9
6 Loffienuus 26 Maart 2014 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 6/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Mense is soos teesakkies – jy weet nie hoe sterk hulle is voordat hulle in kookwater beland nie. (Anoniem) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 7 APRIL SKOOL HEROPEN VIR KWARTAAL 2 8 APRIL BEHEERLIGGAAMVERKIESING OM 18:00 10 APRIL GRAAD 6 KAMP BY SHONGWENI DAM 14 APRIL BEHEERLIGGAAMVERKIESING INDIEN GEEN KWORUM OP 8 APRIL NIE 16 APRIL KOEKVERKOPING - HOKKIE 16 APRIL GRAAD 1 (2015) - OPEDAG 16 APRIL RAPPORTE: GRAAD 4-12 18 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GOEIE VRYDAG 21 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GESINSDAG 22 APRIL OUERAAND: GRADE 1-7 23 APRIL OUERAAND: GRADE 8-12 24 APRIL GRAAD 8 (2015) – OPEDAG 24 APRIL HOP-AAND: GRONDSLAGFASE 25 APRIL KASKARAFDAG 28 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG 29 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG 30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG 1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG 5 MEI KASKAR – WENKLAS SE AFDAG 7 MEI PUBLIEKE VAKANSIEDAG – NASIONALE VERKIESING 13 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7 14 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7 15 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12 16 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12

6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 6/2014

Webblad: www.gelofte.co.za

Mense is soos teesakkies – jy weet nie hoe sterk hulle is voordat hulle in kookwater beland nie.

(Anoniem)

Geagte Ouer

1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u

enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is

031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels

‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus

gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief

ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander

aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad

beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

7 APRIL SKOOL HEROPEN VIR KWARTAAL 2

8 APRIL BEHEERLIGGAAMVERKIESING OM 18:00

10 APRIL GRAAD 6 KAMP BY SHONGWENI DAM

14 APRIL BEHEERLIGGAAMVERKIESING INDIEN GEEN KWORUM OP 8 APRIL NIE

16 APRIL KOEKVERKOPING - HOKKIE

16 APRIL GRAAD 1 (2015) - OPEDAG

16 APRIL RAPPORTE: GRAAD 4-12

18 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GOEIE VRYDAG

21 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GESINSDAG

22 APRIL OUERAAND: GRADE 1-7

23 APRIL OUERAAND: GRADE 8-12

24 APRIL GRAAD 8 (2015) – OPEDAG

24 APRIL HOP-AAND: GRONDSLAGFASE

25 APRIL KASKARAFDAG

28 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG

29 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG

30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG

1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG

2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

5 MEI KASKAR – WENKLAS SE AFDAG

7 MEI PUBLIEKE VAKANSIEDAG – NASIONALE VERKIESING

13 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7

14 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7

15 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12

16 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12

Page 2: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

21 MEI KOEKVERKOPING: GRAAD 12

22 MEI HIP EN HOP AAND: GRAAD 4-7

23 MEI BLOEDSKENK

29 MEI HEMELVAART EREDIENS

11-27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 8-12

16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG – JEUGDAG

17–27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 4-7

27 JUNIE RAPPORTE: GRAAD 1-3

27 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE OM 11:00

28 JUNIE SKOLLIEKAMP EN LANDSDIENSKAMPE TYDENS VAKANSIE

4. SKOOLGELD - SUBSIDIEAANSOEKE

Let asseblief daarop dat die sluitingsdatum vir subsidieaansoeke 28 Maart 2014 is.

5. KASKAR 2014

Gelofte se tradisionele weergawe van die Monte Carlo grand prix vind hierdie jaar plaas op

Donderdag, 27 Maart. Dit beloof om, soos in die verlede, ‘n geleentheid vol pret en opwinding te

wees. Ons wys u graag nou reeds daarop dat die wedren voortgaan ten spyte van sonskyn of

reënweer. (Met die uitsondering van donderweer) Die onderskeie grade se wedrentye is as volg:

Grade 1 – 3 17:30 - 18:00

Grade 4 – 6 18:15 - 19:00

Grade 7 – 12 19:15 - 20:15

Let asseblief daarop dat, anders as vroeër jare, geen volwassene/oud skoliere, toegelaat sal word om

te help stoot nie. Die kaskar moet uitsluitlik gestoot word deur die leerders in die betrokke klas.

6. BRAAI NA AFLOOP VAN KASKARWEDRENNE

Soos in die vorige Loffienuus verwys, het ons beoog om vure aan te steek en te braai na afloop van

die onderskeie kaskarwedrenne. Uit die terugvoer wat ontvang is deur middel van skeurstrokies,

blyk dit daar weinig of geen belangstelling hiervoor is nie. Ons vermoed die feit dat die kaskar op ‘n

weeksdag plaasvind die rede hiervoor is. Let dus asseblief daarop dat die onderskeie braaie nie meer

sal plaasvind nie. Ons sal volgende jaar, wanneer die kaskar terugkeer na die tradisionele

Vrydagaand, weer die water toets wat hierdie saak betref.

7. ALKOHOLIESE DRANK OP DIE SKOOLTERREIN

Ons wys graag weer daarop dat skole volgens wetgewing alkoholvrye gebiede is en dat geen

alkoholiese drank tydens enige skoolfunksie op die terrein toegelaat word nie.

8. SPORTBEPALINGS VIR KWARTAAL 2

Die sportbepalings vir kwartaal word aan die Loffienuus geheg. Let asseblief daarop dat ons in

sommige gevalle nog nie die bepalings ontvang het van die onderskeie unies nie.

Let asseblief verder daarop dat die datums in sommige gevalle slegs voorlopige datums is en dat dit

op kort kennisgewing kan verander. Ons het ongelukkig nie beheer daaroor nie.

9. APRILVAKANSIE NOMMER 2

Neem asseblief kennis daarvan dat die Nasionale Onderwysdepartement besluit het dat alle skole sal

sluit op 25 April en weer sal heropen op 5 Mei. Hierdie besluit is geneem as gevolg van die

hoeveelheid openbare vakansiedae en/of skoolvakansiedae wat in hierdie periode val. Leerders sal

Page 3: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

op Vrydag, 25 April op die normale Vrydag uitkomtye verdaag en nie om 11:00 soos tydens

skoolvakansies nie.

10. INTERSKOLE TEEN WERDA

Die jaarlikse wintersport interskole teen Werda sal nie hierdie jaar plaasvind nie en waarskynlik ook

nie weer in die toekoms nie. Ons spanne sal steeds hierdie jaar teen Werda meeding maar nie in die

formaat van ‘n interskole met ‘n trofee op die spel nie.

11. PITKOS: PRAGTIGE AFRIKAANS

BITTERBESSIE DAGBREEK

(Deur Ingrid Jonker)

1933-1965

Bitterbessie dagbreek

bitterbessie son

'n spieël het gebreek

tussen my en hom

Soek ek na die grootpad

om daarlangs te draf

oral draai die paadjies

van sy woorde af

Dennebos herinnering

dennebos vergeet

het ek ook verdwaal

trap ek in my leed

papegaai-bont eggo

kierang kierang my

totdat ek bedroë

weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord

antwoord hy alom

bitterbessie dagbreek

bitterbessie son

uit: Rook en oker (1963)

12. BEHEERLIGGAAM: TUSSENVERKIESING

Kennis word hiermee gegee dat 'n vergadering vir die nominasie en verkiesing van kandidate

vir die verkiesing van drie (3) ouerlede vir bogenoemde skool gehou sal word op 8 April 2014

om 18:00 in die skoolsaal van bogenoemde skool. Indien daar nie ‘n kworum teenwoordig is

soos voorgeskryf deur die wetgewing nie, sal die verkiesing gehou word op 14 April 2014 om

18:00 in die skoolsaal.

Kandidate, wat ouers of voogde van leerders van Gelofte skool moet wees en nie in diens van

die skool mag wees nie, mag genomineer word deur 'n nominasievorm wat volledig voltooi is

deur die kandidaat, voorsteller en sekondant by die verkiesingsbeampte in te handig. Beide die

voorsteller sowel as die sekondant moet ouers of voogde van leerders van Gelofte skool wees.

Page 4: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

Die nominasievorm kan vanaf sewe dae voor die verkiesingsdatum maar nie later as 24 uur voor

die verkiesing ingehandig word nie.

Nominasies sal ook tydens die verkiesingsvergadering aanvaar word. Indien kandidate nie

teenwoordig kan wees tydens die nominasievergadering nie, moet skriftelike bewys deur die

kandidaat ingehandig word dat hy/sy wel beskikbaar is vir verkiesing as ouerlid van die

beheerliggaam.

Die nominasievergadering en verkiesingsvergadering sal beide op bogenoemde datum, tyd en

plek geskied.

DIT IS DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN OUERS/VOOGDE OM TE VERSEKER

DAT HUL NAME OP DIE SKOOL SE TOELATINGSREGISTER IS. HIERDIE

TOELATINGSREGISTER KAN SEWE DAE VOOR DIE VERKIESING BY DIE SKOOL

BESIGTIG WORD. SLEGS OUERS/VOOGDE WAARVAN DIE NAME OP DIE

TOELATINGSREGISTER VERSKYN SAL TOEGELAAT WORD OM DEEL TE NEEM

AAN DIE VERKIESING VAN DIE SKOOL SE BEHEERLIGGAAM.

13. KLUB 100 OOP VIR ALMAL

Let asseblief daarop dat Klub 100 voortaan pa’s sowel as ma’s verwelkom as lede. Die kleinspan

kan saamgebring word na die vergaderings. Vergaderings vind as ‘n reël plaas op die eerste Dinsdag

van elke maand en begin om 18:00 in die Uitspan.

14. KOMMUNIKASIE

Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai

op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na www.school-communicator.com en volg die stappe.

Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL

BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON.

15. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik

bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Josua Human, Miné Nel, Dexton Rossouw, Zanri de Lange, Jacques van Zyl, Hardus Scheepers,

William Leamy, Natasha Pieterse, Thinus Roodt, Lille Fourie, André Heunis, Justine La Trobe,

Max Lewis, Zander Lubbe, Naledi Masakala, Alan Norie, Jean Rust, Ronan Murray, Mikayla van

Rooyen, Justin Botha, Armandt de Koker, Alissa Hugo, Bernelee Kok, Nathan van der Walt,

Andrea van Heerden, Laura van Heerden, Tinica Randall, Pieter Hougaard, Lara Prinsloo, Chandré

Joao-Luiz, RJ Raath, Mpumi Khanyile, Arno Swanepoel, Marko Dippenaar, Graeme Muler, Lana

Smuts, Ivan Dawson, Chris du Preez, Dedre Gravett, Beonie Pretorius, Chante Joubert, C-Jay

Bothma, BJ O’Callaghan.

16. SKAAKTOERNOOI – DANKIE!

Ons wil net baie dankie sê aan al die graadverteenwoordigers en moeders wat ‘n bydra gelewer het

met die etes vir die spanbestuurders en beamptes van die skaaktoernooi wat op 11 Maart 2014

plaasgevind het. Almal het heerlik gesmul aan die kos! Dankie ook aan die Gasvryheidstudie

leerders wat hul Saterdag opgeoffer het om te help met die bediening van die kos en die opruim na

afloop van die ete. Julle is sterre!

Page 5: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

17. E-POS KOMMUNIKASIE

Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat

ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord.

Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig:

Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg

Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Edith van Dyk

Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Amanda Stoltz

Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Daleen Coetzee

Administratiewe navrae [email protected] Reinette Janse van Rensburg

Administratiewe navrae [email protected] Edith van Dyk

Afwesigheid van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg

Afwesigheid van leerders [email protected] Edith van Dyk

Graad 4-7 aangeleenthede [email protected] Deon Pretorius

Graad 1-3 aangeleenthede [email protected] Riette Havemann

Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator

Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator

18. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is

uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n

elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na

[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad

(www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie

en graag ‘n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe.

19. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te

maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken

te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal

maak.

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

______________

D J STRYDOM

SKOOLHOOF

Page 6: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

______________________ _________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

TERUGSTUURSTROKIE: KASKAR RONDTETELLERS

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________

______________________ _________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

Page 7: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

ADVERTENSIES

SALON BEAUT’E

74 MANORS RD, PINETOWN

FACIALS AND WAXING

ANNIQUE AGENT

HILDA FOURIE

082 330 5659

E-MAIL:

[email protected]

Page 8: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

CANON KAMERA

Canon PowerShot SX20 IS Super-zoom digitale kompakte kamera vir R2650 met: • 20x optiese vergroting en 4 x

digitale vergoting (dws x 80 vergroting)

• 2.5 duim roteerbare LCD skerm,

• 12.1MP sensor and bied 720p HD video opnames

Kom met al die standard oorspronklike kompo-nente in oorspronklike verpakking. Addisioneel: 1) 8GB geheue kaart 2) Waterbestande kamera sak waarde R600, 3) Batterye 4) Son filter

Kontak Pieter Hougaard 082 327 0733

Page 9: 6 Loffienuus 26 Maart 2014 LOFFIENUUS - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/03/LOFFIENUUS6_26MRT20141.pdf1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG

6 Loffienuus 26 Maart 2014

Aandag: Skoolbeginners 2015

Gelofte Skool

Graad 1

Opedag

Woensdag, 16 April 2014

10:00 – 11:00

Cavershamweg 2, Pinetown

Gelofte Skool bied jou kind:

• Moedertaalonderrig

• ‘n Sterk akademiese agtergrond

• Sportdeelname

• Kultuuraktiwiteite

• Sosiale geleenthede

• Ons maak leer PRET

Bring gerus u graad R kleuter saam en kom

kyk self wat hier by die skool gebeur!