36
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 1 Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen September 2012 Deel 1 Selfstudie Aktekursus Vraag 1 - Modelantwoord [20] Opgestel deur my TRANSPORTBESORGER Le Roux G J Afstanddoening van voorrang Ek, die ondergtekende, Peter Brown gebore op 1 Julie 1960 getroud met Elizabeth Brown, welke huwelik bepaal word deur die reg van Zambië en hierin behoorlik deur haar bygestaan die wettige houer van die hieronder verband, naamlik:- Verbandnommer: B371/2006 Gepasseer deur: John Smith Identiteitsnommer: 620506 6093 08 1 en Jane Smith Identiteitsnommer: 630130 0067 08 3 Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar ten gunste van Peter Brown Gebore op 1 Julie 1960 Getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van Zambië vir die bedrag van R245 000,00 (twee honderd vyf en veertig duisend rand) en ‘n addisionele bedrag vanR49 000,00 (nege en veertig duisend rand)

2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 1

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen

September 2012

Deel 1

Selfstudie Aktekursus

Vraag 1 - Modelantwoord [20]

Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux G J

Afstanddoening van voorrang

Ek, die ondergtekende,

Peter Brown

gebore op 1 Julie 1960

getroud met Elizabeth Brown, welke huwelik bepaal word deur die reg van

Zambië en hierin behoorlik deur haar bygestaan

die wettige houer van die hieronder verband, naamlik:-

Verbandnommer: B371/2006

Gepasseer deur: John Smith

Identiteitsnommer: 620506 6093 08 1 en

Jane Smith

Identiteitsnommer: 630130 0067 08 3

Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

ten gunste van Peter Brown

Gebore op 1 Julie 1960

Getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van

Zambië

vir die bedrag van R245 000,00 (twee honderd vyf en veertig duisend rand)

en ‘n addisionele bedrag vanR49 000,00 (nege en veertig

duisend rand)

Page 2: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2

2

doen hiermee afstand van voorrang ten opsigte van bogemelde verband, ten

gunste van ‘n verband wat op die punt staan om geregistreer te word deur gemelde

verbandgewers ten gunste van Uniform Bank Beperk, Registrasienommer

1971/000526/06 vir die bedrag van R100 000,00 (een honderd duisend rand) sodat

sodanige verband voorrang sal geniet bo bogemelde verband.

Geteken te Pretoria op 12 September 2012

As Getuies:

1 ___________________________ ________________________

P Brown

2 ___________________________ ________________________

E Brown

Die antwoord op vraag 1 gaan voort op die volgende bladsy

Vraag 3 - Modelantwoord [10]

3.1 Die twee wyses waarop ondernemingreddingsverrigtinge teen ‘n maatskappy

ingestel kan word, is -

i) Begin deur besluit van die direksie

Kragtens artikel 129(1) van die Maatskappywet, 2008, kan die direksie

besluit dat die maatskappy vrywilliglik met ondernemingsreddings-

verrigtinge begin en die maatskappy onder toesig plaas, indien die

direksie redelike gronde het om te glo dat -

a) die maatskappy in finansiële nood is; en

b) daar ‘n redelike vooruitsig is dat die maatskappy gered kan word

ii) Begin deur hofbevel

Indien ‘n maatskappy nie ‘n besluit aangeneem het om met

ondernemingsreddingsverrigtinge te begin nie, kan ‘n geaffekteerde

persoon by ‘n hof aansoek doen vir ‘n bevel wat die maatskappy onder

toesig plaas en met ondernemingreddingsverrigtinge begin. Kennis

moet aan geaffekteerde persone gegee word wie die aansoek mag

teenstaan. Die hof kan ‘n bevel maak om die maatskappy onder

toesig te plaas en ondernemingreddingsverrigtinge te begin indien die

hof tevrede is dat -

a) die maatskappy in finansiële nood is; en

b) daar ‘n redelike vooruitsig is om die maatskappy te red. [4]

Page 3: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 3

Vraag 1 - (vervolg) Opgestel deur my

Vorm VV TRANSPORTBESORGER

Le Roux G J

Ooreenkoms om die bepalings van die verband te wysig kragtens artikel 3(1)(s) van die Registrasie van Akteswet, 47 van 1937

Ons die ondergetekendes

John Smith

Identiteitsnommer: 620506 6093 08 1 en

Jane Smith

Identiteitsnommer: 630130 0067 08 3

Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar,

die verbangewer, en

Peter Brown

gebore op 1 Julie 1960

getroud met Elizabeth Brown, welke huwelik bepaal word deur die reg van

Zambië en hierin behoorlik deur haar bygestaan

die wettige houer van die hieronder verband, naamlik:-

Verbandnommer: B371/2006

Gepasseer deur: John Smith

Identiteitsnommer: 620506 6093 08 1 en

Jane Smith

Identiteitsnommer: 630130 0067 08 3

Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

ten gunste van Peter Brown

Gebore op 1 Julie 1960

Getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van

Zambië

vir die bedrag van R245 000,00 (twee honderd vyf en veertig duisend rand)

en ‘n addisionele bedrag vanR49 000,00 (nege en veertig

duisend rand) kom hiermee ooreen dat -

Nademaal ‘n verband op die punt staan om geregistreer te word deur die gemelde

verbandgewer ten gunste van Uniform Bank Beperk, Registrasienommer

1971/000526/06 vir die bedrag van R100 000,00 plus ‘n addisionele bedrag van

R20 000,00;

En nademaal die gemelde Uniform Bank Beperk slegs bereid is om die

voorgemelde lening toe te staan onderhewig daaraan dat -

a) die bogemelde verbandhouer afstand doen van voorkeur van die bogemelde

verband ten gunste van Uniform Bank Beperk; en

b) ‘n nie-benadelingsklousule in die bogemelde verband vervat word ten gunste

van gemelde Uniform Bank Beperk

Page 4: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 4

2

En nademaal die bogemelde verbandhouer bereid is om aan die bogemelde twee

voorwaardes te voldoen en alreeds ‘n afstanddoening van voorkeur ten gunste van

Uniform Bank Beperk onderteken het;

Nou derhalwe, ter voldoening aan die tweede voorwaarde, kom die partye ooreen -

1 Hierdie verband ten gunste van Peter Brown, Gebore op 1 Julie 1960,

getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van Zambië, sal op geen

wyse in stryd kom met, bevoordeel word of die regte en voordele benadeel

van Uniform Bank Beperk, Registrasienommer 11971/000526/06 kragtens ‘n

verband wat geregistreer staan te word deur die gemelde verbandgewer as

‘n eerste verband oor die beswaarde eiendom ten gunste van Uniform Bank

Beperk vir die bedrag van R100 000,00 plus ‘n addisionele bedrag van R20

000,00, welke verband voorkeur bo hierdie verband geniet en welke regte en

voorrang in alle opsigte dieselfde sal bly asof hierdie verband nooit

gepasseer is nie;

2 Onder geen omstandighede mag die eiendom hierkragtens verbind, op

beslag gelê word of die verbandgewer gesekwestreer of gelikwideer of onder

geregtelike bestuur geplaas word deur die verbandhouer nie, sonder dat die

skriftelike toestemming van Uniform Bank Beperk eers vooraf verkry is nie.

3 Uniform Bank Beperk kan die regte aan hom verleen kragtens sy eerste

verband wat voorrang geniet bo hierdie verband uitoefen en verdere

voorskotte aan die verbandgewer maak. Die verbandhouer sal nie hierdie

verband sedeer sonder die toestemming van Uniform Bank Beperk nie;

4 Tensy Uniform Bank Beperk anders ooreenkom, sal hierdie verband

oorhandig word aan en bewaar word deur Uniform Bank Beperk totdat

hierdie verband of die verband ten gunste van Uniform Bank Beperk

gekanselleer word.

Geteken te Pretoria op hierdie 12de dag van September 2012

As getuies: 1

John Smith

2

Jane Smith

1

Peter Brown

2

Elizabeth Brown

Page 5: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

1 Sien vorige eksamenvraestel Mei 1997, Deel 1 Vraag 4; September2007, Deel 1, Vraag 2, sowel as Voorbeeld 12E in Deel 4 van dienotas vir Selfstudie vir Aktekursus vir Prokureurs.

Aangesien daar nie ‘n nuwe verband is wat geregistreer gaan word nie,maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die baljunie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy nie daartoe in staatwas om besit van die verband te bekom nie. Hierdie aansoek moetderhalwe by die aktekantoor ingedien word.

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 5

Vraag 2 - Modelantwoord [20]Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Aansoek en beëdigde verklaring

kragtens Regulasie 68(1) & (14) van die Aktes Wet, 47 van 1937 1

Ek, die ondergetekende,

Hennie Niemann

in my hoedanigheid as Balju van die Landdroshof vir die distrik van Germiston

behoorlik daartioe gemagtig kragtens ‘n eksekusielasbrief uitgereik deur die klerk

van die hof te Germiston op 16 Julie 2012 verklaar hiermee onder eed dat:

1 Jan Snyman

Identiteitsnommer: 701010 5001 08 2

Ongetroud, is die wettige houer van Verbandakte B888/2005, gepasseer in

sy guns deur Syringa Investments BK

2 Weens die saak tussen Secure Investments Eiendoms Beperk as die Eiser

en Jan Snyman as die Verweerder, het ek het uit hoofde van 'n lasbrief

uitgereik deur die Landdroshof vir die distrik van Germiston beslag gelê op

die gemelde verbandhouer se belang in die gemelde verband, en die belang

op 21 Augustus 2012 per openbare veiling aan Secure Investments

Eiendoms Beperk verkoop.

3 Die verbandhouer het intussen spoorloos verdwyn en ek kon nie daarin

slaag om hom op te spoor of om die gemelde verband in die hande te kry

nie. Die gemelde verbandakte is dus werklik verlore of vernietig en kan glad

nie gevind word nie.

4 Sover my kennis strek is die gemelde verband nie verpand of as sekuriteit

gegee vir skuld of andersins nie.

Page 6: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 6

2

5 Weens die feit dat ek verplig is om Jan Snyman se reg, titel en belang onder

die gemelde verband aan Secure Investments Eiendoms Beperk te sedeer,

doen ek hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Johannesburg

kragtens die bepalings van Regulasie 68(1)&(14) van die Aktes Wet, 47 van

1937, dat 'n gesertifiseerde afskrif van gemelde verbandakte No. B888/2005

aan my uitgereik word.

___________________________________________

Hennie Niemann

Geteken en Beëdig voor my te Germiston op die 12 September 2012 deur die

verklaarder wat erken dat hy ten volle op hoogte is met die inhoud van hierdie

verklaring en dat hy dit verstaan.

___________________________________________

Kommissaris van Ede

Die antwoord op vraag 2 vervolg op die volgende bladsy

Vraag 3 - Modelantwoord (vervolg) [10]

3.2 Ek die ondergetekende

Jan van der Merwe, in my hoedanighied as ondernemingreddingpraktisyn

van

ABC Eiendoms Beperk

Registrasienommer 2008/049786/07

behoorlik aangestel deur die raad van direkteure op 1 Julie 2010 kragtens

artikel 129(3)(b) van die Maatskappywet 71 van 2008

soos blyk uit Kennisgewing van Aanstelling van Ondernemingredding

Praktisyn geliasseer by die CIPC op 5 Julie 2010 [6]

Page 7: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

2 Die opskrif kan nie lees: “toestemming tot sessie” nie, aangesienhierdie nie ‘n toestemming is nie, maar die sessie self.

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 7

Vraag 3 - Modelantwoord [30]Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux G J

Sessie van ‘n verband 2

Ek, die ondergetekende

Hennie Niemann in my hoedanigheid as balju van die Landdroshof van

Germiston behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n lasbrief uitgereik deur die

klerk van die hof te Germiston op 16 Julie 2012,

waar Jan Snyman die wettige houer is van die ondervermelde verband, naamlik-

nommer B888/2005

gepasseer deur Syringa Beleggings BK

Registrasie nommer: 1999/0077889/23

ten gunste van Jan Snyman

Identiteitsnommer: 701010 5001 08 2

Ongetroud

vir die bedrag van R425 000,00 (vier honderd vyf en twintig duisend

rand) en ‘n addisionele bedrag van R85 000,00(vyf

en tagtig duisend rand)

sedeer en transporteer al Jan Snyman se reg titel en belang in die bovermelde

verband aan en ten gunste van

Secure Investments Eiendoms Beperk

Registrasienommer: 1985/009517/07

welke reg titel en belang deur my verkoop is op ‘n openbare veiling op 21 Augustus

2012 ter uitvoering van ‘n eksekusielasbrief uitgereik deur die Landdroshof van

Germiston en daaropvolgende beslaglegging, in die saak waarin Secure

Investments Eiendoms Beperk die eiser was en Jan Snyman, identiteitsnommer

690408 5554 08 8 die verweerder was onder Germiston landdroshof saaknommer

2234/2007, en die gemelde Jan Snyman die geregistreerde houer van die reg titel

en belang in die bovermelde verband is,vir waarde ontvang.

Ek verklaar dat die volle bedrag onder die verband nog verskuldig is

Geteken te Germiston op 12 September 2012

As getuies:

1

2

H Niemann

Page 8: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

3 Indien elke gade geregtig is op ½ aandeel kragtens ‘negskeidingsbevel kan hierdie laaste paragraaf byvoorbeeld as volg

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 8

Vraag 4 - Modelantwoord [30]4.2 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Aansoek kragtens artikel 45bis(1A)

van die Aktes Wet, 47 van 1937

Ons, die ondergetekendes

1 Andrew Anderson

Identiteitsnommer: 550605 5036 08 1

ongetroud

2 Beth Boshoff (voorheen Anderson)

Identiteitsnommer: 570306 0429 08 2

getroud met Daniël Boshoff, welke huwelik bepaal word deur die reg van

België, behoorlik deur hom bygestaan

doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Pretoria vir endossering

van Akte van Transport No T 383/2000, kragtens die bepalings van artikel

45bis(1A) van die Registrasie van Aktes Wet, No 47 van 1937, waarkragtens

gehou word -

Erf 301 Fairy Glen Dorpsgebied

Registrasie Afdeling JR, Provinsie van Gauteng

Groot 1 040 (een duisend en veertig) vierkante meter.

Aangesien die huwelik tussen ons deur egskeiding ontbind is kragtens ‘n hofbevel

van die Suid-Gauteng Hoë Hof, Johannesburg onder saaknommer 2359/2009 op 1

Maart 2009;

En aangesien, kragtens die gemelde hofbevel ons gemeenskaplike boedel in

gelyke dele verdeel is;

Nou derhalwe doen ons aansoek vir die endossering van die bogemelde titelakte

tot die effek dat elkeen van ons geregtig sal wees op sy of haar een-halwe aandeel

in die bogemelde eiendom asof elkeen van ons formeel oordrag daarvan ontvang

het.. 3

Page 9: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

lees, naamlik:-“Tot die effek dat elkeen van ons geregtig is op ½ (een halwe) aandeelin die gemelde eiendom kragtens ‘n finale egskeidingshofbeveluitgereik deur die Noord Gautengse Hoë Hof, Pretoria op 15 Mei 2009en dat ons daarmee mag handel asof ons formeel transport in onsname van ons onderskeie aandele in die gemelde eiendom ontvanghet”.

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 9

Geteken te Pretoria op op 2 Junie 2009.

Andrew Anderson

Beth Boshoff

Daniël Boshoff

4.1 Ten einde te voldoen aan die bepalings van artikel 14 van die Registrasie

van Akteswet, moet twee registrasiehandelinge plaasvind alvorens die

oordrag van eiendom kan geskied, naamlik -

a) ‘n Aansoek moet kragtens artikel 45bis(1A) van die Registrasie van

Akteswet gebring word deur A en Beth (behoorlik bygestaan deur D) in

terme waarvan A en Beth elk oordrag van ‘n een-halwe aandeel in die

eiendom sal ontvang.

b) Daarna moet ‘n aansoek vir ‘n endossement kragtens artikel

45bis(1)(a) deur A gebring word met betrekking tot die halwe aandeel

wat in die gemeenskaplike boedel van A en C val, om aan te teken dat

C se kwart aandeel in die eiendom, wat sy verkry het weens haar

huwelik binne gemeenskap van goed met A, wettiglik deur A verkry is

kragtens die egskeidingsbevel.

Page 10: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 10

Vraag 4.2 (vervolg) Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Aansoek kragtens artikel 45bis(1)(a)

van die Aktes Wet, 47 van 1937

Ek, die ondergetekende,

Andrew Anderson

Identiteitsnommer 550605 5036 08 1

ongetroud

verklaar hiermee dat -

1 Nademaal Erf 301 Faerie Glen dorpsgebied

Registrasie Afdeling J.R., Porvinsie van Gauteng

Groot 1 040 (een duisend en veertig) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T383/2000

in my naam en in die naam van my voormalige gade Beth Boshoff (voorheen

Anderson), Identiteitsnommer 570306 0429 08 2, met wie ek binne

gemeenskap van goed getroud was, geregistreer is

2 Die huwelik tussen my en die gemelde Beth Boshoff is deur egskeiding

ontbind kragtens ‘n hofbevel en die bogemelde eiendom is aan elkeen van

ons in gelyke dele toegeken.

3 Na die egskeiding na verwys in paragraaf 2 hierbo, het ek binne

gemeenskap van goed getrou met Danielle Anderson op 25 September

2011. Die huwelik tussen my en my voormalige gade, Danielle Anderson is

deur egskeiding ontbind kragtens ‘n hofbevel deur die Suid Gauteng Hoë

Hof, Johannesburg onder saaknommer 1234/2012 op 1 Februarie 2012.

4 Kragtens die gemelde hofbevel, het Danielle al die voordele van ‘n huwelik

binne gemeenskap van goed verbeur en die een halwe aandeel in die

eiendom was derhalwe aan my toegeken.

5 Nademaal ek op een-kwart aandeel in die eiendom geregtig is kragtens my

huwelik binne gemeenskap van goed met my voormalige gade, Danielle

Anderson en op die ander kwart aandeel kragtens die voormelde hofbevel,

doen ek nou hiermee aansoek by die registrateur van aktes te Johannesburg

vir die ensoddering van die gemelde akte van transport tot die effek dat ek

geregtig is om die die gemelde een-halwe aandeel in die eiendom te handel

Page 11: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 11

2

asof ek formeel transport ontvang het van die aandeel van my voormalige

gade.

Geteken te Johannesburg op 12 September 2012

Andrew Anderson

4.3 Ons, die ondergetekendes,

1 Andrew Anderson

Identiteitsnommer 550605 5036 08 1

ongetroud

2 Beth Boshoff (voorheen Anderson)

Identiteitsnommer 570306 0429 08 2

getroud met Daniël Boshoff, welke huwelik bepaal word deur die reg

van België, behoorlik deur hom bygestaan

Vraag 5 - Modelantwoord [10]

Onderhewig aan die volgende voorwaardes:-

1 Die voormalige Gedeelte 10 van die Plaas Greenvalley 249, ‘n gedeelte

waarvan hiermee getransporteer word, is onderhewig aan ‘n serwituut ten

gunste van Eskom om elektrisiteit oor die eiendom te gelei tesame met

bykomende regte, soos sal blyk uit Notariële Akte van Serwituut K328/1988S

met kaart daarby aangeheg.

2 Onderhewig aan ‘n lewenslange vruggebruik ten gunste van Amanda Els,

identiteitsnommer 360606 0018 081, weduwee.

3 En verder onderhewig aan al sodanige voorwaardes waarna verwys word of

wat vermeld staan in die gemelde aktes.

Verduideliking van voorwaardes

Voorwaarde 1: Alhoewel Gedeelte 20 nie direk onderhewig aan die

kraglynserwituut is nie, is dit onderhewig aan die bykomende

regte vervat in die serwituut. Die voorwaarde moet derhalwe

gekwalifiseer word.

Voorwaarde 2: Aangesien die geheel van die eiendom aan die vruggerbuik

onderhewig is, sal enige gedeelte daarvan ook daaraan

onderhewig wees. Geen kwalifikasie is nodig nie. Artikel 28(2)

Page 12: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 12

van die Akteswet bepaal dat die grond in verdelingstransporte

aan die vruggerbuik onderhewig gemaak moet word tot

dieselfde omvang as die aandeel of aandele waarvoor die

vervang word. Hierdie vruggebruik sal derhalwe ook op die

resterende gedeelte van Gedeelte 20 (‘n gedeelte van gedeelte

10) van die plaas Greenvalley van toepassing gemaak word.

Voorwaarde 3: Hierdie is ‘n algemene voorwaardeklousule wat in alle aktes

ingevoeg moet word (behalwe Kaapstad, Pietermaritzburg,

Bloemfontein en Vryburg aktekantore).

Die serwituut van reg van weg is weggelaat omdat gemelde serwituut al langs die

westelike grens van Gedeelte 10 loop en aangesien Gedeelte 20 die oostelike

gedeelte van Gedeelte 10 is, raak hierdie serwituut nie die Gedeelte 20 nie. Geen

serwituutnota verskyn op die onderverdelingskaart nie.

Vraag 6 - Modelantwoord [20]

6.1 Nademaal, kragtens die testament, gedateer 8 November 2005 van wyle

Jack Sithole, wie op 3 Maart 2010 oorlede is en wie buite gemeenskap van

goed met Jill Sithole getroud was, hy sy onroerende eiendom bemaak het

aan sy twee kinders, Larry Sithole, ongetroud and Mavis Tshabangu, getroud

binne gemeenskap van goed met Joe Tshabangu, onderhewig aan die

uitsluiting van die gemeenskap van goed, soos meer volledig hieronder

uiteengesit;

En nademaal die twee kinders ‘n herverdelingsooreenkoms gedateer 2 Mei

2012 met betrekking tot die onroerende eiendom in die boedel van wyle Jack

Sithole aangegaan het, waarkragtens die hiernagemelde transportnemer op

die hiernagemelde eiendom geregtig is, onderhewig aan die betaling van ‘n

bedrag van R100 000,00 om die herverdeling gelykop te maak;

En dat hy in sy voormelde hoedanigheid hierby sedeer en transporteer aan

en ten gunste van

Mavis Tshabangu

Identiteitsnommer 801204 0089 08 2

getroud binne gemeenskap van goed met Joe Tshabangu met die uitsluiting

van die gemeenskap van goed met betrekking tot die hierondervermelde

eiendom op grond van die bepalings vervat in die testament van wyle Jack

Sithole gedateer 8 November 2005

haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [15]

Page 13: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 13

6.2 Dokumente vir indiening by die aktekantoor

• Huidige titelakte vir eenheid 5

• volmag om oordrag te gee

• hereregtevrystellingsertifikaat

• artikel 15B(3)(a) -transportbesorgersertifikaat

• uitklaringsertifikaat

• afskrif van die testament, deur die Meester gesertifiseer en

geëndosseer as deur hom aanvaar

• artikel 42(1) transportbesorgersertifikaat

• afskrif van die herverdelingsooreenkoms, deur die Meester

gesertifiseer en geëndosseer as deur hom aanvaar

• afskrif van die naasbestaandeverklaring, gesertifiseer deur die

Meester [5]

Vraag 7 - Modelantwoord [25]

7.1 Die eienaars en die houers van ‘n reg van uitbreiding beoog in artikel 25 van

die Wet op Deeltitels, mag met eenparige besluit die regspersoon beveel

om die gemeenskaplike eiendom of ‘n gedeelte daarvan te vervreem of te

verhuur. ‘n Afskrif van die betrokke besluit, gesertifiseer deur twee trustees

van die regspersoon moet saam met die ander dokumente ingedien word.

• Indien die geheel van ‘n reg van uitbreiding deur die vervreemding van

gemeenskaplike eiendom geraak word (soos wat hier die geval is), moet

sodanige reg met die toestemming van die houer daarvan by voorlegging

van die titel van die reg, deur die registrateur gekanselleer word.

• Artikel 18 van die Wet op Deeltitels bepaal onder andere dat Artikel 56 en 57

van die Registrasie van Akteswet ook van toepassing sal wees op ‘n

transport onder artikel 17 (gemeenskaplike eiendom). Derhalwe, moet die

toestemming van al die verbandhouers oor onverdeelde aandele in die

gemeenskaplike eiendom tot óf kansellasie óf meer waarskynlik die

ontheffing van die onverdeelde aandele in daardie gedeelte van die

gemeenskaplike eiendom uit die werking van die verband bekom word.

• Artikel 17(1) van die Wet op Deeltitels vereis voldoening aan enige reg met

betrekking tot die onderverdeling van grond en derhalwe is die toestemming

van die plaaslike bestuur tot die onderverdeling nodig.

• Artikel 17(3) van die Wet op Deeltitels vereis dat ‘n kaart, goedgekeur deur

die Landmeter-Generaal, van daardie gedeelte van die gemeenskaplike

eiendom wat getransporteer word, aan die transportakte geheg word. [5]

Page 14: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

4Die eiendomsbeskrywing sal in ooreenstemming met die kaart vir daardie gedeelte van diegemeenskaplike eiendom wat getransporteer word, wees.

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 14

7.2 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux G J

Volmag om oordrag te gee

Ons, die ondergetekendes

Irmin Henkel en Marè Vermeulen-Breedt

in ons hoedanigheid as trustees van die

Regspersoon van die Happy Days Skema SS nr. 163/1998

behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n eenparige besluit geneem deur die

regspersoon op 2 September 2012 te Pretoria

nomineer en stel hiermee aan Gabriel Jacobus le Roux en/of Erinda Frantzen

gesamentlik en afsonderlik met mag van substitusie om ons ware en wettige

prokureur en agent te wees en om namens ons voor die Registrateur van Aktes te

Pretoria te verskyn en oordrag te passeer aan -

Magic View Eiendoms Beperk

Registrasienommer 2000/001234/07

van die volgende eiendom, naamlik:-

Gedeelte 1 van Erf 123 Moreletapark Dorpsgebied 4

Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng

Groot 2109( twee een nul nege) vierkante meter

Soos aangedui op Kaart L.G. Nr. 321/2012

welke eiendom op 15 Julie 2012 2008 vir die bedrag van R900 000,00

(negehonderd duisend rand) aan die gemelde transportnemer verkoop is.

Geteken te Pretoria op hierdie 12de dag van September 2012.

As getuies: 1

I Henkel

2

M Vermeulen-Breedt [20]

Page 15: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 15

Vraag 8 - Modelantwoord [30]8.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Volmag om verband te passeerEk, die ondergetekende,

Sibongile Jane Gumede

Gebore op 10 November 1996

‘n minderjarige

behoorlik bygestaan deur my ouers en natuurlike voogde Michael Gumede

en Miriam Gumede

nomineer, konstitueer en stel hiermee aan

Erinda Frantzen en/of Gabriël Jacobus le Roux met mag van substitusie om my

ware en wettige prokureur en agent te wees en om in my naam –

1 voor die Registrateur van Aktes te Pretoria te verskyn en daar en dan as my

daad en handeling ‘n verband ten bedrae van R10 000,00 (tien duisend

rand) plus ‘n addisionele bedrag van R2 000,00 (twee duisend rand) te

registreer en uit te voer aan en ten gunste van -

Joanna Brown

Identiteitsnommer 490107 0085 082

weduwee

haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes

in ooreenstemming met die konsepverbandakte hierby aangeheg en

geparafeer deur die verbandgewer en twee getuies vir identifikasie

doeleindes, waarin die eiendom daarin beskryf spesiaal verbind word;

2 om al sodanige wysigings, byvoegings en skrappings in die gemelde verband

aan te bring as wat ookal nodig mag wees ten einde registrasie daarvan te

bewerkstellig; en

3 om in die algemeen om alles te doen wat ookal nodig mag wees om die

gemelde verband geldig en effektief te maak asof ek persoonlik teenwoordig

is en hierin optree; en ek ratifiseer en bevestig en onderneem hiermee om

alles te ratifiseer wat die gemelde prokureurs wettiglik doen of laat doen

kragtens hierdie volmag

Geteken te Pretoria op 12 September 2012

As getuies 1

Sibongile Jane Gumede

2

Michael Gumede

Miriam Gumede

Page 16: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 16

Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Verbandakte

Hierby word bekendgemaak dat

Erinda Frantzen

voor my, die Registrateur van Aktes, verskyn het te Pretoria sy, die genoemde

komparant synde behoorlik daartoe gemagtig deur ‘n volmag geteken te Pretoria

op

en aan haar verleen deur

Sibongile Jane Gumede

Gebore op 10 November 1996

‘n minderjarige

behoorlik bygestaan deur haar ouers en natuurlike voogde Michael Gumede

en Miriam Gumede

(hierna die verbandgewer genoem)

Page 17: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 17

-2-

En die komparant het verklaar dat die verbandgewer waarlik en wettiglik verskuldig

en gehou en gebonde is aan en ten behoewe van -

Joanna Brown

Identiteitsnommer 490107 0085 082

weduwee

(hierna die verbandhouer genoem)

haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes

in die bedrag van R10 000,00 (tien duisend rand) synde die hoofsom vir betaling

van die balans van die koopprys verskuldig deur die verbandgewer aan die

verbandhouer met betrekking tot die eiendom hierkragtens verbind, onderhewig

aan die voortdurende dekkende sekuriteit soos meer volledig hieronder uiteengesit;

en

R2 000,00 (twee duisend rand) synde die addisionele som waarna meer volledig in

die kosteklousule hieronder verwys word.

En die komparant verklaar namens die verbandgewer dat hierdie verband

onderhewig sal wees aan die volgende terme en voorwaardes:

1 Voortdurende dekkingsekuriteit

Hierdie verband sal ‘n voortdurende dekkingsekuriteit wees vir die bedrag

van die hoofsom en vir alle bedrae wat nou of in die toekoms aan die

verbandhouer verskuldig mag wees met inbegrip van toekomstige skulde

ingevolge hierdie verband.

Die verbandhouer kan aan die verbandgewer verdere bedrae voorskiet, of

die kapitaal of sodanige deel daarvan wat voorheen terugbetaal is

hervoorskiet, met dien verstande dat die totale bedrag van alle voorskotte nie

meer as die hoofsom mag wees nie.

2 Rente en terugbetaling

2.1 Rente is betaalbaar op die hoofsom van die verband, of die

oorblywende balans wat van tyd tot tyd deur die verbandgewer aan die

verbandhouer verskuldig is en alle ander bedrae wat kragtens hierdie

verband verskuldig is, teen ‘n koers van 10% per jaar, welke rente

bereken sal word vanaf datum van registrasie van hierdie verband tot

aan die einde van die maand waarin die verband geregistreer is en

daarna vanaf die eerste dag van elke daaropvolgende maand.

Page 18: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 18

-3-

2.2 Rente wat bereken word vanaf datum van registrasie van hierdie

verband tot aan die einde van die maand waarin die verband

geregistreer is, is betaalbaar met registrasie hiervan en daarna word

rente maandeliks vooruit betaal, welke betaling geskied op die eerste

dag van die maand wat volg op registrasie van hierdie verband.

2.3 Enige rente wat nie betaal word op die eerste dag van enige maand

nie, sal gekapitaliseer word en deel vorm van die hoofsom kragtens

hierdie verband.

2.4 Die rentekoers sal op ‘n jaarlikse basis hersien word en skriftelik deur

die verbandhouer aan die verbandgewer bevestig word. Die rente sal

egter nooit hoër wees as die prima uitleenkoers soos bepaal deur

Help-U-Bank Beperk, Registrasienommer 1960/001234/06 nie.

2.5 Nieteenstaande enigiets tot die teendeel hierin vervat, moet die

kapitaal en rente, tesame met kostes en ander verskuldige bedrae ten

volle betaal word binne ‘n tydperk van 3 (drie) jaar vanaf datum van

registrasie van hierdie verband.

2.6 Alle betalings kragtens hierdie verband sal in die eerste instansie

aangewend word om rente en ander kostes kragtens die verband

verskuldig, te delg en daarna die hoofsom te verminder.

2.7 Alle betalings kragtens hierdie verband sal gemaak word vry van

bankkoste te Pretoria.

3 Addisionele bedrag (kosteklousule)

Alle toekomstige voorskotte, skulde of eise (buiten en behalwe die hoofsom

en rente daarop) wat wettiglik onder hierdie verband gevorder en verhaal

mag word vir versekeringspremies, koste van enige kennisgewing, of

aangegaan weens die instelling van geregtelike stappe om enige bedrag wat

onder hierdie verband verskuldig is te verhaal, uitgawes aangegaan weens

die betaling van oweheidsheffings en belastings en ander fooie en kostes

verbonde aan hierdie verband, tesame met rente daarop, sal beperk word tot

‘n bedrag wat die bedrag van R2 000,00 (twee duisend rand) (synde die

addisionele bedrag) nie te bowe gaan nie.

Page 19: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 19

-4-

4 Vervroegingsbeding

Indien die verbandgewer nalaat om enige betalings hierkragtens stiptelik te

maak of indien die verbandgewer versuim om enige van sy verpligtinge of

aanspreeklikheid kragtens die bepalings en voorwaardes in hierdie verband

stiptelik na te kom of om op aanvraag enige bedrag te betaal wat

regsgeldiglik van die verbandgewer geëis mag word, sal die volle bedrag van

die hoofsom tesame met alle rente opeisbaar kragtens hierdie verband

onmiddellik, sonder enige kennisgewing, verskuldig en opeisbaar raak. Die

verbandhouer sal in sodanige geval daarop geregtig wees om voort te gaan

met die verhaal daarvan, tesame met alle rente daarop en enige sodanige

gelde as wat hierkragtens verskuldig mag wees en om die eiendom

diensooreenkomstig uitwinbaar te verklaar.

En as sekuriteit vir die nakoming van al bogemelde voorwaardes en verpligtinge

het die komparant, namens die verbandgewer, verklaar om die volgende eiendom

spesiaal te verbind as ‘n eerste verband –

Erf 123 Lynnwood Dorpsgebied

Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng

groot 800 (agthonderd) vierkante meter

Gehou kragtens akte van transport geregistreer staan te word

Onderhewig aan die voorwaardes van titel

Ten bewyse waarvan ek, genoemde Registrateur, tesame met die komparant

hierdie akte onderteken en dit met die ampseël bekragtig het.

Aldus gedoen en verly op die kantoor van die Registrateur van Aktes te Pretoria op

qq Komparant

In my teenwoordigheid

Registrateur van Aktes

Page 20: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

5 Presies deiselfde vraag is gevra in September 2005, (Deel 1), Vraag 4.

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 20

Vraag 9 - Modelantwoord 5 [30]

9.2.(i) Opgestel deur my

Vorm MM Transportbesorger

Le Roux GJ

Toestemming tot gedeeltelike afbetaling

Ek, die ondergetekende,

James Tredoux, behoorlik hiertoe gemagtig deur ‘n besluit van die direkteure

van Surebank Beperk

Registrasienommer: 1970/000321/06

synde die wettige houer van verband B1011/1998

gepasseer deur Arthur MacDonald

Identiteitsnommer: 650505 5050 08 5 en

Elderie MacDonald

Identiteitsnommer: 720716 0077 08 2

Getroud binne gemeenskap van goedere met mekaar

ten gunste van Surebank Beperk, Registrasienommer: 1970/000321/06

vir die bedrag van R600 000,00 (Seshonderd duisend rand) en ‘n

bykomende bedrag van R120 000,00 (een honderd en

twintig duisend rand)

Stem hiermee toe tot die notering van ‘n gedeeltelike afbetaling teen bogemelde

verband vir die bedrag van R100 000,00 (eenhonderd duisend rand).

Geteken te Pretoria op 12 September 2012

As getuies: 1

J Tredoux nms Surebank Beperk

2

9.1 i) ‘n Gedeeltelike afbetaling moet geregistreer word om aan te dui dat ‘n

bedrag van R100 000,00 op die bestaande verband reeds deur Arthur

MacDonald en sy vrou terugbetaal is.

ii) ‘n Ooreenkoms ingevolge artikel 3(1)(s) van die Akteswet moet

aangegaan word om die rentekoers te wysig.

iii) ‘n Toestemming tot substitusie ingevolge artikel 57 van die Akteswet

moet deur die koper en die bank gesluit word. [5]

Page 21: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 21

9.2 (ii) Opgestel deur my

Vorm VV Transportbesorger

Le Roux GJ

Ooreenkoms om die voorwaardes van ‘n verband ingevolge

artikel 3(1)(s) van die Akteswet 47 van 1937 te wysig

Ons, die ondergetekendes,

John Jones

Identiteitsnommer: 710810 5050 08 5

Ongetroud

en

Alice Rothman

Identiteitsnommer:780101 0010 08 0

Getroud binne gemeenskap van goedere met Albert Rothman

wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Jones, Rothman en

Vennote, die verbandgewers,

en ek, James Tredoux, behoorlik hiertoe gemagtig kragtens ‘n besluit van die

direkteure van Surebank Beperk, Registrasienommer: 1970/000321/06

synde die wettige houer van Verband B1011/1998 vir die bedrag van

R600,000.00, sedertdien verminder na R500,000.00 kragtens ‘n gedeeltelike

afbetaling wat geregistreer staan te word, kom hiermee ooreen dat die

voorwaardes in genoemde verband soos volg gewysig word:

Die rentekoers word verminder van 18.5% tot 15.5%.

Geteken te Pretoria op 12 September 2012.

As getuies: 1

J Jones

2

A Rothman

Geteken te Pretoria op 12 September 2012.

As getuies: 1

J Tredoux

2

Page 22: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 22

9.2 (iii) Opgestel deur my

Vorm W Transportbesorger

Le Roux GJ

Toestemming tot substitusie

kragtens artikel 57 van die akteswet 47 van 1937

Nademaal

Surebank Beperk

Registrasienommer: 1970/000321/06

die wettige houer is van verbandakte B1011/1998 gedateer 4 Maart 1998 en

gepasseer deur

Arthur MacDonald

Identiteitsnommer: 650505 5050 08 5

en

Elderie MacDonald

Identiteitsnommer: 720716 0077 08 2

Getroud binne gemeenskap van goedere met mekaar

vir die bedrag van R600 000,00 (ses honderd duisend rand) plus ‘n bykomende

bedrag van R120 000,00 (een honderd en twintig duisend rand), waarby verbind is

as ‘n eerste verband, sekere -

Erf 100 Ermelo Dorpsgebied

Registrasie Afdeling I.S., Provinsie van Mpumalanga

Groot: 800 (agt honderd) vierkante meter

Gehou kragtens akte van transport T 1010/1998

En nademaal die voornoemde Arthur MacDonald en Elderie MacDonald

voornoemde grond getransporteer het aan

John Jones

Identiteitsnommer: 710810 5050 08 5

Ongetroud

en

Alice Rothman

Identiteitsnommer: 780101 0010 08 0

Getroud binne gemeenskap van goedere met Albert Rothman

wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Jones, Rothman en

Vennote

wie bereid en gewillig is om die aanspreeklikheid van genoemde Arthur MacDonald

en Elderie MacDonald oor te neem ondergenoemde verband en om vir genoemde

transportgewers as skuldenaars ingevolge die verband gesubstitueer te word.

Page 23: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

6 Artikel 57 (4)(b) vereis spesifiek dat indien die onroerende eiendomgetransporteer word aan twee of meer persone, hulle transport van diegrond moet neem in onverdeelde aandele en in die skrifteliketoestemming in terme van artikel 57(1) afstand doen van die eksepsiede duobus vel pluribus reis debendi.

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 23

2

So is dit dat ek, James Tredoux, behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van

die direkteure van Surebank Beperk, kragtens die bepalings van genoemde Wet

toestem dat voornoemde transportnemers vir die skuldenaars ingevolge die

verband gesubstitueer word, en dat vanaf die datum van uitvoering van die

transport die transportgewer vrygestel is van enige verpligtings ingevolge

genoemde verband.

Gedateer te Pretoria op 12 September 2012.

As getuies: 1

J Tredoux nms Surebank Beperk

2

En ons, die ondergetekendes

John Jones

Identiteitsnommer: 710810 5050 08 5

Ongetroud

en

Alice Rothman

Identiteitsnommer: 780101 0010 08 0

Getroud binne gemeenskap van goedere met Albert Rothman

wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Jones, Rothman en

Vennote

voornoemde transportnemers, wat bogenoemde toestemming van die wettige

houer van die verband gelees het, stem hierby toe om gesubstitueer te word vir die

transportgewers as skuldenaars ingevolge die verband, en aanvaar hierby die volle

aanspreeklikheid vir die skuld ingevolge voornoemde verband kragtens die

bepalings van genoemde Wet en doen afstand van die wetelike eksepsie de

duobus vel pluribus reis debendi.6

Geteken te Pretoria op 13 September 2012.

As getuies: 1

John Jones

2

. Alice Rothman [22]

Page 24: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

7 Artikel 34 van die Boedelwet, 66 van 1965 handel oor insolvente bestorweboedels. Artikel 57(4) bepaal dat artikel 57 nie van toepassing is indiendie met verband beswaarde grond getransporteer moet word aan iemandwat nie self bevoeg sou wees om dit met verband te beswaar nie.

8 Let daarop dat die gemeenskap van goed outomaties uitgesluit is metbetrekking tot ‘n fiduciarius, kragtens die gemenereg.

Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 24

9.3 Ja. Artikel 57(4) sal die vervanging van ‘n verbandgewer onder hierdie

omstandighede verbied.7 [3]

Vraag 10 - Modelantwoord [5]

Ons, die ondergetekendes,

1 John Brown

Identiteitsnommer 601248 5798 08 7

getroud binne gemeenskap van goed met Susan Brown

(As ficudiarius) 8

en

2 Hannah Brown

Identiteitsnommer 901201 0085 087

ongetroud

(As fideicommissarius)

TOTAAL [200]

Page 25: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Bladsy 25

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen

September 2012

Deel 2

Selfstudie Aktekursus

Vraag 1 - Modelantwoord [5]

Hereregte moet op die volle waarde van die eiendom bereken woprd, derhalwe:

R120 000,00 X 20 = R2 400 000,00, waarna die bedrag hereregte betaalbaar, in

hierdie geval deur twintig gedeel moet word.

R0-R600 000,00 vrygestel =R 0,00

R600 000,00-R1 000 000,00 (R400 000,00) X 3% =R 12 000,00

R1 000 000,00-R1 500 000,00 (R500 000,00) X 5% =R 25 000,00

R1 500 000,00- R2 400 000,00 (R900 000,00) X 8% =R 72 000,00

=R109 000,00

X =R5 450,00 hereregte betaalbaarR109000 00

1

, 1

20

Vraag 2 - Modelantwoord [8]

2.1 Ek sal die eiendom vanaf die bestorwe boedel aan X en Y transporteer

kragtens ‘n transportakte. Gelyktydig sal ek ‘n notariële akte van vruggebruik

oor die een halwe aandeel van Y registreer. Die uitsonderings in artikel 65

en 67 van die Akteswet is nie van toepassing nie, en derhalwe mag die

vruggebruik nie in die volmag geskep word nie. [4]

2.2 Kragtens die reël “eerste in tyd, eerste in reg”, sal die reg van die

vruggebruiker sterker as die verbandhouer met betrekking tot die halwe

aandeel van Y wees. Die vruggebruiker kan afstand doen van voorrgang ten

gunste van die verbandhouer met betrekking tot die vruggebruik. Hierdie

afstanddoening kan in die verband self of in ‘n eensydige notariële akte van

afstanddoening vervat word, om gelyktydig met die verband geregistreer te

word. [4]

Page 26: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 26

Vraag 3 - Modelantwoord [10]

1 Annemarie Dalton (gebore Smith)

Identiteitsnommer 960402 3258 08 4

en

James Dalton

Identiteitsnommer 901205 5487 08 7

getroud bionne gemeenskap van goed met mekaar

(As blote eienaar)

2 Sonja Smith

Identiteitsnommer 990201 0025 08 1

‘n minderjarige

behoorlik bygestaan deur haar ouer en natuurlike voog Estelle Brown

(As blote eienaar)

3 Estelle Brown (voorheen Smith)

Identiteitsnommer 660502 4214 08 2

getroud binne gemeenskap van goed met Louis Brown

(As vruggebruiker)

Die toestemming van die Meester van die Hoë Hof (indien die waarde van die

eiendom van die minderjarige R100 000,00 of minder is) of die Hoë Hof self (indien

die waarde van die minderjarige se eiendom meer as R100 000,00 is) moet ook

bekom en saam met die transport ingedien word.

Vraag 4 - Modelantwoord [10]

4.1 'n Huisbouer moet toesien dat die ooreenkoms wat gesluit word, tussen die

huisbouer en 'n behuisingsverbruiker vir die oprigting of verkoop van 'n huis

deur daardie huisbouer, aan die volgende vereistes voldoen:

1 Dié ooreenkoms moet -

(a) op skrif wees en deur beide partye onderteken word;

(b) alle wesenlike bepalings, met inbegrip van die finansiële

verpligtinge van die behuisingsverbruiker, uiteensit.

2 Die volgende dokumente moet aan dié ooreenkoms geheg wees -

(a) die spesifikasies met betrekking tot die materiale wat gebruik

gaan word in die oprigting van die huis; en

(b) die planne wat die grootte en afmetings van die huis weergee,

soos goedgekeur deur die plaaslike owerheidsliggaam.

3 In die ooreenkoms mag voorsiening gemaak word vir wysigings van

die planne soos deur die plaaslike owerheidsliggaam vereis. [4]

Page 27: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 27

4.2 Die ooreenkoms tussen 'n huisbouer en 'n behuisingsverbruiker vir die

oprigting of verkoop van 'n huis word geag waarborge in te sluit wat in

enige hof deur die behuisingsverbruiker teenoor die huisbouer afdwingbaar

is, naamlik dat-

a) die huis, afhangende daarvan of dit reeds opgerig is of opgerig staan

te word-

i) op 'n vakkundige wyse gebou is of gebou sal word;

ii) geskik is of sal wees vir bewoning; en

iii) gebou is of gebou sal word ooreenkomstig -

aa) die NHBRR Tegniese Vereistes in die mate waarin dit op

die huis van toepassing is op die datum waarop die huis

by die Raad ingeskryf word; en

bb) die bedinge, planne en spesifikasies van die ooreenkoms

aangegaan met die behuisingsverbruiker soos beoog in

subartikel (1);

b) die huisbouer-

i) onderhewig aan die beperkings en vrystellings wat die Minister

mag voorskryf, op onkoste van die huisbouer en op aanvraag

deur die behuisingsverbruiker, ernstige strukturele gebreke in

die huis sal regstel wat veroorsaak is deur nie-nakoming van die

NHBRR Tegniese Vereistes, en wat plaasvind binne 'n tydperk

bepaal in die ooreenkoms en wat nie korter sal wees as vyf jaar

vanaf die okkupasiedatum nie, en waarvan kennis deur die

behuisings-verbruiker aan die huisbouer gegee is binne daardie

tydperk;

ii) nie-nakoming of afwyking van die bedinge, planne en

spesifikasies van die ooreenkoms of enige gebrek wat verband

hou met ontwerp, vakmanskap of materiale, waarvan kennis

deur die behuisingsverbruiker aan die huisbouer gegee is binne

'n tydperk bepaal in die ooreenkoms en, wat nie korter as drie

maande vanaf die okkupasiedatum sal wees nie, sal regstel; en

iii) daklekke sal regstel wat toegeskryf kan word aan vakmanskap,

ontwerp of materiale, wat plaasvind en waarvan kennis deur die

behuisingsverbruiker aan die huisbouer gegee is binne 'n

tydperk bepaal in die ooreenkoms en wat nie korter as 12

maande vanaf die okkupasiedatum sal wees nie. [3]

4.3 Geen finansiële instelling mag geld aan 'n behuisingsverbruiker leen teen

registrasie van 'n verband ten opsigte van 'n huis as sekuriteit, met die doel

om die behuisingsverbruiker in staat te stel om die huis van 'n huisbouer te

koop nie, tensy daardie instelling oortuig is dat -

i) die huisbouer ingevolge hierdie Wet geregistreer is;

ii) die huis by die Raad geregistreer is of geregistreer sal word; en

iii) die voorgeskrewe gelde betaal is of betaal sal word.

Page 28: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 28

Daar is dus ‘n plig op ‘n transportbesorger wat die registrasie van 'n

verband ten gunste van 'n bank of finansiële instelling behartig, om vas te

stel dat -

i) die huisbouer kragtens hierdie Wet geregistreer is;

ii) hy die huis by die Raad ingeskryf het; en

iii) hy die voorgeskrewe gelde vir daardie inskrywing betaal het. [3]

Vraag 5 - Modelantwoord [12]

5.1 Hereregte ten bedrae van R6000,00 is betaalbaar op die koopprys, bereken

as volg, naamlik -

R0-R600 000,00 =vrygestel =R 0,00

R600 000,00 tot R800 000,00 =R200 000,00 x 3% =R6 000,00

Geen hereregteboete is betaalbaar nie, aangesien boete slegs betaalbaar is

vir elke voltooide kalendermaand na die afloop van 6 maande na die datu,

van verkryging (koopdatum).

5.2 Hereregte is betaalbaar. Alhoewel die verkoper ‘n geregistreerde BTW

onderner is, verkoop hy nie sy eiensom vir doeleindes van die besighied

waarvoor hy vir BTW geregistreer is nie. Hereregte sal op die bedrag van

R800 000,00 betaalbaar wees, wat R6 000,00 beloop - (sien die berekening

in 5.1 hierbo). Hereregteboete sal egter betaalbaar wees teen ‘n koers van

10% per jaar met betrekking tot een voltooide maand. Hereregteboete word

as volg bereken, naamlik -

10% = Bedrag hereregte betaalbaar x maande uitstaande

120

Dus: R6 000,00 x 1 =R50,00

120

‘n Totale bedrag van R6 050,00 hereregte is derhalwe deur die koper betaalbaar.[3]

5.3 Al daar aan al die vereistes vir ‘n nulkoers transaksie voldoen word, sal BTW

op die koopprys van R1 000 000,00 teen ‘n koers van 0% betaalbaar wees.

[3]

Die vereistes vir ‘n nulkoers transaksie is -

a) die verkoper moet 'n BTW-ondernemer wees;

b) die koper moet 'n BTW-ondernemer wees;

c) die lewering moet bestaan uit ‘n onderneming of gedeelte van ‘n

onderneming wat vatbaar is vir afsonderlike werksaamheid;

d) die onderneming wat verkoop word, moet 'n lopende saak wees;

Page 29: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 29

e) die partye moet skriftelik ooreenkom dat -

• die onderneming 'n lopende saak is;

• die onderneming ‘n inkomste-verdienende bedryf sal wees op

datum van oordrag daarvan;

• die vergoeding vir die lewering, BTW teen die nul koers insluit;

en

f) the bates wat nodig is vir die voortsit van die inkomstegenererende

bedryf moet ook aan die koper gelewer (verkoop) word. [3]

5.4 Hereregte is op die koopprys betaalbaar, aangesien die verkoper nie ‘n BTW

ondernemer vir doeleindes van die transaksie is nie. Die eerste R600

000,00 van die koopprys is vrygestel van die betaling van hereregte,

Derhalwe is geen hereregte betaalbaar nie. Aangesien geen hereregte

betaalbaar is nie, kan geen hereregteboete betaalbaar wees nie. [3]

Vraag 6 - Modelantwoord [8]

6.1 Nee - (artikel 77(2) van die Akteswet).

6.2 Nee.

6.3 Ja, toestemming tot die registrasie van die serwituut van reg van weg

(afhangend van of dit as ‘n persoonlike of grondserwituut geregistreer word,

moet toestemming gegee word kragtens artikel 65(3) of 75(3) onderskeidelik

van die Akteswet).

6.4 Ja. Die verbandhouer is ‘n belanghebbende party kragtens RKB32/2010 en

moet toestem tot die regstelling van die transportakte.

6.5 Nee. Die regte van die verbandhouer word nie benadeel deur die

kansellasie van ‘n serwituut oor die eiendom waarteen die verband

geregistreer is nie.

6.6 Ja. Die toestemming word nie vereis indien die maatskappy nie sy skulde

kan betaal nie - (artikel 56(1)(b) van die Akteswet is derhalwe nie hier van

toepassing nie).

6.7 Nee - (artikel 56(1)(b) van die Akteswet).

6.8 Ja. Heel moontlik sal die voorwaarde wat die toestemming van die eerste

verbandhouer vereis, ook vereis dat ‘n nie-benadelingsklousule in die tweede

verband ingevoeg moet word.

Page 30: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 30

Vraag 7 - Modelantwoord [10]

Kliënt Inligting verlang Tipe dokument verlang

7.1

Natuurlike

persoon

Die natuurlike persoon se -

a) volle name

b) geboortedatum

c) identiteitsnommer

d) residensiële adres

e) inkomstebelastingnommer

(indien uitgereik)

Maak of kry afskrifte van -

a) die identiteitsdokument, of enige ander

dokument met ‘n foto en al die nodige

inligting van die kliënt; en

b) enige rekening wat die kliënt se woonadres

aantoon [2]

7.2

Maatskappy

Die maatskappy se -

a) geregistreerde naam

b) registrasienommer

c) geregistreerde adres

d) handelsnaam

e) fisiese adres

Persoonlike besonderhede

van -

a) die bestuurder van die mpy

b) natuurlike persone

gemagtig om namens die

maatskappy te handel

c) natuurlike of regspersone

met ‘n stemreg van 25% of

meer tydens ‘n algemene

vergadering

Inkomstebelastingnommer

of BTW-registrasienommer

van die maatskappy, indien

sodanige nommers uitgereik is

Maak of kry afskrifte van die -

a) jongste weergawe van die -

< Sertifikaat van inlywing (vorm CM1) en

< Kennisgewing van geregistreerde

kantoor en posadres (vorm CM22) wat die

stempel van die registrateur van

maatskappye en die handtekening van die

maatskappy-sekretaris bevat.

b) enige rekening van die maatskappy wat sy

adres aantoon

c) Dieselfde dokumente as vir natuurlike

persone hierbo

d) inkomstebelastingopgawe of BTW-

registrasiesertifikaat

[4]

Page 31: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 31

7.3

Beslote

Korporasie

Die beslote korporasie se -a) geregistreerde naamb) geregistreerde nommerc) geregistreerde adresd) handelsnaam e) fisiese adres

Persoonlike besonderhede

van -a) elke lid van die BKb) natuurlike personegemagtig om namens BKop te tree

Inkomstebelastingnommer

of BTW-registrasienommervan die BK, indien sodanigenommers uitgereik is

Maak of kry afskrifte van die -a) jongste weergawe van die -

< Stigtingsverklaring (vorm CK1) en

< Gewysigde Stigtingsverklaring vorm CK2)wat die stempel van die registrateur vanbeslote korporasies en ‘n gemagtigde lidvan die BK se handtekening bevat

b) enige rekening van die korporasie wat syfisiese adres bevat

c) Dieselfde dokumente as vir natuurlikepersone hierbo

d) inkomstebelastingopgawe of BTW-

registrasiesertifikaat

[2]

7.4

TrustDie trust se -a) naamb) nommerc) adres van die Meester van die Hooggeregshof waar die trust geregistreer isd) inkomstebelastingnommerof BTW-nommer (indien sodanige nommers aandie trust uitgereik is)

Persoonlike besonderhede

van -a) elke trustee van die trustb) elke begunstigde van die trust

Maak of kry ‘n afskrif van -

a) Aanstellingsbrief van die Meester

Kry ‘n -

b) gewaarmerkte afskrif van die trustakte

Maak of kry afskrifte van die -

c) inkomstebelastingopgawe of BTW-

registrasiesertifikaat

d) Identiteitsdokument en rekening van elketrustee en begunstigde van die trust

[2]

Vraag 8 - Modelantwoord [9]

8.1 ‘n Skriftelike toestemming, onderteken deur die verbandhouer, opgestelooreenkomstig voorgeskrewe vVorm MM uitgereik onder die Akteswet, totdie konsolidasie van die twee erwe en vir die substitusie van die voormaligetwee komponente met die nuwe gekonsolideerde eiendom as sekuriteitonder die verband - (artikel 40(3) van die Wetswet) [1]

8.2 ‘n Skriftelike toestemming onderteken deur die verbandhouer, en opgestelooreenkomstig Vorm MM uitgereik onder die Akteswet, tot die uitreiking van

Page 32: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 32

drie sertifikate van geregistreerde titel vir die drie gedeeltes. Die driegedeeltes moet volledig in die toestemming beskryf word. [1]

8.3 ‘n Aansoek deur die geregistreerde eienaar en skriftelike toestemmingonderteken deur die verbandhouer en opgestel ooreenkomstig voorgeskreweVorm WW uitgereik onder die Akkteswet. Doen aansoek vir diegekonsolideerde grond soos verteenwoordig op die konsolidasiekaart omvervang te word vir die gedeelte as sekuriteit onder die verband en dieverbandhouer stem dan ook daartoe toe [2]

8.4 Skiftelike toestemming, onderteken deur die verbandhouer, opgestelooreenkomstig voorgeskrewe Vorm AM uitgereik onder die Wet op Deeltitels,tot die opening van die deeltitelregister, die registrasie van die deelplan endie endossering van die verband dat dit die dele soos aangedui op diedeelplan en hul onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom,verbind. [2]

8.5 Skriftelike toestmeming feur die verbandhouer tot dieontheffing van die viereenhede uit die werking van die verband, opgestel ooreenkomstigcvoorgeskrewe Vorm AM uitgereikonder die Wet op Deeltitels [2]

8.6 Die verband hoef nie ingedien te word nie en die toestemming van dieverbandhouer is ook nie nodig nie. [1]

Vraag 9 - Modelantwoord [6]

9.1 ‘n Opsie gee aan die opsiehouer (koper) die reg om ‘n sekere eiendombinne ‘n sekere tydperk en teen ‘n vasgestelde prys aan te koop.

‘n Voorkoopsreg verleen aan die houer daarvan ‘n voorkeur om ‘n bepaaldeeiendom te koop indien die eienaar besluit om dit te verkoop. Die verkoperis verplig om, sou hy ‘n aanvaarbare aanbod om te koop ontvang, dieeiendom eers aan die houer van die voorkoopsreg aan te bied teen dieselfdeprys en voorwaardes.

‘n Opsie verplig die verkoper (opsiegewer) om ‘n eiendom aan ‘n koper

(opsiehouer) te verkoop indien die opsie uitgeoefen word. ‘n Voorkoopsregplaas geen verpligting op ‘n verkoper nie, behalwe om die houer van dievoorkoopsreg eerste geleentheid te gee om die eiendom te koop. ‘n

Voorkoopsreg is registreerbaar in die aktekantoor terwyl ‘n opsie nie is nie.[3]

9.2 Ja - ‘n opsie moet skriftelik wees.Ja - ‘n voorkoopsreg moet skriftelik wees. [3]

Page 33: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

9 ‘n Soortgelyke vraag is gevra in Mei 2001 (Deel 1), Vraag 2. Sien ookPraktiese oefening No. 2 in Hoofstuk 4 van die notas onder diebespreking van uitstrekklousules.

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 33

Vraag 10 - Modelantwoord [3]

Indien die eiendom aan ‘n voorkoopsreg onderhewig is waar hierdie reg niebindend op opvolgers in titel is nie, kan die eiendom in insolvensie verkoop word envry van die voorkoopsreg getransporteer word, aangesien hierdie reg verval waardie eiendom in eksekusie of insolvensie verkoop word. In Bodasing v Christie NOand Another is beslis dat ‘n voorkoopsreg (proper) ‘n reg is wat die eienaar slegsmet betrekking tot vrywillige verkope bind. Gedwonge verkopings mag derhalweaangegaan word sonder om die eiendom eers van die houer van die voorkoopsregaan te bied.

Indien die eiendom onderhewig is aan ‘n voorkoopsreg waar die voorkoopsreg ookop die partye se opvolgers in titel bindend is, kan die eiendom nie verkoop engetransporteer word sonder die houer van die voorkoopsreg se toestemming nie. Hierdie voorwaarde sal dan vorentoe gedra moet word na die nuwe transportakte. (Indien die houer van die voorkoopsreg nie slegs toestem tot die oordrag nie maarvan sy reg daarin afstand doen, moet ‘n aansoek kragtens artikel 68(1) van dieAkteswet ingedien word voor of gelyktydig met die oordrag - (RKB29/1990)).

Vraag 11 - Modelantwoord 9 [9]

11.1 Soos aangedui op Algemene Plan L.G. nommer 6262/2011 en gehoukragtens Sertifikaat van Verenigde Titel T465/2011 [3]

11.2 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T met Algemene Plan L.G. nommer 6262/2011 wat daarop betrekking het. [3]

11.3 Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T metAlgemene Plan L.G. nommer 6262/2011 wat daarop betrekking het en gehoukragtens Akte van Transport T [3]

Vraag 12 - Modelantwoord [8]

12.1 Aangesien ‘n volmag deur slegs een persoon as getuie onderteken hoef teword, indien daardie persoon onder andere ‘n kommissaris van ede is,behoorlik as sulks geidentifiseer, sal ek die volle name, adres, hoedanigheidvan my korrespondent en die feit dat hy ‘n praktiserende prokureur enderhalwe kommissaris van ede is, onder sy handtekening aanbring. [2]

12.2 Ek sal op die volmag sertifiseer dat die grootte van die eiendom 1200vierkante meter en nie 1206 vierkante meter is nie. [2]

Page 34: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 34

12.3 Ek sal op die volmag sertifiseer dat die korrekte titelakte waarkragtens dieeiendom gehou word, T5009/2006 is. [2]]

12.4 Ek sal die volmag moet terugstuur na my korrespondent. Hy sal die volmagmoet regstel, met gepaardgaande volle parafering: Die opsteller, dievolmaggewer en die getuies sal langs die regstelling op die volmag moetparafeer. [2]

Vraag 13 - Modelantwoord [2]

Geen aandeleblokskema mag bedryf word nie ten opsigte van -a) landbougrond; enb) ander onroerende eiendom waarop ‘n gebou in stryd met ‘n goedgekeurde of

voorgenome dorpsaanlegskema opgerig is.

TOTAAL: [100]

Page 35: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 35

Page 36: 2012 Sept (Afr) - Dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die balju nie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy

Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 36

Saamgestel deur

Erinda FrantzenBCom(Regte)(UP) LLB (UNISA)

Prokureur, Transportbesorger en Notaris van die Hoë Hof van Suid-

Afrika

en

Gawie le RouxBA(Regte)(UP) LLB (UP) BA Honeurs (UNISA)

Prokureur en Transportbesorger van die Hoë Hof van Suid-Afrika

en gepubliseer deur

Selfstudie Aktekursus BK Registrasienommer 1994/016876/23

Posbus 74047

Lynnwoodrif

0040

451 Flindersteeg

Lynnwood, Pretoria

Tel: (012) 361-1715

Faks: (012) 361-1108

Webwerf: www.aktepraktyk.co.za

BRONNE

Selfstudie Aktekursus vor Prokureurs

The Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa

Betrokke wette, regulasies en voorgeskrewe vorms

Registrateurskonferensiebesluite