8
• www.plaasenvee.co.za • If it is not in the Heilbron Herald, it is only a rumour. WEEK 7 Deel 109 www.heilbronherald.co.za VRYDAG - 2 Maart 2018 R2-00 (BTW ingesluit) vanaf 09:00 tot laat... Pannekoek Poedings Vars gebak Kerrie-en-rys Braaivleis Vleistafel Witolifante Huisvlyt Hope kindervermaak • Plaasontbyt word bedien vanaf 09:00 tot 10:00 • Kampioenpotte sal bedien word vanaf 12:00 vir take-away Polisiebrokkies • Verdagte is skuldig bevind aan twee klagtes. Seksuele aanranding waarvan ses maande gevangenis straf toegedien is sowel as aanranding met opset met 'n R1000 boete of 50 dae gevangenis straf. • Nog 'n verdagte is skuldig bevind aan moord. 15 Jaar tronkstraf is toegedoen en vyf jaar vir 'n klagte van aanranding met opset. • Twee onbekende mans het 'n ryloper op die Sasolburg-pad op pad lokasie toe 'n ryge- leentheid probeer gee toe hy hul oorrompel het en 'n vuurwapen op hulle gerig het. Die verdagte het weggejaag met hul Volkswagen Golf 1. Die saak is by die polisie aangegee, waarna die polisie die voertuig op die Wolwehoekpad gevind het. Die voertuig se wiele was alreeds afgesteel en die verdagte het weer gevlug met 'n tweede voertuig. Nog verdagtes is agterna gesit, toe die voertuig beheer verloor het en gerol het. 'n Verdagte is gearresteer en die ander het weggehardloop. V rydagoggend, 23 Februarie, om- streeks 06:30 het 'n verkeersbeampte 'n Ford Focus ST probeer aftrek op die Petrus Steyn-pad waar hy besig was om die verkeer se spoedgrens dop te hou. Die bestuurder van die voertuig het nie stil gehou nie, waarna die beampte hom agterna gesit het in sy Volkswagen GTI. Die beampte het die voertuig verloor, maar weer gewaar voor Heilbron en agtervolg tot by die Frankfort T-aansluiting. Die bestuurder van die ST het beheer oor die voertuig verloor, 'n bees getref en van die pad af beweeg waar hy tot stil- stand in die veld gekom het. Die beampte het stil gehou en hulp probeer verleen, waarna die gewapende mans, wapens op hom gerig het. Hulle het hom in sy eie voertuig inge- dwing en met hom weggery. Die beampte het uit die bewegende voertuig tot veiligheid probeer spring. Sy verkeersmotor is kort daarna gevind naby Vyandsvlei op die Sasolburg-pad, waarna die verdagtes gevlug het in onderandere 'n BMW X5, Mercedes Benz en 'n Porche. Dit blyk dat die Ford Verkeersbeampte word ontvoer Finalis in Jongboer van die Jaar T ussen melk- saai en twee Bonsmara- boere sal een van hulle as die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2018 gekroon word, waarvan die saaiboer 'n eie Heilbronner is van die plaas Dipkraal. Wessel Hattingh is een van die finaliste in die 22ste Jongboer van die Jaar kompetisie. Die Jongboer-wenner sal wegstap met 'n oorsese reis. Hy sal ook outomaties 'n finalis in die Toyota Agri SA nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie wees. Op 27, 28 Februarie en 1 Maart was die finaliste deur die Vrystaat Landbou se beoordeelaarspaneel op hul plase besoek om so 'n wenner te kan bepaal. Die paneel bestaan uit profs Pieter Fourie, Allan Bennie en Erhard du Toit (almal van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie), dr Janus Henning (Universiteit van die Vrystaat), Johann van Graan (Bestuurder van Finansies & Administrasie by VL), Boet Wilken en Waldo van Niekerk (Voorsitter en Vise-Voorsitter van VL se Jongboer-komitee). Die wenner sal aange- kondig word by die VL se Jongboer- konferensie se gala-aand in Bloemfontein op 12 April 2018. Prof Fourie beskryf die vol- gende aan wat die Jongboer-wenner moet voldoen: “Hy moet 'n voorbeeld stel vir ander landbouers oor die algemeen, asook vir jong landbouers. Hoe doen hy dit in terme van die presisie in sy boerdery, hoe gebalan- seerd is hy en wat is sy bestuursprestasie? Is hy 'n goeie bestuurder van sy eenheid?” Die finaliste word beoordeel op die volgende afdelings: toekomsbeelde, begroting en Op die foto vl: Prof. Allan Bennie, Prof Erhard du Toit, Elize Spens, Boet Wilken, Wessel Hatting, Waldo van Niekerk, Johann van Graan, dr. Janus Henning en Prof. Pieter Fourie. finansies, produksie, bemarking en gemeen- skapsbetrokkenheid. Focus ST 'n gesteelde motor was en dat die gewapende mans deel kan wees van 'n sindi- kaat. Die verkeersbeampte het ligte bese- rings opgedoen en in die hospitaal behandel. Hy is intussen ontslaan. Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

WEEK 7 Deel 109 VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

• • www.plaasenvee.co.za •

If it is not in the Heilbron Herald, it is only a rumour.WEEK 7 Deel 109 www.heilbronherald.co.zaVRYDAG - 2 Maart 2018 R2-00 (BTW ingesluit)

vanaf 09:00 tot laat...• Pannekoek • Poedings• Vars gebak• Kerrie-en-rys• Braaivleis

• Vleistafel• Witolifante• Huisvlyt• Hope kindervermaak

• Plaasontbyt word bedien vanaf 09:00 tot 10:00

• Kampioenpotte sal bedien word vanaf 12:00vir take-away

Polisiebrokkies• Verdagte is skuldig bevind aan twee

klagtes. Seksuele aanranding waarvan ses maande gevangenis straf toegedien is sowel as aanranding met opset met 'n R1000 boete of 50 dae gevangenis straf.

• Nog 'n verdagte is skuldig bevind aan moord. 15 Jaar tronkstraf is toegedoen en vyf jaar vir 'n klagte van aanranding met opset.

• Twee onbekende mans het 'n ryloper op die Sasolburg-pad op pad lokasie toe 'n ryge-leentheid probeer gee toe hy hul oorrompel het en 'n vuurwapen op hulle gerig het. Die verdagte het weggejaag met hul Volkswagen Golf 1. Die saak is by die polisie aangegee, waarna die polisie die voertuig op die Wolwehoekpad gevind het. Die voertuig se wiele was alreeds afgesteel en die verdagte het weer gevlug met 'n tweede voertuig. Nog verdagtes is agterna gesit, toe die voertuig beheer verloor het en gerol het. 'n Verdagte is gearresteer en die ander het weggehardloop.

Vrydagoggend, 23 Februarie, om-streeks 06:30 het 'n verkeersbeampte 'n Ford Focus ST probeer aftrek op

die Petrus Steyn-pad waar hy besig was om die verkeer se spoedgrens dop te hou. Die bestuurder van die voertuig het nie stil gehou nie, waarna die beampte hom agterna gesit het in sy Volkswagen GTI. Die beampte het die voertuig verloor, maar weer gewaar voor Heilbron en agtervolg tot by die Frankfort T-aansluiting. Die bestuurder van die ST het beheer oor die voertuig verloor, 'n bees getref en van die pad af beweeg waar hy tot stil-stand in die veld gekom het. Die beampte het stil gehou en hulp probeer verleen, waarna die gewapende mans, wapens op hom gerig het. Hulle het hom in sy eie voertuig inge-dwing en met hom weggery. Die beampte het

uit die bewegende voertuig tot veiligheid probeer spring. Sy verkeersmotor is kort daarna gevind naby Vyandsvlei op die Sasolburg-pad, waarna die verdagtes gevlug het in onderandere 'n BMW X5, Mercedes Benz en 'n Porche. Dit blyk dat die Ford

Verkeersbeampte word ontvoer

Finalis in Jongboer van die JaarTussen melk- saai en twee Bonsmara-

boere sal een van hulle as die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2018 gekroon

word, waarvan die saaiboer 'n eie Heilbronner is van die plaas Dipkraal. Wessel Hattingh is een van die finaliste in die 22ste Jongboer van die Jaar kompetisie.

Die Jongboer-wenner sal wegstap met 'n oorsese reis. Hy sal ook outomaties 'n finalis in die Toyota Agri SA nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie wees. Op 27, 28 Februarie en 1 Maart was die finaliste deur die Vrystaat Landbou se beoordeelaarspaneel op hul plase besoek om so 'n wenner te kan bepaal. Die paneel bestaan uit profs Pieter Fourie, Allan Bennie en Erhard du Toit (almal van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie), dr Janus Henning (Universiteit van die Vrystaat), Johann van Graan (Bestuurder van Finansies & Administrasie by VL), Boet Wilken en Waldo van Niekerk (Voorsitter en Vise-Voorsitter van VL se Jongboer-komitee). Die wenner sal aange-kondig word by die VL se Jongboer-konferensie se gala-aand in Bloemfontein op 12 April 2018. Prof Fourie beskryf die vol-gende aan wat die Jongboer-wenner moet

voldoen: “Hy moet 'n voorbeeld stel vir ander landbouers oor die algemeen, asook vir jong landbouers. Hoe doen hy dit in terme van die presisie in sy boerdery, hoe gebalan-

seerd is hy en wat is sy bestuursprestasie? Is hy 'n goeie bestuurder van sy eenheid?” Die finaliste word beoordeel op die volgende afdelings: toekomsbeelde, begroting en

Op die foto vl: Prof. Allan Bennie, Prof Erhard du Toit, Elize Spens, Boet Wilken, Wessel Hatting, Waldo van Niekerk, Johann van Graan, dr. Janus Henning en Prof. Pieter Fourie.

finansies, produksie, bemarking en gemeen-skapsbetrokkenheid.

Focus ST 'n gesteelde motor was en dat die gewapende mans deel kan wees van 'n sindi-kaat. Die verkeersbeampte het ligte bese-rings opgedoen en in die hospitaal behandel. Hy is intussen ontslaan. Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

Page 2: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

Indien u enige nuus vir die koerant het, skakel of stuur e-pos vir Jolandri by 079 846 1075 of 058 852 3033 E-pos: [email protected]

2 GEMEENSKAPSNUUS HEILBRON HERALD 2 MAART 2018

BESTANDDELE: • 6 ontbeende hoenderborsies • 60ml koekmeel • 45ml kanola-olie • 3 uie in wiggies gesny • 200g spekvleis in blokkies gesny • 3 knoffelhuisies, in skyfies gesny • 300g sampioene in kwarte gesny • 2 lourierblare • 30ml appelkooskonfyt • 15ml fyngerasperde lemoenskil • 300ml rooiwyn • 300ml hoenderaftreksel• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

KLUITJIES: • 215ml bruismeel • 400ml vars broodkrummels • 15ml heelkorrelmosterd • 140g botter in blokkies gesny • 10 vars tiemieblaartjies • 30ml gekapte vars pietersielie • 2 eiers wat liggies geklits is

METODE: 1. Geur die hoenderborsies met sout en peper. Strooi 45ml van die koekmeel oor die hoenderborsies sodat dit goed bedek is. 2. Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en braai die hoender in sarsies tot dit begin ver-bruin. Skep die hoenderborsies in die bak van die prutpot. 3. Meng die orige meel, uie, spek, knoffel, sampioene, lourierblare, konfyt, lemoenskil, rooiwyn en aftreksels saam en skep dit oor die hoender. Geur na smaak met sout en peper. Plaas die deksel op die prutpot en stel op hoog vir vier ure.

Kluitjies: 4. Meng die bruismeel, broodkrummels, mosterd en bot-ter in 'n voedselverwerker tot dit soos fyn broodkrum-mels lyk. 5. Voeg die tiemie, pietersielie, eiers, sout en peper by. Pols die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou hande met meel en rol ses tot agt ewe groot deegballe. 6. Laastens, verwyder die deksel van die prutpot na vier ure en rangskik die deegballe op die bredie. Plaas die deksel terug en laat vir nog een tot twee ure kook tot die kluitjies uitgepof het.

Hoender-en-rooiwynstowegereg met kluitjies

'n Groep motorfietsryers het vanaf Johannesburg gery en die naweek by Vegkop aangedoen met hul reis na Clarens. Hulle was onderleiding van Réhann Coetzee. Die Vegkop Boerevereniging en direksie het hul ontvang, waar Quarta Pretorius hul meer van die geskiedenis vertel het. Daarna het almal heerlik gesmul aan lekker middagete en verversings.

Op 22 Februarie het KANSA hul jaarlikse shavathon gehou. Die KANSA komitee het van een besigheid na die ander gegaan om hare te spuitverf. Candice de Villiers-Smith van SPAR Heilbron was so gaaf om vir KANSA 'n stalletjie spasie te gee om hul doel te kan bereik. Die komitee bedank graag die gemeenskap vir al hul bydrae en ondersteun-ing met die projek.

Motorfietsryers besoek Heilbron

KANSA hou hul jaarlikse Shavathon

Een jaar later ...

Op 27 Februarie 2017, het Dr Baan Dental Care sy deure in Heilbron geopen. Woensdag, presies 'n jaar later, kyk die span terug met 'n dankbare hart vir so baie genade. Dr Baan Dental Care se heel eerste pasiënt was mnr Fanie van Loggerenberg wat geen vrees ken vir 'n tandarts nie. 'n Jaar later sit hy weer in die stoel en word lekker bederf met 'n bleiking. Die span wens almal 'n pynvrye 2018 toe. Op die foto: Dr Marge Baan (tandarts), Santa Nelson (praktykbestuurder), Connie Fourie (stoel assistant), Yvonne Smit (ontvangsdame) en Fanie van Loggerenberg (pasiënt).

Op Dinsdag 27 Februarie het dié gebeurtenis plaasgevind met moont-lik potensiële ernstige gevolge. Die

parlement het 'n mosie aanvaar vir die grondonteiening sonder vergoeding. Die EFF het die mosie voorgestel en die ANC het die mosie ondersteun. DA, VF Plus, ACDP en Cope is die enigste partye wat teen hierdie mosie gestem het. Die mosie is aanvaar met 241 stemme teenoor 83 stemme. Volgens berig het die parlement se grondwetlike hersieningskomitee tot einde Augustus om navorsing te doen oor hoe onteiening sonder vergoeding ingestel kan word sonder om die voedselproduksie, die ekonomie en die landbou te skaad. Volgens 'n uitreiking deur Agri SA sal die onteiening sonder vergoeding so 'n impak hê op die banksektor wat moontlik daarnatoe kan lei dat finansiële instellings nie verder produk-sielenings aan die boere beskikbaar sal kan stel nie. Dit gaan maak dat die boere nie meer produkte en implemente kan aankoop om voedsel te produseer nie. Onderandere voedseltekorte en prysstygings kan dan in die gesig gestaar word. Volgens Dan Kriek

Onteiening sonder vergoeding mosie is aanvaar

van Agri SA, waarsku hy dat eiendombesit-ters se reg in gedrang kan kom. “Eiendoms-reg is 'n fundamentele reg wat wit en swart, arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning daarvan is uit pas met internasionale prak-tyk en nie in die nasionale belang nie,” sê Kriek. Die Vrystaat Landbou het ook op 28 Februarie 'n mediaverklaring vrygestel teen opsigte van die parlementêre besluit. Hulle stel duidelik in die verklaring dat hulle privaat eiendomsreg ondersteun as die grondslag van enige oop, vrye en regverdig groeiende ekonomie. Hulle sal deelneem aan die lang en omvattende openbare deel-nameprosesse wat benodig word vir grond-wetlike wysings met samewerking van Agri SA om toegang tot die beste regsadvies te verkry. “Ons sal nie onwettige grondbesit-tings op privaatgrond of enige intimidasie taktieke wat gepaardgaan met geweld teen plaasbewoners duld nie en sal die volle mag van die reg gebruik om met die polisie saam te werk om sulke voorvalle te voorkom.” het die VL in hul mediaver-klaring gesê.

Page 3: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

3NUUSHEILBRON HERALD 2 MAART 2018

Page 4: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

KERKNUUSNG MOEDERGEMEENTE

VIERDE LYDENSWEEKSondag - 09:30 Erediens

Sagte kollekte / KleuterkerkSin Kol: Vennootskappe: NGKA Vrystaat / Kategese

Gemeentetee Blok 5

NG SUIDVIERDE LYDENSWEEK

Sondag - 09:30 TienerdiensSin Kol: Gemeente Ondersteuning / Kategese

GEREFORMEERDE KERKSondae: 09:30 Erediens

Kol: Teologiese StudentekasKatkisasie: Les 5 / Diensbeurte: Wyk 3 & 4

NEDERDUITSCH HERVORMDE KERKH/v Stoffelnel- en Nicolstraat - Sondag - 09:30 Erediens

GELOOFSBOND HERVORMDE GEMEENTE HEILBRONSondag: 09:30 Erediens in CVO Skool, Kategese Sondae 10:30.

Kontak Ds Herman F Gothan - 082 773 4740.

AGS PLEINSTRAAT 72Sondae: 10:00 Erediens

Biduur Woensdae 18:30, Vrydae 19:00 - JeugKontakpersone: Past LB Deysel, Tel: 058 853 1016

CHRISTUS GEMEENTE (H/v Right- & Gilbertstrate) - Sondae: 09:30 Erediens

AP-KERK Tweedestraat, Vegkop-uitbr.

Vierde LydensweekSondag: 08:00 Erediens (Edenville) / 10:00 Erediens (Heilbron)

Deurkollekte DVB / VBO Les 6 & 7Skinkbeurt - Groep 2

METHODIST CHURCHSunday: Worship service 09:30 each Sunday.

Almal welkom / All welcome. Contact Pastor Chris Schutte 082 319 7820 or 071 410 6238.

GEREFORMEERDE KERK PHIRITONASondag 10:00 Erediens - Kontak MP Malindi 078 054 2862

EVANG. GEREF. KERK FRANKFORT (MARKSTR. 20)Sondagoggend: 10:00 Erediens

18:00 Aanddiens / Bidure: Woensdae 18:00Navrae: Ds Pieter van Wyk Tel: 083 594 3078 of 058 813 2424

AGS PETRUS STEYNPastoor Nico Theron Sel: 082 880 6477

Sondae: 10:30 Erediens / Woensdae: 18:00 Biduur

PENTECOSTAL CENTRE (Assemblies of God, Sandersville)

Sondag: 10:00 Heiligmakingsdiens - 17:00 Evangeliediens / Maandag: 18:30 Jeug

Dinsdag: 18:00 Gemeentebiduur - Matt 26:38, Jak 5:16, Eff 6:18Woensdag: Huissel, Donderdag: 18:00 Sustersbidaand

Vrydag: 18:00 Jeugaand, Saterdag: 15:00 Worship Team oefen. Enige gebedsversoeke skakel 058 852 2190Navrae: Pastoor B Bentosha 058 852 2190

AGS KERK SANDERSVILLESondae: Oggenddiens 10:00. Maandag Huissel 06:00,

Biduur Woensdag 06:00. Kontak P. van Staden

CANAAN APOSTOLIC FAITH MISSION SANDERSVILLEDinsdae: 17:00 Jeugdienste & Oefeninge

Woensdae: 17:00 Gemeentediens & BiduurSondae: Heiligmaking om 10:30.

Vir meer inligting kontak Pastoor Joey Pienaar 082 673 2321 of Evangelis Frans Lottering 078 402 2000.

AFRIKAANSE BAPTISTE KERK FRANKFORTSondagskool 09:00 / Oggenddiens: 10:00 / Aanddiens: 18:00

Woensdae: 18:00 BybelstudieNavrae: Ds Adriaan Bester 060 953 1880

DIE MESSIAANSE GELOOF/MESSIANIC BELIEFSien ons webblaaie: www.isr.messianic.org en www.GNmagazine.org/

booklets / Sabbatbyeenkomste vir huisgemeentes en selgroepe.Navrae: Bel/SMS 079 833 3283

(He who believes shall obey, for by his obedience he proves that he believes).

vir Bejaardes Reitz

Op en WakkerDienssentrum

Program vir weekMaandag

09:00 KooroefeningDinsdag

09:00 BloeddrukkeWoensdag

09:00 Dorp toe10:00 Voetsorg

Donderdag 10:00 Sosiale program

Vrydag 09:00 BybelstudieKontakpersoon Petro Pretorius

082 325 1322

Heilbron Dienssentrum

Breëstraat 54 Heilbron • Tel: 058 853 0317

Bestuurder: S Meades

PROGRAMMAANDAE:

08:45 - GimtrimDINSDAE:

09:30 - Bloeddrukke word geneem.

10:00 - Ledeprogram(Elke week iets anders)

WOENSDAE: 10:00 - Speletjies,

Jukskei ensovoorts. Elke week iets anders.

DONDERDAE:17:00 KooroefeningGeen byeenkomste

tydens skoolvakansies

GEMEENSKAPSNUUS

4 KERKNUUS HEILBRON HERALD 2 MAART 2018

Drie op een dag. Dit wil nogal gedoen wees.Ek werk by 'n staatsinstelling. Nie sommer enige

instelling nie. As jy ons werkplek vergelyk met ander van dieselfde soort, is ons s’n strate voor in die ry. Om die eenvoudige rede dat die mense wat hier werk en speel regtig trots is op die gebou en omgewing. Die gebou is ook 'n nasionale gedenk-waardigheid.

AANVANKLIK IS DAAR 'N SPANPOGING AANGEWEND OM EEN KEER PER WEEK DIE GEBOU EN DIE GRONDE RON-DOM SKOON TE MAAK. Die gebruikers van die gebou het later so mooi na die gronde gekyk dat dit nie eers meer nodig is om weekliks 'n skoonmaak ekspedisie te hê nie.

So stap ek vanoggend in die gebou en loop my vas teen ’n kollega met bloedrooi oë.

“Is jy okay?” Ek weet nie of sy my regtig gaan antwoord nie. En of sy die waarheid gaan praat nie.

Sy val sommer met die deur in die huis: haar kind is siek en hy slaap. Na hoeveel dae slaap boe-tie toe die nag deur, en daar kan sy sowaar nie meer slaap nie. Sy is moeg-moeg-moeg. Maar sy moet aangaan, werk toe kom, vanmiddag weer mamma en vrou wees.

EK MAAK MY ARMS OOP EN GEE VIR HAAR 'N LEKKER DRUK, WANT EK WEET NIE WAT OM ANDERS TE DOEN NIE.

Ek gaan loer in by 'n groep mense wat besig is om 'n lekker praktiese aktiwiteit te doen. Die eerste stap is om 'n klein vuurtjie te maak. Dus moet elkeen in die groepie 'n vuurhoutjie trek en sorg dat die vuurtjie aan die brand kom.

In die een groepie is daar drie persone waarvan twee breed glimlag: hulle kon hulle eie vuurtjie aan die gang kry. Hulle het selfs die vuur geblus en dit weer probeer. Maar persoon nommer drie glimlag glad nie en kyk met benoude oë om haar rond.

Ek gaan staan langs haar en vra haar dat sy vir my moet wys hoe om hierdie vuurhoutjie aan die brand te steek.

En sien dat daar sweet op haar bolip pêrel. Sy neem die vuurhoutjiedosie in die een hand en die

vuurhoutjie in die ander hand. Sy kry egter nie die twee voorwerpe bymekaar nie. Sy bewe asof sy alkoholiese onttrekkingsimptome het. Sy knip-knip haar oë en sit die vuurhoutjies op die tafel. Nee, sy kan nie.

Ek gaan staan agter haar en strek my arms van agter om haar, neem haar hand in myne en ek help haar om die vuurhoutjie aan die brand te kry. Sy slaak 'n sug van verligting en besluit om haar dadelik uit die voete te maak.

Ek loop haar later weer raak en vra haar hoekom sy amper 'n angsaanval gekry het toe sy met die vuurhoutjies moet werk.

“Want my niggie het doodgebrand in hulle huis.”MY HART SPRING TOT IN MY KEEL. EK

STREK WEER MY ARMS UIT, HIERDIE KEER OMSINGEL EK HAAR MET TWEE ARMS WAT OMGEE EN PROBEER VERTROOS.

Later die middag loop ek iemand op die trap raak. Sy snik soos sy huil.

“Wat is fout?”Sy wil nie praat nie. Ek vis hier en vra daar en maak

my eie afleiding. “Het jou pa jou vanoggend geslaan?”

Sy laat sak haar kop en snik van vooraf.

“Ja. Baie hard.”“Gebeur dit gereeld?”“Nee, net vanoggend. Ek wil nie

teruggaan huis toe nie.”Ek sien die seer in haar hele lyf,

die snikke skeur rou daardeur en sy ril onwillekeurig. VIR DIE DERDE KEER IN EEN WERKSDAG MOET EK WEER MY ARMS OOPMAAK OM HAAR TE TROOS. Sy hang aan my soos 'n drenkeling. 'n Baie seer drenkeling.

Daar is soveel seer in die wêreld. Ek en jy dink dat ons soms omge-sukkel is en dat ons einas die seerste is. Totdat jy met ander te doene kry.

Ek het nog nooit vir dae aaneen nie kon slaap nie, en nog 'n volle dag moes werk nie.

Ek het nog nooit 'n niggie in 'n brand verloor nie.

Ek het nie 'n pa gehad wat my die oggend voordat ek 'n belangrike taak moes doen, bygedam het nie.

My ou probleempies is nie 'n match teen ander se probleme nie. Myne vervaag wanneer ek dit met ander s’n vergelyk. Ek kla oor goetertjies, en ander mense het groot probleme. Ek wonder oor klein probleempies, ander mense het berge wat hulle moet oor.

Ek sê dankie vir my ou klagtetjies. Ek is jammer vir elkeen om my wat groter dinge het wat hulle pla.

Want orals waar ek deesdae kom, voel dit asof die samelewing net al hoe seerder word. En dinge soos Facebook en Twitter en Instagram dra nie eintlik by tot die gesond word nie. Inteendeel: dit maak mense net meer seer, want het jy al ooit iemand op sosiale media gesien met wie dit sleg gaan? Almal is mooi, maer, slim, ryk en hou vakansie. Almal geniet elke dag van hulle lewe, hulle foto’s lyk asof dit uit 'n Kodak-winkel ontsnap het en hulle eet en word nie vet nie.

Maar dit is nie hoe dit regtig is nie, want almal is so besig en probeer so hard om hulle eie seer toe te plak sodat die mens langsaan tog net nie sien hoe seer ons kry nie. Want wie wil nou “uit” voel tussen hulle sosiale media volgelinge? Ek kan hulle nie sosiale media vriende noem nie, want hulle bou niks in my lewe in nie. Ek kan dalk trots wees op die feit dat ek honderde volgelinge het, maar daar is geen eerlike interaksie tussen hulle nie.

WEES VANDAG MEER SENSITIEF VIR ANDER MENSE SE SEER. Daar is dalk net een mens wie 'n drukkie nodig het. Of dalk wil net een mens hoor dat iemand regtig vir hulle omgee. Daar is dalk een mens wat wag vir 'n positiewe woord om hulle van selfmoord te laat afwyk.

Wees vandag iemand wat die seer in 'n ander se oë kan raaksien, en wys dat jy omgee.

Daar is te veel seer in die wêreld.

seerkry

Maar dit is nie hoe dit regtig is nie, want almal

is so besig en probeer so hard om hulle eie seer

toe te plak sodat die mens langsaan tog net nie sien

hoe seer ons kry nie.

DIE RUS INGEGAAN† Kossies Ishmael Dhlamini is oorlede in die ouderdom van 73. Hy word begrawe op 3 Maart te Heilbron begraf-plaas om 08:00. Hy laat na sy familie en vriende.

† Simangazo Roseline Motlokoa is oorlede in die ouderdom van 81. Sy word begrawe op 3 Maart te Petrus Steyn begrafplaas om 08:00. Sy laat na haar familie en vriende.

Page 5: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

5SMALLSHEILBRON HERALD 2 MAART 2018

EIENDOMME

Elsstr. 47 HEILBRON Tel: 058 852 2041

Petro Meintjes - 083 308 9159

VAN DER MERWE & VENNOTE EIENDOMMEVir die beste transaksies

en diens

AANDAG Indien u enige REGS-ADVERTENSIE of ANDER ADVERTENSIE per epos of faks stuur, maak asseblief seker dat u 'n ONTVANGS-ERKENNING kry om enige probleme vroegtydig uit die weg te ruim.

Die Heilbron Herald word uitgegee & gedruk deur die eienaars Heilbron Herald

(Edms) Bpk, Elsstraat 44, Posbus 166, Heilbron

Tel: (058) 852 3033/4/5 • Faks: (058) 853 0140 www.heilbronherald.co.za

E-POS ADRESSE• Abrie Watson [email protected]• John Watson [email protected] • Winkel [email protected]• Liz-Mari [email protected] (Kommersiële drukwerk & koerant bydraes ens.)• Carien [email protected] (Kommersiële drukwerk & koerant bydraes ens.)• Delareyz [email protected] (Rekenings, state ens.) • Christelle [email protected] (Bestellings ens.)• Marilize [email protected] (Wyeformaat drukwerk, plakkers ens.) • Johan [email protected] (Wyeformaat drukwerk, plakkers ens.)• Jolandri [email protected] (Koerant, advertensies)

Koerant sirkuleer in Heilbron, Petrus Steyn, Frankfort en Reitz.

Menings en opinies wat uitgespreek word in briewe en rubrieke, is dié

van die individue en weerspieël nie noodwendig die siening van die redaksie nie.

GEKLASSIFISEERDSmalls

Sa 3 Maart

So 4 Maart

Ma 5 Maart

Di 6 Maart

Wo 7 Maart

Do 8 Maart

Vr 9 Maart

Sa 10 Maart

So 11 Maart

Ma 12 Maart

Di 13 Maart

Wo 14 Maart

14 / 30

14 / 30

15 / 28

16 / 29

16 / 28

17 / 29

16 / 24

16 / 24

17 / 29

17 / 25

19 / 25

19 / 26

33% kans vir reën

Sonnig, warm

Sonnig, warm

28% kans vir donderbuie

Sonnig, warm

51% kans vir donderbuie

54% kans vir donderbuie

44% kans vir reën

Sonnig

36% kans vir reën

33% kans vir reën

Sonnig

WEERVOORSPELLING

KENNISGEWINGSAANKOOP VAN SPEENKALLERS

Aankoop van alle speenkalwers.Kontak Jannie Bornman072 287 4111 • Heilbron

ROLSTOEL PROJEKKom help ons om “bread tags” in te samel, vir

elke 350 kg word 5 rolstoele geskenk aan behoeftiges. Daar is ‘n houer in Herald Office National winkel. As almal saamwerk word dié

350kg gou-gou ingesamel.

TE HUURHEILBRON

ROLBALKLUBHUISGeskik vir ongeveer 70 mense. Huur beloop

R500. Sluit in volledige eetgerei, stoof en 2 oonde, gelisensieerde kroeg beskikbaar.

Bespreek by Elsie Grobler 081 216 6105 of Magda Bierman 083 292 1503

Heilbron G

MADELIEF SKOONMAAK-

DIENSTEProfessionele stoom-

skoonmaak van u matte, meubels

& motors (bekleedsels & matte) op Heilbron,

asook omliggende dorpe en plase. Slegs kontant.

Skakel: Madelief 082 373 2954 of (058) 853 0261

Heilbron R

M A R I L I Z E L O O T SP H O T O G R A P H Y

Kontak my gerusvir pakketnavrae

of om ‘n besprekingte maak vir ’n

kreatiewe [email protected]

072 180 4113 Marilize Loots Photography

DIENSTE

BAAL / SNY & BAAL

Vir die maak van voer, vanaf sny tot baal. 1.2m bale (tou).

Velde of wenakkers. Petrus Steyn en

omgewingKontak Jaco Meiring

082 851 6158Piet Meiring 082 571 4191

[email protected]

MAART2-3 Vrystaat atletiek: Sekondêr3 Gereformeerde Kerk Susters Saamtrek - Vegkop Feesterrein3 NG Moederkerk basaar3 Vrystaat Sekondêre Atletiek - Sasolburg3 Vrystaat Primêre Atletiek - Bloemfontein9-10 ASA Atletiek18-20 SA Atletiek Kampioenskappe: Primêr - Paarl22 Tuinbouvergadering22-24 SA Atletiek Kampioenskappe: Sekondêr - Potchefstroom28 Skole sluit

APRIL10 Skole heropen18-20 Hoërskool Heilbron Revue23-24 NG Kerk Ringsitting25 April Tuinbouvergadering

Lesers is welkom om belangrike datums van gevestigde instansies en instellings van die omgewing in te stuur.

JAARBEPLANNER 2018

Op soek na ou kombuis items

asook ander oudhede wat ek kan koop en u nie meer gebruik nie.

Skakel of stuur 'n boodskap om terug

te skakel asb na081 288 3186

DB

OUDHEDE GESOEK OM

TE KOOP

TE KOOPWOONHUIS TE KOOP3 Slaapkamerhuis te koop. Sitkamer,

eetkamer, kombuis ens...1 Manwoonstel, enkelmotorhuis

en dubbel buitegeboue.Prys R550 000

(Prys nie onderhandelbaar nie)Skakel 073 126 9641

R

TUPPER-WARE

TE KOOPVir bestellings

kontakJolandri

079 846 1075Heilbron

G

KENNISGEWINGIndien eienaar van voertuig TOYOTA 2.4 HILUX LWB CFS 345FS nie sy voertuig binne drie weke van publikasie kom afhaal by Qalo Panelbeaters Heilbron nie. Gaan die voertuig verkoop word

om kostes te delg. Qalo Panelbeaters Heilbron

R

LAERSKOOL WISKUNDE

EKSTRA KLASSE

Wiskunde onderwyseres. Oorkant Heilbron

Hoërskool.Vir meer inligting skakel

078 802 2297K2175

MOEG GESUKKEL

SONDER WATER

Volledige installering van watertenk en druk-pomp, verskeie opsies beskikbaar, asook alle

loodgieterwerk.Kontak Jorrie

083 580 8059 of 063 057 1242

K2177

WIT & SWART - FOTOSTATEA4 1 tot 50 R1-00A4 51 plus 60cA3 1 tot 50 R1-50A3 51 plus R1-20

KLEUR - FOTOSTATE

44 Els Street HEILBRON

A4 1 tot 50 R4-00A4 51 plus R3-00A3 1 tot 50 R8-00 A3 51 plus R6-00

BEDANKING Johan Els wil net baie

dankie se vir die Veediefstaleenheid op Heilbron, spesiaal aan Blacky Swart, Fanie en Johan. Daar was skape gesteel op sy plaas in Koppies distrik. Hulle het 11 van sy 14 skape

gevind en aan hom terugbesorg.

HET JY JOU SLEUTELS VERLOOR?

'n Bos sleutels is in die SPAR Heilbron omgewing opgetel. Indien iemand sy sleutels verloor het kan die sleutels afgehaal word by die Heilbron Herald. Die sleutels moet assebliefuitgeken kan word voordat dit aan die regte eienaar besorg kan word.

SPECIALDeskpads

nouR15-00

Elsstraat 44Heilbron

Page 6: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

Kontak Jolandri by 079 846 1075

vir enige nuus-bydraes

vir Vrydae se koerant.

6 NUUS HEILBRON HERALD 2 MAART 2018

Die Heilbron Kliniek het die Kleuterkasteel se kleuters besoek. Kleuters het vitamiene druppels en ontwurming ontvang. Op die foto is Thia Rossouw (Heilbron Kliniek), Christa van Wyk (Kleuterkasteel) en Hettie Rothmann (Heilbron Kliniek).

Kliniek besoek Kleuterkasteel

Tersie van Jaarsveldt, 'n leerder van die JA Malherbe Primêre Skool op Petrus Steyn neem deel aan die Free State Field Championship in boogskiet die afgelope naweek. Sy skiet in die klas Club Female Freestyle Unlimited (10- 13 jaar) en behaal 'n eerste plek.

Boogskiet

Tien atlete van Hoërskool Reitz het deurgedring na die Vrystaat Laerskole Atletiek-kampioenskappe wat op 3 Maart in Bloemfontein plaasvind. Hulle is voor vl: Jean Theunissen (Seuns 0/12 150m hekkies), Adriaan Bonthuys (Seuns 0/11 Verspring, 100m en 70m Hekkies), Suné Hills (Dogters 0/10 Verspring en 70m Hekkies) en Quiriané Charilaou (Dogters 0/13 200m en 200m Hekkies). Agter van links: Jessica van der Walt (Dogters 0/13 Hoogspring), Johanné Neethling(Dogters 0/13 75m Hekkies en 200m Hekkies), Megan Haward (Dogters 0/12 Gewigstoot), Elouise Snyman (Dogters 0/12 Diskus) en Wian Nel (Seuns 0/12 Gewigstoot). Afwesig: Jehoshua de Bruyn (Seuns 0/13 Diskus en Gewigstoot).

Landbou-leerders het die groot voorreg om 'n besigheid soos die van Fick@Seun te besoek.

PG Strauss verwelkom die Landbou-leerders en vertel hul van Fick @ Seun Bdy en dat die besigheid al ses generasies oud is.

Die besigheid is gegrond op vier afdelings nl. Graanverbouiing, aartappelverbouiing, appels en kersies en bestaan ook uit 'n vee-afdeling.

Landbou-leerders besoek ten eerste die vee-afdeling waar PG Strauss uitbrei oor Bo-velder

Hoërskool Reitz Landbou-Akademie besoek groot boerdery-entiteit, Fick@Seun Boerdery

ras en ook gesels oor weidingspraktyke en Bos Indicus sowel as Bos Taurus. Hierna word die aartappel land besoek en lig mnr. Steve Terblanche die leerders in oor hoe be-langrik monitoring van gewasse is en korrekte bespuitings. Mnr Botha vertel leerders verder oor graangewasse en ook van die belangrik-heid van entstof by sojabone sodat rhizobium kan vorm.

Ten laaste word die appelboord besoek en daar vertel Maasdorp Maree van die be- langrikheid van korrekte kultivar vir die

omgewing, die neiging na rooi appels en dat besparing van water met toediening 'n baie belangrike rol speel in al vier die landbou-afdelings.

Leerders vind hierdie praktiese blootstel-ling aan die verskillende boerdery aktiwiteite baie leersaam en sinvol, geniet ook die plaaslewe ten volle.

Die landboudag word gesellig afgesluit met 'n heerlike braai en wildsbesigtiging.

Hierdie is voorwaar 'n uitstappie waaroor daar nog lank gesels gaan word.

Atlete deur na Vrystaat Laerskole Atletiek-kampioenskappe

Deur na Vrystaat byeenkoms

Deur na Noord-Vrystaat atletiek

Die volgende atlete van Hoërskool Heilbron is deur na die Noord-Vrystaat atletiekbyeenkoms wat op die 24ste Februarie plaasgevind het. Voor: Danelle Oosthuizen (dogters o/13, spiesgooi), Sulé Strydom (dogters o/12, diskus). Cariska Janse van Rensburg (dogters, o/10, gewigstoot), en Carli Rochaat (dogters o/11, gewigstoot). Tweede ry: Michaela Grobler (dogters o/12, gewigstoot en diskus), Tiaan Britz (seuns o/11, gewigstoot), Lourens Roux (seuns o/10, verspring) en Anel Volschenk (dogters o/12, spiesgooi). Agter: Dewald Jonker (seuns o/13, gewigstoot, diskus en spiesgooi), Handré Brits (seuns o/12, gewigstoot, diskus en spiesgooi) en Joshau van Wyk (seuns o/13), 800m).

Die volgende atlete van Hoërskool Heilbron is deur na die Vrystaat byeenkoms in Bloemfontein op 3 Maart. Voor: Michaela Grobler (dogters o/12, diskus en gewigstoot), Danelle Oosthuizen (dogters o/13, spiesgooi), Tiaan Britz (seuns o/11, gewigstoot) en Anel Volschenk (dogters o/12, spiesgooi). Agter: Dewald Jonker (seuns o/13, gewigstoot en diskus), Handré Brits (seuns o/12, gewigstoot en diskus) en Joshau van Wyk (seuns o/13), 800m).

Page 7: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

Spertyd vir bydraes en advertensies vir die Heilbron Herald is Woensdae om 10:00. Indien u enige nuus vir die koerant het, skakel of stuur e-pos vir Jolandri by

079 846 1075 of 058 852 3033 E-pos: [email protected]

7NUUSHEILBRON HERALD 2 MAART 2018

RedakteurBriewe aan:

To the Editor - The Heilbron HeraldThanksgivingDear Sir,Please allow me a space in your widely read

newspaper to express my heartfelt thanks for all the love, prayers, support, visits and SMS messages from our family far and wide and so many dear friends in this very special town of Heilbron. We walked together, with God's strength and grace, through the challenging times of Eddie's disability and the very sad time of his death on 8th February 2018.

A special thank you to the management and staff of "Huis Bron-van-Heil" who lovingly cared for Eddie for 8 months, their dedication and love was wonderful. Their friendly man-ner was a real encouragement through very difficult times and we as a family are end-lessly grateful for all their care.

We are blessed with many wonderful memories to recall the many years of travel, the 22 years of friendship here in Heilbron and so much more that was shared with both Eddie and I. With great appreciation and loving thoughts of thanksgiving especially to Reinet and Piet, Anton, Monique, Ruanne and Chene.

From: Caryl Loots Eddie Loots

Louise Dohne Merino produksieveilingOp Vrydag 16 Februarie 2018 het die

Louise Dohne Merino stoet 'n produk-sieveiling aangebied in die Heilbron

distrik. Daar het 528 uistaande Dohne’s onder die hammer gekom.

Die duurste ram van die dag was verkoop vir R21 000 aan Huge Enslin van Kroonstad.

Op die foto agter vl: Karel du Plessis (BKB); Jurgens Enslin (Koper van duurste ram); Huge Enslin (Koper van duurste ram); Tsaats Hattingh (Verkoper van duurste ram); Jan Mostert (Afslaer); Marise Hattingh (Verkoper van duurste ram). Voor: Danie de Wet en sy seun Jean.

'n Totaal van 49 geregistreerde ramme was aangebied en 49 ramme was verkoop teen 'n gemiddeld van R8 653.

Die hoogste prys van R4 400 is betaal vir 'n groep dragtige ooie met drielinge, die koper was Louis Kleynhans van Heilbron. Die gemiddeld van die ooie was R4 400. Die

'n Resep om 'n storie te vertel

duurste ooie dragtig met tweelinge is ook aan Louis Kleynhans verkoop vir 'n bedrag van R4 100 terwyl die gemiddeld R3 977 was. Die duurste dragtige ooie met eenlinge is verkoop aan mnr Abrie Watson van Heilbron vir 'n bedrag van R3 800, terwyl die gemid-deld R3 503 was.

Die duurste oop ooie is verkoop aan Leon Roux vir 'n bedrag van R3 000, terwyl die gemiddeld R2 612 beloop het.

Die veiling het 'n 100% verkoopsyfer behaal en is uiters suksesvol aangebied deur BKB Louwid Frankfort, Jan Mostert het as afslaer opgetree.

'n Volledige storie behoort as volg te lyk (Gebaseer op “Arno verjaar” in die Heilbron Herald 23 Februarie 2018):

• Karakters: Eendag lank lank gelede was daar 'n seuntjie. Sy naam was Arno. Hy het by sy oupa en ouma gekuier vir sy verjaarsdag.

• Plek: Hulle het op 'n plaas gewoon.• Probleem: Sy oupa het vir hom 'n eiertjie

gegee vir sy verjaarsdag. Later in die dag, het die eiertjie gekraak en 'n eendjie het uit die eiertjie geklim, maar die eendjie het weg-geloop en Arno kon hom nie weer kry nie.

• Gevoelens: Arno was baie hartseer omdat

• Saamgestel deur Tokollo Rehabilitasiespan

Stories vorm deel van gedagtes deurdat dit 'n formaat verskaf om ervarings te onthou, deel en te verstaan (Olson,

1990). Soos genoem in die vorige Heilbron Herald van 23 Februarie 2018, is dit voordelig vir kinders om 'n storie wat vir hulle gelees word oor te vertel. Dit is nie net voordelig om interaksie tussen ouer en kind te bevorder nie, maar ook om taalinhoud-vorm en -gebruik van die kind te bevorder. 'n Storie is egter nie net 'n storie nie, en daar is verskeie kompo-nente wat ingesluit moet word in 'n storie. Dit

is veral belangrik, omdat vaardighede wat nodig is om 'n storie te vertel 'n integrale deel van klasaktiwiteite is. Daar is ook 'n sterk korrelasie tussen hierdie vaardighede en lees-begrip. Die volgende komponente behoort ingesluit te word as 'n storie oorvertel word. Teen 7-8 jaar moet u kind al hierdie kompo-nente kan insluit in die storie. As u kind jonger is, kan u hom/haar steeds blootstel aan hierdie komponente.

Knip die volgende prentjies uit en gebruik dit om u kind te herinner van al die kompo-nente wat in sy /haar storie moet wees (Gemaak deur letsgrowspeech.com).

die eendjie weg is.• Plan en Aksie: Arno het besluit om na die

eendjie te soek.• Uitkomste: Arno kon die eendjie nêrens

kry nie, maar gelukkig het die eendjie later uit sy verjaarsdagkoek gespring.

• Einde: Arno was baie gelukkig, en het lekker verjaar verder. Die einde.

Bronne: Klop, D. (2015). Narratiewe [Lesingsnotas]. Gekry vanaf http://learn.sun.ac.za/my/

'n Kombuis is die hart van jou huisOu Heilbronner, gebore en getoë is die

nuwe winkeleienaar van Hartklop. Die splinternuwe winkel open ampte-

lik vandag hulle deure in Wentworth Square, winkel nommer 9 om 08:30. Die besig-heidsure sal wees, weekliks vanaf 08:00 tot 17:00 en Saterdae 08:00 tot 12:00.

Hartklop voldoen aan vele produkte waarvan 'n koffiewinkel een is.

Ligte ontbyt en middagetes kan geniet word, terwyl daar aan heerlike koffie gesmul word. Die etes is alles tuisgemaak deur die eienaar self.

Kombuisware is ook beskikbaar onder-

andere, breekgoed, plastiekware, bak- benodighede, daaglikse artikels en oulike geskenke vir troues en kombuistees.

Verskeie tipes wol is te koop, sowel as brei- en hekelnaalde, linte en patrone. Daar word ook beoog vir naaldwerkmasjiengaring en naalde.

'n Groot verskeidenheid van speserye sal ook op die rakke wees, so ook neute en gedroogte vrugte. Groot opgewondenheid heers waar talle verbygangers alreeds die vol-gende genoem het: “Hierdie is presies wat die dorp nodig het - nou hoef ons nie meer vêr te ry nie.”

Page 8: WEEK 7 Deel 109  VRYDAG - … die mengsel tot dit 'n nat deeg vorm. Bedek jou ... arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning

HEILBRON HERALD 2 MAART 20188 SPORT

Wie gaan Heilbron se kampioen wees?Dit gaan vir sommige golfers môre 'n lang dag

wees. Ses-en-dertig putjies is nie maklik om klaar te maak as jy onfiks en nie gewoond daaraan is

nie. Die groot vraag is wie gaan 2018 se klubkampioen wees? By die loket is die wedsyfers op Jackie Leonard wat tans van 'n +2 voorgee afspeel, moenie vir Simon Malgas en James Nelson weggooi nie. Enige een van die twee kan op die dag se spel baie gevaarlik wees.

Die B-afdeling het die meeste inskrywings en hier is dit moeilik om 'n wenner te voorspel.

Ledegelde is betaalbaar voor spel en inskrywings is vanaf 07:00 vir afslaan 07:30.

Die volgorde van spel gaan volgens voorgee en afde-lings geskied nl. C-, B-, A- en dan dames en seniors wat net 18 putjies speel.

Inskrywingsgeld vir die dag beloop R 200 wat middag

ete insluit. Braaipakke is ook te koop vir die wat nog verder wil kuier.

Hennie Pretorius het verlede naweek gewen met 38 punte, Kobus Weilbach was tweede met 32 punte. Van die Heilbronners het op Frankfort gaan speel in die MBFI gholfdag. Eben Stander het die beste van die Heilbronners gevaar met 'n derde plek.

OK Grocer borg die einde van die maand en beloof dit 'n uitstekende dag te wees.

Former Manager of Young Fighters FC, Coach Robinho Mokoena, went to the social media fuming this past week stressing out his dissatisfac-

tion about the current form of the clever boys - a team he has spent most of his time with before moving to the Sasolburg based SAB League team, Brilliance United. The Clever Boys have only won seven in all their match-es so far this season.

Although Young Fighters have improved under the mentorship of their new coach, they have failed to main-tain consistency in recent games.

The Clever Boys lost 1-0 in a mouth-watering encoun-

Young fighters academy fail to maintain its festive season form

ter against Black Swallows on Sunday whereas, on the other hand, the much-anticipated fixture between the mighty Phiritona Stars and Papi United ended 7-0 in favour of Phiritona Stars.

Here are two games to look forward to in Week 14 of HSL Premier Division season before the Soweto Derby this weekend.

• 09:00 Papi United vs Abagerezi (Sat, 03/03/2018 Greenfield)

• 11:00 Phiritona Stars vs Young Fighters (Sat, 03/03/2018 Greenfield)

Daar het die afgelope twee weke baie goeie dinge by die Rolbalklub gebeur.

Madeleine en Flip Fourie het hul-self ten doel gestel om die begin-ners te help met die wonderlike spel van rolbal. Hulle help die beginners Maandae en Woensdae middae van 15:00 tot 17:00.

Die volgende spelers is reeds besig om met groot entoesiasme te speel: Terry en Antionette Cunningham, Gustav en Adelle Booysen, Suzie van der Westhuizen, Carina Kleynhans en Elsabé Bothma. Alle belangstel-lendes is welkom. Kom na die baan op 'n Maandag- of Woens-dag middag.

Lede van die Rolbalklub sal julle graag daar ontvang. Verlede week is Gerald Rademeyer, voor-sitter van Heilbron Rolbalklub in die hospitaal te Vereeniging opgeneem. Hy het 'n hartom-

lyning ondergaan. Dit gaan beter en glo hy sal gou weer tuis wees. Ons bid hom sterkte toe vir 'n spoedige herstel. Heilbron Rolbalklub het hul borgdag gehad op 24 Februarie. Dit was 'n groot sukses en spanne vanaf Kroon-stad, Koppies, Petrus Steyn, Vredefort, Reitz en Heilbron het deelgeneem. Die baan was goed voorberei en goeie rolbal is gespeel. Die Kroonstad spanne het die eerste en tweede plek verower, waar derdeplek deur Reitz verower is. Spelers het die naweek van 17 en 18 Februarie deelgeneem aan Valsriver Pare Kampioenskappe, Jan Grobler, Koos Bierman en Magda Bierman en Amelia Galatis. Die dames het deurgedring en die Valsriver spanne speel op Kroonstad teen Riemland en Goudveld die 17de en 18de Maart. Baie sterkte aan al Valsrivier spelers.

Rolbalspelers speel met groot entoesiasme