Upload
others
View
11
Download
1
Embed Size (px)
Citation preview
1
Samesteller: Mario Ackermann
Letterkunde
-Teorie
2
POëSIE
LETTERLIKE BETEKENIS
Gewone betekenis Bv. Dit reën hard. = val baie druppels uit die hemel
Bv. trap op doring ( lett. ) doring in vlees ( fig. )
Jakkals = dier ( lett. ) jakkals = skelm persoon ( fig. )
FIGUURLIKE BETEKENIS
3
ongewone betekenis assosiasies , konnotasies bybetekenis bv. gryse verlede
soete herinneringe
bitter lyding
KLIMAKS
hoogtepunt opwindendste punt
4
mees spanningsvolle oomblik
ANTI-KLIMAKS
uiteinde is teleurstellend
BEELDSPRAAK EN STYLFIGURE
VERGELYKING
twee dinge word met mekaar vergelyk vergelykende deel word gegee nes , soos
5
bv. Die meisie is so mooi soos ‘n roos.
Plesier is nes ‘n komkommer :
As jy hom pluk,verlep hy sommer.
METAFOOR
twee dinge/sake met mekaar vergelyk
eienskap van ‘n beeld op die ontvanger oorgedra vergelykende deel word nie gegee nie dus nie nes en soos bv. Die see is ‘n blou tafeldoek.
Beeld : blou tafeldoekOntvanger : see
6
Ek is by ‘n kruispad in my lewe.
beeld : kruispad
ontvanger : keuses in die lewe
Sy is ‘n roos.
7
Beeld : roosOntvanger: skoonheid van ‘n vrou
Bv. Die haaie loop dik in ons ekonomie.Beeld : haaieOntvanger : skelm sakemanne
PERSONIFIKASIE
Persoon Menslike eienskappe op lewelose voorwerpe , diere ,
natuurverskynsels oorgedra Bv. Die aarde huil.
8
Die dag bloei saggies leeg.
9
Bv. My dagboek is geduldig.
My hond is baie liefdevol.
10
KLANKNABOOTSING ( ONOMATOPEE )
Woorde die klank van voorwerpe / handelinge naboots
11
Bv. swiep-swiep van ruitveërs
geruis van ‘n rivierstroom
12
knetterende vuur
STROFES
2 reëls = koeplet ,
3= tersine
4 = kwatryn
13
6=sekstet
8=oktaaf
RYM : VOLRYM EN HALFRYM
Volrym : klinkers en medeklinker wat as ‘n groep herhaal word , bv. kat – nat – benat ; vaak - raak , Geld wat stom is , maak reg wat krom is.
Volrym : funksies : bindmiddel Hy’s klein en skraal en moeg ,
sy klere vaal en muf van stof , want heel die warm dag het hy die paaie , paaie langs geslof .
14
lê verbande tussen reëls Hy’s klein en skraal en moeg ,
sy klere vaal en muf van stof , want heel die warm dag het hy die paaie , paaie langs geslof .
Halfrym : alliterasie : herhaling van medeklinker , bv. soos rook sal ons siele swewe steil deur die sterrenag
Alliterasie : funksies : sekere woorde beklemtoon , bind sekere woorde (bindmiddel) klankversterkend
Halfrym : assonansie : herhaling van klinker bv. Hy gaap en gaan nou slaap.
15
Assonansie : funksies : kan help om stemming te skep , sekere woorde beklemtoon , klankversterkend , bind sekere woorde (bindmiddel ), kort klinkers skep effek van bv. gejaagdheid , haastigheid , opgewondenheid
Rymskemas : paarrym : aa bb
wekespekedraaibaai
kruisrym : abab
gewereopdragmenereSondag
omarmde rym : abba
16
valvindverblindknal
gebroke rym : abcd gevangestrydewigheidverban
RITME , METRUM EN TEMPO
Ritme : stadig of vinnig wees. Bv.
17
assonansie van lang klanke skep stadige ritme
assonansie van kort klinkers skep vinnige ritme.
Opeenvolging van kort woorde kan bydra tot vinnige ritme. In die klein wit kol
van my wete stol
bruin en skerp ‘n klipsoos ‘n bok wat skrik,
staan,vinnig weghol
18
uit die klein wit kol.
Opeenvolging van lang/langer woorde kan bydra tot stadige/stadiger ritme.Wat is die slaap ‘n wondersoete ding !Sag op haar oë daal die vaakSoos maneskyn diep waterkuile raakOm daar te droom in skemering.
Enjambement kan bydra tot vinnige/vinniger ritme.In die klein wit kol van my wete stol
bruin en skerp ‘n klipsoos ‘n bok wat skrik,
staan,vinnig wegholuit die klein wit kol.
Ritme = Lees minder belangrike woorde vinniger en sonder klem/lees belangrike woorde stadig en met klem . Golwende beweging tot gevolg wat as ritme bekend staan.
19
Metrum : Indien ‘n gedig in lettergrepe verdeel word en die beklemtoonde en onderbeklemtoonde lettergrepe vorm ‘n vaste patroon , staan dit as metrum bekend.
Tempo : Die snelheid of tempo waarteen ‘n gedig gelees
word.Ritme kan ook bydra tot die skep van ‘n vinnige of stadige tempo.’n Vinnige tempo word aangedui deur kort klanke , enjambemente en die afwesigheid van leestekens. moswatervalkantelsonval
20
valvalvinnigvinnigvin
‘n Stadige tempo word aangedui deur lang klanke, oormatige leestekens en beklemtoonde woorde. Ek slaap in die rus van eeue gesus , ongesiend , ongehoorden dof en loom in my sonnedroom, ongewek , ongestoordstadige ritme wat die rustigheid van die slapende vlakte uitbeeld.
LEESTEKENS
Dubbelpunt : volg ‘n verklaring , verduideliking , lys , direkte rede
Aanhalingstekens : direkte rede
21
Uitroepteken : uitroep , sterk emosie , gedagte beklemtoon , woord beklemtoon
Aandagstreep aandag vestig op wat volg /beklemtoon gedeelte wat volg
22
Jy wil weet waarom herstel ek nie – want jy het my die maan,sterre en uitspansel beloof.
inlasgedeelte (parentese )
kontras aandui
Kommapunt : in plek van voegwoord
skei strofes skei afsonderlike gedagtes
23
skei sinne
Ellips (beletseltekens / aandagstippels )
24
Dui tydsverloop aan
Verswyging van woordeDie maan het die sterreen die sterre mekaarMaar ek en die son …Digter so ontsteld oor sy eensaamheid hy nie sy gevoelens in woorde kan uitdruk nie
25
Dui ‘n wending aan
sodat gedagte kan insink
en op ‘n Sondag van die brosgeel rys …
Die arbeider dink aan die lekker kos hy graag aan sy gesin sal wil voorsit.
Dui ‘n ruspouse aan
Sodat ‘n mens moet wonder wat daarna gebeur
26
blink breek die ploeg die middelvoor …
Hier kan die leser sélf besef hoe wonderlik dit sal wees as die boer , ná die reën sy lande begin ploeg.
dui daarop dat die handeling herhaal word
deur die wind se woede wat die waters laat rol
laat rol laat rol het …
skep spanning en afwagting
Hy sien die agies …
Dan wip hy , skielik mal ,
27
Van paal na klip,
Van klip na krip
En spat die water
Venynig-woes
Dat almal keer en koes ,
Komma
voor en na ‘n bystelling , verstadig tempo , reeks gedagtes ,
kenmerke , dinge
HUMOR Om die lagwekkende in iets sien
28
SARKASME
Bytende spot , opsetlik seermaak , verkleineer , beledig bv. Jy is nie in die wieg gelê om ‘n kunstenaar te word nie. ; Jy is so slim soos ‘n klip.
HERHALING (REPETISIE )
Woord , sinsdeel , strofe , reël , bepaalde gedagte , klinkers( assonansie ) , medeklinkers ( alliterasie ) , beklemtoningsfunksie , dien as bindmiddel by alliterasie en assonansie
OKSIMORON
Twee woorde langs mekaar wat verkeerd lyk , verkondig ‘n dieper waarheid , opsetlike teenstrydigheid , bv. georganiseerde chaos , jeugdige grysaard , pragtige gemors
PARADOKS ( SKYNBARE TEENSTRYDIGHEID )
Stelling of ‘n uitdrukking lyk asof teenstrydig is , maar help eintlik om ‘n dieperliggende waarheid te bekelemtoon , paradoks bestaan uit meer as 2 woorde , bv. Stilbly is ook ‘n antwoord. , Mense het meer grade , maar minder gesonde verstand.
METONIMIA
Een voorwerp in plaas van ‘n ander genoem word , bv. Jan het die bottel lief. ( i.p.v. drank ) , Die ketel kook. ( i.p.v. water )
ENJAMBEMENT
Staan ook bekend as ‘n oorloopreël Geen onderbreking deur ‘n leesteken Dus geen ruspouse
29
As kind het ‘k eens die maan se ronde skyflangsaam sien uitswel bo die silwer vleiom saggies soos ‘n seepbel weg te dryfen tussen yl populiere in te gly.
Die een vers vloei spontaan in die ander deur die enjambemente.
Funksies : maak beweging sigbaar/sien beweging … elke blom word vrug,tot selfs die traagstes ; en die eerste blare valso stilweg in die rook-vaal bos en laan
Die kat strek hoog op vier strak bene,buigbehaaglik om haar luiperdlies te lek,
Die leser kan as’t ware die behaaglike afbuigbeweging van die kat sien.
Om die aandag van rym aft e leiAs kind het ‘k eens die maan se ronde skyflangsaam sien uitswel bo die silwer vleiom saggies soos ‘n seepbel weg te dryfen tussen yl populiere in te gly.
Dit skep die indruk van vloeiendheid. … elke blom word vrug,tot selfs die traagstes ; en die eerste blare valso stilweg in die rook-vaal bos en laan
Dit maak die tempo vinniger . Die reël loop oor omdat hy by volgende een hoort.
… elke blom word vrug,
30
tot selfs die traagstes ; en die eerste blare valso stilweg in die rook-vaal bos en laan
HIPERBOOL
Oordrywing Ter wille van effek Ter wille van beklemtoning Bv. Ek het jou al ‘n duisend maal gesê …
LITOTES
31
Die waarheid word verklein( onderbeklemtoon ) sodat dit beter kan uitkom.bv. Ons sal die probleempie sommer vinnig oplos. , Hy is nie die fluksste leerder nie.
Beskeidenheid uitdruk , bv. Die klein geskenkie van ‘n R 1000 is joune. My pa besit maar net vyf plasies.
SINESTESIE
Twee sake wat tot twee verskillende gebiede van die sintuiglike behoort , word tot een saamgesnoer.bv. Sy donker snikke het my ontroer.
32
, My oë tas die wêreld af . ( N.P. van Wyk Louw )
WOORDSPELING
33
Daar word gespeel met die verskillende betekenisse van ‘n woord.
Bv. Ek was nog altyd ‘n wonderkind. Mense wonder wat van my gaan word.
Hy is langdradig op die preekstoel , maar so kort van draad daaronder.
SINEKDOGEE
Geheel deur ‘n deel daarvan aangedui Bv. koshuis : voetstappe in gang ( kinders )
Gee my jou hart. ( liefde )
34
ELISIE/ RYMDWANG
Weglating van ‘n klank ter wille van ritme Bv. In elk grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou, en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou
ANTONOMASIA
Gebruik van ‘n eienaam in die plek van ‘n algemene begrip.
Jan Publiek ( groot massa )
35
Hy dink hy is Superman. (sterk )
Hy’s ‘n regte Salomo. ( wys )
36
EUFEMISME (ONDERSTELLING )
Harde werklikheid / onaangename werklikheid sagter stel
Bv. Hy is ‘n dief. – Hy het lang vingers. , dood : sag heengegaan
ONDERBEKLEMTONING
Iets minder erg uitdruk om juis aandag daarop te vestig Bv. Jakkalse is nie besonder welkom tussen skape nie.
RETORIESE VRAAG
Vraag wat nie beantwoord word nie Laat leser nadink Of waarheid benadruk Bv. Waarom moet ek tog so sukkel ?
37
POLISINDETON
Herhaling van “en” kort ná mekaar Beklemtoning , bv. Ons het gelag en gesing en
gedans.
INVERSIE
Normale woordorde verander om sekere woorde te beklemtoon, om ‘n woord in rymposisie te plaas
Voorplasing : Daleen staan hartseer deur die venster en kyk. Inversie : Hartseer staan Dalene deur die venster en kyk. ( beklemtoon “hartseer”)
Agterplasing : Die son sak laag oor die berge , dit word stil en rustig. Inversie : Die son sak laag oor die berge , dit word rustig en stil. ( beklemtoon “stil”)
ENUMERASIE
Opnoem van verskillende sake Soms lyk dit asof die sake nie by mekaar pas Funkie : beklemtoning
BOODSKAP EN TEMA
Hoofgedagte , sentrale idee , bv. liefde , selfsug , swaarkry , sterflikheid
ATMOSFEER / STEMMING
Bv. onheil , onrus , gespanne , vrolik , rustig
38
Geskep deur : woordkeuse , alliterasie , assonansie , tempo , kort klanke , lang klanke,sagte klanke , harde klanke
TOON
Houding teenoor onderwerp of persoon wat aangespreek word
Bv. sarkasties , speels , formeel , optimisties , pessimisties , informeel
IRONIE
verwagting / sê / situasie → is teenoorgesteld/vorm kontras → met werklikheid
Teenoorgestelde sê van wat jy bedoel ( sarkasme ) Teenoorgestelde gebeur van dit wat mens verwag Vorm van humor Kan subtiel wees Bv. terwyl dief inbreek , word daar by sy huis
ingebreek , ambulans op pad na hospitaal maak ongeluk ,bv. in koshuis gebeur opwindende dinge : belangrikste ding wat gebeur het : Juf. Smit het nuwe pajamas gekry.
AKTUEEL
Vandag geld Ook vandag probleme in S.A. / wêreld
39
Tema is aktueel wanneer op huidige oomblik in huidige tyd ook geldig is.
Bv. armoede , misdaad , werkloosheid
UNIVERSEEL
Tema op alle tye en op alle mense reg oor wêreld betrekking het
Bv. boosheid , liefde , sonde , vergiffenis
INTERTEKSTUALITEIT
In teks word na ander tekste verwys ( geskrewe , visueel , klank )
Jy moet daarvan bewus wees, want dit dra by tot die betekenis van die teks.
Intertekstualiteit vergemaklik die interpretasie van die teks.
SIMBOLIEK
Wanneer ‘n konkrete voorwerp dieper betekenis kry. Bv.’n kruis ( genade ) ,’n hart ( liefde ), die kleur rooi ( liefde of
gevaar ) , vuur( suiwering of vernietiging ) , rooi rose ( liefde ), die son ( lewe ) , die kleur blou ( kalmte of depressive ) , ‘n anker ( standvastigheid )
KONTRAS / TEENSTELLING
Twee uiterstes teenoor mekaar gestel. Kan subtiel wees. Beklemtoon die uiterstes wat teenoor mekaar gestel word. Skep spanning.
40
Bv. Sy was lank en lig ; hy was kort en swaar.
STROFEBOU EN VERSREëLS
2 reëls = koeplet 3 reëls = tersine 4 reëls = kwatryn 6 reëls = sekstet 8 reëls = oktaaf
TIPOGRAFIE
Hoe die gedig op die bladsy vertoon. Rangskikking van woorde en versreëls Skuinsdruk Hoof- en kleinletters Leestekens Alleenplasing van woorde en sinsnedes ter wille van
beklemtoning Inkeping ; versreël met tipografiese wit ( oop spasie ) wat dit
voorafgaan
SONETTE
Italiaanse Sonnet
Uiterlike bou : 14 versreëls ; twee kwatryne wat ‘n oktaaf vorm ; en twee tersines wat ‘n sekstet vorm ; tussen oktaaf en sekstet daar ‘n skeiding ; vaste rymskema : abba/abba/cdc/dcd
41
Innerlike bou : oktaaf – uiteensetting of natuurbeeld ; na oktaaf volg wending : wending in sekstet = toepassing van beeld in oktaaf ; in sekstet dus verklaring en verdieping.
Engelse Sonnet
Uiterlike bou : 14 versreëls : ; drie kwatryne en ‘n rymende eindkoeplet ; rymskema is abab/cdcd/efef/gg
Innerlike bou : deurlopende gedagtegang wat dwarsdeur die drie kwatryne loop ; die hoogtepunt word bereik in die rymende eindkoeplet wat die kerngedagte kragtig uitdruk.
VRYE VERS
Enjambement Geen vaste rymskema Wel woorde wat rym Wisselende lengte van versreëls en strofes Hoofletters ontbreek Leestekens ontbreek Informele toon Herhaling van woorde , sinsnedes , reëls Bindingselemente : alliterasie en assonansie
TIPOGRAFIE
Hoe gedig op bladsy vertoon Wyse waarop woorde en versreëls gerangskik is ( bv. inkeping ,
staan alleen )
42
Strofebou Lengte van versreëls Skuinsdruk Hoof-en kleinletters Leestekens alleenplasing ter wille van beklemtoning inkeping : versreël/woord met tipografiese wit ( oop spasie )
voorafgaan
SATIRE
spot met menslike swakhede , dwaashede , wantoestande doel van satire : dit moet lei tot regstelling van kwaad
AGTERGROND / KONTEKS
werklikheid waarbinne teks funksioneer werklikhede : politiese,historiese,sosiale,maatskaplike samelewingswaardes tyd
TITEL , SUBTITEL , MOTTO
titel : opskrif van gedig subtitel / ondertitel : gee meer inligting omtrent inhoud van
gedig as titel self motto : aanhaling tussen titel en gedig , kursief , werp lig op
gedig
SPREKER EN AANGESPROKENE
spreker : een wat praat , digter , ma , pa , dier , lewelose voorwerp , insek ,ens.
43
aangesprokene : iets of iemand wat aangespreek word, persoon met wie spreker praat , ka nook leser wees , geliefde , ens.
PERSIESE KWATRYN
Rympatroon : aaba Reël 1 en 2 : stel die situasie , reël 3 : rymloos en oorloop
( enjambement ) in reël 4. Reël 4 : verrassing inhou
INHOUD / “ STORIE “ VAN GEDIG
Waaroor handel die gedig ?
EMOSIONELE REAKSIE
Bepaal deur woordkeuse , gevoelstaal , tema , metafore ens.
PROGRESSIE
Vooruitgang / ontwikkeling Gegewens oploop tot hoogtepunt Woorde in sekere patroon georden Bv. Hy sien dadelik meisie , trek sy aandag , praat met haar ,leer
haar beter ken , hou van haar ,. Vandag halsoorkop verlief en wil trou.
WENDING
Verandering of ommekeer Teenstellende voegwoord “ maar “
SKUINSDRUK ( KURSIEFGEDRUK )
44
Woorde beklemtoon Motto in skuinsdruk Subtitel in skuinsdruk Woorde uit ander taal , bv. Engels
SUGGESTIE / GEïMPLISEERDE BETEKENIS/INNUENDO/SINSPELING
Boodskap op indirekte of bedekte wyse oordra Ware bedoeling kan afgelei word Tussen lyne aflei
PARENTESE
Invoeging van ‘n woord , sinsdeel , sin Inlasgedeelte Verdere inligting gegee Aangedui : - - of , , of ( )
UITSTELTEGNIEK
Kern , hoofgedagte , hoogtepunt nie dadelik genoem Doelbewus uitgestel om spanning te verhoog
DIGTERLIKE VRYHEID
Woord : lettrgreep bygevoeg of weggelaat ter wille van rym of sodat woord beter by ritmiese patroon inskakel
Byvoeging : bv. bo as bowe
45
Weglating : bv. hemele as heemle
SIKLUS
Begin en einde sluit by mekaar aan en dui op herhaling Einde beweeg terug na die begin
VORMGEDIG
Uitleg van gedig net so belangrik as die woorde/inhoud Uitleg het te make met rangskikking van versreëls
ASSOSIASIE
Koppeling Een saak roep ander saak op Bv. Amsterdam ( Nederland ) se dieretuin : troppie
Springbokkies ( beeld van Karoo oproep) ; grys hare ( ouderdom ) ; kwaad ( duiwel is los )
STANDPUNT
Siening , mening , opinie
PROSA ( ROMAN/NOVELLE/KORTVERHALE/
VOLKSVERHALE )
INTRIGE ( sub-intrige , spanningslyn , klimaks , anti-klimaks , uiterlike konflik , innerlike konflik , vooruitskouing )
Verhaallyn / storielyn Reeks gebeurtenisse / al die gebeurtenisse saam
46
Verband tussen gebeure Karakters met wie daar iets gebeur Intrige berus op konflik van een of ander aard Konflik skep spanning Uiteindelik oplossing van spanning
Sub-intrige : sekondêre verhaallyne Parallel met hoofintrige ( primêre / belangrikste verhaallyn )
Spanningslyn : stygende , volgehoue , afnemende spanningslyn Uiterlike en innerlike konflik skep spanningslyn
Klimaks : opwindendste deel van verhaal , mees intense oomblik
Hoogtepunt in spanning
Anti-klimaks : onverwagte / teleurstellende uiteinde of afloop
Konflik : spanning tussen opponerende magte Spanning tussen opponerende begeertes/waardes in karakters
se gemoed Gebruik om leser se aandag te behou Vorm die basis van intrige
Uiterlike konflik : sien of hoor Vassit , baklei , fisiese geweld , woordewisseling , argumenteer ,
vuisgeveg , gewere Die natuur wat verwoes
47
Innerlike konflik : vind in karakter se gemoed plaas Ongelukkigheid , onsekerheid , woelinge , spanning in karakter
se gemoed
Vooruitskouing( voorafskaduwing/vooruitwysing ) : leidraad in teks wat wenk gee oor rigting waarin handeling gaan ontwikkel/ oor wat moontlik kan gebeur
Voorbode / voorteken Fyn lees om dit raak te sien ‘n tegniek of kunsgreep wat ook baie effektief in rolprente
gebruik word ( bv. rillers )
STRUKTUUR / FASES
Bekendstelling ( uiteensetting , eksposisie ) :bekendstelling van karakters : hoofkarakter of sentrale karakters , protagoniste en antagoniste , verhouding tussen karakters
Bekendstelling van primêre konflik Raak bewus van agtergrond van verhaal, tyd en plek van
handeling , omstandighede
Motoriese moment : handeling wat aksie aan gang sit , aksie begin nadat konflik bekendgestel is, gebeurtenis wat ketting ander gebeure aan die gang sit , eerste woorde wat spanning aandui.
48
Ontwikkeling ( verwikkeling ) : al hoe meer gebeur , leser se belangstelling neem toe, reeks konfliksituasies wat aanleiding gee tot krisis in verhaal
Spanning en konflik : ongeveer in middel van verhaal bou spanning op ; interaksie tussen karakters en konflik lein tot spanning.
Klimaks : (SIEN POëSIE)
Ontkoping/ afloop : handeling na klimaks volg Konflik opgelos Ommekeer
Einde onvoltooide einde leser moet self op einde besluit of definitiewe einde
KARAKTERS
elke karakter het sy eie persoonlikheid
Karakterisering ( karakteruitbeelding )
hoe die karakter is naam van karakter karakter se motiewe ruimte kan help met uitbeelding
49
houding van karakter persoonlikheid van karakter emosionele ingesteldheid van karakter verteller vertel wat karakter doen en sê gedagtes van karakter wat ander karakters van karakter dink en sê
Karaktereienskappe aflei uit optrede van karakters en wat karakters sê
Interaksie tussen karakters optrede tussen hoofkarakter en newekarakters gesprekke tussen karakters oorsaak en gevolg is belangrike elemente van
interaksie
Karakterontwikkeling
groei nuwe insig standpunte verander anders aan einde as aan begin ; nie dieselfde bly , ondergaan
verandering
Verwantskap tussen karakter en tema
karakter doen en sê wat met tema verband hou
Hoofkarakter / ronde karakter
50
sentrale karakter ; ondergaan belangrike groei en ontwikkeling a.g.v. gebeure
Newekarakter / plat karakter
ander karakters bykarakters bly op agtergrond ondergaan nie werklik enige verandering nie ons leer hulle nie so goed ken
Protagonis held / heldin goeie karakter hoofkarakter eerlik dapper gerespekteer poog om die regte ding te doen
Antagonis
enige karakter in konflik met protagonis is kan meer as een wees slegte karakters , boos , skelm , kwaadwillig , haatdraend ,
negatief voorgestel
Tritagonis Staan tussen die strydende partye Versoening tussen protagonist en antagonis bewerkstellig
51
Rol van die verteller
let wel : die verteller is nie die skrywer nie
Eerstepersoonsverteller ( Ek-verteller ) een van die karakters ( gewoonlik die hoofkarakter )in die
verhaal vertel die verhaal “ ek “ , “ons “ Nadeel : verhaal slegs uit eie gesighoek vertel , vir leser vertel
slegs wat karakter sien, doen , waarneem en ervaar Voordeel : eie ervaring van karakter weergegee , daarom
geloofwaardig, eerstepersoonsverteller makliker glo omdat hy/sy by al die die gebeure betrokke is
Voordeel : maklik identifiseer met hoofkarakter se emosies en belewenisse
Derdepersoonsverteller ( alwetende verteller/alomteenwoordige verteller )
Onsigbare person Nie gebonde aan tyd,plek nie Weet wat elke karakter sê , dink , voel Oral teenwoordig Nie deel van die verhaal nie, maar beskik oor al die inligting van
die karakters , hulle dink, doen en sê “ hy “ , “sy” , “hulle “ Voordele : nie gebonde aan tyd en plek ; weet wat elke
karakter sê , dink , voel ;
52
Oral teenwoordig ; verskuif van een karakter na ‘n ander ; beskik oor al die inligting van die karakters ( hulle dink,doen en sê )
BOODSKAP EN TEMA ( SIEN OOK POëSIE )
Kernwaarheid , hoofgedagte , hoofidee , sentrale gedagte , probleemstelling , Wat wil die skrywer met die roman se ? , idee van die verhaal , boodskap wat wyer strek as die verhaal self , lewensles ( bv. stryd tussen goed en kwaad en goeie sal altyd oorwin ) , boodskap en tema loop soos goue draad deur al die verhaalelemente
AGTERGROND/MILIEU / RUIMTE EN DIE INVLOED DAARVAN OP KARAKTER EN TEMA
Plek , tyd , omgewing , totale omgewing , periode ( bv, 90’s ) , historiese ruimte/milieu , sosiale milieu , politieke milieu , maatskaplike milieu , fisiese of konkrete ruimte/milieu , geografiese ruimte
Ruimte kan karakter se gemoedstoestand projekteer ( m.a.w. dit kan ‘n karakter se gemoedstoestand benadruk )
Dra by tot atmosfeer/stemming/gevoel van verhaal Kan gebeure beЇnvloed Kan self ‘n verhaalfiguur word Hoe voel die karakter oor die ruimte ? bv. Karoo : bevrydend OF
voel vasgedruk, geestelik en intellektueel geïsoleerd
ATMOSFEER/STEMMING ( SIEN POëSIE )
TOON ( SIEN POëSIE )
53
IRONIE ( SIEN OOK POëSIE )
Ironiese wending : gebeure anders verloop as wat verwag word
Ironiese afloop : verhaal of gebeure anders eindig as wat leser verwag
Dramatiese ironie : leser bewus van iets / toedrag van sake , maar karakter weet dit nie , karakter total onkundig , skep spanning , gruwelflieks : moordenaar agter deur,maar persoon wat kamer binnekom daarvan onbewus , sorg vir humor , verhoog gehoorbetrokkenheid.
TYDSVERLOOP
Chronologies : gebeure volg logies na mekaar. Terugflitse/ terugskouings / terugverwysings : inligting oor
gebeure wat voor gebeure wat vertel word,gebeur het, herinneringe , drome , stories uit die verlede,Nuttig vir verwikkeling en om agtergrond aan leser te gee oor karakter , plek of konflik, sorg vir afwisseling, vertelling interessanter maak
Tydspronge : ‘n spesifieke tydsverloop word weggelaat , besonderhede nie van belang vir verhaal
A-chronologies : hede en verlede mekaar afwissel , tydsverloop nie opeenvolgend , terugflitse , vooruitsysings , volgorde afwykings , verteller interessanter maak,spanning skep , afwisseling bring
Anti-chronologies : verhaal begin by einde en terugwerk na begrin , verhaal begin in middel en werk na kante.
54
AKTUEEL ( SIEN POëSIE )
UNIVERSEEL ( SIEN POëSIE )
INTERTEKSTUALITEIT ( SIEN POëSIE )
MOTIEWE
Elemente ( voorwerpe,plante, diere ) by herhaling voorkom Dra ‘n betekenis of boodskap
SIMBOLIEK ( SIEN POëSIE )
KONTRAS ( SIEN POëSIE )
DRAMA
IRONIE : Ironie , ironiese wending , ironiese afloop , dramatiese ironie ( SIEN POëSIE EN PROSA )
TYDSVERLOOP : chronologies , terugflitse , tydspronge , a-chronologies ( SIEN PROSA )
AKTUEEL ( SIEN POëSIE )
UNIVERSEEL ( SIEN POëSIE )
INTERTEKSTUALITEIT ( SIEN POëSIE )
MOTIEWE ( SIEN PROSA )
SIMBOLIEK ( SIEN POëSIE )
KONTRAS ( SIEN POëSIE )
KARAKTERS : protagonis , antagonis , tritagonis (SIEN PROSA )
55
DRAMATIESE DOELSTELLING
Spesifieke reaksie wat dramaturg by leser wil ontlok , bv. toneel,dialoog, spesifieke gedeelte van teks
HOOFTEKS Dialoog tussen karakters
NEWETEKS
Staan tussen hakies Kursiefgedruk , skuinsdruk Bevat toneelaanwysings Byklanke, musiek , dekor , verhooguitleg
KARAKTERS : karakterisering , karaktereienskappe , karakterontwikkeling , interaksie tussen karakters , verwantskap tussen karakter en tema , hoofkarakter , newekarakter (SIEN PROSA )
BOODSKAP EN TEMA ( SIEN PROSA )
AGTERGROND EN MILIEU ( RUIMTE ) EN INVLOED DAARVAN OP KARAKTER EN TEMA ( SIEN PROSA )
VISUELE BINNERUIMTE
Speelruimte op verhoog Gehoor kan dit sien
GESUGGEREERDE BUITERUIMTE
Onsigbare ruimte genoem of gesuggereer word Byklanke kan buiteruimte suggereer
56
STRUKTUUR / FASES
Bekendstelling ( uiteensetting , eksposisie ) :bekendstelling van karakters : hoofkarakter of sentrale karakters , protagoniste en antagoniste , verhouding tussen karakters
Bekendstelling van primêre konflik Raak bewus van agtergrond van verhaal, tyd en plek van
handeling , omstandighede
Motoriese moment : handeling wat aksie aan gang sit , aksie begin nadat konflik bekendgestel is, gebeurtenis wat ketting ander gebeure aan die gang sit , eerste woorde wat spanning aandui.
Ontwikkeling ( verwikkeling ) : al hoe meer gebeur , leser se belangstelling neem toe, reeks konfliksituasies wat aanleiding gee tot krisis in verhaal
Spanning en konflik : ongeveer in middel van verhaal bou spanning op ; interaksie tussen karakters en konflik lein tot spanning.
Klimaks : (SIEN POëSIE)
Ontkoping/ afloop : handeling na klimaks volg Konflik opgelos Ommekeer
Einde onvoltooide einde
57
leser moet self op einde besluit of definitiewe einde
`