View
5
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
W a p a d r a n t G e m e e n t e
Maand - KrantA u g u s t u s 2 0 2 0
Die verhaal van die potloodDie verhaal van die potloodDie verhaal van die potloodDie verhaal van die potlood
deur Paulo Coelho
het? Gaan die storie oor my?”
Sy ouma hou op met skryf en sê aan haar kleinseun: “Ek
skryf inderdaad oor jou, maar die potlood is belangriker
as die woorde wat ek gebruik. Ek hoop jy sal eendag soos
hierdie potlood wees”.
Vol belangstelling kyk die seun na die potlood. Dit lyk nie
juis uitsonderlik nie. “Dit lyk net soos enige ander
potlood,” sê hy.
“Dit hang af hoe jy daarna kyk. Hierdie potlood het vyf
eienskappe wat, indien jy daarmee volhou, jou vir altyd
in vrede met die wêreld sal stel.
Een: Jy kan groot dinge vermag, maar moet nooit
hand noem ons God. Hy lei ons altyd volgens Sy wil.
Twee: Nou en dan moet ek ophou skryf om die
rukkie ly, maar dan is hy lekker skerp. Net so moet jy ook
leer om sekere pyn en verdriet te verduur, want jy het
Drie: Die potlood gebruik altyd sy uitveër om foute uit te
vee. Dit beteken dat om iets reg te stel wat jy gedoen
op die regte pad te bly.
Vier: Die belangrikste deel van die potlood is nie die hout
buitekant nie, maar die grafiet aan die binnekant. Skenk
dus aandag aan wat aan jou binnekant aan die gebeur is.
Net so moet jy besef dat alles wat
Probeer bewus bly daarvan in alles
wat jy doen.
Verkry by: http://paulocoelhoblog.com
2
Dianri Britz | dianri@residentia.co.za |
http://www.wapadrant.co.za/poste-beskikbaar
Residentia, 'n Christelike diensorganisasie met
Landswye skemas, wat omsien na die belange en
versorging van ouer persone nooi ervare en
gemotiveerde kandidate, wat aan die onderstaande
vereistes voldoen, om aansoek te doen vir die
uitdagende posisie van:
SKEMA BESTUURDER RESIDENTIA MOOI HAWENS (WINKELSPRUIT)
1. POSVEREISTES: Die suksesvolle kandidaat moet oor inter alia die
volgende beskik:
•'n Tersiêre kwalifikasie sal as minimum vereiste dien.
• Bewese sukses in 'n bestuursrol op soortgelyke vlak.
• Ten volle rekenaarvaardig (MS Excell, MS Word, MS
Powerpoint).
• Kennis van Pastel sal dien as 'n sterk aanbeveling.
• Goeie oordeel en die vermoë om konfidensieel op te
tree.
• Bogemiddelde kommunikasievermoëns.
• Ten volle vaardig in Afrikaans en Engels en kennis van
'n addisionele taal sal as aanbeveling dien.
• Bewese kennis van funksionering volgens toepaslike
wetgewing. Spesifieke ervaring van of bewese vermoë
om kennis van wetgewing ten opsigte van bejaardesorg
te bekom.
• Kennis en ervaring van instandhouding asook
implementering en vebetering van sisteme en stelsels.
• 'n Positiewe geaardheid en ingesteldheid.
• Goeie organisasie en tydsbeplanningsvermoëns.
• Gesonde respek vir veelsydigheid en ‘n sensitiwiteit
vir ander kulture.
• Voorliefde vir bejaardesorg.
2. VERANTWOORDELIKHEDE: Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir
die hantering van inter alia die volgende uitdagings:
• Die uitleef van Residentia se Christelike beginsels in
Die uitleef van Residentia se Christelike beginsels in
die samelewing en in die werksplek.
• Bestuur van dienslewering van die skema binne perke
van wetlike vereistes en die finansiële
berotingsraamwerk.
• Begrip vir en verstaan van ouer persone en die
omskepping van verwagtinge en ooreenkomste in die
uitvoering en dienste wat aan die verwagting van
kliënte voldoen of selfs oorskry.
• Effektiewe deelname en bydrae tot skemabe-
stuurders se operasionele vergaderings.
• Bestuur van konflikterende prioriteite en verwagtinge.
• Effektiewe bestuur en motivering van Residentia se
waardevolle en gewaardeerde personeelkom-
plement.
• Deurlopende skakeling met "Care Partners" wat
familie, plaaslike rade en die gemeenskap insluit.
• Kreatiewe fondswerwing en uitbou van
gemeenskapsbetrokkenheid.
wat maatskappyvoordele insluit. Stuur u CV vir aandag
na Dianri Britz via epos dianri@residentia.co.za.
Die sluitingsdatum is 10 Augustus 2020. (Indien u nie
kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was).
die pos, soos geadverteer, te maak nie.
3
Almal se mandjieAlmal se mandjieAlmal se mandjieAlmal se mandjie
Braaihout R15/sak
Kaggelhout R50/sak
Wil jy jou kaggel aansteek teen die koue? Dalk
wil jy net graag ‘n vleisie op die rooster gooi?
Kom koop jou hout op Wapadrant se
kerkterrein. Die fondse word aangewend vir
die Neem-en-Deel-Bybelprojek.
Kontak Seni by 076 664 1793.
HUISHULP op soek na stukwerk vir 4 dae.
Joyce werk tans 1 dag per week by die kerk.
Haar werkgewer (wat haar vir 4 dae per week
in diens geneem het), verhuis Kaap toe. Indien
jy van haar dienste gebruik wil maak (dit hoef
nie al 4 dae te wees nie), kontak haar asb. by
072 923 1046.
Vir ‘n verwysing, skakel Aretha
by 082 328 1811
Aangesien ons verhuis, is die volgende
stukwerkers beskikbaar:
TUINIER beskikbaar Dinsdae en
Donderdae. Hy is baie betroubaar,
hardwerkend en pligsgetrou. Handig met
onderhoud, herstel en verfwerk. Praat
Afrikaans en werk al 11 jaar vir ons.
HUISHULP beskikbaar Maandae tot
Vrydae. Sy is ‘n christen met ‘n liefdevolle
persoonlikheid, eerlik, lojaal, hardwerkend
en pligsgetrou. Kan ook help met kosmaak
en is handig met naaldwerk. Sy was
voorheen ‘n assistent by ‘n kleuterskool en
is baie lief vir kinders. Sy praat Afrikaans
en werk al 14 jaar vir ons
Kontak Ida by 082 372 6782 of
idasmit@mweb.co.za.
4
27 Julie 2020
Goeie dag almal
BAIE, BAIE, GROOT EN BESONDERSE DANKIE aan elkeen
wat 'n bydrae lewer om verligting te bring in die armoede
van ons gesinne, hoe gering ookal...... want dit is wat ons
ervaar wanneer ons kos, klere, meubels, en wat ookal die
behoefte is, aflewer. Soms staan ‘n brose mens voor jou
en op sy/haar gesig lees jy moedeloosheid, hartseer,
eensaamheid, werkloosheid, desperaatheid .......
Maar dan straal daardie selfde gesig weer met hoop en
dankbaarheid as jy daar wegry met trane van blydskap in
jou oë en jy prys die Here onophoudelik ........ Want, WEER
het GOD getrou gesorg soos Hy ons belowe. Dit is werklik
‘n voorreg om te ervaar dat daar so baie omgee-mense
soos julle is wat die belange van ons gesinne op hulle harte
dra.
Dankie vir al die mooi, die dankbaarheid en die hoop wat
julle vir ander bring. God seën elkeen ryklik!
ALGEMENE BEHOEFTELYS VAN ONS GESINNE:
Dame met ernstige longprobleme versoek graag ‘n ou
“Lazyboy” waarop sy kan slaap. Sy is permanent op
suurstof en kan nie plat lê nie.
‘n Fiets vir ‘n man om mee werk toe te ry.
Benodig baie dringend enige materiaal soos houtplanke,
sterk seile, sinke en skroewe vir ‘n gesin om ‘n
sinkvertrek te bou. Hulle het geen inkomste om
alternatiewe verblyf te soek nie.
Dame soek die volgende om artikels te maak wat sy
verkoop vir ekstra inkomste: houthangers, ou
langspeelplate, ou cd’s, wit enamelverf, houtgordyn-
ringe.
Die behoefte vir volwasse doeke raak al groter en
benodig ons dringend die volgende groottes indien
iemand dalk weet waar ons gereelde skenkings/borge
kan kry: X-Large (vrou), Large (man).
Indien daar iemand is wat ‘n jong man kan help om sy
C-graad sekuriteitsertifikaat vir ‘n motorwag te verwerf.
Die bedrag beloop R750. Hy is ook bereid om enige iets
anders te doen vir ‘n inkomste.
Ook so vra ons vir ‘n borg van R3200 vir een van ons jong
manne wat besig is met sy elektriese loopbaan en nou sy
N4 moet begin. Ten spyte van sy moeder wat ‘n paar
maande gelede oorlede is, het hy sy vorige N-kursusse
goed geslaag en werk baie hard om ‘n sukses van sy
loopbaan te maak. Hy slaag byna elke vak met ‘n
onderskeiding. (‘n Kwotasie van N-Tek is beskikbaar op
aanvraag).
Ons het heeltemal opgehou met die herwinning van
produkte maar benodig asb 375ml en/of 500ml plastiek
koeldrankbotteltjies vir sjampoe en skottelgoedseep.
Is daar iemand is wat ons kan help met potgrond,
organiese insekdoder, houers en groenteplantjies wat
ons aan die gesinne kan voorsien sodat hulle vars
groente op ‘n daaglikse basis het? En ook bietjie raad en
leiding sal baie waardeer word.
KOSBEHOEFTESOns het ongeveer 200 magies wat daagliks gevoed moet
word en benodig ons die volgende: Soja, rys, soppoeier,
lensies (rooi/bruin), mieliemeel, hawermout, suiker vir
pap, sout, margarien, grondboontjiebotter, konfyt, vars
groente, aartappels, koekmeel vir vetkoekies (in plaas van
brood), kookolie, pilchards, baked beans, pasta, badseep,
tandepasta, sjampoe, skeermesse, toiletpapier.
Baie dankie. Selfs die kleinste en geringste word opreg
waardeer.
Eljadahuis-groete
Petro
Bankbesonderhede:
Eljada Huis, Standard Bank, Montana,
Marketlink spaar, 044396058,
Bankkode 051001
Petro | info@eljadahuis.org.za | 079 377 5711
People will forget what you said,
People will forget what you did,
But, people will never forget how
you made them feel.
5
Sonder God se roeping sou Abraham God nie geken het nie. Abraham is geroep na ‘n land waarin kennis van God so
verlore geraak het dat daar erge morele en godsienstige afvalligheid plaasgevind het. God se belofte aan Abraham
was dat hy in God se land baie afstammelinge sal hê en dat hy ‘n seën sal wees vir die nasies.
Gebruik die kode om die vers te ontsyfer.
9
9145:17
God roep AbrahamGod roep AbrahamGod roep AbrahamGod roep Abraham
6
Opsomming:
Junie 2020:
Totale inkomste van R809 450 vir die maand is R78 016 laer as begroot.
Bydraes en Liefdegawes ontvang is onderskeidelik R25 989 en R36 083 minder as begroot.
Totale uitgawes vir die maand het R834 280 beloop teenoor 'n begrote R829 822.
Hulpverlening binne en buite die gemeente is R36 209 hoër as begroot. (Die Kerkraad se Dagbestuur het wel
oorspanderings vir hierdie doel, met ‘n ekstra R30 000 per maand, so goedgekeur.)
Vir die maand het ons nav bogemelde 'n netto-tekort van R24 830.
Die gemeente se halfjaar finansiële stand. (Jaar tot datum - Junie 2020):
Totale inkomste vir die halfjaar van R5 266 067 is R114 513 minder as begroot.
Totale uitgawes vir die ses maande het R4 966 201 beloop teenoor 'n begrote R5 088 086.
Dit laat ons met 'n netto-surplus van R299 866.
Ons kan met dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader getuig dat die gemeente se finansies baie dieselfde stand
toon in vergelyking met die eerste 6 maande van 2019 en dat die Covid-19-pandemie waarin die land tans verkeer,
gemonitor.)
Bedryfsurplus tot op datum einde Jun. 2020: R 299 866
Dankoffer-inligting
Maand Aantal potensiële *bydraepunte
Aantal punte met geen beloofde
bydrae
Aantal punte wat beloof het maar geen
bydrae maak nie
Aantal puntewat agterstallig is
Getroue bydraers
April 2020*(1 085 )**(1 618)
37234,29%
10910.05%
1089.95%
49645,71%
Mei2020*(1 084 )**(1 616)
36934,04%
1069,78%
11810,88
49145,3%
Junie 2020*(1 084 )**(1 616)
36633,76
1019,32%
12911,90%
48845,02%
Wapadrant Finansiële SakeWapadrant Finansiële SakeWapadrant Finansiële SakeWapadrant Finansiële Sake
Tot en met einde Junie 2020
7
* Bydraepunt : Getroude man en vrou = 1 bydraepunt
Belydende lidmaat in dieselfde gesin
= bydraepunt
Enkellopende belydende lidmaat =
bydraepunt
** Belydende lidmate
Hou asseblief in gedagte dat, vir die gemeente om
effektief te kan funksioneer, daar finansiële verpligtinge
is wat nagekom moet word. Dit beteken dat finansiële
bydraes vanaf die lidmate ontvang moet word waaruit
die bedryfsuitgawes gedek kan word. ‘n Deel van die
bedryfsuitgawes is o.a. ook ‘n persentasie van die
gemeente se totale inkomstestaat wat aan die
Administratiewe Buro te Potchefstroom oorbetaal
moet word. Meer volledige inligting oor hierdie ramings
kan gesien word by
http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html.
Daarom maak ons staat op elke lidmaat se
dankofferbydraes.
Indien lidmate nie oorbetalings aan die gemeente doen
nie, beteken dit die ander lidmate in die gemeente wat
wel bydraes maak, “borg” die nie-bydraende lidmate,
vir die genoemde uitgawes wat aangegaan moet word.
Moet asseblief nie die genoemde finansiële bydraes
(wat in kerkterme ook ‘n dankoffer genoem word), in
die liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes
gaan nie vir dieselfde doel nie. (Maak asb gebruik van
die dankoffervorm.)
Vir enige:
- Opgraderings
- Aanbouings
- Herstelwerk
- Nuwe ontwikkelings
- Konstruksiewerk
Kontak Henrico du Plessis by
0828779715 of
rijanco@gmail.com vir ‘n gratis
kwotasie
Maniere van afdra van Dankoffer
Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per
internetbank of per aftrekorder by jou eie bank.
Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk
Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode
632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as
verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme
inbetaling.)
Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas
kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie
of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se
bankrekening.
Debietorder: Reël met kerkkantoor by
kantoor@gkwapadrant.co.za of volg hierdie skakel
vir vorm
http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.h
tml
Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:
Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling
Gaan na
http://www.wapadrant.co.za/fin
ansiele-sake.html vir instruksies
8
Net duskant Gharies in Namakwaland, is ‘n plek met die naam Klipfontein. Daar woon ‘n oom met die naam Gert
Rooi. Wanneer iemand vir oom Gert vra hoe dit gaan, dan antwoord hy: “In die Abba-vel! Ek is in God se abba-vel
van genade”. Oom Gert het die gebed “In die abba-vel” geïnspireer. Dit is ‘n gebed wat jou nader aan God bring.
Here, dankie vir oom Gert wat ons kon inspireer met die abba-vel van U genade.
Ek wil U dank vir die beeld van ‘n kind op die rug van sy ouer.
Daardie abba-vel wat die kind tot die ouer verbind.
Dankie dat U my sò naby hou dat ek ook aan U verbind word.
U Woord sê tog “Ek is die ware wynstok en julle is die lote”. Alles wat in die ware wynstok is, is ook in die lote.
So, as ek styf teen u rug vasgemaak is deur die abba-vel van U genade, dan kom alles wat in U is, ook na my toe.
Dankie dat ek in U abba-vel U warmte kan voel, want dit is lyf teen lyf.
Ek is so naby U dat U hitte my koue verdryf.
Dankie dat, hoe nader ek aan U kom, hoe verder word die koue in my verdryf.
Dankie dat U abba-vel van genade my toelaat om met my oor teen U rug te lê, U asemhaling te hoor.
Dit gee my die geleentheid om gesinkroniseerd met U te wees wanneer ek saam met U asemhaal.
Daar is nie iets so lekker as om na iemand se asemhaling te luister nie.
Dit doen iets aan ‘n mens se moraal en gees.
Dankie dat ek in die abba-vel styf vasgehou word dat ek nie kan beweeg nie.
Dit is ‘n dissipline van stil-sit waarmee U vir ons wil sê: “My kind, sit stil, Ek is in beheer”.
Leer my die dissipline aan van wag op U, Here, want dié wat op U wag, kry nuwe krag.
Dankie vir die dissipline wat die abba-vel vir my gee. Nie net dissipline nie, maar die abba-vel weerhou my daarvan
om voor my te sien. Dit laat toe dat U die een is wat die pad dophou. Ek hoef nie rigting te hou in ‘n wêreld wat
donker is nie, want U is my rigtingwyser.
Ek prys u Naam dat ek nie in die donker hoef te sien nie - U sien in die donker.
En, wanneer dit goed gaan met my, dan raak ek op U rug aan die slaap. Ek kan slaap, maar U is wakker - U sluimer
of slaap mos nooit nie. Ek kan doen wat ek moet doen; rus kry vir my siel, want U bewaak my.
Ek prys U vir die abba-vel van U genade.
In die abba-vel dra U die gewig- nie ek nie. Dankie dat U my dra.
Die abba-vel kan nie bestaan as ‘n dier nie gesterf het nie.
Grootste prys!
Vir my om terug te klim in U Abba-vel, moes die Lam van God sterwe.
Amen
In die In die In die In die
abba-velabba-velabba-velabba-vel
9
Hoewel die grendeltyd ons daarvan mag weerhou
om mekaar te sien, wil ons mekaar steeds
ondersteun en veral vir mekaar bid. Die
Hospitaaldiensgroep wil jou steeds ondersteun in
siekte en hospitalisasie.
Ons ondersteun graag die volgende hospitale en
instansies:
PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300
LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600
KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400
WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100
EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL
MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIE
KINDERBEDIENING
ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL)
SENIORS - TUISBESOEK
KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE
BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616
ANDER HOSPITALE:(Oos van N1) en (Wes van N1)
admin@gkwapadrant.co.za | (012) 991 5623
Chrisante HospitaalbedieningChrisante HospitaalbedieningChrisante HospitaalbedieningChrisante Hospitaalbediening
Kontak die kerkkantoor
indien jy hospitaal toe
gaan vir enige operasie
of mediese prosedure
SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of tollig@woodlandsnet.co.za
10
BeroepenuusBeroepenuusBeroepenuusBeroepenuusBEROEPE ONTVANG:
* Proponent GJ Venter (Jonker) na GK Totiusdal
AANGEVRA NA:
GK Frankfort: Casper Andries en Lize Muller (de Villiers) en dooplidmate Cornelis Johannes, De Villiers en Casper
Andries
GK Rietvallei: Erna Susan Da Costa (Gropp)
NG Umhlanga: Louw Benjamin en Elida du Toit (Snyman) en dooplidmate Daniël Francois en Lukas Louw
Morné Conrad en Mariana Dodd (Gouws) en dooplidmate Ethan John en Aiden Jacob.
Attestate of Bewyse van lidmaatskapAttestate of Bewyse van lidmaatskapAttestate of Bewyse van lidmaatskapAttestate of Bewyse van lidmaatskap
11
Julie 2020
Geagte Broeders en Susters,
Daar is baie lidmate wat steeds nie weet van die nuwe Afrikaanse Vertaling nie en ander weer wat baie vrae het
daaroor en ander wat stories gehoor het van ’n nuwe Bybel “sonder Christus in die ou testament”. Vir hierdie
rede, en baie ander, bied die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ‘n virtuele konferensie vir u aan. Baie moeite is
gedoen deur die aanbieders van elke module om hulle gedeelte met groot sorg voor te berei en aan te bied. Ons
vertrou dat dit van groot waarde sal wees vir die kenners sowel as ons, die gewone gebruikers en lesers van die
Bybel.
Kyk na die gedeeltes waarin jy meer belangstel eerste maar jy sal vind dat jy ook na die ander referate sal kyk om
sodoende ‘n volle en ingeligte prentjie te kan vorm oor die nuwe opwindende Afrikaanse Vertaling:
Die Bybel 2020
Hier is die YouTube-skakel na die konferensie: https://youtu.be/mL8JT4IVosM
Dit is so saamgestel dat jy al die video’s aaneen kan kyk of jy kan bloot op die tydslyn-glybalkie aanskuif na watter
lesing jy wil kyk. Elke lesing het ‘n ID-skyfie vooraan wat dit maklik maak om die begin van elke aanbieding te kry.
voorstel en dan begin elke spreker se aanbieding volgens die programorde.
Neem asb kennis dat die onderskeie opnames verskil omdat sprekers dit self moes opneem met die toerusting
waaroor hulle beskik het, maar dit beïnvloed geensins die kwaliteit van die inhoud van die konferensie nie.
Ons vertrou dat jy alles hieruit sal put wat nodig is om die vertaling te ag en te takseer volgens die groot sorg,
moeite, geld en goeie kontrole wat daarin gegaan het oor soveel jare. Ons glo verder dat God se Woord suiwer en
duidelik uit die nuwe vertaling geput sal word en sien met groot verwagting uit na die vrystelling wat DV beplan
word vir 29 November 2020.
Ons bid vir elke gemeente en vertrou die Here sal op Sy tyd ‘n einde bring aan die swaar tye waaraan ons
onderwerp word agv die Covid19-pandemie.
Christus-liefde
Hennie Dekker
Skakeldeputaat – Bybel
dekker@biblesociety.co.za
NS Baie dankie aan professor Bernard Combrink en sy gedugte span wat hierdie Vertaling oor meer as 10 jaar, met
groot sorg gedoen het!
12
Wapadrantlidmate se verjaarsdae is
beskikbaar op die webblad. Besoek http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html
13
Pastorale Sentrum Pastorale Sentrum Pastorale Sentrum Pastorale Sentrum
Vorster Combrink: | 082 872 9725 | vorster@abbo.org.za
BYBELSE BERADING
Bybelse Berading rus gelowiges toe om Bybelse dinamieke van verandering
in hul eie lewens en die lewens
van ander te verstaan en toe te pas
Kursus 1 - aanlyn opleiding!- afstandsonderrigkursus -- weeklikse aanlynsessies -
1ste AanlynsessieDinsdag, 04 Aug 2020
18h00 – 19h00
Kontak Marietjie Bezuidenhoud 084 501 1102
marietjie@abbo.org.za
www.abbo.org.za
PASTORALE SENTRUM
Jou seerkry en swaarkry
is ‘n groei-geleentheid.
Die Pastorale Sentrum
wil jou graag hiermee help!
Skakel
082 872 9725
14
Daar is velerlei omstandighede wat veroorsaak dat ons
Senior burgers verarm, maar dit is altyd tragies. In die
meeste gevalle het ons ou vriende doodeenvoudig net
nie iemand anders om hulp te verleen nie en moet
hulle steun op organisasies soos Mobiele Etes vir
Bejaardes.
Danksy mense wat omgee dwarsdeur Suid-Afrika,
bedien en lewer Mobiele Etes vir Bejaardes meer as 31
miljoen etes per jaar af by behoeftige bejaardes. Ons
sal dit as `n spesiale voorreg beskou om u te
verwelkom by die familie van Mobiele Etes-borge.
Ons is bly om u in kennis te stel dat Mobiele Etes
Gemeenskapsdienste gestig is in 1964 en geregistreer
is by die Suid-Afrikaanse regering as `n nie-
winsgewende organisasie. Ons registrasienommer is
070-786 NPO. Ons is ook baie trots op die feit dat
Mobiele Etes Gemeenskapsdienste geregistreer is by
die Suid-Afrikaanse regering as `n Openbare Weldaads-
Organisasie (Nommer 930032581). Sodoende sal u
bydrae tot Mobiele Etes belastingvry wees.
Ons sal dit as ‘n wonderlike voorreg beskou om u te
verwelkom by die familie van Mobiele Etes-borge.
Namens al ons vrywillige helpers en almal wat baat by
hierdie landswye diens van barmhartigheid, wens ons u
uitstekende gesondheid toe en baie geluk in die
toekoms.
Die uwe
Juan Van der Wath
Mobiele Etes vir die Bejaardes
Nasionale Openbare Betrekkinge Kantoor
Posbus 700, Meyerton,
SUID AFRIKA, 1960
Lewensondersteuning: 0860 000 700
Faks: 086 767 5019
Epos: adminc@mealsonwheels.org.za
www.mow.org.za
In `n verskriklike ongeluk is die 3-jarige Tammy en
5-jarige David se ouers van hulle ontneem. Die
grootste deel van die motor is platgedruk terwyl
dit onder die stilstaande sleepwa meegesleur is.
Dit was `n wonderwerk dat die kleuters oorleef
het. Die enigste familielid wat kon omsien na
Tammy en Davie was hul 78-jarige oupa, Derek.
Finansieel was dit `n geweldige stryd, maar danksy
die publiek se ondersteuning was Mobiele Etes vir
Bejaardes in staat om een liefdevolle, sukkelende
oupa en sy twee wees kleinkinders te voorsien van
warm, voedsame etes op `n gereelde basis.
15
16
HerwinningHerwinningHerwinningHerwinningWapadrant se herwinning is volstoom aan die gang. Die herwinnings-area (net links van die ingang na die
kerkterrein) is ingerig en gemerk. Enige van die volgende kan nou veilig herwin word:
Glas, karton, papier, skoon blikkies, gekleurde plastiekbottels, plastiekmelkbottels, deurskynende plastiek-
bottels sowel as elektroniese afval.
17
18
Ten bate van President Kruger Kinderhuise
Kameeldrif DamesoggendKameeldrif DamesoggendKameeldrif DamesoggendKameeldrif Damesoggend
Hierdie is ‘n vreemde anderste jaar en verg nuut dink en
ander planne maak.
‘n Eerste in agtien jaar dat ons, deur omstandighede
buite ons beheer, op 22 Augustus verhinder word om
die gesamentlike damesoggend ten bate van die
President Kruger kinderhuise te hou - ‘n hoogtepunt op
ons kalender.
Hierdie jaar is ons damesoggend “Kwarantyn-Samesyn”
Die feit is dat die President Kruger Kinderhuise die fondse
nou meer as ooit nodig het. Hulle maak so staat op die
damesoggend se inkomste, dat dit al deel is van hul
begroting. Die doel en bestaansreg van die dames-
oggend, en die gepaardgaande fondsinsameling in die
gemeentes landwyd, is om aan minderbevoorregte
kinderhuiskinders te voorsien.
En hieraan het niks verander nie. God gee steeds aan ons die vermoë om dit te kan doen.
Omdat ons alles virtueel en by wyse van insameling
sonder ‘n tee gaan doen, kan gemeentes buite Pretoria
ook hieraan deelneem. Hierdie jaar is dus vir die
gasvroue en gaste wat dit normaalweg bywoon, ’n gee-
sonder-om-te-ontvang-tee.
Ons vra julle hulp in die verband. Ons mikpunt is om
minstens R250 000.00 in te samel.
Gemeentes kan op die volgende wyse betrokke raak:
* Denkbeeldige “gasvroue” vir Kwarantyn-SamesynIdentifiseer lidmate in die gemeente wat sal bereid wees
om denkbeeldige “gasvrou” te speel en onder vriende,
familie en ander lidmate die tafelgeld van een tafel nl.
R2090.00 in te samel. Dit is 11 denkbeeldige kaartjies
@R190.00 per kaartjie (of selfs ‘n donasie van enige
bedrag).
* Virtuele Veiling:22 AugustusHier kan gemeentes hartlik meedoen. Ons gaan 4
vakansiegeleenthede virtueel opveil asook ‘n mat van
Anna Produksies. Lidmate kan ‘n bod insit op die
vakansies en die mat en dit deurstuur na Susan Fourie by
tel 0823249399.
Op 22 Augustus gaan ons ‘n virtuele veiling hou op Zoom
en sal dan by die hoogste bod wat ons reeds ontvang
het, begin met die veiling.
* Donasies uit die gemeente:
Enige bedrag is welkom! Hou in gedagte dat elke rand
iets werd is. Moenie nie bydra omdat julle dink jul bydrae
gaan te gering wees nie. Sommige gemeentes gee
R200.00, ander R1000.00 en ander selfs R10000.00.
Al sou julle gemeente in elk geval gereeld donasies aan
die kinderhuise gee, is hierdie ‘n buitengewone projek en
versoek ons julle om hulle in die ongewone tyd waar
donasies minder word, te ondersteun met ‘n ekstra
inspuiting.
19
Wapadrant lidmate kan direk in ons
gemeente se bankrekening inbetaal:
Geref Kerk Wapadrant ABSA tjek 3490151957
Takkode: 632005 Verwysing: Kinderhuis.
Die groot totaal word teen
30 Augustus oorbetaal aan
Kameeldrift gemeente.
Susan Fourie | 082 324 9399 | Gereformeerde Kerk Kameeldrift
versoek ons julle om hulle in die ongewone tyd waar donasies minder word, te ondersteun met ‘n ekstra inspuiting
Die donasie moet verkieslik inbetaal wees voor of op 30 Augustus 2020 indien moontlik.
Ons is opgewonde om te sien hoe liefde, dade en rande gaan word.
Die Here seën die projek al vir soveel jaar, so mildelik. Ons glo ook dat Hy dit in hierdie jaar met sy eie uitdagings
sal doen.
Indien u enige vrae het, is u welkom om te skakel.
Dankie by voorbaat
Susan Fourie
Veilingitems:
Vleiland House – Wakkerstroom
Licorna Holiday Flats – Umhlanga
Ocean Breeze Hotel – Strand
Ronde mat vanaf Anna-produksie 1550cm
Recommended