38
Belydenisvorming en die Belydenis van Belhar Inhoudsopgawe BELYDENISVORMING...................................................1 Die groter historiese aanloop tot die Belharbelydenis..............3 Die inhoud van die Belydenis van Belhar............................7 Belharbelydenis gemeet aan die Skrif...............................8 Artikel 1. Aanhef................................................ 8 Artikel 2. Oor die eenheid van die kerk..........................9 Artikel 3. Oor die tema van versoening?........................10 Artikel 4. Oor geregtigheid....................................10 Artikel 5. Oproep tot gehoorsaamheid............................13 DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN DIE FORMULIERE VAN EENHEID............13 DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN KERK EN SAMELEWING....................15 DIE HANTERING VAN DIE BELYDENIS VAN BELHAR DEUR DIE NG KERK.......20 DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN DIE BEVRYDINGSTEOLOGIE................22 BELYDENISVORMING Belydenisvorming is iets seldsaam. Belydenisvorming en die aanvaarding van nuwe belydenisskrifte is unieke gebeure. So is die Belharbelydenis die eerste nuwe belydenis, in die kerke van Nederlandse oorsprong sedert 1619, toe die Dordtse Leerreëls aanvaar is. Die feit dat belydenisskrifte in die kerk minder funksioneel is en dat lidmate al minder kennis dra van die inhoud daarvan maak die saak rondom ‘n nuwe geskrif by baie ‘n vreemde gedagte. In baie opsigte het ons ‘n kerk met belydeniskrifte geword in plaas van ‘n belydende kerk. 1

belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

Belydenisvorming en die Belydenis van Belhar

InhoudsopgaweBELYDENISVORMING.............................................................................................................................1

Die groter historiese aanloop tot die Belharbelydenis..........................................................................3

Die inhoud van die Belydenis van Belhar...............................................................................................7

Belharbelydenis gemeet aan die Skrif...................................................................................................8

Artikel 1. Aanhef................................................................................................................................8

Artikel 2. Oor die eenheid van die kerk.............................................................................................9

Artikel 3. Oor die tema van versoening?.........................................................................................10

Artikel 4. Oor geregtigheid..............................................................................................................10

Artikel 5. Oproep tot gehoorsaamheid............................................................................................13

DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN DIE FORMULIERE VAN EENHEID.......................................................13

DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN KERK EN SAMELEWING.....................................................................15

DIE HANTERING VAN DIE BELYDENIS VAN BELHAR DEUR DIE NG KERK..............................................20

DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN DIE BEVRYDINGSTEOLOGIE...............................................................22

BELYDENISVORMINGBelydenisvorming is iets seldsaam. Belydenisvorming en die aanvaarding van nuwe belydenisskrifte is unieke gebeure. So is die Belharbelydenis die eerste nuwe belydenis, in die kerke van Nederlandse oorsprong sedert 1619, toe die Dordtse Leerreëls aanvaar is. Die feit dat belydenisskrifte in die kerk minder funksioneel is en dat lidmate al minder kennis dra van die inhoud daarvan maak die saak rondom ‘n nuwe geskrif by baie ‘n vreemde gedagte. In baie opsigte het ons ‘n kerk met belydeniskrifte geword in plaas van ‘n belydende kerk.

Belydenisse kom egter reeds van Bybelse tye af. So het die heel eerste Christene bely dat “Jesus die Here is!” teenoor die wat geglo het dat “die keiser is Here”. In die eerste eeue van die kerk se geskiedenis is die kerk se geloof in die klassieke geloofsbelydenisse vasgelê (in die Apostoliese geloofsbelydenis, asook die Belydenisse van Nicea en dié van Athanasius). In die tyd van die Hervorming het talle belydenisskrifte ontstaan, waarvan die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls vir Gereformeerde gelowiges van groot belang is. Die Drie Formuliere van Eenheid ontstaan en word aanvaar in ‘n konteks van geweld,

1

Page 2: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

vervolging en politieke onrus. Vir die kerk was dit ‘n tyd wat die waarheid van die evangelie ingedrang gekom het. Die drie Formuliere van Eenheid is gebruik om die waarheid opnuut weer te definieer.

‘n Belydenis ontstaan wanneer die kerk die waarheid opnuut moet uitwys en artikuleer. Dit doen sy dmv ‘n belydenis. Belydenisdokumente was in die geskiedenis van beslissende belang in Gereformeerde kerke se pogings om telkens weer uitdrukking te gee aan hul eie verstaan van die evangelie vir hulle spesifieke tyd en omstandighede. Daarom was die kort tydperk na die 16de eeuse Hervorming by uitstek die tyd waarin daar talle belydenisskrifte verskyn het. Die kerke van die hervorming het by wyse van belydenisskrifte hulle gerig teen ‘n dwaalleer in die kerk, teen kettery wat voorgehou is as die waarheid en in ooreenstemming met die Skrif. Belydenisvorming is daarom nooit ‘n afgehandelde saak nie maar die uitdaging is om steeds gereformeerd voort te gaan met nuwe belydenisvorming wat eie is aan die konteks en uitdaging van die tyd. Trouens daar is tans ‘n proses aan die gang om die Accra-verklaring die status van ‘n belydenisskrif te gee. Die Presbiterane het sopas in 2010? ‘n nuwe belydenisskrif tot hulle konfessionele skat gevoeg. Die wekroep van die Reformasie is juis semper reformanda.

Daar kan dus met reg gesê word dat die Gereformeerde tradisie ‘n belydenistradisie is wat gedeel word met die breër Protestantisme. Kerklike tradisies, soos die Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerke, het nie belydenisskrifte nie. Binne Protestantse kringe bestaan daar’n wye verskeidenheid van belydeniskrifte. Die Belharbelydenis is reeds as belydenis aanvaar in die Verenigde Protestantse Kerk in België, sowel as in die Rerformed Church in die VSA. Die Presbiterane in die VSA is ook tans in ‘n proses om na dié belydenis te kyk. Daar is ook prosesse aan die gang in Switserland, Duitsland, die Midde-Ooste, Hongarye en in sommige van die Afrika-kerke wat uit die destydse sendingwerk van die NG Kerk gegroei het, om die Belharbelydenis te oorweeg as belydenisskrif. Belydenisskrifte gaan oor spesifieke sake binne ‘n spesifieke konteks. ‘n Belydenis wil ook nie alles oor alles sê nie.Uiteenlopende belydenisgeskrifte vervul ‘n verskeidenheid van funksies in die lewe van Gereformeerde kerke. Die moontlikheid van ‘n nuwe belydenisskrif is in die gereformeerde wêreld dus nie ‘n vreemde gedagte nie.

Gereformeerde hantering van belydenisskrifte neem historisiteit en kontekstualiteit baie ernstig, en lees nie die belydenisse as a-historiese dokumente nie. Belydenisskrifte moet altyd in ‘n historiese konteks verstaan moet word.

Die Belharbelydenis rig hom teen die teologiese regverdiging van apartheid. Ten eerste lei Apartheid tot die verskeuring van die kerk op grond van ras en kleur op so ‘n wyse dat meer as net geloof in Jesus Christus bepalend word vir die kerkwees van die kerk. Ten tweede bring dit die evangeliese boodskap van die versoening tussen mens en mens in die gedrang. Deur die wetlike skeiding van mens en mens op die grondslag van ras onder die aanname dat versoening tussen rasgroepe nie moontlik is nie en dat hulle daarom van mekaar geskei moet word, is eintlik gesê dat hierdie groepe in beginsel onversoenbaar is. Hierdie gedagte staan direk teenoor die evangelie se boodskap dat, op grond van die versoening in Christus, die versoening tussen mens en mens moontlik is. Die ideologie van apartheid plaas die geloofwaardigheid van die evangelie op die spel. Derdens het apartheid in weerwil van die Bybelse boodskap van God se geregtigheid ruimte geskep vir die uitbuiting van die magtelose deur die maghebber.

2

Page 3: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

Vervolgens word die historiese konteks van die Belharbelydenis aan die orde gestel. Dit dien as verheldering tot die vraag waarom die Belharbelydenis geanker word deur die temas van eenheid, geregtigheid en versoening.

Die groter historiese aanloop tot die Belharbelydenis

Die aanloop tot die uitroep van ‘n status confessions kan teruggevoer word na die 1857 Sinode van die Ned Geref Kerk (NGK). Aanvanklik het lidmate van alle rasse in een NGK tuisgekom. Die eenheid van die kerk, wat die eerste tema is in die belydenis van Belhar is, hou verband met besluite wat ‘n verkeerde wending sou neem op hierdié sinode. ‘n Besluit wat as oorgangsmaatreël vir 'n beperkte tyd bedoel was om die kleurvooroordeel van sommige lidmate tegemoet te kom, het algaande praktyk in die kerk geword. Die gevolge en die uitspeel hiervan sou die eenheid van die NG kerk-familie ingedrang bring. Afsonderlike dienste lei eventueel tot die stigting van afsonderlike kerke. Die NG Sendingkerk kom in 1881 totstand. In 1910 die eerste van die sogenaamde "Bantoekerke", wat in 1963 verenig in die NG Kerk in Afrika en in 1968 die Indian Reformed Church. Afsonderiike kerke wat op rassegrondslag sou bestaan.

In 1948 het die Nasionale Party aan bewind gekom met apartheid as amptelike rassebeleid.Waar die skeiding tussen rasse binne die kerk aanvanklik hanteer is as ’n beste, praktiesereëling, het dit gaandeweg gegroei tot die oortuiging dat aparte kerke op rassebasis Bybelsgefundeer kan en behoort te word. Uiteindelik het dit die hoeksteen van die NGK sesendingbeleid geword en is die regering ook teologies gesteun in die apartheidsbeleid.

Sedert 1960 het die begeerte tot 'n nouer verband gelei tot die totstandkoming van verskeie strukture en forums, byvoorbeeld die Raad van Kerke van Gereformeerde Belydenis in Suidelike Afrika . In 1966 besluit die Sinode van die NGSK dat daar gesoek moet word na ‘n struktuur om uitdrukking te gee aan die wesenlike eenheid van kerkverband tussen die Moeder- en Dogterkerke. Dit lei tot die uitbouing van die Federale Raad van NG Kerke tot 'n volwaardige sinode met jurisdiksie oor leer en liturgie, en in 1970 spreek dieselfde kerk se Sinode sy diepe begeerte uit dat 'n Algemene Sinode vir al vier lidkerke van die familie tot stand sal kom. Terselfdertyd besluit die RCA ook dat groter kerkeenheid binne die NGK-familie bewerkstellig moet word .

Tussen 1974 en 1976 word besluite deur die NGSK, NGKA en die RCA geneem dat die kerke deur 'n belydenissinode verenig moet word . In 1974 aanvaar die Algemene Sinode van die NGK die beleidstuk "Ras, Volk en Nasie en Volkereverhoudinge in die lig van die Skrif' (RVN) Oor die eenheid tussen kerke word die volgende gesê: "Die bestaan van afsonderiike Ned. Geref. Kerkverbande vir verskillende bevolkingsgroepe word erken as in ooreenstemming met die Skriftuurlike meervormige bestaanswyse van die kerk waardeur elkeen in sy eie taal-, kultuur- en volksverband die groot dade van God hoor en verkondig. Daar bestaan 'n wesentlike eenheid tussen die afsonderiike Ned. Geref. Kerkverbande vir verskillende bevolkingsgroepe kragtens die gemeenskaplike geloof in en verbondenheid aan dieselfde Here en sy Woord, kragtens die aanvaarding van dieselfde Gereformeerde belydenis en kerkregering en vanweë hulle historiese verbondenheid. Die wesentlike eenheid tussen die afsonderiike Ned. Geref. Kerkverbande moet bely word, steeds in noue betrekking gehandhaaf word en sigbaar tot uitdrukking kom. Hierdie verbondenheid... beteken egter nie dat die gelowiges noodwendig in een institutêre kerkstruktuur saamgevoeg moet word nie" (RVN

3

Page 4: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

1974.83-84). In vele opsigte sou die aanvaarding van RVN in 1974 ‘n momentum gee aan ‘n proses wat later sou kulmineer in die belydenis van Belhar.

As uitvloeisel van die Gereformeerde Ekumeniese Sinode se byeenkoms in 1976, neem die NGK die inisiatief om 'n versoeningsbyeenkoms van die vier moderature byeen te bring. 'n Ad hoc-kommissie insake kerkeenheid word aangewys wat aanbeveel dat 'n "oorkoepelende" sinode vir die vier kerke tot stand gebring word met jurisdiksie oor belydenis, leer, kerkorde en sake wat al die kerke gesamentiik raak. Die voorstel word in 1978 deur sowel die Sinode van die NGSK as deur die Algemene Sinode van die NGK verwerp meestal op grond van kerkordelike kwessies. Dit lei tot ‘n dooiepunt in die poging tot eenheid tussen kerke.

Die tweede tema wat aanleiding sou gee tot die Belydenis van Belhar, naamlik die posisie van die kerk met betrekking tot die beleid van apartheid, aksentueer die vraag rondom geregtigheid . Dit hou verband met die rol wat die NGK gespeel het in die teologiese regverdiging van hierdie beleid. Sedert die laat veertigerjare en dwarsdeur die vyftigerjare het die NG Kerke by verskillende geleenthede waardering teenoor die owerheid betuig vir die apartheidswette wat na 1948 op die wetboek geplaas is

In 1947 aanvaar die Raad van die Kerke 'n verslag oor "Die apartheid van die Nasies en hulle roeping teenoor mekaar". Hierdie verslag dien in 1948 voor die Sinode van die Transvaalse NGK wat verklaar dat die beleid van apartheid nie slegs uit praktiese omstandighede gebore is nie, maar sy grondslag in die Heilige Skrif het. Ook die Kaapse Sinode spreek hom in 1949 uit ten gunste van afsonderlike ontwikkeling op kerklike sowel as politieke terrein.

Die reaksie van die verskillende NG-Sinodes op die Cottesloe-beraad (1960), dui op die mate waarin die NGK se kyk op die samelewing deur apartheid beheers is. Die Raad van die Kerke het in Maart 1961 "herbevestig” dat hy sy standpunt aangaande die beleid van afsonderlike ontwikkeling, soos deur die Kerk aanvaar en toegepas, o.m. in die totstandkoming van lewenskragtige inheemse Kerke, handhaaf' en "met nadruk verklaar dat die beleid van differensiasie skriftuuriik gegrond is; die enigste realistiese oplossing vir die probieme van rasseverhoudinge in die land aanbied en daarom die belange van alle bevolkingsgroepe die beste dien”.

Die aanvaarding van “Ras, Volk en Nasie”in 1974 deur die Algemene Sinode was vir die NG Kerk katastrofaal. Nasionaal en Internasionaal het kerke met verwagting uitgesien dat die NG Kerk na ’n deeglike teologiese worsteling metd ie Bybel, op sy minste sy reserwes ten opsigte van die Suid Afrikaanse apartheidbeleid sou uitspreek. Dit het nie gebeur nie. Weer eens is die indruk gelaat dat die NG Kerk op Bybelse gronde dit in sy geheel goedpraat mits dit op ‘n “regverdige”wyse toegepas word. Met die aanvaarding van "Ras, Volk en Nasie" deur die Algemene Sinode blyk dit die onderliggende uitgangspunt van die Kerk se denke op daardie stadium steeds die van apartheid was.

Vanaf die laat sestigerjare en gedurende die sewentigerjare was daar toenemende kritiese stemme vanuit die "jongkerke" teen apartheid as politieke bestel. Die NGSK-Sinode van 1978 beskryf die apartheidsbeleid as in stryd met die evangelie, aangesien dit ten diepste gebaseer is op die oortuiging van die fundamentele onversoenbaarheid van mense. Dié Sinode wys ook daarop dat die apartheid sisteem "nie alleen die menswaardigheid van die nie-bevoorregte bevolkingsdele nie, maar ook die menswaardigheid van almal wat daarby betrokke is, “aangetas" het.

4

Page 5: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

Die misnoë met die rigting wat die NGK sou inneem het ook van binne af gekom. In 1979 het ‘n aantal teoloë en predikante van die NGK ’n boek met die titel, Die Eenheid van die Kerk, laat verskyn. Hulle pleit vir die sigbare eenheid van die NGK-familie. Op 31 Oktober 1980 het 8 teoloë van die NGK ’n Hervormingsdaggetuienis gepubliseer waarin hulle onder andere verwys na rassisme en ’n pleidooi lewer vir versoening en die potensiële rol van die NGK hierin uitgewys. In 1981 verskyn Stormkompas, ’n publikasie waarin gewaarsku word dat NGK het as gevolg van apartheid geen rol meer te speel in die toekoms van Afrika nie. In April 1982 rig 123 gelegitimeerde NGK predikante ’n Ope Brief aan die leierskap om dringend oor apartheid te herbesin.

Verskeie binnelandse en buitelandse kerke, asook ekumeniese liggame waarvan die NGK lid is of was het toenemend standpunt ingeneem. In die verwerping van apartheid sou die aandrang tot aksie al sterker word. Wêreldwye protes teen apartheid en die kerklik-teologiese regverdiging daarvan het uiteindelik daarop uitgeloop dat die WBGK in 1982 verklaar het "that apartheid... is a sin, and the moral and theological justification of it is a travesty of the Gospel, and in its persistent disobedience to the Word of God, a theological heresy" (Handelinge Algemene Sinode 1982:1022) Lidmaatskap van die NGK is opgeskort. Die teologiese regverdiging van apartheid het ‘n wye reaksie in die ekumenies wêreld tot gevolg gehad wat herinner aan die beroering wat teologiese dwalinge in die ontstaansgeskiedenis van die drie formuliere van eenheid gehad het.

Dit in aanloop die gebeure wat sou lei tot die uitroep van ‘n status konfessiones en die nouere konteks wat aanleiding sou gee word vervolgens bespreek.

Wat die NGSK betref kan die protes teen apartheid teruggevoer tot die bestuit van die Ring van Wynberg wat reeds in 1948 die regering se apartheidsbeleid veroordeel het. By die 1950-Sinode van NGSK dien daar verskeie beskrywingspunte met betrekking tot apartheid, maar die Sinode verkies om hom versigtig daaroor uit te laat en bloot te verklaar dat die NGSK as “konstitusioneel onafhanklike kerk "geen medepligtigheid aan of verantwoordelikheid vir die optrede van enige ander kerk ten opsigte van die staatkundige Apartheidskwessie aanvaar nie" (Handelinge NGSK-Sinode 1950:293) - 'n klaarblyklike verwysing na die besiuite van die Transvaalse en Kaapse NGK waarin kerklike steun aan die apartheidsbeleid toegesê word.

Dit sou egter veral vanaf die laat sestigerjare en gedurende die sewentigerjare wees wat daar toenemend kritiese stemme vanuit die "jongkerke" sou opgaan teen apartheid as politieke bestel. Die besluite van die Algemene Sinode van die NGKA in 1975, die Sinode van die NGSK in 1978 en die Sinode van die RCA in 1980, dien as belangrike bakens op die weg van kerklike veroordeling van apartheid . Die Sinode van 1978 beskryf die apartheidsbeleid as in stryd met die evangelie, aangesien dit ten diepste gebaseer is op die oortuiging van die fundamentele onversoenbaarheid van mense. Die Sinode toon verder aan dat "die sisteem wat uit so 'n beleid... voortkom noodwendig moes lei het tot 'n toenemende polarisasie van mense." Volgens die Sinode het die praktyk onteenseglik aangetoon dat "binne die sisteem eenbevolkingsdeel, naamlik die Blankes, bevoorreg is en dat daar gevolglik nie voldoen is aan die evangeliese eis van dat geregtigheid aan almal sal geskied nie’”

Belhar is gebore in die 1980’s en die spanningsvolle jare wat dit vooraf gegaan het.. Die jaar 1986, toe die Belhar-belydenis deur die NG Sendingkerk aanvaar is was in baie opsigte ’n spanningsvolle jaar in Suid-Afrika. Dit was noodtoestandjaar, van die PW Botha-bewind, onrusjaar in die NG Kerk. Nie net het die NG Sendingkerk sinode gehou, Belhar as belydenisskrif aanvaar en dr. Allan Boesak as moderator gekies nie, maar die NG Kerk het óók sinode gehou, Kerk en samelewing 1986 as

5

Page 6: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

beleidstuk aanvaar en prof. Johan Heyns as moderator gekies. Dit was ’n tyd van noodtoestande en geweld. Min Suid-Afrikaners het regtig besef wat die erns van die situasie was. Onthullings voor die Waarheid-en-versoeningskommissie het later as ’n ontnugtering vir baie gekom. Swart en bruin Suid-Afrikaners het die die stelsel waaronder hulle moes leef verdrukkend, en selfs boos ervaar.

Die aanleidende oorsaak vir die Belydenis van Belhar was nie net in ’n toenemend verslegtende politieke toestand in Suid-Afrika gesoek nie maar ook in ekumeniese verband. In 1982 vergader die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke in Ottawa, Kanada. By die vergadering word die NG Kerk se amptelike standpunt oor apartheid deur ’n gereformeerde ekumeniese liggaam tot kettery verklaar. By die vergadering is daar ook besluit om ’n staat van belydenis (status confessionis) oor die situasie in Suid-Afrika af te kondig, ’n besluit wat later dieselfde jaar deur die sinode van die NG Sendingkerk ook aanvaar is.

Kerke in ekumeniese verband internasionaal het aan die Afrikaanse susterkerke bly sê dat hulle nie apartheid teologies kon goedkeur nie. Na herhaaldelike pogings om die NG Kerk en die Hervormde kerk te beweeg om apartheid af te wys, is die NG Kerk en die Hervormde Kerk in 1982 uit die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke geskors Na die uitroep van ’n status confessiones rakende die teologiese regverdiging van apartheid was die boodskap duidelik: Kerklike steun vir apartheid berus op ’n dwaalleer. Die daaropvolgende aanvaarding van ’n status confessiones deur die NGSK, het belydenisvorming voorafgegaan.

Wat beteken die term status confessionis? Dit sê letterlik dat 'n staat van belydenis ontstaan het of heers waarin die integriteit van die gemeenskaplike belydenis op die spel is as gevolg van ernstige meningverskil oor 'n spesifieke saak. Met 'n status confessionis rig 'n deel van die geloofsgemeenskap hulle konfronterend tot die res van die geloofsgemeenskap met die stellige aanspraak dat die meningsverskil in wese 'n belydenisverskil is wat ter wille van en op grond van die gemeenskaplike geloof bygelê moet word.

Ten eerste lê die krag van `n belydenis dat dit gerig is op `n konkrete oomblik in die hede. Soos met Luther en Calvyn het daar ook in die 20ste eeu `n krisis in die Lutherse Kerk in Duitsland ontstaan toe die kerk in navolging van Hitler besluit het dat persone van Joodse afkoms nie predikante of ampsdaers mag word nie. Na `n eed van trou aan Hitler onstaan `n situasie van status confessionis, `n situasie van belydenisvorming wat gelei het tot die Barmenverklaring en belydenis in die Lutherse kerk. Só `n status confessionis breek in 1978 as gevolg van Apartheid in die destydse Sendingkerk (NGSK) in S.A aan.

Die uitroep van 'n status confessionis is enersyds die sterkste vorm van afkeur wat 'n geloofsgemeenskap kan uitspreek oor 'n spesifieke saak, maar andersyds ook die dringendste wyse waarop hulle hulle kan uitspreek ten gunste van eenheid op die basis van gemeenskaplike geloof en belydenis. Die beskuldiging van kettery wat deel uitmaak van 'n status confessionis moet teen hierdie agtergrond verstaan word: 'n spesifieke saak (in hierdie geval die teologiese regverdiging van apartheid) word tot kettery verklaar, en kerke wat hulle hieraan skuidig maak, word op grond van die gemeenskaplike belydenisgrondslag opgeroep om dit te erken en te bely.

Met die aanvaarding van die status confessionis bet die NGSK aangedui dat 'n punt bereik is en 'n oomblik van waarheid aangebreek het, waarin hulle duidelik uitspreek ten opsigte van die waarheid van die evangelie en dat die waarheid van hul belydenis in gedrang is. Apartheid is nie net as 'n politieke model gesien nie, maar as 'n ideologie wat dreig om die hart van die evangelie uit te ruk, Daarom is die verwerping daarvan as 'n geloofsaak beskou wat nie nagelaat kan word sonder om ontrou te wees aan

6

Page 7: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

die evangelie nie. Die noodsaak hiertoe word gebore uit die waarheidsaanspraak van die Woord van God. Dit bring die Christelike geloof in die gedrang.

’n Maand na die gebeure by die WBGK het die destydse NG Sendingkerk in die woonbuurt Belhar vergader. Die gebeure by die Wêreldbond is bespreek en die sinode het besluit om die Wêreldbond se standpunte te onderskryf. Die besiuite van die NGSK-Sinode gee direk aanleiding tot die afkondiging van 'n status confessionis. .Prof. Gustav Bam, dosent in praktiese teologie en een van die teologiese raadgewers by die sinode, stel voor dat die kerk ’n belydenisskrif opstel. Sy boodskap was dat dit nie genoeg was om ’n dwaalleer af te wys nie. Daar moet in duidelike terme bely word wat die kerk wel glo. Dis ook, het Bam gesê, wat gebeur het met die totstandkoming van ander belydenisskrifte van die kerk en hy het die Dordtse Leerreëls as voorbeeld gebruik. ’n Kommissie is aangewys om so ’n belydenis op te stel en die taak het grootliks op die skouers van prof. Dirkie Smit, dosent in dogmatiek, geval. Sy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak, aan die sinode voorgelê. Alan Boesak sou een wysigingaan die aanhef van die belydenis maak. Die Belharbelydenis word algemeen beskou as die geesteskind van Jaap du Randt en Dirkie Smit.

Die sinode het dit as konsep-belydenis goedgekeur en in die kerk versprei vir kommentaar. Vier jaar later, op 26 September 1986, is dit deur die volgende algemene sinode van die Sendingkerk as volwaardige belydenisskrif aanvaar. In 1994 het die Belharbelydenis deel geword van die belydenisgrondsLag van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGKSA).

Die ontstaansgeskiedenis van die Belydenis van Belhar bly steeds vir sommigeproblematies. In dieopsig is die woorde van Karl Barth relevant toe hy gesê het dat dat wie ’n belydenis aan sy ontstaansgeskiedenis beoordeel, sal altyd ’n rede vind om nie die saak van die belydenis te onderskryf nie (Barth, 1956:639). Wat oorsprong en outoriteit aanbetref, sê Barth: “What really decides its authority is simply its content as scriptural exposition, which is necessarily confirmed or judged by Scripture itself” en “A confession which stands at this point has authority even if it was adopted in the most disorderly tumult” (1956:638).

Die inhoud van die Belydenis van Belhar

Belhar is ’n kort dokument van enkele bladsye en bevat vyf artikels waarin oortuigings geformuleer is wat volgens die opstellers en die kerke wat dit aanvaar het aan die hart van die evangelie lê.Die middelste drie artikels behandel die drie sake wat die Sendingkerk geglo het in die gedrang gebring word deur die heersende ideologieë:

Die oortuiging dat daar eenheid in die kerk moet wees; Die geloof dat God versoening tussen mense wil bring; en  Die siening dat God geregtigheid wil bring, veral vir die gemarginaliseerdes in die

samelewing.

Artikel 1 1 begin die Belydenis met ’n trinitariese geloofsverklaring tipies in die genre van ’ngeloofsbelydenis: “Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees...”Artikel 2 handel dan oor die eenheid van die kerk van Jesus Christus, “ons glo aan een heilige algemene Christelike kerk”. Artikel 3 handel oor “die boodskap van versoening in deur Jesus Christus”; artikel 4 handel oor God “wat Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring ...” Met artikel 5 sluit die Belydenis af met ’n oproep aan die kerk “om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus sy enigste Hoof ...” Die Belydenis sluit dan weer met ’n trinitariese lofprysing.

7

Page 8: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

Guido de Brés het op 2 November 1561, saam met die afskrif van die NederlandseGeloofsbelydenis wat hy opgestel het, ’n brief aan die staatshoof, Philip II, geskryf. Net sohet die NGSK ’n begeleidende brief saam met die Belydenis van Belhar goedgekeur met diebesluit dat hierdie belydenis en die brief altyd saam gelees moet word. Dit is een van die probleme rondom die interpretasie van dié belydenis dat die inhoud van die begeleidende brief nie verdiskonteer is nie.

Die begeleidende brief gaan sag om met ondersteuners van apartheid: “Ons is terdeë bewus van die verleidelike aard van so ’n valse leer en weet dat vele wat daardeur gekondisioneer is in mindere of meerdere mate die halwe waarheid leer glo het as die volle. “Ons betwyfel daarom nie talle van sulke mense se Christelike geloof, hul opregtheid, eerlikheid, integriteit en goeie bedoelinge en in baie opsigte lofwaardige handelswyse nie. “Juis egter omdat ons die krag van misleiding ken, is ons daarvan bewus dat nie die erns, opregtheid en intensiteit van ons sekerhede ons vrymaak nie, dog slegs die waarheid in die Seun. Aan dié bevryding het ons kerk en ons land ’n intense behoefte.”

As mense sê dat Belhar vorige geslagte wat apartheid ondersteun het tot ketters verklaar en tot ewige oordeel verdoem, is dit dus allesbehalwe wat die opstellers en die sinodes wat dit as belydenisskrif aanvaar het, ten doel gehad het.

Belharbelydenis gemeet aan die Skrif

’n Belydenisskrif binne die gereformeerde tradisie wil nie meer sê as wat die Bybel sê nie en dit spreek eintlik vanself dat die finale toets vir ’n belydenisskrif sy resonering met die Bybel is. Belydenisskrifte funksioneer as die samevatting van kernwaarhede van die Bybel. Dit is ’n uitdrukking van wat binne ’n bepaalde geloofsgemeenskap of kerk geglo word. Dit bind gelowiges, selfs oor verskillende kerkgenootskappe, saam tot ’n eenheid in die sin dat gelowiges op daardie punt(e) van die belydenisskrif dit met mekaar eens is. In die begeleidende brief saam met die Belydenis van Belhar word dit uitdruklik gestel “dat die enigste gesag agter so ’n belydenis en die enigste grond waarop dit uitgespreek kan word die Heilige Skrifte as die Woord van God is.

Belydenisskrifte moet dus aan die Woord getoets word. Belhar is dikwels gekritiseer as ’n politieke geskrif. Die opstellers het egter besonders moeite gedoen het om hulle te hou by die teologiese beginsels wat destyds op die spel was. In die begeleidende brief wat saam met Belhar uitgereik is, word pertinent gesê dat die belydenis nie gerig is teen spesifieke mense of groepe mense, of teen ’n kerk of kerke nie. Dis gemik teen ’n dwaalleer.

In die verband is die skrifhantering van Belhar van uiterste belang. Vervolgens word daar gekyk na die kernmomente van Belharbelydenis aan die hand van die Skrif. Uitsprake dat Belharbelydenis in lyn met die Skrif is ,is herhaaldelik gemaak. Tog sal artikel 4, waar die vraag gevra word of hier nie ’n eensydigheid ter sprake is in, besonder aan die orde kom in hierdie bespreking.

Artikel 1. AanhefKritici meen Belhar se aandag aan verhoudinge tussen mense doen afbreuk aan die belangrikheid van die primêre verhouding met God. Die klem op die horisontale verdring die vertikale van die geloof. Belhar begin egter met n belydenis in die Drie-enige God wat “sy kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe”. Dit is ’n kort artikel van drie reëltjies,

8

Page 9: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

maar dit vorm die grondslag van die belydenis. Daarby eindig dit in die vyfde artikel met ’n oproep tot gehoorsaamheid aan God, met die belydenis “Jesus is die Heer” deur te sê dat die eer en die heerlikheid aan God toekom. Belhar begin met 'n triniteitsverklaring en telkens word verwys hoedat die eenheid van die kerk, versoening en geregtigheid uit 'n vertikale dimensie verstaan moet word met die horisontale implikasies daarby.

Artikel 2. Oor die eenheid van die kerk.Belangrike teksverse uit die Nuwe Testament waarin die eenheid van die kerk en van gelowiges onderling beklemtoon word, word in die kantlyn van die Belydenis aangedui. Teksverse waarna verwys word is in die meeste gevalle eerder korpusse van tekste as enkele teksverse. Artikel 2 wil dus niks meer wees as ’n nasê van insigte uit die Nuwe Testament oor die eenheid van die kerk nie. Geen teks uit die Ou Testament word direk aangehaal of na verwys in die artikel nie.

Alhoewel daar geen eksplisiete verwysings na die Ou Testament is nie, is daar tog implisiete verwysings. Gelowiges vind hulle eenheid onder andere in hulle gemeenskaplike verbintenis aan die “een God en Vader”. Gelowiges in die Ou Testament se identiteit is presies hierdeur ook gestempel. Sentraal vir die geloof van Ou Testamentiese gelowiges was hulle oortuiging dat daar maar een God is aan wie hulle verbind is teenoor ’n wêreld van politeïsme. Deut. 6:4 is in hierdie opsig van buitengewone belang: “Luister Israel, die Here is ons God. Hy is die enigste Here”. Dit is niks minder as ’n “geloofsbelydenis” van Israel wat hier uitgespreek word nie. Die gedagte van God as Vader kommunikeer die idee van God as die oorsprong of begin van Israel as volk van God. Israel is volk van God omdat God Israel tot volk van God gemaak het. In Deut 32:6 word dit duidelik verwoord: “Is die Here nie jou Vader, jou Skepper nie? Hy het jou gemaak, jou in die lewe gebring”. Die metafoor vader druk nie net ’n verhouding van oorsprong uit nie, dit druk ook ’n durende verhouding tussen God en sy volk uit. Dit is nie net die aanvang van die verhouding nie, maar ook die voortgang van die verhouding wat ter sprake kom. Juis die oortuiging dat die Here die oorsprong en begin van Israel se bestaan as volk van God is, is die waarborg van die voortgang van die verhouding .Die een volk van God het sy ontstaan en voortbestaan aan die een God te danke.

Die uitdrukking “volk van God” word drie keer in artikel 2 teëgekom. Die uitdrukking wordin die Belydenis waarskynlik in sy Nuwe Testamentiese konteks aangehaal maar die uitdrukking is ’n konsep wat sy wortels in die Ou Testament het. Om die kerk volk van God te noem is ’n metafoor wat dikwels in die Nuwe Testament voorkom en is gewoonlik ’n aanduiding van mense wat in ’n besondere verhouding met God staan. In die Ou Testament was Israel die volk van God, maar nou in die nuwe bedeling van Jesus Christus is die kerk volk van God. In die Ou Testament kom die uitdrukking “volk van die Here/Jahwe” talle kere voor en funksioneer dit as ’n belangrike teologiese term om die identiteit van die geloofsgemeenskap van Israel te definieer . Dit is die Here wat aan Abraham die belofte maak dat Hy hom tot ’n volk sou maak. Die woord ‘am’ in Hebreeus druk veral familie en bloedverwantskap uit. In die teologiese betekenis van die begrip druk die term “volk van Jahwe” dan ook verwantskap uit – die volk is verwant aan Jahwe wat beteken hulle behoort aan Jahwe. Dit is dus ’n begrip wat die noue verhouding tussen Jahwe en sy volk uit druk. Die aanduiding van Israel as volk van God dat dit primêr ’n godsdienstige gemeenskap is waarin geloof die basis vir Israel se heilsverwagting is en dat Israel as geloofsgemeenskap kon bly voortbestaan selfs toe hulle bestaan as volk tot ’n einde gekom het. Hierdie teologiese insigte uit die Ou Testament pas in by die aksent wat in artikel 2 gelê word op die eenheid van kerk as geloofsgemeenskap. Die Here skep nie verskillende volke vir Hom in die bedeling van die Ou Testament nie. Daar is maar net die een volk van Jahwe in die Ou Testament.

Teenoor ’n nasionalistiese eksklusiwiteit wat in sommige gedeeltes van die Ou Testament

9

Page 10: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

aangetref word (Esra, Nehemia) is daar in die Ou Testament tog ook ’n merkwaardige openheid teenoor mense uit ander kulture. In Eks 12:38 is daar melding van baie ander mense van ander afkoms wat nie Israeliete was nie wat ook die groot heilsgebeure van die verlossing uit Egipte meegemaak het. In die boek Rut word Rut as vrou en Moabiet probleemloos opgeneem in die gemeenskap van Israel – en dan is sy nog boonop verwant aan die groot koning Dawid.

Artikel 3. Oor die tema van versoening?Artikel 3 van die Belydenis van Belhar het versoening as tema. Klassieke versoeningstekste uit Nuwe Testament kom aan die orde in die Belharbelydenis(2 Kor 5:17-21; Matt 5:13-16; Ef 4:17-6:23; Rom 6; verskillende tekste uit Kolossense). Die vertrekpunt en die eindpunt van die betrokke artikel is die versoening in en deur Jesus Christus. Die klem val op die kerk wat “getuies van die nuwe hemel en aarde” is en wat moet leef in “’n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring”.

Daar is by hierdie artikel geen eksplisiete verwysing na die Ou Testament nie. Daar is ook nie opvallende toespelings op Ou Testamentiese begrippe of temas wat in die aangehaalde Nuwe Testamentiese tekste voorkom nie. Daar is egter min twyfel daaroor dat die tema van versoening ’n prominente tema in die Ou Testament is. Die plek waar versoening en vergiffenis beleef word, is veral in die kultus van Israel. Daar is deur Ou Testamentici geargumenteer dat die boek Levitikus die sentrum of middelpunt van die Pentateug vorm Die hoofstuk wat by uitstek oor versoening handel. Levitikus 16 gee die reëlings vir die Groot Versoendag. Die plek wat die reëlings vir die geleentheid in die geheel van die Pentateug inneem is aanduiding genoeg van die belangrikheid van versoening in die Ou Testament. Dit is ’n buitengewone belangrike geleentheid wat net een keer per jaar gebeur. Die geweldige detail van reëlings wat gegee word is ’n aanduiding van die erns waarmee sonde en daarmee saam ook die noodsaak van versoening beskou word. Die ritueel van versoening is gerig op die behoud van mense. Immers, die diere wat geoffer word, geld as plaasvervangers vir mense. Die sonde van mense word oorgedra op die sondebok. Daarom speel bloed so ’n belangrike rol by die offers van die Ou Testament. Bloed word gesien as die setel en draer van lewe. Die bloed van die diere wat geoffer word,verteenwoordig dus eintlik die lewe van die volk vir wie daar geoffer word. Uiteindelik is die hele ritueel van versoening met al sy detail bepalings gerig op die herstel van die verhouding tussenGod en sy volk. Die doel van versoening is die herstel van die verhouding tussen God en mens.

Versoening tussen mense is in die Ou Testament ook ’n belangrike tema. Dit is opvallendhoeveel van die bepalings in die Pentateug gerig is op die herstel van goeie verhoudings tussen mense. Die Tora bind Israel aan Jahwe deur hulle liefde vir God en hulle liefde vir die naaste. Groot dele van die wysheidsliteratuur handel ook oor die handhaaf en die herstel van verhoudings tussen mense. Dit is die wysheidsleraars wat Israel leer om met grasie teenoor medemense op te tree Genesis 33 is ’n klassieke versoeningsteks waar die klem val op die verhouding tussen mense wat herstel word. Genesis 33 vertel die verhaal van die herontmoeting van Jakob en Esau, die tweeling wat in onenigheid uit mekaar is.

Artikel 4. Oor geregtigheid Die deel deel van die Belydenis van Belhar wat sekerlik die meeste kritiek uitlok is is die formulering in Artikel 4 waarna daar reeds meermale hierbo verwys is. In hierdie artikel word na God verwys as die God wat "op 'n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en die verontregte is en dat Hy sy kerk roep om Horn daarin na te volg..." Indien die stelling binne die konteks van die belydenisskrif in sy geheel gelees word, is dit duidelik is dat die bedoeling nie is om armoede en verontregting 'n besondere heilskategorie te maak teenoor geloof as enigste voorwaarde om deel van God se volk te

10

Page 11: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

wees nie. Belhar is hier nie in stryd met die Formuliere van Eenheid nie. KES (Kerk en Samelewing) praat feitlik op dieselfde wyse van God en die roeping van die kerk.

Dié stelling word gekwalifiseer deurdat daar gesê word dat God in " 'n wêreld vol onreg en vyandskap op 'n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en die verontregte is" Dit word verder verbind aan die stelling aan die begin van Artikel 4 wat lui: "Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring." Daarmee word die kontroversiële sinsnede in verband gebring met die "basiese, oer-Bybelse en oer-Christelike oortuiging dat God die Hulp van die hulpelose is".

Uiteraard is hierdie stelling gefundeer in 'n Bybelse grondgedagte. God word regdeur die Skrif uitgebeeld as dat Hy hom skaar aan die kant van die gemarginaliseerders waar hulle uitgebuit word. Die volgende kan as bewysplaas geneem word:

1. Daar word vier keer verwys na teksverse uit die Ou Testament – die enigste artikel in die Belydenis wat eksplisiete verwysings na Ou Testamentiese teksverse bevat. Benewens die eksplisiete verwysings na die Ou Testament, is daar ook verskillende implisiete verwysings na en toespelings op die Ou Testament. Begrippe soos vrede, onreg, noodlydende, arme, verontregte, verdrukte, gevangene, blinde, vreemdeling, weeskinders, weduwee, goddelose, ongeregtigheid, geregtigheid is alles begrippe wat tipies in die Ou Testament gevind word. Daar is verwysings na vyftien teksverse in artikel 4 van die Belydenis van Belhar. Die ander tekste kom uit die Nuwe Testament. Vyftien teksverse kom uit die Evangelie van Lukas met die res van die Nuwe Testamentiese teksverse uit Johannes; Romeine Efesiërs en Jakobus.

2. In die Ou Testamantiese wetgewing word die beskerming van die regte van die magteloses en verontregtes in die samelewing op 'n verskeidenheid van maniere aan die orde gestel. Dit geld onder andere die wette oor die sabbat en die Jubeljaar (Eks 23:10-12; Lev 25:1-55), oor die betaal van tiendes(Deut 4:28-29; Deut 26:12), oor die heffing van rente (Eks 22:25), oor die versorging en beskenning van armes (Eks 23:6; Lev 19:9-10), oor die beskerming van die regte van weduwees en wese (Eks 22:22-24) en die beskerming van vreemdelinge (Eks 22:3; Lev 19:33-34). Deuteronomium 32:4 is die teksvers wat aangehaal word uit die sogenaamde Lied van Moses as deel van Moses se laaste woorde aan die Israeliete. KES verklaar in die verband "dat die Bybelse 'reg' en 'geregtigheid' in 'n hoe mate -alhoewel beslis nie uitsluitiik nie - gerig is op die weerloses in die verbondsgemeenskap, op hulle wat nie die middele het om hulleself te handhaaf nie... Dat veral aan hierdie mense 'reg' moet geskied is vir die ware Israeliet net so vanselfsprekend as om sy klere aan te trek" (KES:22).

3. In die verhaal van die Uittog van Israel uit Egipte word die reddingsdaad vanGod in verband gebring met sy ontferming oor mense wat in ellende verkeer (Eks 2:23-25; 3:7-10). Dieselfde gedagte kom ook voor in ander reddingsverhale soos byvoorbeeld die van Hagar en Ismael (Gen 16:13, Gen 21:17).

4. Ander teksverse uit die Ou Testament waarna verwys word is Jesaja 1:16-17. Die twee teksverse en ook die verwysing na Amos 5 is twee van talle teksverse (Jes 58:1-12; Hos 4:1-3; Miga 2-4; Sag 7:7-10; Mal 3:5) in die corpus propheticum wat God se sorg en besorgdheid oor weerlose en kwesbare persone in die samelewing uitdruk en daarmee saam die eis tot geregtigheid in die samelewing. Die aksent in die profetiese literatuur val nie uit die lug nie, maar is diep ingebed in die Pentateug en in Jahwe se verlossingshandelinge met sy volk. Dit is immers Jahwe

11

Page 12: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

wat die ellende van sy volk gesien en hulle lyding ter harte geneem het (Eks 3:7-8) en toe reddende ingegryp het.

5. Die Psalms besing God as die Een wat Hom ontferm oor diehulpeloses.(Ps 10:9-14; 12:6,37:14, 17-19; 72:1-4, 12-14;82:3-5; 109:30-31; 116:6; 140:13; 146:6-10). (lg gedeelte word aangehaal in Artikel 4 van die Belharbelydenis) Psalm 72 is 'n gebed waarin daar gevra word dat God die koning sal leer om reg te regeer, die verantwoordeiikheid van die koning spesifiek daaraan verbind word om "aan die verdruktes reg (te) laat geskied" (vs 2), om "die arme (te) red wat om hulp roep, die verdrukte en die wat geen helper het nie" (vs 12) en om horn "oor die swakke en die behoeftige (te) ontferm, die lewens van die arm. mense te beskerm" (vs 13). Hierdie Psalm is later as 'n beskrywing van die Messiaanse koning van die toekoms geïnterpreteer. In Psalm 146 word die aspekte van God se trou en grootheid in verband gebring met sy ontferming oor verdruktes, hongeres en gevanges (vs 7), oor blindes en bedruktes (vs 8), oor vreemdelinge, weeskinders en weduwees (vs 9). Dit alles dien vir die Psalmdigter as bewys dat die Here vir altyd regeer en derhalwe geprys moet word (vs 10). Psalm 146 is ’n kragtige Psalm wat dit duidelik sê dat die God wat die hemel en die aarde gemaak het Hom oor verdrukte, honger, gevange en blinde mense ontferm.

6. Dit is jammer dat daar nie verwysings in die Belydenis na tekste uit die wysheidsliteratuur is nie aangesien dié korpus van literatuur ook bekend is vir die aandag aan weerloses en hulpbehoewendes in die samelewing. Dit is nie ’n oordrywing of skeeftrekking van minstens ’n aksent in die Ou Testamentiese openbaring van God dat Hy “op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is” nie.

Hierdie gedagterigting stem ooreen met dit wat sterk in KES, byvoorbeeld (par. 176 en 177) gestel word: "Hierdie God verleende waardigheid van elke met is impliseer…… dat alle reëlings en praktyke wat die menslike waardigheid van persone of groepe in die samelewing aantas, vir die gelowige onaanvaarbaar is." Die volgende word ook in KES, par.284-285 gesê: "Apartheid het op so 'n wyse begin funksioneer dal die grootste gedeelte van die landsbevolking dit ervaar het as 'n onderdrukkende sisteem wat deur die gedwonge skeiding tussen mense in werklikheid een groep onregmatig bo die ander bevoordeel. So het dit die menswaardigheid van die medemens aangetas en in stryd gekom met die beginsels van liefde en geregtigheid. Enige sisteem wat in die praklyk so funksioneer, is in die lig van die Skrif en die Christelike gewete onaanvaarbaar en moet as sondig van die handgewys word. Enige poging van 'n kerk om so 'n sisteem Bybels-eties te probeer verdedig, moet as 'n ernstige dwalling beskou word, dit wil sê as in stryd met die Bybel. "

Wat die kritiek teen die Belharbelydenis in terme van artikel 4 betref is dit duidelik dat ‘n vergelyking van die twee dokumente dui daarop dat die Belharbelydenis weerklank vind in 'n soortgelyke uitspraak in KES. Selfs die mees kontroversiële stellings in die Belharbelydenis soos die verwysing na God as die Een wat "op 'n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en die verontregte is en sy kerk roep om Hom hierin te volg" feitlik identies aan KES se stelling: "Wanneer God se volk. vir die “reg” van die verontregte intree, volg hulle die voorbeeld van God self. Hy is immers by uitnemendheid die Een wat vir die saak van die noodlydende en verontregte intree."(KES par .149)

Belhar se veroordeling van die teologiese legitimering van apartheid as "ideologie en dwaalleer", word in KES aangetref waar die NGK sy eie optrede bely as "versuim", "ernstige dwaling" en "in stryd

12

Page 13: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

met die Bybel". Daarmee het die NGK met KES in feite presies diesefde gesê as die NGSK met die status confessionis in 1982, naamlik dat die teologiese regverdiging van apartheid in stryd met die evangelie is en as dwaalleer verwerp moet word.

Dit is die swak punt in die belydenis, het kritici destyds gesê, want hoe kan jy ooit beweer dat God ’n kantkieser vir armes en verontregtes is? Maar in KES, die NG Kerk se beleidsdokument, in dieselfde jaar oor dieselfde saak word gesê: “God is by uitnemend- heid die God van die arme en die verontregte.” Watter een stel dit sterker: “op ’n besondere manier” of “by uitnemendheid?

Artikel 5. Oproep tot gehoorsaamheidArtikel 5 is die slotartikel van die Belydenis van Belhar en is ’n oproep aan die kerk tot “gehoorsaamheid aan Jesus Christus sy enigste Hoof...”, met verwysings na tekste uit Efesiërs, Handelinge en 1 Petrus, maar sonder enige verwysing na die Ou Testament. Gehoorsaamheid is in die Ou Testament ’n sentrale verbondsbegrip wat prominent in veral die Pentateug maar ook in die res van die Ou Testament voorkom.

DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN DIE FORMULIERE VAN EENHEID

Aangesien die Belydenis van Belhar saam met die Formuiiere van Eenheid in die VGKSA funksioneer as uitdrukking van "die geloof wat hierdie kerk op grond van die Heiiige Skrif bely" (Die Kerkbode 160/4(1998): 11) en ook as voorwaarde vir die voortgesette proses van kerkvereniging in die NGK-familie gestel word, is dit belangrik om na te gaan of dit in ooreenstemming met die Formuliere van Eenheid is.

Artikel 1 van die Belharbelydenis sluit feitlik woordeliks aan by HK Sondag 21 wanneer oor die kerk gese word "(d)at die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Horn ’n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wereld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou" (Handboek vir die Erediens l988:199). Dit is ook in ooreenstemming met dit wat in NGB Artikel 27 oor die algemene Christelike kerk bely word: "Hierdie kerk was daar van die begin van die wereld af en sal tot die einde toe daar wees... En hierdie heilige kerk word deur God bewaar teen die woede van die he!e wereld" (Handboek 1988:174). Die verwysing na die Drie-enige God gee uitdrukking aan die klassieke Christelike leer oor God soos onder andere ook uitgedruk in NGB Artikels 8 en 9 en HK Sondag 8.

Artikel 2 begin met 'n belydenis oor die kerk wat aansluit by die formulering van die Apostoliese Geloofsbelydenis soos weergegee in Sondag 21 van die HK (Handboek 1988:199).Dit word egter aangevul met die "een" kerk van die Geloofsbelydenis van Nicea (Handboek 1988:266) wat verstaanbaar is in die lig daarvan dat die artikel pertinent handel oor die eenheid van die kerk. Die verwysing na die kerk as "geroepe uit die ganse menslike geslag" is ook 'n formulering wat net so in HK Sondag 21 voorkom (Handboek 1988:199). Wat verder in die artikel oor die eenheid van die kerk gese word, kan as 'n uitbreiding beskou word van die volgende uitsprake in die Formuliere van Eenheid: NGB Artikel 27 "Tog is dit (die kerk) met hart en wil in een en dieselfde Gees, deur die krag van die geioof saamgevoeg en verenig" (Handboek 1988:174), NGB Artikel 28 waar daar na die verpligting van gelowiges verwys word om "as lede van een en dieselfde iiggaam... die broers in die opbou van hulle geloof te dien" (Handboek 1988:174); HK Sondag 21 waar daar oor die gemeenskap van die gelowiges gesê word "dat die gelowiges, almal saam en elkeen afsonderiik, as lede met die Here Jesus Christus gemeenskap en aan a! sy skatte en gawes deel het... (en) dat elkeen verplig is om sy gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend" (Handboek

13

Page 14: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

1988:199); Dordtse Leerreels (DL) 3/4.7 wat verwys na die "Nuwe Testament, waar die onderskeid tussen die volke nou weggeneem is" en die feit dat daar nie sprake is van "die waardigheid die van een volk bo die ander" nie (Handboek 1988:243). Die uitspraak van Belhar "dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde is vir lidmaatskap van hierdie kerk" is in ooreenstemming met die NGB Artikel 27 se beskrywing van die kerk as '"n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo" (Handboek 1988:174).

In die geheel gesien is dit wat in hierdie artikel bely word, *n herhaling van dit wat reeds in die Formuliere van Eenheid geskryf is met eksplisiete beklemtoning van die eenheid.

Die uitsprake in Artikel 3 oor die roeping van die kerk ten opsigte van versoening kanas uitbreiding beskou word van dit wat by implikasie reeds in die volgende uitsprake van dieFormuliere van Eenheid vervat is: HK Sondag 40 sê na aanleiding van die sesde gebod:"terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soosonsself. Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, bannhartig en vriendelik wees, alles wat homn kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom en selfs aan ons vyande goed doen" (Handboek 1988:216), bogemelde verwysings in DL 3/4.7 na die "onderskeid tussen die volke (wat) nou weggeneem is" en die afwysing van die gedagte "aan die waardigheid van die een volk bo die ander" (Handboek 1988:243).

Die saak van sosiale geregtigheid (Artikel 4 van Belhar) word nie as sulks in die Formuliere van Eenheid behandel nie, maar lê by implikasie opgesluit in HK Sondag 42 se verklaring dat oortreding van die agste gebod "kan gebeur met geweld of 'n skyn van reg". Dieselfde Sondagafdeling van die HK bied ook 'n aansluitingspunt vir Belhar se aandrang dat die kerk mense in nood en lyding moet bystaan, waar daar gesê word: "Ek moet die belange van my naaste, waar ek kan en mag, bevorder en hom so behandel soos ek wil hê dat hy my moet behandel. Daarby moet ek ook my werk getrou doen, sodat ek die behoeftiges in hulle nood kan help.” Die formulering in Artikel 4 waaroor daar onsekerheid mag bestaan of dit in lyn met die Formuliere van Eenheid is, is die stelling dat God "op 'n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en die veronregte is." Hierdie formulering kan slegs in stryd met die Formuliere van Eenheid wees indien dit van armoede en verontregting 'n besondere heilskategorie sou maak - dit wil sê, indien die implikasie sou wees dat mense bloot op grond van die feit dat hulle in armoede verkeer en verontreg word, deelhebbers van God se besondere genade is en daarom op grond van hulle status as noodlydendes deel uitmaak van die volk van God. Dat dit nie die bedoeling van die Belharbelydenis is nie spreek duidelik uit die feit daar uitdruklik gestel word "dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde is vir lidmaatskap van die kerk" en dat "enige leer... wat, uitgesproke of onuitgesproke, voorgee dat afkoms of enige ander menslike of sosiale faktore medebepalend is vir lidmaatskap van die kerk." Noodlydendes, armes en verontregtes word dus nie as heilskalegorie hanteer nie, maar as diegene wie se belange behartig word deur God wat "Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring". Ook op hierdie punt is die Belydenis van Belhar dus nie in stryd met die Formuliere van Eenheid nie.

Belhar begin met 'n triniteitsverklaring en telkens word verwys hoedat die eenheid van die kerk, versoening en geregtigheid uit 'n vertikale dimensie verstaan moet word met die horisontale implikasies daarby. Verder moet die vraag gevra word of gereformeerde teologie hom nie mag uitspreek oor horisontale menslike verhoudinge nie. Moet die klem op horisontale verhoudinge oorgelaat word aan ander soort van teologieë?

14

Page 15: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

Die formulering van Artikel 5 is 'n klaarblyklike aansluiting by NGB Artikel 28 se oproep tot gehoorsaamheid en getrouheid "selfs al sou regerings en wette van regeerders daarteen wees en daarvoor die dood- of lyfstraf oplê" (Handboek 1988:175).

Die aanname dat Belhar verstaan wil word as versoenbaar met die Drie Formuliere vanEenheid is dus nie uit die lug gegryp nie. In die lig hiervan is dit betekenisvol dat die Algemene Sinode van die NGK reeds in 1990 geoordeel het dat die Belydenis van Belhar nie as in stryd met die Woord van God of die Gereformeerde belydenisskrifte beskou kan word nie (Handelinge 1990,490).

Dit bring ons by die vraag of Belhar - in die lig van die bostaande - werklik noodsaaklik is. Die spesifieke fokus van Belhar is genoodsaak deur die spesifieke historiese situasie waarbinne dit tot stand gekom het en wat nog nie binne die gesigsveld van die historiese konfessies was nie. Die NGSK (en later die VGKSA) was van oortuiging dat die sake wat binne die spesifieke situasie aan die orde was, van soveel belang was dat dit nie anders nie as by wyse van 'n belydenis uitgespreek moes word. Die feit dat die Formuliere van Eenheid hulle om histories verstaanbare redes glad nie of nie voldoende oor hierdie sake uitspreek nie, het die aandrang tot nuwe belydenisvorming verder versterk (Die Kerkbode 160/4(1998)11).

Belydeniskrifte vul mekaar aan. Daarom het ons binne die gereformeerde tradisie in Suid-Afrika minstens ses belydenisse. Geeneen is opsigself volledig nie. Die Nederlandse Geloofsbelydenis praat veel omvattender oor die kerk as die Heidelbergse Kategismus of die Dordtse Leerreëls. Die Dordtse Leerreëls spreek hom op bepaalde punte weer omvattender en vollediger uit as die ander twee. Om te sê die bestaande belydenisskrifte is voldoende en volledig maak dit dus ook prinsipieel onmoontlik vir enige verder belydenisvorming wat ongereformeerd is.

Daar is niks in Belhar wat nie die toets van die Bybel en die ander gereformeerde belydenisskrifte deurstaan nie. Van die drie toetse vir ’n belydenis, naamlik ooreenstemming met die Skrif (norma normans), bestaande belydenisse en kerklike konsensus (norma normata), is die eerste twee reeds in plek.

DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN KERK EN SAMELEWING

Aangesien die NGK se beleidstuk Kerk En Samelewing (KES) onder andere beskou word as die NGK se antwoord op die sake wat in die Belydenis van Belhar ter sprake kom (Agenda Algemene Sinode 1990:30), is dit belangrik om die twee dokumente met mekaar te vergelyk. Daar kan veral gelet word op die opvallende ooreenkomste tussen die Belharbelydenis en KES met betrekking tot kernsake. Die volgende voorbeelde word genoem:

1 Belhar Artikel 2, paragraaf 2:"Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar moet word in die kerk as geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is "

KES, paragraaf 68: "As mense wat deur Christus se bloed met God en met mekaar versoen is en nou vrede het, moet kerkmense en kerke die bediening van die versoening verder dra en mekaar dien in die gees van broederlike liefde en vrede. "

Belhar Artikel 2, paragraaf 3:"(Ons glo) dat die eenheid van die Kerk van Christus gawe en opdrag is "

15

Page 16: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

KES, paragraaf 78:"Hoewel hierdie eenheid in Christus gegee is, kan dit deur die sonde van verdeeldheid en verskeurdheid ontken en verduister word. Omdat Chrislus nie verdeeld is nie, mag sy kerk ook nie verdeeld wees nie. "

2.Belhar Artikel 2, paragraaf 4:"(Ons glo) dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wêreld kan glo; dat geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensegroepe sonde is wal reeds deur Christus oorwin is en dat alles wat die eenheid mag bedreig, gevolglik geen plek in die kerk van Christus mag he nie, maar bestry moet word"

KES, paragraaf 82 "Die kerk het die veranlwoordelikheid om sy diepliggende en onaantasbare eenheid in Christus in hierdie verskeurde en verdeelde wêreld te bely, te beleef en sigbaar te maak.. ..Dit is noodsaakhk dat hierdie eenheid beleef en sigbaar word. "

KES, paragraaf 85-87:"(Dit beteken) dat Christene nooit in die verskeurdheid van die kerke, veral die met dieselfde belydenis, mag berus nie, maar dit as sonde moet erken en bely;... dat die kerk die veranlwoordelikheid het om sy eenheid sover dit moontlik is met alle gelowiges te beleef en sigbaar te maak;... dat die kerk ten spyte van alle struikelblokke wat op hierdie weg mag bestaan en sonder om hierdie struikelblokke te ignoreer, steeds moet streef na die grootste moontlike sigbaarmaking en belewing van die geestelike eenheid van die volk.

KES, paragraaf 92."Dit beteken... dat daar 'n groot verantwoordelikheid op gelowiges en in die besonder op die plaaslike gemeentes rus om struikelblokke wat in die weg van 'ware gemeenskapsbeoefening slaan, biddend en werkend te oorwin en hierdie gemeenskap daadwerklik te beoefen."

3. Belhar Artikel 2, paragraaf 5:"(Ons glo) dat hierdie eenheid van die volk van God op ’n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen; daarin dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig en met vreugde te gee; daarin dat ons een geloofdeel, een roeping het, een van siel en een van sin is, een God en Vader het, van een Gees deurdronge is, van een brood deel en net een beker drink, met een doop gedoop is, een Naam bely, aan een Here gehoorsaam is, vir een saak ywer, een hoop met mekaar deel, saam die hoogte en breedte en diepte van die liefde van Christus leer ken; saam opgebou word tot die gestalle van Christus, tot die nuwe mensheid; saam mekaar se laste ken en dra en so die wet van Christus vervul, mekaar vertroos, saam met mekaar ly vir die geregtigheid, saam bid, saam diensbaar is aan God in hierdie wêreld, saam stry teen alles wal hierdie eenheid mag belemmer en bedreig"

KES, paragraaf 76: "Ons kan hierdie eenheid nag verder uitspel: die kerk is een omdat hy oorsprong het in die werk van die een Vader, een Seun en een Heilige Gees, maar ook omdat hy een doop, een belydenis, een nagmaal, een gemeenskap, een roeping, een getuienis, een diens, en een toekomsverwagting het."

16

Page 17: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

KES, paragraaf 86:"(Dit beteken) dat die kerk die verantwoordelikheid het om sy eenheid sover dit moonllik is met alle gelowiges te beleef en sigbaar te maak"

KES, paragraaf 90:"Geestelike gemeenskap tussen gelowiges is een van die konkrete wyses waarop die eenheid van die kerk beleef word - Gemeenskap met God beteken immers ook gemeenskap met mekaar. Hulle wat deel aan die een liggaam en een Gees, aan die een Here, een doop, een geloof, een hoop en een liefde, buig ook afsonderlik en gesamentlik onder die een Woord van God. Hulle ken gesamentlike deelname aan lyding, aan vertroosting, aan voortdurende voorbidding vir mekaar, aan die onderlinge bemoediging en vermaning van mekaar”.

KES, paragraaf 78: "Hoewel hierdie eenheid in Christus gegee is, kan dit deur die sonde van verdeeldheid en verskeurdheid ontken en verduister word. "

KES, paragraaf 82: "Die eenheid van die kerk is van die begin af as gevolg van die sonde deur allerlei faktore bedreig, waaronder vleeslike gesinidhede, liefdeloosheid, onwil om mekaar te aanvaar, misverstand en dwaling, verabsolutering van die verskeidenheid, veruitwendiging of ook vergeesteliking van die eenheid asook politieke en ander belange."

KES, paragraaf 85: "(Dit beteken) dat Christene nooit in die verskeurdheid van die kerke, veral die met dieselfde belydenis, mag berus nie, maar dit as sonde moet erken en bely"

4. Belhar Artikel 2, paragraaf 7: "(Ons glo) dat die ware geloof in Jesus Christus die enigsle voorwaarde is vir lidtnaatskap van hierdie kerk."

KES, paragraaf 42: "Dit beteken dat geloof in die Drie-enige God en sy openbaring in die Skrif die enigste voorwaarde vir lidmaatskap van die kerk van Jesus Christus is"

5.Belhar Artikel 2, paragraaf 8-11: "Daarom verwerp ons enige leer wat of die natuurlike verskeidenheid of die sondige geskeidenheid so verabsoluleer dat hierdie verabsolulering die sigbare en werksame eenheid van die kerk belemmer of verbreek of selfs lei tot 'n aparte kerkformasie; (enige leer) wat voorgee dat hierdie geestelike eenheid •werklik bewaar word deur die band van die vrede wanneer gelowiges met dieselfde belydenis van mekaar vervreem word ter wille van die verskeidenheid en vanweë die onversoendheid; (enige leer) wat ontken dat 'n weiering om hierdie sigbare eenheid as 'n kosbare gawe na te jaag, sonde is"

KES, paragraaf 78: "Hoewel hierdie eenheid in Christus gegee is, kan dit deur die sonde van verdeeldheid en verskeurdheid ontken en verduister word. "

KES, paragraaf 82: "Die eenheid van die kerk is van die begin af as gevolg van die sonde deur allerlei faktore bedreig, waaronder vleeslike gesindhede, liefdeloosheid, onwil om mekaar te aanvaar, misverstand en dwaling, verabsolutering van die verskeidenheid, veruitwendiging of ook vergeesteliking van die eenheid asook politieke en ander belange."

KES, paragraaf 85: "(Dit beteken) dat Christene nooit in die verskeurdheid van die kerke, veral die met dieselfde belydenis, mag berus nie, maar dit as sonde moet erken en beiy"

17

Page 18: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

6. Belhar Artikel 2, paragraaf 12: (Daarom verwerp ons enige leer)wat, ongesproke of onuitgesproke, voorgee dat afkoms of enige ander menslike of sosiale faklore medebepalend is vir lidmaatskap van die kerk."

KES, paragraaf 118: "Dit beteken dat natuurlike geboorle, afstammelingsverwantskap en kultuur nie lidmaatskap van die kerk beperk nie. "

7. Belhar Artikel 3, paragraaf 1:"Ons glo dat God aan sy kerk die boodskap van versoening in en deur Jesus Christus toevertrou het; dat die kerk geroep is om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees; dat die kerk salig genoem word omdat hulle vredemakers is; dat die kerk deur woord en daad gemis is van die nuwe hemel en die nuwe aarde waarop geregtigheid woon”.

KES, paragraaf 20:"(l)n die nuwe verbond gaan dit om die verkondiging dat God in Jesus Christus die wêreld met Homself versoen het, dat Hy hulle wat in Hom glo en die boodskap aangeneem het, in sy kerk byeenbring en roep om sy koningskap op alle terreine te dien en vir die wêreld tot seën te wees tot op die dag wanneer Hy alle dinge tot voleinding sal bring."

KES, paragraaf 49:"(Dit beteken) dat die voorbeeldige optrede. liefde, begrip en diens van die kerk en gelowiges 'n maglige middel is om die krag van die evangelie in hierdie verskeurde, onregverdige en wankelrige wêreld teen alle natuurlike weerstand teen die evangelie in, sigbaar te maak. "

KES, paragraaf 229:"Om sy roeping teenoor God, homself en teenoor die samelewing te vervul en sy eie verkondiging geloofwaardig te maak, moet die kerk in sy eie bestaan 'n sigbare teken en konkrete gestalte van die koninkryk van God oprig."

8. Belhar Artikel 3, paragraaf 2: "(Ons glo) dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat stel om te leef in 'n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring"

KES, paragraaf 230: "Midde in die samelewing moet hy (die kerk) 'n eksemplariese gemeenskap wees. Dit behoort ’n gemeenskap te wees wat vir almal tot voorbeeld dien en wat in sy bestaan nie alleen 'n protes en verset teen die sonde in al sy vorme in die samelewing is nie, maar ook 'n besielende voorbeeld is van die krag van die Heilige Gees wat ook in menseverhoudings alles nuut kan maak. "

9. Belhar Artikel 3, paragraaf 3-5:"(Ons glo) dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame uitwerking daarvan in die weggestaan word indien dit verkondig word in 'n land wat op Christelikheid aanspraak maak, maar waarin die gedwonge skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en vyandskap bevorder en bestendig; (ons glo) dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die evangelie wil legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die versoenende krag van die evangelie by voorbaat verloën, ideologie en dwaalleer is. Daarom verwerp ons enige leer wat in die naam van die evangelie of die wil van God die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in so 'n

18

Page 19: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

situasie sanksioneer en daardeur die bediening van die versoening in Christus by voorbaat belemmer en ontkragtig."

KES, paragraaf 283-285:"Terwyl die Ned Geref Kerk deur die jare ernstig en volhardend gesoek het na die wil van die Here in sy Woord vir ons samelewing, het die kerk gefouteer deur toe te laat dat gedwonge afsonderlikheid en skeiding van volke in sy eie kring selfs as 'n Bybelse eis gesien is. Die Ned Geref Kerk moes hom al baie vroeer duidelik van die siening gedistansieer het, en erken en bely sy verset."

10. Belhar Artikel 4, paragraaf 1:"Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregligheid en ware vrede onder mense wil bring: dat Hy in 'n wêreld vol onreg en vyandskap op 'n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en die verontregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg"

KES, paragraaf 149:"Wanneer God se volk op hierdie manier vir die 'reg' van die verontregte intree, volg hulle die voorbeeld van God self, Hy is immers by uitnemendheid die Een wat vir die. saak van die noodlydende en verontregte intree "

KES, paragraaf 154:"Dit beleken dat die gelowiges na die voorbeeld van God sensitief moet wees ten opsigte van die handhawing van die reg van die noodlydende "

11. Belhar Artike! 4, paragraaf 2:"(Ons glo) dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van ongeregtigheid."

KES, paragraaf 56: "Alhoewel die kerk se onderskeie dienste in die eerste plek uitgaan na medegelowiges, reik dit ook uit na alle mense in nood. "

KES, paragraaf 59:"Dit alles impliseer dat die kerk se diakonale dienste... alle samelewingstrukture wat in stryd is met die Skrif moet bestry en positief moet werk vir 'n beter samelewing"

KES, paragraaf 144:"Dit behels onder meer dat gelowiges steeds sal vra na dit wat voor God reg is ten opsigte van alle fasette van die samelewing en alle onreg sal bestry "

14 Belhar Artikel 4, paragraaf 4 "Daarom verwerp ons enige ideologie wat vorme van verontregting legitimeer en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so 'n ideologie te weerstaan nie."

KES, paragraaf 77: "(Hierdie God verleende waardigheid van elke meis impliseer) dat alle reëlings en praktyke wat die menslike waardigheid van persone of groepe in die samelewing aantas, vir die gelowige onaanvaarbaar is.

KES, paragraaf 284-285: "Apartheid het op so 'n wyse begin funksioneer dat die grootste gedeelte van die landsbevolking dit ervaar het as 'n onderdrukkende sisteem wat deur die gedwonge skeiding tussen mense in werklikiheid een groep onregmatig bo die ander bevoordeel. So het dit die menswaardigheid van die medemens aangetas en in stryd gekom met die beginsels van liefde en geregtigheid. Enige sisteem wal in die praklyk so funksioneer,

19

Page 20: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

is in die lig van die Skrif en die Christelike gewete onaanvaarbaar en moet as sondig van die handgewys word. Enige poging van 'n kerk om so 'n sisleem Bybels-eties te probeer verdedig, moet as 'n ernstige dwaling beskou word, dit wil se as in stryd met die Bybel.

‘n Vergelyking tussen die twee dokumente dui daarop dat daar feitlik geen uitspraak in die Belharbelydenis is, wat nie op een of ander wyse weerklank vind in 'n soortgelyke uitspraak in KES nie. Wat dit des te meer merkwaardig maak, is dat selfs die mees kontroversiele stellings in Belhar ook in KES ge-eggo word. So is Belhar se verwysing na God as die Een wat "op 'n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en die verontregte is en sy kerk roep om Horn hierin te volg" feitlik identies aari KES se stelling: "Wanneer God se volk... vir die reg van die verontregte intree, volg hulle die voorbeeld van God self. Hy is immers by uitnemendheid die Een wat vir die saak van die noodlydende en verontregte intree."

Ook Belhar se veroordeling van die teologiese legitimering van apartheid as "ideologie en dwaalleer", word in KES aangetref waar die NGK sy eie optrede bely as "versuim", "ernstige dwaling" en "in stryd met die Bybel". Daarmee het die NGK in feite presies diesefde gesê as die NGSK met die status confessionis in 1982, naamlik dat die teologiese regverdiging van apartheid in stryd met die evangelie is en dus as dwaalleer verwerp moet word.

DIE HANTERING VAN DIE BELYDENIS VAN BELHAR DEUR DIE NG KERK.

Die Algemene Sinode van die NGK 1982 het byna eers ’n jaar en ’n half na die sinode op die die Belydenis van Belhar en die Begeleidende Brief gereageer – 23 Maart 1984. Die ervaring van Ottowa met die status confessionis was vir menige binne die NGK ’n pynlike saak. Die teologie van die Belydenis van Belhar is bevraagteken en is uitgewys as onaanvaarbare horisontalistiese eksegese eie aan die teologie van bevryding” (ds. DJ Viljoen, skriba van Breë Moderatuur, in ’n brief gedateer 23 Maart 1984, pt. 5.7, soos goedgekeur op die vergadering van die Breë Moderatuur op 15 Maart 1984). Die Breë Moderatuur het ook verklaar dat hulle van die NGSK se evaluasie van die stand van sake in SA verskil wat ’n status confessionis regverdig (pt. 3.3). Die standpunt is gehuldig dat een kerk op sy eie nie tot ’n status confessionis kan kom nie (pt. 3.4) maar dat dit eerder neerkom op ’n status accusationis et divisionis (pt. 3.6).

Die Algemene Sinode van die NGK 1990 erken die NGK dat die Belydenis van Belhar nie in stryd is met die drie Formuliere van Eenheid nie. Die implikasie hiervan is duidelik: daar is ook geen Bybelse fout te vind met die inhoud van Belhar nie. Dit gaan verder om te sê“… en dat dit nie verwydering tussen die kerke hoef te bring nie”.

Die Algemene Sinodale Kommissie (ASK) van die NGK in ’n brief van 8 November 1996 openlik aan die VGKSA erken dat die Belydenis van Belhar “nie sonder meer in die kader van ’n bevrydingsteologie tuishoort nie” In die verband sou die ASK aan die Algemene Sinode van 1998 rapporteer: “Die ASK is daarvan bewus dat die ontstaanskonteks van Belhar vir sommige lidmate ’n struikelblok is. Hierdie konteks is dié van ’n status confessionis wat volgens dié wat beswaar het, ’n sterk politieke konnotasie het en sy agtergrond vind in die bevrydingsteologie. Die ASK oordeel nogtans dat die Belydenis van Belhar nie as blote ’bevrydingsteologie’ afgemaak kan word ie. Dit is noodsaaklik om te begryp dat, al sou daar 18 sekere persone betrokke gewees het met allerlei

20

Page 21: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

politieke oorwegings, die Belydenis van Belhar gesien moet word teen die agtergrond van die lyding en nood van gelowige en toegewyde lidmate wie se geloof in die krisis gekom het vanweë die apartheidstelsel” (Agenda, 1996:18).

Die NGK se Algemene Sinode 1998 van 1998 het ses besluite geneem waarin begrip vir die geweldige premie wat die VGKSA op die Belydenis van Belhar plaas, geformuleer word. Daar is egter besluit dat op grond van kommentaar wat van lidmate en van kerkvergaderinge van die NGK ontvang is, die Belydenis van Belhar “nie op die oomblik as vierde belydenisskrif aanbeveel kan word nie” (Handelinge, 1998:516).

Dit gaan dus in hierdie besluit nie om inhoudelike oorweginge nie, maar om dieontvanklikheid op daardie stadium. Dit word in die derde besluit ook so gestel: “… dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die Drie Formuliere van Eenheid in stryd is nie” (1998:516). Die sinode gaan voort deur te besluit “… dat dit noodsaaklik is … (om te) … kyk na ’n manier waarop die Belydenis van Belhar in die nuwe kerkverband se belydenisgrondslag opgeneem kan word …”. Hierdie noodsaaklikheid word gekwalifiseer deurdat daar ook besluit word dat niemand “onder enige dwang geplaas word nie …”(1998:516).

Die Algemene Sinode van 2002 se fokus was op kerkhereniging en daar is voorgestel dat die nuwe kerk se belydenisgrondslag op die basis van konsentriese sirkels ontwikkel word. Met vier konsentriese sirkels as uitgangspunt, word die Bybel as die binneste sirkel voorgestel. Die ekumeniese geloofsbelydenisse vorm die tweede sirkel, terwyl die drie Formuliere van Eenheid die derde sirkelvorm. Die vierde sirkel is “van ’’n ander orde as die eerste drie” en sluit belydenisskrifte en ander soortgelyke dokumente in wat die onderskeie kerke met hulle saambring op die pad na eenheid (Agenda, 2002:443-444).

Tydens die NGK se Algemene Sinode van 2004 het meer as ’n kwart van die afgevaardigdes Belhar onderteken, dit was ’n aanduiding van ’n beduidende aanvaarding van die belydenis op weg na kerklike eenheid.

Die algemene sinodale leierskap van die NGK en die VGKSA het mekaar in Junie 2006in Esselenpark ontmoet. Die ongeveer 100 kerkleiers teenwoordig het ’n verbondsverbintenis vir kerkhereniging met mekaar gesluit. Oor Belhar is die volgende besluit: “Ons aanvaar die uitdaging om binne drie jaar een verenigde kerk te wees. In dié verband mag die Belydenis van Belhar nie as voorwaarde vir eenheid geld nie. Die boodskap van Belhar sal steeds vir ons die inspirasie en gids wees vir beide die proses tot en die formasie van die nuwe kerk. In lyn met die besluite van beide die kerke sal die Belydenis van Belhar ’n volwaardige belydenisskrif van die nuwe kerk wees en sal ons saamwerk om die kerk te help om te groei tot ’n volledige aanvaarding van die belydenis”.

Na die Esselenpark byeenkoms in 2006, is ’n byeenkoms te Achterberg I (Krugersdorp) gehou en het die leierskap van die RCA en die NGKA ook saam vergader en is dringend oorkerkhereniging gepraat en almal het hulle plegtig daartoe.

Die vergadering genaamd Achterberg II, April 2007, het met baie emosies gepaard gegaan.Wantroue en spanning het die ontmoeting skade laat ly. Sommige leiers van die NGK was nie ten gunste van die onderskrywing van die belydenis nie. Uiteindelik is besluit dat Belhar nie ’n voorwaarde vir kerkeenheid sou wees nie; dat ’n gesamentlike kommentaar oor die inhoud van

21

Page 22: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

Belhar geskryf sou word om in ’n nuwe kerkverband te gebruik; dat niemand geforseer sal word om Belhar te verwerp of te aanvaar nie; dat lidmate en predikante wat nie daarvoor gereed is nie, nie gevra sal word om Belhar te onderskryf nie.

Die NGK se Algemene Sinode van 2007 in Junie 2007 met ’n proses begin om gemeentes se mening oor die voorstelle van Achterberg II te toets. Die uitkoms was nie positief nie. Die leierskap van die NGK het rapporteer dat Belhar vir die meerderheid lidmate en gemeentes van die NGK nie as vierde belydenis aanvaarbaar is nie. In die was daar botsings tussen die leierskap van die NGK en die VKGSA. Die Sinodale Kommissie (SK) van die VGKSA in Kaapland het besluit om die gesprek oor kerkhereniging met die NGK in Wes-Kaapland tydelik op te skort.

Die groeteboodskap van die moderator van die NGK by die VGKSA se Algemene Sinodevan 2008 het groot ongelukkigheid veroorsaak. Daar is by hierdie sinode onder andere besluit om ’n moratorium te plaas op gesprekke met die NGK.

Die Wes- en Suid-Kaap se sinode het ’n beskrywingspunt aan die Algemene Sinode van 2011 gestuur waarin versoek word dat die Belydenis van Belhar op ’n kerkordelike wyse deel van die Nederduits-Gereformeerde Kerk se belydenisgrondslag gemaak word (Agenda, 292-297). Op hierdie sinode word die volgende besluit geneem: “Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse dele van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor inwerking te stel”..Op 23-25 Februarie 2012 het die dagbesture van die VGKSA en die NG Kerk inJohannesburg ontmoet as deel van die voortgaande fasiliteringsproses onder leiding van dr.Jerry Pillay, president van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke. ’n Brief,onderteken deur dr. Pillay, dr. Kobus Gerber (Algemene Sekretaris van die NG Kerk) en dr.Dawid Kuyler (Skriba van die Algemene Sinode van die VGKSA), gedateer 29 Februarie isna alle gemeentes gestuur. In hierdie brief word herhaaldelik getuig van “Ons dank God vir die vars wind wat Hy gestuur het …” en “… stem ons saam dat ons God se teenwoordigheid en die leiding van die Heilige Gees ervaar het” en “Ons dank God vir sy seëning”. In hierdie skrywe word ook verwys na die besluit van die Algemene Sinode van die NGK Oktober 2011 om die Belydenis van Belhar te aanvaar en dan word gesê: “Dit is gedoen omdat die Sinode oortuig was dat die waarheid van Belhar ’n waarheid is wat nóú bely moet word en ’n waarheid is wat die kerke in Suid-Afrika met hulle getuienis kan help. Ons is oortuig dat hierdie besluit die werk van die Heilige Gees was en ons dank God dat Hy steedssy Kerk deur Woord en Gees regeer”.

DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN DIE BEVRYDINGSTEOLOGIE

Een van die mees algemene besware wat teen die Belydenis van Belhar gerig word, is dat dit wesenlik 'n bevrydingsteologiese dokument is. Die uitspraak in art. 4 dat God in 'n wêreld vol onreg en vyandskap op 'n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en veronregte is, en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg, word as sprekende bewys vir bovermelde beswaar aangevoer. Het ons hierin te maak met Bevrydingsteologie ?

Hierdie dokument het daarop gewys dat die spreekwyse nie vreemd is aan die manier waarop die Bybel oor God in Sy verhouding teenoor noodlydendes, armes en verontregtes praat nie. Die Skrif wemel letterlik van soortgelyke uitsprake. Nou is die vraag natuurlik nie net of lets in die Skrif staan

22

Page 23: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

nie; maar eerder of die intensie van die Skrif tot sy reg kom in die wyse waarop hierdie uitsprake gekontekstualiseer word. Binne watter "raamwerke" funksioneer hierdie Skrifberoepe? Met die oog hierop moet die algemene trekke van die Bevrydingsteologiese "verstaansraamwerk" kortliks ondersoek.

Die Bevrydingsteologie neem sy vertrekpunt in 'n analise van die situasie. In hierdie proses word die Marxistiese maatskappykritiek normaalweg beskou as die enigste wat 'n betroubare beeld kan skets van die heersende orde in 'n samelewing. Konflik word beskrywe aan die hand van 'n klassestryd, van "haves" wat gedemoniseer word en "have nots" wat se enigste fout kan wees dat hulle die gevangenes van 'n valse selfbewussyn is, dit wil sê dat hulle nie die revolusionêre potensiaal van klassekonflik besef en dienooreenkomstig handel nie. Die Bevrydingsteologie wil hierdie valse selfbewussyn aftakel en met voorskriftelike mobiliseringsstrategië mense oproep tot die stryd. Die prediking, liturgie en praxis van die kerk, moet die saak van politieke bevryding steun. Ten diepste gaan dit om ideologiese magsdenke wat die fronte radikaal wil polariseer omdat hierdie polarisasie die histories-noodwendige stimulus van sosiale transformasie is.

Een van die dokumente wat die duidelikste uiteensetting van die Bevrydingsteologie in die Suid-Afrikaanse konteks gee en wat in die dieselfde tydvak as die Belydenis van Belhar tot stand gekom het, is die Kairos-dokument. 'n Vergelyking van die twee dokumente kan 'n verhelderende bydrae lewer in antwoord op die vraag of ons in die Belydenis van Belhar met bevrydingsteologie te doen het:

Die volgende sou in die verband gesê kon word:

* Die teologiese metode van die Kairos-dokument is duidelik die van die situasieteologie. Die uitgangspunt is die sosio-politieke situasie en daar word begin met 'n sosiale analise. Hierdie sosiale analise word uitdruklik beskryf as "(t)he first task of a prophetic theology for our times" (Kairos 1985:15). Daar word na die Skrif beweeg om te ondersoek wat die Bybel oor die bepaalde situasie sê. Hierdie tipe teologie kan ook getipeer word as horisontalisties van aard, aangesien die werklikheid nie primêr vanuit die beligting van Gods openbaring bekyk en verklaar word nie, maar feitlik uttsluitlik vanuit homself. Hierdie horisontalistiese beskouing vertoon 'n gebrekkige openheid na 'n ander, hoër werklikheid en is eintlik geslote vir alles behalwe die werklikheid in ons en om ons.

* In die situasie-analise maak die Kairos-dokument gebruik van die tipiese terminologie van die Marxistiese en neo-Marxistiese maatskappykritiek. Dit blyk byvoorbeeld uit die beskrywing van die Suid- Afrikaanse situasie as 'n klassestryd tussen onderdrukkers en onderdruktes. "The situation we are dealing with here is one of oppression. The conflict is between an oppressor and the oppressed. The conflict is between two irreconcilable causes or interests in which the one is just and the other unjust" (Kairos 1985:15). Die onderdrukkers "benefit from the system because it favours them and enables them to accumulate a great deal of wealth" en die onderdruktes "are treated as mere labour units, paid starvation wages, separated from their families by migratory labour, moved about like cattle and dumped in homelands to starve - and all for the benefit of a privileged minority" (Kairos 1985:15-16). Die kern van die Suid-Afrikaanse konflik is die spanning tussen die twee klasse wat onafwendbaar moet lei tot 'n bevrydingstryd: "The one side is committed to maintaining the system at all costs and the other side is committed to changing it at all costs. There are two conflicting projects here and no compromise is possible" (Kairos 1985:16). "The conflict and the struggle will

23

Page 24: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

have to intensify in the months and years ahead because there is no other way to remove the injustice and oppression" (Kairos 1985:21).

*Ook die rol van die kerk word in terme van die klassestryd beskryf. Kerke word opgeroep om in te skakel by die bevrydingstryd en alle kerklike aktiwiteite "must be reappropriated... to further the liberating mission of God and the Church in the world... Over and above its regular activities the Church would need to have special programmes, projects and campaigns because of the special needs of the struggle for liberation in South Africa today". Kerke word egter gewaarsku: "The Church must not confuse the issue by having programmes that run counter to the struggles of those political organisations that truly represent the grievances and demands of the people" (Kairos 1985:23). Die maatstaf vir die kerke is dus nie meer die Woord van God nie, maar "the special needs of the struggle for liberation" en "the grievances and demands of the people."

*Die analise van die Suid-Afrikaanse situasie in terme van die klassestryd gee ook aanleiding tot die demonisering van die politieke en kerklik-teologiese opponente van die opstellers van die dokument. Die God van die Suid-Afrikaanse staat word 'n afgod genoem "the devil disguised as Almighty God - the antichrist" (Kairos 1985:7). Die staat self word in uiterste terme beskryf en aangedui as werktuig van die bose. 'n Karikatuur word gemaak van teoloë wat 'n ander siening toegedaan is en die basis vir enige sinvolle gesprek word by voorbaat vernietig.

* Wanneer dit kom by die metode van verandering kies die Kairos-dokument ondubbelsinnig vir rewolusionere bevryding. Die stryd word uitdruklik beskryf as "civil war or revolution" (Kairos 1985:16) en kritiek word uitgespreek teen kerklike oproepe. tot "justice through reform" (Kairos 1985:10). By implikasie is die enigste alternatief "justice through revolution". Dit word bevestig wanneer daar ten cpsigte van kerklike pleidooie vir "Non-violence" gesê word: "if one calls for non-violence in such circumstances one appears to be criticising the resistance of the people while justifying or at least overlooking the violence of the police and the State... But is it legitimate to... use the same word violence in a blanket condemnation to cover the ruthless and repressive activities of the State and the desparate attempts of the people to defend themselves?" (Kairos 1985:12). Ook oproep tot versoening ("reconciliation") mag volgens die Kairos-dokument nie in die weg staan van die revolusionêre bevrydingstryd nie, want "it would be totally unChristian to plead for reconciliation and peace before the present unjustices have been removed" (Kairos 1985:9). Met oortuiging kan gesê word dat hierdie denkraamwerk nie in die Belydenis van Belhar gebruik word nie.

*Die situasie is nie die vertrekpunt nie, maar die Drie-Enige God se genadewerk in, aan en deur die kerk. In die Belydenis van Belhar is die telkens die uitgangspunt: wat die Skrif oor die eenheid van die kerk en oor die kerk se roeping ten opsigte van versoening en sosiale geregtigheid se, dien as uitgangspunt vir die beoordeling van die situasie en nie andersom soos in die geval van die Kairos-dokument nie. In die Begeleidende Brief word daar ook uitdruklik gese: "Ons is daarvan bewus dat die enigste gesag agter so 'n belydenis en die enigste grond waarop dit uitgespreek kan word, die Heilige Skrifte as die Woord van God is." Anders as in die geval van die Kairos-dokument is daar nie ook nie sprake van horisontalisme in die wyse waarop daar in die Belhar-belydenis teologie beoefen word nie. In die begronding van wat oor die eenheid van die kerk gesê word, word daar daarvan uitgegaan dat "die versoeningswerk van Christus sigbaar moet word" en word die kerk beskryf as "diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is." Die voorwaardes vir versoening tussen

24

Page 25: belydenisvanbelhar.co.za  · Web viewSy teks, is met enkele klein wysigings deur die kommissie, bestaande uit Gustav Bam, Jaap du Randt en Dirkie Smit, Sakkie Mentoor en Alan Boesak,

mense is deur God nagekom deurdat Hy "deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, en daarom ook van onversoendheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin het." Dit is ook "God deur sy leweskeppende Woord en Gees (wat) sy volk in staat stel" om hulle roeping in die sarnelewing en wereld te gehoorsaam. Wat oor die kerk se roeping ten opsigte van sosiale geregtigheid gesê word, word ook afgelei van die feit "dat God Homself geopenbaar net as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder inense wil bring" (deurgaans ons kursivering). Die hoop op vernuwing van die wereld is dus nie in die dinamiek van die geskiedenis gesetel soos by die Bevrydingsteologie nie, maar in God wat deur sy leweskeppende Woord en Gees werk.

* Insgelyks roep Belhar gelowiges nie op tot 'n rewolusionêre stryd teen mense of groepe nie (Begeleidende Brief, punt 3), maar tot versoening en eenheid in geregtigheid, ingehoorsaatnheid en navolging van die Hoof en Heer van die kerk. Die taak van die kerk is om "deur woord en daad getuies te wees van die nuwe hemel en die nuwe aarde waarop geregtigheid woon", om mense in enige vorm van nood by te staan ".

* Die vraag na geregtigheid word in die Belydenis van Belhar nie vanuit 'n opvatting van menseregte behandel nie, maar vanuit God se reg om gehoorsaam te word as die enigste Heer van Sy kerk. As daar sprake is van stryd en weerstand, dan is dit met die oog op die dwanglose vryheid wat die eenheid van die kerk kenmerk, en is dit gerig teen dit wat die regsorde van God onder mense verydel. Rykes en magtiges word nie as sodanig teenoor armes en veronregtes geste! nie, maar die kerk word geroep om te getuig "teenoor alle magtiges en rykes wat nie selfstig hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel (eie kursivering). Op geen manier word die "opponent" gedemoniseer soos in die geval van die Kairos-dokument nie. Wat volgens die Begeleidende Biief veral teengestaan word is "n valse leer... 'n ideologiese verdraaiing wat die evangelie self... bedreig." Selfs in die veroordeling van die valse leer word daar egter erkenning gegee vir die "Christelike geloof, ...optegtheid, eerlikheid, integriteit en goeie bedoelinge" van diegene wat die leer aangehang het. Verder word die "eie" belydenisgemeenskap nie as blaamloos voorgehou nie, maar is daar sprake van skuldbelydenis, en sprake van die eis tot bekering wat aan almal se adres gerig is.

Belhar is nie Bevrydingsteologie nie, maar Gereformeerde Teologie wat die sola gratia van die regverdigingsleer konsekwent wil deurdink en deurleef tot 'n etiek van barmhartigheid, spesifiek binne die konteks van die geregtigheidsvraag. Belhar wil nie die teologie verpolitiseer nie, maar as protestantse belydenis 'n getuienis wees van 'n Bybelse kerk-, mens-, en samelewingsbeskouing binne 'n konteks waarin 'n totalitêre ideologie die uitleef van hierdie waarheid in die weg gestaan het.

25