26
VrydagNuus 5 SEPTEMBER 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Here, U wat vir alles sorg soos 'n Vader; Ons wy aan u die waters en die woude, die grond en die lug, die plante en die diere, ... Mag ons rentmeesters wees van u skepping tot verheerliking van U en tot die voordeel van ons nageslag. (Met dank aan ds David Botha) SINODALE NUUS 1. Biddag vir Dowes 7 September Vir Sondag se erediens: Met Nasionale Biddag vir Dowes op Sondag 7 September, kan gemeentes bid vir die Here se pad met persone met gehoorverlies. Die NG Kerkfamilie is reeds 133 jaar betrokke hierby deur sy verbintenis aan die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) en offers ten bate van Dowes. Onderaan is meer. Twee PP-aanbiedinge, 'n korter een wat fokus op die Biddag (sake vir voorbidding) en 'n langer weergawe met meer oor die werk van NID is by NUUT op www.kaapkerk.co.za beskikbaar. 2. September is Seisoen van die Skepping Die Sondae in September (en die dae daarrondom) word as die Seisoen van die Skepping ingerig. Dit wil ons help om ons verbondenheid met die skepping te herontdek as ons op God as Skepper en die kosmos as skepping fokus. 'n Basisliturgie is hier beskikbaar .

Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

  • Upload
    ledien

  • View
    280

  • Download
    34

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

VrydagNuus5 SEPTEMBER 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Here, U wat vir alles sorg soos 'n Vader;Ons wy aan u die waters en die woude,die grond en die lug,die plante en die diere, ...Mag ons rentmeesters wees van u skepping tot verheerliking van Uen tot die voordeel van ons nageslag.(Met dank aan ds David Botha)

SINODALE NUUS1. Biddag vir Dowes 7 SeptemberVir Sondag se erediens: Met Nasionale Biddag vir Dowes op Sondag 7 September, kan gemeentes bid vir die Here se pad met persone met gehoorverlies. Die NG Kerkfamilie is reeds 133 jaar betrokke hierby deur sy verbintenis aan die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) en offers ten bate van Dowes. Onderaan is meer. Twee PP-aanbiedinge, 'n korter een wat fokus op die Biddag (sake vir voorbidding) en 'n langer weergawe met meer oor die werk van NID is by NUUT op www.kaapkerk.co.za beskikbaar.

2. September is Seisoen van die Skepping Die Sondae in September (en die dae daarrondom) word as die Seisoen van die Skepping ingerig. Dit wil ons help om ons verbondenheid met die skepping te herontdek as ons op God as Skepper en die kosmos as skepping fokus. 'n Basisliturgie is hier beskikbaar.

3. NGK: Artikel 1 se Wysiging – PP beskikbaarVir gemeentes: diegene wat tans besig is met die proses rondom die voorgestelde wysiging van artikel 1 van die Kerkorde, kan oorweeg om 'n PowerPoint-aanbieding hiervoor te gebruik. Dit skets die aanloop tot die voorstel en die proses om die voorstel tot stemming te bring. Kry dit (as PP of as pdf-dokument) op www.kaapkerk.co.za - klik hier.

4. Communitas: VBO oor Prediking

Page 2: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Communitas bied van 16-18 September 'n kursus oor prediking, Die Patos van Prediking, aan. Ian Nell, Johan Cilliers en Elmé Bosman kyk na wat gebeur as ʼn mens met die Woord van God werk. Om dit te ontrafel, in ʼn nuwe vorm te giet en uiteindelik voor te dra, bly ʼn menslike proses – dis tegelyk ʼn kruis, ongelooflike moeite en harde werk en terselfdertyd iets wat nie die produk is van ons harde werk nie. Aangeheg is meer. Skryf voor 11 September in – inskrywingsvorms is hier.

5. Arbeidsbediening: Biblia en CSO NIE dieselfdeSpesifiek vir die aandag van lidmate wat bydra vir die werk onder vissers! Daar is blykbaar steeds verwarring oor die verskil tussen Arbeidsbediening se Biblia Hawesending (sien hier meer oor hulle werk met mense binne die arbeidswêreld van Handel & Nywerheid, Transnet en Vissers voer) en die CSO. Oorweeg asb om hierdie inligting spesifiek onder gemeentelede se aandag te bring. Lees hier.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Gegroet: Henry Murray, vriend, kollega, steunpilaarNa ’n maande lange stryd teen kanker, is Henry Murray, visie-prinsipaal en dosent in Missiologie by die Murray Teologiese Kweekskool te Morgenster, Zimbabwe, op Vrydag 29 Augustus van ons weggeneem. Ons innige meegevoel gaan aan sy vrou, Susan, wat hom met deernis en liefde bygestaan het, hulle kinders, Cecile en Andries, George en Minette, Karien en Nick, Sanja en kleinkinders. Lees die KGA-huldeblyk by http://www.kga.org.za/wp/. Ander huldeblyke is te lese op die KGA-Facebook by https://www.facebook.com/KommissieGetuienisaksie. Meer oor die dankdienste vir Henry se lewe is onderaan.

2. VrydagNuus tot jou Diens!Een van die groot doelstellings van VrydagNuus is om vir predikante, gemeentes en lidmate 'n goeie diens met nuus en inligting te lewer. Die idee is dat daar iets van waarde vir personeel in kerkkantore, vir die gemeente se werking, vir Sondag se erediens, vir predikante se welwese en ook vir lidmate se kennis, opbou (en soms selfs vermaak!) moet wees. Help asseblief hiermee: moedig lidmate aan om in te teken en stuur nuus en inligting na [email protected].

3. Kerkkantore: Salarisse & Tussentydse RekonsiliasieSkribas, kassiere en andere gemoeid met salarisse: let asseblief op belangrike inligting vanaf die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) oor die indiening van die halfjaarlikse rekonsiliasie (“Employer Interim Reconciliation) wat tans geskied. Dit is aangeheg beskikbaar.

4. Let Op! US Kweekskool/Communitas GesluitDie Kweekskoolgebou op Stellenbosch is die afgelope tyd in die proses van herbedrading. Gedurende die reses van Vrydag 5 September tot Saterdag 13 September word die hoofdistribusiebord geskuif en sal die hele

Page 3: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Kweekskoolgebou, insluitend ONT, die Attie van Wijk, die biblioteek, Communitas, Argief ens, elke dag die hele dag sonder krag wees. Personeel gaan egter voort met hulle werk. Lees asseblief onderaan hoe om in daardie tyd met hulle kontak te maak.

5. CABSA: Kerke, Kanale van Hoop OpleidingMIV en VIGS is steeds 'n uitdagende saak om sinvol in geloofsgemeenskappe te hanteer. CABSA, die Christen VIGS Buro vir Suidelike Afrika, bied 'n wonderlike geleentheid vir predikante en ander gelowiges om hulle kennis en ervaring oor MIV uit te brei. Lees onderaan meer oor so 'n opleidingsgeleentheid van 20-26 Oktober in Constantia. VBO-punte kan verdien word. Reageer voor 15 September.

6. RingsittingsUit Knysna laat weet Noeline Rossouw: “Ons Ring vergader op 8 September. Die Vleie Gemeente in Hoekwil bied die Ringsitting aan by die Wilderness Hotel in Wilderness. Ons begin die oggend met 'n ontbyt en draf die dinge vandaar af deur.” Dankie vir voorbidding vir hierdie vergadering. Die Wesland Verenigende Ring het reeds die afgelope week by NG Vredenburg Moedergemeente vergader oor 'n Nuwe generasie in die kerk.

7. Wêreldbiddag vir Vroue 2015Vir kerkkantore waar hard gewerk word aan 2015 se kalenders: Wêreldbiddag vir Vroue word volgende jaar op 6 Maart 2015 gehou. Die tema is deur die Wêreldbiddagkomitee van die Bahamas saamgestel en is: Jesus sê, “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het?” (Joh. 13:12). Kontak Joa van Aarde by 011 975 4598 of [email protected] vir meer besonderhede.

8. Goeie Luister = Genesing en MenswaardigheidIs 'n gebrek aan doeltreffende kommunikasie (én goeie luister) dalk deel van die geweldspiraal in die Midde-Ooste? “Bevryding en ’n nuwe lewensruimte ... is die ontvangkant van goeie luister. Die geskenk is menswaardigheid. Sou geloofsgemeenskappe die voorbeeld van ’n goedheidspiraal kon word? Daar waar geweldlose kommunikasie en respekvolle luister ervaar word?” Hieroor skryf Yolanda Dreyer in Die Burger. Belangstellendes kan die artikel hier lees. (Sien ook Nuwe Harte Luister na Mekaar onder.)

GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Heidekoppie: Alpha-kursusBy die Alpha-kursus word die basiese van die Christelike geloof op ’n informele, ontspanne manier oorgedra. Hierdie kursus word reeds in 169 lande (112 tale!) wêreldwyd aangebied en nou ook vanaf 19:00-21:00 op Woensdagaande van 6 Augustus - 15 Oktober by Heidekoppie – Die Gemeente met Oop Deure, Proteaweg, Proteahoogte. Skryf in by [email protected] en rig navrae aan Francois Preiss by [email protected]/076 595 2857. Die kursus kos R50.

Page 4: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

2. NG Parow-Panorama luister na Seksuoloog Etienne KokGaan luister by NG Parow-Panorama (Rembrandtsingel 14) na die bekende seksuoloog, dr Etienne Kok, as hy op Vrydag 19 September om 18:30 reguit kom vertel oor seksualiteit en die rol wat dit speel by kommunikasie en konflikhantering. Almal bo 18 jaar is welkom. Kaartjies kos R70 pp, wat 'n vingerete en 'n glasie wyn/sap insluit. Skakel die kerkkantoor by 021 930 3100 of e-pos Annelie Brits by [email protected] vir kaartjies. Geen kaartjies by die deure – slegs vooraf verkope.

3. Bellville De la Bat vier Week vir Dowes met OuerleidingkursusDie Bellville De la Bat NG-gemeente vir Dowes bied op Saterdag 6 September ’n ouerleidingkursus vir Dowe ouers met horende kinders aan. Dr Elize Morkel, kliniese sielkundige en deel van die sinodale taakspan vir menswaardigheid, gee leiding by hierdie geleentheid. Sy het oa jare se ondervinding van werk met Dowes. Meer oor hierdie baie belangrike saak is onderaan.

4. NG Gemeente Vasco: Week van Gebed en HerlewingWillie Viljoen laat weet: Vasco neem deel aan die week van gebed en herlewing (7-11 September). Die gebedsweek begin met 'n gebedsmars op Sondag 7 September om 14:30 vanaf NG Vrijzee na Soter Gemeente in Parow. Meer oor die res van die week is aangeheg.

KEN JOU AFKORTINGS1. AACCDie All Africa Conference of Churches (AACC) het onlangs 'n verklaring van simpatie oor die Ebola-krisis uitgereik. Dié organisasie, waarvan die NG Kerkfamilie deel uitmaak, is 'n ekumeniese liggaam wat meer as 120 miljoen Christene in 39 Afrika-lande verteenwoordig. Meer oor hulle visie en werk is hier beskikbaar.

2. RCZDie RCZ is die Reformed Church in Zimbabwe, wat vandag uit 18 ringe, meer as 80 gemeentes, ongeveer 80 leraars (waarvan agt in sinodale diens is), agt evangeliste en sewe geestelike werkers bestaan. Die getal belydende lidmate staan op sowat 100 000. Belangstellendes kan gerus op die KGA-webblad meer hieroor lees.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Bybel-Media Nuusbrief Kerkbode van 5 September is propvol nuus én sluit weer die Nuwe Hart-bylae in. Lees onder meer oor Jeugmentors wat kinders leer om te leef, Jaun Truter se tronklewe wat met die Alpha-kursus verander het en baie meer. Daar is ook nuus oor die tweede druk van Kerkbode se belydenisuitgawe, wat voor

Page 5: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

of op 9 September by [email protected] bestel moet word. Nuus oor Kruisgewys is ook deel van Kerkbode; klik hier.

2. Nuwe Hart-Bylae: Nuwe Harte Luister na MekaarNuwe Hart Sondag: 14 September. Gemeentes word uitgenooi om oor die tema Nuwe Harte luister na mekaar te gesels. 'n Publikasie met uitstekende artikels oor die tema is nou beskikbaar op die webblad: http://www.nuwehart.com/Koerant_19.htm.

3. Pamflet: Bettysbaai Oord vir Kamp/KonferensieOp soek na 'n kampplek, naweek se wegbreek of konferensiegeriewe? Onthou gerus van die Bettysbaai Oord, besit en bestuur deur die Ring van Parow. Daar is onder meer 13 goedtoegeruste woonstelle met slaapplek vir 4-6 persone ... én 'n spesiale aanbod geld tot 30 September! Die pamflet met meer inligting is by NUUT op www.kaapkerk.co.za beskikbaar. Skakel Hettie by [email protected] of 028 272 9201.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Wellington-Noord: BasaarAlmal word hartlik uitgenooi na Wellington-Noord se basaar op Saterdag 6 September om 09:00. Ontbyt en braaivleis middagete kaartjies teen R40 beskikbaar by kerkkantoor 021 873 2763. Wors, maalvleis, hoender, mark- en plantetafel, tuisgebak, tuine en tossels, pannekoek, kinderspeelgoed en -vermaak, wit olifant tafel en kafee/deli. Kom kuier en vier saam fees! “Voorwaar ’n basaar om nie te mis nie,” laat weet Marita by die kerkkantoor.

2. NG Gemeente Philadelphia: BasaarPhiladelphia hou hulle jaarlikse aand-basaar op Vrydag 5 September vanaf 17:00 op hulle kerkplein. Dit is altyd 'n heerlike wegbreek vir stadsmense om in die landelike omgewing te kom ontspan. Die basaar het al naam gemaak vir die heerlike vleis en tot drie ton wors wat jaarliks verkoop word! Heerlike potjiekos en ander lekkernye soos roosterkoek, vetkoek, pannekoek en pasteie te koop. Gaan kuier lekker om 'n groot kampvuur, terwyl daar opwindende vermaak vir die kinders aangebied word. Hulle pamflet is hier beskikbaar.

3. NG Gemeente Gordonsbaai: DankfeesGordonsbaai hou Dankfees op Vrydag 5 en Saterdag 6 September in Kusweg, Gordonsbaai – by die kerk. Gaan geniet potjiekos, basaarkerrie, 'n teetuin en al die ander gunstelinge, insluitend vars produkte en 'n vleistafel. Baie om te doen, ook 'n springkasteel en heerlike musiek heeldag. Skakel 021 856 1654 vir etekaartjies en meer inligting of klik hier.

4. Stap vir Badisa Ruyterwacht Senior Sentrum

Page 6: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Op Saterdag 27 September word daar by D’Aria (buite Durbanville) gestap, gehardloop en fietsgery ten bate van Ruyterwacht Senior Sentrum. Die eerste wegspringtyd is reeds om 08:00. Allerhande stalletjies en kindervermaak maak dit 'n heerlike gesinsdag! Kontak 021 534 3090 vir meer en skryf in by www.ruyterwachtseniors.co.za. Klik ook hier.

5. NG Gemeente Parow-Welgelegen: Uitreikmark'n Uitreikmark word gehou by NG Welgelegen (La Provenceweg 47) van Woensdag 24 – Vrydag 27 September. Vrydag 10:00-18:00 en Saterdag 09:00-13:00 vir maksimum blootstelling aan deelnemende instansies. Gaan ondersteun gerus die stalletjies, kunsartikels en restaurant met allerlei eetgoed. Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 021 558 0014/5.

6. NG Gemeente Stellenberg: FeesmarkStellenberg se immergewilde Feesmark vind vanjaar van 22 Oktober tot 8 November plaas. Inkopietye Ma-Vry 10:00-20:00 en Sat 10:00-18:00. Die 350 stalletjies met 'n groot verskeidenheid kreatiewe, handgemaakte items, saam met die restaurant en deli, waar middag- en aandetes soos afval en hoenderpastei, asook ligte, gesonde maaltye geniet kan word, maak dit 'n treffer. Die Feesmark ondersteun organisasies wat hulp aan minderbevoorregtes lewer. Sien meer of besoek www.stellenberg.co.za.

7. NG Gemeente Swartland-Noord: BasaarAlmal word uitgenooi om op 27 September Swartland-Noord (Malmesbury) se groot basaar, 50 Jaar van Genade en Vreugde, te gaan ondersteun. Dit vind plaas by die kerk vanaf 08:30. Ontbyt, hamburgers, hotdogs, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, pasteie, brood, kindertafel en vermaak, teekamer en vele meer. Moenie die vleistafel misloop nie! Skakel die kerkkantoor by 022 482 1407 vir meer inligting.

8. NG Gemeente Kenridge: Kuns vir die Koning'n Herinnering: Kenridge se Kuns vir die Koning met God die Meesterbouer vind op Saterdag 13 September om 18:30 op die kerkperseel plaas. 'n Keurige kunsuitstalling, betowerende sang deur Andriëtte Norman, asook heerlike wyn en eetgoed. Kaartjies, teen slegs R 150, te koop by die kerkkantoor 021 913 4206 of [email protected].

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is op Kerkbode se webblad by Meer - Vakatures.

1. NG Gemeente Leeu-Gamka: Vaste Termyn of TentmakerposDie NG Gemeente Leeu-Gamka is ’n uitgestrekte plattelandse gemeente geleë aan die N1, halfpad tussen Laingsburg en Beaufort-Wes. Hier is tans 'n vakature

Page 7: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

vir 'n vaste termyn leraar of tentmaker. Lees onderaan en reageer dan teen 19 September.

2. NG Gemeente Bethlehem-Éfrata: MedeleraarOns herinner hieraan: die kerkraad van die NG Gemeente Bethlehem-Efrata in die Vrystaat Sinode stel die vakature vir 'n medeleraarspos bekend en wag biddend aansoeke in. Meer oor die vereistes en verantwoordelikhede is hier. Reageer voor 3 Oktober 2014.

3. Bybelgenootskap van SA: ProjekbeampteDie Bybelgenootskap van SA se Departement Vertaling in Bellville wag aansoeke in vir 'n Projekbeampte. Dit is 'n vyfagstes-pos vir die duur van die Afrikaanse Bybelvertalingsprojek. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 12 September en meer inligting is op www.kaapkerk.co.za – klik hier.

Ten LaasteSelfs deur óns werk God.Ons verwonder ons hieroor,want ons is kleipotte wat maklik breek.

- 'n Uittreksel uit die Sinode van 2007 se Verbintenis. Dit is die moeite werd om die volledige verbintenis (weer) te lees. Dis vandag nog net so geldig en aktueel soos 7 jaar gelede.

VrydagNuus-groete.

Marieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

NASIONALE BIDDAG VIR DOWESMet Nasionale Biddag vir Dowes eerskomende Sondag (7 September), wat ook in Maand van Dowes val, rig ons weer ons fokus op wat die Here vir persone met gehoorverlies bestem.

Die NG Kerk is reeds 133 jaar betrokke by hierdie plan deur sy verbintenis aan die Nasionale Instituut vir Dowes (NID). NID is in 1881 onder die naam “Doofstommen Instituut” gebore uit die kerk om die behoefte van Dowe lidmate wat nie toegang tot die Woord van die Here gehad het nie, aan te spreek.

Page 8: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

En tot vandag toe, is die kerk deel van die uitvoering hierdie werk deur gereelde lofoffers ten bate van die Dowes.

“Die volgehoue ondersteuning van die Kerk is die naelstring wat NID vir meer as ’n eeu aan die lewe gehou het,” sê NID adjunk-uitvoerende direkteur Natale Roelofse. “Sonder die ondersteuning van gemeentes regoor die land, sou dit nie moontlik wees om steeds opvoeding, opleiding en sorg aan Dowes te bied nie.”

Waarvoor bid ons?

• Dank die Here vir die opleiding van Dowe predikante en pastore die afgelope 8 jaar;• Ons loof die Here vir die groeiende Dowe geestelike gemeentes en Dowe-gemeenskappe in Suid-Afrika en Afrika;• Ons bid vir die geestelike nood en honger onder Dowes in Suid-Afrika en Afrika;• Bid vir die eensaamheid en isolasie van Dowes en persone met gehoorverlies;• Bid vir die hoë werkloosheidsyfer onder Dowes in Suid-Afrika.

Sien ook die PP-aanbieding met gebedsvoorstelle, sowel as die PP oor die werk van NID by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

VBO-KURSUS OOR PREDIKINGDIE PATOS VAN PREDIKING

Communitas bied van 16-18 September 'n kursus aan oor Prediking: Die Patos van Prediking, aangebied deur Ian Nell, Johan Cilliers en Elmé Bosman.

Wat gebeur as ʼn mens preek? Ons werk met die Woord van God, maar ons weet dat die proses om hierdie goddelike Woord te ontrafel, in ʼn nuwe vorm te giet en uiteindelik voor te dra ʼn menslike proses is. Dis iets wat tegelyk ʼn kruis, ongelooflike moeite en harde werk is en terselfdertyd iets wat nie die produk is van ons harde werk nie.

ʼn Mens kan ook die vraag vra: hoe praat God deur die stem van die prediker? Of ʼn mens kan dit andersom vra: Hoe kommunikeer die prediker die stem van God?

Daar gaan o.a. gepraat word oor:

• Hoe gaan dit met die prediking in ons gemeentes? En met ons as predikers?• 'n Kort inleiding oor die homiletiese situasie, wat gaan aan in die wêreld waarin ons moet preek en wie is die mense vir wie ons preek?

Page 9: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

• Vertel jou eie preekverhaal - sterk punte en leemtes word ontdek rondom die "ek" in die prediking• Wat is die ideaal? Wat kan prediking doen? Wat kan dit nie doen nie? Wat verstaan ons onder prediking? Teologie van die prediking• Wat leer ons uit die Joodse en vroeg Christelike tradisie in verband met die prediking? Watter rol het prediking in die Nuwe Testament gespeel?• Wat is 'n geloofwaardige respons? Hoe maak ons skuiwe? 'n Preekmaak-metode. Aandag aan vormgewing in die preek.

Inskrywingsvorm is beskikbaar by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

Sperdatum Donderdag 11 September.

Kontak Wilma le Roux by 021 808 3624 of [email protected] vir meer inligting.

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

BIBLIAEEN-STOP EKUMENIESE SENTRUM VIR SEELUI

By donateurs is verwarring oor wie Biblia is en wie is CSO (Christelike Seemansorganisasie). Meegaande dui die onderskeid aan vanuit historiese perspektief.

• Ekumeniese bedieningBetrokkenheid van Evangelie aan Seelui – ook bekend as Biblia, by hawesending is ’n ekumeniese sendingaktiwiteit waarby veral die NG Kerk, die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) en die Gereformeerde Kerke (GKSA) as konstituerende kerke betrokke is.

• Die kerk se markplein in die hawepoorteHawesending is die kerk se markplein in die hawepoorte van Suider-Afrika. Op hierdie markplein word die nasies van die wêreld ontmoet. In hierdie konteks gesien, is hawesending die bekostigbaarste vorm van sending want die sendingveld kom na die sendelinge en sendende kerke toe. Die bediening van die evangelie aan seelui is daarop gerig om die kernwaarheid van die evangelie (Joh 3:16) aan alle volke en nasies tot aan die einde van die aarde in alle tale te verkondig (Matt 28:19 en Hand 1:8).

Wat Suider-Afrika betref, is daar elke dag al langs die kuslyn, van Richardsbaai tot Walvisbaai sendingvelde. Kaapstad-gemeentes se sendingpoorte is Tafelbaai, Houtbaai en Kalkbaai. So ook aan die Weskus by Saldanha en in die Suid-Kaap by Mosselbaai. Daar is ook Durban, Oos-Londen en Port Elizabeth. Wat 'n leemte en

Page 10: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

honger-dieet laat die hawens van die wêreld wat nie hierdie kosbare geleentheid benut om die evangelie te verkondig nie!

Met Biblia as noemnaam vir die toegespitste bediening van die Evangelie aan Seelui wat die Suider Afrikaanse kuslyn aandoen, is veral Tafelbaai een van die evangeliepoorte na die wye wêreld.

• Stigting van Biblia-Evangelie aan SeeluiMet verloop van tyd het die bediening ’n meer georganiseerde beslag gekry toe dit bedryf is in die naam van Christelike Seemans Welsyn Organisasie (CSWO). Die naam CSWO het later verander na CSO, met weglating van “welsyn” uit die naam. Alhoewel die CSO hoofsaaklik uit lidmate van die sogenaamde drie Afrikaanse kerkverbande nie-amptelik saamgestel was, het dit nie interkerklike status gehad nie. Leemtes as welsynorganisasie het duidelik na vore gekom wanneer versoeke om vrywillige donasies vir die bediening aan die breër kerkverband van die onderskeie kerke gerig is.

In 1977 is hierdie probleem sterk aangespreek deur die Gereformeerde Kerk, die NG Kerk en die NG Sendingkerk (tans die Verenigende Gereformeerde Kerk, VGK) en aanvanklik ook die NH Kerk. Talle samesprekings is gevoer om 'n grondwet en reglement saam te stel ten einde aan die bediening offisieel 'n meer interkerklike karakter te gee. In hierdie onderhandelinge was die deelnemers wat die leiding geneem het: ds Okkie Raubenheimer, destydse voorsitter van die Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (NG Kerk in SA, Wes-Kaap), ds Johnnie van der Merwe, Nywerheidsleraar in Sinodale Diens (NG Kerk Wes-Kaap), dr André Dreyer (Ned Hervormde Kerk Kaapstad) en dr Pieter Bingle (Gereformeerde Kerk Kaapstad).

Die Gereformeerde Kerke (Kaapstad, Grassy Park en later Bellville-Oos), die NG Kerk en die destydse NG Sending Kerk (later bekend as VGK) het gekonstitueer as 'n interkerklike komitee, bekend as Biblia – Evangelie aan Seelui. Hierdie historiese besluit is op 9 Junie 1977 in die konsistorie van die Gereformeerde Kerk Kaapstad, Hofstraat 2, Tuine, geneem. Die akte van ooreenkoms tussen genoemde kerke het aanbeveel en versoek dat plaaslike gemeentes vrywillig oor deelname besluit. Die uitslag van die vermoeiende en langdurige samesprekings was dat uiteindelik nié al die genoemde Kerke 'n vennootskap gevorm het nie. Die Hervormde Kerk het verkies om as die meer vrye welsynorganisasie, CSO, voort te bestaan. Daarmee het CSO die bates, kaart en transport behou. Biblia moes van nuuts af begin.

CSO is 'n vrye Christelike (welsyn)organisasie en het sekerlik reg van bestaan. Die lastigheid, verwarring en verleentheid teenoor veral donateurs en buitestaanders rondom die bestaan van twee organisasies van reformatoriese oortuiging in dieselfde skeepswerf is nie die ideaal nie. Dit verwar donateurs oor wie Biblia is en wie is CSO. Gedurende die afgelope jare was daar van tyd tot tyd pogings om die verwarring tussen Biblia en CSO uit te skakel deur eenwording te bepleit. Die inisiatief is gewoonlik deur Biblia onderneem, helaas, sonder sukses. Gevolglik duur die verwarring voort! Baie donateurs en kerke dink hulle gee

Page 11: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

donasies aan Biblia terwyl die donasie(s) aan CSO gaan, waarskynlik andersom ook.

Hoewel dit meriete het dat "op allerhande maniere word Christus bekend gemaak" (Fil 1:18), is dit tog verwarrend.• Een-Stop Ekumeniese Sentrum vir SeeluiMet die aanloop van die tyd en sedert 1994 met die nuwe staatsbestel van die RSA moes die hawebestuur van Portnet strategies ingrypende veranderings aanbring. Veral ook vanweë onveiligheid ter see en in die wêreld se hawens sedert 11/09, met die katastrofiese treurspel in New York. Hawebestuur wêreldwyd was genoodsaak om aan die risiko-faktor ’n hoë prioriteit te gee. Toeganklikheid tot hawens is baie verskerp en beperkend ingeperk.

Die gevolg van genoemde faktore het meebring dat, in die geval van Tafelbaai, evangeliebedieninge, op las van Portnet se hawebestuur, moet konsolideer wat lokaliteit betref. Biblia is geïdentifiseer as die beste geleë ligging in Kaapstadhawe vir so ’n Een-Stop Ekumeniese Sentrum vir Seelui.

Hierdie verskuiwing na die Biblia-kiosk word oor ’n tyd infaseer na gelang die tydsduur van die onderskeie lisensies (waarvoor ’n aansienlike bedrag betaal word) van die verskillende belanghebbendes verstryk.

Met hierdie Een-stop Ekumeniese Sentrum vir Seelui / One Stop Ecumenical Centre for Seafarers betree seeluibediening ’n nuwe fase in Tafelbaaihawe. Elke afsonderlike seeluibediening mag sy eie identiteit, ook logo en etos behou, maar vanuit een gemeenskaplike ekumeniese sentrum. Hierdie besluit is in beginsel op 22 April 2013 in Portnet se kantoor van die hawebestuurder, mnr Johan Claassen geneem. Teenwoordiges: Chaplin Charles Lange (Missions to Seafarers), Mike Magee (MTS), ds Rodney van Wyk (Biblia voorsitter), me Carin Brink (Biblia) en dr Pieter Bingle (Biblia). Die beginselbesluit is op 26 Augustus 2013 by Biblia-kiosk gekonkretiseer tydens ‘n byeenkoms van verteenwoordigers van deelnemende kerke (vgl onderaan).

(Kerke en vrye organisasies wat nie wil deelneem aan die Een-Stop Ekumeniese Sentrum nie kan min, indien enigsins iets, van die Haweowerheid verwag).

Die volgende seeluibedieninge in Tafelbaai is (in alfabetiese volgorde) ter sprake:• AOS Apostleship of the Sea (Rooms Katolieke Kerk).• Biblia – Evangelie aan Seelui. GKSA, NGK en VGK.(CSO verkies om nie te deel in die gemeenskaplike Een-Stop Ekumeniese Sentrum vir Seelui nie. Die verwarring duur dus voort)• ISS – International Sailors Society Methodist, Presbyterian, Baptist en ander vrye organisasies soos die Koreaanse Mission to Seamen• MTS Missions to Seafarers (Anglikaanse Kerk)

Pieter BingleKaapstad

Page 12: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

30 Augustus 2013

Uittreksel uit langer dokument beskikbaar by www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Ander Dokumente.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

HENRY MURRAY – DANKDIENSTEDaar sal drie dankdienste ter ere van Henry se lewe gehou word:

1. Vrydag 5 September om 14:00 by die NG Moedergemeente, Drostdystraat 2, Stellenbosch. Die prediker is dr Johan Botha.

2. Vrydag 12 September om 14:00 te NG Gemeente Doornpoort, Boababstraat 841, Pretoria. Tydens hierdie diens tree prof Malan Nel as prediker op.

3. Dinsdag 16 September om 10:00 by die RCZ Morgenster Sendingstasie, Zimbabwe. Die diens sal onder leiding van dr R Rutoro van die RCZ plaasvind en word gevolg deur die begrafnis in die Morgenster Begraafplaas.

Kontak Kobus Odendaal by [email protected] vir meer inligting.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

EMPLOYER INTERIM RECONCILIATIONDear Employer

The employer interim reconciliation for the transaction period 1 March to 31 August 2014 is open between 1 September and 31 October 2014. During this period you should submit your interim reconciliation declaration to SARS.

In preparation for the reconciliation we would like to inform you of the changes you can expect. A number of changes are due to the introduction of the Employment Tax Incentive (ETI) which came into effect on 1 January 2014. Changes to the submission channels available to employers will also be introduced.

Changes to submission channels

Page 13: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Employers, who in the past prepared an off-line e@syFile™ Employer disk for submission at a SARS branch, need to note that this submission channel is no longer available.We would like to encourage you to submit your declaration through one of the following online channels:• eFiling – available to employers with less than 20 employees• e@syFile™ Employer – available to employers with any number of employees.

The only exception made for submission at branches will be for employers with a maximum of five IRP5/IT3(a) certificates.

As previously communicated, manually completed payroll tax forms dropped-off at a SARS branch or posted, will no longer be accepted from 30 August 2014.

Changes to the Employer Reconciliation Declaration (EMP501)To facilitate the ETI changes, new fields on the Employer Reconciliation Declaration (EMP501) have been introduced.

The financial information on the EMP501 now makes provision for the following new fields:• On the EMP501, you need to indicate if you want to claim for ETI. If you indicate that you want to claim, an additional section of the EMP501 will open and reflect ETI fields such as amount brought forward, calculated and utilised• The EMP501 header field will be pre-populated to reflect the reference numbers of the relevant payroll taxes (PAYE, SDL, and UIF).

Employee Tax Certificates [IRP5/IT3(a)]You need to indicate if an employee benefited from the ETI. If you answer yes, a page with ETI information will appear as part of the certificate.

Please note: ETI details must not form part of the certificate that is issued to an employee.New source codesDue to legislative changes we have introduced New Bursary/Scholarship Source Codes which are valid from the 2014 year of assessment:• Taxable Bursaries or scholarships – Further Education (PAYE) (NQF levels 5 to 10): Code 3820 (3870)• Non-taxable Bursaries or scholarships – Further Education (Excl) (NQF levels 5 to 10) – section 10(1)q Exempt portion only: Code 3821 (3871)]• Acquisition of an Asset – Immovable Property Source Code 3822 (3872) must be used for a Non-taxable Fringe Benefit – Acquisition of Immovable Property as contemplated in par 5(3A) of the Seventh Schedule from the 2015 year of assessment.

Changes to the Monthly Employer Declaration (EMP201)You are advised to make sure that you do not have any outstanding declarations and/or debt with SARS before you complete and submit your monthly EMP201.

Page 14: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Employers who have outstanding debt or returns will not be allowed to complete the ETI fields and will therefore not be able to claim for ETI.The financial fields on the EMP201 have been updated to reflect ETI Calculation details. The updated fields include open, pre-populated and auto-calculated fields. When completing your monthly EMP201 please note the following:• The PAYE, SDL, UIF liabilities, ETI calculated and ETI utilised are open fields which you need to complete• Penalties and interest is also an open field and should be completed. Outstanding amounts for penalties and interest can be found on your Statement of Account• SDL payable and UIF payable are pre-populated fields completed by SARS based on the liability amounts completed• Auto-calculated fields include Payroll liability, ETI carried forward, PAYE payable (PAYE liability less the ETI utilised) and total payable (the amount payable by you to SARS). You will not be able to change these amounts.

For more information visit the SARS website on www.sars.gov.za, or call the SARS Contact Centre on 0800 00 SARS (7277).

Sincerely

THE SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE September 2014

(Met dank aan die Salaris & Studielening-afdeling, NG Kerk in SA)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

COMMUNITAS EN FAKULTEIT TEOLOGIE-GEBOU KRAGLOOS, GESLUIT

Soos u dalk reeds weet, is die Fakulteit Teologie op Stellenbosch die afgelope tyd in die proses van herbedrading van die gebou, wat dringend nodig was. Hulle is nou aan die einde van die projek, MAAR dit beteken die distribusieborde moet vervang word en kabels moet aan die nuwe substasie gekoppel word. Dit gaan meebring dat al die krag in die gebou vir ʼn aantal dae aaneen af sal wees. Hulle het die moontlikheid van alternatiewe kragbronne vir die tydperk ondersoek, maar dit is nie prakties moontlik nie, aangesien dit juis van die kabels gebruik sal maak waaraan gewerk moet word.

Gedurende die reses van Vrydag 5 September tot Saterdag 13 September word die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe substasie gekoppel. Die hele Kweekskoolgebou, insluitend ONT, die Attie van Wijk, die biblioteek, Communitas, Argief ens, sal elke dag die hele dag sonder krag wees.

Page 15: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Gedurende daardie week sal daar GEEN kragtoevoer, GEEN telekommunikasies, en GEEN netwerk (internet) na die gebou wees nie.

Daar is dus besluit dat die hele gebou gedurende daardie week (8-12 September) gesluit sal wees. Personeel sal egter steeds met hul werk voortgaan, en Communitas-personeel kan op die volgende maniere gekontak word (in die geval waar landlyn-nommers genoem word, word die oproep herlei na die betrokke persoon se selfoon):

Ekklesia: Chrisna van der Merwe; [email protected] of 021 808 4269

Gemeentebegeleiding: Dr Frederick Marais by [email protected] of 021 808 3265Divine Robertson by [email protected] of 021 808 3265

Gemeente-ontwikkeling (GKS): Esther Blackaller by [email protected] of 021 808 9060

Jeug- en Familiebegeleiding: Gielie Loubser by [email protected] of 083 234 2178Sharon Naude by [email protected] of 072 437 2817

Kantoor vir Morele Waardes: Dr Chris Jones by [email protected] of 072 238 2526Dr Jeanette De Klerk-Luttig by [email protected] of 082 784 3484

Ontvangs: Joanie Batt by [email protected] of 021 808 3381

Predikantebegeleiding: Dr Pierre Goosen by [email protected] of 083 630 5676Adrienne Bester by [email protected] of 021 808 3382

VBO-kantoor: Dr Coenie Burger by [email protected] of 083 375 8863 Wilma le Roux by [email protected] of 021 808 3624

Vrouebegeleiding: Esther Blackaller by [email protected] of 021 808 9060

Fakulteit Teologie:Vir inligting oor die werksaamhede aan die Fakulteit Teologie-kant, kontak asseblief vir Liena Hoffman by 083 266 0527.

Argief:Die Argief is gesluit van Maandag 8 September tot Vrydag 12 September 2014.

Page 16: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Dringende navrae kan steeds gerig word aan [email protected]. Neem asseblief in ag dat die personeel (weens die kragonderbreking) nie toegang tot die kluise of die netwerkbediener het nie en dus slegs baie beperkte antwoorde sal kan verskaf. Die webblad bly egter aktief: http://kerkargief.co.za.

Skakel met ds Bossie Minnaar (Saakgelastigde) as daar werklik ’n baie dringende navraag is (083 270 5211 of 021 957 7104).

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

CABSAKERKE, KANALE VAN HOOP

MIV en VIGS bied steeds baie uitdaginge en bly 'n moeilike saak om sinvol in geloofsgemeenskappe te hanteer. CABSA, die Christen VIGS Buro vir Suidelike Afrika, bied 'n wonderlike geleentheid vir predikante en ander gelowiges om hulle kennis en ervaring oor MIV te verdiep en uit te brei.

Die Kerke, Kanale van Hoop-program verander reeds 13 jaar gemeenskappe en individuele lewens. In hierdie in-diepte opleiding word potensiële fasiliteerders begelei om:• die MIV virus en die drywers van die epidemie beter te verstaan, • God se stem binne die epidemie te hoor en • “VIGS-bekwaam” te wees in hulle optrede en programme.

Ons nooi jou om van 20 tot 26 Oktober by die Schoenstatt Retreat and Conference Centre, Constantia, Wes-Kaap met 'n groep van verskillende agtergronde, denominasies en gemeenskappe saam te leer, te dink, te bid, te praat en te beplan, om 'n kanaal van hoop in die MIV-epidemie te wees, waar jy ook al is.

Meer inligting oor hierdie wonderlike program (wat in Engels aangebied word), praktiese inligting oor hierdie opleidingsgeleentheid, aansoekvorms en kostes is beskikbaar op http://www.cabsa.org.za/content/churches-channels-hope-facilitators-training.

NG predikante kom in aanmerking vir 30 VBO-punte as hulle die kursus suksesvol voltooi.

Aansoeke moet ons teen 15 September bereik. Subsidies is beskikbaar.

Vir meer inligting kontak Aneleh Fourie-le Roux by [email protected].

Page 17: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BYBEL-MEDIAJOU BEDIENINGSVENNOOT VIR 2014

Nuusbrief 14/2014Lees in die Kerkbode van 5 September ...Jeugmentors ‘leer kinders om te leef’In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy beslag gekry. Jeugmentors is jongmense wat primêr deur gemeentes aangestel word, maar hoofsaaklik in skole werk. Hulle help tieners met allerlei lewensvrae, onder meer op geestelike terrein. En die skole kan nie dink hoe hulle sonder hulle sou kon klaarkom nie. Dis ’n model waarna die res van die kerk met vrug sou kon kyk.

Jaun Truter ......het jare in die tronk gesit. Deur die alpha-kursus het hy in die gevangenis by die Here uitgekom. Vandag is hy die koördineerder van die alpha-kursusse in gevangenisse in die Wes-Kaap.

Die Optog van die Narre ...... is ’n jaarlikse instelling in die middestad van Pretoria. Dis deel van ’n groter bediening wat allerlei maatskaplike probleme hanteer en mense help om heel te word. Lees ook:• Die omvang van die NG Kerk se maatskaplike werk.• In Bloemfontein gaan geloof oor tot aksie.• Geloof is ’n reis saam met Jesus.

Nuwe Hart-bylaeDie derde van 2014 se Nuwe Hart-bylaes is ingebind in die jongste Kerkbode. Met die tema Luister na mekaar sluit dit aan by die Seisoen van Menswaardigheid.Gebruik, waar moontlik, van die inligting tydens die erediens op Sondag 14 September.

KruisgewysDie inhoud van die September-uitgawe van Kruisgewys belig die Seisoen van Menswaardigheid uit verskeie hoeke. Dié publikasie word hierdie week na al die leraars per pos versend.

Indien enige leraar die Kruisgewys nie ontvang as gevolg van gemeente-wisseling, aftrede of ander rede, is jy welkom om jou adresbesonderhede per e-

Page 18: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

pos te stuur na: [email protected] en jou besonderhede sal op die databasis reggestel word.

Inligting, navrae en diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822• Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] • Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za Groete uit Wellington.

Hans SteynBybel-MediaE-pos: [email protected] Tel: 021 864 8223

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE BELLVILLE DE LA BATINTERNASIONALE WEEK VIR DOWES GEVIER MET

OUERLEIDINGKURSUS

Die Bellville De la Bat Gemeente vir Dowes bied op Saterdag 6 September ’n ouerleidingkursus vir Dowe ouers met horende kinders aan. Dr Elize Morkel, kliniese sielkundige en gedoktoreerde in pastoraat asook deel van die sinodale taakspan vir menswaardigheid, gee leiding by hierdie geleentheid. Sy het onder andere jare se ondervinding van werk met Dowes.

Dowes het hulle eie taal en kultuur wat direk saamhang met hulle gehoorgestremdheid. Lg isoleer hulle grootliks van die horende wêreld. Dowes het egter merendeels horende kinders. Dit stel 'n geweldige uitdaging aan hulle om kinders op te voed vir 'n lewe binne beide die Dowe gemeenskap, asook in 'n hoofsaaklik horende samelewing. Die dominante taal en kultuur van horendes is Dowes se tweede taal en kultuur waartoe hulle weens hulle gehoorbeperkinge nooit vrye toegang verkry nie en dit sal dus altyd vir hulle 'n vreemde taal en kultuur bly. Voeg hierby dat sulke ouers dus ook minimum toegang het tot algemene ouerskapleiding wat horendes daagliks deur die media kry. Met die ekstra uitdaging wat hulle het om hulle kinders vanuit hulle eie Gebaretaal en Dowe-kultuur op te voed vir beide die Dowe en horende wêrelde, het die kerk 'n reuse taak om sulke ouers toe te rus en by te staan.

De la Bat Bellville gemeente vir Dowes het die uitnodiging na hierdie kursus so wyd moontlik gemaak as deel van hulle maatskaplike dienste aan Dowes in die

Page 19: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Stad Kaapstad. Die oorweldigende belangstelling vir hierdie kursus weerspieël die behoefte daaraan.

Jan H Nieder-Heitmann (Dr)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE VASCOWEEK VAN GEBED EN HERLEWING

Die NG Gemeente Vasco neem deel aan die week van gebed en herlewing (7-11 September). Die gebedsweek begin met 'n gebedsmars.

Ons nooi alle lidmate uit om deel te neem aan ons gebedsmars wat op Sondag 7 September om 14:30 vanaf NG Vrijzee begin na Soter Gemeente in Parow en terug.

Ons as gemeente wy daagliks 'n gebedsuur om 19:00 in ons kerkgebou waar ons 'n gebedsmuur inrig. Ons wy Woensdag in die besonder aan gebed, waar lidmate hulleself tot 'n spesifieke uur verbind. Tussen 08:00 en 20:00 is almal welkom om by die gebedsmuur in die kerk te kom bid.

Sien ook Facebook@7daysonthewall en www.globalprayerwatch.org/7days vir meer inligting.

Navrae: Willie Viljoen 082 853 5652Vasco se kerkkantoor: 021 591 8811

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE LEEU-GAMKAVASTE TERMYN- OF TENTMAKERSPOS

GemeenteprofielDie NG Gemeente Leeu-Gamka is ’n uitgestrekte plattelandse gemeente geleë aan die N1, halfpad tussen Laingsburg en Beaufort-Wes. Die gemeente het 70 belydende en 15 dooplidmate. Feitlik alle besoekpunte is op plase.

Leraarsprofiel Geordende predikante en emeriti kan aansoek doen.

Page 20: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Aansoeke deur proponente word verwelkom. Pligte volgens artikel 9 van die Kerkorde. Bereidheid om dienste aan die VG Kerk te lewer. Ondervinding van en liefde vir die plattelandse bediening. Kontraktyd is een jaar met die opsie om jaarliks te hernu.

Vergoeding Billike vergoeding en byvoordele sal onderhandel word en jaarliks hersien word. Subsidie deur die Sinode vir ’n proponente-aanstelling word ondersoek. Gratis pastorie. Geen mediese bydrae. Vaste termyn- en tentmakersposte is pensioendraend (KO 2011; Regl 12 en 13; 2.3.4).

AansoekprosedureStuur ’n CV en twee verwysings na:Per pos: Die Skriba, Posbus 10, Leeu-Gamka 6950Per e-pos: [email protected]

Sluitingsdatum: Vrydag 19 September 2014.

Vir navrae kontak:Voorsitter Diensverhoudingskommissie, Oudl F Botes, 023 521 2119 of 082 705 2667Kerkkantoor, D le Grange, 023 521 2013 of 083 444 3869.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE BETHLEHEM-ÉFRATAMEDELERAAR

Die kerkraad van die NG Gemeente Bethlehem-Efrata stel die vakature vir 'n medeleraarspos bekend en wag biddend aansoeke in.

LERAARSPROFIELProponente en leraars word vir die vakature oorweeg.Moet 'n aanvoeling vir jeugwerk en bejaardes hê.Bereidheid tot gemeentewerk in sy breedste omvang (KO Art. 9).Persoonlikheid vir samewerking in medeleraarskap.Gereformeerde benadering veral t.o.v. prediking en erediens inkleding.Inpas by bestaande gemeente-spiritualiteit.

GEMEENTEPROFIEL

Page 21: Web viewword die hoofdistribusiebord geskuif en al die kabels na die nuwe ... In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy

Bethlehem-Efrata is een van sewe NG gemeentes in Bethlehem. Ons is 'n gasvrye gemeente wat werk binne 'n tradisionele omgewing. Die lidmate se ouderdomme is gebalanseerd met baie ouer en jonger lidmate.

VERGOEDINGVergoeding en byvoordele is ooreenkomstig sinodale riglyne en sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

AANSOEKE'n Aansoekvorm/vraelys en CV kan per e-pos aangestuur word na die skriba by [email protected]. Aansoekvorms is beskikbaar by die kerkkantoor (058 303 4554).

Navrae kan gerig word aan die kerkkantoor, ds Tertius Lamprecht (082 499 0590), Gerrie Roetz (082 771 5574) of At Cilliers (082 412 2558)

SLUITINGSDATUM: 3 Oktober 2014

DIENSAANVAARDING: Januarie 2015 onderhandelbaar met die geskikte kandidaat.

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------