Upload
ags-lofoord-upington
View
78
Download
5
Embed Size (px)
Citation preview
Laat Jesus jou storm stilmaak
Matt 14: 22-30
21 En dit was omtrent vyf duisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.
22 En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.
23 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
24 En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.
25 Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.
26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.
27 Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.
28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
Die Storm van Teregwysing
Wanneer God ons dissiplineer
Jona was in ’n storm omdat hy ongehoorsaam was aan God en moes tereggewys word. Omdat die Woord van God nie leeg sal terugkeer nie (Jes..
55).
Ervaar jy tans ‘n storm van teregwysing?
Besef dat jy buite die wil van God is en dat HY jou dissiplineer
Erken jou huidige posisie en probleem
Doen opregte belydenis
Die Storm van Vervolmaking
Dis wanneer God ons help om te groei in ons geloof, vertroue en
verhouding met Hom. Jesus het sy dissipels twee keer op die See van Galilea in ’n
storm getoets
By een geleentheid (Matt 8) was Hy by hulle in die boot tydens die storm
N ander geleentheid (Matt 14) het Hy hulle van die kruin van die berg af
dopgehou en vir hulle gebid.
Hou goeie moed en moenie vrees nie (Matt 14: 27)
Dissipels:Het Jesus geweet die storm was op pad? Natuurlik! Het Hy hulle met opset in die storm ingestuur? Ja!
Ons:Het Hy geweet dat daar ‘n resessie gaan kom in SA en in die wêreld?
Weet Hy van al die inbrake, gewapende rooftogte en
onregverdighede inons land?
Weet Hy van die toename in ongeregtigheid en bedrog met finansies?
Weet hy van die swaarkry, vervolging en verdrukkinge wat ons ?Natuurlik!
Het Hy dit toegelaat en is deel van Sy plan? Ja!
Matt 24: 12: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde
van die meeste verkoel
Dissipels:
Die Here Jesus was fisies saam met hulle in die boot tydens die eerste storm op
die See alhoewel Hy geslaap het (Matt 8: 23-27/Mk 4: 35-41).
Tydens die tweede storm was Hy nie by hulle nie, maar op die kruin van die
berg besig om te bid, maar Hy het ook gesien dat hulle swaarkry (Matt 14:22-26/Mk 6: 45-56).
Ons:
Jesus is nie fisies in ligaamlike gedaante meer by ons nie,
Maar is deur Sy Heilige Gees in ons, langs ons en by ons elke oomblik van die dag.
Wat ons ook al mag ervaar of deurgaan,
Hy is met ons. Matt 28: 19-20: “Gaan dan heen... en kyk, Ek is met julle al die dae tot aan
die voleinding vandie wêreld”.
Joh 14: 16 -18: “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly
tot in ewigheid: Ek sal julle nie as wese agterlaat nie”.Jesus sien ons en hou ons dop.
2 Kron.. 16:9: “ want die Here-sy oë deurloop die hele aardeom diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld opHom gerig is”. Psalm 33: 13-14: “Die Here kyk van die hemel af; Hy sien aldie mensekinders. Uit Sy woonplek aanskou Hy al diebewoners van die aarde”. Heb. 4:13: “En daar is geen skepsel onsigbaar voor Homnie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wieons te doen het’’
Hou ons dop van die hoogte
HY bid vir my van die hoogte
Dissipels:Jesus is nie by hulle nie, maar Hy bid vir hulle (Matt 14:22-
26/Mk 6: 45-56)
Ons:Jesus is nie fisies by ons nie, maar Hy tree vir ons in asHoëpriester (He 4: 14-16).
Rom 8: 34: “Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, watook opgewek is, wat ook aan dieregterhand van God is, wat ook vir ons intree”
HY kom na my toe
Soms voel dit asof Hy ons verlaat het en nie regtig omgee nie. DawidEn Paulus het ook pergeleentheid so gevoel ( 2 Kor 1: 8).
Jes.. 43:2: As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere- hullesal jou nie oorstroomnie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou niebrand nie”.
1 Kor 10:13: Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie,maar
God is getrou
Jes.. 41:10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want
Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my
reddende regterhand ( Hy versterk ons geloof
Dissipels: wat het hy hulle geleer
Die doel van die storm is om hulle geloof te versterk
sodat hulle kan leer om Hom te glo, vertrou en te weet Hy is met hulle al kan hulle
Hom nie sien nie.
Tydens die eerste storm was Jesus by hulle en tydens die tweede storm was Hy nie
saam met hulle nie.
Dit was alles voorbereiding vir die storms wat hulle nog sal deurgaan in dietoekoms.
.Ons:Die storms is nie altyd maklik nie in ons lewe nie
Hy wil dat ons verander word van ‘n termometer na ‘n termostaat.
Termometer Termostaat
Onthou, as die uitsig swak is … probeer opkyk en besef dat Hy nog daar is
en dit in ’n oomblik kan verander … net sodra Hy sy doelwitte bereik het