20
UITGAWE #2 Desember 2019 [email protected] Bladsy 1

UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

UITGAWE # 2

Desember 2019

[email protected]

Bladsy 1

Page 2: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Hestie van Wyk Op 9 Julie 2019 het Laerskool Skuilkrans

die nuut aangestelde hoof, Meneer

Wouter Rothmann verwelkom. Meneer

Rothmann het ‘n onvergeetlike eerste

indruk op die leerders gemaak toe hy met

sy aankoms in ‘n bloedrooi sportmotor by

die hekke van Laerskool Skuilkrans inry.

Die skool het hom vriendelik en hartelik

verwelkom terwyl die voorsitter van die

beheerliggaam, Meneer Ralton Naidoo ‘n

bybel (ook bekend as die skool se sleutel

tot sukses) aan hom oorhandig het.

Meneer Rothmann het in die Vaaldriehoek

in Vereniging groot geword waar die

grondslag van sy familie waardes en

hegte verhoudings geleë is. Hy

matrikuleer in Kroonstad waarna hy sy

onderwys opleiding by die ou NKP

ontvang. Meneer Rothmann het vir drie

hoofposte aansoek gedoen en al drie

hierdie poste is vir hom aangebied. Na ‘n

pad van gebed het hy leiding ontvang om

die pos by Laerskool Skuilkrans te

aanvaar. Die pad wat hy geloop het om tot

hierdie besluit te kom is vir ons by

Skuilkrans ‘n groot gerusstelling, want

hiermee weet ons dat ons Hemelse Vader

self, hom hierheen gestuur het.

Meneer Rothman is ‘n mense mens vir wie

verhoudings baie belangrik is. Sy visie vir

Laerskool Skuilkrans is om ‘n veilige en

geborge omgewing vir kinders te skep,

gebaseer op goeie verhoudings tussen

kinders, onderwysers en ouers. Skuilkrans

het Meneer Rothmann leer ken as ‘n man

wie se identiteit sonder twyfel in Christus

gevestig is, ‘n man wat luister en doen en

‘n merkwaardige hoof wat tyd het vir

almal. In sy eie woorde sal hy alles in sy

vermoë doen om sy visie en roeping vir

ons skool uit te leef, maar met die vaste

wete en vertroue dat die mens sy eie pad

beplan, maar dat God bepaal waarheen jy

sal gaan.

Johann Moller en Franco May

Die Skuilies vier saam met Meneer Wouter Rothmann sy eerste verjaarsdag as hoof by

Laerskool Skuilkrans. Meneer Hansie Olivier sorg vir heerlike partytjie musiek terwyl

leerlinge en onderwysers smul aan heerlike verjaardagkoek. Die woorde GELUK MENEER!

staan lewensgroot op ‘n verskeidenheid van koeke. Uit volle bors word daar vir Meneer

Rothmann gesing en die waardering kan duidelik gesien word soos ‘n groot glimlag verskyn

op sy lippe.

Die dag se energie vlakke styg nie as gevolg van die suiker nie, maar as gevolg van die

versiersuiker geveg wat uitbreek onder die onderwysers! Ons hoop dat dit die eerste van

vele verjaarsdae is wat Meneer saam met die Skuilies sal vier.

Bladsy 2

Page 3: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Dis heerlike Lente,

die Winter's verby

Woutrine Van Der Bijl en Genevieve Prinsloo Op 6 September 2019 het die Skuilies met opgewonde harte, sakke vol energie en gereedskap skool toe gekom. Op dié dag is Laerskool Skuilkrans se tuine, letterlik en figuurlik omgedop en elke onderwyser en Skuilie het geblom waar hulle geplant is. Mevrou Susan Mouton is nie net ‘n Afrikaanse onderwyseres nie maar ook ‘n bobaas tuinier.

Mevrou Mouton se hande staan vir niks verkeerd nie en in samewerking met die skoolhoof, Meneer Wouter Rothmann het sy elke bedding en elke aksie van die dag haarfyn beplan. Deur saam te hark, leiding te bied en te verseker dat die dag se aktiwiteite seepglad verloop het sy gewys dat haar vingers werklik groen is. Sakke vol kunsmis, klippies en ‘n verskeidenheid van blomme en plante is lank voor die groot dag ingesamel om nes die skool se tema van 2019 te verseker dat nuut wel goed kan wees. Elke leerder van Graad 1 tot 7 sowel as die onderwysers het saam geplant, gespit, gehark en gewerk om nuwe lewe aan die skool se tuine te bied. Elke graad is ‘n spesifieke bedding gegee waar hulle dadelik

aan die werk gespring het en soos die tuine begin glimlag het met nuwe lewe, so het elkeen wat die dag saam gewerk het, breed geglimlag en hulself ten volle geniet.

Hop-Lig-DANS Cara Breet en Mia Bothma

Die Hop-Lig-Dans op 6 September 2019 word deur die

Skuilies beskryf as een van die beste geleenthede van die

jaar. Graad 1 tot 7 is die geleentheid gebied om die aand

saam hul vriende te geniet. Daar is aan elke graad ‘n

spesifieke tydsbeperking gegee om te verseker dat daar

genoeg spasie was om heerlik te kan dans. Die leerders het

wit aangetrek sodat die helder ligte die inkleur werk kon

verrig.

Honderde foto’s is in die voorportaal geneem sodat elke Skuilie ‘n herinnering van die

fantastiese aand saam met hulle huistoe kon neem. ‘n Dans kompetisie is gehou om te

bepaal watter Skuilie die beste danser in die skool is. Almal het hulle bes probeer maar aan

die einde van die aand was dit Armand Pretorius Graad 7 en Stephanie Smith Graad 6 wat

die beste danspassies kon verrig. Die Skuilies het hulself vuurwarm gedans en wanneer

hulle nie gedans het nie, het hulle uit volle bors saam gesing of saam met vriende gesellig

verkeer. Heerlike kosstalletjies, yskoue koeldranke en allerhande lekkernye was ook die

aand beskikbaar. Volgens ons was die Hop-Lig-Dans nie ‘n lekker dans nie, maar wel ‘n

AWESOME dans.

Bladsy 3

Page 4: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Chloe Bruins en Marizelle Harmse

Die son het skaars begin skyn oor die

oggend van 18 September 2019 toe die

Graad 7 leerders en hul ouers die

skoolgronde betree om gereed te maak vir

die langverwagte entrepreneursdag. In die

vak, Ekonomiese Bestuurswetenskap

(EBW) word leerders geleer wat dit alles

behels om ‘n suksesvolle entrepreneur te

wees, hoe om ‘n effektiewe begroting op

te stel en hoe om jou produk/diens

suksesvol te bemark.

Met ‘n tikkie kreatiwiteit en dinamiese

denke het elke Graad 7 leerder van 2019

probeer bewys waarom hulle stalletjie as

wenner van die dag aangekondig moes

word. Gewapen met rubrieke en sonskerm

het Meneer Junior Roux, Mevrou Elzie

Eek, Mejuffrou Angelique van Coller en

Mejuffrou Nidia Els die soektog begin vir ‘n

wenner tussen die see van helder kleure,

heerlike kos en kreatiwiteit. Elke stalletjie

is deeglik ondervrae en geϊnspekteer

opsoek na ‘n wenner.

‘n Verskeidenheid van kosstalletjies,

lekkernye, speelgoed hoekies, waterballon

kaskenades, kreatiewe uitrustings en selfs

die geleentheid om Fortnight te speel het

Skuilies van Graad 1 tot 7 en selfs die

onderwysers in rep en roer gehad. Hestie

van Wyk se “Shooter” stalletjie het egter

die meeste aandag getrek en sy is later

gekroon as algehele wenner van die dag.

Die “shooters” behels egter toe geen

alkohol nie maar eerder ‘n verskeidenheid

van heerlike nageregte wat sy self

voorberei het en kreatief genoeg geplaas

het in klein kelkies. Sy het blitsvinnig

uitverkoop en het deur middel van

professionalisme en oorspronklikheid die

prys reg onder almal se neuse

weggeraap.

‘n Tikkie kreatiwiteit en

dinamiese denke

Bladsy 4

Page 5: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Angeline Holder

Elke jaar in Suid-Afrika word Erfenisdag gevier op 24 September. Suid-Afrika is ‘n diverse

land wat uit verskeie kulture, tradisies en tale bestaan. Dit is belangrik vir ons as Suid-

Afrikaners om te onthou dat elke Suid-Afrikaner ongeag hulle ras, taal of geloof

gerespekteer moet word. Albus Dumbeldore het gesê: “While we may come from different

places and speak in different tongues, our hearts beat as one.”

Voor 1994 het Erfenisdag as Shakadag bekend gestaan. ‘n Demokratiese Suid-Afrika

hernoem die dag, Erfenisdag. Dit het ‘n dag geword waarop alle kulture hulle erfenis kan

herdenk en die dag moet gebruik word om te onthou en te vier wie en wat hulle is. Laerskool

Skuilkrans het die dag gevier in samewerking met die Voortrekkers deur aan verskeie

boeresporte deel te neem. Mevrou Marita van der Merwe het die dag beplan en verseker dat

die dag en aktiwiteite seepglad verloop.

Leerders uit verskillende registerklasse het die geleentheid gekry om teen mekaar tou te trek

en eiers rond te gooi. Sommige leerders moes wel hulself gaan skoonmaak na ‘n heerlike

geel eier hul getref het. Op so ‘n warm dag was die waterkaskenades verseker die lekkerste

en die sakresies het gesorg vir hope gees onder die Skuilies. ‘n Dag gevul met pret, gees en

gesonde kompetisie het gesorg vir ‘n gesellige Erfenisdag by Laerskool Skuilkrans.

Bladsy 5

Page 6: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Elana Koekoemoer en Zenica Grobler

Die Graad 7 leerders van 2019 was in rep en roer regdeur die skooljaar om genoeg geld in

te samel om ‘n heerlike afsluiting te geniet by die sonnige Sun City. Die graadhoof, Mejuffrou

Angelique van Coller in samewerking met die vier skakel Mammas van Graad 7, Nel Van

Der Bijl, Lynette Rippel, Cindy Labuschagne en Suzette Ellis het gesorg dat daar verskeie

fondsinsamelings plaasgevind het.

Een van die grootste fondsinsamelings het plaasgevind op 9 Augustus 2019 om 09:00. Die

bogenoemde hardwerkende spannetjie het met die blink idee voorendag gekom om

tweedehandse goedere op die skoolgronde te verkoop. Verskeie vergaderings is gehou en

baie ure se beplanning het gesorg dat die koop en verkoop insameling ‘n groot sukses was.

Genoegsame sekuriteit is gereël sodat die dag op ‘n veilige manier kon geskied, die

gemeenskap is betrek deur middel van advertensies en verskeie besighede was genooi om

hulle produkte en dienste uit te stal.

Uitstekende insameling en organisering van produkte is aangepak deur hardwerkende ouers

en Graad 7 leerders. Die rugbyveld is die Vrydag oggend in ‘n winkel omskep, talle Graad 7

leerders het reggestaan om ‘n helpende hand te bied en angstige verkopers het tou gestaan

in afwagting vir die skoolhekke om oop te maak. Ten danke aan bekwame ouers wat die

finansies hanteer het, het niks verlore gegaan nie en was die dag ‘n reuse sukses.

Bladsy 6

Page 7: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 7

Page 8: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Klara Wimmers

Die kransklop kaskenades en kaskarresies belowe om elke jaar sakke vol pret te wees vir

elke Skuilie - jonk en oud. Die kaskar resies het vroeg afgeskop op Vrydag oggend, die

25ste Oktober. Registerklasse was slaggereed om te wys waarvan hul gemaak was deur die

dag te begin met ‘n spoggerige parade. Elke klas is ‘n dier gegee en moes daarvolgens ‘n

liedjie kies, aantrek en/of ‘n kort dansie uitwerk. Heerlike musiek het gesorg vir ‘n prettige

atmosfeer en die Skuilies het hulself moeg gehardloop om te verseker hul klas word gekroon

as die wenners van die dag.

Die volgende oggend, is die Skuilies weer vroeg uit die bed om reg te maak vir al die pret en

plesier wat Kransklop kaskenades bring. ‘n Groot verskeidenheid van waterkaskenades,

adrenalien ritte en speletjies is geniet. Gesellige kuiers, heerlike kosstalletjies, glimlagte en

spookasem was aan die orde van die dag. Die dag het skaars begin toe sak die

langverwagte reën oor die skoolgronde neer. Ouers en leerders het vinnig skuiling gesoek

onder die pawiljoen se afdakke en met goeie gees en ‘n bietjie geduld gewag tot die

sonnetjie weer sy verskyning gemaak het.

Na afloop van die heerlike reën het almal weer gestroom na die verskeie kosstalletjies en

aktiwiteite. My gunsteling herinneringe van die dag was die suiwer klanke van almal se lag

en hoe al die Skuilies mekaar rondgejaag het met “silly string.” Baie dankie aan Mevrou

Marlene Botha en haar span vir die reël van ‘n uitstekende Kransklop!

Bladsy 8

Page 9: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 9

Page 10: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bobaas Landlopers

Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez

Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad 4 se are. Hierdie boetie

en sussie het ‘n absolute passie vir landloop. Hulle oefen 6 dae ‘n week en het beide die S.A

span behaal. Leon en Bianca neem ook graag deel aan talle ander sportsoorte.

Die Stolz familie doen graag 5 kilometer parkwedlope vir ontspanning

tydens naweke of neem deel aan klub landloop kompetisies. Tydens die

deelname aan klub landloop word daar verwag dat deelnemers onder die

eerste 18 atlete kwalifiseer in 3 uit 4 wedlope. Deelnemers kwalifiseer

dus so vir die Gauteng-Noord span waar hulle by Hoërskool Uitsig in

Centurion deelneem - Leon en Bianca het beide Laerskool Skuilkrans se

naam hoog gehou en die volgende uitslae behaal:

Liga 1 by Eduplex: Bianca 4de en Leon 9de

Liga 2 by Uitsig: Bianca 6de en Leon 12de

SA‘s: Bianca 9de en Leon 46ste

Welgedaan! Ons is baie trots op julle… hou bene hou!

Sagtebal Span: Ywerige Ysters

Laerskool Skuilkrans se 0/12 sagtebalspan word

afgerig deur Mevrou Elize Steenkamp en Mevrou

Sarita Bester. Tydens die afgelope vyf jaar is dit die

enigste span by die skool wat nie net die Tswane

Kampioenskappe gewen het nie, maar ook die

Noord-Wes spanne stof in die oë geskop het. Die

span is ook aangewys as die sagtebalspan van die

jaar by die jaarlikse sport meriete-aand.

Die span se pitcher, Jade Soltau-Swart het keer op keer haar talente bewys wanneer sy die

een na die ander kolwer van die veld afgestuur het. Cara Bouwer en Danika Dimitrova in die

ywerige yster span ontvang ook Gauteng Northerns en word deur hulle afrigters beskryf as

baie goeie kolwers. Mevrou Steenkamp beskryf die span as uiters verantwoordelik, toegewy,

positief en as spelers wat sakke vol spangees besit.

Voor ‘n wedstryd trek die span die volle wapenrusting van God aan en na ‘n wedstryd sluit

hulle af met ‘n gebed. Die afrigters verduidelik dat die span se moeilikste wedstryd teen

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman van Noord-Wes was en alhoewel die wedstryd ‘n

tameletjie was het die Skuilies steeds 4-1 geseëvier. Laerskool Skuilkrans is baie trots op

hierdie ywerige yster sagtebalspan.

Bladsy 10

Page 11: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Anton van Wyk en Armand Pretorius

Vir die van julle wat nie geweet het nie, ons het twee uitstekende sportsterre in ons midde.

Hierdie twee menere mag dalk na twee doodgewone onderwysers lyk, maar in die

werklikheid is hulle Skuilkrans se eie twee sporthelde. Hierdie sporthelde maak nie net seker

dat Skuilkrans se sport nuwe hoogtes bereik nie, maar ook Suid-Afrika se krieket.

Meneer Hansie Olivier het hierdie jaar die Suid-Afrikaanse

Aksie Krieketspan verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse

Meesters Wêreld reeks waar hulle derde gekom het. Hy het

hierdie wonderlike prestasie bereik deur 3 keer per week tyd te

bestee in die gimnasium en 16 ure oor ‘n naweek te oefen.

Meneer Hansie speel ook twee wedstryde per week in die

aande. Hy het hierdie passie vir krieket 21 jaar gelede ontwikkel

toe hy en sy boetie binne en om hulle huis krieket gespeel het.

Meneer Hansie se krieket-toerusting word trots geborg deur

“HS Sports” wat verseker dat hy net sy beste kan lewer.

Meneer se raad aan jong krieketspelers is: “Hou op om net te

droom, LEEF jou droom uit.” Meneer Hansie is baie opgewonde

oor die vroue krieketspan wat hy afrig en lei 2020 se

binnenshuis krieket-toernooie in.

Meneer Rossouw van Vuuren het in 2018 ‘n brons medalje gewen vir die

0/23 Noord Gauteng Aksie Krieketspan. In 2019 wen hy ‘n goue medalje vir

die 0/30 Noord-Gauteng Krieketspan. Hierdie meneer werk baie hard en

oefen aanhoudend om eendag by die Suid-Afrikaanse Aksie Krieketspan

ingesluit te word. Soos meneer sê: “Moet nooit ophou hard werk nie en bly

passievol oor die sport.” Meneer Rossouw sê hy speel al van 5 jarige

ouderdom af krieket en het nog nooit moed op gegee nie, want hy geniet

dit. Hy was bekend gestel aan die sport deur sy oupa, ‘n groot sportsman,

wat altyd balspeletjies saam hom as kind gespeel het. Sy krieket inspirasie

was van kleins af Jacques Kallis. Meneer Rossouw sê dat aksie krieket vir

hom die lekkerste sport is juis omdat dit so uitdagend en vinnig is.

Skuilkrans wens vir hierdie twee menere alle sterkte toe met hul blink toekoms in Suid-

Afrikaanse Aksiekrieket. Ons weet Meneer Hansie en Meneer Rossouw gaan nog die sterre

bereik met hul aksie krieket loopbane.

Bladsy 11

Page 12: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 12

Page 13: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 13

Page 14: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Arno Klerck en Carina Kruger

Laerskool Skuilkrans het in 2019 drie suksesvolle spreekkore gehad wat puik gevaar het! ‘n Graad 3 groep onder leiding van Mevrou Marietjie Havenga, ‘n Graad 4 groep onder leiding van Mevrou Helena Smith en Mevrou Luitjé Wessels en ‘n Graad 6 groep onder leiding van Mevrou Marita van der Merwe en Mejuffrou Nidia Els. Mevrou Marita van der Merwe is al vir twee jaar in beheer van die organisering asook afrigting van díe spreekkore en sy is mal daaroor. Sy sê dat dit heerlik is om te sien dat skaam kinders ‘n kans kan kry om ook deel te neem, want die kollig is nie net op een spesifieke kind nie. Die aantal leerders in die spreekkore wissel tussen 25 en 30.

Spreekkore is ‘n spanpoging en daar word van al die leerders verwag om volkome saam te

werk. Wanneer een leerder die verkeerde woorde sê, word die ritme van die stuk

onderbreek en daarom is dit belangrik dat almal hulle woorde ken en saamwerk. Leerders se

gesigsuitdrukkings en die kreatiewe gebruik van hul stemme gee ekstra woema aan hulle

voorkoms. Al die spreekkore het baie goed gevaar in al hulle kompetisies, A+ en A++ is

behaal. Of jy nou skaam is voor ‘n gehoor en of jy die meeste moed het, daar is ‘n plek vir

jou!

Kayleigh Rippel

Die skool se Spelling Bee was weereens ‘n suksesvolle geleentheid met hope pret! Daar is

twee leerders van elke klas gevra om deel te neem aan die kompetisie. Daar was in elke

klas ‘n speltoets geskryf om te kyk wie deur sou dring. Die dag van die kompetisie was vol

pret! Die Engelse onderwysers het soos oulike bye aangetrek en het ons omtrent vermaak.

Hulle was baie gretig om die leerders se spelling op die proef te stel. Die ondersteuners aan

die ander kant was vreeslik opgewonde en vol hoop dat hulle klas as wenners sou uitree.

Aan die begin was die arme deelnemers iewat vreesbevange, maar op die ou end het almal

dit vreeslik geniet. Mia Bothma in Graad 7 het gesê dat sy vreeslik gespanne was, maar het

dit tog geniet en is glad nie spyt dat sy daaraan deelgeneem het nie. Al die deelnemers het

‘n oulike sertifikaat ontvang en die wenners is beloon met heerlike sjokolades.

Bladsy 11

Bladsy 14

Page 15: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Die taal aand was ‘n opwindende aand gevul met vreugde, die

klanke van kinders wat lag en kompeterende ouers! Nie eers om te

praat van die onderwysers wat die hele aand georganiseer het nie.

Die tegniese manne was, in die woorde van ‘n baie spesiale

persoon: “#TEAMAWESOME.” Sonder bogenoemde, al die taal

onderwysers en die leerders wat met gretigheid deelgeneem het,

sou so ‘n opwindende aand nie moontlik gewees het nie. Bywoners

van die aand is bederf met heerlike eetgoed, drama opvoerings en

gedigte van Afrikaanse sowel as Engelse digters en skrywers.

‘n Gunsteling deel van die aand was toe een leerder van elke Graad 7 klas saam met hulle

ouers teen mekaar deelgeneem het in ‘n vertalingskompetisie. Die deelnemers was as volg:

Jordan en Meneer Ralton Naidoo, Kayleigh en Meneer Otto Rippel, Leane en Mevrou Cindy

Labuschagne asook Arno en Mevrou Adelé-Marie Klerck. Die Naidoo’s was voor totdat die

Rippels opgevang het met die “versoening” vraag – TWEEDE PLEK! EK WEET,

#SKOKKEND maar dit was nogtans ‘n voorreg gewees om deel van die taal aand te kon

wees.

Martiele Kotze

Die leerders van Laerskool Skuilkrans het op Woensdag, 11 September net weereens

bewys dat ons skool oorborrel van talent. Maak nie saak aan watter afdeling van die Speech

Festival die Skuilies deelgeneem het nie, elkeen het hulself goed van hulle taak gekwyt. Die

Engelse dames wat as beoordelaars opgetree het, was duidelik baie beϊndruk met die

leerders se talente en vermoëns om met gemak voor ‘n gehoor te kon praat. Al die

deelnemers het pragtige sertifikate ontvang. Ons is trots op ons Skuilies, omdat hulle hul

talente gebruik en ons skool se naam hoog hou! Ek hoop dat ons Skuilies sal aanhou

deelneem en nie skaam sal wees om hul talente met die wêreld te deel nie.

Bladsy 15

Page 16: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 16

Page 17: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 17

Page 18: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

ê

Bladsy 18

Page 19: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 19

Page 20: UITGAWE Desember 2019 ADMIN@SKUILKRANS Skuilkrans Final.pdf · Bobaas Landlopers Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad

Bladsy 20