View
3
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
SONDAG 16 FEBRUARIE
Skriflesing: Joh 9: 34; 10: 1 - 10
08:00 & 09:45 Kinderkerk
08:00 Erediens – Ds Maartje vd Westhuizen
09:30 Erediens Sunrise View (Nagmaal)
09:45 Erediens - Ds Maartje vd Westhuizen
14:00 Afrika erediens
17:00 Jeugdiens – Christian Oberholzer
18:00 Belydenisjaar
18:00 Erediens – Ds Danie Vermaak
MAANDAG 17 FEBRUARIE 13:30 Lyndans
18:00 Kreatiewe Aftrede
18:00 Finansvergadering
DINSDAG 18 FEBRUARIE 06:45 Vroue van die Woord
08:00 Leraarsvergadering
09:00 Jukskei
19:00 Huweliksvoorbereiding
19:00 35+ - Herberg
19:00 Kerkraadsvergadering
WOENSDAG 19 FEBRUARIE 05:45 Manne van die Woord
09:15 Vroue Omgeegroep
09:30 60+ Bybelstudie
19:00 Connect
DONDERDAG 20 FEBRUARIE 09:00 Pilates / 09:00 Jukskei
09:00 Bybelstudie – Sunrise View
14:00 Thusanang
14:30 Bybelstudie – Glevera
19:00 Doopvoorbereiding
VRYDAG 21 FEBRUARIE 08:30 Jacob’s Well
09:00 Koor
SATERDAG 22 FEBRUARIE
05:45 Manne van die Woord
SONDAG 23 FEBRUARIE
Teks: Joh 10: 11 -16, 26 – 30 08:00 & 09:45 Kinderkerk
08:00 Erediens - Dr Lieze Meiring
09:45 Erediens - Dr Lieze Meiring
14:00 Afrika erediens
17:00 Jeugdiens – Christian Oberholzer
18:00 Belydenisjaar
18:00 Erediens – Ds Danie Vermaak
ALPHA
HUWELIKSKURSUS
Wil jy jou huwelik verryk?
Kom geniet ‘n romantiese kersligete
terwyl ons praat oor:
‘n Sterk fondasie; die kuns van
kommunikasie; die krag van vergifnis;
familie; goeie seks en liefde in aksie.
Vanaf Donderdagaand 5 Maart
Koste: R700 per paartjie (vir die etes
en boekies)
Bespreek julle plek voor 28 Februarie
by Hannes (082 855 9666)
THUSANANG Ons is dankbaar vir al ons leerders,
maar het nou ‘n tekort aan werkende
naaimasjiene.
Ons sal dit baie waardeer indien
masjiene geskenk kan word vir gebruik
tydens ons klasse. Handig die
masjiene in by die kerkkantoor of
koster.
BAIE DANKIE
Navrae: Hannetjie van Zyl
082 926 4947
OMEGA-BEDIENING (vir persone wat ’n geliefde verloor het)
’n Hartlike uitnodiging vir jou!
27 Februarie om 10:30
In die Oinossaal
Tema: Visie van lig
Spreker: Dr Lieze Meiring
JY IS BAIE WELKOM!
Navrae: Ann Nel 0827874342
of 997-0777
Tans is daar 650 lidmate wat
per maand ‘n dankoffer gee per debietorder, EFT of koevert.
Ons het sedert verlede Sondag reeds R18 350 ontvang.
Dankie daarvoor
Die mikpunt per maand is R65 000.
Wat vra die kerkraad vir 2020?
Dat hierdie 650 lidmate hul bydraes met R100 per maand verhoog.
Dat lidmate wat nie deelneem aan die begroting van die gemeente nie, die stap sal neem om vennote te word.
“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie. . . (2 Korintiërs 9: 7)
Kontak ons boekhouer, Jolandie by finansies@ngelarduspark.org.za
VROUEKAMP - ELARDUSPARK
Datum: 6 - 8 Maart (Ons arriveer Vrydag 14:00
en vertrek Sondag na die brunch).
Plek: Effata kampterrein naby Warmbad
Kostes: R790 vir die naweek en dit sluit al die
etes in
Tema: God se teenwoordigheid in my lewe
Afsnydatum: 24 Februarie 13:00
Skryf in deur op hierdie skakel te druk:
https://forms.gle/PzZjNUzjyiqZEyfX7
Vir meer inligting: Maartje - 072 375 3965
Wat bring ek saam?
Bybel en pen
Duvet, kussing en handdoek
Tekkies of gemaklike skoene (daar is lekker plek om te stap).
Swembroek (as jy lus het om te swem).
15 – 17 MEI 2020
Hierdie jaar kan daar uitgesien word na ‘n
OPWINDENDE PROGRAM
Ons skop die Vrydagaand af met ‘n Teaterproduksie
Saterdag – Interessante Kindervermaak
Saterdagaand – Bekende Kunstenaar
Al die ou bekende asook nuwe stalletjies
En nog vele meer
KOM DEEL JOU GAWES & TALENTE
RAAK BETROKKE
KAN JY HELP?
ONS BENODIG IEMAND WAT HOTDOGS KAN MAAK
IEMAND WAT HOUT KAN VERSKAF VIR BOMA
OF 2 VLAKVARKE KAN SKENK
[Cite your source here.]
Wêreldbiddag vir vroue
Vrydag 6 Maart
Ons nooi elke vrou om 07:00 saam te kom bid vir ons wêreld in die Artossaal. Geniet ook ‘n koppie
koffie en ‘n “muffin” vir ontbyt voor werk!
Kontak Lieze Meiring - 083 324 8236
ROUSMART
Die gemeente betuig hul innige meegevoel met
Christo en Minette Erasmus en familie met die
afsterwe van sy moeder.
VAKANSIEPROGRAM 2020
Daar word die 23 - 26 Maart van 08:00-14:00
’n vakansieprogram by die kerk aangebied
vir Graad R - Graad 6 kinders. Dit is R85 per
dag. Verdere inligting sal volg, hou solank
die datum oop. Indien jy kan help, kontak
asseblief vir Maartje.
60+ Byeenkoms
4 Maart om 10:00
in die Artossaal
Alle mense word ouer. Party geniet die
ouerwordende jare en vir ander voel dit soos die
‘swaarkry en leed’ van Ps 90. Wat maak die
verskil? Staan die begrippe ouerword en
betekenisvol nie dalk teeoor mekaar nie?
Spreker: Dr Petrus Moolman Tema: Betekenisvolle ouerword
Na die aanbieding sal daar verversings
aangebied word in die Oinossaal.
Jy is welkom om verversings saam te bring.
Navrae: Schalk 083 484 8676
OPLEIDING IN BASIESE
GESONDHEIDSORG VIR HUISWERKERS
89 Persone het tot dusver opleiding ontvang in basiese gesondheidsorg, onder wie drie mans! Die terugvoer vanaf die huiswerkers en werkgewers is oorweldigend positief.
BAIE DANKIE aan alle werkgewers wat dit vir hulle werkers (finansieel en tydsgewys) moontlik gemaak het om die opleiding by te woon.
Verdere opleidingsgeleenthede gedurende 2020: 5, 6 en 7 Maart 2020 (Engels) – slegs 4 plekke beskikbaar 16, 17 en 18 April 2020 (Engels) – 7 plekke beskikbaar Kontak:Ryna Grobbelaar (012 345 1144 x2) of ryna@ngelarduspark.org.za) vir verdere inligting en registrasievorms. Laasgenoemde is ook by die kerkkantoor beskikbaar. Registrasiefooi: R350-00
TRAUMA-GEBEDSKETTING: Ons is ’n aantal gelowige kinders van ons Hemelse Vader wat 24-uur met
liefde voorbidding sal doen vir jou onmiddellike krisis. Kontak: Koos Burger (012) 345-1460 of 072 850
8926 of die kerkkantoor (012) 345-1144.
SIEKESORG EN GEBED: Indien jy geopereer gaan word of weet van ‘n lidmaat wat in die hospitaal is,
kontak asb die kerkkantoor (012) 345-1144 of vir ds. Leon Westhof (012) 345-1144.
Hospitaal: Faure Louw Kronies: Anna Pretorius Dirk en Erna Kruger Ernie Kemm Faure Louw (jr.) Gavin Wise Japie van Zyl Louwrensa Fourie Magda Wolfaardt Nellie Engelbrecht Melinda Aldrich Pieter Bouillon Pieter Stannard Ria Loggerenberg
Kanker: Alwyn Cronje Donald van Aardt Erna Fourie Gail Horak Henri du Plessis Johan Small Rika Meyer Schalk Nolte Stella Breedt Steve Prinsloo Theo Nell Willie du Plessis Wimpie Espach
Familielede buite ons gemeente: Daniel van Wyk (Alida – ouma 082 8359407) Dorie Grobler (Louisa Wolmarans se ma) Piet van Rooyen (Lena -0791378083) Issie Viljoen (Susan Wassenaar 0827431993) Lidmate is welkom om familie se name vir voorbidding by die kerkkantoor (012) 345-1144 of kerkkantoor@ngelarduspark.org.za deur te gee.
Ons bid vir ouers en kinders met al die eise wat aan hulle gestel word. Ons bid vir ons gemeenskap en vir die mense wat deur trauma gaan. Ons bid vir persone wat werkloos is, dat daar geleenthede sal oopgaan. Ons bid vir die mense in China wat in vrees lewe vir die coronavirus.
HUISBESOEK & SIEKEBESOEK
Die "Huis- & Siekebesoek-boek" is beskikbaar
by die kerkkantoor se toonbank.
Jy is steeds welkom om enige leraar te skakel.
BASLOSE SEKELBOS HOUT TE KOOP
Droog … Droog … Droog
R17 per Sakkie self laai
R18 per Sakkie afgelaai (Min 50 sakkies)
Johann 078 802 0310 Gareth 081 726 9774
Orthoclasestraat 716, Elarduspark
IPAD EKSTRA
KLASSE Wiskunde & Wetenskap Gr 8-12
KLEINGROEPKLASSE (MAKSIMUM 6
LEERDERS) ASOOK IDIVIDUELE KLASSE INDIVIDUELE ASSESSERING, EVALUERING
& REMEDIËRENDE HULP
Ons help ook Tuisskool leerders met Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie (insluitende die eksperimente en PAT Take).
Gr 8 Wiskunde & Algemene Wetenskap - Help met oorskakeling van Laerskool na Hoërskool
Gr 10 Wiskunde & Fisiese Wetenskap - Help om die groot sprong in beide vakke tussen Gr 9 en Gr 10 te oorbrug
KONTAK: Ina Wilmans - Sel: 082 345 8930
E-pos: info@ipadonline.co.za
Recommended