6
GRAAD 10: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF VRAE- STEL AFDELING PUNTE TYD 3. Skryf A. Opstelle Skryf EEN opstel (verhalend/beskrywend/ bepeinsend/ beredenerend/ verklarend/ betogend) Lengte: Gr 10: 150 – 200 woorde Gr 11: 200 – 250 woorde Gr 12: 250 – 300 woorde (50 ) 10 0 Gr 10: 2 uur Gr 11 en 12: 2 ½ uur

Waarom lees ’n mens ’n storie meer ... - MRS NIMMO's Siteannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/ops…  · Web view“Mense wat waiters word, ... In jou storie kan

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Waarom lees ’n mens ’n storie meer ... - MRS NIMMO's Siteannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/ops…  · Web view“Mense wat waiters word, ... In jou storie kan

GRAAD 10: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVRAESTEL 3: SKRYF

VRAE-STEL

AFDELING PUNTE TYD3.

Skr

yf

A. OpstelleSkryf EEN opstel(verhalend/beskrywend/ bepeinsend/ beredenerend/ verklarend/ betogend)

Lengte: Gr 10: 150 – 200 woorde Gr 11: 200 – 250 woorde Gr 12: 250 – 300 woorde

(50) 100 Gr 10:2 uur

Gr 11 en 12:2 ½ uur

B. Langer transaksionele tekste Skryf EEN stuk

(Curriculum vitae/ hoofartikel /brosjures/ geskrewe onderhoud / dialoog / formele en informele briewe aan die pers/ formele briewe: aansoekbriewe, versoeke, simpatie, uitnodigings, bedanking, gelukwensing en sakebriewe/vriendskaplike briewe / tydskrifartikels en -kolomme/ memoranda/ notule en agenda / koerantberig/ huldeblyke/ formele en informele verslag / resensie / geskrewe formele of informele toespraak)

Lengte van inhoud (Gr 10, 11 en 12): 120 – 150 woorde

(30)

C. Korter tekste (Transaksioneel / Verwysings / Inligting)Skryf EEN stuk

(Advertensie / dagboekinskrywing /poskaart / instruksies / brosjure .plakkaat / pamflet / aanwysings / invul van vorms

Lengte (Gr 10, 11 en 12): 80 – 100 woorde

(20)

AFD ELING A

Page 2: Waarom lees ’n mens ’n storie meer ... - MRS NIMMO's Siteannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/ops…  · Web view“Mense wat waiters word, ... In jou storie kan

DIE OPSTEL

1. Wie gaan jou storie vertel? Jy as tiener, ’n bejaarde persoon of dalk ’n graaddrietjie.

2. Met die inleiding wil jy die leser wen. ’n Kort sinnetjie, alleen in ’n paragraaf, trek altyd die aandag. Die inleiding moet dus nié ’n lang verduideliking wees nie.

3. Dink dadelik aan die slot of einde van jou storie. Kyk of jy heel aan die einde ’n kinkel kan invoeg, of ’n antiklimaks. Laat die leser na die tyd wonder …Die slot moet dus nie te veel verduidelik nie. Laat sekere dinge aan jou leser se verbeelding oor.

4. Kies as agtergrond of ruimte ’n plek en die soort mense wat jy baie goed ken. (Ook belangrik as jy die Beskrywende skryfstuk kies.)

Dan kan jy die fyner besonderhede beskryf: die klein dingetjies wat jy sien, voel en ruik.

Waarom lees ’n mens ’n storie meer as een keer? Nie oor die storie of intrige nie. Dis die detail wat maak dat jy die storie weer en weer wil lees. Dit is die speserye wat die gereg iets besonders maak.

5. Moenie beskryf nie; wys eerder! As ’n mens ’n storie lees, is jy geneig om die lang beskrywings oor te slaan. Vermy dit dus in jou eie skryfwerk.

’n Karakter se voorkoms (kleur oë, golwende, donker hare en slanke lyfie) is nie werklik belangrik nie; jou leser sal eerder belangstel in haar eienaardige gewoontes of sêgoed. Goeie skryfwerk gaan nie oor belangrike, dramatiese gebeure nie. As jy fyn waarneem en die besonderhede eerlik beskryf - soos jy dit raaksien - sal jou storie of beskrywing outentiek en eg wees. Wees wakker, nuuskierig oor en sensitief vir alles en almal om jou.

6. Gebruik dialoog.Laat jou karakters met mekaar praat. As jy dialoog gebruik, móét dit korrek wees met aanhalingstekens wat die woorde omsluit. Elke persoon se woorde staan alléén in ’n paragraaf, al is dit ook net om te sê: “Ja, dis waar.”

Vergelyk die volgende:“Mense wat waiters word, is mal.” Zanelle plak haar op ‘n stoel in die

kombuis neer en vee haar donker krulhare agter haar ore in. “As ek geweet het waarvoor ons ons inlaat, het ek voorgestel dat ons liewer die hele vakansie babas oppas of toilette skrop of …”

Ek kan nie help om te lag nie. Zanelle lyk vrek snaaks.

“Wat lag jy, Anja de Wet?”

“Ek ken niemand aan hierdie kant van die ewenaar wat so kan oordryf soos jy nie.”

Die inleiding van Ouens is nie pizzas nie van Jaco Jacobs.7. Gebruik soms kort sinne en paragrawe.

Page 3: Waarom lees ’n mens ’n storie meer ... - MRS NIMMO's Siteannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/ops…  · Web view“Mense wat waiters word, ... In jou storie kan

Dalk net een kort sinnetjie of selfs net een woord alleen in ’n paragraaf. Die woorde word daardeur uitgehef en beklemtoon en so ‘n skryfstuk lees ook baie makliker. Moet dit natuurlik nie oordoen nie - dan lyk jou verhaal later soos ’n gedig!

8. Gebruik tydspronge as jou storie oor ’n redelike lang tydperk afspeel.In jou storie kan jy dit aandui deur middel van twee of selfs drie oop reëls, gevolg deur drie asteriske, mooi gespasieer in die volgende reël, en dan weer twee of drie oop reëls. Dit skakel lang verduidelikings uit.

* * *So ’n tydsprong kan die verhaal natuurlik ook terug in die tyd verplaas.

Onthou ook ...

1. Moenie in HOOFLETTERS SKRYF NIE. Dit lees moeilik én dan begaan jy eintlik spelfoute van die begin af.

2. Die heel grootste fout wat baie leerders maak, is die paragrafering – of liewer die gebrek aan paragrawe. Alles word aanmekaar geskryf, van die begin tot die einde. Jy gaan baie punte verloor as jy nié in paragrawe skryf nie.

3. Moenie oor die volgende skryf nie - al weet jy ook baie daarvan en al het jy sterk oortuigings daaroor:

seks (Dit kan lyk na swak smaak.) politiek (Die nasiener stem dalk nie met jou saam nie.) godsdiens (Dit kan skynheilig klink vir iemand wat jou nie ken nie.)

4. Skryf in gewone Afrikaans Moenie hoogdrawend en omslagtig skryf en so ’n indruk probeer maak nie. Dit werk

nooit nie! ’n Sterk werkwoord sê baie meer as beskrywende woorde: Nie: “Hy eet sy kos

vinnig/stadig/tydsaam” nie. Liewer: “Hy slurp / slobber / wurg / peusel / knibbel ...”

5. Moenie Engelse woorde of sleng gebruik nie.Nie eens met ’n cliché vooraan, bv., “Soos die Engelsman sê ...” nie. As jou karakter Engelse woorde móét gebruik om oortuigend te klink, onder-streep dan dié woorde. (As dit in druk is, is sulke woorde gewoonlik in skuins-druk.)Sleng of Engfrikaans kan dus net gebruik word as dit pas by ’n sekere karakter se persoonlikheid en moet beslis nie gebruik word as verskoning vir slordige stelwyse nie. Woorde soos actually, stunning en amazing is in Engels óók oorbekend en afgesaagd.

6. Moet ook nie skryf, “Soos die ou spreek-woord sê...” nie. Gewoonlik bestaan daar nie so ’n spreekwoord nie en boon-op ken die nasiener die meeste “ou spreekwoorde”.) Haal liewer jou oupa aan - dit sal baie interessanter wees.

7. Die algemene indruk van jou skryfstuk is baie belangrik

Die vorm moet korrek wees.

Laat reëls oop tussen paragrawe. Hoe lyk jou skryfstuk vir die leser? ’n Mens sal liewer ’n skryfstuk lees met kort paragrawe en met dialoog as ’n aaneengeskrewe stuk.

Page 4: Waarom lees ’n mens ’n storie meer ... - MRS NIMMO's Siteannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/ops…  · Web view“Mense wat waiters word, ... In jou storie kan

Skryf netjies en veral baie, baie lees-baar. (Alle eksaminatore stem saam: relatief hoër punte word toegeken aan werk wat maklik leesbaar is.)

Dink dus aan die geheelbeeld van jou skryfstuk. ’n Getikte storie is mooi onder mekaar, met oop stroke (“kant-lyne” links en regs. Laat jou bladsy ook so lyk.

8. Skryf die soort opstel wat jy self sal wil lees.

9. Hou by die vereiste aantal woorde wat aangedui word. Tel voor die eksamen hoeveel woorde jy naastenby op ‘n bladsy skryf, dan het jy ’n aanduiding hoe lank jy mag skryf.

10. Proeflees jou skryfwerk deur dit stadig te fluisterlees voor jy dit ingee.

11. Geniet dit!