5
Voorwoord 7
Eenvoudige gebed, reuse-beloning 9
Hoekom dan nie maar net vra nie? 19
Lewe voluit vir God 32
Net ’n tikkie grootheid 48
Bewaar die erfenis 66
6 Welkom by die ererol van God 81
Word self ’n Jabes 92
INHOUDSOPGAWE
1
2
3
4
5
7
Jabes se Gebed.p65 12/13/04, 9:23 AM5
6
Bruce Wilkinson
Aan almal wat – soos die Christene in Handelinge –kyk na wie hulle nou is en wie hulle nooit sal wees
nie, en wat hulle nou kan doen en wat hulle nooit salkan doen nie ... en steeds vir God die wêreld vra.
I
Sonder die vriendskap, toewyding envaardigheid van David Kopp en Larry Libby
as redakteurs en die aanmoediging van John van Diestas uitgewer sou die boodskap van hierdie
boek nooit op papier vasgelê gewees het nie. Ek isso dankbaar dat die Here ons bymekaargebring het.
Jabes se Gebed.p65 12/13/04, 9:23 AM6
7
VOORWOORDLiewe Leser
Ek wil jou leer hoe om ’n waagmoedige gebed te
bid wat God altyd sal verhoor. Dis baie kort: net
een sinnetjie met vier dele, en dis weggesteek in die
Bybel, maar ek glo dit bevat die sleutel tot ’n lewe
van buitengewone guns by God.
Hierdie gebed het dit wat ek van God verwag en
wat ek elke dag deur sy krag ervaar, heeltemal
verander. Trouens, duisende gelowiges wat die
waarhede daarin toepas, sien gereeld wonderwerke
gebeur.
Kom saam met my op ’n persoonlike ontdek-
kingstog van Jabes.
Ek hoop jy sal!
~ Bruce H. Wilkinson ~
Jabes se Gebed.p65 12/13/04, 9:23 AM7
9
1
EENVOUDIGE GEBED,REUSE-BELONING
Jabes het die God van Israel aangeroep
ierdie klein boekie wat jy nou in die hand
hou, handel oor wat gebeur wanneer
gewone Christene besluit om na ’n buiten-
gewone lewe te gryp; wat, so lyk dit op die ou end,
presies is wat God aan ons belowe.
My eie verhaal begin in ’n kombuisie met geel
werkvlakke en reuse-reëndruppels wat teen die
vensterruite slaan. Dit was in my finale jaar aan die
kweekskool in Dallas. Ek en my vrou, Darlene, het
al hoe meer begin dink aan, en bid oor wat vir ons
voorlê. Waar moes ek my kragte, passie en opleiding
gebruik? Wat wil God van ons as egpaar hê? Ek het
in ons kombuisie gestaan en weer ’n keer gedink
H
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM9
10
Bruce Wilkinson
aan die uitdaging wat ek by die kapelaan van die
kweekskool, dr. Richard Seume, gehoor het. “Wil
jy iets groters van jou lewe maak?” het hy vroeër
daardie week gevra. “Word dan ’n bittereinder vir
die Here.”
’n Bittereinder, so het Seume verduidelik, is ie-
mand wat ’n klein bietjie meer doen as wat van
hom verwag word. In die
meubelbedryf, byvoorbeeld,
sal die bittereinder die laaste
afrondingswerk aan stoffeer-
werk aanbring: die laaste or-
namentele ekstras wat die
teken van gehalte en waarde
aan die produk gee.
Richard Seume het as teksvers die kortste
biografie in die Bybel gebruik: En Jabes was meer
geëerd as sy broers ... (1 Kron. 4:9, OAV). Jabes
wou al hoe meer vir God doen, en, soos ons aan
die einde van vers 10 lees, het God aan sy versoek
voldoen.
Einde van die teksvers. Einde van die Bybel-
verhaal.
Here, ek dink ek wil ook ’n bittereinder vir U
wees, het ek gebid terwyl ek by die venster uitkyk
na die stortreën daar buite. Maar ek het tog onseker
C
Watter sinnetjie hetmy lewe ingrypend
verander? Dieversugting van ’n
bittereindergenaamd Jabes.
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM10
11
gevoel. Presies wat het Jabes dan gedoen dat hy
bo die res uitgestyg het? Waarom het God sy gebed
verhoor? het ek gewonder. En waarom het God in
elk geval hierdie klein verhaaltjie van Jabes in die
Bybel ingesluit?
Dalk was dit die reëndruppels wat teen die ruit
afgeloop het, ek weet nie. Maar skielik het ek verder
as vers 9 gedink.
Ek het my Bybel opgetel en vers 10 gelees: die
gebed van Jabes. Iets in die gebed sal sekerlik die
geheim ontrafel. Dit moes eenvoudig ’n oplossing
bied. Ek het ’n stoel nader getrek, my Bybel op die
geel werkvlak oopgeslaan en die gebed weer en weer
gelees. Ek het ernstig na die toekoms gesoek wat
God vir ’n gewone ou soos ek beplan het.
Die volgende oggend het ek Jabes se gebed
woordeliks gebid.
En die een daarna.
En weer die dag daarna.
En vandag, dertig jaar later, het ek nog steeds
nie daarmee opgehou nie.
As jy my sou vra watter sinnetjie, behalwe my
gebed om verlossing, my lewe en bediening die
meeste verander het, sal ek sonder om te weifel sê
dis die uitroep van die bittereinder met die naam
Jabes. Jabes word tot vandag toe nie onthou vir
Eenvoudige gebed, reuse-beloning
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM11
12
Bruce Wilkinson
wat hy gedoen het nie, maar vir wat hy gebid het,
en vir wat alles daarna gebeur het.
In die bladsye van hierdie klein boekie wil ek jou
inlei in die merkwaardige waarhede van Jabes se
gebed om geseën te word en jou voorberei om God
se verstommende antwoord daarop as ’n gewone
deel van jou lewenservaring te verwag.
Hoe weet ek dit sal ’n beduidende verskil aan jou
lewe maak? Omdat ek dit uit eie ervaring weet en
ook uit die getuienis van honderde ander mense
oor die hele wêreld met wie ek reeds hierdie
beginsels gedeel het. Maar selfs belangriker: omdat
Jabes se gebed God se heerlike wil vir die res van
jou lewe uitspel. En laastens omdat dit uitdruklik
openbaar dat jou hemelse Vader jou graag soveel
meer wil gee as wat jy nog ooit selfs gedink het om
te vra.
Vra maar net die man wat geen toekoms gehad
het nie.
DIE WONDER VAN HERKOMS
Iemand het op ’n keer gesê mense verskil eintlik
maar baie min van mekaar, maar daardie klein
verskilletjie maak ’n groot verskil. Jabes staan nie
in die Ou Testament soos Moses of Dawid uit nie;
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM12
13
ook is sy lewe nie kragtig vir die Here Jesus Christus
soos daardie eerste Christene
van wie ons in Handelinge
lees wat die hele wêreld
probeer bekeer het nie. Maar
een ding staan soos ’n paal
bo water: die klein verskil in
sy lewe het die hele verskil
gemaak.
Jy kan Jabes beskou as die
wonder van herkoms, of dalk
die Bybel se klein groot man. Sy verhaal is wegge-
steek in ’n byna ongelese gedeelte van een van die
Bybelboeke wat baie min gelees word.
Die eerste nege hoofstukke van 1 Kronieke word
in beslag geneem deur die amptelike stamboom van
die Hebreeuse stamme, van Adam af oor duisende
jare tot met Israel se terugkeer uit ballingskap. En
dis omtrent vervelig! Die ellelange lys ongewone en
moeilike name – meer as vyfhonderd daarvan – sal
selfs die mees vasberade Bybelleser laat moed opgee.
Neem byvoorbeeld Hoofstuk 4. Die seuns van
Juda was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal
… En dis maar net die begin.
Agumai ... Jisma ... Jidbas ... Selelponi ... Anub ...
Ek sal jou nie verkwalik as jy nou sou besluit om
C
Iets in verband methierdie man hetgemaak dat diegeskiedskrywer’n wyle gaan
stilstaan het omsy keel skoon te
maak, en toe andersverder geskryf het.
Eenvoudige gebed, reuse-beloning
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM13
14
Bruce Wilkinson
hierdie boekie neer te sit en die afstandbeheer van
die TV nader trek nie. Maar verdra my nog net ’n
bietjie. Want ná vier en veertig name in die hoofstuk
verskyn daar skielik ’n verhaaltjie uit die niet:
Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy mahom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek hethom met smart in die wêreld gebring.”
Jabes het die God van Israel aangeroep met diewoorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot mygrondgebied, neem my onder u beskerming enweerhou onheil van my sodat geen smart my trefnie.”
God het laat gebeur wat hy gevra het (1 Kron.4:9-10).
En net in die volgende vers gaan die geslagsre-
gister van die stam van Juda voort asof daar niks
buitengewoons tussenin gesê is nie: Kelub, Suga,
Megir …
Iets in verband met hierdie man het gemaak dat
die geskiedskrywer in die middel van sy geslags-
register opgehou skryf, keelskoongemaak en anders
voortgeskryf het. “Wag ’n bietjie!” lyk dit of hy vir
ons sê. “Daar is iets wat julle net móét weet van
hierdie ou met die naam Jabes. Hy staan kop en
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM14
15
skouers bokant die res uit!”
Wat was die geheim vir hierdie
besondere aansien wat Jabes ge-
had het? Jy kan die hele Bybel van
voor tot agter deursoek soos ek ge-
maak het, maar jy sal nie ’n enkele
stukkie inligting meer kry as wat in
hierdie twee verse opgeteken is nie:
• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie
niemand nog gehoor het nie.
• Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie
gebid.
• Daarna het dinge vir hom buitengewoon won-
derlik verloop.
Dis duidelik dat die ommekeer in die gebed lê.
Iets in Jabes se eenvoudige, direkte versoek aan
God het sy lewe verander en ’n onuitwisbare merk
op die geskiedenisboeke van Israel gelaat.
Stort u seën oor my uit,vergroot my grondgebied,neem my onder u beskermingen weerhou onheil van my.
Vlak onderelke versoek lê
’n reuse-paradigma-
skuif versteek.
C
Eenvoudige gebed, reuse-beloning
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM15
16
Bruce Wilkinson
Met die eerste oogopslag val die vier versoeke
op as opreg, billik, dalk selfs edel, maar beslis nie as
besonder merkwaardig nie. En tog lê daar onder
die oppervlak van elkeen ’n reuse-paradigmaskuif
wat in presies die teenoorgestelde rigting loop as
wat ek en jy normaalweg dink. In die bladsye wat
volg, wil ek jou graag wys presies watter dramatiese,
wonderlike gevolge elke versoek van Jabes op jou
lewe kan hê.
OORSKRY DIE GRENSE
Wanneer laas het God op so ’n besondere manier
deur jou gewerk dat jy eenvoudig sonder twyfel
geweet het dat dit God se hand is? Trouens, wanneer
laas het jy wonderwerke as deel van jou alledaagse
lewe beleef? As jy soos die meeste ander gelowiges
is wat ek ken, sal jy nie eens weet hoe om die Here
vir so ’n soort ondervinding te vra nie, of selfs of jy
dit mag vra nie.
Wat ek met jou wil deel, maak al jare lank lewens
ontvanklik vir die magtige werk van God. Ek was
onlangs in Dallas waar ek ’n gehoor van negeduisend
oor die Jabes-seëning toegespreek het. Tydens ete
het ’n man vir my gesê: “Bruce, ek het vyftien jaar
gelede na ’n preek oor die gebed van Jabes geluister
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM16
17
en het dit nog nooit ophou bid nie. Die verandering
is so oorweldigend dat ek eenvoudig nog net nooit
opgehou het om dit te bid nie.”
Oorkant die tafel het ’n ander
man instemmend geknik. Hy het
vertel dat hy Jabes se gebed reeds
tien jaar lank bid, met soortgelyke
gevolge. En die man langs hom,
’n hartchirurg van Indianapolis,
het vertel dat hy dié gebed al vyf
jaar lank bid.
Ek het hulle vertel: “Vriende,
ek bid hierdie gebed al meer as die helfte van my
lewe.”
Die blote feit dat jy hierdie boekie lees, wil my
laat glo jy deel my begeerte om na ’n lewe te reik
waarin jy “voorrang geniet” by God. Nie dat jy ander
nie dieselfde gun nie, maar God moet niks minder
as sy oorvloedigste seën oor jou uitstort nie. En
wanneer jy eendag voor Hom staan om rekenskap
te gee, is jou diepste hartsbegeerte om te hoor:
“Mooi so!”
My goeie vriend, daar is werklik onopgeëiste
seëninge wat by God vir jou wag. Ek weet dit klink
onmoontlik in hierdie tyd waarin elkeen op homself
aangewese is, laat jou selfs verleë en vol agterdog
Wanneer laashet God op so’n besonderemanier deur
jou gewerk datjy sonder
twyfel geweethet dat dit God
se hand is?
C
Eenvoudige gebed, reuse-beloning
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM17
18
Bruce Wilkinson
wonder. En tog is juis hierdie wens – jou begeerte
na die oorvloed van God – presies wat God in sy
liefde van die begin van die wêreld af vir jou wil gee.
En as jy maar net ’n handjie vol kerngeloftes maak,
kan jy van vandag af verder leef in die vertroue en
die verwagting dat jou hemelse Vader dit jou sal laat
toekom.
Dink só daaraan: pleks van op die oewer van die
rivier staan en net elke dag se glas water te vra, sal
jy iets ondenkbaars doen: jy sal die eenvoudige gebed
met die groot beloning vasgryp en eenvoudig in
die water spring. Op daardie oomblik sal jy die
liefdevolle strome van God se genade en krag begin
toelaat om jou verder te dra. God se wonderlike
plan vir jou sal om jou wees en jou voorthelp na die
heerlike, belangrike en bevredigende lewe wat Hy
vir jou het.
Lees asseblief verder as dit is waarna jy uitsien.
Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM18