5
Gemeenteverjaarsdag “Ek maak ‘n verskil”-koeverte Die verbeeldingryke projek het asemrowende verhale hoe R50 ‘n groot verskil gemaak het of ‘n groot opbrengs gelewer het. Geniet en vier saam die pragtige stories wat lidmate met die R50 gedoen het! Hout gom gekoop, houtwerk gedoen en verkoop. Loof die Here. Ek het lekkers gekoop om vir die kinders by die robotte [wat so in die winter bedel] staan om vir hulle 'n 'sugar rush' te gee om weer lus vir die lewe te voel. Ek ry daarmee in my kar. Ek het met my R50 by Sungardens Hospice twee warm jasse en 'n warm trui gekoop. Ek het besluit om dit vir die mense wat langs die straat bedel te skenk. Ek studeer tans B.Kommunikasiepatalogie, spraakterapie by Tukkies. My pa het ure by my gekoop om gratis terapie-sessies aan minder bevoorregte kinders te gee, sodra ek klaar gestudeer het – Tasha Lemmer Paar rand bygedra en 'n kombers gekoop vir 'n man langs die pad. Ek en my suster Anri het ons R50'e gebruik en fudge gemaak. Die fudge het ons verkoop en 'n wins van R240 gemaak. Anri het haar R120 gebruik en Hospice ondersteun deur boeke te koop. Ek het my R120 aan my skool geskenk vir liefdadigheidsweek – Dereen en Anri. Ek het nie iets met my R50 gedoen nie, maar dit he my geïnspireer om 'n Bybeltjie mooi te maak en iewers op straat uit te deel. Aangesien die kerk heel moontlik 'n verlies gaan maak sit ek nog R50 by, omdat ek onlangs werk gekry het. Groete, 'n Gr-10 leerder. Het baba klere gekoop vir 'n ses maande oue dogtertjie wat nie wintersklere gehad het nie. Dit was 'n voorreg. Gebruik asb dié R50 vir kollekte. Het 'n Zulu Bybel vir die hekwag in Delawarestraat Lynnwood gekoop met dié R50 – Kobus Eksteen. Ek en my vriendin het vir 'n kliënt vir wie ons terapie gee, 'n spesiale Bybel gekoop wat groot gedruk is. Sy het nie 'n Bybel gehad nie en wou so graag een hê. Sy is blind in haar een oog en die ander oog sien baie sleg, dit is hoekom ons die groot gedrukte een geloop het. Sy was baie dankbaar vir die Bybel! Met ons gesin se 'R50' x 2 koevertjies, het ons kruideniersware gekoop vir die plaaslike Laerskool se koskas – kruideniersware word aan behoeftige gesinne in die Gemeenskap versprei. Ons sê elke dag dankie vir die seën in ons eie lewe en Loof God omdat Hy so goed vir ons sorg. Groep 7 het deur die jare gewoeker met dit wat tot hul beskikking was. Ons glo dat ons 'n klein verskil gemaak het. Ons hoop dat ons vir oulaas met die oorskot in ons kas, R300, 'n verskil kan maak – voorsitter Sue Visser. Die Here is goed vir ons, en daarvoor dank ons Hom! Liewe Dominee, hierdie Rooi Leeu-nootjie het so lank alleen in die koevert geslaap en toe alleen geword. Dit het toe rand maatjies gaan soek en self amper soek geraak. Ons is bly om weer by die Kerk te wees. Hoop ons gee vir iemand wat honger is 'n vol magie. Liefde van M. Liewe Gemeente Lynwnood! Dit was nou 'n interessante projek wat julle geloods het! Ek is nou nie juis iemand wat geld genereer en vermeerder, ek is beter met die uitgee daarvan. Maar, saam met die uitgee van geld, investeer ek graag in die lewens van mense. Hierdie R50 het my 3 geleenthede gegee om saam met iemand te gaan koffie drink. Met 2 van hulle drink ek wel meer saam koffie ('n Ma van 'n Kinderhuis, om haar bietjie weg te kry van haar 13 seuns) en 'n Ma van 'n huis van Veiligheid, om haar bietjie weg te kry van haar 20 kinders). Dit was so lekker om

Woeker Stories

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Woeker Stories

Citation preview

Page 1: Woeker Stories

Gemeenteverjaarsdag “Ek maak ‘n verskil”-koeverte

Die verbeeldingryke projek het asemrowende verhale hoe R50 ‘n groot

verskil gemaak het of ‘n groot opbrengs gelewer het. Geniet en vier

saam die pragtige stories wat lidmate met die R50 gedoen het!

• Hout gom gekoop, houtwerk gedoen en verkoop. Loof die Here.

• Ek het lekkers gekoop om vir die kinders by die robotte [wat so in die winter bedel] staan om vir

hulle 'n 'sugar rush' te gee om weer lus vir die lewe te voel. Ek ry daarmee in my kar.

• Ek het met my R50 by Sungardens Hospice twee warm jasse en 'n warm trui gekoop. Ek het

besluit om dit vir die mense wat langs die straat bedel te skenk.

• Ek studeer tans B.Kommunikasiepatalogie, spraakterapie by Tukkies. My pa het ure by my

gekoop om gratis terapie-sessies aan minder bevoorregte kinders te gee, sodra ek klaar

gestudeer het – Tasha Lemmer

• Paar rand bygedra en 'n kombers gekoop vir 'n man langs die pad.

• Ek en my suster Anri het ons R50'e gebruik en fudge gemaak. Die fudge het ons verkoop en 'n

wins van R240 gemaak. Anri het haar R120 gebruik en Hospice ondersteun deur boeke te koop.

Ek het my R120 aan my skool geskenk vir liefdadigheidsweek – Dereen en Anri.

• Ek het nie iets met my R50 gedoen nie, maar dit he my geïnspireer om 'n Bybeltjie mooi te maak

en iewers op straat uit te deel. Aangesien die kerk heel moontlik 'n verlies gaan maak sit ek nog

R50 by, omdat ek onlangs werk gekry het. Groete, 'n Gr-10 leerder.

• Het baba klere gekoop vir 'n ses maande oue dogtertjie wat nie wintersklere gehad het nie. Dit

was 'n voorreg. Gebruik asb dié R50 vir kollekte.

• Het 'n Zulu Bybel vir die hekwag in Delawarestraat Lynnwood gekoop met dié R50 – Kobus

Eksteen.

• Ek en my vriendin het vir 'n kliënt vir wie ons terapie gee, 'n spesiale Bybel gekoop wat groot

gedruk is. Sy het nie 'n Bybel gehad nie en wou so graag een hê. Sy is blind in haar een oog en

die ander oog sien baie sleg, dit is hoekom ons die groot gedrukte een geloop het. Sy was baie

dankbaar vir die Bybel!

• Met ons gesin se 'R50' x 2 koevertjies, het ons kruideniersware gekoop vir die plaaslike Laerskool

se koskas – kruideniersware word aan behoeftige gesinne in die Gemeenskap versprei. Ons sê

elke dag dankie vir die seën in ons eie lewe en Loof God omdat Hy so goed vir ons sorg.

• Groep 7 het deur die jare gewoeker met dit wat tot hul beskikking was. Ons glo dat ons 'n klein

verskil gemaak het. Ons hoop dat ons vir oulaas met die oorskot in ons kas, R300, 'n verskil kan

maak – voorsitter Sue Visser.

• Die Here is goed vir ons, en daarvoor dank ons Hom!

• Liewe Dominee, hierdie Rooi Leeu-nootjie het so lank alleen in die koevert geslaap en toe alleen

geword. Dit het toe rand maatjies gaan soek en self amper soek geraak. Ons is bly om weer by

die Kerk te wees. Hoop ons gee vir iemand wat honger is 'n vol magie. Liefde van M.

• Liewe Gemeente Lynwnood! Dit was nou 'n interessante projek wat julle geloods het! Ek is nou

nie juis iemand wat geld genereer en vermeerder, ek is beter met die uitgee daarvan. Maar,

saam met die uitgee van geld, investeer ek graag in die lewens van mense. Hierdie R50 het my 3

geleenthede gegee om saam met iemand te gaan koffie drink. Met 2 van hulle drink ek wel meer

saam koffie ('n Ma van 'n Kinderhuis, om haar bietjie weg te kry van haar 13 seuns) en 'n Ma van

'n huis van Veiligheid, om haar bietjie weg te kry van haar 20 kinders). Dit was so lekker om

Page 2: Woeker Stories

hierdie keer te kon sê: NG Kerk Lynnwood stuur liefde en groete, dis húlle koppie koffie! Die 3de

koppie koffie was nuut. Ek ry saam met 'n lidmaat van ons gemeente en sy vra of ek haar kan

help in haar verhouding met God. Ons stop by die eerste die beste koffieplek en uit hierdie

koffiedrink geleentheid het 'n afspraak gegroei om weekliks by mekaar te kom om saam Bybel te

lees en te bid. En albei van ons groei hierdeur in ons verhouding met God. Baie dankie!!! Noëlla.

• Ek het aan my dogters gesê hulle kan hulle R50 gebruik vir kleiner uitreike nou. Ek sal die bedrae

namens hulle nou aan die kerk terugbetaal, maar koop in die proses 'n dag se terapie by hulle

wanneer hulle afgestudeer het (spraak-; oudiologie; fisio). Hulle sal dan die dag aan die kerk

'skenk' by een van die uitreike bv. Mabopane – kleuterskool!

• Ek het die R50 belê in Imuniti (kode IMU) aandele teen 5c/aandeel. Teen Vrydag 10 Junie het

Imuniti verhandel teen 7c/aandeel. Die opbrengs is dus R20 – Kobus van Eeden.

• Ons het vir 'n vriendin, wat baie swaarkry, met 'n bos blomme bederf. (2 Koeverte se geld).

• Neem R50 en koop 2x bestandele vir sop en verkoop.

• R50 gebruik om bestandele te koop om beskuit te bak en verkoop teen wins. Kontant terug:

R300.

• R50 terugvoer: Ekskuus ek het die oorspronklike koevert vergeet. Ek het my R50 vir my huishulp

gegee om geletterdheidsklasse hier by te woon. Sy sukkel, maar sy STRAAL oor elke nuwe

letter/syfer wat sy by leer en weer reg kry. Dis wonderlik.

• Ek het krale gemaak en dit verkoop.

• Johann en ek het besluit om ons 2x R50 rande in plante en arbeid te laat groei. Ons het die Suid

Oostelike tuintjie op die kerk terrein met kompos en kunsmis beplant sodat dit oor 18 maande 'n

lushof behoort te wees. Die plante wat ons gebruik het is meestal inheems en die volgende:

Mackaya Bella bosse, Mackaya Bella 'standaarde' [lollipops], Acorus streep grassies, Bergenia

Cordifolias, 3 Clivia variëteite en Philidendron Xanadu. Baie dankie, Johann en Barbara du Toit

Die tuin voor en na die plante geplant is:

Page 3: Woeker Stories

NA

.

• Ek, tuisteskepper, neem 'n R50 koevert, wetend dat dit nie in my vermoë is om iets te produseer

wat iemand sal wil hê, wat nog te sê koop nie! Maar, Jesus ons Plannemaker!!! 'n Instansie

skakel; kan jy vir rukkies in die volgende weke ons kom help asb? Reg geraai! Bewys is in die

koevert. 'n Dankbare pryslied vir Sy getrouheid!

• Woeker het ek nie, maar dalk tog – met my talente. Paar middae later gewerk – en hier is my

bydrae! Maklik! Ek sê: Dankie Here vir my werk. Dankie Here vir my kerk. ME

• En omdat Hy vir my goed is – wil ek 'n verskil maak – al is dit hoe gering. Het met my R50 iemand

'gebless'. Hoop my bydrae 'bless' nog iemand.

• Die Terblanche gesin het elke jaar 'n spesiale Sondag wanneer ons vir bejaardes en kinders van

die Maranata Congregation sop en broodjies voorsien by hulle kerk in Nellmapius. Dit moet

hierdie jaar nog gebeur en ons gaan die R200 tussen ons daarvoor gebruik. Terblanche gesin.

• Wash away all my sin and make me knew Ps 51:2 Ons het laasjaar die teksvers altyd op 'n groot

advertensiebord geesien oorkant die Menlyn inkopie sentrum, in Liosstraat, as ons daarlangs

gery het. Die teks bly my elke dag by. . . Hoe sal ek my R50 spandeer? By CUM Boeke het ek die

antwoord gevind in die vorm van 2 pakkies 'Faith Builders' teksverse van 20 elk, teen R24.95. Ek

het dit versprei, ook daar by die hospitaal. Watter pad sal ek van hierdie 40 teksversies loop?

Dalk beland een in 'n handsak; in 'n kar se paneelkissie; as 'n boekmerk; in 'n bedkassie; teen 'n

yskasdeur; of by die Intensiewe sorg se wagkamer. Wanneer die gevoel van groot donkerte en

twyfel om jou vou en jy eensaam, verlore, en hulpeloos is met antwoorde op al die waaroms in

jou lewe wat ontbreek, dalk, net dan, sal 'n enkele teks troos en hoop bring. Een van die versies

is Romeine 10:9: ‘If you confess with your mouth, JESUS IS LORD, and believe in your heart that

God RAISED Him from the dead, YOU WILL BE SAVED.’ Tema: Ek maak 'n verskil! Het ek? Dalk

tog. Wie sal ooit weet. [Ek mis jou so verskriklik baie Mamma – 24 April 2010]

• DIE HERE, R50 EN EK . . . 'N GEESTELIKE REIS: Nou ja, wat maak 'n mens met 'n koevertjie met

R50 daarin!? Dalk iemand uit neem vir koffie, of vir iemand gee wat nie kos het nie? R50 het nie

meer veel waarde met vandag se hoë kospryse nie. Here, u het dit op my hart gelê om 'n

koevertjie te neem – seën dit asb sodat U koninkryk hier op aarde mag kom en u naam daardeur

Page 4: Woeker Stories

verheerlik sal word. Vrydag 13 Mei woon ek 'n werkswinkel by van die Kleinsake Vroueforum.

Ancha Smuts, Hoof van Bemarking en Fondsinsameling van Jakaranda Kinderhuis, is ook

'toevallig' die oggend daar. Gaan praat met haar. . . Hul grootste behoefte? Velsorgprodukte vir

tieners [dogters en seuns] en sanitêre benodigdhede vir die dogters. 113 Kinders tussen 14 en 18

jaar. 'n Tall order dink ek! Maar, dit is my projek vir jou. Onthou die 5 brode en die 2 vissies. . . ?

So tussen die werkery deur dink ek aan kreatiewe maniere om die R50 te laat 'groei'. Intussen

gaan kyk ek by Dischem wat velsorgprodukte vir tieners kos. Alles is net so duur! Ek pak die bul

by die horings, gesels met die bestuurder, sy beloof om te kyk wat sy kan doen. Gedurende die

naweek gesels ek met my dogter, werksaam by 'n finansiële instansie. Elke maandeinde werk

hulle tot laat en sorg die maatskappy vir ietsie te ete. Onderhandel met haar en kry die

geleentheid om kos te voorsien met die opdrag – dit moet asb nie duur wees nie! Dankbaar

staan ek 'n dag af, doen die aankope en 60 etes word voorberei en afgelewer – herderspasteie

vir die vleiseters en spinasie met fetakaas quiche met slaai vir die vegetariërs. Wins na aftrekking

van uitgawes, R570. Ek wil die Here loof, loof met my hele hart. Here, baie dankie! Maar Here, u

weet hoe groot die behoefte is. Vertrou My! My brein werk oortyd – Heer, waar dan heen? Ek

het jou geseën met vriende. . . Die volgende oggend stuur ek 'n epos uit na ons Bybelstudiegroep

– HELP ASB! R560 word bygedra. Tydens tee vra een van die vriende dat ek 'n begroting kry dan

praat ons weer. 'n Groot opgewondenheid begin fladder in my binneste – kontak vir Ancha met

die versoek. Ek ontvang haar epos, my hart sak in my skoene. Begroting vir verskillende produkte

wissel – R7 444; R10 043; R13 219 per maand. Matt 13:31,32 – as julle maar geloof so groot soos

'n mosterdsaadjie het. . . Intussen skakel Dischem se bestuurder my. Hulle is bereid om 'n

inligtingsoggend vir die kinders te hou, hulle te leer van velsorg en persoonlike higiëne en ook

gratis monstertjies vir 'n maand te voorsien. Alles klink goed en wonderlik maar dit los nog nie

ons probleem op nie. Ons moet nog steeds die produkte aankoop – miskien teen 'n laer prys. Sy

hou my op hoogte. Die barmhartige samaritaan by die Bybelstudiegroep, bied 'n borgskap van

R8 000 per maand aan vir velsorgprodukte!! Alles wat julle in My Naam vra, dit sal ek doen.

Daardie aand buig ek in verwondering, vol dankbaarheid en nederigheid voor dié grote God wat

ons dien. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God die Heer. Onwillekeurig dink ek aan die

gelykenis van die muntstukke. Matt 25:14 – 30. Hierdie gedeelte handel eindelik oor getrouheid.

Is ons altyd gehoorsaam aan die wil van God? Hoe woeker ek met my geestelike talente, hoe

benut ek die geestes bekwaamhede wat ek van God ontvang het. Ons is rentmeesters in God se

koninkryk. Eendag gaan ons rekenskap geen van die munte. Almal het geestelike vermoëns

ontvang – die vraag is, hoe ontwikkel jy jou bekwaamhede tot 'n dieper, meer geestelike groei. Is

ons getrou in ons aanbidding en dien van die Here. Terug na die koevertjie. Daar is nou R1 130 in

kontant. Ek moet bank toe. Draai op die ingewing van die oomblik by Dischem in. Die dogters se

sanitêre benodighede is tans op 'n spesiale aanbod! Twee pakkies vir die prys van een! Hulle het

net 5 pakkies in voorraad. 'n Gawe jongman aan diens sê hy bestel dit graag vir my.

Woensdagoggend gaan haal ek die voorraad af, maak 'n koffie afspraak met Ancha. Tussen die

trane deur deel ons stories en insidente met mekaar. Ons harte loop oor – God werk op

wonderbaarlike wyse, bring geleenthede op ons pad, maak deure oop. Ons moet net getrou ons

deel doen en die res in Sy hande laat. Die voorraad wat ek aangekoop het, is genoeg vir 6

maande en word aangewend vir die Louis Botha Kinderhuis se behoefte. Oppad huistoe kom Ps

111 by my op: Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die

opregtes, in die gemeente. Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink

daaroor na. Sy dade is vol majesteit en luister, Sy trou staan vir altyd vas. – Anoniem

Page 5: Woeker Stories