20
GEMEENSKAPSPROFIEL VAN GRABOUW Saamgestel deur Mev. M. Stiles, Maatskaplike Hulpwerker, ACVV, Grabouw, 1998

1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

GEMEENSKAPSPROFIEL

VAN

GRABOUW

Saamgestel deur Mev. M. Stiles, Maatskaplike Hulpwerker, ACVV, Grabouw, 1998

Page 2: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

1. NAAM VAN GEMEENSKAP

In 1856 het 'n Kaapstadse kunstenaar, Wilhelm Langschmidt 'n plaas langs die Palmietrivier gekoop, en dit na sy tuisdorp in Duitsland, Grabau, vernoem. Die grond is oorspronklik in 1814 deur Lord Charles Somerset in erfpag toegeken aan K.C Kuun, op voorwaarde dat hy 'n boot aanhou om van die regering se passasiers en -dokumente gratis oor die rivier te vervoer.

Eers in 1858 nadat 'n deel van die plaas deur Langschmidt aan sy seun oorgeplaas is, word die naam as "Grabouw" aangeteken.

Page 3: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

2. GEOGRAFIESE GEGEWENS

Ligging van die gemeenskap

Grabouw is 'n klein plattelandse dorpie - geleë ± 70 km vanaf Kaapstad. Die munisipale area van Grabouw is gesetel binne die Elgin Vallei, wat die kern vorm van die GroenIand Kom. Die Groenland Kom word omring deur die Hottentots Holland-, Nuweberg en Houhoek bergreekse.

Die Groenland Kom is nasionaal en selfs internasionaal bekend vir sy intensiewe landbou-aktiwiteite en kwaliteit vrugte produkte. Die area word beskou as een van Suid-Afrika se mees belangrike uitvoer sentra. Die munisipale area van Grabouw, wat beskou kan word as die dorpsgebied van die kom is ekonomies afhanklik van die sukses van die landbou-aktiwiteite binne die res van die Groenland kom.

Geografiese grense

Grabouw grens aan Jagersvlakte in die Noorde; Streeksraadgebiede en plase in die ooste en weste, en die N2 Nasionale Pad aan die suide.

Die Palmietrivier vloei deur die munisipale gebied van Grabouw.

Klimaat

Grabouw is 'n wateropvangsgebied. Die area is 'n winterreënval gebied met 'n gemiddelde reënval van 1147 mm per jaar (Gemeet oor 'n tydperk van 8 jaar). Die gemiddelde dagtemperature in die winter is ± 13° en in die somer ± 29°.

Geologie

Die geologie van die Grabouw area bestaan uit sandsteen en kwartsiet van die Nardouw Formasie van die Tafelberg Groep na die weste en noorde - en leiaarde en sandsteen van die Bokkeveld Groep na die ooste en suide.

Die Nardouw sandsteen is grofkorrelrig en hoogs geIit, en vorm 'n reeks riwwe. Verwering van die sandsteen het vlak afskeidings van sand tussen die riwwe tot gevolg. Die grofkorreIrige natuur van die klip tesame met die riwwe veroorsaak nat ondergrondse toestande en syferwater, ten spyte van die hoogliggende topografie.

Die sandsteen voorsien bevredigende draagvermoë vir strukture. Tog sal die grondwater toestande en ekstensiewe uitgrawings, ekstensiewe grondwater dreinerings mates vereis.

Die rotserige heuwel op die westekant van Grabouw, Uitkyk, vorm 'n natuurlike grens vir ontwikkeling ten minste in die nabye toekoms. Op die langer termyn sal die relatiewe plat area, wes van Uitkyk en noord van die N2 Nasionale Pad in berekening gebring word, sodra die area noord van Uitkyk (die area noord van die ou Ou Kaapse Roete) ontwikkel is.

Topografie

Die algemene topografie van die Groenland Kom is relatief steiIer en meer ongelyk as binne die bestaande munisipale area. Die sanderige tipe grond, veral waar bome afgekap word, is eroderend, en meestal ongeskik vir ontwikkeling.

3. DEMOGRAFIESE GEGEWENS

Bevolkingsgetalle

Mnr Petrus, die Hoof uitvoerende Beampte van die Plaaslike Owerheid, beraam die huidige inwonertal op 35 000.

Die Sentrale Statistiekdiens (SSD) bepaal die totale inwonertal van Grabouw gedurende 1991 op slegs 11 000. (Die 1996 statistieke sal volgens die SSD eers teen 1999 beskikbaar wees!) = 15 998.

Page 4: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

Na aanleiding van 'n verslag* saamgestel gedurende 1994/95 behelsende die behoefte aan landelike ontwikkeling in die Groenland Kom is projeksie-bepalings ten opsigte van die inwonertal van Grabouw gedoen. Hierdie projeksie-bepaling was gebaseer op die groeikoers bepaal volgens, byvoorbeeld, die getal huise in die dorp (informele huise ingesluit) en die getal persone op die Munisipaliteit se behuisingswaglys. Die projeksie beraam die inwonertal van Grabouw se munisipale gebied op 33 694 teen die jaar 2020.

Mnr Petrus se beraming van 35 000 sluit die wit-, swart-, en oorwegend Kleurlingbevolking in. Dit dui op 'n groeikoers van bykans 50% sedert 1995 (Na aanleiding van die plaaslike Owerheid se inwonertal-beraming van 17 000 gedurende 1995), en oorskry die Streekstruktuur Plan se projeksie vir die jaar 2020.

Redes vir hoë bevolkingsgroei

a) Verhuising:

plaaswerkers wat voorheen in die Groenland Kom gewoon het, verhuis nou na die dorp weens gebrek aan behuising en/of die ontoeganklikheid na gemeenskapsfasiliteite.

b) Migrasie:

Talle mense van swart stads- of dorpsgebiede in die Metropolitaanse area verhuis na landelike gebiede soos Grabouw, veral as gevolg van onveilige toestande en hoë misdaadsyfers in die Metropoliaanse areas.

Migrasie vind ook plaas vanaf die tuislande in die Noorde met die hoop op beter toestande en werksgeleenthede.

Groot getalle werklose persone verhuis na dorpsgebiede met 'n gesonde landbou ekonomie, op soek na werksgeleenthede.

Aangesien die dorp Grabouw die enigste dorp in die Groenland Kom is, is die mense geneig om naby of in die dorp in informele behuising te woon.

b) Populasiegroei

Die bevolking van die dorp het 'n hoër bevolkingsgroei getoon sedert 1990 en veral weens die hoër geboortetal van mense wat na Grabouw verhuis het.

Die natuurlike groei van die populasie in bestaande informele behuisingsgebiede en informele strukture in agterplase of bestaande erwe, is die belangrikste bydraende faktore wat betref toenemende populasie groei.

* (Report of the future need for urban expansion in the Groenland Basin prepared for EGV-Farmer's Association.)

Page 5: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

TABLE 1: Updated urban population projection: 1995-2020

AREA Low density housing

Medium-low density housing

Medium-high density housing

High density housing TOTAL

1995 1800* 4900* 4400* 5900* 17000**% 2,0 2,1 2,5 4,7 -

2000 1987 5437 4978 7423 19825% 1,9 2,0 2,4 4,5 -

2005 2183 6003 5605 9250 23 041% 1,8 1,9 2,2 4,0 -

2010 2387 6595 6249 11254 26485% 1,7 1,8 2,0 3,5 -

2015 2597 7210 6899 13366 30 072% 1,6 1,7 1,8 3,0 -

2020 2812 7844 7543 15495 33 694

* Local Structure Plan: amended projections

** Municipality af Grabouw 1995 estimate: Total 17 000 people

TABLE 5: The extent of available residential erven

AREA*** EXTENT STATUS OF APPROVAL CURRENT DEMAND (based on waiting list)

1. Xola-Naledi Phase I 441 erven Approved and serviced All erven have been allocated

2. Rooidakke Phase II 420 erven Planned, approved - not

developedApplications for all erven received

3. Xola-Naledi Phase III A & B 832 erven Planned, approved - partly

developedDemand exceed available number of erven

4. DPW * land 100 erven** Planned; no final procedures for approval

Demand exceed available number of erven

TOTAL 1793 erven - 3000 erven

* Department of Public Works and Land Affairs.

** It is assumed that 50% of DPW land will not be developable because of problematic geological formations (rocky outcrops).

*** The land east of Oude Brug Road and Extension 10 were excluded as it is not regarded as desirabie development land for the purpose of this investigation.

4. INFRASTRUKTUUR VAN GEMEENSKAP

Ter inleiding

Die oorgrote meerderheid van die swart en kleurlingbevolking in Grabouw bewoon informele behuising in die plakkerskampe. Hierdie groep het 'n lae sosio-ekonomiese inkomste en is totaal afhanklik van seisoen-werk op plase. Dit beteken dat die meerderheid van plaaslike inwoners 'n gemiddeld van 4 maande per jaar werk. Hierdie toestande plaas geweldig druk op die Plaaslike owerheid veral omdat dienste aan die Munisipaliteit nie betaal word vir die oorblywende 8 maande nie.

Watervoorsiening en verspreiding:

Grabouw is 'n wateropvangsgebied. (Sien Bylaag 1). Die munisipaliteit van Grabouw het tans waterregte van 1 489 000 kubieke meter wat vanuit die Wesselsgatrivier en die Palmietrivier opgevang word.

Page 6: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

Van die informele behuisingsgebiede beskik oor lopende water by sekere sentrale punte. Daar is egter geen lopende water binne die plakkershutte nie.

Rioolwerke:

Na aanleiding van die beperkte kapasiteit binne die bestaande riool-netwerke is 'n nuwe watersuiwerings-projek gedurende 1998 voltooi wat voorsiening maak vir die suiwering van 3000 kubieke meter water.

Die oorgrote bevolking van Grabouw bewoon tans informele behuising, wat bykans geen sanitasie-geriewe daarstel nie. Die munisipaliteit se vele pogings om "bak"toilette op sentralepunte te installeer het geen vrugte afgewerp veral weens gedurige beskadiging van die eiendom.

5. BEHUISING

Weens die hoë populasiegroei en beperkte grond vir ontwikkeling heers daar tans 'n behuisings-krisis in Grabouw, en veral wat betref die laer-sosio ekonomiese inkomste groepe. Talle boere wil nie meer werkers op die plase huisves nie, en na seisoen-tyd het werkers wat voorheen gratis behuising op plase ontvang het, nou geen heenkome meer nie.

Beskikbare grond vir residensiële ontwikkeling binne die bestaande munisipale grense word nou vinnig in besitting geneem. Die grootste aanvraag vir addisionele grond is vir die agtergeblewene lede van die gemeenskap.

Met die veronderstelling dat areas vir toekomstige ontwikkeling nie hoë potensiële landbou-grond insluit nie, bly 'n baie beperkte area oor - Die Bosbou gedeeltes en aangrensende minder potensiële gebiede aan die noorde en westelike gedeeltes van Grabouw. (Sien Bylaag 2 & 3)

Page 7: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

Behuisingsprojek:

Die Munisipaliteit is tans besig met 'n Behuisingsprojek wat 1273 huise voorsien. Daar is egter tans 'n behoefte aan 3000 huise.

Hierdie projek brei uit na die noorde van Grabouw en sluit meestal huise in vir die Kleurlingbevolking.

Formele behuisingsgebiede:

Buiten die Klipkop-woongebied, is daar bykans geen verder ruimte in die Grabouw dorpsgebied vir die bou van huise nie.

Klipkop is 'n klein area, bestaande uit 82 halwe en een hektaar erwe, waarvan ± ontwikkel of ontwikkelende is.

Hierdie area is 'n woongebied, en daar bestaan geen besigheids-aktiwiteite buiten een B & B en een Gastehuis nie.

Verhurings:

Daar is weinig huise in Grabouw te huur, en indien wel wissel die huur tussen R2000 en R3500. Daar is twee woonstelblokke en 'n paar woonstelle bo-op besighede. Dit is egter moeilik bekombaar, en lang waglyste heers op alle huureiendom.

Daar bestaan 'n geweldige behoefte in Grabouw aan eenmanwoonstelle vir ongetroude persone. Talle persone huur kothuise of huise op plase.

6. GESONDHEIDSDIENSTE

Daar is twee mediese praktisyne wat hoofsaaklik die dorpsgebied bedien en een mediese praktisyn wat Pineview, en aldus die oorgrote Kleurlingbevolking bedien. Daar is geen hospitaal in Grabouw nie, en noodgevalle word na Hottentots-Holland- of Tygerberg Hospitaal verwys. Mediese dienste is egter onbekostigbaar vir die oorgrote populasie van Grabouw, veral die agtergeblewene gemeenskappe. Aan hierdie gemeenskappe bied die staat gratis dienste/en of dienste teen 'n minimale bedrag. Grabouw beskik oor 'n dagkliniek, en 'n distriksgeneesher.

Mediese dienste:

1. Dokters/Geneeshere:

Dr Hangoner PineviewDr. J.J. le Roux; Dr. Smit Hoofstraat.Dr. I. van der Vyver & Vennote in die dorpsgebied.

2. Tandarts:

Dr. A. Bosman, Worcester straat.Dr. J. Spies Hoogstraat.

3. Fisioterapeute:

Me B.L. Silberhauer, Klipkop.Me J. van der Merwe, Worcesterstraat

4. Voetkundige:

M. Uttley, Worcesterstraat

5. Veeartse:

Palmiet Dierekliniek - Dr. WilsonDr. Reuvers, Botrivier.

Page 8: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

6. Klinieke en Hospitale

a) Daghospitaal

* Babakliniek * Distriksgeneesheer

b) Streeksdienste Raadkliniek

c) SAMWU-kliniek

Hierdie kliniek is primêre gesondheidsorg kliniek. 'n Mediese Voordele Klub, wat lede van die Kaapse Metropoliaanse area bedien. Lede van die fonds is werksaam by die Steenbrasdam-projek en Departement Waterwese, en daar is tans 140 lede.

Vanaf November 1998 word 'n spreekkamer een middag per week aan ACVV beskikbaar gestel, ten einde kliënte in die area te spreek.

Nooddienste:

Die Wes-Kaapse Mediese Nooddienste beskik tans oor drie ambulanse, 10 permanente personeel en 5 reserviste. Daar is ook twee bussies wat buite-pasiënte na Tygerberg- of Hottentots Holland Hospitaal vervoer.

7. Rooikruis-vereniging:

Die Rooikruis het 'n depot waar onder andere rolstoele en klere teen 'n nominale bedrag gehuur kan word.

Die Rooikruis stuur jaaliks 'n brief uit waarin hulle beroep doen aan die gemeenskap vir fondse ter ondersteuning van huIle werk. Die A.C.V.V, die Hospitum, Rustige Jare, Aids Aksie Groep, Agapé Gesinsentrum is van die organisasies wat deur die Rooikruis ondersteun word. Kos en komberse word ook aan Vigs-pasiënte en persone in die informele behuisings-gebiede verskaf.

7. OPVOEDKUNDGE INSTELLINGS

Geletterdheidsvlakke van die oorgrote bevolking van Grabouw is baie laag, en skoolgelde is onbekostigbaar vir talle ouers. Ouers is dikwels afhanklik van beurse en/of welsynsorganisasies ten einde skoolklere vir die kinders te bekostig.

Daar heers 'n groot behoefte aan voorskoolse versorging van kinders in die agtergeblewene gebiede.

Onderwys

Hoërskole

Grabouw Hoërskool; 519 leerlingeGroenberg Sekondêre Skool; 1650 leerlinge

Laerskole

Kathleen Murray Primêr; 1035 leerlingePineview Primêre Skool; 1050 leerlingeGrabouw Hoërskool het ook 'n primêre skool.Bissiesdrif (Vyeboom) - alhoewel hierdie skool buite die munisipale grense van Grabouw lê, woon van die leerlinge in die dorp.Umezo Skool is uitsluitlik vir Xhosa-sprekende kinderders; 589 leerlinge

Private Skole

Kingsway Christelike Skool offer opvoeding op 'n geestelike basis; 35 leerlingeApplewood Voorbereiding skool; ± 35 leerlinge

Page 9: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

Plaasskole

Daar is 10 plaasskole wat die 95 plase in die Grabouw-omgewing bedien.

Kleuterskole

Kabouterland, Pineview (Transformeer na 'n dagsorgsentrum) Speelland, dorpsgebiedSiembamba in Rooidakke-plakkerskamp

Die ACVV is tans besig met 'n behoeftebepaling in die Rooidakke plakkerskamp ten einde 'n dagsorgsentrum vir die Rooidakke en Xola-naledi voorskoolse-kinders daar te stel.

Agapé Gesinssentrum bied ook dagsorg-fasiliteite aan voorskoolse kinders.

Community College

Elgin Community College speel 'n groot rol in die opvoeding van die gemeenskap wat oor 'n baie lae geletterdheidsvlak bestaan. Verskeie sektore en pIase het reeds baat gevind by hulle geletterdheisprogramme. Landbou-, handwerk-, taal en talle ander kursusse word deur hulle aangebied.

8. WERKGELEENTHEDE

Ter inleiding

Gevestigde fabrieke binne die Grabouw MunisipaIe Gebied soos Kromco, Two a Day, Appletizer is van die grootste werksverskaffers in die area. Tydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë

werkloosheidsyfer met ongeveer 60%. Gedurende die af-seisoentyd is dit slegs spanne wat op kontrakbasis snoei en uitdunwerk doen. Gevestigde besigheidsmanne kry dan 'n geleentheid om appels na afsetgebiede te vervoer. Volgens Mnr Petrus, die Stadsklerk van Grabouw, styg werkloosheid in Grabouw, buite seisoen tot 70%. Met die moontlike daarstelling van fondse vir kleinsake ondernemings en entrepeneurskap vir die area, kan meer werksgeleenthede geskep word.

Die Industriële, redelik klein, gebied is meestal geskoei op hout-industrieë met beperkte ander ondernemings. Die industrieë is egter nie in staat om die werkloosheid hok te slaan nie.

Daar is tans ± 105 besighede in Grabouw en onmiddellike omgewing, by die overberg Distriksraad geregistreer.

Daar is tans drie Mobiele winkels in die Ou Kaapse weg, en talle klein winkeltjies in die plakkerskampe wat meestal lekkers, koeldrank en sigarette verkoop. Volgens die Suid-Afrikaanse polisie word drank tot 'n groot mate onwettig verkoop, en is daar is na beraming ongeveer 67 sjebeens in Grabouw.

Grabouw is 'n water opvang area en die Nasionale HOP-Fynbos projek ("Fynbos working for water Project") is ook in hierdie area geïnisieer. Daar is tans 300 mense werksaam met hierdie projek wat groot verligting vir die hoë werkloosheidsyfer gebring het.

Die welsyns-organisasies van die omgewing sowel as die Munisipaliteit (HOP) loods werkskeppende projekte, ten einde mense te bemagtig om onafhanklik te funksioneer, sowel as 'n ekstra inkomste te verdien.

9. KULTURELE EN ONTSPANNINGSFASILITEITE

Wat betref die jeug veral, is daar 'n geweldige behoefte aan die ontwikkeling van sports- en ontspanningsgeriewe in Grabouw.

Fasiliteite beskikbaar is:

Page 10: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

Hillside Stadium in Pineview; Die Gerald Wright saal: Word tans benut as créche, kerknaweke, sopkombuis en perseel vir

Maatskaplike Dienste Navrae twee maal per maand; Twee Biblioteke; Skool- sportgronde; Eikehof Buieklub; Agapé Gesinsbedieninge; Heartbeat Koffiekroeg.

Rugby en sokker is van die enigste vooruitstrewende sportsoorte in die gemeenskap, en veral weens die gebrek aan geriewe.

Die hoë reënvalsyfer verhoed dat Krieket tot sy volle reg kom. Aangesien daar nie 'n sportstadium in Grabouw beskikbaar is nie, word die skool-sportgronde gebruik. Die Eikenhof Buiteklub bied die volgende geriewe aan:

Twee muurbalbane, rolbal (eie lede), Krieket (Velde beskikbaar vir verhuring); hokkie en tennisbane. Die Buiteklub beskik ook oor fasiliteite vir troues, jaarfunksies en dies meer. 'n Verversingsdiens word ook deur hulle gelewer.

10. BESTAANDE HULPBRONNE IN DIE GEMEENSKAP

Die plaaslike munisipaliteit speel 'n groot rol in die gemeenskap ten opsigte van lewering van dienste, sowel as die bemagting van die gemeenskap. Gemeenskapsontwikkeling- en werkskeppede projekte, soos die Masakhana-projek word tans deur, die Munisipaliteit geloods.

Gedurende 1998 het die nuwe uitvoerende beampte die Munisipaliteit as 'n organisasie wat verandering nodig het, geïdentifiseer. Die Witskrif van 1998 bring groter verantwoordelikheid aan die Plaaslike Owerheid in die bou van demokrasie en die bevordering van sosio-ekonomiese ontwikkeling. Hierdie mandaat behels:

om 'n demokratiese en rekenbare owerheid vir gemeenskappe daar te stel; te verseker dat dienste aan die gemeenskap koste effektief en op 'n voldoende wyse voorsien

word; bevordering van ekonomiese ontwikkeling en die aanmoediging van gemeenskapsdeelname.

Die doelstelling van die Munisipaliteit is om 'n lewensvatbare gemeenskap daar te stel deur die bemagtiging van sy lede, deur middel van onder andere werkskeppende projekte sowel as aktuele deelname tot besluitneming.

Welsynsorganisasies

Daar is drie welsynsorganisasies wat Grabouw en omgewing bedien met 5 maatskaplike werkers en twee maatskaplike hulpwerkers: Die Afrikaanse Christelike Vroue Verening (ACVV); Kinder- en Gesinsorg; en Provinsiale Administrasie Wes-Kaap.

Staatsubsidies is baie afgeskort, en welsynsorganisasies is afhanklik van skenkings uit die gemeenskap ten einde klere en voedsel aan kliënte te voorsien. Die Rooikruis skenk komberse aan die gemeenskap, veral in gevalle van brand en ander noodgevalle. Sedert Oktober 1998 reik die Munisipaliteit voedsel uit aan swanger vrouens, TB-, en VIGS-pasiënte.

Die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap (PAWK) besoek Grabouw twee maal per maand ten einde aansoeke vir- en navrae rondom staatstoelae te hanteer. Die Gerald Wright saal word vir hierdie doel gebruik. Ongeskiktheids-, pleegsorg- en onderhoudstoelae word deur PAWK uitgereik.

Page 11: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

Die Afrikaanse Christelike Vroue-vereniging (ACVV):

Maatskaplike dienste

Die ACVV is 'n gesinsorgvereniging en beskou die welsyn van dte gesin as van deurslaggewende belang vir die welsyn van die gemeenskap. Welsynsdienste is gerig daarop om mense in nood te bekragtig om selfstandig en onafhanklik te funksioneer.

Die geografiese area van dienslwering van die organisasie sluit die volgende areas in: Area noord van Ou Kaapse weg tot teenaan Plamietrivier; Molteno Park, Klipkop, Middeldorp, Pineview Noord en Rooidakke.

Die volgende doelstellings vir 1998/99 word deur die vereniging daargestel:

Verbetering van gesins- en huweliksverhoudings; Uitbreiding van ontspanningsfasiliteite vir die jeug; Ontwikkeling van versorgingsfasiliteite vir kleuters; Die vermindering van dwelmafhanklikheid.

Dienste sluit individuele kontakberaad, gemeenskapsontwikklingsprojekte sowel as groepwerk in.

Die hoogste gevallelading tans, behels pleegsorgdienste met 48 langtermyn-gevalle.

Die Appelkontrei-Dienssentrum:

Die Appelkontrei-Dienssentrum vorm deel van die ACVV en lewer 'n diens aan senior Burgers. Die dienssentrum het tans lede en funksioneer onafhanklik van Huis Groenland (Huis vir bejaardes).

Die volgende dienste word gelewer:

Mediese dienste; Verkryging een verspreiding van medikasie; Tuisverpleging; Huis- en tuinhulp; Vervoer van bejaardes; Sosiale uitstappies bv. 'n voetsIaanklub of uitstappies na die teater word gereël;

Huis Groenland:

Huis Groenland bestaan uit 'n tehuis, woonstelle, sowel as 'n nuutgestigde Hospitium. Daar is 35 bejaardes in die tehuis, en 17 in woonstelle.

Inisiatief en ondersteuning uit die gemeenskap het gelei tot die bou van 'n Hospitium deur die Rotariërs ongeveer 'n jaar gelede. Die Hospitium bedien die hele gemeenskap. Daar is tans 2 beddens beskikbaar. Die doel van die Hospitium is die kontrole van pyn en simptome van terminale pasiënte, ten einde die gesinne van die pasiënte 'n ruskans te gee. Die onderhoud van die Hospitium is baie hoog, en fondse word dus benodig vir die behoud daarvan.

Christelike Afhanklikheids Diens (CAD):

Die CAD is 'n diens van die ACVV en word deur 'n vrywilliger van die organisasie gekoördineer. Die CAD, Grabouw is gedurende 1985 gestig na aanleiding van 'n behoefte wat gesamentlik deur die ACVV en die NG. Kerk geïdentifiseer is vir 'n ondersteuningsgroep vir persone wat reeds behandeling ontvang het teen alkolisme. Die doelwit van die organisasie is om in samewerking met ander kerke en organisasies 'n sober leefwyse in die gemeenskap te bevorder ten opsigte van dwelmafhanklikheid.

Die volgende doelwitte en dienste word deur die organisasie daargestel:

Onderlinge ondersteuning en terapeutiese behandeIig aan dwelmafhanklikes; Om weerbaarheid teen afhanklikheidsvorming te bevorder;

Page 12: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

Identifisering van nood en om afhanklikes te motiveer tot 'n sober leefwyse; Motivering tot vrywillige behandeling en die nodige behandelingsondersteuning; Voorligtingswerk onder die hawelose persone. Nasorg aan persone wat voorheen in Ramot of Toevlug behandel is.

Die huidige ledetal is:

16 gerehabiliteerde substansie afhanklikes; 6 direkte gesinslede van gerehabiIiteerdes; 5 vriende wat meer kennis inwin en in 'n ondersteunende hoedanigheid optree; 5 vakkundiges in raadgewende hoedanigheid.

Grabouw en distrik Kinder- en Gesinsorg: (Kindersorg)

Dienste van die welsynsorganisasie lê veral klem op die versterking van die gesinslewe deur diskriminerende praktyke by kinders aan te spreek, ten einde verbeterde maatskaplike funksionering in die gemeenskap teweeg te bring.

Die werksgebied van die organisasie sluit in Pineview (links van Ou Kaapse Weg), behuising van Departement Waterwerke, Beverley Hills- en Slangpark Informele Behuisings-gebiede.

Safehouse:

Safehouse is 'n tydelike tuiste aan kinders wat verwaarloos en/of mishandel is, en word deur Kindersorg bestuur. 'n Tuiste en versorging kan tydelik aan ses kinders verskaf word.

Huis Silwerjare:

Hierdie tehuis vir bejaardes bestaan reeds vanaf 1988, en bied huisvesting aan 78 Swart en Kleurling bejaardes. Weens ingekorte subsidies van die staat, is die behoud van die tehuis tans afhanklik van fondse uit die gemeenskap.

3. Kerke:

Die volgende denominasies bestaan in Grabouw:

Corpus Christi Dokke Sendingkerke Elgin Baptiste Kerk Metodiste Kerk Nederduits Gereformeerde Kerke Nuwe Apostoliese Kerke Nuwe Pinkster Sendingkerk Ou Apostoliese Kerk Protestantse Kerk, Presbyterian, Pentocostal Ons Liewe Vrou van Grabouw St Michaels & All Angels Die EvangeIistiese Beweging van Suid-Afrika Pinkster Rapha Gemeente Betel-gemeente. Grabouw Vernuwingsgemeente

Die kerke lewer 'n belangrike bydrae tot die behoeftes van die gemeenskap, en veral ten opsigte van finansiële en emosionele ondersteuning.

Page 13: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

11. GEMEENSKAPSPROBLEMATIEK

Maatskaplike probleme

Soos reeds gesien is die werkloosheidsyfer van Grabouw baie hoog gedurende die af-seisoen tydperk van die jaar. Werkloosheid het veral die volgende impIikasies vir die gemeenskap:

a) Ekonomiese implikasies:

Die effek van werkloosheid op die individu beïnvloed ook die gemeenskap. Die plaaslike owerheid en aldus die staat lei verlies weens onbetaalde dienste, en die staat spandeer meer geId aan die uitbetaling van staatstoelae.

b) Armoede:

Die hoë vlakke van werkloosheid in die gemeenskap lei tot vermeerdering van strukturele armoede. Werkloosheid hang nou saam met die armoede-siklus en lei tot gesinsdisintegrasie, anti-sosiale gedrag, vroeë skoolverlating van die kinders, lae opvoedkundige kwalifikasies, minderwaardige poste, lae inkomste, baie werksverandering en uiteindelik weer werkloosheid.

Daar is 'n hoë voorkoms van kinderverlating, kinderverwaarlosing en kindermishandeling in die gemeenskap. Volgens Kinder- en Gesinsorg word dit teweeggebring weens die onverantwoordelikheid en onvermoë tot behoorlike versorging deur die natuurlike ouers, en deels weens die hoë werkloosheidsyfer wat noodwendig armoede teweegbring.

c) Misdaad:

Misdaadsyfers is hoog, en neem veral toe gedurende die buite-seisoen maande van April tot Oktober. Kernmisdade is inbrake, algemene diefstal en aanrandings. Die gemiddelde aanmeldings van diefstal gedurende April tot Oktober 1998 was 61 gevalle per maand; terwyl die statistieke vir ernstige aanrandings 'n gemiddeld van 22 gevalle 'n maand beloop.

d) Dwelmmisbruik:

'n Hoë mate van alkoholmisbruik vind plaas, en veraI gedurende naweke. Ten einde geld te maak word sjebeens geskep, wat ook alkoholmisbruik verhoog. Na beraming is daar 48 sjebeens in Grabouw Munisipale area.

e) Plakkerskampe:

Werkloosheid lei tot behuisingsnood. Talle arbeiders ontvang gratis behuising gedurende die seisoen, maar kan dit nie gedurende af-seisoentyd bekostig nie. Talle mense uit die vorige tuislande, byvoorbeeld Transkei, gaan nie terug huis toe na die seisoen nie. Al hierdie faktore dra by tot die ontstaan van plakkerskampe. Daar is tans ses plakkerskampe in Grabouw. Die Munisipaliteit moet onwettige strukture binne 48 uur verwyder - die plakkers slaan egter hul hutte gedurende die naweek op, en spring sodoende die plaaslike owerheid se regulasies vry. 75% van die inwoners van Grabouw woon in informele behuisingstrukture.

f) Beïnvloeding van die natuurlike omgewing:

Mense wil oorleef en gee dus nie om vir die natuurlike omgewing en die bewaring daarvan nie. Hierdie omstandighede Iei tot besoedeling van rivier, beskadiging van bome ten einde hout vir vure te hê en lugbesoedeling as gevolg van lae graad kole.

Ander maatskaplike probleme:

a) Gebrek aan ontsspanningsfasiliteite vir die jeug:

Daar is 'n gebrek aan onspanningsfasiliteite- en geriewe soos 'n munisipale swembad, 'n gimnasium en 'n sportstadium. Gebrek aan geriewe vir die jeug lei tot verhoogde jeugmisdaad, insluitende

Page 14: 1academic.sun.ac.za/psychology/TVNaidoo/Grabouw-Pr… · Web viewTydens die seisoentyd, ± November tot April word werk verskaf aan talle mense, en daal die hoë werkloosheidsyfer

diefstalIe en dwelmmisbruik. Opsetlike beskadiging vind gereeld plaas, en veral die bouprojek lei baie skade weens diefstal van boumateriaal en beskadiging van eiendom.

Volgens Kaptein Skog van die SAP is daar na beraming ses jeugbendes in Grabouw. Die Moederbende het aanvanklik in Kaapstad ontstaan en bestaan meestal uit persone bo die ouderdom van 20 jaar. Die ander 5 bendes bestaan meestal uit jeugdiges onder die ouderdom van 20 jaar. Dwelmmisbruik is die mees algemene misdaad wat deur alle bendes gepleeg word.

b) Hoë egskeiding-syfers:

Die lae morele standaarde en lewenswyse van die oorgrote populasie van Grabouw is van die faktore wat bydrae tot 'n hoë egskeidingsyfer, en veral gedurende die seisoen-tydperk. Die volgende statistieke is deur die plaaslike landdros verskaf:

Junie - Desember 1997: 76Januarie - Junie 1998: 141Julie - Oktober 1998: 38

Daar is tans 1216 onderhoudsgevalle, meestal teen ongetroude persone. Elke week is daar 5 -7 nuwe gevalle.

c) Gebrek aan 'n nagskuiling:

Na aanleiding van fondse wat beskikbaar gestel is vir die daarstelling van 'n nagskuiling, is 'n nagskuilings-komitee gestig met die doel van die ontwikkeling van hierdie fasiliteite. Die komitee poog tans vir die hersonering van 'n vorige kerkstruktuur vir die daarstelling van die nagskuiling. Die nagskuiling sal nie net 'n tuiste aan haweloses bied nie, maar werkskeppende en handvaardigheids-projekte sal op die perseel aangebied word.

Ekonomiese probleme:

Die volgende ekonomiese probleme in die gemeenskap is gedurende 'n analise deur die Munisipaliteit geïdentifiseer: (Sien bylaag)

Werkloosheid; Maatskaplike siektes; Seisoenwerk; Beperkte grond vir ontwikkeling; Nie-betaling van dienste; Gebrek aan behuising; Swak verhoudings met besighede en boere; Misdaad; Politieke konflik; Baie enkelouers.