6
Bergsig Boodskap 25 Februarie 2018 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Wynand Breytenbach Glow Kidz Diens (Saal) Ds. Mizelle Prinsloo 18:00 @6 Diens Ds. Johan Els Deuroffer: Bediening aan Jode 26 Feb.: Kerkraadsbeplanning 2 Maart: Wêreldbiddag vir Vroue 3 Maart: Wêreldbiddag vir mans 4 Maart: Doop 10 Maart: Durbanville Plaasfees 12 Maart: Belydenisaflegging 13 Maart: Doopkategese 16- 18 Maart: 4x4 / Gesinskamp 21 Maart: Menseregtedag 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Glow Kidz Diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: Helpmekaar Studiefonds 4 Maart 2018, Doop Vierde Lydensweek, Preekreeks: 7 Kruiswoorde 25 Februarie 2018, Derde Lydensweek, Preekreeks: 7 Kruiswoorde NAGMAAL Reik uit na Jode met die evangelie veral die Messiaans - Joodse Ge- meente in Kaapstad. Messiaanse Jode glo dat Jesus die Messias en Here is. Jesus se sewe kruis- woorde is rigting- wysers vir die lewe”. Die Christen-familie bestaan uit mense van verskillende agter- gronde, rasse, ouder- domme, kultuurgroepe en lande. Leer uit hoofstuk drie van die reeks meer oor ons uitgebreide Chris- tenfamilie en hoe ons mekaar kan omarm. Navrae kan gerig word aan Liezl Loubser by: geestelikeversorg- [email protected] VROUEKAMP Dagboek 20-22 April Kleinmond Ds. Mizelle Prinsloo is die spreker. Koste: R750 Bespreek by: Karin Bosman 082 921 9794 2 Maart ∞ 10:00 Dit is die 88ste viering van die Wêreldbiddag vir vroue in Suid-Afrika Daar word vir die land Suriname gebid en natuurlik bid ons ook saam dat God reën sal voorsien op die regte tyd.

25 Februarie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 25 Februarie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling

Bergsig Boodskap 25 Februarie 2018

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Wynand Breytenbach

Glow Kidz Diens (Saal)

Ds. Mizelle Prinsloo

18:00 @6 Diens

Ds. Johan Els

Deuroffer: Bediening aan Jode

26 Feb.: Kerkraadsbeplanning

2 Maart: Wêreldbiddag vir Vroue

3 Maart: Wêreldbiddag vir mans

4 Maart: Doop

10 Maart: Durbanville Plaasfees

12 Maart: Belydenisaflegging

13 Maart: Doopkategese

16-18 Maart: 4x4 / Gesinskamp

21 Maart: Menseregtedag

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Philip Scholtz

Glow Kidz Diens (Saal)

Bea Pretorius

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: Helpmekaar

Studiefonds

4 Maart 2018, Doop Vierde Lydensweek, Preekreeks: 7 Kruiswoorde

25 Februarie 2018, Derde Lydensweek, Preekreeks: 7 Kruiswoorde NAGMAAL

Reik uit na Jode met die evangelie

veral die Messiaans-Joodse Ge-

meente in Kaapstad. Messiaanse

Jode glo dat Jesus die Messias en

Here is.

“Jesus se sewe kruis-woorde is rigting-wysers vir die lewe”.

Die Christen-familie bestaan uit mense van verskillende agter-gronde, rasse, ouder-domme, kultuurgroepe en lande.

Leer uit hoofstuk drie van die reeks meer oor ons uitgebreide Chris-tenfamilie en hoe ons mekaar kan omarm.

Navrae kan gerig word aan Liezl Loubser by:

[email protected]

VROUEKAMP

Dagboek

20-22 April

Kleinmond Ds. Mizelle Prinsloo is die spreker.

Koste: R750

Bespreek by:

Karin Bosman

082 921 9794

2 Maart ∞ 10:00

Dit is die 88ste viering

van die Wêreldbiddag vir

vroue in Suid-Afrika

Daar word vir die land

Suriname gebid en

natuurlik bid ons ook

saam dat God reën sal

voorsien op die regte tyd.

Page 2: 25 Februarie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy

betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na

[email protected]

Mandaat van die mark: Uitbreiding van God se Koninkryk Die mark wat die gemeenskap wil dien Die mark wat Jesus se Hande en Voete wil wees Dissipelskap en verhouding bou is baie belangrik vir ons Al koop ’n persoon niks by die mark nie, moet hy/sy daar uitstap en ervaar dat hy/sy aangeraak is deur die liefde van iemand. Almal is welkom by die mark! Ons koop graag koffie & koek vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Daar is altyd iemand wat saam met jou sal kuier indien jy ’n behoefte het. Respek vir mekaar en die produkte van uitstallers Onthou aansoeke vir die 2018 Mark (30 Mei - 2 Junie) sluit op 28 Februarie. Rig navrae aan Edna van Tonder ([email protected] / 083 302 4838)

Frontida Projekte

Andre en Marina Olivier, ons Sendelinge in Kantha-rarom, Thailand, het die volgende twee projekte geprioritiseer vir 2018:

Ringmure tussen hulle kerk en ryslande het omgeval weens swak boustrukture en baie reën. Dit het ’n veiligheidsrisiko teweeggebring en hulle is genoodsaak om die fondasie te verander en die mure te herbou.

“Kanthararom Christian Nursery School” is die eerste Christen-kleuterskool in die provinsie wat in Januarie 2018 geopen is. Fondse word be-nodig om oprigtingswerk by die skool en die speelgrond af te handel. Die skool sal ’n be-langrike rol speel in die opbou van die gemeen-skap.

Indien u gelei word om ‘n bydrae te maak, kan dit in die volgende rekening inbetaal word:

Naam: Frontida Outreach Bank: Capitec, Nommer: 1317286438 Tak: 470010 Vewysing: Speelgrond / Kerkmure

ONMIDDELLIKE BEHOEFTES SLUIT IN: -Ons het ’n groot behoefte aan stoorplek (ruimte in 'n naby-geleë pakhuis / kantoor of motorhuis)

-Herskep die studentetoilet en die kleiner kantoor, insluitend die bou van 'n kreatiewe stooroplossing vir skoonmaak-gereedskap. Ons benodig materiaal en enige vrywilligers met timmerwerk en selfdoenvaardighede.

-Potensiële sportmanne en -vroue of ander fondsinsame-lingsvrywilligers wat bereid is om die inisiatief te neem om fondse in te samel vir ons deur sport of ander geleenthede.

-Meer Lewensvaardigheidsfasiliteerders, waar moontlik, tot minstens 2 uur per maand of tot 2 uur per week. Byvoorbeeld, die fasilitering van verskeie modules in ons Werkgereed-heidsprogram. Modules sluit in: Wie is ek? Lewensverhale, kommunikasie en konflik; doelwitte en drome; verhoudings, menseregte en verantwoordelikhede, begrip van sosiale kwes-sies, MIV / vigs en TB, aktiewe burgerskap, basiese diensvoor-waardes, arbeidsverhoudinge, werksetiek en persoonlike fi-nansies. Bykomende vrywilligers vir mentorskap van studente, om te bel, opvolg en graduandi aan te moedig.

-Oproepsentrum van opleidingfasiliteerders.

-Grafiese Ontwerpdienste.

-Vrywilligers vir videoproduksie en redigering - van ons afskeid - om kort videogetuienisse vir You Tube, web en ander plat-forms te produseer.

-Engelse geletterdheidsfasiliteerders.

-Ons is op soek na professionele geregistreerde verpleegkun-diges wat ons visie by FCD deel. As jy passievol is om die werkloses te rus, en by ons Frail Care opleiding betrokke te raak, wil ons van jou hoor.

-Papierversnipperaar

Kyk gerus na ons webtuiste om meer inligting te bekom by www.fisantekraal.org.za of kontak ons op 021 975 7764 of e-pos [email protected].

Ons hoor graag van jou! Ons het die plaaslike gemeenskap se ondersteuning nodig om ’n volhoubare en betekenisvolle ver-skil te maak in Fisantekraal en ander omliggende, kwesbare gemeenskappe.

Page 3: 25 Februarie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling

Koninkrykstyd-insameling

Die gee van DANKOFFERS is 'n …

BELYDENISDAAD Wie sy dankoffers gee, erken die heerskappy van God oor sy ganse lewe. Met groot dankbaarheid vir die goeie bedrag ingesamel

in Koninkrykstyd. Ons het die mikpunt van R750 000

ongelukkig nie gehaal nie. Ons sien ook dat die bank-

kollektes en maandelikse dankoffer bydraes bietjie af-

geneem het gedurende 2017. Ons bid tot God vir

wysheid hieroor. Mag God ons seën hiermee.

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

R719 857

Bid tot die Here oor helderheid

vir jou bydrae. Ons doelwit is R750 00

Rex en Mary-Ann

Aylward

Oriolesstraat 18, 021 975 5084 Seun oorlede Troos en bemoediging

Ralie Herbst Via Nazionale 13 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Cecilia Fourie Selbourne Place 2, 082 721 2580 Man oorlede Troos en bemoediging

Johan Fourie en gesin Joostenbergweg 1, 021 976 0215 Pa oorlede Troos en bemoediging

Eric Turner Outeniquaslot7, 021 976 1692 Pa oorlede Troos en bemoediging

Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Johan Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Beroerte Herstel en bemoediging

Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Doreen de Villiers W/S 229, Legato, 021 976 0914 Bloeding op brein Herstel en bemoediging

Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging

Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Elena Kriel Skilpadvleiweg 5, 021 976 8868 Kanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Jaco Roelofse vanaf Hermanus en Ilze Pentz (nou Roelofse)

vanaf Suider-Paarl Fiona Claudene Haynes (nou Cronje) vanaf NG Kerk Fauna

Wayne Klopper vanaf Nelspruit-Westergloed en Laura van der Watt (nou Klopper) vanaf Wierdapark-Suid

Christoffel Johannes Visser, Anna Maria Lombard (nou Vis-ser), Daniël Johannes Visser en Bertus Lombard Visser vanaf

Stellenberg Jacobus Jurgens Kruger vanaf Zesfontein

Petrus Jakobus Myburgh vanaf Piketberg en Delmari Snyders (nou Myburgh) vanaf Uitenhage-Noord

Ilani Cadle (nou Smith) vanaf Strand-Noord Manja Elsa van der Merwe (nou Myburgh) vanaf Kuilsrivier-De

Eike Louise MacLachlan (nou Van der Sandt) vanaf Moorreesburg

en Frederik Christoffel Johannes Bester vanaf Die Strooi-dakkerk

Nicolaas James Hand vanaf Prieska, Martha Hanekom (nou Hand) en Christina Magretha Hand vanaf Citrusdal Christelle du Plessis (nou Malan) vanaf Muldersdrif

Jurie Jacobus Swan vanaf Klersdorp-Doringkruin Leon Haupt vanaf Lydenburg en Stefanie Malan vanaf Paarl-

Vallei Henno Senekal vanaf Diamantveld

Adriaan Johannes Stadler Dreyer, Alicia van Zyl (nou Dreyer) en Kara (dooplidmaat) vanaf Parow-Welgelegen

Jaco Wiehan Lubbe vanaf Stellenberg, Neil Wiehan Lubbe en Mia Louise Lubbe (dooplidmate) vanaf Suider-Paarl Maxzell Lerm (nou Van Jaarsveldt) vanaf Hermanus

Maria Fredrika Weyers (nou Meyer) vanaf Durbanville Chanté du Preez (dooplidmaat) vanaf De Tyger

Hermanus Jacobus Goussard en Francina Johanna van Staden (nou Goussard) vanaf Langebaan

Heinrich de Wet en Susanna Elizabeth Groenewald (nou De Wet) vanaf Brackenfell

Page 4: 25 Februarie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling

HET JY ’n PREEK GEMIS? Ons poog om alle preke op die web beskikbaar te stel

vir lidmate om te luister. Met groot uitsondering

ondervind ons soms tegniese probleme en is dit nie

moontlik nie. Gaan luister gerus by skakel MEDIA/preke.

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Die Coram Deo-kursus is ʼn

twee-jaar akademiese

toerustingsgeleentheid in

pastorale narratiewe tera-

pie.

Dit bied ook meer as net

teoretiese kennis in pasto-

rale terapie en waarborg

ook persoonlike, emo-

sionele en geestelike groei.

Die Coram Deo-kursus in

pastorale narratiewe tera-

pie, is ʼn Tukkies geakkre-

diteerde sertifikaatkursus.

Die voltooiing van hierdie

kursus, maak ook die

deure oop vir verdere M-

studies aan die Universiteit

van Pretoria se Departe-

ment van Kontekstuele

Studies.

Durbanville-Bergsig is

bevoorreg om hiervoor as

opleidingsentrum te dien.

Hiervoor is ons die Here

innig dankbaar, aangesien

dit nuwe geleenthede skep

vir dissipelskap, emo-

sionele groei en geestelike

versorging.

Die inskrywingskoste is

R8 450 per jaar en is een-

malig of oor tien maande

betaalbaar. ’n Jaar bestaan

uit 32, 3-uur weeklikse

aanbiedings.

ʼn Kort samevatting van

wat jy in hierdie kursus

kan verwag, is die vol-

gende: ʼn Omvattende

hantering van wat is Nar-

ratiewe terapie, Die lees

van die Psalms aan die

hand van Walter

Breuggemann se “Praying

the Psalms”, die hantering

van verskeie Narratiewe

artikels, hantering van

trauma, substansie-

afhanklikheid, huwelik-

sterapie en seksuele mis-

bruik.

Aanbiedings vind op

Dinsdagaande plaas.

Inskrywings vir 2018 is

nou oop.

Om in te skryf of vir meer

inligting:

Bel Liezl Loubser 021-976

4106 (x106) of

geestelikeversorging

UITERS BEKWAME AU PAIR (5 jaar ondervinding)

Soek pos in / om Durbanville

Internasionale Au Pair-kursus voltooi

1 jaar in Nederland

Eerstehulpsertifikaat

Goeie verwysings

2 jaar kleuterskoolondervinding

Eie betroubare vervoer

Studeer onderwys na-ure

Bel Stephné Malan 073 340 0557 / 083 726 4167

05:45 Vrydagoggende

Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

Die 10:00 en @6 Aanddienste om 18:00 word

lewendig gebeeldsend (“livestream”) op

You Tube.

Skakel gerus in sou jy ‘n diens nie kon bywoon nie.

Die dag toe ek begin verstaan het dat “my” geld deel is van ’n groter prentjie, het baie dinge verander.

Ek het geleer dat Koninkryksfinansies deel is van die Koninkryk en dit gaan oor die bestuur van my lewe, tyd, talente, vermoëns, besittings, finansies, gedrag en die verantwoordelike verkondiging van die Evangelie.

Vir my lê die klem op verantwoordelik! Ek besef, koop om te koop of om elke mode te jaag baat nie. Ek besef dat God se Skepping “suffer” onder

die verbruikerskultuur en ek probeer herwin.

Ek besef dat water en krag gespaar MOET word. Ek besef dat ek die Evangelie nie kan verkondig soos ek wil nie!

Die bestuur van Bergsig besef dit ook en besig is met ’n belangrike begrotingsproses vir die 2018 / 2019 finansiële jaar.

Lidmate is welkom om insette te lewer, maar ons vra veral voorbidding vir die proses en die moeilike besluite.

"Ek is by die Durbanville Kinderhuis geplaas vir die-selfde redes as al die an-der kinders: misbruik of verwaarlosing.

In 'n vergadering op die dag wat ek by die Durban-ville Kinderhuis aangekom het, het ek daar bang en onseker gesit.

My lewe sou van vandag af vir ewig verander. Maar daar was 'n Maatskaplike werker in die familiekonfer-ensie - sy was nie eens my Maatskaplike werker, sy was my broer s’n.

Ek was verstom toe sy die heel eenvoudigste ding doen: sy het vir my geglim-lag. Dit was spesiaal. Dit was die menslike konnek-sie wat ek destyds nodig

gehad het. Toe weet ek dat hierdie mense seker gaan maak dat dinge beter sal wees. " - Dogter, 13 jaar oud.

Hierdie is so spesiaal dat ons dit graag met julle wil deel. Ons almal kan ’n glimlag elke dag vir iemand gee. Elke keer as 'n man 'n ide-aal nastreef of optree om die lot van ander te ver-beter stuur hy 'n klein rimpeling van hoop uit ... en kruis hierdie rimpelings mekaar kan dit 'n magtige rivier word wat die magtig-ste mure van onderdrukking en we-erstand kan wegvee. - Robert F. Kennedy

Koninkryksfinansies?

’n Durbanville Kinderhuis kind praat ...

Page 5: 25 Februarie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Baie van die bedieningsbe-

hoeftes van seniors word

reeds effektief aangespreek

deur die gemeente. Daarby

is ons dankbaar dat meeste

van ons seniors goed versorg

word deur finansiële voor-

siening, asook in familie- en

vriendskapsnetwerke.

Daar is egter seniors wat

meer geïsoleerd en eensaam

is, en kwesbaar is sonder

versorgingsnetwerke en

goeie ondersteuning. Selfs in

verswakte afdelings waar

goeie versorging is, is daar

behoeftes soos aan iemand

wat vir ’n verswakte net uit

die Bybel kan kom lees, ’n

woord van bemoediging deel

en ’n gebed doen.

As jou hart geraak word en jy

in 2018 as vrywilliger selfs

net een klein dingetjie vir

iemand wat dit nodig het wil

doen, sal dit baie waardeer

word.

Woensdag 28 Feb. 09:00

sal daar by Bergsig ’n byeen-

koms wees vir almal wat wil

help. Ons wil ’n sterk span

vrywilligers vir seniorversor-

ging op die been bring. Daar

is reeds ’n paar entoesias-

tiese gemeentelede wat as

leiers en kernspan sal voor-

vat. Kom luister en gesels

saam oor bedieningsbe-

hoeftes en deel dan met ons

oor hoe jy dink om betrokke

te raak. Dit hoef nie groot en

baie dinge te wees waarvoor

jy kans sien nie. Ons glo die

belangrike is nie hoe groot

ons begin nie, maar dat die

Here sal seën en gebruik wat

ons kan bydra in sen-

iorbediening. Bid asb. saam

met ons vir hierdie saak, vir

die kernspan, en vir elkeen

wat betrokkenheid oorweeg.

Die leierspan wat reeds be-

trokke is verstaan dat on-

sekerheid oor jou betrokken-

heid jou kan gespanne maak

en eerder nie na vore laat

kom nie, al lê jou hart in die

saak. Jy sal opleiding en

ondersteuning kry vir dit

waarby jy betrokke wil raak.

Laat weet as jy kan kom of

belangstel, of kom sommer

net!

Bel Magdalena Knoetze: 021 976 8152 083 557 6075

PINEHURST SENTRUM KARWASSERY

Ons is oop!

Deur gebruik te maak van herwinde water wat

volgens munisipale regulasies gefiltreer en met

drie 1-mikron filters gesuiwer word, hou ons

beide jou voertuig en die omgewing in tip-top

toestant.

Na meer as 15 jaar in dié bedryf het ons gevind

dat water en geen ander metodes, verseker dat jy

jou motor sonder krapmerke skitterskoon

terugkry.

Kom maak gerus ’n draai en kyk of ons ons sout

werd is!

Leon en Carin

Bel ons 074 830 6708

Vind ons op Facebook onder

“Pinehurst Car Wash”

Page 6: 25 Februarie 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

HEERLIKE VAKANSIE TE WEN!

Slegs persone wat hul

Plaasfeesblikdierasies terugbring

kwalifiseer.

Onthou om die dierasie se

magie te vul sodat dit nie

honger ly nie!

Daar is ’n wonderlike

vakansie by Tree Tops in die

Wildernis te wen!

Wenner word 11 Maart

aangekondig!

INKOPIELYS

-SUIKER 30kg

-KONDENSMELK

(GEWONE EN KARAMEL)

-FLORA LIGHT MARGARIEN

-PERPERMINT CRISP SJOKOLADE

-TENNIS BESKUITJIES 40 pakkies

-SUURLEMOENSAP 10 liter

-CREMORA 12x 800g pakke

ANDER

WIT OLIFANT- & VINTAGE-ITEMS

KONTANTBYDRAES SAL OOK

WAARDEER WORD

ONS KORT HANDE OP DIE

SATERDAG BY DIE STALLETJIES-

YSKASTE, GASBOTTELS (& plaat)

Die tyd raak min, help ons asb. met …