View
4
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
PSG KONSULT WOODHILL
APRIL 2013
PSG Konsult Woodhill | Global House, 296 Glenwood W eg, Pretoria | tel 012 472 9834/5 | faks 086 508 42 27
“NOTHING IS CERTAIN, BUT DEATH AND TAXES”
Dit is die welbekende gesegde deur Benjamin Franklin, maar gekyk op
die toepassing van jou eie lewe, jaag dit ‘n koue rilling deur jou
gedagtes . Met die artikel poog ons om u kennis rakende
lewensversekering te verbreed.
Hoekom het ek lewensversekering nodig ?
Lewensversekering is ‘n uitstekende manier om jou geliefdes te
beveilig teen finansiële druk en verliese na u afsterwe. In die lewe is
daar niks so swaar soos om ‘n geliefde te verloor nie, maar dit kan
veel swaarder raak as mens moet beplan vir ‘n begrafnis asook hoe
om die afhanklikes finansieel te beskerm. Met lewensversekering
vergemaklik u die omstandighede van u geliefdes en afhanklikes.
Dit is nie slegs die verlies aan ‘n lewe wat u finansieel kan beïnvloed
nie, met vandag se lewensverskering pordukte kan mens dekking kry
vir ongeskiktheid (indien u op enige mate nie inkomste kan genereer
nie) asook gevreesde siekte.
Tabel: Momentum individuele risiko uitbetalings gedurende 2012
INHOUD
1. Hoekom het ek
lewensversekering
nodig?
2. Bied kommoditeite dalk
‘n geleentheid?
3. Yebo Gogo!
4. Plant die saadjie nou,
pluk die vrugte later.
Ons dienste:
- Holistiese finansiële- en
beleggingsbeplanning
- Beplanning vir en by aftrede
- Implementering van
beleggingsvoorstelle
- Portefeuljebestuur
- Analise van bestaande
beleggingsportefeuljes
- Werknemersvoordele-
pakkette
- Aandelemakelaarsdienste
-Lewensversekering, siekte en
ongeskiktheidsdekking
PSG Konsult Woodhill | Global House, 296 Glenwood W eg, Pretoria | tel 012 472 9834/5 | faks 086 508 42 27
PSG KONSULT WOODHILL
APRIL 2013
Dit is altyd ‘n vrees dat enige individu ongeskik kan raak, of ‘n gevreesde siekte kan kry, dit
veroorsaak dat u nie inkomste kan genereer nie; Mens kan redeneer “Ek het ‘n mediesefonds in
plek”, maar hoeveel maal het ons al gehoor van iemand wat hul medies uitgeput het as gevolg
van so ‘n voorval? Met die gevreesde siekte- en ongeskiktheids voordeel sal u lewensversekering
vir u ‘n lompsom uitbetaal om die mediesekostes te dek, die lompsom kan u lewe vergemaklik,
asook die geliefdes rondom u. Die lompsom kan aangewend word soos u verlang.
Tabel: Mees algemene oorsake van eise rakende gevreesde siekte
Lewenspolisse skep die geleentheid vir u om gemak te ervaar in tye van gevreesde siekte of
ongeskiktheid. Dit bied versekering in u gemoed dat u familie nie onder enige onnodige finansiële
druk hoef te lei met tye van u afsterwe nie.
“Yes, risk taking is inherently failure-prone. Otherwise, it
would be called sure-thing-taking”
- Jim McMahon
DID YOU KNOW?
NINE OUT OF 10
CANCER PATIENTS
SUFFER A LOSS OF
INCOME OR HIGHER
COSTS AS A RESULT OF
THEIR DIAGNOSIS
[MACMILLAN, THE COST OF
LIVING DOESN’T STOP GOING
UP, AUTUMN 2008]
Bied kommoditeite dalk ‘n geleentheid?
Ek is seker dat die hulpbron sektor verantwoordelik is vir vele hoofpyne onder sekere
beleggers op die oomlik. Die sektor is sterk afverkoop sedert Februarie die jaar waar die
hulpbron indeks op ‘n vlak van 29,800 punte gedraai het. Die indeks het sowat 20% waarde
verloor gedurende die laaste drie maande.
Die rede hiervoor is natuurlik die swakker as verwagte groeisyfers vanaf China –
Die geraamde BBP vir die eerste kwartaal van 2013 was 8% alhoewel daar ‘n gerealiseerde
syfer van 7,7% was. Dit dui daarop dat die ekonomiese herstel wêreldwyd onder druk is.
Amerikaanse werkloosheid syfers was ook hoër as verwag wat gesorg het vir verdere
afverkope van plaaslike aandele.
Daar is wel ‘n verskeidenheid van aandele in die sektor wat goeie waarde bied op huidige
vlakke met P/E’s van tussen 8 tot 12 keer. Vir ‘n langer termyn belegger is ons aanbeveling
om STXRES te koop en sodoende blootstelling te kry tot die top aandele in die sektor. Indien
die sektor weer herstel behoort die aandeel nie te sleg te vaar nie.
[DERIK PRINSLOO]
PSG KONSULT WOODHILL
APRIL 2013
PSG Konsult Woodhill | Global House, 296 Glenwood W eg, Pretoria | tel 012 472 9834/5 | faks 086 508 42 27
Yebo Gogo!
Vodacom het in Januarie 2013 ‘n nuwe hoogtepunt bereik waarna die aandeel prys redelik
skerp terug gesak het na ‘n vlak van R 104.20 toe. Dit is ‘n terugsakking van 19% vir die jaar
sover.
Tegnies bied Vodacom ‘n koop geleentheid rondom die R 104 tot R 105 vlak waar daar sterk
ondersteuning gebied word deur die tendenslyn
Vodacom het hulle halfjaarlikse resultate twee weke gelede uitgebring waar hulle
wesensverdienste per aandeel met sowat 30% hoër gaan wees. Ons voel Vodacom bied
goeie waarde op huidige vlakke.
Dit is ook baie belangrik om te onthou dat Vodacom ‘n hoë dividend betalende aandeel is
met ‘n dividend opbrengs van sowat 6,5% per aandeel.
PSG Konsult Woodhill | Global House, 296 Glenwood W eg, Pretoria | tel 012 472 9834/5 | faks 086 508 42 27
PSG KONSULT WOODHILL
APRIL 2013
PSG Konsult Woodhill | Global House, 296 Glenwood Weg, Pretoria | tel 012 472 9834/5 | faks 086 508 4227
Plant nou die saadjie, pluk die vrugte later.
“Ek is nog jonk, ek gaan eers begin spaar as ek genoeg geld verdien” – dit is meeste individue se mening. Die
hartseer, maar waarheid is, wanneer verdien ek genoeg om te begin spaar? Wanneer is ek die regte
ouderdom? Die antwoord is eenvoudig – BEGIN NOU SPAAR.
Hier is twee situasies wat u bietjie meer duidelikheid sal kan gee:
Voorbeeld 1:
� Mnr. X begin spaar op ouderdom 25
� Hy teken ‘n maandelikse debiet order van R600 teen ‘n gemiddelde rente koers van 12%. Sy premie
verhoog jaarliks met 6%
� Mnr. X betaal vir 15 jaar die maandelikse bedrag tot op ouderdom 40, waarna hy die debiet order
kanselleer, maar behou sy belegging tot ouderdom 65.
Voorbeeld 2:
� Mnr. Z begin spaar op ouderdom 40
� Hy teken ‘n maandelikse debiet order van R 1,200 teen ‘n gemiddelde rente koers van 12%. Sy
premie verhoog jaarliks met 6%
� Mnr. Z betaal maandeliks die R 1,200 tot op ouderdom 65.
Wie se belegging het die meeste gegroei?
Mnr.X se belegging het vir 15 jaar gegroei na ‘n totaal van R 392,826 wat vir ‘n verdere 25 jaar gegroei het
tot ‘n groot totaal van R 6,678,069.
Mnr. Z se belegging het vir 25 jaar met ‘n maandelikse bydrae van R 1,200 gegroei tot ‘n groot totaal van
R 3,244,783.
Met die inligting is dit eenvoudig om te sien dat mens so gou as moontlik moet begin spaar, Mnr X se
beleggings besluit het Mnr Z s’n met 51% (R 3,433,286) uitpresteer. Plant die saadjie as jy jonk is, vertroetel
hom, gee maandeliks water, en pluk die vrugte as jy oud is.
PSG KONSULT WOODHILL
APRIL 2013
“People say that money is not the key to happiness, but I always figured if you
have enough money, you can have a key made” – Joan Rivers
PSG Konsult Woodhill | Global House, 296 Glenwood Weg, Pretoria | tel 012 472 9834/5 | faks 086 508 4227
PSG KONSULT WOODHILL
APRIL 2013
Plant nou die saadjie, pluk die vrugte later (vervolg)
Die rede dat Mnr. X se belegging soveel meer waarde as Mnr.Z s’n het, is saamgestelde rente, daarom was
Albert Einstein so reg toe hy gesê het : ““Compounded interest is the eighth wonder of the world. He, who
understands it, earns it ... he who doesn't ... pay it.”
‘n Vraag wat gereeld opkom is, “Hoeveel gaan ek nodig hê?” – Die vraag kan beantwoord word deur ‘n
gedetaileerde begroting op te stel van wat huidiglik ter sprake is. Dit behoort ‘n goeie riglyn te bied van
hoeveel benodig gaan word met aftrede. Navorsing het getoon dat daar ongeveer 80% van die huidige
inkomste gaan benodig word na aftrede.
Begin nou spaar en geniet die soet-sappige vrugte met jou aftrede.
PSG Konsult Financial Planning in an authorised fin ancial services provider. /PSG Konsult
Finansiële Beplanning is 'n goedgekeurde finansiële diensteverskaffer.
PSG Woodhill Global House, 296 Glenwood Weg
Pretoria tel 012 472 9834/5 faks 086 508 4227
derik.prinsloo@psg.co.za chris.davies@psg.co.za
www.psgkonsult.co.za/woodhill
PSG WOODHILL NUUS
Ons het in die afgelope maand twee aanbiedings gehou, dit was baie
suksesvol en sal elke maand wil voortbou op die resultate.
Ons nooi egter enige iemand uit om ons te kontak rakende ‘n
aanbieding, laat ons vir u maatskapy ‘n aanbieding kom lewer, of
moontlik het u ‘n paar vriende wat sal belangstel.
Striving for success without
hard work is like trying to
harvest where you haven't
planted – David Bly
Recommended