Download docx - Die Xhosas Eet Meetsal Bees

Transcript
Page 1: Die Xhosas Eet Meetsal Bees

Voedsel

Die Xhosas eet meestal bees- en bokvleis, maar die staplevoedsel vir die Xhosa is mieliemeel en bone ,wat in ‘n klipmeul of stamper gestamp of fyngemaak word. Tradisionele suurmelk of aalwynbier word deur mans en vroue gedrink tydens seremonies of net vir die plesier daarvan.

Godsdiens

In die Xhosa se geestelike en godsdienstige tradisies is daar talle soorte waarsêers, genesers en toordokters. Die tradisionele geneser; gewoonlik ‘n kruie dokter, staan bekend as Ixhwele, terwyl ‘n toordokter of waarsêer wat dolosse gooi as ‘n Igqira bekend staan.

Kleredrag

Getroude vroue se koppe word altyd bedek en hul hairstyle dui dikwels status en rykdom aan. Veelkleurige kraalhalsnoere versier hulle nekke, enkels, gewrigte en arms en dui ‘n vrou se ouderdom en status aan. Xhosa vroue bedek tradisioneel hul gesigte met rooi- of geeloker.

Xhosa-mans is tradidioneel jagters, vegters of veewagters en dra dikwels hul pype en tabak in ‘n versierde kraalsak van bokvel wat oor die skouer gedra word as deel van hulle kulturele versiering. In sommigge gevalle dra ‘n Xhosa man baie meer krale as ‘n vrou; gewoonlik by seremoniele geleenthede. Soos die vroue is hul kop gewoonlik met ‘n doek of dierevel bedek.

Woongebiede

Die Xhosa, wat as die rooi komberse bekend staan, maak deel uit van die Nguni groep wat hulle aanvanklik in Zoeloeland gevestig het maar later Suid-waards na die Groot Visrivier getrek het. Hulle woon tans op die kusvlaktes en die binneland van die Oos-Kaap.

Woning

Die Xhosa se wonings is ronde hutte met grasdakke wat as Umuzi bekend staan. Tradisioneel is hierdie hutte in groepe gebou om hulle gesinne te huisves. Die hut het ‘n enkel deur en is sonder vensters. Die houtraam word gewoonlik deur die mans gebou terwyl die vroue dit met modder plyster.

Page 2: Die Xhosas Eet Meetsal Bees

Musiek

Xhosa musiek word gekenmerk deur bootoon sang wat deur veral vroue beoefen word en laer klanke met ingewikkelde tekstuur en ritme. Sang gaan gepaard met dans en word begelei deur instrumente soos die vingerklavier (Mbira), gesnaarde booginstrumente (Uhundi Umakweyana) en tradisionele tromme.

Wapens

Die Xhosa stamme gebruik drie soorte wapens naamlik ‘n knopkierie,spies en ‘n byl. Hierdie wapens is tradisioneel gebruik vir oorlogvoering en om diere mee te slag.

Uniek aan die Xhosas

Binne die eerste paar dae na ‘n baba se geboorte moet ‘n wit bok geoffer word om die baba teen siekte te immuniseer en gesond te hou. Om goeie geluk vir die pasgeborene te bring, eet die moeder ‘n spesiale wortel wat sy kou en oor die kind uitspoeg.