12
1 April 2015

19 apl 2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bly op hoogte van die week se gebeure

Citation preview

Page 1: 19 apl 2015

1

April 2015

Page 2: 19 apl 2015

2

19 April 2015 Vandag se diens….

• Amptelik: [email protected] / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure WoWoWoWo————Vry Vry Vry Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton

• Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794

• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095

So 19 Apl Blok D / So 26 Apl Blok E

Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos!

Die erediens word gelei deur ds. Wicus vd Merwe Die Deurkollekte vandag:

Paaswandeltuin

Vir voorbidding

� Baie geluk aan Wikus & Susan Greyling wat

Vrydag hul 45ste huweliksherdenking vier!

� Baie geluk aan Ben & Kobie Bouwer met hul

kleinkinders se prestasies! Byron Thompson

wat 4 goue en 3 silwer medaljes ontvang het

vir model en drama. Sy ses-jarige sussie,

Jaylen, het 7 goud, 4 silwer en 1 brons

medalje verower vir model, drama en dans.

Beide is gekies om SA in Amerika te gaan

verteenwoordig.

Lief en leed Wyk

B4

E1

Blok Diensbeurte

Blok Diensbeurte

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Kontakno:

084 500 4031

083 447 7688

Page 3: 19 apl 2015

3

Byeenkomste die week

Sondag 19 April

� MITS — 08:00 Voorsang en diensliedere word in plek

gekry vir volgende Sondag se diens.

� Kategese— direk na die erediens. Ouers word gevra

om toe te sien dat hul kinders ook eredienste bywoon.

� Vroue bediening—10:15 in die kerk

Maandag 20 April

� Belydenisklas — 18:00 aan huis van Willie Vermaak—

Sam Hewittstr 18, Riversdale. Skakel indien onseker waar dit is 016 364 0635.

� USE (Uitreike, Sending & Evangelisasie)—19:00—hierdie

bediening het te make met die Paaswandeltuin, Kers liggiefees asook die onderskeie instansies wat tydens Augustus ons kom vertel van hulle uitreike.

Dinsdag 21 April

� Oesfees — 19:00. Al die sameroepers van die onderskeie

tafels word versoek om die vergadering by te woon. Enigiemand anders wat graag die vergadering wil bywoon, is meer as welkom.

Doderdag 23 April

� Toekomsgesprek — 18:30 in die kerksaal. MOos,

Olyfdal en Moedergemeente se samesprekings om in die toekoms saam te werk op verskillende terreine, is besig om goed te vorder. Indien jy graag wil weet wat in die toekoms vir ons wag, kom skakel gerus in!.

Page 4: 19 apl 2015

4

Daniela Kilian A3 082 416 5716

Geluk elke verjarende!! So 19—Sa 25 Apl.

So 19

Clarise Lubbe C8 082 407 8591

‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir

2015 nms Kerkraad &

Admin Bestuur.

Christo Koen C8 072 783 2715

Christo Vermeulen D5 082 383 7527

Ma 20

Vier die dag waarop die

Here JOU gekies het!

Wikus Bothma D1 084 607 1921

Marissa Pelser D7 083 416 0127

Darren Herbst C1 078 554 7400

Peter Ravenscroft C2 072 473 6326

Christelle Visagie C3 073 726 8948

Wo 22

Di 21

Sa 25 Di 21

Vincent Buys E6 079 523 5594

Doopverjaarsdae

Ma 20

Zhane Buys E6 079 522 1283

Monique Boshoff D1 071 492 5054

Do 23

Melissa Venter B1 082 758 4057

Vr 24

Michael Sidwell D8 084 371 2042

Sa 25

Page 5: 19 apl 2015

5

Hemelvaart & Pinkster

Noudat ons Jesus Christus se kruisiging en opstanding herdenk het is Hemelvaart en Pinkster ophande. Die vroeë kerk het die hemel-vaart as 'n dag van blydskap en vreugde gesien. Op hierdie dag is die feit dat Jesus as Oorwinnaar die kerk vanuit die hem-el regeer – of te wel, “vanaf die regterhand van God” – en dat Hy in die hemel by die Vader vir hulle intree (Matt 26:64; Hand 7:55; Rom 8:34). Hemelvaart beteken in die Christendom die terugkeer van Jesus van Nasaret na sy Vader in die hemel. Die Lukas-evangelie en Hande-linge vertel die verhaal van hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het. Ná veertig dae styg Hy op na die hemel en word sig van Hom deur 'n wolk belemmer, terwyl sy volgelinge toekyk. Die tien dae tussen Hemelvaartdag en Pinkster word daardeur gekenmerk dat volgelinge van Jesus sonder sy steun verlore voel. Reeds uit die geskrifte van die Apostoliese Vaders blyk daar 'n geloof aan die hemelvaart te wees. Die vroegste afsonderlike verwysing na Hemelvaart in die vroeë kerk se prediking, word in 386 by biskop Chrysostomos aangetref. Sedert die vyfde eeu word dit wyd as 'n afsonderlike fees gevier. Temas wat met Hemelvaart in herinnering geroep word, is die berig van die hemelvaart (Hand 1:1-11), Jesus se Groot Opdrag (Matt 28:16-20) en sy belofte oor die uitstorting van die Gees (Hand 1:5, 8). Die hemelvaart van Jesus word ook gemeld in die geloofsbelydenisse van Nicea en dié van Konstantinopel. Die viering van Jesus se hemelvaart is een van die hoof feeste van die Kerk. Hemelvaart val altyd op die veertigste dag gereken vanaf Eerste Paasdag, vandaar dat die datum elke jaar verskil. Hemelvaart val wél elke jaar op 'n

Donderdag. Hemelvaart val tien dae vóór Pinkster. In sommige kringe word Hemelvaart as deel van Paastyd beskou en in ander as deel van Pinkstertyd. Beide hierdie sienings het meriete, maar net so ook tekortkominge. Omdat Hemelvaart 'n belangrike viering in die kerklike jaar is én omdat 'n insluiting daarvan by enige van die ander twee seisoene die unieke fokus daarvan sou verminder, is dit beter om Hemel-vaart op sy eie te vier. Só kan dit as 'n skarnier tussen Paas-fees en Pinkster beskou word en funksioneer. Van die evangelies is dit net Lukas (24:51) wat 'n vertelling oor die hemelvaart het en hy volg dit in Handelinge (1:9) op. In Openbaring 12:5 word ook na die hemelvaart verwys. Dit word as 'n feit gestel om te sê dat Jesus nou by God is. Die viering van Hemelvaart help ons om te besef dat godsdiens nie 'n abstrakte saak is nie, maar álles met ons aardse bestaan te doen het. Hemel en aarde raak as 't ware aan mekaar en is eintlik deel van één groter en-titeit. Beide die hemel en die aarde word in die Bybel "God se woonplek" genoem. Die viering van Hemelvaart help ons veral om met die paradoks van ons bestaan hier en nou en die "nog nie" van die toekoms waaraan ons glo, saam te leef. Christen-wees gaan oor baie meer as "hemel toe gaan". Met dié vier-ing help ons mense om dit te besef.

Gebruike, simbole en kleure tydens hemelvaart. Die kleur met Hemelvaart is wit. Wolke, die hemel-ruim, trappe, trappe met 'n troon aan die bopunt, 'n koningskroon, 'n oop deur, bal-

Page 6: 19 apl 2015

6

Hemelvaart & Pinkster (verv.)

lonne wat met helium gevul is en duiwe wat losgelaat word, kan op hierdie dag as sim-bole en / of hulpmiddels gebruik word. Omdat dit wat ons vandag van die kosmos weet verskil van die destydse wêreldbeeld, kan foto's uit en van die buitenste ruimte benut word om ons te help om ons horisonne te verbreed m.b.t. ons verwag-tinge van die hemel.

Pinkster. Op Pinkstersondag vier ons die uitstorting van die Heilige Gees (Hand 2). Die Pinkster fees was, net soos die pasga, ook oor-spronklik 'n Joodse fees (die Dag van die Eerste Vrugte of Fees van die Weke, die Oesfees - Lev 23:16). Tydens dié fees is die insameling van die oes, asook die bevryding uit slawerny gevier. In Jesus se tyd is die gawe en ontvangs van die Wet by die berg Sinaï ook tydens die fees herdenk. Vroeë Christene het 'n parallel tussen die vroeë Israeliete se ontvangs van die wet en húlle ontvangs van die Gees getrek (Rom 7:6). Die vroeë gelowiges het dié fees, wat ook as pentekoste (vyftig) bekendstaan, waarskynlik reeds baie vroeg gevier. Dit is moontlik dat Paulus dit saam met sy medegelowiges in Jerusalem wou vier (Hand 20:16). Dit is egter nét so moontlik dat hier na die Joodse Pinkster fees verwys word. Ons kan met sekerheid sê dat die viering van Pinkster as “die fees van die Gees” reeds tydens die tweede eeu wyd oor die destydse bekende wêreld gevier is. In ongeveer 300 na Christus, tydens die Kon-silie van Elvira, is die viering van Pinkster op die vyftigste dag na Paasfees vir die kerk

voorgeskryf. Dit is interessant dat die Sinode van Dordrecht (1574) die vier van die Pink-ster-fees nie goedgekeur het nie. Daar is wel aanbeveel dat daar op die daaropvolg-ende Sondag oor die koms van die Heilige Gees gepreek moes word. Naas die viering van Pinkster(sondag), het daar ook in die NG Kerk 'n tradisie ontstaan om Pinkster te begin vier vanaf Hemelvaartdag of gedurende die week voor Pinkstersondag, met die hou van bidure of eredienste. Dit word nie in ander Christelike kerke gedoen nie. Met Pinkster en gedurende Pinkstertyd vier ons nie net die gawe van die Gees nie, maar ook ons bemagtiging as gesante van God (Gal 5:25; Kol 1:9). Ons leer aan hoe om as "Gees gedrewe mense" te leef en te dien en ons oefen dit in. God skenk aan ons sy Gees (Joh 20:22; Hand 2:4) en sy gawes (1 Kor 12:4) en laat ons die vrug van die Gees in ons lewens dra (Gal 5). Die boek Rut – wat met die Pinkster fees gelees is – is ná die terugkeer uit die ballingskap geskryf om die hoorders daarop te wys dat dit nie die Wet self is wat belangrik is nie, maar die uitleef daarvan in praktiese omstandighede, veral wanneer die gelowiges met vreemdelinge te doen kry. God word gedien, nie die Wet nie. Job, Psalm 119, Daniël, die apokriewe boek, Wysheid van Ben Sirag, is ook met Pinkster gelees en Matteus het die Bergrede (Matt 5-7) as ’n kommentaar gewende teks vir Chris-tene geskryf om naas die Ou Testamentiese tekste tydens die pinkster- fees in die sinago-ge gelees te word. Die lesings tydens die fees is in agt blokke of eenhede gedoen. Die vroeë Israeliete het die Kanaäniete se oesfees in die vroeg-somer oorgeneem, net soos wat hulle ook met ander feeste en ge-

Page 7: 19 apl 2015

7

Hemelvaart & Pinkster (verv.)

bruike gedoen het. Op die laaste aand daar-van, tydens 'n vier-en-twintig uur lange nag-waak, het hulle die gee van die Wet deur God en die ontvangs daarvan deur Moses by Sinaï gevier. Lukas het in sy teks die naam Pen-tekoste behou, maar die viering van die gee van die Tora met die gee van die Heilige Gees (sien Romeine 7:6) vervang. Hy vertel van Johannes die Doper wat gesê het dat iemand, wat groter as hy was en met die Heilige Gees en vuur doop, na hom sou kom (Lukas 3:15-17; hy maak hier ook 'n aansluit-ing met die skoonmaak van die dorsvloer). Nadat Jesus gedoop is en terwyl hy gebid het, het die hemel bo hom oopgegaan en die Heilige Gees op hom neergedaal en word uit die hemel aangekondig dat Jesus God se geliefde seun is oor wie God Hom verheug (3:21-22). Dís die nuwe, ware Pinksterfees. Lukas volg sy vertelling oor die eerste Pink-sterfees in Handelinge 2 op, wanneer die Gees wat Jesus ontvang het aan sy dissipels gegee word. Die gebeure daar korrespon-deer met Genesis 10 tot 11 en 2 Konings 2:1-18, wat in hierdie tyd in die sinagoges gelees is. Lukas neem vertellings waarmee sy lesers vertroud was en omskep dit om te sê dat Jesus nie net groter as Johannes is nie, maar ook groter as hulle profeet Elia. Toe Elia na die hemel opgevaar het, het hy sy gees op sy volgeling, Elisa, laat neerdaal, maar Jesus gee sy Gees duisendvoudig. Net soos wat Elisa se lewe verander is, is die dissipels se lewens gereinig, geheilig en vernuwe en het Jesus se Gees in hulle lewens ontvlam. Anders as by Elia, vernietig Jesus se Gees nie die Jode se vyande nie, maar word die hele menslike familie in God verenig. Die dissipels kommunikeer oor die grense van

menslike taal heen, want die taal van liefde is universeel. Handelinge 2:9-11 se lys van volke verwys na mense uit die hele destyds bekende wêreld en stem ooreen met die lys van Noag se nageslag in Genesis 10. Die menslike familie, wat by die toring van Babel uitmekaargedryf is, is weer byeengebring en in God verenig! Al is die Jode se tempel – soos Babel se toring – verwoes, is hulle terug uit ballingskap en deur God tot één nuwe mensheid gemaak (Ef 4:3-7). Matteus het in sy leesmateriaal vir die Pink-ster fees aangesluit by Psalm 119, wat tydens die nagwaak in agt eenhede gelees is, en dit omskep in die sogenaamde saligsprekinge (Matt 5:3-12). Sy oktaaf word ingelei en af-gesluit met die verklaring dat God se kon-inkryk belowe word aan húlle wat arm van gees is (5:5) en húlle wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is (5:12). Dit word opge-volg met 'n "preek" oor elkeen van die salig-sprekinge. Die laaste saligspreking kom eerste aan die beurt (5:11-20 oor 5:10) en so word teruggewerk (5:21-26 oor 5:9, 5:27-37 oor 5:8; 5:38-48 oor 5:7 ensovoorts) tot by die eerste een. Pinkster gaan deur en deur oor die praktiese lewe van die gelowige voor die aangesig van God ín die wêreld waarin ons nóú leef. Met die viering van Pinkster vier ons God, wat Homself aan ons geskenk het. Ons vier Sy teenwoordigheid en die vrug daarvan in ons lewens (Gal 5:22-23), asook die seëninge (Ef 1:3) en gawes (Rom 12:4) wat ons ontvang. Ons erken daarmee saam dat ons deur die Gees lewe en wy onsself opnuut daaraan dat die Gees ook ons gedrag bepaal (Gal 5:25). Ons streef onderlinge eenheid na en bevorder gasvryheid. Ons moet altyd onthou dat die

Page 8: 19 apl 2015

8

SorgAksie

SorgAksie is ons barmhar-

tigheidsdiens aan ons gemeentelede

en gemeenskap.

Die voorsitter van SorgAksie, Johan

Groenewald, wil elkeen innig bedank

vir die skenkings wat gedurende 2014

ontvang is. Dit was ‘n geweldig aantal

gesinne wat met hierdie skenkings

gehelp kon word. Ten spyte van ‘n

klomp kruideniersware wat gedurende

verlede week by die kantoor afgelaai

is, is die behoefte steeds baie groot.

Indien moontlik, word

elke gesin versoek om

elke Sondag net een

geblikte produk / per-

soonlike higiëniese produk

/ skoonmaakmiddel te

bring. Dit kan in die mandjie in die voorportaal geplaas word.

Elke Donderdag vanaf

11:00—12:30 word kospakkies uitgegee en klere verkoop (indien

meer as drie stelle benodig word).

Johan & Ria Groenewald is in beheer

van die kospakkies, terwyl Michelle

Harding die klere stoor beman.

Maandeliks word sowat 20-plus

gesinne met kos gehelp.

Hemelvaart & Pinkster (verv.)

Gees en sy werk met dié van die Vader en die Seun in verband staan. Wanneer ons dit nie doen nie, lei dit nie net tot misverstand nie, maar ook wanpraktyke in die kerk.

Gebruike, simbole en kleure tydens Pinkstertyd. Die kleure in Pinkstertyd is vuurrooi, warm oranje en goud. Simbole is die duif, vuur, tonge van vuur, 'n afwaartse pyl, 'n druiwet-ros, afgeskilde sitrusvrugte (die vrug se lobbe vorm saam 'n eenheid), 'n geskenk houer, asook rooi kerse en/of blomme. Doen moeite om rondom en ná Pinkster oor God se betrokkenheid in jou lewe, die ge-meente, kerk en gemeenskap te besin. Naas kunswerke of plakkate skep wat God se beweging in ons wêreld, die vrug van die Gees en nog ander motiewe verbeeld, kan boeke oor spiritualiteit gelees word. Weet jy al watter effek jou persoonlikheid en verlede byvoorbeeld op jou persoonlike spiritualiteit het? Besef jy op watter verskillende wyses ’n introvert en ‘n ekstrovert God en die godde-like beleef? Of jy intuïtief of sintuiglik-sensories waarneem het óók ’n beduidende effek op jou reageer op God. Om geestelike dissiplines wat in ooreenstemming met jou eie persoonlikheid en omstandighede is te beoefen kan vir jou van veel waarde wees. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Handelinge 2:14-21).

Page 9: 19 apl 2015

9

Voorwaarts voedselskema

Iets te ete (toebroodjies,

geroosterde broodjies, warm-

brakke, pasteie, ens) vir on-

geveer 50 kinders moet

Woensdae oggende 10h00 by

die skoolkantoor afgegee

word.

Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my

asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie

. Moenie stilbly en nie iets neem nie,

want dan moet ek binne minute sorg

vir iets te ete wanneer die skool

laat weet daar is niks afgegee nie.

Dankie vir u bydrae,

dit word werklik waardeer.

As die kerk van Christus

nie omgee nie,

wie sal dan omgee?

SorgAksie

Die volgende produkte word dringend benodig:

∗ Baked beans

∗ Gemengde groente

∗ Tamatie & uie

∗ Mieliemeel

∗ Tee

∗ Rys

∗ Suiker

∗ Vis

∗ Soppoeier/blikkies

∗ Bully beef

∗ Soja

∗ Konfyt

∗ Toiletseep

∗ Toiletpapier

Selfs al kan jy net EEN van die produkte bring, help dit alreeds.

Page 10: 19 apl 2015

10

Nuwe lidmate

Baie welkom aan:

� Sonja en Ricardo du Preez

(Baal Mullerstr 13, WC1) vanaf NG Herman Steyn.

Hoop julle sal gou inskakel by die bediening waar julle die Here voluit

kan dien met die gawes en talente wat Hy aan julle gegee het!

Sonja Ricardo

Met die wat die gemeente so geseën word hierdie jaar en daar so baie kinders by die

kategese betrokke is, het ons uiters dringend stoorplek nodig om die klaskamers beskikbaar

te stel vir hulle.

Daar is in die verlede gepraat om ‘n stoor te bou, maar die Bates, Eiendomme & Terrein

bediening (BET) het nou tot die besluit gekom om die afdak by die Jeug saal toe te bou as

stoor. Opmetings en berekeninge is gedoen en die

volgende is bepaal:

⇒ Die mate vir die afdak is 9,4 x 3,2m x

2; 8,6 x 2,9m

⇒ Sand (6m3)

⇒ Ben Bouwer is bereid om sy arbeiders

beskikbaar te stel. Die gemeente moet net

instaan vir hulle lone. Bydraes hi-ervoor sal ook waardeer word.

Materiaal / hulp benodig

Die volgende toekoms gesprek tussen MOos, Olyfdal en Moederge-meente vind DV plaas op

Donderdag 23 April om 18:30 in ons kerksaal. ∗ Die Paaswandeltuin gaan

onder andere bespreek word

sodat ons kan sien waar ons volgende jaar kan verbeter en hoe die ander gemeentes betrokke kan wees.

∗ Beplanning vir Pinkster gaan

gedoen word. Enigiemand wat belangstel om by hierdie gesprek betrokke te wees, is welkom.

Volgende toekoms gesprek

Page 11: 19 apl 2015

11

Ek het iets op die hart

Terugvoering / Oplossing vir probleemsituasies:

Ek is:

Ek het:

Help ons om ons bedieninge / gemeente beter te laat funksioneer

‘n Lidmaat

Besoeker

Nuwe intrekker

Voorbidding nodig

Afspraak met ds. nodig

Besoek van blokraad nodig

Ek wil graag inskakel by:

Ek is:

Kategese

Jeugwerk

Vroue bediening

Opgewonde oor .........................................................

Teleurgesteld in ..........................................................

Wil graag iets anders noem/vra: .................................

Naam

Adres:

Kontakno:

Sang & Musiek (MITS)

SorgAksie

Datum:

Ouderdom:

10—17

26—34

47—80

18—25

35—46

80+

Bates, Eiendom & Terrein (BET)

Ander ........................................................

Page 12: 19 apl 2015

12