7
Matteus 27:27-31 – Heilige Week sangdiens 13 April 2014 Verwelkoming Die kerkraad het ’n baie vrugbare vergadering dié week gehad. Ons het eenstemmigheid bereik oor ons visie – dat ons wil fokus op geloofsvorming sodat ons dié wêreld nog beter kan bereik in medewerking met die Here Jesus. Ons is ook besig om ’n jeugwerker aan te stel, waarskynlik van 1 Mei af, wat ons gaan help om ons kinders en jongmense nog beter te bedien. Ons soek na bekostigbare verblyf vir ’n jong getroude paartjie in die Somerstrand omgewing. Sy is Annelet Slazus, ’n proponent met goeie jeugwerk ervaring en is onlangs getroud met Etienne Snyman wat ook teologiese opleiding het. Julle kan vir my, Rethie, Wimke of Morag nader as julle van verblyf weet of self bekostigbare verblyf beskikbaar wil stel. Dit is vir die volgende jaar met die opsie om dit nog ’n jaar te verleng. Ons het vir almal die Gemeentebrief gestuur per pos, om seker te maak dat almal dit kry. Daarin is ook die kwartaalprogram. Dankie vir Rethie en Jaco wat daarvoor verantwoordelikheid geneem het. Julle kan dit in julle Bybel hou. Daarin sal julle sien wanneer wat gebeur. Pinkster gaan vir die eerste keer in ons gemeente deur al ons leraars gehou word. Dit gaan gerig wees op ons visie soos die Here tans met ons werk. Dit is Heilige Week – die week waarin ons nadink oor die laaste week van Jesus se aardse lewe. Meer inligting oor die program vir hierdie week is op die aankondigingsblaadjie se voorblad. Daar is twee hulpmiddels: die uitvou A3 blad vir Heilige Week wat elke dag van die week gebruik kan word vir nadenke en gesprek, sowel as die gids “Word stil op die lydenspad” wat gebruik kan word vir die 12 stasies van die kruis wat in die kerkgebou ingerig is. Die tye wat dit oop is, is daarop aangebring. Kom alleen, kom saam met jou familie, kom saam met Bladsy | 1

Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Matteus 27:27-31 – Heilige Week sangdiens

13 April 2014

Verwelkoming

Die kerkraad het ’n baie vrugbare vergadering dié week gehad. Ons het eenstemmigheid bereik oor ons visie – dat ons wil fokus op geloofsvorming sodat ons dié wêreld nog beter kan bereik in medewerking met die Here Jesus. Ons is ook besig om ’n jeugwerker aan te stel, waarskynlik van 1 Mei af, wat ons gaan help om ons kinders en jongmense nog beter te bedien. Ons soek na bekostigbare verblyf vir ’n jong getroude paartjie in die Somerstrand omgewing. Sy is Annelet Slazus, ’n proponent met goeie jeugwerk ervaring en is onlangs getroud met Etienne Snyman wat ook teologiese opleiding het. Julle kan vir my, Rethie, Wimke of Morag nader as julle van verblyf weet of self bekostigbare verblyf beskikbaar wil stel. Dit is vir die volgende jaar met die opsie om dit nog ’n jaar te verleng.

Ons het vir almal die Gemeentebrief gestuur per pos, om seker te maak dat almal dit kry. Daarin is ook die kwartaalprogram. Dankie vir Rethie en Jaco wat daarvoor verantwoordelikheid geneem het. Julle kan dit in julle Bybel hou. Daarin sal julle sien wanneer wat gebeur. Pinkster gaan vir die eerste keer in ons gemeente deur al ons leraars gehou word. Dit gaan gerig wees op ons visie soos die Here tans met ons werk.

Dit is Heilige Week – die week waarin ons nadink oor die laaste week van Jesus se aardse lewe. Meer inligting oor die program vir hierdie week is op die aankondigingsblaadjie se voorblad. Daar is twee hulpmiddels: die uitvou A3 blad vir Heilige Week wat elke dag van die week gebruik kan word vir nadenke en gesprek, sowel as die gids “Word stil op die lydenspad” wat gebruik kan word vir die 12 stasies van die kruis wat in die kerkgebou ingerig is. Die tye wat dit oop is, is daarop aangebring. Kom alleen, kom saam met jou familie, kom saam met vriende, kom saam met jou kleingroep – maar mis, kan jy dit nie mis nie.

Baie dankie aan Albert Troskie, die ensemble, Anél van Deemter, Janneke Jacobs, Elsje Nelson en die kerkkoor vir hulle aandeel aan vanoggend se erediens.

Ons kinders:

o Gr 4-7 bly in die kerk.o Voorskoolse kinders gaan na kindertyd na die Ark.o Gr 1-3’s gaan na kindertyd almal na die area voor die Ark toe.

Ons diens is in twee dele: Ons fokus eerstens op Jesus se lyding en dood en na die dankoffer fokus op Jesus se opstanding. Soos gewoonlik maak sang die grootste deel van die liturgie uit. Daarmee gee ons eer aan wat Jesus vir ons gedoen het. Alles is op die PowerPoint aangebring, sodat jy jouself kan inleef in wat hier gebeur.

FOKUS OP JESUS SE LYDING EN STERFTE

B l a d s y | 1

Page 2: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Toetrede

Vonkk 212 Hoe diep is sy Lyding daar aan die kruis (koor + instrumente)

Votum en Seëngroet

Lied 384 Jesus, o dink aan my (koor Afr./Eng. +instrumente en dan gemeente Afr./Eng. – sit) Lied 389 Is dit, is dit, my Koning? – gemeente staan Lied 401 Wie sal ons glo as ons vertel (koor)

Kindertyd

Verjaarsdae

Gr 4-7 bly in die kerk. Voorskoolse kinders gaan na kindertyd na die Ark. Gr 1-3’s gaan na kindertyd almal na die area voor die Ark toe.

Gebed

Ave Verum (Mozart) Laat ons, Heer, u dood gedenk (Sangsolo: Elsje Nelson)

Skriflesing

Matteus 27:27-31

Toe het die soldate van die prokurator vir Jesus na die pretorium saamgeneem en die hele kohort by Hom byeengebring. 28 Hulle het sy klere uitgetrek en 'n helderrooi mantel om Hom gehang. 29 Nadat hulle 'n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit en 'n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!” 30 Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan. 31 Nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die mantel afgehaal, sy boklere vir Hom aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.

Woordverkondiging

Die fyn lyn tussen spot en geloof

Ons teks vertel die somber verhaal van die bespotting van Jesus. Die aanloop tot die kruisiging, en die kruisiging self, was daarop gemik om die veroordeelde Jesus na liggaam en gees te breek. Dit was bedoel om Hom as mens in sy diepste wese te verkrag en te verwerp.

Palmtakke

Verstommend genoeg het die mense van Jerusalem Jesus 'n paar dae vantevore toegejuig en hulde aan Hom betoon. Die skare wat Jesus op hierdie dag omring, roep:

Hosanna vir die Seun van DawidGeseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.Hosanna in die hoogste!

B l a d s y | 2

Page 3: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Van eerbetoon na verwerping

Skaars 'n paar dae later verwerp Jerusalem Jesus. Wanneer Jesus op aanklagte voor prokurator (goewerneur) Pilatus verskyn, laat hy die skare kies tussen Jesus en die berugte misdadiger Barabbas. Aangevuur deur die priesterhoofde en familiehoofde skreeu die skare oor Jesus: "Kruisig Hom! Kruisig Hom!"

Daarop lewer Pilatus Jesus oor, word Hy gegesel, deur die soldate bespot met 'n koningskleed, 'n doringkroon en 'n riet vir 'n koninklike septer. Só beland die onskuldige Lam van God aan die kruis, bespot en verlate. Sy klere is weggeneem. Hy is gemartel. Hy dra 'n doringkroon.

Bespotting

Die interessante is egter, dat in die proses van die bespotting, kom al die belangrike titels van Jesus na vore:

Tydens die verhoor voor die hoëpriester spoeg die mense Jesus in die gesig, slaan Hom met die vuis, klap Hom en sê as profeet moet Hy sê wie Hom geslaan het (26:67);

Die soldate bespot in ons gelese teks vir Jesus met 'n nagebootste koningskleed, ’n riet as septer en ’n doringkroon. Hulle buig spottend voor Hom en noem Hom Koning van die Jode;

Aan die kruis laster en bespot die verbygangers Jesus. As Hy die tempel kan afbreek en in drie dae kan opbou, en die Seun van God is, kan Hy Homself sekerlik van die kruis red;

Die Skrifkenners en familiehoofde spot Jesus ook. Hy is dan die koning van Israel en die Seun van God – Hy kan sekerlik van die kruis afkom.

Al die belangrike titels vir Jesus funksioneer dus in die bespotting: profeet van God, Seun van God; Koning van die Jode; en Koning van Israel.

Die skokkende is dat die omstanders die woorde nie bedoel nie. Tóg is dít waaroor Jesus bespot word, presiés dit wat ons van Hom glo.

Fyn lyn tussen spot en geloof

Daar is inderdaad 'n dun lyn tussen geloof en bespotting. Die ongeloof waarmee die spotters Jesus gadeslaan sit juis agter hulle bespotting. Vir hulle maak wat Jesus van Homself sê geen sin nie. Hulle kan nie daarmee rekening hou dat dit waar is nie. Daarom verwerp hulle Jesus.

Diegene wat egter met die oë van geloof na Jesus kyk, sien in hierdie titels die waarheid oor Jesus. Natuurlik was dit op daardie verskriklike Vrydag, toe Jesus gekruisig is, moeilik om deur die oë van geloof na Hom te kyk, en aan God vas te hou. Daarom vlug die dissipels, verloën Petrus vir Jesus, en het Judas Hom die vorige dag verraai. Slegs enkelinge, waaronder die vroue, bly by Jesus staan.

Daar is immers 'n dun lyn tussen verraad, verloëning, spot en geloof.

Toe God egter die dooie Jesus uit die graf optel en lewend maak, blyk die waarheid oor Jesus. Sedertdien kan almal sien dat Jesus se vertroue op God nie verniet was nie. Sy gehoorsame dood het

B l a d s y | 3

Page 4: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

tot die lewe gelei. Sedertdien kan almal sien dat Hy die Seun van God is, en dat God inderdaad behae in Hom het.

Daarom kan ons ook soos die ongelowige Tomas sê: "My Here en my God!"

Jesus se reaksie op die bespotting

Dit is opvallend dat Jesus nie reageer op die bespotting nie. Hy bly stil. Hy vertrou inderdaad op God en weet dat God Hom op die regte tyd sal red en verhoog. Hy laat sy verdediging aan God oor. Soos inderdaad op Paassondag en met Hemelvaart gebeur het.

Ons sou dit waarskynlik anders hanteer. Die slagoffer van 'n boelie word bv. aangemoedig om die boelie op sy plek te sit. Ons kry ander met geweld en weerwraak terug.

Ons glo in geweld. Geweld red. Dit laat mens dink aan Al Kaïda wat Amerikaanse geboue platgevlieg het. Toe skiet die Amerikaners 'n land of twee plat.

Ons sou ook verleë gestaan het voor die kruis. Jesus word juis uitgedaag om met geweld te reageer, om los te kom van die kruis, om te toon dat God aan sy kant is. Maar Hy doen dit nie. Waarom? Omdat Hy vashou daaraan dat sy Vader getrou is en dat Hy daarom ook sy eie mag aan sy Vader kan oorgee. Dit verg ongelooflik baie moed om Gód toe te laat om reg te doen.

Daarmee leer Jesus ons die krag van geweldlose reaksie. Dit is die reaksie wat bid vir diegene wat jou vervolg, en wat weet dat vredemakers geseënd is.

Geweld ontmasker

Histories gesproke kan ons Jesus se dood en opstanding sien as die val van die Romeinse Ryk. Die Romeine het geweet hoe om rebelle vernederend aan die kruis dood te maak. Hulle het egter nie geweet wat om te doen met die Seun van God wat sy lewe in diens van God aan die kruis aflê nie. Hulle het nie geweet wat om te doen met iemand wat nie-gewelddadig reageer en daarmee geweld ontmasker nie.

Die Romeinse Ryk loop hom daarom letterlik te pletter teen die kruis van Jesus. Na sy opstanding begin al hoe meer Romeine Jesus volg, en kies hulle vir Jesus se lewe van nie-gewelddadige gehoorsaamheid aan God. Uiteindelik is Jesus ook die Koning van die Romeine en word die Katolieke kerk die amptelike staatsgodsdiens.

Werklike mag is dus nie gewelddadige mag nie. Werklike mag is om God te gehoorsaam en die wil van God te doen. Die kruis demonstreer hoe leeg die politieke verstaan van mag is. Daarom moet ons as kerk ook versigtig wees om nie 'n verkeerde verstaan van mag aan te hang nie. Dit is nie ons getalle, ons geld en die grootte van ons programme wat aan ons mag gee nie. Dit is nie die regsien van mense wat ons nie aanstaan nie, wat ons saak gaan bevorder nie.

Die mag wat Jesus uitbeeld – gehoorsame vertroue en toewyding aan God – is dikwels steeds vandag vir die kerk en gelowiges ’n aanstoot. Die kruis moet ons juis lei tot kritiek op enige vorm van gewelddadige uitoefening van mag, anders word ons maar weer die prokurator, die soldate, die skares en die rebelle in die verhaal.

B l a d s y | 4

Page 5: Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag

Volg Jesus na

By die kruisiging is daar ’n paar Romeine wat dit reeds vóór die opstanding verstaan het, die hekatontarg (’n offisier oor honderd) en dié wat Jesus saam met hom bewaak het (waarskynlik dié wat sy klere verdeel het).

Matteus sê vir ons, dat toe hulle die aardskudding en die dinge wat gebeur sien, was hulle vreesbevange en het gesê: “Waarlik, Hy was God se Seun.” (27:54).

Inderdaad! Dit is hulle wat ons navolg om vandag dieselfde te sê: “Waarlik, Hy was God se Seun.”

Gebed

Dankoffer

Vonkk 194 Was jy daar toe die Heer gekruisig is? (koor)

FOKUS OP JESUS SE OPSTANDING

Lied 423 Kom laat ons almal vrolik (gemeente) – staan Lied 403 Christus het waarlik opgestaan (koor) Lied 202 Prys Hom, die Hemelvors – gemeente staan Vonkk 183 Net soos die hemelkoor sy lof op aarde sing (koor) Alle Gr 4-7’s gaan Ark toe vir kategese.

Seën

Amen

Respons

Lied 423 Refrein: Ons Heiland is oorwinnaar, Christus is oorwinnaar, Hy’t waarlik opgestaan!

B l a d s y | 5