6
VANOGGEND SE PINKSTERFEES FIL. 2:12-18 “DIE KERK IS HIER VIR DIE SKYN(DR WILHELM BURGER) Vandag is Pinksterfees, die afsluiting van tien dae se spesifieke nadenke oor die werking van die Heilige Gees. Ons kon sien hoe die verskillende skakerings van Lig ons lewens verhelder. Die laaste tema, “DIE KERK IS HIER VIR DIE SKYN,” kan op verskillende maniere verstaan word. Is die Kerk oneg en net hier vir die skyn, of is die Kerk hier om te skyn? Dit gaan hier oor ‘n praktiese lewensstyl, minder oor wat ons weet en meer oor wat ons doen. Die wêreld kan fyn onderskei en het ‘n diep behoefte aan egte, betroubare getuies van die Lig. Al wat ons nodig het, is bietjie Geesdrif! Wees Lig! Hartklop 8 Junie 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTLIK WELKOM Daar is twee belangrike dae in die geskiedenis van die Kerk. Paassondag (die opstanding van die Here Jesus uit die graf) en Pinkstersondag (die uitstorng van die Heilige Gees en dus die geboorte van die NT Kerk). Pinkster was oorspronklik ‘n Oesfees. Die insameling van die oes geskied amptelik wanneer die sekels vir die eerste maal in die graan ingeslaan word. En 50 dae later, word die oesinsamelings met ‘n Oesfees gevier. Hierdie Oesfees was Pinkster en die woord Pinkster kom van die Griekste woord he pentekoste dws. Die 50ste dag. Dit was tydens die jaarlikse Oesfees (Pinkster, 50 dae na die begin van die insameling) dat die Heilige Gees uitgestort is. (vgl Hand 2:1-4). Vandag is Pinkstersondag: Ons vier die uitstorng van die Heilige Gees toe tonge soos van vuur, op die dissipels neergedaal het en hulle almal in ander tale begin spreek het. (Nie die onverstaanbare, ongewone tale of klanke waarvan ons in 1 Kor. 12 & 14 lees nie, maar waarskynlik ‘n ‘hoor-wonder’ (Hand. 2:6). Ons vier die Kerk se Geboorte - die Kerk se Verjaardag. Ons verwelkom u by ons Kerk se Verjaardagvieringe! DEURKOLLEKTE: SIN KOLL : DIENS VAN BARMHARTIGHEID Ons dank u vir u ondersteuning en gebede vir hierdie bediening so reg in Jesus se voetspore. Ons dank ook God vir elke persoon wat deel is van die bediening en waarlik Jesus se voete en hande daar buite is. 15:30 GROEP VIR ENKELLOPENDES in Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n behoefte het aan geselskap. Die groep soek ‘n naam: Kom help hulle om ‘n naam te vind en kom ontspan sommer saam!

Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom kuier saam met ons. 17:00 Sendingbediening se Kultuuraand. ... het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom kuier saam met ons. 17:00 Sendingbediening se Kultuuraand. ... het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak

VANOGGEND SE PINKSTERFEES FIL. 2:12-18

“DIE KERK IS HIER VIR DIE SKYN” (DR WILHELM BURGER)

Vandag is Pinksterfees, die afsluiting van tien dae se

spesifieke nadenke oor die werking van die Heilige

Gees. Ons kon sien hoe die verskillende skakerings van

Lig ons lewens verhelder.

Die laaste tema, “DIE KERK IS HIER VIR DIE SKYN,” kan

op verskillende maniere verstaan word. Is die Kerk

oneg en net hier vir die skyn, of is die Kerk hier om

te skyn?

Dit gaan hier oor ‘n praktiese lewensstyl, minder oor

wat ons weet en meer oor wat ons doen. Die wêreld

kan fyn onderskei en het ‘n diep behoefte aan egte,

betroubare getuies van die Lig.

Al wat ons nodig het, is bietjie Geesdrif!

Wees Lig!

Hartklop 8 Junie 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTLIK WELKOM

Daar is twee belangrike dae in die geskiedenis van die Kerk.

Paassondag (die opstanding van die Here Jesus uit die graf) en

Pinkstersondag (die uitstorting van die Heilige Gees en dus die geboorte van die NT Kerk).

Pinkster was oorspronklik ‘n Oesfees. Die insameling van die oes geskied amptelik wanneer die sekels vir die eerste maal in die graan ingeslaan word. En 50 dae later, word die oesinsamelings met ‘n Oesfees gevier. Hierdie Oesfees was Pinkster en die woord Pinkster kom van die Griekste woord he pentekoste dws. Die 50ste dag. Dit was tydens die jaarlikse Oesfees (Pinkster, 50 dae na die begin van die insameling) dat die Heilige Gees uitgestort is. (vgl Hand 2:1-4).

Vandag is Pinkstersondag:

Ons vier die uitstorting van die Heilige Gees toe tonge soos van vuur, op die dissipels neergedaal het en hulle almal in ander tale begin spreek het. (Nie die onverstaanbare, ongewone tale of klanke waarvan ons in 1 Kor. 12 & 14 lees nie, maar waarskynlik ‘n ‘hoor-wonder’ (Hand. 2:6).

Ons vier die Kerk se Geboorte - die Kerk se Verjaardag.

Ons verwelkom u

by ons Kerk se Verjaardagvieringe!

DEURKOLLEKTE: SIN KOLL : DIENS VAN BARMHARTIGHEID

Ons dank u vir u ondersteuning en gebede vir hierdie

bediening so reg in Jesus se voetspore. Ons dank ook God vir

elke persoon wat deel is van die bediening en waarlik Jesus se

voete en hande daar buite is.

15:30 GROEP VIR ENKELLOPENDES in Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep

aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en

‘n behoefte het aan geselskap. Die groep soek ‘n naam: Kom help

hulle om ‘n naam te vind en kom ontspan sommer saam!

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom kuier saam met ons. 17:00 Sendingbediening se Kultuuraand. ... het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak

MA. 9 JUNIE DI. 10 JUNIE WO. 11 JUNIE

Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak ‘n

afspraak by sr. Calitz (073 152 5623) vir

bloeddruk, suikertoetse ens.

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

10:00-11:30 Trimgim in Anneks.

11:00-13:00 Klerekas

12:00 Alle koordineerders & vrywil-

ligers van die Dienssentrum vergader in

die sitkamer.

18:00-19:30 Lofdanse oefening.

18:00-19:00 Egskeidings Ondersteun-

ingsgroep in die Gebedskamer.

DO. 12 JUNIE VR. 13 JUNIE SA. 14 JUNIE

10:00 Kom brei saam met Yvonne in die

Sitkamer. Geniet ‘n lekker koppie tee

en sit agteroor en ontspan met die

breipenne.

9:30-11:30 Kolwyntjie Teetuin

@ Dienssentrum is oop.

Kom kuier saam met ons.

17:00 Sendingbediening se Kultuuraand.

19:00 Jeugaand by die NG Kerk Hermanus.

WAT GEBEUR SONDAG 15 JUNIE ?

09:00 Erediens: Dr Wilhelm Burger

gaan voor. Welkom!

Sin Koll. Jeugwerk

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 21)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 10)

SIEKTE & NOOD

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

Heilige Gees vervul my nou

Ek wil totaal op u leiding vertrou

Vul my denke en hart, o Heer

Met u oorvloed en krag meer en meer

Waai deur my o, Heilige Gees

Kom woon vol in my

O, waai deur my

Ons Vader in die hemel laat U Naam geheilig word. Help ons asb wanneer ons hulpeloos, stukkend, alleen is om net

aan U vas te hou en te weet dat U altyd teenwoordig is. Dat ons nooit alleen staan nie en dat U arms om ons is wanneer ons moedeloos is en soms vra ‘waar was God dan?’ Maar ons wil U dan weer loof en prys en U Naam groot maak, want U is ons God wat ons nooit alleen laat nie.

Ons Vader daar is niemand soos U. U wat alles so mooi en wonderlik gemaak het. O, Here die mens is so hard besig om U

skepping te vernietig - maak asb ons oë oop dat ons die skade kan sien wat ons aanrig - ons wat deur U aangestel is om die aarde te bewerk en te bewaar. Here, vergewe ons en help ons om met gehoorsaamheid aan U ons verantwoor-delikheid op te neem en ons deel by te dra tov bewaring van die natuur en omgewing.

Dankie Vader dat U ons nog ‘n dag hier gee om U toe te laat om ons te gebruik om U liefde uit te deel. So baie mense

het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak ons ‘n instrument in U hand om ander na U te lei. Ons bid dat U Gees elke hart wat ons pad vandag kruis sal voorberei om U te ontvang in Jesus se Naam.

Ons Vader, ons loof en dank U vir gesondheid en lewe. U is ons God wat genees en daarom bid ons vandag vir

almal wat genesing op een of ander manier nodig het, hetsy liggaamlik of geestelik. Soms verstaan ons genesing op ons eie terme, maar, Here, U skenk genesing op U eie manier. Help ons om dit so te aanvaar en te weet dat U teenwoordig is by elke sieke. U was ook eens ‘n mens en daarom het U seer saam met ons en U verstaan. Dankie Here vir U arms om ons.

Ons Here, ek wil U loof met alles wat in my is, want dit is U wat al my sondes vergewe, wat my red van die graf, wat

my siektes genees en my weer nuwe krag gee. Ek wil hierdie dag deurgaan met ‘n lofsang op my lippe om U Naam groot te maak. Ek het U lief en ek wil sing daarvan en mag dit goed klink in U ore. U is my Here en my Koning en ek begeer niks anders as dit nie.

Bets Liebenberg

Rina vd Westhuizen

Andries v Niekerk

Neil Human

Ras & Cissy Coetzee

Sarie v Staden

Lorraine Fourie

Fanie Schmidt

Dirk Coetzee

Nicole Viljoen

Tokkie Vorster

Lica Roos

Annatjie Haumann

Ons bid hierdie week

spesiaal vir alle persone

wat op ‘n manier deur

geweld en misdaad ge-

raak is. Ons bid vir

Vader God se genade en

vertroosting.

O, HEILIGE GEES

GEEN KATEGESE

(LANGNAWEEK)

MEEGEVOEL

Met Gerieta en familie met die afsterwe van Pieter de Leeuw.

Met Matt, Komien en familie met die afsterwe van Hester Conradie.

Met die familie en vriende met die afsterwe van Barbra Vlok.

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom kuier saam met ons. 17:00 Sendingbediening se Kultuuraand. ... het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak

VROUENAWEEK 26-27 JULIE Kom sit by God se voete.

Kom haal asem en laat die Heilige Gees

jou hart kom hervul met ons Vader se

liefde vir jou 25-27 Julie by Wortelgat

se Melkhoutkamp, net buite Stanford

@ R550 pp. alles ingesluit. Beperkte

aantal pleke beskikbaar. Kontak

Madeleine Russouw vir meer inligting

by [email protected]

KOLWYNTJIE TEETUIN

@ DIENSSENTRUM

13 JUNIE 09:30-11:30 Hiermee ‘n spesiale uitnodiging gerig

aan Wyk 1 & Wyk 2. Kom besoek ons

Teetuin! Ons sal julle op ons hande dra en julle bedien

met die Liefde van Jesus! Almal is egter nog altyd

welkom soos voorheen. R20 vir nie-lede & R10 vir lede

van die Dienssentrum. Almal is meer as welkom!

OMGEWINGSORGBEDIENING

Hierdie week wil ons u almal graag uitdaag om

met die deurskynende herwinning sakke te

begin indien u nie reeds het nie. U kan plastiek,

papier, bottels en blikkies daarin gooi. Hierdie

produkte word dan deur ons munisipaliteit na

die groot herwinning Sentrum geneem in

Swartdamweg. So kan ons elkeen ‘n verskil

maak. Baie dankie vir die van julle wat dit

reeds doen!

Ons nooi u ook om vanaf hierdie Sondag enige ou batterye en stukkende gloeilampe na die kerk

te bring. Daar sal houers by die ingange wees (kyk mooi hoe dit gemerk is). Ons sal dit dan

weer neem na die herwinning Sentrum. U weet self dat hierdie spesifieke produkte geweldige

skade doen aan die natuur in-

dien dit soos gewone afval

hanteer word. Die suur van die

batterye veral beland op die ou

einde in ons drinkwater! Ons

waardeer u elkeen so poging en

samewerking. Soos ons ge-

meente visie sê: “Ons almal

saam”. Kom ons staan ook as

kinders van God saam om Sy

skepping op te pas.

Ons nooi u graag om met ons te gesels,

voorstelle te gee en idees met ons te

deel. Kontak asb vir De Wet Herbst op

082 652 7255 of

[email protected]

‘n Wonderlike ‘GROEN’ week vir u elkeen.

DIE SENDINGBEDIENING BIED AAN

‘N AFRIKAANSE KULTUURAAND

13 JUNIE 2014 @ 17:00

Met Skaapkop en ‘n Boereorkes!

PS. ONTHOU

JOU EIE

KNIPMES!

Daar is darem

ook heerlike

Kerrie & Rys

beskikbaar vir

die minder

avontuurlusti-

ges @ R50pp.

En dan sluit ons af met heerlike Malvapoed-

ing - mmmmmm! Alle fondse is ten bate van

die GBO (GeloofBelofteOffer). Kaartjies

beskikbaar by die Kerkkantoor.

Vir enige navrae: Dirk (082 324 8141)

of Hennie (083 465 8753).

UITVERK

OOP! BAIE

DANKIE

!

GEMEENTEKAMP TE BONNIEVALE RIVER LODGE

3-5 OKT 2014

20 Karavaan/tent staanplekke @ R105 pp / nag. Kinders onder 12 halfprys. 4 Selfsorg kamers @ R315 pp / nag. Swembad, kano’s, lapa, bome langs rivier. (Fotos op hul webwerf). Inskrywings by die Kerkkantoor. Bespreek asb so gou moontlik om jou plek te verseker.

ALLE KOÖRDINEERDERS EN

VRYWILLIGERS VAN DIE

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Ons nooi u almal na ‘n vergadering op

Woensdag 11 Junie @ 12:00 in die

Sitkamer van die Dienssentrum.

Welkom!

Navrae: Erika 079 322 0998

Kom Heilige Gees en vul ons met die LIG van God.

WEES LIG!

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom kuier saam met ons. 17:00 Sendingbediening se Kultuuraand. ... het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak

8 JUNIE 2014

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

Onrusrivier Dienssentrum OORDENKING

Die bekende Good News Bible

se tekste word verryk deur

Annie Vallotton se omskry-

wende sketse. By Galasiërs

Brief teken sy mense, elkeen

met sy/haar persoonlike

swaar las. Hulle stap nie langs

mekaar nie, maar agter me-

kaar. Met die een hand dra

hy sy eie las. Met die ander

hand steun hy die persoon

wat voor hom stap. Elkeen

kry van agter ‘n onder-

steunende hand. En die teks?

“Dra mekaar se laste, en gee op die manier uitvoering aan

die wet van Christus”

(Gal. 6v2)

En dit bring my voor die

vraag: Hoekom het die Here

ons gered?

Om hemel toe te gaan?

Nee, dan sou Hy ons onmid-

dellik na ons bekering hemel

toe geneem het.

Hy het ons gered so-

dat ons kan dien en be-

dien.

Eers daarna sal Hy ons

kom haal, want eers

dan het ons die wet

van Christus nagekom.

En dan het die ou kerkvader

Thomas á Kempis ‘n

trooswoordjie vir almal wat

bedags so getrou kom bedien:

As jy deur die dag goeie diens gelewer het, slaap jy

snags goed!

GROOT DANKIE Ek kan nooit genoeg dankie sê vir almal se betrokkenheid by die dienssentrum nie. Baie dankie vir

die koordineerders, die vrywilligers, die skoonmakers en ook ons kerkkantoor se personeel wat so

betrokke is met al die reëlings – baie dankie! Julle hulp word opreg waardeer.

NUWE LEDE Op hierdie stadium van 2014 het ons al 38 lede wat hulle ledegeld reeds betaal het. Ons herinner u

net aan die betaling van die ledegeld. Ledegeld moet jaarliks betaal word – dit is soos om aan ‘n

sportklub of professionele vereniging te behoort. ‘n Pluspunt met die ledegeld is dat dit dieselfde

bedrag is as in 2014. U ledegeld help ons ontsettend baie met die betaling van uitgawes by die

dienssentrum. U kry ook baie voordele wanneer u ‘n lid is – goedkoper tee/koffie en eetgoed,

goedkoper voet- en hande versorging, goedkoper trimgim, goedkoper fliek, goedkoper maaltye en-

sovoorts.

DIENSSENTRUM KUIERPLEK Ons droom is dat die dienssentrum die kuierplek van ons bejaardes/afgetredenes/uitgetredenes

moet wees. Vanaf 9 Junie sal daar Maandae en Dinsdae vanaf 10h00 – 12h00 tee/koffie en ‘n vide-

o/musiek/lees/gesels by die dienssentrum beskikbaar wees. Die res van die week is u welkom om by

die program in te skakel. Niemand hoef dus alleen by die huis te wees nie. Ons sal u besig hou en

sorg dat u lekker ontspan en mense ontmoet! Indien u probleme het om by die dienssentrum uit te

kom – kontak vir Erika of Mervian (kerkkantoor) en gee u naam en telefoonnommer.

TEETUIN Die teetuin voorsien werklik in ons finansiële behoeftes! Ons is die bakkers, kelners, skoonmakers

en ook vir Marie en Joep innig dankbaar. Kom kuier by die teetuin Vrydae om 9h30 – 11h30 en sien

dat dit die heerlikste gebak in die dorp is met die goedkoopste pryse en die lekkerste gesels! Lede

betaal R10 vir tee/koffie en koek en nie-lede R20.

OMGEE Ons het aan die begin van die jaar met die omgee-bediening by die dienssentrum begin. Die doel van

die bediening is om mense in kontak te bring met bejaardes wat alleen is. Hanlie Leeuwner hanteer

hierdie bediening vir ons. Indien u weet van bejaardes wat alleen is kontak asseblief vir Hanlie by

082 378 6946.

So baie mense is veral Sondae alleen en het ‘n behoefte vir geselskap. Vir hierdie doel is ‘n groep

gestig – ons soek nog na ‘n naam! Hierdie groep kom Sondagmiddae om half vier by die dienssentrum

bymekaar. Indien u meer inligting verlang kontak vir Hannie Koch

by 072 520 2031.

FLIEKS OP DONDERDAE Ons fliekgangers raak maandeliks meer – onthou die laaste

Donderdag van elke maand is daar ‘n fliek om 10h00. Ons het

nou al verbeter van ‘n klein TV, later ‘n skerm en nou sit ons in die

konsistorie (dit voel soos ‘n “ouditorium”) met ‘n plat skerm.

Beslis die moeite werd. Onthou: 26 Junie 2014 - Giselle, 31 Julie

2014 - Fiela se kind. Kom ontspan met ‘n lekker koppie tee/koffie

– donasies is baie welkom.

Maandelikse Nuusbrief

Vol 7 / 2014

“Deur die genade

van God”

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom kuier saam met ons. 17:00 Sendingbediening se Kultuuraand. ... het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak

KONTAK NOMMERS

VOETE EN HANDE Marilyn Prinsloo is fluks besig in die slaapkamer van die dienssentrum om op

Woensdae lede/nie lede se voete en hande te versorg. Kontak haar asseblief

by 028 316 1094 of 082 532 6931 om ‘n afspraak te maak.

Marilyn doen ook tuisbesoeke.

GROET- EN- ONTMOET-ONTSPANNINGSOGGENDE Kom kuier saam met Kosie de Kock en Joan Ollewagen op die eerste Donderdag

van elke maand vanaf 10h00 – 11h00 (soms selfs langer). Daar word gelag, ge-

sels, speletjies tussen-en/in gespeel en sommer net lekker ontspan met ‘n koppie

koffie/tee en ‘n lekker verversing - donasies is welkom. Ons dink selfs daaraan

om eers te gaan stap voordat ontspan word! Soveel van ons bejaardes wil graag gaan stap, maar voel onveilig.

BREIPROJEK Yvonne Bothma sorg dat daar gebrei word op die tweede Donderdag van elke maand vanaf 10h00. Daar word lekker gesels terwyl die

breipenne fluks aan die gang is. Dis nogal verstommend wat mens binne ‘n uur kan regkry. Wol bly steeds baie welkom!

PRAATJIES/GESPREKKE OOR BELANGRIKE ONDERWERPE Die praatjies gaan steeds voort op die derde Donderdag van elke maand om 10h00 – 11h00. Op 19 Junie praat Elzette Nel oor Onrusriv-

ier en gemeenskapsbetrokkenheid. Op 24 Julie is daar geleentheid vir almal om terugvoer te kom gee oor die vakansie – so baie van ons

bejaardes gaan in hierdie tyd na warmer dele van die land, die Kruger-Wildtuin, Kgalagadi, Addo – kom praat saam oor hoe dit was. Daar

is altyd ‘n lekker koppie tee/koffie en ‘n verversing – donasies welkom.

VERPLEEGDIENSTE Ons het Donderdag by die praatjie oor die hantering van chroniese siektes verneem dat daar ‘n behoefte is vir tuisbesoeke deur ‘n

verpleegkundige. Sr. Ronel Calitz (tel. nr.: 073 152 5623) is meer as bereid om dit te doen. Die prys daarvan is R55 vir 30 minute. U

kan ook ‘n afspraak maak om haar gratis by die dienssentrum te kom sien. Indien sy suiker of bloeddruk moet toets is daar ‘n geringe

fooi wat betaal moet word. Sy is daagliks vanaf 8h00 – 13h00 telefonies beskikbaar vir enige navrae oor die versorging van ‘n bejaarde.

VERSORGINGSDIENSTE Ons het ‘n versorgingsdiens wat deur sr. Calitz hanteer word. Indien u dus bekommerd is oor u moeder/vader/familielid se versorging

kontak haar gerus. Sy sal ‘n onderhoud met u voer asook met die bejaarde. Daarna sal ’n plan van aksie opgestel word en met al die be-

trokke partye bespreek word. Indien u van ons versorgers gebruik wil maak, sal sy die nodige reëlings tref. Daarna sal sy die bejaarde

en versorger weekliks besoek om seker te maak dat alles in orde is. Indien die dienssentrum nie kan help nie, sal sy probeer om u met

die regte persoon/organisasie in kontak te bring. Indien u na- ure of oor naweke ‘n versorger dringend benodig kan u die Hermanus

Nursing Agency by 028 312 3573 of 082 772 5945 kontak.

MAALTYE ‘n Besondere woord van dankie vir Muriel Oetler wat donasies ingesamel het om vir ons te help met mense wat maaltye gratis ontvang.

Dit is ‘n groot nood, maar ook ‘n groot uitgawe – dankie daarvoor. Ons het met ons laaste vergadering besluit om vir die oomblik nie

meer maaltye te verskaf nie. Daar is daagliks slegs ongeveer 7 borde kos wat vanaf Huis Lettie Theron aangery moet word. Ons sal we-

er met hierdie diens begin wanneer daar ten minste 15 borde kos verskaf moet word.

TRIMGIM Mathilda Roos is ‘n gekwalifiseerde Biokinetikus. Sy het ‘n graad in Menslike Beweegkunde, Honneurs in Sportwetenskap

en Biokinetika. Kom kyk Woensdae om 10h00 hoe oefeninge gedoen word en skakel gerus in. Ons vra R30 per maand vir lede van die

dienssentrum en R45 per maand vir nie-lede.

BEHOEFTES Ons benodig ongeveer R5 000 om ‘n sypaadjie (wat inskakel by die res van die

dienssentrum) te maak vanaf die pad tot by die anneks.

Dit is moeilik vir mense in rolstoele of wat moeilik beweeg om oor die gras te loop.

Baie dankie

weereens vir alle

oop harte en

hande wat so ‘n

groot verskil

maak in baie

mense se

lewens.

Erika Oosthuysen VERSORGINGSKOöRDINEERDER O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

Carel van der Merwe BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

083 444 9581

WATTER DIENSTE BIED DIE DIENSSENTRUM AAN?

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom kuier saam met ons. 17:00 Sendingbediening se Kultuuraand. ... het hul rug op U gedraai en loop die pad van selfvernietiging. Ons bid o, Here, maak

WYK 23 - WYKSETE U word hartlik uitgenooi na ‘n wyksete op 10 Junie om 18:00 in die Maalruimte. Gra-tis, donasies sal welkom wees. Bring asb eie eetgerei, glase (wyn, koeldrank) en beker vir koffie. Bevestig asb by Christa 082 336 3678 of Mirjam 072 304 0415. HARTE VIR GOD -- Oggendgesprekke Kom deel in ‘n oggend van Heilige Gees geïnspireerde gesprekke om ons harte weer te rig tot vir en in God, 16 Junie om 9:30 in die pragtige kapel en natuur van Volmoed (Hemel-an-Aarde Vallei, Hermanus) Koste R30 pp. 1 Pet 3:4 “. . .julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees, blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.” Kontak Madeleine Russouw vir meer in-ligting by [email protected] WYKSBYEENKOMS Wyk 9 Dinsdag 10 Junie 2014 om 7 nm by Lida Louw, Bergstraat 35, Onrusrivier. SPOELKLIPPE FLIEK 20 JUNIE DV Vrydagaand 17:30 Pannekoek met tee of koffie. 18:00 fliek: Music of the heart. Dis die verhaal van ‘n musiekonderwyseres se stryd en volgehoue pogings om ‘n liefde vir musiek (viool) aan kinders met moeilike huislike omstandighede tuis te bring. Meryl

Streep was vir 2 Oscars benoem vir haar spel in die fliek. Slegs donasie. Ons nooi almal uit, veral die nuwe intrekkers om die aand saam te kom geniet. Vir meer inligting ivm die Spoelklippe, Kontak Joep 028 316 4018. DIENSSENTRUM: Fliek GISELLE 26 Junie DV 10:00 : Almal wat ‘n liefde vir ballet het, moet hierdie fliek nie mis nie. Die manne moet ASB nie tuisbly nie want na die fliek om 11:00 gaan ons heerlik saamkuier in die sitkamer. Almal is meer as welkom! SPOELKLIPPE: So. 5 Okt. DV TREINRIT NA SIMONSTAD: Die 60 persone wat hul name op lys geplaas het, moet voor 15 Julie hul deposito van R220 inbetaal by Kerkkantoor asb. Persone wat ook nog belangstel om te gaan, moet hul name op die waglys by Mervian by Kerk-kantoor plaas. Kontak Joep vir meer be-sonderhede 028 316 4018 of 083 297 9230. HUIS LETTIE THERON BASAAR 26 JUNIE Liewe vriende, baie dankie vir julle hulp in die verlede. Ons weet julle harte sit op die regte plek, daarom het ons die vrymoedig-heid om weereens vir ‘n bydrae te vra vir ons Basaar op 26 Julie. ‘n Lys is ook weer in die Kerkkantoor by Mervian beskikbaar. EGSKEIDINGS ONDERSTEUNINGSGROEP: Indien u deur ‘n egskeiding beweeg het of op die oomblik besig is om te skei, kom ge-sels saam met ander mense wat advies kan uitdeel, kan ondersteun en verstaan! Dis om 18:00-19:00 in die Gebedskamer.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

DIENSSENTRUM: Lidmaatskapfooie vir 2014:: Kom betaal asb by

Mervian (Kerkkantoor). Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n wiskopie !

Maaltye: Vanaf Ma. 9 Junie is daar nie meer maaltye by die Dienssentrum beskikbaar nie.

Jukskei: Ons wil graag begin met jukskei maar soek iemand wat leiding kan gee. Indien u belang-stel kontak asb vir Erika of Dr Wilhelm.

GLASBOTTELS BENODIG: Die konfyt-tannies vra

asb alle groottes gLasbottels. Baie dankie!

VERBLYF teen betaling beskikbaar in aftreeoord vir

alleenlopende dame (50+). Skakel Elzaan by 082 302 3874

KOSPAKKIES 23 JUNIE DV Onthou die liefdegawes aan hulle wat dit so nodig het. Baie dankie!

WINTERPROJEK: Truie, serpe, musse, hand-

skoene, komberse kan by Erika of die kerkkantoor ingehandig word. Baie dankie!

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS

NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die

Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

SUPERPLANTS HERMANUS

Cnr Main Rd / R43 (behind Engen), Sandbaai

Tel. 028 316 4006 Fax 028 316 2378 Visit us for all your garden and

landscaping requirements as well as

for décor, gifts and much more.