep. Wally is ‟n rugbyfanatikus wat spook om die jaarlikse

prysuitdeling van sy rugbyklub te behartig en om alles bymekaar te hou, ondanks die afwesigheid van die meeste

spelers! Op sy lomp manier probeer hy sy aksies regverdig, maar geraamtes tuimel uit die kas en in die proses val hy

letterlik oor sy eie voete!

Datums: Do 14 Julie 13.30; Vr 15 Julie 20:30; Sa 16 Julie 10:00. Tydsduur: 60 minute

VLIEGER - UNPLUGGED

Genre: Komedie Plek: kykNET-Scaena Prys: R95 Taal: Afr. Gesin Teks: Harry Kalmer Regie: Harry Kalmer Met: Ben Kruger

Moontlik gemaak deur Rapport. Die dramatisering van Harry Kalmer se gewilde “Meistraat”-rubrieke in Rapport neem die gehoor na die 1970‟s. Dit wemel met musiek, beelde en herinneringe. Van broers en “boyfriends” op pad na Angola tot die Rocky Horror Picture Show. Dis Ben Kruger op sy beste.

Datums: Wo 13 Julie 16:30; Vr 15 Julie 17:00, Sa 16 Julie 12:00 Tydsduur: 60 minute

TONEEL – Kinderteater

BABALELA

Page 9: Vryfeesprogram 2011

Genre: Kindertoneel Plek: Koowee-Repteater Prys: R70 Taal: Afr. Teks: Martie Preller Regie:Dulinda Pieters Produksie: EnterActive en Blatant Produksies Met: Daniel Wolmarans, Elanza Swart, Herman Pieters, Marguerite du Bois Hierdie oulike, pers karaktertjie het al diep in die harte van heelwat maatjies ingekruip en beleef nou sy avonture op die

verhoog. Op ‟n dag kom ‟n klomp mense met vangnette en toue na die bos. Hulle wil die Babalela en sy maats vang.

Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang, maar die Babalela het ‟n plan.

Datums: Vr 15 Julie 12:00 & 14:30; Sa 16 Julie 15:00 Tydsduur: 50 minute

DIE FLUITSPELER VAN HAMELIN

Genre: Musiekteater vir volwassenes en kinders Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R90 Taal: Afr. Teks: Phillip de Vos Regie en samestelling: Niël Rademan Met: Zorada Temmingh (orrel), Niël Rademan (sang en vertelling) en die Bloemfontein Kinderkoor o.l.v. Huibrie Verster Hierdie unieke produksie beloof om ‟n fees vir enige musiek- en woordkunsliefhebber te wees. Dié nuutgeskrewe teks deur De Vos, is speels en kwinkslagtig en word deur die sanger-akteur Niël Rademan uitgevoer met musikale ondersteuning op orrel en koorsang. Die fluitspeler van Hamelin is ‟n klassieke verhaal wat spesiaal vir die Vryfees afgestof word. Datums: Di 12 Julie 18:30; Wo 13 Julie 15:00 Tydsduur: 70 minute

DIE KASKENADES VAN LIEWE HEKSIE

Genre: Kindertoneel Plek: Koowee-Repteater Prys: R55 Taal: Afr. Teks: Saamgestel uit die werke van Verna Vels Regie: Stéphanie Brink Met: Jan Brink, DeBeer Cloete, Marcelle Pieters, Mart Kotze, Walter Strydom, Anna Visser

Kom kuier in Blommeland saam met sy gunsteling-heksie! Dié immergroen verhaal van die deurmekaar, dierbare

dowwe Heksie is propvol nuwe avontuur. Wat gebeur as die silwerroos amper gesteel word? Sal Heksie die ou nare

Geelheks kan vang? Van die gewildste Heksie-stories word saamgevoeg tot ‟n splinternuwe sprokie!

Datums: Di 12 Julie 16:00; Wo 13 Julie 16:00; Vr 15 Julie 18:00; Sa 16 Julie 12:30. Tydsduur: 50 minute

LOELOE SE LIEWE LAWWE LOSKOP OUMA

Genre: Kindertoneel Plek: Koowee-Repteater Prys: R55 Taal: Afr. Teks: Ilne Fourie Regie: Die Ensemble Met: Ilne Fourie, Mart Kotze en Walter Strydom

Ilne Fourie (skepper van die gewilde Boer Manie-stukke) het ‟n splinternuwe storie vir oud en jonk. Klein Loeloe moet

vir ‟n hele week by haar Ouma Dot en Jorsie op die dorpie Vlakplaas gaan kuier. Ouma Dot neem jou op ‟n

onvergeetlike avontuur wat jou kop sal laat draai en hoenders laat kraai.

Page 10: Vryfeesprogram 2011

Datums: Di 12 Julie 11:00; Wo 13 Julie 13:00; Do 14 Julie 10:00; Sa 16 Julie 09:30. Tydsduur: 60 minute

LOLLOS : BOEM BOEM, ONS GAAN GROEN!

Genre: Kindervermaak Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium Prys: R50 Taal: Afr. Teks & Regie: Alta Joubert en Minki Burger Met: Alta Joubert, Minki Burger, Lollos & Disco Die vriendelike Lollos kom sing en dans weer saam met Alta en Minki! Dié keer vermaak hulle ons met liedjies van hul

derde CD: Boem Boem, ons gaan groen! In die energieke vertoning maak hulle seker dat niemand stil sit nie en hulle

leer ook die maatjies om die aarde mooi op te pas.

Datums: Do 14 Julie 13:00; Vr 15 Julie 09:00 & 11:00. Tydsduur: 45 minute

SIMSON HET NIE MUSCLES GEHAD NIE

Genre: Kinderfliek Plek: Maureen Dale Learning Centre (langs Eunice Laerskoolsaal) Prys: R50 Taal: Afr. Teks & Regie: Jaques Gombault

LLOS : BOEM BOEM, ONS GAAN GROEN! LOLLOS : BOEM BOEM, ONS GAAN GROEN!

‟n Afrikaanse aksie-avontuur met kinders wat ‟n Christelike boodskap bring. ‟n Gelykenis – Otto (Gr.7) word geboelie, sy

juffrou leer hulle van die Heilige Gees, maar dis wanneer hy daardie aand gaan slaap dat die poppe dans. Hy word

wakker in ‟n aksiefliek! Hy‟s deel van die SWAT-weermag wat Sonja moet red. Al probleem is hy ly aan geheueverlies!

Datums: Do 14 Julie 10:00; Vr 15 Julie 12:30; Sa 16 Julie 10:00 Tydsduur: 81minute

VINCENT VAN GOGGA

Genre: Kindertoneel Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R55 Taal: Afr. Teks: Phillip de Vos (verwerk deur Bernadette Erasmus) Regie: Niel van Niekerk Met: Niel van Niekerk, Bea van der Vyver, Stephan Bezuidenhout, Martinette van Jaarsveld en Chanmari Erasmus

Vincent van Gogga gaan op ‟n avontuurlike reis om die wêreld te verken. Hy ontmoet Madame Zelda, ‟n pratende

likkewaan, die skilder Paul Gogga en ontdek verf en kleur. De Vos se storie vermaak en onderrig soos gewoonlik met

humor. Nuutgeskrewe musiek en liedjies, lewendige choreografie, professionele spel en ‟n sterk storielyn is gemik op

kinders van alle ouderdomme.

Datums: Wo 13 Julie 13:30; Do 14 Julie 09:30 Tydsduur: 65 minute

MUSIEK – Musiekteater

11-3-71

Genre: Kabaret Plek: kykNET-Scaena Prys: R95 Taal: Afr. Gesin Teks: Hennie van Greunen met musiek deur Pedro Kruger Regie: Hennie van Greunen Musiekregie: Pedro Kruger

Page 11: Vryfeesprogram 2011

Met: Pedro Kruger “Cute gaan jou nie ver bring nie,” was jou wiskunde-onderwyser in matriek se woorde. Jy voel nog 21, maar die man in

die spieël is 40? In dié kabaret benut Pedro sy verskeidenheid talente ten volle. Hy kyk terug na 25 jaar in die bedryf,

na die mense en die gebeure wat sy lewe kardinaal verander het.

Datums: Do 14 Julie 18:00; Vr 15 Julie 21:00; Sa 16 Julie 09:30. Tydsduur: 60 minute

AMANDA STRYDOM - BINNEKAMER

Genre: Musiekteater Plek: Absa-Sand du Plessis-teater Prys: R120 Taal: Afr. Gesin Teks: Deon Opperman, met lirieke deur Amanda Strydom en Deon Opperman en musiek deur Janine Neethling Regie: Deon Opperman Met: Amanda Strydom en Janine Neethling (klavier)

Dit was al lankal tyd vir ‟n nuwe vertoning van ons musiekteater-diva. Sonder skroom het haar medewerkers ingestem.

So trek hierdie gedugte span toe saam om Binnekamer te skep, met Amanda voor die mikrofoon, Janine agter die

klavier, en Deon met sy pen en regie. Drie besonderse teatermense, een besonderse teater-ervaring.

Datums: Wo 13 Julie 17:00; Do 14 Julie 14:30 (70 minute)

AMAREQUIEM

Genre: Musiekteater Plek: Absa-Sand du Plessis-teater Prys: R120 Taal: Afr. Teks: Peter Shaffer, vertaal deur Nerina Ferreira Musiekregisseur: Mathys Maree Regie: Niel van Niekerk Koorleier: Leona Geldenhuys Produksie: FACTS Met: Gerben Kamper, Stephan Bezuidenhout, Peter Taljaard, Bea van der Vyver, Mario Lategan, Caroline Haasbroek en Martinette van Jaarsveld met die Voices Incorporated-koor en orkes. Moontlik gemaak deur die Nasionale Lotto Distribusie-trustfonds en die Kunstetrust.

‟n Kombinasie van Shaffer se Amadeus en Mozart se laaste werk, die Requiem. Vir die eerste keer in SA word hierdie

twee produksies gelyktydig en interaktief op dieselfde verhoog aangebied. Kamper het 20 jaar gelede lof ontvang vir sy

spel as Mozart in Amadeus, nou speel hy Salieri. Geldenhuys se Voices Inc en die room van Vrystaatse artistieke talent

maak hierdie ‟n onvergeetlike teaterervaring.

Datum: Vr 15 Julie 16:00 Tydsduur: 120 minute pouse ingesluit

ANTOINETTE PIENAAR – KRUIDJIE HOOR MY LIED

Genre: Kabaret

Plek: kykNET-Scaena

Prys: R90

Taal: Afr. Gesin

Teks: Antoinette Pienaar en Frik de Jager

Regie: Frik de Jager

Met: Antoinette Pienaar en Morné Serfontein (Klavier)

Ná ‟n lang afwesigheid is Antoinette Pienaar vanjaar terug op Vryfees met ‟n besonderse program van liedjies en haar

kruiekennis. Elkeen vertel sy eie storie van die Karoo en sy mense. Coenie de Villiers se "Solly en Ma"en Johan

Groenewald se "Windpomp", ‟n storie oor ‟n eensame windpomp wat waghou oor die vlaktes, is deel van die repertoire.

Page 12: Vryfeesprogram 2011

Datums: Do 14 Julie 20:00; Sa 16 Julie 14:00 en So 17 Julie 12:00. Tydsduur: 60 minute

COENIE EN EVITA

Genre: Kabaret Plek: Absa-Sand du Plessis-teater Prys: R130 Taal: Afr. Teks: Pieter-Dirk Uys en Coenie De Villiers (musiek) Regie: Pieter-Dirk Uys en Coenie de Villiers Met: Pieter-Dirk Uys en Coenie de Villiers

Die twee uitgesproke teaterikone laat geen heilige koei onaangeraak nie. Coenie speel van sy bekende en minder

bekende liedjies en vertel presies hoekom hy dit geskryf het en wat dit vir hom beteken het, terwyl Tannie Evita baie

besliste kommentaar daarop sal lewer, en ons almal weet dat sy op haar mooi en verfynde manier dinge vasvat.

Datums: Do 14 Julie 20:00. Tydsduur: 60 minute

GÉ KORSTEN – ’N HULDEBLYK

Genre: Kabaret Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R90 Taal: Afr. Teks & regie: Deon de Jager en Werner de Beer Met: Deon de Jager en Werner de Beer Die lewensverhaal van Gé Korsten, een van Suid-Afrika se grootste ikone in die musiekbedryf, word by wyse van

vertelling en met die sing van sy grootste treffers aan die gehoor vertel. Dit sluit treffers soos Liefling, Seeman, Reën,

Algoabaai en meer in.

Datum: Wo 13 Julie 21:00. Tydsduur: 80 minute.

MARIO LATEGAN IN ’N DEAN MARTIN-KABARET

Genre: Kabaret Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R95 Taal: Afr. Teks & regie: Niel van Niekerk Met: Mario Lategan en Anton Esterhuyse (klavier) en orkes ‟n Dramatisering van Dean Martin, the king of cool en die verpersoonliking van die term crooner, se lewe en loopbaan.

Sy kleurryke loopbaan, wat bykans in elke vorm van die vermaaklikheisbedryf groot aanhang geniet het, asook sy

veelbesproke private lewe, word onder die loep geneem in, somtyds, komiese sketse en Mario se lewensgetroue

weergawe van sy treffers soos That‟s amore.

Datum: Wo 13 Julie 16:00. Tydsduur: 60 minute.

RAKA

Genre: Blommeteater Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R75 Taal: Afr. Gesin Teks: NP van Wyk Louw (verwerk deur Danie van Huyssteen) Regie: Danie van Huyssteen Met: Gertjan Holtzhausen, Elsa Kolver en Theuns van der Merwe.

Page 13: Vryfeesprogram 2011

Moontlik gemaak deur ATKV–tak Gariepdam.

Die vyfdelige paarrymende epiese gedig van N.P. van Wyk Louw is vir die verhoog as woord- en blommeteater verwerk.

Dit is ‟n multi-media aanbieding waar met sang, woordkuns en blommerangskikking die verhaal van die vreemde

aapmens Raka vertel word en die val van beskawing uitgebeeld word.

Datum: Di 12 Julie 13:00. Tydsduur: 60 minute

STER IN DIE DONKER

Genre: Musiekteater

Plek: Kunstetrust-Odeion

Prys: R95

Taal: Afr./Nederlands

Teks: Stef Bos (poësie)

Regie: Stef Bos

Produksie: Heimat Productions

Met: Ster (Sigrun) Paschke – klavier

Ster is sonder oë gebore. Die konsep van ‟n reeks donkerkonserte het ontstaan uit die idee om die gehoor die musiek

te laat ervaar in dieselfde wêreld waarin dit geskep is, ‟n wêreld waarin mens sonder oë kan sien. Haar oorspronklike

komposisies word deur poësie uit Stef Bos se pen op klankbaan aangevul.

Datums: Vr 15 Julie 17:30; Sa 16 Julie 16:00. Tydsduur: 60 minute

MUSIEKTEATER – Tieners

gly

Genre: Tiener-kabaret Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R85 Taal: Afr & Eng Teks: Hennie van Greunen met musiekverwerkings deur Didi Kriel Regie: Hennie van Greunen en Pedro Kruger (musiekregie) Choreografie: Michaela Wilson Produksie: Wordsmith‟s Theatre Factory Met: Akhona Goniwe, Anja Barnard, Ashley de Lange, Danél Maree, Esmé de Vos, Marnoux Terblanché, Marnus Rollin, Zoë Zana ‟n Groep ongelooflik talentvolle tienerspelers praat oor dudes, McDonald‟s en skoene en sing gatskop-musiek, á la

glee. Want jy‟s nie mal nie, jy‟s ‟n tiener en jy pas maskers aan om te sien watter een die beste vir jou gaan werk. En

wanneer sien ons die regte jy? Tussen die een masker se opsit en die ander een se gly.

Datums: Vr 15 Julie 17:30; Sa 16 Julie 13:30 & 16:30. Tydsduur: 75 minute.

STRAATTEATER

EYE-DENTITY

Moontlik gemaak deur die Nasionale Lotery Distribusietrustfonds

Eye-dentity is 'n gratis professionele straatteaterprogram waarin onder andere dansers, sangers, musikante,

eenwielfietsers, komiese skerpskertsers en straatkuns aangebied word. Hierdie kunstenaars word afgerig deur Kovsie-

dramadepartement se nagraadse studente, sowel as studente van die Departement Musiek aan die UV. Talentvolle

Kovsies tree op as kunstenaars en verskaf ‟n jol wat nie gemis mag word nie. DIS ‟N KOVSIE-KALAMARI! Eye-dentity

Page 14: Vryfeesprogram 2011

se verhoog is op die gras by die sirkeltjie oorkant die biertuin onder die Eye-dentity-banier. Ons maak ook sports

bedags by die Gesinsverhoog. Ons gaan heeldag malgaan. Geniet gratis vermaak vir almal en gooi iets in die hoed vir

die sportsmakers! ‟n Eerste by die Vryfees!

MUSIEK – Klassiek

AVE MARIA / HALLELUJA

Genre: Klassiek Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R120 Taal: Verskeie Teks: Marlize Leyden (teks) en Jacques Botes (spookstem) Musiek: Ockie Vermeulen (verwerkings) Konsep: Ilse Schürmann Met: Jak de Priester, Hanli Stapela (sopraan), Lizelle le Roux (viool), Ockie Vermeulen (orrel), Winand Grundling (orrel), Muziq 2010-wenner*, Matthew Lombard (altsaxofoon), Christi-Louise Swanepoel (kontrabas), Hugo Radyn (perkussie) en die Valley of a Thousand Voices-koor. Deur die loop van die eeue is baie musiek met die titel “Ave Maria” gekomponeer. Ook is die gebruik van die

woordjie “Halleluja/Alleluia” ‟n algemene verskynsel in die musiekkonteks. Dié klassiekemusiekproduksie is gegrond op

die musikale samevloeiing van komposisies met “Ave Maria” of “Halleluja” as titel. Moontlik gemaak deur die ATKV in

samewerking met die US Woordfees.

*ATKV-Muziq is ‟n nasionale klassiekemusiekkompetisie vir jong volwasse musici.

Datum: Do 14 Julie 11:30. Tydsduur: 75 minute

DANCING FLYING FINGERS

Genre: Klavierduo Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R100 Met: Flying Fingers (pianiste: Johan Cromhout en Brigitte Botha) Wenner van 2010 se Van Rensburg-patoloë-toekenning as beste Vrystaatse kunstenaars Flying Fingers geniet wye aanhang onder klassieke musiekliefhebbers. Hy is terug met ‟n program van opwindende

danse, geskryf vir vier hande op een of twee klaviere. Die afgelope jare het die span programme aangebied wat die

gehore se verbeelding aangegryp het wat musikale afronding, onberispelike samespel en tegniese briljantheid betref.

Dit is wonderlike luistergenot vir alle ouderdomme.

Datums: Sa 16 Julie 13:30, So 17 Julie 11:30. Tydsduur: 70 minute

LUCA CIARLA-KWARTET

Genre: Jazz en klassieke musiek-fusion Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R120 Met: Luca Ciarla (viool en verskeie ander klein musikale instrumente), Vince Abbracciante (akkordion), Nicola Di Camillo (kontrabas) en Francesco Savoretti (tromme en perkussie).

Die Italianer is een van die mees kreatiewe en verrassendste violiste van sy tyd. Hy transendeer die musiekgrense van

jazz, klassiek, tradisioneel, etnies en kontemporêr. ‟n Hipnotiserende mengsel van bekende klanke en fassinerende

nuwe soniese landskappe word beskryf as “betowerende akoestiese verleiding”. Gehore en kritici is verwonderd oor hul

hoogs oorspronklike verwerkings en vreugdevolle vermengings wat ‟n oorspronklike en onweerstaanbare Meditirreense

jazz-klank skep.

Datums: Ma 11 Julie 18:30 Kunstetrust-Odeion, openingskonsert; Di 12 Julie 12:00. Tydsduur: 90 minute

Page 15: Vryfeesprogram 2011

TWEE TJELLO’S

Genre: Tjello-duo Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R100 Met: Polina Burdukova (tjello), Carel Henn (tjello) en Kerryn Wisniewski (klavier) ‟n Buitengewone duo wat die veelkleurige fassette van die tjello op unieke wyse ontgin. Die uitvoering van opwindende en minder bekende werke belowe om interessante vertolkings vir selfs gesoute luisteraars te wees en nuwe horisonne vir die publiek te open wat nie so vertroud met tjellomusiek is nie. Werke van Händel, Tortelier, Albeniz, Hofmann, Piatti, Dedman en Paganini. Datum: Vr 15 Julie 14:00. Tydsduur: 70 minute

MUSIEK – Kontemporêr

BROOKLYN BABALAAS

Genre: Alternatiewe musiek sonder wroeging Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R100 Taal: Afr. Geen o.14 T Met: Koos Kombuis en Jak de Priester Met ‟n vennootskap tussen Koos en Jak is dit nie net ervaring en jeug wat ontmoet nie, maar iets meer, vriendskap wat

die toets van tyd kan deurstaan. En eindelik ‟n suiwer boodskap, met al die nuanses van die Afrikaanse alternatiewe

musiektradisie, maar minus die bagasie van wroeginge en wrokke.

Datums: Vr 15 Julie 21:00; Sa 16 Julie 09:30 & 20:30. Tydsduur: 70 minute

CHRIS CHAMELEON: NOOT VIR BROOD

Genre: Folk Rock Plek: Absa-Sand du Plessis-teater Prys: R130 Taal: Afr. en Eng. Met: Chris Chameleon, Johrné van Huyssteen en Riaan van Rensburg ‟n Skerpsinnige verduideliking van die pad na sukses in die Afrikaanse musiekbedryf. Die draak word gesteek met

bedryf-konvensies en skep stof tot nadenke oor die aard van Afrikaanse musiek, hoe gehoor-voorkeure die musiek

bepaal en hoe musiek gehore se voorkeure voorskryf. Jy kry humor, gevatte kommentaar en die pragtige musiek van ‟n

bakermat van Suid-Afrikaanse musiek!

Datums: Vr 15 Julie 20:30; Sa 16 Julie 14:30 Tydsduur: 80 minute

DOZI EN NIANELL – IT TAKES TWO

Genre: Kontemporêre musiek

Plek: Absa-Sand du Plessis-teater Prys: R120 Taal: Afr. en Eng. Gesin Met: Dozi en Nianell Die twee uiterste pole is weer by mekaar, met ‟n nuwe, fantastiese verhoogproduksie gevul met treffers van hoek tot

kant, soos net die kombinasie van dié engelstem en rasperstem kan doen. Maak jouself gereed om meegevoer te word

deur die jare se groot duettreffers wat nog onthou sal word lank nadat die vertoning verby is!

Datum: Wo 13 Julie 20:30. Tydsduur: 90 minute

Page 16: Vryfeesprogram 2011

EEN UIT ’N MILJOEN – VIR LUCAS MAREE

Moontlik gemaak deur Absa en Kloppers. Ondersteun deur Pacofs. Mediaborg: Volksblad. Verblyfborg: The Urban Hotel. Genre: Kontemporêr Plek: Absa-Sand du Plessis-teater Regie: Alexa Strachan (samestelling) en Matthys Maree (musiek)

Produksie: Alexa Strachan

Orkes: Matthys Maree, Juan Floors Oosthuizen, David Klassen, Leon Ecroignard

* Die kunstenaars verskil in die twee opvoerings weens beskikbaarheid. Sien asb. besonderhede onder datums.

‟n Huldeblyk aan Lucas Maree ter viering van sy lewe. Die opbrengs is ten bate van die Maree-gesin. ‟n Verskeidenheid

top-kunstenaars sing Lucas se liedjies en deel stories oor die legende met die gehoor. Alexsa sê: “Dit is nie ‟n treurige

affêre nie. Dit gaan gatskop.”

Datum: Di 12 Julie 19:30

Met: Amanda Strydom en Janine Neethling, André Swiegers, Anton Goosen, Bloemfonteinse Kinderkoor, Coenie de

Villiers, Danie Niehaus, Dozi, Jannie Moolman, Mathys Roets, Monica en Linda Maree, Valiant Swart, Vicus en Vincent

Visser en Alexa Strachan as seremoniemeester

Prys: R130

Datum: Wo 13 Julie 11:30

Met: Kurt Darren en Steve Hofmeyr bykomend by kunstenaars soos op 12 Julie. Vicus en Vincent Visser en Coenie de

Villiers val weg.

Prys R150

Tydsduur: 70 minute

KURT DARREN

Genre: Sokkie-dansmusiek en ballades Plek: Blêrkas-musiektent Prys: R60 (Kaartjies slegs by Blêrkas te koop op aand van vertoning) Taal: Afr. en Eng. Gesin Met: Kurt Darren Suid-Afrika se sokkiesuperster tref die dansvloer met nóg ‟n sweettap-ritmeknakker-album, Oos wes tuis bes! Dit is

woelig-uitbundig en dit is lyfstreel-innig.

Datum: Wo 13 Julie 20:00. Tydsduur: 60 min

LIZE BEEKMAN – ONS

Genre: Kontemporêr Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R100 Taal: Afr. Gesin Met: Lize Beekman, Juan Oosthuizen (kitaar) en David Klassen (perkussie) Beekman se Ek was al daar het 2010 se Kunstetrustprys vir beste debuutproduksie gewen.

Hierdie vertoning debuteer op Vryfees. Aanhangers kry verseker die Lize wat hulle ken, maar ook ‟n paar lekker

verrassings. Verwag ou gunstelinge, skuif reg vir nuwe liedjies uit haar pen en sien uit na spesiale oomblikke saam met

Juan en David wat al jare lank saam met haar musiek maak. Dit gaan voorwaar ‟n heerlike musikale ervaring wees.

Datums: Do 14 Julie 20:30; Vr 15 Julie 10:30. Tydsduur: 70 minute

NAVI REDD

Genre: A cappella

Page 17: Vryfeesprogram 2011

Plek: Kunstetrust-Odeion Prys: R100 Taal: Afr. en Eng. Gesin Met: Navi Redd

Die rebelle van a cappella is terug in Bloemfontein! NO INSTRUMENTS, NO PROBLEM... Net toe mens dink dit kan nie

beter nie, is die jong manne terug met ‟n klomp splinternuwe treffers.

Datums: Vr 15 Julie 21:00; Sa 16 Julie 10:30 & 20:00. Tydsduur: 75 minute

O, AFRIKA!

Genre: Opera en kontemporêre musiek Plek: Mango-André Huguenet-teater Prys: R100 Taal: Afr, Eng, Xoza, Zulu, Italiaans en Spaans Met: Die Gugulethu-tenore

Die media beskryf hulle as “Il Divo van Suid Afrika” en hul opgang in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf is astronomies.

Hulle het opera hul eie gemaak met kontemporêre en subtiele etniese elemente. Hul optrede sluit opera-gunstelinge

soos O sole mio, Nessun dorma en Nella fantasia, asook gewilde treffers soos Liefling, Pata Pata en The Prayer in,

terwyl hul eie komposisies soos O Africa en Nyamezela keer op keer gehore aangedaan laat.

Datum: Vr 15 Jul. 12:00. Tydsduur: 60 minute

SES SNARE 2

Genre: Blues, pop & rock Plek: Absa-Sand du Plessis-teater Prys: R95 Taal: Afr. en Eng. Gesin Met: Blackie Swart, Wouter van de Venter, Thean Kotze, Mathys Roets, Leon Ecroignard, Pieter Smith Die nuwe program bevat treffers van o.a. The Travelling Wilbury‟s, Leonard Cohen, Albert Hammond, Toto, Gary Moore

en ‟n liedjie vir Lucas Maree. Dire Straits en Eric Clapton glip ook weer by die agterdeur in. Elke Snaar bring van sy eie

oorspronklike materiaal na die partytjie en die manne het niks van hul vaardighede op die kitaar verloor nie.

Datums: Sa 16 Julie 10:30 & 19:00. Tydsduur: 70 minute

AASVOËLKLUB

Di 12 Julie

15:00 Bea vd Vyver – Bestemming Prys R90

18:00 Andra Prys R95

21:00 Perpoks Prys R90

Wo 13 Julie

14:30 Andra Prys R95

17:30 Valiant Swart Prys R100

21:00 Anton Goosen Prys R100

Do 14 Julie

14:00 Anton Goosen Prys R100

17:30 Danie Niehaus – Rooi Prys R95

21:00 Valiant Swart Prys R100

Vr 15 Julie

Page 18: Vryfeesprogram 2011

12:00 Danie Niehaus – Rooi Prys R95

15:00 Gert Vlok Nel Prys R100

18:30 Piet Botha Prys R100

21:00 Jan Blohm Prys R110

Sa 16 Julie

10:00 Radio Kalahari Orkes Prys R120

13:00 Jan Blohm Prys R120

15:30 Gert Vlok Nel Prys R100

18:00 Piet Botha Prys R100

21:00 Radio Kalahari Orkes Prys R120

Aanwysings na Aasvoëlklub

Plot 35, 9de Laan, Kelly‟s view (op Haldonweg-pad)

Gaan na www.vulture-aasvoelclub.com vir die kaart

Of vind ons op GPS: S2909°099-E 26°05.594

MUSIEK: Pop & Rock

BLÊRKAS

Di 12 Julie

13:00 – 18:00 MK Grootskerm -TV uitsending, Toegang R20

18:00 - Zak van Niekerk

19:00 - Zak en Henning

20:00 – Bryan Adams Tribute deur K2 Rock Band

21:00 - Caroline Haasbroek

22:00 - Volkspeler

23:00 - Murderface

Wo 13 Julie

13:00 – 18:00 MK Grootskerm-TV uitsending, Toegang R20 vanaf 13:00 – 17:00

18:00 – Zak van Niekerk

19:00 – Saarkie Girl Band

20:00 – Kurt Darren Toegang R60 – kaartjies slegs by deur vanaf 17:00

21:00 – Zak en Henning

22:00 – K2 Rock Band

23:00 - Murderface

Do 14 Julie Toegang R20 vanaf 13:00 – 17:00

13:00 – Felix

14:00 – George & Beckie

15:00 – Deon de Jager en Werner de Beer

16:00 – All will Fall

17:00 – Saarkie Girl Band

18:00 – Surrender to Someday

19:00 – Volkspeler

MK Rock Sessies Toegang R60 – Kaartjies slegs by deur

20:00 – Oros in ‘n Lang Glas

21:15 – Dans Dans Lisa

22:30 – Die Heuwels Fantasties

Vr 15 Julie Toegang R20 vanaf 13:00 – 17:00

13:00 – Felix

14:00 – Saarkie Girl Band

15:00 – Hendrik Boer

Page 19: Vryfeesprogram 2011

16:00 – George & Beckie

17:00 – K2 Rock Band

18:00 – Wouter v.d.Venter en Pieter Smit

19:00 - Murderface

MK Rock Sessies Toegang R60 – Kaartjies slegs by deur vanaf 17:00

20:00 – Frank Freeman

21:15 – Ashtray Electric

22:30 – Jack Parow (DJ set)

Sa 16 Jul 10:00 – Spontaan-finaal 12:00 – Caroline Haasbroek 13:00 – Blackie Swart 14:00 – Mathys Roets 15:00 – Thean Kotze & Leon Ecroignard 16:00 – Henning 17:00 – All will fall

18:00 – Surrender to Someday

19:00 – Volkspeler

MK Rock Sessies Toegang R60 – Kaartjies slegs by deur vanaf 17:00

20:00 – Colourblind

21:15 – Foto na Dans

22:30 – Van Coke Kartel

ABSA KOS-EN-WYNKONSERT

Plek: Eeufeessaal, Universiteit van die Vrystaat

Datum: 13, 14, 15 Julie

Tyd: 12:00-14:00

Kaartjies: R100 (Kaartjiehouers kry gratis toegang tot die Absa Wynsaal)

Aanbieders: Beyers Truter, André Mostert en Johan Badenhorst. Kunstenaar: Koos Kombuis

Proe die beste uit Afrika. Bring jou passie vir wyn en geniet Beyers Truter (Beyerskloof), wat wêreldwyd bekend staan

as die Pinotage-koning met sy passie vir rooiwyn, se vermaaklike aanbieding saam met André Mostert (Mostertsdrift),

entrepreneur van Stellenbosch, wat die gaste sal vermaak met interressante vertellings oor wyn en wynmaak. Die

konsertspan sluit ook vir Johan Badenhorst van die Voetspore -program in, wat die gehoor op ‟n kosproe-avontuur gaan

neem , asook die bekende en veelsydige Koos Kombuis wat die gehoor gaan vermaak met sy bekende musiek en

lirieke. Die konsert sluit ‟n wynproe asook ligte verversings in. Beslis ‟n onvergeetlike ervaring.

WYNPROE IN DIE ABSA-WYNSAAL

Plek: Eeufeessaal, Universiteit van die Vrystaat

Datum: 12, 13, 14, 15, 16 Jul

Tyd: 12-15 Jul: 16:00 – 21:00; 16 Jul: 10:00-22:00

Kaartjies: R40 (Wynproeglas en 20 wynproekoepons ingesluit)

Kom kuier in die Absa-wynsaal (Eeufeessaal). Jy kan wyn proe of per glas, bottel of kis aankoop en heerlike eetgoed

geniet.

ATKV-CHRISTUSFEES

Genre: Gospel

Plek: Kovsiekerk

Toegang: Gratis

Taal: Afr. Gesin

Met: Willie Joubert, Phillip en Ella Kotze, Oom Karoolus en Lente

Francois Botha en die Radio Kansel Orkes lei in lofprysing en aanbidding.

Page 20: Vryfeesprogram 2011

Met samesang en Kunstenaarsvoordragte is hierdie fees vir die hele gesin. “Wees bly en verheug jou in die Heer.”

Datum: So 17 Julie 10:00 Tydsduur: 90 minute

REZA DE WET-TIENERTONEELFEES

Aangebied deur die C & N Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein

Plek: Eunice-teater

Do. 14 Julie 14:00 . Groep 1 . Prys: R30 BLAAM deur LA Swart Regie: LA Swart Hoërskool Upington Die toneelstuk, gegrond op ‟n ware verhaal, probeer om te ontrafel waarom tieners doen wat hulle doen. Wie se skuld is dit as ‟n tiener selfmoord of selfs moord pleeg? Ons kyk na familie, vriende en die skool. Wie dra die verantwoordelikheid? Wie kan ons blameer? SPEELPARK deur Kobus Strydom Regie: Toneelgroep Hoërskool Eldoraigne OnDeRbEwUsSyN? Wat as ‟n speletjie meer word as net ‟n speletjie, as jy meer as net jou gewig verloor? Kom “speel” saam met Jana, Mienke, Lize en Nicole touchers of modespeletjie of word saam met hulle duiselig om-en-om-en-om met ring-a-ring-a-rosies! Maar pasop . . . die nare vetmaakmonster mag jou dalk net vang. Tydsduur: 90 minute Do. 14 Julie 19:00 Groep 2 Prys: R30 OKEI BAAI deur Michelle Luwes Regie: Jason Bekeur Hoërskool Uitsig Drie matrieks skryf hul laaste vak en moet mekaar dan groet om elkeen ‟n nuwe lewenspad in te gaan. Hulle behou eger kontak per internet. Elke karakter het dan ‟n nuwe gewaarwording oor hom/haarself. Die ondervinding op die pad na volwassenheid is eger nie vir almal ewe positief nie, tog verryk die seer ook op ‟n manier elkeen se lewe. DIE EFFEK VAN GAMMASTRALE OOR GOUDGEEL AFRIKANERS deur Paul Zindel Regie: E Victor Hoërskool Framesby ‟n Verbitterde Beatrice, geskei, arm en siek, bevind haarself saam met haar twee dogters in ‟n gewese groentewinkel. Tilde is begaafd en weier om deur die swaartekrag van haar huislike ellende ingesluk te word. Ruth, ‟n epilepsie-lyer, se dryfkrag lê daarin dat sy haarself wil wreek op die lewe wat haar so onregverdig behandel het. Nanna is soos ‟n lewende lyk. Tydsduur: 90 Minute Vr. 15 Julie 10:00 Groep 3 Prys: R30 RYS, VLEIS EN GEBAKTE KLIPPE deur Johan Smit Regie: Pieter Alberts Hoërskool Zwartkop “Suid- Afrika is ‟n wonderlike plek! Suid-Afrika is great! Maar Suid-Afrika is ook ‟n glibberige ding wat jou skielik aan die alie byt. Die klere wat jy dra, bring jou dollars na die lig. Wys die dikte van jou wallet, bring jou kwesbaarheid in sig. Raak ontslae van jou juwele! Haal daai hoed af van jou hoof! Lyk soos een van onse mense: Lyk ge-hijack! Lyk beroof!” ‟ n Kabaret wat ‟n alternatiewe kykie na die eksploitasie van Suid-Afrika deur toerisme, op ‟n skreeusnaakse manier, verskaf. KOBUS & WICUS – ’N RARE VERHAAL deur Jaco Visser Regie: Barnie Mans Hoërskool Martin Oosthuisen Waar ‟n rokie trek, is daar soms ‟n spook, ‟n geheimsinnige jong man, ‟n portret van ouma, of al drie. Hoe ver sal vriende gaan om hul donkerste geheime van mekaar weg te steek? Tydsduur: 90 Minute Vr. 15 Julie 14:30 Groep 4 Prys: R20 HAAI JULLE deur Elle Chapman en Kie Regie: Cobie, Erna en Nel

Page 21: Vryfeesprogram 2011

Hoërskool Die Wilgers Die Herselmans was die vreeslikste kinders in menseheugenis. Hulle het gelieg, gesteel, sigare gerook (selfs die meisiekinders ook) en vuil taal gebruik en Freek Schoeman se pakkamer aan die brand gesteek. Met hulle was enigiets moontlik, selfs ‟n Kersspel. Tydsduur: 45 minute

Vr. 15 Julie 19:30 FINAAL Prys: R20 FEESWENNER Tydsduur: 45 tot 90 minute

Vryfees-fliekprogram

Plek: Al die rolprente word in die Maureen Dale Learning Centre by die Eunice-laerskoolsaal vertoon. Toegang: R25

per rolprent; Ou Afrikaanse flieks (Gratis) R50 vir Simson het nie muscles gehad nie (Sien Toneel - Kinderteater).

KUNSFILMFEES

Aangebied deur die Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.

DIE FETTEN JAHRE SIND VORBEI (2004) 136 minute

Duits met Engelse onderskrifte

Regie: Hans Weingartner; akteurs: Daniel Brühl, Julia Jentsch, Stipe Erceg, Burghart Klaussner

Datums: 14 Julie 12:30; 16 Julie 20:00

Dat welvaart vandag onregverdig verdeel is, is aan almal duidelik, maar hoe om dit aan te spreek egter nie. Die fetten

Jahre sind vorbei (ook bekend as The Edukators) vertel die verhaal van drie revolusionêre jong mense wat op unieke

wyse poog om maatskaplike en ekonomiese ongelykhede aan die kaak te stel. Verkeerde (persoonlike) keuses lei tot

komplekse nagevolge, onder meer die ontvoering van ‟n ryk sakeman. Is daar plek vir edel oortuigings in die moderne

kapitalistiese en geglobaliseerde wêreld?

SÉRAPHINE (2008) 135 minute

Frans met Engelse onderskrifte

Regie: Martin Provost; akteurs: Yolande Moreau, Ulrich Tukur, Wilhelm Uhde

Datums: 14 Julie 15:00; 16 Julie 17:30

Die verhaal van Séraphine de Senlis, ‟n 48-jarige, kuis huishoudster wie se naïewe stillewes uiteindelik deur die

kunswêreld raakgesien en vandag in kunsmuseums in Frankryk en in die res van die wêreld te sien is. Die pragtige film

illustreer ook die rol wat kunskritici speel: Séraphine se werk is vir die eerste keer in 1913 opgemerk deur ‟n Duitse

kunskritikus, Wilhelm Uhde, wat ook die eerste koper van Pablo Picasso se skilderye was en wat ook die primitiewe

skilder, Le Douanier Rousseau, ontdek het. Dit is die moeite werd om die film te sien vir die spel van Yolande Moreau.

Daar is ooreenkomste tussen die lot van Séraphine en Camille Claudel; albei bring die laaste jare van hul lewe in ‟n

gestig deur.

BLINK STEFAANS (1981) 120 minute

Afrikaans

Regie: Jans Rautenbach; akteurs: Regardt van den Bergh, Zoli Marki en Jana Cilliers

Datums: 15 Julie 17:30; 16 Julie 15:00

Fanus is ‟n vaal klankingenieur wat nooit deur enigiemand raakgesien word nie – selfs nie deur sy baas se beeldskone

dogter, Linda, nie. Dan maak Blink Stefaans, as Fanus se alter ego, sy verskyning en verander sy lewe ingrypend. Hy

leer om met meer selfvertroue op te tree en selfs hoe om aan te trek. Fanus leer om homself te laat geld en kry ‟n werk

as ‟n filmmaker. Hy maak vriende met Chrissie, maar vra Linda, op wie hy steeds verlief is, om die hoofrol te speel in sy

nuwe Aspoestertjie-advertensie. Die projek misluk, Fanus is sy werk kwyt, Chrissie vlug met ‟n gebroke hart Kaapstad

toe en Blink Stefaans verlaat hom. Kan Fanus weer geluk en liefde vind of bestaan sulke goed net in feeverhale?

TIRZA (2010) 110 minute

Nederlands met Engelse onderskrifte

Regie: Rudolf van den Berg; akteurs: Gijs Scholten van Aschat, Sylvia Hoeks en Johanna ter Steege

Datums: 13 Julie 15:00; 15 Julie 20:00

Page 22: Vryfeesprogram 2011

Gegrond op die roman van Arnold Grunberg. Jörgen Hofmeester se wêreld stort in duie. Ná ‟n noodgedwonge vroeë

aftrede en teistering deur sy gewese vrou, is die enigste ding wat betekenis aan sy lewe gee, sy geliefde dogter Tirza.

Sy verdwyn terwyl sy in Namibië met vakansie is. Ná weke se vreesaanjaende onsekerheid besluit Jörgen om na haar te

gaan soek. Die ongekende hitte, sy drankprobleem en slegte herinneringe word hindernisse in sy pogings. Sy toevlug

word ‟n kinder-prostituut, Kaisa. Saam pak hulle die tog aan op die spoor van Tirza om uiteindelik haar verskriklike lot

te ontdek.

KAAPSE WYNLAND-KORTFILMFEES

Die room van die kortfilms op die Kaapse Wynland-filmfeeste van 2010 en 2011 saamgevat in een program van 90

minute. Ouderdomsperk: PG13.

Datums: 13 Julie 12:30; 15 Julie 15:00; 16 Julie 12:30

Danse macabre (Kanada 2009, regie: Pedro Pires), 25 Internasionale toekennings.

‟n Briljante kunswerk gegrond op die reis van lewe tot die dood en daarna . . .

In scale (Rusland 2009, regie: Marina Moshkova), 12 internasionale toekennings, insluitende die Coup de Coeur op die

Cannes-filmfees.

Briljante animasieprent oor ‟n voëltjie wat ‟n nes bou en kos vir die kleintjies soek, met onverwagte gevolge op groot

skaal.

Next floor (Kanada 2008, regie: Denis Villeneuve), 50 internasionale toekennings.

In ‟n spoggerige, oordadige banket deel elf gepamperlangde gaste in wat lyk na ‟n ritualistiese gastronomiese slagting.

In dié absurde en groteske heelal ondermyn onverwagte gebeure die eindelose simfonie van oorvloed.

Outing (Singapoer 2009, regie: Jow Zhi Wei)

‟n Oupa vat sy kleinseun op ‟n uitstappie. In hierdie eenvoudige reis wag ‟n ander in ‟n stadig ontwikkelende dog

lonende drama.

Sweetheart (Suid-Afrika 2010, regie: Michael Matthews, met Inge Beckmann, Anthony Oseyemi, André Weideman)

Die laat jare vyftig midde in die Koue Oorlog-afwagting: ‟n Jong huisvrou se man en stiefseuns keer nie terug van die

dorp nie. Sy is alleen op die plaas en besef hulle gaan nie terugkom nie. Sy word genoop om hulle te gaan soek, maar

sy vind ‟n verlate wêreld en ‟n paar verdwaasde “oorlewendes”. Sy vind skokkende antwoorde in ‟n wêreld wat

heeltemal anders is as die een wat ons ken.

The April chill (Georgië 2010, regie: Tornike Bziava, met Malkhaz Jorbenadze, Mirian Garuchava, Rezo Chanishvili), 5

internasionale toekennings. Kopie: David Guirard, Cannes.

Die verhaal van ‟n Sowjet-dienspligtige en ‟n Georgiese danseres. ‟n Anti-geweldfilm oor die ontluiking van menslike

instink in ‟n indringer.

OU AFRIKAANSE FLIEKS

Moontlik gemaak deur die Nasionale Film-, Video- en Klankargief

Toegang: Gratis

Broer Matie (1983, ± 90 minute, regie: Jans Rautenbach, met Simon Bruinders, Paul Luckhoff, Joe Stewardson,

Michelle Bestbier, Barry Trengove en Trix Pienaar)

Datums: 12 Julie 20:00; 13 Julie 17:30

‟n Bekende en welgestelde boer sterf en skok sy Klein Karoo-gemeenskap deur in sy testament te eis dat die kind wat

hy as sy eie grootgemaak het, hom in sy tuisdorp moet begrawe. Maar die kind is bruin en dit is die Suid-Afrika van die

1960s net ná die Sharpeville-slagting en die Cottesloe-beraad. Dit skeur die dorpie en die kerkraad in twee.

Die banneling (1971, ±90 minute, regie: David Millin, met Francois van Heyningen, Dirkie van den Bergh, Don

Leonard, June Neethling, Marié du Toit en Willie van Rensburg)

Datums: 12 Julie 15:00; 14 Julie 17:30

Page 23: Vryfeesprogram 2011

Na die onverwagse dood van sy vrou is ‟n jong dokter tronk toe weens sy nalatigheid. Ná sy vrylating, word hy ‟n

banneling in sy eie gemeenskap en om na sy jong seun om te sien, word hy ‟n dokter vir huursoldate in die Kongo-

oorlog. Sy seun volg sy pa ter voet Kongo toe met tragiese gevolge.

Lokval in Venesië (1971, ± 90 minute, Ivan Hall, met Gé Korsten, Diane Ridler, Maudie Adendorff, June Seymour en

Rob Riley.

Datums: 12 Julie 10:00; 14 Julie 20:00

Die SA Polisie se goue seun, Alwyn van der Hoven, moet hare op sy tande hê as hy ‟n mooi vrou met duister

bedrogplanne op ‟n boot na Venesië dophou. Erger nog, hy raak op die vrou verlief.

Voor sononder (1962, ±80 minute, regie: Emil Nofal, met Vonk de Ridder, Dawid van der Walt, Marié du Toit en

Tromp Terreblanche)

Datums: 12 Julie 17:30; 13 Julie 20:00

Die duiwel is nou los in ‟n eens rustige plaasdorpie nadat Coert Bester en sy hensoppers en hanskakies ná die Anglo-

Boereoorlog die plek met die hulp van Engelse magte oorgeneem het. Op Vlakpoort is dit nou elkeen vir homself, totdat

drie vriende besluit om ‟n einde aan die skrikbewind te maak.

Die Voortrekkers (1973, ± 100 minute, David Millin, met Patrick Mynhardt, Tromp Terreblanche, June Neethling,

Marié du Toit, Johan Brewis en Willie van Rensburg)

Datums: 12 Julie 12:30; 13 Julie 10:00

Dit het eers begin met die martelaarsdood van Piet Retief in Dingaan se kraal en toe het die water van ‟n syrivier van

die Buffelsrivier rooi geloop met die wraakbloed van honderde Zoeloe-vegters – ‟n land in bloed gebore, ‟n land wie se

mense sterk staan en saamstaan: dit is die verhaal van die Voortrekkers.

ARGITEKTUURTOERE

Aangebied deur die Vrystaatse Instituut van Argitekte

Bostoer

Datum: Wo 13 Julie 14:00. Tydsduur: 4 ure

Plek: Vertrek vanaf Taxiterminus (Ingang 5) op die UV-kampus (nr. 21 op feeskaart).

Prys: R100 (sluit lesing in)

‟n Besoek aan residensiële geboue, ontwerp deur Jan en Petria Smit van Smit Argitekte, in Oubos, net buite

Bloemfontein. Dit sluit hul projekte Huis Burger en Huis Olivier (in samewerking met Henry Pretorius van Typology

Argitekte) in. Die toer word afgesluit met ‟n besoek aan Liedjiesbos waar ligte verversings bedien word.

Argitektuurlesing: ‟n Alternatiewe “groen” benadering in die ontwerp van geboue

Aanbieder: Pierre Swanepoel (studioMAS Argitekte en Stadsbeplanners)

Datum: Wo 13 Julie 18:30 Tydsduur: 90 minute

Plek. Eksamenlokaal 4

Prys: R50 (Argitektuurtoer-kaartjies sluit lesing gratis in)

Sandsteentoer

Datum: Do 14 Julie 14:00. Tydsduur: 4 ure

Plek: Vertrek vanaf Taxiterminus (Ingang 5) op die UV-kampus (nr. 21 op feeskaart).

Prys: R100 (sluit lesing hierbo in)

Die toer fokus op historiese en kontemporêre geboue van sandsteen in Bloemfontein. Die Vierde Raadsaal wat tans die

Vrystaatse Wetgewer huisves, is gerestoureer deur die Roodt-vennootskap. Die Appélhof, wat nie altyd toeganklik is vir

die publiek (aanbouings-projek deur Theunissen Jankowitz-argitekte en Evert Kapp-argitekte) volg en die toer sluit af

by Hertzoghuis (eienaar, die argitek Johan Smit van Property Commerce) waar verversings bedien word.

VISUELE KUNSTE

Page 24: Vryfeesprogram 2011

Datums: 12 – 30 Julie, besoektye: 10:00 – 22:00

ALLOOI 11

Kurators: Ben Botma en Bernard Odendaal

Plek: westelike foyer, kykNET-Scaena

In opvolging van Allooi 09 word vanjaar weer ‟n uitstalling aangebied waarin tweegesprek gevoer word tussen beeldende

en woordkunswerke. Vanjaar is die tema “Klippe in die Bangbos”. Gewelddadige misdade het sulke afmetings

aangeneem dat sommige Suid-Afrikaners baie vrese oor die toekoms koester. Om die bang te help besweer gooi die

deelnemende kunstenaars ‟n klip of twee in die bangbos. Verskeie kunstenaars (onder andere Janine Allen-Spies,

Adelheid von Maltitz, Jaco Spies, Dot Vermeulen) en woordkunstenaars (onder andere Gilbert Gibson, Truise Prinsloo,

Johanet Kriel, Klara du Plessis) neem deel.

PAULINE GUTTER – STAND

Kurator: Pauline Gutter

Plek: Eeufeeskompleks

Die skilderinstallasie Stand, bestaande uit agt vollyfgrootte portrette, suggereer wisselspel en interaksie op verskillende

vlakke. Die titels van die individuele werke wat saam uitgestal word, spreek van die gemeensaamheid en humor van

engverbonde landelike boeregemeenskappe waar mense se sosiale identiteite erken en onderskei word as “karakters” in

die samelewing. Daar is die Makelaar wat bewus is van ʼn troostelose ekonomie, die Buikspreker wie se teenwoordigheid

met ʼn knippie sout geneem moet word, omdat sy stem van elders af sou kon opklink, die Volksmoeder wat stewig sit, die

naïewe Potensiële vir wie die uitdagings van die toekoms wink, die oorwerkte en bruingebrande Sterkste Man in die

Omgewing, die selftevrede Erepresident, die lewendige Jong Vryer en die Slenkdalkoors-oorlewende wat geduldig wag

om aangesien te word. Toeskouers se lyflike wisselwerking met die skilderye word verwag deur die oorgroot formate en

die aanbieding van die afgebeelde gesigte as ʼn installasie. Van toeskouers word vereis om met die hele liggaam

vorentoe, agtertoe en sywaarts te beweeg om van naby en van ver te besigtig, detail en geheel te lees. In die

olieverfmerke is die energie van die kunstenaarsliggaam sigbaar opgesluit. In die skilderwerkproses word die lewende

gesigwerk of wisselspel met ‟n ander gesig – wat ‟n gesig eers tot ‟n beeld maak – gesuggereer. Elke portret word

gekenmerk deur ‟n eiesoortige hantering van die medium waarmee die kunstenaar elke karakter na vore bring – die

onskuld van die Potensiële in sagte smeermerke en die krag van die Sterkste Man in die Omgewing met ongemengde

direk uitgepersde olieverf uit die verfbuis. – Prof Suzanne Human, Departement Kunsgeskiedenis en Visuele

Kultuurstudie, Universiteit van die Vrystaat.

PROSES

Kurator: Yolanda Els in samewerking met Janine-Allen Spies en Ben Botma

Plek: Eeufees-galery

Die uitstalling is saamgestel uit werke van verskeie kunstenaars wat baie interessante werkswyses het en waar die proses

van werk belangriker ge-ag word as die eindresultaat. Sommige werke is die resultaat van samewerking tussen

kunstenaars, terwyl ander weer die werk van individue is. Ongewone media word dikwels aangewend in die

skeppingsproses.

VRYSTAAT-EIETYDS 2011

Kurator: Arie Kuijers

Plek: Johannes Stegmann-kunsgalery

Hierdie uitstalling bied werke van plaaslike kunstenaars wat uitdagend, ongewoon en uniek is. Dalk nie ‟n uitstalling vir

almal nie, maar diegene wat kuns met ‟n skop kan waardeer, sal hiervan hou. Die doel is nie om die sensasionele na te

jaag nie, maar om die krag van visuele ekspressie te beklemtoon. Die waardering van ware kontemporêre kuns vereis

veel meer toleransie as wat die “waardering” van konvensionele landskappe en stillewes vereis. Gemiddelde werke vir

populêre smaak word in oorvloed op kunstefeeste en -markte gesien. Diegene wat egter op soek is na ‟n uitdagende

artistieke ervaring kan hierdie uitstalling kom besigtig.

SKRYWERS EN BOEKE

(Behalwe waar anders aangedui, is die aanbiedings in die Boekeprogram-lokaal: Eksamenlokaal 4, oorkant die Callie

Human-saal op die UV-kampus)

SLYPSKOOL VIR VOORNEMENDE SKRYWERS

Plek: NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum)

Parkeer in Elizabethstraat; motorwag aan diens om voertuie op te pas.

Page 25: Vryfeesprogram 2011

Datum: 11 Julie, 08:30 – 16:00

Prys: R150 (Ligte middagete en tee ingesluit)

Floris Brown, skrywer (Gloei, Phoenix, Waar aasvoëls draai, Die woudmaker, Skadukinders en Die koei stort ‟n traan),

digter (met gedigte in Honderd Nieuwe Dichters 3, Aankoms uit die skemer, Groen, Poskaarte, De Afrikaanse poëzie in

1000 en enige gedichten en Nuwe verset), skaakspeler, komponis en musikant praat oor selfpublikasie, vertalings en

oorsese moontlikhede. Wilna Adriaanse, bekroonde skrywer met meer as 13 boeke op haar kerfstok sedert sy in 2000

begin publiseer het, rig voornemende skrywers in oor populêre skryf, gesels oor elemente van ‟n goeie boek, gee

skryfwenke en praktiese oefeninge.

HANS PIETERSEN OOR DIE VRESE VAN ONS VADERS

12 Julie, 09:00 – 09:50, gratis, gesprekleier: Jan van der Merwe

Die boek werp nuwe lig op die aard en rigting van geloof in Afrikaanse skole. Vrae word gevra oor die nalatenskap van

Christelik-nasionale onderwys en die bedreiging van ‟n naïewe evangelisasie in hierdie skole vandag. Vrae word ook

gevra oor die gelyke bestaansreg van geloof en ongeloof.

Geborg deur Griffel Media

PIETER BINGLE OOR OORTRAPKLIPPE

12 Julie, 10:30-11:20, gratis, gesprekleier: prof. Hermie van Zyl

Pieter Bingle praat padlangs oor die Christelike geloof. Terselfdertyd stap hy ook saam met volwasse gelowiges en wys

die oortrapklippe uit sodat gelowiges veilig deur die stroomversnellings van ons tyd kan beweeg. Dié boek help om

opnuut vastrapplek in die wêreld te gee deur betroubare bakens uit die evangelie van Jesus Christus uit te wys.

Geborg deur Griffel Media

RALPH BARNARD OOR GAYS EN GOD

12 Julie 14:30-15:20, gratis, gesprekleier: dr. Wollie Grobler

Is dit ‟n onmoontlike vriendskap? Só vra Ralph Barnard in sy boek Gays en God. Om gay, asook ‟n Christen te wees, is

steeds ‟n omstrede onderwerp in die Afrikaanse godsdienstige kringe. Heelwat hoëvlak-sinodedebatte sentreer vandag

steeds hieromheen. Die skrywer gaan sy standpunt voorhou dat die veroordeling van gays op grond van die Skrif, nie-

korrek en onbillik is.

Geborg deur Griffel Media

JOHANNES DE VILLIERS OOR AGTER DIE SOMBER GORDYN

12 Julie 16:00-16:50, gratis, gesprekleier: Pieter Steyn

Johannes de Villiers onthul in dié boek die verstommende verhaal van die spoke, sieners en spiritiste wat Afrikaanse

mense deur hul geskiedenis vergesel het. Vir almal wat ook in dié geskiedenis belangstel, asook spookvangers en lees-

avonturiers – hierdie geleentheid is spesiaal vir jou.

Geborg deur Griffel Media

FLORIS BROWN OOR ONZICHTBARE VERBINTENISSEN, ONSIGBARE VERBINTENIS EN LIAISONS

INVISIBLES

12 Julie 17:30-19:00, gratis, gesprekleier: Otto Liebenberg

Plek: NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum)

Parkeer in Elizabethstraat; motorwag aan diens om voertuie op te pas.

Floris Brown, lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, is ‟n aktiewe digter wat in Nederland al

heelwat opgang gemaak het met sy gedigte. Ook as vertaler het hy al heelwat naam oorsee gemaak. Hy het 40 gedigte

van 5 digters, genaamd Paul Gellings, Joris Iven, Roger Nupie, Hannie Rouweler en Guy van Hoof, uit Nederlands na

Afrikaans vir die bundel Onzichtbare Verbintenissen vertaal. In Blue Ribbons tree hy as digter op. Die bundel word

uitgegee deur Demer Uitgewers in België. Voorwaar is dit ‟n prestasie vir die opleier wat blinde volwassenes in

rekenaargebruik touwys maak.

DEON KNOBEL OOR AS DIE WOORDE BEGIN DROOM

12 Julie 19:30-20:20, gratis, gesprekleier: prof. Tony Ullyat

Die nuutste versamelbundel van Wilhelm Knobel se gedigte, saamgestel deur die bekroonde digter, Johann de Lange,

word deur die bekende forensiese kundige en broer, Deon Knobel, na die fees gebring. In hierdie versamelbundel is

wyd geselekteer uit sy bestaade bundels, gepubliseer voor en ná sy dood, asook uit sy dokumente-versameling en

manuskripte van ongepubliseerde gedigte.

RIAAN EN MICHELLE GARFORTH-VENTER OOR DIE GROEN STROOK

13 Julie 09:00-09:50, gratis, gesprekleier: Lientjie Mentz

Page 26: Vryfeesprogram 2011

Kom luister na ‟n insiggewende praatjie oor groen lewe. Ook sal Riaan en Michelle jou heelwat leer van tegnieke in en

om die huis.

Geborg deur LAPA Uitgewers

LEON VAN NIEROP OOR VERKLIKKER

13 Julie 16:00-16:50, gratis, gesprekleier: Charlene Stanley

Leon van Nierop het met Vuurvreter besonder aandag getrek. En nou is Verklikker op die rak. Soos die titel laat blyk,

hou die intrige jou vasgekluister aan die boek. Kom hoor wat hy hieroor aan Charlene Stanley verklap.

Geborg deur LAPA Uitgewers

IAN WESSELS OOR LOSLIPPIG

13 Julie 17:30-18:20, gratis, gesprekleier: Danila Liebenberg

Luisteraars van RSG se Loslip weeksdae om 14:00 sal welbekend wees met Ian Wessels se eiesoortige humor. Dit is

dan ook wat die boek Loslippig aan lesers bring. Ook gee die boek ‟n kykie in die spieël van menswees waarin mens

jouself sal herken. En as jy ‟n hart het, sal Loslippig dit nie koud laat nie.

Geborg deur Naledi Uitgewers

JOHANN P. BOSHOFF OOR VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MÉNS EN ORAL IS MY GOD

13 Julie 18:30-19:20, gratis

Plek: Eksamenlokaal 1

Johann P. Boshoff is bekend as produktiewe skrywer. Die twee boeke wat by die fees bekendgestel word, het ‟n

godsdienstige uitkyk. Kom luister wat die skrywer oor sy boeke en die publikasie daarvan deel.

IRMA JOUBERT OOR KORTVERHALE OOR DIE LIEFDE

14 Julie 10:30-11:20, gratis, gesprekleier: Leana Lategan

Hierdie bundel bied ‟n ryk verskeidenheid stories oor onder meer geleenthede soos Kersfees en Vadersdag. Maar dis die

liefde wat in vele fasette uitgebeeld word, wat die gemene deler in die bundel bly. Kom hoor hoe Irma met deernis oor

haar karakters praat.

Geborg deur NB-Uitgewers

DAN SLEIGH OOR WALS MET MATILDA en MURRAY LA VITA OOR GESPREKKE MET MERKWAARDIGE

MENSE

14 Julie 11:30-12:50, gratis, skrywers gesels met mekaar

Die wenroman van verlede jaar se NB Uitgewers Groot Romankompetisie kom Bloemfontein toe! Gebruik jou kans en

kom hoor wat die bekroonde skrywer Dan Sleigh oor Wals met Matilda sê. Murray La Vita, bekroonde joernalis, is

bekend vir sy boeiende onderhoude met merkwaardige Suid-Afrikaners. Wat sy onderhoude so besonders maak, is dat

hy terugstaan en die aangesproke persoon die spasie gun om na vore te kom. Kom luister na hierdie skrywer oor wie

Hennie Aucamp met lof sê dat sy “vrye onderhoude oorleun biografie toe”.

Geborg deur NB-Uitgewers

ALBERT BLAKE OOR BOEREVERRAAIER en JEANETTE FERREIRA OOR BOEREOORLOGSTORIES

14 Julie 16:00-17:20, gratis, skrywers gesels met mekaar

In die Anglo-Boereoorlog was die stryd nie net tussen Boer en Brit nie, maar ook tussen Boer en Boer. Etlike burgers

van die Boere-republieke het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander inligting oor die Boeremagte aan

die vyand verskaf het. Albert Blake het die argiewe gefynkam en vergete grafstene gevind. So het hy die nageslag van

terreggesteldes opgespoor en meer lig gewerp op hoe diep die verskynsel van verraad die Afrikaner geraak het. Ook

gesels Jeanette Ferreira oor die lotsbestemmende ingryping van die Anglo-Boereoorlog in die Suid-Afrikaanse

samelewing en die spore wat dit op die hele bevolking gelaat het. Die boek beklemtoon opnuut hoe oorlog verpletter en

hoe “verraad” ‟n stukkende woord is. Kreatiewe skrywer soos sy is, behou sy die perspektief op die mens – oor wie

oorlog in die eerste plek gaan.

Geborg deur NB-uitgewers

VALIANT SWART OOR TOORWOORDE

14 Julie, 17:30 – 19:00, koste R70 (peuselhappies en sjerrie ingesluit), paneelbespreking

Valiant gesels oor sy bundel Toorwoorde waarin sy lirieke aangebied word as gedigte; chronologies soos per album.

Sonder kitaarakkoorde of foto‟s. Verder gesels die paneel saam met Valiant oor sy musiekjare, waar sy lirieke vandaan

kom en kan jy allerhande lekker staaltjies en ondervindings met hom deel.

Geborg deur LAPA-uitgewers

Page 27: Vryfeesprogram 2011

JULIAN MÜLLER OOR OM TE MAG TWYFEL

15 Julie 09:00-09:50, gratis, gesprekleier: prof. Jan-Albert van den Berg

Julian Müller se boek is vir mense soos hy. Mense wie se geloof nie altyd maklik kom nie. En mense wat nie hul geloof

kan aanbied as prestasie nie. Die skrywer beywer hom vir ‟n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om

sy geloof te bevraagteken en “buite die boks” te glo.

Geborg deur NB-uitgewers

AMOS VAN DER MERWE OOR EUGÈNE TERRE’BLANCHE – MY STORIE

15 Julie 10:30 – 11:20, gratis, gesprekleier: dr. Jan-Ad Stemmet

Wie was Eugène Terre‟Blanche? Wie was dié boer van Ventersdorp wat gedigte geskryf het? Voor die moord op hom,

wat wêreldnuus gehaal het, was Eugène Terre‟Blanche – my storie persklaar. Kom ervaar Amos van der Merwe se

buitengewone insig in dié omstrede figuur. Hy het daarin geslaag om Terre‟Blanche se psige te verken en gee ‟n

aangrypende blik op een van Suid-Afrika se bekendste figure.

Geborg deur Griffel Media

ESTA STEYN OOR DROOMDELWERS

15 Julie 12:00-12:50, gratis, gesprekleier: dr. Victor Teise

Droomdelwers speel af teen die agtergrond van die soutmyne en die granietkoppe van twee klein gemeenskappe aan

die Weskus, naamlik Soutmansvlei en Vlaktevlei. Kom hoor wat Esta sê oor die uiteenlopende karakters waarvan hulle

arm en ryk, asook wit en bruin, wêrelde ten nouste verweef is.

Geborg deur NB-uitgewers

JACO KIRSTEN OOR RUGBYMAL

Plek: Eksamenlokaal 1

15 Julie 16:00-16:50, gratis, gesprekleier: Annalize Doubell

Het Suid-Afrikaners ‟n gesonde belangstelling in rugby of is hulle totaal verslaaf daaraan? In die boek verduidelik oud-

Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Kom luister wat Jaco

Kirsten alles oor die bydraes te sê het.

Geborg deur NB-uitgewers

CHANETTE PAUL OOR DIE LAASTE BOEK IN DIE GYS NIEMAND-REEKS

Plek: Eksamenlokaal 1

15 Julie 17:30-18:20, gratis, gesprekleier: Valiant Swart

Chanette Paul praat oor haar laaste boek in die Gys Niemand-reeks met Valiant Swart. Sy vertel hoekom die reeks nou

eindig en wat sy verder beoog.

Geborg deur LAPA-Uitgewers

AMORE BEKKER OOR TJAILARESEPTE

Plek: Eksamenlokaal 1

16 Julie 11:00-11:50, koste: R60, gesprekleier: Mari-El Smit

Amore Bekker deel haar beste RSG Tjailatyd-resepte. Ook kan jy proe aan gebak wat spesiaal uit hierdie uitstekende

resepteboek voorberei is.

Geborg deur Naledi Uitgewers

DIETER VOIGT OOR EK DARE JOU – LEEF VOLUIT

16 Julie 12:30-13:20, gratis, gesprekleier: Pieter Schuurman

Dieter Voigt, 2007 se Mnr. Suid-Afrika, deeltydse model en gewilde aanbieder van Pasella, leef in ‟n wêreld van

jongmense. Hy is nie prekerig nie, maar hy weet ook hoe om met tieners, pa‟s, ma‟s, oupas en oumas te praat. Kom

beleef self die veelsydige TV-persoonlikheid.

Geborg deur Naledi-Uitgewers

BOEKE-ONTBYT: ’N FEESTELIKE MAAL VIR DIE SINTUIE

Plek: Vishuis-eetsaal

Datum: 16 Julie 09:00-10:30

Prys: R220

Page 28: Vryfeesprogram 2011

Moontlik gemaak deur Van Rensburg-patoloë

Wyn voorsien deur Cederberg-kelder

‟n Samespel tussen kos, woord, wyn, musiek en liriek. Kom wees deelgenoot van ‟n besondere ontbyt, voorgesit deur

Suid-Afrika se voorste gastehuis, De Oudekraal. Marie Lombaard en haar personeel gaan ‟n heerlike driegang-maal

voorsit, gekomplementeer deur wyn en vonkelwyn en aangebied deur die Bloemfonteinse wynkenner, regter Fred

Beckley. Hierby vind u strelende musiek deur die bobaas-pianis, Nicol Viljoen. Die woordprogram word opgestel deur

Hennie van Coller en aangebied deur Anthea van Jaarsveld en Karien van Coller. ‟n Ontbyt waar goeie kos en

uitsoekwyn, tesame met ‟n fees van woord en musiek inmekaar vloei tot ‟n besondere simfonie wat lank daarna nog op

die palet, in die oor en in die gedagte sal hang.

VAN COLLER EN TAAI

Plek: Eksamenlokaal 4, oorkant Callie Human-saal ETIEK IN LETTERKUNDIGE KRITIEK 14 Julie 15:00-15:50, gratis, gesprekleier: prof. Hennie van Coller

Gespreksgenote: o.a.Dan Sleigh, prof. Dave Lubbe, Adele Dempers, Gilbert Gibson, Jaco Jacobs, Bernard Odendaal en Jeanette Ferreira BIOGRAFIEË EN LEWENSBESKRYWINGS: HISTORIOGRAFIE OF BLITSVERKOPERS (POT-BOILERS)? 15 Julie 15:00-15:50, gratis, gesprekleier: prof. Hennie van Coller

Gespreksgenote: Ockie Geyser, André Wessels, Adele Dempers, Hendrik Venter, Jonathan Crowther, Constant Steyn, Louis Bothma, Jeanette Ferreira.

DISKOERS: GESPREKLEIER – IAN WESSELS

Moontlik gemaak deur UV-Sakeskool en Uitsending deur RSG.

Plek: Eksamenlokaal 4, oorkant Callie Human

Diskoers 1 ONS NALATENSKAP: Wat voorspel die tempo waarteen ons ons natuurlike hulpbronne opgebruik vir die toekoms? 13 Julie 13:00-15:00, gratis Gespreksgenote: Prof. Kobus Pienaar (Universiteit van Noordwes) en Theunis Meyer (Omgewingsbestuurder, Universiteit van Noordwes) Diskoers 2 ONS NALATENSKAP: Wie gaan die skuld en die ekonomiese ingryping van die vadere betaal? 14 Julie 13:00-15:00, gratis Gespreksgenote: Vida Booysen en Ernst Janovsky, Hoof, Agri-besigheid, Absa-Besigheidsbank Diskoers 3 ONS NALATENSKAP: Hoe standhoudend is ons kunste-erfenis en doen ons genoeg om diversiteit te bevorder en te inkorporeer? 15 Julie 13:00-15:00, gratis Gespreksgenote: Alexandra Strachan (aktrise), Otto Liebenberg (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum), Prof. Hennie van Coller (hoof van die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans)

DAGPROGRAM

Maandag 11 Julie 08:30 – 16:00 Slypskool vir skrywers – NALN 18:30 Luca Ciarla-kwartet – Kunstetrust-Odeion Dinsdag 12 Julie 09:00 Hans Pietersen: Die vrese van ons vaders – Eksamenlokaal 4 10:00 Lokval in Venesië – Maureen Dale Centre, Eunice

Page 29: Vryfeesprogram 2011

10:30 Pieter Bingle: Oortrapklippe – Eksamenlokaal 4 11:00 Loeloe se liewe loskop ouma – Koowee-Repteater 12:00 Luca Ciarla-kwartet – Kunstetrust-Odeion 12:30 Die Voortrekkers – Maureen Dale Centre, Eunice 13:00 Raka – Mango-André Huguenet-teater 14:00 Fees van die Ongenooides – kykNET-Scaena 14:30 Ralph Barnard: Gays en God – Eksamenlokaal 4 15:00 Klaasvakie – ATKV-Wynand Mouton-teater 15:00 Bestemming – Aasvoëlklub 15:00 Die banneling – Maureen Dale Centre, Eunice 16:00 Absa-wynsaal deure open – Eeufeessaal 16:00 Liewe Heksie – Koowee-Repteater 16:00 Johannes de Villiers: Agter die somber gordyn – Eksamenlokaal 4 17:30 Voor sononder – Maureen Dale Learning Centre, Eunice 17:30 Floris Brown: Onzichtbare verbintenissen – NALN 18:00 Bye Ma, Jaypee – kykNET-Scaena 18:00 Andra – Aasvoëlklub 18:30 Fluitspeler van Hamelin – Kunstetrust-Odeion 19:30 Een uit ‟n miljoen – Absa-Sand du Plessis-teater 19:30 Deon Knobel: As die woorde begin droom – Eksamenlokaal 4 20:00 Renosters – ATKV-Wynand Mouton-teater 20:00 Broer Matie – Maureen Dale Centre, Eunice 20:30 My pa dink hy‟s Elvis – Mango-André Huguenet-teater 21:00 Perpoks - Aasvoëlklub Woensdag 13 Julie 09:00 Riaan & Michelle Garforth-Venter: Die groen strook – Eksamenlokaal 4 09:30 Bye Ma, Jaypee – kykNET-Scaena 09:30 Draaijakkalse – OFM-Albert Wessels-ouditorium 10:00 Die Voortrekkers – Maureen Dale Centre, Eunice 10:30 Bloemers en roemers 2 – Eunice-laerskoolsaal 11:00 My pa dink hy‟s Elvis – Mango-André Huguenet-teater 11:30 Nag, Ma – ATKV-Wynand Mouton-teater 11:30 Een uit ‟n miljoen – Absa-Sand du Plessis-teater 12:00 Absa kos-en-wynkonsert – Eeufeessaal 12:30 Kaapse Wynland-kortfilmfees – Maureen Dale Centre, Eunice 13:00 Fees van die ongenooides – kykNET-Scaena 13:00 Loeloe se liewe loskop ouma – Koowee-Repteater 13:00 Diskoers 1 – Eksamenlokaal 4 13:30 Vincent van Gogga – Mango-André Huguenet-teater 14:00 Argitektuurtoer: Bostoer. Vanaf Taxi Terminus (ingang 5) 14:30 Andra – Aasvoëlklub 15:00 [email protected] – Eunice-laerskoolsaal 15:00 Fluitspeler van Hamelin – Kunstetrust-Odeion 15:00 Tirza – Maureen Dale Centre, Eunice 16:00 Absa-wynsaal deure open – Eeufeessaal 16:00 Klaasvakie – ATKV-Wynand Mouton-teater 16:00 Liewe Heksie – Koowee-Repteater 16:00 Dean Martin-kabaret – Mango-André Huguenet-teater 16:00 Leon van Nierop: Verklikker – Eksamelokaal 4 16:30 Vlieger unplugged – kykNET-Scaena 16:30 Next customer, please – OFM-Albert Wessels-ouditorium 17:00 Amanda Strydom – Absa-Sand du Plessis-teater 17:30 Dowwe Dolla – Kunstetrust-Odeion 17:30 Valiant Swart – Aasvoëlklub 17:30 Broer Matie – Maureen Dale Centre, Eunice 17:30 Ian Wessels: Loslippig – Eksamenlokaal 4 18:40 Argitektuurlesing – Eksamenlokaal 4 18:30 Johann P Boshoff: Volledig Christen – Eksamenlokaal 1 19:30 As ek maar geweet het – Eunice-laerskoolsaal 19:30 Renosters – ATKV-Wynand Mouton-teater 20:00 Dis koue kos, skat – Mango-André Huguenet-teater 20:00 Voor sononder – Maureen Dale Centre, Eunice 20:30 Dozi & Nianell – Absa-Sand du Plessis-teater 20:30 ‟n Lewe in die teater – kykNET-Scaena 21:00 Gé Korsten-huldeblyk – Odeion-kunstetrust 21:00 Anton Goosen – Aasvoëlklub

Page 30: Vryfeesprogram 2011

Donderdag 14 Julie 09:30 Klaasvakie – ATKV-Wynand Mouton-teater 09:30 ‟n Lewe in die teater – kykNET-Scaena 09:30 Vincent van Gogga – Mango-André Huguenet-teater 09:30 As ek maar geweet het – Eunice-laerskoolsaal 10:00 Paloekas – OFM-Albert Wessels-ouditorium 10:00 Loeloe se liewe loskop ouma – Koowee-Repteater 10:00 Simson het nie muscles gehad nie – Maureen Dale Centre, Eunice 10:30 Irma Joubert: Kortverhale oor die liefde – Eksamenlokaal 4 11:30 Ave Maria – Kunstetrust-Odeion 11:30 Dan Sleigh/Murray La Vita – Eksamenlokaal 4 12:00 Absa kos-en wynkonsert - Eeufeessaal 12:30 Die fetten Jahre sind vorbei – Maureen Dale Centre, Eunice 13:00 Lollos – OFM-Albert Wessels-ouditorium 13:00 Diskoers 2 – Eksamenlokaal 4 13:30 Dis koue kos, skat – Mango-André Huguenet-teater 13:30 Rooikaart – Eunice-laerskoolsaal 14:00 Anton Goosen – Aasvoëlklub 14:00 Argitektuurtoer: Sandsteentoer . Vanaf Taxi-terminus (ingang5) 14:00 Bye Ma, Jaypee – kykNET-Scaena 14:00 Reza De Wet: Groep 1 – Eunice-teater 14:30 Amanda Strydom – Absa-Sand du Plessis-teater 14:30 Dowwe Dolla – Kunstetrust-Odeion 15:00 Séraphine – Maureen Dale Centre, Eunice 15:00 Van Coller en Taai: Etiek en letterkundige kritiek – Eksamenlokaal 4 15:30 Janneman – ATKV-Wynand Mouton-teater 16:00 Absa-wynsaal deure open – Eeufeessaal 16:00 Albert Blake/Jeanette Ferreira – Eksamenlokaal 4 16:30 Loslippig – OFM-Albert Wessels-ouditorium 17:00 [email protected] – Eunice-laerskoolsaal 17:30 Danie Niehaus – Aasvoëlklub 17:30 Die banneling – Maureen Dale Centre, Eunice 17:30 Valiant Swart: Toorwoorde – Eksamenlokaal 4 18:00 30-11-71 – kykNET-Scaena 18:00 My pa dink hy‟s Elvis – Mango-André Huguenet-teater 19:00 Reza De Wet: Groep 2 – Eunice-teater 20:00 Coenie & Evita – Absa-Sand du Plessis-teater 20:00 Antoinette Pienaar hou konsert – kykNET-Scaena 20:00 Next customer, please – OFM-Albert Wessels-ouditorium 20:00 Lokval in Venesië – Maureen Dale Centre, Eunice 20:30 Bloemers & roemers 2 – Eunice-laerskoolsaal 20:30 Piet se tante – ATKV-Wynand Mouton-teater 20:30 Lize Beekman – Kunstetrust-Odeion 21:00 Valiant Swart – Aasvoëlklub Vrydag 15 Julie 09:00 Renosters – ATKV-Wynand Mouton-teater 09:00 Lollos – OFM-Albert Wessels-ouditorium 09:00 Julian Müller: Om te mag twyfel – Eksamenlokaal 4 09:30 Bloemers & roemers 2 – Eunice-laerskoolsaal 10:00 Reza De Wet: Groep 3 – Eunice-teater 10:30 Amos van der Merwe: Eugene Terre‟Blanche – Eksamenlokaal 4 10:30 Amper – kykNET-Scaena 10:30 Lize Beekman – Kunstetrust-Odeion 11:00 Lollos – OFM-Albert Wessels-ouditorium 12:00 Absa kos-en-wynkonsert – Eeufeessaal 12:00 O Afrika! – Mango-André Huguenet-teater 12:00 Danie Niehaus – Aasvoëlklub 12:00 Babalela – Koowee-Repteater 12:00 Esta Steyn: Droomdelwers – Eksamenlokaal 4 12:30 Simson het nie muscles gehad nie – Maureen Dale Centre, Eunice 13:00 Janneman – ATKV-Wynand Mouton-teater 13:00 Diskoers 3 – Eksamenlokaal 4 13:30 [email protected] – Eunice-laerskoolsaal 13:30 Fees van die ongenooides – kykNET-Scaena 13:30 Draaijakkalse – OFM-Albert Wessels-ouditorium 14:00 Twee tjello‟s – Kunstetrust-Odeion

Page 31: Vryfeesprogram 2011

14:30 Reza De Wet: Groep 4 – Eunice-teater 14:30 Babalela – Koowee-Repteater 15:00 Gert Vlok Nel – Aasvoëlklub 15:00 Kaapse Wynland-kortfilmfees – Maureen Dale Centre, Eunice 15:00 Van Coller en Taai: Biografie en lewensbeskrywings – Eksamenlokaal 4 16:00 Absa-wynsaal deure open – Eeufeessaal 16:00 AmaRequiem – Absa-Sand du Plessis-teater 16:00 Jaco Kirsten: Rugbymal – Eksamenlokaal 1 16:30 Piet se tante – ATKV-Wynand Mouton-teater 17:00 As ek maar geweet het – Eunice-laerskoolsaal 17:00 Vlieger unplugged – kykNET-Scaena 17:30 gly – Mango-André Huguenet-teater 17:30 Ster in die donker – Kunstetrust-Odeion 17:30 Loslippig – OFM-Albert Wessels-ouditorium 17:30 Blink Stefaans – Maureen Dale Centre, Eunice 17:30 Chanette Paul: Gys Niemand – Eksamenlokaal 1 18:00 Liewe Heksie – Koowee-Repteater 18:30 Piet Botha – Aasvoëlklub 19:30 Reza De Wet: Finaal – Eunice-teater 20:30 Chris Chameleon – Absa-Sand du Plessis-teater 20:30 Rooikaart – Eunice-laerskoolsaal 20:30 Nag, ma – ATKV-Wynand Mouton-teater 20:30 Paloekas – OFM-Albert Wessels-ouditorium 20:00 Tirza – Maureen Dale Centre, Eunice 21:00 Brooklyn babalaas – Mango-André Huguenet-teater 21:00 30-11-71 – kykNET-Scaena 21:00 Navi Redd – Kunstetrust-Odeion 21:00 Jan Blohm – Aasvoëlklub Saterdag 16 Julie 09:00 Boeke-ontbyt – Vishuis-eetsaal 09:30 30-11-71 – kykNET-Scaena 09:30 Loeloe se liewe loskop ouma – Koowee-Repteater 09:30 Brooklyn babalaas – Mango-André Huguenet-teater 10:00 Absa-wynsaal deure open – Eeufeessaal 10:00 Radio Kalahari Orkes – Aasvoëlklub 10:00 Rooikaart – Eunice-laerskoolsaal 10:00 Nag, Ma – ATKV-Wynand Mouton-teater 10:00 Paloekas – OFM-Albert Wessels-ouditorium 10:00 Simson het nie muscles gehad nie – Maureen Dale Centre, Eunice 10:30 Navi Redd – Kunstetrust-Odeion 10:30 Ses snare 2 – Absa-Sand du Plessis-teater 11:00 Amore Bekker: Tjaila-resepte – Eksamenlokaal 1 12:00 My naam is Ellen Pakkies – Eunice-teater 12:00 Vlieger unplugged – kykNET-Scaena 12:30 Liewe Heksie – Koowee-Repteater 12:30 Kaapse Wynland-kortfilmfees – Maureen Dale Centre, Eunice 12:30 Dieter Voigt: Ek dare jou – leef voluit – Eksamenlokaal 4 13:00 Jan Blohm – Aasvoëlklub 13:30 gly – Mango-André Huguenet-teater 13:30 Bloemers & roemers 2 – Eunice-laerskoolsaal 13:30 Dancing Flying Fingers – Kunstetrust-Odeion 13:30 Loslippig – OFM-Albert Wessels-ouditorium 14:00 Antoinette Pienaar hou konsert – kykNET-Scaena 14:30 Chris Chameleon – Absa-Sand du Plessis-teater 15:00 Piet se tante – ATKV-Wynand Mouton-teater 15:00 Babalela – Koowee-Repteater 15:00 Blink Stefaans – Maureen Dale Centre, Eunice 15:30 Gert Vlok Nel – Aasvoëlklub 16:00 ‟n Lewe in die teater – kykNET-Scaena 16:00 Ster in die donker – Kunstetrust-Odeion 16:30 My naam is Ellen Pakkies – Eunice-teater 16:30 gly – Mango-André Huguenet-teater 17:00 Next Custormer please – OFM-Albert Wessels-ouditorium 17:00 As ek maar geweet het – Eunice-laerskoolsaal 17:30 Séraphine – Maureen Dale Centre, Eunice 18:00 Piet Botha – Aasvoëlklub 19:00 Ses snare 2 – Absa-Sand du Plessis-teater

Page 32: Vryfeesprogram 2011

20:00 Janneman – ATKV-Wynand Mouton-teater 20:00 Navi Redd – Kunstetrust-Odeion 20:00 Draaijakkalse – OFM-Albert Wessels-ouditorium 20:00 Die fetten Jahre sind vorbei – Maureen Dale Centre, Eunice 20:30 Amper – kykNET-Scaena 20:30 Brooklyn babalaas – Mango-André Huguenet-teater 20:30 [email protected] – Eunice-laerskoolsaal 21:00 Radio Kalahari Orkes – Aasvoëlklub Sondag 17 Julie 09:30 My naam is Ellen Pakkies – Eunice-laerskoolsaal 09:30 Janneman – ATKV-Wynand Mouton-teater 09:30 Amper – kykNET-Scaena 11:30 Dancing Flying Fingers – Kunstetrust-Odeion 12:00 Antoinette Pienaar hou konsert – kykNET-Scaena

DIENSVERSKAFFERS

Computicket (logo)

Kaartjies kan landwyd bespreek word by enige Shoprite of Checkers se Moneymarket-toonbank, die

kliëntedienstoonbanke in Mimosa Mall en Loch Logan Waterfront en by Mailbox etc, in Prellerwalk-sentrum,

Bloemfontein. Bespreek ook op Computicket se webwerf www.computicket.com of skakel 011-340-8000. ‟n

Kaartjieskantoor sal ook tydens die fees in die Kunstetrust-Odeion se portaal bedryf word.

ER24 (Logo)

ER24 direkte noodnommer :082-562-5095 of 082-902-3906

ER24 landswye noodnommer : 084-124

Vir mediese noodgevalle 0800-051-051 (Medi-Clinic)

Noodhulptent – oorkant kykNET-Scaena

Vir veiligheidsnoodgevalle, bel UV-beskermingsdienste by 051-401-2911

Persone met gestremdhede (Universele logo met rolstoel)

Vir enige inligting oor toeganklikheid vir persone met gestremdhede kontak gerus die Eenheid vir Persone met

Gestremdhede van die Universiteit van die Vrystaat. Hetsie Veitch by 051-401-3713, 0828967563 e-pos:

[email protected]

Martie Miranda by 051-401-9348, 084-244-1778 of e-pos: [email protected]

Vodacom-Kunstemark (vodacom logo)

Die Vodacom-Kunstemark se stalletjies sal vanaf 09:00 – 18:00 oop wees op Di 12 Julie, Wo 13 Julie en Do 14 Julie.

Op Vr 15 Julie en Sa 16 Julie sal dit oop wees van 09:00 – 21:00 en op So 17 Julie van 09:00 – 13:00.

Inligting (Universele inligtingsteken)

Kunstetrust –Odeion

Volksblad- en Kovsie-inligtingstent (skuins oorkant Blêrkas, langs George du Toit-gebou)

Borge 2011

Vennote

Volksblad

Universiteit van die Vrystaat

Stigtersborg

Media 24

Page 33: Vryfeesprogram 2011

Hoofborg

Absa

Senior borge

Kunstetrust

kykNET

Mango

ATKV

OFM

Castle

Sovereign

Checkers

Pacofs

Vodacom

Projekborge

Drostdyhof

Bybelmedia

UV-Sakeskool

Pretty Gardens-leefstylsentrum

Eunice

MK

Naledi Uitgewers

NB Uitgewers

Griffel Media

Lapa Uitgewers

SARIE

RSG

Van Rensburg-patoloë

Kloppers

Kaapse Wynland-filmfees

Nasionale Film, Video-, en Klankargief

Vrystaatse Instituut van Argitekte

Exclusive Books

Page 34: Vryfeesprogram 2011

Boekeloer

Cederberg Wynkelder

Coca Cola

Diensborge

PriceWaterhouseCoopers

Bloemfontein Repro Services

ER 24

(Logo‟s: onder aan blad) Bloemfontein Repro Services (Papier)?