9
7 Loffienuus 22 April 2015 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 7/2015 Webblad: www.gelofte.co.za Advies is selde welkom: en dié mense wat dit die nodigste het, waardeer dit die minste. (Philip Stanhope) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 23 APRIL OPEDAG – GRAAD 8’S VAN 2016 23 APRIL OUERAAND (GRAAD 8-12) 24 APRIL KASKARAFDAG 27 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG (VRYHEIDSDAG) 29 APRIL GRONDSLAGFASE HOP-AAND 1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG (WERKERSDAG) 12 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-12) 13 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 14 MEI HEMELVAART EREDIENS BY SKOOL OM 07:45 15 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-12) 16 MEI MINI-RUGBY TOERNOOI BY GELOFTE 20 MEI KOEKVERKOPING (GRAAD 12) 28 MEI HIP- EN HOPAAND (GRAAD 4-7) 3 JUNIE KOEKVERKOPING (PRIMÊRE LANDSDIENS) 8 JUNIE SEKONDÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 12 JUNIE PRIMÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 15 JUNIE SKOOLVAKANSIEDAG 16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG (JEUGDAG) 26 JUNIE RAPPORTE (GRAAD 1-3) 26 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE (11:00)

LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 7/2015

Webblad: www.gelofte.co.za

Advies is selde welkom: en dié mense wat dit die nodigste het, waardeer dit die minste.

(Philip Stanhope)

Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 23 APRIL OPEDAG – GRAAD 8’S VAN 2016 23 APRIL OUERAAND (GRAAD 8-12) 24 APRIL KASKARAFDAG 27 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG (VRYHEIDSDAG) 29 APRIL GRONDSLAGFASE HOP-AAND 1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG (WERKERSDAG) 12 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-12) 13 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 14 MEI HEMELVAART EREDIENS BY SKOOL OM 07:45 15 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-12) 16 MEI MINI-RUGBY TOERNOOI BY GELOFTE 20 MEI KOEKVERKOPING (GRAAD 12) 28 MEI HIP- EN HOPAAND (GRAAD 4-7) 3 JUNIE KOEKVERKOPING (PRIMÊRE LANDSDIENS) 8 JUNIE SEKONDÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 12 JUNIE PRIMÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 15 JUNIE SKOOLVAKANSIEDAG 16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG (JEUGDAG) 26 JUNIE RAPPORTE (GRAAD 1-3) 26 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE (11:00)

Page 2: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

3. VERPLIGTE DRA VAN WINTERSDRAG VANAF 1 MEI TOT 31 AUGUSTUS

Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede besluit het dat verpligte wintersdrag deur alle graad 8-12 leerders gedra moet word vanaf 2015. Ouers en leerders is ook reeds vroeër hieroor ingelig. Die volgende reëls geld dus vanaf 1 Mei tot en met 31 Augustus.

Graad 8-12 dogters

a) Bottelgroen platplooiromp b) Wit langmou hemp of wit kortmou dashemp. c) Bottelgroen skooldas/matriekdas d) Swart sykouse (44 of 60 decitex) e) Swart skoolskoene

f) Bottelgroen kleurbaadjie met sakwapen (Verpligtend) g) Bottelgroen skooltrui sonder embleme - die trui se mou mag nie gate in hê nie. h) Bottelgroen oortrektrui (Slegs by skool beskikbaar) i) Leerders wat aan drie of meer wedstryde deelgeneem het vir ‘n sekondêre

eerstespan mag die voorgeskrewe serp op ‘n daaglikse basis dra. Die punte van die serp mag nie laer hang as die leerder se heupe nie.

j) Provinsiale-/sone-/streek drag (formeel) wat verwerf is deur die opname in ‘n provinsiale-/sone-streek sportspan of die landsdiensbaadjie mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word. Indien die drag slegs ‘n sweetpakbaadjie behels moet dit saam met skooldrag gedra word.

k) Eerstespanbaadjies mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word deur leerders wat aan drie of meer wedstryde/byeenkomste vir ‘n eerstespan deelgeneem het.

Graad 8-12 seuns

a) Grys flannel langbroek met swart gordel (belt) b) Wit kortmou hemp met sakwapen of wit langmou hemp met das. (moue afgerol)

c) Bottelgroen skooldas/matriekdas saam met langmouhemp of kortmouhemp. d) Swart skoolskoene e) Grys kouse.

f) Bottelgroen kleurbaadjie met sakwapen. (Verpligtend) g) Bottelgroen skooltrui sonder embleme of oortrektrui - die trui se mou mag nie gate

in hê nie. h) Leerders wat aan drie of meer wedstryde deelgeneem het vir ‘n sekondêre

eerstespan mag die voorgeskrewe serp op ‘n daaglikse basis dra. Die punte van die serp mag nie laer hang as die leerder se heupe nie.

i) Provinsiale-/sone-/streek drag (formeel) wat verwerf is deur die opname in ‘n provinsiale-/sone-streek sportspan of die landsdiensbaadjie mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word. Indien die drag slegs ‘n sweetpakbaadjie behels moet dit saam met skooldrag gedra word.

j) Eerstespanbaadjies mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word deur leerders wat aan drie of meer wedstryde/byeenkomste vir ‘n eerstespan deelgeneem het.

4. KASKAR 2015

Baie dankie aan almal wat die kaskar aan die einde van verlede kwartaal ondersteun het. Elke Loffie, ouer en grootouer wat help kaskar bou het. Dankie ook aan elke Loffie wat groot moeite gedoen het om die R120 op hul borgvorms te kry. Ons waardeer jul moeite! Die wenners van die onderskeie wedrenne is as volg:

Page 3: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

GRAAD 1-3 3.3 (15 RONDTES) GRAAD 4-6 6.2 (27 RONDTES) GRAAD 7-12 11.2 (48 RONDTES) Ons bring graag die volgende onder u aandag: a) Alle Loffies wat R120-00 of meer inbetaal het mag op Vrydag, 24 April by die huis bly. Daar

sal streng opgetree word teen leerders wat nie die R120-00 ingesamel het nie en op die betrokke dag afwesig is. Dit is immers net regverdig teenoor leerders wat wel die R120-00 met groot moeite ingesamel het en dus kwalifiseer vir die afdag. Ons het begrip vir gesinne wat dit moeilik vind om die R120-00 te betaal. Daar is egter vele voorbeelde van Loffies wat moeite gedoen het om die R120-00 self bymekaar te maak ten spyte daarvan dat hul ouers dit nie kan bekostig nie. Die spreukwoord sê nie verniet “Waar ‘n wil is, is ‘n weg” nie. Ouers wat eers later in die jaar die R120-00 kan betaal, moet asseblief skriftelik ‘n onderneming in hierdie verband skooltoe stuur. Sodanige leerders mag dan ook Vrydag tuis bly.

b) Die algehele wenklas, wat bepaal word deur rondtes gestoot sowel as die bedrag ingesamel deur die klas, is hierdie jaar 10.2. Alle leerders van 10.2 mag dus op Dinsdag, 28 April ook tuis bly. Alle ander leerders het ‘n normale skooldag op hierdie dag.

c) Die leerders wat individueel die meeste geld inbetaal het, het reeds op die laaste skooldag hul prysgeld ontvang.

d) Daar sal ‘n toesigklas wees vir leerders wat wel die R120 inbetaal het, maar om een of ander rede op 24 April skooltoe moet kom.

e) Leerders wat nie die R120 inbetaal het nie, sal ‘n normale skooldag hê op 24 April. f) Let asseblief daarop dat leerders wat aan die begin van die tweede kwartaal by Gelofte

ingeskryf het, ook die R120-00 moet inbetaal om te kwalifiseer vir die afdag.

5. NUWE PERSONEEL

Ons verwelkom graag vir mnr. Johan Nortje wat by ons aangesluit het as Toerisme onderwyser vir grade 10-12. Ons vertrou dat hy ‘n lang en gelukkige verbintenis sal hê met die skool.

6. LOJALITEIT EN VERANTWOORDELIKHEIDSBESEF

Ons vind toenemend dat Loffies wat gekies word vir sportspanne onttrek aan die spanne, dikwels op ‘n laat stadium, met die verskoning dat hulle bv. ‘n kamp gaan bywoon, ‘n verjaardagpartytjie bywoon, ens. Met die hoeveelheid spelers tot ons beskikking skep dit geweldige probleme vir spansporte en is dit ook ‘n reuse verleentheid vir die skool. Ons doen dus ‘n beroep op u as ouers en op die Loffies om moeite te doen om beskikbaar te wees vir wedstryde wanneer hulle wel gekies word vir die onderskeie spanne.

7. PRESTEERDERS

Ons netbaldogters gaan van krag tot krag en dit verskaf ons groot vreugde om die volgende Loffies geluk te wens wat almal opgeneem is in die onderskeie Ethekwini spanne. Dit is sommer ‘n pragprestasie! Liandrie van Jaarsveld, Denise de Jongh, Annerien van Jaarsveld, Deidre-Leigh Engelbrecht, Anike van Rijswijk, Clarinda Jacobs, Zelmari Janse van Rensburg, Renche Nel en Joane Jacovides. Maritza Maritz neem vanaf 28 April tot 4 Mei aan die Mej Junior SA 2015 en aan die “Face of SA 2015” kompetisies wat in Pretoria plaasvind, deel. Ons hou styf duime vas!

8. OUD-LOFFIE PRESTEER

Baie geluk aan Alecia van Veuren wat haar meestersgraad in Teologie verwerf het. Om alles te kroon is Alecia tans besig met haar doktoraal in Sielkunde. Baie geluk Alecia!

Page 4: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

9. DANKIE!

Ons het onlangs deur middel van Communicator navrae gedoen oor die moontlikheid daarvan dat ouers hulself bereid verklaar om op ‘n daaglikse basis toebroodjies te voorsien aan behoeftige Loffies. Baie dankie aan die groot aantal ouers wat positief reageer het. U maak ‘n reuse verskil in kinders se lewens. Dit maak ons trots om deel te wees van die Loffie gesin.

10. OP ‘N LIGTER TRANT

Gatiep en Meraai gaan eet saam met 2 ander paartjies ontbyt vir hul huweliksherdenking. Die eerste paartjie se man sê vir sy vrou; "Please pass me the sugar, my Sugarplum" Die tweede paartjie se man sê vir sy vrou; “Please pass me the butter, my Buttercup". Ou Gatiep dink nou hoe gaan hy vir Meraai vra. Hy sê toe vir haar: “Please pass vir my die bacon, jou vark”.

11. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Francois Burger, Dylan Swanepoel, Cheralee Taljaard, André van Zyl, Jacques Barnard, M.J. Dyer, Gerhard Smit, Kyle Venter, Megan Feast, Katelyn Fouché, Reinard Janse van Rensburg, Tommy Sephton, Leamé Hattingh, Damian Smit, Colby Jooste, Brendan Joubert, Chanté Zaayman, Logan Dreyer, Aneldré van der Watt, Anleroux van Tonder, Elsabé Erasmus, Shaney Smit, Nadine Wilmans, Gert Jacobs, Johannes Smith, Kaylee Venter, Nathan Breet, Elri Britz, Zander de Klerk, Chané Meiring, Charn Moffat, Wendy Nienaber, S.P. van Tonder, Zelmari Janse van Rensburg, Christopher Jones.

12. VERSOEKE

• Ons is op soek na ‘n saamrygeleentheid vir 2 dogters in die middae na skool vanaf Gelofte na Hillcrest. Kontak vir Adel gedurende die dag tot 16:00 by 031 768 8419 of haar man na 16:00 by 071 553 8199.

• Ons is op soek na ‘n saamrygeleentheid vir ‘n seun vanaf Waterfall skool toe en terug. Sy ouers is bereid om by te dra tot brandstofkostes. Kontak Miles by 081 523 3323 of 076 354 7859 indien u kan help.

• Ons is op soek na ‘n drie slaapkamer huis in die Pinetown area en benodig dit teen 1 Mei 2015. Indien u weet van iets wat beskikbaar is kontak vir Natasha by 079 883 0299.

13. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Die meeste korrespondensie met ouers sal voortaan elektronies geskied. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.

14. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak.

Page 5: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________________ GR. ______________ KOMMENTAAR: ________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________ ______________________ _________________________ HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIES

Page 6: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

Page 7: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

EDU-HELP

Volledige opsommings, vraestelle en antwoordstelle van SW, NW en WISKUNDE – Graad

4 tot 6 (Platinum) en SW, NW, EBW en WISKUNDE – Graad 7 (Via Afrika) – 2de kwartaal –

is beskikbaar teen R100 per vak per kwartaal. Wiskunde teen R80. Alle werk word per e-

pos gestuur.

Talle leerders van verskeie skole dwarsoor die land, maak reeds geruime tyd hiervan

gebruik met baie positiewe terugvoering.

Kontakbesonderhede:

[email protected]

Petro by 082 4415805 of

051 4360867

________________________________________________________________

EDU-HELP

Full summaries, questionnaires and answers for SS, NS and MATHS –

Grade 4 – 6 (Platinum) and SS, NS, EMS and MATHS Grade 7 (Via Afrika) for the

second term, now ready for ordering, at R100 per subject per term (Maths @ R80).

All work sent out by e mail.

Many learners from various schools across the country have been making use of these

tools with very positive feedback.

Contact details:

[email protected]

Petro at 082 4415805 or

051 4360867

Page 8: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015

KUSELA SECURITY Security for every occasion

Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence. SA’s most professional

ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly. Armed back-up

Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7 For more information or to book a guard call:

Pamela Chetty 031-716 5621

Or Charlotte Govender 031-716 5618

A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07

Page 9: LOFFIENUUS 7 22 April 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/04/LOFFIENUUS7.22Apr2015.… · Ons herinner u daaraan dat die beheerliggaam reeds twee jaar gelede

7 Loffienuus 22 April 2015