44

ADRES - GKPEgkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/Augustus.pdfsportkanale of ‘serieskanale’ kry meer aandag, as huis-godsdiens, huisbesoek, wyksbyeenkomste, en noem maar op

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • file:///C:/Users/Innes/Documents/340adq6c0

  • 2

    ADRES: h/v Southey en Brunswickstraat Adcockvale Posbus 27022 GREENACRES 6057 E-POS [email protected] WEBBLAD www.gkpe.co.za FACEBOOK GKPE PREDIKANT: Ds. Theunis Potgieter 041 373 3447 (Pastorie) 083 366 6240 [email protected] KERKKANTOOR: (Landlyn en Faks) 041 373 9647 ADMINISTRATIEWE BEAMPTE: Martie Kruger KOSTER: Dawie Kruger [email protected] KANTOORURE: Maandae, Woensdae en Donderdae: 8:30 - 12:30 Vrydae: 8:30 - 16:30

    Gereformeerde Kerk Port Elizabeth

    Ons vertrou dat u hierdie uitgawe van die Pluimsaad sal geniet. Baie dankie aan ieder en elk wat ‘n artikel, foto of inligting deurgegee het. Menings hier uitgespreek bly die verantwoordelikheid van die persoon wat die bydrae gemaak het of die artikel geskryf het. Stuur asseblief kommentaar of artikels na die Pluimsaad-Kommissie ([email protected]) vir die volgende uitgawe D.V. November 2016

    BANKBESONDERHEDE: ABSA Tjekrekening Nommer: 0290 340 284 Newtonpark Takkode: 511 917

    mailto:[email protected]://www.gkpe.co.za/mailto:[email protected]

  • 3

    INHOUDSOPGAWE

    Die Kerk: Trein of skip? ............................................................................. 4

    Gemeentegroei ......................................................................................... 6

    Die Gereformeerde vrou: Byderwets en roepingsbewus ......................... 10

    GKPE se Borg-’n-Bybelprojek vir 2016 ...................................................... 13

    Meer Bybels vir die wêreld ....................................................................... 15

    Sudoku ...................................................................................................... 16

    Wêreldoorlog II 1940 - 1945 ..................................................................... 18

    Rymloos, ruimloos—’n X-dimensionele belewing .................................... 24

    Rehobot..................................................................................................... 25

    Susters ....................................................................................................... 26

    Sop-en-sjerrie ............................................................................................ 28

    Silwerklub .................................................................................................. 32

    A Gem of a Read ....................................................................................... 34

    Kletskombuis ............................................................................................. 36

    Naasteliefde .............................................................................................. 39

    Waar is ons kerk? ...................................................................................... 40

    Advertensies ............................................................................................. 43

    Gebed ........................................................................................................ 44

  • 4

    DIE KERK : TREIN of SKIP? Ek het altyd gedog ek is op ‘n treinrit oppad deur die lewe, met die hemel as bestemming. En die trein is die kerk. En as ek sorg dat ek die regte trein kies, kan dit heel rustig wees....., ek hoef nie eintlik veel te doen nie, net af en toe (Sondagoggende) van my kompartement na die eetsaal toe gaan om gevoed te word! Maar ek moet net doodseker maak dis die regte trein, nie die een waarvan David Kramer sing “hul dink hulle is op die hemeltrein, maar die duiwel stook die vuur” nie! En mens kan nog afklim as jy nie meer lus het vir saamry nie – bedank maar net die kerk. Toe sê iemand vir my, nee, die lewe is die oop see en die kerk is eintlik ‘n passasierskip waarvan jy nie kan afklim as jy nie meer wil saamry nie. En as jy die regte een kies, is jy op pad hemel toe en dit kan heel luuks en gemaklik wees, so met die bemanning - dis nou die predikant, die kerkraad en die wyksusters - wat jou bedien en bederf en spesiaal laat voel. Jy hoef geen moeite van jou kant af doen nie, maar net so nou en dan van jou dekstoel af op te staan om kos te kry of iets lekkers te doen – “hulle” doen alles! Toe gaan ek nou die dag saam met Ds Theuns koffie drink en ek sê vir hom ek is regtig gelukkig in die Gereformeerde Kerk Port Elizabeth, dis regtig ‘n gawe passasierskip om op te wees, almal is so vriendelik en hulpvaardig! Groot was my ontnugtering toe Ds Theuns vir my sê as ek dink dis ‘n passasierskip, maak ek ‘n groot fout – dan is ek nie op die regte skip nie! Die Gereformeerde Kerk Port Elizabeth is ‘n OORLOGSKIP! Die predikant en kerkraad is die offisiere en die lidmate is die soldate! En hierdie soldate is elke dag in verwoede gevegte met die vyand betrokke! Daar is nie tyd vir rondlê op gemaklike dekstoele nie, en as daar bedien moet word, moet jy self uitspring – jysélf is die “hulle” wat iets moet

  • 5

    doen. Elke bemanningslid het ‘n spesifieke onontbeerlike funksie om te verseker dat die skip nie oorrompel word nie, bv. as die een wat moet waghou nie op sy pos is nie, is daar moeilikheid, as die soldaat wat die kanonkoeëls moet aangee dit nie doen nie, kan die kanonier nie vuur nie, as die een wat die gewondes en banges moet versorg nie daar is nie, raak die moraal laag, ens.! Hierdie vyand se aanvoerder se naam is Satan. Hy en sy trawante val ons op alle moontlike maniere en plekke aan! Hy hou by geen reëls in hierdie oorlog nie, hy gebruik enige moontlike taktiek - van direkte aanvalle tot sielkundige oorlogvoering - waar hy met ons koppe en ons sintuie smokkel om ons halfhartig..., of selfs te laat ophou veg, of oorboord te laat klim na sy skip, op pad hel toe! So, mede-soldate op die Oorlogskip genaamd “Die Gereformeerde Kerk Port Elizabeth”, my oë het oopgegaan! Ek salueer julle – en bid elke dag dat elkeen van ons ons plek sal volstaan in hierdie oorlog, elke geveg met passie sal veg, elke aanval sal teenstaan en die stryd sal volhou, sodat Satan nie bietjie-vir-bietjie van ons bemanningslede na sy kant toe oorgewen sal kry nie! Peet van Rooy Junie 2016

  • 6

    GEMEENTEGROEI In dié maand wil ons graag oor Gemeentegroei gesels. Na aanleiding van Ds Theunis se preek op 24 Julie 2016, uit Openbaring 12: 17 – 5:6. Teks Open: 12:13-14. Tema: God sorg vir sy kerk. Aanhaling uit ds. Theunis se opsomming: Toe Satan op die aarde neergegooi word het die aarde duiwels begin word. Satan se oog is nou op die kerk - ook op my en jou. Toe lees ek die artikel van ds. Janice Bevolo-Manders, in die Vrouekeur van 15 Julie 2016, p66, aangaande ‘’Die Trojaanse perd”. Beide gaan oor die rooi draak wat die gelowiges wil aanval en vernieting. Ons word verlei om vir sy bose dade te val. Om hom gehoorsaam te wees. Ons Hemelse Vader te versaak. Ek gaan nou die stuk oor die Trojaanse perd weergee en daarna weer verder bespreek. Die Trojaanse perd: Die Here is nie teen tegnologie gekant nie. Hy is teen die dinge wat ons geestelik, fisiek en emosoneel benadeel. Volgens oorlewering het die Grieke tien jaar lank die stad Troje probeer binneval, maar sonder sukses. Uiteindelik het Odysseus ‘n plan beraam. Aangesien perde vir die Trojane ‘n heilige dier was, het die Grieke ‘n reuseperd uit hout gemaak, en voorgegee dat hulle die perd as ‘n geskenk daar laat. Toe die Trojane sien dat die Grieke almal weg is, het hulle die reuseperd die stad ingedra. Party het gewaarsku teen die perd, terwyl ander weer gesê het dis mos skadeloos. Daardie aand het hulle ‘n groot partytjie gehou en te veel gedrink.

  • 7

    Die perd was egter uitgehol en binne-in was ‘n hele klomp van die Grieke se dapperste vegters versteek. Teen middernag het hulle uitgespring, die wagte vermoor en toe die poorte van die Stad oopgesluit sodat die Griekse soldate die stad kon binneval. Vandag het ons ‘n gesegde vir wanneer iemand ‘n vyand onwetend tot in die veiligste deel van hul bestaan inlaat. Dan sê ons: “Hulle het die Trojaanse perd binnegenooi.” ‘n “Perd” wat beslis by ons ingeglip het en wat hier is om te bly, is tegnologie. Op sig is tegnologie nie ‘n slegte ding nie – dis revolusionêr op soveel gebiede en het ons lewens verbeter en vergemaklik. Ons praat dus nie teen tegnologie nie. Dit gaan oor die verslawende effek wat byvoorbeeld ons fone (WhatsApp en Facebook) en rekenaars (met speletjies, pornografie, ensovoorts) op ons het. Die ironie is dat dit eintlik ‘n sosiaal aanvaarbare verslawing is. Die punt is egter: ‘n verslawing bly ‘n verslawing, want dieselfde deel van jou brein word aangetas. Ons bestee elke dag ure op ons fone en rekenaars – ons is tog so bang om iets te mis. Hulle noem dit “fomo” - “fear of missing out”. Al die toestelle lei ook grootliks tot isolasie. Ons kan as gesin saam om die kombuistafel sit, maar as Pa e-posse antwoord, Ma op Pinterest besig is, sussie met oorfone in haar ore sit, en boetie op sy foon speel, raak ons geïsoleer. Ons is saam, maar ook nie saam nie. Kyk ‘n bietjie hoeveel kinders sit met oorfone in hul ore as hul ouers hulle skool toe vat – dit is eintliik die beste tyd van die dag om met mekaar te gesels, maar ons vermors dit. Dit is nie God se plan vir ons gesinne nie. Die Here het ons gebou vir verhoudings – “face tot face”-verhoudings.

  • 8

    Wat duidelik is uit 1 Kor 6:12 (Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit), is dat ons die vryheid het om alles te geniet, maar wanneer iets beheer of ‘n houvas oor ons kry, dan het ons die lyn van goeie geestelike en fisieke gesondheid oorgesteek. Die Here is nie teen tegnologie gekant nie. Hy is teen die dinge wat ons geestelik, fisiek en emosioneel benadeel. Die Here is teen enigiets wat jou van Hom af weghou. God sê eintlik: Ek wens jy kon soveel tyd, of selfs net ‘n deeltjie van die tyd wat jy aan jou selfoon bestee, aan My afstaan! Kom ons wees lugtig vir die Trojaanse perd in ons midde en gaan met groter verantwoordelikheid daarmee om. Nou ja, sal jy vra waar kom gemeentegroei hier in? Die rooi draak, Duiwel of Satan of Slang van ouds of Trojaanse perd is in ons midde daaroor kan ons nie stry nie. Ons kerkbesoek, gemeentefunksies, katkisasie en Bybelstudies ly daaronder en getuig baie duidelik daarvan. Hier kan ons nog die TV, met al sy kanale en veral sport byvoeg. Ons kerke loop leeg weens hierdie tegnologie. God is nie meer belangrik vir ons nie. Die sportkanale of ‘serieskanale’ kry meer aandag, as huis-godsdiens, huisbesoek, wyksbyeenkomste, en noem maar op. Dit plaas ons totaal in isolasie van mekaar. Mag ons Gereformeerde Kerk, Port Elizabeth, vroegtydig wakker skrik, uit ons isolasie kruip, weer as gemeente saam-kom, God loof en prys met alles in ons en kom luister na God se woord. Ds Theunis se preke bied so baie, veral sy aandpreke. Sommige mense met kinders sê hy preek te hoog vir ons kinders - ek stem werklik nie saam nie. Toe julle die Doopbelofte afgelê het,het julle beloof om die woord aan julle kinders te vertel en verduidelik. Juis op pad huis toe van die kerk af, is dit die ideale tyd om met kinders oor die preek te praat en te verduidelik. Maar nee, elkeen is met sy selfoon of tegnologie besig. Nie tyd om met mekaar te praat nie.

  • 9

    Ek sluit af met Heb.:10:25 “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom. Kom ons koop die tyd uit en moedig mekaar aan om mekaar lief te he en mekaar te ondersteun waar dit nodig is.” Moedig mekaar aan om te kom tee/koffie drink na kerk en so mekaar te leer ken. Met gemeentefunksies so veel opdaag dat hulle moet sê “wat gaan nou aan?” En bowenal: moedig mekaar aan om die eredienste by te woon. Liefde in Jesus Christus Annalie Cilliers Sel: 083 650 6601 Tel: 041 379 2161

  • 10

    DIE GEREFORMEERDE VROU: BYDERWETS EN ROEPINGSBEWUS (‘n Uittreksel uit die inleiding van die tema van die Suster- saamtrek: Oudtshoorn, 1 Maart 1986, in die lig van die eise en maatstawwe wat daamee verband hou, wat deur my in my amp as rektor van Onderwyskollege P E, aangebied is.) Ek het kennis geneem van die GKPE-kerkraad se loflike doel-wit insake die uitbou van ons kerk vorentoe. Aangesien vroue, selfs tydens die patriargale opset in die kerk en maatskappy, nog enkele dekades gelede en die Bybelse tyd, ‘n beduidende, maar ondergeskikte, rol gespeel het, is die stellige verwagting dat daar met die oog die bereiking en standhouding van hierdie missie, vroue steeds ‘n gelykwaar-dige rol met manlike lidmate sal speel. Die tema van hierdie artikel is 30 jaar gelede behandel, maar in baie opsigte vandag nog tersaaklik, hoewel die kerklike en maatkaplike om-gewingsomstandighede, en selfs geloofsbelewing, gedurende hierdie drie dekades soms dramaties verander het, en ook gereformeerde lidmate/ gemeentes geraak het. Die veranderinge en die gevolge daarvan, moet dus, nie net met die oog op kerkuitbouing nie, maar ook ten aansien van die tema – die gereformeerde vrou as byderwets en roepings-bewus – geskied. Hierdie artikel is inleidend vir twee opvol-gende verbandhoudende bydraes in “Pluimsaad”. * Byderwets: Die HAT definieer dit as “volgens die heersende mode, gebruik en opvatting”. Die teenoorgestelde van “ouderwets”, maar tog “modern” en moenie gelyk gestel word met “wêreldgesind” nie. Christus verklaar dat sy vol-gelinge -- dus ook die gereformeerde moderne vrou – die sout van die aarde is. En sout gee krag en smaak en dit werk bederf teen. Die waarde lê in die skoon en kragtige andersheid. Sodra die byderwetse Christen dus wêreldge-lykvormig lewe, verloor sy haar andersheid, en derhalwe ook haar krag en bederfwerende andersheid.

  • 11

    Roepingsbewus: “Roeping” beteken “innerlike drang tot ‘n werk, beroep of lewenstaak”; en as jy kennelik bewus is van hierdie drang, dan is jy roepingsbewus. Ons sal moet kyk na wat hierdie roeping alles behels en dit spieël in die lig van die eise en maatstawwe wat verband hou met die gebruike en gewoontes op alle lewensterreine wat deesdae (in ons tyd ) gangbaar is, dit wil sê, wat “byderwets” is. Ek herhaal: die gereformeerde vrou sien en belewe die Woord van God as die hoogste en finale (absolute) riglyne vir haar lewe en roeping as vrou. Dit is dan gepas dat u teruggevoer word na die oorsprong van die Christelike wêreld- en lewens-beskouing, die Heilige Skrif, so beeldryk as wat dit is. Ek ver-wys na twee eksemplare (voorbeelde), eeue van mekaar ver-wyder, naamlik Paulus se woorde aan Timoteus in die Nieu-Testamentiese tyd, so 2000 jaar gelede, en ook van Salomo, selfs nog eeue vroeër, in Spreuke 31. Paulus verklaar: “Van vroue wil ek hê dat hulle ook in hul kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hul ver-siering moenie (net) haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, maar ook goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien. ‘n Vrou moet in die ere-diens stil en onderdanig (aan die Woord) wees – (soos alle ander lidmate … my invoeging)… en haar laat leer (soos ons mans ook). Sy sal redding vind in moederskap as sy volhard in die geloof, liefde en ‘n heilige lewe, en daarby beskeie bly.” Laat ons onthou dat Paulus besig was om die Woord onder die inspirasie van die Heilige Gees te verkondig, en die gelowiges van daardie tyd te leer om daarvolgens te lewe.

  • 12

    Daar staan nie die vrou mag nie versierings dra of haar goed versorg nie; dit moet wel nie al versiering wees nie. Haar ware versiering moet haar lewenswyse en haar werke wees. Let op die beklemtoning van waardigheid, geloof, moeder wees, liefdevolheid en hoogstaande sedelike lewe. Oor die algemeen lyk dit of die Christenvrou van destyds ‘n redelik lae profiel in die samelewing moes handhaaf, maar darem nie in elke opsig nie. Paulus wys veral na geestelike persoonskwaliteite en dui nie pertinent die praktiese roepingsuitlewing van die vrou aan nie. Met die aanbreek van die huidige tydsgewrig ‘n klompie dekades gelede het die vrouelidmaat se posisie stadigaan verander van “ondergeskikte”, dikwels “swygende,” lidmaat tot deel-nemende en leidende lidmaat, soos byvoorbeeld haar deelname aan die sustersvereniging, barmhartigheidsdiens, kommissie- en sekretariële werk, katkisasie-onderrig, die dia-konie, ens. So tong-die-kies (verskoon die Anglisisme), watter man kan in ons kerk die versorging van “Pluimsaad’’, musiek- en koorafrigting by geleentheid onderneem, en sake soos Rehoboth, en verversingsreëlings en gemeente-etes hoegenaamd behartig ? Dis klaarhelder dat sy tans byna oral as ‘n “volwasse” en gelyke van die manlike lidmaat beskou en verwelkom word, en derhalwe ‘n gelyke aandeel in ‘n kerkbou-aksie behoort te neem.

    (Die volgende aansluitende artikel handel veral oor wat Koning Salomo ons oor die vrou in die gemeente leer, en wat vandag nog dwingend geldig is.)

    Louis van der Walt 22 Julie 2016

  • 13

    GKPE SE BORG-'N-BYBELPROJEK VIR 2016

    Met twee derdes van 2016 wat reeds agter ons lê, is dit al weer tyd om met ons gemeente se jaarlikse fondsinsameling vir Bybelver-spreiding te begin. Ons het verlede jaar, soos sedert 2014, vanaf 6 September tot 6 Desember weer 'n fondsinsamelingsprojek in ons gemeente geloods om Bybels te borg vir verspreiding deur die Bybelgenootskap van SA onder Graad 7-leerders in die Oos-Kaap. Ten spyte van die steeds toenemende ekonomiese druk en alleen deur die Here se wonderlike seën is die pragtige bedrag van R24 229,70 vir 538 nuwe Bybels (teen R45 elk) gedurende die drie maande van die projek ingesamel om onder behoeftige Graad 7-leerders, wat nie 'n eie Bybel kan bekostig nie, hier in ons provinsie te versprei. Ons aanvanklike mikpunt was 400 Bybels! Die aantal Bybels wat ons gemeente geborg het, gaan DV gedurende Augustus en September 2016 deur personeel verbonde aan die plaaslike tak van die Bybelgenootskap van SA aan Graad 7-leerders in 12 verskil-lende laerskole rondom Port Elizabeth en in omliggende gebiede, soos Pearston en Cookhouse, versprei word. Die Borg-'n-Bybelkomitee beoog om hierdie jaar 'n soortgelyke fondsinsamelingsveldtog van stapel te stuur vir die 3 maande wat strek vanaf Sondag, 4 September tot Sondag, 4 Desember. Ons het gevoel dat, omdat daar veral met die huidige tendense in ons land so 'n groot behoefte bestaan om die Woord van God onder die jeug van Suid-Afrika bekend te stel, ons vanjaar weereens geld gaan insamel om nuwe Bybels onder behoeftige Graad 7-leerders in van die arm-ste skole in ons omgewing en provinsie te kan versprei. Die Bybels se koste is op hierdie stadium steeds R45 per eksemplaar, maar aangesien die pryse in sowel November 2014 en November 2015 elke keer met R5 per kopie verhoog is, gaan ons sommer uit die staanspoor werk op R50 per Bybel. Die talle probleme wat leerders in baie van die arm staatskole, ook in die Oos-Kaap, op 'n daaglikse basis moet oorkom, sluit gebrekkige infrastruktuur, sekuriteitsprobleme, vandalisme, geweld, tiener-swangerskappe, MIV/Vigs en dwelm- en alkoholverslawing in. Graad 7-leerders staan aan die begin van hulle tienerjare en die Bybelse boodskap kan moontlik daartoe bydra dat hulle 'n goeie waardestelsel ontwikkel om hulle te help om die regte keuses in hulle lewens te maak,veral in hierdie bose tye waarin ons leef. In baie gevalle is so 'n gratis Bybel die enigste een in 'n huisgesin se besit.

  • 14

    Ons wil graag soos die vorige kere, ons kinders en jeug betrek deur aan dié wat by die projek betrokke wil raak, Borg-'n-Bybeldosies uit te deel waarin hulle munte kan versamel vir 'n muntlegging, wat so teen die einde van die drie maande gehou sal word. Die presiese datum sal op 'n latere stadium bekend gemaak word. Die dosies sal weer by Henriëtte Brummer beskikbaar wees. Soos tydens die vorige drie jaar, gaan ons ook weer van die baro-meter voor in die kerk gebruik maak om Sondagoggende voor die diens die vordering, wat met die fondsinsameling gemaak word, aan die gemeente deur te gee. Spesiale Borg-'n-Bybelkoevertjies sal, soos voorheen, by die deure en by Anna-Marie de Waard beskikbaar wees, maar gewone koeverte kan ook gebruik word. Merk dit net asb. baie duidelik as “Borg-'n-Bybel”. Ons wil dus weereens 'n vriendelike, dog baie ernstige beroep op die hele gemeente doen om julle harte en beursies oop te maak vir hierdie jaar se projek en om weer mildelik daartoe by te dra. Want vir elke R50 wat ons insamel, kan ons 'n Bybel in 'n behoeftige jong tiener se hand plaas, wat sy of haar lewe totaal kan verander. Dink asseblief ook gereeld in julle gebede aan ons projek, want sonder die Here se seën daarop sal ons nie sukses kan behaal nie. Laat ons probeer om vanjaar nog 'n groter bydrae as verlede jaar te maak vir die uitdra van God se Woord hier op aarde. Alle dank en lof kom ons Hemelse Vader toe vir sy groot liefde en genade wat kragtig in mense se harte werk! Onthou, vir baie jongmense is hierdie kans om Jesus Christus as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker te leer ken dalk die aller-grootste geskenk wat hul ooit in hulle lewens mag ontvang! GKPE Borg-'n-Bybelkomitee

  • 15

    Meer Bybels vir die wêreld Hier is so ‘n brokkie nuus van die Bybelgenootskap: In 2015 het Bybelgenootskappe vir die eerste keer meer as 34 miljoen Bybels (34 396 611) in die wêreld versprei. Word Tes-tamente, Evangelies en Bybelseleksies bygetel, vermeerder die getal tot 418,7 miljoen Bybels en Bybelgedeeltes. Die land waar die meeste volledige Bybels in 2015 versprei is, was Brasilië. Daar is 7,6 miljoen volledige Bybels versprei, meer as twee keer die 3,7 miljoen Bybels wat in China versprei is. China is die land waar die tweede meeste volledige Bybels versprei is. Theunis Potgieter

  • 16

  • 17

  • 18

    WêRELDOORLOG II 1940 – 1945 Enkele herinneringe (deur Theo Boekkooi)

    Maande lank reeds het donker wolke oor Nederland saamgepak, maar die volk het angsvallig bly hoop dat hul neutraliteitsverdrag met Duitsland hulle sou vrywaar teen oorlogsgeweld. En toe, op 10 Mei 1940, bars die storm los. Ek was drie jaar oud daardie onheilsnag toe die telefoon onder in die gang my rondom 3 uur die oggend wakkerlui. Ewe nuuskierig het ek bo-aan die trap gesit en luister en my ma hoor sê: “Met Vier-en-twintig vyf-en-veertig”, net ons telefoonnommer, maar die heel eerste bewuste herinnering van my lewe wat steeds tot vandag in my brein ingebrand is as die begin van vyf dramatiese oorlogsjare. Die stem aan die anderkant (oom Wim van Dijk,’n grootkop by Defensie) het laat weet dat die Duitse militêre inval van Neder-land – teen Hitler se volgehoue beloftes in – sojuis begin het. As dit ooit sou gebeur, was afgespreek dat my ma en ons vier seuns so gou moontlik vanuit Eindhoven by my pa (wat in Leiden ‘onder die wapen’ was) sou aansluit. ‘n Taxi is gebel, en douvoordag dié oggend was ons op pad. Kort voor 6-uur, nog in pikdonker, loop ons ons vas teen geweervuur op die Moerdijkbrug, naby Dordrecht. Ja, die einste plek van die aan ons bekende 17e eeuse Dordtse Leerreëls, nogal. Alle voertuie (min in daardie tyd en dae) is gevorder en moes net daar ag-terbly. Ons moes noodgedwonge oor die kilometerlange brug voetslaan ter-wyl koeëls gedurig om ons fluit. Nou, wat weet ‘n outjie van drie van lewensgevaar, sou ‘n mens kon sê. Tog onthou ek helder en onuitwisbaar die gevoel van “hier kan ‘n mens doodgaan”. Ons bereik die oorkant sonder letsel, en sak neer op die gras van die polderland. En daar kyk ons oop-mond hoe ‘n eindelose swerm klein mannetjies met groot wit “sambrele” vanuit vliegtuie neerdaal. Een land toe kniediep in ‘n watersloot, en wink een van my broers nader om sy geweer te kom vashou terwyl hy hom van sy valskerm ontdoen, een van die vyand wat besig was om ons land – letterlik – binne te val. Duitsland het toe reeds ‘n Wehrmacht opgebou gehad wat skrik vir niks, en sekerlik nie vir ‘n klompie naïewe en oorblufte Nederlandse verdedigers wat nouliks besef het wat hulle tref, en die oorlog op dié plek moes aandurf met twee kanonne en ‘n handvol gewere. Die “lugmag” se skamele paar dubbeldekker-vliegtuigies was selfs nog in die loods. Ons is aangesê om skuiling te soek in ‘n huis in Dubbeldam, ’n klein entjie daarvandaan, en moes op die vloer binnekant platlê agter ‘n muur. Maar voor die middag aangebreek het, is die huis feitlik oor ons koppe uitmekaar geskiet en moes ons holderstebolder ons toevlug neem in ‘n ondergrondse skuilkelder.

  • 19

    Tot vandag toe hoor ek nog steeds die hartverskeurende snikke van ‘n vrou langs my. Haar man, het my ma verduidelik, was dodelik getref. Dis net daar waar my herinneringe aan dié dag subiet tot ‘n einde gekom het.

    Toe Nederland binne dae tot oorgawe gedwing is na die verskriklike bom-bardement van Rotterdam op 14 Mei (onder dreigemente van soortgelyke optrede teen ander groot stede indien Nederland nie onverwyld sou kapitu-leer nie) is ons terug Eindhoven toe met dieselfde taxi wat eensaam en alleen by die brug bly staan het nadat die bestuurder hom direk by aankoms vinnig buite werking gestel het, joos weet hoe. Onklaar-gemaakte bedrading? Vir ‘n seuntjie, later op laerskool, was die Duitse besetting eerder ‘n avontuur as ‘n wesentlike probleem. Bepaald traumaties was egter wel dat my pa (leraar ekonomie en betrokke by die ondergrondse versetsbeweging) in ‘n nagtelike razzia gevange geneem en maande lank in ‘n gyselaarskamp aangehou is. Besoeke was ten strengste verbied, maar ek onthou dat ons tog één keer in die geheim gaan “kuier” het – ‘n daglange fietsrit – om hom net vir ‘n minuut, hoogstens twee, in die heel verre verte agter ‘n venster te sien staan en vir hom te waai. Uiteindelik het hy daarin geslaag om te ontsnap en met ‘n fiets deur die bosse na ‘n ‘onderduik’-adres te vlug. Daar-na het hy sy aandag grotendeels aan die versetsbeweging toegewy, en het ons hom maar uiters selde gesien. In Eindhoven het Anton en Gerard, twee Philips-broers, teen die einde van die 19e eeu (1891) die heel eerste van die wêreldbekende Philipsfabrieke opgerig, aanvanklik vir die vervaardiging van gloeilampe. Die fabriek is deur die Duitsers vir die bou van oorlogstuig oorgeneem, en het toe gereeld deurgeloop onder herhaalde vernietigingspogings deur die geallieerdes om die besetters se produksieprosesse te verlam, en hulle te verdryf. Ek het al gou-gou die Engelse, Amerikaanse en Duitse vegvliegtuie en bomwerpers se name en kenmerkende enjingedreun soos tweede natuur uitmekaar geken, sy dit nou Spitfires, Typhoons, Hurricanes, Mustangs, Messerschmitts, later ook Gloster Meteor straaljagters, en bomwerpers soos Lockheed Lightnings, Mitchells, Lancasters, Boeings, Stuka’s, Junkers, Dorniers ens. Ook die bombardementmissies van Amerikaanse en Engelse bomwerpers onderweg na Duitsland (begelei deur hul jagvegvliegtuie) was ‘n bekende gesig. Die Britte het dikwels relatief laag gevlieg, die Amerikaners gewoonlik op groot hoogte, buite bereik van grondafweergeskut, met hul vliegtuie dikwels net sigbaar as kondensstrepies. Die lug het dan geskitter van dwarrelende silwerpapier wat hulle uitgestrooi het om grond-afweergeskut te verwar.

  • 20

    Op skool het die loeiende lugalarm-sirene lesse dikwels onderbreek en moes ons – met blik naamplaatjies om ons nekke – onder die banke of in die gewapende betonkelder skuiling soek totdat die monotone sirene se ‘vry-alarm’ afgegaan het. Ek sal nie weet waarmee die Duitse besettingstroepe hulself daagliks besiggehou het nie, behalwe wanneer daar gereeld ‘n pelo-ton op marsjeeroefening in ons Eindhovense Stratum Gerarduslaan verby gekom het. Dié het met uiters bewonderenswaardige presisie geskied: almal se elke tree het absoluut perfek gesinchroniseerd geklink, met die staal onder hul laarse as die klinkende instrumentarium op die straatstene. Dan het hulle soldateliedjies gesing, vokaal só benydenswaardig-voortreflik, asof hulle nou net uit ‘n hoogs gedissiplineerde Duitse mannekoor ‘ontsnap’ het. Die meerderheid van hulle was waarskynlik netjiese kêrels wat ook maar net gedwonge hul verdomde (excusé!) Hitler-landsplig moes gaan uitvoer, für Volk und Vaterland. Dat baie van hulle mettertyd geradikaliseer is, mag mens ongelukkig ook wel stellig aanneem. Tuis was daar saans verduisteringsplig en alle gordyne moes potdig toegetrek bly. Dan het ons met klavierbegeleiding deur ons strydhaftige moeder ons patriotisme onmiskenbaar gemaak deur uit volle bors vader-landse liedere of die Nederlandse volkslied ‘Wilhelmus van Nassouwe’ te sing, en soms selfs die Nederlandse versie van die ‘Hatikvah’ (die Hoop), die Joodse volkslied, om daarmee die besetter moedswillig te tempteer. In 1937, op tien maande, het my reguit ‘kykers’ eensklaps radikaal perma-nent skeel ‘gespring’, met die een oog reguit en die ander een onsigbaar in die binnehoek, en ook presies identies andersom, wisselend. Laat dit maar gerus aan die Rooms-Katolieke Noord-Brabantse jeug oor om lekker daarmee te spot. Dit het my in alle eerlikheid nooit negatief geraak nie, maar eerder geamuseer. Dié liedjie is soms gesing: “Schele wiep, schele wap, waarom luste gij geen pap, waarom luste gij geen meel, dáárom kijkte gij zo scheel”. Of kommentaar soos: “Moeje‘s kijken: Hij kijkt met z’n linkeroog in z’n rechter broekzak. Knap hè!”: (beteken slim nè!) Min gepla, ongeërg, het ek die spotters dan verseker: “ ‘t Komt in orde. ‘t Wordt weer rechtgezet.” Dis presies wat Februarie 1944 in Eindhoven se St. Jozef Ziekenhuis aan die Aalsterweg gebeur het, die regstelling-ingreep toe ek 7½ jaar jonk was, onder plaaslike druppelverdowing. Dit was glad nie seer nie, het net bietjie ‘snaaks’ gevoel. Maar dit was vir my deksels interessant om die oftalmoloog, Dr. Tillema, en sy verpleegster-helper in optiese illusie soos miniatuur-poppies langs die operasietafel waar te neem. Daarna was dit totale duisternis, na my oë vir ‘n paar dae toegeplak is. My ore was egter wawyd oop. Wens hulle was nóg…. Ook daar – soos tuis – het geallieerde bomwerpers elke nag op hul ge-nadelose missies na Duitsland oorgevlieg. Wanneer hulle begin dreun, het

  • 21

    nonne-verpleegsters, al ‘ysberende’ (op-en-af, soos ysbere) geloop deur die saalgang en sonder ophou die “Weesgegroet” R.K.-gebed gebid: “Wees gegroet Maria, vol van genade, de Heer is met U, gij zijt de gezegende onder de vrouwen, en gezegend is Jezus, de Vrucht van uw schoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid voor ons, zondaars, nu en in het uur van onze dood. Amen”. En as dit uiteindelik stil geword het na die bomwerpers almal verbygevlieg het, is daar besluit met: “In de naam van de Vader, en van de Zoon, en van de Heilige Geest, Amen”. Behalwe die “Onze Vader” is die “Weesgegroet” steeds verreweg hul bekendste gebed. Dit was vir my in die diep-duistere nagte ‘n onvergeetlik-aangrypende ervaring. Terloops, die oogoperasie was toe ‘n volledige sukses. In hoofsaak om oogspiere tegemoet te kom, het ek ‘n brildraer geword. Sedert die eeu-wisseling kyk my regteroog egter nie meer volkome reguit vorentoe nie. Terug by die 1944 oorlogsgebeure: Die 6 Junie 1944 (D Day) invasie- landingstroepe het geleidelik vanuit Normandië na die Noorde opgeruk, en daarmee saam het gedurig bulderende kanonvuur algaande nadergekom. Sondag 17 September 1944 was ‘n merkwaardige dag. Na ons net goed en wel van ons kerkdiens tuisgekom het, het daar met magtige dreuning ‘n menigte Dakota’s met sweeftuie agteraan in skynbaar eindelose formasies van drie langs mekaar oor ons huis gekom, ‘n indrukwekkende en onver-geetlike gesig vanuit ons tuin. Min het ons toe geweet dis die geallieerde troepe van ‘Operation Market Garden’ onderweg na Arnhem en hul ramp-spoedige nagenoeg algehele uitwissing, as gevolg van Montgomery se “A bridge too far”-debakel. Dit het die oorlog tot 5 Mei 1945 uitgerek in die res van Nederland bo die riviere. Teen skemeraand van opvolgdag 18 Septem-ber het die Sherman-tanks van die geallieerdes vanuit die Suide twee-twee langs mekaar Eindhoven binnegerol om ons te bevry, ‘n onbeskryflike fees vir die derduisende inwoners wat hul helde aan die hoofstraat Aalsterweg met uitbundige gejuig verwelkom het. Skemeraand 19 September het die tankbemannings die steeds uitbundig feesvierende menigtes aangemaan om onmiddellik huistoe te gaan. Kleurvolle ligkoeëls het die lugruim begin ‘versier’, so asof hulle daarmee die feesvreugde nog verder wou verhoog. Maar intussen was dit die vyand se werk. Die Duitsers het ‘n vernietigende bombardement op Eindhoven beplan om die stad indien moontlik te herower. Ons Gerarduslaan is ‘n systraat van Aalsterweg, en ons was binne minute tuis, net voor die eerste bomme vanuit die Junkers duikbomwerpers neerreën. Die stad het ongenadig deurgeloop, en ook naby ons was ‘n hele straat se huise vernietig. Nood leer bid, en met elke bomwerper se duikdreun en gepaardgaande bomgesuis vrees en bid mens met groter dwingende intensiteit. ‘n Hele paar honderd van die burgerlike bevolking het die aand omgekom. Daarna was daar onophoudelike geknetter, asof straatgevegte met masjiengeweervuur aan die gang was - waarskynlik dít, sowel as eksplosiewe ladings wat geraak is en ontplof het.

  • 22

    Na die bevryding van Eindhoven het die geallieerdes hul tanks orals langs die strate parkeer. Hul bemannings was gawe, vriendelike ouens wat van alles en nog wat vrygewig met die Nederlandse burgers gedeel het. Hulle voorrade was oënskynlik eindeloos, en die ronde blikkies John Player ‘cigarettes for pappa, and chocolates for mamma’ (vir baie lang tye on-verkrygbare luukses) is dan ook met groot dank aanvaar. Ons klein outjies het reeds gou-gou ‘n klompie Engelse woorde ‘opgetel’ van ons bevryders. Hulle was ook maar te bly om vir ‘n verandering weer ‘n slag gewone mense en kinders te kon meemaak. In die daaropvolgende maande het ons ‘n geëvakueerde gesin uit onbevryde Nederland gehuisves, asook nuut-verworwe vriende uit die geledere van Engelse en Kanadese tanksoldate. Vir ons as destydse inmiddels oorlog-gesoute vier broers was ‘ons’ twee baie jong Kanadese, Liezel en Buchanan, nogal vermaak-lagwekkend se-nuweeagtig en vreesbevange. Hulle het nooit by ons voordeur uitgegaan sonder geweer-in-aanslag nie. Tydelike vriendskappe is verbreek toe hulle weer in ander gebiede moes voortgaan om die land en sy mense te gaan bevry. Ons was lankal gewoond aan die nagtelike luggevegte bo ons koppe, en ook aan die vreesaanjaende, oorverdowende geronk van die Duitsers se V1-projektiele – gelanseer vanuit die Noordeliker onbevryde Nederland – as hulle met enorme lawaai verby-rammelronk, op pad na Bel-giese teikens. Meer skrikwekkend as die gruwelike lawaai, was egter ‘n skielike doodse stilte, want dit het beteken dat die vlieënde bom dan voor-tydig neerstort. Twee V1’s het só onbedoeld op Eindhoven ‘te lande gekom’ en elkeen het ‘n hele huisblok met die grond gelykgemaak. Dié swart pro-jektiele was naamlik maar nog primitief sover dit geleide missiele betref, en kon bv. deur vinniger Gloster Meteors afgeskiet word waar dit ook al veilig sou kon ontplof, of selfs deur ‘n vlerktippie van ‘n vegvliegtuig in ‘n ander koers gedwing word. ‘n Nonnetjie het by staking van die V1-lawaai ernstig tot Maria gebid: “Ach, m’n Lieve Vrouwke, geef hem nog een douwke”…(stoot hom tog asb. nog net bietjie aan). Ja, by al die oorlog-ellendes is daar gewis tog wel ook humoristies-lagwekkende insidente. Op ‘n middag in Oktober 1944, rofweg ‘n maand na Eindhoven se bevryd-ing, het ek en my nou oorlede broer Jaap die weilande so’n kilometer of wat van ons huis af opgesoek vir die lekkerste grasvoer vir ons marmotjies. Ons was net mooi op pad terug toe ek ‘n vliegtuig hoor met ‘n suisgeluid wat ek nie kon identifiseer nie. Kort daarna sien ons ‘n stofwolk styg op naby die Roomse St. Gerarduskerk, seker net ‘n klipgooi van waar ons huis moet wees. Ons hol soontoe. Die vliegtuig, het agterna geblyk, was my eerste ondervinding van ‘n Messerschmitt ME262 straaljagter, wat ‘n trossie terreur-splinterbommetjies (skerf- of skrapnelbomme) “ausgeworfen hatte”, een waarvan warempel in ons agtertuintjie beland het. Die marmotjies in hul hok

  • 23

    agter die huis was almal dood. My oudste broer Anton – nou 86 – het die middag reg op die plek van bominslag gewerk aan ‘n tuinhekkie, en sou op slag dood gewees het as hy nie deur die genade net gou ‘n draai by die smid moes maak om iets te laat las nie. ‘n Stuk skerf het naelskraap bo-oor broer Kees se kop ‘n venster aan stukke geslaan waar hy gesit en lees het, en is toe dwarsdeur twee houtdeure waar dit oplaas in die kelder ‘n glaspotjie met agurke flenters geslaan het. Bietjie later het ons gehoor dat ‘n maatjie ‘n paar huise straataf dood is, getref deur ‘n skerf uit dieselfde bomtros. Vroeg Nuwejaarsoggend 1945 wou ‘n stuk of tien onervare maar waaghalsi-ge Messerschmitt jagvlieëniers die vermoedelik oujaarsaand-babbelas geal-lieerde vlieëniers verras, maar het sleg tweede gekom teen die vier Spitfires wat klaar in die lug was. Al tien Duitsers is afgeskiet en die Tommies was onbeskonke én ongeskonde. Ons kon uit ons soldervenster die een na die ander Messerschmitt brandend sien neerstort, met hul neerdalende valskerm-vlieëniers hopelik nog as oorlewendes. Die arme outjies was bloedjonk en het op dié laat stadium van die oorlog selde die Tommies se vliegopleiding en ondervinding-vernuf geniet. Intussen het die nog onbevryde Nederland genadeloos gekrepeer onder die koudste winter in baie jare, die sg. ‘hongerwinter’ toe die Duitse besetters desperaat, paniekbevange maar tewens wreed klou omdat hulle besef Duitsland verloor die oorlog. Voedselvoorsiening was minimaal, en daar was dan ook baie sterftes deur siekte, ondervoeding en ellende onder die Neder-landse bevolking. Toe, op 5 Mei 1945, het Duitsland uiteindelik offisieel die knie gebuig, en was die oorlog op ‘n einde.

    KOM, DANK NOU ALMAL GOD Hoe jammer en weersinwekkend – moontlik onnodig tog – dat rampe soos Hirosjima en Nagasaki nog moes volg…….

  • 24

    Rymloos, ruimloos – ‘n X-dimensionele belewing Die wit halfdagmaan waak oor die Swartkops,

    wyl die sneeuwit watervoêls waad en voed,

    waar die waterplaat blink, silwerblou die sagte sonlig kaats,

    en die fyn golwing boog na boog wal toe rimpel,

    stil, geluidloos, kalm…en rustig die laatmiddag verby laat vloei,

    terwyl die eerste meeue met sneeuwit vlerkeslag

    teen die blougrys gewelf daarbo na hul slaapplek keer…

    En ek, ontspanne mensekind, die dwingende vaak indommel

    en halfbewus “hoor” die Skepperheer se sagte, strelend’ laatmid-

    daglied,

    harmonies met die rooiborsduif se soet-koerende nagsê-refrein…

    Louis van der Walt 16 Julie 2016 (Na aanleiding van ‘n uurtjie of so alleen, rustig op die stoep van die woning van vriende op Redhouse, teen voorskemer en uitkyk oor die Swartkopsrivier…) (Wenk: Lees gerus Artikel 2, Nederlandse Geloofsbelydenis.)

  • 25

    REHOBOT Goeie middag - ja al weer twee maande verloop nadat ons laas gesels het. In Meimaand het ek gevra vir ou komberse vir die straatmense. Ongelukkig het ons geen ou komberse ontvang nie. Ons het Juniemaand R700 ontvang in bydraes. Daar was 40 mense wat kom eet het. Ek neem aan Juliemaand gaan daar nog meer wees, weens die ysige weer wat ons nou beleef. Daar is vir die groep lemoene gekoop ten bedrae van R500.00 en R1000.00 wat geskenk is, is geneem om kombersies by Pepstores aan te koop. Ons kon vir 32 mense ‘n vlees-kombersie gee. Ek het nog 8 bygekoop om vir die mense wat nie gekry het nie te gee. Daar is ook R1000.00 bydrae ontvang vir die aan-koop van Bybels vir die mense wat nie Bybels het nie. Twee-en-twintig (22) Bybels kon aangekoop word en is op 27 Julie uitgedeel. Baie dankie vir die mense wat skenkings aan ons gegee het. Dankie vir die R500.00 wat ons vir komberse kon gebruik. Die maand kan ons meer sop maak en is appels ge-koop om uit te deel. Dankie vir jul gebede en hulp met Rehobot, As ons so in die koue in ‘n warm bed slaap en warm klere kan aantrek en ‘n dak oor ons koppe het, dink net aan die mense wat buite in reën en koue moet bly en slaap. Die tema van die Pluimsaad is Groei van die Gemeente. Mag ons dit ook hier uitleef. Liefde Annalie Cilliers Sel: 083 650 6601 Tel: 041 379 2161

  • 26

    SUSTERSAAMTREK ‘n Sustersaamtrek is ‘n geleentheid vir Gereformeerde vroue om landswyd op dieselfde dag, gedurende ‘n oggend se samesyn geestelik verryk te word, nuwe kennisse te maak, ou kennisse te sien en gesellig te kuier. Dit alles in ‘n omgewing wat stylvol versier is en spyseniering van hoogstaande gehalte, om nie eers van die samesang te praat nie. 4 Maart 2017 is ons geleentheid om die susters van Suid-Kaap se Gereformeerde gemeentes te onthaal. Dit is ook ‘n geleentheid vir ons eie susters om by te woon en te geniet. Ons beplan ook om die dames van die Hervormde kerk en die nuwe Graaff-Reinet gemeente te nooi. Om saam te werk aan so projek lei tot spanbou, susters leer mekaar beter ken en die selfbeeld van andere word opgebou. Daar is werk-lik iets wat elkeen van julle kan doen om tot die sukses van die dag by te dra. Hoe meer werk ons voor die tyd doen en met meer fondse beskikbaar, word die werk op die dag van die saamtrek minder. Ons sal kan dan terugsit en die dag saam geniet. Die volgende is reeds in plek: Die Reëlingskomitee het al vergader en oorhoofse beplanning is gedoen. Die tema is: “Die vreugde van ‘n lewende geloof.” Ons gasspreker, Madelé Ferreira, het reeds die uitnodiging aangeneem, en gaan boonop nie fooie vra nie. 4 Maart 2017 in ons eie kerk en gemeentesentrum. Dankie aan almal wat so fluks vetplantjies en spekboompies kweek. Dankie vir die dames wat ons waslappies omhekel. Dankie vir jul almal wat hul aangebied het en alreeds werk. Julle is ‘n span duisend. Saamtrekgroete Anna-Marth Goosen

  • 27

    KERMIS 3 SEPTEMBER 2016 Kom kuier saam in die Gemeentesentrum vanaf 08h00. Plaas-stalletjies met heerlike ontbyt en ander eet-en drinkgoed word beplan. Daar sal onder andere ook ‘n groentepak met verskeie groentes in te koop wees asook vleispakke. En moenie vergeet van die koekversiering nie, waar ons veral die broeders en kinders betrokke wil sien. Kaartjies is alreeds Sondae beskikbaar in die saal by Johan en Helene Weyers. Kom raak betrokke asseblief, hetsy deur bydraes, hulp of teen-woordigheid op die dag.

  • 28

    2016-07-30

  • 29

  • 30

  • 31

  • 32

    Oudergewoonte is daar ‘n funksie aangebied op Saterdag, 4 Junie 2016. Gedurende hierdie geleentheid is die Silwerklub bederf met sop en sjerrie. Daar is verskillende soorte sop voor-gesit en almal het lekker saam gekuier. Baie dankie aan al die dames wat die heerlike sop voorberei het!

    Die volgende funksie is geskeduleer vir Saterdag, 17 Septem-ber 2016. Ons besoek weer Sacramento Restaurant te Schoenmakerskop vir ‘n heerlike ontbyt by die see. Skryf asseblief u naam op die lys in die gemeentesentrum indien u die geleentheid wil bywoon. Daar is geen koste aan verbonde nie.

    Ons bedank elke lidmaat wat hierdie geleenthede ondersteun en getrou bywoon en doen ‘n beroep op alle lidmate ouer as 60 jaar om by ons aan te sluit in die toekoms. Dankie ook aan ge-meentelede wat op ‘n volgehoue basis vervoer verskaf vir som-mige bejaardes. Maak gerus kontak met die diensgroep indien u idees het vir toekomstige funksies of indien u enige vrae of bekommernisse het.

    Die Silwerklub-diensgroep Jannes Moolman (082 955 7374) Leonor Janse van Vuuren (084 256 7655) Joke Janse van Vuuren (082 564 2130) Adri Botes (071 454 3912)

  • 33

  • 34

    A GEM OF A READ

    Isn’t it amazing that George Carlin – comedian of the 70’s and 80’s – could write something so very eloquent….and so very appropriate. A message by George Carlin: The paradox of our time in history is that we have taller build-ings but shorter tempers, wider freeways, but narrower view-points. We spend more, but enjoy less. We have bigger houses and smaller families, more conveniences, but less time. We have more degrees but less sense, more knowledge, but less judgment, more experts, yet more problems, more medicine, but less wellness. We drink too much, smoke too much, spend too recklessly, laugh too little, drive too fast, get too angry, stay up too late, get up too tired, read too little, watch TV too much, and pray too seldom. We have multiplied our possessions, but reduced our values. We talk too much, love too seldom, and hate too often. We’ve learned how to make a living, but not a life. We’ve added years to life not life to years. We’ve been all the way to the moon and back, but have trouble crossing the street to meet a new neighbour. We conquered outer space but not inner space. We’ve done larger things, but not better things. We’ve cleaned up the air, but polluted the soul. We’ve con-quered the atom, but not our prejudice. We write more, but learn less. We plan more, but accomplish less. We’ve learned to rush, but not to wait. We build more computers to hold more information, to produce more copies than ever, but we com-municate less and less.

  • 35

    These are times of fast foods and slow digestion, big men and small character, steep profits and shallow relationships. These are the days of two incomes but more divorce, fancier houses, but broken homes. These are days of quick trips, disposable diapers, throwaway morality, one night stands, overweight bod-ies, and pills that do everything from cheer, to quiet, to kill. It is a time when there is much in the showroom window and noth-ing in the stockroom. A time when technology can bring this letter to you, and a time when you can choose either to share this insight, or to just hit delete... Remember; spend some time with your loved ones, because they are not going to be around forever. Remember, say a kind word to someone who looks up to you in awe, because that little person soon will grow up and leave your side. Remember, to give a warm hug to the one next to you, be-cause that is the only treasure you can give with your heart and it doesn't cost a cent. Remember, to say, 'I love you' to your partner and your loved ones, but most of all mean it. An embrace will mend hurt when it comes from deep inside of you. Remember to hold hands and cherish the moment for someday that person will not be there again. Give time to love, give time to speak! And give time to share the precious thoughts in your mind. AND ALWAYS REMEMBER: Life is not measured by the number of breaths we take, but by the moments that take our breath away. George Carlin Ingestuur deur Jacques de Villiers

  • 36

    Sedert die ontstaan van die Kletskombuis agt jaar gelede het ons heerlik saamgekuier elke 3de Vrydagoggend van die maand. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning wat ons gereeld gekry het van ons getroue staatmakers. Hulle onder-steuning het bygedra tot die fondse wat geïn is waarmee die waaiers in die saal en kerkgebou geïnstalleer is asook die uitverf van die saal en reparasies wat aan die kerkgebou ge-doen is, ens. Die tyd het aangebreek vir die span van die Kletskombuis om die leisels oor te gee aan ‘n nuwe span in die nuwe jaar. Ons dank aan ons getroue ondersteuners. Glo my as ek sê ons die samesyn nog meer sal geniet saam met julle, nie as werkers nie, maar as gaste. Kom ons ondersteun die nuwe span in die nuwe jaar. Tonne Dopperliefde KLETSKOMBUISSPAN

  • 37

    2016-07-22

  • 38

  • 39

    NAASTELIEFDE

    “Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.” (1 Joh 3:18)

    God is lief vir die hele wêreld, en Hy stuur my en jou om ook vir ander mense lief te wees. Dit kan soms nogal uitdagend wees, want dit gebeur partykeer dat Hy jou stuur om lief te wees vir mense wat anders as jy is. Soms is hierdie “ander” mense so verskillend van die mense wat jy ken dat die opdrag om hulle lief te hê vir jou baie moeilik is. Maar jy het so baie ontvang, en Hy stuur jou nou om uit hierdie oorvloed te gaan deel.

    Soms stuur God jou na mense toe van ‘n ander ras of ‘n ander kultuurgroep. God stuur jou om mense wat “anders” as jy is lief te hê, en daardie liefde begin dalk by vriendelikheid. Ken iemand se naam, groet hom op die naam, behandel hom met menswaardigheid, en dit is dalk die eerste tree op ‘n won-derlike reis van naasteliefde.

    Bron: “Hoor die hartklop van God” deur Andries Enslin

  • 40

    WAAR IS ONS KERK? Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede, (hieraan gelyk) is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.” (Markus 12:30-31) Hoé het ek die Here lief? Lofprysing? Aanbidding? Lofsang? Uitdra van die Woord? Uitlééf van die Woord? Ons glo en bely: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. (Psalm 121:1-2) Geen twyfel nie – ek wéét waar om hulp te vra en waarvandaan dit kom! So, ek voel darem tevrede – ek het die Here my God lief! En wat dan nou van die tweede deel: Naasteliefde? Vra ek: ”Waar kan ek hulp aanbied – wie het my hulp nodig?” Besef ek ooit dat ek dalk die hulp is wat die Here vir iemand bestem het en stuur? Want op watter ander manier word my naaste dan gehelp? Hulp val mos nie uit die lug nie – dit het mensehande en -voete nodig! Mense vandag is soms geneig om “kop-christene” te wees: Ons hoor die Woord, ken die Bybel – kan soms lang teksverse onthou en opsê, ons sing met die stem, ons aanbid met die mond, alles in die kop - ja soms kry mens darem so ‘n emosionele warm gevoel om die hart! Maar stop dit nie dikwels daar nie? .....Werk nie deur na my hande en voete – die DOEN-dinge - nie. So......, hóé het ek my naaste lief? Wat DOEN ek? En...... wie moet DOEN? Die predikant, die ouderlinge, diakens, wyksusters....? Is ons dan nie ‘n Lidmate-kerk nie, met `n hart vir nie-lidmate – tot eer van God? Hoe DOEN ek naasteliefde.........?

  • 41

    ‘n Mens dink soms (half-verwytend) “Niemand wil iets doen nie” of “Hierdie of daardie een doen nooit iets nie, is nie ‘betrokke’ nie!” Versigtig nou! Hoe weet mens? KEN jy daardie een? Hoe weet jy daardie een DOEN nie op sy of haar stil manier naasteliefde “under cover” nie, of miskien het hy of sy reeds jóύ DOEN nodig, omdat hy of sy nie self kan nie! Reik uit, maak kennis, bevriend – LEEF die Woord! “Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.” (1 Korintiërs 12:4-6) Ek lees die ander dag die volgende raak: “Thís is not a church: You cannot go to a church. Listening to a sermon is not church. Singing songs is not church. You cannot be involved in a church. You cannot join a church. You cannot leave the church. You were born into the church. The church is a living being, a body. You are the church: The church loves those whom no one loves, the church is Jesus’s body, broken and poured out for this world. The church is light..., lighting up all of life. The church is salt, bringing out the flavour of creation. The church is a servant. We are the church.” Wie is die Gereformeerde Kerk PE? Die Kerk is mos die liggaam van Christus: ‘n Liggaam is kop, hande, voete, en al die ander liggaamsdele en organe saam, wat liggaam maak – sommige baie luid en sigbaar, sommige bedek en beskeie! Maar ELKEEN het ‘n onvervangbare unieke taak wat die liggaam laat funksioneer, om so die lewe te leef

  • 42

    wat die Groot Gebod vra. Elkeen! Nie net een, of net ‘n paar liggaamsdele wat al die funksies moet verrig nie. As een liggaamsdeel nie funksioneer nie, gaan dit nie goed met die liggaam nie. Hoe meer liggaamsdele funksioneer, hoe ligter is die taak van die ander liggaamsdele! Ons, die Gereformeerde Kerk PE, wil ’n gemeente wees waar lidmate lief is vir God, en daarom erns maak met die Woord en Gebed! En, ons wil ’n gemeente wees waar lidmate lief is vir mekaar en daarom op ’n praktiese manier vir mekaar omgee en mekaar dien, om so Jesus Christus se liefde uit te leef Ons wil ’n gemeente wees waarheen God met vrymoedigheid soekende, seerkry mense (ook van buite ons gemeente) kan stuur omdat Hy weet: My kinders in die Geref. Kerk PE sal daardie mense liefhê en vir hulle leer om Hom lief te hê! So, waar is ons Kerk? Dáár..... daar buite in die strate, die werkplekke, die skole, dáár loop en lag en eet en slaap en werk die kerk, al 500 van hulle, elke dag! Peet van Rooy. Junie 2016

  • 43

    Algoa Begrafnisdienste Worrakerstraat 1B, Newtonpark (tel: 041 363 4875) streef daarna om ‘n

    topgehalte diens te lewer en gemoedsrus te verseker. DIENSTE SLUIT IN: Reëlings rakende grafstene en gedenkplaatjies. Bekostigbare begrafnispolisse (polisse van ander firmas word aanvaar) KONTAK: Ida van der Westhuizen - 082 540 4627

    Jan van der Westhuizen - 082 787 9091 Kantoor (041—363 4874/5 (Alle Ure)

    Akkommodasie in Sunridgepark Geniet outydse gasvryheid by OORSTANINKIE. Bed en kontinentale ontbyt teen R150 per persoon per nag, veilige parkering ingesluit.

    Skakel Brunette van Vuuren: 041 360 7651 of 082 780 4345.

    Gebruikte Motorvoertuie As u bewus is van gebruikte motorvoertuie wat te koop is,

    skakel asseblief vir Johan Muller by 083 435 8670

  • 44