16
25 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 67 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] NUUS Rokers op kampus oortree OOREENKOMS BEREIK: “‘n Goeie boer is ’n dooie boer” WATERKRISIS Studente bad in Calfyn WATERKRISIS Studente bad in Calfyn 22 22 26 2 3 7 MAART 2013 / VOL 4 LEES JOU KAMPUS INTERNETPROBLEME ‘Studente meer ingelig as ons’ - dosent Tweedejaars word ingelyf Hombré en Ratau seniors getug HANNES KRUGER A ltesaam 48 seniorstudente van Ratau- en Hombré- manskoshuise op die NWU- Pukkampus is tydens dissiplinêre verhore aangekla van ontoelaat- bare praktyke ná hulle tweede- jaarstudente glo tydens ganginly- wingsaksies geslaan het. 35 seniors van Ratau Lebone is skuldig bevind aan dié praktyk en almal het ’n twee jaar skorsing opgeskort vir drie jaar, ontvang. Indien hulle weer aan ’n soortge- lyke oortreding skuldig bevind word, sal hulle skorsing uit enige NWU-behuising op enige van die NWU se drie kampusse in wer- king tree. Elk het boetes wat wissel van R500 tot R1000 ontvang. Een van die seniors in Ratau se saak sal later aangehoor word. In Hombré is 12 seniors waar- onder twee HK-lede is, ook aangekla ná hulle tweedejaars glo met krieketkolwe tydens ’n gangaksie geslaan het. Wapad het verneem dat die Brutus-gang se tweedejaars glo ongeveer vier keer met ’n pyp geslaan is. Tien van die 12 is vir twee jaar uit die koshuis geskors, opgeskort vir drie jaar. Die HK-lede het elk ’n boete van R800 ontvang en die seniors ’n boete van R500. Twee van die seniors se verhore is uit- gestel. Volgens die primarius van Ratau Lebone Francois Naudé, het die universiteit bewus geraak van die ontoelaatbare praktyk na een van die studente dit op sy Facebook as sy status-boodskap geplaas het. Hy het gesê al die studente het hulle volle samewer- king met die ondersoek gegee en skuld op die aanklagte erken. “Die studente besef nou dat hulle optrede aanranding is. Ek sal graag ander koshuise raad gee en vra dat hulle hul aksies en tradisies moet heroorweeg, want die risiko dat iets kan skeefloop is té groot. Studente moet besef dat hulle gedrag baie groter gevolge vir hulle kan inhou.” Die studentedekaan prof. Rikus Fick, het gesê elke koshuis leef hulle tradisies uit soos dit deur die Studenteraad (SR) goedgekeur is. Wanneer daarvan afgewyk word en ons bewus word van sulke wan- praktyke, word daar onmiddellik opgetree. Veral as daar mensereg- tevergrype is, tree die dissiplinêre proses dadelik in werking. “Die huisouers of myself oor- deel of die saak ernstig genoeg is om deur die dissiplinêre kantoor behoort hanteer te word. Indien dit die geval is, word dit grondig ondersoek, klagtes word voorberei en ’n dissiplinêre verhoor vind plaas. “Omdat ons ’n opvoedkundige instelling is, is verhore en sank- sies nie bloot ’n manier om die studente te straf nie. Dit is ook belangrik dat hulle in die proses begelei word om tot die insig van skuld gevolge te kom. “Dit was ook die geval in die ver- hore wat onlangs plaasgevind het. Ons is meer as tevrede dat die skul- diges insig het in hulle optrede en dat die nodige maatreëls getref is dat sulke praktyke nie net gestaak word nie, maar dat daar op ’n oor- spronklike manier aan nuwe, op- bouende tradisies gewerk word.” Die hoofingange van beide Ratau Lebone en Hombré. Dit is die tweede keer in ’n tydperk van minder as 8 maande wat Hombré se ingang op ’n Wapad-voorblad verskyn vir tugsake. FOTO’S: ANNEKE DU TOIT Die studente besef nou dat hulle optrede aanranding is. Ek sal graag ander koshuise raad gee en vra dat hulle hul aksies en tradisies moet heroorweeg, want die risiko dat iets kan skeefloop is té groot SMS 31750 Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan NUUS.INTERAKTIEF

Wapad - 7 Maart 2013

  • Upload
    wapad

  • View
    315

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

48 seniors getug vir inlywing. Internetprobleme. Monster in Potch. Waterkrisis.

Citation preview

Page 1: Wapad - 7 Maart 2013

25

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 67 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

NUUSRokers op kampus oortree

OOREENKOMS BEREIK: “‘n Goeie boer is ’n dooie boer”

WATERKRISISStudente bad in Calfyn

WATERKRISISStudente bad in Calfyn

2222

26

23

7 MAART 2013 / VOL 4LEES JOU KAMPUS

INTERNETPROBLEME‘Studente meer ingelig as ons’ - dosent

Tweedejaars word ingelyf

Hombré en Ratau seniors getugHANNES KRUGER

Altesaam 48 seniorstudente van Ratau- en Hombré-manskoshuise op die NWU-

Pukkampus is tydens dissiplinêre verhore aangekla van ontoelaat-bare praktyke ná hulle tweede-jaarstudente glo tydens ganginly-wingsaksies geslaan het.

35 seniors van Ratau Lebone is skuldig bevind aan dié praktyk en almal het ’n twee jaar skorsing opgeskort vir drie jaar, ontvang. Indien hulle weer aan ’n soortge-lyke oortreding skuldig bevind word, sal hulle skorsing uit enige NWU-behuising op enige van die NWU se drie kampusse in wer- king tree.

Elk het boetes wat wissel van R500 tot R1000 ontvang. Een van die seniors in Ratau se saak sal later aangehoor word.

In Hombré is 12 seniors waar-onder twee HK-lede is, ook aangekla ná hulle tweedejaars glo met krieketkolwe tydens ’n gangaksie geslaan het. Wapad het verneem dat die Brutus-gang se tweedejaars glo ongeveer vier keer met ’n pyp geslaan is.

Tien van die 12 is vir twee jaar uit die koshuis geskors, opgeskort vir drie jaar. Die HK-lede het elk ’n boete van R800 ontvang en die seniors ’n boete van R500. Twee van die seniors se verhore is uit-gestel.

Volgens die primarius van Ratau Lebone Francois Naudé, het die universiteit bewus geraak van die ontoelaatbare praktyk na een van die studente dit op sy

Facebook as sy status-boodskap geplaas het. Hy het gesê al die studente het hulle volle samewer- king met die ondersoek gegee en skuld op die aanklagte erken.

“Die studente besef nou dat hulle optrede aanranding is. Ek sal graag ander koshuise raad gee en vra dat hulle hul aksies en tradisies moet heroorweeg, want die risiko dat iets kan skeefloop is té groot. Studente moet besef dat

hulle gedrag baie groter gevolge vir hulle kan inhou.”

Die studentedekaan prof. Rikus Fick, het gesê elke koshuis leef hulle tradisies uit soos dit deur die Studenteraad (SR) goedgekeur is. Wanneer daarvan afgewyk word en ons bewus word van sulke wan-praktyke, word daar onmiddellik opgetree. Veral as daar mensereg-tevergrype is, tree die dissiplinêre proses dadelik in werking.

“Die huisouers of myself oor-deel of die saak ernstig genoeg is om deur die dissiplinêre kantoor behoort hanteer te word. Indien dit die geval is, word dit grondig ondersoek, klagtes word voorberei en ’n dissiplinêre verhoor vind plaas.

“Omdat ons ’n opvoedkundige instelling is, is verhore en sank-sies nie bloot ’n manier om die studente te straf nie. Dit is ook

belangrik dat hulle in die proses begelei word om tot die insig van skuld gevolge te kom.

“Dit was ook die geval in die ver-hore wat onlangs plaasgevind het. Ons is meer as tevrede dat die skul-diges insig het in hulle optrede en dat die nodige maatreëls getref is dat sulke praktyke nie net gestaak word nie, maar dat daar op ’n oor-spronklike manier aan nuwe, op-bouende tradisies gewerk word.”

Die hoofingange van beide Ratau Lebone en Hombré. Dit is die tweede keer in ’n tydperk van minder as 8 maande wat Hombré se ingang op ’n Wapad-voorblad verskyn vir tugsake. FOTO’S: ANNEKE DU TOIT

Die studente besef nou dat hulle optrede aanranding is. Ek sal graag ander koshuise raad gee en vra dat hulle hul aksies en tradisies moet heroorweeg, want die risiko dat iets kan skeefloop is té groot

SMS 31750 Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad

Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan

NUUS.INTERAKTIEF

Page 2: Wapad - 7 Maart 2013

NUUS/NEWS 2 | 7 MAART 2013

HILETTE WENTZEL

Die NWU-Pukkampus was verlede week sonder water gelaat ná die stad se reservoirs leeggeloop het. Inwoning en voedseldien-ste (IVD) in samewerking met beskermings- en tegniese dienste het koshuise met houers verskaf en daagliks opgevul vir die spoel van toilette.

Liezel van der Walt instand-houdings huiskomitee-lid (HK) van Karlien-dameskoshuis, sê dat inwoners slegs die grondvloer en eerste verdieping se toilette mag gebruik. Die eerste verdieping se baddens is vol water getap om die toilette mee te spoel.

Nietemin het studente en kos- huise inisiatief geneem en elke aand ’n skoon asem gehad.

’n Inwoningsbeampte wat ver-kies om anoniem te bly sê dat sy die inwoners versoek het om die water spaarsamig te gebruik “maar ek kan nie vir ’n student sê om nie te stort nie” voeg sy by.

Patria-manskoshuis was van Sondag af sonder water. Die HK het egter stappe geneem en ’n tenk voor die koshuis opgesit waar die inwoners skoon drink-water kon kry.

Die gang Shibumi in Veritas-manskoshuis het tydens gangver-gadering besluit om op Dinsdag 26 Februarie 2013 in die Calvyn te gaan bad. Dié besluit was nie net omdat die inwoners kwaad was nie, maar ook omdat die ouens be-gin stink het.

“Ons wou regtig net iewers gaan skoon kom het,” sê NW Ligthelm inwoner van Shibumi. Die manne het met shampoo, seep en rubber-eendjies die Calvyn in-gevaar.

Op Woensdag 27 Februarie 2013 het die NWU-Puk kennis ontvang dat die waterkrisis nóg langer gaan duur en dat die toevoer-krane na die kampus toegedraai sou word. Dus sou geen water die kampus meer bereik nie. Volgens die Tlokwe-stadsraad se media-verklaring op 27 Februarie 2013 het die reservoirs langer gevat om vol te word as gevolg van die hit-tegolf wat Potchefstroom ervaar het.

Daarom het die NWU-Puk-bestuur saam met sy uitvoerende

LUZANNE KEYTER

Koshuise en Akademiese Studente Verenigings (ASV’s) het Lover’s Lane en die res van kampus oor-geneem vir die jaarlikse Blikkies-kosdag op 28 Februarie 2013. Die Studenteraad (SR) se SJGD-afde- ling het meer blikkies as wat enige iemand moontlik sou kon dink probeer insamel. Dié jaar het kam-pus nie teleurgestel nie.

’n Volle 27 150 blikkies met ’n beraamde waarde van R325 800 is deur die 28 koshuise ingesamel wat elk ’n stalletjie met ’n eko-kombuis -tema met die blikkies moes bou. Enige onbederfbare voedsel soos blikkieskos, 2 min noodles, pas-tas, boksmelk, sop en meel kon geskenk word tydens hierdie lief-dadigheidsaksie. Talle koshuise en ASV’s het ook water begin insamel as gevolg van die waterkrisis wat Potchefstroom en die omliggende omgewing geruk het. Van die stal-letjies het selfs hondekos ingesa-mel wat aan die DBV geskenk sal word.

Noudat die blikkies ingesamel is, wat word daarvan? Volgens Juaan Taute SR:SJGD, word al die kos wat ingesamel is deur koshuise en ASV’s met vaste projekte aan hulle terugbesorg. Daar word dan binne die koshuis of ASV self besluit hoe en wanneer die blikkies versprei sal word. Die kos is veronderstel om stelselmatig aan die projek geskenk te word sodat dit by die regte behoeftiges uitkom. Onge-lukkig gebeur dit dat sommige koshuise en ASV’s alle blikkies op een dag na ’n projek toe neem en dit dan binne drie weke verdwyn.

Taute het erken dat dit wel die

geval is en dat dit al in die verlede gebeur het dat koshuise en ASV’s nie alle blikkies deur die termyn aan die verskillende projekte ver-sprei nie.

“Dit was ’n probleem, ek het dit aangespreek; dus sal dit nie weer gebeur nie.” Marike Swie- gers SJGD-lid van die SRVP (Regte Fakulteit se ASV), wat ’n klein plaasskooltjie Mponeng Primêr ondersteun, sê dié skool is “onge-looflik opgewonde oor die blikkies-kos wat hulle gaan ontvang. Hulle skool ontvang tans R2 per kind per dag, so hulle het dié skenking van die NWU-Puk en SJGD regtig no-dig.”

ASV’s en koshuise wat nie ’n vaste projek het nie skenk die blik-kies aan SR:SJGD wat dit aan die Jonathan Jacob-projek skenk. Dié projek help koshuise en ASV’s wanneer nodig of enige plek waar daar nood in die gemeenskap is. Al die Jonathan Jacob-blikkies word in ’n stoor op die NWU-Pukkampus gestoor en slegs twee projekleiers en Taute het toegang tot die stoor. Volgens hom is daar dan meer kon-trole oor die uitvloei van blikkies en hulle is trots om te sê dat alle blikkies laas jaar versprei is aan gemeenskappe wat dit nodig gehad het.

Wag-’n-Bietjie en De Wilgers is as algehele wenners van hierdie jaar se blikkieskosdag gekroon, al-hoewel Huis Republiek ’n ongeloof-like 29.6 blikkies per kapita ingesa-mel het. Die eetkompetisie is deur Ratau Lebone en Heide gewen, maar volgens Taute is die dag “vir baie van die koshuise nie eers ’n kompetisie nie” en dat dit slegs oor liefdadigheid gaan.

bestuur Donderdag 28 Februarie 2013, besluit om klasse op te skort vanaf 11:00 Donderdag tot die volgende Maandag. Vol-gens die NWU-Puk se Face-book-blad is die rede vir die opskorting eerstens om die ge-sondheidsrisiko wat dit vir stu-dente inhou te voorkom en met die kampus se omgee-kultuur

is die gemeenskap deur hierdie stap gehelp. Die doel is deur die kampus se watergebruik te ver-minder, dit die reservoirs moont-lik kan help om vinniger vol te loop. Donderdag het studente uit die dorp uit gestroom met opge-wondenheid oor die langnaweek en met die hope om terug te kom na ’n kampus met water.

27 150 blikkies – Wat nou?27 150 blikkies – Wat nou?

Studente bad in Calfyn

Bo: 'n Kampusbadkamer gesluit weens die water-krisis. FOTO: MARIÉ SERFONTEINLinks: Veritas-inwoners van die gang Shibumi wat 'n standpunt inneem en gaan bad in die Calfyn met seep en al.FOTO: HILETTE WENTZEL

Teenstrydig met wat Mail & Guardian geskryf het is die oorgrote meerderheid van aanwysingsborde op kampus in 3 van die amptelike SA-tale.

FOTO: SIMON SONNEKUS

'n Uittreksel van die Mail & Guardian-berig wat verskyn het op 27 Februarie.

Tufvesson en transformasie

Monster op Potch?SIMON SONNEKUS

Transformasie en verande- ring op die NWU se Potchef-stroomkampus is onlangs

in diepte ondersoek in die media. In die Mail & Guardian van 22 Februarie verskyn die berig ge-naamd A ‘monster of racism’ at Potch wat die onlangse skeiding tussen die NWU en Uitvoerende Adviseur: Transformasie en Di-versiteit dr. Ingrid Tufvesson, bespreek. Die NWU het aan die einde van Januarie die dienste van dr. Tufvesson beëindig.

Volgens ’n Mail & Guardian ar-tikel van 13 Februarie verduidelik Tufvesson dat sy op 31 Januarie ’n afdankingsbrief ontvang het van die universiteit. Tufvesson beweer wel dat sy die afdanking sou teenstaan in die hof. Tufves-son het aan Mail & Guardian verduidelik: “Ek weet nog nie waarvoor ek aangekla is nie, om-dat daar geen formele proses ooit teen my begin is nie en ek is nooit

aan enige dissiplinêre proses on-derhewig gewees nie.” Verder verduidelik Tufvesson: “Ek is nie die eerste en as dit nie uitgedaag word nie en moontlik nie die laaste persoon wat as ’n 'moeilike mens' gebrandmerk word in die proses om van mense ontslae te raak nie - party wit maar oorwel-digend en hoofsaaklik swart.”

Tufvesson beweer dat sy afge-dank is omdat sy die NWU se aanslag op transformasie be- vraagteken het. In ’n brief vanaf

die vise-kanselier dr. Theuns Eloff, word daar verduidelik dat Tufvesson “al vroeg in haar aanstelling moes vermaan om nie die 'klagtekantoor' vir personeel en studente te word nie.” Verder word daar in dié brief gesê, “haar styl, aanslag en sommige open-bare uitlatings het tot ernstige vrae oor haar rol as adviseur vir bestuur en die Raad gelei.” Die brief is uitgegee op 6 Februarie.

Die afdanking van Tufvesson het enkele dae na die uitspraak

van minister van hoër-onderwys Blade Nzimande, oor transfor-masie by universiteite gemaak is, gevolg. Volgens ’n Nuus24-artikel van 23 Januarie het Nzimande ’n transformasie-komitee gestig om diskriminasie by universiteite uit te wis.

Dit is gestig ná daar by die Uni-versiteit van die Vrystaat (UV) weer sprake was oor die Reitz-saga van 2008 waar ’n video van UV-werknemers in ontgroenings-aktiwiteite ontbloot is op die so-

siale netwerk, Youtube. Die Mail & Guardian se berig van 22 Fe- bruarie verduidelik dat joernali-ste van die publikasie gesukkel het om te navigeer op die NWU-Pukkampus, omdat aanwysings-borde almal in Afrikaans is.

Wapad het ondersoek ingestel en gevind dat daar op die oorgrote meerderheid van aanwysings-borde drie van die 11 amptelike tale van Suid-Afrika naamlik Af-rikaans, Engels en Setswana ver-toon.

FOTO: CHARNÉ KINGWILL

Page 3: Wapad - 7 Maart 2013

NUUS | 3 7 MAART 2013

ELPHIA BAARD

Terwyl jou Google-soektog laai kan jy jou ore met jou pen skoonmaak, opstaan en gaan koffie maak (mits jy water het) én die puisie op jou voorkop uitdruk en ‘Sie daar!’ die bladsy is halfpad gelaai. Betroubare, beskikbare en vinnige inter-net op die NWU-Pukkampus is amper so skaars soos Vernon Koekemoer.

IT-Instapdiens sê hulle het nie ’n idee wat fout kan wees nie. “Dit is die IT-admini- strasie afdeling wat die infrastruktuur van die internet hanteer. Die probleem lê dus by die IT-administrasie afdeling. Ons kry nie antwoorde of oplossings vanaf IT-admini- strasie nie. Hulle kan ook nie vir ons sê wanneer dit gaan regkom nie,” sê ’n ano- nieme werknemer by die IT-Instapdiens.

Mari Prinsloo van IT-administrasie het op 27 Februarie gesê: “Die probleem is teg-nies van aard en nie alleen onder kampus-IT se beheer nie. Daar is ook probleme by

die diensverskaffer. Dit help nie om die teg-niese aard van die probleem te verduidelik nie, omdat die tegniese terme nie verstaan sal word nie.

“Die IT-span werk aan alternatiewe oplossings en hoop om binne die volgende paar dae ’n werkbare alternatief in plek te hê. Die beskrywing van die oplossing is

ook baie tegnies van aard. Weet egter daar word 24/7 aan die probleem gewerk.”

“Ek ervaar al vir twee maande lank inter-netprobleme. ’n Kommunikasie dosent moet absoluut op hoogte wees van die nuus en sosiale-media en ons het die internet nodig daarvoor. Baie van ons leermateriaal kry ons van die internet af. Die studente is tans meer ingelig as ons,” meen joernalistiek-dosent Hannelie Booyens.

“Ons het ’n diens om te lewer en ons kan nie. My vrees is dat hierdie probleem kan uitlek na die hoofstroom-media. Dit is alreeds besig om ’n skakelwerk-disaster te word. Gryp in, kry konsultante of selfs eksterne hulp. Ons raak agter,” sê Booyens.

Daar is dosente wat elkeen ’n verslag geskryf het oor hoe die probleem hulle vakrigtings raak. Dit beïnvloed hulle klas-voorbereiding en navorsing. In hierdie ver-slag versoek hulle van die bestuur om te kommunikeer oor die probleem en om aan-dag daaraan te skenk.

IT trek skouers op oor internet Ons het ’n diens om te lewer en ons kan nie

Dié boodskap is gevind op ’n

swartbord in F20.FOTO: MARIÉ SERFONTEIN

MIA JORDAAN

Die NWU-Puk se gimnasium wat by die SS geleë is, se hekke hou aan draai ten spyte van die klag-tes wat oor die gimnasium in-stroom.

Die gimnasium is Maandae tot Vrydae van 05:00 tot 22:00 oop en ook op Saterdae van 07:30 tot 18:00. Die aansluitingsfooi is R75 vir die jaar en elke oefensessie daarna beloop R7.50. Christo Sny-man vorige bestuurder van die gimnasium, sê dat dit juis die gimnasium se doelwit is. “Die mikpunt van die gimnasium is om bekostigbaar vir studente te wees. Jy kan ook jouself kom toets en ’n persoonlike oefenpro-gram vir jouself laat opstel deur die nuwe bestuurder Johann Sau-er, ’n opgeleide biokinetikus.”

“Ek dink die PUK se gimna-sium is goedkoop en verskaf die tools wat jy benodig om fiks te word en gesond te bly. Daar is ook ’n rotsklimmuur wat ure se pret verskaf,” sê Heath Meyer lid van die gimnasium.

“Daar is tans ongeveer 3000 lede by die PUK se gimnasium aange- sluit. Ons is trots op die diens wat ons vir die studente lewer,” het Snyman gesê.

Ten spyte van die bekostigbaar-heid is daar steeds klagtes oor die gehalte van die gimnasium se ap-

parate. “Ek oefen eerder by Virgin Active, want dit voel net skoner en daar is ’n wyer verskeidenheid van oefenapparate,” sê Camri Killian ’n tweedejaarstudent. Vir-gin Active in Potchefstroom het tans ’n spesiale aanbieding waar hulle R100 aansluitingsfooi vir studente vra. Daar is dan twee an-der tariewe om van te kies naam-lik R319 per maand as ’n mens ty-dens besige tye oefen en R259 p/m vir off-peak tye.

Dit blyk dus onrealisties om te verwag dat die NWU-Puk se gimnasium op Virgin Active se standaard moet wees wanneer ’n mens kyk na die prysverskil tus-sen die twee gimnasiums.

Die ander klagte is dat daar nie genoeg ventilasie in die gimna- sium is nie. Daar is wel lugver- sorging en die tekort aan venti-lasie kan toegeskryf word aan die feit dat die gimnasium onder die amfiteater geleë is.

Virgin en NWU-Pukgim nie vergelykbaar

Swak toestande van gim-toestelle.FOTO’S: ALDA BRONKHORST

Ek oefen eerder by Virgin Active, want dit voel net skoner

JEANELLE GREYLING & FRANCOIS LION-CACHET

Agttien jaar se regstelling. Agt-tien jaar van vryheid. Die freeborn-generasie is klaar

met skool. Baie van dié 1994-babas gebore te midde van ’n nuwe de-mokrasie, vul universiteite land-wyd. Die reënboognasie-ideaal wat suksesvol bereik is, ontlok egter een vraag: is Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (BSEB) nodig vir hierdie generasie wat gebore is in demokrasie?

The Economist se berig op 20 Ok-tober 2012 Cry the beloved country, het voorgestel Suid-Afrika gly “op ’n afdraandepad terwyl die res van Afrika boontoe klou”. Time Maga-zine se Alex Perry het ’n maand later in die artikel Africa Rising voor- gestel dat Suid-Afrika die poten-siaal het om waardevolle lesse vir die res van Afrika te leer.

Perry het egter gesê dat “Agttien jaar in beheer het die African Na-tional Congress (ANC) verander van ’n party van Nelson Mandela se geregte rewolusie na… ’n gulsige ontwikkelende wêreld-elite.”

Perry het berig staatsbeheerde onderwys val “onder die swakste ter wêreld”.

“Ongelykheid, erger gemaak deur die ongelooflike ryk ANC-ver-bonde kabaal het toegeneem,” het Perry berig.

Volgens dr. Wilmot James

1994 se “Freeborns” betree universiteite

Vry gebore, met wetgewing belas

federale voorsitter van die De-mokratiese Alliansie (DA), kan die jeug nie uitgesluit word by ’n debat oor die mees doeltreffende manier om ’n inklusiewe ekonomie te bou nie.

Volgens James het die rege- ring ’n aanvanklike grondhervor- mingsdoelwit van 30%, universele toegang tot opvoeding, doelwitte in diensbillikheidswetgewing en doel-witte in die sewe pilare van BSEB-puntekaart gehad.

James verduidelik dat BSEB nie bedoel is om ’n bepaalde groep te benadeel nie, “maar om die eko-nomiese basis te verbreed en swart-mense se deelname in die ekonomie aan te moedig.”

James het beklemtoon “Uitslui- ting is groei se vyand”. Tog moet “die relevansie van die BSEB-beleid se regstelling gereeld hersien word. Dit moet weer in 2018 hersien word,” het James gesê.

Ons Grondwet se argument is dat rasgebaseerde-regstelling uitgeoefen moet word om ge-lykheid te verkry. “Dit is nie voldoende vir die aanspreek van die sosiale- en ekonomiese na-latenskap van Apartheid nie,” het James gesê.

“Swart Suid-Afrikaners is steeds meer geneig om werkloos te wees as hul wit eweknieë,” meen James.

“Alhoewel dié regstellings- inisiatief baie vordering behaal het, bly die kwessie van ras ’n kragtige voorspeller van eko-nomiese ontmagtiging in Suid-Afrika.”

Volgens James is die DA nie teen die BSEB-inisiatief gekant nie, maar hulle stel ’n meer ef-fektiewe implementering van ekonomiese insluiting voor.

James meen daar is wel “beduidende vordering van onderstebo-bemagtiging,” soos vaardigheids- en ondernemings- ontwikkeling en “die relevansie van ras as ’n bepalende faktor in die ekonomiese uitsluiting is besig om te kwyn”.

Volgens James het die De-partement van Handel en Ny-werheid publieke kommentaar en skriftelike voorleggings oor die hersiene BSEB-kodes aange-moedig. Dié komitee-vergade- rings en publieke verhore is oop vir die publiek.

FRANCOIS LION-CACHET het by studente gaan uitvind wat hulle dink aangaande gelykheid tussen rassegroepe in Suid-Afrika.

CHANTELLE SEPTEMBERHuis Republiek1ste Jaar BCom Ekonomie en Int. Handel

“Nee, daar is steeds nie ge-lykheid nie. Jy moet vir ’n sekere politieke party stem om werk te kry – dis on-regverdig, want daar moet eerder na jou kwalifikasies gekyk word.”

CARLA BOTHAPrivaat3de Jaar Onderwys

“Ja, dis nie meer dat wit mense voorgekeur word nie. Ons leef nou in ’n demokratiese land.”

CELESTE VAN HEERDENPrivaat5de Jaar NGOS

“Nee, wit mense dink steeds hulle is reg en swart mense dink ook hulle is reg – hulle kan nie tot ’n kompromie kom nie.”

HENNING NEFDT Privaat3de Jaar LLB

“Suid-Afrika het al baie getrans-formeer vanaf 1994, maar nou is die situasie omgekeerd. Daar word nie na kwalifikasies gekyk nie.”

RYAN DU TOITPatria1ste Jaar BComRekeningkunde

“Nee, daar’s steeds diskriminasie teen wittes deur swart bemagtiging en ook teen swartes. Ons moet eint-lik niks daarmee te doen hê nie, dié besluite was voor ons tyd geneem.”

Ongelykheid, erger gemaak deur die ongelooflike ryk ANC-verbonde kabaal, het toegeneem

Page 4: Wapad - 7 Maart 2013

NUUS 4 | 7 MAART 2013

Waardevolle lesseANICA SCHEEPERS &NADIA SWANEPOEL

In die verlede was die NWU-Puk bekend as die Potchef-stroomse Universiteit vir

Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO). Met die samesmelting van die verskeie universiteite het dit op 1 Januarie 2004 die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) geword.

Talle mense het destyds ge- twyfel of die universiteit steeds Christelike waardes sou bly uitleef.

Bea Erasmus studenteraadslid vir prinsipiële leiding in 2004, het sterk gevoel oor hierdie kwessie. “Ons wil die waardes wat ons dryf naamlik liefde, respek, eerlikheid, integriteit en verdraagsaamheid aan die wêreld uitbasuin.”

Die studente was vasbeslote om te verseker dat die NWU-Pukkampus van die Noordwes-Universiteit steeds ’n waardege-drewe universiteit sou bly. Op Dinsdag 4 Mei 2004 het ’n optog plaasgevind. Die studente wou wys dat hulle teen negatiewe gedragsuitinge soos geweld, drankmisbruik, losbandigheid, rassisme en vuiltaal gekant is.

Verlede week was dit Waarde-week op kampus. Daar is egter kommer en vrae oor of die hui-dige studente steeds so sterk voel oor die uitlewing van die destydse geïnisieerde waardes.

Arie Bolt ’n vyfdejaarstudent, is van mening dat studente te maklik oor waardes en hulle re-spek vir mekaar praat. “Waarde-week is ’n week waar almal be-trokke is en dan stop dit saam met die waardes wat in daardie week toegepas is.

18 Desember 1994. Die dag wat Alison Botha vir dood agterge-laat is.

Bekende motiveringspreker en versekeringsmakelaar het as deel van Waardeweek studente in die amfiteater toegespreek oor die aand wat haar lewe vir altyd verander het.

As 27-jarige is sy een aand deur twee mans buite haar huis ontvoer en verkrag. Nadat hulle haar keel 16 keer van oor tot oor oopgesny en haar buik vol gate gesteek en oopgesny het, het hulle haar naby aan ’n pad gelos. Sy erken dat sy "nie moes oorleef" het nie.

Dit was vir Botha die tipe goed wat net in flieks gebeur. Ná sy ontvoer is, het sy gewon-der of sy nie uit die bewegende motor moet spring nie.

“Ek het op daardie oomblik gedink ek sal te seer kry as ek dit doen,” vertel sy. Sy moedig studente aan om altyd in so ’n situasie te probeer ontsnap in-dien moontlik.

“Wie het al geleer om hulle self te verdedig?” vra sy. Min hande het in die amfiteater op-gegaan.

“Julle moet definitief self-verdediging leer, indien julle dalk eendag in dieselfde situ-

asie as ek kom,” pleit Botha.“Ek het glad nie gehuil of met

hulle baklei tydens die voorval nie en dis waarskynlik hoekom ek die energie gehad het om teerpad toe te kon loop.”

Botha se raad was om kalm en rustig te bly indien so iets met jou sou gebeur.

Sy vertel dat sy gedurende die aanval geen pyn gevoel het nie en die heeltyd vir haarself gesê het: “Hulle doen dit aan my liggaam, hulle raak nie aan my wese nie.”

Botha het selfs die harde-baarde in die gehoor met haar storie geroer.

Die aand van 18 Desember 1994 was vir haar ’n keerpunt. “Ek het nog altyd drome gehad en wou dinge bereik, maar ek het gedink daar is altyd môre,” het Botha gesê. Sy het geleer om in die oomblik te leef.

Sy het herhaaldelik gesê: “Ek is net ’n gewone meisie.”

Nadat die hofsaak van die twee verkragters geëindig het, het Botha begin om die storie van haar wonderbaarlike oor-lewing met mense te deel.

“Eintlik is ek skaam en op skool was ek bang om monde-lings in die klas te doen,” vertel sy oor die feit dat sy vandag ’n

NADIA SWANEPOEL & ANICA SCHEEPERS

Well-known farmer and preacher Angus Buchan, kicked off this year’s Waardeweek on a high note.

In front of a packed amphi-theatre, the Mighty Men leader started his sermon on 24 Fe- bruary by kneeling before God. Buchan finds inspiration for his preachings from what he deems his “agricultural manual” – the Bible.

“Give God a chance when try-ing to figure out your future on your own,” he said. “God is as big as you make Him out to be.”

Afterwards Buchan spoke to Wapad about his perception of students today. It was clear that he is passionate about young people.

“Young people, listen to me! God wants us to start believing the impossible, to trust Him for the miraculous. If God isn’t tangible, the young people don’t want Him.”

Buchan’s work here was done.“I have to go. Not because I

want to, but because others need to hear the gospel as well.”

Buchan blows breaths away

Christelike waardes en NWU-Pukstudente

Sy ‘moes nie oorleef’

bekende motiveringspreker is.Botha het nie net geslaag daarin

om mense te inspireer met haar ge-tuienis nie, maar ook haar persoon-like drome vervul.

Haar uterus is erg beskadig tydens die aanval. Dokters het gesê sy sal sukkel om swanger te word en suk-kel om die kind te dra.Vandag is sy die gelukkige ma van twee seuns Daniël en Matthew. Sy beskou haar plig as ma as haar beroep en haar passie.

Waar is die Pukkie-blad heen?

Studente sou agtergekom het dat die populêre JOOLblad wat bekendstaan as die Pukkie, se verkope nie so opsigtelik was tydens vanjaar se JOOL nie.

Die Pukkie het ’n groot ver- andering ondergaan deurdat die verspreidingskanaal daar-van gewysig is. In die verlede het eerstejaars op ’n Saterdag tydens JOOLweek na verskeie plekke vertrek en die Pukkie is só deur die eerstejaars aan die publiek verkoop. Studente wat hierdeur moes gaan, kan getuig dat dit nie altyd so mak-lik was om dit verkoop te kry in die omliggende gebiede nie.

Ilouwna le Roux Uitvoe- rende Komiteelid (UK) vir

JOOL met die portefeulje pu- blikasies vertel dat die besluit om die verkoopsdag af te stel, ingestel is ná dit verlede jaar op die JOOL-Bosberaad se tafel voorgelê is. Sy verseker dat kos-huise steeds dieselfde hoeveel-heid Pukkies ontvang maar nou ’n langer tydperk het om dit te

verkoop. Daar word ook geen beper- kings geplaas op grond van geo-grafiese gebiede nie en eerstejaars sowel as seniors mag die Pukkie in hulle tuisdorpe gaan verkoop.

“Dié wysiging los baie van die aan-vanklike probleme op: daar bestaan nou geen risiko en hoë onkoste van vervoer nie en dit skep ruimte in die alreeds-oorvol Ontvangs- en Bekend-stellingsprogram,” sê Le Roux.

"In die verlede was dié blad vol grappies en snaaksighede geprop en dit het die Pukkie ’n goeie verkoper gemaak. Vandag is dit meer ’n be-markings- en inligtingsblad oor SJGD en JOOL," het Les MacKenzie gesê.

Volgens Anrike Slabbert ’n oud HK-lid in Oosterhof het die Pukkie “nie iets in wat 'n mens brand om te lees nie.”

'n Oopgevoude Pukkie-blad 2013.FOTO: CHARNÉ KINGWILL

Alison Botha vertel haar storie tydens Waardeweek. FOTO: MARIZKA ESTERHUIZEN-RUDOLPH

“Deur mekaar met ons verskille te aanvaar, kan ons baie meer as ’n groep saam bereik teenoor elkeen wat sy eie pad volg met ’n narrow-minded opinion. Vergeet van die week en maak elke dag Waarde-week,” het Bolt gesê.

Corneels Schabort dosent in chemiese ingenieurswese, ervaar egter ’n geestelike ontwaking onder ’n groot aantal studente. “Die destydse PU vir CHO het namens jou as student besluit watter waardes om na te streef. Daarteenoor kan studente van-dag self besluit waarvoor hulle gaan opstaan.”

Volgens Izelle Mostert SR: ad-junkvoorsitter, is die hoofdoel wat hul met waardeweek wou bereik om studente bewus te maak van die ses kampuswaardes naamlik integriteit, respek, diensbaarheid, toeganklikheid, nederigheid en lojaliteit.

Elke dag van die week het ’n waarde asook kleur verteenwoor-dig en studente kon elke dag vol-gens die bepaalde kleur aantrek.

Mostert is van mening dat die bemarking van hierdie week beslis ’n onmisbare rol in die betrokkenheid van die studente gespeel het.

Lizanne Loots skryf oor Alison Botha se inspirerende verhaal van oorlewing en genesing

Angus Buchan in the Amphitheatre. FOTO: ANICA SCHEEPERS

Waardeweek is ’n week waar almal betrokke is en dan stop dit

BIANCA BOTHA

Page 5: Wapad - 7 Maart 2013

NUUS | 57 MAART 2013

‘Daar is net een pad na jou longe; jy kan dit net sowel teer!” Dié stelling

word heel vermakerig saam met groot bolle rook die lug in gestuur.

Die tabakwet behels dat geen tabakproduk gerook mag word binne ’n bedekte of gedeeltelik bedekte area soos patio’s, stoepe, balkonne, wandelgange en par-keerterreine wat oop is aan die publiek nie.

Die eienaar of bestuur wat nie aan hierdie regulasies voldoen nie, kan met 'n maksimum van R50 000 beboet word terwyl die spesifieke roker met R500 beboet kan word. Die wetgewing gaan moontlik weer aangepas word waar rook in alle publieke plekke verbied gaan word.

Volgens die Institusionele Kan-toor behels die rookbeleid van die Noordwes-Universiteit dat die beleid sigbaar moet wees by alle ingange van geboue. Stu-dente, personeellede en besoe- kers word slegs toegelaat om te rook in aangewysde rookareas wat geïdentifiseer kan word deur die “Rookarea”-bordjies. Die toegewysde rookareas word geï-dentifiseer deur die beroepsge-sondheids- en veiligheidskomitee in konsultasie met die bestuur. Die toegewysde areas mag egter nie ’n area wees wat gereeld deur werknemers en studente gebruik word nie, 'n inbreuk maak op enige areas wat deur nie-rokers gebruik word nie en moet aan die vereistes van die relevante wet-gewing voldoen.

Daar is heelwat gebiede waar studente vrylik rook, maar geen bordjies wat aandui dat die areas

Rookbeleid word nie toegepas

Waar daar ’n rokie trek

spesiale rookareas is nie – alhoe- wel hierdie wysigings in die wet reeds in 2007 in werking getree het. Dit sluit in onder meer buite die Ferdinand Postma-biblioteek, die muurtjies weerskante van Lo- ver’s Lane en die amfiteater.

Hanno Labuschagne student aan die NWU-Potchefstroomkam-pus, sê: “Dit irriteer my tot in my diepste as iemand loop in 'n plek soos Lover's Lane en iemand se rook waai in my gesig.

“Dit stink en dis ongesond, so eenvoudig soos dit.” Hy sê dat min rokers hulle stompies in die spe-siale asblikke soos dié buite die SS gooi.

“Mense wat die reëls oortree moet gestraf word en dit gebeur nie regtig op kampus nie met die uitsondering van gevalle binne koshuise.”

“Die rookwetgewing is 'n lands- wet, waar die wet duidelik is met

voorskrifte sal ons dit moet ge-hoorsaam,” sê Wilma Lotriet hoof van Inwoningdienste. “Ons is tans besig om aan 'n plan te werk in samewerking met die Institusio-nele Kantoor en Beroepsgesond-heid en Veiligheid om aan die wetlike vereistes van die rookwet-gewing te voldoen en ook die stu-dente te akkommodeer.”

Die rookareas maak dit wel ongerieflik vir rokers om vinnig ’n sigaret te rook tussen klasse, maar die wetgewing is hoofsaak- lik ingestel en gewysig om die meerderheid wat nie rook nie te beskerm teen tweedehandse rook.

Ruletia le Roux ’n student aan die NWU-Potchefstroomkampus, meen dat almal rook waar hulle wil. "Ek rook self, maar ek weet dit is irriterend as ’n mens nie rook nie en mense rook in be-knopte plekke. Rook is sleg vir die mense om jou.”

FOTO: ALDA BRONKHORSTFOTO: ALDA BRONKHORST

Studente poseer vir 'n foto wat algemene praktyk op kampus naboots.

JEANELLE GREYLING

Jy kan jouself gerus in ’n bit-tereinder se skoene plaas en jou slaapverlies en rekenaarvernuf uittoets. As jy weet wat beteken LAN, DOTA, HON en CoD is jy ge-reed om die LAN-League op 8 tot 9 Maart aan te pak.

“Dit is ’n geleentheid vir stu-dente wat lief is vir LAN en dit grootskaals doen,” het Marno Matthee Studenteraadslid (SR) van Media en Kommunikasie

(MEK), gesê.Moet egter nie geïntimideerd

voel nie, daar is kleiner kompe-tisies soos Angry Birds en Heroes of Newerth (HON) beskikbaar vir dié wat gaan om te ontspan. “HON is baie soos DOTA,” het Matthee gesê (DOTA = Defense of the Ancients).

’n LAN is ’n Lokale Area Netwerk, wat beteken spelers kom by mekaar in dieselfde lo-kaal – die Sportsentrum.

Volgens Matthee kan almal van

18:00 ook op Xbox’e speel en flieks gaan op ’n grootskerm vertoon word tot die volgende middag

15:00, wanneer dié geleentheid eindig.

Die IT-Instapdiens gaan van-jaar die infrastruktuur vir die LAN-League voorsien, “Ons gaan die netwerk verskaf en die spe- lers help om die bedieners op te stel,” het Barend Pretorius van dié diens gesê.

MEK het probeer om die nu-wer weergawes soos Modern War-fare 3 te akkommodeer, “maar as gevolg van die feit dat dit nie op kampus gespeel kan word nie, het

ons daarteen besluit.”“Baie van dié ondernemings

se hoë-sekuriteitspoorte is moei-lik om te bekom en is ’n sekuri- teitsrisiko vir die universiteit se netwerk,” het Pretorius gesê.

Matthee moedig almal aan om hul sleutelborde, muise, LAN-kabels, verlengingskoorde en oor-fone te bring “sodat jy nie die an-der pla met jou musiek nie”.

MEK is tans besig om die moontlikheid van ’n LAN-liga vir koshuise te ondersoek.

LAN-League flikflooiers om te vergader vir oorlog

JOPIE HENNING

Met die intrapslag in die NWU-Puk se Wetenskapsentrum kan ’n mens sommer sien dat dié inisiatief op kampus deur ’n bekwame persoon bestuur word. Dié lewende legende is niemand anders as prof. Jan Smit (71) of soos sy vriende en van die ouer garde hom noem, Bommel, nie.

Baie studente ken prof. Smit as die oom op daardie snaakse ding waarop 'n mens staan en ry. Dié “snaakse ding” is ’n Seg-way.

In sy kantoor pryk verskeie geraamde bewyse van dié man se kennis en toewyding tot die wetenskap. Hy het ondermeer al in Sjina, die VSA en ’n groep ander Europese lande lesings gegee. Prof. Smit het in 1977 sy DSc in Kernfisika van die destydse PU vir CHO verwerf. Hy vertel met trots dat aka- demie nie al die plek in sy lewe in beslag geneem het nie, maar dat hy as student ’n kranige rugbyspeler was. In sy eerste jaar aan die Universiteit het hy reeds vir PUK1 uitgedraf.

Op kampus het prof. Smit ’n bydrae gemaak met sy jare- lange betrokkenheid by die navorsing van kernfisika. Hy vertel dat een van die hoë ge-boue op kampus ’n versneller gehuisves het waaraan hy by die destydse Atoom Energie Koöperasie gewerk het.

Prof. Smit se lewensuitkyk is baie positief en hy sê “Die lewe is kort en ’n mens moet elke geleentheid aangryp wat na jou kant toe kom. Carpe diem. Die wetenskap verfyn dinge, mense maak alles meer omslagtig.”

Nie net het prof. Smit drie kinders nie, maar ook ses klein-

kinders. Hy vertel met trots hoe lief hy hulle het en dat die kennis van jong kinders verbasend is.

Kyk uit vir prof. Smit op sy Segway en maak ’n hek oop vir hom, anders val hy weer soos die keer toe ’n student voor hom uit-gegaan het en die hek se sensor geaktiveer het met die hek wat toe outomaties voor hom toeval.

Maak ’n afspraak by die Weten- skapsentrum met prof. Smit en geniet ’n toer deur dié sentrum, dié professor het baie kennis van die wetenskap.

Segway Smit gesels

Solank daar studente is vir wie dit belangrik is, sal dié geleentheid voort-gaan

Prof. Jan Smit op sy Segway.

FOTO: JOPIE HENNING

Mense wat die reëls oortree moet gestraf word en dit gebeur nie regtig op kampus nie

MIZAN VAN DER MERWE

Page 6: Wapad - 7 Maart 2013

6 | 7 MAART 2013NUUS

LUZANNE KEYTER

Ná ’n ses uur lange mediasiepro- ses soos deur die Noordwes-Uni-versiteit (NWU) se Mensereg-

tekommissie (MRK) versoek is, het Jason Mfusi die SASCO-leier van die NWU en AfriForum Jeug ’n ooreen- koms bereik.

Dit volg na Mfusi se uitspraak “’n goeie boer is ’n dooie boer” op Face-book die 4de Februarie. Na talle klag-tes van studente het AfriForum Jeug gevolglik ’n klag van haatspraak teen Mfusi op 5 Februarie 2013 by die MRK van die NWU ingedien.

Die MRK het die saak ondersoek tydens ’n mediasieproses op 26 Fe- bruarie 2013 en Mfusi skuldig bevind op AfriForum Jeug se aanklagte van rasisme en haatspraak. Hulle bevin- ding word gesteun op die voormalige ANC-jeugliga Julius Malema se hof-saak vir sy omstrede “skiet die boer”-liedjie waaruit die term “boer” ontleed is en bevind dat Mfusi se uitlating gemik was op ’n sekere gemeenskap.

Volgens die woordvoerder vir Afri-Forum Jeug van die NWU-Puk Marcus Pawson, het Mfusi gevolglik ’n skrifte-like verskoning onderteken waarin hy skuld erken het dat sy uitlating aanstootlik kon wees vir die boerege-meenskap en het hy ook ’n verskoning aan hierdie gemeenskap gerig. Mfusi het ook onderteken dat hy “ander Suid-Afrikaners sal aanmoedig om nie soortgelyke uitlatings te maak,

geen reg gehad het om pyn vir ’n ander gemeenskap te veroorsaak nie en dat hy as SASCO-leier, ’n student van die NWU-Puk en as ’n Suid-Afrikaner ’n rol in Suid-Afrika wil speel wat nie af-brekend is nie, maar eerder opbouend is.”

AfriForum Jeug voel dat daar op die ANC “’n verantwoordelikheid rus om organisasies soos SASCO wat by hulle geaffilieer is, op te lei in wedersydse erkenning van en respek vir minder-hede” en dat die mediasieproses ’n sukses was. Die skriftelike verskoning gee volgens hulle erkenning aan een van Suid-Afrika se minderhede – die boeregemeenskap wat deur plaasaan-valle en -moorde geteister word.

Na bewering is Mfusi intussen uit ’n kampuskoshuis geskors en sal in Maart voor ’n dissiplinêre verhoor by

die NWU-Puk verskyn. Die uitlating is ook intussen van Facebook af verwy-der.

Dié was die eerste geval waar ’n or-ganisasie (in die geval SASCO) erken dat dit verkeerd is en dat ander ge-meenskappe benadeel is deur uitlatings wat deur hulle gemaak word. Deur die inisiatief van die MRK is daar Sater-dag 3 Maart ’n memorandum van ver-standhouding opgestel en onderteken deur die seniorlede van albei organisa-sies waarin beide sal beloof om met wedersydse respek teenoor mekaar op te tree om sodoende die fundamentele reg teen die Grondwet te respekteer. Om hierdie memorandum te volg nie net by die NWU nie, maar by elke uni-versiteit waar SASCO en AfriForum betrokke of geaffilieer is, vind dus na-sionale grondslag.

“‘n Goeie boer is ‘n dooie boer” lei na koshuisskorsing

Ooreenkoms tussen SASCO en AfriForum

Hy moet ander Suid-Afrikaners aanmoedig om nie soortgelyke uitlatings te maak nie

COLETTE BOTHA

’n Eerstejaar-inwoner se kamer van Heide-dames-koshuis het Maandag 4 Maart om ongeveer 11:30 aan die brand geslaan ná daar glo ’n kortsluiting deur ’n waaier veroorsaak is.

Telanie Niemand onderprimarius van die koshuis, het eerste agtergekom dat die kamer op die Phenom-enal-gang op die vyfde vloer, brand.

“Ek het rook geruik op die gang en die mense op die gang afgestuur deur die noodprosedure te volg. Daarna het ek die inwoningsbeampte gebel en hulle het sake verder hanteer,” het Niemand gesê.

Kiewiet Scheppel woordvoerder van die NWU-Puk, het gesê dat daar vier brandblussers gebruik is om die vuur te blus. Die omvang van die skade sluit onder meer ’n skootrekenaar en die res van die goe-dere wat op die lessenaar was in.

Brandgevaar-risiko’s word gereeld aan alle studen-te op kampus deurgegee. Noodprosedures word ook gereeld deur die koshuise geoefen.

“Ons het verlede Maandag ’n bomdril gehad en ons het baie goed daarmee gedoen. Die meisies weet pre-sies hoe dit werk en wat die prosedure is. Almal was vinnig onder gewees,” het Esmarie Venter primaria van die koshuis, gesê.

Volgens ’n anonieme bystaander het die inwoners in ’n haas by die koshuis uitgehardloop, maar hulle het egter probeer om die ontruimingsroetine sukses-vol toe te pas.

Volgens Mariaan Smit inwoningsbeampte van die koshuis, het die nooddienste onmiddellik reageer en die situasie flink en vinnig hanteer.

“Die mediese- en brandweerpersoneel is uitste-kend,” het Smit gesê.

Waaier veroorsaak brand in Heide

’n Paar dae terug was hierdie kamer nog mooi versier, maar dis meestal nou net as en rookskade.’n Paar dae terug was hierdie kamer nog mooi versier, maar dis meestal nou net as en rookskade.

FOTO’S: COLETTE BOTHA

Page 7: Wapad - 7 Maart 2013

BUITEWÊRELD7 MAART 2013 | 7

Kortliks WêreldnuusSAAMGESTEL DEUR KOBUS OLIVIER

HANNES KRUGER

Die Demokratiese Alliansie (DA) se prof. Annette Combrink is nie meer burgemeester van die Tlok-we-munisipaliteit ná sy verlede week uitgestem is nie. Combrink het die afgelope drie maande die stad gedien.

Die ANC het voortgegaan om 'n mosie van wantrou teen Com-brink te bring ten spyte van die dreigemente wat die DA op die tafel gebring het wat die mosie as onwettig afmaak. Dis met 30 teen- oor 22 stemme tydens 'n raadsver-gadering in Potchefstroom aan-vaar.

Aan die einde van November is Mapethle Mapethle uitgeskop ná daar ’n mosie van wantrou teen hom ingestel is. Combrink is in-gestem as die nuwe burgemeester.

Die rolle is nou weer omgeruil. Mapethle Mapethle is verlede week weer terug in die burge-meesterstoel ná hy Combrink met 31 teenoor 21 stemme geklop het.

Die ANC het verlede week voort-

gegaan met die mosie teen Com-brink ondanks 'n hangende hoog-geregshofaansoek van die DA. Die DA wil die onreëlmatighede in die ANC se poging om mag te herwin, in die hof teenstaan.

Hans-Jurie Moolman 'n proku-reur en DA-raadslid, het die spre- ker gewaarsku dat die ordereëls gebreek gaan word as daar met die mosie voortgegaan word. ANC-lede het dit snaaks gevind toe Moolman gesê het dat almal wat aan die mosie deelneem indivi-dueel in die hof verantwoordelik gehou gaan word.

Die spreker het in reaksie gesê: “Ons het geen hofbevel voor ons nie. Ons gaan dus voort met die mosie.”

Enkele sekondes ná Combrink uitgestem is, het die ANC-hoof-sweep Dakota Legoete haar ver-soek om haarself uit die burge-meesterstoel te verwyder. Hy was voor die stemming ook van mening dat Combrink vir eens en altyd as burgemeester verwyder moet word.

Combrink het in reaksie haar lêers opgetel, die burgemeester-stoel verlaat en haar plek as DA-raadslid ingeneem.

Daar is egter vrae oor wat die DA in die toekoms gaan doen in reaksie van die politieke gebeure verlede week in Potchefstroom.

“Die DA beplan om steeds met die hofaansoek voort te gaan en die ANC se onreëlmatige hante- ring van die ingstelde mosie van wantrou teen Combrink te veg,” het ’n DA-mediaverklaring gelui wat op die 26ste Februarie uit-gereik is.

Die waterkrisis word ook tans ondersoek om vas te stel of dit ’n poging van die ANC was om die DA in Tlokwe te saboteer.

Die ANC is egter van mening dat hulle die probleem so gou as moontlik wil oplos. Legoete het voor die stemming waar Com-brink uitgestem is gesê dat die DA-burgemeester uitgestem moet word sodat hulle (die ANC) so gou as moontlik die waterkrisis kan uitsorteer.

Sommiges betaal vir Varsity Cup

Interkampus

Mapethle Mapethle weer burgemeester

Combrink uitgeskop

BENINE CRONJÉ & COLETTE BOTHA

Die FNB Varsity Cup is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse Rugby-unietoer-nooi waaraan 8 universiteitsspanne deelneem. Daar word by sekere uni- versiteite van studente verwag om te betaal vir wedstryde, waar ander studente dit gratis kan bywoon.

Die Universiteit van Pretoria (UP) het vanjaar oproering onder studente veroorsaak toe studente vir die eerste keer vir Varsity Cup -kaartjies moes betaal. Die pryse van die kaartjies beloop R50 vir die hoofpawiljoen, R30 vir die atletiek-pawiljoen en R10 om op die gras te sit. Die pryse kweek groot ongeluk-kigheid onder studente.

“Studente gaan Varsity Cup toe om hul universiteit te ondersteun en hulle is nie veronderstel om geld uit ons te probeer maak nie. Baie minder studente wil nou Varsity Cup bywoon,” sê Monique Coetzer derdejaars-onderwysstudent van Tuks.

Die opkoms van die eerste wed-stryd by Tuks was aansienlik sleg, maar die wedstryd van 25 Februa-rie het meer ondersteuning van studente gekry, aangesien daar ’n duisend gratis kaartjies aan studen-te geskenk is.

Volgens Duitser Bosman be- sturende direkteur van FNB Var-sity Cup, word geld van studente verhef om die stadion te onderhou.

“Dit kos ’n bedrag geld om só ’n

wedstryd te reël en daarom sien ek nie die rede hoekom dit verniet moet wees nie,” sê Bosman.

Volgens ’n AfriForum Jeug Me-diaverklaring het TuksSport inge-stem om die pryse van kaartjies te verminder.

’n Sms-veldtog is geloods waar studente hulle mening kon spreek oor die Varsity Cup-pryse. Daar-volgens is daar verneem om na dié saak die pryse aan te pas.

Die Universiteit van die Vry-staat (UV) se studente woon die Varsity Cup-wedstryde gratis by. Daarom kan die Shimla’s (die UV se rugbyspan), goeie ondersteu- ning geniet. Kovsies deel ook gra-tis T-hemde by hul wedstryde uit.

Die bemarkingspan van die Universiteit van Kaapstad (UCT) verkoop ’n jaarlikse lidmaatskap- kaartjies teen R400. Die aankoop van ’n lidmaatskapkaartjie behels ’n hele lys voordele. Ikeys studente kan verniet tuiswedstryde bywoon en geniet ook afslag op boeke en by restaurante. Studente sonder dié lidmaatskapkaartjie moet by tuis- wedstryde R10 toegang betaal. Dit word verneem dat meer studente die R10 toegangsfooi betaal as die lidmaatskapkaartjie.

Studente van die Universiteit van Stellenbosch (US) betaal vir ’n geruime tyd ’n R20 ingangsfooi vir Varsity Cup-wedstryde. Die Danie Craven-stadion kan 16 000 onder-steuners akkommodeer, daarom is daar ’n groot aanvraag.

Prof. Anette Combrink wys haar ontevredenheid by die raadsvergadering. FOTO: BEELD

V.S.A.

Soektog vir sinkgatslagoffer gestaak

Die soektog vir Jeff Bush is Saterdag 2 Maart gestaak. Bush is Donderdagaand deur ’n sinkgat wat onder sy slaapkamervloer in Seffner Florida, oopgemaak het heel ingesluk.

Owerhede moes die moeilike besluit neem om op te hou soek nadat Bush se kanse van oorle- wing skraal begin lyk het.

“Ons was nie in staat om mnr. Bush op te spoor nie, om daardie rede word die reddingspogings gestaak,” het Hillborough County administra-teur Mike Merrill, Saterdagaand aan CNN ver-slaggewers gesê. Beide huise weerskante van die Bush huis is as onveilig verklaar en ontruim.

V.S.A.

$85bn gesny in nasionale begrotingPres. Barack Obama het Saterdag ge-waarsku dat ’n massiewe $85bn pro-gram om die regering se begroting te sny soveel as 750,000 mense hul werk kan kos, nadat hy teësinnig ’n bevel onderteken het vir die program om te begin.

Die president het selfs die nuwe beleid as “nie slim” bestempel.

“Die pyn gaan ’n realiteit wees. Baie middelklas families se lewens gaan op ’n beduidende manier ontwrig word,” het Obama in sy weeklikse adres gesê.

THAILAND

Ivoorhandel afgeskafEerste minister Yingluck Shinawatra het Sondag aangekondig dat Thailand se plaas-like ivoorhandel beëindig gaan word.

Shinawatra het die aankondiging gemaak by die openingsseremonie van ’n Conven-tion on International Trade in Endangered Species of Wild Flora and Fauna (CITES) in Bangkok.

“Dit sal help om alle vorme van olifante te beskerm, insluitend Thailand se wilde en getemde olifante en dié van Afrika,” het Shi-nawatra gesê.

Die CITES konferensie duur voort tot 14 Maart.

SJINA

Aardbewing vernietig 700 huise’n Aardbewing in suid-wes Sjina het omtrent 700 huise laat platval en ten minste 30 mense beseer. ’n Verdere 2500 huise is beskadig volgens die offisiële Xinhua Nuus Agentskap.

Die aardbewingburo in Yunnan provinsie waar Sondagmiddag se aardbewing plaasgevind het, het beweer dat drie van die beseerdes in ’n kritieke toes-tand is.

Die VSA Geologiese Opname sê dat ’n 5.5-grootte aardbewing het 51km van Dali af getref, teen ’n diepte van 33km.

SUID-AFRIKA

8 van SAPD gearresteer Agt lede van die SAPD is Vrydag 1 Maart, in heg-tenis geneem in verband met die dood van ’n bui-telander in polisie-aanhouding. Die Mosambiekse taxi-drywer is Dinsdagaand 26 Februarie, dood aan kopwonde nadat hy agter aan ’n vangwa vasgeboei en deur die strate van Daveyton naby Johannes-burg, gesleep is.

Die skokkende insident is op ’n selfoon opgeneem en het hewige publieke reaksie gelok.

“Dié verskriklike voorval van buitensporige geweld is die nuutste in ’n toenemende ontstellende patroon van brutale polisie-optrede in Suid-Afri-ka,” het Noel Kututwa Amnestie Internasionaal se suiderlike Afrika direkteur, aan CNN gesê.

Page 8: Wapad - 7 Maart 2013

NUUS8 | 7 MAART 2013

HILETTE WENTZEL

Vir die meeste studente is Varsity Café ’n lewens- aar vir sigarette, melk of

iets te ete na ’n lekker kuier. In die agtergrond van elke laatnag Var-sity Café-besoek sit Lilly Kalami-das agter die toonbank met boeke vol stories en wyshede.

“Hulle noem my sommer tannie Lilly,” sê Kalamidas met ’n inge-nome glimlag. Lilly Kalamidas af-komstig van Kempton Park, werk vir meer as ’n jaar lank al tussen 19:00 en 07:00 in Varsity Café. Sy geniet hierdie interessante skof wat “die lewe so mooi uitbeeld”. Sy vertel dat dit soos haar eie dag-tot-dag sepie is.

Lilly meen elke dag bring iets anders met snaakse oomblikke waar mense mekaar dare om te streak tot meisies wat in Varsity Café wegkruip vir ander meisies. Haar sisteem is al só geolie dat wanneer ’n bakleiery uitbreek dit onmiddellik opgelos word en hulle as beste vriende daar uitstap. Sy word die kwaadste vir studente wat in die laatnag nie kan lees nie en so met die vinger beduie. “Ek onthou nie die slegte goed nie, net die nice goed,” meen Kalamidas. Sy noem ook dat dit interessant is om mense met die verloop van die aand te sien in-en-uit wals en teen die einde van die aand net kos wil hê. Op dié punt meen sy dat die meeste studente Foxi-nax of Yanks chips koop, “enige iets wat vinnig is en vol maak”. Studente is glo ook lief vir die Varsity-slaai of ’n special.

Vir Lilly is die kliënte nie net gesigte nie en gereelde studente ken sy al op die naam met hul be- stelling en spesiale versoeke. Daar word definitief bande gebou en “as daar 'n probleem is sal ek hulle uithelp of hulle sal my uithelp,” sê Lilly. Die lekker van haar werk is dat sy met mense te doen het. Sy ge-niet die werk en sê dat dit haar lek-kerste nóg is. Sy beplan nie om gou van dié skof af te klok nie.

Studente kan uitsien na ’n re-vamp van Varsity Café, “ons gaan retro. Nuwe menu, nuwe alles,” het Lilly gesê. Dié verandering kan einde Maart verwag word.

Lilly sluit af deur te sê “toe ek jonger was, het ek ook gedrink en meer gekuier, maar nou dat ek ouer is, kan ek nie teruggaan nie. Julle moet dit geniet, julle moet elke aand geniet voordat julle soos die random grys oupas word wat in Bourbons uithang.”

FOTO: MAMAPHOTOGRAPHY.CA

SAAMGESTEL DEUR HILETTE WENTZEL

Famous Face: Varsity se Lilly

Bult se oë

Die herkenbare Lilly Kalamidas van Varsity Café.Die herkenbare Lilly Kalamidas van Varsity Café.

FOTO: LIZE-MARI JOOSTE

TANYA DU PLESSISLaVaria1ste JaarBA Tale

“Al sy borge is teruggetrek. Sy loopbaan is daarmee heen. Hy het homself mooi in die voet geskiet.”

VAUGHAN COETZEEVeritas3de Jaar BCom GR

“Persoonlik weet ek te min van die wet en te min feite is aan die publiek bekend ge-maak om 'n gevolgtrekking te maak. Ek sal maar wag en sien, maar ek kry albei gesinne baie jammer.”

CARLI TERRE'BLANCHEBellatrix3de Jaar BA Erfenisbestuur

“Ek dink hy het nie geweet wat hy doen nie.”

JURGEN PRETORIUSHeimat1ste Jaar BCom Bemarking en toerismebestuur

"Sy verklaring en die hof verskil."

DANELLE POTGIETERDinki3deJaar BCom Bemarking en toerismebestuur

“Ek is ontsteld dat ’n Suid- Afrikaanse held probleme in sy persoonlike lewe ervaar."

ELIZE VAN WYKPrivaat1ste Jaar BA Gedragsweten-skappe (Sielkunde)

“Almal maak foute, maar daai is nie 'n menslike fout nie. Oscar het ook vandag gepost ‘Don’t judge me and if you do, remember to be perfect for the rest of your life’.” (Pistorius het wel nie hierdie stelling gemaak nie)

Wat meen jy oor die Oscar-saak?Wat meen jy oor die Oscar-saak?

Mystic se spoke lag lekkerJEANELLE GREYLING

As daar maar net ’n prysuitdeling vir filmprestasies in Potchefstroom was, het die toekenning vir Beste ak-teurs in ’n spookstorie aan Gerrit-Jan Wissing en Malcolm Fick gegaan.

Alhoewel dit uitdraai dat Die Mys-tic Boer nié spook nie, spook die werknemers se verbeeldings. Die selfverklaarde Spookspotters van Wapad is gekonfronteer met die waarheid.

Daar is in die uitgawe van 21 Fe- bruarie berig oor beweerde spoke op die Boer-terrein. Van dié stories, meestal wat op die YouTube-video vertel is, is toe net speels. Die gebou was wel net ’n dagkliniek en nie ’n hospitaal met ’n intensiewesorgeen-heid nie. Die informante het ook voorgehou dat mense al oorlede is op die perseel wat ook onwaar is.

Albei die eienaars Eloïse en Deon Botha, het deurentyd gelag vir die verkeerde inligting wat aan Wapad deurgegee is.

Eloïse glo wel in spoke en sy het na bewering ’n aanvoeling vir die bona- tuurlike. “Só iets is die eerste aspek waarna ek oplet wanneer dit by die koop van ’n perseel kom.” Sy was seker van haar saak: “Ek het geen ei-enaardige gevoelens oor dié perseel gekry nie.”

“Maar,” het Eloïse beklemtoon, “hier is nie spoke in Mystic nie.” Sy het Wapad se nommer geneem en be-loof om te bel as haar spooksintuig beep.

Page 9: Wapad - 7 Maart 2013

LYNTHIA JULIUS

Dysfunctional Beat (DFB) ’n kun-ste-onderliggaam van die NWU-Pukkampus, stel Maart vanjaar hul eerste kalender bekend.

Hulle fokus op eenheid in di-versiteit siende dat hul dans-groep uit ’n verskeidenheid van kulture bestaan. Die doel van die kalender is om hulle as groep te bemark. Die idee kom vanuit die begeerte om beweging uit te beeld en nie net dans nie.

“Wanneer jy dans, beweeg mu- siek deur jou, asof die musiek sê: Doen dit nou,” meen Lelanie Reiners voorsitter en sekreta-resse van DFB. Ou voertuie en ’n sleepwa is tydens die eerste shoot voor die Mooirivier-win-kelsentrum ingespan om die taak te verrig.

Een van die hoofborge van die groep is Varsity Cup en die Varsity Cup-Harley word in een van die tonele gebruik. Om die Varsity-gees te beklemtoon, word

daar beplan om dit by die Fanie du Toit-sportterrein te skiet. De Vos hoop dat dit op FNB- en Var-sity-webtuistes sal verskyn vir bemarking.

“Ons siele kommunikeer deur die musiek,” het Carina de Vos met die portefeuljes sosiaal en klerasie van DFB aan Wapad vertel.

De Vos het ook vertel dat hulle eers plaaslik hul kalenders wil versprei en later op ’n nasionale vlak wil uitbrei.

DFB-kalender beweegDFB-kalender beweeg

Een van die foto’s op DFB se kalender.FOTO: PICTURECAFÉ

Een van die foto’s op DFB se kalender.FOTO: PICTURECAFÉ

Raak opgewonde vir RAMfest 15 & 16 Maart 2013 - Fourways

Wapad gee nog drie kaartjies vir RAMfest weg en jy kan die gelukkige wenner wees. Wat is die mees random item wat jy RAMfest toe sal inpak?

RAMFEST KAARTJIE VERKOPE BYwww.ticketbreak.co.za/ramfest

KEVIN DU PLESSIS

Verraaiers, ’n Afrikaanse fliek wat afspeel tydens die Anglo-Boereoorlog draai nou in tea-

ters. Dié fliek vertel die verhaal van die opoffering en moed van boereveg-ters wat moet kies tussen die vroue en kinders wat agtergelaat is op hul plase of om aan te hou met die oorlog teen die verdrukkers wat reeds die oorhand in die stryd gekry het.

Die hoofrol vertolk deur Gys De Villiers, is kommandant Jacobus van Aswegen wat ’n fiktiewe karakter is en ook saam met die bekende naam Generaal De la Rey geveg het in die Eerste Vryheidsoorlog. Hy neem ’n besluit wat na sy mening die logiese en morele uitweg is - om terug te keer na sy plaas om sy familie te beskerm. Sy seun en skoonseun volg sy voor-beeld.

Hulle word dadelik as verraaiers en hensoppers uitgemaak wat lei tot aanklagtes op hoogverraad en ’n stryd vir hul lewens in die aangesig van ’n kruisvuur.

Die regisseur Paul Eilers, wat self in televisiedramas soos Vyfster en Song vir Katryn gespeel het, vertel

dat hy weer ’n reaksie van ongeloof sal kry soos met sy vorige fliek Roep-man. “Mense gaan sê ‘dis nie waar nie’ en ‘ons familie was nie so nie’. Maar hulle is tog fiktiewe karakters en enige reaksie is ’n goeie reaksie,” vertel Eilers aan Pasella. Soos met Roepman kry dié regisseur dit reg om sterk emosies van Afrikanerpatrio-tisme te wek.

Die draaiboek wat aanvanklik ef-fens deurmekaar is soos dit rond-spring tussen drie verskillende tyd-perke, het ’n interessante benadering wat wys hoe dié fliek ook gaan oor die implikasies van elke besluit wat jy neem soos die nagevolge strek oor generasies.

Die rolverdeling is deeglik deurdink. De Villiers se spel is oor-tuigend ten spyte van ’n paar onoor-tuigende tonele aan die begin van die fliek. Hy lei die emosionele wipplank van keuses, gevolge, geregtigheid en onregverdigheid deur tot die einde. Jacques Bessenger met ’n goeie Skot- se-aksent verdien vermelding vir sy hartskeurende spel in sy karakter se verhoor in die hof. Andrew Thomp-son wat kort ná die verfilming van sy tonele selfmoord gepleeg het, gee

’n mens hoendervleis soos hy die dood in die gesig staar.

Verraaiers is ’n lang fliek, maar die kinematografie is uitstekend. Die redigering het net een gaping wat die uitkoms te vroeg weggee en dit is die simbool van die bidsprinkaan wat sy tweede verskyning te vroeg maak. Die kyker besef wat gaan gebeur en dit verlaag angsvlakke op die klimaks van die verhaal.

Die vroue by die huis se tonele dra ondertone van kom-mentaar op God se rol in oor-log en laat ’n mens uiteindelik met ’n gevoel van verlatenheid en onregverdigheid. “Voor elke veldslag bid ons in Afrikaans en hulle in Engels,” sê CJ van Aswe-gen vertolk deur Viljé Maritz.

Dié fliek is ’n stap in die regte rigting vir die Suid-Afrikaanse rol-prentbedryf. Dit raak jou aan en trek jou in soos dié ultra-emosionele ver-haal aan jou wortels begin pluk. Dit laat jou twyfel oor mense in gesagspo-sisies en laat jou dink oor die goddelike aspekte van oorlog.

Fliektomaan: Verraaiers

SIMON SONNEKUS

Feesgangers tel die dae af. Elke uur bring dié geesdriftiges nader aan die verhoog, die klank, die ligte, die kopswaai en die herin-neringe van ’n onvergeetlike aand. RAMfest is om die draai en almal wat daardie goue kaartjie besit kan nie wag om te vergader by Riversands Farm in Johannes-burg nie.

RAMfest se repertoire bevat groot name soos Rise Against, Bring me the Horizon, Pendulum en verskeie ander internasionale DJ’s. Verder spog die line-up ook met puik Suid-Afrikaanse groepe soos Beast, Van Coke Kartel en

die besige band Black Cat Bones. RAMfest bied jaarliks toegang

vir minder bekende Suid-Afri-kaanse bands om op ’n wêreld-klas verhoog hulle musiek ten toon te stel. “Sekere bands is ge-maklik met optredes in toe klubs, maar kry nou ’n kans om op ’n opelugverhoog te kan speel, dit is hulle droom,” het Hannes du Ples-sis eienaar van Memphis gesê. Du Plessis het al vir verskeie jare bands soos die Tuindwergies bestuur.

“Jy kan RAMfest vergelyk met iets soos Download fest in Don-nington en die VANS Warped Tour. Dit bied egter meer ver-skeidenheid aan en gee feesgang-ers die geleentheid om alles van hard rock tot electronica te ge- niet,” het Du Plessis gesê.

Mia Jordaan ’n Wapad-joerna-lis en geesdriftige feesganger, het vir alle nuwe RAMfest bywoners waardevolle raad gegee oor wat om te verwag dié naweek.

“Eerstens, as jy kamp dames, bring wetwipes. Dit is werklik jou beste maat vir ’n plaas sonder

storte. Verder moet jy onthou om verskeie komberse te bring vir ’n koue nag of lê-oppervlak-te voor die verhoog.”

Jordaan sê ook dat plastiek-bottels ’n belangrike item wees in jou pakkasie is. “Jy mag nie glasbottels na die verhoog-gebied neem nie. Daarom moet jy alles oorskink in plastiek-houers.”

Albei Jordaan en Du Plessis stem saam dat RAMfest van die beste feeste in Suid-Afrika is en dat dit verder net beter gaan word.

“Hopelik sien ons in die vol-gende paar jaar iets soos Kill-switch Engage en Lamb of God by die fees,” het Du Plessis gesê.

Jy kan RAMfest vergelyk met iets soos Download fest in Donnington en die VANS Warped Tour

WEN!

VRYDAG 15 MAART:17h30 - Man As Machine18h30 - Black Cat Bones19h30 - The Inspector Cluzo (Frans)20h30 - Fuzigish21h30 - Van Coke Kartel (sameswering)23h15 - Jack Parow

Red Heart hoofverhoog:SATERDAG 16 MAART : 13h30 - The Hammer Of Redemption 14h30 - Deity’s Muse 15h30 - Truth & Its Burden16h30 - Juggernaught17h30 - Beast18h30 - Mind Assault19h30 - Pestroy21h00 - Bring me the Horizon (VK)23h00 - Rise Against (VSA)

Page 10: Wapad - 7 Maart 2013

KUNS EN VERMAAK10 | 7 MAART 2013

FRANCOIS LION-CACHET

In ’n dorp sonder water – Potchef-geenstroom – is dit stiller as ge-woonlik op die laaste dag van Fe- bruarie weens almal na groener weivelde sonder waterbeperkings gevlug het. Daar is egter nog ’n paar siele wat agter gebly het. Óf dit nou is omdat hul afkomstig is van die droeër en verre Namibië óf omdat hul vir die musiek gebly het.

Memphis raak egter stadig maar seker voller maar tog nie té vol nie. Die crowd kry solank ’n koue een om die dors te les terwyl die klanktoetse gedoen word. Die geluide van ’n band met ’n belowende naam in ’n dorre-tyd breek deur die lug. Dis onheil-spellend, swampy, ernstig, sterk, donker, apokalipties en gevul met baskitaar – dis Die See en hulle is iets anders.

Hulle fokus op lang instrumentele tus-senlopies om dramatiese-effek op te bou. Die See is nie gehaas nie, maar daar is tog ’n ondergevoel van dringendheid. Met sekere tye kan jy jou oë toemaak en glo dat dit Foto Na Dans met hul kenmerkende op-era-rock & roll voor jou op die verhoog is. Die vibe wat hulle wil bereik kom egter nie heeltemal deur na die gehoor op dié spesi-fieke aand nie.

Naas Veld laat die gehoor sweef op goeie klanke met ’n sokkie-draai hier en daar, want dis mos Potchefstroom. As jy van Mumford & Sons en Kings of Leon hou met ’n Tuindwergies-look, is dit die groep vir jou. Die lirieke is duidelik en catchy en die melodieë deur die kitaar nog meer só. Goeie musiek, goeie tye.

Veld en See

KOBUS OLIVIER

Potchefstroom se mu- siekliefhebbers wat nie so maklik deur die wa-

tertekort afgeskrik is nie, is verlede Saterdag bederf met die eerste Oakyard Session in drie jaar.

Terwyl toeskouers hulself op die gras gemaklik gemaak het met piekniekmandjies en kom- berse, is hulle vermaak deur die akoestiese talente van opko-mende musikante en groepe van die Potchefstroom-area. Die ge-beurtenis gee blootstelling aan jong kunstenaars en fotograwe.

Snowing Down South en Ta-mara Tree wat vanjaar ook by RAMfest gaan optree, het albei die naglug gevul met musiek.

No Dancing! se twee lede Henk Labuschagne en Ciska Joubert, is die stigters van die oorspron- klike Oakyard Sessions.

Die aand het gesorg vir baie geleenthede om bottels Tassen-berg te wen. Baie mense kan dit sien as 'n tipe stapeldrank vir die grassittende-aanhangers van geleenthede soos dié wat effens nader aan die aarde is as ander gigs.

“Mense in Potchefstroom is uitgehonger vir dié tipe live mus-

iek. Toe ons die eerste keer van-dag se event op Facebook post, was almal net soos, ‘F*k ja’,” sê Waldo van Wyngaard een van die organiseerders.

Volgens Van Wyngaard gaan Oakyard Sessions egter oor meer as net vermaak. “60% van die wins wat ons maak, skenk ons aan liefdadigheidsorganisasies onder meer die plaaslike SPCA,”

Renaissance vir jong musikante

het Van Wyngaard gesê. Aangesien daar geen ingangs-

koste is nie, word daar geld in-gesamel deur Oakdogs te verkoop en vir donasies te vra. Daar word ook stamp collectors verkoop teen R20. As jy tien plakkers versamel het, kry jy ’n gratis T-hemp.

“Ek dink dit gaan baie populêr word,” sê Ruan van der Lith ’n derdejaar rekeningkundestudent wat vir die eerste keer 'n Oak- yard Session bygewoon het. “As jy hier sit en jy kom in die vibe van die musiek en al die bands, wil jy hê meer mense moet hier-van weet. Jy wíl jou vriende nooi.”

Jy wíl jou vriende nooi.

Slide Brown en Papsak maak musiek op die verhoog by die eerste Oakyard Session in drie jaar. FOTO: JANDRÉ MEIRING

CHRISTIAAN DU PLESSIS

Al ooit gewonder waar kuier die plaaslike mense van Potchef- stroom?

In die Baillie-park omgewing is daar ’n hele reeks kuierplekke versteek wat die gewone Bult-partytjie-ganger in sy jare as stu-dent sal miskuier. Dié kuierplek- ke is dus ’n eerstejaars-paradys as seniors vermy wil word.

Die Hardekool is ’n rugby-lief-hebbers pub met verskillende Currie-beker vlae teen die dak opgeplak en ’n grootskerm-tele-visie vir rugby en sokker. Die kos is goedkoop, lekker en baie – wat goeie punte verdien op die stu-dentekriteria. Daar is daagliks spesiale aanbiedings op die spys-kaart. Vrydae is daar steak and chips vir R50 en Woensdae is dit R30 vir ’n kaasburger en skyfies.

Robert Nicholas ’n bekende gesig by Die Hardekool, het gesê hy is gek oor die plek. “Ek voel tuis hier. Almal ken mekaar en almal is vriendelik.”

Timeless cocktail bar and cigar lounge is ’n statige, tog informele kuierplek agter die Spar in Bail-lie-Park. Pers kersliggies verlig die dak en rock-musiek word gespeel.

Daar is ’n groot verskeiden-heid kos op die spyskaart – van crumbed pork chops tot ’n kaas-burger. Die kos is ’n bietjie duur-der as Die Hardekool s'n, maar dit val steeds binne die studente-begroting. “Timeless is ’n rustige en gesellige plek,” het Lana die kantienvrou gesê. Op Vrydae is daar ’n Jam Jar special vir R25 wat baie gewild is. Selfs van jou snobistieste vriende sal ’n Brutal Fruit by Timeless kom knak.

Domino’s is op die Johannes-burgpad (N12) uit by die Fruit and Veg aan jou regterkant. Do- mino’s is ’n mengelmoes van alles. Op die mure is daar in wit bord-kryt geskryf. Twee stelle onder- klere wat geraam is, word uitge-stal. Alles terwyl Bob Marley in die agtergrond speel. Daar is nie ’n groot verskeidenheid kos nie, maar dit is goedkoop. Die Domino mega breakfast is ’n meneer van ’n ontbyt wat jou slegs R40 uit die sak sal jaag. Lesley Kapp het gesê dat jong en ou mense daar kuier. “Hier is iets vir almal.”

Elke student moet ten min-ste een keer voor hul klaar ge-swot het ’n draai gaan maak by dié kuierplekke net om jouself te dompel in die ware Potchef- stroom. Daar waar die plaaslike mense kuier.

Régte Potch mense en plekke

Hoofsanger van Die See Henry Cadle Ferreira sing sy hart by Memphis uit op 28 Februarie. FOTO: SIMON SONNEKUS

7 MAART KampusDebat (FINAAL)

Memphis PotchJan Blohm & Snowing Down South

9 MAART Memphis PotchShadow Club & Anti Retro Vinyls

10 MAARTKonservatoriumLukas Vondracek

12 MAARTPotch DamToeka Makiti “Festival of Colours”

14 MAART Memphis PotchMr Cat & the Jackal

15 MAARTTaste CaféWoolworths Wine & Sushi Tasting

16 MAART Memphis PotchBlueScrew feat Jaco Meyer

Taste CaféWoolworths Wine & Sushi Tasting

19 MAARTDuikwegCanvas

KonservatoriumGrahamstown Sextet

21 MAART Memphis PotchMoving House & Bouwer Bosch

23 MAART Memphis PotchBlueScrew feat Jaco Meyer

28 MAART Memphis PotchThe Plastics

Regstelling:Na die berig "Potch versot op Soesji" is daar 'n regstelling aangende van die pryse van Soesji. QBA en Taste Café se Fashion Sandwiches is 8 stukke en van R41-R50. Hulle Sashimi is 3 stukke teen R45.

Page 11: Wapad - 7 Maart 2013

KUNS EN VERMAAK | 117 MAART 2013

Smulpaap-resensies

Goedkoopste cocktails in Potch

NADIA SWANEPOEL

Dikwels lyk dit of daar ’n wan-persepsie onder studente is ra- kende die NWU-Galery. Dit word met woorde soos "vervelig", "vreemd" of "slegs vir kunslief-hebbers" geassosieer. Is dit gel-dig om ’n opinie te lug indien jy nog nooit jou voete daar gesit het nie?

Christina Nauratell kurator van die NWU-Galery, het lig op die dieper, donker area van kuns geplaas. “Kuns is vir almal. Dis die ingenieurs en prokureurs wat eendag kuns gaan koop, nie die kunsstudente nie,” het Nau-ratell gesê.

Openingsgeleenthede waar-tydens die kuns onthul word, is die ideale geleentheid vir stu-dente om blootgestel te word aan gekultiveerde geleenthede. Ge-sellighede soos dié verleen hom daartoe om deftig aan te trek en bied ’n leerskool waar ingeligte opinies oor die kunste metter-tyd gevorm kan word. Almal is welkom om deel te word van ’n elite geleentheid waar soveel as 250 belangstellendes saamdrom.

Ons het al karlisensies, stemregte en inspraak op ons toekoms. Wat keer ons om mee-gevoer te raak oor ’n duursame, unieke kunswerk en dit boonop oor ’n glasie wyn saam met vriende te geniet?

GALERY-ETIKETDeur gesofistikeerd aan te

trek gaan mense jou meer ernstig opneem. Moenie lyk of jy pas van ’n gim-sessie afkom nie.

Eet gerus iets voor jy die opening bywoon. Dis ongeskik om die versnaperings wat voorsien word jou aandete te maak. Dit keer ook dat die wyn te vinnig na jou kop toe gaan.

Kuns is nie dieselfde sonder wyn nie. Dit skep ’n ontspanne atmosfeer en bring daardie tikkie klas tot die geleentheid. Matigheid voor oë sal wel waardeer word.

Moenie skroom om jou opinie oor die kunste te vorm nie. Waak dalk net daarteen om slim te probeer klink. Jy mag jou dalk vasloop in ’n kenner.

Moenie aan die kuns raak indien so aangedui nie. Vet-kolle op papier rig permanente skade aan. (Deur Elani Willemse)

Vorm jou kunsopinie

Studente skink wyn by 'n uitstalling in die Botaniese Tuin Galery.

FOTO: MARI SCHEEPERS

FOTO'S: Bo: KEVIN DU PLESSIS Onder: COLETTE BOTHA

*Cocktails is gratis aan Wapad resensente verskaf.

Voorgeskrewe Sêr-liedjies 2013

App: ScanLive

MANSImagine Dragons

Demons

VROUEBell Book & Candle

Rescue Me

FRANCOIS LION-CACHET

Die destydse NWU-Puk-filmfees het duisende mense gelok, tien-talle films gewys en dit was ’n hoogtepunt op die vermaak-ka- lender. Vandag lyk die storie egter anders – daar was slegs 13 mense by Sondagmiddag 24 Februarie, se kunsfilmvertoning.

“Die filmfees het vir 21 jaar lank gehardloop met die laaste een in die jaar 2005,” het prof. John Bo-tha die dryfkrag agter die bietjie van die fees wat vandag nog oor-bly, gesê. “Die filmfees was groot op kampus. Daar was tye waar die ouditorium se 1280 sitplekke alles vol was en mense op die trappies ook moes sit. Daar was 35 tot 42 films gewys tydens dié fees. Ons het ook elke jaar ’n premier-film gehad. Bekende persoonlikhede was ook dikwels ingekry.

“Die studente het begin kla dit raak te duur. Al hoe minder het opgedaag vir die films. Waar ons voorheen genoeg inkomste gehad het om kultuurbeurse toe te ken, het ons later nie meer genoeg ge-

had om die uitgawes te dek soos byvoorbeeld die betaling van die films se vertoonregte nie. Ons projektor was ook al verouderd.”

Botha het geen twyfel oor hoekom dié fees se bywoningsge-talle so drasties afgeneem het oor die afgelope paar jaar nie: “Die fees was nie meer bygewoon nie weens DC. Daar word nou genot gevind uit iets wat jy gesteel het.” Hy noem ook DVD’s en die tegnol-ogie rondom dit het veroorsaak dat mense verkies om dié films eerder op hul eie te kyk.

Die Sondagmiddag-kunsfilms staan nou as die laaste oorbly-wende stukkie van die glans en glorie van die verlede. Baie aan-dag word geskenk aan die besluit oor watter films om te vertoon, oud en nuut. ’n Ander element

van film-kyk word ervaar saam met ander in ’n gehoor. “Met sekere films soos dié een behoort 'n mens saam te kan lag,” sê Bo-tha voor die film begin het. Vir filmliefhebbers of belangstellen-des is dié ’n móét en dit is ’n lek-ker intieme atmosfeer waarin die film waardeer kan word.

Rakende die huidige bywo- ningsgetalle sê Botha: “Solank daar net 3 of 4 is, selfs net een wat ek kan raak deur die film is dit vir my genoeg. Dis vir my ongelooflik lekker om die passie wat ek vir films het met mense op hierdie vlak te kan deel.”

Die volgende vertoning is van The Best Exotic Marigold Hotel (2012) op die 17de Maart by die Cachet-kleinteater om 15:00.

Film rol nog van fees

Die filmfees het vir 21 jaar lank gehardloop

GRAFIKA: MARIÉ SERFONTEIN

Cocktails is gewild onder studente, maar dit kan jou beursie behoorlik ruk.

Wapad het ondersoek ingestel by plaaslike cocktail-plekke om vas te stel waar jy die goedkoop-ste cocktails, maar ook die beste waarde vir jou geld kan kry.

DEUR:COLETTE BOTHA

Fine Things

Die area skep ’n mooi en rustige atmosfeer, hoewel Virgin Active se spinklas-musiek steurend kan wees. Die twee goedkoopste cock-tails op Fine Things se spyskaart is die Caprihana en Black Rus-sian. Albei word in tumbler-gla-sies bedien sonder enige garne- ring. Met die eerste sluk van die Caprihana laat die suur smaak jou kieste saamtrek, maar later word jy gekondisioneer en kry dit ’n heerlike pikante smaak. Dié cocktail bestaan uit Cane, Lime Cordial en lemmetjieskyfies. Die

QBA

Die Kubaanse musiek en dekor skep ’n gesellige atmosfeer. QBA poog om in die volgende paar maande ’n gedeelte van die res-taurant in ’n rokers-area te om-skep wat beslis meer voordelig sal wees. Die Appletini se garnering pas goed by die liggroen kleur van die drankie. Dié cocktail bestaan uit Absolut Vodka, Tang Sour Apple, Butlers Triple Sec en Lime Cordial. Sex on Satin Sheets is die tweede goedkoopste cock-tail op die spyskaart. Dit is pienk van kleur en het ’n duidelike vrugte-smaak. Die garnering gee ’n baie goeie indruk en maak die cocktail meer aanloklik. Dié cock-

River Café

Die Hawaiian Margarita word by die Beach Bar bedien. Daar heers ’n rustige atmosfeer en die sand tussen jou tone herinner jou aan somersdae by die see. Die cocktail het ’n baie soet, sitrussmaak met ’n ligtegroen kleur en die garner-ing komplimenteer die cocktail. Dié cocktail bestaan uit kiwis-troop, Tequila Tripple Sec, pynap-pelsap en Sweet & Sour-stroop. Die Pink Pussycat word by die hoofk-roeg bedien waar jy ’n uitsig oor die dam het. Dit bestaan uit Gin, pynappelsap en Grenadine. Die sterk pynappelsmaak herinner jou aan jou kinderdae toe jou ma vir jou die oorblywende pynappelsap uit die blikkie gegee het.

Picasso's

Die twee goedkoopste en gewild-ste cocktails is die Sex Bomb en die Liquid Cocaine. Dié cocktails het geen garnering nie, wat dalk meer prakties is aangesien Pi-casso’s se mark meestal uit stu-dente bestaan. Die Sex Bomb is rooi en die smaak laat jou dink aan ’n Fizzpop-suigstokkie. Dit is baie soet en geurig en bestaan uit vodka, Cherry Sours, Libido en Sparberry. Die Liquid Cocaine is helderblou en is lekker sterk. Dit word bedien in verskillende glase - ’n tumbler vir mans en ’n marti-ni-glasie vir vrouens. Dié cocktail bestaan uit vodka, Blue Curacao, Lime en fyngemaalde ys.

Dié restaurant het ’n rustige at-mosfeer en is nie noodwendig ’n plek vir wilde studente nie. Dit sal ideaal wees vir die begin van ’n aand. Die twee goedkoop-ste cocktails is die Splash en die Multiple Screaming Orgasm. Die Splash het ’n helderrooi kleur en die druiwe- en kersiegeur kom sterk na vore. Die cocktail bestaan uit vodka, kersielikeur en wit druiwesap. Die Multiple Screa- ming Orgasm is beslis nagereg. Die soet amandel- en sterk kof-fiegeur komplimenteer mekaar perfek om ’n kalmerende gevoel by jou te los. Dit bestaan uit Ama-rula, Kahlua, Amaretto, room en melk en dit is omtrent ’n bederf-drankie. Dié plek se garnering is uitstekend en hulle het ’n wye verskeidenheid.

Broken PotMemphis

Black Russian bestaan uit vodka en Kahlua. Dit is donker van kleur en gee jou ’n warm, rustige gevoel van “koffie in jou sitkamer”.

-Caprihana R40-Black Russian R45

-Appletini: R25-Sex on Satin Sheets: R30

-Hawaiian Margarita: R25-Pink Pussycat: R26

-Sex Bomb: R31-Liquid Cocaine: R21

-Splash: R36,40-Multiple Screa-ming Orgasms: R28

-Tyson: R9-Jäger-Bomb: R19

Sluit jou aand af met goeie mu-siek by Memphis.

tail bestaan uit Malibu, Peach Schnapps, Lime Cordial, Butlers Cherry en litchisap.

PLATSAK?Elke kuierplek spog met

hul eie Happy Hour

MIZAN VAN DER MERWE

Een van die dae gaan ons nie meer in die ou gevandaliseerde gesigte op die mure van die duikweg hoef vas te kyk nie, want op Dinsdag 19 Maart gaan die verf weer spat tydens vanjaar se Canvas-deur-nagaksie.

Die slepe gaan in die duikweg hul kreatiwiteit ten toon stel en probeer om die tema “Deur die verkyker” die beste en interessantste uit te beeld.

Die top drie canvasse van 2012 sal steeds op die mure bly, maar die res sal egter toegeverf word om plek te maak vir die nuwe canvasse.

“Ons wil die aksie nog meer uit-brei om studente te lok om deur-nag aan die aksie deel te neem. Die skuif van die aksie na die duikweg verlede jaar was reeds ’n verbete- ring om meer studente van die aksie bewus te maak,” het Elsabé Nortje voorsitter van die SR-Kunsteraad gesê.

Sy beklemtoon dat alhoewel dit

steeds ’n sleepaksie is, wil hulle poog om dit baie sosiaal te maak om die kompetisie tussen die koshuise te minimaliseer. “Dit gaan regtig baie lekker wees: baie sosiaal en in-formeel.” Die aksie begin reeds die Dinsdag om 07:00 en sal aanhou tot Woensdag 20 Maart om 07:00.

“Ons beoog om weer ’n kunste-naar te kry wat sy eie canvas sit en skilder terwyl die aksie plaasvind,” het Nortje bygevoeg. “Almal moet dit kom ondersteun en saam kom geniet – dit gaan baie lekker wees.”

Meer studentekuns vir duikweg

Die canvas wat verlede jaar die eersteplek gewen het. FOTO: SUANNE MULDERFOTO: SUANNE MULDERDie canvas wat verlede jaar die eersteplek gewen het.

Page 12: Wapad - 7 Maart 2013

“hi... uhm...Ek het ‘n..... GOUDVIS”

12 7 MAART 2013

KommentaarRedaksioneel

7 MAART 2013

Wapad verneem met die eerste oogopslag dat die probleem van tweedejaarsinlywing baie ernstiger is as wat dit mag lyk. Dit kom voor asof dié twee koshuise volgens die hoofberig gevang is waar hulle ontoelaatbare praktyke voortsit, maar die probleem lê nie net by hulle nie.

Dit is jammer dat Hombré so kort ná verlede jaar se insident en tugsake weer op 'n Wapad-voorblad moet verskyn met sulke swaar nuus. Daar is baie gerugte wat op kampus rondloop dat dit nie net dié twee koshuise is wat tweedejaarsinlywing toepas nie.

Seniors besef nie watter kans hulle vat wanneer hulle so trots vashou aan tradisies wat werklik geen plek by moderne universi- teite het nie. Of studente nou daaraan wil deelneem of nie, is dit absoluut onverantwoordelik om pype, krieketkolwe, belde of enige ander voorwerp te gebruik om enige vorm van lyfstraf toe te pas. Sulke ouwêreldse-studentepret is vandag niks anders as dobbel- spel met jongmense se toekoms nie.

Hombré en Ratau nie alleen in die skuld

HOOFREDAKTEUR: Kevin du Plessis (071 289 6480)INHOUDSREDAKTEURS: Colette Botha (072 521 4570) Simon Sonnekus (084 567 9271)SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw (073 399 1866)FOTOGRAFIE & GRAFIES: Mari Scheepers (073 401 8235)SKAKELING: Kobus Olivier (083 456 3714)ADVERTENSIES & FINANSIES: Albertina Ngobeni (076 940 3864)WEBMEESTER & VIDEO: Conrad van Wyk (082 563 9535)HOOFVERSLAGGEWER: Hannes Kruger (076 047 4989)HOOFTEKSVERSORGER: Joanie Schiel (083 381 4467)

Kernredaksie

Wapad bedank Music Café vir 'n spesiale vergunning

Die volgende Wapad verskyn 11 April. Beriggewing gaan voort op web.

KEVIN DU PLESSIS

Ons is almal al op een of ander tyd gekonfronteer met ’n situasie waar jy alleen gelaat is saam met iemand wat jy nie ken nie. Dan is dit oorlog in jou kop soos jy nie soos ’n aap sonder ’n piesang probeer lyk nie. Hier is tien dinge wat normaalweg in sulke situasies gebeur.

Wie het besluit die weer is almal se eerste onderwerp as jy nie weet wat om te sê nie?

Nee, dit is nie ’n mooi dag nie! As jy onoorspronklik wil wees, gaan doen dit saam met Kurt Darren.

Om vinnig op jou selfoon te kyk en te maak asof jy ’n boodskap ontvang het of een

tik is regtig nie so onder die radar as wat jy dink nie. Ek weet jy kyk net kort-kort na jou wallpaper en scroll deur jou menu.

Die awkward-strek asof jy ewe skielik moeg is... Sit nou net die valse gaap by dan lyk

jy behoorlik soos iemand wat nog nooit regtig vriende gehad het nie en tien teen een ook nooit regtig sal hê nie.

“So, wat swot jy?” As enige iemand my ooit weer daardie vraag vra in Potch gaan ek

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Teksversorgers: Salmon Becker, Louise Krüger, Jeanelle Greyling, Hannes Kruger, Antoinette Jordaan, Annerie du Toit, Luzanne Keyter en Louis Aucamp.

Uitleg: Kevin du Plessis (hoof), Joanelle Everson, Ceranhi du Preez.

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. JD Froneman by: [email protected]

Briewe Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

BRIEF VAN JACO ROOS

Ek is jammer, maar die brief wat Salmon Becker geskryf het is eintlik 'n grap! Om sommer te begin, Salmon het besluit om fiets te ry en hy't toe 'n fiets aangeskaf. Waar-voor beledig hy dan die res van die fietsryers deur te sê ons lyk lagwek-kend op fietse? Net omdat hy nie 'n ordentlike fiets wil of kan koop wat mooi lyk nie, moenie die res van ons se smaak oordeel nie. Inteendeel, ek sal graag wil sien hoe lyk sy fiets in

die Wapad dat ons almal sommer vir sy fiets kan lag.

Tweedens, as jy nie weet hoe om te navigeer tussen voetgangers en karre op pad kampus toe nie, moet dan nie sê dat alle fietsryers so sleg soos jy ry nie.

As mense vir jou lag, dan beteken dit jy ry soos jou alie, nie omdat fietsryers 'n oorlas is op die pad of dat alle fietsryers lagwekkend lyk nie.

Derdens het jy gesê dat 'n fietsryer verby jou geskuur het en veroorsaak dat jy jou koppie tee laat val. Vir

iemand wat sopas op 'n fiets geklim het en besluit om tee te dra terwyl jy ry, sal net jou eie simpel self weet. Jou ma moes jou seker geleer het, "no hands, no teeth". Laastens, bly eerder van jou fiets af, verkoop dit of skenk dit aan SJGD. Jy's 'n gevaar en maak net die res van die mense met fietse se naam sleg. Ons geniet dit om kampus toe te ry, want mense lag nie vir ons nie, hul respekteer ons. Ons hoef nie vir parkering te betaal nie, want fietsry was nog al die jare 'n Potchtradisie!

Jý lyk simpel op jóú fiets!

Munisipaliteit se leiding swak met waterkrisis

SMS 31750SMS’e SMS jou Tip-off/klagte met die woord

'Wapad' vooraan jou boodskap

Baie dankie vir die spookberig. Dit was nou nice! - Herman

Ek het op Facebook gesien "Opienie Penis" is verkeerd gespel! As jy 'n OPINIE wil hê leer darem spel! - Anoniem

Ek stem regtig saam met die Smulpaap-berig. Die SS se bacon is baie gross! - Hannelie

Ek sms julle Wapad om te sê hou op so negatief wees! - Anoniem

BRIEF VAN MARNUS KOK

Ek skryf na aanleiding van die water-krisis wat Potchefstroom laasweek geteister het en wat veroorsaak het dat die universiteit Donderdag 28 Februarie moes sluit.

Dit is wat my betref geheel en al onaanvaarbaar dat die dorp onder ’n watertekort gebuk gaan. Die snedige kritiek op NWU se Facebook-blad het duidelik ’n prentjie gebeeld van die frustrasie wat dié tekorte teweegge-bring het. Van wat ek kon aflei het die universiteit alles in hulle vermoë gedoen

om die probleem so effektief moontlik te bestuur. Wat my egter dwars in die krop steek is die totale gebrek aan leierskap aan die kant van die Tlokwe-munispaliteit. Nie een keer het ek in die pers gelees dat hulle die leiding geneem het om besighede en skole in die gebied gerus te stel en in te lig nie. Nee, ek het wel gelees dat Maphetle nie kon wag om in sy nuwe Mercedes te klim pas nadat hy as burgemeester herkies is nie. Die eerbare ding ná sy herverkiesing sou gewees het om ’n verklaring uit te reik, dit wil sê die probleem te erken en inwoners in te

lig oor die stappe wat gevolg word om dit op te los. Ek bespeur al meer dat sekere munisipaliteite dink ons as die belastingbetalers moet maar net tevrede wees met wat ook al ons kry. Hulle skakel nie met die gemeenskap nie, wat daarop neerkom dat hulle ook nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

Die NWU-Puk (soos alle besighede en skole in Potchefstroom) funksioneer nie op ’n eiland nie. Ons is almal af-hanklik van die munisipaliteit om sekere dienste te lewer. Dit is tyd dat die muni-sipaliteit sy pligte teenoor inwoners van Potchefstroom begin nakom.

opstaan, wegloop en ná so ruk te- rugkom met ’n koekie seep wat ek dwars in hulle oor gaan opdruk.

Daar is ook natuurlik daardie paar ouens wat vir jou sal sê, “Jis ou, het

jy daai lekka cherry gesien?” Sjoe, “lekka cherry”? Ek het jou pas ontmoet maar jy is regtig klaar dood vir my en ek gaan nie eens begrafnis toe gaan nie.

Daar is ook die geval van alleen gelaat saam met iemand wat baie ouer as

jy is. Oompie, tante: van waar af ek kom, hoeveel boeties en sus-sies ek het en in watter skool ek was gaan geen verandering in jou lewe maak nie. Hou op vra, hou op suck.

Ek moet sê, so afskuwelik as wat mense dink rokers se slegte gewoonte is, dié

klomp maak maklik vriende.

Geen eenvoudige oomblikke nie, net ’n cool uitdrukking en son-brille. Moet net nie nar probeer trek en saam rook as jy nie regtig rook nie.

As dit baie sleg begin raak en die ander mense kom nie terug om jou te verlos

van die sieldodende-situasie nie, moet 'n mens maar besluit om op te staan en die persoon net agter te laat. Moet dit nie probeer ver-duidelik nie, hulle weet jy gaan nie regtig badkamer toe nie. Moe-nie vals hoop versprei nie.

Een van die ergste dinge is seker wanneer jy iets gesê het waarmee die an-

der persoon nie saamstem nie. Jy het gedink hulle is okei daarmee, maar is toe nie. Nou probeer jy soos ’n dwang dwergie verduide-lik wat jy nou eintlik bedoel het. Jy het dit klaar gesê, laat dit net stilletjies weg dryf soos ’n poep in ’n onderrok.

Wapad weet van aw- kward-oomblikke. Ons stap daagliks verby

mense oor wie al berig is in die koerant. 'n Mens hoef seker nie eens te noem dat almal nie altyd gelukkig is daaroor nie. Maar kom nou, ons almal se asem stink.

Mooi weer né?

‘I like your Christ; I do not like your Christians. Your Chris-tians are so unlike your

Christ.’ -Mahatma GandhiEen van die baie goed wat my

ma my geleer het was dat ’n mens nooit oor een van die volgende onderwerpe mag praat nie: geld, politiek en geloof. Ek bly egter lankal nie meer onder my ouers se dak nie, so dit is nou tyd vir my

om te bieg. Ek hou nie van jou nie. Jy is nie my oom nie. Jy is nie met my tannie getroud nie. Vir my is jy net nog ’n omie op ’n verhoog…

Daar is basies twee punte van oom Angus se filosofie of oortui- ging waarmee ek glad nie saam-stem nie.

Eerstens het ek ’n probleem met die feit dat hy manlike superiori- teit bevorder. Wêreldwyd is daar

op hierdie dag vroue wat deur mans onderdruk word. Ek verwys nie na die vrou wat gestenig word omdat sy volgens haar man hom nie dien nie. Ek praat van die tan-nie wat twee huise van jou af bly wat seker maak dat haar man se kos op die tafel is wanneer hy ná vyf by die huis kom. Sy doen dit, want sy weet wat gaan gebeur as dinge nie in orde is nie. Ek wil dus

vir jou vra of dit wat verkondig word, dan rêrig so wonderlik is?

Ek het genoeg respek vir my medemens om hulle tot hul eie doen en late oor te laat. Ek oordeel nie wat jy doen of hoe jy dit doen nie, dalk die klere waarin jy dit doen, maar ek is gelukkig genoeg in myself en my keuses om mense te aanvaar soos hulle is. Sal jy dit kan doen? Sal jy saam met iemand

van ’n ander geloof om ’n tafel kan sit en nie kriewelrig voel nie?

Ek het glad nie ’n probleem met geloof nie, geloof is baie soos geld, as jy dit het, is dit wonderlik, maar dit beteken nie jy moet dit in ander se gesigte druk nie.

Laastens wil ek net vra dat as my gestenigte lyk vroegoggend langs die treinspoor gekry word julle asseblief my ma moet bel.

Liefste oom Angus…

Salmon Becker

Dié rubriek weerspieël die opinie van die skrywer en nie die koerant nie.

GRAFIKA: SW THERON

Page 13: Wapad - 7 Maart 2013

JOPIE HENNING

Die CANSA Relay for Life is ’n jaar-likse inisiatief van CANSA om fondse in te samel en bewusmaking te bevorder. Die Relay is hierdie jaar vanaf 9 tot 10 Maart. Volgens Suzette du Toit van CANSA Relay for Life Potchefstroom, verwag hulle dat on-geveer 200 spanne gaan inskryf. “ ’n Span bestaan uit 10 tot 15 lede waar-van daar altyd ten minste een lid op die baan waarom die spanne gaan be-weeg moet wees.” Du Toit verduidelik dat alle fondse wat ingesamel word gedurende dié geleentheid aangewend gaan word vir CANSA. “Daar sal verversings te koop wees en van die spanne gaan self ook verversings verkoop.” Deur die loop van die aand is daar ook alle vorme van vermaak.Die Relay is ’n jaarlikse instelling wat ’n paar jaar gelede in Potchefstroom ingestel is. Dit word vanjaar weer op die Fanie du Toit-sportgronde gehou. Spanne kan reeds om 15:00 Saterdag 9 Maart bymekaar kom en hul stal-letjies regkry. Die amptelike opening is om 18:00 en die Relay duur tot die volgende oggend 6:00 waarna ’n klein erediens gehou sal word. Die gospel-

sangeres Christelle Nortjé tree ook op. Vir elke rondte wat voltooi is, kan ’n kraletjie geryg word aan ’n string wat teen R20 verkoop word. Teen die einde van die aand het jy dan ’n kraletjie vir elke rondte geloop. Een van die groot trekpleisters van dié geleentheid is die “oorwinnaars-seremonie” waar almal wat kanker oorwin het of steeds teen kanker veg, eerste om die baan met ’n erewag deur die weermag loop. Dié jaar sal 200 Sjinese-lanterns die lug ingestuur word gedurende dié oorwinnaars-seremonie. Reg rondom die baan is papiersakke wat versier is deur ge-liefdes wat reeds iemand aan die dood afgestaan het as gevolg van kanker. Die papiersakke is met foto’s versier en ’n kers brand deur die nag daar-binne.Kom ons as NWU-Pukke ondersteun die geleentheid en so ook ons spanne van ASV’s en koshuise wat gaan deel-neem.

| 13 7 MAART 2013

BENINE CRONJÉ

’n Obsene plakker het op 20 Feb-ruarie niksvermoedende NWU-Pukke in hul spore gestuit.

Die ligblou plakkers – so groot soos ’n slimfoon – was op verskeie kennisgewingborde en ook op die borsbeeld van Sol Plaatje voor die ingang na die Frans du Toitge-bou geplak voor ’n span van die Studenteraad se bemarking en openbare betrekkinge (BOB) por-tefeulje dit vroegoggend verwyder het.

Carla Mouton nuusredakteur van PUKfm, was een van die eerste mense wat die plakker op die PUK-fm-ateljee se venster gesien het.

“Dis belaglik, onbeskof en on-vanpas,” het Mouton gesê.

Die plakkers is glo baie vroeg opgeplak op ’n mini-opedag waar-op verskeie skole die NWU-Puk-kampus besoek het.

Lourens van Wyk studenteraads- lid vir BOB, sê hy het omstreeks 08:00 van die plakkers gehoor en onmiddellik opgetree.

“Dit is teen die waardes wat die NWU-Puk uitleef,” het Van Wyk gesê. Volgens hom kan daar dissiplinêre stappe geneem word

teen diegene wat verantwoorde-lik is vir die plakker omdat dit die kampus se naam skade aandoen.

’n Anonieme brief deurtrek met krutaal, is verlede week aan Wapad gestuur waarin ene Boed-dha Perske verduidelik dat Opie-nie Penis ’n anargistiese forum is.

Perske sê dié forum staan vir alles wat reg en regverdig en eties is. Volgens die skrywer is die plakker ’n manier vir gewone mense om hul stem te verhef.

Die skrywer sê ook hy “haat” mense wat nie kan parkeer nie en in die middel van die pad stilhou en dat hy R30 ingangsgeld moet betaal om by oorvol kuierplekke in te kom. Volgens hom “waar- deer” hy ’n stelsel waar elke mens geregtig is om te sê wat hy wil al het hy nie ’n titel nie.

Opienie Penis staan ook glo vir “ware welsynswerk waar die sielsmotief van die werkers nie ’n vakansie is nie. Hy waardeer ingeligte mense. Mense wat bydra daartoe om die wêreld ’n f****n lekker plek te maak. Hy waardeer talent, waarvan daar m**r baie is in ’n sekere plattelandse dorp.”

Perske sê dié organisasie is ook gekant teen mense wat voor-

Skokplakker laat kampus gons

Loop vir kanker

Skryf ’n span in: Î ROSIE VAN DER HEEVER Î 082 520 8450 Î [email protected]

opgestelde idees het oor geloof, geslag en ras.

“Opienie Penis is ’n optimis wat dink dat indien daar ’n platform is vir mense om hulle opinie te lug, kan die wêreld dalk stadig maar seker ’n minder f**ked-up plek word,” lui die brief.

Janco Jordaan SR-Voorsitter, het gesê die plakkers leef nie die

waardes van die NWU-Puk kam-pus uit nie. “Hulle oortree be-markingsreëls, dit is nie die beeld wat ons wil uitgee nie en geen ander student sal daarmee wil as-sosieer nie.”

Hy het gesê daar is kanale waar-deur studente hul menings kan lug.

In sekere kringe op kampus

word bespiegel of dit ’n grafiese student was wat die plakker uitgedink het.

Willie Blignaut ’n grafiese stu-dent, het egter aan Wapad gesê: “Niemand weet iets daarvan nie, maar dit is walglik. Ons is ook nie besig met ’n tipiese projek wat so iets sou gebruik om reaksie uit te lok nie.”

'n Skandering van die obsene plakker wat deur die selfgenoemde Opienie Penis versprei was op kampus sowel as ander plekke in Potchefstroom.

Wit en swart is tydloos. Maak nie saak in watter era jy jouself bevind nie. ’n Swart en wit nom-mertjie sal altyd mense se koppe laat draai. Dié uitgawe van Wapad-mode word aan swart en wit mode opgedra en is ’n viering van die sukses van hierdie kleurkombinasie in mode deur die jare.

So wanneer jy in die vervolg voor jou kas staan en nie ’n idee het wat om aan te trek nie, onthou altyd dat swart en wit jou nooit in die steek sal laat nie.

SAMESTELLING:Anja KocksMODELLE:Rina CilliersAlbertina NgobeniCharlotte Hanekom

SAMESTELLING:Anja KocksMODELLE:Rina CilliersAlbertina NgobeniCharlotte Hanekom

Swart & WitSwart Wit

Page 14: Wapad - 7 Maart 2013

SPORT14 | 7 MAART 2013

Die Rissie wil sommer dié skryf- stukkie open deur baie geluk te sê aan Laureus se Eerstejaarsrug-byspan en natuurlik almal wat betrokke is by die span met hul uitnemende prestasie en vorde- ring. Die Rissie sal definitief sê dis die gepaste manier om die (rugby) jaar mee te begin.

Iets wat egter nié so gepas is nie is koshuise wat twee ure laat opdaag vir hul uitdunrondte-krieketwedstryd teen Caput. Wat- okal dié koshuis se (eintlike) rede vir hul laat aankoms was, dink Die Rissie dat hulle net dalk ’n bi-etjie oor stiptelikheid moet leer in "Die Huis op kampus".

So Potchefstroom was sonder die stroom vir ’n hele paar dae wat natuurlik baie erg was vir Die Ris-sie aangesien hierdie watertekort die NWU-Puk sportloos gelaat het, maar toe besef sy dat daar tóg mense is wat erger af is, soos

Thaba-Jäh wat in dié kort tydjie sonder water én ’n binneshuise-hokkie-titel sit.

So gepraat van titels, Die Rissie is kinderlik opgewonde oor die Koshuisliga-rugby wat môre-aand afskop, en alhoewel dit te vroeg is om te spekuleer wie vanjaar met die titel gaan wesgtep, kan mens nie anders as om te wonder nie.

Van een veld na ’n ander. NWU-Puksokkervelde. Ai, hierdie is die enigste onderwerp wat Die Rissie meer depressief laat as die Bulle se spel teen die Western Force in verlede naweek se Super Rugby-ontmoeting. Kyk, as spelers nou al begin sê dat hulle al die bal tot by die Joolplaas dribbel in ’n wed-stryd omdat hulle nie die lyne kan sien nie en nie kan oefen omdat die ligte permanent afslaan ty-dens oefening nie, moet die mense in beheer hiervan begin wakker skrik.

NWU-Pukspanne wen maklik

Ibbies oorrompel dorpspanSIMON SONNEKUS

Potchefstroom se waterkrisis het verseker nie die vurige rugbykoors in dié dorp ge-

breek nie. Skouspelagtige rugby is Saterdag 2 Maart, gespeel by die Potchefstroom-rugbyklub as deel van die Presidentsliga. Daar is al vroeg tente opgerig en vure het lekker gebrand teen die tyd wat die aksie begin het.

Die NWU-Puk se O/21-span het eerste kragte gemeet met Potch-dorp se O/21-span. Die Potch-dor-pers het al vroeg in die wedstryd gesukkel om die fisies en vinnige NWU-Pukspan van hulle doel-lyn af weg te hou. Die O/21-span het by die losgemale maklik die opposisie-spelers meters terug op hulle boude laat sit. Verder het die NWU-Pukspan tydens lynstane en skrums ook die klubspan weg- gespeel.

Die dorpspan het egter die NWU-Pukspan laat sweet met tye en hul moes drasties verdedig. Die NWU-Pukspan het maklik 55-8 die stryd gewen.

Die Steinhoff-koshuisligaspan Villagers, het in die ekstreme

Wêreldsportnuus

Ringbalreuse bly onoorwonne

NADIA SWANEPOEL

“Regstaan!” Klink dit van die kantlyn soos die skeidsregter Ringbal 2013 se eindstryd laat afskop. Dit was geensins ver-basend toe Heimat en Karlien (wenners van 2012) dit weer reggekry het om die wa deur die drif te trek nie.

Die eindstryd was ’n naelbyt-stryd tussen die eerstespanne van Karlien en Kasteel toe hul aanvanklik gelykop eindig. Ná ’n ekstra 10 minute van stra- tegiese en dominerende spel het Karlien met ’n 46-35 oor-winning weggestap. Heimat se finale kragmeting was teen Villagers vir wie hul uiteinde-lik 37-31 verslaan het. Excelsior en Karlien 2 het ’n derde plek verower en Veritas en Bel-latrix vierde. Spelers van dié spanne sowel as enige ander belangstellendes kan Dinsdae- en Donderdae-aande om 18:00 saam met die NWU-Puk oefen. Jy maak jou dan verkiesbaar om moontlik die enigste uni-versiteit wat ringbal aanbied, te verteenwoordig.

“Die koshuise se oorwel- digende geesdrif teenoor die sport het beslis dié jaar uit-gestaan. Veral dié wat vir die eerste keer die jaar ingeskryf het vir die liga,” het Divan Bo-tha lid van NWU-Pukkorfbal-bestuur, gesê. Die naam Korf- bal het amptelik in 2010 na Ringbal verander toe die sport internasionaal geregistreer is. Vir ontwikkelingsdoeleindes word volgende jaar se koshuis-liga deur SA-Ringbal geborg.

hitte koppe gestamp met Potchef-stroom-rugbyklub se tweede span. Villagers het met seepgladde han-tering en vinnige beweging tus-sen die losgemale gewys hoekom hulle deelneem aan die nasionale kompetisie. De la Rey van Huys-steen binnesenter vir Villagers, het veral beïndruk met fisiese deurbrake deur die verdediging. Dit was duidelik Villagers se dag toe die eindfluitjie geblaas is met 'n goeie oorwinning van 45-0.

Die NWU-Puk se Ibbies-span het ook op verlede week se sukses gebou nadat hulle die Potch-dorp-span met 68-6 geklop het. Hulle het met gemak gebreek deur alle teenstand wat Potch-dorp gebied het. Die dorpspan kon geensins die magtige aanval staak nie. Curt Ruiters het drie keer agter die pale gaan kuier. Ruiters se spanmaats het baie lof gehad vir sy vinnige voete. Daar is tot by die kantlyn gespot met die hattrick-hero van die Ibbies-span.

Ibbies se Curt Ruiters oppad doellyn toe vir een van sy drie drieë.

FOTO: SIMON SONNEKUS

Rooi Rissie praat oor Eerstejaarsrugby, koshuiskrieket en onbruikbare sokkervelde

Die O/21-span het by die los-gemale maklik die opposisie meters terug op hulle boude laat sit.

EUGENIE GREGAN

Die jaarlikse Interkampus-sportdag word vanjaar op 9 Maart in Mafikeng gehou.

Op dié sportdag neem die drie kampusse van die Noord-wes-Universiteit Potchefst-room, Mafikeng en Vaald-riehoek, in verskillende sportsoorte teen mekaar deel. Die doel van hierdie dag is om spanne te help om voor te

berei vir die komende ligawed-stryde, dus is alle wedstryde vriendskaplik en geen beker is op die spel nie.

Sportsoorte waaraan die mans en dames kan deelneem sluit in sokker, hokkie, tennis, skaak, basketbal en pluimbal. Vir die mans is daar ook sewes-rugby en krieket en die dames kan hul spanne bymekaar kry vir die netbal.

Interkampus om die draai

We offer value for money meals & warm hospitality, come try us!

BREAKFAST SERVED ALL DAY Breakfast from R19.95

Great Coffee for only R10

HOUSE SPECIALS

BILTONG PATE, SMOKED CHICKEN SALAD, FISH & CHIPS, CHICKEN SCHNITZEL, POT OF THE DAY, BURGERS & STEAK, PIZZA, BOBOTIE, PANCAKES,

BELGIUM WAFFLES & MUCH MORE

STUDENT SPECIALS EVERY DAY Cocktail Happy Hour 2 for 1- every day R20

Between 5 & 6pm – on Margarita & Strawberry Daiquiri

SUNDAY POTJIE BUFFET 11.00 to 14.00

HOME FROM HOME COOKING

2 FARM POTS, RICE or POTATO, 2 FARMHOUSE VEGETABLES, 2 SALADS - For only R75 pp

Tel: 018 2970708 Don’t be square, come experience it!

www.cafefiori.co.za

Follow us in facebook – see the crazy “JOOL” Cartoons Cnr Steve Biko & Borcherd St - Bult

Open 7 Days a Week 8am to 9pm

MANDIE BOUWER

Super 15 Rugby– Top 3 in log: -Suid-Afrika- Blou Bulle (9), Sharks (8), Southern Kings (8)-Nieu-Seeland- Chiefs (10), Blues (10), Highlanders (4)-Australië- Brumbies (13), Reds (8), Waratahs (8)-Algeheel – Brumbies (13), Chiefs (10), Blou Bulle (9)

RAM SLAM T20-Krieket - Top 3 in log:-Bizhub Highveld Leeus (17)-Nashua Titans (10)-Chevrolet Knights (9)

T20 Internasionale Krieket –Pakistan het die Proteas Sondag met ’n vernietigende 95 lopies op SuperSport Park in hul T20 internasionale wed-stryd geklop.

Die MTN-Qhubeka span gaan die eerste fietsry-span van Afrika in geskiedenis word om aan ’n wêreldtoer deel te neem wanneer hulle vanjaar in Italië in die UCI Fietsry wêreld-toer deelneem.

Met die 2014 Sokker Wêreld-beker gaan Brasilië die eerste land word om spesiale sitplekke vir obese aanhangers te verskaf. Die sitplekke word verskaf om te voldoen aan Brasiliaanse wetgewing.

9 Maart - Presidentsliga wedstryde vind by Vaal Reefs plaas

13:15

14:40

16:00

Vaal Reefs 0/21

Vaal Reefs 2

Vaal Reefs

vs

vs

vs

NWU-PUK 0/21 A2

NWU-PUK 0/21 A1

IBBIES

Page 15: Wapad - 7 Maart 2013

LEANDRI PRINSLOO

Nijel Amos ’n 18-jarige atleet, het besluit om sy studies by die NWU-Puk te begin. Hy is ’n middelaf-standatleet wat van Marobela Village in die noord-oostelike deel van Botswana afkomstig is.

“Ek het besluit om by die NWU-Puk te kom stu-deer as gevolg van die fasiliteite. Die plek is net cool en nie so beknop nie, minder fancy dinge wat kan veroorsaak dat 'n mens fokus verloor,” het Amos aan Wapad gesê.

Dié top atleet gaan sportkunde studeer en begin dus met sy eerstejaar. Nijel is ’n vriendelike man met hope selfvertroue. Hy het ’n silwer medalje by die Olimpiese Spele in 2012 vir die 800m gewerf. “My droom in Londen was om die finaal te haal, so om ’n silwer medalje te kry, was ’n bonus. Ek was so bly, want nou is ek die tweede vinnigste 800m atleet in die wêreld,” het hy gesê.

Nijel oefen vyf dae ’n week vanaf Maandag tot Vrydag vir ’n uur en ’n half lank, maar dit hang af van die afrigter met wie hy werk. “Nou het my skedule verander as gevolg van my nuwe afrigter Jean Verster. Hy het dae bygevoeg waarvoor ek bly is omdat ek kan voel dat ek hierdie jaar fikser gaan wees,” het Nijel gesê.

Nijel het besluit om ’n atleet te word omdat hy voel hy het die potensiaal en dit het hom net twee jaar geneem om te kom waar hy vandag is.

Nijel is die Wêreld Junior 800m-rekordhouer. Hy het ’n goue medalje gekry by die World Junior Championships in 2012 in Barcelona, ’n brons

by die African Junior Championships in 2011 in Gaborone sowel as by die Commonwealth Youth Games in 2011 in Douglas.

SPORT | 157 MAART 2013

WYNONA LOUW

Die Eerstejaarsrugbyspan van Laureus het vanjaar die Eerstejaarsrugbytoer-

nooi vir die eerste keer in die kos- huis se geskiedenis gewen.

Die Bulletjies het in die uitspeelrondtes al gewys dat hulle ’n span is om dop te hou en hul 11-9 eindstryd-sege oor Villagers het dié stelling bewys.

“Dit was goed om so ver te vorder, ons het van onder af be-weeg na eerste. Die span het goed saam gespeel,” het Johanne Be- cker Laureus se sport huiskomi

tee-lid (HK), aan Wapad gesê.Vanjaar was slegs die tweede

jaar wat Laureus hul eie span ge-had het - hulle het in vorige jare saam met Thaba-Jäh en Ratau as die Pootte gespeel omdat hulle so min was.

“Ons het met ’n hele paar bese- rings in die game ingegaan. Die vyf games wat ons gespeel het, was almal teen vorige Eerste-jaarsrugby-wenners. Ons het teen ’n baie groter koshuis gespeel en against all odds gewen,” het Jaen van Loggenberg Laureus Eerste-jaarsrugby-span afrigter, gesê. FOTO: JEANRI JANSEN VAN VUUREN

1. Laureus

2. Villagers

3. Patria

4. Heimat

5. Over-de-Voor

6. Caput

7. De Wilgers

8. Excelsior

9. Hombré

10. Veritas

11. Ratau

12. Thaba-Jäh

Eerste keer vir Laureus eerstejaars

My droom in Londen was om die finaal te haal, so om ’n silwer medalje te kry was ’n bonus

SHANA-LEE DE WET

Vanjaar se binneshuisehokkie was een om te onthou. Daar was ’n paar verrassings en ’n paar te-leurstellings. Op die ou einde het die spelers hul alles gegee en die spel gespeel waarvoor hulle so lief is.

"Dis vrek lekker en dit het ’n ander atmosfeer. Die spel is baie vinniger en jy moet topfiks wees omdat dit minder spelers is. Dit sal nogal cool wees as daar twee ligas in die jaar is," meen Pearl Mashego hokkiespe-er van Ver-geet-My-Nie.

Daar is vyf spelers aan ’n kant en elke helfte bestaan uit 15 mi- nute. Daarom is die spel baie vinniger en die wedstryd meer intens.

"Die games is baie meer exci- ting en dit gee jou as speler en as toeskouer 'n adrenaline rush," vertel Monnique Hancke ’n Wan-da-ondersteuner.

Kasteel-dameskoshuis het alles probeer om Heide in die finaal te klop, maar Heide het nie moed opgegee nie en als wat hul het op die baan gelos.

Karlien en Klawerhof het onderskeidelik derde en vierde geëindig.

Die mansfinaal was ’n harde wedstryd. Albei spanne wou die titel van binneshuisehokkie hul eie maak, maar net een span kon wen en Overs het die eer gehad om dié titel hul eie te maak.

Patria het derde en Thaba-Jäh 2 het vierde geëindig.

UITSLAE

Heide en Overs indoor nommer 1

NWU-Puk junior atleet ryker

Dis vrek lekker en dit het 'n ander atmosfeer. Die spel is baie vinniger en jou fiksheid moet tops wees omdat dit minder spelers is

8 M

aart

Wee

k 1

Vryd

ag

15 M

aart

Wee

k 2

Vryd

ag

19 M

aart

Wee

k 3

Din

sdag

Span 1

Villagers 4

Thaba-Jäh 2

PUK O/19

Thaba-Jäh 2

Thaba-Jäh 1

PUK O/19

Thaba-Jäh 2

Thaba-Jäh 1

PUK O/19

Excel-sior 3

Excel-sior 2

Excel-sior 1

Hombré2

Hombré1

-

Patria4

Patria2

Patria1

Overs3

Overs 2

Overs 1

Patria 3

Patria2

Patria1

Overs3

Overs2

Overs1

Overs 4

Hombré2

Hombré1

Patria 4

Villagers3

Villagers2

Overs4

Ratau2

Ratau1

Mafikeng 1

Ratau2

Ratau1

Villagers4

Caput2

Caput1

Heimat3

Heimat2

Heimat1

Heimat3

Heimat2

Heimat1

DeWil-gers 3

DeWil-gers 2

DeWil-gers 1

Laureus3

Laureus2

Laureus1

Patria4

Caput2

Caput 1

Heimat3

Heimat2

Heimat1

Veritas3

Veritas 2

Veritas1

Patria3

Patria 2

Patria 1

Laureus 2

Laureus1

-

Veritas4

Caput2

Caput1

Veritas 3

Veritas2

Veritas 1

Overs 3

Overs2

Overs1

DeWil-gers 3

DeWil-gers 2

DeWil-gers 1

Veritas4

Villagers2

Villagers2

Overs4

Ratau2

Ratau1

Mafikeng1

Hombré2

Hombré1

Laureus3

Laureus2

Laureus1

Mafikeng1

Veritas2

Veritas1

Excel-sior 3

Excel-sior 2

Excel-sior 1

DeWil-gers 3

DeWil-gers 2

DeWil-gers 1

Excel-sior 3

Excel-sior 2

Excel-sior 1

Villagers4

Villagers3

Villagers2

Tye

18:30

18:30

18:30

19:40

19:40

19:40

21:00

21:00

21:00

Span 1 Span 1 Span 1 Span 1 Span 1VS

B-veld C-veld D-veld E-veld F-veld G-veldVS VS VS VS VSSpan 2 Span 2 Span 2 Span 2 Span 2 Span 2

Wedstrydbepalings vir koshuisrugbyliga

Nijel Amos met die junior 800m wêreldbeker.FOTO: VERSKAF

Page 16: Wapad - 7 Maart 2013

WYNONA LOUW

Steinhoff-Villagers die NWU-Puk se Koshuisligaverteenwoor-digers, het Maandagaand in hul eerste wedstryd in vanjaar se Varsitybeker die Northenz van NMMU 24-5 op die Fanie du Toit-sportgronde geklop.

Die tuisspan het vroeg in die wedstryd beheer geneem en die stryd vir gebied gedomineer en sodoende die span van Port Eli- zabeth onder toenemende druk geplaas.

Villagers was eerste om punte aan te teken deur agtsteman Daniël Benususan en het hul voorsprong verrek toe sy mede losvoorspeler Russouw Wheeler, ook oor die witkalk geduik het.

Heelagter Juan Booysen het beide drieë verdoel en Villagers het met ’n stewige 16-0 voorloop die halftyd binne gegaan.

In die tweede helfte het dit ge-lyk of die Northenz terugkom toe losskakel Bean van Eeden oor die doellyn gaan vir hul

eerste drie. Villagers het eg-ter ’n oorwinning verseker toe slot Waldo Franken oorgegaan het vir hul derde drie wat deur Booysen verdoel is. Die eindtel-ling was 24-5.

“Ek dink die ouens was maar ’n bietjie moeg in dié game, die hitte was erg en ons kon beter gedoen het. Ons het besef dat dit oor ’n week weer gameday is, ons het Maandag weer hard be-gin oefen en fokus gekry”, ,” het Roussouw Wheeler, Villagers kaptein, aan Wapad gesê.

Steinhoff-Villagers se vol-gende wedstryd is in die vierde rondte teen Steinhoff-Mopanie (Tuks) op 11 Maart 2013.

Sport7 MAART 2013

Ibbies woel in Presidentsliga

EERSTEJAARSRUGBYEerste keer vir Laureus

215214

Villagers sink Northenz

Halftyd: 16-0Finale telling: 24-5

Daniël Benususan gee die bal aan in die kwartgebied. FOTO: EUGENE LE ROUX

NWU-Pukke val vas teen ShimlasNWU-Pukke val vas teen ShimlasWYNONA LOUW

Die NWU-Pukke het Maan-dagaand kragte gemeet teen die Universiteit van

die Vrystaat (Shimlas) en 38-18 op Xerox Shimla Park Bloemfontein, kortgekom.

Dit was ’n wedstryd wat die tu-isspan net meer wou hê en met vyf drieë teenoor die NWU-Pukke se drie, het die Shimlas hul beste vertoning van rugby vir die sei-soen ten toon gestel.

’n Vroeë besluit deur die Shim-las-kaptein om die bal pale toe te skop het gesien hoe die tuisspan eerste punte aangeteken het toe heelagter Nico Scheepers die skop verdoel om sy span 2-0 voor te sit na twee minute van spel.

Die NWU-Pukke het gereageer deur te domineer in gebied en

balbesit, maar stadige skoon-maak van die breakdowns en hanteringsfoute in die aanval-lende 22-gebied het bygedra tot ’n puntelose eerste 15 minute vir die besoekers.

Die Bloemfonteiners het na die strategiese breuk met meer intent gespeel. Nadat hulle in die NWU-Pukke se 22-gebied gekampeer het vir ’n tyd, het hulle hul hande op die bal gekry. Mohoje het sy krag gebruik om onder die pale te duik en die Shimlas se eerste drie aan geteken. Scheepers het verdoel en die telling na 10-0 in die 30ste min-uut geneem.

Hy het die voorloop na 12 gerek met sy tweede strafdoel van die wedstryd en die besoekers was desperaat om net voor halftyd punte aan te teken. Hul is senti-meters voor die doellyn vasgekeer

deur goeie Shimlas-verdediging. Die manne in blou was egter in die 40ste minuut na 14 spelers verminder nadat losskakel Pieter-Steyn de Wet ’n geelkaart gekry het.

Die telling met halftyd was 12-0 vir die Shimlas.

Die NWU-Pukke het die tuis-span egter vinnig op hul hoede gehad toe ’n vlieënde Sylvian Ma-huza die lyn gebreek het en die bal aan SW Oosthuizen oorgegee

het vir ’n pad reguit doellyn toe. Gerhard Nortier het verdoel om die NWU-Pukke weer in die wed-stryd te bring.

Lofsang was egter van korte duur vir die besoekers toe die tuisspan skrumskakel Renier Bo-tha ’n opening gekry het en óm ’n ruck gejaag het om die Shimlas se tweede drie te druk.

Scheepers se oorskop het die 12-punt voorsprong vir die Shimlas verseker en dié voorloop het vin-

nig geklim na 17 toe die tuisspan weer oor die witkalk duik ná ’n sterk losgemaal.

Scheepers het die derde bonus-punt vir die tuisspan verower in die 65ste minuut en vyf minute later het De Wet vir die span se vyfde drie gesorg. NWU-Pukke heelagter Hoffman Maritz en Ma-huza het in die laaste vyf minute van die wedstryd twee troos drieë vir die NWU-Pukke op die bord gesit.

Foto’s: Shimlas val aan in die eerste helfte op Xerox Park Bloemfontein.

FOTO’S: FACEBOOK: VARSITY CUP