BEGRYP GESKIEDENIS
‘n Onderrighandleiding vir Sosiale Wetenskappe(Geskiedenis)
Senior Fase (Grade 7, 8 en 9)
BEGRYP GESKIEDENIS ‘n Onderrighandleiding vir Sosiale
Wetenskappe(Geskiedenis) Senior Fase (Grade 7, 8 en 9)
Geskep vir
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement
deur
2009
INHOUDSBLADSY
Inleiding bl.4
Nazi-Duitsland Weimar-Duitsland Bl.6 Voorbeeldinhouds nota bl.10 Werkvel 1 bl.14 Insluitende Graad 7-bronne oor Verskuiwing van grense bl.19
Die ekonomie in Weimar-Duitsland Bl.21 Werkvel 2 bl.23 Politiek in Weimar-Duitsland Bl.31 Werkvel 3 bl.35 Werkvel 4 bl.38 Werkvel 5 bl.41 Insluitende Graad 8-bronne oor die Industriële Revolusie bl.47 Die opkoms van die Nazi’s Bl.49 Werkvel 6 bl.54 Werkvel 7 bl.56 Werkvel 8 bl.57 Werkvel 9 bl.60
Apartheid
Die gevolge van apartheid Bl.65 Werkvel 10 bl.70 Werkvel 11 bl.71 Werkvel 12 bl.73 Insluitende Graad 7-bronne oor die Amerikaanse revolusie bl.78 Die vreedsame stryd Bl.80 Werkvel 13 bl.84 Insluitende Graad 8-bronne oor die Franse Revolusie bl.90 Die gewapende stryd Bl.92 Werkvel 14 bl.96 Werkvel 15 bl.100
4
INLEIDING
Welkom by BEGRYP GESKIEDENIS. Hierdie onderrighandleiding is geskep om onderwysers van Grade 7, 8 en 9 Sosiale Wetenskap Geskiedenis te help om lesse, aktiwiteite en metodologieë te ontwikkel wat spesifiek aan die Leeruitkomste en Assesseringstamdaarde aandag gee. Ons het besluit om enkele dele van die Graad 9 Kennisfokusraamwerk te gebruik om hierdie lesse, aktiwiteite en metodologieë bekend te stel. In plaas daarvan om vlugtig ‘n paar nuwe inhoudsareas van al drie grade in die AOO-Seniorfase aan te raak om hierdie metodologieë te demonstreer, het ons probeer om deegliker in te gaan op minder inhoudsareas sodat dit duideliker is hoe hierdie soort lesse en metodologieë gebruik kan word by die onderrig van ‘n spesifieke afdeling in Geskiedenis. Die onderrighandleiding gee stapsgewys ‘n oorsig van voorgestelde onderrigmetodes. Ingesluit by hierdie oorsigte is raampies wat “LU’e en AS’e in Aksie” genoem word. Hierdie aantekeninge verwys die leser na daardie Leeruitkomste en Assesseringstandaarde waaraan op spesifieke stadiums in die les aandag gegee word. Dus, in plaas daarvan om slegs ‘n lys te verskaf van die Leeruitkomste en Assesseringstandaarde waaraan in die les as geheel aandag gegee word, het ons probeer om aan te dui presies waar hulle in die les behandel word. Dit gee die onderwyser dan verskeie geleenthede om op bepaalde stadiums meer tyd daaraan te bestee om by daardie vaardighede stil te staan wat nodig is om ‘n bepaalde Assesserinstandaard te bemeester. Elke les bestaan uit ‘n aantal werksvelle wat gefotokopieer en tydens onderrig aan leerders uitgedeel kan word. Aan die einde van elke afdeling is ‘n lesontleding waar ons belangrike aspekte van die les bespreek en hoe die aktiwiteite en metodologieë aangepas kan word om aandag te gee aan dieselfde Leeruitkomste en Assesseringstandaarde in Grade 7 en 8. Bykomende bronne is vir Grade 7 en 8 ingesluit sodat onderwysers hulle eie lesse kan ontwikkel deur gebruik te maak van die metodologieë en benaderings wat in elke afdeling aangebied word. Baie van die hulpbronne en aktiwiteite is aangepas uit die program facing the past – transforming our future wat sedert 2003 hier in die Wes-Kaap gebruik word. Ons het ook vriendelike toelating van een van die vennote van die program, Facing History and Ourselves, om van hulpbronne en metodologieë daarin te gebruik. Besoek www.facingthepast.org.za en www.facinghistory.org vir meer inligting asook lesplanne en hulpbronne. Wanneer u die lesse en aktiwiteite in hierdie handleiding op die proef stel, sal ons u kommentaar waardeer – U kan u terugvoering stuur aan:
Noleen Dodgen – [email protected] Dylan Wray – [email protected]
Ons hoop u vind hierdie hulpbron nuttig en dat dit sal help om regoor die Wes-Kaap lewendige en stimulerende Geskiedenislesse te skep waarin leerders aktief betrokke is. Noleen Dodgen Dylan Wray Senior Kurrikulumbeplanner (Sosiale Wetenskappe), WKOD Direkteur, Shikaya
5
Nazi-Duitsland
6
WEIMAR-DUITSLAND
Sleutelvraag: Hoekom het demokrasie in Weimar-Duitsland misluk?
Hierdie les gee hoofsaaklik aandag aan die volgende Leeruitkomste en Assesseringstandaarde: Leeruitkoms 1 Gaan voort om vrae oor aspekte oor die verlede te vra en vra vrae om ‘n ondersoek van ‘n onderwerp te begin Vra sinvolle vrae om die bronne te evalueer Ontleed die inligting in die bronne Leeruitkoms 2 Plaas gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis Leeruitkoms 3 Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne) Stap 1 Weimar-Duitsland is ‘n belangrike vertrekpunt om Nazi-
Duitsland en Hitler se bewindsoorname te verstaan. Daar is
ook belangrike lesse te leer uit die geskiedenis van Weimar-
Duitsland wat ons kan help om die hedendaagse Suid-Afrika
te verstaan.
Weimar-Duitsland is ‘n ontsaglike onderwerp om te dek,
daarom sal daar dele van hierdie geskiedenis wees wat die
onderwysers nie sal kan aanroer nie. Om hierdie probleem te
hanteer, sal leerders “die geskiedenis kry” met behulp van ‘n
inhoudsnota en dan daardie kennis uitbrei deur met een
gedetailleerde bron om te gaan.ondte begin
• Begin die les deur die leerders te vra om drie vrae oor
die onderwerp te skep wat hulle gaan bestudeer:
“Wat…?”
“Waarom…?”
“Hoe…?”
• Indien leerders gevra word om aan die begin van elke
afdeling vrae te skep en ook deurlopend terwyl hulle ‘n stuk
geskiedenis leer, begin hulle ‘n begrip ontwikkel van die
vlakke van vraagstelling. Indien die onderwyser boonop
telkens terugkeer na die vrae waarmee die leerders na vore
gekom het, kan dit daadwerklik help om te beklemtoon dat
hulle onderwerpe in Geskiedenis ondersoek en nie bloot die
storie leer nie.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Gaan voort om vrae oor aspekte oor die verlede te vra en vra vrae om ‘n ondersoek van ‘n onderwerp te begin.”
7
Onderriginhoud Selfs in Uitkomsgebaseerde Onderwys is daar altyd tye in ‘n klas wanneer daar ‘onderrigmomente’ nodig is – tye wanneer inhoud, konsepte en kwessies verduidelik moet word. Hieraan die linkerkant is slegs een voorstel hoe om deur historiese inhoud met leerders te werk. Let op Die voorbeeld-inhoudsnota wat gegee word, hoef nie in sy geheel behandel te word nie. Bestee liewer dele van die lestyd daaraan om deur die inhoud te werk, die werkvelle te voltooi en aan ander aktiwiteite. Probeer om tyd in die klas vir bespreking in te ruim deur gestruktureerde huiswerktake op te stel wat op die inhoud gerig is. Probeer om in ‘n sekere sin ‘n verstandhouding met die leerders te ontwikkel dat u rol nie is om bloot net inhoud te onderrig nie, maar om hulle te help om die inhoud op ‘n dieper vlak te begryp. Die leerders moet groter verantwoordelikheid aanvaar om die kennisinhoud te bekom. Klastyd kan dan benut word vir vaardigheidsontwikkeling en bespreking (in groepe sowel as in klasverband).
Stap 2 • Gee ‘n kort verduideliking hoe die Weimar-regering aan
bewind gekom het (einde van Eerste Wêreldoorlog,
Versailles, ens.). Bied die inhoud so aan dat dit by u klas en u
onderrigstyl pas [kyk hier onder na ‘n voorstel vir
onderriginhoud].
Hou in gedagte dat die inhoud belangrik is, maar tog nie die
enigste doelwit van die onderrig is nie. Hoewel ons seker
moet wees dat die leerders die konteks verstaan waarin die
bronne geskep is, moet ons ook verseker dat daar tyd is vir
die leerders om met die bronne om te gaan en kwessies te
bespreek wat in die geskiedenis na vore getree het.
ONDERRIGINHOUD – ‘n voorstel
Begin met – Onderwysgedrewe breë oorsig
• Die onderwyser behandel die inhoud in ‘n breë oorsig,
beklemtoon die sleutelpunte en –kwessies, verduidelik
konsepte en uitdrukkings, ens. Dit kan met behulp van ‘n
geheuekaart gedoen word of deur die sleutelpunte op die
bord te skryf.
• Leerders moet hierdie punte neerskryf wanneer dit
verduidelik word.
• Die doel is nie om al die inhoud te verskaf nie, maar om ‘n
basiese idee van die afdeling te gee sodat leerders later in
meer besonderhede daarop kan ingaan wanneer hulle
aktiwiteite in historiese vaardighede doen.
Daarna – Leerdergedrewe bevraagtekening van teks
• Deel ‘n inhoudsnota uit wat die leerders moet deurwerk. ‘n
Voorbeeld-inhoudsnota is na Stap 5 ingesluit.
• Nadat die breë oorsig gegee is, werk leerders alleen of in
groepe deur die inhoudsnota, gelei deur vrae wat die
onderwyser opgestel het (gebruik waar moontlik sommige
van die vrae waarmee die leerders aan die begin van die
les na vore gekom het).
• Daar moet vrae wees wat van die leerders vereis om die
basiese inhoud te verstaan, asook vrae wat van hulle
verwag om die inhoud op ‘n dieper vlak te verstaan
(byvoorbeeld vrae gerig op sommige van die kwessies wat
deur die inhoud na vore gebring is).
8
• Terwyl hulle deur die opgestelde vrae werk (deur gebruik te
maak van die inhoudsnota om die antwoorde op te spoor)
moet hulle hul eie vrae oor die inhoud neerskryf. Die leerders
kan gevra word om minstens vier vrae oor die inhoud op te
stel (twee feitelike en twee meer op kwessies gebaseer).
• Die onderwyser moet tyd in die klas bestee om deur die vrae
te gaan (die opgestelde vrae en die leerders s’n) en om
hulle as afspringplek te gebruik om helderheid oor
belangrike of verwarrende dele te kry en as vertrekpunte vir
besprekings.
• Om die inhoudsaktiwiteit saam te vat, vra die leerders om
tien sleutelgebeure, plekke of mense van die nota te kies
wat belangrik is om die geskiedenis te verstaan wat in die
nota aangebied word. Waar moontlik moet leerders die
gebeure, mense en veranderinge in ‘n kronologiese
raamwerk kan plaas en ook kan aantoon hoe hulle tien
punte met mekaar verband hou.
Stap 3 • Deel Werkvel 1 uit en begin daarmee.
• Begin deur die leerders tyd te gee om deur die vrae
oor die bron te werk.
• Dit is belangrik dat die leerders eers enkele van
hierdie vrae op hul eie of in groepe sal probeer,
aangesien die vrae ontwerp is as begin van die
proses om bronwerkvaardighede te ontwikkel om
bewyse uit bronne te onttrek, vrae oor bronne te vra,
ens.
• Dit is net so belangrik dat die leerders as ‘n klas deur hierdie
vrae sal werk nadat hulle tyd op hul eie gehad het, want dit
is wanneer die onderwyser hulle meer direk in
bronwerkvaardighede kan lei.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Plaas gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk.”
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Gaan voort om vrae oor aspekte oor die verlede te vra en vra vrae om ‘n ondersoek van ‘n onderwerp te begin.”
9
Stap 4 • Vra leerders om die tabel op bladsy 2 van werkvel 1 te doen.
• Bespreek die antwoord daarna met die klas.
Stap 5 • Bestee ‘n rukkie aan die besprekings van kwessies, gedagtes
en vrae.
• Dit kan deur die klas as geheel gedoen word, of in groepe of
as individueel.
• Onthou om tyd af te staan om hierdie kwessies te bespreek, is
net so belangrik as om tyd te bestee aan die inhoud en
vaardighede. Dit is wanneer die leerders kan begin om hierdie
kwessies in hulle eie lewe te begin ondersoek en dis een van
die primêre redes waarom geskiedenis bestudeer word. Met
ander woorde, dit is waar leerders waarlik kan begin om uit die
verlede te leer.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Vra sinvolle vrae om die bronne te evalueer”; “Ontleed die inligting in die bronne” en LU2 AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis”.
10
VOORBEELDINHOUDS NOTA Sleutelvraag: Hoekom het demokrasie in Weimar-Duitsland misluk?
Weimar-Duitsland – Die mislukking van demokrasie
• Na sy neerlaag in die Eerste Wêreldoorlog het Duitsland vir die eertse keer ‘n demokrasie geword. Die demokratiese regering is in Weimar gevorm en na hierdie periode van demokrasie word verwys as Weimar-Duitsland. Dit het vanaf 1919 geduur totdat Hitler in 1933 aan bewind gekom het.
Daar was baie positiewe aspekte aan die Weimar-periode.
• Dit was ‘n tydperk van nuwe en opwindende vooruitgang in kuns, letterkunde, musiek en argitektuur. Duitsland het die mees demokratiese grondwet in die wêreld gehad en aan die Duitse volk is meer regte gegee as ooit tevore.
Die nuwe regering het egter baie probleme in die gesig gestaar.
• Die Verdrag van Versailles het Duitsland streng gestraf. Brittanje en Frankryk (die Geallieerdes) het die Duitsers gedwing om die blaam van die oorlog te dra. Hulle moes ‘n groot bedrag geld aan die Geallieerdes betaal, hulle is ontneem van ‘n deel van hulle land en hulle is verbied om ‘n sterk leër te hê. Baie Duitsers was diep gekrenk oor die Verdrag en het die Weimar-regering blameer dat hulle die voorwaardes aanvaar het.
• Daar was ernstige ekonomiese probleme in Duitsland, veral in 1923 en 1929.
In 1923 het Duitsland gebuk gegaan onder hiper-inflasie. Die Duitse mark was uiters waardeloos ($1 kon 4.2 trijoen Duitse mark koop!). Mense het al hul spaargeld verloor en baie het ontsettend verarm. Hoewel die regering uiteindelik die krisis opgelos het, hoofsaaklik as gevolg van lenings van die Verenigde State, het ‘n tweede ekonomiese krisis Duitsland in 1929 getref. Toe die Amerikaanse Aandelemark ineensort, het die wêreld die Groot Depressie beleef. Hoewel alle lande ter wêreld erg geraak is, is Duitsland veral kwaai getref en het hy net so arm geword soos in 1923. In 1932 was 6 miljoen Duitsers werkloos (een derde van die arbeidsmag). Baie mense het teen die regering gedraai weens sy onvermoë om die krisis op te los.
• Die Duitsers het min vertroue in demokrasie gehad. Die demokratiese stelsel was iets nuuts vir die Duitse volk. Hulle was onervare oor die werking van ‘n demokrasie en oor die algemeen onbewus van hulle verantwoordelikhede as burgers in ‘n demokrasie. Boonop was daar in elke verkiesing baie politieke partye om tussen te kies. Dit het beteken dat geen enkele party in staat was om ‘n duidelike meerderheidsondersteuning te behaal nie. Dus was dit uiters moeilik
11
vir die regerende party om die probleme te hanteer wat hulle in die gesig gestaar het, want hulle het nie die ondersteuning van die meerderheid van die Duitse volk gehad nie.
Baie mense was ontnugter met demokrasie, want hulle het geglo dat demokrasie ‘n swak regering tot gevolg het wat nie in staat was om die probleme in die land op te los nie. Baie het partye begin ondersteun wat beloof het om ‘n einde aan demokrasie te maak.
Wie was die Nazi’s en waaraan het hulle geglo?
• Die Nazi Party was ‘n politieke organisasie wat in 1919 gevorm is.
• Die Nazi Party het geglo dat Duitsland sy ryk moes uitbrei en die sterkste land in die wêreld moes word.
Die Verdrag van Versailles het Duitsland erg gestraf en Duitsland arm en swak gelaat. Die Nazi’s wou dit verander en wou wraak neem.
• Hitler en die Nazi’s wou ‘n ‘heersersras’ van ‘suiwer Duitsers’ skep.
Hulle het geglo dat die Duitse Ryk deur hierdie ‘heersersras’ oorheers moes word. Hulle wou slegs liggaamlik en verstandelik gesonde mense in Duitsland hê. Duitse Jode was onder diegene wat nie as ‘suiwer’ Ariërs beskou is nie en vir hulle was daar dus geen plek in Duitsland nie. Daar was ander groepe mense wat uitgesluit is. Hulle was die liggaamlik en verstandelik gestremdes, sigeuners (Sinti en Roma), swart mense en kinders uit gemengde huwelike, homoseksueles en Jehova-getuies. Die Nazi’s het besluit dat daar vir hulle geen plek in Duitsland was nie. Baie mense in Duitsland het die Nazi’s en hulle rassistiese idees ondersteun.
• Die Nazi’s het daaraan geglo om geweld, mag en terreur te gebruik om die beheer in Duitsland te bekom en hulle doelstellings te bereik.
• Die Nazi’s het geglo dat ‘n land deur een sterk leier geregeer moes word. Hulle het nie
demokrasie ondersteun nie en het gevoel dat Duitsland sterk sou wees indien hulle ‘n leier gehad het wat in algehele beheer van die land was.
Hoe het die Nazi’s aan bewind gekom?
• In 1923 was Hitler onsuksesvol in sy poging om beheer in Duitsland te bekom deur die regering omver te gooi. Nadat dit misluk het, het hy besluit om die volk te probeer oorreed om sy doelstellings te ondersteun. Maat teen die einde van die 1920’s het die Nazi Party nog steeds min ondersteuning gehad. Dit het in die 1930’s verander.
• In 1929 het alle lande ter wêreld arm geword nadat ‘n ekonomiese krisis, die Groot
Depressie, in Amerika plaasgevind het. Duitsland is erg getref.
Mljoene mense in Duitsland het werkloos, haweloos en baie arm geword.
• Hitler het die Duitse volk twee belangrike dinge beloof – wraak en ‘n oplossing vir Duitsland se probleme.
12
Hitler het wraak beloof vir die Verdrag van Versailles wat volgens hom Duitsland so verswak het dat hulle nie die Groot Depressie kon hanteer nie. Hy het belowe dat hy Duitsland weer sou sterk maak. Hy het ook belowe dat, indien die mense vir hom sou stem, hy hulle lewens sou verbeter deur vir hulle werk te gee.
• Hitler se beloftes is deur baie Duitsers verwelkom, selfs al sou hulle ondersteuning beteken
het dat Duitsland nie ‘n demokratiese land sou bly nie.
Die Nazi Party het dit baie duidelik gemaak dat hulle geglo het dat Duitsland deur een magtige indiwidu geregeer moes word. Dit het nie die Duitsers verhinder om hulle te ondersteun nie, want baie van hulle was op daardie tydstip baie arm en wanhopig vir hulp. Hulle was gewillig om politieke partye te ondersteun wat beloof het om hulle lewens te verbeter. Die Nazi Party was een van daardie partye wat aansteeklike beloftes gemaak het. Baie Duitsers het ook vertroue verloor in die destydse demokratiese regering, want dit het nie die ekonomiese probleme genoegsaam hanteer nie. Daarom het baie Duitsers gevoel dat demokrasie nie noodwendig die wyse was waarvolgens hulle reageer moes word nie en het begin soek na ‘n sterk leier om hulle probleme op te los. Vir baie mense was Hitler daardie leier.
• Baie mense het vir Hitler en die Nazi Party gestem.
Alhoewel die Nazi’s nie die ondersteuning van die meerderheid Duitsers gehad het nie, was hulle teen 1933 die grootste party in die Duitse parlement. Grootliks as gevolg hiervan is Hitler in Februarie 1933 as Kanselier (Eerste Minister) van Duitsland aangewys. Met Hitler in hierdie posisie, het die Nazi’s nou die geleentheid gehad om algehele beheer van Duitsland te bekom.
Toe Hitler eers Kanselier geword het, het hy sy posisie in die regering gebruik om groter beheer in Duitsland te bekom.
• Kort nadat Hitler aan bewind gekom het, het die Duitse parlementsgebou, die
Reichstag, afgebrand. Hitler het die Kommunistiese Party die skuld gegee. Die Kommunistiese Party was die Nazi Party se grootste teenstander. Hoewel daar baie bewyse is wat daarop dui dat die Nazi’s die Reichstag afgebrand het, is lede van die Kommunistiese Party gearresteer. Die Kommunistiese Party het toe nie genoeg ondersteuning in die regering gehad om teen Hitler en die Nazi’s weerstand te bied nie. Hitler het daarin geslaag om van sy belangrikste politieke opposisie ontslae te raak.
• Die dag ná die brand het Hitler twee dekrete uitgevaardig wat die Duitse volk van hulle
vryhede ontneem het.
Kragtens die dekrete kon die regering, tot nadere kennisgewing, nou pos lees, na private telefoonoproepe luister en huise sonder waarskuwing deursoek. Hy kon ook eiendom konfiskeer.
13
• Op 23 Maart het Hitler die parlement versoek om ‘n nuwe wet, die Magtigingswet, in te stel, waarkragtens hy vier jaar lank volle beheer oor Duitsland kry. Hitler het die bepalings van die Magtigingswet omskryf – enigiemand wat hy as ‘n ‘vyand van die staat’ beskou het, kon gestraf word en wette wat deur die regering goedgekeur is, hoef nie die grondwet te handhaaf nie. Hy het gesê dat hy die mag sou gebruik om die probleme in Duitsland te oorkom. Al het die Duitsers reeds baie van hulle persoonlike vryhede verloor, het die Duitse parlement op hierdie stadium nog altyd die Duitse volk verteenwoordig en het dan ook die mag gehad om die versoek om die Magtigingswet goed te keur, tersyde te stel.
Die lede van die parlement moes ‘n keuse uitoefen. Die keuse Moes hulle Hitler toelaat om volle beheer oor Duitsland te verkry en afstand doen van demokrasie om Duitsland sterk te maak, of moes hulle Hitler se versoek weier en na ander maniere soek om Duitsland te verbeter – maniere wat nie alle mag in die hande van een man plaas nie? Die meeste van die Nazi Party se hoofopposisie, die Kommuniste, was gearresteer en kon dus nie teen die Magtigingswetsontwerp stem nie. Daar was egter baie politieke partye wat daarteen kon stem. Die besluit Slegs die Sosiaal Demokrate het teen die Magtigingswetsontwerp gestem. Die meerderheid van die lede van die Reichstag het ter ondersteuning daarvan gestem. Die lede van die parlement het gekies om afstand te doen van demokrasie en hulle mag aan een man oor te gee. Die gevolge Hitler het nou volkome beheer oor Duitsland gehad. Dit was nie nodig dat die Parlement weer ‘n sitting moes hê nie, want Hitler kon nou wette deurvoer sonder om enigiemand te raadpleeg. Die Parlement het nooit weer gesit tot nadat Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog verslaan was nie. Hitler het die mag wat aan hom oorgegee was, gebruik om ‘n verbod op alle politieke partye, behalwe die Nazi Party, te plaas. Posisies in die regering is aan Nazi-partylede gegee en alle aspekte van die lewe in Duitsland het gou onder Nazi-beheer gekom.
14
Watter inligting onthul die bron oor grootword in Weimar-Duitsland?
…Ons het vir die toekoms gelewe. Ons moes baie min dink, het feitlik nooit die inisiatief geneem nie…Dit lyk nou vreemd dat ons te midde van bloedige straatgevegte byna elke naweek, groepe mans in bruin hemde wat aggressiewe lierdere sing…terwyl hulle gemarsjeer het…, politieke sluipmoorde gereeld op koerante se voorblaaie, ons nooit bedreig gevoel het nie, nooit bang was vir enigiets nie, behalwe om in die skool te misluk.”
“Geskiedenis is aan ons as ‘n reeks feite onderrig. Ons moes datums, name en slagvelde leer. Tydperke waarin Duitsland oorloë gewen het, is beklemtoon. Tydperke waarin Duitsland oorloë verloor het, is…geïgnoreer. Ons het baie min van die Eerste Wêreldoorlog gehoor, behalwe dat die Verdrag van Versailles ‘n skande was wat eendag, op so ‘n vae wyse, reggestel sou word…Indien ons probeer het om idees wat ons uit die letterkunde of geksiedenis gekry het met sake van die dag in verband te bring, het ons onderwysers die onderwerp verander.
Ek glo regtig nie dat enigiemand opsetlik probeer het om politiek te vermy nie. Daardie onderwysers het skynbaar regtig gedink dat, wat in die Griekse en Romeinse Ryk gebeur het, belangriker was as die gebeure in Berlyn en München se strate. Hulle het enige poging om alledaagse politieke vraagstukke ter sprake te bring, as ‘n afleiding beskou…omdat ons nie ons huiswerk gedoen het nie. …Aan die einde van ons senior skooljaar, is van ons verwag om ‘n gedetailleerde en uiters moeilike eksamen, bekend as die Abitur, af te lê. Hoe ons in die eksamen gevaar het, kon ons hele toekoms bepaal. Die Abitur het weereens op ons kennis van feite gekonsentreer, nie op interpretasie of die uiteensetting van persoonlike idees nie. As ek nou daaraan terugdink, het dit blykbaar ook nie ons vermoë bepaal om helder te redeneer…gevolgtrekkings te maak, of idees te intepreteer nie... …Daar was baie beheer oor my lewe en dié van my vriende…deur die skool en ons ouers. Maar tog het ons gevoel dat dit alles nodig was, sodat ons daardie Abitur kon slag, toelating tot ‘n goeie universiteit kon kry… en vry kon wees…sodat ons in ‘n goeie universiteit kon kom.
Hoe belangrik was die Abitur vir sommige Duitse kinders?
Stap 1 – lees die bron om hierdie vrae te beantwoord:
Hoe is Duitse kinders in geskiedenis onderrig?
Op watter vaardighede, waardes en kwaliteite het die Abitur gekonsentreer?
Watter uitwerking het die benadering wat in die Abitur gevolg is, op die denke van sommige kinders gehad?
Hoekom het Klaus en sy vriende nie bedreig gevoel deur die geweld wat om hulle plaasgevind het nie?
Stap 2 –lees weer die bron om hierdie vrae te beantwoord:
…Ons het vir die toekoms gelewe. Ons moes baie min dink, het feitlik nooit die inisiatief geneem nie…Dit lyk nou vreemd dat ons te midde van bloedige straatgevegte byna elke naweek, groepe mans in bruin hemde wat aggressiewe lierdere sing…terwyl hulle gemarsjeer het…, politieke sluipmoorde gereeld op koerante se voorblaaie, ons nooit bedreig gevoel het nie, nooit bang was vir enigiets nie, behalwe om in die skool te misluk.”
“Geskiedenis is aan ons as ‘n reeks feite onderrig. Ons moes datums, name en slagvelde leer. Tydperke waarin Duitsland oorloë gewen het, is beklemtoon. Tydperke waarin Duitsland oorloë verloor het, is…geïgnoreer. Ons het baie min van die Eerste Wêreldoorlog gehoor, behalwe dat die Verdrag van Versailles ‘n skande was wat eendag, op so ‘n vae wyse, reggestel sou word…Indien ons probeer het om idees wat ons uit die letterkunde of geskiedenis gekry het met sake van die dag in verband te bring, het ons onderwysers die onderwerp verander.
Ek glo regtig nie dat enigiemand opsetlik probeer het om politiek te vermy nie. Daardie onderwysers het skynbaar regtig gedink dat, wat in die Griekse en Romeinse Ryk gebeur het, belangriker was as die gebeure in Berlyn en München se strate. Hulle het enige poging om alledaagse politieke vraagstukke ter sprake te bring, as ‘n afleiding beskou…omdat ons nie ons huiswerk gedoen het nie. …Aan die einde van ons senior skooljaar, is van ons verwag om ‘n gedetailleerde en uiters moeilike eksamen, bekend as die Abitur, af te lê. Hoe ons in die eksamen gevaar het, kon ons hele toekoms bepaal. Die Abitur het weereens op ons kennis van feite gekonsentreer, nie op interpretasie of die uiteensetting van persoonlike idees nie. As ek nou daaraan terugdink, het dit blykbaar ook nie ons vermoë bepaal om helder te redeneer…gevolgtrekkings te maak, of idees te intepreteer nie... …Daar was baie beheer oor my lewe en dié van my vriende…deur die skool en ons ouers. Maar tog het ons gevoel dat dit alles nodig was, sodat ons daardie Abitur kon slag, toelating tot ‘n goeie universiteit kon kry… en vry kon wees…sodat ons in ‘n goeie universiteit kon kom.
Hoe belangrik was die Abitur vir sommige Duitse kinders?
Stap 1 – lees die bron om hierdie vrae te beantwoord:
Hoe is Duitse kinders in geskiedenis onderrig?
Op watter vaardighede, waardes en kwaliteite het die Abitur gekonsentreer?
Watter uitwerking het die benadering wat in die Abitur gevolg is, op die denke van sommige kinders gehad?
Hoekom het Klaus en sy vriende nie bedreig gevoel deur die geweld wat om hulle plaasgevind het nie?
Stap 2 –lees weer die bron om hierdie vrae te beantwoord:
WERKVEL 1 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe goed het die onderwysstelsel die Duitsers daarop voorberei om in ‘n demokrasie te leef?
Bron A Hierdie bron is geskryf deur ‘n Duitser, met die naam Klaus, wat ‘n leerder op skool was gedurende die tydperk van die Weimar-regering in die 1920’s:
Bron: Holocaust and Human Behaviour, uitgereik deur Facing History and Ourselves (www.facinghistory.org)
15
WERKVEL 1 bladsy 2 Sleutelvraag: Hoe goed het die onderwysstelsel Duitsers daarop voorberei om in ‘n demokrasie te leef?
Konsepvaardighede Voltooi die volgende tabel
OORSAAK GEVOLG
Waarin is die Duitse kinders op skool onderrig in die 1920’s?
Watter uitwerking sou die onderrig hiervan op die kinders hê?
Hulle is slegs onderrig in die veldslae wat Duitsland gewen het.
Watter kwaliteite en waardes is beklemtoon? Watter uitwerking sou die onderrig hiervan op die kinders hê?
‘n Kennis van inhoud is beklemtoon.
Watter kwaliteite en waardes is nie beklemtoon nie? Watter uitwerking sou die onderrig hiervan op die kinders hê?
16
WERKVEL 1 bladsy 3 Sleutelvraag: Hoe goed het die onderwysstelsel Duitsers daarop voorberei om in ‘n demokrasie te leef?
Beantwoord die vrae hieronder in groepe:
• Wanneer u deur elke vraag werk, moet elke groeplid die vrae neerskryf wat bespreek word.
• Elke keer wanneer u met ‘n vraag begin, moet ‘n nuwe persoon in die groep die bespreking inlei sodat elke lid van die groep hul siening moet stel.
1. Nou dat julle hierdie bron ontleed het, dink julle dat die onderwys wat die kinders in Weimar-Duitsland ontvang het, hulle daarop voorberei het om in die 1920’s in ‘n demokrasie te leef?
Noem minstens drie bewyse uit die bron om jou antwoord te staaf.
2. Indien jy die wyse kon verander waarop die Duitse kinders onderrig is om te verseker dat hulle daarop voorberei word om in ‘n demokrasie te leef, watter verandering sou jy aangebring het?
3. Watter waardes en kwaliteite word in jou skool beklemtoon? Hoe goed is jy daarop voorberei om in ‘n demokrasie te leef?
Bespreking van kwessie/klasbespreking/groepbespreking
Toe Albert Eindstein ‘n onderwyser geword het, het hy sy studente aangemoedig om noukeurig oor dinge na te dink, vrae te vra, kritiek te lewer en idees te interpreter.
1. Dink jy die kwaliteite wat Einstein sy studente geleer het, is vir mense belangrik om te hê?
2. Hoekom is hierdie kwaliteite belangrik vir mense wat in ‘n demokratiese land leef?
17
ONTLEDING VAN LES Jou notas GRAAD 9
• Die vrae aan die linkerkant van die bron is ontwerp om die
leerder die basiese inligting in die bron – die feite – te help
verstaan.
• In hierdie aktiwiteit is ‘n kernfokus op oorsaak en gevolg. Van
leerders word verwag om die redes vir en die gevolge van
gebeure in Geskiedenis (LU 1, AS 3) te verduidelik en te
ontleed. Die soort onderwys wat Duitse kinders otnvang het,
word in hierdie bron uiteengesit. Hierdie aspek van die taak
verg van die leerders om relevante bewyse uit die bron te
onttrek.
• Om die kolom aan die regterkant te voltooi, wat vra oor die
uitwerking van hierdie soort onderwys op die leerders, moet
leerders van hulle eie begrip gebruik maak. Van hulle word
verwag om ‘n denkbeeld te vorm van die gevolge wat daar
sal wees indien daar op hierdie wyse onderrig word. Hulle sal
alleenlik daartoe in staat wees indien hulle die bron met hulle
eie ervarings in verband kan bring.
• Die vraag aan die linkerkant van die bron is ontwerp om die
leerder te help om dieper na te dink oor die inligting in die
bron, bv. wat is die gevolge van party van die feite.
• Om die leerders te help om ‘n begrip te kry van die gevolge
van hierdie onderrigwyse, kan onderwysers verskilende
scenario’s vir die leerders skep en hulle dan vra om hulle in te
dink wat die moontlike gevolge kan wees. Byvoorbeeld:
“Indien julle vandag nooit oor sake van die dag onderrig sou
word nie, watter uitwerking sou dit op julle hê? Hoe sou julle
weet van wat om julle gebeur?”
• Oorsaak en gevolg is een van die belangrikste historiese
konsepte wat leerders moet begryp. Dit kan belangrik wees
om te verseker dat leerders hierdie begrippe verstaan voordat
hulle begin om die tabel te voltooi.
• Die aktiwiteit het ‘n meer uitdagende taak wat die inligting in
die tabel gebruik om kwessies soos demokrasie te bespreek.
Om leerders toe te laat om betekenisvolle besprekings in hul
groepe te hê, moet onderwysers seker maak dat alle lede van
die klas’n duidelike gegrip het van die konsep. Leerders kan
gevra word om elkeen die woord demokrasie in ‘n sin te
18
gebruik om sy betekenis aan te dui of om ‘n definisie van die
woord neer te skryf. ‘n Aantal hiervan kan dan aan die klas
oorgedra word.
• Om die besprekingsvrae oor Einstein se siening van onderrig te
beantwoord, kan onderwysers met leerders bespreek hoe
onderwys onder apartheid was – hoe dit nie aangemoedig of
selfs toegelaat is om te dink, vrae te vra en te kritiseer nie – en
hoe dit met onderwys in Suid-Afrika vandag vergelyk.
GRAAD 8 • Vir Graad 8’s kan hierdie taak vereenvoudig word, aangesien
hulle moontlik sal sukkel om voorstelle te gee van die gevolge
van hierdie soort onderwys. In plaas daarvan kan die tabel op
die truprojektor geplaas of op die bord geskryf word en dan
saam in die klas beantwoord word. Natuurlik sal die Graad 8
se inhoud verskillend wees, maar die beginsel om ‘n
gedetailleerde bron te gebruik, met rigtinggewende vrae om
hulle te help met die lees en verstaan van die bron, bly
dieselfde. Die tabel kan aangepas word vir die spesifieke
inhoud waaroor die bron handel.
• Die besprekingsvrae kan in groepe volgens instruksies
beantwoord word. Dit sou egter nog belangriker wees om te
verseker dat die leerders die konsepte wat hulle bespreek
heeltemal verstaan sodat sinvolle bespreking kan plaasvind.
GRAAD 7 • Graad 7-onderwysers kan die taak op dieselfde wyse as die
Graad 8-onderwysers benader. Die vaardigheid om die
gevolge van gebeure in Geskiedenis te ontleed word nie van
Graad 7-leerders vereis nie, maar van hulle word tog verwag
om verbande te trek tussen die redes vir en gevolge van
gebeure in Geskiedenis. Wanneer ‘n tabel soos hierdie dus
eers deur die klas as geheel voltooi is, kan die leerders gevra
word om te verduidelik hoekom hierdie gevolge plaasgevind
het, liewer as om van hulle te verwag om self die gevolge te
bepaal.
19
BRONNE VIR GRAAD 7-LESSE Verskuiwing van Grense
Graad 7-onderwysers kan van dieselfde aktiwiteit en metodologieë gebruik maak deur die volgende bronne te gebruik wat op die Verskuiwing van Grense fokus. Hierdie bronne fokus spesifiek op die invloed van die Britte soos hulle algaande die Kaapse grens uitgebrei het.
Bron A Sir Harry Smith, die Goeweneur van die Kaapkolonie, het in 1846 sy planne vir Brits-Kaffraria verduidelik:
Julle grond sal afgemeet en bakens sal geplaas word sodat julle almal daarvan sal weet. Dit sal in lande, stede en dorpe verdeel word wat Britse name sal kry. Julle sal leer om Engels te praat...Julle sal nie langer naakte en slegte barbare wees nie, wat julle [altyd] sal bly tensy julle...[hardwerkend]...word...Julle moet leer dat dit geld is wat mense ryk maak deur daarvoor te werk, en my help om paaie te maak. Ek sal julle betaal... Baie van julle jongmense...[wat]...in die kolnonie as bediendes [wil] gaan werk...sal toegelaat word om dit te doen.
Bron B Die lofdigter het in 1970 die volgende gedig geskep oor Sir George Grey se rol in die veeslagtingsramp.
Die Seun van Grey,
Het gesê hy’t die land verander,
Tog in die tyd van oneer en skande,
Staan hy eenkant, en beskut sy oë,
Terwyl hy die gevolg van die opeenhoping van lyke aanskou.
Bron C In 1856 skryf Kol. Maclean, die Hoofkommissaris van Brits-Kaffraria, ‘n brief aan Geowerneur Grey waarin hy beskryf wat hy gehoor het van Nongqwawuse se voorspelling: “Die dag van duisternis [wanneer die profesie bewaarheid gaan word] sal teen ongeveer middel-Augustus wees. Hulle wat...[die profesie] uitgevoer het, moet by ‘n sekere plek byeenkom... Die mesne moet komberse en nuwe versierings dra. Op hierdie dag sal die volk nuwe beeste kry, en nuwe mense sal voortgebring word. Geen tuine moet bewerk word nie aangesien die tuine met mielies oorlaai sal wees...
Twee sonne sal opkom...wanneer die groot gebeure gaan plaasvind en wanneer die Englese in die see sal loop, wat vir hulle ‘n pad sal oopmaak totdat hulle in ‘Illongo’ [Uhlanga – plek van skepping] aankom wanneer die Duiwel hulle gaan...[vernietig].”
People in Place and Time, Ranby, Lekgoathi en Wray, Macmillan, 2005
20
Bron D Die volgende brief is deur Sir George Grey ten tye van die veeslagting aan die Xhosa hoofman, Sarhili, gestuur. Datum: Saterdag, September 27, 1856. Van: George Grey Aan: Sarhili Bron: BK1 (Kaapse Argief) My vriend Kreli: Ek het so pas verneem dat u boodskappers by Sandilli en Umhala aangekom en u boodskap afgelewer het, naamlik dat die mense aan hierdie kant van die Kei al hul vee moet doodmaak en hulle mielies moet afsny. Indien hulle hierdie bevele van u uitvoer, sal hongersnood, diefstal, daarna oproerigheid volg, waarvan u alles die oorsaak sal wees, hulle sal by u begin het. Indien alles wel plaasvind, sal ek u as die skuldige party beskou en u dienooreenkomstig straf, u is die man wat ek verantwoordelik sal hou vir dit wat plaasvind. My raad aan u is dus dat u hierdie boosheid moet stopsit, en u mense moet versoek om nie hulle vee dood te maak of hulle koring te vernietig nie. U kan so die kwaad verhoed wat ek bevrees is jou andersins sal oorkom. U het gesien dat ek ‘n goeie vriend vir u was, en vir jou mense, en ek wil graag so voortgaan. Maar indien u my dwing om ‘n teenstellende rigting in te slaan, sal u vind dat ek ‘n beter vyand sal wees as die vriend wat ek was, want u gedrag is glad nie uitgelok nie. Laat ek dus van u verneem dat u stappe gedoen het om hierdie kwaad stop te sit. Van u Vriend http://www.xhosacattlekilling.net/resources/archives.asp?show=2006122204530&person=Sarhili
21
DIE EKONOMIE IN WEIMAR-DUITSLAND
Sleutelvraag: Hoe het die ekonomiese toestande die mense geraak?
Hierdie les gee hoofsaaklik aandag aan die volgende Leeruitkomste en Assesseringstandaarde: Leeruitkoms 1 Ontleed die inligting in die bronne Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer (met bewyse) gevolgtrekking Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied Leeruitkoms 3 Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne)
Stap 1 Begin die les met ‘n kort opsomming van die ekonomiese situasie in Weimar-
Duitsland tussen 1919 en die vroeë 1930’s (hiperinflasie van 1923,
ekonomiese herstel in die middel-1920’s en 1929 se Groot
Depressie). [Dit word ingesluit by die oorsignota van die vorige
afdeling.]
Stap 2 • Verdeel die klas in groepe.
• Deel die bronne in Werkvel 2 uit.
• Elke groep moet ‘n paar bronne kry om deur te werk.
Hulle kan al die bronne kry of net party daarvan (as
hulle klaar is daarmee kan hulle met ander groepe
ruil totdat hulle deur al die bronne gewerk het).
Stap 3 • Om die leerders gefokus te hou terwyl hulle deur die
bronne werk, moet hulle die tabel op bladsy 5 van
Werkvel 2 invul. Dit kan in groepe gedoen word, maar
elke leerder moet sy/haar eie tabel hê om in te vul.
Stap 4 • Bespreek die inligting wat die leerders uit die bronne onttrek
het.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne”
22
Stap 5 • Deur gebruik te maak van die inligting uit die bronne wat in
hulle tabelle ingesluit is, asook die inhoud in die oorsignota wat
in die vorige les voorsien is, skryf elke leerder ‘n paar kort
paragrawe om die volgende vraag te beantwoord:
“Hoe het die ekonomiese toestande in Duitsland tussen 1919
en die vroeë 1930’s die Duitse mense geraak?”
• Leerders moet die skryfraam (bladsy 6 van
Werkvel 2) gebruik om hulle skryfproses te rig.
• Leerders kan óf die paragrawe op die skryfraam
voltooi óf hulle kan die sleutelsinne oorskryf en,
met hulle eie inligting, ‘n voltooide skryfstuk
voortbring.
• Laat die leerders toe om die sleutelsinne te
herskryf indien hulle wil probeer om hulle eie
paragrawe meer oorspronklik te maak.
Stap 6yse) gevolgtrekking
• Vra ‘n paar leerders om hulle paragrawe hardop aan die klas
voor te lees. Bespreek hoe hulle die paragrawe geskryf het.
Byvoorbeeld: “Pas die inligting in elke paragraaf by die
sleutelsin?”
• Party van die leerders se antwoorde (of ‘n voltooide antwoord
wat deur die onderwyser geskryf is), kan op ‘n transparant
gekopieer word of op ‘n papier wat uitgedeel en vir die klas
gewys word. Dit kan ‘n effektiewe instrument wees wat ‘n
mens met leerders kan gebruik om vir hulle skryfvaardighede
te leer.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer (met bewyse) gevolgtrekking” “Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied.” LU3, AS “Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie.”
23
WERKVEL 2 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe het die ekonomiese toestande die mense geraak wat in Weimar-Duitsland gewoon het?
Ekonomie in Weimar-Duitsland Bron A ‘n Tabel wat die waarde van die Duitse geldeenheid tussen 1919 en 1923 aantoon.
Datum Mark U.S. Dollars
1919 4.2 1
1921 75 1
1922 400 1
Jan. 1923 7,000 1
Jul. 1923 160,000 1
Aug. 1923 1,000,000 1
Nov. 1, 1923 1,300,000,000 1
Nov. 15, 1923 1,300,000,000,000 1
Nov. 16, 1923 4,200,000,000,000 1
Bron B Vroue wag in ‘n ry om substandaardvleis te koop, Berlyn, 1923.
24
WERKVEL 2 bladsy 2 Sleutelvraag: Hoe het die ekonomiese toestande die mense geraak wat in Weimar-Duitsland gewoon het? Bron C Duitse kinders met stapels geïnfleerde geldeenheid, feitlik waardeloos in 1923.
Bron D Vyf miljoen Duitse Mark, 1923
25
WERKVEL 2 bladsy 3 Sleutelvraag: Hoe het die ekonomiese toestande die mense geraak wat in Weimar-Duitsland gewoon het? Bron E ‘n Sopkombuis vir werklose mense in Duitsland, afgeneem omstreeks 1930
Bron F ‘n Werklose vrou adverteer haar vaardigheid. Die vertaling van haar advertensie is soos volg: "Hallo! Ek soek werk. Ek kan snelskrif doen en tik, kan Frans en Engels praat, sal enige soort huishoudelike werk aanvaar en kan enigiets doen wat ‘n oplettende verstand vereis.”
26
WERKVEL 2 bladsy 4 Sleutelvraag: Hoe het die ekonomiese toestande die mense geraak wat in Weimar-Duitsland gewoon het?
Bron G Die Duitse kunstenaar, George Grosz, beskryf hoe dit was om inkopies te doen gedurende die vroeë 1920’s in Weimar-Duitsland, 1946.
Om voor ‘n [winkel-]venster rond te draai was ‘n luukse, want inkopies moes dadelik gedoen word. Selfs ‘n ekstra minuut kan ‘n prysverhoging beteken. ‘n Mens moes gou koop, want ‘n konyn kon byvoorbeeld twee miljoen mark meer gekos het in die tyd dat jy by die winkel ingestap het. ‘n Paar miljoen mark het niks beteken nie, regtig. Dit het net beteken dat jy swaarder moes dra. Die pakke geld wat nodig was om selfs die kleinste artikel te koop, het lankal te swaar vir broeksakke geword. Hulle het baie ponde geweeg…Mense het hul geld in waens en knapsakke rond gedra. Ek het ‘n knapsak gebruik.
Bron H Onder die leierskap van Gustav Stresemann, het die regering uiteindelik inflasie onder beheer gebring. Dit het lank geduur en baie mense kon nie vergeet dat die regering toegelaat het dat dit gebeur nie. Een Duitser, soos aangehaal in Ralph Knight se boek, A Very Ordinary Life, het hulle gevoelens verwoord toe hy die volgende geskryf het:
Natuurlik is al die klein mensies uitgeroei wat min spaargeld gehad het. Maar die groot fabrieke en bankinstansies en multimiljoenêrs is skynbaar nie geraak nie. Hulle het eenvoudig voortgegaan om hulle miljoene op te hoop. Daardie groot bates is op een of ander manier teen verlies beskerm. Maar die grootste gros van die mense was heeltemal bankrot. En ons het aan ons die vraag gestel: “Hoe kan dit gebeur? Hoe is dit dat die regering nie ‘n inflasie kan beheer wat al die spaargeld van die oorgrote meerderheid van die bevolking uitwis nie, maar die groot kapitaliste stap ongedeerd deur die hele gedoente?” Ons wat dit beleef het, het nooit ‘n sinvolle antwoord gekry nie. Maar daarna het selfs mense wat gewoonlik gespaar het, nie meer geld vertrou nie, ook nie die regering nie. Ons het besluit om ‘n jolige tydjie te hê wanneer ons ookal ekstra geld gehad het, wat nie dikwels gebeur het nie.
27
WERKVEL 2 bladsy 5 Sleutelvraag: Hoe het die ekonomiese toestande die mense geraak wat in Weimar-Duitsland gewoon het?
Bron Wat weet ons van die bron? Watter inligting oor die ekonomiese toestande in Weimar-Duitsland bring die bron aan die lig?
28
WERKVEL 2 bladsy 6 Sleutelvraag: Hoe het die ekonomiese toestande die mense geraak wat in Weimar-Duitsland gewoon het?
Skryfraamwerk
“Hoe sou die ekonomiese toestande in Duitsland tussen 1919 en die 1930’s die Duitse volk geraak het?”
Die Duitse volk het in die vroeë 1920’s baie ekonomiese probleme in die gesig gestaar. Party daarvan was...
Hoewel die ekonomie gedurende die middel-1920’s verbeter het, het 1929 se Groot Depressie nog probleme veroorsaak...
Hierdie probleme sou die Duitse volk op die volgende wyses raak. Eerstens...
29
ONTLEDING VAN LES Jou notas
GRAAD 9 • In hierdie aktiwiteit word leerders gevra om ‘n vraag te
beantwoord deur hulle eie interpretasie en argument te
konstrueer, met die bronne wat aan hulle gegee is, as basis.
Om dit te kan doen, moet leerders die historiese inligting
verstaan wat vir hulle in die bronne gegee word. Leerders
moet dus in staat wees om dit wat hulle in ‘n bron sien of lees
in historiese feite om te skakel. Die tabel help hiermee. Die
beantwoording van die uitgebreide skryfvraag sal feitlik
onmoontlik wees sonder die onttrekking van relevante feite uit
die bronne.
• Onderwysers kan sleutelsinne skep om die leerder te help om
die bronne te lees (soos in Werkvel 1, bladsy 1 aangetoon is).
• Bronne is dikwels verwarrend vir lesers, en om relevante inhoud
te selekteer om as feite te gebruik, is iets wat baie leerders
moeilik vind. Die gebruik van ‘n tabel om hierdie proses te
struktureer is baie voordelig, veral vir leerders wat op ‘n
logiese, liniêre wyse leer.
• Onderwysers moet daarom die leerders se voltooide tabelle
kontroleer voordat hulle die uitgebreide skryfstukvraag mag
antwoord.
• Die eerste deel van die opdrag assesseer leerders se vermoë
om die inligting in die bronne te ontleed.
• Die uitgebreide skryfstukvraag assesseer die mate waarin
leerders in staat is om hulle kennis en begrip te kommunikeer.
Dit word gedoen deur die inligting te interpreteer wat hulle uit
die bronne onttrek het en dan hulle eie argument aan te bied.
Die skryfraamwerk stel die leerders in staat om hulle gedagtes
te struktureer en foto’s te formuleer wat verwante feite insluit.
• Moedig leerders aan om te beplan wat hulle in elke paragraaf
sal skryf voordat hulle begin skryf. Om die uitkoms te bereik,
moet leerders meer doen as om net ‘n lys feite neer te skryf.
Die feite moet logies georden wees en bymekaar inskakel.
•
30
GRAAD 8 • Graad 8-leerders sal dit moeilik vind om ‘n uitgebreide skryfstuk
langer as ‘n bladsy te skryf. Onderwysers kan die leerders in
groepe plaas en elke groep vra om een van die paragrawe te
formuleer wat hierdie raamwerk vir die uitgebreide skryfstuk
vorm. Drie groepe kan dan bymekaar kom en hulle
paragrawe deel. Op hierdie wyse sal die hele raamwerk vir
die uitgebreide skryfstuk voltooi wees.
• Leerders moet ook gevra word om die inhoud wat hulle in elke
paragraaf wil plaas, puntsgewys neer te skryf. As hierdie stap
eers voltooi is, kan hulle saam met ‘n maat hierdie punte in
paragrawe omskryf.
• Onderwysers kan rigtinggewende vrae skep om die leerder te
help met die lees van die bronne (soos in Werkvel 1, bladsy 1
aangetoon).
GRAAD 7 • Van Graad 7-leerders word verwag om langer historiese
skryfstukke te produseer. Die skryfraamwerk help hiermee.
Leerders sal egter hulp nodig hê om die skryfraamwerk te
voltooi. Hulle kan dit benader soos dit vir die Graad 8’s
voorgestel is. Leerders moet verstaan dat dit ‘n integrale deel
van Geskiedenis is om hul eie menings en argumente te
ontwikkel en hulle moet aangemoedig word om dit te doen,
selfs al is dit aanvanklik slegs verbaal, of in kort skryfstukke wat
dan deur die loop van die jaar langer word.
• Onderwysers kan rigtinggewende vrae skep om die leerder te
help met die lees van die bronne (soos in Werkvel 1, bladsy 14
aangetoon).
31
POLITIEK IN WEIMAR-DUITSLAND
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad?
Hierdie les gee hoofsaaklik aandag aan die volgende Leeruitkomste en Assesseringstandaarde: Leeruitkoms 1 Ontleed die inligting in die bronne Leeruitkoms 2 Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis Leeruitkoms 3 Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer met bewyse) gevolgtrekking
DEEL 1
Stap 1 • Deel Werksvel 3 uit.
• Leerders beantwoord in groepe die vrae oor die
bronne vir elke politieke partyplakkaat. [Om tyd te
bespaar, kan elke groep net op een politieke party
fokus.]
Stap 2 • Gaan saam met die klas die plakkate na en laat ‘n kort
bespreking van die antwoorde toe.
• Moedig leerders aan om hulle eie oorspronklike antwoorde by
te voeg terwyl terugvoering plaasvind.
• Gebruik dit as ‘n geleentheid om die visuele tegnieke in
die plakkaat uit te wys wat gebruik word om mense te
oortuig om hulle te ondersteun. Byvoorbeeld:
o Groot, duidelike skrif
o Kort, eenvoudige, treffende slagspreuke
o Beelde waarmee mense kon identifiseer (sterk werkers,
armoede) of wat ‘n emosie kan ontlok (bv. – slang =
vrees)
• Trek verbande met hedendaagse advertensieplakkate en
bring politieke partplakkate na die klaskamer. Die meeste
politieke partye sal u van plakkate voorsien wat u vir onderrig
kan gebruik. Maak net seker dat u ‘n aantal verskillende
plakkate vir die leerders wys en dat u nie een politieke party
bo ‘n ander in die les bevoordeel nie.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne”
32
Stap 3 • Laat elke groep besluit watter politieke party volgens hulle
mening die suksesvolste plakkate gehad het – dié wat by baie
mense byval sou vind en vir die party ondersteuning sou inwin.
• Laat elke groep toe om terugvoering te gee en laat ook
telkens ‘n bespreking toe.
DEEL B
Stap 1 • Deel Werkvel 4 uit.
• Plaas ‘n aantal kopieë van elke
manifes op ‘n groot stuk papier.
• Verdeel die klas in groepe wat nie
groter as vier is nie, indien moontlik.
• Gee vir elke groep ‘n manifes om mee
te werk. Sommige groepe sal
dieselfde manifes hê en sommige sal
verskillende manifeste hê.
Stap 2 • Elke groep beantwoord die vrae oor hulle bron.
• Wanneer hulle een manifes voltooi het, word hulle
gevra om re ruil met ‘n ander groep sodat elke
groep met ‘n ander manifes werk as waarmee
hulle voorheen gewerk het.
• Hulle moet hulle eie antwoorde byvoeg by die wat reeds
deur ‘n ander groep verskaf is.
• Groepe moet dan weer ruil. Teen die einde van die
aktiwiteit moet elke groep met al drie die manifeste
gewerk het.
Stap 3 • Bespreek in klasverband die antwoorde op die vrae.
• Maak seker dat verskeie leerders uit verskillende groepe
geleentheid gehad het om hulle antwoorde aan die groep
oor te dra.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” en LU2,AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeure in geskiedenis”
33
Stap 4 • Vra elke groep om te besluit watter party waarskynlik
die gewildste party sou wees. Hulle moet ‘n paar
redes neerskryf waarom hulle so voel sodat hulle hul
besluit in ‘n klasbespreking kan regverdig.
• Bring weereens huidige politieke partymanifeste na
die klas en vra leerders om te kyk vir ooreenkomste
en verskille tussen wat politieke partye vandag
aanbied. Vra hulle om te dink oor hoe die partye
Suid-Afrika wil verbeter.
• Leerders kan ook kyk na ooreenkomste en verskille tussen
deesdae se manifeste en dié wat in die 1920’s en 1930’s in
Duitsland aangebied is.
DEEL C
Stap 1 • Deel Werkvel 5 - die bronne en die tabelle aan elke
groep uit.
• Leerders lees die bronne deur.
• Deur die inligting in die bronne te gebruik, asook hul
kennis van die doelstellings van die politieke partye,
moet elke groep besluit watter partye die indiwidue
sou ondersteun het. Hulle moet dit op die tabel invul.
Stap 2 • Wanneer die tabel eers voltooi is, moet elke groep ‘n paar
vorm met ‘n ander groep. Hulle moet hulle bevindinge
vergelyk en dan probeer om ooreen te kom oor die keuses
wat die Duitsers kon gemaak het.
• Nooi van die groepe uit om terugvoering aan die klas te gee.
Stap 3 • In ‘n klaskamer- of huiswerkaktiwiteit moet leeders ‘n kort
respons skryf wat die sleutelvraag van hierdie afdeling
beantwoord (deur gebruik te maak van die inligting op al die
werkvelle):
Watter politeke keuses het die Duitse burgers tydens die
Weimar-Duitsland gehad?
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” en LU2,AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeure in geskiedenis”
34
• Voordat leerders hulle respons skryf, moet hulle aan die
volgende dink:
o Wat het die partye die mense aangebied?
o Hoe verskillend was die idee van elke politieke party?
• Leerders kan in pare hulle geskrewe response oordra.
Stap 4 • Som op wat geleer is oor politieke
keuses waarvoor mense in Weimar-
Duitsland te staan gekom het.
• Lei die bespreking terug na wat hulle
geleer het oor ekonomiese en sosiale
toestande wat in Weimar-Duitsland
bestaan het.
• Sluit af met ‘n klasbespreking oor die
volgende vrae:
Hoe veilig was hierdie demokrasie?
Watter magte het die demokrasie bedreig?
Hoe het die ekonomiese magte die regering geraak?
Hoekom het Duitsers antwoorde gesoek by partye soos die
Nazi Party?
35
WERKVEL 3 bladsy 1 Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad?
Bron A Die Kommunistiese Party
Plakkaat 1 lui: "Stem Kommunis. Mei 1, 1924." Die skrif op die slang lui: "10-uur-dag, slagter van werkers, dienaars van kapitaal [geld], die uitbuiters.” (1924) Plakkaat 2 lui: "Sosialisme laat die masjiene weer sing! Stem Kommunis -- Ry 6!" (1932)
Plakkaat 1
Wat probeer elke plakkaat om jou oor die Kommunistiese Party of ander politieke partye te laat voel?
Hoe probeer die prent jou oortuig om die Kommunistiese Party as iets goeds te beskou?
Hoe probeer die prent jou oortuig om die Kommunistiese Party as iets goeds te beskou?
Hoe probeer sommige woorde jou oortuig om die Kommunistiese Party te ondersteun?
Hoe probeer sommige woorde jou oortuig om die Kommunistiese Party te ondersteun?
36
WERKVEL 3 bladsy 2
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad?
Bron B Nasionaal Sosialistiese Duitse Werkersparty (NSDAP-Nazi)
Plakaat 1 lui: “Werkers: Die Verstand en die Vuis! Stem vir frontsoldaat Hitler!”
Plakaat 2 lui: “Veg teen honger en wanhoop! Stem vir Hitler!” (1932)
Plakkaat 1 Plakkaat 2
Wat probeer elke plakkaat om jou oor die Nazi Party te laat voel?
Hoe probeer die woorde jou oortuig om die Nazi Party te ondersteun?
Hoe probeer die woorde jou oortuig om die Nazi Party te ondersteun?
Hoe probeer die prent jou oortuig om die Nazi Pary as iets goeds te beskou?
Hoe probeer die prent jou oortuig om die Nazi Party as iets goeds te beskou?
37
WERKVEL 3 bladsy 3
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad?
Bron C Sosiaal-Demokratiese Party (SDP)
Plakkaat 1 waarsku oor die naderkoms van die Bolsjewistiese vyand:
Vertaling: “Die vaderland is in gevaar! ‘n Golf van Bolsjewisme bedreig ons grense. In ons eie land is daar ondermynende Bolsjewistiese magte aan die werk; magte wat ons land bedreig en wat die gevaar van ‘n ekonomiese ineenstroting inhou. Poolse federasie val die Duitse vanderland binne en marsjeer weswaarts. Help dadelik! Haas is uiters belangrik! Al die banke en geaffilieerdes by die Berlynse hoofbank is gewillig om bydraes te ontvang. Gebruik net die woord “Ons Hulp”.
Plakkaat 2 lui: “Deur hierdie stelsel sterf die mense! Stem Sosiaal-Demokraat!” (1932)
Hoe probeer die prent jou oortuig om die Kommunistiese Party as iets slegs te beskou?
Wat probeer elke plakkaat om jou oor die Sosiaal-Demokratiese Party of ander politieke partye te laat voel?
Hoe probeer die prent jou oortuig om die Kommunistiese Party as iets slegs te beskou?
Hoe probeer sommige woorde jou oortuig om die SDP te ondersteun?
Hoe probeer sommige woorde jou oortuig om die SDP te ondersteun?
Plakkaat 1 Plakkaat 2
38
WERKVEL 4 bladsy 4
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad?
Bron A Manifes van die Kommunistiese Party.
Ons is daartoe verbind om die bestaande, onderdrukkende Republiek en al sy ekonomiese en sosiale instansies omver te gooi. Ons staan vir:
1. Die afskaffing van privaat eiendom.
2. Die instelling van grondhervormingsprogramme, sodat die regering die grond kan oorneem en dit verdeel tot almal se voordeel.
3. Regeringseienaarskap van alle industriële produktiewe magte, sodat hulle tot die voordeel van die mense eerder as vir die kapitaliste bestuur kan word.
4. ‘n Buitelandse beleid wat die Sowjet-Unie as ‘n bondgenoot teen kapitalisme beskou.
Aan die Duitse volk: Die oorsaak van u ellende is die feit dat Franse, Britse en Amerikaanse kapitaliste die Duitse werkers uitbuit om ryk te word.
Wat wou die Kommunistiese Party hê?
Wat voel hulle moet met privaat eiendom gebeur?
Hoekom dink jy wil hulle hê die regering moet die land oorneem?
Hoekom dink jy wil hulle hê die regering moet die industrieë oorneem?
Hoekom dink jy het hulle die Sowjet-Unie as ‘n vriend beskou?
Vir wie blameer die Kommunistiese Party vir die probleme in Duitsland? Hoekom?
Nadat jy hulle manifes gelees het, wie dink jy sou die Kommunistiese Party ondersteun het? Hoekom?
39
WERKVEL 4 bladsy 5
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad? Bron B Manifes van die Nazi Party
Die Nazi-program eis die volgende:
1. ‘n Eenheid van alle Duitsers om ‘n groot Duitsland te vorm, gegrond op die reg tot selfbeskikking van volke.
2. Afskaffing van die Verdrag van Versailles.
3. Grond en grondgebied...vir ons orige bevolking.
4. Duitse bloed as ‘n vereiste vir Duitse burgerskap. Geen Jood kan ‘n lid van die nasie wees nie.
5. Nieburgers kan slegs as vreemdelinge in Duitsland woon, onderhewig aan die wet op buitelanders.
6. Slegs burgers kan stem of ‘n openbare betrekking beklee.
7. Die staat verseker dat elke burger ordentlik lewe en sy lewensonderhoud verdien. Indien dit onmoontlik is om vir die hele bevolking van voedsel te voorsien, moet alle buitelanders uit die land gestuur word.
8. Geen verdere immigrasie van Nieduitsers nie. Enige Nieduitser wat Duitsland na 12 Augus- tus 1914 binnekom, sal onmiddelik die land verlaat.
Onderstreep in een kleur die punte wat sommige Duitse mense sou aanstaan.
Verduidelik langs die punte hoekom dit sommige Duitsers sou aanstaan.
Onderstreep in ‘n ander kleur die punte wat sommige mense nie sou aanstaan nie.
Verduidelik langs die punte hoekom dit nie sommige Duitsers sou aanstaan nie.
Nadat hulle manifes gelees is, wie dink jy sou die Nazi Party ondersteun het? Hoekom?
40
WERKVEL 4 bladsy 6
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad?
Bron C Manifes van die Sosiaal-Demokratiese Party (SDP)
Ons is daartoe verbind om die Republiek te handhaaf en tot ‘n beleid wat Duitsland sal toelaat om sy regmatige plek tussen die vry regerings van Europa in te neem.
1. Ons sal die huidige Duitse Republiek ondersteun sodat vryheid, demokrasie en geregtigheid in die harte van ons Duitse medeburgers sal leef.
2. Ons sal al Duitsland se verpligtinge eer, polities en finansieel, sodat Duitsland se eer en respek nie in die oë van die wêreld sal verminder nie.
3. Ons sal beplan om meer werk te skep deur ‘n uitgebreide openbare-werkeprogram te onderneem.
4. Ons sal werkloosheidsvergoeding vir tot ses maande verskaf.
5. Ons sal regeringsuitgawes besnoei.
6. We believe in the right of those who disagree with the party to speak and write on those issues without interference."
Hoe het die SDP beplan om die probleme in Duitsland te hanteer?
Watter waardes beksou die SDP as belangrik om in Duitsland te handhaaf?
Nadat hulle die manifeste gelees het, wie dink jy sou die Sosiaal-Demokratiese Party ondersteun? Hoekom?
Hoe wil die SDP hê moet Duitsland deur ander lande van die wêreld beskou word? Hoekom?
41
WERKVEL 5 bladsy 7
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad? Die volgende mense het in 1932 in Duitsland gewoon:
Bron A
Elisabeth von Kohler
Elisabeth was ‘n student aan die Universiteit van Bonn waar sy vir ‘n prokureur gestudeer het. In 1932 was sy ‘n belangrike en bekende prokureur. Sy was baie trots op Duitsland en het geglo dat die bydrae wat Duitsland tot die Westerse samelewing gemaak het deur ander lande geïgnoreer was. Sy wou hê Duitsland moes die leidende land in ‘n demokratiese Europa word. Sy was baie ongelukkig oor die Geallieerdes se siening van Duitsland. Sy was trots om ‘n prokureur en ‘n Duitse vrou in die Weimar Republiek te wees.
Bron B
Gerda Muenchen
Gerda was die eienaar van ‘n klein kruidenierswinkel in Munich wat deur haar ouers begin is. Jare lank het haar ouers gespaar om haar universiteit toe te stuur. Gerda het egter verkies om nie universiteit toe te gaan nie en die geld wat haar ouers gespaar het, het in die bank gebly. In 1923 het sy beplan om die geld te gebruik vir haar kinders se opvoeding. Maar daardie jaar het inflasie Duitsland getref. Net voordat haar oudste dogter universiteit toe sou gaan, het die bank haar ingelig dat die geld wat die familie gespaar het, nou waardeloos was. Gerda was ontsteld veral omdat haar dogter se toekoms nou nie baie veilig was nie.
Gerda het nie gedink dat sy ooit haar spaargeld sou terugkry nie. In 1932 was baie mense werkloos, dus het verkope in die kruidenierswinkel afgeneem. Haar winkel het dit ook moeilik gevind om met die groot kettingwinkels mee te ding wat tot stand gekom het want hulle kon baie laer pryse bied. Sy en haar kinders het ‘n stelsel bevraagteken wat die lewe vir hardwerkende mense so moeilik gemaak het.
42
WERKVEL 5 bladsy 7 Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad? Bron C
Hermann Struts
Hermann was ‘n luitenant in die Duitse weermag. Hy het dapper in die Eerste Wêreldoorlog geveg. Hy was ‘n afstammeling uit ‘n familie van weermagoffisiere en hy het aan die Duitse militêre akamdenie gegradueer. Hy was nog altyd baie trots op die weermag se sterk leierskap en sy vemoë om Duitsland suksesvol te verdedig.
Maar Hermann was bitter oor die feit dat hy vir meer as tien jaar nie bevordering gehad het nie. Min soldate het gehad, hoofsaaklik omdat die Duitse weermag so drasties deur die Verdrag van Versailles verklein is. In die ou weermag sou Hermann teen 1932 ten minste ‘n kaptein of moontlik ‘n majoor gewees het. Hy het gereken dat die verdrag Duitsland se trots asook sy eie trots as soldaat geskend het. Hy het gevoel dat, indien die burgerlike regering geweier het om die verdrag te teken en die weermag toegelaat het om aan te hou veg, sou hy sowel as Duitsland beter daaraan toe wees.
Bron D
Erich von Ronheim
Erich was die hoof van ‘n Frankfurtse tekstielfabriek en was erg bekommerd oor die depresie. Sy verkope en sy wins het gedaal. Hy het gereken dat, indien Duitsland net nie so genadeloos deur die Verdrag van Versilles behandel is nie, sou die land baie beter daaraan toe gewees het. In plaas daarvan, het hy geredeneer, moes die regering die mense hoë belasting laat betaal om die vergoeding te betaal wat die Geallieerdes geëis het. Dit het beteken dat die Duitse volk oorbelas was en min geld oorgehad het om tekstiele en ander verbruikersgoedere te koop. Die wêreldwye depressie wat in 1929 begin het, het die situasie vererger, want hy kon nie sy goedere aan ander lande verkoop nie aangesien hulle ook arm was. Hy het geglo dat selfs was die depressie verby, sou die belasting steeds nie verlaag word nie omdat Duitsland vergoeding moes betaal.
Erich het die Kommuniste as ‘n ernstige bedreiging vir Duitsland beskou. Hy het gevrees dat, indien hulle ‘n regering soos een in die Sowjetunie tot stand sou bring, mense wat soos hy fabrieke besit het, nie goed deur die werkers behandel sou word nie. Hy het ook gedink dat Duitsland dan sy ou vyand, die Sowjetunie, sou moes gehoorsaam.
[Al hierdie bronne is aangepas uit die Holocaust and Human Behaviour deur Facing History and Ourselves –www.facinghistory.org]
43
WERKVEL 5 bladsy 8
Sleutelvraag: Watter poltieke keuses het Duitsers gehad? Watter politieke keuse sou sommige Duitsers gemaak het?
Watter politieke party sou hy/sy ondersteun?
Watter bewyse uit die bronne is daar om dit te bewys?
Elisabeth
Gerda
Erich
Hermann
44
ONTLEDING VAN DIE LES JOU NOTAS
GRAAD 9 • Hierdie aktiwiteit bestaan uit ‘n aantal werkvelle,
waarvan elkeen op die vaardighede voortbou wat in
die voorafgaande werkvel ontwikkel is. Van leerders
word verwag om die inligting te ontleed in die bronne
wat gegee word, om hul eie, weldeurdagte antwoorde
te ontwikkel op die vrae wat gevra word.
• Om leerders aan te moedig om onafhanklik en
oorspronklike denke te ontwikkel, moet onderwysers
daarop aandring dat leerders redes vir hulle antwoorde
moet verstrek. Op hierdie wyse, verwoord leerders die
gedagtes agter hulle antwoorde en word hulle meer
bewus van die denkproses.
• Vra dus in stap 3 vir leerders om redes te verstrek vir
hulle keuse van die suksesvolste politieke plakkaat. Om
hulle redes te gee, moet die leerders na die plakkate
verwys; dit wil sê, hulle moet bewyse uit die plakkaat
onttrek en hierdie bewyse ontleed. Dit ontwikkel hulle
bronwerkvaardighede en terselfdetyd word hulle
denkvaardighede verbeter.
• Die opdrag in Werkvel 5 vereis van leerders om hul eie
begrip van die politieke partye te gebruik waaraan
hulle in die voorafgaande werkvelle blootgestel is. Dit
sal dus nuttig wees om seker te maak dat alle leerders
‘n basiese begrip het van elke party se beginsels. Dit
kan in ‘n tabel op die bord aangeied word.
• Die belangrikste aspek van Werkvel 5 is nie om te noem
watter politieke party elkeen van die persone in die
bronne sou ondersteun het nie, maar om te verduidelik
waarom hulle hierdie party sou ondersteun het.
Leerders word gevra na hulle mening oor die
suksesvolste politieke party; hulle word gevra wie sou
elk van die politieke partye ondersteun het en hoekom
hulle dit sou doen; en hulle word gevra om te besluit
watter party die persone in die laaste bronne sou
ondersteun het.
45
• Leerders moet bewyse uit die bron onttrek wat bewys
hoekom die persoon daardie keuse sou gemaak het.
Hulle motiveer met bewyse die gevolgtrekking waartoe
hulle gekom het.
GRAAD 8 • In Graad 8 kan hierdie soort aktiwiteite gebruik word om
aandag te gee aan Leeruitkoms 1, Assesseringstandaard: “Bied
‘n oorspronklike idee aan as deel van ‘n antwoord op vrae wat
gestel is”.
• Van leerders in Graad 8 word nie vereis om inligting in
tekstuele bronne te ontleed nie. Van hulle word egter verwag
om in staat te wees om ‘n oorspronklike idee as deel van hulle
antwoord aan te bied.
• Heelwat oorspronklikheid word van hulle vereis. Indien leerders
egter in groepe werk, is dit vir sterker en meer vrymoedige
leerders om met hulle gedagtes en antwoorde na vore te kom
voordat ander kans gehad het om hul menings te formuleer.
Dit mag dus ‘n goeie idee wees om leerlinge te vra om
sommige vrae eers op hul eie te beantwoord.
• Die groeplede kan dan elkeen ‘n geleentheid gegee word
om hulle antwoorde aan die res van die groep mee te deel.
Wanneer ‘n soortgelyke aktiwiteit met Graad 8 gedoen word,
is dit belangrik dat hulle ook die “wat” en “waarom” meedeel
– hulle keuses en hulle redes.
• Die werkvelle in hierdie hoofstuk bied almal verskillende
maniere aan om leerders te help om met die bronne om te
gaan. Onderwysers kan hierdie selfde metodologieë gebruik
vir bronne wat spesifiek betrekking het op die Graad 8
Geskiedenis se kennisfokusraamwerk. Aan die einde van
hierdie afdeling is ‘n seleksie van Graad 8-bronne vir hierdie
doel ingesluit.
46
GRAAD 7
• In Graad 7 kan hierdie soort aktiwiteite gebruik word om
aandag te gee aan Leeruitkoms 1 Assesseringstandaard:
“Gebruik die inligting uit die bronne om ‘n weldeurdagte
antwoord aan te bied”.
• Graad 7’s behoort in staat te wees om weldeurdagte
antwoorde te gee. Onderwysers moet dus leerders aanmoedig
om te dink oor die antwoorde wat hulle gee. Een manier om dit
te doen, is om leerders die geleentheid te gee om in pare oor
hulle antwoorde te praat voordat hulle dit neerskryf.
• Net soos vir Graad 8, kan die onderwyser verkies om die
leerders eers individueel die vrae te laat antwoord wat op die
bronne gebaseer is om so deurdagte denke aan te moedig,
eerder as om die antwoorde neer te skryf wat ander lede van
die groep of klas gegee het voordat die leerders hulle eie
idees geformuleer het.
• Al die werkvelle bied verskillende maniere aan om leerders te
help om met die bronne om te gaan. Onderwysers kan
hierdie selfde metodologieë gebruik vir bronne wat spesifiek
betrekking het op die Graad 7-Geskiedenissillabus. Die
aktiwiteit waarin kleure gebruik word, is byvoorbeeld nuttig vir
Graad 7-leerders om hulle te lei met die lees van ‘n bron en
hulle te wys hoe verskillende soorte inligting uit dieselfde bron
onttrek kan word.
47
BRONNE VIR GRAAD 8-LESSE Die Industriële Revolusie
Graad 8-onderwysers kan van dieselfde aktiwiteite en metodologieë gebruik maak wanneer hulle die volgende bronne gebruik wat op die Industriële Revolusie fokus. Hierdie bronne fokus spesifiek op die verskillende interpretasies en sienings van die werks- en lewensomstadighede van fabriekswerkers in daardie tyd. ‘n Sleutelfokus is vir leerders om die verskillende oogpunte te identifiseer.
Bron A
In 1835 het Andrew Ure die lewe in tekstielfabrieke beskryf in sy boek The Philosophy of Manufactures.
Op my onlangse toer deur die vervaardigingsdistrikte, het ek tienduisende gesien, oud, jonk en middeljarig en albei geslagte, wat ‘n oorvloed aan kos, kleding en huishoudelike verblyf verdien, sonder om hoegenaamd te sweet, terwyl hulle beskut word teen die somerson en die winterryp in kamers wat meer lugtig en gesond is as dié van die metropool waarin ons wetgewende en deftige aristokrasie vergader.
Bron B
Edward Baines het werksomstandighede beskryf in sy boek The History of the Cotton Manufacturer (1835).
Die geraas en gedraai van die masjinerie, wat onaangenaam en verwarrend is vir ‘n toeskouer wat ongewoond is aan die toneel, het nie die gerigste uitwerking op die operateurs wat daaraan gewoond is nie. Die enigste ding wat fabriekswerk moeilik maak, is dat hulle ure lank ingeperk word, en ontneem word van vars lug: dit maak hulle bleek en verminder hulle lewenskrag, maar dit veroorsaak selde siektes. Die fyn katoenvesels wat in die vertrek sweef, word toegelaat, selfs deur medici, en nie beskou as skadelik vir jong persone nie.
Bron C
Op 25 Maart 1919 is ‘n onderhoud oor die gesondheid van tekstielwerkers gevoer met dr. Ward, ‘n dokter van Manchester.
Ek het dikwels die geleentheid gehad om mense te sien as hulle by die fabrieke uitkom en by geleentheid as pasiënte. Verlede somer het ek drie katoenfabrieke saam met dr. Clough van Preston en mnr. Barker van Manchester besoek en ons kon nie langer as tien minute in die fabriek bly sonder om na asem te snak nie. Hoe is dit moontlik vir diegene wat gedoem is om dit twaalf of vyftien ure lank te verduur? As ons die verhitte temperatuur van die lug in ag neem, en die besoedeling van die lug, is dit vir my ‘n verbystering hoe die werksmense die ingeperktheid vir so ‘n lang tyd kan verduur.
48
Bron D
William Cobbett het in die Politiek Register verslag gedoen oor ‘n besoek aan ‘n tekstielfabriek wat hy in September 1824 afgelê het. (20 November 1824)
Die 1ste, 2de en 3de September was baie warm dae. Die koerante het ons vertel van mans wat dood neergeslaan het op die oeslande en die baie perde wat dood neergeval het op die oeslande en dat baie perde op die pad dood neergeval het. Tog het die hitte gedurende hierdie dae op die warmste deel van die dag, nooit vier-en-tagtig grade oorskry nie. Wat dan, van die arme kinders wie se lot dit is om veertien ure ‘n dag te swoeg, in ‘n gemiddeld van twee-en-tagtig grade? Kan enige mens, met ‘n hart in sy lyf, en ‘n tong in sy kop, hom daarvan weerhou om ‘n stelsel te vervloek wat sulke slawerny en sulke wreedheid voortbring?
Bron E
Die skrywer, Frank Forrest, het werksomstandighede beskryf in sy boek, Chapters in the Life of a Dundee Factory Boy (1850).
Ongeveer ‘n week nadat ek ‘n meulseun geword het, is ek deur ‘n sterk, swaar siekte vasgegryp, waaraan min ontsnap as hulle aanvanklik fabriekswerkers geword het. Die oorsaak van die siekte, wat bekend staan onder die naam “meulkoors”, is die besmette lug wat ontstaan deur so baie wat in ‘n beperkte ruimte asemhaal, gepaard met die hitte en die uitlaat van ghries en olie en die gas wat benodig word om die gebou te verlig.
Almal uit: http://www.spartacus.schoolnet.co.uk/IRpollution.htm
49
DIE OPKOMS VAN DIE NAZI’S
Sleutelvraag: Hoe het die Nazi’s in ‘n demokratiiese Duitsland aan bewind gekom? Hierdie les gee hoofsaaklik aandag aan die volgende Leeruitkomste en Assesseringstandaarde: Leeruitkoms 1 Ontleed die inligting in die bronne Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer ( met bewyse) gevolgtrekking Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied Leeruitkoms 2 Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse (oorsaak en gevolg) Identifiseer kategorieë oorsake en gevolge Leeruitkoms 3 Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne) Ontleed vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed
DEEL A
Stap 1 • Deel Werkvel 6 uit.
• Leerders kan die eertse bladsy individueel voltooi.
Stap 2 • Leerders bespreek die groepvrae op die tweede bladsy.
Stap 3 • Leerders ontleed die handboekweergawe op hul eie. Dit
kan as ‘n tuiswerkopdrag gegee word.
Stap 4 • Bestee tyd om die kwessievraag aan die einde van die
werkvel, te bespreek. Hierdie vraag is spesifiek belangrik, want
dit vra leerders om objektief in geskiedenis te dink en om te
praat oor of ons mense, gebeurtenisse en aksies uit die
verlede kan veroordeel.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” “Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer (met bewyse) gevolgtrekking” LU3, AS “Ontleed vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed”
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU3, AS “Ontleed vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed” “Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne)”
50
DEEL B
Stap 1 • Deel Werkvel 7 uit.
• Begin deur Bronne A en B te lees.
• Gebruik dit as ‘n geleentheid om die leerders se
bronwerkvaardighede verder te ontwikkel.
Byvoorbeeld, in plaas daarvan om die leerders te vra
om die bron te lees en die vrae te beantwoord
o Vra die leerders om elke bron te lees en die
belangrikste frase of sin uit elkeen te onttrek.
o Leerders deel dan hulle frases of sinne met ‘n maat.
Elke leerder moet verduidelik hoekom daardie
frases of sinne die belangrikste is.
o Die aksie om die sinne te kies en hulle keuses te
motiveer help leerders om te leer hoe om krities
betrokke te wees met inligting uit bronne.
Stap 2 • Gee elke groep een van die kwessievrae om te
bespreek.
• ‘n Klasbespreking kan daarna volg om die antwoorde op
die vrae te deel. Elke groep begin die bespreking oor die
vraag wanneer hulle vraag bespreek word. Die res van
die klas kan dan reageer op wat gesê word.
• Leerders bespreek die groepvrae op die tweede bladsy.
Stap 3 In groepe:
• Leerders maak ‘n lys van die redes waarom Hitler in staat
was om mag te verwerf binne ‘n demokrasie.
• Leerders besluit op een manier waarop Hitler gekeer kon
word om mag in Duitsland te verkry.
• Leerders bespreek die uitwerking wat die Magtigingswet
op die Duitse volk sou gehad het.
• Leerders besluit op die belangrikste les wat geleer kan word
oor die belangrikheid van demokrasie deur Hitler se opkoms te
bestudeer.
• Leerders kan die plakkaat individueel of in hulle groepe skep.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” “Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer (met bewyse) gevolgtrekking”
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied” LO2, AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse (oorsaak en gevolg)”
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer (met bewyse) gevolgtrekking”
51
DEEL C
Stap 1
• Maak genoeg kopieë van Werkvel 8 sodat elke groep in staat
is om met hulle eie pak te werk.
• Knip elke gedagte uit en skommel hulle. Sluit die figure ook in,
want hulle is ook historiese feite!
• Elke groep moet ‘n versameling van hierdie geskommelde
gedagtes ontvang.
Stap 2 • Gee vir elke groep ‘n groot bladsy.
• Vra ‘n lid van elke groep om Figuur A op die groot bladsy te
trek.
Figuur A
Magtigingswet
oorsake gevolge
52
• Leerders moet al die geskommelde feite in oorsake en
gevolge orden en hulle op die bladsy plaas. Hulle moet nie
geplak word nie.
Stap 3 • Wanneer die groepe die gedagtes in oorsake en gevolge verdeel
het, moet hulle die gedagtes in orde van belangrikheid plaas – die
belangrikste oorsaak en gevolg bo-aan die bladsy en die
onbelangrikste aan die onderkant.
• Die klas moet nou die bevindinge bespreek.
Stap 4 • Leerders moet die tabel in Werkvel 9 invul deur die gedagtes op die
bladsy te gebruik.
Stap 5 • Sluit die les af deur die volgende vrae met die
leerders te bespreek:
Watter lesse leer ons oor demokrasie uit hierdie
gebeurtenis in geskiedenis?
Ons het ‘n nuwe demokrasie in hierdie land. Na
watter tekens moet ons kyk om ons te waarsku oor
bedreigings van ons demokrasie? Wat moet ons
doen om te verseker dat ons demokrasie voortleef?
Wat kan ons in ons skool doen om te verseker dat ons
demokrasie voortbestaan?
VERDERE VOORSTELLE Plaas die gedagtes op ‘n transparant, knip hulle uit en vra sommige leerders om na die projektor te kom en van die gedagtes in posisie te plaas. Die hele klas kan help om te besluit waar die gedagtes geplaas moet word. Hulle kan ook gefotokopieer word en op die bord geplak word met wondergom.
Voltooi dieselfde aktiwiteit, maar vra die leerders om die inligting in terme van kort- en langtermynoorsake en –gevolge te organiseer (kyk na figuur B hieronder). Let op – hier sal die leerders spesifiek aandag gee aan LU2 AS, “Identifiseer kategoreë van oorsake en gevolge”
Leerders kan ‘n plakkaat met die volgende titel skep, “Hoe ons ons demokrasie in Suid-Afrika kan beskerm?”. Daarin maak hulle ‘n lys van beginsels om die voortbestaan van demokrasie in Suid-Afrika te
k
LU en AS in Aksie
Hier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Bied ‘n onafhanklike gedagterigting as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer (met bewyse) gevolgtrekking” LU2, AS “Plaas gebeure, mense en veranderinge in die geskiedenistydperk wat bestudeer word in ‘n chronologiese raamwerk” “Identifiseer kategorieë van oorsake en gevolge”
53
Figuur B
Magtigingswet
Korttermynoorsake
Langtermynoorsake
Korttermynoorsake
Korttermynoorsake
Langtermynoorsake Langtermynoorsake
Korttermynoorsake
54
WERKVEL 6 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe het Duitsers op Hitler gereageer en hoekom?
Bron A Toe dit gestig is,was die Nazi Party net een van baie klein politieke partye.Teen 1921 het dit duisende nuwe lede getrek.
‘n Vroeë lid van die Nazi’s verduidelik hoekom hy die Nazi Party ondersteun het:
“Ons gevoel het ons na Hitler gelei. Daar was ‘n ongelooflike opstuwing in ons harte, ‘n iets wat sê: ‘Hitler, jy is ons man. Jy praat as ‘n soldaat...en as ‘n man; jy ken die...[moeilikhede wat ons in die gesig staar]; jy was self ‘n werkende man...Jy het jou hele wese gegee, jou hele warm hart,...vir die welstand van Duitsland eerder as jou persoonlike bevordering van jouself...” Geeneen wat Hitler in sy oë gekyk het of hom hoor praat het, kan van hom wegbreek nie.”
Bron B Friedrich p. Reck-Malleczewen, in sy boek Diary of a Man in Despair, lewer kommentaar oor ‘n insident toe hy Hitler alleen in ‘n restaurant in die vroeë 1920’s gesien het:
As ek ‘n klein aanduiding gehad het van watter rol hierdie stuk gemors sou speel en die jare van leiding wat hy veroorsaak het, sou ek dit gedoen het [Hitler geskiet het] sonder om tweekeer te dink. Maar ek het hom gesien as ‘n karakter uit ‘n strokiesprent en hom nie geskiet nie.”
Stap 1 • Lees Bronne A en B. • Onderstreep al die stellings wat deur die skrywers oor Hitler gemaak is.
Stap 2 • Voltooi die tabel hieronder met die inligting wat jy in beide bronne oor Hitler geïdentifiseer
het. • Skryf die frases of woorde wat jy onderstreep het, wat goeie dinge oor Hitler of slegte dinge
oor hom sê, onder die relevante hofies neer.
• Elke keer wanneer jy aanhaal moet jy die bewys in aanhalingstekens plaas en aandui uit watter bron die bewys kom.
Goeie dinge wat oor Hitler gesê is Slegte dinge wat oor Hitler gesê is
55
WERKVEL 6 bladsy 2 Sleutelvraag: Hoe het Duitsers op Hitler gereageer en hoekom? In groepe:
• Vergelyk die inligting in jou voltooide tabelle. • Bespreek wat julle oor die inligting en elke kolom oplet. Hoekom dink jy dit so vertoon? • Beantwoord die volgende vrae (iemand in die groep moet die aspekte wat genoem word neerskryf):
1. Wat weet ons oor elke skrywer? 2. Sal hierdie dinge ‘n invloed hê of nie op die skrywers, of hulle nou ‘n positiewe of ‘n negatiewe mening
oor Hitler het? Verduidelik jou antwoord. Op jou eie:
• Jy is gevra om ‘n kort sekondêre bron te skep vir ‘n Graad 9-handboek oor Nazi-Duitsland. Die redakteur het jou opdrag gegee om te verduidelik hoe sommige mense wat in Duitsland gewoon het, op Hitler gereageer het.
• Gebruik die inligting in die tabel sowel as die groep se antwoorde op die vrae hierbo om sodoende ‘n verduideliking te skep.
Hoe het die Duitse volk op Hitler reageer en hoekom het hulle so gereageer?
Bespreking van Kwessie
Die bron wat jy geskryf het bevat beide positiewe en negatiewe menings oor Hitler.
Beteken dit dat ons Hitler nie kan beoordeel nie?
56
WERKVEL 7 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe kan ‘n demokrasie gebruik word om demokrasie te vernietig?
Bespreking van kwessie
Die Magtigingswet het Hitler die mag gegee om enigiemand wat hy as vyand beskou het sonder verhoor te straf. Hoekom sou hy dit wou deurvoer?
Hoe was die atmosfeer in die Reichstag toe hierdie wette deurgevoer is? Hoe het dit Hitler gehelp?
Hoekom het die Reichstag toegelaat dat die Magtigingswet deurgevoer is? Hoekom het mense dit aanvaar?
Wat was die gevolge van hulle besluit op die korttermyn en op die langtermyn?
Kyk na Bron B
Wat vertel hierdie bron ons oor Hitler se poging om Duitsland ‘n totalitêre staat te maak?
Kon die Duitsers redeneer dat hulle het nie geweet Hitler wou demokrasie vernietig nie?
Watter les leer ons hieruit wat politieke partye sê en belowe?
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK of in Engels: IEC) is’n Suid-Afrikaanse organisasie wat gestig is om te verseker dat die verkiesings wat in die land plaasvind vry en regverdig is. Hulle ondersteun nie ‘n spesifieke party nie. Inteendeel, hulle beoog dat demokrasie werk. Daarom is een van hulle belangrikste doelstellings om mense aan te moedig om hulle stemreg te gebruik. In 2009 gaan Suid-Afrika weer in ‘n algemene verkiesing stem. Om te kan stem, moet ‘n mens 18 en ouer wees. ‘n Tyd voor die verkiesing moet almal wat wil stem registreer om te stem. Dit beteken dat jy voor die verkiesing ‘n vorm by die OVK moet teken. Hulle bring ‘n stempel in jou ID-boekie aan en dit gee jou toegang om te stem waar jy geregistreer is. Wanneer daar geregistreer word, moet die OVK mense aanmoedig om te registreer. Daardie mense wat nie geregistreer het nie, sal nie toegelaat word om te stem nie. Jou taak is om ‘n plakkaat te maak wat die OVK kan gebruik om mense aan te moedig om te stem. Deur gebruik te maak van die voorbeeld van hoe Hitler aan bewind gekom het, moet jy ‘n plakkaat skep wat mense sal oortuig om versigtig te stem (jy kan aanneem dat die mense wat die plakkaat sien Hitler en die oorname van die Nazi’s bestudeer het).
Bron B Adolph Hitler, praat oor demokrasie ,1930
Ons Nasionaal Sosialiste het nog nooit aanspraak gemaak om voorstanders te wees van ‘n demokratiese standpunt nie, ons het openlik verklaar dat ons demokratiese beginsels sal gebruik om mag te bekom, en na ons magsoorname sal ons ons vyand al daardie magte misgun wat vir ons toegelaat is toe ons die opposisie was…Vir ons, is die parlement nie die doel op sigself nie, maar ‘n middel tot die doel.
Bron A ‘n Uittreksel uit Facing History & Ourselves, ‘n geskiedenishandboek, verduidelik die Magtigingswet
…die Reichstag het ‘n wet wat genoem is ‘Wet vir Beëindiging van Lyding van Mense en Nasie’ oorweldigend goedgekeur, met 441 teen 94 stemme. Ook kort en kragtig bekend as die Magtigingswet. Dit het Hitler ‘bemagtig’ om enigiemand wat hy as ‘n vyand van die staat beskou het, te straf. Die wet het ook bepaal dat ‘wette wat deur die regering gemaak is van die Grondwet kan verskil’. Slegs die Sosiaal Demokrate het teen die wet gestem. Ander afgevaardigdes wat Hitler geopponeer het, was voortvlugtend.
57
WERKVEL 8 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe kan ‘n demokrasie gebruik word om demokrasie te vernietig? Oorsaak en Gevolg
Toe die 1929 Groot Depressie plaasgevind het, het Amerika die lenings wat hy aan Duitsland gemaak het, teruggetrek. Die Duitse ekonomie het weereens ineengestort wat tot ‘n hoë vlak van werkloosheid en armoede gelei het.
Duitsland is geforseer om die streng bepalings van die Verdrag van Versailles aan te neem.
Na die onsuksesvolle poging deur die Nazi’s om die Weimar-Regering in die vroeë 1920’s omver te gooi, het die Nazi’s besluit om op ‘n demokratiese wyse aan bewind te kom.
Artikel 52 is deur President Hindenberg ingestel om die Groot Depressie te hanteer. Dit het hom noodmagte gegee wat hom in staat gestel het om wette te aanvaar wat noodwendig verband hou met die Grondwet. Artikel 52 was sedert 1930 van krag totdat Hitler die mag in 1933 oorgeneem het.
Die Duitse volk het die Weimar-Regering vir die ekonomiese probleme geblameer. Hulle het demokrasie geassosieer met die mislukking om die krisis in 1923 en in 1929 op te los.
In 1932 was die Nazi Party die grootste party in die parlement.
Hitler is deur President Hindenberg as Kansellier in Januarie 1933 aangestel.
Die Reichstag (Parlement) gebou is afgebrand. Die Nazi’s het die Kommuniste geblameer en baie van hulle leiers en lede is gearresteer.
Die dag na die Reichstag Brand is twee dekrete uitgevaardig – ‘Vir die beskerming van die Duitse Nasie en Staat’ en ‘Om Hoogverrad teen die Duitse nasie en Verraderlike Aktiwiteite te beveg’. Dit het die regering die reg gegee om pos te sensor, om na privaat telefoongesprekke te luister, telegramme te lees, huise te deursoek en eiendom te konfiskeer.
In die eerste week van Maart 1933 is Joseph Goebells aangestel as hoof van ‘n nuwe departement in die regering, die Minister van Openbare Inligting en Propaganda.
58
WERKVEL 8 bladsy 2 Sleutelvraag: Hoe kan ‘n demokrasie gebruik word om demokrasie te vernietig?
In Maart 1933 het Hitler die Duitse Parlement gevra om die Magtigingswet te aanvaar wat Hitler die mag sou gee om enigiemand wat hy as die vyand van die staat beskou, te straf. Dit het ook bepaal dat wette van die grondwet mag afwyk.
Op 23 Maart 1933 is die Magtigingswet in die Duitse Parlement met 441 teen 94 stemme aanvaar.
Primêre skoolkinders wat saam met hulle onderwysers salueer, 1934.
Regters neem ‘n eed van getrouheid aan Hitler, 1933.
59
WERKVEL 8 bladsy 3 Sleutelvraag: Hoe kan ‘n demokrasie gebruik word om demokrasie te vernietig?
Op 7 April 1933 is die Wet vir die Herstel van Professionele Dienste aanvaar. Die meeste nie-Ariërs is uit die staatsdiens verwyder. Die regering kan nou ook enige staatsamptenaar ontslaan wat hy as ‘polities’ ongewens beskou het of ‘wou nie die staat te alle tye sonder voorbehoud ondersteun nie’.
In April 1933 is die Gestapo (geheime polisie) gestig. Dit was gemagtig om ‘openbare veiligheid en orde te beskerm’ deur metodes wat gewissel het van ondervraging tot arrestasie van mense en hulle plasing in konsentrasiekampe.
Teen Mei 1933 is alle werkersunies uitgewis. Werkers moes by die Nazi Arbeidsfront aansluit.
In Junie 1933 is die Sosiale Demokrate onwettig verklaar.
60
WERKVEL 9 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoekom het Duitsers gekies om die Magtigingswet te aanvaar?
Skryf drie van die belangrikste oorsake hieronder oor in jou eie woorde.
Verduidelik hoe elk van hierdie oorsake gelei het tot die aanvaarding van die Magtigingswet.
Oorsaak 1
Oorsaak 2
Oorsaak 3
61
WERKVEL 9 bladsy 2 Sleutelvraag: Wat was die gevolge van die aanvaarding van die Magtigingswet?
Skryf drie van die belangrikste gevolge hieronder oor in jou eie woorde.
Verduidelik waarom elk van hierdie gevolge so belangrik was.
Gevolg 1
Gevolg 2
Gevolg 3
62
ONTLEDING VAN LES JOU NOTAS Graad 9, Graad 8, Graad 7
• Die hooftema van hierdie les is oorsaak en gevolg. Die finale
aktiwiteit help leerders om baie spesifiek met hierdie aspek
van Leeruitkoms 2 besig te wees.
• Die feit dat leerders fisies sorteer en die gebeure rondskuif,
help hulle om beter die kompleksiteit van oorsaak en gevolg in
geskiedenis te verstaan.
• Leerders kan fisies die verskil tussen oorsaak en gevolg sien.
Soms spesifiek in Grade 7 en 8, neem ons vanselfsprekend aan
dat leerders die verskil verstaan tussen wat ‘n oorsaak van ‘n
gebeurtenis is en wat ‘n gevolg van daardie gebeurtenis is.
• Boonop, kan leerders sien hoe sommige gebeure belangriker
oorsake is as ander in die verduideliking hoekom iets gebeur
het. Dieselfde kan van gevolge gesê word – nie alle gevolge
is ewe belangrik nie.
• Deur die kaarte rond te skuif, bespreking, keuses te motiveer,
ens. kan leerders met hierdie kompleksiteit omgaan. Hierdie
aktiwiteit werk daarom die beste wanneer leerders dit in pare
of groepe voltooi sodat hulle geforseer word om betrokke te
wees by die keuses wat hulle maak.
• Om met oorsake en gevolge op hierdie manier om te gaan,
help leerders om kronologie beter te verstaan. In Graad 7 sal
die byvoeging van meer datums op die gebeurekaarte
leerders help om ook ‘n beter begrip van kronologie te
ontwikkel (‘n ander konsep wat ons vanselfsprekend aanvaar
dat alle leerders verstaan).
• In Graad 8 kan meer gebeure wat nie duidelike oorsake en
gevolge is nie, in die pakke kaarte ingesluit word wat aan
leerders gegee word. Verder, wanneer leerders die kaarte in
oorsake en gevolge verdeel het, kan hulle spesifiek gevra
63
word om elke groep in orde van belangrikheid te plaas. Hier
sal hulle spesifiek werk met LU2 AS “Verstaan dat oorsake en
gevolge van gebeure wissel in belangrikheid”. Weereens, die
fisiese aksie om die kaarte rond te skuif, help leerders om
duideliker te verstaan hoe hulle in belangrikheid verskil.
• In Graad 7 moet leeders in staat wees om die verband tussen
redes vir en gevolge van sleutelgebeure en veranderinge te
beskryf. Leerders kan dieselfde aktiwiteit gegee word deur
enige historiese gebeurtenis wat in Graad 7-Kennisfokus-
aamwerk gedek word, te gebruik, maar hulle moet minder
feite gegee word om rond te beweeg. Dit sal hulle help om
meer direk te sien hoe een of twee gebeure direk met
gevolge verbind kan word. Die fokus van die bespreking (en
die skryf daarna) vir leerders kan wees om te verduidelik hoe
een oorsaak ‘n gevolg geskep het.
64
Apartheid
65
DINK-PAAR-DEEL
Hierdie aktiwiteit laat alle leerders toe om deel te neem en met inhoud en/of ander kwessies.
Leerders word tyd gegee om oor hul eie mening te dink voordat hulle deel. Wanneer hulle deel, begin hulle deur net met ‘n maat te deel. Dit verseker dat leerlinge wat gewoonlik te skaam is om by te dra tot ‘n klasbespreking ‘n geleentheid gehad het om gehoor te word en hul mening, of argumente uit te druk. Dit is ook moontlik indien die inhou wat behandel word veral sensitief of emosioneel is.
Die finale deel van die aktiwiteit laat die klas, en die onderwyser, toe om te hoor watter inligting, gevoelens of gedagtes uit die besprekings na vore gekom het.
DIE GEVOLGE VAN APARTHEID
Sleutelvraag: Hoe het apartheid die Suid-Afrikaners sy vryhede en burgerlike vryhede geskend?
Hierdie les gee hoofsaaklik aandag aan die volgende Leeruitkomste en Assesseringstandaarde: Leeruitkoms 1 Ontleed die inligting in die bronne Bied ‘n onafhanklike redenasie aan as antwoord op ‘n gestelde vraag en motiveer gevolgtrekking (met bewyse) Leeruitkoms 2 Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg) Leeruitkoms 3 Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne)
DEEL A
Stap 1 • Deel Werkvel 10 uit. ‘n Alternatief is om die
spotprent in die werkvel te fotokopieer en dit in
die middel van ‘n A4/A3-vel papier plaas wat
dan die verskillende werkspasies het soos op die
Werkvel aankom.
• Hierdie aktiwiteit word genoem die dink-paar-deel-
aktiwiteit (kyk na inligtingsraampie).
Stap 2 Dink-Paar-Deel:
• Vra die leerders om op hul eie die eerste raam
rondom die spotprent in te vul – “Watter dinge in die
spotprent kan ek sien?” Dit is om leerders daarin te
oefen om behoorlik na visuele bronne te kyk. [DINK]
• Vra dan die leerders om ‘n pare die volgende raam
te bespreek en in te vul. Indien dit nog nie van te
vore gedoen is nie, moet daar dan ‘n bespreking
wees oor die simboliek en die boodskap van visuele
beelde. Die spotprent is nie bedoel om letterlik te
wees nie,
66
• maar in hierdie geval, ‘n politieke boodskap te
verskaf. [PAAR]
• Daarna as ‘n klas, deel leerders en bespreek die
voorstelle waarmee hulle vorendag gekom het.
[DEEL]
• Sluit die klasbespreking af deur te kyk na wat ons
bedoel met vryheid en burgerlike vryhede en hoe
dit deel is van die SA-Grondwet. Die leerlinge kan
hiervan op die werkvel invul.
DEEL B
Stap 1 • Deel Werkvel 11 uit.
• Vra die leerders om ‘n tabel op te stel soos die een op blad- sy
2 van Werkvel 11 (of gee een vir hulle). Die aantal rye in die
linkerkolom sal afhang van die inligting wat hul uit die bron
onttrek.
• Lees die bron vir die leerders of vra ‘n aantal leerlinge om te
lees.
Stap 2 • Vra die leerdrs om in pare die linkerkolom in te vul – “Inligting uit
die bron”.
• Hulle sal in pare moet bespreek, maar elke leerder moet sy eie
tabel invul. Hulle moenie net uit die bron kopieer nie, maar elke
opmerking moet in ‘n stelling verander word, bv. Swart mense wil
graag ‘n menswaardige loon betaal word. Die leerder se
stelling kan wees: Swart mense is nie ‘n menswaardige loon
betaal nie...
• As ‘n klas, kry terugvoering van die pare en lê die wyse vas
waarop hulle die stellings moet neerskryf.
LU en AS in Aksie
Hier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” “Bied ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse)”
LU en AS in Aksie
Hier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” LU2, AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg)”
67
Stap 3 • As hulle eers hierdie opdrag voltooi het, vestig hulle
aandag op die hedendaagse vryhede en die burgerlike
vryhede wat ons geniet wat hulle rondom die spotprent
ingevul het.
• Vra hulle dan om elkeen, op sy eie, ‘n paragraaf in die
regterkolom te skryf oor die wyse waarop, volgens
Mandela se getuienis, apartheid –Suid-Afrika vryheid en
burgerlike vryhede weggeneem het.
DEEL C
Stap 1
Inleiding:
Vra die leerders om te dink aan ‘n keer toe iemand wat hulle
gerespekteer en vertrou het, hulle op een of ander manier in
die steek gelaat het. Hoe het hulle gevoel? Gee hulle ‘n
paar minute om hul gevoelens in hul joernale of boeke neer
te skryf.
Stap 2 • Hierdie is ‘n dubbeljoernaalinskrywingsaktiwiteit – leerders
gebruik óf hulle joernale (indien u tydens die lesse joernale
gebruik het), óf gebruik hulle boeke of liasseerpapier.
• Die bladsy moet deur ‘n lyn in die middel verdeel word.
• Deel Werkvel 12 uit.
• Lees Bron A vir die klas, of vra vrywilligers in die klas om dit
hardop te lees.
• Vra dan die leerders om die uittreksel weer te lees, maar hierdie
keer stil op hul eie.
• Nadat hulle die bronne weer gelees het, moet die leerders drie
sinne in die bron kies en hulle onderstreep.
• Vra hul daarna om in hul joernale, elke sin in die linkerkolom neer
te skryf.
• In die regterkolom, oorkant elke sin, moet leerders ‘n persoonlike
respons op die sin neerskryf. Die respons moet die volgende
insluit:
o Hoekom hulle die sin gekies het.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied” LU2, AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg)” LU3, AS “Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie”
LU en AS in Aksie
Hier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” LU2, AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg)”
LU en AS in Aksie
Hier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Bied ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse)”
68
o Watter gedagtes en gevoelens hulle het oor dit
wat in die sin staan.
• Indien daar nie baie tyd is nie, vra hulle om twee in plaas van
drie sinne te kies.
Stap 3
• Wanneer die klas gereed is, vra hulle om
groepe van drie te vorm.
• Dan moet hulle hul sinne met die groep
deel asook die gedagtes wat die sinne by
hulle opgeroep het.
• Indien iemand in die groep dieselfde sin
gekies het, vra hulle om die ooreenkomste
en verskille te bespreek vir hul keuse van
die sin en hul gedagtes oor die sin.
• Vra daarna elke groep om een sin en die gedagtes daaroor
vir ‘n klasterugvoering te kies.
Stap 4 • Moedig in die klasbespreking die leerders aan om die
sielkundige skade te bespreek asook die skade aan
verhoudings wat die apartheidstelsel veroorsaak het.
DEEL D
Stap 1 • Lees Bronne B en C saam as ‘n klas. Lees dit weer vir die klas of
vra vrywilligers om hardop te lees. Meer as een leser kan lees.
• Terwyl hulle lees, vra die leerders om die woorde en frases te
onderstreep wat gevoelens beskryf.
• Bespreek as ‘n klas.
LU en AS in Aksie
Hier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne”
69
Stap 2 • Vra die leerders om, in pare, ‘n ander kleur te gebruik om
enige optredes in die bron te onderstreep wat gevolg het op
die gevoelens wat hulle in die bron geïdentifiseer het.
• Vra hulle om te bespreek hoe hierdie gevoelens van die
mense die wyse beïnvloed het waarop hulle gereageer het
op situasies waarin hulle hul bevind het.
Stap 3
• Sluit af: Hou ‘n algemene bespreking oor die verskillende wyses
waarop apartheid Suid-Afrikaners geraak het, van die
ontneming van vryhede en burgerlike vryhede wat in die vorige
bronne bespreek is, tot die diep sielkundige skade wat die
resultaat kon wees van apartheid – net so belangrik om te
bespreek, is die sielkundige skade wat aan wit Suid-Afrikaners
gedoen is, wat gekondisioneer is om te glo dat hulle superieur en
bevoorreg is en hoe sulke houdings kan lei tot die ontmensliking
van ander. Dit is ‘n sensitiewe bespreking wat versigtig
gehanteer moet word. Vir meer inligting en ondersteuning oor
hoe om hierdie besprekings te fasiliteer, besoek
www.facingthepast.org.za
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” “Bied ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aan en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse)” LU2, AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg)”
70
WERKVEL 10 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe het apartheid Suid-Afrikaners se vryhede en burgerlike vryhede geskend?
Watter vryhede en burgerlike vryhede het ons vandag in Suid-Afrika?
Wat vertel die dinge in die bron my van vryheid en burgerlike vryhede in apartheid-Suid-Afrika?
Watter dinge kan ek in die bron sien?
Hierdie spotprent het in die Cape Times op 17 Junie 1950 verskyn. Dit lewer kommentaar op die uitwerking van die nuwe onderdrukkende wette.
71
WERKVEL 11 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe het apartheid Suid-Afrikaners se vryhede en burgerlike vryhede geskend?
Bron A Veral die paswette is gebruik om die vrye beweging van swart Suid-Afrikaners in die land te beheer. Gesinne is geskei, aangesien mans gewerf is om op die myne en in ander industrieë te werk, maar nie toegelaat is om hulle gesinne saam met hulle na die stede toe te bring nie. Vrouens en kinders is in die landelike gebiede agtergelaat (Reservate en later Tuislande) en die vrouens het min kans gehad om werk te kry om te help met die onderhoud van hulle gesinne, daarom was daar dikwels armoede en wanvoeding in die landelike gebiede. Hierdie bron is ‘n uittreksel uit Nelson Mandela se Verklaring vanuit die beskuldigdebank in die Rivonia Verhoor op 20 April 1964. In hierdie uittreksel praat hy oor die uitwerking wat die apartheidswette op die lewens van swart Suid-Afrikaners gehad het.
Swart mense wil ‘n menswaardige loon betaal word. Swart mense wil werk doen wat hulle in staat is om te doen, en nie net werk wat die Regering hulle bevoeg verklaar om te doen nie. Swart mense wil graag toegelaat word om te woon waar hulle werk kry, en nie uit ‘n area weggewys word omdat hulle die daar gebore is nie. Swart mense wil toegelaat word om grond te besit in plekke waar hule werk, en nie verplig wees om in gehuurde huise te woon wat hulle nooit hul eie kan noem nie. Swart mense wil graag deel wees van die algemene bevolking en nie beperk wees om in hul eie ghetto’s te woon nie. Swart mans wil hê hul vrouens en kinders moet by hulle woon waar hulle werk, en nie gedwing wees om ‘n onnatuurlike bestaan in manshostelle te voer nie. Swart vrouens wil by hulle mans wees en nie as permanente weduwees in die Reservate gelaat word nie. Swart mense wil toegelaat word om saans na elfuur uit te wees en nie soos klein kindertjies in hul kamers ingehok te wees nie. Swart mense wil toegelaat word om in hul eie land rond te reis en om werk te soek waar hulle wil en nie waar die Arbeidsburo hulle sê om te gaan nie. Swart mense wil ‘n regverdige deel in die hele Suid-Afrika hê; hulle wil sekuriteit hê en ‘n aandeel in die samelewing. Bo alles, wil ons gelyke politieke regte hê, want daarsonder sal ons onvermoëns permanent wees. Ek weet dit klink revolusionêr vir die blankes in hierdie land, want die meerderheid van die swart stemmers, sal swart mense wees. Dit laat die witman demokrasie vrees. Maar hierdie vrees kan nie toegelaat word om in die pad te staan van die enigste oplossing wat rasseharmonie en vryheid vir almal sal waarborg nie. Dit is nie waar dat stemreg vir almal rassedominasie tot gevolg sal hê nie. Politieke verdeling, gegrond op kleur, is heeltemal kunsmatig en, wanneer dit verdwyn, sal ook die dominasie van een kleurgroep deur ‘n anderverdwyn. Die ANC het ‘n halfeeu daaraan bestee om teen rassisme te veg. Wanneer dit triomfeer sal dit nie daardie beleid verander nie. Dit is dan wat die ANC beveg. Hulle stryd is waarlik nasionaal. Dit is ‘n stryd van die Afrika-mense, geïnspireer deur hul eie lyding en hul eie ervaring. Dit is ‘n stryd vir die reg om te leef.
[Verkry vanaf die Internet Modern History Sourcebook]
72
WERKVEL 11 bladsy 2 Sleutelvraag: Hoe het apartheid Suid-Afrikaners se vryhede en burgerlike vrygede geskend?
Sleutelvraag: Hoe het apartheid mense se lewens beïnvloed?
Inligting uit bron: Watter vryhede en burgerlike vryhede is geskend?
1.
2.
3.
4.
73
WERKVEL 12 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe het apartheid Suid-Afrika se vryhede en burgerlike vryhede geskend?
Bron A Waardigheid is die essensie van wat dit beteken om mens te wees, en om ‘n persoon se waardigheid weg te neem, veral voor daardie person se kind, is ‘n vorm van menseregteskending. Vir die meerderheid Suid-Afrikaners was apartheid ‘n stelsel wat hulle waardigheid ontsê het en die verhoudings tussen ouers en kinders onherstelbaar beskadig het. Hier volg ‘n boekuittreksel uit Bloke Modisane se boek: Blame me on History [bl.24]:
[As seun het Bloke sy vader gerespekteer as ‘n regverdige man en ‘n man wat vir sy regte sou opstaan]…Ons verhouding het sterker geword…Toe het die mure van my wêreld in duie gestort, alles rondom my het ineengestort en die verhouding verwoes…Daar was ‘n Pasklopjag en twee blanke polisiekonstabels met hul Swart ‘polisie-boys’ het geëis om die Passe van alle volwasse Swart mans te sien. ‘Pas jong, Kaffer,’ het die polisiekonstabel geëis van Oom George, ‘n verlangse familielid van my pa. ‘Maak gou, ons het nie heeldag nie.’ Hy sou nie waag om my pa op daardie toon aan te spreek nie, het ek gespog, my pa is ouer as hy. ‘En jy, hoekom sit jy op jou swart gat?’ het die konstabel vir my pa geskree. ‘Krap uit jou Pas en belasting.’ Ek het ineengekrimp. My vader was kalm, die sagthied op sy gesig was onveranderd, net ‘n hardheid het in sy oë verskyn; hy het sy beursie uitgetrek en sy dokumente getoon, ‘n Pasvrystellingsbewys en ‘n belastingkwitansie vir die huidige jaar. My heldefiguur het gedisintegreer, verkrummel tot ‘n duimhoë hopie as; ek kon dit nie in die gesig kyk nie; ek kon dit nie verstaan nie, ek het die jong konstabel gehaat omdat hy my pa vernietig het; vrae het deur my gedagtes geflits, ek wou weet hoekom, en ek dink ek het my vader kwalik geneem, sy integriteit as ‘n man bevraagteken. Ek het my gesig weggedraai en in die slaapkamer verdwyn, gesoek na ‘n opening in die aarde waarin ek kon kruip en in bondel van skaamte kon neerhurk. In my klein, bevooroordeelde wêreldjie van absolutes was my oordeel wreed, het ek die standaarde van my fantasiewêreld afgedruk; ons het mekaar vanaf daardie oomblik verloor, en op sy eie manier het hy probeer om sy seun terug te kry, maar ek was hard en ontsettend onregverdig, en dus het hy weer die streng hand van outoriteit geword, die outoriteit wat ek nie langer kon respekteer nie.
Bloke Modisane, Blame me on History, AD Donker, 1986 (Eerste uitgawe in 1963) bl. 24
74
WERKVEL 12 bladsy 2 Sleutelvraag: Hoe het apartheid Suid-Afrikaners se vryhede en burgerlike vryhede geskend?
Bron B Hierdie uittreksel is uit ‘n onderhoud met Getrude Fester in 1987 en kom uit ‘n boek, Lives of Courage, deur Diana Russell. Gertrude Fester was ‘n lid van die United Women’s Congress.
[Russell, D, Lives of Courage, Basic Books Inc, 1989, bl. 244 & 245]
Ek kom uit ‘n taamlik welgestelde Kleurlingfamilie…My gesin was nie polities betrokke nie, hoewel hulle baie simpatiek was…Ek onthou hoe ek as kind park toe gegaan het om te speel. Hoewel daar geen ‘Slegs Blankes’ – tekens was nie, het ons geweet dat ons nie veronderstel was om daar in te gaan nie, dus het ons ingegaan wanneer daar niemand was nie en vinnig gespeel, baie bang. Wanneer die blanke kinders gekom het, het ons soms uitdagend geraak en daar gebly en met hulle baklei. My moeder kom uit ‘n landelike gebied en ek onthou dat ons elke vakansie soontoe gegaan het. Dit was regtig vreeslik, want ons kon nie by winkels ingaan nie. Ons moes ‘n klein venstertjie aan die sykant gebruik. Ons kon nie by kafees ingaan om ‘n koeldrank te koop nie. Ons kon nie eens na die openbare toilette gaan nie. Hierdie beperkings het deel van my bewussyn geword. Ek sal altyd bang wees om by ‘n restaurant in te gaan. Dit is nie maklik om hierdie dinge af te leer nie. Ervarings soos hierdie gee jou ‘n permanente minderwaardigheidskompleks. Ek het byvoorbeeld in 1981 in Holland gestudeer. Ek het ongeveer ‘n jaar lank daar gewoon toe ek een aand saam met ‘n hele groep van meestal swart studente die straat af gestap het, op soek na ‘n pub (kroeg). Maar elke keer as ons by een gekom het, het ek gesê: ‘Nee, ons moenie daar ingaan nie.’ Ek het omtrent tien of twaalf pubs op hierdie wyse afgekeur, dus het die mense gevra: ‘Wat’s verkeerd met jou?’ Ek het besef dat ek bang was om in te gaan! Ek het hierdie soort gevoelens my hele lewe gehad. Die meeste bioskope in Suid-Afrika is nou oop vir swart mense, maar ek het nie die moed om by baie van hulle in te gaan nie. Dis dieselfde met ‘n nuwe restaurant. My suster, ‘n radiografis, het sestien jaar in Engeland gewoon. Sy het twee jaar gelede saam met haar man hierheen teruggekom vir ‘n vakansie. Ons het kuslangs gereis en by ‘n lieflike restaurant stilgehou. My moeder het buite gehuiwer totdat ek haar ingebring het. Sy is gewoonlik ‘n baie selfversekerde vrou, maar sy het heeltemal onderdanig geword. Voordat ons vertrek het, het my suster gesê sy wou toilet toe gaan. Sy het vir ons gevra: ‘Is julle seker dis veilig om in te gaan? UIteindelik het sy nie gegaan nie, want sy was bang, ten spyte daarvan dat sy sestien jaar buite hierdie land gewoon het.
75
WERKVEL 12 bladsy 3 Sleutelvraag: Hoe het aprtheid Suid-Afrikaners se vryhede en burgerlike vryhede geskend?
Bron C
Dit is ‘n uittreksel uit Rian Malan, die kleinseun van D.F. Malan (die eerste apartheid-Eersteminister), se herinneringe van sy kinderjare. Dit is uit sy boek: My Traitor’s Heart, 1990.
In my kinderjare was daar altyd swart mense in ons agterplaas erf. Ons het hulle naturelle genoem…Naturelle het my etes gekook, my skoene gepoets, my bed opgemaak, die gras gesny, die heining geknip, en gate volgens my pa se instruksies gegrawe. Hulle het uit emaljeborde geëet en het uit ge”chip”-te,af-oor koppies gedrink wat bekend gestaan het as die “boy” of die “girl” se koppie en is apart gehou van ons breekware. Hulle het gebroke Engels of Afrikaans gepraat, het ou klere gedra, en het geen geld of vanne gehad nie. Dit was al wat regtig nodig was om van hulle te weet…
Een Sondagmiddag het ek rondgeluier in ...[roomyswinkel wat deur ‘n Griekse man besit is] toe ‘n albino inkom. Die Griek het hom begin tart deur te sê: ‘Jy’s ‘n wit kaffer [‘n verkleinerende woord wat gedurende apartheid gebruik is om na ‘n swart Suid-Afrikaner te verwys], is jy nie ‘n wit kaffer nie, hé?’Die albino was seergemaak en verneder, maar hy het ‘n dapper front voorgehou, sy muntstuk op die toonbank neerplak en geëis om bedien te word. Die Griek het net gelag en hom nog name genoem. Ek het seergekry vir die frats se onthalwe, dus het ek gehum en geha en die Griek in die oë gekyk. ‘Jy’s die wit kaffer,’ het ek gesê. Toe het ek omgedraai en gehardloop, want ek het gedink hy sou my slaan.
Nee, ek lieg. Ek moenie meer lieg nie. Ek het daar gestaan en kyk, met daardie teregwysing wat deur my gedagtes gaan. Ek het gedink, sê dit, sê dit, maar ek het nie, want ek was bang. Ek het net smeulend daar gestaan.
76
ONTLEDING VAN DIE LES Jou notas
GRAAD 9
• Een van die opdragte wat die kinders gevra word om te doen,
is die ontleding van ‘n spotprent. Leerders moet inligting in ‘n
grafiese bron interpreteer en die inligting in ‘n bron ontleed.
• Spotprente is baie belangrike historiese bronne en dit is
belangrik dat leerders die visuele geletterdheid ontwikkel wat
nodig is om spotprente te interpreteer.
• Werkvel 10 veries eerstens dat leerders die spotprent
ondersoek en alles neerskryf wat hulle sien. Hierdie
aanvanklike stap laat die leerders toe om net eers die grafiese
uiteensetting op te merk.
• Ontleding kan slegs plaasvind as die leerder die gegewe
beelde verstaan. Die leerders word dan gevra om wat hulle
sien met die boodskap van die spotprent te verbind.
• Laastens moet leerders die verband tref tussen die boodskap
van die spotprent en die hede. Om die leerders te help om
die spotprente te interpreteer, gebruik die tegniek van hierdie
werkvel met maklik verstaanbare spotprente in die koerant
wat verband hou met kwessies waarvan die leerders ‘n bietjie
kennis dra.
GRAAD 8 • Om die leerders te help om hul interpretasie vaardighede te
verbeter, kan hulle gevra word waarom die spotprent-
tekenaar die spesifieke simbole/ beelde gekies het.
• Dit kan soos volg gestel word: Hoekom het die spot-
prenttekenaar ‘n slang gekies? Waaraan dink jy as jy aan ‘n
slang dink? Watter ander dier kon hy gekies het wat dieselfde
boodskap sou gee? Hoekom is die mans op hierdie manier
geteken? Hoekom is hulle mans en nie vrouens nie?
• Wanneer leerders oor antwoorde op hierdie vrae begin dink
(selfs al is hulle nie korrek nie), gaan hulle met die bron om,
interpreteer dit en ontwikkel hulle analitiese vaardighede.
77
GRADE 7 • Om leerders ‘n duideliker idee te gee van die doel van
politieke spotprente, kan leerders gevra word om spotprente
van die huis af te bring. Hulle kan, byvoorbeeld, die Super
Striker tydskrif in die Sunday Times gebruik, of enige spotprent
of strokiesprent.
• Vra leerders hoe hulle kan verstaan wat in die strokiesprent
gebeur sonder om die spraakborrels te lees. Hulle sal verwys
na die gesigsuitdrukkings en die aksies van die karakters, die
‘klank’, bv. “Bang”, en die kleure/ tekentegnieke wat deur die
tekenaar gebruik is.
• Dieselfde tegnieke wat hulle gebruik om kinders se spotprente
en strokiesprente te verstaan, word gebruik om politieke
spotprente te verstaan.
• Wanneer leerders eers verstaan dat spotprente nie
intimiderend hoef te wees nie, aangesien hulle nie baie meer
gekompliseerd is as dit wat hulle vantevore gelees het nie, sal
hulle dit met meer selfvertroue analiseer.
• Die uitdaging om politeke of historiese spotprente te
interpreteer lê daarin om bekend te wees met die konteks
waarin die spotprent geteken en gepubliseer is. Verduidelik
dit dus altyd aan die leerlinge voordat hulle gevra word om
die soort vrae in Werkvel 10 te beantwoord.
• Deur bronne van die Graad 7-sillabus te gebruik, soos dié op
die volgende bladsy, kan leerders soortgelyke aktiwiteite
voltooi soos in hierdie afdeling.
78
BRONNE VIR GRAAD 7-LESSE Die Amerikaanse Revolusie
Graad 7-onderwysers kan dieselfde aktiwiteite en metodologieë gebruik deur van die volgende bronne gebruik te maak wat op die Amerikaanse Revolusie fokus. Hierdie bronne is spesifiek gerig op watter uitwerking die Revolusie op die vroue gehad het.
Bron A Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n topverkoper “sakboek” wat in
Londen gepubliseer is, wat wyd gelees is in die Amerikaanse kolonies
in die 1700’s. Dit is Advice to a Daughter genoem. Dit wys hoe
vrouens voor die rewolusie geleer is om hulleself en hul plek in die
samelewing te beskou.
U moet dit eerstens onthou...oor die algemeen, Dat daar
Ongelykheid in die Geslagte is, en dit tot voordeel van die Ekonomie
van die Wêreld; aan die Mans, wat die Wetgewers sou wees, is die
groter deel van Rede [intelligensie]...[aan] hulle..[gegee]; ... u Geslag
[moet mans gehoorsaam]... u Geslag... [het] ons Rede [nodig] vir u
Gedrag, en ons Krag vir u Beskerming: Ons wil u Sagtheid hê om ons
te versag, en om ons te vermaak...
Bron B Abigail Adams, vrou van die Amerikaanse president, in Maart 1776,
voor die Onafhanklikheidsverklaring, het aan haar man geskryf en
hom gevra om die regte van vroue te verbeter.
... in die nuwe wetskodes wat ek veronderstel jy sal moet maak,
[vra] ... ek jou ... [om] die dames te onthou, en wees meer vrygewig
teenoor hulle as jou voorgangers. Moenie sulke onbeperkte mag in
die hande van hulle mans plaas nie. Onthou, alle mans sou tiranne
wees as hulle kon. Indien nie spesifieke sorg en aandag aan die
dames geskenk word nie, is ons vasbeslote om ... ‘n rebellie [te hê], en
ons sal ons nie beskou as daartoe verbind om die wette te
gehoorsaam waarin ons nie ‘n stem of verteenwoordiging het nie.
http://www.historyisaweapon.com/defcon1/zinnint6.html
79
Bron C Howard Zinn, ‘n Amerikaanse historikus, het in sy artikel, The Intimately
Oppressed, geskryf oor die gevolge wat die Revolusie vir vroue gehad
het:
Na die Revolusie, het geeneen van die nuwe state se grondwette
aan vrouens die reg om te stem toegestaan nie, behalwe New
Jersey, en daardie staat... [het dit weggeneem] in 1807. New York se
grondwet het spesifiek [seker gemaak dat vroue nie kon stem nie]
deur die woord ‘manlik’ [in hul grondwet] te gebruik.
http://www.historyisaweapon.com/defcon1/zinnint6.html
Bron D In die boek, Making America: A History of the United States, is die lewe
van vroue in Amerika voor en na die Revolusie soos volg beskryf:
Voor die Revolusie…
Voor die Revolusie was kolleges en skole wat jong mans opgelei het,
ontoeganklik vir vroulike studente. Vroue het hulle opvoeding gekry
deur hul vaders en broers se boeke te lees. Die meeste vroue moes
tevrede wees om huishoudelike vaardighede eerder as aard-
rykskunde of geskiedenis te leer. Teen die 1780’s het privaat skole
geopen om die dogters van wegstelde Amerikaanse gesinne op te
voed.
Na die Revolusie…
Tensy spesiale kontrakte voor die huwelik... [opgetrek is], het ‘n vrou se
eiendom, ook haar klere en persoonlike besittings, onder haar
eggenoot se beheer geval... Selfs ‘n vrou se liggaam is beskou as die
eiendom van haar man.
People In Place and Time Grade 7, Ranby, Lekgoathi, Wray, Macmillan, 2005
80
DIE VREEDSAME STRYD Sleutelvraag: Hoe effektief was die vreedsame weerstand teen apartheid?
Hierdie les gee hoofsaaklik aandag aan die volgende Leeruitkomste en Assesseringstandaarde: Leeruitkoms 1 Ontleed die inligting in die bronne Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied Leeruitkoms 2 Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg) Leeruitkoms 3 Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne)
In baie Afrika-samelewings was die boom tradisioneel ‘n plek
waaronder die mense van ‘n dorp of gemeenskap bymekaar kom
om deel te neem aan belangrike besprekings of imbizo’s. In die oop
ruimte onder die boom kan alle stemme gehoor word en is die
bespreking deursigtig.
Die aktiwiteit hier onder is op hierdie konsep gegrond. Alle leerders in
die klas word ‘n kans gegee om te praat. Alle leerders word gedwing
om na mekaar te luister, aangesien elke persoon eindelik in die
besprekingsirkel geplaas mag word.
Stap 1 • Verdeel die klas in groepe van vier of vyf.
• Deel kopieë uit van elke bron in Werkvel 13 aan elke groep.
Stap 2 • In elke groep moet elke leerder al die bronne
lees.
• Leerders moet in stilte lees.
• Wanneer leerders ‘n leesstuk klaar gelees het,
moet hulle dit aanstuur na hulle groeplede totdat
hulle al die bronne gelees het.
• Terwyl hulle lees, moet elke groeplid vrae neer
skryf wat hulle oor die bron of die inligting in die
bron mag hê.
• Nadat hulle gelees het, moet leerders individueel kort notas
maak waarin die volgende vraag beantwoord word
“Hoe effektief was die vreedsame weerstand teen
apartheid?”
81
Stap 3
• Wanneer die groepe klaar gelees het,
moet elke groeplid sy notas wat sy
gemaak het met die groep deel en dit
verduidelik.
• Leerders moet hulle vrae ook deel en die
groep vra om belangrike vrae wat hulle
het, te help beantwoord. Hulle kan die
onderwyser vra om te help waar nodig.
• Leerders moet dan hul antwoorde op die
sleutelvraag deel.
• Die groep moet besluit oor:
o die vyf belangrikste stukke inligting wat uit
hierdie bronne oor die vreedsame weerstand
geleer kan word, en
o ‘n algemene antwoord op die vraag wat aan
hulle gegee is
• Een leerling moet as die eerste verteen-woordiger
van die groep gekies word. Dit is die groep se
verantwoordelikheid om te verseker dat hierdie verteen-
woordiger die groep se punte verstaan.
Stap 4
• Rangskik ‘n aantal stoele soos aangedui in die diagram hier-
onder. Daar moet een stoel in die sirkel vir elke groep wees.
LU en AS in AksieTot op hierdie punt in die aktiwiteit het die leerders aandag gegee aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” “Stel betekenisvolle vrae om bronne te evalueer” LU3, AS “Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie”
82
• Elke groep se verteenwoordiger moet op een van die stoele
sit. Die ander leerders staan dan in ‘n groot sirkel rondom die
stoele.
Stap 5 • Verduidelik aan die klas dat elke leerder ‘n geleentheid sal kry
om gehoor te word.
• Leerders mag slegs praat wanneer hulle die sirkel binnegekom
en gaan sit het.
• Om deel te neem aan die bespreking, moet leerders wat
buite die sirkel staan die groeplid wat dan op die stoel sit,
liggies op die skouer tik. Hy/Sy sal opstaan en die groeplid
mag dan sy/haar plek inneem.
Stap 6
• Begin die bespreking deur die verteenwoordigers in die sirkel
te vra om die vyf punte waarmee hulle groep vorendag
gekom het, mee te deel. Elke verteenwoordiger moet ‘n
kans kry om te praat terwyl almal luister.
• Hulle moenie dadelik met ‘n bespreking begin nie. Dit is
belangrik dat geen ontleding of interpretasie op hierdie
stadium toegelaat word nie. Slegs die feite! Hulle moet nog
nie hulle groep se antwoord op die sleutelvraag meedeel
nie.
• Nadat al die verteenwoordigers terugvoering gegee het,
mag die verteenwoordigers wat sit kommentaar lewer op hul
groep se punte of dié wat deur ander verteenwoordigers
gemaak is.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied” LU2 AS “ Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in geskiedenis (oorsaak en gevolg)”
83
• Die leerders in die groter groep bly staan en moet luister. Hulle
mag slegs kommentaar lewer as hulle op die stoel sit (en om in
te kom, moet hulle hul verteenwoordiger uittik).
• Na ‘n ruk kan u die bespreking onderbreek om diegene in die
sirkel te vra om hulle groep se antwoord op die sleutelvraag te
gee:
“Hoe effektief was die vreedsame verset teen
apartheid?”
• Voordat elke groep se antwoorde bespreek
word, vra die groeplede op die stoele om kortliks
hulle groep se antwoord op die sleutelvraag te
verduidelik. Daarna laat die bespreking voort-
gaan.
Let op:
Op sekere stadiums kan die onderwyser mense uit die bespreking “tik”
en leerders wat nog niks gesê het nie, by die bespreking inlaat. Maak
seker dat u die leerders daaraan herinner dat hulle met diegene in
die sirkel praat en nie met u nie. Die leerders mag geneig wees om
na u te kyk terwyl hulle praat, veral as u hulle die bogenoemde vraag
gevra het.
Hierdie aktiwiteit is aangepas uit die Town Hall Circle les deur Michele Phillips, Senior
Programassosiaat, Facing History and Ourselves. Hierdie en ander lesse is beskikbaar by
www.facing.org
84
WERKVEL 13 bladsy 1 Sleutelvraag: Hoe effektief was die vreedsame weerstand teen apartheid?
Versetveldtog (Defiance Campaign) Regdeur die 1950’s was daar veldtogte en protesoptogte teen apartheid. Die aksies van die weerstand was op hierdie tydstip nie-gewelddadige, passiewe weerstand, gekenmerk deur burgerlike ongehoorsaamheid (weiering om onregverdige wette te gehoorsaam). In 1952 het die ANC die Versetveldtog of Defiance Campaign geloods. Die plan was dat mense vreedsaam, maar opsetlik, die wet sou oortree met die doel om gearresteer te word en so die tronke te laat oorloop. Hulle het gehoop om openbare aandag op apartheid te vestig en hopelik die regering te dwing om die wette af te skaf. Bron A Albertina Sisulu was ‘n jong getroude vrou ten tye van die Defiance Campaign. In die laat 1980’s is ‘n onderhoud met haar gevoer:
...hoewel ek in 1952 aan die Defiance Campaign wou deelneem, kon ek nie, want my man was betrokke. Ons het toe klein kindertjies gehad, en die ANC het beveel dat slegs een ouer kon deelneem. Walter het die eerste groep [passiewe weerstanders] gelei, en hulle is in Boksburg gearresteer omdat hulle die permitwette oortree het. Kragtens die wet was hulle nie veronderstel om die township binne te gaan sonder ‘n permit en sonder die begeleiding van ‘n polisieman nie. Liliian Ngoyi het teen die wet by poskantore opgetree waar ons ons eie ingange gehad het en die blankes hulle s’n. Sy het by die blanke afdeling ingegaan waar swart vroue nie toegelaat is nie. Omdat ek nie in staat was om direk aan die veldtog deel te neem nie, het ek gehelp om die gesinne van mense in die tronk kos te gee. Ek het my man as deel van die familie en as vader vir die kinders gemis. Keer op keer sou hulle my vra: “Waar is Pappa? Wanneer kom hy terug?” Hoewel ek toegelaat is om hom in die tronk te besoek, is hulle nie toegelaat nie. Dit het regtig ‘n uitwerking op hulle gehad. Maar wat myself betref, ek het verstaan waarom hy in die tronk was en was nie bekommerd nie, soos ek gesê het, ek wou ook protesteer.
Russell, D. (1989) Lives of Courage, New York: Basic Books Inc: pp. 147-8
85
WERKVEL 13 bladsy 2 Sleutelvraag: Hoe effektief was die vreedsame weerstand teen apartheid?
Bron B Dit is ‘n uittreksel uit die storie Amina Cachalia wat afkomstig is van ‘n polities aktiewe familie. Sy het deelgeneem aan die Vroue-optog na die parlement asook ‘n paar jaar vroeër aan die Defiance Compaign:
Maar die belangrikste ding vir my was nie daardie werklike [vroue-] optog nie… Maar toe ek in 1952 vir die Defiance Campaign tronk toe is, was dit vir my die hoogtepunt, want dit het my in dieselfde sel saam met ander mense geplaas en ek het vroeg geleer en besef dat my aspirasies, my verwagtinge en my begeertes, hulle s’n was nie net myne nie, hulle was dwarsdeur die lengte en breedte van Suid-Afrika. Ons was in een sel saamgedruk; twee selle eintlik, een grote en ‘n klein ene. En ons was 29 vroue wat vrywilliglik tronk toe gegaan het op 26 Augustus 1952 – die eerste groep vroue wat tronk toe gegaan het. Dit was vir my, persoonlik, so belangrik, want hier het ek, die eerste keer in my lewe, tyd saam met vrouens, ander aktiviste, in die tronk spandeer – saam met hulle geslaap, saam met hulle geëet, die toilet saam met hulle skoongemaak, die binnehof saam met hulle skoongemaak, wat absoluut skouspelagtig was, dit was reeds skoon. Boksburg Gevangenis was daardie jare een van die skoonste tronke, maar ons moes nogtans soggens opstaan en dit doen. Hier het ek tyd saam met alle soorte vrouens deurgebring, een kleurlingvrou, gewone swart vrouens, Indiërvrouens, ons het een gevangenis gehad vir kleurling- en swart vroue. En ons het dieselfde kos geëet, dieselfde binnehof skoongemaak en dieselfde liedere gesing. Ons het volkome met die nuwe Suid-Afrika geïdentifiseer wat dekades later sou kom. Dit was so belangrik vir ons om saam te leef, want daar was altyd, in elke groep in Suid-Afrika, die verdeling en die wet wat die rassistiese regering bereik het. Ons het dit nooit geweet nie. Wanneer ek sê ons, beteken dit baie vir die Indiërvroue, nie vir my persoonlik nie, ek was bevoorreg, want ek het vriende gehad en ek het ander aktiviste gehad saam met wie ek gewerk het.
http://www.nelsonmandela.org/images/uploads/Malibongwe_WEB.pdf Malibongwe Igama Lamakhosikasi/Praise be to Women: Remembering the Role of Women in South African History through Dialogue - 2007
86
WERKVEL 13 bladsy 3 Sleutelvraag: Hoe effektief was die vreedsame weerstand teen apartheid?
Bron C Hierdie bron is ‘n uittreksel uit ‘n boek wat deur Govan Mbeki geskryf is, The Struggle for Liberation in South Africa. Daarin het hy geskryf van die uitwerking wat die Defiance Campaign op die ANC as ‘n politieke beweging gehad het.
Die Defiance Campaign was ‘n betekenisvolle waterskeiding waarin 8 326 mense vrywilliglik onregverdige wette uitgestart het en so tronkstraf uitgelok het. Die bevrydingstryd het verskeie voordele vir die Defiance Compaign ingehou. Eerstens het dit ‘n geleentheid vir die gewone lede van die ANC ‘n geleentheid gebied om op ‘n praktiese wyse in die stryd teen verdrukking betrokke te wees. Die Veldtog het al die opgehoopte energie van die mense losgelaat en hulle met die begeerte besiel om by die ANC aan te sluit om teen verdrukking te veg. Die ledetal het binne maande die hoogte ingeskiet vanaf 4 000 tot 100 000. Tweedens het die mense die vrees vir die tronk afgeskud toe hulle besef dat die weg tot vryheid deur die tronk lei. Origens het tronkstraf ook die morele sitgma verloor wat aan diegene gekleef het wat om watter rede ook al in die tronk was. Derdens het die veldtog die idee en gees van opoffering van persoonlike belang vir die algemene heil ingeskerp. Vierdens het daar uit die veldtog ‘n gedissipineerde korps van manne en vroue na vore gekom wat ruimskoots van hul tyd en energie gegee het, dag of nag, sonder enige vergoeding, om die ANC op te bou en te versterk.
Mbeki, G. (1992) The Struggle for Liberation in South Africa – a short history - UWC Mayibuye History Series No 13 Cape Town: David Philip/Bellville: Mayibuye Centre: pp. 64-5
Kongres van die Mense en Vryheidsmanifes Na die Defiance Campaign het vier organisasies bymekaar gekom om die Kongresalliansie (Congress Alliance) te vorm. Hierdie Cogress Alliance het Swart mense, Kleurlinge, Indiërs en blankes verteenwoordig. Die Congress Alliance het besluit om ‘n Congress of the People (Kongres van die Mense) byeen te roep om die apsirasies van Suid-Afrikaners te formuleer. Dit het uitgeloop op die Vryheidshandves wat in 1955 aanvaar is. Bron D Hierdie bron is ‘n uittreksel uit Govan Mbeki se geskiedenis van die stryd:
Een van [die Congress Alliance se] mees betekenisvolle besluite was om ‘n kongres te organiseer waar die mense van hierdie land saam ‘n beleidsinstrument kon bedink wat die aspirasie van alleSuid-Afrikaners kon omvat. Nadat al die eise van die mense in die stedelike sowel as die landelike gebiede ingesamel is, het die Congress of the People in 1955 ontmoet om ‘n allesomvattende beleidsdokument – Die Vryheidshandves (The Freedom Charter) te aanvaar.
Mbeki, G. (1992) The Struggle for Liberation in South Africa – a short history - UWC Mayibuye History Series No 13 Cape Town: David Philip/Bellville: Mayibuye Centre: pp. 76
87
WERKSVEL 13 bladsy 4 Sleutelvraag: Hoe effektief was die vreedsame weerstand teen apartheid?
Bron E Hierdie uittreksel is deel van ‘n onderhoud met Wolfie Kodesk, ‘n lid. In 1963 is Wolfie aangehou onder die 90-dae-aanhoudingswette en in Julie 1963 is hy per trein na Kaapstad begelei. In Kaapstad aangekom, is hy by Caledon Plein polisiestasie in eensame aanhouding geplaas. Vorster, destydse Minister van Polisie, het ‘n uitsettingspermit uitgereik wat Wolfie geforseer het om Suid-Afrika te verlaat. Hy is deur die Verenigde Koninkryk asiel gebied. In hierdie uittreksel praat hy van die wyse waarop eise vir die Vryheidshandves ingesamel is:
Ons het reguit na die platteland gegaan na al die plekke van vroeër wat ons geken het – ‘n hele netwerk. Ons het voorstelle gekry van vrouens, kinders, plaaswerkers – die dopstelselmense, die hele klomp. Ons het selfs voorstelle gekry wat geskryf was op die agterkant van Cavalla sigaretboksies, stukkies karton of papier. Dit was ‘n baie moeilike taak, want mense was nie daaraan gewoond om hulleself uit te druk nie… Dit het dus die mees omvattende en wydverspreide lys geword van voorstelle en eiese vir wat die mense wou hê.
Pampallis, J. (1991) Foundations of the New South Africa. Cape Town: Maskew Miller Longman
88
WERKSVEL 13 bladsy 5 Sleutelvraag: Hoe effektief was die vreedsame weerstand teen apartheid?
Bron 15 Uittreksels uit die Vryheidshandves wat op 26 Junie 1955 in Kliptown, Soweto, vrygestel is.
ONS, DIE MENSE VAN SUID-AFRIKA, VERKLAAR AAN DIE WêRELD EN AAN ONS LAND:
dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, wit en swart, en dat geen regering wettig kan wees tensy dit die wil van die mense is nie;
dat ons mense beroof is van hulle geboortereg om grond, vryheid en vrede te ontvang, deur ‘n regering wat op ongelykheid en ongeregtigheid gegrondves is;
dat ons land nooit vooruitgang sal beleef of vry sal wees totdat ons in broederskap saamleef en gelyke regte en geleentheid geniet nie;
dat slegs ‘n demokratiese stelsel gegrond op die wil van die mense aan hulle hul geboortereg kan verseker, sonder in agneming van ras, kleur of geloof;
Dus aanvaar ons, die mense van Suid-Afrika, wit en swart en almal gelyke burgers en broers, hierdie Vryheidshandves...
Die Mense Sal Regeer!
Elke man en vrou sal die reg hê om te stem en om as ‘n kandidaat te staan vir alle liggame wat wette maak;
Alle mense sal daarop geregtig wees om deel te neem aan die administrasie van die land;
Die regte van die mense sal eenders wees, ongeag ras, kleur of geslag
Alle Nasionale Groepe Sal Gelyke Regte hê!
Daar sal gelyk status wees in die staatsinstansies, in die howe en in die skole vir alle nasionale groepe en rasse;…
Die prediking en praktyk van diskriminasie en minagting op nasionale, rasse- of kleurgrondslae, sal ‘n strafbare misdaad wees;...
Alle apartheidswette en –praktyke sal ter syde gestel word.
Die Mense Sal Deel in die Land se Rykdom!...
Die Grond Sal Verdeel word Onder Almal Wat Dit Bewerk!...
Almal Sal Gelyk wees Voor die Reg!...
Laat alle mense wat hulle volk en hulle land liefhet, nou sê, soos ons hier sê:
VIR HIERDIE VRYHEDE SAL ONS VEG, SY AAN SY, DWARSDEUR ONS LEWE, TOTDAT ONS ONS VRYHEID VERKRY HET.
89
ONTLEDING VAN DIE LES Jou notas
Graad 9, 8 en 7 • Die boom-imbizo-aktiwiteit kan regoor die grade en met enige
inhoud gebruik word.
• Dit is belangrik om te onthou dat waar moontlik leesstukke vir
leerders gegee moet word wat goeie besprekings sal oplewer.
Hoe meer ontroerend die leesstuk is of hoe meer debats- of
besprekingspunte daaruit voorvloei, hoe beter sal die imbizo
wees.
• Die vraag wat vir die leerders gegee word om in die imbizo te
bespreek moet ook, waar moontlik, een wees wat debat of ‘n
verskil van mening ontlok.
• Die rol van die onderwyser is hier baie belangrik, aangesien
die gesprek beheer moet word. Leerders wat nie sit nie, moet
daaraan herinner word dat hulle net mag luister en hulle
verteenwoordiger moet uittik as hulle wil deelneem.
• Op daardie stadiums wanneer die bespreking afneem, moet
die onderwyser intree met ‘n ander vraag of besprekingspunt
wat die bespreking weer aan die gang sit. Een wenk is om te
luister na wat die leerders sê. Indien die verteenwoordigers
nie, byvoorbeeld, reageer op ‘n belangrike of kontroversiële
punt wat deur een van die leerders genoem is nie, kan die
onderwyser tussenbeide tree en die leerder vra om te herhaal.
Vra dan die ander wat hulle daarvan dink. Dit behoort die
bespreking aan die gang te kry.
• Indien die klas groot is, is dit die beste om ‘n paar kollegas te
vra om met hierdie aktiwiteit te help. Dit sal u help om die
groepgroottes klein genoeg te hou sodat diegene wat
rondom die imbizo-sirkel staan nie te erg saamgedruk is nie.
Die ideaal is ook dat elke groep iemand het wat dit beheer.
Indien kollegas nie beskikbaar is nie, kan leerders gebruik word
om die gesprekke te beheer. Leerders uit die Grade 10 – 12
Geskiedenisklasse kan hiervoor gebruik word. Die onderwyser
sal dan voor die tyd ‘n bietjie voorbereiding met die leerders
moet doen. In Grade 7 en 8, mag dit die beste wees om ‘n
kollega of twee te kry om uit te help.
90
BRONNE VIR DIE GRAAD 8-LESSE Die Franse Revolusie
Graad 8-onderwysers kan van dieselfde aktiwiteite en metodologieë gebruik maak wanneer hulle die volgende bronne gebruik wat op die Franse Revolusie fokus. Hierdie bronne kan hulle help om te debatteer oor hoeveel Frankryk verbeter het as gevolg van die revolusie deur die vraag te beantwoord: “Het die Revolusie Frankryk ‘n beter land gemaak?”
Bron A Uittreksels ut die Verklaring van die Man en Burger se Regte, 1789
Die man is vry gebore en bly vry en het gelyke regte...
…hierdie regte is vryheid, eiendom, sekuriteit en weerstand teen verdrukking...
Vryheid is om enigiets te kan doen wat nie ander skade aandoen nie...
Die wet behoort die wil van die mense weer te gee. Alle burgers het die reg om persoonlik, of deur hul verteenwoordigers, deel te neem aan die maak van wette...
… Elke burger kan vrylik praat, skryf en publiseer, tensy hierdie vryheid misbruik word op ‘n wyse wat die wet oortree.
Bron B ‘n Franse vrou het die volgende gesê in antwoord op die Verklaring van Regte van die Man. Dit is genoem Die Verklaring van die Regte van die Vrou.
Die vrou is vry gebore en haar regte is dieselfde as die man s’n... die wet moet ‘n uitdrukking wees van die algemene wil; alle burgers, mans en vrouens albei, moet deelneem aan die maak daarvan... dit moet dieselfde wees vir almal.
Bron C Die historikus, Greg Hetherton, was in sy boek, Revolutionary France, nie van mening dat die Regte van die Man op almal van toepassing was nie.
In 1789 was San Domingo in die Karibbieë Frankryk se belangrikste kolonie. Dit het enorme hoeveelhede suiker en koffie geproduseer, wat baie geld ingebring het. Die nuwe [regering]... in Frankryk wou dus nie ontslae raak van slawerny nie, ten spyte van die nuwe oortuigings in gelykheid en die ‘Regte van die Man’.
Die slawe in die kolonies, onder leiding van Toussaint L’Ouverture, het ‘n aantal rebellies begin. In 1794 is slawerny finaal afgeskaf in die kolonies, en L’Ouverture het in 1797 Goewerneur van San Domingo geword... In 1803 het San Domingo het die onafhanklike nasie van Haiïte geword.
91
Bron D In hierdie bron verduidelik die historikus Josh Brooman die situasie in Frankryk tydens die Terreur van 1793.
Die Terreur het begin met ‘n ‘Wet op Verdagtes’ in September 1793. In elke stad moes groepe burgers lyste saamstel van mense wat hulle daarvan verdink het dat hulle die regering opponeer. Feitlik enigiemand kon onder verdenking kom. Die Wet het gesê dat verdagtes mense was wat ‘deur hul gedrag, hul kontakte, hul woorde of geskrifte, hulleself as... vyande van Vryheid getoon het’. In die jaar daarop, is meer as ‘n kwartmiljoen verdagtes gearresteer en in die gevangenis gesit... Ongeveer 17,000 verdagtes is deur die guillotine tereggestel gedurende die Terreur.
Bron E Tabel wat aantoon hoeveel mense verhoor en tereggestel is gedurende die Terreur.
Adellikes Middel-klasse
Kerklikes Werkers/ Kleinboere
Klas onbekend
Totaal
Parys
Vendée*
Federale Suide*
Alle ander areas
Totaal
666
112
85
168
1031
1103
474
245
1101
2923
246
160
68
200
674
587
6509
79
703
7878
37
50
24
29
140
2639
7305
501
2201
12,646
* opposisie-areas teen die radikale regering tydens die Terreur
Bron F Palmer, ‘n moderne historikus, het verduidelik waarom hy gemeen het die Terreur plaasgevind het.
[In 1793 in Frankryk was daar] oorlog. Inflasie. Hongesnood. Vrees. Haat. Subotasie. Fantastiese verwagtinge... En die afgryslike wete by die manne wat die mag gehad het dat, indien hulle misluk, sou hulle as misdadigers en die moordenaars van hul koning sterf, en al die winste van die Revolusie sou verlore wees, en die oortuiging dat indien hulle oorwin, sou hulle vryheid, gelykheid en broederskap die wêreld ingebring het.
92
DIE GEWAPENDE STRYD Sleutelvraag: Watter persoonlike impak het die gewapende stryd gehad?
Hierdie les gee hoofsaaklik aandag aan die volgende Leeruitkomste en Assesseringstandaarde: Leeruitkoms 1 Ontleed die inligting in die bronne Stel sinvolle vrae om bronne te evalueer Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied Leeruitkoms 2 Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg) Leeruitkoms 3 Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne)
Hierdie aktiwiteit sal deel vorm van ‘n groter eenheid oor
weerstand teen apartheid. Die leerders moet teen
hierdie tyd ‘n begrip van die passiewe weerstand van
die 1950’s hê en van Sharpeville as ‘n keerpunt in
weerstand en die bydrae wat dit gehad het tot die
besluit om met ‘n gewapende stryd te begin. Hulle moet
ook ‘n begrip van die verskillende vorme van weerstand
hê: studente-opstande van 1976 en die massa-binne-
landse weerstand van die 1980’s as deel van die strategie om die
land onregeerbaar te maak. Met hierdie aktiwiteit word daar
spesifiek met die gewapende stryd omgegaan.
Deel A
Stap 1 • Deel Werkvel 14 uit.
• Vir hierdie aktiwiteit sal leerders Bron A gebruik wat gebeure in
die 1960’s beskryf, kort nadat die besluit deur die ANC
geneem is om militêre taktiek te gebruik, en Bron B, die storie
van ‘n MK-operateur, Shirley Gunn, wat in die 1980’s aktief
was.
93
Stap 2 • Leerders sal gevra word om inligting uit elk van
die bronne te onttrek en dan ‘n paragraaf te skryf
waarin die inligting uit die bronne vergelyk word.
• Vra leerders om ‘n tabel voor te berei soos die
een op bladsy 4 van Werkvel 14.
• Leerders lees in pare elk van die bronne en
voltooi die tabel. Terwyl die leerders in pare werk
en die inligting bespreek, moet hulle elkeen ‘n
afsonderlike tabel voltooi.
• Wanneer hulle klaar is, kan sommige pare terugvoering gee
om seker te maak dat hulle die inligting verstaan en
opteken.
St Stap 3
• Leerders moet dan individueel die inligting wat hulle
opgeteken het, gebruik om ‘n paragraaf te skryf om die
sleutelvraag van die les te beantwoord:
“Watter persoonlike impak het die gewapende stryd
gehad?”
• ‘n Finale klasbespreking kan handel oor apartheid in die
algemeen en die verskillende vorme daarvan vanaf die
1950’s.
Deel B
Stap 1
• Indien beskikbaar, kombineer hierdie aktiwiteit met ‘n snit uit ‘n
WVK-amnestieverhoor. Die Instituut vir Geregtigheid en
Versoening IGV (en in Engels IJR) het onlangs ‘n reeks DVD’s
oor die WVK-proses gemaak – sien www.ijr.org.za. Kontak
Shikaya om meer uit te vind -– www.shikaya.org
• Indien jy in staat is om na uittreksels uit die WVK te luister, maak
seker dat jy tyd inruim vir die leerders om hulle response op
wat hulle gesien het, op te teken. WVK-verhore kan ontstellend
wees en leerders benodig tyd om daaroor te reflekteer en/of
hulle reaksies en gevoelens oor wat hulle sien of leer te
bespreek.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” “Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied” LU2, AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg)” LU3, AS “Stel ‘n interpretasie gegrond op bronne op en gee redes vir eie interpretasie (interpretasie van bronne)”
94
Stap 2 • Graffiti-borde: Daar is twee moontlikhede om ‘n klaskamer op
te stel. Onbedrukte koerantpapier kan teen die mure geplak
word sodat soveel spasie as moontlik in drie areas geskep
word; of, papier kan op tafelblaaie of op die vloer geplaas
word. Daar moet weer drie afsonderlike areas met
onbedrukte koerantpapier wees.
• Skryf op een stel Bron A; op ‘n ander Bron B; en
die derde, Bron C. Dit word gedoen sodat die
response op die bronne afsonderlik gehou word.
• Gebruik Bronne A, B en C op Werkvel 15. Plaas
omtrent 10 kopieë (afhangende van die grootte
van die klas) naby aan elke stel onbedrukte
koerantpapier. Indien moontlik moet kokipenne of kryte
by bronne geplaas word.
• Leerders moet vertel word dat hierdie aktiwiteit in stilte
gedoen gaan word.
• Leerders moet rondbeweeg om die bronne te lees en
daarop te reageer.
• Leerders moet rofweg in drie groepe verdeel word om
beweging te vergemaklik, maar moet relatief vry gelaat
word om te lees en hulle response op te teken.
• Vra hulle om elke bron te lees en om enige response wat
hulle oor die bronne het en/of vrae wat hulle oor die
inligting het, op die onbedrukte koerantpapier by die
nommer van die bron, te skryf .
Stap 3 • Nadat elkeen ‘n kans gehad het om hulle response en vrae op
te teken, vra die klas om steeds in stilte, na die borde/
koerantpapier te kom en te lees wat geskryf is.
• Nooi hulle om opmerkings by te voeg of te reageer op die
opmerkings as hulle wil.
LU en AS in AksieHier gee die leerders aandag aan LU1, AS “Ontleed die inligting in die bronne” “Stel sinvolle vrae om bronne te evalueer” “Dra kennis en begrip oor deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied” LU2, AS “Verduidelik en ontleed die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis (oorsaak en gevolg)” “Identifiseer kategorieë van oorsake en gevolge”
95
Stap 4 • Ontleding: Bring die klas as ‘n
groep bymekaar. Dit is ‘n geleent-
heid om vrae wat hulle mag hê, te
beantwoord en om hulle emo-
sionele response op wat hulle
gelees en geskryf het, te bespreek.
96
WERKVEL 14 bladsy 1 Sleutelvraag: Watter persoonlike impak het die gewapende stryd gehad?
Bron A Nyameka Goniwe, vrou van Matthew Goniwe, dink na oor haar lewe met Matthew en die gebeure wat tot sy moord gelei het. Goniwe en drie kammerade is brutaal deur die Veiligheidsmagte op die pad tussen Uitenhage en Cradock in 1985 vermoor:
Ek was net ‘n gewone meisie, nooit polities georiënteerd nie en het nooit koerante gelees nie. Die ontmoeting met Matthew en om in sy familie verwelkom te word as deel van die familie het my met rasseskrede laat groei. Matthew het my gedruk om universiteit toe te gaan, en dit het tot my groei bygedra. Ek was ‘n ondersteuner van Matthew en ons het dieselfde oortuigings gedeel. Natuurlik moes ek gewoond raak aan die idee dat hy weg van die huis was en selfs ook as hy by die huis besig was om dinge en dokumente voor te berei. Ek was altyd bewus van die behoefte om vir hom ruimte te gee om te reflekteer oor dinge en van die vrag wat op sy skouers as ‘n leier gerus het. Matthew was instrumenteel in die stigting van ‘n burgerlike organisasie in Cradock, bekend as Cradora (Cradock Resident’s Association) en die jeugorganisasie bekend as Cradoya (Cradock Youth Association). Die twee organisasies het affiliate van die United Democratic Front (UDF) in 1983 geword, en verbind geraak aan ander progressiewe organisasies in die Oos-Kaap soos die PEBCO burgerlike organisasie. Hy het in 1983 ‘n skoolhoof in Cradock geword tot sy politiek gemotiveerde ontslag in dieselfde jaar deur die destydse Department van Onderwys en Opleiding vir beweerde opsweping van onderwysers. Die gemeenskap het op verskeie wyses vir sy herinstelling geveg – die begin van een van die langste skoolboikotte wat die land ooit ervaar het. Die staat het gereageer deur sy magte te gebruik om te probeer om die gemeenskapsweerstand te intimideer en op te breek. Daar was so baie dinge wat ons laat dink het dat sy lewe in gevaar is. Ek het dreigemente ontvang en hy is gedurig deur die veiligheidspolisie dopgehou en ons het die gevoel gehad dat hy orals waar sy motorkar gesien is, agtervolg is. Selfs al het ons nooit openlik daaroor gepraat nie, was ‘Ek gaan eendag doodgemaak word’ daar. Daar was aanduiders dat Matthew moontlik op ‘n geweldadige wyse gedood gaan word. Byvoorbeeld, daar was ‘n beleg hier in Cradock en Matthew se naam sou dan oor ‘n luidspreker uit ‘n hangende helikopter geskreeu word. Selfs my skoonma wat so moederlik in die familie was, het ‘n intuïsie rakende haar seun gehad en sy het dit ‘n paar keer verwoord. Sy sou vra ‘Is dit nie te gevaarlik nie, sal dit ons seer maak? Ek is bang vir ons onthalwe.’ Die manier waarop Matthew verkies het om dit met sy moeder te hanteer, was ‘Nee, nee, nee, oor alles wat ek doen, is ek baie openlik. Ek is nie betrokke in enige kriminele aktiwiteite nie Ma. Ek doen wat ek dink goed is en dit behoort my nie skade te berokken nie.’
97
WERKVEL 14 bladsy 2 Sleutelvraag: Watter persoonlike impak het die gewapende stryd gehad?
Bron B
Shirley Gunn was ‘n politieke aktivis en maatskaplike werker in Kaapstad toe sy vir die ANC en MK gewerf is. Sy is in 1985 in afsondering aangehou en in 1986 het sy die land vir militêre opleiding verlaat. Toe sy in 1987 na Suid-Afrika terugkeer het sy en ‘n kameraad MK-lid, Aneez Salie, die Ashley Kriel Eenheid gestig en gesamentlik beheer. Hulle eenheid het ‘n aantal sabotasie-aanvalle uitgevoer, hoofsaaklik op simboliese instellings en instansies van die staat soos landroskantore, behuisingskantore, polisiestasies en SAWM-basisse.
‘Ek het skool verlaat sonder dat ek duidelikheid gehad het waar ek inpas, glad nie duidelik nie. Ek het in verpleging beland…maar [na]’n paar jaar ontdek dat ek nie in die stelsel pas nie…’ Shirley het toe ‘n maatskaplike graad in 1977 gedoen en het die keuse gemaak om gemeenskapswerk in Houtbaai gedurende haar honneursjaar te doen… ‘Dit was werklik daar waar my politieke loopbaan begin het en diepte gekry het…ons het geleer deur dinge te doen.’ Sy het in 1980 lid van die ANC geword, ‘sodat ek ‘n groter politieke agenda in die werk kon inbring, wat natuurlik in die geheim gebeur het…[Ek] is genader en gewerf deur iemand wat ek ken, ‘n Suid-Afrikaner wat die land verlaat het na Zimbabwe om verpligte militêre diensplig vry te spring…Aanvanklik was my rol in die politieke arena…nie militêr nie, as gevolg van my werk as ‘n politieke aktivis, ‘n mobiliseerder van mense. Ek het ook in die organiserings-komitee van die Kaaparea-behuisingskomitee en op die behuisingsubkomitee, dus was ek goed in netwerke betrokke, nie alleen in Houtbaaihawe nie, maar in die Kaapse Vlakte in die algemeen. Dit was ‘n baie gespanne periode. Ons het met die amptenare in die bosse van Houtbaai geveg. Daar was vreeslike veldslae…Die amtenare sou net met hulle trokke kom en die berg uitstorm en die gemeenskap na die vangwaens gesleep en hulle huise vernietig; hulle sou alewig in die middel van die nag kom sodat niemand weerstand kon bied nie. Om hulle te kon hanteer, moes ons kreatiewe militante strategieë ontwikkel.’
98
WERKVEL 14 bladsy 3 Sleutelvraag: Watter persoonlike impak het die gewapende stryd gehad?
Bron B (vervolg)
Haar ervaring in afsonderlike aanhouding het Shirley meer beslis gemaak om weerstand te bied. Sy het volgehou met haar politieke aktiwiteite en toe in 1986 beplan sy om die land te verlaat vir militêre opleiding en ‘n MK dienende lid te word. Sy het opleiding in Kuba en Angola en Zambië ondergaan voordat sy na Suid-Afrika teruggekeer het.
Die volgende drie jaar was soliede militêre werk, baie van hulle uitgevoer met my eie hande en baie ander onder ons (Shirley en Aneez) direkte bevel. As gevolg van my ervaring van aanhouding en uithouvermoë, was ek gevolglik die een wat die risiko geloop het en ons woonkwartiere verlaat het...terwyl ek gewerk en dinge gedoen het, is ek met lewe en dood gekonfronteer...en reg- en verkeerd-kwessies, so in my gesig, met plofstowwe wat ‘n oneindige lyding kan veroorsaak. Met elke tree wat ek gegee het en elke dag wat ek beleef het, dink ek het ek meer duidelik en presies geraak oor betrokkenheid met die vyand en elke voorsorgmaatreël getref om die lewe te respekteer. Selfs sover dit die vyand aangegaan het, was lewe nie die belangrikste nie, maar die simbole van onderdrukking was die teikens, en nie hulle lewens self nie. En dus by elke stadium en elke keer wanneer jy daarbuite is en jy werk, gaan daardie keuses deur jou gemoed...Daar was twee spesifieke sendings wat afgestel is en die een was na Captour Kantore, as gevolg van ‘n rebelletoer wat hulle in die laat 80’s ondersteun het. Hulle kantore was in die Goue Akker Gebou en baie naby die kitsbank. Gewone burgerlikes werk daar en selfs agter die toonbank die gesigte van die jong mense wat daar werk en ek het daar ingegaan...ek dink by drie geleenthede en elke keer as ek die gebou saam met hulle verlaat het, geglo dat dit nie van pas is nie. Iemand sou beseer word wat nie verdien om beseer te word nie. En dan weer by die Nuweland Rugbyveld...het ek baie verkenning om die gebou gedurende die rebelletoer gedoen – dopgehou wie gaan in en uit, sowel as werkers, net om die gesigte te sien en daardie gesigte saam met jou terug te neem, mense wat beseer kon word. Nee, dit sou nie ons doel dien indien ek deurgedruk het met die plan nie.
[Uit: Foster, Haupt & de Beer, The Theatre of Violence: Narratives of protagonists in the South African conflict, Institute of Justice and Reconciliation, 2005]
99
WERKVEL 14 bladsy 4 Sleutelvraag: Watter persoonlike impak het die gewapende stryd gehad?
BRON A BRON B
Wie was betrokke? Watter opleiding het plaasgevind?
Wie was betrokke? Watter opleiding het plaasgevind?
Wat was die wapens en wat was die teikens?
Wat was die wapens en wat was die teikens?
Watter tipe besluite moes geneem word oor die begin van ‘n gewapende stryd?
Watter tipe besluite moes geneem word oor die begin van ‘n gewapende stryd?
Wat was sommige van die gevolge van hierdie keuses?
Wat was sommige van die gevolge van hierdie keuses?
Vergelykende paragraaf:
100
WERKVEL 15 bladsy 1 Sleutelvraag: Watter persoonlike impak het die gewapende stryd gehad?
Bron A In hierdie uittreksel praat Nyameka Goniwe van die teistering van Matthew Goniwe en die Goniwe-familie deur die Veiligheidspolisie. Een keer is ons deur [‘n Veiligheidstak-polisieman in Cradock] gestop, wat na ons motor gekom het en [die motordeur] op ‘n cowboystyl oopgemaak het en Matthew agter die nek gegryp het, jy weet, ‘n geweer op hom gerig het, en woorde ge-uiter soos ek gaan jou doodmaak, ek gaan jou doodmaak. Matthew is as ‘n vyand van die staat beskou en is gevolglik die reg geweier om ‘n huis in die Lingelihle Dorpsraad [township in Cradock] te besit. Dit het hom gedwing om saam met sy ma en familie in die uitgebreide familiewoning te woon. Die hele familie het die gevolge gedra van teistering deur die veiligheidspolisie – vroeë oggend klopjagte, voortdurend dopgehou, doodsdreigemente, telefoonafluistering, korttermynaanhoudings vir ondervraging, misterieuse telefoonoproepe, peuter met motors, ens. Daar was ten minste drie ernstige lewensdreigemente voor 1985, insluitende die dreigement dat ‘n meer gesofistikeerde veiligheidsoffisier vroeg in 1985 na die Oos-Kaap sal verhuis om Matthew en sy mede-kamerade “uit te sorteer”. Op 27 Mei 1985, ‘n maand voor hy vermoor is, het die Suid-Afrikaanse Weermag die Lingelihle Township in Cradock afgesper en die gemeenskap toegegooi onder anti-terroristepamflette asook die wonings van aktiviste deurgesoek as magsvertoon. Matthew en drie van sy mede-aktiviste is op 27 Junie 1985 voorgelê en brutaal gedood toe hulle op pad huis toe was vanaf ‘n UDF-streeksvergadering. Bron B Hierdie uittreksel kom uit ‘n autobiografie van Ellen Kuzwayo, ‘Call Me Woman’. Sy skryf oor haar ervarings en oor ervarings van ander jong meisies in die gevangenis in 1976. Gedurende my aanhouding ...was ek omring deur die onophoudelike pyn van die jong meisies wat aangehou is onder Afdeling 6 van die Wet op Terrorisme [omdat hulle deelgeneem het aan die Soweto optogte] en is geskei deur slegs die muur wat ons...selle...verdeel het. Ek was self aangehou onder Afdeling 10...onder Afdeling 6 is jy blootgestel aan erge ondervraging deur die veiligheidspolisie... Hierdie jong meisies kon nie deur hulle ouers besoek word nie...; hulle is vars kos en klere geweier; hulle mag nie ‘n boek of koerant gelees het nie, behalwe die Bybel op versoek...[Hulle] ondervraging, meer dikwels as nie, het erge aanrandings, beperkte dieet en pynlike isolasie tot gevolg gehad.
[Helen Kuzwayo, Call Me Woman, The Women’s Press, 1985]
101
WERKVEL 15 bladsy 2 Sleutelvraag: Watter persoonlike impak het die gewapende stryd gehad?
Bron C John Deegan het by die polisiemag aangesluit nadat hy die skool verlaat het. Hy wou kommersiële kunstenaar word, maar sy pa het dit afgekeur en hom aangemoedig om by die polisiemag aan te sluit. John se pa was ook ‘n aantal jare lank lid van die polisiemag. In 1980 het John ingewillig om vir die Veiligheidstak in Suidwes-Afrika na die grens te gaan vir ‘n skof van drie maande. Hy het in Oshakati gewerk en sy werk was hoofsaaklik om verdagtes wat deur die veldwerkers ingebring is, te ondervra. Alhoewel hy nie direk by marteling betrokke was nie, was hy deel en getuie van ondervraging waar marteling gebruik is: ‘Die basiese tegniek was om die persoon so lank as moontlik, wakker te hou, soms dae aaneen. Ons het in skofte gewerk om dit te bereik. Hou die gevangene op sy bene en skryf dan alles neer wat deur hom gesê word…Indien die gevangene niks gehad het om te sê nie of nie saamgewerk het nie, sou ons net daar sit en aangaan met ons werk terwyl die gevangene op een plek bly staan het…Ek het gesien dat [gevangenes] geslaan is- fisies geslaan is met die plat hand of vuis – en geskop, oral op sy liggaam. En ek het gesien hoe hulle in koue water moes staan en dan in warm water en dan in koue water en dan sou hulle gedisoriënteerd en verward word en natuurlik in pyn wees as gevolg van die slanery. Ek het ook gesien hoe elektriese skokke gebruik is…ek het probeer om van die afskuwelikheid wat rondom my gebeur het, uit te blok, alhoewel ek op daardie tydstip dit nie sou erken het nie. Die drinkkultuur was nogal erg oorheersend en het geblyk die enigste vorm van ontspanning wat vir ons beskikbaar was…dit was algemeen om te drink, dronk te word en die volgende dag met jou werk aan te gaan. [Die aksies is geregverdig as deel van die geveg] teen kommunisme en terrorisme. Dit was hoekom ons daarbo was. Ons het ons families, ons vriende, ons land teen terrorisme beskerm en dit was wat ons soort van bymekaar gehou het. Dit was basies dit. Ons was reg met wat ons gedoen het. Daar was geen kwessie daaroor nie. Dit het die swart gevaar in bedwang gehou. En die drinkery en die braaivleis-deel was deel van die soort van manlike macho bravadotipe ding. Dit was die tipe kultuur. [Uit: Foster, Haupt & de Beer, The Theatre of Violence: Narratives of protagonists in the South African conflict, Institute of Justice and Reconciliation, 2005]
102
ONTLEDING VAN DIE LES Jou notas
GRAAD 9 • Die graffiti-bordaktiwiteit is ‘n uitstekende manier vir leerders
om met emosionele inhoud en/of kwessies wat van hulle vereis
om te dink, om te gaan.
• Die aktiwiteit forseer hulle om te dink waaroor hulle wil skryf,
want hulle respons sal bekend gemaak word.
• Die aksie om in stilte te werk terwyl hulle rondbeweeg help
leerders om te fokus op die lees, maar help hulle ook om meer
reflektief te wees.
• Somtyds kan stilte meer kragtig wees as ‘n lewendige
bespreking.
• Die aktiwiteit gee leerders ruimte om hulle gedagtes en
gevoelens in die openbaar uit te druk wat dikwels nie ‘n
ervaring is wat hulle kry nie. Leerders in Grade 7 en 8 geniet
veral hierdie ruimte vir openbare uitdrukking.
• Die lengte en soort leesstukke wat gekies word om op te
reageer, sal afhang van die graad. Grade 7 en 8-leerders sal
minder leesstukke benodig wat korter in lengte is. Die
leesstukke moet egter steeds kwessies of emosies bevat wat ‘n
respons van die leerders ontlok. Prente kan hier ook nuttig
wees en kan met geskrewe uittreksels gekombineer word.