View
0
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
13 Maart 2016 13 Maart 2016
NUUSFLITS:
• 15 Maart: Doopkategese
• 18 Maart: Skole sluit, 4x4
kamp
• 20 Maart: Familiediens 9:00
• 24 Maart: Lydensnagmaal om
19:00 (Paastyd)
• 25 Maart: Goeie Vrydag
erediens om 9:00 (Paastyd)
• 26 Maart: Gebedsvuur
• 27 Maart: Familiediens om
9:00
(Paasfees)
Bergsig Boodskap
08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager
Deuroffer: Hospitaal- bearbeiding
10:00 Gesinsdiens Ouditorium Dr. Kobus de Jager
19:00 Aanddiens Wynand Breytenbach
13 Maart 2016, Sesde Lydensweek
Om gemeenteleiers te be-gelei om by God se send-ing na die wêreld betrokke te raak deur, saam as fami-lie van kerke, nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel.
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
Deuroffer: Msinga Sending
20 Maart 2016, Sewende Lydensweek
Aan #elkEEN wat water
gebring het vir die water-
projek wil ons baie dankie sê!
Ons het vyf motors vol wa-
ter gaan aflaai by die ver-
sprei-dingspunt in Stikland.
Daar is egter nogsteeds
baie dorpe wat met die
waterkrisis sukkel.
Dankie, vir elke kraan wat oopgemaak is vir die pro-
jek. Die dorpe is saam met
ons dankbaar.
Die projek duur voort en
julle is welkom om nog wa-
ter te bring.
Ons hou julle voortdurend op hoogte van hoe ons
vorder.
DIE WATER VLOEI
Hy hang, van God en mens verlaat Hy seën waar ander spot en haat. Hy bly verdra, vergeef, versoen -
in só 'n redder sal ek roem. (Lied 396, Liedboek van die Kerk)
Paasfees
ONTHOU
EREDIENSTE
IN VAKANSIE
BEGIN 9:00
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106
Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606
S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die administrasie@bergsigdv.co.za
bergsig911@bergsigdv.co.za kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Vele hande maak ligte werk!
Wat sal mens sonder ’n
span doen, ’n span soos die Bergsigspan?
Wanneer ons die ure moet
optel en die hoeveelheid
hande wat help, byreken,
besef ons hoe ’n astrono-miese fees dit was en dít tot
eer van Sy koninkryk.
Ons is dankbaar vir Sy ge-
nade en seën oor die dag en
dat ons die gemeenskap kon bedien. Dit is gespan
soos ’n koepel van Genade
oor ons!
Soos ons titel noem, geld
val nie uit die lug nie. Ie-mand moet gewoonlik baie
hard werk voordat sente
getel kan word.
Die week het ons soveel
stories beleef van mense wat help en bydraes maak.
Ons is dankbaar vir elke
enkele bydrae, groot en
klein. Dit sou lekker wees as ons oor elkeen wat iets doen
kon skryf.
Vergun ons om een storie te
deel. Ek sien twee senior
tannies uit die kerksaal ge-stap kom. Altwee mooi
aangetrek en glimlaggies op
die gesig. Ons raak aan die
gesels. Die een het pas haar negentigste verjaarsdag
gevier.
Hulle tweetjies het net gou
hul bydrae kom lewer vir die
plaasfees. Dit is wonderlik.
Ons werk met ’n dis- sipelskap doel en dit word
vrylik in die wêreld vertaal
met dat ons ’n geleentheid
skep waar gesinne kon kom ontspan en bietjie wegkom
uit die stad se gewoel. Ons
het ’n familie-vriendelike
fees aangebied en die ge-meenskap met ’n glimlag
bedien. Ook samel ons
fondse in om o.a. gemeen-
skapswerk te doen.
Dankie, dat jy deel was van die SPANPOGING!
ROMEINE 12: 4-5
Ons het baie
lede in een lig-gaam, en die lede het nie
almal dieselfde funksie nie.
Net so is ons, al is ons baie, in
Christus een lig-
gaam, en almal afsonderlik lede
van mekaar.
Geld val nie uit die lug nie
DURBANVILLE/BERGSIG SENIORGROEP
Uitstappie na Houtbaai op 31 Maart 2016
Bus vertrek om 10:00 vanaf Durbanville Gemeente
Lede wat nog sou belangstel om saam te gaan moet
voor 18 Maart vir Sarel Engelbrecht bel by 021 975
4780.
’n Gevestigde varkboerdery te Stellenbosch benodig die dienste van n vragmotorbestuurder met n
kode EC1 of EC lisensie en n geldige PDP.
Die persoon moet jonk en ener-giek genoeg wees om die vrag-motor te help laai en af te laai.
Die person moet enkellopend en sonder afhanklikes wees.
Die pos vereis diens oor naweke, bied moontlik behuising en die
salaris is onderhanderbaar.
Christiaan epos CV aan vanlamp@xisnet.co.za
Op ’n vergadering van die kerkraad gehou 7 Maart 2016 is die volgende gemeen-telede op die kerkraad verkies:
Werner Bekker, Dirk Bosman, Adriaan Tromp, Peter Montgomery, Marelize Vlok,
Die bevestiging is 15 Mei
Recommended