Kontraktereg

Preview:

DESCRIPTION

Kontraktereg. Eenheid 4 Aanbod en Aanname. Leeruitkomste :. Verduidelik die herkoms van die begrippe “aanbod” en “aanname”. Bespreek die begrip “aanbod” met spesifieke verwysing na die volgende: - elemente van ‘n geldige aanbod; - regsgevolge van ‘n geldige aanbod; - verval van ‘n aanbod. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Eenheid 4Aanbod en Aanname

Verduidelik die herkoms van die begrippe “aanbod” en “aanname”.

Bespreek die begrip “aanbod” met spesifieke verwysing na die volgende:

- elemente van ‘n geldige aanbod; - regsgevolge van ‘n geldige aanbod; - verval van ‘n aanbod. Bespreek die begrip “aanname” met

spesifieke verwysing na die saak van Steyn v LSA Motors.

Hutchison et al Hoofstuk 2 pp. 48-63.

Crawley v Rex. Bloom v American Swiss Watch Co. Steyn v LSA Motors.

“Aanbod”: Uitnodiging om instemming tot skep van kontrak tussen 2 of meer partye.

“Aanname”: Positiewe antwoord op bg. Kontrak: Formasie van gemeenskaplike

bedoeling van kontraktante deur middel van wilsverklarings.

Ooreenkoms tussen partye moet uiterlik verklaar word om regsrelevant te wees.

Aanbod-en aannameverklarings lei tot bepaling van teenwoordigheid van wilsooreenstemming.

Aanbod-en Aannameverklarings kan ook aanduidend wees van waar ‘n kontrak gesluit is, of wanneer dit regsgevolge tot gevolg gehad het.

Die plek en tyd van die sluit van die kontrak word bepaal deur die reels van aanbod en aanname.

1. ELEMENTE VAN ‘N GELDIGE AANBOD:

Aanbod: Wilsverklaring. Gemaak met bedoeling om

verbintenisregtelike verhouding met bepaalde of bepaalbare terme met ‘n ander te skep.

Wilsverklaring moet onder aandag van persoon aan wie dit gemaak word gebring word, ten einde

Hom/haar in staat te stel om ‘n kontrak te skep deur

Aanvaarding van die aanbod.

Aanbod vereis nie spesifieke geaddreseerde ten einde geldig te wees nie.

Byvoorbeeld: Toekenning (“reward”) – aan bree publiek gemaak.

Sekere aanbiedinge op veilings- slegs aan bepaalde groepe persone gemaak.

Aanbod kan uitdruklik of stilswyend gemaak word.

Formaliteite kan voorgeskryf word vir aanvaarding van die aanbod.

Warrenton Municipality-saak: Aanbod gemaak teen openbare beleid is gesien as oneffektief.

Ten einde aanbod daar te stel, moet wilsverklaring die essensiele en materiele terme van die voorgestelde kontrak uiteensit.

Dikwels voldoen advertensies, tenders nie aan bg. vereiste nie.

Crawley v Rex.

Selfs al bevat aanbod alle detail met betrekking tot voorgestelde verhouding, sal aanbod slegs geldig wees indien…

die bedoeling is dat die aannemer die mag sal he om ‘n kontrak te skep…

deur aanvaarding van die aanbod. Bedoeling word verkry deur die

uitdrukking daarvan self, asook omringende omstandighede.

Alle elemente moet teenwoordig wees ten einde aanbod daar te stel.

Is wilsverklaring ‘n aanbod of uitnodiging om te onderhandel?

Hang af van teenwoordigheid van elemente van aanbod, nie op klassifikasie van die wilsverklaring nie.

Die regseffek van aanbiedinge deur middel van advertensies, katalogusse en omsendskrywes, asook uitstal van goedere, hang af van watter spesifieke wilsverklaring gemaak word, asook die inhoud en vorm daarvan.

Christie:

What distinguishes a true offer from any other proposal or statement is the express or implied intention to be bound by the offeree’s acceptance.

Sou bg. Bedoeling ontbreek, ontbreek die aanbieder die nodige animus contrahendi.

Die volgende sal nie geldige aanbiedinge daarstel nie:

Aanbod gemaak as ‘n grap; Aanbod gemaak in woede; Aanbod gemaak ter illustrasie van hoe

aanbod gemaak moet word; Aanbod onbewustelik gemaak tydens

vertel van storie; Aanbod gemaak in ‘n vae, onpersoonlike

manier; Aanbod gemaak as kompliment.

2. REGSGEVOLGE VAN ‘N AANBOD.

Aanspreeklikheid ex contractu is gebaseer op ooreenkoms tussen die partye.

Verbintenis kan nie eensydiglik ontstaan nie.

Aanbod skep geen regte en verpligtinge tussen aanbieder en aannemer nie.

Dit gee egter aanleiding tot die verwagting van ‘n toekomstige reg: aannemer het bevoegdheid om verbintenis te skep deur aanname.

Regsgevolge van ‘n aanbod het beperkte kommersiele belang.

Aangesien dit nie verbintenis skep nie, kan aanbod herroep word.

Omdat dit nie deel vorm van die boedel van die aanbieder of aannemer nie, verval ‘n aanbod by die dood van enige van die partye.

Aanbod kan ook nie sedeer word nie.

3. Verval van ‘n aanbod:

Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk v Van Aswegen:

Aanbod kan deur aanbieder teruggetrek word.

Rede: Dit het geen verbintenisregtelike effek nie.

Terugtrekking bly moontlik tot op oomblik van sluiting van kontrak.

Argument is al aangevoer dat die reg om aanbod terug te trek verstryk sodra aannemer begin om aanname te verklaar.

Terugtrek is effektief wanneer aannemer kennis verky van die terugtrek daarvan.

Aanbieder wat versuim om sy terugtrek van aanbod aan aannemer te kommunikeer, kan by aanname van aanbod aanspreeklik gehou word op subjektiewe gronde.

Omdat aanbod nie bate/las in boedel van aanbieder of aannemer vorm nie, verval dit by dood van enige van die partye.

Aanbod verval indien dit nie deur aannemer aangeneem word nie.

Teenaanbod is soortgelyk aan ‘n nie-aanname.

Blote navraag deur aannemer na aspekte van die aanbod is NIE ‘n teenaanbod nie.

Waar aanbod ‘n tydperk vir aanname stipuleer, verval die aanbod indien dit nie binne die bepaalde tydperk aangeneem word nie.

Andersins: Indien dit nie binne redelike tyd aanvaar word nie.

Aanname is ook wilsverklaring: Lowe v Commission for Gender Equality. Waar aanbod ‘n eensydige kontrak

veronderstel met verpligtinge slegs vir vir aanbieder: stilswyende besluit om te aanvaar voldoende vir aanname.

‘n Bedoeling om in ‘n verbintenis te tree met die aanbieder is ‘n voorvereiste vir aanname.

Aanname moet bewustelik geskied, en moet korreleer met terme van aanbod.

Moet ondubbelsinnig wees. Enigiets meer of minder as ‘n

ongekwalifiseerde aanname sal teenaanbod daarstel: verwerping van oorspronklike aanbod.

‘n Blote versoek in die aanname of die aanbieder gewillig sou wees om sekere elemente van die aanbod te verander, affekteer nie die geldigheid van die aanname nie, solank dit nie ‘n VEREISTE vir aanvaarding is nie.

Christie:

‘n Aanbod wat nie aanvaar is nie, kan nie kontrak daarstel nie.

Rede:

Since it emanates from the offeror alone, and the necessary agreement cannot be held to exist without some evidence of the state of mind of the offeree.

Wie het die mag om te aanvaar?

Christie: A simple contractual offer made to a specific person can only be accepted by that person.

Aanname deur ander persoon is oneffektief en bring geen kontrak totstand nie.

FEITE:

Mnr Steyn is amateur gholfspeler. Neem deel aan gholfdag. Op een putjie is daar ‘n motor

geparkeer tesame met ‘n banier wat lees:

Hole-in-one Sponsored by LSA Motors

Mnr Steyn slaan toe ‘n “hole-in-one” op die betrokke putjie.

Toe hy sy prys opeis, word hy meegedeel dat die prys slegs vir professionele gholfspelers bedoel is.

Die “aanbod” wat dus deur LSA Motors gemaak is, was slegs gerig aan ‘n bepaalde groep persone.

Mnr Steyn moes bewus gewees het van die regulasie dat ‘n amateurspeler nie prysgeld ter waarde van meer as R600 kon wen nie.

BESLISSING:

Mnr Steyn is nie geregtig op die motor nie.

RATIO DECIDENDI:

Mnr Steyn het nie die bevoegdheid gehad om ‘n bindende verbintenis te skep deur aanname van die aanbod nie, aangesien die aanbod nooit aan hom gemaak is nie.

Chitty: Indien die wyse van aanvaarding net so voordelig is vir die aanbieder as die wyse wat hy voorgeskryf het (maar nie presies dieselfde nie), sal dit voldoende wees.

Daar rus ‘n beperking op die aanbieder se vryheid om die wyse van aanname te bepaal:

Hy kan nie die kontrak op die aannemer forseer deur te se dat hy die aannemer se stilte as aanname sal aanvaar nie.

Indien daar egter ‘n “duty to speak” op die aannemer rus, kan sy stilte wel as aanname gesien word.