08:00 – Biduur – Gebedskamer
09:00 – Erediens – Ds Werner Schroeder
09:00 – Lofland – Karin Grobler
09:00 – Loftjokkers –Marinda Linde
16:30 – Woordskool – Die Sakramente - Die Doop
18:00 Dakdiens – Ds Jaques Grobler
18:30 – INPAS – Johan Carstens – “Die Evangelie
by die werkplek”
14 Augustus 2011
Besoekers en nuwe intrekkers Ons wil graag met jou in verbinding tree. Vul asb. die intrekkersboek in die voorportaal in of kry in die rakkies by die ingange lidmaatregistrasievorms, ook op ons webwerf www.albertonsuid.com wat jy na voltooiing by die kerkkantoor kan inhandig of faks dit vir ons na 011 869-1072 in die kerkkantoor. Vergaderings: Kerkraadsvergadering: 22 Augustus om 19h00 in die ou konsistorie. Gebed van die week Ons nooi die gemeentelede uit om saam met die gebedspan of in hul huise as volg te bid:
• Dat God ons/die gemeente sal wys hoe Hy ons gelowige gehoorsame harte verkies bo offerhandes.
Doop kursus: 16 Augustus tot 06 September Ons nooi alle voornemende doopouers (selfs al is die baba nog nie gebore nie) uit na ons gemeente se doopkursus. Die kursus gaan nie net oor die betekenis van die doop as sakrament nie, dit gaan ook oor ouerskap. Kom ontdek die fases waardeur julle kind gaan groei. Kom ontdek hoe jy as ouer jou kind sinvol kan begelei na 'n volwasse lewe. Tye: Elke Dinsdagaand (4 weke) vanaf 16 Augustus tot 06 September om 19h00-20h30 by die kerk. Koste - R50 per egpaar. Enige ander ouers van die gemeente is ook welkom!! Registreer asseblief deur: "Doopkursus" en julle name te sms na 082 772 8630
Opknapping van die erediensruimte
Daar het in die laaste paar weke 'n hele klomp dige gebeur in en om ons Kerkgebou waaroor ons regtig opgewonde is. Die kerk het n nuwe laag verf gekry, die ingangsportaal is verander om 'n warm liefdevolle verwelkoming uit te straal en die verhoog voor die kansel is met behulp van n baie bekwame interieur spesialis omskep om juis die a-simmetrie van ons gebou te beklemtoon.
Soos met enige projek het daar ook kleintjies bygekom soos ons gevorder het, maar ons is oor niks spyt nie. Dalk het jy dit gemis, maar ons het 'n paar keer in die eredienste aangedui dat ons graag almal wat wil betrokke raak hiervan wil deel hê. As jy wil inspring en help, hier is jou kans: Kontak vir Ds. Werner Schroeder daar is nog ‘n paar dingetjies wat ons wil afhandel.
Een hiervan is die matte in ons Kerk. Teen R150 per vierkante meter kan elkeen help om dit oor te doen. Ons het by die afgelope Sondag so net R12 000 gevorder in hierdie poging, ons kort egter nog n fondse vir blokke om die hele gebou se matte te vervang. Daarom doen ons 'n beroep op elkeen om te oorweeg om een of meer R150 blokke te koop (soos wat dit in die ou dae gewerk het met Jeugsentrumbakstene en Saalstoele).
DivorceCare en DivorceCare4Kids in AFRIKAANS! Gaan jy of iemand wat jy ken tans deur ‘n egskeiding of ‘n vervreemding? Sukkel jy om weer die stukke van jou lewe op te tel na die egskeiding? Weet jy nie hoe om jou kinders deur hierdie moeilike tyd te help nie? DivorceCare en DivorceCare4Kids is ‘n 14 weke program waarin julle begelei word om weer heel te word en die lewe vierkantig in die oë te kan kyk. Die groepe vir volwassenes en kinders word afsonderlik aangebied, op dieselfde terrein en in dieselfde tydgleuf. Kursus begin 1 Augustus 2011, om 18h30 by die NG Kerk Alberton Suid, aangebied deur JAHWE RAPHA BERADINGSENTRUM. Navrae: Johan 083 463 0525 of Ilva 083 557 8087.
Datum Tyd Gebeurtenis
15 Augustus Maandag
17:00 18:00 19:00
Creative Creative Gebedsgroep – Tannie Ali 082 463 5101
16 Augustus Dinsdag
13:00 Gemeente Gebedstyd
17 Augustus Woensdag
06:00
06:00 08:15 13:00 15:30
Manne van die Woord by Boma Spreker Willem Badenhorst Jik Jeugbiduur Reach Randhart CSV Kinderkrans
18 Augustus Donderdag
10:00
Senior Selgroep
21 Augustus Sondag
08:30 09:00 16:30 18:00 18:30
Biduur in gebedskamer Nagmaal – Ds Corneil du Plessis Woordskool – Die Sakramente – Die Nagmaal DAKdiens – Jaques Grobler INPAS
LIEF EN LEED
Ellen van Deventer 011 869-7277 / 073 530 9428
Marlene Visagie: 011 869-4045 / 082 385 9319
Miller Willemse 011 869-7888/ 082 360 1025
Ansie du Plessis is by die huis, en dit gaan beter met haar maar het nog erge pyn
(011 907-5837)
Jaco van Zyl is in die hospitaal het drukking op die brein maar hulle kon nog nie uitvind wat is
verkeerd nie.(082 562 7970)
Oom Pieter Jansen van Rensburg is nog in die hosptaal(011 864-4018)
Susan Viljoen se pa is oorlede. Ons Innige simpatie met haar en haar gesin(083 459 6983)
14 Augustus
Sondag
Stefan Terblanche, Elana van der Walt, Zanele Schoeman, Willie Erasmus.
15 Augustus
Maandag
Joanique van Wyk, Michiel de Wet, Jaco Wessels, Pierre Pretorius, Christiaan
Botes, Caitlyn Williams.
16 Augustus
Dinsdag
Tinus Schutte, Sonja Botha, Francesca van Wyk, Petro Barnard, Leon Krynie,
Alet Engelbrecht, Tinka Pieterse, Danie Ungerer.
17 Augustus
Woensdag
Johan Human, Jaco van der Merwe, Alma Cornelius.
18 Augustus
Donderdag
Tertius Oosthuizen, Ian Castelyn, Deidre Broodryk, Walter Murray, Robbie
Mijne, Veronica van der Walt, Tannie Yvonne Swanepoel, Tannie Sannie Blake,
Avital van Zyl, Anrich Lourens, Teresa Fouche, Reinhardt Martin.
19 Augustus
Vrydag
Paul du Randt, Monette Gildenhuys, Mivhelle Nel, Marisa van den Berg, Erik de
Jager, Lindy de Wet, Daleen Stapelberg.
20 Augustus
Saterdag
Tarien Laubscher, Lianie van Eck, Michael Jonker, Ria Janse van Rensburg,
Jenny Alberts, Kobus Myburg, Dirk Beukes, Luan Herbst.
Recommended