4
Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Prente van padtekens ‘n Fluitjie vir die speletjie Kleur papier, kryte, gom ens. om hartjie kaartjies mee te maak. Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel. Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote) Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou. 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! Mark.12:28-34

1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! · 11/1/2015  · 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! Mark.12:28-34 . ... 1 – Jy moet vir God die

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! · 11/1/2015  · 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! Mark.12:28-34 . ... 1 – Jy moet vir God die

Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Prente van padtekens ‘n Fluitjie vir die speletjie Kleur papier, kryte, gom ens. om hartjie kaartjies mee te maak.

Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel.

Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote)

Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou.

1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my

om lief te wees! Mark.12:28-34

Page 2: 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! · 11/1/2015  · 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! Mark.12:28-34 . ... 1 – Jy moet vir God die

Bidtyd: Openingsgebed Vra een van die kinders om te open met gebed.

Lestyd: Vandag gaan ons kyk na reels en wette. Wie kan vir my sê wat is ‘n reel of ‘n wet? (Gee kans vir antwoorde) Reels of wette is alles wat mens mag of nie mag doen nie. Wanneer ons byvoorbeeld gaan swem is die reel dat ons nie ander maatjies in die water stamp nie, want hulle kan seerkry of verdrink. Wanneer ons inkopies gaan doen, is die reel dat ons eers moet betaal vir wat ons koop, voordat ons uit die winkel mag uitstap, anders kan die polisie ons vang en dan is ons in groot moeilikheid. ‘n Reel of ‘n wet is wat ons mag doen of nie mag doen nie, en as ons dit nie nakom nie, dan is daar een of ander moeilikheid wat vir ons wag. Wanneer ons reels en wette gehoorsaam, sal ons altyd bly en gelukkig wees en uit die moeilikheid uit bly. Ons almal weet daar is sekere padreels wat ons moet nakom. Wanneer ons padreels gehoorsaam, dan sal ons veilig wees, maar as ons dit nie nakom nie, kan daar ongelukke gebeur. Wat moet ons doen as ons die volgende padtekens sien. (Hou verskillende padtekens voor byvoorbeeld: ‘n Stop teken, ‘n robot en wys na elke kleur, ‘n soliede wit lyn ens op. Laat die kinders elke keer antwoord wat die reel beteken en vra na elke teken wat gebeur as mens dit nie gehoorsaam nie). Speletjies het oor reels. Wanneer ons byvoorbeeld rugby kyk en die fluitjie blaas moet almal ophou speel en luister wat die skeidregter sê. Kom ons maak ons eie speletjie. Wanneer die fluitjie blaas moet almal stilstaan. Ek gee ‘n opdrag en almal moet dit uitvoer tot die fluitjie weer blaas en almal dan moet stilstaan. Jy mag nie jou maatjie stamp nie en jy mag nie uit jou beurt skree nie, want dan is jy uit die speletjie uit en moet jy gaan sit. Blaas fluitjie, gee opdragte soos: spring soos ‘n padda, loop soos ‘n eend, brul soos ‘n leeu, spring op een beentjie, klap handjies, ens. Hou aan met speletjie so lank as wat die kinders entosiasties deelneem.

Singtyd: (Die liedjies is slegs voorstelle, sing gerus meer bekende liedere) Liedjie: My hande my knieë... (op die wysie van “here we go round the malberry bush) My hande (hou handjies in die lug) My knieë (sit handjies op jou knieë) My kop (sit handjies op jou kop) En my voete (raak met handjies aan jou voete) My hande my knieë, my kop en my voete My hande my knieë, my kop en my voete Alles behoort aan Jesus (Rol vanuit gebukkende posisie op en bring handjies van voete af op tot bo in die lug en wys na Jesus) Liedboek: Lied 543 Here Jesus, ek is klein Maak U self my lewe rein Laat ek altyd van U leer Laat ek groot word tot U eer O Jesus neem my O Jesus lei my O Jesus sterk my En vorm my tot U eer

Page 3: 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! · 11/1/2015  · 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! Mark.12:28-34 . ... 1 – Jy moet vir God die

Bybeltyd vervolg: Jesus het geweet die man probeer hom vasvra. En toe antwoord Jesus hom die voglende: Lees Markus 12:29-31. Maats, al 600 wette, het Jesus opgesom in twee wette wat eintlik alles saamvat: 1 – Jy moet vir God die liefste wees, liewer as enige iets in die wêreld, en 2 – Jy moet vir ander mense so lief wees soos wat jy vir jouself is. As ons so lief het, dan sal ons nooit ons maatjies wil seermaak, of goed by hulle vat nie, of lelik wees met hulle nie, want ons sal hulle behandel soos ons graag behandel wil word, en ons sal dit net doen, omdat ons vir God baie baie lief is. Toe Jesus die Skrifgeleerde so antwoord, het die man besef, Jesus is reg, alles in die lewe gaan eintlik daaroor; om vir God lief te wees en vir alle mense so lief te wees soos vir jouself. Daardie twee belangrike wette moet ons ook elke dag onthou en so lewe dat ons ook eendag saam met Jesus in die hemel kan wees.

Doentyd & Leertyd: Laat die kinders enige tipe hartjie kaartjie maak wat hulle graag wil. Voorbeelde en idees is aangeheg op die volgende bladsy. Vertel die kinders dat die hartjies ons altyd moet herinner om vir God en ons naaste lief te wees. ‘n Hartjie het twee kante, wat ewe groot is, een kant herinner ons om vir God lief te wees en die ander kant herinner ons dat ons vir ons naaste moet lief wees. En dit is die belangrikste wet wat ons moet nakom. Moedig die kinders aan om ook vir mamma en pappa te gaan vertel waaraan ‘n hartjie ons moet herinner. Groettyd: Dankie Jesus dat U vir ons kom leer het van die belangrikste wet, om vir God en alle mense lief te wees. Amen

Bybeltyd: Voordat Jesus aarde toe gekom het, het die mense van die Bybel baie wette en reels gehad wat hulle moes gehoorsaam. Hulle het geglo om die reels en wette na te kom, sal maak dat hulle eendag hemel toe sal gaan. Wanneer mense die reels en wette oortree het, dan moes hulle ‘n dier offer om vry te kom. Jesus het aarde toe gekom om ons te kom vry maak, want sien, ons sal nooit al die reels en wette kan gehoorsaam nie, en daarom was Hy die volmaakte, die beste offer om ons te kom vry maak. Terwyl Jesus die mense geleer het, dat God liefde is en dat Hy omgee vir ons en graag wil hê ons moet vir Hom lief wees en ook vir almal om ons lief wees, het die Skrifgeleerdes, dis mense wat al die wette en reels goed geken het, vir hom allerande vra kom vra. Hulle wou hom graag vasvra, omdat hulle al die reels goed geken het. Daar was amper iets soos 600 wette wat hierdie leiers uit hulle koppe moes ken. Sal jy 600 wette kan onthou? Sjoe dit is baie wette. Vir die mense was die 600 wette almal baie baie belangrik en nie een was regtig belangriker as die ander nie. Daarom het die een Skrifgeleerde nader gestaan om ook ‘n vraag vir Jesus te vra. Hy wou by Jesus weet watter wet sê Jesus is die belangrikste een om na te kom.

Page 4: 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! · 11/1/2015  · 1 November 2015 ‘n Hartjie herinner my om lief te wees! Mark.12:28-34 . ... 1 – Jy moet vir God die