21
Die dokument is netjies toegedraai in plastiek en kleeflint. “Al die reëlings is daarbinne, sê sy.” Ek loer deur die tralies, deeglik daarvan bewus dat ons ten minste twee meter van mekaar af moet bly. Ek haal stadig deur my masker asem. Met een oogopslag sien ek dat die teks, liedere en ander informasie netjies in drukskrif neergepen is. Die hele begrafnis is uitgewerk. “Dankie, tannie,” probeer ek die gesprek afsluit. Maar sy laat sak net haar kop en loer grootoog bo-oor die te groot masker. “Ek het ook gereël dat jy die as kan gaan haal, tot my kinders hier kan kom.” Ek steek my hand versigtig uit, asof virusse springbene het. Maar sy laat sak die pakkie vir die hoeveelste keer om eers nog iets te sê. Later hoor ek nie meer die inhoud van die sinne nie. Al wat ek sien, is die moegheid en kommer agter die masker. Eensaamheid is wreed. >> Maand - Krant Plastieksak Wapadrant Gemeente Julie2020

W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

Die dokument is netjies toegedraai in plastiek en kleeflint.

“Al die reëlings is daarbinne, sê sy.” Ek loer deur die tralies, deeglik daarvan bewus dat ons ten

minste twee meter van mekaar af moet bly. Ek haal stadig deur my masker asem. Met een

oogopslag sien ek dat die teks, liedere en ander informasie netjies in drukskrif neergepen is.

Die hele begrafnis is uitgewerk.

“Dankie, tannie,” probeer ek die gesprek afsluit. Maar sy laat sak net haar kop en loer

grootoog bo-oor die te groot masker.

“Ek het ook gereël dat jy die as kan gaan haal, tot my kinders hier kan kom.” Ek steek my hand

versigtig uit, asof virusse springbene het. Maar sy laat sak die pakkie vir die hoeveelste

keer om eers nog iets te sê.

Later hoor ek nie meer die inhoud van die sinne nie. Al wat ek

sien, is die moegheid en kommer agter die masker.

Eensaamheid is wreed. >>

Maand - Krant

Plastieksak

W a p a d r a n t G e m e e n t e

J u l i e 2 0 2 0

Page 2: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

2

Kom meer te wete:

Tiddo Voogt

0828927748

Cor Meindertsma

0825516183

Botswana sending (BSG)

moes die Lyttelton-diakonie R20 000 bysit om ds Hen-

drik te betaal.

Met die vernuwende kommunikasie en voorleggings

kon ons genoeg geld inkry om Ds Hendrik weer voluit

vanuit BSG te trakteer.

Dankie aan almal wat so getrou bydra, en ook spesiale

dank aan die Reformed Church North Shore in Nieu-

Seeland vir bydrae van R164 500. Ook baie dankie aan

die individuele lede en kleingroep van Wapadrant Ge-

meente vir julle bydrae.

Aan God die lof en eer vir die ommekeer

lik te diens en reg te maak, sodat hy weer 4x4 kan ry.

Ds Hendrik het belowe om pryse te kry by Toyota in

Maun vir die herstelwerk, sodra hul grendeltyd opgehef

is.

Die web- en Facebookblad is ook in werking. Gaan kyk

gerus by www.botswanasending.co.za.

Huidige toestand in Botswana.Botswana gaan ook gebuk onder totale inperkings met

die gevolg dat meeste lidmate van die Dekar gemeente

alreeds baie arm deel van die land.

Alhoewel die Botswanaregering voedselpakkies uitdeel

kom die meeste daarvan nie in Dekar uit nie, met

gevolg dat mense baie honger is.

Ds Hendrik help waar hy kan. Hy ry mense veld toe om

marammas (wilde neut wat op grond groei) te oes. Ook

R1200 vir hom gegee om brandstof in te gooi. Ons

beoog om dit volgende maand weer te doen.

Daar word ook slegs 5 permitte per dag uitgereik om

Ghanzi toe te gaan. Met taxis wat duur is neem Hendrik

geldtjie het.

Daar is geen kerkdienste nie en die lidmate het nie die

luuksheid van wifi verbindings en rekenaars nie. Dus dit

Ons is ook op soek na katkisasieboekies (materiaal) in

Tshwana. Kommunikeer asb. met Tiddo Voogt hier-

omtrent as julle weet waar ons dit kan bekom.

Beplande uitreik-kospakkies.North Shore Reformed-gemeente in Nieu-Seeland se

diakonie het nou R20 000 bewillig om te help met kos-

pakkies.

Ds Hendrik reken dat daar so +- 100 huisgesinne is wat

kos nodig het. Huisgesinne is oor die algemeen baie

groot daar, so tussen 10 tot 20 mense. Almal kook en

eet saam - watter kos ookal beskikbaar is.

Die R20 000 gaan dus nie ver kom nie. Die BSG beoog

om deur hierdie skrywe aan julle, sowel as die face-

bookbladsy nog R20,000 in te vorder.

As julle wil bydra of van ander individue weet wat kan

help, sal ons bly wees as julle die geld in die BSG-reke-

ning inbetaal. Merk inbetalings duidelik as “Dekar Kos”.

Page 3: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

3

Ontvang van:

NG Grimbeekpark: Jan Hendrik van Rooyen

NG Onrusrivier: Helene Elzabe Goosen

Aangevra na:

NG Moreletapark: R Heymans

Doxa Deo Midstream: Imke Bender (Wissing)

Potchefstroom-oos: Douw Gerbrand Kruger

GK Suidkus: Hans Jurgens en Elizabeth Glodina Steyn (Esterhuizen) asook Elizabeth Glodina Eksteen

Attestate of Bewyse van lidmaatskap

(Plastieksak... Vervolg)

“As hulle sê dis nie die virus nie, tannie, het ons geen

rede om te reken dit is dit nie,” probeer ek weer. Maar

die sluier oor haar oë sluit toe. My opmerking help nie

en sy gaan nie met my stry nie.

“As die ergste dan gebeur, tannie… Wat dink tannie

dan daarvan?”

Snaaks genoeg. Haar oë blink vir die eerste keer. Sy sien

uit na iets.

“Dan aanvaar ek dit en is ek in die hande van my Here.”

uit. Die hele kaboedel word in die volgende sak gesit -

een het mos nou ook dan die virus op. Gelukkig byt my

tande vas.

Ek neem die sak tussen my wysvinger en duim en loop

bêre dit in die motor se kattebak. My hande en polse

word koud soos ek hulle spuit. Die nuutste sak maak ek

behoorlik skoon met die blou saniteerder.

Net voor ek ry, roep ek daar na die hek se kant toe.

“Tannie, ons glo al hierdie reëlings is onnodig. En dat,

een van die dae, ons tannie terug verwelkom by die

kerk.”

Sy glimlag vir die eerste keer. “Ek mis my kerk so,” sug

sy.

Op pad huis toe, dink ek oor my eie lewe. En dat sonde

skoonmaak. Maar dat my bevlekte hande net aanhou

om dit mee te hanteer. Die besmetting hou aan.

Uiteindelik kan jy dit net vir een Persoon aangee. Die

Een wat ons menswees ontsmet en nuwe lewe in ons

blaas, van buite af binnetoe.

Siegfried Louw (eKerk)

Page 4: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

4

Almal se mandjieOp soek na betroubare, tweedehandse dubbel-kajuitbakkie ter waarde van R100 000.

Kontak Raymond 082 444 0061

Braaihout R15/sak

Kaggelhout R50/sak

Wil jy jou kaggel aansteek teen die koue? Dalk

wil jy net graag ‘n vleisie op die rooster gooi?

Kom koop jou hout op Wapadrant se

kerkterrein. Die fondse word aangewend vir

die Neem-en-Deel-Bybelprojek.

Kontak Seni by 076 664 1793.

Page 5: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

5

5 Junie 2020

’n Woord van bemoediging

Die Bybelgenootskap is opreg dankbaar vir u

samewerking en betrokkenheid by die Jaar van die Bybel,

terwyl ons ons 200ste bestaansjaar vier. Mag u as kerk

die oorvloedige goedheid en guns van God, ondanks die

uitdagende tye wat ons tans beleef, ervaar. Die tema van

die jaar, die Bybel: Hoop vir almal, blyk nog 'n skerper

fokus te hê.

Die huidige Covid-19-krisis, nasionale ramptoestand en

die staat van inperking het vir baie finansiële

bekommernisse en vir sommige tot ernstige swaarkry

gelei. Die gevolge sal vir 'n beduidende periode in die

toekoms gevoel word.

* Baie besighede sal moontlik hul deure sluit.

* ’n Toename in werkloosheid is onvermydelik.

* Baie mense maak staat op kospakkies weens verlies

aan inkomste.

* Geslagsgebaseerde geweld neem dramaties toe met

algemene wetteloosheid wat op plekke opportunisties

woed.

Die Bybelgenootskap is bewus daarvan dat baie lidmate

kerkleiers in tye soos hierdie nader. Mense sukkel met

gevoelens van verlatenheid en wanhoop. In hierdie

moeilike tye moet kerkleiers die tweede myl loop om hul

lidmate in nood te ondersteun en ook 'n verantwoor-

delikheid teenoor hul eie gesinne te hê. Alhoewel dit nie

altyd in die kollig is nie, reageer kerke op ongelooflike

maniere op die behoeftes van hul gemeenskappe. Ons

eer u as kerkleier.

Die Bybelgenootskap wil u ook in hierdie tyd aanmoedig.

Alhoewel dit wil voorkom asof die hele wêreld om ons

neerval, herinner Psalm 46 ons daaraan dat ons nog

steeds kan vashou aan God se onfeilbare Woord. Moenie

bang wees of moedeloos word in hierdie moeilike tye

nie, want die Here jou God is altyd by jou - Emmanuel,

God met ons. Niks is te groot vir God nie. Daar is geen

omstandighede of uitdagings buite God se bereik of

beheer nie. Ons vind vrede in die wete dat ons lewens in

Sy hande is. Dit gee ons die krag om aan die gang te bly

en ons uitdagings die hoof te bied.

Die Bybelgenootskap eer u as getroue dienaars en

waardeer u vennootskap opreg wanneer ons die Jaar van

die Bybel vier. Dankie vir u betrokkenheid by Bybelwerk.

Wees verseker van ons voortdurende gebede vir u in

hierdie moeilike tye. U word opreg waardeer.

Ons land het hoop nodig, en soos ons weet, gaan die

boodskap van die Bybel oor lewende hoop. Te midde van

die dringende begeerte na 'n boodskap van Hoop, maak

die boodskap van God se Woord tesame met die

praktiese dade van sorg en welwillendheid wat in soveel

kerke oorvloedig is, 'n kragtige kombinasie.

Ons sal aanhou om vir u te bid met die wete dat u ook vir

ons bid. Ons is steeds daartoe verbind om met u saam te

werk in die bediening van hoop.

In gemeenskap met die Woord

DIRK T GEVERS MICHAEL P ROODT UITVOERENDE HOOF, BSA & ONDER- HOOF: KERK- EN GEMEENSKAPS-VOORSITTER, WBG WÊRELDRAAD BETROKKENHEID

Page 6: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

6

Sedert grendeltyd aangekondig is in Suid-Afrika is baie

huishoudings gedompel in erge geldnood en ook kos-

nood. Wapadrant Gemeente wil graag betrokke wees in

ons gemeenskap en op tasbare wyse die hande en voete

van Christus wees in ons gemeenskap en dus het ons

SunRise Community Development Projects (SCDP), 'n

arm van SunRise Road NPC, op die been gebring.

Wapadranters se harte is wawyd oop en stel SCDP in

staat om verskeie gemeenskappe met voedsel- en klere-

hulp te kan bystaan.

Ons het bykans R 60 000 se kontantskenkings ontvang in

‘n tydperk van 8 weke. Ons het oorvloedige kos-

skenkings en tweedehandse klereskenkings ontvang.

Ons het besluit op ‘n paar fokusprojekte, maar ook geen

persoon wat om hulp kom aanklop het, van die hand

gewys nie. Ons poog om volhoubare betrokkenheid te

vestig by die instansies en gesinne waarby ons betrokke

geraak het.

Van die instansies en aksies waarby ons betrokke geraak

het is:

* Ons bring ‘n reuse tweedehande-klereprojek op die

been! Dankie aan Thea Heckroodt en haar GROOT

span vir die harde werk! Dankie ook aan elke

skenking wat inkom!

* Ons ondersteun in samewerking met SA Cares for

Life en Interrobanggemeente asook Cullinan

Gereformeerde Kerk op weeklikse basis 25 gesinne

in Cullinan. Ons help met kos en klere tot einde Junie

waarna ons sal begin fokus op vaardigheidsopleiding

en volhoubare ondersteuning van kosvoorsiening.

* Ons ondersteun in samewerking met “Dynamic

Woman for Children” 50 gesinne in die

Kameelfonteinomgewing op weeklikse basis met kos

en klere tot einde Junie. Ons wil graag na afloop van

Junie betrokke bly by die kinders en hulle gesinne en

sal saam met DWFC ‘n volhoubare plan saam stel.

* Ons kon 3x groot voedselskenkings vanaf Pick ‘n Pay

uitdeel aan Rainbow Christian Fellowship, President

Kruger Kinderhuis, Ebenhaeser-kinderhuis asook

Ouetehuis, inwoners van Danville en ook ‘n aksie van

Helpende Hand.

* Ons het saam met Informal Settlement Forum

/ISF betrokke geraak by die weeklikse "fooddrives"

na Cemetery View-plakkerskamp waar ons in

samewerking met Lewende Woord Pretoria Oos, 750

huishoudings bygestaan het. Die laaste fooddrive

vind plaas op 30 Junie 2020.

* Ons is tans besig om 'n vaardigheidswerkswinkel te

vestig waar 10 persone vanuit die Cemetery View-

gemeenskap hekel- en breivaardighede aangeleer

word met die doel om 'n selfstandige besigheid op

die been te bring. Ons het reeds 3x suksesvolle

sessies gehad met 7 vrouens en 1 man wat weekliks

bywoon.

* Die Wapadrant Winter-kom-breiprojek is 'n reuse

sukses en ons kon al heelwat van die musse en serpe

uitdeel aan lidmate van Rainbow Christian

Fellowship. Tans fokus ons op vingerlose

handskoene en wil ons ook graag teen einde Junie

nog 150 musse, serpe en handskoene kan deel maak

van 'n Children's Breakfast Drive in samewerking met

ISF.

SunRise Community Development Projects

Page 7: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

7

* Wapadrant se “Gee ‘n Bybel, Neem ‘n Bybel” projek

het 200 Bybels beskikbaar gestel wat saam met die

kospakkies uitgedeel kon word. Die gesinne in

Cullinan het elk ‘n Bybel ontvang en die 150 mammas

van Cemetery View sal ook elk ‘n Bybel in hul eie taal

ontvang tydens die Children’s food Drive.

Ons is dankbaar vir die vrywilligers wat elke week kom

kospakkies pak het, kos help uitdeel het en orde

probeer skep het in die bondels klere wat geskenk is!

Ek kan nie help om positief veranderd te wees na

hierdie tyd nie – hoewel ek soms ons gemeenskap se

blinde kolle aanskou het juis in terme van rassisme, het

ek soveel meer die liefde van Christus sien skyn in

hierdie tyd en weet dat Christus in en deur hierdie virus

meer bande help bou het as wat ons ooit kon dink!

Aan God die Eer!

Liefde

Donette

Page 8: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

8

Opsomming:

1) Ons kan met groot dankbaarheid weer getuig van ons Hemelse Vader se seënende hand in hierdie

gemeente. Ten spyte daarvan dat die algemene vooruitsigte/denke tans in SA versigtig en negatief

mag voorkom agv die pandemie, is ons gemeente weer in hierdie tyd geseën met twee eenmalige

skenkings ter waarde van meer as R 150 000, vanuit die gemeente. Dit het daartoe bygedra dat ons

2) Die totale inkomste van R1 036 352 vir Meimaand is R149 322 hoër as begroot.

3) Die totale uitgawes het R815 669 beloop teenoor 'n begrote bedrag van R841 119.

aangewend word vir die Barmhartigheidsbediening en ander soortgelyke uitreikaksies na behoeftige

persone en instansies in hierdie moeilike dae. Die Kerkraad moes die begroting van die

Barmhartigheidsbediening aanpas met oorspanderings van R30 000 per maand vir die res van die jaar,

en kon dit so goedgekeur. Ons is dankbaar dat daar tans nog voldoende fondse vir hierdie doel is. Ons

hoop en vertrou ons sal so kan volhou.

oorspronklike belofte begin agter raak het, se persentasie het gestyg in 2020 van 1.2% tot

amper 11%.

Wapadrant Finansiële Sake

Tot en met einde Mei 2020

Bedryf surplus tot op datum einde Mei. 2020: R 324 699

Page 9: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

9

* Bydraepunt : Getroude man en vrou = 1 bydraepunt

Belydende lidmaat in dieselfde gesin

= bydraepunt

Enkellopende belydende lidmaat =

bydraepunt

** Belydende lidmate

Hou asseblief in gedagte dat, vir die gemeente om

effektief te kan funksioneer, daar finansiële verpligtinge

is wat nagekom moet word. Dit beteken dat finansiële

bydraes vanaf die lidmate ontvang moet word waaruit

die bedryfsuitgawes gedek kan word. ‘n Deel van die

bedryfsuitgawes is o.a. ook ‘n persentasie van die

gemeente se totale inkomstestaat wat aan die

Administratiewe Buro te Potchefstroom oorbetaal

moet word. Meer volledige inligting oor hierdie ramings

kan gesien word by

http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html.

Daarom maak ons staat op elke lidmaat se

dankofferbydraes.

Indien lidmate nie oorbetalings aan die gemeente doen

nie, beteken dit die ander lidmate in die gemeente wat

wel bydraes maak, “borg” die nie-bydraende lidmate,

vir die genoemde uitgawes wat aangegaan moet word.

Moet asseblief nie die genoemde finansiële bydraes

(wat in kerkterme ook ‘n dankoffer genoem word), in

die liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes

gaan nie vir dieselfde doel nie. (Maak asb gebruik van

die dankoffervorm.)

Maniere van afdra van Dankoffer

Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per

internetbank of per aftrekorder by jou eie bank.

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk

Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode

632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as

verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme

inbetaling.)

Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas

kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie

of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se

bankrekening.

Debietorder: Reël met kerkkantoor by

[email protected] of volg hierdie skakel

vir vorm

http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.h

tml

Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:

Snapscan – Vir gerieflike en

vinnige betaling

Gaan na

http://www.wapadrant.co.za/ fi

nansiele-sake.html vir

instruksies

Dankoffer-inligting

Maand Aantal potensiële *bydraepunte

Aantal punte met geen beloofde

bydrae

Aantal punte wat beloof het maar geen

bydrae maak nie

Aantal puntewat agterstallig

isGetroue bydraers

Feb 2020*(1 087 )

**(1 629)

385

35.42%

127

11.68%

58

5.34%

517

47.56%

Maart 2020*(1 087 )

**(1 629)

377

34.68%

115

10.58%

85

7.82%

510

46.92%

April 2020*(1 085 )**(1 618)

37234,29%

10910.05%

1089.95%

49645,71%

Mei2020*(1 084 )**(1 616)

36934,04%

1069,78%

11810,88

49145,3%

BeroepenuusBEROEPE ONTVANG

Ds OJ Struwig (Ockie) van GK Frankfort na GK Totiusdal

Page 10: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

10

Bekendstelling

60 Geloofsgesprekke

Dr Kobus van der Walt

JY IS

MYNEOm te leef in die arms en hart van God

Hierdie geloofsgesprekke het tydens die inperkingstyd as ‘n plaasvervanger vir die weeklikse samekoms

van ons Bybelstudiegroep in Potchefstroom begin. Met die aanmoediging van vriende kon die publisering

van die gesprekke ‘n werklikheid word.

Jy is Myne kan gebruik word vir persoonlike geloofsverryking, vir pastorale begeleiding, as inleiding vir ‘n

gesprek met kleingroep- en Bybelstudiebyeenkomste en vir ‘n huisbesoekgesprek, ook vir ouderlinge – ve-

ral nou waar die saamkom van lidmate nie so maklik is nie.

Die boek van 128 bladsye kos R150 en dit sluit die versending deur koerierdiens in. Dit sal

DV teen 18 Junie 2020 gereed wees vir versending.

U kan die boek op die volgende wyses bestel:1. Bestel die boek aanlyn by www.jyismyne.com

2. Vir ‘n elektroniese oorbetaling, of vir ‘n direkte inbetaling by ‘n bank: stuur asb ‘n epos

na [email protected] met jou naam en van, woonadres en selfoonnommer en ons

stuur vir jou die bankbesonderhede aan. Vir telefoniese navrae skakel 021 000 1705.

Page 11: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

11

Email: [email protected] Website:

www.dwfc.org.za

NPC: 2008 / 027293 / 08

NPO: 182 – 738

Article 18A registered

Gereformeerde Kerk Wapadrant,

Ons Dynamic Women for Children-span staan verstom oor die oorvloedige seën en genade van die Here. Vanaf dag

1 van die grendeltydperk kon ons weekliks vir 40+ gesinne ‘n kospakkie voorsien wat hulle deur elke week kon dra.

Die kospakkies was/is nie net fisiese voedsel nie, maar ook ‘n pakkie vol Hoop om deur die uitdagende tydperk te

kom.

Ons by Dynamic Women for Children is slegs instrumente in die Here se hande, en julle donateurs is ons dryfkrag en

ondersteuning, om ons roeping uit te voer.

Baie dankie vir elke donasie ( voedsel, badbenodighede, Bybels, serpe, musse, finansieel ens.) wat dit vir ons

moontlik gemaak het om elke week ‘n kospakkie vol hoop vir ons gesinne te gee. Baie dankie vir elke gebed en

ondersteuningsboodskap.

Die uitdagende tydperk is nog lank nie verby nie, en ons Sorgsentrum mag steeds nie oopmaak nie, maar ons weet

die Here sal die nodige hulpmiddels voorsien, sodat ons kan voortgaan met ons roeping.

Weereens baie, baie dankie namens Dynamic Women for Children en ons 40+ gesinne

Dynamic-groete,

Marleen van der Walt en Michelle van Biljon

Hartlike Dank!

Datum: 20/05/2020

Ons Kinders sê Dankie!!

Gereformeerde Kerk Wapadrant

Namens die President Kruger Kinderhuis baie dankie vir die allerlei lekkernye vir ons

kinders ontvang. Die kinders het hierdie bederf terdeë geniet! Dankie dat jul ons kinders

se belange op jul harte dra.

Dit is inderdaad 'n voorreg om u opregte omgee vir ons kinders te ervaar.

Met Dank

President Kruger Kinderhuis-personeel en -kinders.

Page 12: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

12

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

Hoewel die grendeltyd ons daarvan mag weerhou

om mekaar te sien, wil ons mekaar steeds

ondersteun en veral vir mekaar bid. Die

Hospitaaldiensgroep wil jou steeds ondersteun in

siekte en hospitalisasie.

Ons ondersteun graag die volgende hospitale en

instansies:

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIE

KINDERBEDIENING

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL)

SENIORS - TUISBESOEK

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE

BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616:ANDER HOSPITALE:(Oos van N1) en (Wes van N1)

[email protected] | (012) 991 5623

Chrisante Hospitaalbediening

Kontak die kerkkantoor

indien jy hospitaal toe

gaan vir enige operasie

of mediese prosedure

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

Page 13: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

13

Hartlike Dank

ANNA WILSONSTRAAT 211

KILNERPARK X 1

0186

Datum: 10 Junie 2020

Gereformeerde Kerk Wapadrant

Per e-pos: [email protected]

Vir aandag: Me D Werkman

Beste Donette

RE: SKENKING VAN KOS EN LEKKERNYE

Hiermee ‘n opregte woord van dank vir die skenking van die oorvloedige kos, koek, brood en ander

bederfies. Ons inwoners het dit werklik geniet en hiermee ook ‘n opregte woord van dank namens hulle.

Die oorvloed was so groot dat ons selfs die skenking verder kon versprei aan Mothhaven-ouetehuis, die

SAVF-ouetehuis asook die Louis Botha-kinderhuis. Dankie ook namens hulle.

Ons wens julle die seën van die Here toe in hierdie ongekende tye en mag ons mekaar met woord en daad

in alles bystaan onder Sy versorgende Vaderhand.

Vriendelike groete

PWW Meijer Bestuurder: Ebenhaeser Tuiste vir Bejaardes

RAAD VAN TRUSTEES: Mnr MA Schalekamp (Voorsitter), Mnr JD Badenhorst (Onder-voorsitter), Mev JA Brits, Mnr NJ Roets, Mnr B van der Merwe, Mnr A Hibbert, Ds FG Lee

Page 14: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

14

Bywoning van erediensteDie Dagbestuur van die Kerkraad wil graag die volgende

oordra:

Ons het begrip daarvoor dat lidmate almal graag na die

normale wil terugkeer. Ons almal hunker na die samesyn

van erediensbywoning en het ook dieselfde gevoel van

verantwoordelikheid teenoor al ons lidmate in hierdie

onseker tye en vreemde

vaarwaters van die wêreld se geskiedenis. Daarom volg

beredenering. Die volgende aspekte is in ons

besluitnemingsproses in ag geneem:

Die regering van die dag hanteer en reguleer hierdie sake

geïmplementeer en afgedwing. Instansies, soos die kerke,

moet hieraan voldoen. Hierby sal ons dus nie verby kan

kom sonder om die wette te oortree en die gevolge van

vervolging te dra nie. Vir hierdie doel is daar amptelike

regulasies uitgevaardig deur die regering (gepubliseer in

die Staatskoerant op 28 Mei 2020) waaraan ons moet

voldoen.

As gemeente, kan ons wel tans aan al hierdie regulasies

voldoen. Ons grootste uitdaging is op bl.4

punt 4c wat stel dat ‘n maksimum van 50 persone

uit meer as 2000 lidmate saamgestel is, is dit ‘n uitdaging

om te bepaal wie ons gaan toelaat en wie ons moet

weglaat. Aangesien die funksionarisse (wat uitsendings

moontlik maak) reeds 15 spasies opneem, laat dit ons met

stel en eerder te probeer red:

virus. Wat wel alombekend is, is dat dit oorgedra word

deur persoonlike kontak met ander mense wat sekere

ruimtes, spasies en toerusting deel. Alhoewel elkeen tans

veronderstel is om hierdie saak met persoonlike dissipline

en verantwoordelikheid te hanteer en toe te sien dat daar

gehou word by die voorsorgmaatreëls, is daar geen

waarborg dat sodanige maatreëls die virus 100% sou keer

nie. Ons weet nog minder waaraan elkeen reeds

blootgestel was.

Dus is die saambring van mense wat nie reeds dieselfde

met die gevolg dat dit selfs tot iemand se dood kan en

mag lei. A.g.v. hierdie onsekerhede en die gevolglike

etiese vraagstuk waarmee ons ook gekonfronteer word,

maar ook vanuit die liefde en omgee vir die welstand van

ons lidmate en mense se lewens, moes ons dié besluit

die lewensrisiko’s nog bestaan, ons nie ons lidmate

onnodig hieraan wil en moet blootstel nie.

Veral ons liefde en omgee vir ons senior lidmate noop ons

om hul veiligheid en gesondheid voorop te stel aangesien

wêreldwye statistieke toon dat ouer mense die

vatbaarste is en die risiko loop om erger komplikasies op

lei. Die huidige,

plaaslike statistiek toon dat die virus nog nie onder

beheer gebring kon word in ons land nie. As ons na die

stygende syfers tans in SA kyk, is die risiko nog nie verby

nie en het die kurwe nog nie afgeplat nie. Ons het dus as

teenoor ons eie gemeenskap om by te dra tot hierdie

verdere hantering en versigtige bestuur hiervan.

3. Alternatiewe benaderings wat ook gevolg sou kon word:Ons is bewus daarvan dat daar tans wel lidmate is wat,

enige van ons digitale erediensuitsendings nie. Ons sou

hulle seker dus ook eerste wou akkommodeer. Daar is

om op 'n Sondagoggend tydens die regstreekse uitsending

van ons erediens, dit moontlik te maak vir lidmate om by

die kerkterrein in hulle motor na die uitsending op hulle

motorradio te kan luister.

gemeente om te bepaal hoeveel lidmate ten spyte van

die risiko’s steeds eerder die erediens wil bywoon. Indien

dit nie te veel is nie, bestaan

die moontlikheid dat hulle wel in die oggende die

erediens kan bywoon of dan beurte kan maak met

ander lidmate wat dit graag sal wil doen. In ag genome

dat dit tans nog onbekend is en gegewe die grootte van

die poel waaruit hierdie keuse gemaak sal moet word, kan

dit ook lei tot onrealistiese verwagtinge waaraan ons nie

sal kan uitvoering gee nie, met gevolglike en moontlike

teleurstelling en konflik as uitkoms.

Die beperking wat wel nog staan is dat daar nie enige

sosialisering voor of na die eredienste toegelaat mag

word nie.

Hiermee hoop en vertrou ons dat ons meer begrip en die

beredenering van die Kerkraad kon oordra.

Page 15: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

15

Wapadrantlidmate se verjaarsdae is

beskikbaar op die webblad. Besoek http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html

INSAKE SUSTERSAAMTREK MAART 2021

In die lig van die onsekerheid wat op hierdie

stadium ervaar word vanweë die Covid-19

pandemie het die saamtrekkoördineerder in

oorleg met die Redaksie van die Vroueblad,

besluit om die Sustersaamtrek wat vir 6 Maart

2021 beplan was, na Maart 2022 te verskuif.

Twee - twee...Gen. 7: 15 -16 “Van al wat leef, het daar

pare-pare na Noag toe in die ark gekom.

Hulle het ingekom, manlik en vroulik,

soos God vir Noag gesê het. En toe het

die Here die ark agter Noag toegesluit.“

Kan jy die versteekte prentjies kry?

Bybel

Voëlhok

Been

Noag

Reenboog

Druppel

Page 16: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

16

Wapadrant KlerebankDit is koud.

Die wintersonnetjie steek lui kop uit en kruip vroeg reeds agter die berge in. Die wete dat iemand êrens in die koue

sit, het Wapadranters se harte oopgemaak om die warmte van Christus-liefde uit te deel.

Klere, skoene, linne en selfs ander toebehore het kerk toe gestroom waar vlytige vingers gesorteer, uitgepak en

reggepak het. Klere het die hele kerksaal en konsistorie vol gestaan - reg om uitgedeel te word. Versoeke uit vele

oorde is ontvang en klerepakkies is dienooreenkomstig opgemaak. Hande is geneem met individue, organisasies en

ander gemeentes en teen middel Junie was die voorraad (veral kinderklere) byna uitgeput.

Intussen het die Wapadrant-klerebank sy tydelike huisvesting verlaat en het gaan nesskrop by Louis en Alida Jooste

se wassery in die Faeriedalesentrum.

Die vraag na warm klere is egter steeds groot. Moet dus nie skroom om jou heel, voorheen-geliefde-uitrusting op ‘n

Dinsdag- of Donderdagoggend tussen 09:00 - 12:00 kerk toe te bring nie. Daar is êrens iemand wat dit nuttig kan ge-

bruik.

Dankie aan elkeen wat bygedra het. Ons ontvang steeds graag klere maar vir skoene, juweliersware en stukkende

parifinalië (bv. gordels en beursies) kan u liefs ‘n ander tuiste vind.

Thea Heckroodt 082-220-8439 [email protected]

Ilda van der Merwe 076 639 8454 [email protected]

Page 17: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

17

Pastorale Sentrum

Vorster Combrink: | 082 872 9725 | [email protected]

BYBELSE BERADING

Bybelse Berading rus gelowiges toe om Bybelse dinamieke van verandering

in hul eie lewens en die lewens

van ander te verstaan en toe te pas

Kursus 1 - aanlyn opleiding!- afstandsonderrigkursus -- weeklikse aanlynsessies -

1ste AanlynsessieDinsdag, 04 Aug 2020

18h00 – 19h00

Kontak Marietjie Bezuidenhoud 084 501 1102

[email protected]

www.abbo.org.za

VERLIEF, SAAM, VERLOOF, TROUPLANNE?

HUWELIKSVOORBEREIDING

Maandae 19:00 – 21:00 in KAPEL of AANLYN

20 Jul – 14 Sep 2020

Tuisbybelstudie

Persoonlikheidstoetse

Pare- & groepsbesprekings

Bespreek by Vorster Combrink: 082 872 9725

Pastorale Sentrum Wapadrant

PASTORALE SENTRUM

Jou seerkry en swaarkry

is ‘n groei-geleentheid.

Die Pastorale Sentrum

wil jou graag hiermee help!

Skakel

082 872 9725

Page 18: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

18

“ONGEGRENDEL“Internetkonsert

17 JULIE 2020 @ 19:00

Wapadrant Gemeente neem deel aan ‘n fondsinsame-

lingsprojek geloods deur die Gereformeerde Kerk Pretoria

Brooklyn DV 17 Julie 2020. Dié konsert word aangebied

met Joshua na die Reën as hoofkunstenaar. Dit konsert

nternetkonsert, en die program bevat

Koop jou kaartjie so:

* Besoek https://go.raindust.co/store/gkwpr* Kies Wapadrant Gemeente (sodat òns Gemeente die

inkomste kry).

* Nou word jy herlei na die kaartjiekantoor.

* Elke kaartjiehouer registreer en skep ‘n gebruikernaam

en wagwoord om op die dag van die konsert te gebruik

om die aanlynvertoning te ontsluit. Gebruik ‘n slimfoon,

tablet, rekenaar of TV wat dmv ‘n HDMI-kabel aan die

rekenaar gekoppel is.

* Kies hoeveel kaartjies jy wil koop, en teen watter prys.

Die rigprys is R75 per kaartjie. Daar is ook ‘n opsie om bv.

vir elke lid van die gesin wat die vertoning kyk, ‘n kaartjie

te koop. ‘n Donasie kan gemaak word deur bloot meer

kaartjies te koop.

* Elke kaartjie is vir 5 dae geldig en die vertoning kan weer

en weer gekyk word gedurende die 5-dae-tydperk.

* Kaartjies kan na die vertoning steeds gekoop word tot en

met 23:59 op 20 Julie 2020.

* Betaal jou kaartjie met ‘n kredietkaart (mastercard of

Visa) of met ‘n elektroniese fondsoorplasing (EFT) op die

portaal. Kaartjies kan nie met debietkaarte betaal word

nie.

* Nadat jy die kaartjie(s) gekoop en betaal het, kry jy ‘n

e-pos ter bevestiging van die transaksie, asook ‘n skakel

wat op die dag van die vertoning gebruik word om weer

aan te teken en sodoende die finale skakel na die

vertoning toe te ontvang.

Hou 17 Julie oop - Dit beloof om ‘n ongelooflike lekker

aand te wees!

Joshua na die Reën (afgekort tot JNDR) is die verhoog-

naam van die Afrikaanse liedjeskrywer en musikant

Jacques de Villiers van Pretoria, Gauteng. Joshua na

die Reën tree saam met ander musikante en soms ook

solo op.

Jacques de Villiers het op 'n plaas in die Walkerville-

omgewing tussen Johannesburg en Parys grootge-

word en in 2010 aan die Tshwane Universiteit van

Tegnologie die topprys vir Jazz behaal. Na sy studies

het hy vir Jak de Priester op klavier begelei en ook vir

Bobby van Jaarsveld.

Afhangende van die situasie is reën vir

sommiges ‘n positiewe en vir ander ‘n negatiewe

natuurverskynsel, maar dié wat daardeur geraak word

besef dat dit lewe bring, al is dit wat daaruit voort-

spruit nie dadelik sigbaar nie.” — Joshua na die Reën

Die naam "Joshua na die Reën" verwys na 'n uit-

sonderlike band met die natuur, asook die temas van

eerlikheid en hoop

Hy wen in 2014 twee Ghoemas vir beste nuweling en

beste Afrikaanse kontemporêre album vir Joshua na

die Reën,[9] en in 2017 'n SAMA-prys vir die beste

kontemporêre musiekalbum vir Die wêreld binne my.

[email protected] | (012) 991 1395

Page 19: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

19

Page 20: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

20

HerwinningHerwinningHerwinningHerwinning

Wapadrant se herwinning is volstoom aan die gang. Die herwinningsarea (net links van die ingang na die kerkterrein)

is ingerig en gemerk. Enige van die volgende kan nou veilig herwin word:

Glas, karton, papier, skoon blikkies, gekleurde plastiekbottels, plastiekmelkbottels,

deurskynende plastiekbottels sowel as elektroniese afval.

Page 21: W a p a d r a n t G e m e e n t e Maand - Krant · Maand - Krant Plastieksak W a p a d r a n t G e m e e n t e J u l i e 2 0 2 0. 2 Kom meer te wete: Tiddo Voogt 0828927748 Cor Meindertsma

21

Die ovale raamDie ovale raamDie ovale raamDie ovale raamDaar hang in ons sit-eetkamer-kombuis-eenheid ‘n pragtige

foto van my ma. Ek dink sy was nog net nie getroud nie.

So mooi het ek haar nie geken nie …

Dis ‘n ovale foto, gemaak deur die stad Groningen se

(bekende) fotograaf: Blöte.

‘n Hele aantal jare gelede was ek in Groningen. My suster

Didy het toe ‘n familie-en-vriende reünie gereel in die

Familiehotel aan die Paterswoldse meer, ‘n uitgelese plek

vir so ‘n geleentheid. Die datum was 21 Junie, my ma se

verjaarsdag op die langste dag in die jaar. En so waar, daar

kom Freerk en Lieke met elk ‘n groot rol karton onder hul

arm. Freerk se verrassende woorde was: “Ik dacht dat

tante Ceike ook hierbij hoort”. En daar stal hulle twee

tamaai groot ovale foto’s van my ma sommer tussen ons

uit. “Tante Ceike” is my ma en dis die bekende foto van

Blöte, vergroot, vergroot …

Dit was ‘n hele toer om ‘n ovale raam te kry vir die foto. Ek

gaan uitvind by ‘n uitgelese raamplek, Optimum Frames,

langs die Karoo Café, Lynnwoodweg.

Die dame verduidelik dat ovale rame nêrens meer te koop

is nie. Ek kan gaan soek by tweedehandse plekke …

Omsteeks dieselfde tyd hoor ek dat my suster Didy oorlede

is. Ons besluit toe om na Groningen te gaan sodat ons die

herinneringsdiens en begrafnis kan bywoon.

Gedurende die week na Didy se begrafnis sit ek my soektog

voort. Ek vra my neef Freerk om my te help. Hy kan in die

stad of op die platteland van Groningen ‘n ovale raam vir

my “opspoor”. Blykbaar, so vertel Freerk, is daar ook in

Holland nie meer sulke outydse rame te koop nie.

En so waar, Freerk het ‘n oplossing. Hy bring ons na ‘n

dorp in die Noorde van die provinsie Uithuizermeeden.

Freerk ken die dorp, want hy het ‘n leeftyd as Konservator

op die Menkemaborg in die dorp gewerk.

Op Uithuizermeeden woon ‘n opkoper van tweedehandse

“goed”. Sy ateljee is ‘n boerdery met twee grasdakskure

met deure na aan die straat. Hy was reeds deur Freerk

telefonies ingelig oor my soektog. Hulle het mekaar

(goed) geken. Die opkoper bied my toe ‘n keuse

uit twee ovale rame aan. Ek kies

spontaan die

mahoniehout-raam met nog ‘n spieël daarin. Hy beveel

aan om die spieël uit te haal: “Te swaar om mee te neem

op die vliegtuig”. Ek stem saam en dink toe direk: die

spieël kan hy more net so verkoop…

Glo my, die twee skure was propvol met rommel en mooi

goed uit die ou dae. Ek sien toe ‘n pragtige plateelbord…

Die opkoper het die raam toe baie sorgvuldig verpak, sodat

ek dit netso as handbagasie kon saampiekel op die KLM-

vliegtuig huistoe.

Ek onthou nog dat ons die raam na 6 uur in die namiddag

kon kry. Om die tyd te verwyl, het ons by die

Menkemaborg ‘n drankie gaan drink en bitterballen geëet.

Die toegedraaide pakkie het aan die buitekant van die

skuur gestaan, die meneer is toe al huiswaarts, niemand

het die pakkie vir hulle self toegeëien nie.

Toe ons terug in Pretoria die foto laat vergroot by “die

Sjinees” het Wim per abuis die mahonieraam bo-op die

motor se dak gesit om die motor oop te sluit. Ons ry ‘n

kort entjie, stop vir ‘n stoplig, wag dat dit moet groen

word… Iemand tik aan Wim se kant op die venster, ‘n

blanke vrou met ‘n dogtertjie wat staan en bedel … Sy wys

die houtraam aan ons … Ons parkeer die motor en

oorhandig ‘n geldjie aan haar. Dit was met groot

dankbaarheid en erkentelikheid …

Toe kom ons met die foto en die raam terug by die

Optimum Frames. Na enkele dae kon ons die unieke foto

van my ma in al haar glorie op ‘n prominente plek in ons

aftreehuis in Wilgers Aftree-oord nr.80 hang.

Ceike Hekma-Veldman

(1900-1991).

~ Fenna Klooster