Download pdf - Joernalistiek Pos

Transcript
Page 1: Joernalistiek Pos

NOORDWES-UNIVERSITEIT (POTCHEFSTROOMKAMPUS) FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE PEROMNES: A8/A7/A6 SKOOL VIR KOMMUNIKASIESTUDIES POSNOMMER: PC07407 VAKATURE: LEKTOR/SENIOR LEKTOR/MEDEPROFESSOR – JOERNALISTIEK Verantwoordelikhede: • Onderrig aan voorgraadse en nagraadse studente • Begeleiding van nagraadse studente • Hantering van eie administrasie • Navorsing • Gemeenskapsdiens

Minimum vereistes: • ʼn Meestersgraad of vierjarige opleiding met minstens 8 jaar praktykervaring (Lektor); ‘n MA met minstens 8

jaar praktykervaring of PhD (Senior lektor) ; PhD ( Medeprofessor) • Ongeveer 1-8 jaar joernalistiekervaring as joernalis en bladopmaker of subredakteur (Lektor/Senior Lektor),

sowel as publikasierekord en praktykervaring vir Medeprofessor • Vaardigheid in Adobe Photoshop en InDesign • Rekenaarvaardigheid in MS Office, internet en e-pos • Bedrewenheid met sosiale media, asook aanlynprofiele op sosialemedia-platforms • Vaardigheid in die skryf en subredigering van kopie in Afrikaans en Engels vir druk-, uitsaai- en aanlynmedia • Ervaring in nuus-, produksie- en publikasiebestuur • Goeie menseverhoudinge en administratiewe vaardighede • Goeie kommunikasievaardighede • Vermoë om korrekte Afrikaanse en Engelse skryfvaardighede te fasiliteer • Bewys van taalvaardigheid om optimaal in die onderskeie funksioneel veeltalige omgewings van die NWU te

funksioneer Aansoek moet van ’n volledige joernalistieke portefeulje vergesel word. Aanbeveling • Ervaring in korporatiewe joernalistiek, nuusfotografie, html en Adobe Dreamweaver, asook Apple Mac-

omgewing (iWorks)

TOTALE VERGOEDINGSPAKKET: R 293 180 – R390 871 (A8), R 367 010 – R 489 311 (A7) of R459 244 – R 612 254 (A6) per jaar (werkgewerbydrae ten opsigte van byvoordele hierby ingesluit)

NAVRAE: Prof. PJ Schutte, 018 299 1645 SLUITINGSDATUM: 15 Junie 2012 DIENSAANVAARDING: Soos ooreengekom met die suksesvolle kandidaat BYVOORDELE: Aantreklike studievoordele sowel as die normale byvoordele geld. VIR AANSOEKVORMS, skakel die Departement Mensehulpbronne by tel. 018 299 4961, of stuur ’n e-pos aan [email protected]. Aansoekvorms is ook beskikbaar by kamer G25, C1-gebou, Institusionele Kantoor. Voltooide aansoekvorms moet ingehandig word by die Departement Mensehulpbronne op die kampusse soos op die aansoekvorm gespesifiseer word, of per e-pos gestuur word aan [email protected], of aan 018 293 5308 gefaks word. Die Universiteit onderskryf en pas die beginsels van die Wet op Gelyke Indiensneming toe en is verbind tot transformasie. Alle aansoeke sal oorweeg word.

Recommended