24
DIE Jaargang 27 Vol 2. Februarie 2015 Jaargang 27 Vol 1November 2015

Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · [email protected] 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD [email protected] 084 444 1422 012

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

DIE

Jaargang 27 Vol 2. Februarie 2015

Jaargang 27 Vol 1November 2015

Page 2: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

2

SPESIALE GEBED........

As ek kniel voor die Heer,

En vir die Here sê: "Ek het so seer! O Heer U weet, ek kan net nie meer." Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer: "Kom sit hier by my, bring jou seer,

Kom sit jou las en pyn by my voete neer."

As ek vandag by die Here kla, Sal ek sê: "Ek is so jammer om te pla! Maar die las word te swaar om te dra."

Dan sê die liewe Heer: "Jy mag maar kla. Jy mag maar aanhou om vir my te vra!

Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra."

En as ek vanaand my hart leeg huil, Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil.

Vir die Here vra vir 'n hoekie om te kan skuil. Sal die Here sê: "Jy sal weer op kalm water seil.

Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil. By my is daar rus, 'n plek om te kan skuil."

"Here, my hart is in 'n knoop gebind!

Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind! Ek wil tog net weer rus en vrede vind."

Die Here sê: "Jy is mos My lieflingkind. Jy is met My anker van liefde gebind!

Raak stil! Raak rustig! Jy sal weer vrede vind!" Dankie my liefste Heer!!! Amen

Anoniem

OOMBLIK VAN OORDENKING

Borge

Baie dankie aan Dawie en Bettie Mullins wat die druk van die Wawiel borg en dan ook aan Ewald van Rensburg wat elke

keer die drukwerk doen.

Page 3: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

3

INHOUD Bladsy

STILTETYD.………………………………….……..…………………..……. 2 BESTUURSLEDE...…………….………………………………...…………...4 REDAKSIONEEL…………….……………………………….…..….……….5 UIT DIE VOORSITTER SE PEN..…..……………………...…………...........6 AJV 2015 ........................................................................................................... 7 KEN ONS MENSE ..............…………………….…..……...............…..…..…8 UMOYA .................................................... ......................................................10 KONGRES 2015 .............................................................................. 12 SILVER ROCKS ...………………...………....................................….…..... 15 JEUG ................... .................................…….….............................................16 UMOYA ...........................................................................................................................................18 VERJAARSDAE .............................................................................................20 HUWELIKSHERDENKINGS ....................................................................... 21 BANKBESONDERHEDE ..............................................................................21

AAN ALLE WAPADRANDERS WENS ONS TOE: “’N GESEËNDE KERSTYD EN DIE

VOORSPOEDIGSTE JAAR NOG OOIT.”

WEES ASSEBLIEF VEILIG WAAR JULLE OOKAL MAG WEES IN HIERDIE FEESTYD.

ONS GLO DAT ONS ALMAL WEER GESOND EN VOL GEESDRIF VIR DIE NUWE JAAR BY DIE

EERSTE KAMP IN 2016 SAL SIEN.

Page 4: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

4

DIE 2015/2016 BESTUUR VOORSITTER WYNAND THERON [email protected] 082 881 7279 011 973 7300 (W) 012 332 4873 (H) 086 579 3506 (F) ONDERVOORSITTER BETTIE MULLINS [email protected] 083 255 0257 012 361 2275 (H) 012 349 1015 (F) SEKRETARESSE JANETTA TOERIEN [email protected] 082 3255 634 012 808 5566 (H) PENNINGMEESTER JOHAN VAN JAARSVELD [email protected] [email protected] 082 057 3583 012 933 1295 (H) ADISIONELE LID RIANA COMBRINK [email protected] 082 956 9104 012 332 1286 (H) JEUG/KATEGESE JOS RABIE [email protected] 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD [email protected] 084 444 1422 012 933 1295(H)

SENIORBURGER- GERHARD COETZEE VERTEENWOORDIGER [email protected] [email protected] 083 969 3295

Volg ons op: SAWA Wapadrand

Page 5: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

5

Ontdek op Facebook. Daar is ‘n forum Sleepsaam wat menings oor kamp verwante idees uitruil. Op die WEB Lekker Kampplekke help om akkomodasie te kry. Slimfoon APPS Caravanleveler is ‘n oulike toepassing wat wys presies hoe die wa moet sak of lig om hom gelyk te kry.

Goeiedag Almal, Hier is ons aan die einde van die jaar en die meeste van ons is nog nie gereed daarvoor nie. In hierdie uitgawe kyk ons na ‘n paar kampe wat ons bygewoon het asook ‘n ligte oorsig oor die kongres. Ek het so ‘n paar foto’s van ongewone woonwaens raakgeloop wat ek graag deel. Daar is ‘n verslag oor die AJV en ook ‘n klein verandering aan die bestuur. Ons leer nog ‘n paar lede beter ken. Red.

Page 6: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

6

Uit die Voorsitter se pen.

Ja vriende, so kom ons aan die einde van nog ‘n jaar, met Kersfees net om die draai. Na ‘n jaar van geskarrel tussen ons werk, huis, skool, vergaderings, sport en kampe, het ons laaste amptelike kamp vir 2015 aangebreek! Dit het weer tyd geword om terug te dink aan goeie en minder goeie dinge wat in die jaar met ons gebeur het en dan te besef hoe baie ons het om voor dankbaar te wees. Ek glo ons almal sien uit na ‘n welverdiende blaaskansie oor die kersseisoen. Ek wil opreg dankie sê aan elkeen van u wat die afgelope jaar so aktief bygedra het tot Wapadrand se sukses. Dankie vir elke bestuurslid wat my so getrou bystaan en dankie vir die vertroue wat u in die bestuur gestel het en dat ú ons ook so getrou bystaan en ondersteun. Dankie vir almal van u wat die afgelope jaar ook julle bereid verklaar het om as kampkommandante op te tree en ook reeds vir die jaar wat kom. Sonder hierdie ondersteuning is daar nie ‘n aktiewe streek nie. Baie geluk aan die lede wat die afgelope jaar meriete-erkennings ontvang het, u het dit verdien!!!! Aan die nuwe lede wat in die afgelope jaar by Wapadrand aangesluit het, wil ek sê: “Baie welkom en mag julle so gou as moontlik tuis voel en deel van die span word en elke kamp wat voorlê terdeë geniet“. Aan al ons Jeug: “Mag elkeen sy eksamens met sukses aflê en mag julle drome vir julle toekoms waar word“. Kom ons pak 2016 met al sy uitdagings vol nuwe lewenslus en entoesiasme aan en maak dit ‘n jaar wat vir ons almal sal uitstaan. Onthou dat Wapadrand ook in 2016, saam met die ander streke in die Jakarandagebied, as kampkommandante sal optree by die Presidente. Indien jy beplan om te gaan kamp en jy is bereid om te help, stuur asseblief jou naam vir Janetta. Aan almal wat ‘n bietjie gaan rus en weggaan, geniet die blaaskans en reis veilig. Die werkertjies en tuisblyers moet ook hulle feestydperk geniet! Mag julle die Gees van Kersfees beleef! Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir die jaar wat Hy aan ons gegee het en die vriendskappe wat ons so geniet. Voorspoed en seën vir julle in 2016! Wynand en Betsie Theron

Page 7: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

7

AJV 2015 by My Private Bushcamp Kamp is soos koek- altyd 'n voorreg en altyd lekker! Met die winter amper agter die rug, was dit heerlik om mekaar weer te sien. Die kombi-skedonk in die middel van die kampterrein was klassiek en ons kinders het dit luidkeels geniet om daarin te baljaar. Dit het soos 'n groot familiesaamtrek gevoel . Ons was 21 waens en tente. Die ablusie was skoon en netjies en die gesamentlike foyer het gesorg vir 'n hele paar komiese oomblikke. Na nesskrop Vrydagaand het Boekevat en boereworsrolle gesorg vir gesellige samesyn en soos dit stil geword het in die kamp het die sterrehemel met die duidelike melkweg en helder sterre, Klaasvakie sy werk laat doen. Saterdagoggend by die vergadering is ons verwelkom met Ansie se fraai peuselpakkies en met Wynand, Janetta en Geraldine aan die stuur het ons jaarvergadering vlot verloop. Daar is 'n hele paar toekennings uitgegee en ons sê geluk aan almal wat sertifikate en toekennings ontvang het. Janetta Toerien word welverdiend aangewys as ons Wapadrander van die Jaar en Chrisjan Pienaar as Wapadrandertjie! Julle is vir ons 'n inspirasie! Baie geluk aan Gerhardt Coetzee wat tot die bestuur verkies is as addisionele lid. Andy Toerien neem 'n blaaskans, maar sal steeds die Wawiel versorg. Hier volg 'n lys van al die kampeerders :

Missie van Kampeerders !!! Saam kuier en saam eet. Ons sê dankie aan Ds Peet en Karin Crous wat Sondag spesiaal deurgery het om vir ons die Boodskap te bring. Dan gaan ons harte ook uit na André, Eunice, Lynette, Reinardt en die kinders wat dié week by 'n oop graf sal staan, ons dink aan julle. Nog 'n SAWA-jaar is verby en aan die nuwe bestuur sê ons voorspoed en dankie vir julle bereidwilligheid om vir al ons Wapadranders kampe te reël en voor te loop met al die reëlings. Mooi bly! Sien julle by Silver Rocks (11-13 September 2015) Alta van Jaarsveld

Adoons-hulle: Gerrie, Rina en kroos

Die Musiekfabriek: Edward, Marthie en gehoor

Pasgetroudes: Carel(jnr) en Elri

Matriekouers: Reinardt en Lynette; André en Eunice (Oupa en Ouma leer seker net so hard)

Krieketouers: De Jager & Annelize

Mosambiek Wiele: Andy & Janetta; Chris & Daleen; Wynandt & Linda; Carel, Riana en Christiaan

Kgalagadi Siele: Kobus & Amanda en Seppie & Geraldine en kie

Ou Perde: Bestuur

Skou Perde: Martin en Tersia

M.A.K. Man, al die kinders

Page 8: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

8

KEN ONS MENSE Ek stel bekend: Wynand en Betsie Theron Soos julle weet, is Wynand tans Wapadrand se voorsitter. Wynand werk as ‘n bean counter en Bets is ‘n organiseerder. Hulle woon in een van Pretoria se voorstede. Hoe lank, weet Bets nie. Hulle het vier kinders; 2 dogters, 2 seuns en omtrent ‘n swetterjoel aangenome kinders. Ek weet nie hoe lank is hulle al kampeerders nie, maar hulle kamp vir 2 of 3 dae op ‘n slag. Toe ek vra hoe hulle by SAWA aangesluit het, het hulle gesê hulle het die vorms voltooi en toe aangesluit; dit was glo baie lank terug. Hulle kamp met ‘n wa; verskillende soorte al gehad. Hulle kamp nie om vakansie te hou nie want dit is harde werk. Hulle lekkerste kamp was by Manyane, omdat hulle nie ‘n woonwa gehad het nie en saam met Reinardt en Lynette moes bly. Hulle langste en verste kampe was Buffelspoort vir drie weke en ‘n toer na die see. By Arendsnes wil hulle nie weer gaan kamp nie, want daar is te veel snaakse elemente betrokke. Wat stokperdjies betref het Bets gesê, Wynand s’n is seker maar houtwerk om die stokperdjies te maak en myne seker naaldwerk om vir ons die saals te maak. Hulle vereistes vir ‘n lekker kampplek is dat daar genoeg gras vir die perdjies is en bome om vuur te maak vir die braai. Kampwenk: kom vroeg sodat jy die beste spot kan kry. Sonder watter kampgereedskap kan hulle nie kamp nie? Stoele: kan nie meer op die gras lê nie. Bets het baie kampresepte, alles in haar kop, maar sy kan dit nie uitgee nie.

Riana Combrink ..ooOoo..

Ek stel bekend: Gerhard en Theresa Botha Gerhard doen Elektroniese stelselwerk en Theresa was ‘n Onderwyseres (na 29 jaar diens nou afgeskaal). Hulle woon in Starkeylaan, Waverley, ingetrek in Mei 1985 toe die Kerk-straatbom ontplof het. Hulle het drie seuns onderskeidelik 30, 28 en 24 jaar oud. Hulle kamp ongeveer 30 jaar; het die eerste keer by Hartbeeshoek as gaste gaan kamp toe almal bang was vir die ja-stem. Almal was skrikkerig om uit die huis te gaan, maar het tog gaan kamp. Hulle eerste kamp as lede, was by Omaramba Nov 1994. Hulle kamp met ‘n Jurgens Penta. Buiten kamp, hou hulle vakansie in die Kruger Wildtuin, soveel as moontlik. Dan ook Kaapstad, Paarl, Stellenbosch en Kommetjie. Hulle vlieg Kaap toe en huur ’n kar daar en bly in selfsorgeenhede. Hulle was ook al op toere: ooskus, Wolkbergtoer saam met Hennie Maas as toeleier, Wildtuintoer en Drakensbergtoer. Die lekkerste kampplek waar hul al gekamp het, is Yellow Sands aan die ooskus. Dis ongerep, die boomryke staanplekke is teenaan die see, die strand is privaat, net vir die inwoners. Mooi plekke soos Haga-Haga, Morgansbay en Keimond is naby en onontdek deur die massas.

Page 9: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

9

Hulle sal nie weer by die volgende plekke gaan kamp nie: Warmbad, te kommersieel en ingestel op plesier/dagbesoeker; Krugersdorp Wildtuin, dis net trane daar; Lover’s Rock, dit voel of die lorries deur jou tent ry so naby is die pad. Gerhard en Theresa se stokperdjies is fliek, stap, Pilates, koffiewinkels en houtwerk. Hulle kamp graag by plekke wat stil is, nie-kommersieel, nie mega-kampe nie, verkies mooi boomryke bosveldkampe; geleentheid om privaat jouself te vind. Kampwenke: Nie te veel gadgets nie, moenie te veel organiseer nie. “Ons is immers daar om te rus en lekker te kuier.” As jy iets ‘n paar keer nie gebruik nie, los dit tuis. Pak so lig as moontlik. Hang klere van agter af in die kas, dan val dit nie af terwyl jy sleep nie. Die volgende kampgereedskap kan hul nie sonder kamp nie: Klein Weberbraai wat al van dag 1 saamry. Rubberhamer. Porta Potti om nagtelike uitstappies te vermy. Singboekie met flits. Warmkombers vir die winter, (nie vir Umoya se somer nie). Kampresep, baie maklik en lekker!:

Riana Combrink

Hoe ons die kamp ervaar het as lede wat lanklaas gekamp het: Baie dankie vir die aangename en gesellige atmosfeer wat ons ervaar het. Die kamp

was goed georganiseer en die bestuur en kampkommandante het ons gou tuis laat voel. Ons is nog nie weer kampfiks nie en het dit waardeer dat ons tyd op ons eie gegun is.

Omdat ons ‘n lang pad met die vorige Wapadrandgroep gestap, gesleep en gekamp het,

was dit lekker om weer ou bekendes ook te sien. Ons dink met nostalgie terug aan die tye wat ons, ons eie en ander kinders sien opgroei het in die oorspronklike Wapadrandgroep. Ons sien ook ‘n kerngroep Wapadranders wat ontwikkel het wat die streek weer sal laat vestig en uitbou waar almal welkom en tuis sal voel met almal se voorkeure en grille. Toe ons laas gekamp het was dit in die woelige en onseker tye van die afstigting van Rietvallei wat nie so aangenaam was nie en mens laat wonder het of ons moet aanbly in SAWA.

Ons hoop om mettertyd weer deel te wees van die streek indien omstandighede dit

toelaat. Al versoek is om die kampe eenvoudig en ongedwonge te hou en mense spontaan laat

saamwees soos die voorsitter menigmaal die naweek beklemtoon het. Theresa Botha

..ooOoo..

Suikermielie Aartappels: Bestanddele:

Gaar baba-aartappeltjies Gerasperde cheddarkaas Pietersielie gekap Paprika Een blikkie suikermielies

Metode: Halveer aartappels Gooi suikermielies bo-oor Strooi kaas bo-oor Strooi pietersielie en paprika bo-oor kaas Mikrogolf die gereg tot kaas gesmelt is

Page 10: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

10

UMOYA CARAVAN LODGE Gedurende die naweek van 23 -25 October 2015, het 17 Wapadranders en drie gaste die kans gekry om weereens die rustigheid van die Bosveld te kon ervaar, hier by Umoya, net 2km buite Bela-Bela op die R516-pad. Dit was die eerste keer dat Wapadrand hier kom kamp het en die terugvoer vanaf die lede was baie positief. Umoya kry sy naam van die Zoeloe-woord “Umoya”, wat siel en asem beteken. 'n Ander betekenis is “Skoon lug”. Dit was lekker om vir Ron en Joey Velloen en Gerhard en Theresa Botha by ons te kon hê. Die uitleg van die oord is baie goed beplan en die staanplekke mooi groen en lekker groot, elk met sy eie kragpunt, braaigeriewe en waterpunt. Alle staan-plekke het afgemerkte blokke wat met gruisklippies gevul is waar die tent-gedeelte van die woonwa kom. Daar is egter min bome wat die kampeerplek ‘n goeie winterkamp sal maak.

Die gemeenskaplike ablusieblok het na my mening genoeg stortgeriewe, toilette en wasbakke vir die 36 gewone staanplekke en het boonop ook drie familiebad-kamers. Daar is ook 24 staanplekke met hulle eie privaat badkamers wat elk sy eie stort of bad, wasbak en toilet het. Die privaat badkamers het sy eie kragpunt sowel as Dstv-punte. Verder is daar ‘n warmwater-, sowel as kouewaterswembad, springmat, vlugbalbaan, putt-putt, tafeltennis, klimrame, opblaasglybaan en ‘n dam vir hengel (“catch and release”). Daar is ‘n klein winkeltjie vir die noodsaaklike items, ‘n gelisensieerde kroeg met sy eie klein swembad/borrelbad as dit te warm word en ‘n boma waar ons die rugby op die groot TV kon kyk.

Page 11: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

11

Vrydagaand het die kampkommandante, Wynandt en Linda wat deur myself en Betsie bygestaan is, ons weer lekker bederf met groot hamburgers. Die Saterdag- oggend het heelwat van die lede kom naderstaan om hamburgers vir ontbyt te koop en ‘n mooi bedrag van net oor die duisend rand is in die kas inbetaal. Die res van die oggend het die kampeerders in groepies saam gekuier en soos trekarbeiders al saam met die skaduwee geskuif. Daar is geswem in die groot swembaddens, later in die kleiner een wat aan die kroeg grens. Vanaf twee-uur is die boma gevul met die rugbyondersteuners en sommige was opgewonde na die wedstryde, ander bietjie minder. Die Saterdagaand het die oord vir ons die braaigedeelte by die boma beskikbaar gestel en ook al die hout verskaf vir ’n lekker groot vuur en die kole is gebruik om die vleis te braai. Sondag het Ds. Fay van Eeden vir ons kerk gehou in die boma en het sy die mooi verhaal van Rut uitgebeeld. By die afsluiting was ons bevoorreg om vir Tienie en Joy Cronjé in te huldig as nuwe lede en ook vir Seppie en Geraldine Muller wat hulle 100-Algemene plaatjie ontvang het. Die kinders wat daar was, het hulle self besig gehou met die klouterrame en swembaddens en het veral die plaaswerf met eksotiese eende, hoenders, varke en skape ook baie geniet. Daar was ook ‘n paar wildsbokkies wat tussen die staanplekke en swemarea gewei het. Ek wil dankie sê vir almal wat die naweek so aangenaam gemaak het en veral die vriendelike en hulpvaardige personeel van Umoya wat te alle tye bereid was om ons te help, hetsy kamp opslaan of enige ander probleme wat uitgesorteer moes word. Ek glo Wapadrand sal in die toekoms weer hier kom kamp. Wynand

Page 12: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

12

TERUGVOER OOR 39ste NASIONALE KONGRES VAN SAWA Dagbestuur Die nuutverkose dagbestuur van SAWA is: President Nico Spaumer Voorsitter Jannie Meyer O/Voorsitter André Knoetze Sekretaris André Swanepoel Penningmeester Vossie Vosloo Skakelbeampte Brian van Niekerk

Links na regs: Jannie Meyer, André Knoetze, André Swanepoel, Brian van Niekerk, Vossie Vosloo en Nico Spaumer, elkeen met sy eggenote. Ledegelde 2016 Aansluitingsfooi is onveranderd gehou: R120 Jaarlikse ledegeld is verhoog vanaf R325 na: R330 Senior Burgerafslag is onveranderd gelos: R10 Korting vir lede wat per debietorder betaal is onveranderd: R10 Slegs 61% van alle lede maak gebruik van debietorders Terugvoer vanaf verskeie komitees Woonwaparkekomitee– vernaamste aspekte waarna gekyk word is die aangename uitleg van staanplekke en die omgewing waar parke geleë is, sekuriteitsmaatreëls in en om die parke, goeie toesig en goeie sanitasie- en was-geriewe (is dit in ‘n werkende toestand en word dit skoongehou?) Streeksbesture moet ook kyk of daar SAWA-borde by die oord aangebring is. Alle streke word ook gevra om op gereelde basis verslae oor kampe(goed of sleg) te stuur na Vossie Vosloo. Jaarprogramkomitee – die 2016 jaarprogram sal elektronies versprei word aan alle lede, eerstens om kostes te bespaar en tweedens omrede daar so baie kampveranderings per jaar aangebring word. Daar sal wel gedrukte kopieë beskikbaar wees vir lede wat dit sou verlang. Ledebelangekomitee – ledewerwing en ledebehoud bly ‘n uitdaging vir alle besture en die komitee beveel aan dat streke landswyd meer moet fokus om kampeerders wat met tente en boswaens kamp, te betrek. Die komitee het ook gevra dat die saak verder bespreek sal word op gebiedsvlakke. Streke moet ook fokus om jonger lede te betrek by SAWA, aangesien 67% van SAWA se lede landwyd, 50 jaar en ouer is.

Page 13: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

13

Toekenningskomitee – toekennings word gedoen op streek -, gebied – en nasionale vlak en dien as ‘n klein blyk van waardering vir die harde en onbaatsugtige diens wat die onvangers van die toekennings vir die organisasie lewer. Aanbevelings vir toekennings word deur die streeksbesture gemotiveer en alle toekennings op nasionale vlak word deur die komitee bespreek en dan goedgekeur en toegeken by die kongres. Wapadrandbestuur het dié jaar twee lede aanbeveel vir Nasionale Merietetoekennings en wil hulle gelukwense oordra aan: Edward en Marthie Leach wat vir 25 jaar reeds aktief betrokke is by SAWA en veral by die streek. Hier ontvang hulle die toekenning saam met ander lede wat ook 25 jaar-plus aktiewe lede was binne SAWA.

Reinardt van Rensburg vir die waardevolle bydrae wat hy gelewer het en nog steeds lewer op alle vlakke binne SAWA. Reinardt is ook die dryfveer en aanbieder van ons baie gewilde spookkampe of die “JaJaJakampe” soos ons dit noem.

Sawanant Redakteursverslag – Marianne Erasmus het gevra dat streke tog maar foto’s en artikels sal deurgee na haar. Nie net van streeksaangeleenthede nie, maar ook van spesiale gebeurtenisse soos troues, verlowings en geboortes van SAWA-lede. Daar word ook gekyk om die Sawanant in die toe-koms eerder elektronies te versprei. Daar sal wel nog gedrukte kopieë beskikbaar wees vir die lede wat nie oor e-pos beskik nie. Haar e-posadres is [email protected].

Page 14: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

14

Webwerfadministrateur – Diana Fourie het die vergadering ingelig oor die probleme wat sy ervaar het die afgelope paar maande en die moontlikheid om die webwerf op te gradeer of selfs te verander. Sy vra ook dat besture na hulle webwerwe sal kyk en ook op ‘n gereelde basis artikels sal aanstuur om op die webwerf te laai. Haar e-posadres is [email protected]. Jaarbeplanning vir 2016 – alle streke moes hulle finale beplande kampe vir 2016 afteken by die kongres.

Wapadrand se jaarbeplanning lyk tans soos volg:

Ek kan nie anders as om vir Janetta te bedank vir die tyd en moeite wat sy ingesit het om al die voorgestelde kamptereine te bel, pryse te onderhandel en die besprekings te maak nie. Die kongres is bygewoon deur myself en Bettie Mullins as afgevaardigdes van Wapadrand, Martin Rix as dagbestuurslid, asook deur Andy en Janetta Toerien en Tersia Rix as belangstellendes.

Groete Wynand Theron 19 Oktober 2015

1/2/3 8/9/10 15/16/17 22/23/24 29/30/31BASS LAKE (Bronberg)

5/6/7 12/13/14 19/20/21 26/27/28OOP NUB JA JA JA KAMP

4/5/6 11/12/13 18/19/20/21 24/25/26/27/28PRESIDENTE - KLIPDRAAI

1/2/3 8/9/10 15/16/17 22/23/24 29/30/01/02100+ Kia Manzi (Gebied) DRIE BERGE

6/7/8 13/14/15 20/21/22 27/28/29NUB KONKA

3/4/5 10/11/12 15/16/17/18/19 24/25/26WINTERKAMP GEBIED WEESGERUS

1/2/3 8/9/10 15/16/17 22/23/24 29/30/31MANYANE (Bosveld) NUB

5/6(7/8/9) 12/13/14 19/20/21 26/27/28AJV - MANZI MANINGI

2/3/4 9/10/11 16/17/18 23/24/25 30/1/2NASIONAAL

7/8/9 14/15/16 21/22/23 28/29/30KONGRES KLEIN PARADYS NYLSTROOM

4/5/6 11/12/13 18/19/20 25/26/27NUB DINOKENG LODGE

JAARPROGRAM 2016

JULIE

AUGUSTUS

SEPTEMBER

OKTOBER

NOVEMBER

JANUARIE

FEBRUARIE

MAART

APRIL

MEI

JUNIE

Page 15: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

15

Silver Rocks 11 - 13 September 2015 Met baie opwinding het al die Wapadranders hulle woonwaens gehaak en die pad na Silver Rocks geneem. Met aankoms het almal 'n koelteboom gesoek om vir die warm son weg te kruip. Heerlike spaghetti bolognaise uit Tannie Janetta se kombuis, het almal se magies gevul die Vrydagaand. Die uitbreek van warm sonstrale het die Wapadranders uit hulle nes laat klim om die natuurskoon van Silver Rocks te ontdek. Die ablusieblokke was enige dame se droom; luuks, skoon en netjies. Daar is putt-putt, 'n swembad, en ander aktiwiteite om te geniet. Die Saterdagaand was daar groot joligheid reg rondom die kamp. Met die viering van Tannie Alta en Oom Johan se verjaarsdae het almal 'n don pedro geniet; laat ons maar net sê die res is geskiedenis. So het Sondag toe ook aangebreek en ongelukkig moes tente opgeslaan word en woonwaens gehaak word. Na lekker rus en lekker lag het almal weer die lang pad huis toe gevat. Wat 'n heerlike naweek.

Elri Combrink

Page 16: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

16

JEUG Namens Wapadrand se bestuur wil ons alle matriekulante baie sterkte toewens met die laaste eksamen wat hulle op skool sal skryf. Ons glo en vertrou dat julle almal net julle beste sal gee en goeie uitslae sal kry. Baie sterkte vir dié van julle wat beplan om aanstaande jaar verder te studeer. Ons was baie bevoorreg om foto’s te bekom van vier van die lede se kinders of kleinkinders wat geneem is op hulle matriekafskeids- geleenthede.

Estelle Theron Micke van Rensburg Michane Theron Dewald Coetzee

Dogter van Gerrit en Dogter van Reinardt en Kleinkind van Wynandt Seun van Petrus en Anita Theron

Lynette van Rensburg en Linda Theron Madelaine Coetzee

Baie geluk aan Chrisjan Pienaar met die 2de plek wat hy behaal het by die SA Trampolienspring in Oktober. Wapadrand is trots op ons Wapadrandertjie van die jaar vir 2015.

Wapadrand sê ook baie welkom aan die nuutste lid van ons jeug, Etienne Jakobus Rabie. Hy is gebore op Maandag 23 Oktober 2015 om 07h53 en het 3.04 kg geweeg by geboorte.

Die Redakteur van die Wawiel vra dat lede asseblief foto’s van hulleself, hulle kinders of kleinkinders sal instuur wat presteer het in sport, studies, kultuur, ook troues, geboortes ens. Ons wil graag die goeie nuus met al ons lede deel. Wynand

Page 17: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

17

BBaie dankie aan almal wat ons gehelp het met die oppak by Umoya toe ons so siek was. Ons waardeer dit opreg.

Andy en Janetta

Interessante woonwaens

Page 18: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

18

Umoya 23 – 25 Oktober 2015 Lekker om almal weer te sien na ons vorige kamp by Silver Rocks ! Die terrein is so mooi uitgelê en versorg en behalwe vir ’n paar ghoema dorings ( arme Eduard!) en ‘n paar koeltebome wat te min was, is ons almal dit eens dat ons baie van die kampopset hou. Lieflike ablusie geriewe en die swembaddens was 'n lafenis en 'n redding in die versengende hitte! Groot lekkerte om weer vir Ron en Joey Velloen terug te verwelkom en so ook vir Gerhard en Theresa Botha - sien uit om weer saam met julle te kamp! Die kieme het gesorg dat ons bietjie min van Andy en Janetta gesien het - gou beter word troepe!! Bettie het ook ekstra tyd in die karavaan moes deurbring weens die kriewelgogga: Allergie! Desnieteenstaande is sy en Dawie aan die reël vir ‘n opwindende Jajaja-Veiling DV aanstaande Februarie! Julle is ‘n gedugte span en ons sien baie uit daarna! Byvoorbaat dankie ook vir julle groot moeite met die organiseer van 'n vername afslaer! Glo ‘n baie vername en bekwame man! Dit was nou nie ‘n wen vir ons Bokspan nie, maar ons het lekker onder die afdak saamgeskree! Opreg dankie aan die Umoyabestuur wat die aand hout geskenk het sodat ons heerlik in die boma kon vuurmaak en braai. Groot dankie ook aan Fay wat die boek Rut op ‘n vars wyse aan ons voorgehou het - ons kamp altyd so lekker saam met haar en Peet. Lekker om so baie gaste te kon ontvang - hoop hulle sluit sommer aan! Ons verwelkom Tienie en Joy Cronjé nou amptelik as lede en sê geluk aan Kobus en Amanda wat ouma en oupa gaan word ! Die kampnaweekprys gaan aan die hamburgermakers! Dankie Wynandt en Linda! Hier waar ek nou sit en skryf hoor ek dat Jos en Natasha se seun Ettienne vanoggend gebore is - baie geluk aan al die Rabie's!!! Kampgroete Alta van Jaarsveld

Page 19: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

19

Page 20: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

20

VERJAARSDAE

Joey Velloen S 072 221 9307 1951/11/03

André Van Zijl S 082 856 2758 1947/11/05

Micke Van Rensburg 1997/11/05

Jenny Pienaar S 082 374 3839 1970/11/08

Ruben Burger 2010/11/08

Leon Taylor S 083 260 8419 1952/11/09

Alwyn Louw S 082 821 7378 1964/11/12

Rudi Burger 1989/11/17

Kyle Jansen 2003/11/19

Annamarie Steyn S 082 432 1358 1952/11/22

Ellen Human S 082 752 7130 1961/11/30

Henk Pienaar S 083 228 7480 1967/11/30

Jos Rabie S 082 928 1610 1978/12/03

Rina Van Aswegen S 082 855 2200 1950/12/04

Marise Rocher S 082 904 9252 1981/12/05

Eduan Theron 1989/12/07

Izel Rix S 082 700 9803 1985/12/10

Sarie Bezuidenhout S 082 822 5779 1973/12/13

Lucille Groenewald S 072 238 5185 1950/12/16

Susan Troskie 1959/12/16

Christiaan Combrink 1990/12/18

Alwyn Van Jaarsveld 1980/12/20

Marié Van Heerden S 082 923 1791 1961/12/20

Eunice Van Zijl S 082 878 1676 1950/12/20

Drienie Lombard S 082 987 1997 1961/12/22

Heinrich Van Loggerenberg 2004/12/22

Madelaine Coetzee S 073 415 8523 1968/12/23

Hein Van Loggerenberg S 082 325 7680 1972/12/27

Stephanie Brönn S 082 901 1509 1978/12/28

Dawie Swanepoel S 082 493 3987 1943/12/29

Carlize Van Loggerenberg 2007/01/07

Nelis Botha 1990/01/07

Linda Theron S 076 455 3223 1950/01/08 Jannike (Vlok) Theron 1985/01/09 Jizelle du Toit Rocher 2007/01/15

Tersia Rix S 082 904 1855 1961/01/16

Jeandré Jansen 2005/01/17

Page 21: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

21

Verjaardae en herdenkings vanaf die huidige tot volgende Wawiel

HUWELIKSHERDENKINGS

ALLE BETALINGS MOET ASSEBLIEF NET IN HIERDIE REKENING GEMAAK WORD: REKENINGHOUER: SAWA STREEK WAPADRAND ABSA REKENINGNR: 92 90 59 19 67 TAKKODE: 632005 (Ben Swartstraat) TIPE REKENING: SPAARREKENINGBewyse moet aan Johan [email protected] en cc [email protected] gestuur word. Gebruik asb. jou naam, van en kort beskrywing van waarvoor die betaling is as verwysing. Bring asseblief die bankbetalingsbewys ook sommer saam kamp toe. Moet asseblief nie kontant by ‘n bank inbetaal nie, aangesien dit onnodige bankkoste teweeg bring. Indien daar kontant is, bring dit liewer saam en betaal by die kamp.

David & Ansie Smith 1988/11/13

Carina & Alwyn Louw 1992/12/07

Amanda & Kobus Burger 1979/12/15

Theresa & Gerhard Botha 1979/12/15

Tersia & Martin Rix 1981/12/19

Daleen & Chris Pienaar 1997/12/20

Alta & Johan Van Jaarsveld 1976/12/24

Ursula & Schalk Van Schalkwyk 1964/01/05

Linda & Wynandt Theron 1971/01/09

Eunice & André Van Zijl 1970/01/10

Hester & Dawie Swanepoel 1962/02/10

Page 22: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

22

LOOTJIEKOMPETISIE LAASTE KANS OM NOG TE WEN

WEN WEN! WEN!!!!

‘N 3G 7” TABLET PLUS ‘N ANDROID FOON PLUS KRAGBANKLAAIER EN ‘N STEL OORFONE. ALLES VIR R25.00. Lyste is beskikbaar by Wynand Theron en Janetta Toerien

Page 23: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

23

TOEKENNINGS Seppie en Geraldine Muller ontvang hulle 100ste algemene plaatjie by Umoya

Ons verwelkom Tienie en Joy Cronjé as nuwe lede

Johan en Alta van Jaarsveld: 30ste streeksaamtrek

Carel en Riana Combrink: 80ste streeksaamtrek

Andy en Janetta To-erien:250ste streeksaamtrek

Kobus en Erika de Kock: Streek meriete toekennings

Page 24: Wapadrand.1511.Wawiel Nov 2015 - SAWA · jrabie@dunns.co.za 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD avj.oefen@gmail.com 084 444 1422 012

24

Besoekers by Silver Rocks

Joy Cronjé aan die onbytmaak by Silver Rocks

Gerhard en Letitia Coetzee by Umoya

Dawie Mullins

Kerkdiens by Umoya

Ons predikant, Fay van Eeden by Umoya