14
Direktoraat: Kurrikulum VOO PUNTE: 35 TYD: 50 MINUTE Hierdie taak en memorandum bestaan uit 9 bladsye. VOORBEELDTAAK 5 GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL 2014 TAAK 5 (TOETS & MEMORANDUM: BEGRIP, OPSOMMING & TAAL)

AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Direktoraat: Kurrikulum VOO

PUNTE: 35 TYD: 50 MINUTE

Hierdie taak en memorandum bestaan uit 9 bladsye.

VOORBEELDTAAK 5

GRAAD 12

AFRIKAANS HUISTAAL 2014

TAAK 5 (TOETS & MEMORANDUM: BEGRIP, OPSOMMING & TAAL)

Page 2: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Gr 12 Afr Huistaal Voorbeeldtaak 5: Toets WKOD September 2013

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie toets bestaan uit DRIE AFDELINGS:

AFDELING A: Leesbegrip (10)

AFDELING B: Opsomming (10)

AFDELING C: Taal in konteks (15)

2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn nuwe bladsy.

5. Trek ʼn streep na elke afdeling wat voltooi is.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar.

2

Page 3: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Gr 12 Afr Huistaal Voorbeeldtaak 5: Toets WKOD September 2013

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die volgende tekste en beantwoord die vrae wat daarop volg. Kyk mooi wanneer daar VOLSINNE van jou verwag word. Kyk ook na die puntetoekenning; dit gee ’n aanduiding van hoeveel jy moet skryf.

Pitte vir granaatpitte?

1. Min vrugte lyk so mooi soos ’n oopgebreekte granaat met sy blink robyne.

2. Maar die heel aantreklikste – vir produsente – is die prys.

3. Volgens www.freshplaza.com was die uitvoerprys na Nederland in 2011 sowat R16 000 per ton.

4. Elrita Venter, ’n granaatprodusent van die plaas Bovlei naby Koringberg in die Wes-Kaap en hoofbestuurder van die granaatkwekersvereniging van Suid-Afrika (Pomasa), sê markpryse wissel volgens die week waarin dit verhandel word. Vroeë vrugte het ’n prysvoordeel wanneer die mark taamlik leeg is en die laaste opgebergde vrugte uit Israel uitgeput raak.

5. Pryse is ook, soos met alle ander uitvoervrugte, gehalte-sensitief, sê sy.

6. Volgens Carnel Geddes van die Pomona-boerdery in die Wes-Kaap is Argentinië, Peru en Chili Suid-Afrika se grootste mededingers in die Suidelike Halfrond, waar kommersiële granaatverbouing nog in sy kinderskoene is. Hier is met granaatboerdery begin om markaandeel in die Noordelike Halfrond te kry wanneer die seisoen daar tot ’n einde kom.

7. Peruviane word deur hul regering aangemoedig om landbou-aktiwiteite uit te brei, waarvan granate ’n deel uitmaak. Produsente kry spesiale aansporings en produksie in Peru neem toe.

8. Sowat 2,5 miljoen ton granate word wêreldwyd kommersieel verbou en minder as 5% daarvan kom uit die Suidelike Halfrond.

9. Volgens Venter is die binnelandse mark vir granate nog onderontwikkel. Sy glo dis deels as gevolg van die hoë pryse van die ingevoerde produk uit Israel in die afseisoen wat ’n persepsie geskep het dat granate duur moet wees, asook die aanvanklike skaarsheidsfaktor.

10. “Die hoë gesondheidswaarde van die produk en ’n bietjie nostalgie uit ons kinderdae, maak van granate ’n produk wat gaan groei.”

[Uit: Sake24, 24 Maart 2013]

3

Page 4: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Gr 12 Afr Huistaal Voorbeeldtaak 5: Toets WKOD September 2013

1.1 Waarna verwys die woord Pitte in die opskrif? ‘n Volsin is nie nodig nie. (1)

1.2 Wat bereik die skrywer met die insluiting van die woorde vir produsente in paragraaf 2? Beantwoord in ‘n volsin. (2)

1.3 Deur watter twee faktore word granaatpryse volgens Elrita Venter beïnvloed? ‘n Volsin is nie nodig nie. (2)

1.4 Wat word in paragraaf 6 bedoel met kommersiële granaatverbouing nog in sy kinderskoene? ? Beantwoord in ‘n volsin. (2)

1.5 Herlees paragrawe 6 en 7. Watter voordeel het granaatprodusente in Peru bo dié van Suid-Afrika? (1)

1.6 Wat word in die slotparagraaf bedoel met ’n produk wat gaan groei? (2)

TOTAAL VIR AFDELING A: [10]

4

Page 5: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Gr 12 Afr Huistaal Voorbeeldtaak 5: Toets WKOD September 2013

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak ‘n opsomming van die UITRUSTING EN TOERUSTING WAT JY NODIG HET OM TE BEGIN STAP.

Jou opsomming moet in SEWE volsinne puntsgewys of in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.

Dui die getal woorde wat jy vir die opsomming gebruik het, aan.

Word fiks – trek jou stapskoene aan

Net drie uur se stap per week kan jou gesondheids- en fiksheidsvlakke ’n reuse-hupstoot gee.

’n Lekker vinnige stap wat jou harttempo en asemhaling versnel, is goeie kardiovaskulêre oefening wat jou hart en longe se vermoë verbeter om suurstof na die res van die liggaam te versprei.

Die voordeel van stap is dat jy dit omtrent enige plek en enige tyd van die dag kan doen en jy het nie veel ander toerusting daarvoor nodig nie.

Voordat jy wegspring, moet jy ’n ordentlike, ondersteunende paar skoene aanskaf. Gaan eerder na ’n spesialiswinkel waar jy jou behoeftes presies kan verduidelik. Hulle sal sommer ook kan kyk na jou voetbrug en of jou voet effens indraai of nie.

Sportwinkels verkoop ook spesiale, dikkerige sokkies vir stap wat blase sal voorkom.

In die winter is dit aanvanklik koud as jy begin stap, maar jy sal vinnig warmer word en dit is beter om ’n paar lae klere aan te trek wat jy kan uittrek en sommer om jou lyf bind terwyl jy stap. Sorg dat jy altyd goed sigbaar is.

As jy alleen stap, is lekker vinnige musiek op ’n iPod dalk net wat jy nodig het om ’n bietjie hup te kry, maar maak seker jy kan steeds aankomende motors en ander geluide hoor.

Daar is deesdae uitstekende apps vir slimfone beskikbaar wat jou staproete vir jou monitor, jou tyd vaslê en waarmee jy jou vordering kan dophou. Die programme kan jou help om doelwitte te stel.

Garmin het baie goeie GPS-oefenprodukte op die mark wat jou roetes vaslê. Indien jy dit verkies, kan jy selfs jou hartklop monitor, dit stel sodat ’n virtuele teenstander jou “jaag” en jy kan ná die tyd jou hele roete op Google Earth gaan besigtig en met jou vriende deel.

Daar vind amper elke naweek oor ons land heen georganiseerde stap- en hardloopbyeenkomste plaas van 5 km, 10 km en 21 km.

Waarvoor wag jy? Trek jou stapskoene aan en laat waai!

[Aangepas uit: Die Burger, 3 Julie 2013]

TOTAAL VIR AFDELING B: [10]5

Page 6: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Gr 12 Afr Huistaal Voorbeeldtaak 5: Toets WKOD September 2013

AFDELING C: TAAL IN KONTEKS

VRAAG 3

Lees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

Tamaai kabeljou in Suid-Kaap uitgetrek

1. Daardie rekordbaber wat Ryan Otto by die Hartebeeskuildam in die Suid-Kaap aangekeer het, het omtrent die tonge los.

2. Elders in die land word baie groter babers gevang, maar dié vis is in die senior afdeling met ’n papierdun lyn van 0,17 mm gevang.

3. Dit was nie ’n baklei met krag nie; dit het vernuf geverg.

4. En om die kroon te span het ’n junior meisie, Coleen le Grange, met ’n baber van 6,54 kg ’n rekord vir juniors by dieselfde kompetisie aangedra en gewys die dam hét groot babers.

5. Nickie Louwrens, hengelkenner van die Suid-Kaap, stuur ’n foto van Ryno Welsh wat wys hoe die kabeljoue lyk wat nou digby Klein-Brakrivier gevang word.

6. Links van die monding is lae seegrasbedekte rotse en riwwe wat met springwater duidelik sigbaar is, en dit is waar die vis is, skryf Nickie.

7. Die manne vang omtrent enige soort vis daar, van pens-en-derms tot mosselkraker, elf en kabeljou. Welsh het ’n mengsel van gekapte tjokka en sandkrewel aan ’n piepklein 1/0-hoek gebruik om die kabeljou van 17 kg te land.

8. Die Suid-Kapenaars fokus nou ook op Kanonstrand digby Vleesbaai waar kabeljoue van 25 kg tot 45 kg die laaste tyd uitkom.

[Uit: Die Burger, 11 Junie 2013 ]

3.1 Gee ‘n neutrale woord vir tamaai in die opskrif. (1) 3.2 Gee ‘n sinoniem vir aangekeer (paragraaf 1). (1)3.3 Verklaar die uitdrukking het die tonge los (paragraaf 1). (1)3.4 Herlees paragrawe 2, 3 en 8. Verduidelik dan wat die skrywer bereik

met die gebruik van die intensiewe vorme papierdun (paragraaf 2) en piepklein (paragraaf 8). (2)

3.5 As watter soort werkwoord word hét in paragraaf 4 gebruik? (1)3.6 Gee die meervoudsvorm van vangs (paragraaf 5). (1)3.7 Links van die monding is lae seegrasbedekte rotse en riwwe (paragraaf 6)

Verduidelik hoe die plasing van ‘n komma tussen lae en seegrasbedekte die betekenis van die onderstreepte frase sal verander. (2)

3.8. Die manne vang omtrent enige soort vis daar ... (paragraaf 7)3.8.1 Na wie verwys die manne? (1)3.8.2 Dink jy die gebruik van die benaming die manne word in hierdie rubriek

seksisties bedoel of nie? Motiveer jou antwoord. (2)6

Page 7: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Gr 12 Afr Huistaal Voorbeeldtaak 5: Toets WKOD September 2013

EN

[Uit: Die Burger, 27 Februarie 2009]

3.9 Verduidelik waarom die woord brekfis as ’n voorbeeld van volksetimologie beskou kan word. (1)

3.10 Verduidelik waarom die woord roosterbrood ‘n samestelling is. (1)3.11 Wat noem ‘n mens die klankverskynsel wanneer die woord lekker as

lekke’ uitgespreek word? (1)

TOTAAL VIR AFDELING C: [15]

TOTAAL VIR TOETS: [35]

7

Page 8: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

MEMORANDUM

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 geld (1)1.2 Dit beklemtoon dat die prys vir produsente die belangrikste is, maar nie vir

die gewone mens nie. (2)1.3 die week/ tydperk waarin dit verhandel word en die gehalte. (2)1.4 In die Suidelike Halfrond word daar nou eers begin met kommersiële

granaatverbouing. (2)1.5 In Peru word granaatprodusente deur hul regering aangemoedig om landbou-

aktiwiteite uit te brei / hulle kry spesiale aansporings. (1)1.6 Granaatverbouing gaan toeneem en meer granate gaan verkoop word. (2)

TOTAAL VIR AFDELING A: [10]

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

1. Jy moet ’n ordentlike, ondersteunende paar skoene aanskaf.2. Koop spesiale, dikkerige sokkies wat blase sal voorkom.3. In die winter moet jy ’n paar lae klere aantrek. 4. Sorg dat jy altyd goed sigbaar is.5. As jy alleen stap, is vinnige musiek op ’n iPod nodig om ’n bietjie hup te kry.6. Kry/ gebruik apps vir slimfone wat jou staproete monitor, jou tyd vaslê en waarmee

jy jou vordering kan dophou.7. Kry/ gebruik GPS-oefenprodukte wat jou roetes kan vaslê.

[76 woorde]

7 korrekte feite + 3 (taal, styl en woordetal) = [10]

TOTAAL VIR AFDELING B: [10]

Page 9: AFRIKAANS HUISTAAL Maart 2011 - metroeast.co.zametroeast.co.za/download/Gr_12_Afr_HT_2014_Taak_5_…  · Web viewAFRIKAANS HUISTAAL . 2014. TAAK 5 (TOETS ... maar jy sal vinnig warmer

Gr 12 Afr Huistaal MEMORANDUM Voorbeeldtaak 5 WKOD September 2013

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3

3.1 groot (1)3.2 gevang (1)3.3 mense praat baie daaroor (1) 3.4 Die intensiewe vorme beklemtoon dat dit nie weens die grootte van die

toerusting is dat die visse gevang is nie, maar weens die vernuf van die hengelaars. (2)

3.5 selfstandige werkwoord (1)3.6 vangste (1)3.7 Sonder die komma is die woord lae ‘n versamelnaam vir

opeengestapelde rotse en riwwe wat met seegras bedek is; ‘n Komma sal veroorsaak dat die frase verwys na rotse en riwwe wat laag en met seegras bedek is. (2)

3.83.8.1 Hengelaars/ vistermanne (1)3.8.2 Leerder se eie respons met gepaste motivering. (2)3.9 Die woord is in die volksmond uit die Engelse woord “breakfast” gevorm. (1)3.10 Dit is saamgestel uit twee stamme: rooster + brood. (1)3.11 Klankweglating (Agterafkapping/ Apokopee) (1)

TOTAAL VIR AFDELING C: [15]

TOTAAL VIR TOETS: 35

9