-bl 2 van 2
OKTOBER 2016
BOEDELBEPLANNING EN TESTAMENTE
Weet u waar u Testament is? Het u na u egskeiding ‘n nuwe testament opgestel? Het u al ‘n volledige
boedelbeplanning laat doen?
Met die jaar wat nou vinnig einde se kant toe staan, is u testament seker die laasste saak waaraan mense nou
wil dink. Tog kan ‘n tydjie wat jy nou hieraan spandeer werklik die lewe vir u erfgename aansienlik
vergemaklik. Moenie ‘n leeftyd aan jou boedel bou en dan nie tyd en geld spandeer om jou testament
profesioneel te laat opstel en boedelbeplanning te doen nie.
Dit is belangrik om te bepaal of u wense prakties uitvoerbaar is en of daar genoegsame kontant gaan wees
om die beredderingsproses af te handel.
Die eerste en belangrikste aspek is om ‘n eksekuteur aan te stel. Wanneer u oorweeg wie die persoon moet
wees, moet u die volgende oorweeg:
- Ken die persoon die familie en die testeur/-trise se situasie.
- Het die persoon ondervinding om ‘n boedel te beredde. Dit help nie u stel u eggenoot/-note aan en die
persoon het geen ondervinding nie. Tydens ‘n rouproses neem persone gewoonlik nie die beste besluite nie
en daarom is my advies om die persoon die tyd te gee om te rou, sonder om hierdie groot
verantwoordelikheid te dra.
- Vertrou u die persoon, dat hy/sy u wense en wil sal uitvoer en die boedel so gou as moontlik sal afhandel om
sodoende die finansiële bekommernisse van die erfgenename te beperk.
Tweedens is dit belangrik om boedelbeplanning te doen. Onthou boedelbeplanning is skuiwe wat jy doen
terwyl jy nog leef, om sodoende boedelbelasting en bereddering van boedel te vergemaklik en so koste
effektief moontlik te doen. Jy moet ook met die beplanning voorsiening maak vir jou aftrede. Die volgende
sake moet hier oorweeg word:
- Besit u ‘n besigheid? Maak seker u bemaak die besigheid aan iemand wat die kennis en belangstelling het
om die besigheid winsgewend te bedryf. Onthou as u bekwame sleutelpersoneel indiens het, moet u ook
hierna kyk. Die persone gaan vinnig deur die kompetisie opgeraap word na u afsterwe, wat dan beteken dat
die besigheid moontlik gaan sluit. Indien u erfgename nie die besigheid sal kan voortsit nie, oorweeg dit om
koop- en verkoop polisse uit te neem op sleutelpersoneel se naam, sodat so ‘n persoon die besigheid kan
oorneem en die opbrengs van die polis aan u erfgenaam betaal word.
- U ken u familie, u weet wie gaan saam kan werk in besigheid en wie nie. Sorg dat u besluite familie
harmonie sal meebring.
-bl 1 van 2
-bl 2 van 2
- Verder moet daar ook gekyk word na
o Bate beskerming
o Likwiditeit van die boedel ,maw is daar genoegsame kontant in boedel om die oordrag van vaste
eiendom te doen
o Beheer versus buigbaarheid. Dit beteken dat jy nooit 100% beheer van jou bates weggee (gee bv
bates vir Trust) net om belasting te spaar nie, betaal dan eerder die belasting.
o Neem ook kapitaalwins en ander belastings in ag, sodat genoegsame kontant beskikbaar is.
Derdens moet daar na die volgende sake gekyk word in die testament:
- Moenie uit die graf uit probeer regeer nie, dit plaas onnodig spanning op erfgename
- Benoem voogde vir minderjarige kinders
- Indien moontlik, bly weg van vruggebruik
- Moenie ‘n vaste eiendom aan meer as een persoon laat vererf nie, dit is beter om die eiendom dan aan ‘n
trust te bemaak met erfgename as begunstigdes.
- Maak seker jou testament is geldig. Indien die testament ongeldig is, sal jy intestate sterf
- As daar spesifieke wense is byvoorbeeld waar u organe geskenk moet word, meld dit in die testament.
Onthou ook om u eksekuteur te raadpleeg oor ‘n “lewende testament”, waarin u wense bepaal indien u in
toekoms byvoorbeeld in ‘n situasie sal verkeer waar u onbevoeg is om besluite te neem.
Ter afsluiting onthou elke testament behoort jaarliks hersien word
Bydrae gelewer deur: Sonja Steenkamp, Professionele Rekenmeester SA, Professionle Belastingpraktisyn SA
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moenie as professionele advies beskou word nie.
Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige foute, verlies of skade as gevolg van die gebruik van die inligting vervat in
die artikel nie. Kontak ons kantore vir konsultasie indien u gespesialiseerde advies benodig.
-bl 2 van 2
-bl 2 van 2