Upload
phungque
View
217
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG
POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE
1
MODULE VI: POËTIESE BOEKE
Lesing 1 PSALMS
Voorgeskrewe leeswerk:
Bybel bestek: Psalms, 1 – 150 Verpligte leeswerk: Psalms
INHOUD: Psalms – Met stem en instrument prys ons God
INDELING EN VOORBEREIDING
Dag 1: Individuele en korporatiewe KlaagliedereLees: Psalm 3, 4, 5, 26, 27, 39, 40, 54, 56, 57, 63, 64, 85, 120, 140, 141
Vraag 1: Beskryf wat Dawid se vyande van hom sê. Volgens Dawid, hoe reageer God hierop?
Dag 2: Liedere van DankseggingLees: Psalm 8, 19, 29, 30, 32, 36, 41, 111, 113, 124, 129, 138, 146, 148, 150
Vraag 2: Volgens die Psalmskrywer, waar begin wysheid en waaroor beskik almal wat dit doen?
Dag 3: Liedere van God se Soewereine heerskappy en BedevaartsliedereLees: Psalm 43, 46, 47, 48, 76, 84, 87, 93, 96, 97, 98, 99, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134
Vraag 3: Waarmee word die reukolie vergelyk wat van Aaron se kop afloop tot in sy baard en waarvan is dit 'n teken?
Dag 4: Liedere van God se ToornigheidLees: Psalm 7, 35, 40, 58, 69, 79, 109, 139, 144
Vraag 4: Volgens die Psalmskrywer, wat is sy een begeerte en wat is sy hele lewe?
Dag 5: Liedere oor Christus se heerskappy en WysheidLees: Psalm 1, 2, 20, 21, 37, 45, 72, 101, 110, 132, 144
Vraag 5: Volgens die Psalmskrywer, wat sal veroorsaak dat die koning 'regverdige beslissings' oor God se volk sal vel?
2
KORT VRAE
Dag 1: Individuele en korporatiewe KlaagliederePsalms 4, 5, 26, 27, 39, 40, 54, 56, 57, 63, 64, 85, 120, 140, 141
Vraag 1: Volgens die Psalmskrywer, waardeur word hy gered?
(a) God se Woord (b) God se mag (c) God se wysheid
Vraag 2: Volgens die Psalmskrywer, hoe sal God teen die bedrieër optree?
(a) Hy sal hom met skerp pyle en gloeiende kole tref (b) Hy sal hom vermorsel in die dag van oordeel (c) Hy sal hom deur die aarde laat verswelg
Dag 2: Liedere van DankseggingPsalm 8, 19, 29, 30, 32, 36, 41, 111, 113, 124, 129, 138, 146, 148, 150
Vraag 1: Volgens die Psalmskrywer, aan wie skenk God 'n huisgesin?
(a) Die gelukkige moeder (b) Die geringe (c) Die kinderlose
Vraag 2: Vir hoe lank wil die Psalmskrywer die Here prys?
(a) Solank hy kan (b) Solank hy lewe (c) Solank hy verstand het
Dag 3: Liedere van God se Soewereine heerskappy en BedevaartsliederePsalm 43, 46, 47, 48, 76, 84, 87, 93, 96, 97, 98, 99, 120, 121, 122, 123, 124, 125,126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134
Vraag 1: Volgens die Psalmskrywer, wat sal onderhandelings met die vyand in diestadspoort vergemaklik?
(a) Seuns gebore toe hul vader jonk was (b) Vertroue op die Here God (c) 'n Vrou wat nie inmeng nie
Vraag 2: Volgens die Psalmskrywer, waarmee sal die Here oor die wêreld heers?
(a) Met oordeel (b) Met regverdigheid (c) Met mag
Dag 4: Liedere van God se ToornigheidPsalm 7, 35, 40, 58, 69, 79, 109, 139, 144
Vraag 1: Die Psalmskrywer vra 'Laat ek U hoor sê...' - waarna verwys hy?
(a) Ek sien jou (b) Ek luister na jou (c) Ek red jou
3Vraag 2: Waarom sal die Psalmskrywer sy lof aan die Here laat weerklink?
(a) Hy seën hom sy lewe lank (b) Hy beskerm hom teen sy vyande (c) Hy staan by die arme en red hom
Dag 5: Liedere oor Christus se heerskappy en WysheidPsalm 1, 2, 20, 21, 37, 45, 72, 101, 110, 132, 144
Vraag 1: Hoe behoort die koning vir sy mense te wees?
(a) Soos ‘n hen vir haar kuikens (b) Soos die reën vir die plante (c) Soos ‘n regverdige regter
Vraag 2: Wat sal verhoed dat God toornig word?
(a) Ons moet na God se stem luister, Hom altyd prys en Hom nooit verloën nie (b) Ons moet staan vir die waarheid, die armes te hulp snel en die siekes bystaan (c) Ons moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom
onderdanig wees
4RAAMWERK VIR LESING
Psalms
TitelOuteur en datumAgtergrond en ligging
Sleutelpersone in Psalms
Dawid
Sleutelwoorde in Psalms
Sela Hoop Psalm Wet Waarheid
Historiese en Teologiese temasSleutel Doktrines
Die sondige natuur van die mens (1:4; 5:4; 32:1-4; 36:1; 51:2; 66:18; 78:17; 106:43; Gen. 6:5; Lev. 15:14; Deut. 31:18; Job 4:17–19; Ps. 130:3; Jer. 17:9; John 1:10, 11; Rom. 5:15-17; 1 John 1:8)
Die wet van God (1:1, 2; 78:1; 119:97; Exod. 20:1-21; Deut. 5:6–21; Jer. 11:4; Rom. 7:7-14; James 1:25; 1 John 3:4)
God se Karakter
God is toeganklik – (15:1; 16:11; 23:6; 24:3, 4; 65:4; 145:18) God is die verlosser – (106:43-45) God is ewig – (90:2; 102:25-27; 106:48) God is heerlik – 8:1; 19:1; 57:5; 63:2; 79:9; 90:16; 93:1; 96:3; 102:16; 104:1, 31; 111:3; 113:4; 138:5;
145:5, 11, 12 God is goed – 23:6; 25:8; 31:19; 33:5; 34:8; 52:1; 65:4; 68:10; 86:5; 104:24; 107:8; 119:68; 145:9 God is genadig – 116:5 God is groot – 86:10 God is heilig – 22:3; 30:4; 47:8; 48:1; 60:6; 89:35; 93:5; 99:3, 5, 9; 145:17 God is onveranderlik – 102:26, 27 God is regverdig – 9:4; 51:4; 89:14; 98:9; 99:3, 4 God is vriendelik – 17:7; 24:12; 25:6; 26:3; 31:21; 36:7, 10; 40:10, 11; 42:7, 8; 48:9; 63:3; 89:33, 49;
92:2; 103:4; 107:43; 117:2; 119:76, 88, 149; 138:2; 143:8 God is lankmoedigheid – 78:38; 86:15 God is genadig – 6:2, 4; 25:6; 31:7; 32:5; 36:5; 51:1; 52:8; 62:12; 86:5, 15; 89:28; 103:4, 8, 11, 17;
106:1; 107:1; 115:1; 118:1-4; 119:64; 130:7; 145:9; 147:11 God is die Allerhoogste – 83:18 God is alomteenwoordig – 139:7 God is alwetend – 139:1-6 God is sterk – 8:3; 21:13; 29:5; 37:17; 62:11; 63:1, 2; 65:6; 66:7; 68:33, 35; 79:11; 89:8, 13; 106:8;
136:12 God hou Sy beloftes – 89:3, 4, 35, 36; 105:42 God is 'n versorger – 16:8; 31:15; 33:10; 36:6; 37:28; 39:5; 73:16; 75:6, 7; 77:19; 91:3, 4, 11; 104:5-
9, 27, 28; 119:15; 121:4; 127:1, 2; 136:25; 139:1–5, 10; 140:7; 145:9, 17; 147:9 God is regverdig – 5:8; 7:9, 17; 11:7; 19:9; 22:31; 31:1; 35:24, 28; 36:6, 10; 40:10; 48:10; 50:6;
51:14; 69:27; 71:2, 15, 16, 19, 24; 73:12-17; 85:10; 96:13; 97:2, 6; 98:2, 9; 103:17; 111:3; 116:5; 119:7, 40, 62, 123, 137, 138, 142, 144, 172; 143:1, 11; 145:7, 17
God is soewerein – 2:4, 5; 3:3; 72:5 God is waarheid – 9:14; 11:7; 19:9; 25:10; 31:5; 33:4; 57:3, 10; 71:22; 85:10; 86:15; 89:14, 49;
96:13; 98:3; 100:5; 119:160; 139:2; 146:6 God is verenig – 83:18; 86:10 God is ondeurgrondelik – 145:3 God is opreg – 25:8; 92:15
5 God is wys – 1:6; 44:21; 73:11; 103:14; 104:24; 136:5; 139:2-4, 12; 142:3; 147:5 God is toornig - 2:2-5, 12; 6:1; 7:11, 12; 21:8, 9; 30:5; 38:1; 39:10; 58:10, 11; 74:1, 2; 76:6, 8; 78:21,
22, 49-51, 58, 59; 79:5; 80:4; 89:30-32; 90:7-9, 11; 99:8; 102:9, 10
Interpretasieuitdagings
Jesus in die Psalms
6MODULE VI: POËTIESE BOEKE
Lesing 2 JOB
INDELING EN VOORBEREIDING
Dag 1: “God’s Favourite” – God se gunsteling!Lees: Job 1:1,8; 2:3; 6:1-4; 16:7-14; asook hoofstuk 2 & 29
Vraag 1: Neil Simon skryf ‘n verhoogstuk, God’s Favourite, gebaseer op die Job-verhaal en lees ons die Here se glimlag-woorde oor Job in Job 2:3 (dieselfde bewoording in Job 1:1) wil ons met die titel van hierdie verhoogstuk saamstem. Hoofstuk 29 is ‘n uitweiding van hoofstuk 1:1, en vertel van “die beste jare van my (Job) se lewe”. Tog fokus die grootste deel van die boek Job (hoofstuk 3 – 37) op sy lyding en swaarkry. Job 1:10 lees treffend: “U beskerm hom (made a hedge around him) dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen voorspoedig (have blessed)”; in Job 3:23 loop ons dieselfde woord raak, “Waarom die lewenslig gee aan ‘n man wat vir hom geen pad vorentoe sien nie, ‘n man vir wie God van alles afgesny het (whom God has hedged in)?”, maar waar die eerste aanhaling dui op God se beskerming oor Job, dui die tweede op God wat hom van alles afsny! Wanneer jy hierdie (kontrasterende) gedagtes en verse lees, verwoord in jou eie woorde Job se dilemma met God (en sy lyding)!
Dag 2: Job as priesterLees: Job 1:4-5 & 42:8-10
Vraag 2: Verwoord – in jou eie woorde – hoe Job die rol / funksie van priester in die lewe van sy kinders en sy vriende vervul het.
Dag 3: ’n Skeidsregter en ‘n Engel, asseblief!Lees: Job 9:15,33 (lees hierdie verse ook in die Ou Afrikaanse Vertaling) en 33:23
Vraag 3: Job beleef die Here as ‘n / sy Regter, wie se vrae hy nie sou kon antwoord nie, van wie hy alleen maar genade sou kon smeek (vgl 8:5), daarom het Job ‘n sterk verlange na ‘n “skeidsregter” [mediator: (be-) middelaar] en ‘n “engel”! Watter rol / funksie / betekenis moes so ‘n “skeidsregter” en “engel” in Job se lewe vervul?
Dag 4: Die “Jy sal maai wat jy saai”-beginselLees: Job 4:5-9; 5:6 & 42:7-8
Vraag 4: In hoofstuk 4 skop Elifas die gesprekke tussen Job en sy drie vriende af. Elifas gee eintlik die pas aan; ook sê sy twee vriende nie juis iets anders as hy nie, net soms sterker en skerper. Elifas en sy vriende verwoord ook wat hulle tradisie (voorvaders en voorgeslag – onder andere 8:8,10) aan hulle voorgeskryf het, naamlik dat God beloon hulle wat opreg leef, en straf dié wat sondig. Daarom kom hulle maklik tot die gevolgtrekking dat Job moes gesondig het! Dus, Job oes (maai) nou alleen wat hy gesaai het! Daarom is hulle “raad” aan Job dikwels iets in die lyn van: (5:8): “As ek jy was, sou ek my tot God gewend het”; (5:17) “Jy moet die bestraffing van die Almagtige nie verontagsaam nie”; (11:14) “Maar as ... jy jou sonde van jou af sou verwyder ...; (22:21) “Onderwerp jou aan God”.Philip Yancey merk op dat hierdie “Jy sal maai wat jy saai”-beginsel vandag nog springlewendig is onder Christene en in baie kerke ... daag goed-bedoelende Christene by medegelowiges op onder andere in die hospitaal “bewapen” met hierdie “geloofswaarhede”. Hy haal een so ‘n pasiënt aan: “I wanted assurance and comfort, from God and from God’s people. In almost every case the Christians brought more pain and little comfort”. Hoeveel van hierdie beginsel (sogenaamde geloofswaarhede) meen jy leef nog in Christene se harte? Wat se raad en troos sou jy bied aan iemand wat siekte, swaarkry of verliese moet hanteer?
Dag 5: Hoop is meer as “a pie in the sky”!Lees: Job 13:3,15; 23:3-6; 25:4-6; 31:35 & 42:3b & 5-6
Vraag 5: Lees bogenoemde teksgedeeltes en verwoord Job se hoop daar vanuit onder die volgende drie inleidende sinne: 1) Job hoop dat hy die geleentheid sal kry om sy saak aan God te stel ...; 2) Sy vriende word egter hewig ontstel deur Job se arrogansie ...; en 3) Maar die groot verrassing is dat God uiteindelik opdaag!
7KORT VRAE
Dag 1: Job 1:8; 2:3 & 42:7Job se CVVraag 1: Hoe stel die skrywer van die boek vir Job aan ons voor? (Terloops, die Here bevestig presies dieselfde eienskappe van Job).
(d) Vriendelik, gelowig, toegewyd, nederig (e) Vroom, opreg, dien die Here, vermy die kwaad (f) Vernaam, ryk, wys, belangrik
Vraag 2: Die Here noem Job ...(a) Sy seun (b) Sy skepsel (c) Sy dienaar
Dag 2: Job 1:6-12 & 2:1-7Jou satanskind!Vraag 1: Die skrywer van Job stel die satan aan die lesers voor as ...
(a) Een van die hemelwesens (b) ‘n Wese wat selfstandig optree/handel (c) ‘n Mitologiese/fiktiewe karakter
Vraag 2: God stel die volgende beperkinge op die satan se “aanraak” van Job:(a) Satan mag nie aan Job raak nie (b) Satan mag nie aan Job se besittings en liggaam raak nie (c) Satan mag nie aan Job se lewe raak nie
Dag 3: Job 1:21b; 2:10b; 9:19; 16:9; 23:13b; 22:13b; 42:3God is soewerein!Vraag 1: Job erken/bevestig God se soewereiniteit ....
(a) Maar worstel daarmee dat God nie reg laat geskied aan hom nie (b) Van die begin tot die einde (c) Nêrens in sy lewe nie
Vraag 2: Omdat God soewerein is en doen wat Hy wil, verstaan Job nie God se optrede nie en daarom ervaar Job God as ...
(a) Sy beskermer (b) Sy vriend (c) Sy teenstander
Dag 4: Job 6:15; 16:2,20; 19:3,5; 30:29Vriende, vriend, VRIENDEVraag 1: Job beskou sy vriende as ...
(a) Betroubaar (b) Hopelose troosters (c) Bespotters
Vraag 2: Job beskou die volgende diere as sy “broers” en “vriende”:(a) Wildedonkies en perde (b) Buffels en krokodille (c) Jakkalse en volstruise
Dag 5: Neem ‘n voëlvlug (scan) oor die hele boek JobWat is in ‘n Naam?Vraag 1: Die Godsnaam wat die meeste voorkom in die boek Job ...
(a) God [Elohim] (b) Almagtige [El Sjaddai] (c) Here [Jahweh]
8Vraag 2: Wat is die betekenis van die Godsnaam El-Sjaddai?
(a) Bewerker van teëspoed (b) Bewerker van voorspoed (c) Die Almagtige wat in oorvloed seën en voorsien
9
RAAMWERK VIR LESING
Inleiding: ‘n Tydlose storie (verkort uit Philip Yancey, The Bible Jesus Read)
Dag 1: “God’s Favourite” – God se gunsteling!Job 1:1,8; 2:3; 6:1-4; 16:7-14; asook hoofstuk 2 & 29
Dag 2: Job as priesterLees: Job 1:4-5 & 42:8-10
Dag 3: ’n Skeidsregter en ‘n Engel, asseblief!Lees: Job 9:15,33 (lees hierdie verse ook in die Ou Afrikaanse Vertaling) en 33:23
Dag 4: Die “Jy sal maai wat jy saai”-beginselLees: Job 4:5-9; 5:6 & 42:7-8
Dag 5: Hoop is meer as “a pie in the sky”!Lees: Job 13:3,15; 23:3-6; 25:4-6; 31:35 & 42:3b & 5-6
1. INLEIDING: ‘N TYDLOSE STORIE (verkort uit Philip Yancey, The Bible Jesus Read)
Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het. Die geskiedenis van die mensdom het sedertdien alleen die dringendheid van hierdie verhaal, sy vrae en worstelinge, verskerp, en kan die hedendaagse mens nie genoeg kry van Job se verhaal nie. Die motief van onverdiende lyding blyk op ‘n vreemd-egte manier te pas by ons pyn-deurweekte generasie (en eeu), ‘n era wat twee wêreldoorloë, twee atoombom-aanvalle, en meer as sy deel aan volks-massamoorde, insluit. Met die gevolg dat die beeld van Job, wat sugtend kla terwyl die lewe rondom hom inplons, blyk ‘n gunsteling modern sterotipe te wees.
Job se vriende (die dialoë tussen Job en sy drie (vier) vriende beslaan die grootste deel van die boek: hoofstuk 3 - 37) het daarop aangedring dat ‘n liefdevolle, regverdige en almagtige God (tog) hier op aarde moet inval by bepaalde reëls soos, dat hulle wat goed doen, beloon moet word, en hulle wat kwaad doen, gestraf moet word. Daarom kom bykans elke verklaring en uitspraak deur hierdie sogenaamde vriende van Job tot die basiese konklusie: Aangesien Job swaarkry, het hy sekerlik gesondig!
Vir Job, wat sy eie hart geken het, het hierdie “feite” (... en sý “feite”) nie by mekaar uitgekom nie. Hy het niks gedoen (geen só ‘n groot sonde!) wat só ‘n uitbreek van ellende verdien nie. Die waarheid is dat die vrae wat Job so welsprekend uitspreek, het nié oor die eeue vervaag nie, maar het dit net harder en skriller geword. Die novelle van Spark, The Only Problem, verwoord ‘n gesprek rondom die vraag, How can a good God allow suffering? En munt dan die volgende frase: It’s the only problem, in fact, worth discussing. Tog kom Yancey tot die konklusie dat die boek Job geensins oor die probleem van pyn gaan nie; die detail van lyding dien alleen as die “bestanddele” van die storie, en nie die sentrale tema nie. Gesien, in sy geheel, gaan die boek Job oor GELOOF – die storie van ‘n man wat uitgesonder word om bykans oorweldigende beproewinge te deurstaan. Sy RESPONS hierop, egter, bied nie net ‘n boodskap aan lydende mense nie, maar aan elkeen wat op planeet Aarde leef.
Hoofstuk 3 – 37, wat fokus op lyding, word voorafgegaan deur die plot van die boek, soos weergegee in hoofstukke 1 & 2, en hierdie plot affekteer die konteks van alles wat daarop volg. In hoofstukke 1 & 2 lig Job die gordyne vir ‘n oomblik, en kry ons ‘n kykie na bonatuurlike gebeure en aktiwiteite, gewoonlik weggesteek van ons uitsig. Dis asof ons – die gehoor – voortydig opgedaag het by ‘n persverklaring waarin die regisseur van die verhoogstuk sy werk verduidelik. En sodoende kan ons – die leser – verstaan dat hierdie drama (wat afspeel in die hemel), en die titel van hierdie drama is: Die wedywering oor Job se geloof. Gaan Job bly glo in God of gaan hy God verloën?
Vir ons, as die gehoor, behoort Job se vrae en worstelinge nie te ontspoor nie, want ons ken reeds die antwoord! Wat het Job verkeerd gedoen? Hoegenaamd niks nie! God self noem hom “vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad’ (2:3). Waaroor gaan sy lyding dan? Ons, die leser, weet vooraf reeds dat Job nie gestraf word nie. Alles behalwe, hy is uitgesonder as die hoofkarakter in ‘n hemelse wedywering. Job
10represents the very best of the species, and God is using him to prove to Satan that a human being’s faith can be genuine and selfless, not dependent on God’s good gifts.
2. SKRYWER VAN DIE BOEK JOB
Dis onseker wie dié Bybelboek geskryf het. Sommige navorsers skryf dit toe aan Job self; ander reken dit was Moses, Salomo of een van die profete. Daar is verskeie teorieë oor onbekende skrywers individue sowel as mede-skrywers.
3. DATERING VAN DIE BOEK JOB
Net so uiteenlopend soos die teorieë oor die outeurskap is dié oor die boek se ontstaansdatum. Die gebruike en algemene lewenswyse in die boek Job lyk of dit met dié van die aartsvaders ooreenstem.
JH Kroeze meen ons kan iets aflei uit die name van Job se vriende. Elifas was ‘n Temaniet (Job 2:11), en in Genesis 36:11 is Teman ‘n seun van Elifas, die seun van Esau. Die vriend van Job kan dus ‘n jongere Elifas uit daardie geslag wees. Bildad was ‘n Suagiet (Job 2:11), dus was hy na alle waarskynlikheid ‘n nakomeling van Suag, ‘n seun van Abraham en Ketúra (Genesis 25:2). Hierdie name bring ons dus in die tydperk van die aartsvaders.
Verder, was die nakomelinge van die Ooste bekend vir hulle wysheid (1 Konings 4:30). Veral Teman, die land van Elifas, was ‘n land van wyse mense (Jeremia 49:7).
4. KULTUUR-HISTORIESE AGTERGROND TOT DIE BOEK JOB
Na alle waarskynlikheid was Job ‘n werklike persoon. In twee Skrifgedeeltes buite die boek Job word na hom verwys – Esegiël 14:14,20 & Jakobus 5:11.
Job was ‘n vername en welgestelde nie-Israeliet wat nogtans (Israel se ...) God by die Naam Sjaddai – die Almagtige – geken het. (Die Godsnaam Sjaddai kom nagenoeg 30 keer in die boek Job voor.) Verder is dit opmerklik dat die Here vir Job “My dienaar” noem (1:8; 2:3; 42:7).
Inligting oor die kulturele agtergrond tot die verhaal is ten beste gebrekkig. Enkele brokkies is: 1] die gesinstruktuur met die patriargale funksies van priester en intersessor (1:4-5; 42:8; 2] die algemene praktyk om rykdom te bereken volgens aantal vee en kinders wat iemand besit (1:2-3); 3] die gebruik van die Semitiese terme soos Elohim, Elo-aa en Sjaddai eerder as die algemener Israelitiese benaming vir God, naamlik Jahweh; en 4] die terloopse verwysing na afgodsaanbidding (heel waarskynlik Sabianisme, een van die vroegste vorme van son- en maanaanbidding).
Hoewel baie mense glo die boek Job ondersoek die universeel boeiende vraag na hoekom regverdiges lyding verduur, is dit eerder ‘n demonstrasie van die krag wat in geloofstrou lê en die oorwinning wat geloof bied in die konteks van onbeantwoorde vrae.
11
INHOUD VAN DIE BOEK JOB
1. Inleiding Job 1:1 – Job 2:13
Job is vroom sowel as welgesteld en belangrik 1:1-5 Satan bevraagteken Job se opregtheid 1:6-12 Satan raak aan Job se besittings 1:13-22 Satan raak aan Job se gesondheid 2:1-8 Job se vrou se reaksie 2:9-10 Job se vriende besoek hom 2:11-13
2. Die dialoë tussen Job en sy drie vriende Job 3:1 – Job 26:14
Job se wanhopige hulpkreet/Job se Waarom?’s 3:1-26
Rondte 1 Job 4:1 – 14:22 Elifas se eerste spreekbeurt 4:1 – 5:27 Job se antwoord aan Elifas 6:1 – 7:21 Bildad se eerste spreekbeurt 8:1-22 Job se antwoord aan Bildad 9:1 – 10:22 Sofar se eerste spreekbeurt 11:1-20 Job se antwoord aan Sofar 12:1 – 14:22
Rondte 2 Job 15:1 – 21:34 Elifas se tweede spreekbeurt 15:1-35 Job se antwoord aan Elifas 16:1 – 17:16 Bildad se tweede spreekbeurt 18:1-21 Job se antwoord aan Bildad 19:1-29 Sofar se tweede spreekbeurt 20:1-29 Job se antwoord aan Sofar 21:1-34
Rondte 3 Job 22:1 – 26:14 Elifas se derde spreekbeurt 22:1-30 Job se antwoord aan Elifas 23:1 – 24:25 Bildad se derde spreekbeurt 25:1-6 Job se antwoord aan Bildad 26:1-14
3. Spreuke van Job Job 27:1 – Job 31:40
4. Elihu vat vir Job aan Job 32:1 – Job 37:24
5. God se woorde uit die stormwind Job 38:1 – Job 41:34
6. Job se ‘antwoord’ op God se ‘woord’ Job 42:1-6
7. Job as priester vir sy vriende, en sy herstel Job 42:7-17
12MODULE VI: POËTIESE BOEKE
WYSHEIDSLITERATUUR
Lesing 3 SPREUKE, PREDIKER EN HOOGLIED
INHOUD: ‘n Oorsig oor die Wysheidsliteratuur
INDELING EN VOORBEREIDING
Spreuke is vol insigte en waarhede wat God gegee het sodat ons ‘n vol lewe tot Sy eer kan lewe.Omdat Spreuke soms onreëlmatig en chaoties voorkom, kan die boek in die volgende temas, met simbole ingedeel word.
SIMBOOL TEMA
W/L WYSHEID EN INSIG
♥ HART
W WERK
M MATERIËLE RYKDOM
V VRIENDSKAP
H HUWELIK
K KINDERS
Lees Prediker en Hooglied
In Prediker (Salomo se eie outobiografie) wys hy hoedat ‘n onfeilbare koning tot ‘n tragiese einde kon kom. Ek en jy kan leer hoedat ‘n blink begin in ‘n tragedie kan ontvou deur een kernwaarheid te ignoreer. Die doel met die lang vraag is om te sien dat Prediker verstaan moet word in die lig van die Weg, geskiedenis en die bekering van Salomo.
Dag 1: ‘n Blink begin met God se Wet
Vraag 1: Waarteen waarsku God die toekomstige konings?Noem 4 waarskuwings (Deut 17:2-5; 17:16-17; 17:18-20)
Dag 2: Dwaalspoor wysheid of gevorderde wysheid
Vraag 2: Noem die wysheid wat Salomo uitgesoek het in Prediker 1:13-18Hoe beskryf Salomo die gevolg van sy dwaling in Prediker 2:15-17?
Oordenk die wysheid en pas dit toe op jou eie lewe
Dag 3: Misbruikte rykdom
Vraag 3: Wat wou Salomo in Prediker 2:1-11 met sy rykdom bekom en wie wou hy verheerlik?
Oordenk die wysheid en pas dit toe op jou eie lewe
Dag 4: Veelvoudige vroue
Vraag 4: Wat is die karaktertrekke van die vroue wat Salomo aangeskaf het (Prediker 7:26-29) en wat is die wysheid wat Salomo ontdek het na jare se ontrouheid aan God se plan (vgl Prediker 9:9-10)?
13
Dag 5: Gemengde aanbidding
Vraag 5: (i) Salomo het die Wet van God oortree (Eks 20:3-5). Wat was die gevolge?(ii) Wat sê die volgende verse wat Salomo moes leer (Prediker 3:14; 7:18; 8:12; 12:13-14)?
Oordenk die wysheid en pas dit toe op jou eie lewe
14KORT VRAE
Dag 1: Lees Spreuke 1 – 5 Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan
WYSHEID (Spreuke 1:7; Ps 119:38)
Vraag 1: Waar begin wysheid?
(a) By myself (b) By my ouers (c) By die Woord
KINDERS (Spreuke 1:1-9; Deut 6:4-9)
Vraag 2: Wat is ouers se verpligting?
(a) Vaders onderrig julle kinders (b) Luister na ander mense (c) Volg jou eie hart
Dag 2: Lees Spreuke 6 - 11Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan
WERK (Spreuke 6:6-11)
Vraag 1: Wat is die gevolg van luiheid?
(a) ‘n Lekker lewe (b) Armoede oorval jou (c) Slaap lekker
HUWELIK (Spreuke 5:15-19; Spreuke 31:10-29)Vraag 2: Wat sal ‘n wyse man as ‘n voorreg beskou?
(a) Hou van selfbeheersing (b) ‘n Man pluk die vrugte van sy vrou se goeie werk (c) Hy moet sy oë oophou vir allerlei geleenthede
Dag 3: Lees Spreuke 12 - 17Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan
MATERIËLE RYKDOM
Vraag 1: Hoe moet ‘n ryk man lewe na aanleiding van Spr 15:6?
(a) Regverdig (b) Alles hou vir homself (c) Hoogmoedig wees
Vraag 2: Hoe eer ons God deur die hantering van arm mense?
(a) Gee geen aandag aan hulle nie (b) Verdruk arm mense (c) Ons moet ons oor hulle ontferm
15Dag 4: Lees Spreuke 18:24Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan
VRIENDSKAP
Vraag 1: Maats kan mekaar breek ...?
(a) Kan nader as ‘n broer wees (b) Bly kwaad vir mekaar (c) Moet eerder rusie vermy
HART (Spr 4:23; Markus 7:21)
Vraag 2: Wat is die bron van ons gedrag?
(a) Ander mense bepaal ons gedrag (b) Dit begin in die hart (c) Dit word oorgeërf van ons voorgeslag (lê in ons gene)
Dag 5: Lees Prediker 1 – 12 en Hooglied 1 - 8
Vraag 1: Wat is die wysheid wat Salomo gekies het?
(a) Hy lê hom toe om te verstaan wat wysheid en kennis is (b) Om mag te bekom (c) Om die lewe te geniet
Vraag 2: Op watter manier stem ons liefde vir Christus ooreen met die liefde wat Salomo se bruid vir hom gehad het?
(a) ‘n Persoonlike en intieme verhouding tussen gelowige en Christus (b) Nader tot God alleenlik in krisistye (c) Twyfel aan God se liefde
16RAAMWERK VIR LESING
Inleiding
Hooglied
Die verhouding tussen Spreuke en Prediker
SPREUKE
Werk
Materiële rykdom
Vriendskap
Huwelik
Kinders