Page 1 of 5
Geagte Ouer/Voog
Die derde kwartaal het hierdie week vir Graad 8 tot 11 leerders begin. Die program bly onveranderd soos in die vorige nuusbrief (weer hieronder uiteengesit) tot 11 September wat die laaste dag is vir die Graad 12 leerders voor hul Rekord eksamen op 14 September begin (sien nuwe Gr. 12 Eksamenrooster op pienk papier aangeheg).
Die nuwe bywoningsprogram vir Graad 8-11 leerders wat vanaf 14 September gevolg moet word, sal so gou moontlik aangestuur en aan leerders uitgedeel word.
Baie dankie weereens aan al ons ouers wat die leerders in hierdie moeilike tyd ondersteun en tuis aan die gang hou op die dae wat hulle nie skool kan bywoon nie.
Baie geluk aan Rixongile Maluleke (10E1) met ‘n uitstekende vertoning by die Teatro Arti Eisteddfod op 10 Augustus. Sy verwerf ‘n A+++ (100%) vir “Dialogue” en ‘n A++ (95%) vir “Own Choice Poetry”! Toetse/Eksamens:
‘n Nuwe toetsrooster vir Gr. 8-11 word hierby aangeheg. Toetse wat hierdie kwartaal geskryf word, dra nou ‘n
groter gewig in die berekening van die jaarpunt omdat die Julie-eksamens weggeval het.
Laatkommers:
Daar word weer ‘n beroep op ons ouers en leerders gedoen om te sorg dat hulle by die gedragskode hou wat bepaal dat hy/sy teen 7:20 by die skool moet wees. Die hek prosedures neem ongelukkig tyd en die eerste periode begin reeds 7:30. Hekke word gesluit vir veiligheid en sekuriteits redes. Geen leerder sal vanaf 7:30 toegelaat word nie, behalwe indien deur ‘n ouer of voog vergesel.
Groete
Mnr. J van Niekerk
Bywoningsprogram tot 11 September 2020
Graad 12: Elke dag.
Graad 11: Maandae, Woensdae en Vrydae.
Graad 10: Dinsdae en Donderdae.
Graad 9E1 – 9E4: Maandae.
Graad 9E5 – 9E8: Woensdae.
Graad 8E1 – 8E4: Dinsdae.
Graad 8E5 – 8E8: Donderdae.
Hoërskool Elspark
Rooikatnuus
POSBUS 12001, ELSPARK
1418
www.hselspark.co.za
Tel: 011 893 2013/4
Faks: 011 893 3879
Uitgawe # 55
Nuusbrief 8/2020
27 Augustus 2020
Page 2 of 5
SKOOLFONDS:
Baie dankie aan al die ouers wat hul skoolgelde maandeliks betaal. September se skoolfonds is nou betaalbaar. Skoolfonds is voor die sewende van elke maand vooruit betaalbaar. Bankbesonderhede:
Bank: FNB Bank
Tjekrekening no.: 62443715547 Takkode: 201209 Verwysing: jou familie kode of kind se naam en van
Uitstaande skoolfonds
Alle agterstallige bedrae is voor einde Julie 2020
betaalbaar. Indien u skoolgelde agterstallig is as gevolg
van faktore veroorsaak deur die COVID-19 pandemie,
moet u die finansiele kantoor skakel om reëlings te tref.
Volgens die finansiële beleid van Hoërskool Elspark, sal
die volle jaar se uitstaande skoolgeld aan CeeBee
Skuldinvorderaars oorhandig word indien u rekening
langer as twee maande agterstallig is.
Skakel asseblief die finansiële kantoor indien u enige navrae het: Tel: 011 893 2013/4 of [email protected]
Page 3 of 5
Page 4 of 5
Page 5 of 5