54
4e1389d6.ntv ‘n Samestelling deur Anna Eksteen INHOUDSOPGAWE: AARTAPPEL "HASH BROWNS" 17 AARTAPPEL EN ANSJOVIS GRATIN 26 AARTAPPEL EN ANSJOVISGEREG 9 AARTAPPEL EN MIELIE FILOPAKKIES 20 AARTAPPEL EN MURGPAMPOENROL 20 AARTAPPEL EN MURGPAMPOENTJIESLAAI 4 AARTAPPEL EN SAMPIOEN AU GRATIN 12 AARTAPPEL EN SONDROË TAMATIEGEBAK 4 AARTAPPEL EN TAMATIELEKKERNY 12 AARTAPPEL EN UIE PANNEKOEKE 8 AARTAPPEL EN WORTEL GEREG (KOEK) 5 AARTAPPEL WYNROOMSOP 15 http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (1 of 54)05-Jul-11 22:03:24

Aartappel resepte.ntv

Embed Size (px)

Citation preview

4e1389d6.ntv

‘n Samestelling deur Anna Eksteen

INHOUDSOPGAWE:

AARTAPPEL "HASH BROWNS" 17

AARTAPPEL EN ANSJOVIS GRATIN 26

AARTAPPEL EN ANSJOVISGEREG 9

AARTAPPEL EN MIELIE FILOPAKKIES 20

AARTAPPEL EN MURGPAMPOENROL 20

AARTAPPEL EN MURGPAMPOENTJIESLAAI 4

AARTAPPEL EN SAMPIOEN AU GRATIN 12

AARTAPPEL EN SONDROË TAMATIEGEBAK 4

AARTAPPEL EN TAMATIELEKKERNY 12

AARTAPPEL EN UIE PANNEKOEKE 8

AARTAPPEL EN WORTEL GEREG (KOEK) 5

AARTAPPEL WYNROOMSOP 15

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (1 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

AARTAPPELBESKUIT 4

AARTAPPELGEBAK 11

AARTAPPELGEBAK MET ROOSMARYN 8

AARTAPPELGEBAK MET TUNA EN MAASKAAS 15

AARTAPPELGENOT 3

AARTAPPELKAASROL 3

AARTAPPELKLUITJIES 13

AARTAPPELKOEKIES 22

AARTAPPELKROKETTE MET KAAS 13

AARTAPPELMIELIEGEREG 6

AARTAPPELPANKOS 4

AARTAPPELPANNEKOEK 5

AARTAPPELPATEE 6

AARTAPPELPOFFERS 16

AARTAPPELS IN FRANSE SLAAISOUS 25

AARTAPPELS IN KERRIEMARINADE 25

AARTAPPELS IN MELK GEBAK 16

AARTAPPELS IN 'N JASSIE 24

AARTAPPELS IN SOETSUUR ROOM 6

AARTAPPELS IN UIESOUS 12

AARTAPPELS MET AVOKADO VULSEL 21

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (2 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

AARTAPPELS MET AVOKADOSOUS 14

AARTAPPELS MET BEET EN MIELIES 13

AARTAPPELS MET LEMOENGEUR 13

AARTAPPELSLAAI MET GROENERTJIE MAYONNAISE 24

AARTAPPELSLAAI MET SALMSOUS 14

AARTAPPELSLAAI PASTEI 14

AARTAPPELSOUFFLE 3

AARTAPPELTJIES MET ‘N PLAN 21

AARTAPPELTJIES MET BLOUKAAS EN BILTONG 17

AARTAPPELTJIES MET BLOUKAAS EN KARAMELUI 7

AARTAPPELVINGERS 19

AARTAPPELVULKAAN 23

AARTAPPELWAAIERS 24

AARTAPPELWIGGIES 18

ARM MAN SE AARTAPPELS 11

ASPERSIE AARTAPPELS 6

BLAAUWKRANZ AARTAPPELSLAAI 20

BLATJANG AARTAPPELS 23

BOERE AARTAPPELS 21

BROEK EN BAADJIE AARTAPPELS 21

BROS SOUTIGE AARTAPPELS 22

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (3 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

CHAMP 11

DIK FRANSE AARTAPPELSOP 9

GEBAKTE AARTAPPELS 14

GEBAKTE AARTAPPELS IN SOET SUURROOM 12

GEBAKTE AARTAPPELS MET HAM EN KAAS 15

GEBAKTE AARTAPPELS MET PARMESAANKAAS 19

GEBAKTE AARTAPPELS MET TAMATIES 22

GEBAKTE AARTAPPELSKYWE 15

GEBAKTE KAASAARTAPPELS 25

GEBRAAIDE AARTAPPELS 19

GEBRAAIDE AARTAPPELS MET SPEK 3

GEURIGE AARTAPPEL EN KAASKEBABS 7

GEURIGE AARTAPPELS 23

GRIEKSE SUURLEMOENAARTAPPELS 19

INDIESE KERRIE AARTAPPEL IN EIERVRUGSKILLE 10

INDIVIDUELE KAAS EN AARTAPPELGRATIN 8

JONG AARTAPPELTJIE SLAAI MET BILTONG 7

JONG KRUISEMENT AARTAPPELS MET KOMKOMMER 26

KAAS AARTAPPELS 16

KAAS EN AGURKIE AARTAPPELS 24

KERRIE AARTAPPELS 19

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (4 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

KERRIE AARTAPPELS EN KASJOENEUTE GEREG 8

KNOFFEL AARTAPPELS (1) 24

KNOFFEL AARTAPPELS (2) 25

KNOFFEL SUURLEMOEN AARTAPPELS 13

KONSERTINA AARTAPPELS 6

KRUIE AARTAPPELS 19

LOERIER WAAIER AARTAPPELS 10

MEKSIKAANSE AARTAPPELS 12

MOSTERD AARTAPPELS 22

PERFEKTE AARTAPPELSKYFIES 16

PIZZA AARTAPPELS 18

PORTUGESE GEBRAAIDE AARTAPPELS 17

RÖSTI 5

SESAM AARTAPPELS MET KOLJANDER JOGURTSOUS 7

SUURROOM AARTAPPELSLAAI 3

SUURROOM AARTAPPELTJIES 23

TROPIESE AARTAPPELS 21

WARM AARTAPPELS 15

WARM AARTAPPELSLAAI 5

WARM SPESERY AARTAPPELS 13

WITWYNAARTAPPELS 17

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (5 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

AARTAPPELGENOT

750g aartappels 150ml Blaauwkrantzkaas, gerasper

250ml maaskaas 3ml sout

vars gemaalde peper na smaak 125ml room

100ml melk

Skil die aartappels en sny in dun skyfies. Plaas die helfte van die aartappels in ‘n gesmeerde oondskottel. Plaas die helfte van die aartappels in ‘n gesmeerde oondskottel. Plaas die Blaauwkrantz en maaskaas bo-op. Plaas die res van die aartappels bo-op. Meng die sout, peper, room en melk en gooi dit oor die aartappels. Bedek en bak vir 15 minute by 240C. Haal die deksel af en bak 'n verdere 25 minute lank by 180C. Bedien met 'n slaai. Lewer 4 porsies.

AARTAPPELKAASROL

700g aartappels (ongeveer 5) 2 eiers

40ml botter of margarien sout na smaak

350ml meelblom (ongeveer) 5ml bakpoeier

25ml olie 2 medium uie, in ringe gesny

500ml cheddarkaas, gerasper 5ml olie

Kook die aartappels met skil en al totdat dit gaar is. Trek die skille af. Druk die aartappels fyn. Voeg die eiers, botter of margarien en sout na smaak by die aartappel. Meng dit goed. Voeg die koekmeel en bakpoeier by om ‘n stywe deeg te vorm. Verkoel die deeg 30 minute lank. Verhit die olie en soteer die uieringe daarin totdat dit deurskynend is. Druk die aartappeldeeg in ‘n reghoek van ongeveer 5mm dik op meelbestrooide oppervlak uit. (Dit kan ook uitgerol word). Skep die uie op die deeg en versprei dit egalig. Strooi die kaas bo-oor. Hou ‘n bietjie eenkant. Rol die deeg op soos vir ’n rolkoek en druk die

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (6 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

kante vas. Bestryk die rol met die olie. Bak dit ongeveer 30 minute lank by 160C totdat dit gaar is. Strooi die res van die kaas bo-oor en bak die rol verder totdat die kaas gesmelt is. Bedien dit warm. Lewer 4 porsies.

AARTAPPELSOUFFLE

750ml gaar kapokaartappels 6 eiers, geskei

25ml botter, gesmelt

Klop die aartappel en eiergele saam. Klits die eierwitte tot styf en vou dit in by die aartappelmengsel. Smeer ‘n soufflébak met die gesmelte botter. Skep die mengsel in ‘n soufflébak en bak dit vir 25-30 minute lank by 180C. Bedien dit dadelik. Lewer 4 porsies.

SUURROOM AARTAPPELSLAAI

375ml suurroom 37.5ml asyn

10ml strooisuiker 3ml mosterdpoeier

10ml karwysaad 25ml stingeluie, gekap

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 6 aartappels, in die skil gekook

Meng al die bestanddele behalwe die aartappels goed saam. Trek die aartappels af en sny in blokkies. Gooi die suurrroomsous oor die aartappels en meng dit liggies. Verkoel die slaai voor opdiening. Lewer 4 porsies.

GEBRAAIDE AARTAPPELS MET SPEK

700g klein aartappels bietjie olie

250g streepspek, gekap 1 ui, fyn gekap

15ml grasuie, gekap 15ml vars pietersielie, gekap

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (7 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Kook aartappels in kookwater tot amper gaar, ongeveer 15 minute. Laat afkoel en trek velletjies af. Sny aartappels in helftes. Verhit olie en soteer uit en spek tot net gaar. Skep uit en hou eenkant. Braai aartappels in olie wat reeds in kastrol is tot goudbruin, ongeveer 10 minute. Roer grasuie, pietersielie en spek by aartappels en soteer nog 3 minute.

AARTAPPEL EN MURGPAMPOENTJIESLAAI

5 aartappels 500g murgpampoentjies

2 lemoene 125ml mayonnaise

60ml melk 12.5ml pietersielie, fyngekap

Kook die aartappels 20 minute lank of tot sag. Dreineer die aartappels, tap koue water oor en trek die skille af. Sny die aartappels in skywe. Sny die murgpampoentjies in dun skywe. Rasper die skil van die lemoene liggies. Voeg die lemoenskil by die mayonnaise. Klop die melk by die mayonnaise. Sny die lemoene in huisies en verwyder die membrane. Meng die lemoenhuisies, aartappels en murgpampoentjies saam. Gooi die mayonnaise oor die aartappelmengsel. Meng liggies. Bedek en plaas in die yskas vir ten minste 2 uur. Skep in slaaibak, strooi pietersielie oor en bedien. Lewer 6 porsies.

AARTAPPEL EN SONDROË TAMATIEGEBAK

6 groot aartappels, geskil, in skywe gesny sout en varsgemaalde swartpeper

125ml gemarineerde sondroë tamaties 250ml droë witwyn

2 knoffelhuisies, gekneus 60ml gerasperde parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondvaste bak. Rangskik die aartappels in die bak, nie meer as 3 lae nie. Geur met sout en peper. Rangskik die sondroë tamaties bo-op en giet die wyn oor. Sprinkel die knoffel en parmesaankaas oor. Bedek en bak 35-45 minute of tot die aartappels sag is. Lewer 5 porsies.

AARTAPPELPANKOS

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (8 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

500g aartappels, geskil 1 groot ui, geskil

50ml kookolie 50g gevulde olywe, gehalveer

100g salami of gerookte wors, in dun skyfies gesny knippie gedroogde salie

sout en peper 50g feta kaas

vars kruie na smaak

Sny aartappels in dun skywe en droog af met kombuispapier. Sny ui in ringe. Braai aartappelskywe en uieringe in warm kookolie tot goudbruin. Voeg olywe, salami, salie, sout en peper by en braai 'n paar minute lank totdat die salami warm is. Voeg die kaas by net voor opdiening en strooi vars kruie bo-oor.

AARTAPPELBESKUIT

Insuursel

2 aartappels, gekook en fyngedruk 1 koekie suurdeeg

125ml suiker 500ml louwarm water

120g meel

Deeg

1,25kg koekmeel 400g suiker

15ml sout 250ml kookolie

2 eiers 500ml louwarm water

ekstra meel indien nodig

Maak 'n insuursel deur die fyngedrukte aartappels te meng met die koekie suurdeeg, suiker en louwarm water. Sprinkel die meel oor die mengsel en laat op 'n louwarm plekkie staan tot die mengsel begin borrel. Maak die deeg aan deur die koekmeel in 'n groot mengbak te sif. Vryf die suiker en sout deur, maak 'n holte in die middel en voeg die insuursel, kookolie, eiers en louwarm water by. Knie die deeg - indien dit te slap is, kan ekstra meel bygeknie word. Dit is altyd beter om te begin met 'n deeg

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7eac...96z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (9 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

wat te slap is en dan ekstra meel by te knie. Moenie dalk dink dat die suurdeeg te min is nie. Wees net geduldig en laat die beskuit lekker lank en stadig rys. Sodra die deeg tot dubbel die oorspronklike grootte gerys het, kan dit afgeknie en in bolletjies in gesmeerde broodpanne geplaas word om weer goed uit te rys. Bak die beskuit 40 minute lank by 200C tot goed uitgerys en goudbruin. Haal die beskuit uit die panne en sit net so terug in die oond vir nog 10-15 minute om die onderste korsie deeglik deur te bak. Laat die beskuit afkoel en breek uitmekaar. Sny elke beskuit in twee. Droog oornag in die louoond uit.

Variasies

* Die louwarm water in die deeg kan deur melk of karringmelk vervang word.

* Die kookolie kan deur 250ml gesmelte botter vervang word.

* 125ml Anyssaad kan by die beskuit gevoeg word.

* Vervang 500ml van die meel in die resep deur 750ml All Bran.

AARTAPPEL EN WORTEL GEREG (KOEK)

Dis 'n heerlike resep vir 'n styselgereg. Sny in klein skyfies en sit voor met ander groente en die hoofgereg.

500g aartappels, geskil sout en gemaalde swartpeper

175g uie, geskil en gekap 25g botter

15ml olyfolie 225g wortels, gerasper

30ml gemengde kruie, gekap

Smeer 'n losboompan van 20cm en verhit die oond tot 190C. Sny die aartappels baie dun in die dwarste, en rangskik die helfte van die skywe onder in die pan. Geur goed met sout en peper. Braai die uie in die botter en olie tot goudkleurig. Meng met die gerasperde wortels en gekapte kruie. Druk die mengsel op die aartappels en geur weer. Bedek met die res van die aartappels en borsel met gesmelte botter. Bak 30 minute lank in die warm oond. Toets met 'n skerp mes of die aartappels gaar is. Verwyder die kante van die pan en plaas die koek nog 5 minute lank in die oond. Sny soos 'n gewone koek en skep op borde met 'n koekspaan. Lewer 8-12 porsies.

RÖSTI

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (10 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

1kg aartappels sout en vars gemaalde swartpeper

60ml botter 15ml olie

Kook aartappels in die skil tot die punt van 'n mes maklik 1cm van die aartappel kan binnedring. Verwyder van hitte, spoel af onder koue water en skil. Laat afkoel. Rasper met 'n growwe rasper en geur goed met sout en peper. Meng liggies. Smelt botter en verhit olie in 'n pan. Giet dan die helfte van die olie-botter-mengsel af. Skep aartappels in die pan en druk liggies om 'n eweredige laag te vorm. Braai oor matige hoë hitte terwyl die pan af en toe geskud word sodat die rösti egalig verbruin. Wanneer mooi bruin, keer uit op 'n plat bord of bak. Giet oorblywende oliemeng sel in die pan en laat aartappelkoek versigtig in die pan teruggly om aan die anderkant te verbruin. Keer uit op 'n warm bord en sny in wiggies soos 'n koek. Die resep lewer 4-6 porsies.

AARTAPPELPANNEKOEK

2 aartappels, skoongeskrop en ongeskil 4 eiers, geskei

250ml koekmeel 5ml bakpoeier

5ml sout 250ml water

Kry 'n geskikte dikboompan gereed sodat daar dadelik gebraai kan word wanneer die mengsel gereed is. Klits die eiergele. Voeg die droë bestanddele en water om die beurt daarby en meng tot glad. Rasper die ongeskilde aartappel in die meelmengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in. Bak die pannekoek totdat dit aan albei kante ligbruin is en sit dit met enige soet- of soutvulsel voor.

VULSEL

450g sampioene, gesny 25ml olie

25ml botter 50ml vars broodkrummels

15ml pietersielie, gekap sout en peper

50ml room

Verhit die botter en olie in 'n pan en braai die sampioene 4 minute tot sag. Meng die broodkrummels, pietersielie en smaakmiddels. Roer die room by. Verhit stadig. Plaas van die vulsel op elke pannekoek, vou dit toe en garneer dit met tamatieskywe.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (11 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

WARM AARTAPPELSLAAI

500g aartappels, gaar 60ml perskeblatjang

75ml mayonnaise 15ml asyn

sout en peper

Sny die aartappels in blokkies. Meng die bestanddele liggies. Bedien louwarm.

AARTAPPEL MIELIEGEREG

4 groot aartappels, halfgaar 10ml Aromat

2ml peper 1 ui, gekap

1 blikkie geroomde suikermielies 300ml kaas, gerasper

2 eiers 1ml Tobascosous

250ml room 2ml sout

Stel die oond op 180C. Sny die halfgaar aartappels in dun skyfies en plaas dit in 'n gesmeerde oondskottel. Besprinkel die aartappelskyfies met Aromat en peper. Strooi 'n laag van die gekapte uie oor. Skep van die ingemaakte mielies bo-oor en strooi gerasperde kaas oor. Herhaal die lae totdat al die bestanddele opgebruik is. Eindig met gerasperde kaas. Klits die eiers goed en voeg die Tobascosous, room en sout by. Gooi die eiermengsel oor die lae in die oondskottel. Sit die deksel op en bak sowat 35 minute in die voorverhitte oond. Haal die deksel af en verbruin die gereg. Sit dit warm voor. Dit is heerlik saam met braaivleis.

ASPERSIE AARTAPPELS

500g aartappels 270g blik aspersies

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (12 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

20ml botter 25ml koekmeel

5ml sout 1ml peper

200ml aspersiewater

Stel die oond op 200C. Kook die aartappels in die skil totdat dit gaar is. Trek die skille af en sny die aartappels in skywe. Pak die skywe in 'n gesmeerde bakskottel. Plaas die aspersies op die aartappelskywe. Maak 'n sous deur die botter te smelt, die meel by te voeg en die aspersiewater by te roer. Roer totdat die sous verdik. Voeg sout en peper by. Skep die sous oor die aspersies en pak dan weer 'n laag aartappelskywe bo-oor. Stip met botter en bak 15 minute in die voorverhitte oond.

AARTAPPELPATEE

500g aartappels, gaar en fyngedruk 340g lewerwors

5ml uie, gekap 25ml mayonnaise

25ml dik room 5ml brandewyn of suurlemoensap

Klop die lewerwors met 'n houtlepel totdat dit sag en romerig is, of gebruik 'n menger. Voeg die ander bestanddele by en klop die mengsel 1 minuut goed totdat dit glad en romerig is. Skep die mengsel in 'n gesmeerde bakkie, bedek dit met foelie en plaas dit oornag in yskas. Ontvorm en dien saam met rogbrood en 'n tamatie-en-uieslaai op.

AARTAPPELS IN SOETSUUR ROOM

6 middelgroot aartappels, geskil 2 eiers

125ml room, melk of jogurt 125ml suurroom

2,5ml sout knippie peper en neutmuskaat

Stoom of kook die aartappels 10 minute tot halfgaar om dit effens sag te maak. Sny in ronde skywe en rangskik in 'n gesmeerde vuurvaste bak. Klits die eiers, room, suurroom en geurmiddels saam. Giet oor die aartappelskywe. Bak 35-40 minute in 'n matige oond by 180C of tot gaar en goudbruin. Die resep lewer 6 porsies.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (13 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

VARIASIE

Voeg 5ml knoffelvlokkies by die geurmiddels.

KONSERTINA AARTAPPELS

6 medium aartappels 120g botter of margarien

61g pakkie wit- of bruinuiesoppoeier

Kook die aartappels tot net sag, maar steeds ferm. Verhit botter, voeg uiesoppoeier by en meng. Plaas aartappels in ´n oondvaste bak. Maak snye halfpad deur aartappels. Bak ongeveer 30 minute lank tot sag, terwyl die botter-en-uie mengsel gereeld oor bedruip word.

SESAM AARTAPPELS MET KOLJANDER JOGURTSOUS

750g jong aartappeltjies, gaar 1 eier, geklits

125ml droë mielievlokkiekrummels ("Corn Flakes'') 125ml sesamsaad

1ml cayennepeper kookolie vir diepbraai

Koljander jogurt

250ml ongegeurde Griekse jogurt 30ml vars koljanderblare, gekap

5ml suurlemoenskil, gerasper sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Meng die mielievlokkie-krummels, sesamsaad en cayennepeper saam. Doop die aartappeltjies in die geklitste eier in die krummelmengsel. Diepbraai die aartappels in warm kookolie tot goudbruin, en dreineer op kombuispapier. Pleks van diepbraai, kan die aartappels ook in gebak word vir 15-20 minute in 'n voorverhitte oond by 210C. Vir die koljander jogurt, meng die bestanddele en sit saam met die gekrummelde aartappels voor. Bedien 6.

AARTAPPELTJIES MET BLOUKAAS EN KARAMELUI

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (14 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

750g jong aartappeltjies 15ml portwyn

Kook die aartappels in soutwater vir 10-15 minute of tot sag. Dreineer.

Karamelui

2 uie, in ringe gesny 30ml botter

15ml bruinsuiker

Verhit die botter in 'n swaarboompan, voeg die ui en bruinsuiker by en braai tot die ui deurskynend is.

bloukaasbedekking

125g bloukaas, gekrummel 250ml mascarponekaas

50ml mayonnaise

Meng al die kaassous bestanddele. Voeg die portwyn by en prut vir 2 minute. Skep die aartappels en bloukaas in 'n opdienskottel en strooi die ui bo-oor. Bedien 4-6 porsies.

Variasies

* Vervang die bloukaas deur fyn gerasperde Gorgonzola of beleë cheddarkaas.

* Laat die karamel ui weg en sprinkel 50g fyn gekapte biltong bo-oor.

* Vervang die mascarponekaas met suurroom.

GEURIGE AARTAPPEL EN KAASKEBABS

750g jong aartappeltjies, gewas 125 m balsemiekasyn

50 m olyfolie 30 m vars kruisement, gekap

30 m vars basiliekruid, gekap 30 m heuning

250g briekaas, in skywe gesny

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (15 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Kook die aartappels 15-20 minute in soutwater, tot sag. Meng die bestanddele vir die sous. Dreineer die aartappels en marineer 30 minute in die sous. Sny die aartappels middeldeur en ryg die aartappelhelftes met 'n kaasskyf tussenin op die stokkie in. Bedien 6.

Variasies

* Vervang die brie deur camembert of bokmelkkaas of gerookte kaas.

* Vervang die kaas deur salami, ham of gerookte salm.

* Vir 'n Mediterreense geur, vervang die kaas deur geroosterde rissie- en eiervrugskywe.

Aartappelgebak met roosmaryn

8-10 middelmatige aartappels, geskil en in dun skywe gesny

15ml fyn gekapte vars of 5ml droë roosmaryn

6-8 knoffelhuisies, fyn gedruk sout en peper na smaak

375ml hoenderaftreksel 60ml olyfolie

Giet die olyfolie oor die aartappelskywe. Rangskik een derde van die aartappels in 'n groot, gesmeerde oondskottel en strooi die helfte van die kruie en knoffel oor. Geur en herhaal die lae. Eindig met aartappelskywe en geur. Giet die aftreksel oor en bak 1 uur by 200 C tot al die vloeistof geabsorbeer is. Variasies: Gebruik tiemie pleks van roosmaryn. Sny 1 bakkie murgpampoentjies in dun skyfies en plaas tussen die aartappellae. Gebruik vars room en suur room om die helfte pleks van die hoenderaftreksel. Gebruik selderywortel na seisoen tussen die aartappellae. Bedien 8 porsies.

Individuele kaas-en-aartappelgratin

8-10 middelmatige aartappels, geskil 90ml botter

3 knoffelhuisies, fyn gedruk 125ml room

250ml gerasperde soetmelkkaas

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (16 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Kook die aartappels tot half gaar en sny in dun skywe. Roer die botter en knoffel by en skep in individuele oondvaste gratinbakkies. Giet die room oor, sprinkel die kaas oor en bak 30-40 minute by 200 C tot goudkleurig.

KERRIE AARTAPPELS EN KASJOENEUTE GEREG

Die geure kombineer goed en komplementeer mekaar uitstekend, die verskeidenheid groente is voedsaam en 'n mens kan lekker inklim, want dit maak nie vet nie.

30ml olie 10ml botter

1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, gekneus

10ml matige kerriepoeier 5ml borrie

1ml kaneel 300g baba aartappels, gehalveer

100g kasjoeneute 410g blik heel tamaties, grofgekap

45ml blatjang 125ml groente aftreksel

200g pampoen, in blokkies gesny 200g broccoli blommetjies

sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie en botter in 'n groot swaarboomkastrol. Soteer die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die kerriepoeier, borrie en kaneel by en roerbraai vir een minuut. Voeg die aartappels, neute, tamatie, blatjang en groente aftreksel by, bedek en laat saggies prut vir 10-15 minute. Voeg die pampoemblokkies en broccoli by en laat verder prut totdat die groente sag maar nog bros is en hul vorm behou. Voeg nog aftreksel by indien nodig. Geur met sout en peper. Sit voor met piesangskywe en blatjang. Bedien 4 porsies.

Wenke

Dit is 'n goeie idee om die vloeistof waarin die gaar groente gekook word, te hou. Dit kan gevries word en dan later weer nuttig gebruik word as basis vir aftreksel. Gaar groente moet nooit pap en geurloos wees nie. Sien toe dat die bros tekstuur behoue bly.

AARTAPPEL EN UIE PANNEKOEKE

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (17 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

4 aartappels, geskil en gerasper 1 groot ui, gerasper

1 groot eier, geklits 5ml sout

bietjie gemaalde swartpeper 80ml koekmeelblom

10ml bakpoeier kookolie vir braai

Meng aartappels en ui met eier, sout, sout, peper en koekmeelblom, wat saam met die bakpoeier gesif is tot glad. Verhit olie in braaipan en skep lepelsvol van die mengsel in warm olie. Braai weerskante tot goudkleurig en dreineer op absorbeerpapier. Sit warm voor. Lewer 6-8 porsies.

DIK FRANSE AARTAPPELSOP MET PIETERSIELIE OLIE EN CROUTONS

Die Franse was baie agterdogtig oor die aartappel en so het Antoine Parmetier, wat die aartappel in die vroeë jare van 1700 bekend gemaak het, sy aartappellande gedurende die dag deur wagte laat oppas, maar dit snags onbewaak gelaat. Die aartappels is gesteel en het gewild geword, so ook dié aartappelsop. 'n Wenner vir die koue aande.

Pietersielie olie

Sowat 125ml pietersielie, gewas en afgedroog 125ml olyfolie

Verhit water in 'n kastrol tot kookpunt, voeg die pietersielie by en blansjeer vir 5-10 sekondes. Dreineer en dompel in koue water. Dreineer goed en druk droog in 'n skoon kombuishanddoek ("tea towel''). Kap die pietersielie in 'n voedselverwerker tot fyn, voeg die olyfolie by en verwerk tot baie mooi glad. Giet in 'n skoon fles. Pietersielie olie kan tot 'n week in die yskas gehou word.

Sop

500g blusaartappels, geskil en in baie dun skywe gesny

50g botter (55ml) 1 ui, gekap

1 lourierblaar 900ml melk

sout en varsgemaalde swartpeper

Smelt die botter in 'n groot swaarboomkastrol, voeg die aartappelskywe en ui by, bedek en laat kook vir 5-8 minute of totdat die ui sag en deurskynend is. Roer af en toe. Voeg die lourierblaar, melk, sout en peper by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek en laat saggies prut vir 15-20 minute.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (18 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Verwyder van die hitte en verwyder die lourierblaar. Verwerk die sop in 'n voedselverwerker tot glad. (Moenie oorverwerk nie.)

CroUtons

45ml olyfolie of 25ml botter

4 repe swoerdlose streepspek, fyngekap

2 snye brood, korsies verwyder en in klein blokkies gesny

Verhit die olie of smelt die botter in 'n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die spek by en braai vir 5-6 minute tot bros. Verwyder met 'n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Braai die broodblokkies aan weerskante tot bros en goudbruin, draai gereeld. Dreineer op kombuispapier. Herverhit die sop oor matige hitte tot deurwarm. Om voor te sit, sprinkel die pietersielie olie oor die sop en strooi die croutons en brosgebraaide spekstukkies bo-oor of sit apart in 'n bakkie voor. Bedien 4 porsies.

Wenk

Indien aartappels in die voedselverwerker fyngemaak word, moet dit nie te lank verwerk word nie, aangesien dit taai word.

AARTAPPEL EN ANSJOVISGEREG

Aartappels floreer in 'n koue klimaat en Skandinawië is die bron van vele wonderlike aartappelgeregte. Hier is 'n klassieke Sweedse gereg van aartappels, ansjovis en uie wat in room gebak word alte verleidelik en smullekker.

50g botter (55ml) 2 groot uie, in dun skywe gesny

1kg aartappels, geskil 2x 55g blikkies ansjovisfilette, in olie en gedreineer

varsgemaalde swart peper 450ml room

Smeer 'n vlak, oondvaste skottel met 'n bietjie van die botter. 2. Smelt helfte van die oorblywende botter in 'n pan en soteer die ui tot sag en deurskynend. Sny die aartappels in dun skywe. Pak laag vir laag aartappel, ui en ansjovis in die oondskottel (begin en eindig met 'n laag aartappels), geur met varsgemaalde swart peper tussen die lae. Stip die gereg met die oorblywende botter.

Bak in 'n voorverhitte oond teen 190C vir 10 minute. Verwyder uit die oond en giet helfte van die room oor, plaas die gereg terug in die oond en bak 'n verdere 10 minute. Giet die oorblywende room oor en bak 'n verdere 20-30 minute of totdat die aartappels sag en goudbruin is. Bedien 6-8 porsies.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (19 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

INDIESE KERRIE AARTAPPEL IN EIERVRUGSKILLE MET JOGURT

Die aartappel of "aloo", soos dit in baie Indiese tale bekend staan, is 'n belangrike bestanddeel vir die groot vegetariese Hindoe bevolking. Die gereg lyk nie net aantreklik nie, maar smaak ook heerlik.

2 groot eiervrugte sout om bo-oor te sprinkel

500g blusaartappels, geskil en in blokkies gesny 120ml sonneblomolie

15ml komynsade 5ml sesamsade

1 ui, fyngekap 1-2 knoffelhuisies, gekneus

1,5ml fyn gemmer 1 vars groen brandrissie, ontpit en fyngekap

2,5ml borrie 5ml koljander

5ml aangemaakte mosterd 2,5ml sout

30ml suurlemoensap

Om voor te sit

60ml natuurlike jogurt garam masala, om bo-oor te sprinkel

30ml vars koljanderblare, gekap

Sny die eiervrug middeldeur in die lengte. Skep die eiervrugvleis uit met 'n lepel sodat 'n lagie vleis teen die skil behoue bly ongeveer 5mm dik (wees versigtig om nie die skil te beskadig nie). Sny die eiervrugvleis in 1,5cm blokkies. Sprinkel sout aan die binnekant van die eiervrugskil en plaas skil in vergiettes met gesnyde kant na onder. Versprei die eiervrugblokkies eweredig op 'n bordjie, sprinkel nog sout bo-oor. Laat staan vir 30 minute, spoel goed af en druk liggies droog met kombuispapier. Verhit soutwater tot kookpunt, voeg aartappelblokkies by en laat 5 minute kook. Dreineer en laat afkoel.

Plaas die eiervrugskille op 'n bakplaat, gesnyde kant na bo, bestryk met 30ml van die olie en bak in 'n voorverhitte oond teen 190C vir 10-15 minute of tot sag. Verwyder uit oond en plaas eiervrugskille, gesnyde kant na onder, op 'n bordjie sodat oortollige olie kan dreineer. Verhit nog 30ml van die olie in 'n groot braaipan, voeg die komyn- en sesamsade by en sodra dit begin skiet, voeg die ui, knoffel, gemmer en brandrissie by. Roerbraai vir 2-3 minute en voeg die eiervrugblokkies by. Braai vir 4-5

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (20 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

minute of tot net gaar, roer af en toe en voeg nog olie by indien nodig. Voeg die borrie, koljander, mosterd, sout en aartappels by en roerbraai 5-6 minute of totdat die aartappels goudbruin is. Verwyder van die hitte en roer die suurlemoensap by. Geur na smaak. Plaas eiervrugskille op bakplaat, gesnyde kant na bo. Verdeel aartappelmengsel in vier eweredige gedeeltes en skep in eiervrugskille. Bak 'n verdere 10 minute of tot deurwarm. Sit dadelik voor met die jogurt, sprinkel 'n bietjie garam masala en gekapte vars koljander bo-oor. Bedien 4 porsies.

LOURIER WAAIER AARTAPPELS

Hasselbacks is seker die bekendste Sweedse aartappelgereg. Die aartappel word in skywe gesny, maar bly aan die onderkant geheg sodat die skywe 'n waaier vorm sodra dit gebak word; die punte word bros en goudbruin. Lourierblare is 'n gunstelingkrui onder die Skandinawiërs.

24 kleinerige aartappels 15ml botter

45ml olyfolie 1-2 knoffelhuisies, gekneus

Sout en varsgemaalde swartpeper

Sowat 24 vars lourierblare, middeldeur geskeur oor die lengte

Was die aartappels skoon af en sny in skywe, sowat 3-5mm dik, maar die regdeur nie. Plaas twee lourierblaarhelftes tussen die openinge van elke aartappel. Smelt die botter en olie in 'n swaarboom oondpan. Oor 'n matige hitte voeg die knoffel by die olie en plaas die aartappels versigtig in die warm olie (dit kan dalk spat) in 'n enkellaag in die oondpan. Roer die aartappels in die oondpan rond vir 2-3 minute sodat die aartappels effens verkleur. Geur die aartappels met sout en peper. Bak die aartappels in 'n voorverhitte oond teen 190C vir 25-30 minute of tot goudbruin en sag. Soos die aartappels bak, open die aartappels soos 'n waaier. Bedien 6 porsies.

Wenk

Om 'n aartappel in 'n waaier te sny, plaas aartappel in 'n opskeplepel en sny deur met 'n skerp mes tot op die rand van die lepel. Dit sal voorkom dat jy die aartappel regdeur sny.

CHAMP

Champ is 'n tradisionele Ierse aartappelgereg. Doop elke vurkvol kapokaartappel in die holte vol botter en kaas onweerstaanbaar lekker.

750g blusaartappels, geskil 'n bossie sprietuie, groen punte ingesluit, gekap

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (21 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

300ml melk 50g botter (55ml)

sout en varsgemaalde swartpeper ekstra botter om mee voor te sit

175g bloukaas, gekrummel (375ml)

Sny die aartappels in groot, eweredige stukke en kook in kokende soutwater vir 20-25 minute of tot sag. Dreineer. Terwyl die aartappels kook, plaas die sprietuie en melk in 'n kastrol, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2-3 minute saggies prut. Verwyder van die hitte en laat 10 minute staan sodat die geur van die sprietuie na die melk kan deurdring. Druk die aartappels fyn met 'n aartappelstamper, klop die melk en sprietuiemengsel by, voeg dan die botter, sout en peper by. Plaas die kapokaartappels in 'n skoon kastrol en herverhit oor baie matige hitte.

Om voor te sit, skep fyngemaakte aartappel in 'n gesmeerde opdienbak, maak gelyk bo-op en druk holtes in die aartappel met die agterkant van 'n opskeplepel. Plaas botter en bloukaas in die holtes en sit dadelik voor. Bedien 4 porsies.

Wenke

Maak die aartappels fyn terwyl dit nog warm is. Die gereg kan ook in individuele bakkies voorgesit word.

Variasie

Om die gereg in 'n volledige maaltyd te verander, voeg sowat 200g fyngekapte ham, oorskietvleis of gevlokte tuna by die aartappelmengsel voordat dit in die opdienbak geplaas word. Vul die holtes dan eerder met botter en gerasperde cheddarkaas.

ARM MAN SE AARTAPPELS

Patatas a lo pobre. Dit mag 'n eenvoudige gereg wees, maar daar is net iets omtrent aartappels wat in olyfolie met knoffel en soetrissie prut, wat onweerstaanbaar is, sê die Clarks. Net soos ander klassieke resepte, het hulle verskeie variasies deur die hele Andalusië geproe.

15 eetlepels olyfolie 3 groot Spaanse uie, dun gesny

5 knoffelhuisies, dik gesny 3 groen soetrissies, gehalveer, ontpit en rofweg gekap

4 lourierblare, verkieslik vars

1kg ferm, wasagtige aartappels, geskil seesout en swart peper

Plaas 'n groot kastrol op medium hitte en voeg 5 eetlepels van die olyfolie by. Sodra die olie warm is,

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (22 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

voeg uie by en 'n knippie sout. Prut die ui stadig vir sowat 20-30 minute. Roer af en toe tot dit goudkleurig is. Voeg die knoffel, soetrissie en lourierblaar by en prut vir 'n verdere 15 minute om die geur vry te stel. Sny elke aartappel intussen in die lengte deur in vier wiggies. Voeg sout by en laat staan vir 5 minute. Wanneer die soetrissie sag is, voeg res van die olie by. Sodra die olie warm is, voeg aartappels by. Laat prut vir 15-20 minute tot aartappels sag is. Roer af en toe. Dreineer. Sit die gereg voor met gebraaide varkvleis of geroosterde lamsvleis.

AARTAPPELGEBAK

30ml sonneblomolie 4 uie, geskil en in dun skywe gesny

5ml tiemie 2ml sout

varsgemaalde swartpeper 1kg aartappels

1 pakkie bruin uiesoppoeier 60g (60ml) botter

200g (500ml) beleë cheddarkaas, gerasper 250ml melk

Verhit olie in swaarboompan en soteer uie daarin tot sag en deurskynend. Voeg tiemie, sout en peper by. Skil die aartappels en sny in skywe. Kook die aartappels 5 minute in kokende soutwater. Dreineer goed en rangskik 'n laag aartappelskywe in 'n gesmeerde oondvaste bak. Volg dit op met 'n laag uie, sprinkel soppoeier oor en stip botter op. Bedek met 'n laag cheddarkaas en herhaal die proses. Eindig met 'n laag kaas. Giet die melk oor en bak in 'n voorverhitte oond van 180C, sowat 35 minute of totdat die aartappels sag is en bo-op goudbruin is. Bedien 6 porsies.

AARTAPPEL EN SAMPIOEN AU GRATIN

8 groot aartappels 60g sagte botter

2 knoffelhuisies, gekneus 5ml roosmarynnaalde, fyn gekap

200g bruin sampioene, dun gesny 4 preie, dun gesny

1 elk rooi en geel soetrissie, in dun repies gesny sout en varsgemaalde swartpeper

250ml hoenderaftreksel 50g cheddar of mozzarellakaas

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (23 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Skil die aartappels en sny in dun ronde skyfies. Druk die botter fyn saam met die knoffel en roosmaryn. Smeer 'n bietjie van die bottermengsel op die bodem van 'n oondskottel en bedek met die helfte van die snytjies aartappel. Plaas die helfte van die sampioene, die helfte van die soetrissies en die helfte van die preie op die aartappel. Geur. Herhaal die lae. Begin met die oorblywende sampioene, dan soetrissies, preie en laastens aartappels. Stip met die orige bottermengsel. Geur weer en gooi die aftreksel oor. Bedek en bak teen 180C vir 1 uur of totdat die aartappels sag is en die meeste vloeistof geabsorbeer is. Strooi kaas oor en bak, sonder die deksel, vir ongeveer 15 minute totdat die kaas gesmelt het en begin bruin word. Lewer 6-8 porsies.

MEKSIKAANSE AARTAPPELS

1 rooi ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekneus

6 groot tamaties, geskil, gekap 15ml tamatiepuree

400g rooi nierboontjies, gedreineer 5-10ml tabascosous

sout en peper 500g gaar aartappels

15g vars gekapte koljander 1 avokado, in blokkies gesny

Meng ui, knoffel, tamaties, tamatiepuree en bone in 'n medium grootte kastrol. Kook vir ongeveer 5 minute of totdat die bone regdeur warm is. Geur met tabascosous en 'n bietjie sout en peper. Sny die aartappels in blokkies. Meng die aartappelblokkies liggies by en laat goed kook totdat al die bestanddele goed gaar is. Roer die koljander laaste by en skep avokado bo-op. Lewer 4-6 porsies.

GEBAKTE AARTAPPELS IN SOET SUURROOM

6 aartappels 125ml vars room

125ml suurroom sout en peper

1 eier

Skil die aartappels en sny in skywe. Kook tot net gaar. Rangskik in 'n vuurvaste opskepbak. Meng die 2 tipes room, sout en peper en eier. Bedek die aartappels met hierdie sous. Bak vir 40 minute teen 190C tot gaar en pofferig. Lewer 4 porsies.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (24 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

AARTAPPEL EN TAMATIELEKKERNY

12.5ml kookolie of vet 1 medium ui, in dun skyfies gesny

4 groot tamaties, geskil en in skyfies gesny 12.5ml lemoensap

sout en peper na smaak 750g aartappels, geskil en in blokkies gesny

125ml cheddarkaas, gerasper 10ml fyn gerasperde lemoenskil

Verhit die olie of vet in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin tot sag. Voeg die tamaties en lemoensap by. Geur dit met sout en peper, bedek die kastrol en laat prut totdat die tamaties sag is. Kook intussen die aartappelblokkies tot sag, druk dit fyn en geur na smaak. Voeg die gerasperde kaas en lemoenskil by die fyn aartappels en meng dit goed. Skep die aartappelmengsel in ‘n ringvorm in ‘n oondskottel en plaas dit onder die voorverhitte oondrooster totdat dit ligbruin is. Skep die tamatiemengsel in die middel vandie ring en bedien dit warm. Lewer 4 porsies.

AARTAPPELS IN UIESOUS

6 groot aartappels, ongeskil en skoongeskrop 125ml margarien

1 pakkie bruin uiesoppoeier 5ml droë pietersielie

Voorverhit die oond tot 160C. Sny die aartappels in 1cm skywe, maar moenie die skywe deursny tot onder nie. Die aartappels moet aan die onderkant heel bly. Pak die aartappels langs mekaar in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel. Smelt die margarien en roer die uiesoppoeier en pietersielie by. Giet die sopmengsel oor die aartappels en bedek. Bak ongeveer 2 uur in die oond tot die aartappels sag is. As die aartappels droog bak voordat dit sag is, kan ‘n bietjie water bygevoeg word. Sit warm voor. Lewer 4 porsies.

AARTAPPELS MET BEET EN MIELIES

2 klein bete, toegedraai in foelie 20 klein jong, vars aartappeltjies

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (25 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

15ml olie 250ml mieliepitte

5ml vars kruisementblare, fyn gekap 3ml anyssaad, fyn gestamp

20ml botter

Voorverhit die oond tot 180C. Plaas die bete in die oond en bak vir 30 minute. Skrop aartappeltjies skoon en skep in mengbak.

AARTAPPELS MET LEMOENGEUR

10ml olyfolie 1 lemoen, skil gerasper

2ml salie sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

4 aartappels in kwarte gesny

Meng olyfolie, lemoenskil, salie, sout en swartpeper. Plaas aartappels in oondvaste skottel en giet oliemengsel oor om te bedek. Bak in voorverhitte oond by 220C vir sowat 40 minute of tot goudbruin. Bedien warm. Lewer 4 porsies.

WARM SPESERY AARTAPPELS

125ml olie 4 knoffelhuisies, gekneus

1 suurlemoen, skil gerasper, sap uitgedruk 10ml tabascosous

10ml vars tiemie, gekap 4 aartappels in kwarte gesny

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Klits olie, knoffel, suurlemoenskil en sap, tabasco, tiemie, sout en swartpeper saam. Rangskik aartappels in oondvaste skottel en giet sous oor. Laat staan vir sowat 30 minute en bak in voorafverhitte oond by 200C vir sowat ‘n uur of tot bros en goudbruin. Lewer 4 porsies.

KNOFFEL SUURLEMOEN AARTAPPELS

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (26 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

3 groot aartappels, geskil, in skywe gesny 60ml vars uitgedrukte suurlemoensap

60ml botter, gesmelt 2 knoffelhuisies, gekneus

Rangskik aartappelskywe in gesmeerde, vuurvaste oondskottel. Meng suurlemoensap, botter en knoffel en giet oor die aartappels. Bak in voorverhitte oond by 180C, sowat 45 minute lank of tot aartappels sag is en bruin bo-op. Bedien saam met gebakte skaap of varktjops.

AARTAPPELKROKETTE MET KAAS

4 groot aartappels, gekook 30ml botter

15ml koekmeelblom 30ml gerasperde kaas

sout en peper 2 eiers

droë broodkrummels kookolie om in te braai

Druk aartappels fyn en roer botter, koekmeelblom, kaas en sout en peper na smaak by. Meng met 1 eier en maak klein krokette soos worsies. Verkil in yskas tot hard. Klits die ander eier en doop krokette daarin en dan in broodkrummels. Braai weerskante vir 5-6 minute in warm olie tot goudkleurig. Lewer 4-6 porsies.

AARTAPPELKLUITJIES

6 medium aartappels 2 eiers, geklits

7ml sout 125ml koekmeelblom

250ml witbroodcroûtons, in botter of spekvet gebraai 125ml botter of spekvet

60ml vars witbroodkrummels

Kook aartappels in skil tot sag. Skil af en rasper grof. Voeg geklitste eiers, sout en koekmeelblom by. Meng goed tot ‘n stywe deeg en rol in balletjies met deursnee van 5cm. Maak ‘n holte in die middel van elkeen en vul met croûtons. Rol weer in ‘n balletjie dat die croûtons bedek is. Plaas in soutwater wat stadig kook, bedek en kook vir 10 minute of tot kluitjies bo-op die water dryf. Dreineer goed en skep in warm skottel. Hou warm. Smelt botter of spekvet en roer broodkrummels by. Braai ‘n paar minute en

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (27 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

strooi oor kluitjies. Lewer 6 porsies.

AARTAPPELSLAAIPASTEI

1.4kg aartappels 250ml slaaisous of mayonnaise

10ml asyn 500ml gekapte seldery

75ml gerasperde uie 75ml gekapte pietersielie

10ml sout 5ml peper

5ml Fondor of Aromat slaaisous

klein tamaties en kruisement

Was aartappels goed af en kook tot sag. Dreineer, skil af en sny in dun skyfies of blokkies. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Skep in ‘n tertbak en druk goed vas. Bou die kante op soos pasteideeg. Verkoel vir 3 ure in yskas. Vul binnekant met slaaisous en versier met klein tamaties en kruisement. Sny in wigvormige stukke en sit voor.

AARTAPPELSLAAI MET SALMSOUS

800g baba aartappels 220g blikkie salm, gedreineer

125ml mayonnaise 4 hardgekookte eiers, gekap

2 gevulde olywe 2 agurkies, gekap

20ml gekapte grasui sout en varsgemaalde swartpeper

1 bossie sprietuie, gekap

Kook die aartappels in soutwater vir ongeveer 15 minute of tot sag, maar nog netjies en ferm. Dreineer en laat effens afkoel. Verwyder die vel en grate van die salm. Plaas die salm, mayonnaise, een hardgekookte eier, olywe, agurkies en grasuie in 'n voedselverwerker en verwerk tot mooi glad. Geur

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (28 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

die salmsous met sout en peper na smaak. Pak lae aartappels, gekapte sprietuie, gekapte eiers en salmsous in 'n mooi glasbak. Garneer met kruisementblare en sit voor. Bedien 6 porsies.

AARTAPPELS MET AVOKADOSOUS

600g middelslag aartappels, gewas 60ml Franse slaaisous

sap en gerasperde skil van een suurlemoen 1 klein ryp avokado

3ml sout varsgemaalde swartpeper

1 knoffelhuisie, gekneus en fyngekap 5ml suiker

50ml room of melk 25ml gekapte grasuie

15ml gekapte, vars pietersielie

Bedek die aartappels met net genoeg water. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat saggies prut totdat die aartappels net sag is. Dreineer en gooi koue water bo-oor (dit vergemaklik die aftrek van die skil). Sny die aartappels in blokkies en meng liggies met die Franse slaaisous terwyl die aartappels nog warm is. Halveer die avokado, verwyder die pit en skep die vleis uit. Plaas die avokado met die suurlemoensap, skil, sout, peper, knoffel, suiker en room of melk in 'n voedselverwerker en verwerk tot mooi glad (gebruik 'n vurk indien 'n voedselverwerker nie beskikbaar is nie). Voeg die grasuie en pietersielie daarby. Die sous kan met ekstra room of melk verdun word. Meng die sous liggies met die aartappelblokkies, skep in 'n mooi glasbak en bedien koud. Bedien 4 porsies.

Wenke

* 'n Middelslag suurlemoen lewer 40ml sap en 5.7ml skil.

* Kommersiële Franse slaaisous is algemeen in die meeste supermarkte te koop. Maak andersins jou eie Franse slaaisous: Meng 40ml olyf- of slaai-olie, 20ml appel- of wit druiwe-asyn, 5ml heelkorrelmosterd, / knoffelhuisie (fyngekap) en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. ('n Knippie suiker kan bygevoeg word indien verkies.)

* Maak die aartappelslaai eerder 'n paar uur voor opdiening as die vorige dag, aangesien die avokado verkleur en 'n onaantreklike kleur aan die slaai verleen. Omdat die smaak van 'n avokado kan verskil, is dit raadsaam om die avokadoslaaisous te proe voordat dit met die aartappels gemeng word.

GEBAKTE AARTAPPELS

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (29 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Gebruik middelmatige tot groot aartappels. Skrop hulle skoon met ‘n groenteborsel. Borsel oor met sousvet. Prik hulle met ‘n vurk om te voorkom dat hulle bars. Bak in ‘n warm oond by 220C vir 40-50 minute lank. Rol dit saggies heen en weer in ‘n doek tussen die hande net voordat dit opgedien word, om dit melerig te maak. Sny ‘n kruisie bo in die aartappels en druk hulle effens sodat ‘n bietjie bo by die opening uitkom. Sit ‘n klontjie botter bo-op.

AARTAPPEL WYNROOMSOP

8 middelslag aartappels 10ml olie

125g spekvleis, swoerd verwyder en gesnipper 3 middelslag uie, fyngekap

5ml sout varsgemaalde swartpeper na smaak

200ml droë wit wyn 250ml room

gekapte pietersielie

Skil en sny aartappels in dun skywe. Plaas aartappelskywe in 'n groot kastrol, bedek met water en laat toe om te kook tot sag. Dreineer aartappels en behou 500-600ml van die vloeistof. Druk die aartappels fyn en plaas eenkant. Verhit die olie en braai die spek en uie daarin tot gaar. Voeg die fyngemaalde aartappels, 500ml vloeistof, sout, peper, wit wyn en room by die uiemengsel. Voeg nog vloeistof by indien nodig. Laat toe om deurwarm te word, terwyl dit geroer word. Strooi pietersielie oor. Bedien 4 porsies.

AARTAPPELGEBAK MET TUNA EN MAASKAAS

4 aartappels, in die skil gebak 250g (1 houer) gladde maaskaas

125g tuna, gedreineer en gevlok 125g suikermielies

sout en peper na smaak broodkrummels

paprika

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (30 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Halveer die aartappels in die lengte en skep die inhoud versigtig uit. Meng die uitgeskepte aartappel, maaskaas, tuna, suikermielies, sout en peper goed saam. Skep die mengsel terug in die aartappelskille. Sprinkel broodkrummels en paprika bo-oor. Plaas op 'n bakplaat. Bak in die oond totdat dit deurwarm en ligbruin bo-op is.

GEBAKTE AARTAPPELS MET HAM EN KAAS

4 aartappels, in die skil gebak 250g gerookte ham, in blokkies gesny

125ml beleë Cheddarkaas, gerasper 60ml melk

30ml botter sout en peper na smaak

30ml grasuie, gekap of gekapte pietersielie

Sny die aartappels in die lengte en skep die inhoud versigtig uit. Meng die uitgeskepte aartappel, ham, kaas, melk, botter, sout en peper goed saam. Indien nodig, kan nog melk bygevoeg word. Skep die mengsel terug in die aartappelskille. Sprinkel grasuie, of pietersielie en kaas bo-oor. Plaas op 'n bakplaat. Bak in die oond totdat dit deurwarm en ligbruin bo-op is.

GEBAKTE AARTAPPELSKYWE

5-6 groot aartappels, in skywe van 1-2cm dik gesny 5ml gegeurde sout

30ml botter 30ml olyf- of knoffelolie

250ml hoenderaftreksel

Rangskik die aartappelskywe in 'n enkellaag in 'n vlak vuurvaste oondskottel. Voeg die sout, botter en olie by die hoenderaftreksel en giet oor die aartappels. Bak 1 uur oop by 180C. Verhoog die temperatuur tot 220C vir 10-15 minute. Sit dadelik voor. Bedien 6 porsies.

WARM AARTAPPELS

1kg aartappels (omtrent 6 grotes) 250g spekvleis

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (31 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

25ml kookolie 2 uie, in blokkies gesny

125ml blatjang 125ml asyn

15ml mielieblom

250ml water waarin aartappels gekook het - vul aan met lou water, indien nodig

Was, skil en sny aartappels in blokkies. Kook in soutwater tot gaar, dreineer maar hou water. Sny ontbytspek in blokkies en braai in kookolie tot gaar, skep uit en hou warm. Braai uie in dieselfde pan. Voeg aartappelwater by en kook 2 minute sonder deksel. Meng mielieblom met blatjang en asyn en roer deeglik. Voeg by aartappelwater en laat nog 2 minute kook-roer deurgaans. Giet warm sous oor aartappels, meng liggies, versier met gebraaide spek en bedien warm.

Wenk

Kan tot 3 dae in die yskas gebêre word en opgewarm word.

AARTAPPELPOFFERS

Beslag

375ml koekmeelblom knippie sout

12ml bakpoeier 1 eier, geklits

genoeg water om ‘n stywe beslag te vorm ongeveer 200ml

Vulsel

4-6 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny

1 ui, in ringe gesny olie vir diepvetbraai

Meng die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en voeg die eier en net genoeg water by om ‘n stywerige beslag te vorm. Laat staan. Kook die aartappelskyfies in ‘n bietjie kookwater tot sag maar nie stukkend nie. Dreineer. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepvetbraai. Plaas ‘n uiering tussen 2 aartappelskywe. Plaas op ‘n lepel en doop in beslag tot goed bedek. Plaas versigtig in die olie en braai

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (32 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

tot goudbruin buite-om en totdat die aartappels heeltemal gaar is. Dreineer op handdoek papier.

KAASAARTAPPELS

6 groot aartappels knoffelolie

1 groot ui, in halwe ringe gesny sout en peper

Tusser's kaasskywe

Was die aartappels en droog goed af. Sny elkeen in 5-6 skywe, maar sonder om dit deur te sny tot onder (in die vorm van 'n waaier). Plaas 'n ui-skyf in elke gleuf en verf knoffelolie oor die aartappel. Geur met sout en peper. Plaas aartappels in oondbak en bedek met foelie (dowwe kant na buite). Bak in 'n voorverhitte oond by 180C vir ongeveer 'n uur of totdat aartappels amper sag is. Bestryk elke nou en dan met knoffelolie. Plaas 'n kaasskyf tussen elke gleuf en plaas terug in oond vir nog 10 minute. Sit voor as 'n ligte ete of as 'n bykos by vleis. Bedien 6 porsies.

Variasie

Plaas brosgebraaide spek, 'n gerookte mossel, 'n tamatieskyf of gebraaide sampioen skywe tussen die aartappelsnye.

PERFEKTE AARTAPPELSKYFIES

Om aartappelskyfies te maak wat bros buite en sag binne is, braai hulle twee keer. Die eerste keer word hulle net gaar en die tweede keer bruin en bros. Die gehalte van die skyfies hang af van die varsheid van die olie. Moenie olie meer as drie keer gebruik nie en moet dit nooit oorverhit nie. Rooiskil-aartappels is by uitstek geskik vir skyfies.

6 groot aartappels, verkieslik met gelerige vleis, geskil Canola olie

sout

Sny aartappels in skyfies. Spoel af in koue water en druk droog in 'n skoon afdroogdoek. Plaas genoeg olie in 'n diep braaipan om die aartappelskyfies te bedek en verhit die olie tot sowat 180C (matige hitte).

Plaas skyfies in 'n braaimandjie, laat sak in olie en braai tot sag, maar nog nie bruin nie. Lig uit die olie.

Plaas die skyfies net voor opdiening weer in die pan en braai vinnig tot goudbruin. Dreineer goed, bestrooi met sout en sit dadelik voor. Bedien 4 porsies.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (33 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

AARTAPPELS IN MELK GEBAK

4 middelslag aartappels 5ml sout en peper

30ml koekmeelblom 15ml botter

125-250ml melk

Voorverhit die oond tot 180C. Was en skil die aartappels en sny hulle in dun skyfies. Smeer 'n oondvaste bak met botter en pak die aartappelskyfies in lae daarin. Strooi sout, peper en koekmeelblom oor elke laag met 'n paar klontjies botter hier en daar. Giet die melk oor die aartappels totdat dit helfte so hoog soos die aartappels in die bak is. Sit die deksel op en bak 'n uur lank. Haal die deksel af en bak nog 15 minute lank tot bruin.

AARTAPPELTJIES MET BLOUKAAS EN BILTONG

500g jong aartappeltjies 2 hardgekookte eiers, in skywe gesny

100g bloukaas, gekrummel 100g biltong, gekerf

125ml mayonnaise 75ml room of natuurlike jogurt

sout en varsgemaalde swartpeper gekapte ui

15ml gerasperde biltong om bo-oor te sprinkel

Kook die aartappels in kookwater tot sag, ongeveer 10-15 minute. Dreineer en trek die skille af terwyl nog warm. Plaas die aartappeltjies, eierskywe, bloukaas en biltong in 'n mengbak. Klits die mayonnaise en room of jogurt saam en geur mildelik met sout en peper. Giet die slaaisous oor die aartappeltjies. Meng liggies en versigtig deur. Garneer met gerasperde biltong en gekapte grasui. Sit louwarm of koud voor. Bedien 4 porsies.

AARTAPPEL 'HASH BROWNS'

Hash Browns is 'n Amerikaanse gereg, dié aartappelkoekies word tradisioneel met ontbyt

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (34 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

voorgesit.

500g gaar aartappels, en in 1cm blokkies gesny 30ml koekmeelblom

125g spekvleis, fyngesny en gebraai tot bros 2 knoffelhuisies, fyngekap

2 eiers, geklits 5ml droë tiemie

sout en varsgemaalde swartpeper 30ml botter

15ml olie

Meng die aartappelblokkies, spekvleis, koekmeelblom, knoffel, eiers, tiemie, sout en peper in 'n mengbak saam. Verhit die botter en olie in 'n swaarboompan. Vorm aartappelkoekies die grootte van jou handpalm. Braai tot goudbruin aan albei kante. Druk die aartappelkoekies effens plat met 'n eierspaan terwyl gebraai word. Dreineer op handdoekpapier en sit warm voor by 'n ontbyt. Bedien 4 porsies.

PORTUGESE GEBRAAIDE AARTAPPELS

Die Portugese is baie lief vir aartappels (batatas) en sit veral klein, gebraaide aartappels as 'n bygereg voor. Die gebruik van kruie en speserye verleen 'n definitiewe Portugese geur aan die gebraaide aartappels.

1kg klein jongaartappels 100g botter, gesmelt

10ml olyfolie 10ml paprika

5ml gemaalde komyn sout en peper

peri-peri poeier na smaak 5ml hoender ekstrakpoeier

Laat toe vir ongeveer 5-6 aartappels per persoon. Die aartappels kan geskil of ongeskil gelaat word.

Plaas aartappels in 'n groot kastrol, bedek met water en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat ongeveer 10 minute prut, dreineer en maak goed droog. Plaas die oorblywende bestanddele in 'n bak en mikrogolf by 100% krag vir 2 minute of smelt in 'n klein kastrol. Rangskik intussen die aartappels in 'n enkellaag in 'n oondpan. Giet die bottermengsel oor die aartappels, meng goed deur en bak in 'n voorverhitte oond teen 180C vir 25-30 minute of tot na smaak gaar. Dreineer en sit dadelik voor. Bedien 4 porsies.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (35 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

WITWYN AARTAPPELS

500g klein aartappeltjies, geskil knypie borrie

125ml droë wit wyn 45ml botter

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 30ml pietersielie, gekap

knypie tiemie knypie gemengde kruie

Kook die aartappels in soutwater, waarby borrie gevoeg is, tot halfgaar. Gooi die water af en plaas die aartappels terug op die stoof. Voeg die wyn by en kook op 'n baie warm plaat totdat die helfte van die wyn verdamp het. Voeg die res van die bestanddele by. Skud die kastrol liggies totdat botter gesmelt het. Skep die aartappels op 'n warm opdienbord. Sit dadelik voor. Bedien 4 porsies.

AARTAPPELWIGGIES

6 rooiskil aartappels 1 suurlemoen, in wiggies gesny

8 heel knoffelhuisies, ongeskil 2 rooiuie, in kwarte gesny

4 lourierblare 45ml vars lemoensap

60ml water 15ml tamatiepasta

sout en peper na smaak 5ml paprika

2.5ml komyn 5ml origanum

5ml vars tiemie 60ml olyfolie

8 takkies roosmaryn

Kook aartappels halfgaar. Dreineer en laat afkoel. Voer 'n groot oondpan uit met foelie, blinkkant onder. Voorverhit oond tot 200C.Sny aartappels in skywe en pak in oondbak saam met suurlemoenskywe, knoffel, uie en lourierblaar. Meng res van die bestandele behalwe tiemie en

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (36 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

roosmaryntakkies. Skep oor aartappels. Pak tiemie en roosmaryn bo-op. Maak toe met foelie en bak vir 30 minute tot gaar. Maak oop en bak nog vir 15 minute tot aartappels goudbruin is. Sit warm voor.

PIZZA AARTAPPELS

4 aartappels (ongeveer 150g elk), gewas en afgedroog 2ml sout

175ml natuurlike, vetrye jogurt 2ml peper

10ml olie 100g ui, fyngekap

100g groen soetrissie, ontpit en gekap 10ml gekapte vars pietersielie

200g ingemaakte sampioene, gedreineer en gekap knypie knoffelpoeier

varsgemaalde swartpeper 125mlgerasperde cheddarkaas

120g tamatiepuree 2ml droë basiliekruid

2ml droë orego (origanum) 20g gerasperde parmesaankaas

Prik die skille van die aartappels om te voorkom dat die aartappels oopbars. Bak die aartappels in 'n voorverhitte oond by 200C vir 45 minute tot 'n uur, of tot sag. Sny aartappels in die helfte wanneer hulle effens afgekoel het, skep die vleis uit en druk fyn. Meng die fyn aartappels, jogurt, sout en peper saam. Verhit die olie in 'n kleefvrye pan en soteer die groen soetrissie, ui en sampioene vir 3 minute. Voeg pietersielie, knoffel en swartpeper by die groente en meng dit goed. Meng die groentemengsel en kaas by die aartappelmengsel in en skep die mengsel terug in die aartappelskille. Meng die tamatiepuree, basiliekruid en orego in 'n klein bakkie. Plaas die gevulde aartappels op 'n bakplaat, skep die tamatiemengsel oor en strooi parmesaankaas oor. Bak vir 20 minute in 'n voorverhitte oond by 200C. Bedien 4 porsies.

Wenk

Vryf droë kruie in jou handpalm om die geure vry te stel voordat dit bygevoeg word.

EIERVULSEL MET SONNEBLOMSAAD EN HAM

1 hardgekookte eier, gekap 7ml mayonnaise

1ml mosterdpoeier 1 knoffelhuisie, gekneus

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (37 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

10ml sonneblomsaad, gerooster (opsioneel) 1 hamskyf, in blokkies gesny

Meng al die bestanddele.

VULSEL MET KAAS EN SPEKVLEIS

500ml Cheddarkaas, gerasper 4 repe swoerdlose spekvleis, gesny, gebraai

1ml aangemaakte mosterd 20ml blatjang

Meng al die bestanddele.

VULSEL MET MAASKAAS EN BEESVLEIS

125g gladde maaskaas 15ml blatjang

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 'n paar druppels Tabasco sous

1 agurkie, gekap 4 skyfies gaar beesvleis

Meng al die bestanddele.

TUNAVULSEL

185g blikkie tuna, gedreineer en gevlok 1 ui, gekap

30ml mayonnaise 15ml tamatiesous

15ml blatjang 4 argurkies, gekap

Meng al die bestanddele.

KRUIE AARTAPPELS

6 groot aartappels 60ml olyfolie 250ml hoenderaftreksel

90ml wit wyn sout en swartpeper roosmaryn, tiemie, origanum

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (38 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Verhit oond tot 180C. Skil die aartappels en sny diep kepe in elkeen en druk die kruie in die gleufies. Plaas in oondbak en geur met sout en swartpeper en sprinkel die olyfolie oor. Meng die aftreksel met die wyn, gooi oor aartappels en bak vir 90 minute. Bedrup af en toe met die sous onder in die bak.

GRIEKSE SUURLEMOEN AARTAPPELS

10 middelslag aartappels sap van 1 suurlemoen sout en varsgemaalde swartpeper

10ml beesvleisekstrakpoeier 60ml gesmelte botter

Stel oond op 200°C. Sny die skoon gewasde, ongeskilde aartappels in die lengte in kwarte. Plaas aartappels in ‘n vlak vuurvaste bak en giet gesmelte botter eweredig daaroor. Sprinkel suurlemoensap oor en geur met ekstrak poeier, sout en swartpeper. Bak ongeveer 20 minute. Draai liggies om en bak nog 20 minute of tot sag.

AARTAPPELVINGERS

500ml fyn gaar aartappels 15ml gekapte ui 1 eier + 30ml water

15ml botter 1 eiergeel 125ml fyn broodkrummels

2.5ml sout knypie peper

Meng aartappels met die eiergeel en gekapte ui, botter, sout en peper. Vorm rolletjies omtrent 5cm lank en so dik soos ‘n vinger. Rol in meelblom en dan in eier en water wat goed geklits is en rol heel laaste in fyn broodkrummels. Braai in diep warm olie tot mooi bruin.

GEBRAAIDE AARTAPPELS

8 middelmatige aartappels gesoute kookwater 125ml kookolie

5ml gemengde kruie Witpeper knypie borrie (vir ‘n mooi goudbruin kleur)

Kook die aartappels in soutwater vir 10 minute. Dreineer. Meng die olie, kruie, peper en borrie en plaas die aartappels daarin tot ‘n uur voor etenstyd. (Dit kan die dag vantevore al gedoen word.) Braai sowat ‘n uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180C tot goudbruin en bros.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (39 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

ONTHOU! Gebraaide aartappels moet onmiddelik opgedien word.

GEBAKTE AARTAPPELS MET PARMESAANKAAS

olyfolie 120ml botter 8 medium bak aartappels, gewas

olyfolie sout 300g gerasperde parmesaankaas

varsgemaalde peper na smaak

Sny die aartappels in die breedte in dun skyfies, maar moenie heeltemal deursny nie. Pak in ’n oondbak. Smelt botter en giet oor die aartappels. Sorg dat die botter by die snytjies inloop. Geur met sout en peper. Sprinkel olyfolie mildelik oor aartappels. Bedek met foelie en bak by 180C tot aartappels sag is. Verwyder foelie. Strooi parmesaankaas oor die aartappels en rooster in die oond tot die kaas gesmelt het. Bedien 4 porsies.

KERRIE AARTAPPELS

500g aartappels 1 groot ui, gekap 100ml kookolie

15ml matige kerriepoeier 25ml suiker 25ml koekmeelblom

25ml asyn of suurlemoensap 25ml souspoeier 350ml water

2ml sout

Kook aartappels tot gaar, trek skille af en sny in dobbelsteentjies. Verhit kookolie in 'n groot pan, voeg aartappelblokkies en ui by en braai tot ui gaar is. Roer af en toe, maar moenie aartappel stukkend roer nie. Meng res van bestandele goed en voeg by aartappelmengsel. Roer liggies en laat 2-3 minute prut. Dien warm op.

AARTAPPEL EN MURGPAMPOENROL

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (40 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

250g aartappels 250g murgpampoentjies

75g botter sout

25ml gekapte grasuitjies gemengde kruie

swart peper 6 eiers, geskei

Voer 'n rolkoekpan uit met botterpapier. Skil en rasper die aartappels, spoel af in koue water en druk droog. Was en rasper die pampoentjies. Smelt die botter in 'n pan en roerbraai die aartappels en pampoentjies vir 'n paar minute tot amper gaar. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Geur met sout, voeg die grasuitjies en kruie by. Klop die eiergele en meng in die aartappelmengsel in. Klits die eierwitte styf en vou dit in by die aartappel mengsel. Giet die mengsel in die voorbereide rolkoekpan. Bak by 180C vir sowat 25 minute tot goudbruin verkleur en dit van die kante af begin wegtrek. Verwyder uit die oond, laat afkoel en keer uit. Rol op soos 'n rolkoek, sny in skywe en sit voor met 'n room en grasuitjie sous.

Grasuitjiesous

250ml dikroom 30ml gekapte grasuitjies

Sout vars gemaalde swartpeper

Meng en sit voor saam met aartappelrol.

AARTAPPEL EN MIELIE FILOPAKKIES

1.2kg aartappels, geskil en in blokkies gesny 250g botter

2 preie, gewas en in dun skywe gesny 15ml gekapte vars grasuie

6 repe swoerdlose spekvleis, in dun repe gesny 200g mieliepitte

24 velle filodeeg 12 grasuie

Kook die aartappelblokkies tot sag, dreineer en druk fyn tesame met 30g van die botter tot glad. Smelt nog 30g van die botter in 'n swaarboompan en soteer die preie tot sag en ligbruin ongeveer 5 minute. Verwyder uit pan en hou eenkant. Roerbraai die spek in die pansouse tot bros. Meng die aartappel, preie, spekvleis en grasuie saam. Kook die mieliepitte vir 2 minute, dreineer en voeg by die aartappelmengsel. Geur met sout en peper.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (41 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Smelt die orige botter en bestryk twee velle filodeeg met die gesmelte botter en verdeel in twee. (Bedek die orige deeg met 'n klam doek om te verhoed dat dit uitdroog.) Plaas die vier bestrykte deegvelle versigtig bo-op mekaar (dus twee gehalveerde velle filodeeg per pakkie). Skep ongeveer 80ml vulsel in die middel en bring die punte bymekaar, druk goed vas en bind die pakkie vas met 'n grasui stingel. Plaas die pakkies in 'n gesmeerde muffinpan. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180C vir ongeveer 15-20 minute of tot goudbruin. Sit warm voor. Dit lewer 12 pakkies.

Wenk

Om filodeeg te gebruik, laat dit oornag in die yskas ontdooi of laat by kamertemperatuur vir ongeveer 2 uur. Filodeeg, klaar voorberei met vulsel, kan onbedek op 'n bakplaat vir 'n dag in die yskas gebêre word. Bak dit dan net voor bediening.

BLAAUWKRANZ AARTAPPELSLAAI

6 medium aartappels, gaar, in skywe gesny 3 gekookte eiers, 2 in skywe en 1 gekap

4 grasuie, gekap sout en suurlemoenpeper

170ml bloukaas, fyn gekrummel 50ml mayonnaise

175ml natuurlike jogurt 15ml vars, gekapte pietersielie

1 grasui, grof gekap vir garnering

Rangskik die aartappels, eierskywe en gekapte grasuie in lae in 'n slaaibak. Geur elke aartappel en eierlaag met 'n bietjie sout en peper. Meng die kaas, jogurt, mayonnaise en pietersielie saam en giet oor die slaai. Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie.

Wenk

Berei die slaaisous vooraf en verkoel vir 2-3 ure sodat die geure kan ontwikkel.

BROEK EN BAADJIE AARTAPPELS

6 aartappels 37.5ml olie

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (42 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

sout na smaak 100ml roomkaas

75ml bloukaas slaaisous 50g Blaauwkrantz kaas, gerasper

Skrop aartappels indien nodig, prik met vurk, bestryk met olie en sprinkel sout oor. Draai elke aartappel afsonderlik toe in bladfoelie, braai 45 minute lank oor warm kole of in 'n matige warm oond (180C) tot sag en draai af en toe om. Meng roomkaas en slaaisous, maak ‘n kruis bo-in aartappels met ‘n skerp mes, druk versigtig oop en skep roomkaasmengsel bo-op. Sprinkel kaas bo-oor. Bedien 6 porsies.

BOERE AARTAPPELS

750g baba aartappeltjies, skoon gewas 10ml sout

50ml botter 2 medium uie, fyngekap

1 groot knoffelhuisie, fyngemaak 3 ekstra groot eiers

100ml melk sout en vars gemaalde swartpeper

15ml gekapte pietersielie 15ml gesnipperde grasuie

3 snye dagoue witbrood, korsies afgesny en gekrummel

Bring die aartappeltjies in ‘n kastrol met water tot kookpunt. Voeg sout by en kook vir 10 minute. Skakel die hitte af en laat staan vir 10 minute. Laat die aartappels afkoel, dreineer en sny in blokkies. Skep in ‘n gesmeerde oondvaste skottel. Verhit die botter, voeg die uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg die brood krummels by en roer deur. Skep oor die aartappels. Klop die eiers en die melk saam en geur met sout en peper na smaak. Skep in die skottel en bak vir 20-25 minute in ‘n voorverhitte oond by 160C. Skakel die oondhitte af en laat staan vir 10 minute. Strooi pietersielie en grasuie oor.

AARTAPPELTJIES MET ‘N PLAN

4 repies streepspekvleis, fyn gekap 10ml olie

1 rooi soetrissie, gehalveer, en gekap 2 vet, knoffelhuisies, fyngedruk

40ml grasuie, fyn gekap 25ml fyn gekapte pietersielie

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (43 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

sout en peper 75ml Bulgaarse jogurt of suurroom

500g jong aartappeltjies

Braai spek in pan oor lae hitte tot bros. Voeg die olie, soetrissies en knoffel by en roerbraai tot die rissies sag is, maar nie pap nie. Roer grasuie en pietersielie by, geur met sout en peper en verwyder van hitte. Kook aartappeltjies in soutwater tot net sag, en dreineer. Halveer aartappeltjies en skep in ‘n warm opskepskottel. Meng met jogurt of suurroom en spekmengsel en sit warm voor.

TROPIESE AARTAPPELS

500g ekstra klein aartappels 30ml gesmelte botter

1 klein blik pynappelstukke 30ml bruin suiker

Stel die oond op 200C. Kook die aartappels liggies in gesoute water. Verwyder die skille en plaas aartappels in ‘n vlak vuurvaste oondskottel. Dreineer die pynappelstukke, en hou die stroop. Plaas die pynappelstukke saam met die aartappels in die oondskottel. Meng die pynappelstroop, gesmelte botter en bruin suiker in ‘n klein kastrol en kook dit vir 2-3 minute. Gooi die mengsel oor die aartappel en pynappelstukke. Bak in vooraf verhitte oond vir 15 minute of verbruin dit onder die rooster.

AARTAPPELS MET AVOKADO VULSEL

4 mediumgroot aartappels 1 avokado, verpulp

10ml botter 15ml fyn gekapte ui

gegeurde seesout na smaak vars kruie vir garnering

Sny 'n kruis in elke aartappel en mikrogolf al vier saam sowat 15 minute lank op hoog (100%). Laat afkoel, sny die bokant af en skep die vleis versigtig uit. Maak die aartappelpulp fyn saam met die res van die bestanddele en geur. Vul die aartappeldoppe met die mengsel. Herverhit in die mikrogolfoond en garneer met vars kruie.

MOSTERD AARTAPPELS

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (44 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

450g aartappels 225g uie

10ml tiemie 10ml heuning

10ml mosterd sout en swartpeper na smaak

olie om aartappels aan te klam (nie te veel)

Sny aartappels en uie in skywe, meng met olie en plaas in ‘n oondskottel. Gooi die tiemie, sout en swartpeper by en bak vir 30 minute by 180C. Gooi die heuning en mosterd by, roer goed en bak nog 15 minute tot goudbruin.

BROS SOUTIGE AARTAPPELS

6 groot aartappels, in klein blokkies 300g salami, in blokkies

2 groot uie, fyngekap 3 preie, in dun skyfies gesny

30ml margarien 30ml kookolie

50ml gekapte pietersielie paprika en sout na smaak

kookolie vir diepbraai

Verhit olie en botter tot goed warm en voeg uie en preie by. Soteer tot sag en voeg sout en paprika by. Diepbraai aartappels in warm olie tot goudbruin. Meng met res van bestanddele en sprinkel pietersielie oor.

AARTAPPELKOEKIES

500g aartappels, geskil en in kwarte gesny sonneblom olie vir braai.

15ml botter 3ml sout

knypie witpeper knypie neutmuskaat

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (45 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

1 heel eier, liggies geklits 1 eiergeel, liggies geklits

100g Cheddarkaas, in 1cm blokkies gesny 10ml gekapte pietersielie

1 sirkel fetakaas, grof gekrummel 50ml sondroë tamaties, grof gekap

100ml koekmeel 125ml droë broodkrummels

1 eier, geklits

Kook die aartappels sag in water wat met sout gegeur is. Dreineer, plaas terug in die kastrol en skud oor lae hitte tot die aartappels droog is. Druk die aartappels fyn en klop met 'n houtlepel tot baie glad. Voeg die botter, sout, peper, neutmuskaat, eiers en pietersielie by en meng goed. Roer die kaasblokkies, fetakaas en tamatie liggies deur en laat afkoel. Verdeel die mengsel in gelyke dele en vorm dit in netjiese koekies. Besprinkel met meel, doop in geklitste eier en dan in krummels. Bedek en plaas in yskas vir ten minste 2 uur. Verhit genoeg olie in 'n kastrol vir diepbraai tot matig warm. Braai die koekies slegs 'n paar op 'n keer tot goudbruin. Dreineer op 'n papierhanddoek en sit voor met 'n vars slaai. Bedien 4-5 porsies.

GEBAKTE AARTAPPELS MET TAMATIES

1kg aartappels, geskil 25ml olyfolie x 2

410g blik gekapte tamaties 250g kersietamaties

2 knoffelhuisies, gekneus 2.5ml droë origanum

15ml kappertjiesaad, gedreineer 30ml Italiaanse pietersielie, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 190C. Sny die aartappels in skyfies van sowat 5mm dik en pak dit in 'n oondroosterpan wat met een deel olyfolie gesmeer is sodat dit rofweg oorvleuel. Gooi 250ml water oor die aartappelskyfies, geur dit met sout en swartpeper, bedek die pan met foelie en bak dit vir sowat 30 minute. Meng die geblikte tamaties, olyfolie, knoffel, origanum, kappertjiesaad, die helfte van die gekapte pietersielie en sout en swartpeper na smaak. Haal die foelie af en gooi die tamatiemengsel oor die aartappels. Halveer die kersietamaties en sprinkel dit bo-oor. Sit dit terug in die oond (dié keer sonder foelie) en bak die gereg vir 30-40 minute of tot die aartappels gaar en sag is en die gereg begin bruin word om die rande. Strooi die orige pietersielie oor en sit voor. Dis heerlik saam met geroosterde vis of hoender. Bedien 6 porsies.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (46 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

BLATJANG AARTAPPELS

6-8 middelslag aartappels sout

250ml vrugte blatjang 250ml kookwater

125ml mayonnaise 1 pakkie dik wit uiesoppoeier

Kook aartappels in skil net tot sag. Verhit die oond tot 180C. Dreineer aartappels en halveer elkeen oorlangs. Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in 'n vlak oondvaste bak met 'n inhoudsmaat van ± 2.5liter. Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir 'n halfuur lank. Bedien warm.

AARTAPPELVULKAAN

(Lewer 4-6 porsies)

750g aartappels, geskil 30ml margarien

50ml koekmeelblom 500ml melk

2 eiers geskei 500ml gerasperde Cheddar kaas

5ml sout 1ml mosterdpoeier

gerasperde kaas en broodkrummels gemeng knypie peper

Kook aartappels tot gaar en maak kapokaartappels. Smeer dit op die boom en teen die kante van ’n gesmeerde bakskottel. Stel oond op 200C. Maak witsous van botter, meel en melk. Klits eiergele en roer by witsous. Haal van stoof af en roer kaas, sout, mosterdpoeier en peper by. Klits eierwitte tot styf en vou liggies in witsousmengsel in. Gooi bo-op aartappels in bakskottel. Strooi kaaskrummels bo-oor en bak 25-30 minute. Dien dadelik op. Bedien 4-6 porsies.

SUURROOM AARTAPPELTJIES

18 vars klein aartappeltjies 200ml suurroom

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (47 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

25ml gekapte grasuie

Was die aartappeltjies goed af en plaas dit met skil en al in kokende soutwater. Kook dit totdat dit net sag is. Gooi die water af. Spoel die aartappeltjies vinnig af in koue water en trek die skille af. Plaas aartappeltjies in ‘n oondskottel, gooi suurroom oor en strooi die grasuie bo-oor. Bak dit 10 minute lank in ‘n voorafverhitte oond van 180C.

GEURIGE AARTAPPELS

4 groot aartappels 1 groot ui, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk 60ml gekapte vars pietersielie

250g knopiesampioene, in skywe gesny 1ml droë tiemie

swartpeper, vars gemaal

Skrop die aartappels skoon. Kook in soutwater tot amper sag. Trek die velletjies af terwyl nog warm is en sny dan in groterige blokke. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die sampioene by. Roerbraai tot ligbruin en skep uit. Hou eenkant. Braai die aartappelblokkies in nog olie tot goudbruin. Voeg die pietersielie en gesoteerde groente by. Geur met tiemie en swartpeper. Roerbraai tot lekker warm. Bedien 4 porsies.

JONG KRUISEMENT AARTAPPELS MET KOMKOMMER

450g klein, jong, aartappeltjies gewas & geskraap ‘n paar takkies kruisement

sout en peper ½ groot komkommer, geskil

50g botter 10ml gekapte vars kruisement

150ml dun room

Kook die aartappels met die takkies kruisement 10-15 minute lank in gesoute kookwater tot net efffens sag. Sny die komkommer in die lengte in kwarte en dan in blokkies. Smelt die botter in ‘n pan en soteer die komkommer 5 minute lank. Voeg die gedreineerde gekookte aartappels en gekapte pietersielie by. Geur en meng goed. Voeg die room by, en verhit tot kookpunt. Bedien. Bedien 4-6 porsies.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (48 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

KNOFFEL AARTAPPELS (1)

3 groot aartappels 3 groot uie

5ml sout 80ml sagte margarien

250ml pietersielie (fyn gekap) 80ml knoffel, fyn gekap

1ml peper 125ml kookwater

Stel die oond op 220C. Skil die aartappels en uie en sny dit in skywe van 1cm dik. Rangskik lae aartappel, uie, pietersielie, knoffel, sout en peper in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1.5liter. Stip die margarien bo-op. Gooi die kookwater oor. Plaas deksel op en bak 25 minute in voorverhitte oond. Haal deksel af en bak dit nog 5 minute lank.

AARTAPPELWAAIERS

8 middelslag aartappels, geskil en in egalige ovaalvorms gefatsoneer

75ml Cheddarkaas, gerasper pietersielie

1 suurlemoenskyfie 75ml botter

sout en varsgemaalde peper 75ml Parmesaankaas, gerasper

1 ui, fyngekap

Sny elke aartappel in lang vertikale skywe, sonder om regdeur te sny. Week in koue water met skyfie suurlemoen. Smelt die botter in ‘n pan en braai ui daarin tot sag. Dreineer die aartappels en plaas met die gesnyde kant na bo in ‘n vuurvaste oondbak. Skep die ui en botter oor en geur. Bak vir 30 minute lank in ‘n matige oond van 190C en bedruip nou en dan. Meng die kaassoorte en strooi oor die aartappels. Bak nog 20-30 minute lank tot bros en goudbruin. Bedien 6 porsies.

KAAS EN AGURKIE AARTAPPELS

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (49 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

2 groot aartappels 120ml laevet maaskaas

10ml gekapte pietersielie 2 agurkies (in stukkies gesny)

12.5ml grasuie sout en peper

Aromat

Voorverhit die oond tot 180C en bak aartappels vir 1 uur tot gaar. Sny aartappels in die helfte deur, hol uit en hou doppe eenkant. Maak die uitgeskepte aartappel fyn en meng met maaskaas, agurkies, grasuie en pietersielie. Geur met sout, peper en Aromat. Vul uitgeholde aartappels met die mengsel en bak vir 8 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180C.

AARTAPPELSLAAI MET GROENERTJIE MAYONNAISE

1kg ekstra klein aartappels 125ml natuurlike jogurt

250ml vars jong ertjies of bevrore ertjies, gestoom 125ml mayonnaise

2 huisies knoffel, fyngemaak 30ml gekapte vars grasuie

30ml gekapte vars kruisement sout en swartpeper na smaak

Kook die aartappels in hul skilletjies in soutwater tot net sag. Dreineer en laat afkoel totdat die skilletjies met die hand afgetrek kan word. Verpulp die ertjies saam met die jogurt, mayonnaise en ui. Voeg die kruie by. Skep die groenertjie mayonnaise oor die aartappels terwyl hulle nog warm is en laat afkoel.

AARTAPPELS IN 'N JASSIE

16 ekstra klein aartappels 250ml fyn gerasperde cheddarkaas

500g maalvleis, gegeur met sout en peper 1 medium wortel, fyn gerasper

1 medium groen appel, fyn gerasper 1 medium groen soetrissie, fyn gekap

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (50 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

kookolie vir diepbraai driekwart pakkie uiesoppoeier

175ml water

Kook aartappels tot sag, verwyder skilletjies en sprinkel kaas oor. Laat smelt tot sag en laat afkoel. Meng maalvleis, wortel, appel, ui en soetrissie. Rol elke aartappel in die vleismengsel. Sorg dat daar van die gesmelte kaas op elke aartappel is. Bak bolletjies in warm diep olie tot vleismengsel bruin begin verkleur. Verwyder en dreineer. Pak aartappelbolletjies in 'n kasserolbak. Sprinkel uiesop oor en giet water bo-oor. Bak by 180C vir 20-30 minute of tot sous lekker dik is. Bedien 4 porsies.

KNOFFEL AARTAPPELS (2)

1 pakkie sampioensoppoeier 375ml water

160g gaar fyngekapte hoendervleis 100g fyngerolde aartappelskyfies

180g gaar ertjies 80g gerasperde Cheddarkaas

Roer die pakkie sop by die water en kook totdat dit gaar is - ongeveer 15 minute. Hou 'n bietjie van die aartappelskyfies uit. Pak lae hoendervleis, aartappelskyfies, ertjies en kaas om die beurt in n gesmeerde bakskottel. Giet die sopmengsel bo-oor en strooi die res van die aartappelskyfies oor. Bak 180C vir ongeveer 20 minute of totdat dit bo-op goudbruin is. Bedien 4 porsies.

AARTAPPELS IN FRANSE SLAAISOUS

500g middelslag aartappels, geskil

Franse slaaisous

90ml olyf of sonneblomolie 45ml wit asyn

2.5ml aangemaakte mosterd 25ml heuning

2.5ml gemengde kruie 1 knoffelhuisie, gekneus

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (51 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Laat effens afkoel en sny in skywe. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Gooi slaaisous oor warm aartappels en laat dan heeltemal afkoel. Bedien 4 porsies.

GEBAKTE KAASAARTAPPELS

6 mediumgroot aartappels gegeurde seesout na smaak

50ml botter 3 knoffelhuisies, gekneus

250ml gerasperde kaas (gruyòre of emmenthal) 125ml room of hoenderaftreksel

Kook die aartappels tot net gaar, trek die skille af en sny in dun skywe. Pak in 'n gesmeerde oondbak, geur tussen die lae en stip met botter en knoffel. Gooi room bo-oor, sprinkel kaas oor en bak 30 minute by 220C tot goudkleurig. Bedien 6 porsies.

AARTAPPELS IN KERRIEMARINADE

750g aartappeltjies

Kook die aartappeltjies in soutwater vir 10-15 minute of totdat hulle byna sag is.

Marinade

20ml kookolie 1 groot ui, fyn gekap

2 huisies knoffel, fyn gedruk 25ml matige kerriepoeier

5ml gemaalde borrie 1 rissie, ontpit en gekap

2-3 suurlemoen- of lourierblare 15ml vars gemmer, gekap

30ml appelkooskonfyt 125ml wynasyn

125ml hoenderaftreksel 5ml mielieblom

Verhit die kookolie in 'n swaarboomkastrol, voeg die ui en knoffel by en braai totdat die ui deurskynend

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (52 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai vir nog 2 minute. Dreineer die aartappels en voeg by die marinade. Kook vir nog 5 minute of totdat die aartappels sag is. Pak die aartappels in 'n opdienskottel. Steek peuselstokkies in die aartappels. Maak 'n pasta van die mielieblom en water en voeg by die marinade. Roer aanhoudend. Kook vir nog 1-2 minute totdat die marinade dik word. Gooi in 'n klein doopbakkie en bedien as 'n doopsous saam met die aartappels. Bedien 6 porsies.

AARTAPPEL EN ANSJOVIS GRATIN

300ml vars room 4 knoffelhuisies, gekneus

15ml gekapte vars pietersielie 5ml gekapte vars tiemie

4 ansjovis filette, fyn gekap knypie witpeper

700g aartappels, geskil en in baie dun skywe gesny 200ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer 'n oondpan van 18cm deeglik. Meng die room, knoffel, tiemie, pietersielie, ansjovis en witpeper goed in 'n groot mengbak. Voeg die aartappelskyfies by en meng sodat die aartappels goed met die roommengsel bedek is. Keer dit uit in die voorbereide pan en maak die oppervlak gelyk. Bedek met tinfoelie en bak 40 minute of tot die aartappels sag is. Haal die tinfoelie af, sprinkel die kaas oor en bak nog 15-20 minute tot die kaas gesmelt het en bruin is. Laat sowat 10 minute rus en bedien.

Ons sien nou net growwe granite.

Ons sien hoe die beitel stukkies afkap;

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (53 of 54)05-Jul-11 22:03:24

4e1389d6.ntv

ons voel die skerp punt van die beitel;

ons ken die gewig vand die hammer

en ons gehue en emosies is met hierdie dinge oorlaai.

As ons maar net die groot Kunstenaar se beeld kan sien

na Hy dit meesterlik afgerond het,

sou ons die beitel en die hamer

- en die Meester-Kunstenaar –

beter verstaan het.

Maar wat ookal in ons lewe gebeur,

dit is deel van God se meesterplan

om ons te lei na sy heerlike fokuspunt.

Soos die berge is U rondom ons,

U beskerm ons met U liefde.

http://webmail.eskom.co.za/gw/webacc/2085988e69a33f7ea...6z7z0&Item.Child.id=&Item.Attachment.allowViewNative=1 (54 of 54)05-Jul-11 22:03:24