35
REKENINGKUNDE GRAAD 12 SKOOLGEBASSEERDE ASSESSERINGSTAKE VRAESTELLE INHOUD: Blads y 1. Eerste Kwartaal Verslag: Maatskappye A1-A3 Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) & vanaf 2014 (KABV) 2. Eerste Kwartaal Toets: Finansiële state van ‘n maatskappy B1-B8 Weergawe (i) sluit aandele met geen pariwaarde en die terugkoop van aandele in. Hierdie taak is NIE geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) nie.. Hierdie taak IS geskik vir Graad 12 leerders vanaf 2014 (KABV). Weergawe (ii) sluit aandele van pariwaarde en aandelepremie in. Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV). Hierdie taak IS NIE geskik vir Graad 12 leerders vanaf 2014 (KABV) nie. 3. Tweede Kwartaal Projek: Gepubliseerde finansiële state van Famous Brands Bpk C1-C6 Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) & vanaf 2014 (KABV) VERWYS OOK NA DIE HULPBRONMATERIAAL VIR HIERDIE TAAK (APARTE DOKUMENT) 4. Derde Kwartaal Gevallestudie: Kontantbegroting & Debiteure Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) & vanaf 2014 (KABV) D1-D4

Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

  • Upload
    haque

  • View
    319

  • Download
    12

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

REKENINGKUNDE

GRAAD 12

SKOOLGEBASSEERDE ASSESSERINGSTAKE

VRAESTELLE

INHOUD:

Bladsy

1. Eerste Kwartaal Verslag: Maatskappye A1-A3Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) & vanaf 2014 (KABV)

2. Eerste Kwartaal Toets: Finansiële state van ‘n maatskappy B1-B8Weergawe (i) sluit aandele met geen pariwaarde en die terugkoop van aandele in. Hierdie taak is NIE geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) nie.. Hierdie taak IS geskik vir Graad 12 leerders vanaf 2014 (KABV).

Weergawe (ii) sluit aandele van pariwaarde en aandelepremie in. Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV). Hierdie taak IS NIE geskik vir Graad 12 leerders vanaf 2014 (KABV) nie.

3. Tweede Kwartaal Projek: Gepubliseerde finansiële state van Famous Brands Bpk

C1-C6

Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) & vanaf 2014 (KABV)VERWYS OOK NA DIE HULPBRONMATERIAAL VIR HIERDIE TAAK (APARTE DOKUMENT)

4. Derde Kwartaal Gevallestudie: Kontantbegroting & DebiteureHierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 (NKV) & vanaf 2014 (KABV) D1-D4

Page 2: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy A1

NOTA AAN ONDERWYSERS: Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 en vanaf 2014 (d.w.s. ook relevant vir KABV). Hierdie taak bestaan uit twee dele. Jy kan die materiaal aanpas om die behoeftes van jou klasgroep in ag te neem. Jy kan byvoorbeeld dat hulle Deel A op hulle eie voltooi, en Deel B in klastyd. Of jy kan dat hulle slegs Deel B as ‘n formele verslag voltooi, en Deel A as ‘n uitbreidingstaak in klastyd op ‘n weeklikse basis. Indien jy verkies om die materiaal op enige wyse aan te pas, moet jy verseker dat die taak 50 punte tel soos per KABV.

REKENINGKUNDE GRAAD 12

EERSTE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAKVERSLAG OOR MAATSKAPPYE

VRAESTEL

50 punte

HIERDIE TAAK BESTAAN UIT TWEE DELE

DEEL A Verslag oor ‘n openbare maatskappy op die JEB gelys. (26)DEEL B Interne ouditeursverslag oor prosedures en interne kontrole in ‘n openbare

maatskappy.(24)

50

Page 3: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy A2

DEEL A Verslag oor ‘n openbare maatskappy op die JEB gelys 26 punte

Vir hierdie taak sal jy die bladsy in die Besigheidsverslag van ‘n oggendkoerant nodig hê wat die openbare maatskappye, wat op die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) handel dryf, lys. Jy sal toegant tot hierdie hulpbron nodig hê vir ‘n periode van 5 weke.

‘n Ryk tante het R200 000 van haar fondse vir beleggingsdoeleindes geoogmerk. Sy wil aandele van ‘n openbare maatskappy wat op die JEB gelys is, aankoop. Sy het jou raad nodig. Kies ‘n maatskappy van die aandelebladsy, wat aan jou goed bekend is, om die volgende verslag te voltooi.

NOTA AAN ONDERWYSER: Elke leerder moet ‘n verskillende maatskappy kies.

GEVRA:

Stel ‘n een-bladsyverslag op oor die maatskappy wat jy gekies het.

VOORLOPIGE VOORBEREIDING & NAVORSING VIR JOU VERSLAG:

Bereken die aantal aandele wat jou tannie vir haar R200 000, in die maatskappy wat jy gekies het, sal kan koop pp die begindatum van hierdie taak. Maak seker dat sy aandele per 100 stukke kan koop d.w.s. 100, 200, 300 ens. Bereken ook hoeveel kontant sy op hierdie datum sal oorhê nadat sy die aandele aangekoop het. Sy sal dit in a spaarrekening deponeer (ignoreer rente).

Maak ‘n nota van die aandeelprys op dieselfde dag elke week oor ‘n periode van vyf weke. Bereken die waarde van haar belegging portefeulje elke week d.w.s. die waarde van die aandele en die kontant.

Doen navorsing oor ander interessante inligting rakende die maatskappy wat jy gekies het bv. produkte verkoop of dienste verskaf, maatskaplike dienste of borgskap aktiwiteite van die maatskappy, die grootte van die maatskappy, waar dit gebasseer is, besonderhede oor die direkteure of die HUB, die bedrag wat die HUB verdien, of enige ander nuus rakende die maatskappy of die geskiedenis van die maatskappy.

DIE VERSLAG MOET DIE VOLGENDE INSLUIT:

Stel ‘n tabel op en teken ‘n grafiek van die maatskappy se aandeelprys.

Stel ‘n tabel op en teken ‘n grafiek van die waarde van jou tannie se beleggingsportefeulje met betrekking tot die belegging in die aandele en die konant wat sy voorhande hê. Moet nie die rente, wat op die spaarrekening verdien sal word, in ag neem nie.

Verdere interessante inligting rakende die maatskappy.

Aanbeveling oor verdere belegging in hierdie maatskappy, met redes. [Behoort jou tante dit te oorweeg om meer aandele in hierdie maatskappy te koop, of moet sy ‘n alternatiewe belegging oorweeg?]

Page 4: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy A3

DEEL B Interne ouditeursverslag van ‘n openbare maatskappy 24 punte

Jy is aangestel as die interne ouditeur van Exotic Clothing Bpk, ‘n nuwe openbare maatskappy wat binnekort gestig gaan word. Alle voorraad sal op krediet aangekoop word. Hulle sal vir kontant verkoop en hulle sal hulle klante toelaat om op krediet te koop. Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. Die HUB het jou gevra om ‘n verslag op te stel oor sekere prosedures wat in die maatskappy in plek gestel moet word.

Die maatskappy het huidiglik vier werknemers in die Rekeningkunde department. Die HUB oorweeg dit om die volgende persone aan te stel: Tom om vaste bates te beheer, Maisy om handelsvoorraad te beheer, Bheki om debiteure (ontvangbare rekeninge) en Shamila om kontantbronne te beheer.

Jou verslag moet die volgende insluit:

1. Prosedures om ‘n maatskappy te stig.

2. Die rekords wat oor elke aandeelhouer gehou moet word, tesame met redes waarom dit nodig is.

3. Die prosedures wat in plek gestel moet word om te verseker dat goeie interne beheer uitgeoefen word oor:

Vaste bates Handelsvoorraad Rekeninge ontvangbaar (debiteure) Kontant ingevorder

TOTAAL50 punte

Page 5: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B1

BELANGRIKE NOTA AAN ONDERWYSERS: Hierdie toets is NIE geskik vir 2013 Graad 12 leerders nie. Hierdie toets sluit inskrywings in, wat op die nuwe KABV kurrikulum wat in 2014 geïmplimenteer word, van toepassing is, rakende aandele met geen pariwaarde en die terugkoop van aandele. Die toets is vanaf ‘n vorige Graad 12 vraestel (Vraag 4 van die 2009 NKV vraestel) aangeskik.

2014 KABV WEERGAWE

REKENINGKUNDE GRAAD 12

EERSTE KWARTAAL TOETSFINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY

VRAESTEL

100 punte; 60 minute

Page 6: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B2

FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY (100 punte; 60 minute)

Jy word voorsien van die Vooraansuiweringsproefbalans van Simphiwe Beperk. Die maatskappy koop en verkoop skooluniforms en hulle herstel ook uniforms vir hulle klante, waarvoor hulle ‘n fooi vra. Hierdie fooie word aan die Fooi-inkomsterekening in die Algemene Grootboek gekrediteer.

Teen die einde van die vorige finansiële jaar, 30 September 2011, het die maatskappy 400 000 uitgereikte gewone aandele. Hierdie aandele is almal op verskillende tye en teen verskillende pryse uitgereik. Baie van die bestaande aandeelhouers het ook aandele op die JEB aangekoop teen pryse wat met die verkopers van daardie aandele onderhandel was. Die maatskappy het ook 100 000 nuwe aandele op 1 Maart 2013 uitgereik.

GEVRA:1. Verwys na Inligting 10 hieronder.

Bereken die wins of verlies op die verkoop van die rekenaar. Toon bewerkings. Jy kan ‘n Bateverkoperekening opstel om die syfer te identifiseer. (8)

2. Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 September 2012 op. (64)

3. Stel die volgende notas tot die finansiële state op:3.1 Gewone aandelekapitaal3.2 Behoue inkomste

(13)(15)

INLIGTING:

SIMPHIWE BPKVOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS SOOS OP 30 SEPTEMBER 2012

DEBIET KREDIETBalansstaatrekeninge-afdeling R RGewone aandelekapitaal 4 410 000Behoue inkomste (1 Oktober 2011) 812 650Lening van Stay Bank 270 000Grond en geboue teen kosprys 4 884 000Voertuie teen kosprys 660 000Toerusting teen kosprys 570 000Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1 Okt 2011) 123 000Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Okt 2011) 111 000Debiteurekontrole 109 800Krediteurekontrole 53 880Handelsvoorraad 1 398 600Bank 940 500Kleinkas 6 600SAID – Inkomstebelasting 390 500Voorsiening vir oninbare skulde 4 320

Page 7: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B3

Nominalerekeninge-afdeling R RVerkope 8 160 000Koste van verkope 3 930 000Debiteure-afslag 18 600Salarisse en lone 486 000Korting toegestaan 2 710Fooi-inkomste 314 250Huur inkomste 168 000Versekering 33 000Diverse uitgawes 117 750Direkteursfooie 870 000Ouditfooie 161 100Verbruiksgoedere 75 600Rente-inkomste 7 500Dividende op gewone aandele (tussentydse) 264 000

AANSUIWERINGS & ADDISIONELE INLIGTING:

1. Vooruitbetaalde uitgawes met betrekking tot diverse uitgawes aan die einde van die jaar, R9 600, is nie in berekening gebring nie.

2. Op 30 September 2012, is R1 700 ontvang van A Ethic, wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is. Die bedrag is in die Debiteurekontrole-kolom in die Kontantjoernaal opgeteken.

3. Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R5 410 aangeskik word.

4. Daar was twee direkteure aan die begin van die rekeningkundige tydperk. Direkteursfooie is betaal vir die eerste helfte van die rekeningkundige tydperk. Op 1 April 2012, is ‘n derde direkteur aangestel. Al drie direkteure verdien dieselfde maandelikse fooi. Maak voorsiening vir die uitstaande fooie aan die direkteure verskuldig.

5. Huur is vir 14 maande ontvang.

6. Die volgende kredietnota is foutiewelik uit die Debiteure-afslagjoernaal vir September weggelaat. Die winsopslag op goedere verkoop was 50% op kosprys.

SIMPHIWE BPK KREDIETNOTA 4533

28 Sept 2012Krediteer: Supaclean Bpk

Posbus Box 340, Westmead, 3610

Prys oer eenheid Totaal

48 Uniforms teruggestuur R600 R28 800Vermindering van fooie gevra vir herstel van uniforms

R 2 250

R31 050

/Aansuiwerings & addisionele inligting 7......

Page 8: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B4

7. Die leningstaat van Stay Bank toon die volgende:Saldo aan begin van finansiële jaar R 450 000Terugbetalings gedurende die jaar R 234 000Rente gekapitaliseer R ?Saldo aan einde van finansiële jaar R 270 000

8. ‘n Fisiese voorraadopname op 30 September 2012 toon die volgende voorhande: Verbruiksgoedere voorhande, R3 600 Voorraad van uniforms voorhande, R1 440 000.

9. Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. op die verminderde saldo-metode bereken. Neem in ag dat ‘n nuwe voertuig is op 1 Mei 2012 vir R165 000 aangekoop. Dit is korrek opgeteken.

10. Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op die kosprys. Neem in ag dat ‘n toerustingitem deur een van die direkteure, Ivor Steele, op 30 Junie 2012 vir sy privaat gebruik vir R800 kontant oorgeneem is. Die relevante bkadsy van die Vastebate-register word hieronder voorsien. Geen inskrywings is gemaak met betrekking tot die verkoop van dié bate nie.

VASTEBATE-REGISTER Bladsy 12

Item: VYE Rekenaar Grootboekrekening: Toerusting

Datum Aangekoop: 1 April 2006 Kosprys: R66 000

Waardeverminderingsbeleid: 10% p.j. op kosprysDatum Waardevermindering-

berekeningeHuidige

WaardeverminderingOpgehoopte

Waardevermindering

30 Sept 2009 R66 000 x 10% x 6/12 R3 300 R3 30030 Sept 2010 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R9 90030 Sept 2011 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R16 50030 Junie 2012 ? R ? R ?

11. Inkomstebelasting word bereken teen 30% van netto inkomste voor belasting.

12. Besonderhede van gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal: Gemagtigde: 600 000 gewone aandele van geen pariwaarde. Tot op 30 September 2011 uitgereik: 400 000 gewone aandele. Nuwe uitreik op 1 April 2012: 100 000 aandele teen ‘n uitreikprys van R9,50 each. Hierdie

aandele het nie vir tussentydse dividende gekwalifiseer nie.

13. Dividende: Tussentydse dividende op 31 Maart 2012 betaal, 66 sent per aandeel. Finale dividende op 30 September 2012 verklaar, 82 sent per aandeel.

14. Terugkoop van aandele: Die direkteure het die terugkoop van 70 000 aandele van verskeie aandeelhouers goedgekeur teen ‘n terugkoopprys van R11,20 per aandeel. ‘n Direkte oorplasing van fondse is uit die bankrekening aan die aandeelhouers op 30 September 2012 gemaak, maar is nog nie opgeteken nie. Die teruggekoopte aandele kwalifiseer vir finale dividende gedurende die huidige finansiële periode.

100

Page 9: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B5

BELANGRIKE NOTA AAN ONDERWYSERS: Hierdie toets is slegs geskik vir 2013 Graad 12 leerders. Die toets sluit inskrywings in verband met pariwaade van aandele en aandelepremie in. Die toets is aangeskik vanaf ‘n vorige Graad 12 vraestel (Vraag 4 van die 2009 NKV vraestel).

2013 WEERGAWE NIE VIR KABV GESKIK NIE

REKENINGKUNDE GRAAD 12

EERSTE KWARTAAL TOETSFINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY

VRAESTEL

100 punte; 60 minute

Page 10: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B6

FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY (100 punte; 60 minute)

Jy word voorsien van die Vooraansuiweringsproefbalans van Simphiwe Beperk. Die maatskappy koop en verkoop skooluniforms en hulle herstel ook uniforms vir hulle klante, waarvoor hulle ‘n fooi vra. Hierdie fooie word teen die Fooi-inkomsterekening in die algemene Grootboek gekrediteer.

GEVRA:1. Verwys na inligting 10 hieronder.

Bereken die wins of verlies op die verkoop van die rekenaar. Toon berekeninge. Jy mag ‘n Bateverkoperekening opstel om die syfer te identifiseer. (8)

2. Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 September 2012. (64)

3. Die volgende notas tot die finansiële state:3.1 Gewone aandelekapitaal3.2 Behoue inkomste.

(8)(10)

4. Die afdeling van die Balansstaat op 30 September 2012 met betrekking tot Gewone Aandeelhouersbelang. (10)

INLIGTING:

SIMPHIWE BPKVOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS SOOS OP 30 SEPTEMBER 2012

DEBIET KREDIETBalansstaatrekeninge-afdeling R RGewone aandelekapitaal (500 000 aandele) 4 410 000Behoue inkomste (1 Oktober 2011) 812 650Lening van Stay Bank 270 000Grond en geboue teen kosprys 4 884 000Voertuie teen kosprys 660 000Toerusting teen kosprys 570 000Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1 Okt 2011) 123 000Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Okt 2011) 111 000Debiteurekontrole 109 800Krediteurekontrole 53 880Handelsvoorraad 1 398 600Bank 940 500Kleinkas 6 600SAID – Inkomstebelasting 390 500Voorsiening vir oninbare skulde 4 320

Page 11: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B7

Nominalerekeninge-afdeling R RVerkope 8 160 000Koste van verkope 3 930 000Debiteure-afslag 18 600Salarisse en lone 486 000Korting toegestaan 2 710Fooi-inkomste 314 250Huur inkomste 168 000Versekering 33 000Diverse uitgawes 117 750Direkteursfooie 870 000Ouditfooie 161 100Verbruiksgoedere 75 600Rente-inkomste 7 500Dividende op gewone aandele (tussentydse) 264 000

AANSUIWERINGS & ADDISIONELE INLIGTING:

1. Vooruitbetaalde uitgawes met betrekking tot diverse uitgawes aan die einde van die jaar, R9 600, is nie in berekenig gebring nie.

2. Op 30 September 2012, is R1 700 ontvang van A Ethic, wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is. Die bedrag is in die Debiteurekontrole-kolom in die Kontantjoernaal opgeteken.

3. Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R5 410 aangeskik word.

4. Daar was twee direkteure aan die begin van die rekeningkundige tydperk. Direkteursfooie is betaal vir die eerste helfte van die rekeningkundige tydperk. Op 1 April 2012 is ‘n derde direkteur aangestel. Al drie direkteure verdien dieselfde maandelikse fooi. Maak voorsiening vir die uitstaande fooie aan die direkteure verskuldig.

5. Huur is vir 14 maande ontvang.

6. Die volgende kredietnota is foutiewelik uit die Debiteure-afslagjoernaal vir September weggelaat. Die winsopslag op goedere verkoop was 50% op kosprys.

SIMPHIWE BPK KREDITENOTA 4533

28 Sept 2012Krediteer: Supaclean BPK

Posbus 340, Westmead, 3610

Prys per eenheid Totaal

48 Uniforms teruggestuur R600 R28 800Vermindering van fooie gevra vir herstel van uniforms

R 2 250

R31 050

/Aansuiwerings & addisionele inligting 7......

Page 12: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy B8

7. Die leningstaat van Stay Bank toon die volgende:Saldo aan die begin van die finansiële jaar R 450 000Terugbetalings gedurende die jaar R 234 000Rente gekapitaliseer R ?Saldo aan die einde van die finansiële jaar R 270 000

8. ‘n Fisiese voorraadopname op 30 September 2012 het die volgende voorhande getoon: Verbruiksgoedere voorhande, R3 600 Voorraad van uniforms voorhande, R1 440 000.

9. Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op die verminderde saldo-metode. Neem in ag dat ‘n nuwe voertuig op 1 Mei 2012 vir R165 000 aangekoop is. Dit is korrek opgeteken.

10. Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op die kosprys. Neem in ag dat ‘n toerustingitem deur een van die direkteure, Ivor Steele, op 30 Junie 2012 vir sy privaat gebruik vir R2 400 oorgeneem is. Die relevante bladsy van die Vastebate-register word hieronder voorsien. Geen inskrywings is met betrekking tot die verkoop van dié bate gemaak nie.

VASTEBATE-REGISTER Bladsy 12

Item: VYE Rekenaar Grootboekrekening: Toerusting

Datum Aangekoop: 1 April 2006 Kosprys: R66 000

Waardeverminderingsbeleid: 10% p.j. op kosprysDatum Waardevermindering-

berekeningeHuidige

WaardeverminderingOpgehoopte

Waardevermindering

30 Sept 2009 R66 000 x 10% x 6/12 R3 300 R3 30030 Sept 2010 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R9 90030 Sept 2011 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R16 50030 June 2012 ? R ? R ?

11. Inkomstebelasting word bereken teen 30% van netto inkomste voor belasting.

12. Besonderhede van gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal: Gemagtigde: 600 000 gewone aandele van R6,00 pariwaarde. Tot op 30 September 2011 uitgereik: 400 000 gewone aandele. 250 000 van hierdie aandele is

teen pariwaarde uitgereik toe die maatskappy op 1 Oktober 2008 gestig was. ‘n Jaar later, is die ander aandele teen ‘n premie van R2,40 elk uitgereik.

Gedurende die huidige finansiële jaar was daar ‘n nuwe uitreik van 100 000 aandele teen R9,50 elk op 1 April 2012. Hierdie aandele het nie vir tussentydse dividende gekwalifiseer nie.

13. Dividende: Tussentydse dividende op 31 Maart 2012 betaal, 66 sent per aandeel. Finale dividende op 30 September 2012 verklaar, 82 sent per aandeel.

100

Page 13: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy C1

NOTA AAN ONDERWYSERS: Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 en vanaf 2014 (d.w.s. ook geskik vir KABV). Jy kan die materiaal aanpas vir meer as 50 punte, maar jy moet verseker dat die finale punt tot 50 punte aangeskik word volgens KABV. Onderwysers kan leerders toelaat om handboeke te gebruik m hierdie taak te voltooi.

VERWYS OOK NA DIE HULPBRONMATERIAAL VIR HIERDIE TAAK (APARTE DOKUMENT)

REKENINGKUNDE GRAAD 12

TWEEDE KWARTAAL PROJEKGEPUBLISEERDE FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY

VRAESTEL & ANTWOORDEBOEK

50 punte; 90 minute

Naam van leerder

Skool

Klas

PUNTE TOEGEKEN

50

FAMOUS BRANDS BEPERKGEVRA:

Bestudeer die gegewe inligting. Beantwoord die vrae wat volg. Aangesien hierdie taak ‘n projek is, kan jy jou handboek as ‘n hulpbron gebruik.

Page 14: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy C2

1. Algemene inligting:

1.1 Verwys na Bladsy 1 van die hulpbronmateriaal vir die logo van die welbekende handelsmerke waaruit Famous Brands Bpk bestaan. Noem vier van hierdie handelsmerke en beskryf die produk of diens waarin elke handelsmerk spesialiseer.

Handelsmerk Beskrywing van spesialiteit produk of diens1.2.3.4.

2

1.2 Identifiseer die name van die persone wie die volgende posisies vul: Voorsitter van die Raad van Direkteure, Hoof Uitvoerende Beampte, Groep Finansiële Direkteur en Maatskappy Sekretaris. Verduidelik kortliks die werk wat deur elk van hulle gedoen word.

Posisie Naam Werk gedoen

Voorsitter

HUB

Groep finansiële direkteurMaatskappy sekretaris

3

1.3 Wie is die onafhanklike ouditeurs van of Famous Brands Beperk, en hoeveel is hulle vir hul dienste betaal. Hulle verslag word nie in hierdie opsommig verskaf nie, maar daar word daarna verwys in Nota 3. Verduidelik kortliks wat hierdie ouditverslag sal bevat.

Onafhanklike ouditeursOuditfooie betaal

Besonderhede van ouditverslag

31.4 Hoeveel direkteure het die maatskappy, hoeveel van hulle is uitvoerende

direkteure, en hoeveel van hulle is nie-uitvoerende direkteure? Verduidelik kortliks die verskil in die rolle deur hierdie twee tipes direkteure uitgevoer.

Aantal direkteure Totaal = Uitvoerende = Nie-uitvoerende =

Verskille in rolle

3

Page 15: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy C3

2. Waarom het die direkteure besluit om die grafieke van die Verdienste per aandeel en Totale inkomste aan die bokant van die bladsy te toon? Verduidelik kortliks wat hierdie grafieke oor die maatskappy vir die afgelope vyf jaar toon.

2

3. Verwys na die Kommentaar deur direkteure, veral die Oorsig en die Finansiële resultate. Wat het die direkteure gesê rondom die veranderde gewoontes van hul klante, en hoe het die direkteure gereageer op hierdie veranderinge?

Verduidelik kortliks die hoof uitdagings wat die maatskappy in die huidige finansiële jaar ervaar het.

Die Bedryfsoorsig noem dat die maatskappy in drie kern areas betrokke was: Konsessies, Vervaardiging en Logistiek. Verduidelik wat deur elk van hierdie aktiwiteite bedoel word, met spesifieke verwysing na die werk wat die maatskappy doen.

Konsessies (Franchising)

Vervaardiging

Logistiek

Die maatskappy bedryf nie net in Suid-Afrika nie. Verskaf bewyse uit die inligting om hierdie punt te bewys.

6

Page 16: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy C4

4. Identifiseer die volgende syfers van die finansiële state. Noem ook waar jy elk van die syfers gevind het d.w.s. In die Inkomstestaat (IS), Balansstaat (BS) of Kontantvloeistaat (KVS):

Waar gevindIS, BS of KVS

Bedragin Rand

Bruto winsBedryfswinsNetto wins voor belastingBelasting uitgaweBelasting betaalBedrag aan SAID aan einde van jaar verskuldigDividende betaalUitbreiding van vaste batesVervanging van vate batesVaste bates aan die einde van finansiële jaarTerugbetaling van leningsKort-termyn gedeelte van leningsLangtermyn gedeelte van leningsVoorraad voorhande

4

5. Verwys na Bladsy 1 van die hulpbronmateriaal vir die uitgeligte aanwysers. Verskaf bewerkings vir die volgende berekeninge:

% toename in inkomste

% toename in bedryfswins

% toename in wesensverdienste per aandeel (gebruik basiese HEPS)

% toename in dividende per aandeel

4

Page 17: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500
Page 18: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy C5

6. Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2012:

Bewerkings Antwoord

Bedryfsverhouding

Vuurproefverhouding

Wesensverdienste per aandeel (gebruik geweegde gemiddelde aantal aandele)

% Opbrengs op gemiddelde ekwiteitNetto batewaarde per aandeel (gebruik aantal uitgereikte aandele)

Skuld-ekwiteitverhouding% opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend

4

7. Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal twee finansiële aanwysers aan om jou mening te staaf.

3

8. Lewer kommentaar of die maatskappy geneig is om winste te behou of te verdeel. Verskaf bewyse om jou mening te staaf. Verduidelik kortliks hoe dit die aandeleprys op die JEB kan beinvloed.

3

Page 19: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy C6

9. Lewer kommentaar oor die hoe die maatskappy gerat is. Behoort die maatskappy lenings terug te betaal of meer lenings uit te neem? Verskaf bewyse om jou mening te staaf.

3

10. Die aandeelprys van die maatskappy op die JEB in Februarie 2012 was R53,00. Die prys het tot R79,00 in Februarie 2013 vermeerder. Lewer kommentaar of die maatskappy redelik gewaardeer is. Verskaf bewyse om jou mening te staaf.

3

11. Behoort die aandeelhouers tevrede te wees met die % opbrengs, verdienste en dividende vir die 2012 finansiële jaar? Verduidelik. Verskaf bewyse om jou mening te staaf.

4

12. Wat sê die direkteure oor die moontlikhede vir die toekoms? Sal dit jou beinvloed om aandele in Famous Brands Beperk te koop?

3TOTAAL: 50 punte

Page 20: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy D1

NOTA AAN ONDERWYSERS: Hierdie taak is geskik vir Graad 12 leerders in 2013 en vanaf 2014 (d.w.s. ook geskik vir KABV). Onderwysers kan kies om die punte op spesifieke items te vermeerder en die gevallestudie uit 75 of 100 punte te merk, solank as die finale gewigstoekenning soos per KABV is.

REKENINGKUNDE GRAAD 12

DERDE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAKGEVALLESTUDIE: KONTANTBEGROTING & DEBITEURE

VRAESTEL

50 punte; 60 minute

Inleiding :

Nikke Winkels is a kleinhandelaar wat sportgoedere verkoop. Bennie Becker was die oorspronklike eienaar van die besigheid. Die finansiële jaar eindig op 31 Desember elke jaar. Aangesien sy vrou Rekeningkunde op skool gestudeer het, het hy haar gevra om die Kontantbegroting vir die besigheid op te stel, en om die werklike bedrae elke maand op te teken.

In Februarie 2013, is jy met die Kontantbegroting verskaf wat ook die werklike syfers toon.

Op 1 Desember 2012 het die besigheid ‘n oortrokke bankrekening van R325 400 gehad.

Om die oortrokke bankrekening probleem op te los, het Bennie Becker besluit om Mark Mtini as ‘n nuwe besigheidsvenoot op 28 Desember 2012 in te neem. Dit was nie voorsien toe Mary die Kontantbegroting aan die begin van Desember opgestel het, nie. Die vennootskapsonderneming noem dat Mtini se kapitaalbydrae die volgende moet insluit ‘n oordrag van kontant R250 000, en ‘n nuwe afleweringsvoertuig teen R180 000 gewaardeer.

GEVRA:

1. Bennie Bekker voel dat sy vrou twee foute begaan het met die opstelling van die begroting. Hy sê dat sy foutiewelik die volgende uitgelaat het: die maandelikse waardevermindering van R4 800 per maand die nuwe afleweringsvoertuig teen R240 000 gewaardeer wat deur Mtini as kapitaal bygedra

het.Wat sal jy in hierdie verband aan Bennie sê? (2)

2. Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2012 en Januarie 2013. (4)

3. Bereken die volgende vir Januarie 2013: % verhoging in begrote salarisse en lone % afname in die bedrag begroot vir kommissie inkomste

(2)(2)

4. R9 000 word maandeliks terugbetaal op die aankoop van die bestaande voertuig wat ‘n paar maande gelede vir R196 000 gekoop is. ‘n Deposito van R46 000 is betaal by die aankoop. Die paaiemente sal oor 24 maande terugbetaal word. Bereken die totale finansieringskoste op die aankoop van hierdie voertuig. (2)

Page 21: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy D25. Bennie Bekker se seun, Bart, het die onderneming se voertuig na sy Matriek afskeidpartytjie gebruik.

Hy was in ‘n motorongeluk betrokke. Die versekeringsmaatskappy het geweier om die beskadigde voertuig te herstel aangesien hy nie die benoemde bestuurder van die voertuig was nie en die voertuig nie vir besigheidsdoeleindes gebruik was nie. Bennie het die betaling vir die herstelwerk aan die beskadigde voertuig goedgekeur en het hierdie uitgawe aan die Voertuig Uitgawerekening gehef. Hou in gedagte dat die onderneming oorbegroot het op die normale voertuig uitgawes en spandeer slegs 75% van die begrote bedrag van hierdie item. Watter uitwerking het die skade wat deur Bart veroorsaak is, op die begroting? Mtini het hiervan bewus geword. Wat sal sy reaksie hieroor wees? Verskaf TWEE punte.

(2)(2)

6. Verwys na die Huur in die Kontantbegroting. ‘n Huur verhoging van 10% tree in werking op 1 Januarie 2013. Die werklike huur in Desember ontvang is soos begroot. Bereken die huur inkomste vir Desember 2012 Verskaf ‘n geskikte verduideliking hoekom die werklike bedrag huur in Januarie 2013 ingevorder

verskil van die begrote bedrag.

(2)

(1)

7. Betaling aan krediteure: Bereken die begrote bedrag betaalbaar aan krediteure in Januarie 2013. Mtini voel dat die onderneming hoef nie goedere vir kontant aan te koop nie, en dat alle goedere

op krediet aangekoop behoort te word. Volgens jou mening, sal dit die onderneming se Kontantbegroting verbeter? Verduidelik.

(2)

(2)

8. Bennie Bekker het besluit om die bestaande lening van Alpha Lenders ten volle te vereffen op 30 November 2012 aangesien die rentekoers baie hoog was. Die rente van 15% p.j. op hierdie lening was nie gekapitaliseer nie. Hy het toe besluit om ‘n nuwe lening met Minty Bank op 1 Desember 2013 aan te gaan. Rente op hierdie lening word gekapitaliseer en volgens die ooreenkoms word ‘n maandelikse bedrag van R4 000 aan Minty Bank betaal op die 25ste dag van elke maand. Verduidelik die verskil tussen rente wat gekapitaliseer word en rente wat nie gekapitaliseer word

nie. Bereken die bedrag van die lening wat op 30 November 2012 terugbetaal is.

(1)(2)

9. Gebruik die Kontantbegroting om die ontbrekende bedrae, totale en saldo’s, aangedui deur A-D, te identifiseer. Jy hoef nie die bedrae aangedui deur ‘n vraagteken (?) te identifiseer nie. (4)

10. Mtini is bekommerd dat die onderneming nie sy debiteure behoorlik beheer nie. Hy vra jou vir ‘n kort verslag wat die volgende moet insluit: Bereken die gemiddelde debiteure-invorderingstermyn (in dae) vir die jaar, en lewer kommentaar

oor hierdie berekening. Die % van debiteure wat by die kredietterme hou (soos aangedui in die Debiteure-

ouderdomsontleding) Lewer kommentaar oor die bogenoemde twee berekeninge. Besonderhede van die kern foute wat die onderneming begaan met betrekking tot die debiteure

en die name van spesifieke debiteure om hierde kern probleme te illustreer.

(2)

(2)(1)

(6)

11. Oorweeg die werklike en begrote bedrae vir Advertensies, Telefoon en Versekering. (Let op dat Mtini tot dusver geen fondse onttrek het nie). Lewer kommentaar oor elke item, en gee EEN punt van advies in elke geval. (6)

12. Bennie het twee noemenswaardige besluite geneem deur ‘n nuwe lening aan te gaan en deur ‘n vennoot in die onderneming in te neem. Wat sal jy aan Bennie rakende hierdie besluite en die uitwerking daarvan op die kontantvloei van die onderneming sê? (3)

INLIGTING OP VOLGENDE TWEE BLADSYE ….

Page 22: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy D3

INLIGTING:

1. Kontantbegroting vir twee maande geëindig 31 Januarie 2013 (met werklike bedrae in die geskakeerde kolomme):

OntvangsteDesember 2012 Januarie 2013

BEGROTE WERKLIKE BEGROTE WERKLIKEKontant verkope 480 000 452 000 330 000 208 000Ontvangste van debiteure ? 189 980 ? 222 685Kommissie inkomste 24 000 ? 20 400 12 000Lening van Minty Bank 0 0 0 120 000Huur inkomste ? ? 15 950 31 900Kapitaal van M Mtini 0 250 000 0 0

Totale Ontvangste 778 798 926 480 ? 594 585

BetalingsKontant aankope 222 500 245 750 155 000 110 380Betaling aan krediteure 181 800 162 000 ? 184 000Telefoon 2 800 4 500 2 800 4 200Terugbetaling op huidige voertuig 9 000 9 000 9 000 9 000Voertuig uitgawes 8 000 6 400 8 000 37 500Salarisse en lone 68 000 82 800 72 080 72 080Advertensies 5 000 5 000 5 000 5 000Diverse bedryfsuitgawes 23 380 19 400 17 300 17 320Versekering 22 000 16 000 22 000 16 000Onttrekkings deur Bennie Bekker 25 000 25 000 25 000 35 000Rente op oortrokke bankrekening 4 020 ? ? 0Rente op lening 500 500 500 0Terugbetaling van lenings 0 ? 0 4 000Totale Betalings 572 000 620 370 516 930 494 480

Kontant- surplus / tekort 206 498 306 110 ? 100 105Bank (Beginsaldo) (325 400) (325 400) A C

Bank (Eindsaldo) ? (19 290) B D

Page 23: Web viewBA. S. SE. ER. D. E. ASSESS. ERINGSTA. K. E. VRAESTELLE. INHOUD: ... Dit word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers sal wees. ... 390 500

VS Bladsy D4

2. Aankope en Verkope van handelsvoorraad:Voorraad word op ‘n maandelikse basis vervang.50% van voorraad word gewoonlik op krediet aangekoop.Krediteure word in die maand na die aankope betaal, om in aanmerking te kom vir ‘n 10% korting.Goedere word deurgaans teen ‘n winsopslag van 80% op kosprys verkoop.Die begroting is opgestel op die volgende totale verkope syfers:

Oktober 2012 November 2012 Desember 2012 Januarie 2013R603 00 R727 200 R801 000 R558 000

Kredietverkope maak 40% van die totale verkope uit.

3. Verwagte invorderings van debiteure:Debiteure word gesê dat daar van hulle verwag word om in die huidige maand of in die maand na die verkope transaksiemaand te betaal. Daar word verwag dat debiteure soos volg sal betaal:

10% word in die maand waarin die transaksie plaasgevind het ingevorder. ‘n Korting van 5% word toegelaat vir enige betaling wat in die maand van die transaksie ontvang word.50% word in die maand na die transaksiemaand ingevorder.35% word in die tweede maand na die transaksiemaand ingevorder.

4. Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Desember 2012

DEBITEURE KREDIET LIMIET SEPTEMBER OKTOBER NOVEMBER DESEMBER TOTAAL

M. Minaj 45 000 49 100 49 100U. Usher 85 000 7 800 40 680 48 480B. Beiber 30 000 24 000 24 000B. Britney 100 000 49 125 45 240 9 050 25 865 129 280J. Jemson 12 000 6 500 6 500W. West 50 000 22 000 22 000D. Drake 120 000 29 800 39 000 24 000 26 680 119 480H. Hannah 25 000 31 100 9 300 40 400W. Wayne 45 000 4 350 23 270 8 740 36 360Ander debiteure ? ? ? ? ?

R 156 725 R 234 250 R 172 500 R 201 300 R 764 775

90 dae 60 dae 30 dae HuidigPersentasie % % % % 100%

5. Werklike bedrae geneem uit die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Desember 2012:

Vir die jaarTotale verkope R4 600 000Kontantverkope R2 200 000Kredietverkope R2 400 000

1 Januarie 2012 31 Desember 2012Handelsdebiteure R 295 225 R764 775

TOTAAL : 50