81
BREAKFAST SPANSPEK : Gehalveer, verwyder pitte, gooi keuse van joghurt in, meusli en voiila, ontbyt en nie eers 'n vuil papbak nie !!!!

Oulike Idees

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Handige wenke en idees alles in Afrikaans.

Citation preview

Page 1: Oulike Idees

ŀ

BREAKFAST SPANSPEK :

Gehalveer, verwyder pitte, gooi keuse van joghurt in, meusli en voiila, ontbyt en nie

eers 'n vuil papbak nie !!!!

Page 2: Oulike Idees

Kosblik en vingerhappie idee:

SHUSI-TOEBROODJIES:

Vars snye wit of bruin brood wat se korsies alles afgesny is Rol nou die brood met roller tot plat en dun

Smeer nou verskillende vulsels in Bv: Vissmeer

Lewersmeer Kaassmeer, met gerasperde biltong

Marmite, en kaas Tuna en mayonaise Sandwichspread

Appelkooskonfyt en peanutbotter Gerasperde ham/polonie met bietjie mayonaise en chutney

Roer eiers met tamatiesous Rol nou die broodjie op soos 'n worsie Sny wieletjies van so ongeveer 4cm groot.

As die broodrolletjie loskom, steek met 'n tandestokkie vas . Steek stukkies vrugte vas met die tandestokkies vir ekstra garnering.

Page 3: Oulike Idees

BREAKFAST PEPPERS

Green,red en yellow pepper in redelike dik skywe gesny - jy kan ook dik snye uie

ringe gebruik. Sny skyfies tamaties,:

Bietjie olie onder in pan, plaas greenpepper in pan, dan tamatie en dan die eier. Sit

deksel op om dit gaar te stoom. Ek het gevind dat as jy die eier oopbreek, gooi klein

bietjie eierwit onder in, laat net stol dan die tamatie en die ander helfte van die eier -

dit veroorsaak dat die eier nie onder die greenpepper of ui uitloop nie

Page 4: Oulike Idees

PIESANG, SJOKOLADE, NEUTE EN GEKOOKTE KONDENSMELK.

- Gooi piesang met skil en al in kookwater vir so 1 minuut, skil af gooi

suurlemoensap oor - halveer en sny punte gelyk. Smelt slab sjokolade in glasbak oor

pot kokende water - druk eenkant daarin en rol in neute. Sit in yskas om te verkoel

en sjokolade hard te maak. . Maak gaatjie bo in piesang en vul met gekookte

kondensmelk.

Om te keer dat jou piesangs verkleur, spuit suurlemoensap oor of druk piesang met

skil en al in houer met kookwater vir so 'n minuut, skil dadelik af

Page 5: Oulike Idees

VIENNA PANNEKOEK:

Pannekoeke, wraps, tortillas of iets soortgelyks sal werk.

Braai uie en sampioene tot sag. Voeg ringetjies viennas by en roerbraai. Gooi klein

bietjie chutney by. Voeg by paar eiers met bietjie melk gemeng en roer tot gaar. Vul

met mengsel pannekoek se oppervlak, sprinkel bietjie kaas, sout en peper oor en rol

op.

Bedien warm

Jy kan as jy wil jou uie, sampioene en viennas braai, eenkant sit, scramble eggs

maak en dit in lae pak met die kaas heel laaste en dan oprol.

Page 6: Oulike Idees

Vinnige eier muffins (ideaal vir ontbyt)

10 Geklitste eiers

1/2 pakkie uie sop poeier

1 Koppie fyn gekapte sampioene

2 Koppies fyn gekapte spinasie

1 Koppie gesorteerde maalvleis of bacon

Sout en peper

12 Cherry/ Rosa tamaties

Voor verhit oond tot 180 grade C

Meng alle bestandele saam behalwe tamaties

Smeer muffen pan goed met botter / spray en cook

Verdeel eiermengsel in die 12 muffen houertjies

Plaas gehalveerde tamaties bo - op mengsel

Bak vir 25 min tot gaar

Verwyder warm uit pan en sit voor ( As koud kan die gebak vassit)

Page 7: Oulike Idees

Ontbyt, brunch of middagete idee:

Groot hamburgerbuns of ronde klein buns. Sny bo-oop en hol uit.

Braai spek, uie, sampioene, kersie tamaties, green,yellow red peppers selfs blokkies

ham, kaasworsies enige iets sal werk.

Gooi blikkie baked beans in en meng goed. Voeg speserye by van keuse.

Skep in uitgeholde bun bakkie.

Breek eier bo-op oop en bak in die oond by 180 grade tot eier gaar is. Ek dink wat

lekker sal wees is om bietjie kaas net voor opdiening oor te gooi.

Jy kan die baked beans uitlos en vervang met mielies, chakalaka enige iets wat na

jou smaak is

Page 8: Oulike Idees

KLEURVOLLE JELLIE RING: - MAAK OOK SOMMER IN GLAS PRYREX

BAK EN SNY BLOKKE VOOR OPDIENING:

GEKLEURDE JELLIE STOL POEDING

6 Boksies gekleurde jellie – of 3 pakkies – 2 van elk

Maak 1 pakkie jellie op ‘n slag aan want jy pak lae basies bo-op mekaar soos

die lae stol

Maak elke pakkie jellie aan met 2 koppies kookwater en 2 teelepels gelatien

Gooi halwe koppie ysblokkies in en roer toe dik mengsel

Haal orige ysblokkies uit as mensel klaar dik is

Gooi nou jou eerste laag, sit in yskas en stol.

Maak nou jou volgende kleur aan soos bo en volg die stappe weer -herhaal 6

x om verskillende lae te kry.

I picked up a 6 box of blue, yellow and red jello plus a box of gelatin.

To get these fabulous layers, mix the blue jello with an envelope of the gelatin

(2 teelepels).

Pour in two cups of boiling water.

Dissolve the gelatin

Add 1/2 cup of ice. Stir until thick.

Page 9: Oulike Idees

Remove any remaining ice cubes and any bubbles that may have formed.

Pour into a 9×13 inch pan.

Let set in the refrigerator.

Repeat with the yellow jello and pour it over the set blue. Repeat with the red

jello and pour it over the yellow. And there you have it, Rainbow Jello.

JY KAN SOVEEL KLEURE GEBRUIK SOOS WAT JY WIL - DIT IS NET 'N

REDELIKE LANG PROSES OMDAT JY SAL MOET SORG DAT ELKE LAAG

REDELIK GESTOL IS VOOR JY DIT OORGOOI.

TIP. Sit in vrieskas om stolproses tussen lae te verkort.

Sny lemoen in halwes, verwyder die vleis. Maak jellie aan en gooi in die

halwes. Sit in yskas. As opdien, sny in skyfies en Voilla, JELLIE

LEMOENSKYWE !!!

Page 10: Oulike Idees

BLOKKIES JELLIE RING MET KONDENSMELK

1 blik kondensmelk. 3 of 4 pakkies verskillende kleure jellie. 1 kondensmelk

blik vol kookwater. 1 hoogvol eetlepel gelatien. Maak jellie aan (gewoonweg) ,

laat dit stol en sny in blokkies. Gooi kookwater in 'n bak. Voeg gelatien by en

roer tot opgelos. Gooi by kondensmelk. Laat goed afkoel. Sit jellieblokkies in

'n bak en gooi die kondensmelk mengsel bo-oor en verkoel.

Page 11: Oulike Idees

• AARTAPPEL EN KAAS POTATOBAKE BROODJIE

• Rencia Odendaal Pretorius

• 1 pakkie cheese en bacon potatobake

• 300ml gerasperde kaas

• 100ml melk

• 300 gr aartappels – geskil en gerasper

• 450gr bruismeel

• 1 eier

• Meng meel en potato bake

• Voeg aartappels en kaas by en meng deur

• Meng eier en melk en meng by bg mengsel

• Knie net effe deur

• Maak in bol vorm en sit in pannetjie

• Smeer bietjie melk bo-oor

• Strooi bietjie droe pietersielie en paprika oor (opsioneel – dit gee die broodjie net

mooi kleur)

• Bak vir 45/50 min by 180 grade C

Page 12: Oulike Idees

HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD:

Rencia Odendaal Pretorius

500 gr bruismeel

2 eetl suiker

1 blik heelpit mielies - gedreineer

2.5ml sout

1 blikkie bier (enige)

1 eier geklits

Bietjie gerasperde kaas

Bietjie bacon gekap in stukkies (rou)

Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap) (opsioneel)

Meng al die bg bestandele behalwe die eier.

Sit in swartpot of broodpannetjie

Gooi die geklitste eier oor

Gooi gerasperde kaas, ui en peppers bo-oor

Bak vir 1 uur by 180 grade

Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder

deksel en bak vir die laaste 40 min sonder dekse

Page 13: Oulike Idees
Page 14: Oulike Idees

ONTBYT BRAAIBROODJIES:

Maak braai broodjie soos gewoonlik, smeer botter, bietjie chutney, tamatie, uie en

kaas (selfs gebraaide spek sal ook lekker werk) en braai tot goudbruin. Bak jou eier

en net voor opdiening, lig boonste snytjie brood op, plaas eier in broodjie en bedien

Page 15: Oulike Idees

VOORGEREG IDEE:

Ek het lanklaas so 'n oulike idee vir 'n voorgereg gesien. Kry vir jou mooi vierkantige

Buns, (jy kan selfs ronde buns ook gebruik) Kyk vir mooi kleinerige voorgereg

grootte buns. Sny vierkant of sirkel uit. Net die korsiedeel moet oorbly .Haal die

brood uit. Maak nou jou vulsel. Ek sal voorstel, tuna met mayonaise, gekapte uie,

spruitui, peppadews, gerkins ens - selfs gevlokte hoender kan werk, jy kan kamma

kreef doen, shrimps, ens. Skep in Bunbakkie, versier mooi met garnering.

Page 16: Oulike Idees
Page 17: Oulike Idees

Neem of skilferkorsdeeg of voorafbereide brooddeeg of enige pastei deeg, rol dun

uit. Sny repe. Sit stukkies ronde ham (of enige koue vleis op. Rol toe en bak by

180gr C tot gaar en goudbruin.

Page 18: Oulike Idees

Marshmellow en Rice Krispies Blokkies

3 eetlepels botter of margarien

1 pakkie (rofweg 40) marshmallows

6 koppies Rice Krispies

In 'n groot kastrol oor lae hitte

- Smelt die botter

- Voeg die marshmallows by

- Roer goed totdat alles gesmelt is

- Verwyder van hitte

- Roer Rice Krispies en meng goed totdat alles bedek is met die gesmelte

Marshmellows

- Druk plat in gesmeerde pan - so 5cm dikte

- Laat effens afkoel en sny in blokkies of stafies

Page 19: Oulike Idees

DEEP-FRIED CAMEMBERT

Deep-fried Camembert is a restaurant favourite, but comes with a high price tag. Why

not make it at home for a fraction of the cost? Here's how...

Ingredients for deep-fried Camembert

• 1 Camembert cheese (usually circular in shape)

• 250ml (approximately) cold pressed olive oil or similar oil

• Breadcrumbs (dried)

• 2 large eggs

Method for deep-fried Camembert

1. Put the breadcrumbs into a bowl. For added flavour, crush some mixed herbs into

your breadcrumbs.

2. Break the eggs into a bowl. Mix well.

3. Cut the Camembert into wedges.

4. Dip the Camembert wedges into the egg mixture. Turn the wedges over in order to

coat well.

5. Dip the egg-covered Camembert wedges into the breadcrumb mixture. Make sure

your breadcrumb mixture covers all sides of the Camembert wedges.

6. Repeat until all of the Camembert wedges have been coated.

7. Pour the oil into a small saucepan. The oil should be deep enough to cover a few

Camembert wedges.

8. Heat the oil until it becomes very hot. Don’t allow the oil to smoke.

9. Place a few of the Camembert wedges onto a flat metal ladle (with drainage holes).

Lower the ladle holding the wedges into the oil. Allow to fry for about 20-30 seconds.

10. Remove the wedges and place them on a kitchen towel.

11. Serve hot. If preferred, serve your deep-fried Camembert with your favourite dip or

dressing.

Page 20: Oulike Idees
Page 21: Oulike Idees
Page 22: Oulike Idees
Page 23: Oulike Idees

HAM EN KAAS PASTEI

Ek het sommer shortcut gevat en skilferkorsdeeg gebruik, maar ek maak gewoonlik die deeg

:

As jy individuele pasteitjies wil maak, sny sirkles uit, plaas vulsel op eenkant, vou toe en seel

die kante.

DEEG

4 kp meelblom;4 tl bakpoeier; ½ tl sout; 250 g botter; Yswater

Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg.

Rol DUN uit !!!

Vulsel:

Neem stuk ham en sny in klein blokkies. Ek het so 3 repies rou spek in stukkies gesnipper

en ook so ‘n kwart ui – fyn gekap.

Maak nou ‘n DIK kaassous. Die sous moet nie.... loperig wees nie anders bak dit uit die

pastei uit.

Ek maak so:

Het 1 en half koppie koue melk in houer gegooi, so 2 hoog opgehoopte eetlepels meel

ingegooi en met my whisk gemeng. Mikrogolf vir so 5 min. Whisk gereeld om klonte te

voorkom. Jy gaan nou sien dit is so dik taai mengsel. Rasper klomp kaas in (ek het nie die

kaas verder gesmelt nie, dit was nog stukkies kaas – roer die kaas net deur) sout en peper

en so 1tl botter. Voeg die ham mengsel in en roer deur.

Rol deeg uit, sit mengsel op eenkant van die deeg, sprinkle bietjie spruit uie oor, rol toe, seel

kante en smeer mayonnaise oor. Ek het so bietjie pietersielie oorgesprinkel vir versiering.

Bak in voorverhitte oond vir so 40 na 45 min tot goudbruin.

Page 24: Oulike Idees
Page 25: Oulike Idees

SJOKOLADEPOEDING:

Hierdie poeding maak sy eie sous

1 kop meel

2tl bakpoeier

half tl sout

half kop suiker

1 en half eetl kakao

Meng al bogenoemde

Meng: half kop melk

1 tl vanilje 1 eetl botter gesmelt

Meng alles bymekaar

SMEER DIE DIK MENGSEL IN ‘N PLATBAK- die deeg moet so 'n baie stywe deeg

wees. Moenie nog melk ingooi nie die poeding maak sy eie sous anders is dit te pap

Gooi nou bo-oor

Halwe kop bruinsuiker en 2 eetl kakoa gemeng

Gooi nou bo-oor 2 kop kookwater

Bak vir 30 min by 180 grade

Page 26: Oulike Idees
Page 27: Oulike Idees

Hoe om mielies te kook:

Gooi mielies in pot lou water. As begin kook, 15 min - dan gooi jy sout in, 5 minute

en jou mielies is gaar. Moenie sout van die begin af ingooi nie, dit is geneig om jou

mielies hard te maak. Moet ook nie jou mielies 'overcook' nie - hoe langer jy dit kook

hoe harder word dit.

MIELIES MET SPEK

Kook mielies tot gaar. Draai spek om en steek vas met tandestokkies. Kole toe met

dit. Terwyl jy dit braai smeer bietjie bbq sous oor. Braai tot spek lekker crispy is.

Page 28: Oulike Idees

AMARULA KOEK

60 ml Kakao

125 ml kookwater

3 eiers

220 ml suiker

60 ml olie

250 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

STROOP

200 ml suiker

250 ml water

60 ml Amarula-likeur

1 blik karamelkondensmelk

styf geklopte room vir versiering Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag: 1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.

2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.

3. Sif res van droë bestanddele by en meng goed.

4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon

uitkom.

Stroop:1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg

Amarula by. Roer goed. .2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi

warm stroop oor.Versier:1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer

karamelkondensmelk en styf geklopte room oor. 2. Versier met Flake indien verkies

(nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek

wat lekker klam bly.

Page 29: Oulike Idees
Page 30: Oulike Idees

HOE OM VETKOEK TE BAK MET KLAAR VOORBEREIDE BROOD DEEG: Vat

jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in 'n worsrol en sny 8 stukke uit die

deeg, of breek sommer net 8 stukke van die deeg af. Vat 'n skinkbord en strooi meel

oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir 'n rukkie om te rys. Maak jou

olie warm en gooi so 3 op 'n slag in die warm olie – GROOT GEHEIM VAN

VETKOEK BAK: Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy

sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan

om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink

hol, en dit het 'n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen

toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in

die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le

is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.

MAALVLEIS MENGSEL

Braai jou uie, maalvleis (500gr), 1 growwe gerasperde wortel, kerrie, borrie sout en

peper. Voeg Koppie water by en laat prut – Sny 3 na 4 aartappels (geskil) in blokkies

en gooi in die mikrogolf in spar sak vir so 5 minute – voeg by maalvleis mengsel en

nog so ‘n koppie water. Kook tot aartappels sag is. Neem jou lepel en vryf so die

helfte van die aartappelblokkies fyn teen die kant sodat jou mengsel ‘n lekker dik

tekstuur het. Gooi klein bietjie chutney in en roer deur.

Page 31: Oulike Idees

BROOD:

Neem 1 brooddeeg. Knie effe deur

Neem jou swartboompotjie, smeer lekker dik met botter – die deksel ook.

Druk jou deeg in balvorm. Sit in gesmeerde pot

Snipper rou stukkies bacon en bietjie uie bo-oor . Druk dit effe vas teen die brood .

Gooi kaas bo-oor

Versier met bietjie pietersielie en rooipeper

Laat rys vir so ‘n halfuur

Bak met die deksel op die broodjie by 180 grade vir ongeveer 45 min

Page 32: Oulike Idees
Page 33: Oulike Idees

Maak jou kind se pizza mooi met greenpeppers olywe en peppadews - wie gaan dit

nou nie wil eet nie Mamma !!!

PIZZA POCKETS Hierdie is 'n lekker idee vir iets anders. Sny ronde sirkels, pak

pizza bestandele op een kant, vou toe en druk vas, bak in oond by 200 grade tot

gaar.

Page 34: Oulike Idees

PIZZA MUFFINS:

3 gerookte Weense worsies fyn gedruk 500 ml koekmeel

15 ml bakpoeier 2,5 ml sout

2,5 ml rooipeper 125 ml gerasperde Cheddarkaas

5 ml gesnyde pietersielie 1 groot eier (of 2 gewone eiers)

250 ml melk 45 ml olie

Maak die worsies so 5 minute warm in kookwater, dreineer en druk fyn. Meng die

koekmeel, bakpoeier, sout, rooipeper, kaas en pietersielie in 'n mengbak. Gooi die

fyngemaakte worsies by. Klits die eier(s) melk en olie en gooi dit by die

koekmeelmengsel. Roer totdat mengsel droog is en eweredig klam. (Te veel geroer

sal die muffins taai maak.) Skep die deegmengsel in kollewyntjie- of muffin-

pannetjies (12) wat goed gesmeer is en bak vir 20 minute by 200 C tot goudbruin

Page 35: Oulike Idees
Page 36: Oulike Idees

Ek het besluit om die resep met my beskuitpanne te probeer - en dit werk soos 'n

bom - JY GAAN DIE BESLAG 4X MOET AANMAAK om 1 beskuitpan vol te maak -

Irresistible Shortbread

Ingredients

500 ml (2 cups) Cake Flour

100ml Huletts White Sugar

45 ml (3 tbsp) Cornflour

Pinch of Salt

5ml vanilje

250 g Butter (soft, but not melted)

Huletts White Sugar, for sprinkling

Method

1. Place all the ingredients in a food processor and process until combined into a

ball. Do not over-process. If you don’t have a food processor, work the mixture with

your hands until combined.

2. Press the mixture into an oblong tray (or two 20 cm round pie dishes). With the

prongs of a fork, prick the mixture well. Bake at 160ºC until it just starts to turn

golden (35–40 minutes).

3. Remove from the oven and immediately slice into serving portions. Sprinkle with

extra sugar while hot.

Hint: It is important that the butter is soft, though not melted. For best results use

butter, not margarine.

BESLAG 4X

8 Kop meel

400ml suiker

180ml maizina

2 x 500gr stork to bake botter

1 tl sout

20ml vanilje geursel

Page 37: Oulike Idees

MARBLE EGGS!!!!!

Kraak hardgekookte eiers se doppe deur dit op 'n blad te rol terwyl jy liggies druk.

Gooi 1 t koekkleursel van jou keuse in 'n plastieksakkie saam met 'n eier en vryf

sodat die eier heeltemal bedek is.

Page 38: Oulike Idees

Los 10 minute om goed te trek en spoel eiers af.

Page 39: Oulike Idees

TIE DIE CAKE!!!

Koop 2 bokse Wit koek mengsel en maak aan volgens aanwysings. Verdeel in 6

verskillende bakkies en kleur met 6 verskillende kleure soos verkies. Sien later hoe

jy met net blou, rooi en geel al die kleure van die reenboog kan maak.

Page 40: Oulike Idees

Gooi 'n bietjie van elke kleur in 4 afsonderlik koekpanne. Maak nie saak hoeveel van

elkeen nie, dis jou eie keuse en dis wat dit so lekker maak!!

Daar is jou 4 panne nou klaar. Bak volgends die pakkie se intruskies.

Page 41: Oulike Idees

Versier soos verkies en onthou dit is 'n baie dik koek. Geniet hom.

Hier is die kleurkaart. Jou middelste 3 kleure is bou, geel en rooi. Soos jy kan sien bv as jy blou en geel meng kry jy groen. Hoe meer na die geel kant hoe ligter groen en

hoe meer na blou kant hou donkerder groen. Selfde konsep werk vir blou en rooi, en rooi en geel. Geniet die speel!!

Page 42: Oulike Idees
Page 43: Oulike Idees
Page 44: Oulike Idees
Page 45: Oulike Idees
Page 46: Oulike Idees

Klaar voorafbereide brooddeeg - dun uitgerol. Sny sirkeltjies uit. Neem skyfie

salamie en mozzarella of camembert kaas , vou toe - draai om - sprinkel Olive and

Rosemary speserye oor (of enige speserye wat u keuse is) en bak in oond tot gaar

en goudbruin.

Page 47: Oulike Idees
Page 48: Oulike Idees

Gooi jou pannekoek/plaatkoekie deeg met 'n tregter in so 'n bottel en dit sal nie so

baie mors soos die ou sop lepel tussen die bak en die pan nie!!!

Page 49: Oulike Idees
Page 50: Oulike Idees

Vir al die mense wat die vrees het om jou eie gekookte kondensmelk te kook (ek

inkluis). Ek het op hierdie wonderlike manier afgekom. Sit jou blik kondensmelk in 'n

slow cooker. Vul heeltemal op met water. Maak toe en sit hom op LOW vir 8 ure.

Laat afkoel en siedaar!!! Caramel Treat met geen vrees dat dit sal ontplof nie!!!

Page 51: Oulike Idees

Sweetened Condensed Milk IN YOUR BLENDER

• 1 cup sugar

• 1 cup dry powdered milk

• 1/2 cup water

• 1 Tbsp butter

1. Put sugar & powdered milk in a blender

2. Put water & butter in a microwaveable dish & let it come to a boil in your

microwave; about 45-60 seconds. Keep an eye on it.

3. Add water/butter mixture to mixer & blend until combined. Scrape sides if you

need to & blend again until thick. This makes aprox 1 and half cup condensed milk.

Page 52: Oulike Idees

PRAWNS

125ml botter – gesmelt

1 suurlemoen in skyfies gesny

1 tot 2 eetl droe Italian seasoning

2 tl garlic (vars of gedroog)

Pak prawns in oondpan

Gooi botter oor

Sit die suurlemoenskywe bo-op die botter en prawns neer

Sprinkel die Italian seasoning en garlic oor

Sit in voorverhitte oond vir 15 min by 350grade F (175grade C)

Page 53: Oulike Idees
Page 54: Oulike Idees

KWAAI BRAAI PIE

2 rolle skilferdeeg - ontdooi en uitgerol

1 pak spinasie of vars bossie

Gaar hoender (geflok of in blokkies)

250gr spek - 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar

1 pak sampioene in skywe gesny

Fetakaas

Cheddar kaas

Mozzarella kaas

Gouda kaas

Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse

Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.

Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter

Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors

Sit helfte van die rou spinasie op

Page 55: Oulike Idees

Sit hoender op

Sit uie en spek mengsel op

Pak rou sampiene op

gooi speserye op

Sit nou verskillende kase op

Eindig af met ander helfte van pak spinasie

Plaas ander skilferkos bo-op - knyp toe aan die kante

Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors

Knyp rooster toe.

Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.

Page 56: Oulike Idees
Page 57: Oulike Idees

HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD:

500 gr bruismeel

2 eetl suiker

1 blik heelpit mielies - gedreineer

2.5ml sout

1 blikkie bier (enige)

1 eier geklits

Bietjie gerasperde kaas

Bietjie bacon gekap in stukkies (rou)

Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap) (opsioneel)

Meng al die bg bestandele behalwe die eier.

Sit in swartpot of broodpannetjie

Gooi die geklitste eier oor

Gooi gerasperde kaas, ui en peppers bo-oor

Bak vir 1 uur by 180 grade

Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder

deksel en bak vir die laaste 40 min sonder deksel. Die foto is 'n beslag wat ek 2x

aangemaak het, maar ek het slegs 1 blik pitmielies gebruik en nie 2 nie

OF:

Page 58: Oulike Idees

• MAKLIKE MIELIEBROOD:

500 gram Bruismeel; 1 Blikkie Bier; Knippiesout; 410 gram Roommielies.

Meng alles en gooi in kleinerige broodpan. Bak 45 minute – 180 grade.

MIELIE MUFFINS

HIERDIE WERK HEERLIK IN MUFFIN PANNETJIES

4 eiers

125ml melk

30ml suiker

30ml olie

250ml mieliemeel

50ml koekmeel

5ml bakpoeier

5ml sout

1 blik suikermielies

1 blik pitmielies

Meng alles goed saam. Gooi in BAIE goed gesmeerde pannetjie (cook 'n spray of

waspapier werk goed) en bak in voorverhitte oond vir ongeveer 1 uur teen 180 grade

C.

Vir muffins, kyk na baktyd - so na 30/35 min - doen die toetspen toets.

Page 59: Oulike Idees

MIELIETERT/SOUFLE MET GROENTE:

60 ml meel

60ml suiker

60ml botter gesmelt

15ml bakpoeier

4 eiers

2 blikkies room mielies

sout en gemaalde swart peper

Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi

Koppie kaas

1 tamatie

Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie

Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy

wil, hang af hoe groot is jou bak

Gooi mieliemengsel bo-oor

Gooi gerasperde kaas bo-oor

Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op

Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir

ongeveer 1 uur by 180 C

Page 60: Oulike Idees

• SWEETCORN FRITTERS (KOEKIES)

• 100 gr meel

• 1 tl bakpoeier

• 1 eier

• 150ml melk

• 1 blikkie pitmielies (of gekookte mielies- afgesny van stronk)

• Sout en peper na smaak

• Vir ekstra geur, gekapte spruituie, uie, ‘n splash soya sous of chillie sous of

gekapte koliander, selfs bietjie gerasperde cheddar kaas.

• Meng alles en bak in pan met bietjie olie tot gaar en goudbruin

Page 61: Oulike Idees

HOENDERLEWER MET BYT:

500g hoenderlewertjies

90ml botter

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap

5 ml borrie

12.5ml kerriepoeier of garam masala

1 brandrissie, ontpit en fyngekap

410g ( 1blik) tamaties, gekap

200g bevrore of vars jong ertjies

vars koljanderblare(dhania) gesnipper

Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog pienk

binne is, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde

swartpeper en skep uit. Hou eenkant.

Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en

rissie by.

Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat

ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout

en varsgemaalde swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies. Sodra sous begin

prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm. Sit

voor en garneer met die res van die koljanderblare.

Page 62: Oulike Idees
Page 63: Oulike Idees
Page 64: Oulike Idees
Page 65: Oulike Idees

Sysagte Skons, net 4 bestanddele....

Bestanddele:

1 klein pakkie bruismeel (500g)

1 koppie room (250ml)

1 blikkie sprite (330ml)

1 knippie sout

Metode:

Sif die bruismeel en sout saam in ‘n bak.

Roer die room rofweg met ‘n vurk by die meelmengsel tot krummelrig

Gooi die sprite baie stadig, sodat al die gas nie ontsnap nie, by die meelmengsel en

vou dit saggies in.

Spuit ‘n muffin-pan met kleefwerende middel / smeer met botter/margarien

Bak vir ongeveer 30 minute (afhangend van die grootte muffinpannetjie) tot ligbruin

van kleur.

Wenk: Moenie Sprite Zero gebruik nie

Page 66: Oulike Idees
Page 67: Oulike Idees
Page 68: Oulike Idees
Page 69: Oulike Idees
Page 70: Oulike Idees
Page 71: Oulike Idees
Page 72: Oulike Idees
Page 73: Oulike Idees

MICROWAVE STEAM CLEAN !! 1 c vinegar + 1 c hot water + 10 min microwave =

steam clean micro...wipe out

TIPS - CLEANING DISHWASHER Place a dishwasher-safe cup filled with plain

white vinegar on the top rack of the dishwasher. Using the hottest water available,

run the dishwasher through a cycle. The vinegar will help to wash away the loose,

greasy grime, sanitizes, and helps remove the musty odor. Next, sprinkle a cupful of

baking soda (koeksoda) around the bottom of the tub and run it through a short

cycle. The baking soda will help freshen and removing stains.... good to do every 6

mths

Page 74: Oulike Idees

Salt as Iron Cleaner. Eliminate sticky residue from an iron. Run the hot iron (no

steam) over plain paper sprinkled with salt

Page 75: Oulike Idees

EK DINK HIERDIE GAAN EEN GROOT "TUINTIP" WEES WAT NIEMAND WIL MIS

NIE !! Wie van ons sukkel nie met onkruid tussen ons klippies nie?????? - DIE

GROOT KOPSEER !!! - Ek het altyd Round-up gespuit, maar as die tip werk hoef ek

net tot in my kombuis te loop en die asynbottel uit te haal. ♥ Rens

NEED PROOF THAT VINEGAR IS A WEED-TERMINATOR?

Just look at the weeds growing along a pea-stone path. These were photographed

yesterday afternoon, just moments before I sprayed them with cheap, UNDILUTED

store-brand white vinegar. Here’s what all that greenery looked like this morning:

I’d say those weeds are deader than dead. And that’s why I use vinegar on the

gravel paths, brick walk-ways, and blue-stone patio here at A Garden for the House.

For me it has proven an effective, eco-friendly answer to Roundup.

How to Apply: You can use a watering can, a spray bottle or a pump-sprayer to apply

vinegar. I use a pump-sprayer, because it is more efficient. Be sure to rinse your

sprayer after use, or metal parts (if any) can corrode.

Make your application on a warm, sunny, calm (not windy) day. Vinegar is not

selective; it can potentially harm plants you wish to keep, should you accidentally

spray them. As I said earlier, I use vinegar on walkways, where grass and

ornamental plants are not an issue.

Page 76: Oulike Idees

Will vinegar kill every weed in every garden? That I can not say. I only know that it

has kept my pathways free of unwanted growth.

Mosquito trap - No more mosquitos!! Cut the top off a 2 liter bottle. Invert the cone

and place it inside the straight part of the bottle. Glue the two pieces together. Add 1

tsp yeast and 1/2 cup sugar to some luke warm water, and pour the mixture into the

bottle. Mosquitoes are attracted to the carbon dioxide that you exhale. The yeast

feeds off the sugar and emits the same gas, so the mosquito enters the bottle,

thinking she will find food there.

Page 77: Oulike Idees

KOMKOMMER VIR MIERE IN JOU HUIS !!!

Good to know for the future....The best way to get rid of ants - place cucumber

peelings where you have the little pests overnight. eco-friendly, child and pet friendly

and you dispose of them the next day. NO ANTS. this works

Another tip for ants: Artificial sweeteners containing aspartine or aspartame works

just as well. Ants cant handle it. Kills them on contact.

Page 78: Oulike Idees
Page 79: Oulike Idees

Vatlappies....moenie ou denim broekke sommer net weggooi nie, dit kan baie

"handig" te pas kom..... sny gatsak in vierkant af...stop bietjie op met dik lappie aan

anderkant....soom om.... en walla....!!

Page 80: Oulike Idees
Page 81: Oulike Idees