6
83 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle dinge gemaak is, word materie genoem. Materie bestaan uit ontsaglike getalle baie, baie klein deeltjies. Hierdie deeltjies noem ons atome. Verskillende stowwe gedra hulle op verskillende maniere, omdat hulle atome verskil. Diamant is byvoorbeeld verskillend van koper omdat dit uit verskillende soorte atome bestaan. Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse Atome trek mekaar aan. As die atome van ‘n stof mekaar baie sterk aantrek, sal die Vastestof Vloeistof Gas

11 Materie en materiale (NW) - Welkom | Christelike · PDF file · 2015-07-2283 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle

  • Upload
    buimien

  • View
    237

  • Download
    6

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 11 Materie en materiale (NW) - Welkom | Christelike · PDF file · 2015-07-2283 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle

83

11 Materie en materiale (NW)11.1 Materie

Wat is materie en waaruit bestaan dit?

Die stof waarvan alle dinge gemaak is, word materie genoem. Materie bestaan uit ontsaglike getalle baie, baie klein deeltjies. Hierdie deeltjies noem ons atome.

Verskillende stowwe gedra hulle op verskillende maniere, omdat hulle atome verskil. Diamant is byvoorbeeld verskillend van koper omdat dit uit verskillende soorte atome bestaan.

Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse

Atome trek mekaar aan. As die atome van ‘n stof mekaar baie sterk aantrek, sal die

Vastestof Vloeistof Gas

Page 2: 11 Materie en materiale (NW) - Welkom | Christelike · PDF file · 2015-07-2283 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle

84

Hout en yster is vaste stowwe. ‘n Vaste stof het ‘n vaste vorm en grootte. Dit neem baie energie om ‘n vaste stof se vorm te verander! Jy moet dit stukkend kap, of jy kan dit baie warm maak of baie afkoel.

As die atome mekaar nie so sterk aantrek nie, kan hulle rondbeweeg en ‘n vloeistof vorm. Al kan die vloeistof se deeltjies meer vryelik rondbeweeg, kan hulle nie heel-temal van mekaar ontsnap nie. ‘n Vloeistof kan vloei en neem die vorm aan van die houer waarin dit gegiet word. Dink maar aan water, melk en koeldrank.

‘n Gas se deeltjies trek mekaar glad nie sterk aan nie. Die atome is baie ver van mekaar af en hulle beweeg baie vinnig. Gasse het geen vaste vorm nie en vul sommer gou ‘n groot ruimte. Wanneer gas in ‘n huis lek, kan ‘n mens dit sommer gou in die hele kamer en later in die hele huis ruik.

11.2 Verandering

Water kan ‘n vaste stof (ys) ‘n vloeistof (lopende water) of ‘n gas wees. Al drie hierdie fases of vorms van water sien ons in die natuur. Die vaste stof, ys, sien ons in ysberge, hael en sneeu. Die vloeistof, water, sien ons in reën, damme en riviere. Ons lei dit ook deur pype tot in ons krane. Die gas, waterdamp, kan ons nie sien nie. Dit is rondom ons in die lug. Wanneer ons ‘n ketel laat kook, kan ons vir ‘n rukkie die stoom sien voordat dit heeltemal in ‘n gas verander en in die lug verdwyn.

gas

vloeistof

vaste stof

Page 3: 11 Materie en materiale (NW) - Welkom | Christelike · PDF file · 2015-07-2283 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle

85

dit warm maak. As ons waterdamp afkoel, vorm dit weer waterdruppeltjies. As jy teen ‘n koue glasruit blaas, kan jy sien hoe die waterdamp in jou asem klein druppeltjies

Dit is ook hoe wolke gevorm word. Bo in die lug is dit altyd kouer as op die aarde. Lug wat opstyg, sal dus altyd afkoel. As die lug afkoel, sal die waterdamp verander in klein druppeltjies water (dit kondenseer). Hierdie piepklein druppeltjies water noem ons ‘n wolk. As die druppeltjies in die wolk saampak en groter druppels vorm, word dit naderhand te groot om as wolk rond te dryf, en val na die aarde as reën.

Wolke word gevorm

Reënwolke

Reën

SpruitenriviereDam

Aarde

See

Water verdamp

Page 4: 11 Materie en materiale (NW) - Welkom | Christelike · PDF file · 2015-07-2283 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle

86

Nog soorte veranderings

Nie alle stowwe verander soos water nie. Water kan vries, maar weer smelt en dit bly nog al die tyd dieselfde stof. Maar sommige stowwe verander heeltemal en kan glad nie weer terug verander nie.

Wanneer ‘n stukkie papier aan die brand slaan, word dit eers bruin en bros. UIteindelik verander dit in ‘n hopie as. As die as afgekoel het, verander dit nie terug in papier nie. ‘n Heeltemal nuwe stof is gemaak. So ‘n verandering noem ons ‘n chemiese verandering. Nog voorbeelde van sulke veranderings is yster wat roes, melk wat suur word en koek wat gebak word.

Chemiese veranderinge help ons om nuwe stowwe te maak. Een voorbeeld is glas. Glas word van ‘n mengsel van sand, soda en kalksteen gemaak. Hulle word saam gemaal en tot omtrent 1500°C verhit. Hulle vorm dan ‘n helder, jellie-agtige stof. As dit afkoel, stol dit en vorm ‘n harde, bros glas.

11.3 Stowwe wat ons gebruik

Ons gebruik baie verskillende stowwe. Sommige van die stowwe is natuurlik. Dit kom van plante en diere. Ons gebruik wol, leer, pels, sy en horing wat van diere af kom. Ons gebruik katoen, hout, rubber en linne wat van plante af kom. Party natuurlike stowwe soos klip, klei, goud, steenkool en olie word uit die grond gehaal. Ons gebruik ook mensgemaakte stowwe. Yster, staal, glas, plastiek en sement is alles mensgemaak, maar hulle word gemaak van natuurlike stowwe wat ons grondstowwe noem.

‘n Mensgemaakte stof: papier

Een algemene mensgemaakte stof is papier. Die meeste papier word van hout gemaak. Eers word die hout in klein spaanders opgekap. Die houtspaanders word dan saam met ‘n chemise middel, seepsoda of bytsoda, gekook. Dit verander die houtspaanders in houtpulp, wat nogal baie soos papier-mache lyk. Die pulp moet gebleik word om dit wit te maak, waarna dit met ‘n fyn sif gedreineer word. Daarna gaan dit na die papiermasjien.

Page 5: 11 Materie en materiale (NW) - Welkom | Christelike · PDF file · 2015-07-2283 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle

87

In die papiermasjien word die papier uitgesprei op ‘n groot, bewegende doek. Nog water word geleidelik uit die pulp gedruk. Die pulp word dan tussen twee groot rollers gepers wat dit in dun velle uitdruk. Heel laaste word die papier tussen verhitte rollers deurgestuur om dit glad te maak.

Papier word gebruik vir skryfwerk en drukwerk. Dit word ook gebruik vir toedraai en verpakking. Sneesdoekies, plakkate, houers en nog vele meer word van papier gemaak.

‘n Natuurlike stof: klei

Klei bestaan uit die heel kleinste stukkies rots. Die stukkies is so klein dat hulle aan mekaar vasklou. Klei kan in ‘n groot oond gebak word om bakstene en teëls te maak. Die fynste soort klei word gebruik vir die maak van porselein en ander soorte erdewerk. Klei kan in ‘n oond met kalksteen verhit word om sement te maak. Sand, gruis en klei word uit groot gate in die grond gegrawe. Geboue en paaie word met behulp van sand, gruis en klei gemaak.

Houtspaanders vir die maak van papier Papiermasjien

Sand Gruis Klei

Die maak van 'n kleipot

Page 6: 11 Materie en materiale (NW) - Welkom | Christelike · PDF file · 2015-07-2283 11 Materie en materiale (NW) 11.1 Materie Wat is materie en waaruit bestaan dit? Die stof waarvan alle

88

BronnelysCLYMER, E., 1971. Wiele. Kaapstad: Citadel-Pers

DAINTITH J, ISAACS A. & PITT V. 1975. Junior Ensiklopedie van die Wetenskap, Deel I en V. Roodepoort: Transo Pers

HARPER, M., 2000. Ontdek Wetenskap en Tegnologie. Kaapstad: Kagiso Education

JENNINGS, T., 1984. Stowwe. Oxford: Oxford University Press

LOOTS, S.J., VIVIER, J.M. en CRONJE, J.F.C. Aardrykskunde Dink- en Leerboekies, St. 3. Johannesburg: Nasau Beperk

OLWAGEN, G.: 1991. Ons Wonderlike Wêreld. Huisgenoot Fanie en Melanie-ensiklopedie. Kaapstad: Nasionale Boekdrukkery

VAN DER WALT, J.P. 1993: The Life of Plants. Pretoria: J.P. van der Walt and Son.

VAN DYK, J.J., VAN DYK, G.P. en MULLER, J.C. 1980. Algemene Wetenskap in Aksie st. 2. Pretoria: De Jager-HAUM.

WAGNER, E. e.a., 2002. Drafstap deur die Natuurwetenskappe en Tegnologie. Somerset-Wes: Roedurico