4
op die lydenspad ‘n Gids tot die “stasies van die kruis” Vier Paasfees

12stasies pamflet

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: 12stasies pamflet

op die lydenspad

‘n Gids tot die “stasies van die kruis”

Vier Paasfees

Page 2: 12stasies pamflet

Kom net eers tot rus

Haal rustig en diep asem. Jy is in God se teenwoordigheid;

Hy is nie iewers anders besig nie.

Gaan sit. Gee alles wat vandag (en die afgelope tyd) met jou gebeur het aan Hom.

Jesaja 40:28-31“Weet jy dan nie, het jy nog

nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper

van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne

word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur

struikel en val, maar dié wat

op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met

arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie

afgemat nie.”

■ Vra jouself: Waarmee is God nou in my lewe besig?

Word bewus van die maniere waarop Hy in jou lewe

teenwoordig is.■ Praat met Hom daaroor, en

oor dié dinge wat jou tans jaag.

■ Maak jou ore oop vir die Heilige Gees. Laat Hy jou lei wanneer jy hierdie Via

Dolorosa aanpak.

Stasie 1 – Getsemané

Lukas 22:42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied.”

Kniel op ‘n kussing of sit op ‘n stoel. Bid die volgende gebed: “Hemelse Vader, ek kan só aan my eie wil verknog raak, en my eie

dinge in my eie dagtaak wil doen … Jesus het aan die

begin van hierdie lydenspad sy wil opgeoffer en dit aan U, sy goeie Vader wat die beste weet, oorgegee. Ek staan nou aan die begin

van hierdie reis met ’n stuk onsekerheid in my; ek gee my wil bewend aan U oor. In my leefwêreld is beheer, dagboeke en afsprake baie belangrik. Ek sal moet leer

om my wil aan U oor te gee. Breek my wil vandag, o

Heer. En laat my, soos Jesus, die eerste treë op hierdie pad gee.”

Stasie 2 – ’n Slegte soen

Lukas 22:47−48“Terwyl Jesus nog praat,

kom ’n klomp mense daar aan. Die een wat Judas genoem is, een van die

twaalf, het hulle gelei en nader gekom na Jesus toe

om Hom te soen. Maar Jesus sê vir hom: “Judas, verraai jy die Seun van die

mens met ’n soen?”

Ons dink baie maklik veroordelend aan Judas − die man uit Jesus se

dissipelkring wat Hom met ’n soen verraai het. Maar

hoeveel keer draai ons nie

ons rug op Jesus nie? Ons wat Sondag na Sondag ons

geloof bely …

■ Dink na oor jou lewe. Waar het jy die afgelope tyd

jou rug op Jesus gedraai? ■ Waar was jý die Judas in

jóú verhaal met Jesus? Praat met die Here daaroor.

Stasie 3 – Hande vol onskuld

Matteus 27:24“Toe Pilatus sien dit help

niks nie en dat daar eerder ’n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle

verantwoordelikheid.”

...

Paasfees is die grootste fees op die Christelike kalender. Dit is immers die Fees van die Kruis. En dit is veral die Opstandingsfees, ja, die Fees van

die Leë Graf.’n Gebruik wat in die vroeë kerk ontwikkel het en

wat deesdae deur baie gelowiges – ook dié uit die gereformeerde tradisie – gevolg word, is ’n reis langs die Via Dolorosa (Jesus se lydenspad). Op hierdie pad is daar ’n aantal rusplekke – waar gelowiges kan stil staan, stil sit, stil word. Hierdie rusplekke word soms

genoem “die stasies van die kruis”.En hier is die nuwe moontlikheid vir dié Paastyd:

Kom, word stil saam met medegelowiges. Kom stap die lydenspad saam met mekaar. Vertoef so lank jy wil by die stasies van die kruis.

2

Page 3: 12stasies pamflet

Pilatus kon nie Jesus se weerloosheid regtig

verstaan nie. Nogtans het hy baie hard probeer om

Jesus se onskuld te bewys. Maar hy het hom te pletter geloop teen die Jode se

godsdienstige mag. Mag is bitter gevaarlik;

sogenaamde godsdienstige mag nog meer só.

■ Wie is die weerloses in jou omgewing? Wat kan jy aan hulle omstandighede doen? Wat gaan jy doen?

■ Was nou jou hande in ‘n skottel water – en dink of jy jou hande in onskuld kan

was. Kán jy?■ Neem pen en papier.

Skryf die naam of name neer van die weerloses in

jou omgewing. Wat gaan jy hieraan doen?

Stasie 4 – ’n Swaar kruis

Johannes 19:17“Jesus het self sy kruis

gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit

genoem is, in Hebreeus Golgota. Daar het hulle

Hom gekruisig en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, met Jesus in die

middel.”

Gaan plaas ’n klippie by die kruis neer.

Stasie 5 – Simon help Jesus om sy kruis te dra

Lukas 23:26“Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ’n sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.”

Jesus was later só swak dat Hy net nie meer verder kón nie. Die soldate het dit gesien en sommer ’n man langs die pad gegryp om

Hom te help.

■ Dalk is jy nou op ’n weerlose stadium in jou

lewe. Gee jou swakhede aan Hom; Hy weet hoe dit is om

weerloos te voel.■ Wie ken jy wat ook ’n

moeilike tyd deurmaak? Wie se kruis kan jy help dra?

■ Gebruik die gemeente se gebedslys – en gee weerlose mense en vriende se nood

aan die Here.

Stasie 6 – Trane oor skuld

Lukas 23:28−30“Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: ‘Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders, want daar kom dae waarin hulle sal sê: Hoe gelukkig is die

onvrugbare vroue en dié wat nooit ’n kind in die wêreld gebring het of gevoed het

nie. Dan sal hulle vir die berge sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!’”

Hierdie vroue was baie hartseer oor Jesus se lyding

en kruisiging. Jesus wys hulle daarop dat hulle eerder oor

hulleself moet treur.

Daar is baie blindekolle in ons lewe; sonde wat ons nie kan of wil raaksien nie. Dink daaroor na en bely dit nou

voor die Here.

Stasie 7 – Jesus word gekruisig

Lukas 23:33−34“Toe hulle by die plek kom

wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy

regter- en die ander een aan sy linkerkant. Toe sê Jesus: ‘Vader, vergeef hulle, want

hulle weet nie wat hulle doen nie!’ Hulle het sy klere

verdeel deur te loot.”

■ Neem ’n spyker en kap dit in die kruis in. Wat gaan

nou deur jou gedagtes?

Dink daaraan dat Jesus intense pyn moes verduur – ook die vernedering om tussen misdadigers, soos

’n misdadiger, gekruisig te word – sodat ek en jy die

verlossing kan proe. ■ Sê: “Dankie, Here Jesus!”

Stasie 8 – Jesus word bespot en beledig

Markus 15:29−32“Die mense wat daar

verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop

geskud en gesê: ‘Toe, jy wat die tempel afbreek en in drie dae weer opbou! Red jouself en kom van die kruis af.’ Net

so het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes ook spottend vir mekaar gesê:

‘Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie! Laat die

Christus, die koning van Israel, nou van die kruis af

kom, sodat ons dit kan sien en in hom glo!’ Die twee wat saam met Hom gekruisig is,

het Hom ook beledig.”

...

3

Page 4: 12stasies pamflet

Stasie 12 – Die graf is leeg!

Matteus 28:5-7“Toe sê die engel vir die

vroue: ‘Julle moenie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit

die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: Daar is die plek waar Hy gelê

het. Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood

Jesus kon Homself van die kruis losmaak as Hy wou, maar Hy het die pad enduit

gestap en die mense se bespotting verduur.

Op watter manier bespot jy vir Jesus deur dit wat jy sê en doen? Dink daaroor na.

Stasie 9 – Jesus vra dat ons vir mekaar sal sorg

Johannes 19:25−27“By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy

moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en

Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan,

sê Hy vir haar: ‘Daar is u seun.’ Daarna sê Hy vir die

dissipel: ‘Daar is jou moeder.’ Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis

geneem.”

Nadat die soldate Jesus se klere onder mekaar

verdeel het, vind hierdie aangrypende toneel plaas.

Jesus sorg vir sy ma. Hiermee onderstreep Hy – in

sy kaalste uur – dat ons na mekaar moet omsien.

■ Gaan vind by jou gemeente uit wie swaarkry en kyk hoe jy van nou af ’n pad saam met

hierdie persoon of gesin kan stap.

■ Raak by die een of ander uitreik- of

barmhartigheidsprojek in jou gemeente betrokke.

Stasie 10 – Dit is volbring

Johannes 19:30“Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: ‘Dit is volbring!’ Toe het Hy sy

kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.”

Stasie 11 – Jesus word begrawe

Johannes 19:41−42“By die plek waar Jesus

gekruisig is, was daar ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf waarin daar nog niemand

begrawe was nie. Daar het hulle Jesus begrawe, omdat die sabbatdag vir die Jode al amper aangebreek het en die

graf daar naby was.”

■ Word stil, soos by ’n graf. Dink na oor die impak van

Jesus se lydenspad – en die invloed op jou lewe, noudat

jy in sy spore gevolg het.■ Breek vir jou ’n stukkie

brood. Skink ’n glasie wyn of sap.

■ Vra die Here se seën. Eet en drink.

opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat

ek vir julle moes sê.”

■ Bid nou die volgende gebed: “Vader, dankie dat U Jesus uit die dood opgewek

het en so die angel van die dood en sonde finaal

gebreek het. U het aan ons die lewe gegee. Help my om hierdie lewe met albei hande aan te gryp en uit die volheid daarvan te leef. Elke dag en

elke oomblik. Amen.”

■ Neem nou ’n blom of ’n plantjie en gaan gee dit aan ’n siek of eensame persoon

in jou gemeenskap of gemeente.

4

Lees meer oor die “stasies van die kruis” in

die April-uitgawe van LiG.Beskikbaar by jou naaste Woolworths,

Spar, Pick’nPay, Checkers, Clicks, DisChem,

Exclusive Books, CNA, Gospel Direct of CUM.

A P R I L 2 0 1 4

die geur van Paasfees ... en báie meer

AANLYN-AFFAIR Knyp jy die kat in die kuberruim?

Hoe praat ek met my kind oor die dood?

KANEEL

Paasfees – Stap saam op

JESUS SE LYDENSPAD

MasterChef-sussies

se geheime

bestanddeel:

HULLE PA!

woon in Kammaland Perfekte ouers

KUSSINGSTORIESgenees stukkende harte

Die wonder van WOORDE– kies só die regte

boek vir jou kind

“Dien, doen en geniet!”

indie

April 2014

PRYS: R35,50 (BTW IN

G)

Ander lande (belasting uitgesluit): R31,15

April 2014 Deel 79 No 4 VIR JOU EN JOU M

ENSE

9770042827286

14004

www.lig.co.za