10
AFRIKAANS GRAAD 10 WEEK 9 AKTIWITEIT 34 Lees en Kyk Letterkunde: Kortverhaal Die verhaal gaan oor ‘n ou koei wat so by ‘n dorp opgedaag het. Die dorpenaars kon nie die eienaar vind nie. Die koei is Blommetjie gedoop en die dorpenaars het baie lief geword vir hierdie koei. Kyk na die volgende woordeskat: Waardig: respekvol , statig (worthy) Hoewe: die pote van sekere soorte diere soos perde en beeste Burgemeester: voorsitter van die stadsraad (mayor) Opeis: aandring op iets (demand) Bely: erken (admit Reusagtige: baie groot (gigantic) Verorber: gretig eet (to eat greedily) Weerstaan: teenstand bied (resist) Hooghartige: snobistiese, jy dink jy is beter as ander mense (haughtiness, high and mighty) Versnapering: iets om aan te peusel (delicacy) Verwilder: Wegjaag lekker Blommetjie gedenk aan my Almal in ons dorp ken vir Blommetjie. Die rede vir haar naam is voor die hand liggend: die koei het swart spatsels op haar vel en sy is so deel van ons dorp soos die rysmiere wat na die reën uitpeul en die pannekoekgeur uit tant Gertjie se tuisnywerheid. Niemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier. Sy het waardig met die hoofstraat afgestap en so af en toe ‘n klipharde moe-oe-oe gegee, asof sy vir ons wou laat weet sy keer ons dorp goed en dat sy uiteindelik ‘n rusplek vir haar hoewe gevind het. Die burgemeester het navraag gedoen, ons koerantjie het ‘n foto van haar geplaas, haar portret is selfs by skole, hospitale en kerkbasaars opgeplak, wat dan kwansuis haar eienaar sou aantrek, maar niemand het Blommetjie kom opeis nie.

belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

AFRIKAANSGRAAD 10WEEK 9

AKTIWITEIT 34Lees en Kyk

Letterkunde: Kortverhaal

Die verhaal gaan oor ‘n ou koei wat so by ‘n dorp opgedaag het. Die dorpenaars kon nie die eienaar vind nie. Die koei is Blommetjie gedoop en die dorpenaars het baie lief geword vir hierdie koei.

Kyk na die volgende woordeskat:

Waardig: respekvol , statig (worthy)Hoewe: die pote van sekere soorte diere soos perde en beesteBurgemeester: voorsitter van die stadsraad (mayor)Opeis: aandring op iets (demand)Bely: erken (admitReusagtige: baie groot (gigantic)Verorber: gretig eet (to eat greedily)Weerstaan: teenstand bied (resist)Hooghartige: snobistiese, jy dink jy is beter as ander mense (haughtiness, high and mighty)Versnapering: iets om aan te peusel (delicacy) Verwilder: Wegjaag lekker

Blommetjie gedenk aan my

Almal in ons dorp ken vir Blommetjie. Die rede vir haar naam is voor die hand liggend: die koei het swart spatsels op haar vel en sy is so deel van ons dorp soos die rysmiere wat na die reën uitpeul en die pannekoekgeur uit tant Gertjie se tuisnywerheid.Niemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier. Sy het waardig met die hoofstraat afgestap en so af en toe ‘n klipharde moe-oe-oe gegee, asof sy vir ons wou laat weet sy keer ons dorp goed en dat sy uiteindelik ‘n rusplek vir haar hoewe gevind het.Die burgemeester het navraag gedoen, ons koerantjie het ‘n foto van haar geplaas, haar portret is selfs by skole, hospitale en kerkbasaars opgeplak, wat dan kwansuis haar eienaar sou aantrek, maar niemand het Blommetjie kom opeis nie.Daar is altyd oorgenoeg vir die ou koei om te eet. Sy wei gewoonlik langs die droë rivierloop en ander tye hou sy die sypaadjies netjies deur die lang grasse af te vreet.Ek moet bely dat ons gespikkelde vriendin ook die heerlikste melk gee. Soggens halfsewe melk klein Ampie van oom Goor Gawerja haar voor die stadsaal. Asof sy ‘n instink het dat dit hier is waar die dorpenaars meestal vergader, parkeer sy haar formidabele liggaam altyd daar. En dit nogal langs ‘n parkeermeter!Ou Plaatje Miswurm (ons dorp se verkeerskonstabel) wou haar eenkeer selfs ‘n parkeerkaartjie gee omdat sy langer as twintig minute in die oop ruimte langs die parkeermeter gestaan het. Bid jou dit aan!Blommetjie het Plaatjie egter net uitgekyk asof hy sleg ruik. Toe die verkeersman reg agter haar staan, het sy ‘n bol laat val wat ‘n olifant jaloers sou maak, reg op Plaatjie se reusagtige nommer dertien. Van toe af het die dorpenaars Blommetjie met blydskap aangeneem.Ons is nie seker waar sy snags oornag nie, maar sy het haar plekkie. Bedags, as sy rustig deur die dorp loop, verorber sy dankbaar versnaperings en lekkergoedjies en word net vetter en vetter.

Page 2: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

Sy het haar egter liederlik met ou tannie Malan misgis, want Blommetjie kon daardie lekkerny nie weerstaan nie. Sy het met haar skurwe tong aan die blommetjies gelek voor sy dit gulsig verorber het. Tannie Malan vir Blommetjie met haar sambreel wat sy altyd teen die son gebruik, verwilder.Asof Blommetjie weet sy is nie meer welkom daar nie, vermy sy nou Tannie Malan se straat en gaan selfs aan die bulk as sy die ou draak êrens gewaar. Dit het nou al in n propperse oorlog tussen die twee ontaard, veral as Tannie Malan met sulke stywe boudjies die straat aftrippel en Blommetjie haar verwytendDit is ook asof sy weet dat sy nie in die straat mag mis nie. As die behoefte haar beetpak, gaan doen sy altyd op dieselfde plek haar besigheid-reg voor die hooghartige ou mevrou Hoogenboezem se erf. Die ou dame kan niks aan die saak doen nie, want sy had ‘n leë erf oorkant haar en Blommetjie gaan mis altyd daar, met die gevolg dat die mooiste veldblomme daar begin gedy het. Tot so ‘n mate, dat mevrou Hoogenboesem die plante selfs met ‘n gieter kan water gee voor Blommetjie dit weer kom bemes.Nou is dit Kersfees en Ampie besluit toe dat Blommetjie ook ‘n Kersgeskenk moet kry. Hy het een van sy ma se ou grashoedens gevat, allerlei blommetjies en fieterjasies daarin gedruk en dit toe op Blommetjie se kop tussen haar gekrulde horings gesit. Blommetjie het die geskenk gedweë aanvaar en daar loop ons eie kersboom van vlees en bloed in ons dorp rond.Toe ons gisteraand voor die stadsaal bymekaar kom om Kersliedere te sing, was Blommetjie ook daar en sy het luidkeels saam gemoe. Ons het geweet: Blommetjie is die grootste Kersgeskenk wat ons dorp ooit kon kry!

(Uit Vrouekeur 16 Desember 2011)

Beantwoord die volgende vrae:|1. Wie is Blommetjie?

2. Kies die korrekte verduideliking van die volgende uitdrukking: “Toe ons weer ons oë uitvee”

A. daar was iets in hulle oë

B. toe hulle weer sien

C. toe hulle die stof voor hulle oë probeer wegvee

3. Noem DRIE dinge wat gedoen is om die regte eienaar van die koei op te spoor.

4. Watter TWEE voordele het Blommetjie se eetgewoontes vir die dorp ingehou?

5. Kies die regte woorde om die volgende paragraaf te voltooi.

Lekker stadsaal halfsewe gemelk

Elke oggend om ______________________ het Blommetjie voor die ________________

gaan staan om __________________ te word. Haar melk was baie _________________.

6. Waarom wou die verkeerskonstabel vir Blommetjie ‘n parkeerkaartjie gee?

7. Kies die korrekte antwoord. Plaatjie se “reusagtige nommerdertiens” verwys na:

A. Plaatjie se groot huis

B. Plaatjie se groot motor

C. Plaatjie se groot skoene.

8. Waarom word Blommetjie net vetter en vetter?

9.1. Na wie verwys die “ou draak”?

9.2. Hoekom het Blommetjie vir haar as ‘n draak beskou?

10. Beskryf Blommetjie se Kersgeskenk.

11. Hoe het Blommetjie die Kersgeskenk hanteer?

12. Kies die korrekte antwoord.

Page 3: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

“Daar loop ons eie Kersboom van vlees en bloed” beteken:

A. Die dorp het vleis as ‘n geskenk gekry.

B. Blommetjie is die dorp se lewendige Kersboom.

13. Wat sou jy sê is die tema van die verhaal?

14. Gee ‘n voorbeeld van ‘n vergelyking in die eerste paragraaf.

15. Kies die woorde uit kolom B sodat dit die woorde in kolom A pas.

. Kolom A Kolom B

1. Blommetjie A jaag vir Blommetjie weg

2. Burgemeester B verkeersman

3. Ampie C Soek Blommetjie se eienaar

4. Plaaitjie Miswurm D Blommetjie laat haar blomme mooi groei.

5. Tannie Malan E melk vir Blommetjie

6. Mevrou Hoogenboezem F ‘n vriendelike koei

AKTIWITEIT 35Taalstrukture en konvensies

DAPPER STAPPERDie Kaappunt Staproete

Hoe moeilik? Kinderspeletjies! ‘n Maklike uur lange staptog vir melkbaarde, sagtebaarde en gryskoppe met kieries.

Hoe fiks moet jy wees?As jy drie maal om die blok kan stap sonder om soos ‘n renoster te blaas, sal jy genoeg asem hê om die natuurskoon te bewonder.

Roete Van die boonste Kaappunt-vuurtoring tot die Kaap die Goeie Hoop-uitkykpunt.

Wat om te verwag: ‘n Asemrowende staptog met volop historiese hoogtepunte, plante endiere om te sien. Parkeer by Kaappunt (hou ‘n ogie oor die bobbejane terwyl jy uitpak – hulle het lang vingers!) geniet ‘n pragtige uitsig oor Valsbaai en die Goeie Hoop reservaat...Jy sal moet terugstap om by jou motor te kom.

Koste: Toegang is R55 per persoon.

Bespreking: Nie nodig nie.

Page 4: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

Voltooi die volgende aktiwiteite.

1. Voltooi die volgende vergelykings.a) Nadat jy so ver gestap het sal jy so honger soos ‘n ____________ wees.b) Jy sal soos ‘n ______________ blaas as jy onfiks is.c) Daardie aand sal jy soos ‘n _______________ slaap. d) As jy elke dag die staproete doen, sal jy so maer soos ‘n _______________ wees.e) Jy is so dapper soos ‘n ____________ om alleen so ‘n staproete aan te durf.

2. Skryf die korrekte vorm vir die woorde tussen hakies.

a) Dit is ‘n (maklik) staproete.b) Jy sal ‘n (asemrowend) uitsig geniet as jy die toppunt bereik.c) Jy sal moet terugstap na jou (parkeer) motor.d) Jy hoef nie ‘n (bespreek) te maak nie.e) Daardie aand gaan jy (moeg) voete hê.f) Tafelberg is nie so ‘n (hoog) berg nie.g) Dit is ‘n (gesond) gewoonte om baie te stap.

3. Gee die intensiewe vorms van die woorde tussen hakies.

a) Kinders sal (baie moeg) wees nadat hulle so ver gestap het.b) Jy moet nooit (baie alleen) in die berge gaan stap nie.c) Die (baie wit) wolke lyk mooi in die (baie blou) lug.d) Dit is (baie goedkoop) om daar te stap, dit is nie (baie duur) nie.e) (Baie jong) en (baie ou) mense kan die roete stap.

Leer ook die volgende intensiewe vorm.

Baie lelik is skreeulelik. Baie kwaad is smoorkwaad. Baie blind is stokblind. Baie doof is stokdoof. Baie droog is kurkdroog. Baie nat is papnat. Baie arm is brand arm. Baie maer is brandmaer. Baie snaaks is skreeusnaaks. Baie verlief is smoorverlief /

dolverlief.

Page 5: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

4. Gee die vergrotende trap van die woorde tussen hakies.

a) Die Drakensberge is (hoog) as Tafelberg.b) Jy sal (ver) stap as waaraan jy gewoond is.c) Daar is nie ‘n (mooi) uitsig as van Tafelberg nie.d) John sal (fiks) moet word as hy in die berge wil gaan stap.e) Jong mense stap (vinnig) as ou mense.f) Dit is (goed) om spesiale skoene te dra as om met tekkies te stap.

5. Gee die oortreffende trap van die woorde tussen hakies.

a) Dit is die (goed) om in die somer by Tafelberg te gaan stap.b) Thabo het al die (baie) staproetes gedoen.c) Tafelberg is die (hoog) berg wat ek nog ooit uitgeklim het.d) Dit was die (moeg) wat ek nog ooit was.e) Die staptoer is een van die (lekker) dinge wat ek al gedoen het.

AKTIWITEIT 36Taalstrukture en konvensies

1. Skryf die volgende sinne oor in die Teenwoordige Tyd (GEEN HET OF SAL).

a) John-hulle het teen die berg uitgeklim.b) Hulle het al die kos in die motor toegesluit.c) Ons het die piekniekmandjie bo-op die berg uitgepak.d) Die bobbejane het van ons kos weggedra.e) Ons het laat die middag teen die berg afgeloop.

2. Skryf die volgende sinne oor in die Verlede Tyd (HET ).

a) Thabo en sy pa stap teen die berg af.b) Die bobbejane hardloop vir die mense weg.c) Die mense hou die bobbejane goed dop.d) Hulle loop in die middag terug kamp toe.e) Iemand laai ons op en neem ons terug na ons motor.

3. Skryf die volgende sinne oor in die Toekomende Tyd (SAL).

a) Die motor ry by die parkeerplek in.b) Die bobbejane hardloop teen die berg uit.c) Ons stap in die middag teen die berg af.d) Ons sluit die motors toe.e) Die temperatuur neem laat in die middag vinnig af.

4. Pas die betekenis in kolom B by die uitdrukkings in kolom A.

Kolom A Kolom B1. Hy het lang vingers A ou mense2. Dit is kinderspeletjies B jong seuns3. Melkbaarde C Dit is baie mooi4. Gryskoppe D Dit is baie maklik5. Dit is asemrowend E Hy steel

Page 6: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

AKTIWITEIT 37Luister en Praat

INSTRUKSIES

ο Laat iemand die stuk vir jou lees (Jy moet net luister)ο Laat die persoon ‘n tweede keer die stuk vir jou lees. (Nou kan jy aantekeninge maak terwyl jy na die stuk

luister.)ο Beantwoord daarna die vrae sonder om na die leesstuk te kyk.

Is daar gate in jou Skild?

Gebruikers van Microsoft Windows het deesdae al hoe meer kwellinge. Dink maar aan die Blaster en SoBig.F wurms, en talle nuwe aanvalle op die sekuriteit van jou rekenaar. Jy weet nou reeds van Antivirusprogramme en Vuurmure, en het dit nou reeds op jou stelsel geïnstalleer. Maar hoe gaan jy weet of dit (redelik) veilig is? Deur dit te toets, natuurlik! Jy hoef nie spesiale kennis te hê om ‘n paar eenvoudige toetse te laat uitvoer nie. Daar is verskeie opsies, waarvan 2 hier genoem word. Shieldsup is ‘n toets wat help om die kwesbaarheid vir aanvalle op jou rekenaar se poorte deur die Internet te bepaal. Gaan na die opskrif ShieldsUP!! Services, en gebruik die toetse in die raampie (File Sharing, Common Ports, Messenger Spam, ens.) Die Blaster wurm het juis die kwesbaarheid van sekere poorte gebruik. Op dieselfde webwerf is daar nog ‘n belangrike toets genaamd Leaktest, waarmee bepaal word of kwaadwillige programme dalk buite toe kan kontak maak.

Bron: Republikein

Page 7: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

Luisterbegrip1. Waarom het gebruikers van Microsoft Windows deesdae al hoe meer kwellinge? (1)2. Noem twee soorte wurms wat jou rekenaar kan aanval. (2)3. Wat kan jy aan jou rekenaarstelsel doen om dit te beveilig? (1)4. Watter toets gaan jou help om jou rekenaar se poorte teen die Internet te

beveilig? (1)5. Die volgende stellings is ONWAAR. Gee elke keer ‘n rede waarom dit onwaar is:

5.1 Gebruikers van Excel het deesdae al hoe meer kwellinge. (1)5.2 ‘n Antivirusprogram sal jou rekenaar se hardeskyf deur virusse laat vernietig. (1)

6. Waar kan mens ‘n Anti-virus program koop? (1)7. Waarvoor kan mens ‘n rekenaar gebruik? Noem enige twee gebruike. (2)

1. Spotprente

Figuur 1 Weg

Beantwoord die volgende vrae:

1. Wat beteken dit om “koel” te wees?2. Waarna sit die mense en kyk?3. Waarom dink jy sit die man wat die knoppie vashou met so ‘n breë glimlag, terwyl die res van die

mense baie verveeld lyk?4. Is die tegnologie waarvan die man gebruik maak modern of outyds? Waarom sê jy so?5. Dink jy dit is ‘n positiewe karaktereienskap van iemand om “koel” te wees? Motiveer jou antwoord.

Page 8: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR…  · Web viewNiemand weet aan wie Blommetjie behoort nie. Toe ons eendag ons oë uitvee, was sy hier

AKTIWITEIT 38

Beantwoord die volgende vrae:

1. Watter twee geslagte word in die spotprent voorgestel?2. Noem die tipe tegnologie wat die linkerkantste karakter in sy hand vashou.3. Verduidelik hoe ‘n mens “aanlyn” iets kan bestel?4. By watter diensverskaffer kan ‘n mens jou water- en kragrekening kry?5. Bied jou munisipaliteit reeds die diens aan wat bogenoemde twee karakters oor gesels?6. Hoe het die spotprenttekenaar aangedui dat die regterkantste karakter nie meer jonk is nie?7. Watter emosie openbaar die regterkantste karakter dat dit nie ‘n boodskap van die water- en krag

afdeling is nie?