28
TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP Johannes, die 11de hoofstuk, vanaf die 18de vers, wil ek graag lees. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent twee myl daarvandaan. En baie van die Jode het al by Martha en Maria gekom om hulle oor hulle broer te troos. En toe Martha hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan. Maar Maria het in die huis bly sit. En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie. Maar selfs nou weet ek dat alles wat U…God vra, God U sal gee. Jesus het vir haar gesê: Jou broer sal opstaan. Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag. Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en…lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom. (En hou dit dop!) En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies, en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou. 2 Laat ons bid. Hemelse Vader, bevestig daardie Woorde aan ons harte, vanaand, soos ons nou op U wag. U Woord, U dienaar, en die teks, is alles toevertrou aan U, in Jesus Christus se Naam. Amen. Julle mag maar sit. 3 My doel om hier te wees is om te probeer om die mense van God te help. Nie soveel om te bid, en hande te lê op die siekes nie, maar dat hulle Jesus Christus mag erken in ons midde, die Seun van God in ons midde. Ons praat vanaand oor hierdie onderwerp: Toe Het Jesus Gekom En Geroep. 4 Nou oor hierdie tyd wat ons van praat, dit was ’n baie treurige tyd. As julle ooit die storie in die lewe van onse Here

AFR64-0213 Toe Het Jesus Gekom En Geroep VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR64-0213 Then Jesus Came And Called... · En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer

  • Upload
    duongtu

  • View
    219

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

TOE HET JESUS

GEKOM EN GEROEP

Johannes, die 11de hoofstuk, vanaf die 18de vers, wil ek graag lees.

En Betánië was naby Jerusalem, omtrent twee myl daarvandaan.

En baie van die Jode het al by Martha en Maria gekom om hulle oor hulle broer te troos.

En toe Martha hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan. Maar Maria het in die huis bly sit.

En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.

Maar selfs nou weet ek dat alles wat U…God vra, God U sal gee.

Jesus het vir haar gesê: Jou broer sal opstaan.Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan

in die opstanding in die laaste dag.Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en…lewe;

wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot

in ewigheid nie. Glo jy dit?Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die

Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom. (En hou dit dop!)

En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies, en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou.

2 Laat ons bid. Hemelse Vader, bevestig daardie Woorde aan ons harte, vanaand, soos ons nou op U wag. U Woord, U dienaar, en die teks, is alles toevertrou aan U, in Jesus Christus se Naam. Amen. Julle mag maar sit.3 My doel om hier te wees is om te probeer om die mense van God te help. Nie soveel om te bid, en hande te lê op die siekes nie, maar dat hulle Jesus Christus mag erken in ons midde, die Seun van God in ons midde. Ons praat vanaand oor hierdie onderwerp: Toe Het Jesus Gekom En Geroep.4 Nou oor hierdie tyd wat ons van praat, dit was ’n baie treurige tyd. As julle ooit die storie in die lewe van onse Here

2 DIE GESPROKE WOORD

gelees het, vind ons uit dat Hy ’n groot vriend was van hierdie seun, Lasarus. Hy was…Na die heengaan van Josef, of het Hy weggegaan en kom woon by Martha, Maria, en Lasarus. En hulle was groot vriende. Hulle het…Hy was soos ’n pastoor vir hulle, ’n—’n ware vriend. En vir Hom klein goedjies gemaak om te dra, ’n jas om te dra, glo ek, sê hulle, en dit was deurgeweef sonder ’n soom. En dan het hulle dinge vir Hom gedoen, omdat hulle in Hom geglo het. Dit was hulle—hulle wat geglo het en dit gesien het. Hulle het die kerk verlaat, ensovoorts, om Hom te volg. En dit was ’n groot ding in daardie dag, wat selfs die straf daarvoor die dood kon wees, om dit te—te verlaat.5 Maar, Jesus, hierdie Kêrel, wat rondgegaan het soos hulle gesê het, hulle kerke opgebreek het, en bose dinge van hulle priester gesê het, en—ensovoorts, Hy het—Hy het groot kwaad aan hulle gedoen, het hulle gedink. En—en om Hom selfs te bely sou wees om—om uit die sinagoges gesit te word. En dan as jy uit die kerk is, het hulle—hulle gedink jy het geen—geen kans vir verlossing gehad nie. As jy nie behoort het aan een van hulle sektes, soos Fariseër, Sadduseër, of iets nie, was daar geen verlossing as jy nie daarin was nie. En as hulle die reg gehad het, die sleutels, en hulle kon jou net uitskop as hulle wou. Dit was hulle eie gesegde. Geen wonder Jesus het gesê: “Julle, deur julle tradisie, het die Woord van God van geen effek gemaak,” nie. Sien?6 En nou is dit weer herhaal, want ons almal weet die geskiedenis herhaal homself elke nou en dan. En dis jammer om te sê, maar dit was geprofeteer om te herhaal, en dit het dit weer gedoen.

Ons vind dat daar nie goed gedink was van Jesus nie.7 Baiekeer, wil mense die man veroordeel wat nie met hulle saamstem nie. Ons moet dit nie doen nie. Ons kan verskil van mekaar, tog vriendelik wees. As ek nie kan verskil van ’n man, en hom steeds liefhê en vir hom bid, en van hom verskil op die basis van die Skrif, en vir beter verligting nie, dan sal ek niks vir hom sê nie. Ek wil altyd van hom verskil, vriendelik, want ek het hom lief, en ek—ek wil sekerlik nie hê hy moet verlore gaan nie. En hy moet dieselfde doen met my; ons wil nie verlore gaan nie. En ons moet ons gedagtes baseer op wat die Woord sê. Laat die Woord die Waarheid wees. Nie ons geloofsbelydenis of wat ons gedagtes is nie, maar wat Hy sê; geen privaat interpretasie nie, net wat die Woord gesê het.8 Nou die aand, het ek iets gedoen en dit het amper ontheiligend gelyk, ek glo dit was by ’n predikersontbyt nou die oggend. Ek het Jesus laat verhoor. Ek het gesê: “Net soos hulle toe gedoen het, so maak hulle vandag.” Miskien sal dit goed wees as ek dit net vir ’n oomblik herhaal, as ons die tyd het. Nou, ek het gesê, vandag vind ons uit dat…

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 3

9 In Luther se hervorming, hy, in die tyd daarvan, het hy gesê die regverdige sal deur die geloof lewe. “Die man wat glo, hy wat Dit het.” Maar ons vind uit dat baie van hulle gesê het hulle het geglo, en hulle het Dit nie gehad nie.10 In die dae van—van John Wesley, as hulle die tweede seëning ontvang het, hulle het dit heiligmaking genoem, totale heiligmaking, het hulle gelukkig geraak en geskree. “Almal wat geskree het, het Dit gehad.” Maar hulle het uitgevind hulle het Dit nie gehad nie. Baie van hulle het geskree, en het Dit nie gehad nie.11 Die dae van Pinkster, het hulle gesê: “Nou het die herstel van die gawes gekom, die doop van die Gees. Hy wat in tale praat, het Dit.” Ons vind uit dat baie in tale gepraat het, en Dit nie gehad het nie.12 So hulle sê: “Wel, die vrugte van die Gees, dis wat Dit was.” O, nee, nie die vrugte van die Gees nie. Christen Wetenskap het dit, was kwalik…Liefde is die vrugte van die Gees. Dan, en hulle het meer liefde as enigiemand, en ontken die Goddelikheid van Jesus Christus; noem Hom net ’n profeet, net ’n gewone man. Sien? So dit help nie.13 Laat my dit bevraagteken net ’n oomblik. Laat ons Jesus verhoor. En God vergewe my vir hierdie stelling, vanaf die platform, maar ek gaan teen Hom wees vir ’n oomblik, net om vir julle die Lig te bring. Sien?14 “Nou ek het twee mense hier vanaand; ek praat met julle. Ek was terug in ’n ander dag toe Jesus van Násaret op aarde was. Ek kom na julle, en om met julle te redeneer teen hierdie Kêrel, Jesus van Násaret. Nou ons almal weet dat God liefde is. Die Bybel het gesê Hy is. Goed, en die liefde, die Gees is lank—…lankmoedig, sagmoedigheid, geduld, verdraagsaamheid, ensovoorts, en liefde. Nou ek sou sê, ek wil julle iets vra. Ons gaan neem wat—wat ons weet, ’n Christen.15 “Kyk na hierdie ou priester van julle. Sy oor—oor—oorgrootjie was ’n priester. Hy is gebore in die geslag van Leviete, om ’n priester te wees. Ons vind uit, nou, hy het nie ’n jongman se lewe gehad soos die res van julle gehad het nie. Wat doen hy? Hy offer homself, hy’s daarbo om die Woord te bestudeer, die Woord van God. Hy gaan daardeur, dag en nag, dag en nag, moet elke letter daarvan ken, elke woord op die boekrol. Hy moet uit sy kop ken. Hy—hy, net iets daaromtrent wat hy moet ken.16 “Dan, behalwe dit, toe jou pa en ma getroud is, wie het hulle saamgebind as man en vrou? Jou goddelike ou priester. Wie was dit wat na jou pa toe gekom het toe hy behoeftig was en geld geskuld het op sy plaas, wat die skuldeisers dit sou neem. Wie het by hom gestaan? Jou goedhartige ou priester. Wie het by jou ma gestaan in die kamer daar toe sy aan jou geboorte geskenk

4 DIE GESPROKE WOORD

het? Goedhartige ou priester. Wie kom na jou toe wanneer jy siek en behoeftig is? Jou goedhartige ou priester. Wie was dit wat jou geseën het en jou aan God toevertrou het, en jou op die agtste dag besny het? Jou goedhartige ou priester. Toe jou pa en ma gereed was om te skei, wie het hulle bymekaar gebring, hulle bymekaar gehou? Jou goedhartige ou priester. Wanneer daar probleme in die buurt is, wie sorg daarvoor? Jou goedhartige ou priester. Sekerlik.17 “Nou hierdie goedhartige ou priester weet dat die Bybel gesê het dat God ’n lam vereis vir ’n offer. Baie van julle manne is sakemanne, so julle maak nie skape groot nie, tog vereis God ’n skaap. Hulle het ’n paar stalletjies daarbo gemaak, hulle het hulle skape verkoop sodat die—die sakemanne kon opgaan en dit koop, ’n offer bring vir hulle siel, wat God vereis.18 “Wat het hierdie jong Kêrel, genaamd Jesus, gedoen? Waar het Hy vandaan gekom? Gesê Hy is gebore, ’n maagdelike geboorte. Wie het ooit van sulke onsin gehoor? Ons weet Sy ma het Hom gehad voor sy en Josef gebore…of sy en Josef getroud was, is Hy gebore. Nou vind ons uit dat Hy ’n—Hy ’n slegte naam is, om mee te begin.19 “Watter lidmaatskapkaart het Hy? As Hy ’n goddelike Man was, by watter groep het Hy aangesluit? Wanneer jou priester studeer het, studeer het, studeer het, studeer het, om daardie Woord te ken; hier kom Hy verby, breek af wat hy opgebou het. Sou julle dit ‘God’ noem? Beslis nie.20 “Nou, nou die dag, toe jou priester daardie plek daarbo gemaak het, die…en van waar julle die offerhande kon koop, wat het hierdie jong kêrel gedoen? Goedhartigheid? Hy het geslaan, ’n paar toue gevleg, ’n paar…?…en uitgekyk oor die mense, met woede; daardie tafels omgeskop, en hulle daar uitgeslaan. En julle noem dit vrugte van die Gees, na hulle gekyk, met woede? En, kyk, die man ontneem van sy geleentheid om Jehova te aanbid! Die sakeman wil Hom aanbid; hy maak nie lammers groot nie, en hy het soontoe gegaan om dit te koop. En Hy het dit omgekeer, en hulle geskop, en hulle uitgejaag.”21 Wie het die vrugte van die Gees daar? Sien? Daar het julle dit. Sien, nie vrugte van die Gees nie, nie praat in tale nie, nie skree nie.22 Jy sê: “Dan, Broer Branham, wat is die bewys? Wat is die bewys?” Die bevestiging van die Woord in die uur.23 Hulle het die Bybel gehad. Hy was presies wat Jehova gesê het sou gebeur. Dit het geen interpretasie nodig nie. Dit het daar geïnterpreteer. Daar was jou priesters, daar was alles wat hulle gehad het, en alles anders net so geroetineerde en alles, maar tog het hulle nie die Woord gesien nie. En Hy het die Woord laat uitleef vir daardie eeu. Dis die bewys van daardie eeu.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 5

24 Luther het die bewys van sy eeu gehad, Wesley van sy eeu, Pinkster van sy eeu, maar ons is in ’n ander eeu. Daardie dinge is goed. Maar soos die baba, ’n vinger het, ’n oog, en neus, maar naderhand moet hy ’n mens word. Hy moet ’n—’n volwaardige kind word; dan om gebore te word, ’n siel te hê, liggaam, gees, kan rondbeweeg.25 Nou vind ons uit dat, dit alles, het Jesus dit verklaar in net ’n paar. Net diegene wat Hy verordineer het tot die Lewe het Hom gesien. Nie groot skares nie; Sy skare kon nooit wees soos Kajafas se skares nie. Wel, Kajafas kon die hele volk bymekaar geroep het. Jesus het net ’n paar bymekaar geroep. Nie baie het Hom geken nie. Duisende maal duisende, toe Hy na die aarde gekom het. Hy het deur die aarde gegaan, en hulle het nooit eens geweet Hy was hier nie.26 So het hulle weer! Hy sal kom na diegene wat tot die Lewe geroep is. Hy weet wie tot die Lewe geroep is. En Hy sal nie…Dis Sy saak om daarvoor te sorg.27 Nou ons let op dat hulle toe uit die kerk gekom het, en hulle het Hom geglo. Alles wat die Woord gesê het van Hom, daar was Hy.28 En eendag het Hy hulle huis verlaat. Ek wil praat oor drie dinge: Jesus het weggegaan; dood het gekom; en alle hoop was weg. Ek wil praat oor daardie drie dinge vir ’n paar minute.29 Jesus het weggegaan. En toe Hy weggegaan het, het probleme ingekom. Nou wanneer Hy jou verlaat, of die huis waar jy woon, is probleme op pad. Satan het ’n oop deur wanneer Jesus vertrek.30 Hy het weggegaan, en—en so gou as wat Hy het, toe het die dood ingekom. En wanneer Jesus uitgaan, kom dood in. Om geskei te wees van Hom, is dood, so dood het ingekom toe Jesus uitgegaan het.31 En dood het vertoef by Lasarus. En toe het die Een waarin hulle geglo en liefgehad het, hulle het Hom versoek om te kom bid vir Lasarus, want hulle het Hom gesien en geweet dat Hy God geken het, dat wat ook al God…Martha het dit daar destyds uitgedruk: “Wat ook al U nou vir God sê, sal God dit doen.” Sy het erken dat Hy en God een was. Hy was die Woord van die uur, so sy het dit erken. En sy het geweet, as sy ooit in kontak met Hom kon kom, maar Hy was weg en hulle kon Hom nie in die hande kry nie. En hulle het gestuur na Hom, en, in plaas daarvan dat Hy gekom het, het Hy verder gegaan. En hulle het weer gestuur, en, in plaas daarvan dat Hy gekom het, het Hy verder gegaan.32 Partymaal wonder ons waarom daardie dinge gebeur, maar sê die Skrif nie: “Alles werk ten goede mee vir dié wat God liefhet,” nie? Hy weet wat Hy doen. As Hy vertoef, dis alles reg. Hy weet wat Hy doen. Daar was ’n doel.

6 DIE GESPROKE WOORD

33 Ons vind uit dat Hy gesê het, in Johannes 5:19: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, die Seun kan niks doen in Homself nie, behalwe wat Hy die Vader sien doen.”34 Die Vader het vir Hom gesê om weg te gaan, en om soveel dae weg te wees. Na die dae verby was, toe het Hy gesê wat Hy toe gesê het, dat: “Ons vriend Lasarus slaap.” En hy het gesê: “Wel, dit gaan goed met hom.”35 Hy het gesê: “Hy is dood. En om julle ontwil is Ek bly Ek was nie daar nie.” Want, hulle het probeer om Hom te kry om na hom toe te gaan, om hom te genees of te sê wat gedoen moes word. Maar Hy het geweet wat gedoen moes word, so Hy het net presies gedoen wat Hy verordineer was om te doen: weg te bly. Julle let Hom op by die graf, toe Hy teruggekom het. Hy het dit gesê toe Hy teruggekom het en hierdie huis gevind het.36 Alle hoop was weg. Lasarus het gesterf. Elke uur, het hulle bly dink: “Hy mag op die toneel kom. Hy mag op die toneel kom. Hy mag terugkom.” Uiteindelik, het hy gesterf, die asem het hom verlaat.37 Hulle het uitgegaan, hom gebalsem, die bloed uit sy liggaam geneem, hom toegedraai in linne, speserye, en hom gebalsem en hom in die graf gelê, ’n rots oor die graf geplaas, wat hulle gebruik van begrafnis in daardie dae was. ’n Gat in die grond, net miskien in die rots, en lê ’n rots bo—oor dit, dit was hulle gebruik.38 Eerste dag het verbygegaan, tweede dag het verbygegaan, derde dag het verbygegaan, vierde dag het verbygegaan, die man het alreeds verrot in die graf. Sy neus het waarskynlik ingeval. Dit, ek dink dis die eerste ding wat inval, is die neus. En hy was alreeds verrot. Sy—sy vlees het teruggegaan na die stof, van die aarde, of teruggegaan. Sy siel was vier—dagreise weg, van hom af.39 Alle hoop om hom ooit weer te sien, in hierdie lewe, was weg. En toe, toe alle hoop weg was…Hulle het gewag: “Miskien sal Hy die eerste dag kom, tweede dag!” Nee. Toe het hy gesterf, en Hy het nie gekom nie. Toe het desperaatheid begin.40 Naderhand was daar iemand wat vir haar moes gesê het: “Die Meester is buitekant.” Hier kom Martha in die straat af!41 Jesus het gekom in daardie donker uur toe elke hoop weg was. Dis gewoonlik wanneer Hy kom. Sien? Hy kom net op die donkerste tyd, dis wanneer Jesus op die toneel verskyn.42 Nou kyk, Hy het gekom en geroep na Martha. Sy Teenwoordigheid bring nuwe hoop. Maak nie saak of die seun dood was nie, tog bring Sy Teenwoordigheid nuwe hoop.43 Jy mag hier sit vanaand, my vriend, waar die dokters jou opgegee het, met kanker, hartprobleme. Miskien in ’n stoel, kreupel, al die wetenskap het gesê daar is geen hoop vir jou nie; die neerslag van kalsium het—het jou—jou—jou bene

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 7

geknoop, dat jy hulle nie meer kan buig nie. Of, jou—jou hart is óf so sleg, die dokters het gesê jy mag op enige minuut gaan. O, en die groot klompe mense met kanker en TB, miskien die laaste hoop wat jy het, en dit lyk asof die dokter jou weggewys het. Tog, om in die Teenwoordigheid te wees en erkenning van die Teenwoordigheid van Jesus Christus, bring weer hoop.44 Iemand kan dit selfs vir jou sê. Miskien het jy nooit tevore daarvan gehoor nie, maar laat iemand sê: “Ek weet waar daar ’n kerk is, hulle glo in God en hulle bid vir die siekes,” vinnig nou (jy’s gereed om te sterf), sien, nuwe hoop spring op. Dis altyd so. In daardie donker uur, dis gewoonlik wanneer iemand iets daarvan sê, vir jou sê van Jesus. Sy Teenwoordigheid bring nuwe hoop.45 Mag Dit dieselfde ding doen vanaand, soos Dit het gisteraand, wanneer ons daardie bevestigde Woord sonder enige sweempie twyfel sien, wat gemanifesteer word en bewys word; dat daardie Jesus wat negentien honderd jaar gelede gelewe het, wat gesterf het op Gólgota, opgestaan het op die derde dag, en verskyn het aan daardie dissipels en hulle oë oopgemaak het, en hierdie belofte van die dag gemaak het, net hier is vanaand in ons teenwoordigheid nou. Dit moet hoop bring aan mense. Nuwe hoop vlam op.46 Miskien het iemand gesê: “Die kerk was soort van droog vir ’n tydjie. Ons het nie enige goeie vars water gehad vir—vir—vir ’n paar maande nie. Ons het nie ’n herlewing gehad nie. Lyk asof almal so stagnant was, of so—iets. Ons gaan net kerk toe en sing ’n gesang, en—en hoor ’n paar boodskappe en gaan terug.” Maar meteens, dan, wanneer ons begin droog word, dan kom Jesus op die toneel, verfris ons, bring iets nuuts na ons. Hy’s altyd daar om dit te doen. Nuwe hoop kom wanneer—wanneer Jesus inkom. Sy Teenwoordigheid bring nuwe hoop.47 Sy het geweet Hy was die gemanifesteerde Woord van God. Sy het daardie eeu gesien. Of, as sy nie sou nie, sou sy steeds ’n Ortodoks gewees het. Sy sou steeds behoort het aan die kerk. Maar sy het daardie beloofde Woord gesien. Sy het daardie beloofde Woord gesien manifesteer word deur Hom en sy het geweet dat Hy daardie lewende Woord was. En toe sy daarvan gehoor het, het sy nie omgegee hoeveel haar kritiseer nie, wat anders nie, sy het na Hom toe gegaan net so hard as wat sy kon gaan. Sien? Sy het geweet Hy was daardie gemanifesteerde Woord.48 Sonder twyfel het sy gelees van die storie van Elía in sy dag. Nou, hy was God se gemanifesteerde Woord in daardie dag. Hy was ’n profeet, en die Woord van die Here kom na die profeet. En daar was ’n vrou daarbinne, wat ’n babatjie gehad het wat aan haar gegee is deur ’n seëning wat die profeet haar mee geseën het, en sy het die kind gehad.

8 DIE GESPROKE WOORD

49 Eendag, omtrent elfuur, moes hy ’n sonsteek gekry het. Hy was buite in die veld saam met sy pa, die Bybel sê nie dit was, sê dit was sonsteek nie, maar hy het begin huil: “My kop! My kop!” Omtrent elfuur in die dag. En hy het ’n dienaar gehad, het die vader, om hom na die huis te neem. Hy het gelê op sy ma se skoot tot omtrent middag, sieker en sieker geword, en uiteindelik gesterf.50 En nou, in plaas van om wanhopig te raak, al die bure wat inkom en skree en aangaan. Maar daardie standvastige moeder, haar baba was dood, sy het dit opgeneem in daardie kamertjie wat sy voorsien het vir die profeet, en hom neergelê op sy bed, soos daardie. En sy het gesê aan die dienaar: “Saal vir my ’n muil op, en ry jy reguit, en moet jy nie stop totdat ek vir jou sê nie.” O, goeiste! Dis reg!51 Ons het geen tyd vir debateer en stry nie. Dit is verby daardie dag. Laat ons voortgaan. Ons moet daar kom. Ons het ’n behoefte.52 En toe het hy gesê: “Gaan jy vooruit, en moenie jy stadiger ry totdat ek jou sê nie.” En hulle het gegaan totdat hulle by Elía gekom het.53 Elía, as ’n man van God, nie soos Christus nie; Christus het alle dinge geweet, want Hy was God. Elía was ’n deel van God. Dit was Christus in Elía. En dit was die boodskap van die uur, want die Woord van die Here vir daardie uur was by daardie profeet.54 Jesus was die volheid van al daardie profete, elkeen van hulle het net vir Hom gemanifesteer. Dis al. Al die pad van Josef af, vanaf dertig stukke silwer, oral, het Hy—Hy Christus voorgestel. So het Moses!55 Dawid, wat gesit het as ’n verwerpte koning op die heuwel, gehuil het omdat hy verwerp was. Agthonderd jaar daarna, het die Seun van Dawid op ’n heuwel gesit. Dit was die Gees van Christus in Dawid daar. En Hy…Goeiste! Hy was beide Wortel en Nageslag van Dawid. En so het Hy op die heuwel gesit, aan die huil, as ’n verwerpte Koning: “Jerusalem, Jerusalem, hoe dikwels wou Ek my oor julle ontferm, soos ’n hen haar kuikens.” Wat was dit? Dit was Christus destyds.56 Dit was Christus wat uitgeroep het toe Dawid die gesang geskryf het: “My God, waarom het U My verlaat. Al My bene, hulle staar na My. Hulle het My voete en My hande deurboor. Hulle het My klere verdeel onder hulle. Hulle het die lot gewerp vir My kleed.” Dit was Christus wat in Dawid gespreek het. Dis reg. Hy was die manifestasie van die Woord. Christus het gekom om daardie dinge te vervul wat gespreek is deur die profete, want die Woord was met die profete.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 9

57 Hy het dit gesê in die les gisteraand, dat Hy gekom het om te vervul wat die profete van Hom gesê het, want hulle het die Woord gehad. En Elía was God se profeet, die Woord van daardie dag.58 So die Sunamitiese vrou het gebly by daardie profeet totdat hy gekom het en die krag van God gemanifesteer het, en homself op die baba gelê het, en die baba het lewendig geword.59 Nou Martha moes dit erken het, hoewel sy vir die huis gesorg het, skottelgoed gewas het, ensovoorts. Maar daar het sy haar kleur gewys. Sy het gewys wat regtig in haar was. Sy het gegaan om Hom dadelik te kry. As God in Elía was, moes God in Christus wees, want Hy het bewys dat Hy daardie Persoon was. Amen. Ek hou daarvan, daardie vasbeslotenheid! Sy gaan na Hom toe. Sy moes by Hom kom. En sy vind daarbuite, soos sy by Hom—by Hom kom; nou onthou, geweet dat Hy nooit verander het nie, dat God nooit Sy program verander nie. As Hy in Elía was en die dooies kon oprig, was Hy in Christus en kon die dooies oprig, hoewel Hy dit nie gedoen het nie, want dis dieselfde God.60 Steeds het Hy nog nie verander nie! Net soveel God vanaand as wat Hy altyd was. Hy’s dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Hy verander nie.61 En Hy het geweet sy het geweet dat dit in Hom was. Kyk, net binne ’n paar minute het dit dit bewys, toe sy iets vir Hom gesê het van haar broer, en sy gesê het: “Here, ek—ek glo dat U is.”62 En Hy het gesê: “Ek is die Opstanding en die Lewe. Hoewel hy dood was, tog sal hy lewe. En wie ook al lewe en in My glo, sal nooit sterf nie. EK IS.” Dis die EK IS wat in die brandende bos was, saam met Moses. “Ek is die Opstanding. Ek is die Lewe. Ek was die muur. Ek is steeds Hy. Ek is die Opstanding en die Lewe. Hy wat in My glo, hoewel hy dood was, tog sal hy lewe. Wie ook al lewe en in My glo, sal nooit sterf nie.” Na hierdie groot versekering wat sy gehad het, dat Hy die beloofde Woord was; toe Hy gesê het, as ’n Profeet, Hy kon nie lieg nie; daarom Hy, toe Hy gesê: “Ek is die EK IS. Ek is Hy wat die Opstanding en die Lewe is.”63 Sy het gesê: “Ek glo dat U die Een is, die Seun van God wat na die wêreld moes kom. Hoewel my broer dood is, daarbuite in die graf lê, hy’s…sy liggaam het nou verrot; maar selfs nou, wat ook al U sê, dit sal gebeur.” Reg!64 Al wat sy wou hê was om Hom dit te hoor sê! Amen. O, Martha, waar is ons vanaand? “Spreek net die Woord; my dienaar sal lewe!” Hom dit net hoor sê! Hulle mag vir haar kom sê het dat Hy dit gesê het, maar hier was Hy Self. O God, maak blinde oë oop, dat hulle in staat mag wees om te sien! Wanneer Hy, in Sy Teenwoordigheid, die Woord spreek, word dit altyd gemanifesteer.

10 DIE GESPROKE WOORD

65 Sy het gesê: “Wat U ook al God vra, God sal dit vir U gee. Laat my net hoor!” Sy wou hê Hy moes die Woord sê. Dis al wat sy wou hoor. Kry net die Woord, dis al wat sy nodig gehad het, was om Hom te hoor sê Hy sou dit doen.66 En Hy sou dit net toe gedoen het, maar, julle sien, deur die visioen wat die Vader Hom gewys het, moes Hy by die graf gestaan het. O, goeiste! Hou jou geloof! God werk alles reg uit. Dit sal alles reg wees. Wag net totdat sy by die graf kom.67 Let op, sy Hom net kon kry om dit te sê, selfs toe hy was net…Alle hoop weg, alles anders. Hy was dood, verrot in die graf, maar Hom net dit te hoor sê, is al wat sy wou hê.68 Nou toe Hy gesê het: “Ek is die Opstanding en die Lewe,” het sy dit geglo. Sy het dit geglo. Nou let op, nou moet sy glo vir die onmoontlikhede, toe sy Hom hoor sê het: “Ek is die Opstanding en die Lewe. Hoewel hy dood was, tog sal hy lewe, wie ook al lewe en in My glo, sal nooit sterf nie.” Gesê: “Glo jy dit?”69 En sy het gesê: “Ja, Here, ek glo dit. Ek glo dat U die Seun van God is wat na die wêreld moes kom.” Ek hou daarvan. Ek hou daarvan.70 Ek het dit al voorheen gesê. Dit mag nou weer staan. Ek het met ’n vrou gepraat, nie lank gelede nie, dit was ’n sekere kerk wat ek ’n tydjie terug genoem het, wat nie glo dat Hy God was nie, Sy Goddelikheid nie; Hy was net ’n profeet, ’n gewone man.71 Hy was dit, waarlik. Hy was dit, plus God. Sien, Hy was die manifestasie. Jesus is die liggaam, die seun, die man; God was wat in Hom gewoon het. God was in Hom. Hy was ’n God—man. Hy was ’n man, tog was Hy God gemanifesteer in vlees. Wanneer ons Jesus sien, sien ons God. Dis wat Hy gesê het: “Wanneer julle die Vader sien, My sien, sien julle die Vader.” Want, Hy was die weerkaatsing, want Hy was die Woord, amen, wat in die begin was. Amen.72 Hy het die profete: “God,” genoem. Weet julle dit? Hy het gesê: “Julle noem hulle ‘God’ na wie die Woord van God gekom het. Hoe kan julle My veroordeel wanneer Ek sê: ‘Ek is die Seun van God’?”73 Want, dieselfde Woord het gesê Hy sou daar wees, en daar is die Woord wat weer gemanifesteer word. En steeds wou hulle dit nie glo nie.74 Hierdie vrou het vir my gesê: “Ek kan vir jou bewys.” Gesê: “Ek hou daarvan om jou te hoor preek, maar daar’s een ding wat jy te veel doen.” “Wel, wat’s dit?” Gesê: “Jy spog te veel met Jesus.”75 Ek het gesê: “Ek hoop dis al wat Hy teen my het wanneer Hy kom.” En sy het gesê…Ek het gesê: “Ek hoop dis al wat

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 11

Hy kan, fout wat Hy met my kan vind.” Ek het gesê: “As ek tienduisend tonge gehad het, kon ek nie genoeg praat, o, goeiste, wat Hy is nie!” Sy het gesê: “Maar, jy, jy maak Hom God.”76 Gesê: “Hy was. Of, as Hy nie was nie, was Hy die grootste bedrieër wat die wêreld ooit gehad het.” Sy het gesê: “Hy was ’n profeet.”77 Ek het gesê: “Hy was ’n profeet, dis waar: ’n God—profeet, die volheid van die Woord. Die profeet het net die Woord gehad wat na hom toe gekom het, dis wat hom ’n profeet gemaak—gemaak het. Maar Hy was die volheid van daardie Woord.”78 En sy het gesê: “Ek kan aan jou bewys.” Gesê: “Jy maak Hom Goddelik.” Ek het gesê: “Hy was Goddelik.” En sy het gesê: “Hy kan nie Goddelik wees nie.” Ek het gesê: “Maar Hy was.” Sy het gesê: “Jy het gesê jy het die Bybel geglo.” Ek het gesê: “Ek glo.”79 Sy het gesê: “Ek sal vir jou bewys, met jou eie Bybel, dat Hy nie Goddelik was nie.”80 Ek het gesê: “Doen dit. As die Bybel so sê, dan sal ek dit glo, want ek glo die Woord is reg.”81 Sy het gesê: “Op die pad van onder na Lasarus se graf, onthou jy dit in Johannes 11?” Ek het gesê: “Ek onthou beslis, dame.”82 Gesê: “Ja, nou, op die pad af, het Hy gehuil. Die Bybel het gesê: ‘Hy het geween.’” Ek het gesê: “Sekerlik, die Bybel het gesê Hy het geween.” Gesê: “Hoe kan Hy Goddelik wees en ween?” Ek het gesê: “Hy was menslik.” “Menslik en Goddelik?”83 Ek het gesê: “Ja, dame. Jy sien nie. Hy was ’n—’n man wat daarlangs gegaan het, gehuil het saam met diegene wat gehuil het, dis reg, getreur saam met diegene wat getreur het. Hy was ’n Man. Maar toe Hy Sy klein, tenger liggaampie reguit gemaak het, en gesê het: ‘Lasarus, kom uit,’ en ’n man wat dood was vir vier dae, het op sy voete gestaan. Dit het meer geneem as ’n man, dit was God in die Man.” Wie kan die dooies oprig, behalwe God? Hy is die Opstanding en die Lewe! Dis reg.84 Daardie nag buite op die see, toe Hy daarbuite was, moeg, agter in die boot gelê het, waar tienduisend duiwels gesweer het hulle sou Hom verdrink daardie nag, en daardie klein ou bootjie wat ronddobber soos ’n bottelprop daarbuite op ’n

12 DIE GESPROKE WOORD

stormagtige see. Daardie duiwels het gedink: “Ons het Hom nou. Hy is aan die slaap; ons sal die hele klomp sink.” O, Hy was ’n Man, moeg, maar toe Hy wakker geword het, het Hy gestaan met Sy voet op die rant, opgekyk en gesê: “Storm, word stil,” en die winde en die branders het Hom gehoorsaam. Dit was meer as ’n man.85 Hy was ’n man toe Hy honger was. Hy het van die berg afgekom, gesoek na ’n stukkie brood of iets om te eet, of ’n vy van ’n boom af. Maar toe Hy vyf broodjies en twee vissies geneem het, en vyfduisend gevoed het, was dit God in daardie Man. Dis reg.86 O, elke man wat ooit iets werd was het dit geglo, al die digters wat dit geglo het. Geen wonder een het geskryf nie:

Lewend het Hy my lief gehad; en sterwend, het Hy my gered;

Begrawe, het Hy my sondes ver weg gedra;Opgestaan, het Hy vrylik regverdig vir ewig;Eendag kom Hy, O heerlike dag!

87 Eddie Perronet, toe sy liedjies nie wou verkoop nie. Eendag, gesteier onder die impak van die Heilige Gees, ’n pen gegryp, het hy die inhuldigingslied geskryf, toe hy geskryf het:

Almal begroet die krag van Jesus’ Naam!Laat Engele hul neerbuig;Bring uit die koninklike kroon,Kroon Hom Opperheer!

88 Halleluja! Sekerlik, dis wat ons glo Hy was. Ja, meneer.89 Sy moet nou glo vir die onmoontlikhede, teenoor moderne denke van daardie dag. So moet jy glo vir die onmoontlikhede, om nuwe Lewe te sien, om iets te sien gebeur. Maar as Hy herken het…Sy Hom herken het as die Woord, dan kan die onmoontlikhede plaasvind, want Hy is die skepper, en sal staan by alles wat Hy gesê het.90 “En alle dinge is moontlik vir hulle wat kan glo.” Dis Sy Woord. Maar die onmoontlikhede word gemanifesteer wanneer God op Sy Woord geneem word. Ja, meneer. Wanneer God op Sy Woord geneem word, word—word die onmoontlikhede gemanifesteer. Wanneer God sê dit sal wees, dan neem jy daardie Woord en hou dit dop, die onmoontlikhede gebeur. Dit sal beslis.91 Maar let op, selfs in dit alles, het sy gesê: “Selfs nou, Here, wat U ook al vir God vra, God sal dit doen.” Sy het geweet dat sy net daardie woord kan kry wat van Hom af kom. Dis al wat sy nodig gehad het om te doen, was om daardie Woord te kry. Ja, dit was haar donkerste uur, en Jesus het kom en geroep. O, wat ’n ding het hulle gesien, ’n opstanding! Kom ons kyk na nog ’n paar waar die donker ure gekom het.92 Daar was ’n man eenkeer, naamlik Job, een van die oudste profete in die Bybel. Hy was ’n groot man. Hy het—hy het die

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 13

Here liefgehad, en hy het alles gedoen wat hy geweet het hoe om te doen. En Satan wou hom sif, so hy het vir God gesê eendag…Ja, God het vir hom gesê, liewer: “Waar was jy, Satan?”93 Hy het gesê: “O, heen—en—weer en op—en—af op die aarde geloop.”94 Hy het gesê: “Het jy My dienaar, Job, aanskou? Daar is geen soos hy in die aarde nie. Hy is ’n volmaakte man.”95 “O,” het hy gesê: “sekerlik, U het hom alles gegee, doen alles vir hom. Sekerlik, hy’s ’n groot man. Maar laat ek hom eenkeer kry, ek sal die wysie verander. Ek sal hom U laat vloek, in U gesig.”96 Hy het gesê: “Jy kan dit nie doen nie.” Dis Sy vertroue in ’n gelowige. Waarom? Hy is Oneindig. Hy is Ewig. Hy ken die einde van die begin af. Hy het geweet Satan kan dit nie doen nie. Want, Hy is die Woord, Hy het geweet wat Job sou doen.97 Nou, onthou, Job, hy het hom laat uitbreek in swere, sy kinders doodgemaak, alles gevat wat hy gehad het. Sy gesondheid was weg. Selfs sy troosters het gekom, en hulle kon niks doen behalwe hom net aankla as ’n geheime sondaar nie. En ou Job het op so ’n plek beland totdat hy so in nood was.98 Jy moet in die nood beland, eers. Jy moet by ’n tyd kom waar jy aan die einde van die pad is.99 Job het aan die einde van die pad beland, toe hy gesê het: “Vervloek is die dag dat ek gebore is. Mag die son nie eens skyn nie, en mag die maan nie snags skyn nie, mag die naam nooit genoem word nie.” En in daardie nood, toe het Jesus gekom. Hy het afgekyk, en hy het gesê: “Ek sien ’n man. Ek sien ’n blom sterf, en dit staan weer op in die lente. As ’n boom omwaai, kom dit weer op deur die reuk van water.” Hy het alle botaniese lewe weer sien lewe, maar hy het gesê: “’n Man gaan lê, hy gee die gees, waar is hy?” Jy’t geweet hy was ’n ou man. Hy het gesê: “Sy seuns kom om oor hom te treur, en hy kom dit nie agter nie. O, dat U my sal versteek in die graf, en my in die geheime plek hou totdat U toorn verby is. Gee vir my ’n tyd en bepaal vir my ’n tyd. Ons het gegaan…” En so voortgegaan, gepraat. Hy was aan die einde, in sy nood: “Wat sou gebeur? Die blare lewe, kom terug in die boom, die blomme kom weer terug, al die res kom op, maar ’n man gaan lê en gee die gees!” Hy was in nood. Hy het nie geweet wat met hom kon gebeur nie, en hy op daardie ouderdom.100 Toe hy het, toe het Jesus gekom. God het sy hoof na die hemele gerig, en hy het Jesus sien kom in die laaste dae.101 Daardie donkerste uur, toe sy vrou gesê het: “Vloek God en sterf die dood,” tog het hy gesê: “Vrou, jy spreek soos ’n dwase vrou. Die Here het gegee, en die Here het geneem, geseënd sy die Naam van die Here.” Selfs sy vrou het hom geweier. Sy kerk het hom geweier. Almal het hom geweier.

14 DIE GESPROKE WOORD

102 In die donker uur, waar hy nie geweet het waarvandaan hy van daar af sou gaan nie, het Jesus gekom. Toe het hy uitgeskree: “Ek weet my Verlosser lewe, en in die laaste dae sal Hy op die aarde staan. En al vernietig die velwurms hierdie liggaam, tog in my vlees sal ek God sien, Wie ek self sal sien.” In sy donkerste uur, toe het Jesus gekom. Ja, meneer.103 Moses, vir Moses, het die donkerste uur vir hom gekom in Israel. Hy was reg in die lyn van plig; God daarbo in ’n bos ontmoet, en het gesê; “EK IS DIE EK IS.” Hy het afgegaan en geveg deur alle soorte van nabootsings van Jannes en Jambres, wat sy werk probeer naboots het. Dit alles, het hy getrou gestaan teenoor God. Hy het Israel uiteindelik gekry om te glo. En hier kom hy uit Egipte, gaan op na die—na die beloofde land, waar God gesê het: “Jy sal My aanbid op hierdie berg.” Dit was die Woord van God. Moses het geweet hy moet na daardie berg toe gaan. Amen. God het so gesê! Geen Farao kan hom doodmaak nie. Geen Duiwel kan hom doodmaak nie. Niks kan hom doodmaak nie. Hy kom na daardie berg toe. Amen! Halleluja! Ek voel godsdienstig. Hy gaan na daardie berg toe.104 So is ons op ons pad na Heerlikheid! Niks gaan ons stop nie. Nee, meneer. God gaan Sy Woord bevestig. Ek gee nie om wat plaasvind nie, Hy gaan dit in elk geval doen.105 Hy’s op sy pad, reg op die pad van plig. Hier is hy, vasgedruk tussen die berge. Hy luister en hoor ’n geraas agter hom. Wat is dit? Farao se strydwaens, by die duisende, wat aankom; gewapen, en spiese en dinge, om hulle om te ry en hulle plat te trap. Daar is die Skelfsee, het hom afgesny. Wat het hy gedoen? Hy het beland in die no—…Hy het in die nood beland. Die mense wat almal geskree het: “O, ons gaan dit nou kry. Farao sal ons doodmaak, sy swaarde sal deur ons gesteek word. Ons babatjies sal hier in die woestyn sterf.” Moses het uitgeroep: “O God!”106 En toe het Jesus op die toneel gekom. Hy was die Vuurkolom. Dis reg. Hy het afgekom en gehang tussen hom en die gevaar. Amen. Hy’s ons tussenganger. Hy’s die tussenstaander, amen, ’n bemiddelaar. Daar het Hy gestaan, daar gestaan; duisternis vir die Egiptenare, diegene wat gekom het om iets daaraan te probeer doen. Hy was lig vir hulle, om in te wandel. Toe in die oggend, toe die wind baie sterk begin waai het, daardie nag, wat het Hy toe gedoen? Hy het gekom in die vorm van die Vuurkolom.107 Onthou, Hy is steeds die Vuurkolom. Ja, meneer. Toe Hy op aarde was, het Hy gesê: “Ek kom van God af, en Ek gaan na God toe.”108 En na Sy dood, begrafnis, opstanding, en hemelvaart; Paulus, op sy pad na Damaskus, was hy neergefel deur daardie

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 15

Vuurkolom. Onthou, hy was ’n Hebreër. Hy sou nie dit gesê het nie…Hy het gesê: “Here, Wie is U?” Hoofletter H—e—r—e, Elohim. “Wie is U wat ek vervolg?” Hy het gesê: “Ek is Jesus.”109 Amen! Halleluja! Hy is die Eerste en die Laaste. Hy’s alles. “’n Klein tydjie en die wêreld sien My nie meer nie, tog sal julle My sien. Ek sal met julle wees, selfs in julle.” Dieselfde Vuurkolom, dieselfde God wat dieselfde ding doen, met dieselfde belofte, amen, wat Sy Woord manifesteer. “Ek is die Opstanding en die Lewe. Ek is Hy wat Was, Hy wat Is, en Hy wat Sal kom.” Ja, meneer. Ja. “Ons vaders het manna geëet in die woestyn.”110 Hy het gesê: “Hulle is, elkeen, dood. Maar, EK IS WAT EK IS.” Moses…In die brandende bos, was dit die EK IS. Hy is steeds die EK IS, nie Ek was nie; EK IS, teenswoordige tyd, die heeltyd.111 Ons vind hier uit dat Moses vasgekeer is in hierdie hoek, en die Christus afgekom het. Nou, en die Bybel het gesê dat, dat: “Moses het die—die smaad van Christus groter rykdom geag as die skatte van Egipte.” Die smaad van Christus! Christus was die salwing, die Logos wat uit God uitgegaan het. Die Engel, enige Bybelleser weet dat daardie Engel Christus was. En daar was Hy in die woestyn, en Hy het op die toneel gekom, in die vorm waarin Hy veronderstel was om gemanifesteer te wees. Prys God!112 Hy kom vandag in die vorm, dieselfde Christus, wat Hom manifesteer.113 Hy het vir hulle gesê Hy sou hulle uitneem. Hy het dit gedoen. Daar het Hy gekom om by Sy Woord te staan, om Dit te bevestig. Toe nadat Hy klaar gekom het, soos Hy het aan Martha, toe het Hy geroep. Hy het gesê: “Moses, waarom huil jy by My? Spreek tot hierdie volk, dat jy kan vorentoe gaan.” Daardie donker uur, het die Skelfsee oopgemaak en hulle het oorgegaan, op hulle reis om die Woord van God te vervul. Ja, op Moses se donkerste uur, toe het Jesus gekom. Ons het nou tyd…En Hy het Moses geroep.114 Ons wil julle aandag vestig op nog ’n mannetjie. Sy naam was Jaïrus. Daar is soveel van hulle in die wêreld vandag. Hy was ’n geheime gelowige. Hy het Jesus liefgehad. Hy het van Hom gehoor. Hy het Hom geglo. Maar, julle sien, hy het homself alreeds verbind aan ’n organisasie. Ja. Hy—hy—hy net…Hy kon nie uitkom en dit bely nie. Hy het dit geglo, maar hy kon dit nie bely nie, so hy het klaar aangesluit by die ongelowiges. Maar hy het dit regtig geglo.115 Julle weet, wanneer ’n man in daardie toestand beland, bring God hom partymaal by ’n beslissing. Dis in nood wanneer ons regtig ons kleure wys, wat ons regtig is.

16 DIE GESPROKE WOORD

116 So daar was hy, hy het alreeds aangesluit by die ongelowiges, en hy het klaar oorgegaan en sy naam op die boek geplaas, ensovoorts. En hy was ’n priester, en so hy—hy kon skaars ’n belydenis maak, want dit was sy etekaartjie. So, maar hy het steeds Jesus geglo.117 Eendag, het sy dogtertjie siek geword. O, goeiste. Hy, sonder twyfel het die man gekies, soos daardie, sou die dokter geroep het. Die geneesheer het gekom, die kind besoek. Die koors het erger en erger geword. Naderhand het sy so warm geword, en alles, sy het eindelik op die rant van die dood beland. Hy was in nood. Hy moes iets doen. Hy, hy het net nie geweet wat om te doen nie. Nou hy het gedink: “As ek Hom net kan vind, waar ook al Hy is.” Nou hy het nooit gewag totdat dit nag geword het, soos Nikodémus het, om ’n private onderhoud te kry nie. Tyd was vir aksie, die tyd het gekom vir aksie en hy moet dan optree.118 En ek dink, broer, suster, dieselfde is nou. Die tyd het aangebreek vir aksie. Die tyd het aangebreek om te glo of nie te glo nie. Daardie skeidslyn kom na elke man en vrou. Dit kom na elke kind. Partymaal wanneer jy oor daardie lyn gaan, dan is daar net een ding oor, dis die oordeel, wanneer jy tussen genade en oordeel gaan, wanneer jy daardie lyn oorsteek.119 Onthou, hy het in die nood beland. Hy het nie geweet wat om te doen nie. Daar het sy priesters gestaan, al die rabbi’s wat rondom hom gestaan het. Die gemeenskap was saam met hom, almal daaronder, dopgehou hoe sy dogtertjie sterf. Die dokter wat aan die buitekant gestaan het, met sy hande gevou, sy hande geskud het: “Ek het elke medisyne gegee wat ek geken het, en steeds…”120 Sien, dit was Jesus wat die heeltyd gewerk het. Jesus het dit gedoen vir ’n doel, om die kleur uit daardie kêreltjie te bring. Naderhand, kan ek sien hoe hy sy swart hoedjie gaan haal en dit opsit, sy priestersjassie aantrek. “Waarnatoe gaan jy?”121 “Ek het gehoor Hy’s onder by die rivier. Ek gaan na Hom toe!” O, goeiste! Daar het hy gegaan!122 In daardie uur van nood, moes hy ’n besluit neem: laat sy kind sterf, of hy het geweet dit was die manifestasie van die Woord. Hy was ’n priester, en hy het die Woord gelees, en hy’t geweet dat dit God se manifestasie was. God was in Christus, om die wêreld met Homself te versoen. Hy het dit geweet, en hy was gedwing tot die besluit. Hy moes ’n fout maak, sy kind laat sterf, of sy belydenis maak. Toe hy in daardie nood beland, was dit omtrent daardie tyd wat Jesus gekom het. Hy het gegaan om Hom te sien. Hy het gesê, hy het gesê: “Ek sal saam met U gaan, wat ook al U sê.” En buite op die pad, hier kom ’n hardloper, die wag het daar gekom. Sy

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 17

belydenis gemaak dat hy Hom geglo het. Hy het homself toe klaar geëkskommuniseer, en hom toe in openbare oog geplaas, dat hy ’n gelowige in Jesus was.123 En hier kom ’n hardloper, het gesê: “Moenie enigiemand pla nie, want jou dogtertjie het alreeds gesterf. Sy’t gister gesterf. Sy’s alreeds dood. Moenie, moenie meer daarmee lol nie.”124 En, o, sy hartjie het amper gaan staan. Maar hy het gekyk en daardie oë van Jesus gesien, gesê: “Het ek nie vir U gesê nie? Moenie vrees, as jy die heerlikheid van God wil sien nie. Waaroor is jy bang? Ek het jou alreeds gesê Ek sou gaan.”125 Hy het alreeds gesê Hy sou kom. Hy het alreeds gesê Hy sou dit doen, en hier doen Hy dit. Amen. Hy het gesê Hy sou op die toneel verskyn in die laaste dae en hierdie dinge doen soos Hy gedoen het, soos ons gisteraand gelees en gepraat het. Hier doen Hy dit. Waarvoor is jy bang?126 Onthou, toe Hy gekom het, en Hy haar geroep het uit die dood. Hy het op die toneel verskyn en haar geroep uit die dood. Ou blinde Bartomeus, eenkeer, het sy donkerste uur getref.127 Jesus was daaronder, ’n Volle Evangelie Sakemanne se ontbyt daaronder in—in Jerigo georganiseer, en Hy het Saggéüs daaronder gehad. Hy het hom in ’n boom ontmoet, onder in die straat. So toe Hy was…Wel, Hy sou nie enigiets anders organiseer nie, is ek seker. Sien? So toe Hy daar aangekom het, het Hy—Hy hom gehad, Saggéüs het saam met Hom gegaan.128 Ou blinde Bartomeus was blind vandat hy ’n klein seuntjie was. So hy het gedink Jesus mag by daardie hek uitkom, en hy het gewag. Naderhand het hy ’n klomp geraas gehoor, en almal wat verbykom.129 En hy het die priester hoor sê: “Haai! Haai, U, U wat daar teen die heuwel uitgaan! Het—het—het…Ons hoor dat U die dooies opwek. Ons het ’n hele begraafplaas hierbo vol van hulle. As U die Messias is, as U die Messias is, kom hiernatoe en rig hierdie dooies op.”130 Julle weet, daardie selfde duiwel leef steeds, sien, in die vorm van godsdiens, dieselfde manier. Sien?131 “As U die Messias is, ons…U rig die dooies op; ons het ’n begraafplaas vol van hulle hierbo. Kom.” En, o, almal wat skree. Een wat skree: “Hosanna aan die Profeet!” Nog een wat dit, dat,of die ander skree. So ’n verwarring!132 Hierdie ou blinde man het gedink: “O, ek het Hom gemis. Hy het daaronder uitgekom, en ek het gedink Hy sou hier kom. Ek is in die verkeerde plek geplaas.” En hy het begin skree. Hy het gedink: “As Hy die Woord is, is Hy God; Hy moet wees.” So: “O, Jesus, U Seun van Dawid, wees my genadig!” In daardie uur van nood, het hy uitgeroep.

18 DIE GESPROKE WOORD

133 Nou Jesus, as julle dit hier sal opmerk, was in Jerigo. Waar hulle gesê het hy gesit het, hy was ’n honderd—en—vyftig jaarts van waar Jesus was. Met duisende mense wat om Hom gaan, kon Hy nie daardie man se roep gehoor het nie. Nee. Maar Hy het dit gevoel. Hy het gestop.134 Ek wil preek, een van hierdie aande: “En toe het Jesus gestop.” O! “En toe het Jesus neergebuig.” O!135 Maar toe Jesus gestop het, wat was dit? Hy het hom geroep. “Die Meester het gekom. Moenie bekommerd wees nie,” het die dissipels gesê: “Hy het jou geroep. Hy roep jou.” Hom uit daardie skare geroep.

Hy doen dieselfde ding nou. Gaan dit in? Sien?136 “Die Meester het gekom en het jou geroep.” En Hy roep uit—uit blindheid na lig, uit duisternis na lig. En Hy het hom geroep, oorgegaan van dood na Lewe. “Die Meester het gekom en Hy roep na jou.” Toe Hy hom geroep het, het Hy vir hom sy sig teruggegee.137 Die vroutjie met die bloedvloeïng, eenkeer, bo—op die heuwel, het al haar geld gespandeer, met die dokters. Sy het sonder twyfel die—die span verkoop. Hulle het die—die plaas verkoop, het dit verpand. Hulle het alles spandeer wat hulle kon by die geneeshere, geen van hulle het haar enigsins gehelp nie. Sy het die heeltyd erger en erger geword. Die bloed wou nie stop nie. Die heeltyd, aan en aan het dit gegaan, sy het dieper en dieper geword.138 En eendag, terwyl sy daar sit en brei het, bo—op die heuwel van waar sy gewoon het, het sy afgekyk in die vallei, en sy het ’n boot sien inkom. Almal het begin hardloop: “Hosanna aan die Profeet!”139 Sy het van Hom gehoor. Geloof kom deur gehoor. Nou het sy gesê: “Ek sal afgaan en na Hom gaan kyk.”140 En toe sy afstap soontoe, en sy die eerste keer die Woord van God gemanifesteer in vlees gesien het, was daar iets omtrent hoe Hy gepraat het en hoe Hy gelyk het, dat sy geweet het dit was Hy. Ja, meneer. “O, as ek net Sy aandag op ’n manier kan trek, as ek Hom net kan aanraak op ’n manier!” En sy het deur die skare geglip en sy het Sy kleed aangeraak.141 Nou onthou, dit was nie haar vinger wat Hy gevoel het nie. Nee, meneer, want die Palestynse kleed hang los. En Hy…

Toe het Petrus gesê: “Almal het U aangeraak.”142 Hy het gesê: “Maar hierdie is ’n ander aanraking. Ek merk dat Ek swak geword het.”143 Jesus het gekom. Haar geld was weg, alles was weg; maar in daardie donker uur toe die bloed nie wou stop nie, en die dokters

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 19

dit nie kon stop nie, het Jesus gekom. En wat het Hy gedoen? Hy het haar geroep. Omgekyk totdat Hy haar gevind het, en Hy het gesê: “Jy het ’n bloedvloeïng gehad, maar dit het gestop.”144 “Hy is dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” “Die Meester het gekom en Hy roep na jou. Hy het gekom en Hy het geroep.” Hy het haar teruggeroep na gesondheid.145 Die vroutjie by die put, waarvan ons gepraat het gisteraand, alle hoop was weg. Miskien, dalk het haar vyfde man haar verlaat, en sy het net die sesde een daardie aand geneem, en sy—sy was in ’n bietjie vertwyfeling oor hom. Sedelik, was sy gedaan. Sy wou ’n regte dame wees; sy, sonder twyfel, sy het die Bybel gelees.146 En sy het daarlangs gegaan, opgegaan omtrent elfuur. Sy kon nie vroeg in die oggend kom wanneer die regverdige vroue gekom het nie. En hulle het hulle water op hulle kop gedra, en die kruike, en teruggegaan. En sy kon nie kom, met hulle meng nie. Hulle, hulle het ’n skeiding gehad daarvan in daardie dag, die regte en verkeerde, het nie vermeng nie. Die onsedelike het in hulle plek gebly, so sy kon nie saam met die res van hulle kom nie. Hulle wou haar nie laat kom nie. So nadat almal hulle water gekry het en teruggegaan het…Sy het gekom vir Beter.147 En toe het sy daar opgekom met hierdie pot op haar kop, sonder twyfel het sy voortgegaan, gedink: “Nou, die man waarmee ek getrou het, gekry het gisteraand, ek betwyfel hom. Hy’s ’n man, hy tree so snaaks op. Ek—ek weet nie van hom nie. Ek het nie ’n kans nie. Ek is uitgewerp uit die gemeenskap. En ek kan nie na daardie kerke gaan nie, hulle wil nie…Kyk net na hulle! Ek weet nie wat om te doen nie. Ek’s in die nood. En ek het die Bybel gelees; sekerlik, eendag, sal daardie Profeet op die toneel verskyn. Nou ek weet hulle het aanspraak gemaak dat daar nie so—iets is nie, en, ‘dit is so miskien honderd jaar weg, en ’n duisend jaar weg. Ons het daarna gesoek vir duisende jare, en dit het nog nooit gebeur nie, so ons soek nie nou daarna nie. Alles is so. O, nee, ons het kerke en dinge. Ons het niks soos dit nou nodig nie.’” So toe het sy daarlangs gegaan, gedink.148 Julle weet, wanneer jy oor Hom dink, dis wanneer Hy aan jou verskyn. Soos ons het gisteraand, toe hulle op hulle pad na Emmáüs was.149 Toe sy aan daardie dinge gedink het, het sy ’n Man hoor sê: “Bring vir My water.”150 Wat daarvan? In haar donkerste ure, toe haar sedes weg was. Miskien ’n mooi dametjie, op die straat gesit om so te lewe. Partymaal is dit nie die meisietjie se fout nie, dis haar ouers se fout, om haar uit te laat soos daardie. En daar was sy, miskien haar krulletjies wat almal afgehang het; sy was uitgeput, aangegaan, moeg, en niemand het enigiets met haar te doen gehad nie, die kind, en miskien ’n groot storie daaragter.

20 DIE GESPROKE WOORD

151 In elk geval, ek weet een ding, sy het die Bybel gelees, en sy het die Bybel geglo. En daar was ’n saadjie wat onder in haar hart gelê het, gesê het: “As dit ooit gebeur, sal ek dit weet.” Sy was voorbestem tot dit.152 Kyk na daardie ou Judas wat daar gestaan het en opgetree het soos hy het. Dit was swart af onder in sy hart. Die Lig het hierbo geskyn in sy werke, maar onder in sy hart het hy Dit nie geglo nie. En hier was sy…Sien, die Lig kon nie afkom soos daardie nie. Maar hier was sy, glo, sy het Dit geglo, maar haar lewe was uitgedoof; toe die Lig getref het, het Dit die duisternis weggeneem. Maar toe die Lig hierbo getref het, het Dit dit oral uitgedoof. Dis die verskil.153 Sien, sy was gebore vir daardie doel. Sy, sy het gesê, toe Hy vir haar gesê het hoeveel mans sy gehad het, sy…Wat het gebeur? Sy het meteens baie opgewonde geraak. Sy het in die nood beland. Sy het gesê: “Meneer, ek sien dat U ’n profeet is. Ek weet dat wanneer die Messias kom, Hy hierdie dinge sal doen.”154 Toe het Hy haar geroep. Toe het Hy haar geroep. “Ek is Hy, Hy wat met jou praat.” Sy het dit erken deur die Woord van God. Hy het haar geroep uit haar sondes, na ’n Lewe. En haar naam is in die Bybel, en sy het onsterflike Lewe vandag.155 Hy kan jou op dieselfde manier roep, want Hy is dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Die…156 Ja, haar sedes was daarmee heen, maar tog het sy geweet dat Hy daardie onderskeiding het. Sy het geweet dat daardie die Messias moes wees. Toe, toe Jesus gesê het: “Ek is Hy, Ek is Hy,” het sy geweet dit was.157 Eenkeer was die dissipels uit op die boot, alle hoop was weg. Die storms, hulle het weggegaan sonder Jesus, en die storms was net—net soos dit was by Lasarus se huis. Alle hoop was weg. Die ou bootjie was vol water. En hulle het geskree en gehuil, en miskien gebid en aangegaan, en die weerlig het geflits, en die boot het vol water geword, die maspale het geval, die roeispane het gebreek, en hulle mekaar vasgehou, gehuil.158 En in daardie donkerste uur, toe het Jesus aangeloop gekom. Maar Hy het gelyk soos ’n skaduwee vir hulle. Hy het vreesaanjaend gelyk, soos ’n gees, en hulle het uitgeroep van vrees.159 Dis wat die probleem is vandag. Jesus kom in die uur van jou donker uur, en jy’s bang Daarvoor. Jy weet nie wat Dit is nie.160 Hulle het nie geweet wat Hy was nie. Hulle het gesê: “O, dis ’n gees!” Hulle het geskree.161 En toe het Hy na hulle geroep, gesê: “Wees nie bevrees nie, dit is Ek.” In die donkerste uur, het Jesus gekom, hulle hulp. Dis hoe Hy altyd maak, kom in die donkerste uur. Toe het Jesus gekom en Homself gemanifesteer, en na hulle toe gekom.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 21

Petrus het gesê: “As dit U is, sê vir my om op die water te kom.”

Jesus het gesê: “Komaan.”162 Julle weet wat, vriende? Spoedig sal Hy kom vir diegene in die laaste dae. Nou, is dit nie vreemd dat die kerk weer in hierdie donker uur beland het nie?163 Ek gaan iets hier sê. Dis nie ’n doktrine nie. Ek profeteer net. Julle weet wat gebeur het? Dit gaan by ’n punt kom, binnekort, let op my woord, dat alle denominasies by die Ekumeniese Raad gaan aansluit. As hulle dit nie doen nie, kan hulle nie die ondersteuning van die Raad hê nie. Daarom, sal daar ’n boikot wees, en niemand kan na hierdie kerke gaan, of na enige kerke gaan nie; behalwe as jy ’n merk het van jou eie kerk, kan jy nie koop of verkoop nie. Julle sien net soos dit was, so gaan dit weer wees, ’n merk tot die dier. En die kerk, hulle besef dit, geestelike mense.164 En julle Pinkstermense, in elk geval, erken dit. Julle het dit begin voel. Wanneer julle kerke, baie van julle organisasies van die Pinkster; en ek hoef nie julle name te noem nie, maar julle weet net nou hulle is, hulle kom daarin. Hulle het klaar getuig dat hulle is. En wanneer julle dit doen, wat sal julle moet doen? Julle sal julle Evangeliese lering van die doop van die Heilige Gees moet prysgee. Julle sal julle doktrine van die Bybel moet prysgee.165 En die lidmate gaan dit nie verduur nie. Ware wedergebore Christene sal sterf, eers. Hulle is gebore uit die Woord. Hulle weet hierdie ding kom. Ja, meneer.166 En is dit nie vreemd nie? En reg in hierdie donkerste uur, dan kom Jesus verby en roep hulle, gesê: “Moenie bang wees nie. Dit is Ek. Ek is steeds met julle. Ek is hier om My Woord te manifesteer.” Soos Hy toe was, so is Hy nou. Hy het gesê Hy sou dit doen. O, goeiste! Die Meester het gekom en het ons geroep.167 Baie siek mense hier, sonder twyfel, wat hulle hier sit, en die dokter het vir jou gesê daar is geen—geen hoop vir jou nie. Jy mag in jou donkerste uur wees, maar, onthou, die Meester het gekom en jou geroep.168 En eendag, eendag, gaan die Meester kom en elke naam roep wat geskryf is op die Lam se Boek van die Lewe. As joune nie daar is nie, kry dit nou daarop, want Hy gaan kom en roep. Selfs diegene wat in die graf is, sal Sy Stem hoor, en voortkom tot Lewe. Die Meester sal kom en roep na jou. En terwyl Hy roep vandag, antwoord en maak voorbereidings vir daardie Dag, is my raad aan jou.169 Die belofte van hierdie eeu, Hy het belowe Hy sou hier wees. Die dinge wat Hy gedoen het, sou Hy weer doen, en nou het die Meester weer gekom en roep na jou.

22 DIE GESPROKE WOORD

170 Laat ons ons hoofde buig. Ek het nog ses bladsye hier, maar ek—ek kan nie nou daarby uitkom nie. Laat ons ons hoofde buig. Ek het belowe om vroeg te verdaag, en dis alreeds kwart oor.171 Hemelse Vader, O Here, laat dit weer gebeur. Al hierdie dinge wat ek gesê het: “Jesus het gekom en roep na jou.” Wat doen Hy wanneer Hy kom? Hy roep. En laat dit weer gebeur, Here. Laat U Heilige Gees onder die mense kom vanaand, die Here Jesus in die vorm van—van die Gees. Laat Hom vanaand kom en Homself openbaar, en Homself dan manifesteer. Soos daardie mense, hoe hulle geglo het, sal ons glo, ook, Here. Daar is baie hier, miskien, wat nooit hierdie geleentheid gehad het nie. Ons bid dat U dit weer aan hulle sal skenk vanaand. Want ons vra dit tot die heerlikheid van God, in Jesus se Naam. Amen.172 Dis reg, suster, maar gaan net voort daarmee. Dis goed. Gaan reguit voort. O, baie stil, almal.173 Glo julle Hy het gekom? Hy het. Roep Hy steeds wanneer Hy kom? Nou as julle net sal glo. As julle net die Woord van God sal glo, sal God dit skenk.174 Nou kyk, ek het nie tyd om die gebedslyn hierbo te roep nie. Ek gaan hulle roep vanaand, daarbuite, as die Here wil. En die Meester het gekom. Hy het gekom om Sy Woord in die laaste dag te vervul. En wat Hy toe was, is Hy vandag. Wat Sy manifestasie of identifikasie toe was, is dit vandag, want Hy is steeds die Woord van God. Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] En die Woord van God is ’n onderskeier van die gedagtes, oorlegginge van die hart. En soos Hy toe gemaak het, is hoe Hy altyd het. Hy is steeds dieselfde. As Hy dit net nou sou doen, sou julle Hom glo? Sou dit julle Hom laat glo?175 Julle mense daarbuite nou, laat ek eers kyk en sien of daar enigiemand is wat ek ken, wat iewers hierbinne sit, wat ek ken.176 Almal wat rondom is, hierbo in, wat my nie ken nie, steek julle hande op, weet dat ek niks van julle weet nie, en julle is siek, steek julle hande op. Ek reken, almal. Goed, nou, glo julle. Glo julle net met julle hele hart. Moenie twyfel nie. Wees gelowig. Glo God.177 Ek gaan julle vra om baie stil te wees, te sit. Moenie nou rondwoel nie, asseblief nie. Sien? Sien? Jy is ’n—’n siel, liggaam, en gees. En jou gees…En die Heilige Gees is baie sag.178 Hoeveel onthou, baie jare gelede, dat die Heilige Gees, toe ek hiernatoe gekom het en vir julle gesê het? Wanneer ek die mense aan die hand geneem het, en Hy vir my gesê het hierdie onderskeiding sou kom, en dan voortgaan? Julle onthou dit, onthou daardie? Maar Hy het gesê: “As jy die mense kan kry om jou te glo.” Onthou daardie dae, baie jare gelede? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Julle moet glo.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 23

179 Ek het ’n man gesien, ek glo dit was hieronder by die ander diens, wat net daar sit. En die Heilige Gees…Ek het hom dopgehou toe ek gepreek het. Hy was ’n kreupel man. Hy het krukke onder sy arm gehad. En net toe ek begin het om die oproep te maak, het Satan na die man toe gekom, ’n swart skaduwee. En ek het dit dopgehou met my eie oë. Hy het opgestaan en uitgestap. Hy sal altyd kreupel wees, sien. En so, hy, waar hy net daar genees sou word as hy net—net…Sien? Maar, net, ek weet nie hoekom nie. Ek reken hy het net geluister na die vyand. Maar as jy sal staan en daardie skaduwees dophou, daardie dinge in vorme sien, hoe hulle is, en kyk hoe hulle maak. Sien, dit sou wees.180 Nou, ek kan nie genees nie. Die man wat vir julle sê hy kan julle genees, hy’s verkeerd. Julle is alreeds genees. Maar, dis om die Teenwoordigheid van Jesus Christus te erken. Nou as Martha geweet het dat as sy Hom weer kon sien, dat sy haar begeerte sou kry, omdat Hy die gemanifesteerde Woord was, kan ons nie dieselfde vanaand glo, om dit te glo nie? Sekerlik, ons behoort te. Hy het gekom. Hy het gekom, Hy het gekom in die vorm van die Heilige Gees. Dis Wie Hy is. Nou bid julle net.181 Sien, hierbo, as ek iemand hier laat staan het, reg hier langs my, wat net—net bid; soveel mense sien bid, dis regoor die gebou. Julle moet dit net dophou. Julle kan nie sê nie. “Sê, Broer Branham…” Nee, meneer. Ek—ek kon dit nie doen nie, net so min as wat jy vir my ’n droom kan droom. Sien? Jy mag droom. Jy, God kan jou ’n droom laat droom van my, jy glo dit, maar jy kan dit nie self doen nie. Jy kan nie sê, dat: “Broer Branham, ek gaan nou ’n droom van jou droom,” nie. Nee, jy kan dit nie doen nie. Net so min kan ek ’n visioen sien. Wie ook al vir jou ’n droom gee, dis die een wat dit moet doen. Dit is dieselfde met ’n visioen.182 Ek sien ’n man net hier aan die einde van die ry sit, met artritis. As hy sal glo met sy hele hart, sal God hom genees van die artritis. Glo jy God sal dit doen, meneer? Wat daar sit, die Mexikaanse man, wat aan die einde van die ry sit, sal jy dit glo? Goed, meneer.183 Die dame wat langs jou sit, sy het ook artritis, ook. Glo jy God sal jou genees, dame? (Het hierdie ’n weerklank? Ek is bang die mense hoor dit nie.) Jy sal? Goed.184 Wat van die ander Mexikaanse dametjie wat langs haar sit? Sy ly aan ’n maagprobleem. Glo jy God sal jou maag genees, dame?185 Sy het dit. Wanneer ek daardie Lig sien sak, beteken dit dit het gebeur. Ja. Dis reg. Dit het haar getref. Daar was Dit, reg rondom gedraai…[Leë kol op band—Red.]…dit doen dit. Sien? Wanneer Hy die geloof kan vind! Sien: “Baie dinge kon Hy nie doen nie, as gevolg van hulle ongeloof.”

24 DIE GESPROKE WOORD

186 Hier is ’n dame wat hier sit en bid, net hier. Sy is bang. Sy behoort te wees. Sy het ’n kankertoestand, baie erg. Ek ken jou nie, maar God ken jou. Glo jy dat God my kan sê van hierdie kanker, of so—iets? Kyk na my. Daar is soveel daar wat bid, julle sien, dis waarom ek dit sê. Kyk na ons. Nou, ja, jy’s nie van hier nie, hierdie is nie jou tuiste nie. Jy’s van ’n plek genaamd Porterville, Kalifornië. Dis reg. Glo jy God kan my sê wie jy is? Hy weet. Jou naam is Mev. Wintham. Dis reg. Glo nou, en die kanker sal jou verlaat. As jy kan glo! Dis al wat God jou vra om te doen. As jy kan glo!187 Glo julle met julle hele hart? Iemand in hierdie gedeelte hierbo, kan jy nie glo nie? Die Meester het gekom en geroep na julle. Hy roep julle uit dood na Lewe, uit siekte na gesondheid.188 Hier is ’n man wat net hieragter sit, hoof gebuig, aan die bid. Hy bid nie regtig vir homself nie, hy bid vir iemand anders. Dis ’n—’n meisie. Dis sy dogter. Glo jy, meneer? Jy het probleme met jou bene. Jy het probleme met jou knie. Dis reg. Nie nodig om te huil nie, dis Hy daar by jou. Jou dogter is in ’n hospitaal, is sy nie? Tuberkulose geval. Glo jy. Jy glo? Die Meester het gekom en roep na haar. Sal jy glo dat jy haar totaal genees sal vind? Jy sal? Mag Hy haar vanaand besoek, en jou, en mag dit verby wees.189 Hier is ’n seuntjie, klein bruingesig seuntjie. Hy ly aan ’n veltoestand, en asma, ’n Mexikaanse seuntjie, Mexikaanse seuntjie wat daar sit. Hy is nie van hier nie. Hy is van San Jose. Glo jy seun? Nog ’n ding, jou pa is hier saam met jou. Hy is ’n prediker. Dit is reg. Glo jy God kan vir my sê wat jou naam is? Sal dit jou baie sterk laat glo? Jou naam is Reuben. Glo nou. Goed.190 Die Meester het gekom en Hy roep na julle. O, sondaar, o, siek persoon, sien julle nie die Meester gemanifesteer in menslike wesens, onder gelowiges nie? Hy het gekom om Sy gelowige kinders tot gesondheid te roep. Hy het gekom om die sondaar tot bekering te roep. Teruggevallene, kerklidmaat, die Meester het gekom en roep na jou.191 Glo julle dit? Glo julle dit net nou vir julle behoefte? As julle glo, steek julle hand op, sê: “Ek glo vir my behoefte.” Staan dan op jou voete nou, en aanvaar dit. Die Meester het gekom en roep na jou. En wie jy ook al is, waaraan jy ook al behoefte het, die Meester het gekom en Hy roep na jou. Hy’s dieselfde gister, vandag, en vir altyd.192 Daardie vroutjie het in die stad ingegaan, en gesê: “Kom, sien ’n Man, Wie vir my gesê het wat verkeerd was.” Jy het nie in die stad ingegaan nie. Jy het gekom en dit gesien, self, so die Meester het gekom en roep na jou.193 Steek op julle hande en prys Hom, en sê: “Here Jesus, ek’s ’n sondaar; vergewe my. Ek’s ’n teruggevallene; neem my terug,

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 25

Here. Ek het die Heilige Gees nodig; vul my. Ek is siek; genees my. Ek is kreupel; maak my gesond.” Die Meester het gekom en roep na jou. Steek julle hand nou op en prys Hom. Amen.194 Gee ons ’n klein akkoordjie hier: “Ek sal Hom prys, ek sal Hom prys.” Julle ken: “Ek sal Hom prys.” Julle ken dit, nie waar nie? Glo julle?

Ek sal Hom prys, ek sal Hom prys,O, die Lam geslag vir sondaars prys;Bring Hom ere, al jul volke,Want Sy Bloed het elke vlek weggewas.

195 Het julle Hom lief? Nou hou julle nie daarvan om vir Hom te sing terwyl Hy hier is nie? Hy is ’n Gees wat deur die gebou beweeg. Hy ken julle harte, weet alles van julle. Laat ons dit vir Hom sing, met ons hele hart.

Ek sal Hom prys, (steek julle hande op wanneer julle dit doen), ek…(nou prys Hom net)…Hom prys,

O, die Lam geslag vir sondaar prys;O bring Hom ere, al jul volke,Want Sy Bloed het elke vlek weggewas.

196 O, dame, jy in die rystoel, as jy net ’n bietjie meer net daar sal glo. “Ek…” Laat ons dit nog eenkeer probeer. Ek wag vir iets.

Ek sal Hom prys, ek sal Hom prys,O, die Lam geslag vir sondaars prys;Bring Hom ere, al jul volke,Want Sy Bloed het elke vlek weggewas.

197 Nou terwyl ons dit weer sing, draai om, kry iemand se hand beet, terwyl ons dit sing, sing: “Ek sal Hom prys.” Komaan, almal saam nou.

Ek sal Hom prys, ek sal Hom prys,O, die Lam geslag vir sondaars prys;Bring Hom ere, al jul volke,Want Sy Bloed het elke vlek weggewas.

198 O, sondaarvriend, sal jy nie nou hiernatoe loop nie? Kom boontoe en prys Hom, al julle mense. Al julle mense wat Hom as Verlosser wil bely. In Sy Teenwoordigheid, terwyl die heiliges aanbid in die Gees, sal julle nie hiernatoe kom en staan nie? Sê: “Ek wil getuig, vanaand. Ek wil Hom prys. Ek wil kom. Ek is nie skaam vir Hom nie. Ek wil hê die wêreld moet weet dat ek Hom as my Verlosser aanvaar het, net hier terwyl Hy teenwoordig is.” Kom terwyl ons dit sing.

Ek sal Hom prys, (wil julle nie kom nie?) ek sal Hom prys,

O, die Lam geslag vir sondaars prys;O, bring Hom ere, al jul volke,Want Sy Bloed het elke vlek weggewas.

26 DIE GESPROKE WOORD

199 O, dis reg, dame, kom reguit aan. Wie anders sal in die Teenwoordigheid van Christus inkom? Kom reguit hier na bo, suster, staan hier.200 ’n Ander persoon wat wil hê Hy moet jou Verlosser wees, net nou, wat nie skaam is nie. Hy het gesê: “As julle skaam is vir My voor die mense, sal Ek skaam wees vir julle voor My Vader en die heilige Engele.” As julle nie nou skaam is vir Hom nie, en julle wil Hom as julle Verlosser hê, terwyl Hy hier is! Julle het Hom gesien. Dis so volmaak, die Woord Self wat Dit bekend maak. Kom op terwyl die heiliges nou aanbid. Wil julle nie opkom nie?201 God seën jou, meneer. Hier kom ’n ou dame, wat by ’n ware ouderdom is. Wil julle nie nou kom nie?

Ek sal…(sing dit nou)…ek sal prys…202 Dis reg, jongmense, kom reguit rondom nou. Prys net. God seën jou, dame, dis die manier om dit te doen. God seën julle, jonges.

…sondaars geslag;Bring Hom ere, al jul volke,Want Sy Bloed het elke vlek weggewas.

203 Terwyl die predikers nou na hierdie mense toe gaan, wil iemand anders nie kom nie? Teruggevallene, sal jy nie kom, sê: “Ek is skaam vir my lewe”? Hier is Hy. Glo julle dat ek God se dienaar is? Steek julle hande op. Wel, Jesus Christus is in ons midde. Wil julle nie kom nie?

Bring Hom ere…(Wil julle nie kom, Hom ere bring nie?)…volke,

Want Sy Bloed het weggewas…204 Martha, kom jy, of gaan jy in die huis bly sit saam met Maria? Gaan jy in een of ander organisasie agterbly, en sê: “O, my kerk glo Dit nie so nie,” terwyl Christus gemanifesteer word? Gaan jy agterbly en dit sê, of gaan jy uitkom? “Wel, ek sê julle, toe ek…” Nee. Vandag, hierdie is die uur. Dood hang om jou, soos Jaïrus se dogter.205 Kom nou! Teruggevallene, kom nou. Sondaar, kom nou. Hierdie is die tyd. Die Meester het gekom en Hy roep na jou. Hy roep jou. Jy sê: “Hoe weet ek?” Hy gebruik my stem. As Hy my stem gebruik om siekte, beproewinge en dinge te sê, weet julle nie hoe Hy ook roep na sonde nie. Kom uit! Kom nou, hierdie mag die laaste geleentheid wees wat julle ooit sal hê.206 Nog eenkeer, daar is nog hierbinne wat behoort te kom, vriende. Ek wil julle nie in verleentheid bring, om julle soos hierdie uit te roep nie. Dis nie reg nie. As jy partymaal miskien…Daardie Fariseërs het gedink hulle was gered, maar hulle was nie. Julle dink nou dieselfde ding. Kom nou.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP 27

207 Wees seker! Moenie, moenie net ’n halfpad kans daarmee neem nie. As daar ’n bietjie twyfel in jou gemoed is, moet geen kans vat nie. Komaan nou. Nou is die tyd, nou terwyl die Fontein oop is, terwyl die Heilige Gees hier is. Die Meester het gekom. Daardie twyfeltjie, is wat Hy jou probeer sê: “Jy twyfel.” Gee dit oor. Komaan nou. Die Meester het gekom en roep na jou. Dis reg, hou net aan kom, hou net aan kom.

Ek sal Hom prys, ek sal Hom prys, (Wil julle Hom nie nou prys nie?)

Die Lam geslag vir sondaars prys;Bring Hom ere, al jul volke,Want Sy Bloed het elke vlek weggewas.

208 Nou terwyl die sondaars kom, om aanspraak te maak op Hom; laat die mense Hom prys, soos ons dit nou sing. Op met julle hande, sing, en prys Hom, almal saam.

Ek sal Hom prys, ek sal Hom prysDie Lam geslag vir sondaars prys!

209 Prys Hom net! Julle mense hierrond, bid, vra Hom om julle te vergewe. Dis wat Hy sal doen. Die Meester het gekom en roep na julle. God seën julle.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP AFR64-0213(Then Jesus Came And Called)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Donderdagaand, 13 Februarie, 1964, by die Elliot Ouditorium in Tulare, Kalifornië, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2014 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org