8
VANOGGEND SE DIENS (DS MICHIEL DE KOCK) EK EN JY DALK MOORDENAARS? (Matt. 5 v 23 26 en 43 48) Die Nagmaal getuig van die Grootste en Duurste liefde ooit, naamlik die lewe van God se Seun. God wat Homself in Christus kom gee het. Wanneer ons die skrif in Matt 5 lees dan besef ons dat hierdie liefde groot praktiese gevolge vir die kerk op aarde het. Enige manier waarop ons ‘n ander mens se menswaardigheid aantas en afbreek, dws die mens in Sy of haar persoon afbreek word deur Jesus in ‘n baie ernstige lig gesien. Dit word met moord vergelyk. Die gedagtes wat diep in ons harte lê waarmee ons ander mense verwens en waaruit haatspraak kom, word deur Jesus aangespreek. Hoe maklik word daar nie afbrekende dinge oor mense gesê nie, grappe ge- maak wat mense in hulle menswees aantas nie. Dis hier waar ons as kerk ‘n verskil kan maak in ons land. Elke mens ongeag wie hy of sy is of hoe hulle optree, bly ‘n mens vir wie Jesus Christus gesterf en opgestaan het en het daarom die reg om as mens gerespekteer te word. Hoe kan jy sȇ jy het God lief wat jy nie kan sien nie as jy jou broer wat jy kan sien, haat? (1 Joh. 4v 20). Nog erger wie sy broer haat is ‘n moordenaar (1 Joh.3 v 15). Mag God ons harte reinig en met onvoorwaardelike liefde vul. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Onrus Dienssentrum Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning Wees Lig! HARTLIK WELKOM Kan jy dink aan ‘n buitengewone feesmaal? Ek kan. ‘n Lidmaat verjaar. Sy is ‘n inwoner van een van ons aftree-oorde. Haar twee dogters wil haar bederf en nooi al haar vriendinne (in haar gang) na haar verjaarsdagpartytjie. Op die gegewe uur lei die verpleegpersoneel die gaste die sitkamer binne. Hulle sien die feestafel en frons, want die tafel is anders ...... ‘n Paar paslike woorde word gespreek en ‘n gebed word gedoen. Die Here is ook ‘n genooide gas. En toe begin die fees: Wat is daar te drinke? Tee, moer-koffie met warm melk en koue vrugtesap. En wat is daar te ete? En hier is die andersheid, want daar is nie warm melktert, nie souttert, nie droë sjokoladekoek en nie krummel-makende botterbroodjies nie. Ja, ‘n piramiede vol Quality Street wat in oorvloed op die tafel uitgegiet is plus nog ’n groot glas bak lekkernye. Bitter tee moes die suiker neutraliseer. En die feesgangers? Dit was ‘n treffer! En almal het geweet: Só lief het kinders hul bejaarde moeder! Wanneer ons aan die Here se Tafel kom sit, is daar ook ‘n andersheid. Ja, dis is slegs ‘n droë broodjie met ‘n kelkie wyn/druiwesap. Maar vir ons proe dit anders as gewone brood en wyn. Wanneer ons die broodjie eet, proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom aan die Here se tafel! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 31 JANUARIE 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 7 FEBRUARIE (RIEKERT BOTHA) Ons begin volgende Sondag met 'n reeks van 7 preke oor die Ons Vader gebed. Ons vra groepe en families om by die reeks in te skakel. (Boekies is beskikbaar by die kerkkantoor) Ons lees dus die week Ma. 6:9a en Rom. 8:11-17 (Fokus op vers 14-17) Tema: Ons is in Sy teenwoordigheid 1. Hoe het die waarskuwing "Onthou, God sien wat jy doen," jou verstaan van God beïnvloed? 2. Kyk weer na Rom.8 en bespreek die stelling: Die diepste verandering in mense se lewe kom as hulle ophou om God te dien soos slawe en Hom as kind begin lieê. 3. Waer invloed het jou eie pa op jou beeld van God gehad? 4. Waarom begin Jesus die gebed met "ons Vader" en nie met "my Vader" nie? VIR FAMILIES: Hoe help hierdie aanhef tot die gebed ons om nie vir God bang te wees nie? AANDDIENS VANAAND @ 18:00 SENDELINGE BESOEK Niehan en Carmen Koekemoer van Mozambiek, besoek ons Gemeente. Dmv foto's en videos gaan hulle ons 'n kykie van hul werksaamhede gee. Kom ervaar sendelinge se passie en liefde vir die mense in Mosambiek en hoe hulle die Goeie Nuus van Jesus Christus aan hulle oordra. Vir enige navrae, kontak Uys & Mattie Swart by 076 522 5669.

31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

VANOGGEND SE DIENS (DS MICHIEL DE KOCK)

EK EN JY DALK MOORDENAARS? (Matt. 5 v 23 – 26 en 43 – 48)

Die Nagmaal getuig van die Grootste en Duurste liefde ooit, naamlik die lewe van God se Seun.

God wat Homself in Christus kom gee het. Wanneer ons die skrif in Matt 5 lees dan besef ons

dat hierdie liefde groot praktiese gevolge vir die kerk op aarde het. Enige manier waarop ons ‘n

ander mens se menswaardigheid aantas en afbreek, dws die mens in Sy of haar persoon afbreek

word deur Jesus in ‘n baie ernstige lig gesien. Dit word met moord vergelyk. Die gedagtes wat

diep in ons harte lê waarmee ons ander mense verwens en waaruit haatspraak kom, word deur

Jesus aangespreek. Hoe maklik word daar nie afbrekende dinge oor mense gesê nie, grappe ge-

maak wat mense in hulle menswees aantas nie. Dis hier waar ons as kerk ‘n verskil kan maak in

ons land. Elke mens ongeag wie hy of sy is of

hoe hulle optree, bly ‘n mens vir wie Jesus

Christus gesterf en opgestaan het en het

daarom die reg om as mens gerespekteer

te word.

Hoe kan jy sȇ jy het God lief wat jy nie kan

sien nie as jy jou broer wat jy kan sien,

haat? (1 Joh. 4v 20). Nog erger wie sy broer

haat is ‘n moordenaar (1 Joh.3 v 15).

Mag God ons harte reinig en met

onvoorwaardelike liefde vul.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Onrus Dienssentrum

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Kan jy dink aan ‘n buitengewone feesmaal? Ek kan.

‘n Lidmaat verjaar. Sy is ‘n inwoner van een van ons aftree-oorde. Haar twee dogters wil haar

bederf en nooi al haar vriendinne (in haar gang) na haar verjaarsdagpartytjie. Op die gegewe

uur lei die verpleegpersoneel die gaste die sitkamer binne. Hulle sien die feestafel en frons,

want die tafel is anders ......

‘n Paar paslike woorde word gespreek en ‘n gebed word gedoen. Die Here is ook ‘n genooide gas.

En toe begin die fees:

Wat is daar te drinke?

Tee, moer-koffie met warm melk en koue vrugtesap.

En wat is daar te ete?

En hier is die andersheid, want daar is nie warm melktert, nie souttert, nie droë

sjokoladekoek en nie krummel-makende botterbroodjies nie.

Ja, ‘n piramiede vol Quality Street wat in oorvloed op die tafel uitgegiet is plus

nog ’n groot glas bak lekkernye. Bitter tee moes die suiker neutraliseer.

En die feesgangers?

Dit was ‘n treffer!

En almal het geweet: Só lief het kinders hul bejaarde moeder!

Wanneer ons aan die Here se Tafel kom sit, is daar ook ‘n andersheid.

Ja, dis is slegs ‘n droë broodjie met ‘n kelkie wyn/druiwesap.

Maar vir ons proe dit anders as gewone brood en wyn. Wanneer ons die broodjie eet,

proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde.

En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders!

Welkom aan die Here se tafel!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

31 JANUARIE 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 7 FEBRUARIE

(RIEKERT BOTHA)

Ons begin volgende Sondag met 'n reeks van 7 preke oor die Ons Vader gebed. Ons vra groepe en families om by die reeks in te skakel. (Boekies is beskikbaar by die kerkkantoor)

Ons lees dus die week Matt. 6:9a en Rom. 8:11-17 (Fokus op vers 14-17)

Tema: Ons is in Sy teenwoordigheid 1. Hoe het die waarskuwing "Onthou, God sien wat jy doen," jou verstaan van God beïnvloed? 2. Kyk weer na Rom.8 en bespreek die stelling: Die diepste verandering in mense se lewe kom as hulle ophou om God te dien soos slawe en Hom as kind begin liefhê. 3. Watter invloed het jou eie pa op jou beeld van God gehad? 4. Waarom begin Jesus die gebed met "ons Vader" en nie met "my Vader" nie? VIR FAMILIES: Hoe help hierdie aanhef tot die gebed ons om nie vir God bang te wees nie?

AANDDIENS VANAAND

@ 18:00 SENDELINGE BESOEK

Niehan en Carmen Koekemoer

van Mozambiek, besoek ons

Gemeente. Dmv foto's en videos

gaan hulle ons 'n kykie van hul

werksaamhede gee. Kom ervaar

sendelinge se passie en liefde vir

die mense in Mosambiek en hoe

hulle die Goeie Nuus van Jesus

Christus aan hulle oordra.

Vir enige navrae, kontak

Uys & Mattie Swart by

076 522 5669.

Page 2: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

ONS BID VIR ... Louis Stassen

Hennie Botha

Helena van Vuuren

Zelda (Adri Flam se

kleindogter)

Magriet Louw

Suzette Rust

Ds Jan Basson

Henriette Smit

Rupert Mizon

Okkie & Zillah van Tonder

Bernice Auret

Sarie van Staden

Cebella Krige

Arrie Hatting

Francois Snyders

Marichen van Wyk

SPESIALE GEBED

Ons bid vir die nuwe Jeugwerker

vir Jeug en Gesinne by Onrusge-

meente, waarvoor die adverten-

sie nou uit is. Ons bid dat Vader

die regte persoon sal stuur.

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

MA. 1 FEBRUARIE DI. 2 FEBRUARIE WO. 3 FEBRUARIE

Indien u belangstel om u HARE TE LAAT

SNY (mans en vrouens), droogblaas, krullers

indraai (set) ensovoorts. Kontak vir Ester

du Toit by 081 453 8130 en maak ‘n af-

spraak. Ester sal fooie verskaf.

SOPKOMBUIS

09:30 - 10:00 NAALDWERK: Ons het ‘n

“reparasie/hersteldiens” by die dienssen-

trum. Rita (028 316 2981)

10:00 KOM WEES KREATIEF en geniet

dit! Kontak Joan of Hannie by die dienssen-

trum (028 316 1745).

10:00 - 12:00. KLINIEK IS OOP Kontak

vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak

gerus 'n afspraak.

08:00 VOETE– & HANDE VERSORGING.

Voete en hande versorging deur Marilyn

Prinsloo. Maak afspraak by 082 532 6931.

10:00 TRIMGIM in die sysaal deur Mathilda

Roos (gekwalifiseerde bio-kinetikus). Almal

is welkom: lede (R30 per maand) en nie lede

(R45 per maand).

11:00 - 13:00 KLEREKAS is weer oop.

11:00 LOFDANSE oefening in die sentrum

vir volwassenes. Kom sluit gerus aan. Kontak

Veronica 083 751 4319 vir enige navrae.

DO. 4 FEBRUARIE VR. 5 FEBRUARIE SA. 6 FEBRUARIE

10:15 DIENSSENTRUM Speletjiesoggend

saam met Joan, Hannie en Kosie. Kom speel

saam!

09:30 - 11:30

Die KOLWYNTJIE TEETUIN

is weer oop! Kom geniet dit.

10:00 GEBED in die Gebedskamer. Kom bid

saam vir ons eredienste, Gemeente en ge-

meenskap.

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 7 FEBRUARIE ?

08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir

die erediens. U is welkom.

09:00 EREDIENS: Riekert Botha gaan voor

en begin ons 7 weke preekpreeks oor die

Ons Vader gebed.

15:30 SAAMKUIER by die DIENSSEN-

TRUM vir alle 50 plussers. Welkom.!

18:00 AANDDIENS: Ds Neil Olwagen gaan

voor. Ons nooi u almal uit - welkom!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 17)

Ons nooi die hele Gemeente om Sondae

direk na die erediens heerlike tee/koffie en

kuier saam te kom geniet in die maalruimte.

Welkom!

Here, van alles en almal, hoog verhewe op u troon, U heerlikheid straal uit die son en sterre. U is die hart en siel van die wêreld van gedagtes en gevoelens,

waarin ons lewe. U is by ons, liefdevolle God. So naby! Daarom sal ons nie bang wees nie.

God, vededig ons nie net nie - Hy lei ons ook. Hy beskerm ons nie net nie - Hy wys ook vir ons die regte pad wat ons moet loop. Hoe? Met sy stok en staf! Vader,

dankie. Al dwaal ons telkens van U af weg, sal ons altyd skielik die staf van U liefde aan ons hart voel pluk.

Dankie Here, U wat altyd by ons teenwoordig is, is daar. In ons huise, in die hospitaal, en in die wonings van bejaardes. In beproewings én in

oorwinnings. In pyn én in vreugde. In tye van jeugdige lewe én in die ouderdom.

Vader, as U kinders hoef ons nooit bekommerd te wees dat U nie vir ons sal voorsien nie. Soos David vroeër bely het: Ons sal niks kortkom nie. Wanneer God

ons voed, sal Hy ons in oorvloed voed! God kan ‘n tafel dek en ‘n feesmaal hou in die woestyn.

Dankie Vader, hoe geseënd is ons dat U die soewereine God van die heelal ons U vriend noem. Dink so daaraan: Ons hemelse Gasheer is die asemrowende,

almagtige, alwetende en alomteenwoordige Een. God kies ons om sy vriende te wees.

"Skenk my vanmôre opnuut,

Here die lig van u aangesig.

Laat my hier aan die begin

van die dag ’n geopende deur

voor my hê waardeur ek kan

ingaan in die lieflike land van u genade en

u gemeenskap."

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.

Page 3: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

KOLWYNTJIE-TEETUIN VRYDAG 5 FEBRUARIE 09:30 - 11:30

Ons dames is so OPGEWONDE om julle te ontvang

en te bedien! Op die tafel is: Driehoek-maaskaas-

tert, aarbei-yskastert, peppermint-crisptert,

wortelkoek, aspersietert en twee soorte soutterte. 'n Moeilike keuse

vir net R20 vir lede van die dienssentrum (koffie/tee ingesluit) en R30

vir nie-lede. Tweede stukkie kos net R5 en R10 onderskeidelik.

Nuwe intrekkers en persone wat nog nooit by die KOLWYNTJIE was

nie, word spesiaal uitgenooi!

PASSIESPELE

GOEIE VRYDAG 25 MAART

Dit is weer sulke tyd en ons nooi graag alle

belangstellendes om deel te word van hierdie

wonderlike opvoering by die ou hawe op Goeie

Vrydag. Die eerste oefening begin Sondagmiddag 14 Feb

@ 15:00 by die ou hawe.

Daar kort heelwat mense wat spesiale rolle het. Kom! Ons

het u nodig! Vir navrae, kontak Fanus by 078 483 3080.

KOὅRDINEERDER VIR KLEINKOEKIES EN KOEKSISTERS Ons benodig dringend ‘n vrywillige persoon om as Koὅrdineerder op te tree vir die Kleinkoekies- en Koeksisters-span. Die persoon sal verantwoordelik wees: Om die jaarprogram te bepaal vir bakdae van die Kerk se Basaar, Huis

Lettie Theron Basaar, Senior Dienssentrum Basaar asook die Voed-selfees.

Daar sal ongeveer 3 maal per jaar slegs koeksisters gebak word om fondse se genereer vir die aankoop van bestanddele vir die kerk se basaar asook vir die Voedselfees. Alle gebak word by die kerk se kombuis gedoen waar alle voorraad gestoor word. Die persoon sal met die betrokke dames skakel wat bereid is om deeg aan te maak vir kleinkoekies, ens. asook met die span verantwoordelik vir die bak van koeksisters.

Enige persoon wat belangstel om deeg aan te maak kan met onder-genoemde skakel. Ons benodig ook persone om tydens bakdae te help asseblief.

Skakel my asseblief dringend indien u ons in enige verband kan help: Ria Niemann Sel 082 971 8257.

HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS

DIENSSENTRUM: DRINGEND DRINGEND

VERVOER VIR NAGDIENS VERSORGERS

Ons versorgers wat nagdiens doen het 'n baie groot

nood. Vervoer vanaf Hawston om 18h30 in die aand is

onmoontlik. Ons benodig ongeveer 14 persone wat op 'n

vrywillige (uitruil basis) bereid sal wees om die twee

persone (tans die behoefte) in Hawston om 18h30 te gaan

haal en na die bejaarde wat hulle versorg te neem sodat

hulle om 19h00 kan begin werk.

Kontak asseblief vir Joan/Hannie by 028 316 1745 Maandae

- Vrydae (9h00 - 12h00) met u besonderhede.

Bo: Roosmarie & Malan Heyns (Wyk 34b), Petro Simpson (Wyk 3c),

Anne en Jannie Slabber (Wyk 3c)

Onder: Ben en Wilna Calitz met Mias en Libby (Wyk 34a),

Elize en Jan-Hendrik Malan.

Daar was heerlik gekuier verlede Sondag by ‘n Nuwe Intrekkers

Verwelkomingstee. Nuwe vriendskappe is gevorm en almal kon

meer leer van Onrusgemeente en ook ons leraars beter leer

ken. Hierdie funksies gaan op gereelde basis gehou word. In-

dien u as nuwe intrekker nog nie by so ‘n funksie was nie, kontak

asb vir Freda Wakeford by 084 257 7457 en sy sal seker maak

u word genooi na die volgende heerlike saamkuier.

Bo: Gert en Carol-Ann Fourie (Wyk 8a) en Erna en Cedric

Taylor (Wyk 1)

Page 4: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

MAANDAG, 1 FEBRUARIE Haarkapper: Maak afsprake by Ester du Toit (081 453 8130)

Tyd: 10h00 - 12h00

DINSDAG, 2 FEBRUARIE Sitkamer om 10h00 – 12h00: kom wees kreatief en leer om met verskillende kunsvorms te werk

Naaldwerk: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op ‘n Dinsdag

(09h30 – 10h00) na die dienssentrum.

Kliniek 10h00 – 12h00: Kontak sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak

WOENSDAG, 3 FEBRUARIE Trimgim in Ark om 10h00 – 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per

maand vir nie-lede)

Voete- en hande versorging vanaf 8h00: Maak ‘n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931.

DONDERDAG, 4 FEBRUARIE Sitkamer om 10h15: Speletjiesoggend saam met Joan, Hannie en Kosie de Kock. Kom speel saam.

VRYDAG, 5 FEBRUARIE Kolwyntjie Teetuin open om 9h30 – 11h30: Ons dames is so OPGEWONDE om julle te ontvang en te bedien! Op die tafel is: Driehoek

-maaskaastert, aarbei-yskastert, peppermint-crisptert, wortelkoek, aspersietert en twee soorte soutterte.'n Moeilike keuse vir net

R20 vir lede van die dienssentrum (koffie/tee ingesluit) en R30 vir nie-lede. Tweede stukkie kos net R5 en R10 onderskeidelik. Nuwe

intrekkers en persone wat nog nooit by die KOLWYNTJIE was nie, word spesiaal uitgenooi!

BELANGRIKE INLIGTING OM TE ONTHOU:

OnsTeater, Woensdag 10 Februarie om 14h30: Fliek – French Toast. 'n Franse sjef help 'n Suid-Afrikaanse meisie, Lise, (Lika

Berning) om 'n familiegeheim te ontrafel. Slegs 'n DONASIE word gevra vir die Dienssentrum. NB: Slegs elke TWEEDE WOENSDAG

van elke maand word 'n DVD vertoon. Maak dit 'n vaste en gereelde afspraak om saam met vriende te kom ontspan! SIEN JULLE DAAR!

Spesiaal vir ons lede: Uitstappie na Tafelberg saam met Hermanus Dienssentrum op 12 Februarie. U word hier by ons dienssen-

trum opgelaai. Prys: R250 per persoon. Kom gou en bespreek u plek by Joan en Hannie.

Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet ‘n heerlike aand saam met S.D. Fourie. Sy woon in Frans-

kraal en gaan vir ons staaltjies oor die Strandveld vertel. Sy is ‘n toergids, mede-eienaar van die Strandveld Museum, het al pryse

gewen in Radio Drama Kompetisies en twee boeke geskryf – onder andere die Lanternswaaier. Die aand kos vir u R130 per persoon. Kom

bespreek u plek by Joan/Hannie! Ons het slegs 120 kaartjies beskikbaar.

Behoeftes vir biltong-en-brood aand: Freda benodig dryfhout en leë blou wyn bottels. Indien u so iets het kontak asseblief vir Joan/

Hannie.

Onthou geskenkbewys by teetuin: Slegs R30 vir tee en koek. Dit is ‘n baie lekker verjaarsdag- of bederf geskenk vir u vriend/

vriendin/kollega.

Onthou Vriende van die dienssentrum. Ons wil u graag sien as ‘n “vriend by die dienssentrum”. Sommige mense voel hulle is nog nie oud

genoeg om aan te sluit nie maar wil as ‘n vriend bekend staan. Om te kwalifiseer as vriend is u welkom om ‘n donasie vir ons te gee en in

ruil daarvoor sal ons u naam aanbring op ‘n lys wat in/by die dienssentrum besigtig kan word. U moet ook vir ons ’n vorm invul sodat ons

u besonderhede kan kry – elke vriend van die Dienssentrum sal vir ons baie belangrik wees. Ons nooi u ook dan uit vir ‘n gratis koppie

koffie/tee by die teetuin as blyk van dankbaarheid. Gee asseblief die lys met u donasie in by Joan/Hannie by die dienssentrum.

Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)

Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)

Haarsny en droogblaas (“blow dry”) R75 (nie lede R95)

Haarsny en krullers indraai (“set”) R80 (nie lede R100)

Was hare en droogblaas (“blow dry”) R40 (nie lede R60)

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

PROGRAM 18 - 22 JANUARIE 2016

Kontak vir Joan of Hannie by 028 316 1745

(09h30 – 12h30) indien u enige inligting benodig.

Page 5: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

IETS VIR DIE OUER DAME (55-65) WAT LUS HET OM DEELTYDS TE WERK * Moet vriendelik en betroubaar, op en wakker wees * Goeie kommunikasievaardighede / kliente kan hanteer * Tweetalig * Basiese admin/rekenaarvaardighede en verkope * Fleksie/deeltydse ure, maar

moet ook Saterdae beskikbaar wees. Stuur verkorte CV of navrae aan Karin [email protected]

NUWE ARTS, CRAFTS EN FOOD MARKET - EINDE FEBRUARIE TE KLEINMOND. *Ons nooi alle handelaars/entrepeneurs om 'n stalletjie te bespreek by ons nuwe mark. Dit gaan 'n heeljaar/elke naweek gebeurtenis wees. Bespreek nou om die beste staanplek te kry. Vir meer besonderhede kontak Genevieve by 0726006052 / 028 271 3300 of epos [email protected] so spoedig moontlik. COFFEE SHOP BY LEARN TO EARN Kom geniet heerlike verversings daar teen baie goeie pryse. Die saal is ook beskikbaar vir huur. Kontak Leeanne by (028) 313 0564. Welkom! OOM MANIE SE HOUTWERF: Goeie kwaliteit droë Kameeldoring, Rooikrans, Blackwattle en Bloekom. Kontak ons gerus vir bulk bestellings. Tel:060 966 7433. Ons sal gratis aflewer as u na hierdie advertensie verwys. HERMANUS SELF-IMPROVEMENT CENTRE: Die volgende “General Housekeeping” kursus is bespreek vir 16 Feb. Stuur gerus u huiswerker om meer te leer van skoonmaak metodes en produkte. Daar word ook met die persoon self gewerk en meer geleer van goeie kommunikasie ens. Vir enige navrae, kontak Karin op 084 305 2086 of [email protected] HET U NOG SKYFIE FOTO’S OF ENIGE ANDER FOTO’S? Ek plaas dit vir u op ‘n CD. Kontak Hennie Kruger by 0823143063

VARSGEBAKTE BESKUIT BESKIKBAAR: U is welkom om die heerlikste en groot verskeidenheid beskuit by my te bestel teen billike pryse. (Beskuit is ook beskikbaar by die NG Onrus se kerkkantoor). Sylvia du Toit Tel. 028 315 2985 / Sel. 084 606 56 11

THE FRAMERY Alle tipes raamwerk van skilderkuns, fotos, tapiserieë, truie, medaljes ens.. Professionele, vriendelike diens teen bekostigbare pryse. Skakel Marlene by 028 316 1374 Hoofweg 36, Onrusrivier. HET U HUIS VERF EN AANDAG NODIG? Kontak Douw Willemse (verf kontrakteur) vir ‘n gratis kwotasie. Alle werk geskied onder persoonlike toesig. Kontak hom gerus by 072 506 3311 / 028 312 1459 of [email protected]

BILTONG, BROOD EN SANDVELDSTORIES

VRYDAG 11 MAART 2016 @ 18:00 Kom geniet ‘n heerlike aand saam met S.D. Fourie. Sy woon in Franskraal en gaan vir ons staaltjies oor die Strandveld vertel. Sy is ‘n toergids, mede-eienaar van die Strandveld Museum, het al pryse gewen in Radio Drama Kompetisies en twee boeke geskryf – onder andere die Lanternswaaier. Die aand kos vir u R130 per persoon (Sluit in ete en spreker)

Kom bespreek u plek by Joan/Hannie by die Dienssentrum.

Die Gebedsbediening nooi alle Gemeente-

lede en veral nuwe intrekkers uit om ons

te laat weet as u belangstel om by die

Gebedsbediening aan te sluit as 'n per-

soonlike bidder vir 'n onderwyser, kerk-

raadslid, kategese-onderwyser,

katkisant, kantoorpersoneel, dominee, bestuursraadslid, die

Polisie of Burgermeester.

U kan u naam stuur aan : Annette McMillan by 028 316

1526 / 072 903 9189 of e-pos: [email protected] of

Dalene Cock by 028 313 0401 / 082 403 8409 of

e-pos: cdalene @telkomsa.net

POSTE BESKIKBAAR

DIENSTE BESKIKBAAR

PERSONAL: PREPARING MY HEART FOR REVIVAL What causes revivals to run out over time? Sin conscience. The acknowledgement of sin, the need for a Saviour, and the cross of Jesus are sometimes only empha-sized in the beginning at one’s conversion and the focus is then shifted to other matters. When this happens, the core of Jesus’ purpose on earth fades. Without a thorough knowledge of the cross, death to self (the old man) and the daily crucifixion of self, the temptation to rely on our own insight and strength will infiltrate the church unnoticed, and eventually pride and division will take root in the church. (Source: Jericho Walls Prayer Guide)

Page 6: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

GOD IS MY LIED

God is my lied, sy almag ken geen perke;

Heer is sy Naam, volmaak sy skeppingswerke;

die groot heelal is sy gebied.

Niks is van my, dis alles u genade; ek sien u

goedheid oral, troue Vader - u lof sal op my

lippe bly.

Waar God gebied , sal ons geen onheil vrees nie,

want niemand kan soos Hy 'n redder wees

nie – aan Hom my lof, aan Hom my lied.

NADER TOT GOD MET OOP ORE EN OË Die Heer, my herder, sorg vir my, Hy laat my rustig wei; langs waters waar daar vrede is sal Hy my veilig lei.

Net goedheid, liefde, lewenslank, gee U, o Heer, vir my; by U's ek tuis, en in U huis sal ek vir ewig bly.

LEES NOU ASB PSALM 23 As ek Ps 23 lees dan sien ek mooi prente van groen velde en valleie, van berge en kabbelende waterstroompies

en 'n groot “huis” met 'n gedekte tafel met net die beste eetgerei en die lekkerste kos. Dit is my prent, en dan

dink ek aan wat ek gelees het in 'n boek van Henri Nouwen waar hy praat van ons 'inner room' : 'n plek wat hy

voorstel as 'n kamer in jou binneste waar ons mense ontvang, veral mense wat soek na God. Hy stel dit dat 'n

mens deur gebed elke dag so 'n 'kamer' kan versier.

“Our inner life is like a holy space that needs to be kept in good order and well decorated. Prayer, in whatever

form, is the way to make our inner room a place where we can welcome those people who search for God.”

Ek het begin dink hoe lyk my “hartkamer” (my benaming). Ek moet dit elke dag uitvee en skoonmaak; ek moet

elke dag my daaglikse boodskap – uit my Bybellees daarin vertoon, waar ek dit kan onthou en bepeins en toepas.

bv Galasiërs 5 – die vrug van die Gees.

Wat se portrette hang in my hartkamer? --- Mense wat my lewe diep aangeraak het soos 'n portret van my

ma op haar knieë besig om te bid (sekerlik ook vir my). 'n Portret van my Kinderkrans tannie wat baie blywende

indrukke gelaat het. 'n Portret van die dominee by my belydenisaflegging. en veral die belangrikste een : die

Koning van my hart, Jesus! Dan natuurlik ook nog ander prente van versoening, vergifnis, seën, gesondmaking.

Dit is nie verniet dat ons so 'n hartkamer het nie, want dit maak ons ryker en ons kan ander ontvang met 'n

eerlike en oop gemoed. Nouwen sê : “ Whenever I meet people during the day, I receive them in my inner

room, trusting that the pictures on my walls will guide our meeting.”

VOOR ONS KAN BID

Leeg, net met my sondelas, hou ek u verdienste Rock of ages , cleft for me, let me hide

vas. Ek kom om vergewing vra; U het ook my in thee; let the water and the blood.

skuld gedra! U, geslaan tot heilsfontein, was from thy wounded side which flowed,

my, Heiland, maak my rein! be of sin the double cure, cleanse me

from its guilt and power.

24EEN GEBEDSWAG

WOENSDAG 3 FEBRUARIE 2016

Page 7: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

GEBED

God is genadig, Hy hoor my gbed. Aan hulpeloses bied Hy sy ontverming. Die magtelose vind by

Hom beskerming. Hy is regverdig, Hy het my gered.

ONS BID VIR MEKAAR (2Sam 7 : 18) “Wie is ek , oppermagtige Here, en wat is my nageslag dat U so

baie vir my gedoen het?” Ons vra mekaar nooit 'Wie is jy?' nie. Nee liewer 'Wat se werk doen jy?' of

'Waar het jy grootgeword?' of 'Waar woon jy?' Waarom dan? Ons kategoriseer mekaar volgens hierdie

vrae en ook volgens ouderdom, geslag, kleur of beroep ens. Ons kan mekaar liewer begin sien op 'n basis

van wat het ons in gemeen as mens. Dan kom ons agter dat ons mekaar kan sien as broers en susters van

dieselfde 'familie'. Kom ons bid vir mekaar soos ons mekaar sien deur die oë van Jesus.

ONS BID VIR ONS GEMEENTE (Heb 10 : 4) 'Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor

tot liefde en goeie dade.' Hebreërs herhinner ons daaraan om mekaar 'aan te spoor'. Op baie maniere kan

ons dit doen – deur woorde van aanmoediging of om harder te probeer om goed te doen of om 'Godstories

met mekaar te deel, om te getuig van ons eie transformasie deur God lief te hê en ook ander mense. Dink aan

iemand wat jy ken en dink hoe kan jy hom/haar aanspoor om dalk meer liefdevol te wees of om ander te help.

Bid vir hierdie persoon in besonder en ook vir ander mense in die gemeente om mekaar te ondersteun en aan

te moedig. Bid ook vir die bestuur van die gemeente dat hulle as volgelinge van Jesus aan Hom en Hom alleen

gehoorsaam sal wees in alle besluite.

BID VIR DIE JAAR VORENTOE vir ons dorp se skole - leerders, onderwysers en ouers.

Burgermeester en dorpsraad, brandweer, polisie, verkeerspolisie, besighede en gesondheidsdienste.

BID VIR ONS LAND vir reën en uitkoms vir boere op plase.

Ons bid dat die burgers van hierdie land sal erken dat die beheer in God se hande is.

Ons bid dat die leiers sal erken dat daar 'n ewige lewende God is wat almagtig is en nie buite rekening gelaat

kan word nie, Ons gee ons land en sy burgers aan God oor.

ONS SLUIT

Die Here Jesus lewe, Hy kom ons eendag haal.

Hy sal ons dan laat aansit by sy Messiasmaal.

Kom, laat ons Hom verheerlik, sy liefde nou

besing, en saam met als wat lewe, aan Hom

die hulde bring.

Vir enige navrae, versoeke of kommentaar, kontak asb vir Annette McMillan by

072 903 9189. Ons bid saam asb NGK & VGK Gemeentes vir 24uur aaneen.

Page 8: 31 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016-01-29 · proe ons genade. En wanneer ons die wyn drink, proe ons liefde. En ons weet: Só lief het Vader ons, Sy kinders! Welkom

BYBELSKOOL Die Skool heropen DV Woensdag 17 Febr. om 18:00 in Hermanus en Donderdag 18 Febr. om 9:00 in Onrusrivier. Prof Kobus Kellerman gaan ‘n reeks oor Filippense aanbied. Meer inligting later. Navrae: Clifford by 018 316 4895. SPOELKLIPPE-OPENING VRYDAG 19 FEBRUARIE DV 18:00 in die SYSAAL Bring EIE eetgerei en drinkgoed. ASOOK 'n slaai en kouevleis vir sowat 4 persone. Ons plaas dit op 'n GESAMENTLIKE tafel en ons almal eet lekker saam van almal se te ete. Koffie en tee word verskaf. ALMAL IS WELKOM maar NUWE INTREKKERS en nuwe gesigte word SPESIAAL uitgenooi. Kontak Joep vir meer inligting: 028 316 4018 0f 083 297 9230. MUSIEK NG Kerk Hermanus 24 Februarie 2016 om 19h00 Martin Mans & Carina Bossenbroek in Konsert Slegs R80 p.p. Kontak 082 897 4320.

ONSTEATER WOENSDAG 10 FEBRUARIE 14:30 FLIEK: FRENCH TOAST In FRANKRYK ontmoet LISE ( Lika Berning) vir JEAN-PIERRE, 'n Franse sjef. Sy help hom met foto's vir sy nuwe kookboek op voorwaarde dat hy haar help om haar broer of suster op te spoor. Hulle het baie pret maar dan verdwyn Jean-Pierre skielik...... Slegs DONASIE vir die dienssentrum. ALMAL WELKOM! ZWELIHLE WOMAN TO WOMAN BYEENKOMS WOENSDAG 10 FEBRUARIE 2016 Ons is gaste van Volmoed en gaan As Woensdag in hulle kapel herdenk. Dames wat saam wil kom, en help met vervoer, kan ons om 3nm in Zwehlile by die gewone staanplek ontmoet (langs die kliniek). Bring asseblief n bordjie eetgoed saam - tee word deur Volmoed voorsien. Navrae Hettie Roux 073 143 8270 . SPOELKLIPPE : MY FAIR LADY! Datum: Saterdag 30 Julie 2016 Blokbespreking vir 21 persone by KUNSTEKAAP! Busvervoer plus toegang: R335 pp Betaal so gou as moontlik by kerkkantoor en wees verseker van jou plek! Betaal nie later as einde Maart nie. Joep 083 297 9230 of 028 316 4018. DIE ONDERSTEUNINGSGROEP vir mense met neu-rologiese siektes (Parkinsons, Alzheimer, MNS, MS, spierdistrofie, dimensie) se eerste byeenkoms vir 2016 vind plaas op Maandag, 1 Februarie 2016, om 11h00 by die dienssentrum.

MEDIATEEK BEURTE SONDAE NA EREDIENS Hettie benodig nog mense wat kan help diens doen by die Mediateek. Kom sommer hierdie Sondag na die Mediateek (langs die maalruimte) en kom gee jou naam op of kontak Hettie by 028 316 2342. GASVRYHEIDSBEDIENNING: Het u al gewonder hoe gaan u nuwe vriende maak en nuwe mense ontmo-et? Die Gasvryheidsbediening is net die plek! Word deel van die vriendelike span wat Sondae mense by die deure verwelkom en plekke aanwys. Ons het jou nodig!! Kom gee gerus jou naam op by die kerkkantoor. MUSIEK Ons rig n vriendelike uitnodiging aan al ons musikale Sangers en/of musikante wat belangstel om by ons musiekbediening in te skakel. Kontak Suzette by 073 463 8878 of [email protected] Ons nooi almal ook uit om Sondag 31 Jan direk na die erediens by die orrel bymekaar te kom.

KOSPAKKIES 15 FEBRUARIE DV Net ter verduideliking: Agter in die KALENDER is die lys van items waarvoor die verskillende wyke maan-deliks verantwoordelik is. Bring asb jou bydrae na die kerk en plaas dit in die houtkiste, gemerk KOSPAKKIES, wat in die MAALRUIMTE en voor by die HOOFINGANG geplaas is. BAIE DANKIE vir die liefdegawes aan hulle wat dit so nodig het.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER

Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

DIE SOPKOMBUIS HET U NODIG!

DINSDAE SOPKOOK Ons benodig nog persone om te help sop kook op Dinsdae by die kerk. Daar is verskeie spanne wat nog persone kort. Kom gesels, lag en kook saam!

SOP AFLEWERING DONDERDAE Elke tweede Donderdag word sop uitgery na Hawston se kliniek. Die mense het dit nodig want medikasie moet gedrink word. Dit is nie so groot hoeveelheid nie - nie bakkie nodig nie, gewone kar kan ook. Ons sê reeds dankie vir u wat gaan kom!

Kontak asb vir Siska by 028 316 2109.