4
22 Oktober 2019 Beste ouer(s)/voog(de) GRAAD 8 KAMPREËLINGS EN –BENODIGHEDE Algemene reëlings Gr. 8-kampkerkdiens Die Sondagoggend van die kamp, na ontbyt vir die leerders, vind ‘n kerkdiens vir die graad-8 leerders en ouer(s)/voog(de) op Paradeisos om 10:00 plaas op Paradeisos. Ouer(s)/voog(de) is welkom om na die diens koffie/tee en ligte verversings teen R30 per persoon te geniet. Voltooi asseblief die meegaande skeurstrokie en handig dit in saam met die toestemmingsbriewe met bewys van betaling of u kan kontant betaal op 15 Januarie 2020. Toestemmingsbriewe Elke graad 8-leerder wat die kamp bywoon moet TWEE toestemmingsbriewe, nl. die skooltoestemmingsbrief (aangeheg) en departementele toetstemmingsbrief (ontvang in voornemende Waggielêer ) voltooi. Geen leerder kan op die bus met vetrek vir die kamp toegelaat word indien enige een van die twee toestemmingsbriewe uitstaande is nie. Vertrekinligting : Datum: Vrydag 17 Januarie 2020 Kleredrag met vertrek: Brandwagondersteunershempie met ‘n denim

  · Web viewElke graad 8-leerder wat die kamp bywoon moet . TWEE . toestemmingsbriewe, nl. die . skooltoestemmingsbrief (aangeheg) en . departementele. toetstemmingsbrief (ontvang

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1:   · Web viewElke graad 8-leerder wat die kamp bywoon moet . TWEE . toestemmingsbriewe, nl. die . skooltoestemmingsbrief (aangeheg) en . departementele. toetstemmingsbrief (ontvang

22 Oktober 2019

Beste ouer(s)/voog(de)

GRAAD 8 KAMPREËLINGS EN –BENODIGHEDE

Algemene reëlings

Gr. 8-kampkerkdiensDie Sondagoggend van die kamp, na ontbyt vir die leerders, vind ‘n kerkdiens vir die graad-

8 leerders en ouer(s)/voog(de) op Paradeisos om 10:00 plaas op Paradeisos.

Ouer(s)/voog(de) is welkom om na die diens koffie/tee en ligte verversings teen R30 per

persoon te geniet. Voltooi asseblief die meegaande skeurstrokie en handig dit in saam met

die toestemmingsbriewe met bewys van betaling of u kan kontant betaal op 15 Januarie

2020.

ToestemmingsbrieweElke graad 8-leerder wat die kamp bywoon moet TWEE toestemmingsbriewe, nl. die

skooltoestemmingsbrief (aangeheg) en departementele toetstemmingsbrief (ontvang

in voornemende Waggielêer ) voltooi. Geen leerder kan op die bus met vetrek vir die kamp

toegelaat word indien enige een van die twee toestemmingsbriewe uitstaande is nie.

Vertrekinligting:

Datum: Vrydag 17 Januarie 2020

Kleredrag met vertrek: Brandwagondersteunershempie met ‘n denim

Versorging van bagasie: leerders kan met hul aankoms by die skool kampbagasie in die

saal se voorportaal gaan neersit vir veilige bewaring tot die busse vertrek

GEEN SKOOLTASSE SLEGS KAMPBAGASIE Tyd: Busse vertrek 11:00 vanaf Typhoonstraat

Ouer(s)/voog(de) is asseblief verantwoordelik vir ‘n kospakkie vir u kind vir die bus, aangesien middagete om 14:00 die eerste ete is wat aan die graad 8-leerders op Paradeisos bedien word.

Page 2:   · Web viewElke graad 8-leerder wat die kamp bywoon moet . TWEE . toestemmingsbriewe, nl. die . skooltoestemmingsbrief (aangeheg) en . departementele. toetstemmingsbrief (ontvang

Lys van Benodighede

Onthou, dit is 'n kamp!! So maak seker jy bring ou en gemaklike klere.Kampeerders moet die volgende in pak:

• Genoeg klere vir die duur van die kamp • Genoeg warm klere (afhangende van tyd van die jaar) • Eie beddegoed is baie belangrik (kussing, duvet of kombers of `n slaapsak) • Eie handdoeke • AI jou persoonlike toiletware (sjampoe, tandepasta en borsel, seep en deodorant) • Gemaklike toe-skoene of tekkies. • Swemklere (afhangende van die seisoen) • Hoed of pet! • Waterbottel is 'n noodsaaklike deel van jou kamp! • Sonskerrn (SPF vlg. vel tipe) • Eie medikasie - as jy op chroniese medikasie is, of jy 'n epipen gebruik - Laat ons aasseblief weet. • Snoepiegeld vir diegene wat na 'n lang dag Ius voel vir 'n lekker coke! * Eetgerei word aan almal voorsien

BAlE BELANGRIK - Paradeisos sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige items (selfone, kameras, geld, MP3-spelers, ens.) wat beskadig word, verlore raak of gesteel word tydens die duur van die kamp nie!

Aankomsinligting (skoolbusvervoer)(Indien ouer(s)/voog(de) nie die gr. 8-kampkerkdiens bywoon nie en leerder van skoolbusvervoer terug gebruik maak)

Datum: Sondag 19 Januarie 2020

Tyd: 13:00 in Typhoonstraat

Brandwaggroete

Page 3:   · Web viewElke graad 8-leerder wat die kamp bywoon moet . TWEE . toestemmingsbriewe, nl. die . skooltoestemmingsbrief (aangeheg) en . departementele. toetstemmingsbrief (ontvang

Ek/ons ouers/voog van

in Graad 8 sal maak die volgende

keuse.

Merk asseblief u toepaslike keuse met x:1a.

) ⃞ bywoon met ___ (aantal) ouers/voogde @ R30 per

persoon =

TOTAAL: R___________(betaalbaar 16 Janurie 2020)

EN b.) Na die kampkerkdiens sal my kind terug huis toe besorg word met: ⃞ eie vervoer

OF ⃞ skoolbusvervoer

2.) ⃞ ongelukkig nie bywoon nie

____________________________

Handtekening van ouer/voog