47
TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE

Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

  • Upload
    doduong

  • View
    243

  • Download
    20

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG

POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE

Page 2: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

INHOUD

BLADSY

MODULE VI : Die Poëtiese Boeke

Lesing 1 : Psalms 1

Lesing 2 : Job 6

Lesing 3 : Spreuke, Prediker en Hooglied 12

MODULE VII : Die Profetiese Boeke

Indeling

Inleiding tot die Profete

Lesing 1: Esegiël

Lesing 2 : Amos en Hosea

Lesing 3 : Jeremia

Lesing 4 : Jesaja

Lesing 5 : Sagaria en Maleagi

Lesing 6 : Daniël

Page 3: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

1

MODULE VI: POËTIESE BOEKE

Lesing 1 PSALMS

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybel bestek: Psalms, 1 – 150 Verpligte leeswerk: Psalms

INHOUD: Psalms – Met stem en instrument prys ons God

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Individuele en korporatiewe KlaagliedereLees: Psalm 3, 4, 5, 26, 27, 39, 40, 54, 56, 57, 63, 64, 85, 120, 140, 141

Vraag 1: Beskryf wat Dawid se vyande van hom sê. Volgens Dawid, hoe reageer God hierop?

Dag 2: Liedere van DankseggingLees: Psalm 8, 19, 29, 30, 32, 36, 41, 111, 113, 124, 129, 138, 146, 148, 150

Vraag 2: Volgens die Psalmskrywer, waar begin wysheid en waaroor beskik almal wat dit doen?

Dag 3: Liedere van God se Soewereine heerskappy en BedevaartsliedereLees: Psalm 43, 46, 47, 48, 76, 84, 87, 93, 96, 97, 98, 99, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134

Vraag 3: Waarmee word die reukolie vergelyk wat van Aaron se kop afloop tot in sy baard en waarvan is dit 'n teken?

Dag 4: Liedere van God se ToornigheidLees: Psalm 7, 35, 40, 58, 69, 79, 109, 139, 144

Vraag 4: Volgens die Psalmskrywer, wat is sy een begeerte en wat is sy hele lewe?

Dag 5: Liedere oor Christus se heerskappy en WysheidLees: Psalm 1, 2, 20, 21, 37, 45, 72, 101, 110, 132, 144

Vraag 5: Volgens die Psalmskrywer, wat sal veroorsaak dat die koning 'regverdige beslissings' oor God se volk sal vel?

Page 4: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

2

KORT VRAE

Dag 1: Individuele en korporatiewe KlaagliederePsalms 4, 5, 26, 27, 39, 40, 54, 56, 57, 63, 64, 85, 120, 140, 141

Vraag 1: Volgens die Psalmskrywer, waardeur word hy gered?

(a) God se Woord (b) God se mag (c) God se wysheid

Vraag 2: Volgens die Psalmskrywer, hoe sal God teen die bedrieër optree?

(a) Hy sal hom met skerp pyle en gloeiende kole tref (b) Hy sal hom vermorsel in die dag van oordeel (c) Hy sal hom deur die aarde laat verswelg

Dag 2: Liedere van DankseggingPsalm 8, 19, 29, 30, 32, 36, 41, 111, 113, 124, 129, 138, 146, 148, 150

Vraag 1: Volgens die Psalmskrywer, aan wie skenk God 'n huisgesin?

(a) Die gelukkige moeder (b) Die geringe (c) Die kinderlose

Vraag 2: Vir hoe lank wil die Psalmskrywer die Here prys?

(a) Solank hy kan (b) Solank hy lewe (c) Solank hy verstand het

Dag 3: Liedere van God se Soewereine heerskappy en BedevaartsliederePsalm 43, 46, 47, 48, 76, 84, 87, 93, 96, 97, 98, 99, 120, 121, 122, 123, 124, 125,126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134

Vraag 1: Volgens die Psalmskrywer, wat sal onderhandelings met die vyand in diestadspoort vergemaklik?

(a) Seuns gebore toe hul vader jonk was (b) Vertroue op die Here God (c) 'n Vrou wat nie inmeng nie

Vraag 2: Volgens die Psalmskrywer, waarmee sal die Here oor die wêreld heers?

(a) Met oordeel (b) Met regverdigheid (c) Met mag

Dag 4: Liedere van God se ToornigheidPsalm 7, 35, 40, 58, 69, 79, 109, 139, 144

Vraag 1: Die Psalmskrywer vra 'Laat ek U hoor sê...' - waarna verwys hy?

(a) Ek sien jou (b) Ek luister na jou (c) Ek red jou

Page 5: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

3Vraag 2: Waarom sal die Psalmskrywer sy lof aan die Here laat weerklink?

(a) Hy seën hom sy lewe lank (b) Hy beskerm hom teen sy vyande (c) Hy staan by die arme en red hom

Dag 5: Liedere oor Christus se heerskappy en WysheidPsalm 1, 2, 20, 21, 37, 45, 72, 101, 110, 132, 144

Vraag 1: Hoe behoort die koning vir sy mense te wees?

(a) Soos ‘n hen vir haar kuikens (b) Soos die reën vir die plante (c) Soos ‘n regverdige regter

Vraag 2: Wat sal verhoed dat God toornig word?

(a) Ons moet na God se stem luister, Hom altyd prys en Hom nooit verloën nie (b) Ons moet staan vir die waarheid, die armes te hulp snel en die siekes bystaan (c) Ons moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom

onderdanig wees

Page 6: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

4RAAMWERK VIR LESING

Psalms

TitelOuteur en datumAgtergrond en ligging

Sleutelpersone in Psalms

Dawid

Sleutelwoorde in Psalms

Sela Hoop Psalm Wet Waarheid

Historiese en Teologiese temasSleutel Doktrines

Die sondige natuur van die mens (1:4; 5:4; 32:1-4; 36:1; 51:2; 66:18; 78:17; 106:43; Gen. 6:5; Lev. 15:14; Deut. 31:18; Job 4:17–19; Ps. 130:3; Jer. 17:9; John 1:10, 11; Rom. 5:15-17; 1 John 1:8)

Die wet van God (1:1, 2; 78:1; 119:97; Exod. 20:1-21; Deut. 5:6–21; Jer. 11:4; Rom. 7:7-14; James 1:25; 1 John 3:4)

God se Karakter

God is toeganklik – (15:1; 16:11; 23:6; 24:3, 4; 65:4; 145:18) God is die verlosser – (106:43-45) God is ewig – (90:2; 102:25-27; 106:48) God is heerlik – 8:1; 19:1; 57:5; 63:2; 79:9; 90:16; 93:1; 96:3; 102:16; 104:1, 31; 111:3; 113:4; 138:5;

145:5, 11, 12 God is goed – 23:6; 25:8; 31:19; 33:5; 34:8; 52:1; 65:4; 68:10; 86:5; 104:24; 107:8; 119:68; 145:9 God is genadig – 116:5 God is groot – 86:10 God is heilig – 22:3; 30:4; 47:8; 48:1; 60:6; 89:35; 93:5; 99:3, 5, 9; 145:17 God is onveranderlik – 102:26, 27 God is regverdig – 9:4; 51:4; 89:14; 98:9; 99:3, 4 God is vriendelik – 17:7; 24:12; 25:6; 26:3; 31:21; 36:7, 10; 40:10, 11; 42:7, 8; 48:9; 63:3; 89:33, 49;

92:2; 103:4; 107:43; 117:2; 119:76, 88, 149; 138:2; 143:8 God is lankmoedigheid – 78:38; 86:15 God is genadig – 6:2, 4; 25:6; 31:7; 32:5; 36:5; 51:1; 52:8; 62:12; 86:5, 15; 89:28; 103:4, 8, 11, 17;

106:1; 107:1; 115:1; 118:1-4; 119:64; 130:7; 145:9; 147:11 God is die Allerhoogste – 83:18 God is alomteenwoordig – 139:7 God is alwetend – 139:1-6 God is sterk – 8:3; 21:13; 29:5; 37:17; 62:11; 63:1, 2; 65:6; 66:7; 68:33, 35; 79:11; 89:8, 13; 106:8;

136:12 God hou Sy beloftes – 89:3, 4, 35, 36; 105:42 God is 'n versorger – 16:8; 31:15; 33:10; 36:6; 37:28; 39:5; 73:16; 75:6, 7; 77:19; 91:3, 4, 11; 104:5-

9, 27, 28; 119:15; 121:4; 127:1, 2; 136:25; 139:1–5, 10; 140:7; 145:9, 17; 147:9 God is regverdig – 5:8; 7:9, 17; 11:7; 19:9; 22:31; 31:1; 35:24, 28; 36:6, 10; 40:10; 48:10; 50:6;

51:14; 69:27; 71:2, 15, 16, 19, 24; 73:12-17; 85:10; 96:13; 97:2, 6; 98:2, 9; 103:17; 111:3; 116:5; 119:7, 40, 62, 123, 137, 138, 142, 144, 172; 143:1, 11; 145:7, 17

God is soewerein – 2:4, 5; 3:3; 72:5 God is waarheid – 9:14; 11:7; 19:9; 25:10; 31:5; 33:4; 57:3, 10; 71:22; 85:10; 86:15; 89:14, 49;

96:13; 98:3; 100:5; 119:160; 139:2; 146:6 God is verenig – 83:18; 86:10 God is ondeurgrondelik – 145:3 God is opreg – 25:8; 92:15

Page 7: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

5 God is wys – 1:6; 44:21; 73:11; 103:14; 104:24; 136:5; 139:2-4, 12; 142:3; 147:5 God is toornig - 2:2-5, 12; 6:1; 7:11, 12; 21:8, 9; 30:5; 38:1; 39:10; 58:10, 11; 74:1, 2; 76:6, 8; 78:21,

22, 49-51, 58, 59; 79:5; 80:4; 89:30-32; 90:7-9, 11; 99:8; 102:9, 10

Interpretasieuitdagings

Jesus in die Psalms

Page 8: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

6MODULE VI: POËTIESE BOEKE

Lesing 2 JOB

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: “God’s Favourite” – God se gunsteling!Lees: Job 1:1,8; 2:3; 6:1-4; 16:7-14; asook hoofstuk 2 & 29

Vraag 1: Neil Simon skryf ‘n verhoogstuk, God’s Favourite, gebaseer op die Job-verhaal en lees ons die Here se glimlag-woorde oor Job in Job 2:3 (dieselfde bewoording in Job 1:1) wil ons met die titel van hierdie verhoogstuk saamstem. Hoofstuk 29 is ‘n uitweiding van hoofstuk 1:1, en vertel van “die beste jare van my (Job) se lewe”. Tog fokus die grootste deel van die boek Job (hoofstuk 3 – 37) op sy lyding en swaarkry. Job 1:10 lees treffend: “U beskerm hom (made a hedge around him) dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen voorspoedig (have blessed)”; in Job 3:23 loop ons dieselfde woord raak, “Waarom die lewenslig gee aan ‘n man wat vir hom geen pad vorentoe sien nie, ‘n man vir wie God van alles afgesny het (whom God has hedged in)?”, maar waar die eerste aanhaling dui op God se beskerming oor Job, dui die tweede op God wat hom van alles afsny! Wanneer jy hierdie (kontrasterende) gedagtes en verse lees, verwoord in jou eie woorde Job se dilemma met God (en sy lyding)!

Dag 2: Job as priesterLees: Job 1:4-5 & 42:8-10

Vraag 2: Verwoord – in jou eie woorde – hoe Job die rol / funksie van priester in die lewe van sy kinders en sy vriende vervul het.

Dag 3: ’n Skeidsregter en ‘n Engel, asseblief!Lees: Job 9:15,33 (lees hierdie verse ook in die Ou Afrikaanse Vertaling) en 33:23

Vraag 3: Job beleef die Here as ‘n / sy Regter, wie se vrae hy nie sou kon antwoord nie, van wie hy alleen maar genade sou kon smeek (vgl 8:5), daarom het Job ‘n sterk verlange na ‘n “skeidsregter” [mediator: (be-) middelaar] en ‘n “engel”! Watter rol / funksie / betekenis moes so ‘n “skeidsregter” en “engel” in Job se lewe vervul?

Dag 4: Die “Jy sal maai wat jy saai”-beginselLees: Job 4:5-9; 5:6 & 42:7-8

Vraag 4: In hoofstuk 4 skop Elifas die gesprekke tussen Job en sy drie vriende af. Elifas gee eintlik die pas aan; ook sê sy twee vriende nie juis iets anders as hy nie, net soms sterker en skerper. Elifas en sy vriende verwoord ook wat hulle tradisie (voorvaders en voorgeslag – onder andere 8:8,10) aan hulle voorgeskryf het, naamlik dat God beloon hulle wat opreg leef, en straf dié wat sondig. Daarom kom hulle maklik tot die gevolgtrekking dat Job moes gesondig het! Dus, Job oes (maai) nou alleen wat hy gesaai het! Daarom is hulle “raad” aan Job dikwels iets in die lyn van: (5:8): “As ek jy was, sou ek my tot God gewend het”; (5:17) “Jy moet die bestraffing van die Almagtige nie verontagsaam nie”; (11:14) “Maar as ... jy jou sonde van jou af sou verwyder ...; (22:21) “Onderwerp jou aan God”.Philip Yancey merk op dat hierdie “Jy sal maai wat jy saai”-beginsel vandag nog springlewendig is onder Christene en in baie kerke ... daag goed-bedoelende Christene by medegelowiges op onder andere in die hospitaal “bewapen” met hierdie “geloofswaarhede”. Hy haal een so ‘n pasiënt aan: “I wanted assurance and comfort, from God and from God’s people. In almost every case the Christians brought more pain and little comfort”. Hoeveel van hierdie beginsel (sogenaamde geloofswaarhede) meen jy leef nog in Christene se harte? Wat se raad en troos sou jy bied aan iemand wat siekte, swaarkry of verliese moet hanteer?

Dag 5: Hoop is meer as “a pie in the sky”!Lees: Job 13:3,15; 23:3-6; 25:4-6; 31:35 & 42:3b & 5-6

Vraag 5: Lees bogenoemde teksgedeeltes en verwoord Job se hoop daar vanuit onder die volgende drie inleidende sinne: 1) Job hoop dat hy die geleentheid sal kry om sy saak aan God te stel ...; 2) Sy vriende word egter hewig ontstel deur Job se arrogansie ...; en 3) Maar die groot verrassing is dat God uiteindelik opdaag!

Page 9: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

7KORT VRAE

Dag 1: Job 1:8; 2:3 & 42:7Job se CVVraag 1: Hoe stel die skrywer van die boek vir Job aan ons voor? (Terloops, die Here bevestig presies dieselfde eienskappe van Job)

(a) Vriendelik, gelowig, toegewyd, nederig (b) Vroom, opreg, dien die Here, vermy die kwaad (c) Vernaam, ryk, wys, belangrik

Vraag 2: Die Here noem Job ...(a) Sy seun (b) Sy skepsel (c) Sy dienaar

Dag 2: Job 1:6-12 & 2:1-7Jou satanskind!Vraag 1: Die skrywer van Job stel die satan aan die lesers voor as ...

(a) Een van die hemelwesens (b) ‘n Wese wat selfstandig optree/handel (c) ‘n Mitologiese/fiktiewe karakter

Vraag 2: God stel die volgende beperkinge op die satan se “aanraak” van Job:(a) Satan mag nie aan Job raak nie (b) Satan mag nie aan Job se besittings en liggaam raak nie (c) Satan mag nie aan Job se lewe raak nie

Dag 3: Job 1:21b; 2:10b; 9:19; 16:9; 23:13b; 22:13b; 42:3God is soewerein!Vraag 1: Job erken/bevestig God se soewereiniteit ....

(a) Maar worstel daarmee dat God nie reg laat geskied aan hom nie (b) Van die begin tot die einde (c) Nêrens in sy lewe nie

Vraag 2: Omdat God soewerein is en doen wat Hy wil, verstaan Job nie God se optrede nie en daarom ervaar Job God as ...

(a) Sy beskermer (b) Sy vriend (c) Sy teenstander

Dag 4: Job 6:15; 16:2,20; 19:3,5; 30:29Vriende, vriend, VRIENDEVraag 1: Job beskou sy vriende as ...

(a) Betroubaar (b) Hopelose troosters (c) Bespotters

Vraag 2: Job beskou die volgende diere as sy “broers” en “vriende”:(a) Wildedonkies en perde (b) Buffels en krokodille (c) Jakkalse en volstruise

Dag 5: Neem ‘n voëlvlug (scan) oor die hele boek JobWat is in ‘n Naam?Vraag 1: Die Godsnaam wat die meeste voorkom in die boek Job ...

(a) God [Elohim] (b) Almagtige [El Sjaddai] (c) Here [Jahweh]

Page 10: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

8

Vraag 2: Wat is die betekenis van die Godsnaam El-Sjaddai?(a) Bewerker van teëspoed (b) Bewerker van voorspoed (c) Die Almagtige wat in oorvloed seën en voorsien

Page 11: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

9

RAAMWERK VIR LESING

Inleiding: ‘n Tydlose storie (verkort uit Philip Yancey, The Bible Jesus Read)

Dag 1: “God’s Favourite” – God se gunsteling!Job 1:1,8; 2:3; 6:1-4; 16:7-14; asook hoofstuk 2 & 29

Dag 2: Job as priesterLees: Job 1:4-5 & 42:8-10

Dag 3: ’n Skeidsregter en ‘n Engel, asseblief!Lees: Job 9:15,33 (lees hierdie verse ook in die Ou Afrikaanse Vertaling) en 33:23

Dag 4: Die “Jy sal maai wat jy saai”-beginselLees: Job 4:5-9; 5:6 & 42:7-8

Dag 5: Hoop is meer as “a pie in the sky”!Lees: Job 13:3,15; 23:3-6; 25:4-6; 31:35 & 42:3b & 5-6

1. INLEIDING: ‘N TYDLOSE STORIE (verkort uit Philip Yancey, The Bible Jesus Read)

Die boek Job het vir Johannes Calvyn so gefassineer dat hy 159 van sy 700 preke daarop gefokus het. Die geskiedenis van die mensdom het sedertdien alleen die dringendheid van hierdie verhaal, sy vrae en worstelinge, verskerp, en kan die hedendaagse mens nie genoeg kry van Job se verhaal nie. Die motief van onverdiende lyding blyk op ‘n vreemd-egte manier te pas by ons pyn-deurweekte generasie (en eeu), ‘n era wat twee wêreldoorloë, twee atoombom-aanvalle, en meer as sy deel aan volks-massamoorde, insluit. Met die gevolg dat die beeld van Job, wat sugtend kla terwyl die lewe rondom hom inplons, blyk ‘n gunsteling modern sterotipe te wees.

Job se vriende (die dialoë tussen Job en sy drie (vier) vriende beslaan die grootste deel van die boek: hoofstuk 3 - 37) het daarop aangedring dat ‘n liefdevolle, regverdige en almagtige God (tog) hier op aarde moet inval by bepaalde reëls soos, dat hulle wat goed doen, beloon moet word, en hulle wat kwaad doen, gestraf moet word. Daarom kom bykans elke verklaring en uitspraak deur hierdie sogenaamde vriende van Job tot die basiese konklusie: Aangesien Job swaarkry, het hy sekerlik gesondig!

Vir Job, wat sy eie hart geken het, het hierdie “feite” (... en sý “feite”) nie by mekaar uitgekom nie. Hy het niks gedoen (geen só ‘n groot sonde!) wat só ‘n uitbreek van ellende verdien nie. Die waarheid is dat die vrae wat Job so welsprekend uitspreek, het nié oor die eeue vervaag nie, maar het dit net harder en skriller geword. Die novelle van Spark, The Only Problem, verwoord ‘n gesprek rondom die vraag, How can a good God allow suffering? En munt dan die volgende frase: It’s the only problem, in fact, worth discussing. Tog kom Yancey tot die konklusie dat die boek Job geensins oor die probleem van pyn gaan nie; die detail van lyding dien alleen as die “bestanddele” van die storie, en nie die sentrale tema nie. Gesien, in sy geheel, gaan die boek Job oor GELOOF – die storie van ‘n man wat uitgesonder word om bykans oorweldigende beproewinge te deurstaan. Sy RESPONS hierop, egter, bied nie net ‘n boodskap aan lydende mense nie, maar aan elkeen wat op planeet Aarde leef.

Hoofstuk 3 – 37, wat fokus op lyding, word voorafgegaan deur die plot van die boek, soos weergegee in hoofstukke 1 & 2, en hierdie plot affekteer die konteks van alles wat daarop volg. In hoofstukke 1 & 2 lig Job die gordyne vir ‘n oomblik, en kry ons ‘n kykie na bonatuurlike gebeure en aktiwiteite, gewoonlik weggesteek van ons uitsig. Dis asof ons – die gehoor – voortydig opgedaag het by ‘n persverklaring waarin die regisseur van die verhoogstuk sy werk verduidelik. En sodoende kan ons – die leser – verstaan dat hierdie drama (wat afspeel in die hemel), en die titel van hierdie drama is: Die wedywering oor Job se geloof. Gaan Job bly glo in God of gaan hy God verloën?

Vir ons, as die gehoor, behoort Job se vrae en worstelinge nie te ontspoor nie, want ons ken reeds die antwoord! Wat het Job verkeerd gedoen? Hoegenaamd niks nie! God self noem hom “vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad’ (2:3). Waaroor gaan sy lyding dan? Ons, die leser, weet vooraf reeds dat Job nie gestraf word nie. Alles behalwe, hy is uitgesonder as die hoofkarakter in ‘n hemelse wedywering. Job

Page 12: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

10represents the very best of the species, and God is using him to prove to Satan that a human being’s faith can be genuine and selfless, not dependent on God’s good gifts.

2. SKRYWER VAN DIE BOEK JOB

Dis onseker wie dié Bybelboek geskryf het. Sommige navorsers skryf dit toe aan Job self; ander reken dit was Moses, Salomo of een van die profete. Daar is verskeie teorieë oor onbekende skrywers individue sowel as mede-skrywers.

3. DATERING VAN DIE BOEK JOB

Net so uiteenlopend soos die teorieë oor die outeurskap is dié oor die boek se ontstaansdatum. Die gebruike en algemene lewenswyse in die boek Job lyk of dit met dié van die aartsvaders ooreenstem.

JH Kroeze meen ons kan iets aflei uit die name van Job se vriende. Elifas was ‘n Temaniet (Job 2:11), en in Genesis 36:11 is Teman ‘n seun van Elifas, die seun van Esau. Die vriend van Job kan dus ‘n jongere Elifas uit daardie geslag wees. Bildad was ‘n Suagiet (Job 2:11), dus was hy na alle waarskynlikheid ‘n nakomeling van Suag, ‘n seun van Abraham en Ketúra (Genesis 25:2). Hierdie name bring ons dus in die tydperk van die aartsvaders.

Verder, was die nakomelinge van die Ooste bekend vir hulle wysheid (1 Konings 4:30). Veral Teman, die land van Elifas, was ‘n land van wyse mense (Jeremia 49:7).

4. KULTUUR-HISTORIESE AGTERGROND TOT DIE BOEK JOB

Na alle waarskynlikheid was Job ‘n werklike persoon. In twee Skrifgedeeltes buite die boek Job word na hom verwys – Esegiël 14:14,20 & Jakobus 5:11.

Job was ‘n vername en welgestelde nie-Israeliet wat nogtans (Israel se ...) God by die Naam Sjaddai – die Almagtige – geken het. (Die Godsnaam Sjaddai kom nagenoeg 30 keer in die boek Job voor.) Verder is dit opmerklik dat die Here vir Job “My dienaar” noem (1:8; 2:3; 42:7).

Inligting oor die kulturele agtergrond tot die verhaal is ten beste gebrekkig. Enkele brokkies is: 1] die gesinstruktuur met die patriargale funksies van priester en intersessor (1:4-5; 42:8; 2] die algemene praktyk om rykdom te bereken volgens aantal vee en kinders wat iemand besit (1:2-3); 3] die gebruik van die Semitiese terme soos Elohim, Elo-aa en Sjaddai eerder as die algemener Israelitiese benaming vir God, naamlik Jahweh; en 4] die terloopse verwysing na afgodsaanbidding (heel waarskynlik Sabianisme, een van die vroegste vorme van son- en maanaanbidding).

Hoewel baie mense glo die boek Job ondersoek die universeel boeiende vraag na hoekom regverdiges lyding verduur, is dit eerder ‘n demonstrasie van die krag wat in geloofstrou lê en die oorwinning wat geloof bied in die konteks van onbeantwoorde vrae.

Page 13: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

11

INHOUD VAN DIE BOEK JOB

1. Inleiding Job 1:1 – Job 2:13

Job is vroom sowel as welgesteld en belangrik 1:1-5 Satan bevraagteken Job se opregtheid 1:6-12 Satan raak aan Job se besittings 1:13-22 Satan raak aan Job se gesondheid 2:1-8 Job se vrou se reaksie 2:9-10 Job se vriende besoek hom 2:11-13

2. Die dialoë tussen Job en sy drie vriende Job 3:1 – Job 26:14

Job se wanhopige hulpkreet/Job se Waarom?’s 3:1-26

Rondte 1 Job 4:1 – 14:22 Elifas se eerste spreekbeurt 4:1 – 5:27 Job se antwoord aan Elifas 6:1 – 7:21 Bildad se eerste spreekbeurt 8:1-22 Job se antwoord aan Bildad 9:1 – 10:22 Sofar se eerste spreekbeurt 11:1-20 Job se antwoord aan Sofar 12:1 – 14:22

Rondte 2 Job 15:1 – 21:34 Elifas se tweede spreekbeurt 15:1-35 Job se antwoord aan Elifas 16:1 – 17:16 Bildad se tweede spreekbeurt 18:1-21 Job se antwoord aan Bildad 19:1-29 Sofar se tweede spreekbeurt 20:1-29 Job se antwoord aan Sofar 21:1-34

Rondte 3 Job 22:1 – 26:14 Elifas se derde spreekbeurt 22:1-30 Job se antwoord aan Elifas 23:1 – 24:25 Bildad se derde spreekbeurt 25:1-6 Job se antwoord aan Bildad 26:1-14

3. Spreuke van Job Job 27:1 – Job 31:40

4. Elihu vat vir Job aan Job 32:1 – Job 37:24

5. God se woorde uit die stormwind Job 38:1 – Job 41:34

6. Job se ‘antwoord’ op God se ‘woord’ Job 42:1-6

7. Job as priester vir sy vriende, en sy herstel Job 42:7-17

Page 14: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

12MODULE VI: POËTIESE BOEKE

WYSHEIDSLITERATUUR

Lesing 3 SPREUKE, PREDIKER EN HOOGLIED

INHOUD: ‘n Oorsig oor die Wysheidsliteratuur

INDELING EN VOORBEREIDING

Spreuke is vol insigte en waarhede wat God gegee het sodat ons ‘n vol lewe tot Sy eer kan lewe.Omdat Spreuke soms onreëlmatig en chaoties voorkom, kan die boek in die volgende temas, met simbole ingedeel word.

SIMBOOL TEMA

W/L WYSHEID EN INSIG

♥ HART

W WERK

M MATERIËLE RYKDOM

V VRIENDSKAP

H HUWELIK

K KINDERS

Lees Prediker en Hooglied

In Prediker (Salomo se eie outobiografie) wys hy hoedat ‘n onfeilbare koning tot ‘n tragiese einde kon kom. Ek en jy kan leer hoedat ‘n blink begin in ‘n tragedie kan ontvou deur een kernwaarheid te ignoreer. Die doel met die lang vraag is om te sien dat Prediker verstaan moet word in die lig van die Weg, geskiedenis en die bekering van Salomo.

Dag 1: ‘n Blink begin met God se Wet

Vraag 1: Waarteen waarsku God die toekomstige konings?Noem 4 waarskuwings (Deut 17:2-5; 17:16-17; 17:18-20)

Dag 2: Dwaalspoor wysheid of gevorderde wysheid

Vraag 2: Noem die wysheid wat Salomo uitgesoek het in Prediker 1:13-18Hoe beskryf Salomo die gevolg van sy dwaling in Prediker 2:15-17?

Oordenk die wysheid en pas dit toe op jou eie lewe

Dag 3: Misbruikte rykdom

Vraag 3: Wat wou Salomo in Prediker 2:1-11 met sy rykdom bekom en wie wou hy verheerlik?

Oordenk die wysheid en pas dit toe op jou eie lewe

Dag 4: Veelvoudige vroue

Vraag 4: Wat is die karaktertrekke van die vroue wat Salomo aangeskaf het (Prediker 7:26-29) en wat is die wysheid wat Salomo ontdek het na jare se ontrouheid aan God se plan (vgl Prediker 9:9-10)?

Page 15: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

13

Dag 5: Gemengde aanbidding

Vraag 5: (i) Salomo het die Wet van God oortree (Eks 20:3-5). Wat was die gevolge?(ii) Wat sê die volgende verse wat Salomo moes leer (Prediker 3:14; 7:18; 8:12; 12:13-14)?

Oordenk die wysheid en pas dit toe op jou eie lewe

Page 16: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

14KORT VRAE

Dag 1: Lees Spreuke 1 – 5 Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan

WYSHEID (Spreuke 1:7; Ps 119:38)

Vraag 1: Waar begin wysheid?

(a) By myself (b) By my ouers (c) By die Woord

KINDERS (Spreuke 1:1-9; Deut 6:4-9)

Vraag 2: Wat is ouers se verpligting?

(a) Vaders onderrig julle kinders (b) Luister na ander mense (c) Volg jou eie hart

Dag 2: Lees Spreuke 6 - 11Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan

WERK (Spreuke 6:6-11)

Vraag 1: Wat is die gevolg van luiheid?

(a) ‘n Lekker lewe (b) Armoede oorval jou (c) Slaap lekker

HUWELIK (Spreuke 5:15-19; Spreuke 31:10-29)Vraag 2: Wat sal ‘n wyse man as ‘n voorreg beskou?

(a) Hou van selfbeheersing (b) ‘n Man pluk die vrugte van sy vrou se goeie werk (c) Hy moet sy oë oophou vir allerlei geleenthede

Dag 3: Lees Spreuke 12 - 17Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan

MATERIËLE RYKDOM

Vraag 1: Hoe moet ‘n ryk man lewe na aanleiding van Spr 15:6?

(a) Regverdig (b) Alles hou vir homself (c) Hoogmoedig wees

Vraag 2: Hoe eer ons God deur die hantering van arm mense?

(a) Gee geen aandag aan hulle nie (b) Verdruk arm mense (c) Ons moet ons oor hulle ontferm

Page 17: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

15Dag 4: Lees Spreuke 18:24Dui bogenoemde temas met toepaslike simbole aan

VRIENDSKAP

Vraag 1: Maats kan mekaar breek ...?

(a) Kan nader as ‘n broer wees (b) Bly kwaad vir mekaar (c) Moet eerder rusie vermy

HART (Spr 4:23; Markus 7:21)

Vraag 2: Wat is die bron van ons gedrag?

(a) Ander mense bepaal ons gedrag (b) Dit begin in die hart (c) Dit word oorgeërf van ons voorgeslag (lê in ons gene)

Dag 5: Lees Prediker 1 – 12 en Hooglied 1 - 8

Vraag 1: Wat is die wysheid wat Salomo gekies het?

(a) Hy lê hom toe om te verstaan wat wysheid en kennis is (b) Om mag te bekom (c) Om die lewe te geniet

Vraag 2: Op watter manier stem ons liefde vir Christus ooreen met die liefde wat Salomo se bruid vir hom gehad het?

(a) ‘n Persoonlike en intieme verhouding tussen gelowige en Christus (b) Nader tot God alleenlik in krisistye (c) Twyfel aan God se liefde

Page 18: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

16RAAMWERK VIR LESING

Inleiding

Hooglied

Die verhouding tussen Spreuke en Prediker

SPREUKE

Werk

Materiële rykdom

Vriendskap

Huwelik

Kinders

Page 19: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

17

MODULE VII: DIE PROFETIESE BOEKE

BOEK KERNVERSE TEMAS

Vier groot profete

Jesaja 40:1,3 Die uitkoms is hier!

Jeremia 4:1 Daar is ‘n vooruitsig van terugkeer en herstel, maar eers deur ballingskap heen

Esegiël 36:26,27 Die heerlikheid van God

Daniël 4:35 Die Koninkryk van God

Twaalf klein profete

Hosea 14:5,6 Die genade en liefde van God

Joël 2:1 Die Dag van die Here

Amos 4;13 Die verskil tussen ware en valse godsdiens

Obadja Vs 16 Daar is net één fondament: God

Jona 3:10 Oordeel van die Here oor Nineve: genade word aan die heidene verkondig

Miga 7:18 Sonde en oordeel; belofte van wêreldwye vrede

Nahum 1:7 Oordeel oor Assirië; bevryding van die volk van God in vooruitsig gestel

Habakuk 2:4 God sal die veroweraar nie ongestraf laat bly nie; klagtes van die profeet; die regverdige sal deur geloof lewe

Sefanja 1:14-16 Profesie van verwoesting van Israel en omringende volke

Haggai 1:4 Aansporing tot die herbou van die tempel

Sagaria 4:6b Visioene oor herstel van Jerusalem, herbou van die volk; profesieë aangaande die Messiaanse Ryk

Maleagi 4:2 Uitwys van Juda se sonde (in die erediens, huwelikslewe) en uitsprake oor toekomsverwagtings.

Page 20: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

18DIE PROFETE

Aangesien dit onmoontlik is om al die profete volledig te behandel, word stilgestaan by die vier groot profete, asook vier van die klein profete.

INLEIDING TOT DIE PROFETE

BYBELBIBLIOTEEK

U sal nog van baie lank terug onthou dat die Jode wat die Ou Testament as enigste Bybel gehad het, dit in drie dele opgedeel het.

Kyk ons na ons eie indeling van die Ou Testament dan sien ons in ons Bybelbiblioteek 'n onderskeid tussen die historiese boeke, die digterlike boeke, en die profetiese boeke. Laasgenoemde vorm die grootste enkele groep geskrifte in die Ou Testament.

Kyk ons meer spesifiek na die plek én indeling van die profeteboeke, dan sien ons die vier groot profete staan eerste in die ry. Hulle word "groot" genoem, nie omdat hulle groter is as die kleiner profete nie, maar omdat hulle "dikker" is - hulle geskrifte is van veel groter omvang as die ander en hulle is dus só gerangskik.

Die rangskikking van die twaalf kleiner profeteboeke word bepaal deur twee faktore:

a) Die kronologiese volgorde soos uitgewerk (dikwels nie heeltemal reg volgens ons nie) deur die kanonsamestellers, en

b) die omvang of volume van die werke.

So kry ons byvoorbeeld dat Hosea met sy 14 hoofstukke vóór Amos met sy nege hoofstukke plek kry, alhoewel Amos kronologies vóór Hosea opgetree het en eintlik ons oudste Skrifprofeet is. Dit is dus 'n omvangsrangskikking. Op dieselfde plek kry ons egter ook vir Joël met sy drie hoofstukke en dié is daar ingedruk vanweë die tradisie dat hy 'n tydgenoot van Amos was. Hier het ons dus 'n kronologiese ordening van die boeke. Om elkeen se plek te verstaan, is bo my vuurmaakplek. Ek aanvaar maar die indeling soos dit is en probeer hard om net die 12 se name te onthou. En die lees daarvan te geniet ... want elke profeet het 'n eie handtekening, 'n eie styl; elkeen speel as't ware sy eie instrument. My roeping is mos nie allereers om te stry oor sy plek in die kanon nie, maar om die klank en kleur van elke profeteboek helder en duidelik op te vang. Om dit reg te kry moet ons ook iets van die verskynsel van profetisme verstaan.

DIE PROFETISME

Die profetisme is nie 'n unieke Israelitiese verskynsel nie. Dit kom algemeen onder die Semitiese volke, soos byvoorbeeld die Kanaäniete of die Arabiere met hulle profeet Mohammed voor. Ons hoor daarvan in die Persiese godsdienste - Zaratoestran en in die Ooste met sy Boedha. Ons kry dit onder die Indiane in Amerika, en Afrika word genoem die 20ste-eeuse kontinent van profete.

En tog, alhoewel dit algemeen voorkom, het dit in Israel 'n unieke funksie gehad. Die profete - en daar was baie van hulle - het oor 'n lang periode van 900 jaar opgetree, en vorm een van die belangrikste elemente in die ou gewyde geskiedenis. Trouens, die profesie het eintlik nooit ontbreek nie. Daarom hoor ons van die vroeë profete, dit is die sogenaamde Woordprofete, wat in drie vroeë verskynings na vore tree. Een daarvan was die ekstatiese profete. Dit is onder so 'n groep dat Saul verdwaal geraak het. Hulle het van musiek gebruik gemaak om hulle in 'n toestand van ekstase te bring. Dit was dus soos vroeë "disko" alhoewel die funksie belangriker was. Dit wil lyk asof hulle mettertyd van die toneel verdwyn het.

Dan was daar die siener wat nie in die openbaar verskyn het nie, maar deur mense besoek is en van raad bedien is. Amper soos ons fortuinverteller vandag, maar weer eens het hulle 'n belangrike rol gespeel in die godsdiens van Israel. Dan was daar die manne van God, soos Samuel, Elia en Elisa. Hierdie mense kon wonderdade verrig en verborgenhede verklaar. Hulle is deur die mense gevrees omdat hulle heil en onheil kon bring in dieselfde funksie van die sangoma heel waarskynlik in Afrikakulture vervul of die sjaman in ander wêrelddele.

Die tyd waarin hierdie groep opgetree het, staan ook bekend as die pre-klassieke periode, terwyl die klassieke profete die sogenaamde Skrifprofete is. Die ander was net Woordprofete. Hierdie nie-klassieke profetedom (dit wil sê die mees tipiese vorm, die eintlike vorm) hang nou saam met die Koningskaptydperk in Israel. Voor koning Saul se tyd was daar rigters en was die volk eintlik direk op die Here aangewese.

Page 21: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

19Indien gevaar gedreig het, het die Here net 'n rigter aangestel wat sy volk moes bevry. Maar in die tyd van Samuel, tydens die Filistyne se strooptogte, het die behoefte ontstaan aan 'n permanente weermag én 'n simbool van nasionale eenheid tussen die stamme. Hulle wou 'n koning hê en toe het God van profete gebruik gemaak as sy boodskappers.

Hulle sou die konings, en ook die volk begelei, ook tydens die ballingskap en selfs daarna toe Israel in sy eie land gewoon het onder ander lande se vlae.

Die profete moes die gebeure van destyds vir die volk interpreteer en was dus fyn waarnemers van elke verandering in die kultuur én die natuur om dit in terme van die alledaagse lewe te interpreteer. Hulle moes God se woord bring, die vinger lê op seer plekke in die lewe van mense en volke én balsem smeer op diep wonde. Die profeet was die persoon wat moes leef en handel in die gebied waar die goddelike en die menslike mekaar raak en daarom het party gesigte of visioene gesien, het die Engel van die Here met party gepraat, het party eienaardige smaak- of gevoelswaarneminge gehad, siek geword of gedroom. Die eintlike bron van openbaring was die Gees van God.

WANNEER HET HULLE OPGETREE?

Die Skrifprofete, dit wil sê dié van wie ons geskrifte het, se optrede was ten nouste gekoppel aan die destydse wêreldgebeure. Vier groot tydperke kan onderskei word:

A. 750 - 700 v.C. Dis die tyd van die Assiriese mag en die profete wat hier optree is Amos en Hosea in die Noordryk en Jesaja en Miga in die Suidryk.

B. 650 - 586 v.C. Hier begin die Assiriese ryk wankel en beleef ons die opkoms van die Babiloniese ryk. Dis die tyd van Nahum, Habakuk en Sefanja en veral ook Esegiël en Jeremia.

C. Die tyd van die Babiloniese ballingskap - weer Esegiël en dele uit Jesaja stam vermoedelik ook uit dié periode.

D. Die tyd na die ballingskap met die profete Haggai, Sagaria en Maleagi as sentrale figure.

Daarna het die verskynsel van die profeet stadig maar seker verdwyn.

DIE BOODSKAP

Daar bestaan soveel profetiese geskrifte en die boodskap daarvan is so ryk dat dit moeilik is om alles saam te vat. Kom ons probeer nietemin deur te sê dat al die profete in 'n mindere of 'n meerdere mate oor die verlede, die hede en die toekoms gepraat het en aan die hand daarvan kan ons iets van die boodskap verstaan.

A. Die verlede: die heilsgeskiedenis

Die verlede was vir ou Israel baie belangrik. Hulle het gereeld aan die geskiedenis teruggedink, want dit het hulle altyd getroos. Veral het hulle nagedink oor die wonderlike dinge wat die Here gedoen het in die lewe van die aartsvaders, tydens die uittog, in die woestyn, by die berg Sinai, en die intog. Telkens, wanneer hulle hieroor nagedink het, is hulle geloof versterk en het dit hulle moed gegee om met die lewe voort te gaan.

By die profete verkry hierdie geskiedenis 'n baie negatiewe betekenis. Hulle het dit teen die volk gebruik. Volgens die profete het die Here soveel vir hierdie volk gedoen en ten spyte daarvan het hulle die rug op Hom gedraai. Die profeet Jesaja gebruik 'n wonderlike beeld. Hy sê dat Israel met 'n wingerd en die Here met die eienaar daarvan vergelyk kan word. Die Here het hierdie wingerd liefdevol versorg: Hy het dit omgespit, alle klippe verwyder, 'n wagtoring opgerig en nog baie ander dinge gedoen. Met reg kon die Here uitsien na 'n wonderlike oes, want Hy het soveel ingesit. Alles was egter 'n bittere teleurstelling, want die druiwe was suur. Geen wonder dan dat die eienaar die wingerd wou verwoes nie. So was dit ook met Israel die geval. Die Here het soveel moeite met hierdie volk gedoen en hulle met soveel liefde gekoester, maar die eindresultaat was niks anders as 'n bittere teleurstelling nie. Die profete het Israel daarom gewaarsku dat die oordeel van die Here naby is.

Page 22: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

20B. Die hede: kritiek

Die rede waarom die profete so negatief teenoor die verlede gestaan het, was omdat Israel se hede so verskriklik was. Die volk het allerlei dinge gedoen wat lynreg teenoor die wil van die Here gestaan het. Die optrede van die konings was van so 'n aard dat hulle net onheil oor die land gebring het. 'n Noue band het tussen die koning en die volk bestaan. Die Here wou die volk deur die koning seën, maar dan moes die koning die Here opreg gedien het. Volgens die profete was dit egter nie die geval nie en daarom kon hulle onder geen omstandighede die seën van die Here verwag nie. Verder het die volk op die voetspoor van die konings getrap en hulle aan sosiale misdrywe skuldig gemaak. Die rykes van elke dorp het sulke swaar belastings gehef dat die arme kleinboer nie die mas kon opkom nie.

Indien hy nie kon betaal nie, het hulle sy plaas van hom weggeneem terwyl die boer self slawediens verrig het. Mense kon ook sommer verslaaf word indien hulle nie die skuld op hulle sandale en ander kleiner items kon betaal nie. Ook by die erediens het die volk oortree. Hulle het die Here nie meer lief gehad nie en daarom was hulle offers bloot uiterlike handelinge. So erg was dit dat die profete voortdurend aan die volk moes sê dat die Here meer in mense se gedrag as in offers belangstel.

C. Die toekoms: die dag van die Here

Die profete het die volk van die Here se toekomstige oordeel vertel. En die beeld wat hulle hiervoor gebruik het, was die "dag van die Here". Van die vroegste tye af het Israel die verwagting gekoester dat die Here op 'n sekere dag sal intree en sy volk op 'n wonderbaarlike manier sal help. Amos was die eerste profeet wat die volk met die gedagte moes ontnugter dat die dag van die Here ook straf vir sy eie volk sou inhou. Dit was seker 'n geweldige skok vir die volk om die teenoorgestelde te hoor as dit waarop hulle gehoop het.

Die "dag van die Here" het toe inderdaad gekom met die val van Samaria in 722 v.C. en Jerusalem in 586 v.C. Na hierdie twee rampspoedige gebeurtenisse het die profete voortgegaan om oor die dag van die Here te praat. Nou het dit wel 'n positiewe inhoud gekry. Die profete het nou verkondig dat die Here weer op 'n sekere dag sal kom en dat Hy ten behoewe van sy volk sal ingryp. Op verskillende maniere het die profete oor hierdie toekomstige ingrype van die Here gepraat.

TYD VAN OPTREDE

Suidryk NoordrykJesaja - die eerste evangelis Amos, die prekende boerMiga - die kaalvoet vredemaker Hosea, die bedroë eggenoot

650 - 586 v.C. (Babilonië)

Sefanja - die nagwagNahum - die oorlogkorrespondentHabakuk - die skrynwerkerJeremia - die tevergeefse predikerObadja - die prokureur-generaal

Ballingskap

Esegiël - die sienerDaniël - die leeutemmer

Na-ballingskap

Haggai - die lekepredikerSagaria - die KersprofeetMaleagi - die boodskapperJoël - die Pinksterman

En dan natuurlik nog Jona. Die wegloper kom ook by. Maar sy tyd van optrede is onbekend.

Page 23: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

21MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 1 ESEGIËL

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Die Openingsvisioen

Lees Esegiël 1 – 3

Vraag 1: Beskryf God se opdrag aan Esegiël en sy reaksie.

Dag 2: Lewensbelangrike beginsels oor menslike en persoonlike verantwoordelikheidLees Esegiël 18 en 40 - 42

Vraag 2: Hoe rym jy Esegiël 18 met 1 Kor 7:14 (van lg. Is NIV ‘n parafrase; die OAV is letterlik)?

Dag 3:

Lees Esegiël 9 – 10 en 43

Vraag 3: In watter opsig is bogemelde twee skrifgedeeltes spieëlbeelde van mekaar?

Dag 4: Die Volmaakte Opperherder

Lees Esegiël 34 en 44 – 46

Vraag 4: In Esegiël word geprofeteer dat God ‘n Volmaakte Opperherder vir Sy volk gaan gee. Waarna verwys die profesie?

Dag 5: Die Heerlike herstel

Lees Esegiël 36 en 47 – 48

Vraag 5: In Esegiël 36 lees ons dat die Here vir Hom ‘n nuwe volk gaan oprig wie se harte aan Hom verkleefd sal wees. Om dit reg te kry, sal Hy Sy verstrooide volk vanuit die nasies versamel, hulle reinig met skoon water en maak dat hulle gehoorsaam aan Hom leef. Op watter twee maniere gaan Hy dit bewerkstellig?

Page 24: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

22

KORT VRAE

Dag 1: Die Openingsvisioen

Lees Esegiël 1 – 3

Vraag 1: Watter karaktertrek van God kom die sterkste na vore in die openingsvisioen?

(a) Sy alwetendheid (b) Sy soewereiniteit (c) Sy heiligheid

Vraag 2: Die glans rondom die figuur op die troon word beskryf soos ‘n ...

(a) Reënboog (b) Metaal (c) Vuur

Dag 2: Lewensbelangrike beginsels oor menslike en persoonlike verantwoordelikheid

Lees Esegiël 18 en 40 – 42

Vraag 1: Waarop sou jy sê sinspeel die gesig van die nuwe tempel?

(a) ‘n Tempel wat in Jerusalem gebou moet word voor die koms van Christus (b) Die Nuwe Testamentiese gemeente (c) ‘n Tempel wat iewers in die toekoms (ook ons toekoms) in Jerusalem

gebou gaan word

Vraag 2: Wat is die betekenis van Israel se spreekwoord: “Die vaders eet groen druiween dan word die kinders se tande stomp”?

(a) Kinders word gestraf vir hulle ouers se sonde (b) Ouers is verantwoordelik vir hulle kinders se sonde (c) Elkeen is verantwoordelik vir homself

Dag 3:

Lees Esegiël 9 – 10 en 43

Vraag 1: Aan watter ander gedeelte in die Ou Testamentiese geskiedenis laatEsgiël 10 jou dink?

(a) Die sondvloed en die ark (Gen 6 – 8) (b) Die tyd van Eli (1 Sam 4) (c) Die dood van Absalon (2 Sam 18)

Vraag 2: Hoe weet ons dat God na die tempel teruggekeer het?

(a) Die tempel was presies (b) Die tempel was vol van die magtige teenwoordigheid van God (c) Daar was ‘n man by Esegiël met ‘n meetstok

Dag 4: Die Volmaalte Opperherder

Lees Esegiël 34 en 44 - 46

Vraag 1: In Esgiël 34 word Israel se herders/heersers veroordeel. Wat was een van hulle sondes?

Page 25: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

23(a) Dit het vir hulle bloot om eie belang gegaan (b) Hulle het die volk tot afgodery verlei (c) Hulle het onrein diere geoffer

Vraag 2: Watter Levitiese priesters kon dienswerk doen in die heiligdom van die tempel?

(a) Die geslag van Sadok (b) Die geslag van Aaron (c) Die geslag van Moses

Dag 5: Die Heerlike Herstel

Lees Esegiël 36 – 38 en 47 – 48

Vraag 1: God gaan die land herstel, daarom sal dit wees soos

(a) ‘n Groot stad (b) Die tuin van Eden (c) ‘n Land wat verlate is

Vraag 2: God sal die volk straf ter wille van

(a) Sy Woord en Sy almag (b) Sy Heilige Naam (c) Sy volk se herstel

Page 26: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

24

RAAMWERK VIR LESING

1. Oorsigtelike Inleiding

2. Esegiël 1 : Die Openingsvisioen

3. Esegiël 18 : Agt lewensbelangrike beginsels oor menslike en persoonlike verantwoordelikheid

4. Esegiël 34 : Die Volmaakte Opperherder

5. Esegiël 36:24-32: Die Heerlike Herstel

6. Esegiël 40 – 48 : Profesieë en Vervolmaking

Page 27: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

25MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 2 AMOS EN HOSEA

Voorgeskrewe leeswerk:

Lees die hele Amos en Hosea 1 – 4 en 11 – 14

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Amos 1 – 3

Vraag 1: Waarvan beskuldig die Here Israel?

Dag 2: Amos 4 – 6

Vraag 2: Noem 4 strawwe waarmee die Here Sy volk tot bekering geroep het en hoe hulle daarop reageer het (memo 4:6-11).

Dag 3: Amos 7 – 9

Vraag 3: Waarvan beskuldig Amasia vir Amos en hoe antwoord Amos hom? (memo 7:10-17)

Dag 4: Hosea 1 – 4

Vraag 4: Hoe het Hosea se huislike omstandighede by hom ‘n begrip vir God se onbaatsugtige liefde vir ontroue Israel gegee?

Dag 5: Hosea 11 – 1

Vraag 5: Wat is die belangrikste rede waarom die Here Israel wil verwerp? En waarom doen Hy dit nie?

Page 28: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

26

KORT VRAE

Dag 1: Amos 1 – 3

Vraag 1: Amos 1 – 2 bestaan uit...

(a) Ses oordeelsaankondigings (b) Sewe oordeelsaankondigings (c) Agt oordeelsaankondigings

Vraag 2: Wat sal God doen as Israel sondig?

(a) Hy sal hulle kuddes tref (b) Hy sal hulle kinders tref (c) Hy sal hulle huise tref

Dag 2: Amos 4 – 6

Vraag 1: Israel se onbekeerlikheid het die gevolg dat ...

(a) Die Here honger, droogte en peste oor hulle laat kom (b) Dat die vyand hulle land sal in neem (c) Die Here hulle sal prys

Vraag 2: So sê die Here…

(a) Julle moet die stede opbou (b) Vra na my wil en julle sal lewe (c) Die dag van die Here sal Hy lig bring

Dag 3: Amos 7 – 9

Vraag 1: Amos was ‘n ...

(a) ‘n Veeboer (b) ‘n Priester (c) ‘n Vrugteboer

Vraag 2: Amasia beskuldig Amos van…

(a) Dat hy met prostitute omgaan (b) Dat hy ‘n komplot teen koning Jerobeam smee (c) Dat hy nie ‘n profeet is nie

Dag 4: Hosea 1 – 4

Vraag 1: Hosea moes met ...

(a) ‘n Plaasmeisie trou (b) ‘n Prostituut trou (c) ‘n Weduwee trou

Vraag 2: Die leed wat Hosea oor sy vrou se huweliksontrou moes ly, het by hom begrip gewek…

(a) Vir God se droefheid oor die geestelike ontrou van Sy volk (b) Dat die Here belowe om die land te herstel (c) Dat God Hom gaan onttrek van hulle

Page 29: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

27Dag 5: Hosea 11 – 14

Vraag 1: Die Here wou Israel nie vernietig nie omdat…

(a) Hulle al swaar genoeg gekry het (b) Hy dit nie oor sy hart kon kry nie (c) Dit sy Naam oneer sou aandoen

Vraag 2: Die Here het vir Israel geword soos ‘n…

(a) Beer (b) Luiperd (c) Leeu

Page 30: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

28RAAMWERK VIR LESING

Amos is die oudste “skrywende” profeet, en die eensydigste oordeelsprofeet. Hy gee omtrent geen hoop vir die toekoms van die volk nie. Dit gaan hoofsaaklik oor die sosiale onreg in die lewe van Israel te midde van ‘n “florerende” godsdienstige lewe. Dit is veral die ryk groep wat die armes onderdruk en self in weelde leef. Amos kry sterk teenstand van amptelike kant, en daarom is dit belangrik om te kyk hoe hy in so ‘n situasie optree. Daar is ‘n onverwagte draai aan die einde van die boek.

Page 31: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

29

MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 3 JEREMIA

Probeer gerus die hele boek lees, maar lees ten minste Jeremia hoofstukke 1-3, 7, 15, 19, 20, 29

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Jeremia 1

Vraag 1: Beskryf die Here se opdrag aan Jeremia toe Hy hom geroep het.

Dag 2: Jeremia 2 – 3

Vraag 2: Hoe teken die profeet die verhouding tussen die Here en die volk tydens die uittog en hoe het dit die verhouding tussen die Here en die volk nou verander?

Dag 3: Jeremia 7

Vraag 3: Wat is die sonde van die volk en wat is die straf van die Here?

Dag 4: Jeremia 15, 19, 20

Vraag 4: Beskryf Jeremia se seer en sy opstandigheid teenoor die Here.

Dag 5: Jeremia 29

Vraag 5: Wat was die boodskap wat Jeremia aan die ballinge gebring het en waarvoor moes hulle oppas?

Page 32: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

30

KORT VRAE

Dag 1: Jeremia 1

Vraag 1: Toe die Here Jeremia geroep het, was hy

(a) Nog jonk (b) Al middeljarig (c) Al oud

Vraag 2: Die Here het sy hand uitgesteek en

(a) Sy mond aangeraak (b) Sy hand aangeraak (c) Sy kop aangeraak

Dag 2: Jeremia 2 – 3

Vraag 1: Die Here het Israel geplant as

(a) ‘n Goeie wingerdstok (b) ‘n Jong granaatboom (c) ‘n Wilde olyfboom

Vraag 2: As die volk terug kom na die Here toe, sal Hy

(a) ‘n Einde maak aan hulle afdwaling (b) Die egtheid van hulle bekering toets (c) Hulle meer seën as tevore

Dag 3: Jeremia 7

Vraag 1: Die volk vertrou valslik

(a) Op die koning (b) Op die tempel (c) Op Assirië se hulp

Vraag 2: Die Here sal die tempel verwoes soos

(a) Silo (b) Sodom en Gomorra (c) Filistea

Dag 4: Jeremia 15, 19, 20

Vraag 1: Pasgur het Jeremia

(a) Geprys (b) Laat vas skroef (c) Huistoe gestuur

Vraag 2: Jeremia het

(a) Sy werk geniet (b) Sy werk baie vervelig gevind (c) Baie gely onder sy werk

Page 33: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

31Dag 5: Jeremia 29

Vraag 1: Die volk is in ballingskap weggevoer deur

(a) Gananja (b) Nebukadnesar (c) Jojakim

Vraag 2: Wat beplan God vir die ballinge

(a) Teenspoed (b) Voorspoed (c) Swaarkry

Page 34: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

32MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 4 JESAJA

Voorgeskrewe leeswerk: (Nuwe vertaling – 1983)

Bybel bestek: Jesaja 1 – 66 Verpligte leeswerk: Psalms

Dag 1: Jesaja 1:1 – 6:13Dag 2: Jesaja 25 – 27; 42 – 43Dag 3: Jesaja 36:1 – 39:8Dag 4: Jesaja 40 – 48; 52Dag 5: Jesaja 62 – 66

INHOUD: Jesaja – Aankondiging van en voorbereiding vir die Dienskneg Koning

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Die volk van Juda se sondesLees: Jesaja 1:1 – 6:13

Vraag 1: Beskryf hoekom die volk se offergawes vir God ‘nuttelose offergawes’ was.

Dag 2: Judalied en nuwe liedLees: Jesaja 25 – 27; 42 – 43

Vraag 2: Vergelyk die inhoud en toepassing van die lied wat in Juda gesing sal word met die nuwe lied van Jes 42 & 43 ten opsigte van beskerming; redding; vertroue op God.

Dag 3: Historiese tussenspelLees: Jesaja 36:1 – 39:8

Vraag 3: Wat was die nuus wat koning Hiskia sy klere laat skeur het?

Dag 4: Redding uit gevangenisskapLees: Jesaja 40 – 48; 52

Vraag 4: Beskryf die karaktereienskappe van die dienaar en wat sy take op aarde sal wees.

Dag 5: God se antwoord op Israel se smekingeLees: Jesaja 62 – 66

Vraag 5: Ten spyte van sy volk se onwilligheid het God opgetree in hulle guns. Beskryf die volk se optrede en God se reaksie daarop.

Page 35: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

33KORT VRAE

Dag 1: Individuele en korporatiewe Klaagliedere

Jesaja 1:1 – 6:13

Vraag 1: Waarom het die Seraf Jesaja se lippe aangeraak met ‘n gloeiende kool? (Jes 6:6-7)

(a) Om sy mond te reinig (b) Om sy oortredinge te vergewe (c) Om hom vryheid te gee

Vraag 2: Waarmee word Israel se begrip van wat God doen, vergelyk? (Jes 1:3)

(a) ‘n Bees en ‘n donkie (b) Die koppigheid van ‘n muil (c) Lig en donker

Dag 2: Judalied en nuwe lied

Jesaja 25 – 27; 42 – 43

Vraag 1: Soos hitte verdwyn onder die skaduwee van ‘n wolk, so het God ... van die vyand laat ophou (Jes 25:5)..

(a) Genade (b) Vyandigheid (c) Rumoer

Vraag 2: Wat moet dié doen wat in die doderyk is? (Jes 26:19)

(a) Opstaan en sing (b) Wakker word en juig (c) Uitroep soos die klippe

Dag 3: Historiewe tussenspel

Jesaja 36:1 – 39:8

Vraag 1: Ten tye van die besoek van Baladan by Hiskia se paleis, wat het Hiskia nié virHom gewys nie? (Jes 39:2)

(a) Niks (b) Sy goudstawe (c) Sy binnekamer

Vraag 2: Waarom het die Here die skaduwee 10 trappe laat terugskuif op Agas sesonwyser? (Jes 38:8)

(a) Om vir Hiskia meer tyd te gee (b) Om vir Hiskia ‘n teken te gee (c) Om vir Hiskia skrik te maak

Dag 4: Redding uit gevangenisskap

Jesaja 40 – 48; 52

Vraag 1: Van wie het die Here gesê: ‘Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne’ (Jes 43:1)

(a) Jesaja (b) Juda (c) Israel

Page 36: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

34

Vraag 2: Wat moet Jerusalem aantrek? (Jes 52:1)

(a) Purper linne (b) ‘n Wit gewaad (c) Mooi klere

Dag 5: God se antwoord op Israel se smekinge

Jesaja 62 - 66

Vraag 1: Waarmee het God sy klere rooi gemaak? (Jes 63:3)

(a) Die wyn van die regverdiges (b) Die bloed van die getrapte volke (c) Die sand van die dorre woestyn

Vraag 2: Wanneer slaan God ag op die mens in nood? (Jes 66:2)

(a) Wanneer hy offergawes bring (b) Wanneer hy God aanroep (c) Wanneer hy berou het oor sy sonde

Page 37: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

35MODULE VII: PROFETIESE BOEKE

Lesing 5 SAGARIA EN MALEAGI

Voorgeskrewe leeswerk: (Nuwe vertaling – 1983)

Lees beide boeke

INHOUD:

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Sagaria 1 – 5

Vraag 1: Wat is die betekenis van die vyfde gesig?

Dag 2: Sagaria 6 – 10

Vraag 2: Wat het die Here van die volk verwag, hoe moes hulle vas, hoe moes hulle optree teenoor hulle naaste en wat was hulle antwoord?

Dag 3: Sagaria 11 – 14

Vraag 3: Die eindtyd sal ‘n vreeslike tyd wees, maar beskryf die dag wat die Here sal kom.

Dag 4: Maleagi 1 – 2

Vraag 4: Waarom is die Here nie tevrede met die offers van die volk nie en wat is sy reaksie daarop?

Dag 5: Maleagi 3 – 4

Vraag 5: Wat sal gebeur op die dag van die Here?

Page 38: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

36KORT VRAE

Dag 1: Sagaria 1 – 5

Vraag 1: Die heidennasies het die Israeliete

(a) Swaar laat sondig (b) Hulle laat doen wat hulle wil (c) Tot God bekeer

Vraag 2: Baie nasies sal

(a) Vernietig word (b) Verskuif word (c) Die volk van die Here word

Dag 2: Sagaria 6 – 10

Vraag 1: Strydwaens simboliseer

(a) Vrede (b) Oorlog (c) Bekering

Vraag 2: Wat sê die Here oor die oorblyfsels van Sy volk?

(a) Alles is tevergeefs (b) Hulle sal my volk wees en Ek hulle God (c) Hulle moet bang wees

Dag 3: Sagaria 11 – 14

Vraag 1: Die Here sê aan Sagaria om vir

(a) Hulle ’n herder te wees (b) Hulle goeie nuus te gee (c) Hulle te sê dit sal ‘n dag van wraak wees

Vraag 2: Hoe sal die dag van die Here vir die gelowige wees?

(a) Dit sal ‘n besonderse dag wees (b) Dit sal ‘n vreeslike dag wees (c) Dit sal ‘n dag van wraak wees

Dag 4: Maleagi 1 – 2

Vraag 1: Waarom is die Here nie tevrede met die volk se offers nie?

(a) Dit was te min (b) Dit was onwaardig (c) Dit was op die verkeerde dae gebring

Vraag 2: Hoekom het God man en vroue een gemaak?

(a) Hy wil ‘n goddelike nageslag hê (b) Hy wil hê hulle moet offers bring (c) Hy haat egskeidings

Page 39: Web viewTWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG. POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE. INHOUD. BLADSY. MODULE VI :Die Poëtiese Boeke. Lesing 1 :Psalms1. Lesing 2 :Job 6. Lesing 3 :Spreuke,

37Dag 5: Maleagi 3 – 4

Vraag 1: Wie sal tempel toe kom?

(a) Die boodskapper (b) Die Here (c) Die verbondsengel

Vraag 2: Die offers sal weer aanneemlik wees

(a) Soos toe Dawid dit gebring het (b) Soos in die outyd (c) Soos Moses dit in die woestyn gebring het