Province of the
EASTERN CAPE EDUCATION
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2012
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ʼn aanhegsel van 14 bladsye.
2 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B. 2. Beantwoord DRIE vrae wat soos volg gekies moet word: EEN vraag uit AFDELING A
EEN vraag uit AFDELING B Die DERDE vraag uit AFDELING A of AFDELING B (Wat nog NIE beantwoord is NIE.)
3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. 7. Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie. 8. Omring die nommer van jou vrae op die voorkant van die
ANTWOORDEBOEK. 9. Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme. 10. Skryf netjies en leesbaar. 11. Puntetoekenning: Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
3x2 = 6, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word vir TWEE punte elk.
Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
3x1 = 3, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word vir EEN punt elk.
Opsteltipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
Enige LYS van antwoorde gaan veroorsaak dat punte afgetrek word.
(NOVEMBER 2012) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: FISIESE GEOGRAFIE: DIE BELANGRIKEID VAN WATER EN EKOSISTEME
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 1 [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2] 1.1 Kies die korrekte term tussen hakies vir elk van die volgende stellings. Skryf
slegs die term teenoor die vraagnommer (1.1.1. – 1.1.5) byvoorbeeld 1.1.6 golfenergie.
1.1.1 Die water wat oor die land in strome en riviere vloei
(infiltrasie/afloop) (2) 1.1.2 Die opwekking van elektrisiteit van lopende water
(hidroëlektrisiteit/golfenergie) (2) 1.1.3 ʼn Verdronke riviervallei (fjord/ria) (2) 1.1.4 Die skuur van rotsstukke en sand teen rotse as gevolg van
brander-aksie (hidrouliese werking/abrasie) (2) 1.1.5 Vorme waar sand afgeset word in ʼn vlak see (sandtong/strandhoof) (2) 1.2 Pas die korrekte term in KOLOM B met die beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter van die term uit KOLOM B teenoor die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) byvoorbeeld 1.2.6 X.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die natuurlike plek waar ʼn spesie of ʼn gemeenskap woon
A Biomassa
1.2.2 ʼn Verskeidenheid van spesies B Simbiose
1.2.3 Die voeding van een dier op ʼn ander C Habitat
1.2.4 Die interaksie tussen lewende organismes in ʼn ekosisteem vir voedsel, lig en skuiling
D Biodiversiteit
1.2.5 Die oordrag van voedselenergie deur aaneengeskakelde voedselkettings
E Herbivoor
F Predasie
G Voedselketting
H Kompetisie
I Voedselweb
J Ekosisteem
(5x2) (10)
4 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2012)
1.3 Bestudeer die uittreksel en die gepaardgaande kaart (FIGUUR 1.3) om die volgende vrae te beantwoord.
1.3.1 Wat is marikultuur? (1x2) (2) 1.3.2 Beskryf die uitwerking van besoedelingsdeeltjies op die
marikultuurbedryf in die gebied. (1x2) (2) 1.3.3 Op watter wyse kan die meule die toeriste-bedryf in die gebied
bedreig? (1x2) (2) 1.3.4 Wat verhoed dat die soutwatervlakke in die baai en strandmeer te
hoog raak? (1x2) (2) 1.3.5 Dink jy die oprigting van ʼn verskeepingskaai vir erts waarskynlik
die sirkulasie van water in die baai sal beperk? Regverdig jou antwoord. (2x2) (4)
1.4 Bestudeer die uittreksel en gepaardgaande kaart (FIGUUR 1.4) om die
volgende vrae te beantwoord. 1.4.1 Identifiseer die groot reservoir stroomaf van die Aswandam. (1x1) (1) 1.4.2 Bespreek die voordele van die jaarlikse oorstroming van die
Nylrivier voordat die dam gebou was. (2x2) (4) 1.4.3 Hoe kan landbou voordeel trek uit die bou van die dam? (2x1) (2) 1.4.4 Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) oor die negatiewe uitwerking
van die dam op die omgewing asook hoe die dam gebruik kan word om die oorstroming van die Nylrivier te beheer. (6x2) (12)
1.5 Verwys na die diagram (FIGUUR 1.5) om die volgende vrae te beantwoord. 1.5.1 Kuslangse drif vind langs Durban se strandfront plaas. Die strand
beweeg letterlik suidwaarts. Verduidelik die proses van kuslangse drif. (2x2) (4)
1.5.2 Verduidelik die invloed van kuslangse drif op: (a) Die ligging van nedersettings (geboue) langs die kus. (1x2) (2) (b) Die toerisme-aktiwiteite in die gebied. (1x2) (2) 1.5.3 Stel ʼn oplossing vir die probleem van kuslangse drif, sonder om die
plaaslike ekosisteem te versteur, voor. (1x1) (1)
(NOVEMBER 2012) GEOGRAFIE V1 5
1.6 Verwys na die ekosisteem (FIGUUR 1.6) om die volgende vrae te beantwoord.
1.6.1 Identifiseer EEN biotiese en EEN abiotiese komponent in hierdie
ekosisteem. (2) 1.6.2 Gee ʼn voorbeeld van ʼn ontbinder in hierdie ekosisteem. (1x2) (2) 1.6.3 Verduidelik die belangrikheid van ontbinders in ʼn ekosisteem. (2x2) (4) 1.6.4 Watter toestande is gunstig vir die proses van ontbinding? (2x2) (4) 1.6.5 Identifiseer ʼn simbiotiese verhouding (wisselwerking) in hierdie
ekosisteem. (1x2) (2) 1.7 Bestudeer die uittreksel (FIGUUR 1.7) wat die uitwerking van menslike
aktiwiteite op ekosisteme voorstel om die volgende vrae te beantwoord. Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) oor die negatiewe uitwerking van menslike aktiwiteite op ekosisteme deur te verwys na:
1.7.1 Versteuring van die voedselketting (2x2) (4) 1.7.2 Vergiftiging van die voedselketting (2x2) (4) 1.7.3 Oorsaak van verlies van habitat en biodiversiteit (2x2) (4) 1.8 Verwys na die uittreksel en die gepaardgaande diagram (FIGUUR 1.8) om
die volgende vrae te beantwoord. 1.8.1 Wat, dink jy, word uit die ekosisteem onttrek? (1x2) (2) 1.8.2 Hoe vervang ʼn ekostelsel dit wat daaruit geneem is? (1x2) (2) 1.8.3 Gee voorbeelde van wisselwerkinge in ʼn ekosisteem om sy
ewewig te handhaaf. (2x2) (4) 1.8.4 Wat sal gebeur as daar te veel uit ʼn ekosisteem geneem word en
nie genoeg terug geplaas word om dit te vervang nie? (2x2) (4) 1.8.5 Gee voorbeelde van menslike aktiwiteite wat ʼn negatiewe
uitwerking kan het op ʼn ekosisteem se vermoë tot self-regulering. (2x1) (2)
[100]
6 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2012)
VRAAG 2 [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2] 2.1 Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Skryf slegs Waar
of Onwaar teenoor die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.5) byvoorbeeld 2.1.6 Waar.
2.1.1 Wanneer ʼn rivier vloei in ʼn meer of vlei vorm dit ʼn binnelandse
dreineerbekken. (2) 2.1.2 Kariba-meer is die kleinste mensgemaakte meer in Afrika. (2) 2.1.3 Die voorstrand is die deel van die strand tussen die laagwater- en
die hoogwater merke. (2) 2.1.4 ʼn Riakus is ʼn verrysende riviervallei wat altyd vorm rondom ʼn
estuarie of ʼn riviermonding. (2) 2.1.5 ʼn Tombolo is ʼn sandtong, wat agter ʼn eiland naby die kus vorm,
wat die eiland met die kus verbind. (2) 2.2 Kies die ontbrekende woord(e), vanuit die onderstaande lys, om die
volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die woord(e) teenoor die vraagnommer (2.2.1 – 2.2.5) byvoorbeeld, 2.2.6 Springgety
Inheems; Organies; Eksoties; Mineraal; Salinasie; Afkapping; Siltasie; Jag; Ontbossing; Gestroop
2.2.1 Die Protea is ʼn voorbeeld van ʼn plant wat ... aan die Fynbos-bioom
is. (2) 2.2.2 Die afsaag van bome om te gebruik as brandhout word ... genoem. (2) 2.2.3 ... materie word gevorm deur die ontbinding van plant- en
diermateriaal. (2) 2.2.4 ... versadig grond in droë streke met sout wat dit ongeskik maak vir
landbou. (2) 2.2.5 Gedurende burgeroorloë in Afrika word bedreigde spesies ... vir
voedsel en onwettige handel. (2)
(NOVEMBER 2012) GEOGRAFIE V1 7
2.3 Bestudeer die diagramme A en B in FIGUUR 2.3 wat die temperatuurprofiel van die Tropiese Stille-oseaanwaters onder verskillende toestande voorstel om die volgende vrae te beantwoord.
2.3.1 Watter diagram, A of B, verteenwoordig El Nino-toestande? (1x1) (1) 2.3.2 In watter diagram, A of B, is die ooste-winde sterker? (1x1) (1) 2.3.3 Met verwysing na jou antwoord in VRAAG 2.3.2, verduidelik
waarom die sterker ooste-winde die visbedryf sal bevorder. (1x2) (2) 2.3.4 Vir watter verskynsel, A of B, sal Afrika waarskynlik droogte
ervaar? Regverdig jou antwoord. (2x2) (4) 2.3.5 Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) om die uitwerking van
droogtes op boerdery-aktiwiteite in Afrika te bespreek en stel maatreëls voor wat boere kan implementeer om te beplan vir droogtes en om die uitwerking van droogtes te verminder. (6x2) (12)
2.4 Verwys na die grafieke (FIGUUR 2.4) en beantwoord die volgende vrae. 2.4.1 Watter dorp ervaar die grootste verskil tussen die daaglikse
maksimum en minimum temperature? (1x1) (1) 2.4.2 Watter dorp ervaar die grootste verskil tussen die somer- en winter
temperature? (1x1) (1) 2.4.3 Wat is die verskil tussen die Junie maksimum en minimum
temperature in: (a) Durban (1x2) (2) (b) Pietermaritzburg (1x2) (2) 2.4.4 Verduidelik die verskil in temperatuur tussen die twee dorpe. (1x2) (2) 2.5 FIGUUR 2.5 is ʼn eenvoudige skets van die ‘Hole in the Wall’ in die landelike
gebied van Transkei. Bestudeer die skets en beantwoord die volgende vrae. 2.5.1 Was die ‘Hole in the Wall’ gevorm deur konstruktiewe- of
destruktiewe golwe? (1x1) (1) 2.5.2 Was die ‘Hole in the Wall’ gevorm deur afsetting of erosie? (1x1) (1) 2.5.3 Identifiseer die verskynsel gemerk A. (1x2) (2) 2.5.4 Wat sal uiteindelik gebeur met die ‘Hole in the Wall’ na ʼn lang
tydperk van verwering? (1x2) (2) 2.5.5 Die ‘Hole in the Wall’ is ʼn toeriste aantreklikheid. Lys TWEE
positiewe gevolge van toerisme in die gebied. (2x2) (4)
8 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2012)
2.6 Bestudeer die grondprofiel (FIGUUR 2.6) en beantwoord die volgende vrae. 2.6.1 Watter horison bevat die moedergesteente? (1x2) (2) 2.6.2 In watter horison het alle plante hul wortels? (1x2) (2) 2.6.3 Watter horison is vatbaar tot erosie? (1x2) (2) 2.6.4 Watter horison is grondagtig, maar bevat geen humus? (1x2) (2) 2.6.5 Identifiseer die prosesse gemerk A en B. (2x1) (2) 2.6.6 Watter proses, A of B, sal heel waarskynlik ʼn uitwerking het op die
grond van die Tropiese reënwoude van die Kongo? (1x2) (2) 2.6.7 Noem die probleem wat veroorsaak word deur die proses by B.
(1x2) (2) 2.6.8 ʼn Boer het die grond op sy plaas swaar met fosfaat- of
nitraatkunsmisstowwe bemes. Wat sal die uitwerking op die waterkringloop en water-ekosisteme wees? (3x2) (6)
2.7 Lees die uittreksel oor die Graslandbioom (FIGUUR 2.7) en beantwoord die
volgende vrae. 2.7.1 Waar in Suid-Afrika word die graslandbioom gevind? (1x2) (2) 2.7.2 Wat is die name van die graslandstreke in Suid-Amerika en Noord-
Amerika onderskeidelik? (2x1) (2) 2.7.3 Waarom het die graslandbioom min of geen bome nie? (1x2) (2) 2.7.4 Waarom is die graslandbioom gunstig vir boerdery? (1x2) (2) 2.7.5 Wat het die vernietiging van groot dele van hierdie bioom
veroorsaak? (2x1) (2) 2.7.6 Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) om die voordele van
veldbrande op hierdie bioom te verduidelik en stel maniere voor om die vernietiging van die grasland deur veldbrande aan te spreek. (6x2) (12)
[100]
(NOVEMBER 2012) GEOGRAFIE V1 9
MENSLIKE GEOGRAFIE: MENSE EN HUL BEHOEFTES AFDELING B: ONTWIKKELING, VOLHOUBAARHEID, MENSE EN HUL
BEHOEFTES Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 3 [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2] 3.1 Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woord in te vul. Skryf
slegs die ontbrekende woord teenoor die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.5) byvoorbeeld 3.1.6 Hersikuleer
…3.1.1…-hulpbronne word in die fisiese omgewing gevind en word
…3.1.2…-stowwe genoem wanneer dit in hul natuurlike toestand gebruik word. (2x2) (4)
…3.1.3…-hulpbronne is die vaardighede en kennis wat mense bydra terwyl
…3.1.4…-hulpbronne is die kapitaal wat benodig word om hulpbronne uit die fisiese omgewing te ontgin en te gebruik. (2x2) (4)
…3.1.5…-hulpbronne is die hulpbronne wat nie so vinnig in die natuur
hervorm kan word soos wat dit opgebruik word nie. (1x2) (2) 3.2 Die volgende stellings is onwaar. Korrigeer elke stelling en skryf die
antwoord teenoor die vraagnommer (3.2.1 – 3.2.5) byvoorbeeld, BBP staan vir Bruto Binnelandse Produk (Waar).
3.2.1 Kwaternêre aktiwiteite sluit alle primêre-, sekondêre- en tersiêre
aktiwiteite in. (2) 3.2.2 Die VN is al die ontwikkelende lande wat met hulpverlening
bystaan. (2) 3.2.3 Een van die Millenniumontwikkelingsdoelwitte wat teen 2015 bereik
moet word is om uiterse armoede en honger te verhoog. (2) 3.2.4 Stedelike ontwikkeling behels die voorsiening van ʼn beter lewe vir
mense wat woon en werk in landelike gebiede. (2) 3.2.5 Geslagsongelykheid is wanneer mans en vroue gelyke
geleenthede het om hul potensiaal te verwesenlik om by te dra tot en om voordeel uit ontwikkeling te trek. (2)
10 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2012)
3.3 Verwys na die spotprent (FIGUUR 3.3) wat verskille in globale ontwikkeling voorstel om die volgende vrae te beantwoord.
3.3.1 Definieer die Brandt-lyn. (1x2) (2) 3.3.2 Deur na jou antwoord in VRAAG 3.3.1 en die spotprent te verwys,
onderskei tussen ontwikkelde- en ontwikkelende lande. (2x2) (4) 3.3.3 Verwys na die spotprent en dui aan watter simbole en woorde
verteenwoordig ontwikkelde- en watter verteenwoordig ontwikkelende lande onderskeidelik. (2x2) (4)
3.3.4 Identifiseer TWEE ontwikkelingsaanwysers wat in die spotprent
voorgestel word. (2x2) (4) 3.3.5 Watter boodskap oor die globale ekonomie lees jy in die spotprent?
(1x2) (2) 3.3.6 Verwys na die Brandt-verslag om jou antwoord in VRAAG 3.3.5 te
regverdig. (1x2) (2) 3.4 Verwys na die uittreksel (FIGUUR 3.4) wat landelike ontwikkeling voorstel
om die volgende vrae te beantwoord. 3.4.1 Verduidelik wat met landelike ontwikkeling bedoel word. (1x2) (2) 3.4.2 Waar is Qumbu geleë? (1x1) (1) 3.4.3 Noem die tipe ekonomiese aktiwiteit wat die ontwikkelingsprogram
wil verbeter. (1x1) (1) 3.4.4 Noem TWEE faktore wat ontwikkeling in Qumbu vertraag. (2x2) (4) 3.4.5 Verduidelik die benadering wat die program gebruik om
ontwikkeling in Qumbu te verbeter. (1x2) (2) 3.4.6 Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) om te verduidelik waarom
vroue in hierdie landelike gebied opgehef word en hoe die program beoog om die situasie vir vroue te verbeter. (6x2) (12)
(NOVEMBER 2012) GEOGRAFIE V1 11
3.5 Bestudeer die uittreksel en gepaardgaande diagram wat grondgebruik- konflikte in nasionale parke (FIGUUR 3.5) voorstel om die volgende vrae te beantwoord.
3.5.1 Verwys na die diagram en gee redes waarom plaaslike
gemeenskappe in konflik met nasionale parke is. (2x2) (4) 3.5.2 Verduidelik hoe ʼn toename in besoekers en toeriste na die
nasionale parke ʼn negatiewe uitwerking op die omgewing het. (2x2) (4) 3.5.3 Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) om die belangrikheid van die
stigting van nasionale parke en die geleenthede wat nasionale parke aan die plaaslike gemeenskappe bied te verduidelik. (6x2) (12)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 wat aandui hoe steenkool-ontginning die
omgewing beskadig om die volgende vrae te beantwoord. 3.6.1 Identifiseer die tipe mynboumetode wat in die diagram gebruik
word. (1x2) (2) 3.6.2 Is steenkool ʼn hernubare of nie-hernubare hulpbron? Gee ʼn rede
vir jou antwoord. (2x1) (2) 3.6.3 Verwys na die diagram en noem die proses waardeur: (a) Reënwater die grondwaterbronne binnedring (1x2) (2) (b) Reënwater in riviere en mere vloei (1x2) (2) 3.6.4 Lys TWEE negatiewe gevolge wat steenkool-ontginning op die
omgewing het. (2x2) (4) 3.6.5 Stel maatreëls voor wat mynbou-maatskappye kan implementeer
om die omgewing te herstel na die ontginning van die steenkoolerts. (2x2) (4)
3.6.6 “Omgewingsbewustes is van mening dat die omgewing nie
heeltemal kan herstel na die ontginning van die erts nie …” Regverdig die stelling. (2x2) (4)
[100]
12 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2012)
VRAAG 4 [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2] 4.1 Gee EEN woord vir die volgende stellings. Skryf slegs die woord teenoor die
vraagnommer (4.1.1 – 4.1.5) byvoorbeeld 4.1.6 Ontbossing. 4.1.1 Die vermindering of opgebruik van hulpbronne soos die vraag na
hulpbronne toeneem (2) 4.1.2 Die gebruik van hernubare hulpbronne in ʼn onbeheersde manier
dat daar nie genoeg tyd is om te hervorm nadat dit gebruik word nie (2)
4.1.3 Die beheerde en verstandige gebruik van hulpbronne wat verseker
dat toekomstige generasies toegang sal het tot genoeg hulpbronne vir hul eie voortbestaan (2)
4.1.4 Die proses om te verseker dat natuurlike spesies nie bedreig word
nie (2) 4.1.5 Die herhaaldelike gebruik van afval of hulpbronne wat afgebreek
en weer opgebou kan word (2) 4.2 Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woord(e) in te vul.
Skryf slegs die ontbrekende woord(e) teenoor die vraagnommer (4.2.1 – 4.2.5) byvoorbeeld 4.2.6 Globalisering
4.2.1 … is ʼn deurlopende proses van ekonomiese-, sosiale- en
omgewingsgroei, wat die lewensgehalte van die mense van ʼn land verbeter. (2)
4.2.2 … word gebruik om die vlak van ontwikkeling tussen lande te
vergelyk. (2) 4.2.3 … word gebruik om die menslike ontwikkeling van die bevolking
van ʼn land te meet. (2) 4.2.4 … vergelyk die sosiale welstand van ʼn land deur die vlak van
indiensneming, gesinslewe, ens. in ag te neem. (2) 4.2.5 … bereken hoe mense se lewens positief of negatief geraak sal
word deur die verskillende aspekte van die omgewing waarin hulle woon. (2)
(NOVEMBER 2012) GEOGRAFIE V1 13
4.3 Bestudeer die spotprent (FIGUUR 4.3) om die volgende vrae te beantwoord. 4.3.1 Verduidelik die belangrikheid van die spotprent deur te verwys na: (a) Die kern-periferie model (2x2) (4) (b) Die afhanklikheidsmodel (2x2) (4) 4.3.2 Stem jy saam met wat die spotprent sê oor die G8-lande?
Watter implikasies het dit vir die ontwikkelende lande? (3x2) (6)
4.3.3 Waar en wanneer het die konferensie plaasgevind? (2x1) (2) 4.3.4 Wat was die agenda van die konferensie? (1x2) (2) 4.4 Lees die artikel (FIGUUR 4.4) om die volgende vrae te beantwoord. 4.4.1 Definieer die term globalisering. (1x2) (2) 4.4.2 Verwys na die artikel en dui EEN faktor aan wat die proses van
globalisering beïnvloed het. (1x2) (2) 4.4.3 Waarom is die suidelike lande in ʼn armoede-strik vasgevang? (1x2) (2) 4.4.4 Is die ekonomiese pad wat in die artikel gevolg word volhoubaar?
Verklaar jou antwoord. (2x2) (4) 4.4.5 Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) om die positiewe- en
negatiewe uitwerking van globalisering op die arm lande van die suide te verduidelik. (6x2) (12)
4.5 Verwys na die sektorgrafiek (sirkel) oor ontbossing (FIGUUR 4.5) om die
volgende vrae te beantwoord. 4.5.1 Watter bydrae het die ontwikkelde lande in die suide tot
wêreldontbossing gelewer? Regverdig jou antwoord. (2x2) (4) 4.5.2 Watter ontwikkelende streek het die kleinste bydrae gelewer tot
wêreldontbossing? (1x2) (2) 4.5.3 Lys sosio-ekonomiese faktore wat tot ontbossing in Afrika gelei het.
(3x2) (6) 4.5.4 Beskryf die uitwerking van ontbossing op die grondtoestande in
Afrika. (1x2) (2) 4.5.5 Wat kan gedoen word om die uitwerking van ontbossing in Afrika te
verminder? (2x2) (4)
14 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2012)
4.6 Lees die uittreksel (FIGUUR 4.6) om die volgende vrae te beantwoord.
4.6.1 Waarom word wind-opgewekte krag geklassifiseer as ʼn hernubare
kragbron? (1x1) (1) 4.6.2 Waarom word die woord ‘skoon’ gebruik om hierdie tipe elektrisiteit
te beskryf? (1x2) (2) 4.6.3 Waar is die windplaas wat in die uittreksel voorgestel word geleë?
(1x1) (1) 4.6.4 Verduidelik hoe windkrag by die windplaas opgewek sal word. (2x2) (4) 4.6.5 Verduidelik wat met ‘groen’-kragvoorsiening bedoel word. (1x2) (2) 4.6.6 Skryf ʼn opstel (nie meer as 12 reëls) om die voordele en nadele
van wind-opgewekte krag te beskryf. (6x2) (12) [100] GROOTTOTAAL: 300