VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR Ds Michiel de Kock
LEEF DIE NUWE LEWE (KOL. 3:1 – 17)
Wat ‘n wonderlike, hoopvolle wete, dat ons nou reeds die nuwe lewe in Christus het! Vir God se kinders is dit nie ‘n miskien eendag nie, nee, die Good News Bible sê so mooi: “You have been raised to life with Christ.”
Gemeente, kinders van God het ‘n voorsprong, ons is deel van die lewe en oorwinning wat God gee. Hoewel
die dood en die donkerte nog ‘n werklikheid is wat ons op aarde kan teëkom, het ons klaar die lewe in Christus. Ons deel in Sy oorwinning, ons het ook saam met Hom die sonde afgesterf.
Daarom laat ons dan leef in die LIG en ons daagliks beklee met Jesus Christus en dit waarvoor Hy staan. Wanneer ons as’t ware Christus aantrek, dan sal in ons denke, besluite, dade en verhoudings met alle mense, Jesus Christus sigbaar word . Ons sal vanuit God se perspektief leef en optree en dit sal mense na Hom toe aantrek. Mag God ons hierin seën. Michiel.
AANDDIENS VANAAND @ 18:00 Die reeks “KOM SIT ‘N BIETJIE” gaan voort en hierdie week gesels ons met Rudolf van Rensburg
van Burgundyrestaurant. Ons praat met hom oor
hoe werk ‘n christen vandag in die besigheidswereld. Ons nooi ook graag alle
volwassenes om saam te kom gesels. Welkom!!
DEURKOLLEKTE VANOGGEND
Spes Koll. KANSA
13 Oktober 2019
HARTLIK WELKOM!
‘n Amerikaanse skrywer met die naam van John Updike kyk krities na die kerk en hy sê die kerk laat hom dink aan ‘n groot Coca-Cola advertensie soos dié op straat, buite ‘n kafee. Coca-Cola maak jou bewus van jou dors en bied ‘n lafenis aan, maar Coca-Cola gee dit nie vir jou nie. Nog minder verniet! Só ook die kerk. Die kerk preek liefde en genade, maar bied dit nie altyd kosteloos aan nie. In 2010 is ‘n meningsopname aan 18 000 mense gegee met die oog op ‘n debat tussen Tony Blair en uitgesproke ateïs Christopher Hitchens. Die een vraag was: “Is religion a force for good?”. Op hierdie vraag het 52% van die ondervraagdes geantwoord “religion does more harm than good”. Ons moet hiervan kennis neem. Ons moet waardering hê vir ons gemeente se betrokkenheid in die breë Hermanus gemeenskap – hetsy saam sit om ‘n tafel, sopkombuis, klerebank, maatskaplike dienste en pastorale versorging oor die grense, maar óók vir die uitreik soos na Vosburg en die Transkei. Ons gemeente se bedieninge en uitreike is in lyn met die Skrif: “Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie”, anders gestel “See to it that no one misses the grace of God ...” (Hbr. 12v15). Die gemeente Onrusrivier bied meer as ‘n groot Coca-Cola advertensie lang die pad. Ons is ‘n stroom van lewende water en elkeen wat dors het, mag kom en drink (Joh. 7v37-38). En, dis verniet! Dis genade! (Jes. 55v1) SOLI DEO GLORIA
Wees LIG! HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS Die Gasvryheidspan ontmoet u graag by die nag-maalstafel direk na die erediens. U is so welkom!
WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?
DINSDAG 15 OKTOBER SOPKOMBUIS 18:00 MEDITASIEDIENS in die Konsistorie. Ons nooi u om saam te kom stilword met Woord & musiek. (Dr Wilhelm Burger gaan voor). Hartklik welkom!
ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Haarkapper: Mariaan Visser (082 877 8546) is ons haarkapper. Kliniek: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 vir 'n afspraak. Versorgers: Indien u ‘n versorger benodig, kontak vir sr. Ronel Calitz (073 152 5623). Maandae tot Vrydae van 8h00 – 13h00.
10:00 LENTETEE VIR DIENSSENTRUM LEDE Kom sit aan en geniet die oggend saam met ons.
WOENSDAG 16 OKTOBER 11:00 - 13:00 KLEREKAS
18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS Ons lees die boek Nehemia. Die Tempel is gerestoureer, maar die mure van Jerusalem lê nog plat. Die stad het geen sekuriteit nie. Nehemia is die eerste om ‘n ‘skietgebed’ te doen en daarmee begin hy sy taak! Ons wonder: Waar lê SA se mure ...? Welkom. Bring jou Bybel saam. Navrae by Clifford [email protected])
ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Voete- en handeversorging (Mans & Vroue): Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 vir afspraak. (Fooie vir lede/nie-lede) 15:00 Trimgim (OnsTeater): Aangebied deur Mathilda Roos (bio-kinetikus) Trimgimfooie is R55 per maand vir lede van die Dienssentrum en R70 vir nie-lede. Mathilda by 082 339 1085. Dienssentrum Wegneemetes: beskikbaar vanaf 10h30
DONDERDAG 17 OKTOBER
09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUSRIVIER
ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Naaldwerk om 9h30 - 10h00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Sitkamer om 10h00: Die Boekklub. Kom besoek ons Boekklub en kom luister na boekvoorlesings/bespreking. Kom bied aan om ‘n nuwe boek wat u gelees het te kom bespreek. Sommige per-sone sit en naaldwerk doen terwyl daar gelees word. Bring dus u naaldwerk saam.
VRYDAG 18 OKTOBER 09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OOP Kom kuier gerus saam met die gasvrye span wat u bedien met die heerlikste eetgoed en die lekkerste warm filter Koffie!
SATERDAG 19 OKTOBER 10:00 Hannon Roadshow by NG Onrusrivier FONDSINSAMELING vir NPO’S: Kansa Borskanker en Hermanus Sanitêre doekieprojek. Kaartjies @ R150 beskikbaar by Onrus Apteek. Navrae: Anneke Agenbag op 082 320 9267.
SONDAG 20 OKTOBER GEBED VOOR DIE DIENS: Kom bid asb saam (Gebedskamer) WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 36)
09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger HANDELINGE 17:16-34 Paulus besoek die Grieke. Hulle het 'n ander benadering tot godsdiens. 1. Wat was kenmerkend van die Grieke se godsdiens? 2. Hoe verskil dit in wese van die Christelike godsdiens? 3. Wat maak die christelike geloof vir jou die moeite werd om in te glo? 18:00 AANDDIENS Ons verwelkom graag alle tieners,
jongmense en ouers. Kom kuier, sing en beleef saam. Ons gaan voort met die nuwe reeks, KOM SIT ‘N BIETJIE, en ons gesels vanaand met Angelo van Shalom Ministries in Hawston. Ons gesels met hom oor sy ervaringe as kind van God in baie moeilike omstandighede. Hierdie is ‘n verhaal van hoop en lig wat u nie wil misloop nie!
DONDERDAG 24 OKTOBER @ 10:00 NG GEMEENTE ONRUSRIVIER
Toegang is gratis, maar donasies vir die Christelike Seemansorganisasie sal baie waardeer word.
U is almal BAIE welkom om die oggend
GROEP SAMEROEPER KONTAK NO WAT WORD BEPLAN
Gesinne Piekniek & Speletjies (DIENSSENTRUM)
Anton Duvenhage 072 477 3185 Ons nooi graag alle gesinne om saam te kom speel en piekniek hou.
Piekniek in Fernkloof onder die koel bome
Ons soek asb ‘n sameroeper
Vir diegene wat heerlik rustig onder koel bome wil saamkuier
Stappers om die Onrus-eiland en die kuspaadjies
Ons soek asb ‘n sameroeper
Lekker stap op die kuspaadjie
Stapgroep in die Berge Sandri & Niells 082 907 4060 Die Fernkloofberge roep!
Motorfietse Servaas Verster 084 569 0452 As Uitreik: Na die diens kry enigiemand (oud, jonk, klein, groot) die geleentheid om agterop
’n motorfiets te ry vir ’n entjie. Dalk op jou “bucket list”? Daarna ry die groep na Greyton vir lekker saameet en kuier.
4 x 4 Wiele Bergroete en Seeroete
Wilhelm Burger 083 448 1651 4 x 4 en lekker saamkuier. Almal welkom, al het u nie ‘n voertuig nie, ons het plek!
Kunstenaars Ans Lamprecht 083 973 6788 Alle kunstenaars van alle mediums, kennis en ondervinding baie welkom. Iets baie spesiaals word beplan asook ‘n wonderlike saamkuier.
Voëlkykers Johann du Preez 082 376 4404 Bring jou verkyker en kom geniet die wye verskeidenheid saam met mede-liefhebbers
Hondestappers Ons soek asb ‘n sameroeper
Bring jou vierbeen kinders, ons stap en speel
Saambraai in die Maalruimte Ons soek asb ‘n sameroeper
Bring gerus u vleisie en drinkgoed saam, ons braai lekker in die maalruimte
Rolbal en saamkuier Ons soek asb ‘n sameroeper
‘n Heerlike spel direk na die diens en daarna kuier ons saam. Beginners baie welkom.
Uiteetgroep Ons soek asb ‘n sameroeper
Saam gaan ons heerlik smul by die lekkerste restaurante in ons pragtige dorp.
Kamerade Fotografiegroep Gerhard van Helsdingen 083 306 9332 Ons gaan piekniek hou op die mooi grasperke, langs die waterval by Volmoed. En o ja, lekker
mooi foto’s ook neem. Beginners welkom.
NOG IDEES VIR GROEPE? Indien daar enige ander groepe is wat graag wil bymekaar kom, kontak asb vir Karin by die Kerkkantoor en gee u name en inligting. Kom ons wees kreatief (en dankbaar!)
Hierdie is ‘n dag waarop ons ons Heilige Vader kan dank vir al die seëning op ons lewe, vir sorg, beskerming, troos en liefde. Daar is soveel manier hoe ons Hom kan dank. Eerstens, deur onsself te gee as ‘n lewende offer, aan te meld by bedieninge, in te skakel en uit te reik. Hierdie is ook ‘n geleentheid om u 10de Maand Dankoffer te bring as ‘n teken. Laastens, wil ons u ook nooi om saam te kom feesvier direk na die erediens. Ons gaan weer in belangegroepe saamkuier (soos met die Lewensvreugdefees). Maar … hierdie
jaar wil ons u almal uitdaag om moeite te doen om alleen-mense, enkelmense, vriende, kennisse te nooi om saam te kuier. EN ..
DANKBAARHEIDSFEES 3 NOVEMBER 2019
O M G E E - D I E N - DA N K B A A R H E I D
KOM ONS DIEN …
Ons wil u ook uitdaag om op daardie dag, voordat u gaan saamkuier, êrens iemand te gaan bedien. Dalk ‘n blommetjie vat vir die bejaardes
by Huis Lettie Theron, Onrus Manor, Kidbrooke, Negester of Golden Harvest, dalk emand besoek wat baie alleen is, wat siek was, wat
iemand onlangs verloor het, uit te reik na die Polisie en vir hulle ‘n bederf vat of selfs in die natuur ‘n verskil te maak deur iets te plant
of papiere op te tel. Daar is soveel idees. Kom wees kreatief, gesels in u groepe wat u kan doen, en kom ons gaan maak ‘n verskil in die
Koninkry uit dankbaarheid vir ons Vader en wat HY vir ons beteken.
Die golwende heuwels van die Transkei besaai met hutjies, die regop hoë kranse wat loodreg val na die see, die pragtige oop glimlagte en eenvoud in opregte aanbidding van talle arm swart gelowiges wat ritmies die heupe swaai en in vier of vyf stemme in harmonie die Here loof en prys terwyl hulle sommer op ‘n stukkie yster slaan vir ritme, is die dinge wat diep in ‘n mens se hart kom kruip in die Transkei. Die oomblikke van gewyde stilte in ons bybelstudie, die kyk na ‘n sons-sondegang wat ons God gemaak het, die doodse stilte langs ‘n rivier, die verf en herstel van ‘n kerkie iewers in ‘n vallei terwyl die swart mammas in liefde elke middag vir ons uit hulle hart ‘n maaltyd van mieliepap, stampmielies en bietjie hoender en pampoen voorsit met Ricoffy en teesakkies, is ‘n verryking wat mens ewig bybly. Die vreugde op kindergesiggies wanneer ons vrolike gebreide truitjies en mussies gebrei deur Onrusvroue uitdeel, vergeet mens nooit. Die twee dae ver ry, die koud kry en die min slaap, is ‘n klein prys om te betaal vir soveel ewige verryking wat mens die ewigheid in met jou saamdra. Prys Hom!
Michiel de Kock, Elsa Marais, Charles en Marlene Oberholzer, Wouter en Annemarie Immelman.
TRANSKEI UITREIK TERUGVOER
Broers en susters, dankie vir die voorbid-ding op die baie ver paaie! Die vrouens van die Aloekopgemeente waar ons gewerk het, het ons oorlaai met gasvryheid. Daar was elke dag vars gebakte brood en lekker kos. Ons het vensters ingesit, bankies en stoele reggemaak, geverf en gekap. Ons het in die skoolkoshuis in Kokstad gebly. Voor die werk begin het, het ons as span soggens eers bybelstudie gehou oor ‘die lewe vd nuwe mens’ in Kol 3:10. Die uitreik was ‘n verrykende ervaring! Johan en Marinda van Schalkwyk
TRANSKEI UITREIK TERUGVOER
“Sondagoggend is ons saam in die kerk, ons verstaan niks wat hulle sê nie, maar die eenheid wat ons voel, die teen-woordigheid van die Here is tasbaar. HY praat met almal. Op die Sondag het die gemeente nuwe lidmate voorgestel en die manne ontvang ‘n baadjie. Die gemeente het die nuwe lidmate self gewerf en die kerk is aktief en besig om te groei.
Daar is baie goed wat aandag nodig het, ons doen maar net ‘n deeltjie daarvan, maar tog help dit. Die gemeente het wel verantwoordelikheid gevat vir die kerk.
Ons sê dankie vir die Here vir hierdie tyd saam en bid die ge-meentes in die Transkei alle vreugde en seën toe.
Willie Moolman
Ek het daar gesit die Sondag, en net geluister na die mense se praise & worship. Wat ’n belewenis!! Die sang hou maklik 3 ure aan en dan het die dominee nog nie eers gepreek nie!
Ek sit doodstil en luister na die klanke, fluite, slaaninstrumente en dink: “Hoe groot is ons God—hier sit ek en bid in Afrikaans en hulle in Xhosa en HY hoor ons almal!”
Die mense is baie passievol in hulle geloof. Net weer besef dat gelwiges nie net tussen ons vier mure is nie. Die mense se gasvry-heid en vriendelik is oorweldigend.
Hulle noem my die “Music & singing pastor”. Die Saterdagaand voor die diens, oefen ons groep om te dink ons gaan hulle bedien met musiek en sang. Sondagoggend is ons reg, reg om te dien, maar die dak lig soos hulle Praise en Worship! Hulle sang is “way above our means.!” Ons het wel vir hulle gesing, maar ons kon verseker leer by hierdie mense.
Die uitreikroep was awesome! Mechanics, tuinmanne, tronkbe-waarders, mense met grade - dit het net nie saakgemaak wie jy is en wat jy doen nie. Ons het nooit uit plek gevoel nie, net die liefde van mede-gelowiges ervaar.
Dankie vir ‘n wonderlike en baie geseënde uitreik wat ons altyd sal onthou! Pieter & Barbara Lotz
Hoe groot is ons God,
kom ons sing hoe groot
is ons God, almal sien
hoe groot, hoe groot is
ons God!
Dankie Vader, vir u
beskerming en sorg
tydens die Uitreik.
NUWE LEWE, NUWE GROEI
Laat ons gebede groei in die warmte en sorg van
SY liefde.
MAANDAG 14 OKTOBER ONRUSGEMEENTE: Vandag is Onrusgemeente presies 18 jaar oud!!! Ons wil vandag net lofgesange sing oor SY goedheid, guns en leiding deur die jare. Aan Vader God al die eer!! DINSDAG 15 OKTOBER ONRUSGEMEENTE SE PERSONEEL: Ons bid spesiaal vir elke lid van die span. Ons bid vir hul gesondheid, vir hul menswees, vir verhoudings, hul finansies, vir hul bediening. Dankie Here. WOENSDAG 16 OKTOBER SUID-AFRIKA: Here God, ons bly op ons knieë voor U vir ons pragtige land, Suid-Afrika. Ons bid vandag spesiaal vir al die ondersteuningsdienste soos die water, krag, paaie, vullis. Ons bid vir elke persoon wat daar werk. DONDERDAG 17 OKTOBER 10de MAAND DANKOFFER / DANKBAARHEIDSFEES: Vandag bid ons spesiaal dat ons harte voorberei word vir die Dankbaar-heidsfees op 3 November. Vader, maak ons bewus van waar ons U kan dien uit dankbaarheid. VRYDAG 18 OKTOBER OVERSTRAND MUNISIPALITEIT: Here, ons bid vir ons burge-meester, vir die raad, vir die raadslede. Ons bid vir wysheid, vir insig en geduld. Ons bid dat U elkeen sal vul met ’n oorvloed Jesus-liefde om so ook ’n verskil te maak in ons gemeenskap. SATERDAG 19 OKTOBER SEWE DAE ‘N WEEK CHRISTEN: Here, wanneer ons so om die braaivleisvuur staan vandag, help ons om ’n 7 dae ’n week christen te wees, waar ons ookal gaan. SONDAG 20 OKTOBER DIE WOORD: Dankie Almagtige Vader, dankie Heilige Gees, dankie Jesus Christus vir die Lewegewende Woord wat ons so vrylik kan lees in hierdie land. Dankie vir hierdie handleiding tot die lewe. Ons eer U vandag daarvoor.
GEBEDE VIR SIEKTE & TROOS
CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING: Piet Marais, Zanmari Nel, Bennie Kotze Amelia (Siska en Johan Conradie se dogter)
IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS: Ernie Stephan, Flick du Toit, Oscar Thorisson, Wicus Leeuwner, Adri van der Bank, Soon Snyman, André de Villiers
SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING: Peet Geyser, Kosie de Kock, Paul de Villiers, Thea Kemp, Stuart McFarlane, Johanna van Oordt, Koba Diederiks
MEEGEVOEL MET Miemie van der Merwe en familie met die heengaan van Nico. Meegevoel met Charlotte en dogters met heengaan van Werner Zetskorn.
BAIE DANKIE: MANNE-SONDAG 6 OKT
Eerstens, wil ons graag ons Hemelse Vader bedank vir die geseënde manne-oggend verlede Sondag. Aan HOM al die eer!
Ons wil ook graag vir Floris Hamman baie dankie sê vir jou gehoor-saamheid aan Vader se stem en dankie vir al die reëlings en manne bymekaar roep.
Laastens, baie dankie ook vir elke man wat bereid was om diens te lewer op hierdie spesiale manier.
Ons prys ons Heer vir die wonderlike samewerking!
SPESIALE GEBED
Ons bid spesiaal vir Nioma Venter wat verkies is tot Onder-Voorsitter van die Algemene Sinode. Nioma het haar eerste voetspore in die bediening hier by Onrusgemeente gestap, en ons bid haar alle seën en vreugde toe in haar nuwe pos. Aan Vader al die eer!!
“And all who search will search no more … leave it all behind, come to
the well. Come sit in His presence. Receive His
redeeming love. Feel His loving arms around you.
Be filled with His uncon-ditional love. Nothing
that you can do can make Him love you less. He already loves you just as you are! So leave it
behind. Leave it behind.
Come to His well!”
PICTURE BELOW: A great initiative by our company to fully support the #imstaying movement by putting up a 12m wall display in Secunda!
I have thought long and hard about posting, and if truth be
told, I have had moments where I strongly believe that it
would be best to leave. Let me explain. Two and a half
years ago, I couldn't contact my parents, so I drove to their
house in which they had lived happily for 58 years. I found
my father of 83, severely beaten and tortured, barely hol-
ding on to life and my mother lying next to him, comatose.
They had been brutally attacked in a home invasion that lasted about 3 hours. My father
lost his life and my mother spent 6 months in hospital. We continue to grieve and heal - a
process helped by some very special people. On the night of my father's murder, I was
filling up at a petrol station, and I was crying. The petrol attendant took me in her arms
and held me tight, and cried with me. My houseman who helped clean up their house,
stood where it happened, and prayed. The hospital staff nursed my mother out of her
coma and through rehabilitation with love and dedication. And we now have a wonderfully
compassionate carer who brightens my mother's days. I love my country which is filled
with warm and compassionate people - and #ImStaying
So ’n maand of wat terug, is daar ’n nuwe facebook-
groep gestig met die naam:
#ImStaying
Teen Vrydag 11 Okt 2019 staan die groep reeds op
oor die 620 000 lede!! Ek deel graag van die sto-ries van hoop, respek en
liefde wat die kenwerk ge-word het van hierdie groep.
DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)
083 448 1651 [email protected]
DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185
DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410
VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557
EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633
MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K) 079 322 0998
KOMMUNIKASIEBEAMPTE
Karin de Bruin 084 305 2086
ONTVANGS Mervian van der Merwe
084 875 7875 [email protected]
REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759
ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618
KOSTER Deon van der Kooi
072 273 1494
KERKKANTOOR
Maandae - Vrydae
08h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116
Bergstr 57, Onrus
SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer
Bank: ABSA Rek. 916 9799 886
ngkonrusrivier.co.za
Gaan “like” ons gerus
NG Onrusrivier
Posbus 25 Onrusrivier 7201
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA Rek. 406 215 2718
DIENSSENTRUM, VLEIS & GROEPE ONRUSRIVER
DIENSSENTRUM
Koeksisters is daagliks beskikbaar by die Dienssentrum teen R30 per dosyn. Vra net vir Joan/Hannie. Ledegeld (LET WEL): Ledegeld is betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar.
Die Dienssentrum het ‘n facebook blad.
Indien u wil gaan kyk na ons foto’s en berigte, word vriende van ons op die naam
Onrusrivier Dienssentrum.
Vir enige navrae oor al die dienste beskikbaar kontak gerus vir Joan of
Hannie by 028 316 1745.
Ons verskaf volle boek-houding-, rekenmeesters-, oudit- en belasting-dienste. Boedelbeplanning en boedelbereddering. Jou 1-Stop finansiële diensteverskaffer. Tel: 028 212 1159 Sel: 083 258 4990 E-pos: [email protected]
NUWE ONDERSTEUNINGSGROEP DONDERDAG 24 OKT @ 09:00
OU MOEDERSKAMER Op die oomblik is daar al hoe meer van
ons volwasse kinders met chroniese siektes. Die ouers (ouma en oupas) kry emosioneel swaar om dit te hanteer en wil graag ander ouers ontmoet wat in
dieselfde situasie is. Dit is 'n moeilike pad. Kom sluit gerus aan by ons eerste byeenkoms - mans en
vrouens is welkom.
Navrae: Erika Oosthuysen 079 322 0998
VLEIS VIR DIE VAKANSIETYD
Liewe vriende, ons wil u graag die geleentheid bied om weer van die heerlike lamsvleis en afval te koop wat ons tydens basaartyd verkoop. Ons weet dat gedurende die vakansietyd skiet die pryse hoog! Ons nooi u daarom om asb u name te gee by Mervian by die kerkkantoor, indien u belangstel.
Laaste bestellings teen 31 Okt en aflewering sal wees die 2de week in November. Die prys sal ons bevestig in die volgende twee weke, maar u kan verseker wees dit sal minder wees as by die gewone slaghuise.
Vir enige navrae, kontak Floris 082 524 8691.
Baie dankie vir hierdie week se Hartklopborg, wat die druk van die Hartklop moontlik maak. Ons bid die Here se oorvloed van
seëninge op u besigheid, familie en gesin. Baie dankie!
SRA (SPECIAL RATINGS AREA) VERMONT & ONRUSRIVIER
U is baie welkom om by die kerkkantoor te kom stem in die oggende tydens
kantoorure. Onthou asb u ID dokument asook u munisipale rekening saam
te bring. Welkom!